Geen haar sal val nie - gksa.org.zaaan Hoërskool Nelspruit. Beide my ouers leef nog, maar my pa het...

32
Vroueblad Die Gereformeerde FEBRUARIE 2017 www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken Geen haar sal val nie... Die groot misterie van twee Vroue Vrou van vandag: burger van God se Koninkryk

Transcript of Geen haar sal val nie - gksa.org.zaaan Hoërskool Nelspruit. Beide my ouers leef nog, maar my pa het...

VrouebladDie GereformeerdeFEBRUARIE 2017

w w w . g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Geen haarsal val nie...Die groot misterie van twee VroueVrou van vandag:burger van Godse Koninkryk

2 Februarie 2017

JAARGANG 71 NOMMER 8

GEREELD3 Redakteursbrief4 Lidmaatpraat 5 Ds. Sê my

IN DIEPTE6 Geen haar sal val nie...8 In teëspoed geduldig10 In voorspoed dankbaar

Ander Publikasiesvan die Gksa:

• Die Kerkblad• Die Slingervel

(Laerskoolkinders)• Die Kruispad

(tieners en jongmense)

Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro:

(018) 297 3986.

INHOUD

Redaksiekommissie:REDAKTEUR Cobie SteynASSISTENTREDAKTEUR Griet SwanepoelGRAFIESE ONTWERP EN UITLEG Karien BrinkSEKRETARESSE Marlette van RooyenWEBREDAKTEUR Grietjie PrinslooADDISIONELE LEDE Ds. Johan Botha & Annamie OdendaalPosadres:Die Redakteur: Die VrouebladPosbus 178, Lydenburg 1120Faks: Die Vroueblad 086 714 6157

E-pos adres: Cobie Steyn, [email protected]: www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-intekenNavrae:Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, [email protected] en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSAIntekengeld:

• VROUEBLAD (SELF AFHAAL BY ADMIN BURO, POSGELD UITGESLUIT): R165,00

• ELEKTRONIESE INTEKENING: R100.00

• VROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE, POSGELD INGESLUIT): R247.00

• VROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R268.00

HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2016 TOT 30 JUNIE 2017.(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.)Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Redaksionele Inligting

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

8 LEEFDINGE12 Meer werd as baie mossies14 Teks & Vers: As die son sak15 Teks & Vers: Dagboek16 Boekeblad18 Bybelse berading: Dr. Trudie20 Kinta se ma: Geen haar sal val!22 Die misterie van twee vroue24 Gemeente-Mosaïek: Ons kuier by die GK Oos-Londen26 Gemeente-Mosaïek: Saamtrek 201727 Gemeente-Mosaïek: Bybelstudie Saamtrek 201728 Resepteblad: ’n Koevert (Wrap) – broodjie vir die kosblik29 Lees in Maart 2017 29 Gemeentedagboek29 Intekenvorm 30 Hartskatte31 Fokus op die gelowige vrou van vandag: Burger van God se Koninkryk 32 Kaleidoskoop Februarie 2017

Februarie

6 10

VrouebladDie GereformeerdeFEBRUARIE 2017

w w w . g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Geen haarsal val nie...

Die groot misterie van twee vroue

Vrou van vandag:burger van Godse Koninkryk

3Februarie 2017

REDAKTEURSBRIEF

“Geborge, veilig, weet ek stil:Hy lei my waar die Vader wil.Ook lyding, nood, gevaar en stryddien alles tot my saligheid” (Skrifberyming 12-6: 4 – beryming van Heidelbergse Kategismus, Sondag 1).

Ons is op Facebook:Gereformeerde Vroueblad.Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:E-pos: [email protected];Faksnommer 086 714 6157;SMS: 082 555 9586;Slakkepos: Posbus 178,Lydenburg 1120

Wil jy gesels oor iets?

• SMS: 082 555 9586 (begin SMS met VB)• E-pos: [email protected] • Facebookblad: Gereformeerde Vroueblad• Slakkepos: Posbus 178 Lydenburg 1120.

(Hierdie besonderhede is nie vir administratiewe soos inskrywings of kansellasies bedoel nie – skakel die Administratiewe Buro in Potchefstroom: (018) 297 3986)

Besoek gerus ons Facebookblad – daar kry jy pitkos vir die dag en kan jy met geloofsgenote gesels. Kom gesels saam oor die stukkend en broosheid van die lewe, maar veral oor dié groot versekering dat ons getroos kan weet dat geen haar van ons kop sal val sonder die wil van ons hemelse Vader nie.

Geen haar sal val nie...

Liewe brose, gelowige Vrou, Ek het altyd maklik gelag. Nie net met my mond nie, maar

ook met my hart: oor die groen van gras, die koer van ‘n duif, ‘n vars omgeploegde land, reën wat uitsak, die naïwiteit van kleinkinderspel. My lewe was gelykpad: skool, universiteit,

gelukkig getroud met die man van my drome (al is hy blind – hy het my ánders leer sien!), maklike drie swangerskappe, drie gesonde, siende, kinders uit die hand van die Here ontvang.

Ek het gejubel en getuig oor wat die Here gee... maar eendag het my eie ma, (sy is nou al meer as 19 jaar gelede oorlede), vir

my as jong student ‘n uitdagende vraag gevra: “Ek wonder hoe jy die swaar dinge wat die Here oor ‘n mens se lewenspad bring, sal

kan hanteer en of jy jou lewensvreugde sal kan behou?”

’n Vraag wat ek onbeantwoord gelaat het en in my hart bly hang het.

Maar sedert 2012, toe ons hoor van my man se blaaskanker, het my ma se vraag begin eggo. Eintlik het die Here op verskeie

terreine vir ons sedert Januarie 2011 toetse en beproewings gestuur. Verlede jaar, 2016, se laaste helfte het die een ná die

ander beproewing ons later geestelik verlam wou laat.

En skielik het ‘n mens se oë meer as ooit oopgegaan vir dié medegelowiges, familielede, vriende, wat ook deur pyn en

stukkend gaan en het ek al hoe meer bewus geraak van die broosheid en gebrokenheid van hierdie aardse lewe. En somtyds

praat ek weer met Ma: “Ma, vandag slaag ek nie die toets nie, my lewensvreugde is wég in hierdie seer!” Ander dae vra ek dapper

geloofsmoedig (want uit jouself kán jy nie die seer alleen dra nie): “Sien jy my, vandag, Ma? Ek doen darem nie te sleg nie!”

Maar deur ál die seer, die stukkend, is die Bron van wáre lewensvreugde vir my herbevestig: “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel

na liggaam en gees, God is my sterkte, aan Hom behoort ek vir altyd” (Ps. 73: 25-26). Net in ’n vaste, stewige geloofsverhouding

met die lewende Here bly ‘n mens geanker in die storms van die lewe. Dit is Hy wat belowe dat Hy by ons is en dat geen haar

van ons kop sal val sonder sy wil nie. Dit is waaroor ons hier aan die begin van 2017 gesels. Dat elkeen van ons, broos, sondig,

breekbaar soos erdekruike, sal vasgryp aan hierdiebelofte van Hom.

Ek lag nou nog maklik, maar partykeer huil ek ook tussenin – selfs al is dit net in my hart. Ons mag maar.

Mag jy in 2017 vir elke stukkie voorspoed in jou lewe dankie sê en mag jy in teëspoed geduldig op die Here wag. Hy sál sorg.

Cobie Steyn

4 Februarie 2017

LESERS SÊ

lidmaatpraat

As jy graag wil hê Die Gereformeerde Vroueblad moet by julle gemeente kom kuier, stuur vir die samesteller van Gemeente-kuier, Ankie de Klerk, ‘n e-pos na [email protected] of skakel haar: 072 651 8286 Elkeen van hierdie vrouens ontvang ‘n komplementêre boek van Lux Verbi: Met liefde wat saamgaan deur Annalise Wïïd.

Al die boekpryse word geborg deur Lux Verbi.

Dit lyk vir my ons kan (en wil!) nog nie wegkom van die kusdorpe af nie – van Die Gereformeerde Kerk Durban-Noord af (verlede maand) skuif ons nou net meer suidwaarts met die kuslyn na Die Gereformeerde Kerk Oos-Londen. Miskien is dit net om nog ‘n bietjie van daardie sand-tussen-die-tone-gevoel en die soutsmakie van die afgelope vakansie nog te proe. Die drie vrouens wat deelneem aan hierdie maand se Lidmaatpraat is:

Marietjie JordaanOns woon al vir elf jaar in Oos Londen – voor dit was ons vir 11 jaar in Die Gereformeerde Kerk Queenstown.

Ek het in Port Eliza-beth grootgeword en skoolgegaan. My

ouers, Hans en Lien Malan bly in Potchef-stroom en is van ou Dopperbloed: my ma se broer was Ds. Neels Smit. My man Fjord, het sy eie argitekpraktyk met kantore in Oos-Londen, Umtata, Queenstown en Port Elizabeth. Ons seun Phillip het nou net sy eerste jaar in musiek aan Die Universiteit van Stellenbosch voltooi en ons 16-jarige dogter Carlien wil graag ’n vlieënier word.

Ek is ’n prokureur met my eie praktyk tydens kantoorure, maar naweke en na-ure gaan speel ek in my awesome kunsmateriaalwinkel.

Stokperdjies: Ek sing, maak tuin, en maak mooi goed met verfies en gommetjies en mooi goeters uit my winkel. Ek is ook betrokke by die plaaslike teaterlewe en bevind myself gereeld as amateur op die verhoog in kabaret- of musiekvertonings.

Gunsteling musiek: Ek is ’n koorfanatikus, en my gunsteling program is RSG se Loof die Here waarna ek luister terwyl ons op pad kerk toe is Sondagoggende.

Gunsteling leesstof: Ek lees op die oomblik ’n boek “Korrelkruis” wat my pa en my broer Hannes saam geskryf het onder ’n skuilnaam. Dis ’n heerlike Afrikaanse politieke speurverhaal wat afspeel in Johannesburg en in die Transkei.

Dienswerk in die gemeente: Ek sing altyd as daar gesing of gefees word, en is deel van die “worship team” van die Engelse aanddiens wat ons onlangs ingestel het. En blykbaar smaak my skaapskenkel sop nie te sleg as dit my beurt is om sop te kook vir nagmaal-ete in die winter nie...

Die maandtema “Geen haar sal val...” is ’n diep vertroostende gedagte en gee my rede tot eindelose dankbaarheid...

Jacqueline van der WaltEk is al vanaf 2008 ’n lidmaat van hierdie gemeente.

Ek is op Nelspruit gebore en het gematrikuleer

aan Hoërskool Nelspruit. Beide my ouers leef nog, maar my pa het op 55 al ’n beroerte gehad. Dit was baie moeilik. Maar my ma is gelukkig baie jonk van gees.

My man Johan, is my beste vriend en ons is al vir 25 jaar getroud. Ons is geseën met twee avontuurlustige seuns (nou al jong manne!) wat oor die volgende twee jaar klaarmaak met skool.

Ek is ’n oud-PUK wat aptekerswese gestudeer het, maar het tydelik ophou werk om eers my seuns groot te maak. Tussendeur help ek by my man se besigheid uit en dis ‘n voorreg om so saam met jou man te kan werk. ’n Mens besef nie hoe min jy van mekaar het, as albei eggenote hulle eie beroepe najaag nie.

Ons is baie lief om in die buurlande te gaan kamp.

Stokperdjies: Skubaduik saam met die familie en onderwater-fotografie.

Gunsteling musiek: Enya en Juanita du Plessis.

Gunsteling leesstof: Ek mis nooit ’n Jodi Piccoult-boek nie.

Dienswerk in die gemeente: Ek behartig die jeug en hulle aktiwiteite by die kerk; is skakelpersoon vir Reddersburg Kinderhuis en is ook hoofdiakones.

Geen haar sal val... is ’n blye boodskap om te verkondig – ene wat baie mense nog moet hoor. Basuin dit uit: ons het almal ’n Vader wat ons roep as sy dienaars en Hy is alomteenwoordig , en sal jou ten alle tye beskerm.

Marileen de WetOns het in 2005 na Oos-Londen getrek en is nou al 11 jaar lank deel van dié gemeente.

Ek is in Kaapstad gebore

en as weermagdogter het my gesin gereeld getrek. Ek het in Kaapstad, Namibië en Pretoria skoolgegaan en my hoërskoolloopbaan voltooi aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Pretoria).

Ek is getroud met Victor de Wet, ’n siviele ingenieur en ons het twee wonderlike kinders – Kobus en Mieke. Ek is ’n geoktrooieerde rekenmeester en ’n oudit vennoot by KPMG.

Stokperdjies: Die natuur, staptogte en fietsry.

Gunsteling musiek: Luister graag saam met die twee tieners na die nuutste popmusiek; Afrikaanse musiek.

Gunsteling leesstof: Alhoewel ek nie gereeld lees nie, is daar niks lekkerder as om myself in ‘n roman te verloor nie.

Dienswerk in die gemeente: Ek dien op die kerk se Finansiële komitee; verteenwoordig die susters op die kerkraad en gee katkisasie vir die afgelope paar jaar. My gunsteling projek is die Reddersburg Kinderhuis Kersfeesprojek waar ons elke jaar die kinders se Kerswense waar maak.

Die maandtema “Geen haar sal val...” laat my besef ons moet opstaan vir wat ons glo en geleenthede soek om van die Here te getuig – die Here self sal vir ons die woorde en wysheid gee, soos Hy belowe in Luk. 21:15. Selfs al kry ons as gelowiges teenstand en word ons gehaat, belowe Hy dat nie eers ’n haar van ons kop sal val nie sonder sy wil nie.

5Februarie 2017

LESERS VRA

DEUR DS. JOHAN BOTHA

ds.sê my

Stuur jou vrae aan Johan Botha. E-pos: [email protected]: 076 112 9339. Slakkepos: Posbus 322, Tzaneen, 0850.

Hoe rym die twee kante van Joab?Liesbeth du Plessis van Steelpoort vra: “Hoe rym die twee kante van Joab? Aan die een kant bewerk hy vrede tussen Dawid en Absolom, nadat dié sy broer Amnon laat vermoor het. Aan die ander kant vermoor hy later self vir Absolom…”

Gedurende die 1980’s het ek ’n kursus in evangelisering saam met, onder andere, ’n klompie ander Gereformeerde predikante in Pretoria-Noord bygewoon. Ons is ’n raamwerk vir ’n evangeliserende gesprek met kerklik-afgedwaaldes geleer, naamlik: Wat leer die Bybel ons oor: God; die mens, Jesus Christus, die evangelie, en oor hoe ek gered word? Om hierdie vyf vrae altyd aan enige Skrifgedeelte te vra, is sinvolle Bybellees. Veral die eerste drie vrae kom handig te pas om Liesbeth se vraag uit ondergenoemde Skrifgedeelte te beantwoord. Haar vraag word gevra na aanleiding van 2 Samuel 13 – 18:33.

Wat leer hierdie Skrifgedeelte ons van God?God kies vir Hom ’n volk uit al die nasies op aarde. In die Ou Testament was dit Israel, in die Nuwe Testamentiese tyd is dit die Christus-gelowiges uit alle nasies – sy kerk. God laat

toe dat Israel ook ’n aardse koning soos ander nasies mag hê, op voorwaarde dat God primêr Koning bly. God straf Israel se tweede koning Dawid, weens sy owerspel met Uria se mooi vrou Batseba, deur die kind te laat sterf. Tog laat Hy later vir Salomo, hul ander kind, as Dawid se opvolger aanwys. So handel God vandag steeds met sy kerk – regverdig (Hy straf) én genadig (Hy vergewe).

Wat leer hierdie Skrifgedeelte ons van die mens?Die mens, kroon van God se skepping, is ook verdorwe as gevolg van Adam en Eva se sonde-val. Dawid, uitverkore koning ná Saul se mislukking, herderkoning, Psalmdigter, dapper vegter, maar… egbreker. Sy owerspel met Uria se mooi vrou bring God se toorn oor Dawid en sy na-geslag:

• Joab, sy leërowerste, laat Uria vermoor (hfst. 11);

• Amnon, sy seun, pleeg owerspel met sy halfsuster Tamar en Absolom laat sy halfbroer Amnon ver-moor (hfst. 13);

• Absolom, die mooi man, se ambisie laat hom ’n “staatsgreep” uitvoer (hfst. 15);

• Joab se agterbakse ambisie dryf hom om Uria te laat vermoor en later vir Absolom eers te beskerm en dan self te vermoor (hfst. 18).

Owerspel, twee huurmoorde, een direkte moord én ’n staatsgreeppoging – hoe verskriklik!

Ons Here Jesus ChristusDit is waarom sondige mense ’n Middelaar en Verlosser moet hê. In die volheid van die tyd het God daarom sy eie Seun laat kruisig en uit sy graf opstaan om sondaars soos Dawid en Joab, Amnon en Absolom, vir jou en vir my, te red! Die Bybel draai nie doekies om oor ons sonde nie, maar ook nie oor ons verlossing daarvan nie.

Daarom, Liesbeth en lesers:Joab se ambivalente optrede – om, aan die een kant vrede tussen Dawid en Salomo te bewerk-stellig, en aan die ander kant dieselfde Salomo te vermoor – het waarskynlik gespruit uit sy am-bisie om self koning te word ná, of selfs in die plek van Dawid… Niemand kan dit met sekerheid aantoon nie, maar indien dit wel die geval was, wys dit vir ons die gevaar van sondige ambisie.

Gesonde ambisie benadeel nie medemense nie.

Sondige ambisie is gevaarlik en

benadeel jou naaste; gesonde

ambisie benadeel nie

jou medemens nie.

6 Februarie 2017

IN DIEPTE

DEUR JAAI DU PLESSIS

L

LIDMAATPRAAT:

Jacqueline van der Walt:Aai, wat ‘n troos om dit te weet: “Geen haar sal val…”Ons Vader is in beheer van my, jou en elkeen geskape op hierdie aarde. Sy wil sal geskied. Laat gaan dus jou eie begeertes en volg sy stem deur gebed en geloofsgroei.

My Troos:geen haarsal val ...

ood (die natuurmens oor wie ek al voorheen geskryf het) het een nag sy nood by sy Vader

bekla. Hy is al oor sy beste jare. Hy het dit so goed bedoel om na ‘n beeskudde te kyk solank hulle tuisprovinsie nog onder die nagevolge van die droogte ly, maar dit raak te veel. Hy is moeg. Hy kan nie meer nie. Vroeg die volgende oggend stap hy in digte mis deur die beeste om, soos altyd, seker te maak alles is nog reg met die diere.

Ons Verbondsgod se troue sorgToe hy terugkom merk Maggi aan sy stap op dat iets aan hom anders is. Hy sê vir haar: “Ek het die eienaardigste ding gesien nou net toe die son deur die miswolke breek. Kom kyk, hier is nog iets daarvan oor.” Daar was ‘n spierwit ligstreep in die lug, ‘n halfmaan bo-oor my en die beeste. ‘n Klokkie lui in Maggi se agterkop oor ‘n baie skaars natuurverskynsel en sy gaan haastig agter hom aan. Daar sien sy dit ook: ‘n Wit reënboog! (‘n Wit reënboog kom voor wanneer sonstrale deur verskriklike klein waterdruppeltjies gereflekteer word: so klein dat die kleurbande wat vorm naby genoeg aan mekaar is dat hulle oorvleuel en wit lig vorm – nie soos ‘n gewone reënboog wat die bande gekleurde lig individueel vertoon nie). Toe Lood besef dit is ‘n reënboog vertel hy vir Maggi van sy gebed die vorige nag. Bemoedig en versterk dink hy toe weer aan die wonder van ‘n ander reënboog toe hy ook gebid het toe hy moeg was en nie meer kon nie.

Hulle het voorbrande gemaak en ‘n skielike dwarrelwind het die vuur in ‘n oogwink onbeheerbaar berg-op gejaag in die rigting van groot plantasies. Volgens die Brandwet is jy verantwoordelik vir alle skade wat voortspruit uit ‘n vuur wat op jou grond ontstaan. Die personeel het beangs gevlug. Lood was alleen en het besef hy kan nou alles verloor. Behalwe bedreigde menselewens bereken jy hierdie tipe skade in miljoene rande. Hy het probeer keer maar het te moeg geword. Hy het gebid: “Ek kan nie meer nie. Here, help!”

Vanuit niks het ’n paar wolke gevorm, ‘n vlagie reën het neergesif en die vuur se vernietigigsvaart gestuit. Vir ‘n kort

oomblik was daar ‘n reënboog. ‘n Helder volkleur reënboog. Toe is alles oor. ‘n Strofe uit die lied “Jerusalem”: “Die wonder-oomblik het verdwyn en ek was weer alleen” het by hom opgekom, maar met dié belangrike verskil dat hy weereens besef het dat die Here ons nóóit alleen laat nie. Hy het die reënboog ervaar as ‘n herbevestiging dat die Here altyd in beheer is en na ons kyk... net soos toe Hy met Noag die verbond gesluit het (Gen. 9: 8-17). Daardie dag het die Here die natuurkragte ingespan om Lood te help, en nie ‘n haar van sy hoof het eens geskroei nie.

My suster lees wat ek tot dusver geskryf het en merk op: “En hoe gereeld kyk ’n mens die Reënboog nie mis nie... Al staan Hy hier neffens jou!”

Kort ná die wit reënboog was Lood in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke op ‘n grondpad waarin sy voertuig afgeskryf is. Hy was kortstondig bewusteloos maar het genadiglik ‘net’ harsingskudding opgedoen. Kort daarna ontwikkel hy ‘n krapperige oog wat binne ure in ‘n krisis ontaard. Die dokter kry ‘n stukkie gesteente in die oog, reg voor die lens. Toe dit verwyder is, kom die wonderlike nuus: die skade is nie so diep nie. Dit sal herstel en nie sy sig beïnvloed nie. Hy weet niks van die ongeluk nie, maar... nie ‘n haar van sy hoof nie en nie ‘n persentasiepunt van sy sig nie.

God sorg ook vir ons ten tye van die stormsTot hier het die artikel maklik geskryf, maar ongelukkig is ons nie gevrywaar van katastrofes nie. Ek hoor jou vra: “En wat as my hare by die bondel uitval en die tsunami wat my getref het geen sin maak nie?” My antwoord is eenvoudig: ek weet nie. Wat ek wel weet is dat die Here reeds die stormwind en die ontstuimige see getrotseer het om by jou in jou skommelende bootjie te kom inklim, net soos wat Hy gedoen het vir sy dissipels in Matt. 14:22-33. By monde van Jesaja het Hy al belowe: “As jy deur water moet gaan, is Ek by jou” (43:2); “Moenie bang wees nie, Ek is by jou” (43:5). Hy waak oor ons met Vaderlike sorg... en sonder die wil van ons Vader kan nie een van ons (getelde!) hare afval nie (NGB Art. 13).

As jy Hom nie sien nie, beteken dit nie Hy is nie daar nie. Jou storm is dalk vir jou so donker dat jy die sonstraal wat jou reënboog moet verlig glad nie waarneem nie. Dit beteken jou oë is nog so toe soos Elisa se slaaf s’n toe hy so bang was vir die Arameërs (2 Kon. 6:15-17). Gevaar en teenstand kan ’n mens so beïnvloed dat jy van God se almag en beheer vergeet. In sulke tye moet ons ook bid (nes Elisa vir sy slaaf) vir oë wat kan sien dat God by ons is, al gebeur wat ook al (Die Bybel in Praktyk p.529). Dan sál jy Hom sien. Hier neffens jou!

Wees getroos: God sorg áltydRus in die troos dat Hy in álle omstandighede in beheer is want aan Hom is alle mag gegee in die hemel en op die aarde (Matt. 28:18). En tog doen Hy die moeite om áltyd by jou, klein nietige mensie, te wees – om jou te versorg en na jou te kyk. Hy bewaar my so dat “sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie” (Heidelbergse Kategismus; Sondag 1; V&A 1).

Ook in die jaar van ons Here 2017.

7Februarie 2017

DEUR JAAI DU PLESSIS

My Troos:geen haarsal val ...

IN DIEPTE

Elihu noem dat die Here op verskillende maniere met ‘n mens praat, soos deur drome en visioene (Job 33:14-15).

Die moontlikhede is onbeperk en dit lyk vir my Hy kies met sorg die kommunikasiemiddel uit wat pas by die mens met

wie Hy wil praat.

8 Februarie 2017

IN DIEPTE

IN TEËSPOED GEDULDIG

Wanneer ons die Kategismus leer, begin ons by vraag 1, dan vraag 2, 3 en 4 en so gaan ons daardeur. Maar wanneer ons Sondag 10 in die praktyk van ons lewe ervaar, begin ons aan die agterkant. Ons begin by teëspoed.

Teëspoed ry ons menslike beplanning in die wieleIets gaan fout in ons goed (menslik) beplande lewe. Jy of iemand in jou naby familie word ernstig siek, jy verloor ‘n geliefde of jou werk. Ons kan elkeen ons eie swaarkry hier invoeg. En nou vra ons onsself af: Hoe tree ‘n Christen op ‘n hierdie situasie? Ek het pyn, hartseer en woede. Ek voel depressief en moedeloos. Wat moet ek nou doen? Moet ek daaroor kla of maak asof niks fout is nie? En dan onthou ons die antwoord wat ons geleer het in vraag 28: “Dat ons in alle teëspoed geduldig ... kan wees”.

Geduldig? Dit is ‘n verrassende woord om hier te vind. ‘n Mens verwag eintlik iets soos “bly” of “tevrede”, “moedig”, “dapper” of “sterk”. Maar geduldig? Wat beteken hierdie geduldig? Moet ons dalk wanneer ons swaarkry, in ‘n hoekie gaan sit met ‘n lap oor ons koppe en rustig wag dat dit verbygaan? Natuurlik nie! Ons sal hierdie “geduldig” beter verstaan wanneer ons teruggaan na die vraag. Ons kan in teëspoed geduldig wees, omdat ons nou verstaan wat die voorsienigheid van God beteken.

God se almagtige voorsienigheiden volkome beheerEn nou moet ons nog ‘n tree terug gee, na vraag en antwoord 27. Wat verstaan ons onder die voorsienigheid van God? Ons kan dit so opsom: Dat God almagtig en alomteenwoordig is,

9Februarie 2017

IN DIEPTE

IN TEËSPOED GEDULDIG

dat Hy alles geskep het en dit steeds onderhou en regeer, en dat alles (goed en sleg) nie per toeval gebeur nie, maar onder sy beheer is.

Kom ons maak dit meer prakties: Jou ma is in ‘n koma in die hospitaal. Jou man werk. Jou kinders gaan skool en jy het ‘n kleuter tuis. Jy voel oorweldig. Jy kry nie alles gedoen nie. Jou emosies is buite beheer. Vir jou is hierdie ‘n teëspoedsituasie. Maar jy weet hierdie situasie is onder God se beheer. Jy weet Hy is teenwoordig by jou, by jou gesin en by jou ma. Jy weet God kan met jou ma praat en na haar luister, al kan niemand anders dit doen nie. Jy weet Hy is by haar wanneer julle haar alleen in die hospitaal moet los. Jy weet God het haar geskep en onderhou haar lewe en jou lewe. Dus, wanneer jy die voorsienigheid van God verstaan, verander dit jou uitkyk op jou situasie.

God help op sy tyd en betydsPrediker 3 vertel vir ons hoe elke ding sy tyd het. Elke ding het sy tyd, want God het aan elke ding ‘n bepaalte tyd gegee. ‘n Tyd waaroor Hy beheer het. Wanneer ons dus wag vir God om ons te help, moet ons weet dat Hy ons sal help op sý tyd. Vers 11 klink só in die 1953-vertaling: “Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd”, met ander woorde, wanneer jy wag dat iets op God se tyd gebeur, kan jy ook weet dat dit goed en mooi sal wees.

Klaagliedere 3:26 sluit hierby aan: “Dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here;” en vers 31 en 32: “Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ‘n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot”.

God beheer dus ons beproewing en daarom verwag Hy van ons om geduldig te wag vir Hom om Hom op die regte tyd oor ons te ontferm. Tog wil ons nog steeds weet: Hoe is ons nou geduldig in hierdie situasie? Hoe maak ons “geduldig wees” ‘n werkwoord? Hier kan ons na Job gaan kyk. Ons praat nie verniet in Afrikaans van “Job se geduld” nie. Ons eerste gedagte is dalk dat Job regtig net op ‘n hopie gaan sit en wag het dat sy teëspoed moet verbygaan, nogal op die ashoop... Maar kyk na Job se woorde in Job 1:21: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het

gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.”

Ja, dit is wat hy sê: “Prys die Naam van die Here.” In elke situasie is God in beheer. Hy is voorsienig. Hy het vooruit gesien wat gaan gebeur en Hy beheer wat gebeur. Daarom kan ons Hom loof en prys. In die res van die boek Job lees ons ook hoe Job met God worstel. Hy het beslis nie met ‘n glimlag op die ashoop gesit nie, maar hy het bly glo en vertrou dat wat gebeur in God se hand is. Hy het God bly prys.

God voorsien in Jesus Christus in ons grootste noodDie grootse bewys van God se voorsienigheid is dat Hy Jesus as Redder gestuur het. Hy het van voor die Skepping af geweet dat ons gaan sondig en ‘n redder gaan nodig hê en daarom het Hy die wêreldgeskiedenis oor duisende jare so beheer dat ons deur die kruisdood van Christus gered kan word.

In teëspoed kan ons dus geduldig wag op God, want Hy weet wat Hy doen en Hy doen dit goed. En terwyl ons wag, kan ons God prys en op dié manier ‘n getuie wees.

Lidmaatpraat: Marileen de Wet: Teenspoed is nooit welkom nie. Wanneer dit oor ons pad kom is ons so haastig dat die probleem net opgelos of verby moet wees. Tog is tye van teenspoed juis daardie tye waar ’n mens opnuut by God kan troos soek en sy liefde en genade soveel meer ervaar. Wees dus geduldig en waardeer die spesiale tyd saam met God. Hy gee altyd die uitkoms op sý tyd.

As kinders leer ons in die Gereformeerde Kerke almal op ‘n stadium die Heidelbergse Kategismus. Party van ons is gedwing om dit uit ons koppe uit te leer en van ander is net verwag om dit te verstaan, maar ons almal is daarin onderrig. Maar soos met meeste dinge in die lewe, verstaan ‘n mens dit eers werklik wanneer jy dit prakties ervaar.

DEUR JACOMIEN ZWEMSTRA

10 Februarie 2017

IN DIEPTE

Ek hou daarvan om aan die begin van ’n nuwe jaar – aan dié jaar wat voorlê - te dink as ’n leë fotoraam. Een van daardie fotorame met ’n woord in die middel wat omring word met kleiner rame vir foto’s. In hierdie geval

is die woord (of getal) in die middel van die raam: 2017.

INVOORSPOEDDANKBAAR

ierdie jaartal pronk in die middel van leë fotospasies, omdat ek nog nie in staat is om hierdie jaar te vul met foto’s nie. Want ek weet nie wat voorlê nie. Ek weet ook nie waar om hierdie raam op my mure

te hang nie. Aan die een kant is ’n muur waarvan die verf effens afdop en die muur begin krakies wys – die muur van twyfel en onsekerheid. Dit is die gevoelens wat my soms oorweldig as ek dink aan die nuwe jaar. Aan die ander kant is ’n skoon uitgeverfde muur wat stewig in sy fondasie staan – die muur van genade en dankbaarheid.

Die oop spasies in die rame staar dwarsdeur my: “Aan watter muur gaan jy kies om hierdie raam te hang?” – weergalm die vraag van nog ’n nuwe jaar.

Gedenk die voorspoedstye in geloofDie eerste muur is die muur van die wêreld – as ek hierdie muur kies sal ek my eie krag moet gebruik om die muur reg op te hou. Die muur wat stewig staan in sy fondasie is die muur van geloof – gefundeer op die Woord van God en die liefde wat ons hemelse Vader aan ons openbaar. Dit is die muur waarop ek hierdie fotoraam van 2017 gaan hang. Op die muur van genade en dankbaarheid. Dit is waar al my vorige jare se rame hang, omdat God nog altyd getrou was. Ons raam die mooiste oomblikke, nie die swaar en seer nie, maar die tye wat ons kan sê dat die Here ons werklik geseën het: die voorspoedstye.

Ek slaan die spykers waaraan my fotoraam gaan hang in – die eerste spyker is Deut. 8:10 en die tweede spyker 1 Tess. 5:18.

Dankbaar vir die goeie uit God se hand “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het” (Deut. 8:10). Ons bely immers in Sondag 10 van die Heidelbergse Kategismus, V&A 27 dat “alles ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom”.

Daarom is hierdie die eerste spyker waaraan ek die fotoraam hang. Omdat ek verseker kan weet dat die Here in sy volmaakte voorsienigheid alles wat hierdie jaar oor my pad gaan kom, volgens sy wil sal laat geskied, omdat ons Vader aan ons sal voorsien. Dit beteken nie noodwendig dat ons alles sal ontvang volgens ons wil nie, maar dat ons sal ontvang wat die Here vir ons bepaal het volgens sy goeie wil. Watter groot troos. Om in volle afhanklikheid te weet dat ons sogenaamde “leë” fotoraam al deur die Here gevul is – Hy weet vooruit wat Hy vir ons beplan het. Dit is ‘n troos om te glo dat die Here in beheer is, daarom hoef ek nie te twyfel of onseker te voel nie – ek kan maar net my bekommernisse oor die “leë” 2017-raam aan sy voete neerlê en wéét Hy is in beheer. Hy sal voorsien soos wat Hy dit goed ag.

Daarvoor is ek dankbaar.

In alle omstandighede dankbaarDie tweede spyker vir my fotoraam is 1 Tess. 5:18: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” Hierdie vers is ’n oproep tot dankbaarheid. Veral wanneer dit met ons goed gaan. In daardie tye van die foto’s wat teen ons muur hang van die jare wat verby is, sowel as vir die foto’s waarmee ons die raam van die jaar wat voorlê gaan vul.

DEUR JOZELLE SMIT

H

11Februarie 2017

IN DIEPTE

Ek hou daarvan om aan die begin van ’n nuwe jaar – aan dié jaar wat voorlê - te dink as ’n leë fotoraam. Een van daardie fotorame met ’n woord in die middel wat omring word met kleiner rame vir foto’s. In hierdie geval

is die woord (of getal) in die middel van die raam: 2017.

INVOORSPOEDDANKBAAR

LIDMAATPRAAT: Marietjie Jordaan: Ek probeer myself herinner om gedurig my dankbaarheid te voel, dankbaar te wees en dankbaar te dink, en my dankbaarheid positief en opbouend uit te leef. Ek voel dat ek ALTYD rede tot dankbaarheid het, want daar is altyd iemand anders wat swaarder as ek kry.

In Sondag 10, V&A 28 van die Heidelbergse Kategismus bely ons ook: “Dat ons in alle teëspoed geduldig en in voorspoed dankbaar kan wees”. Omdat God in sy volkome voorsienigheid alles aan ons gee en beskik – ook die goeie tye, die tye van liefde en vrede in oorvloed, moet ons onthou om altyd dankbaar te wees. Wanneer dit regtig net met ons goed gaan, is dit nie aan ons eie toedoen te danke nie, maar dit word deur genade aan ons gegee deur die Here. Ons moet ’n gesindheid van dankbaarheid in die tye van voorspoed kweek.

Dit is makliker gesê as gedaan, omdat ons as mense leef in hierdie gebroke wêreld waar ons begeertes en behoeftes nie altyd dieselfde is nie. Waar ons idee van voorspoed en die werklike voorspoed wat reeds aan ons geskenk is deur die genade van Jesus Christus se verlossing, nie altyd ooreenstem nie. Ons fokus moet hier wees op die genade wat ons reeds ontvang het. Op die voorsienigheid van die Here vir ons hier op aarde, volgens sy wil. Al vervul die Here nie al ons aardse begeertes nie, het Hy ons grootste behoefte en nood raakgesien en sy Seun gestuur om ons te kom red van die sonde en die dood.

Wanneer Paulus dan ‘n oproep op die gelowige doen om onder alle omstandighede dankbaar te wees, is dit ‘n oproep om te kan sien wat die Here alreeds vir ons deur sy Seun geskenk het – dit kan ons net regkry deur die leiding van die Heilige Gees. Om hierdie seëninge van die Here raak te sien en in dankbaarheid teenoor Hom te mag leef, is op sigself ’n groot genadegawe. Daarom moet ons veral in goeie en geseënde tye die oproep tot dankbaarheid gehoorsaam.

Daarom hang ek hierdie jaar weer my leë fotoraam aan die uitgeverfde muur van God se verlossing, genade en dankbaarheid. Ek spyker die raam vas met die dank wat ek aan God wil betoon en ek aanvaar die oproep tot dankbaarheid. Voor ek hierdie jaar volstoom aanpak, draai ek om en kyk deur die foto’s van my lewe, omdat ek met oorweldigende dankbaarheid kan sê dat die Here nog altyd getrou was en daarom sal ek in dankbaarheid, volkome op sy wil vertrou in 2017. DEUR JOZELLE SMIT

12 Februarie 2017

LEEFDINGE

DEUR GRIET SWANEPOEL

Meer werd asbaie mossies

“Jou ma het ‘n hartaanval gehad,” vertel die dokter vir my. Die vorige dag het alles so goed gegaan. My pa het vir haar varkore gevat. Die aand met besoektyd was alles nog perfek.

13Februarie 2017

LEEFDINGE

DEUR GRIET SWANEPOEL

Ek het dié oggend vroeg wakker geword. Daar was ‘n onrustigheid wat oor my bly spoel het. Die enigste manier om iets daaraan te doen is om op te staan en die hospitaal te bel. Tóé moes ek hoor dat my ma se toestand intussen drasties agteruit gegaan het. Sy het skynbaar benoud geraak in die nag en sy is nou op ‘n suurstofmasker, vertel die nagskofpersoneel vir my.

My pa sit rustig dié oggend - heeltemal verdiep in ‘n Kerkblad in ons sitkamer. Ek wil hom nie ontstel nie, ek ry stilweg om te kyk wat daar by die hospitaal aangaan. Ek weet net ek moet gou maak.

Die privaathospitaal is nie vir my bekend nie, dis ‘n nagmerrie om inligting te kry. Daar is ook nie besoektyd in die oggend nie. Gelukkig kry ek my ma se dokter in die spreekkamer.

Die dokter gryp my aan die hand en begin bid vir my. Dit voel asof my bene onder my ingee.

“Jou ma se embolus in die long is ook nou bevestig! Sy is op pad ICU toe.”

Ek besef die erns van die saak. Ek bel my man by ‘n funksie en hy los alles en kom. (Ja, daar is tye wat ek ook mos ’n dominee nodig het!) (En liewe lidmate wat hier lees, daar kom tye wat ‘n pastor ook pastors nodig het – en elkeen van ons het die gawe van bemoediging gekry – Redakteur se eie invoeging met apologie aan Griet).

Voor ons met die suurstofsilinder en al die aarvoedingsakkies beweeg, kom my man daar aan. Hy bid eers vir my ma. Wie het nou gedink dat ek in ‘n vreemde hospitaal my ma ICU toe sal vat, dink ek.

“Die volgende 48 uur is belangrik, sê die internis!”

Nou sit ek maar en wag in die wagkamer vir die beloofde vyf minute wat

ek kan kry as my ma, nou ‘n kritiek-siek-pasiënt, gestabileer is. Die gordyne bly lank toe.

In die wagkamer is daar ‘n groot tekort aan stoele. Daar sit ‘n familie en huil. Ek het nie plek om te sit nie. ’n Sothosprekende man staan sy stoel aan my af. Ek sien hy het ook gehuil en is deel van sy eie hartseer. Ek vra uit. Hulle vertel vir my dat hulle sussie geskiet is. Helder oordag is sy in haar huis oorval deur rowers. Sy is maar 35. ‘n Seuntjie sit op die vloer voor my. Die kind is erg getraumatiseer: hy kyk na my met sulke waterige oë vol huilstrepe oor die wange.

“I am so sorry... ” is al wat ek uitkry. Hulle vra my uit oor my familie en ek vertel hulle van my ma. Na ‘n baie lawaaierige gesels word dit stil in hierdie wagkamer.

Daar is iemand in die familie wat ‘n Bybel na vore bring en begin lees. Ek hoor hy lees uit Lukas 12. Hy lees in Engels, verduidelik in sy taal. As hy klaar vir die familie gelees het, kyk hy op na my en sê in sy Afrikaans: “Jou ma is meer werd as bai-je mossies – God sal haar bewaar!”

Skaars oomblikke na die man dit vir my gesê het, vlieg daar ’n voëltjie teen die ruit van die hospitaalvenster vas. Ek wip soos ek skrik. Die voëltjie gaan sit op die vensterbank.

En ek dink aan die wêreld wat daarbuite woel en werskaf. Hier is soveel geloof in hierdie wagkamer, soveel vertroue in God se liefdevolle hand van bewaring waarin ons kan troos vind.

Uiteindelik word ek ingeroep. My ma lyk wasbleek teen die lakens. Moeg in die groen teaterjas. Gekoppel aan al die monitors wat ek so goed ken. Dis nie waar ek haar wou hê nie. Dit is nie hoe ek gedink het sy sou vorder nie. Dit is ‘n harde en ‘n moeilike werklikheid. En sy

weet nie eers mooi wat gebeur het nie.

Die hospitaalkafee se warm tee help my om tot verhaal te kom. Na drie koppies voel ek die skok is effens uit my sisteem.

Ek stuur boodskappe vir my vyf sussies. Ons is almal platgeslaan.

Daardie aand vertel ek my man wat alles met my in die wagkamer gebeur het. Ek vertel hom van die man wat Lukas 12 gelees het, dat ek soveel hoop gevind het toe hy vir my sê: “Jou ma is meer werd as baie mossies – God sal haar bewaar!”

Daarna vertel my man vir my dat die boodskap van die mossies ook vir die weerlose vroue in die konsentrasiekamp ‘n bemoedigende boodskap was. Dit het hulle staande gehou. As God na die geringstes in die veld kyk sal Hy ook oor hulle die wag hou, het hulle geglo. Daarom was die mossie-simbool destyds daarna op die 1-sentmunstuk in ons land gegiet. Die mossie het vir gelowiges deur die eeue hoop gebring. Vir die vroue in die konsentrasiekamp meer as ‘n eeu gelede en ook vandag vir my.

Ek gaan slaap die aand hoopvol. Ek voel hoe die doringdrade van my gemoed minder seermaak. Ek dink oor die voëltjie op die vensterbank. Dit moes seker ‘n mossie gewees het.

My ma is tien dae later huis toe. Sy is besig om haar kragte stadig terug te kry. Sy kan nie veel van haar siekbed onthou nie. Sy wil hê ek moet haar vertel wat gebeur het.

Al wat ek nou weet is dat sy die dag van haar hartaanval bewaar is... Nie alleen omdat sy vir ons so kosbaar is nie.

Sy is kosbaar vir God. Sy is meer werd as baie mossies.

14 Februarie 2017

TEKS & VERS

DEUR MARLETTE vAN ROOyEN

As die Son SakDit is my Troos

U sit aan die regterhand van God.Dit is die eerste en die laaste ding

wat regtig saak maak vir my bestaan.Watter voorspoed ek vandag ook al

beleef,of watter teenspoed my ook mag tref,

wat ook al op my lewenstoneel verskynof uit my lewe mag verdwyn:

Een ding staan onveranderlik vas,een saak kan nooit verander nie

en dit sal my vandag en altyd troos.En dit is, Here,

dat U aan die regterhand van die Vader sit.

wat U gedoen het, is genoeg.vir vandag, vir môre, vir altyd.

Karl Barth

God is getrou, die son sak, die son kom weer op, só sorg Hy ook vir jou: in die lig

en in die donker.

Jes 45: 7: Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.En as die son weer in jou hart opkom, kan ons saam met die Psalmdigter jubelend dankbaar sing:

Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word! (Ps. 113:3).

Een van die mooiste dinge is sekerlik om te sit en kyk hoe die son sak. Dit is nie iets wat ons sommer gereeld doen nie, en waardeer die wonder van sonsondergang eerder as ons rustig in die bosveld of by die see is. Die laaste pienk en oranje en geel lig laat ’n mens in verwonde-ring – ál hierdie kleurespel nét voor die donker nag toesak.

Dit gebeur ook baie in ons lewe dat ons verbaas en met verwondering staan en toekyk hoe die son in ons harte sak, die laaste paar ligstrale nog so mooi en kleurvol, voordat jou hart sommer donker raak ten tye van die oomblik wanneer jy die teëspoed sien aankom soos die donker nag, en dit jou toevou in bedruktheid, hartseer en benoudheid.

Gelukkig laat die Here ook weer elke môre die son op-kom, en dit laat ons besef dat ons geduldig moet wag deur teëspoed, want êrens sál daar weer ’n ligstraal my geestesdonkerte kom ophelder.

In hierdie nag, onthou:God die lig is by jou.

In hierdie chaos weet:jy staan op die hoofpad.

As dit wat jy beleef,voel soos sterwensnood,

hou dan verbete vas aan die wete:die Lewe self

hou jou in Vaderarms vas

– Jan Keble

15Februarie 2017

TEKS & VERS

Toekoms vol VerwagtingJer. 29:11: Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!

Gun ander VoorspoedSpr. 11:25: Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.

God by ons in teëspoedPs. 23:4: Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig.

Dinsdag

Vrydag

Rus na teëspoedPs. 94:12-13: Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie U onderrig in u woord en vir wie U rus gee na tye van teëspoed.

Blydskap in VoorspoedPred. 7:14: Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar ’n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.

Woensdag

Maandag

Donderdag

Teëspoed sal eendag ophouOp. 21:4: Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.

Sondag

God se woorde gee VoorspoedSpr. 16:20: Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet; wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed.

Saterdag

Dagboek

16 Februarie 2017

LEESDINGE

Boekeblad BoekebladDie Rooi Koord deur Francine RiversResensent: Annamie Odendaal

Min mense weet nie van hierdie Engelse skrywer nie. Sy kry regmerkies op al die noodsaaklike boublokke vir ‘n goeie storie: geloofwaardige karakters; interessante storielyne en karakterontwikkeling wat die Here se herskeppende werk verkondig. Die Afrikaanse vertaling is bekwaam gedoen deur Gerda-Marie Zietsman.

Twee jong vroue se lewensverhale word hier om die beurt vertel. Altwee se lewens word radikaal verander deur hul mans se besluite wat die vrouens opstandig en verbitterd laat. Groot skade word aan beide huwelike gedoen soos griewe vertroetel word ten koste van hul eggenote.

Beide verhale speel in Amerika af. Sierra is dolverlief op haar man Alex totdat hy geleentheid kry om hul rustige lewe in dieselfde dorpie as waar hulle ouers bly, te verruil vir die uitdagings van die rekenaarwêreld met baie geld en groot risiko’s. Alex is die seun van arm Meksikaanse immigrante. Hy voel sy lewe lank minderwaardig oor sy afkoms en vergoed nou daarvoor deur dieselfde hoë lewensstandaard as sy kollegas te handhaaf. Sierra kan glad nie verstaan hoekom Alex so onbevredig gelaat is in die lewe waarin sy so gelukkig was nie. Sy is geweldig negatief oor die trek na die stad en oor alles waaroor Alex opgewonde is. Hy is baie suksesvol en gewild, maar ontvang net kritiek en klagtes van sy vrou af. Hy kan nie sy vreugde en trots oor sy sukses met haar deel nie. Sy het nie gaan studeer nie en voel dat sy afsteek by die gesofistikeerde vrouens in haar man se leefwêreld.

Binne ‘n jaar is hulle verbitterde vreemdelinge vir mekaar. Sierra se lewe val verder drasties uit mekaar nadat sy haar ma vir weke lank gaan versorg tydens haar terminale siekte.

In haar ouerhuis kry sy ‘n ou dagboek van ‘n voorsaat: Kathryn, die tweede vrou oor wie die storie gaan, het meer

17Februarie 2017

LEESDINGE

Boekebladas ‘n eeu vroeër geleef. In teenstelling met Sierra se gelukkige ouerhuis en haar hegte verhouding met haar ma, het Kathryn se ma vroeg gesterf aan tering en ondenkbare swaarkry word haar voorland. Haar skoonsuster sterf met die geboorte van haar eerste kind en Kathryn maak die baba groot al verg dit groot opoffering. Almal aanvaar dis haar eie buite-egtelike kind en sy kan die waarheid oor wie die pa is, met niemand deel nie. Later trou sy met die man van haar drome, maar dinge wil maar nie vlot verloop nie. Kathryn glo vas dat die Here haar nie liefhet nie. Haar man gryp die eerste kans wat hy kry om los te breek uit die verslawing van boer op arm grond. Hulle sluit hul aan by die pioniers wat met ossewaens en groot ontbering die binneland vol gevare aandurf op soek na ‘n beter lewe. Kathryn se woede en teenkanting teen haar man se avontuurlus maak hul altwee moeg en eensaam. Daar is meer as genoeg geleentheid vir bitter verwyt.

Om die beurt word die twee vrouens se swaarkryverhaal vertel. Dit lyk vir my baie vrouens sukkel om te aanvaar dat hul mans besluite neem waarteen hulle bitterlik gekant is sonder dat hulle veel daaraan kan verander, hoewel dit hul lewens radikaal verander. Die gepaardgaande woede, wedersydse verwyte en verwydering veroorsaak geweldige skade aan man en vrou en almal naby hulle – veral hul kinders.

Hoe is dit moontlik dat mense nie insig het in hul eie dwarsheid nie? Deur die Here se genade kom daar egter vir baie ‘n kentering, meestal ná ‘n groot krisis of trauma. Moeisaam moet jare se seermaak en seerkry bely en vergewe word. Dis nou vir hulle wat gelukkig genoeg is om die paadjie verder saam te loop. Baie ander kom nooit by die genade van versoening en herstel uit nie.

In hierdie roman groei beide hoofkarakters deur baie hartseer, verlies en trauma heen. Stadig verander hul oortuiging dat hulle waardeloos in die Here se oë is in ‘n blye besef dat Hy hulle nog altyd liefgehad het en bewaar. Hierna word die onmoontlike ‘n dankbare werklikheid. Die radikale andersheid van dienende liefde word die norm in Sierra en in Kathryn se lewens.

Lees die boek wanneer jy genoeg tyd het om te lees tot jy klaar is. Mag die ervaring vir baie lesers insig bring – insig wat hul eie selfsug en hardkoppigheid sal verander in lewegewende liefde en begrip vir hul geliefdes: eggenote, kinders en vriende.

Cum-Uitgewers ISBN: 978-1-4316-0478-4Prys: R199,95Vrystellingsdatum: Oktober 2016 (Herdruk)Kategorie: FiksieTeikenmark: AlgemeenFormaat: 140 x 210 mmBladsye: 436Omslag: Sagteband

18 Februarie 2017

LEEFDINGE

Bybelseberading Dr. Trudie antwoord…

Ek weet nie hoe om myself te vergewe nie!

Ek is 21 jaar oud, en het die huis op 16 verlaat. My ouers

was baie krities oor my doen en late, en ek wou net met

alle geweld van hulle af wegvlug. Ek het baie foute

gemaak en by verkeerde mense betrokke geraak.

Verslawing, alkoholmisbruik en losbandigheid, enigiets wat

my net beter kon laat voel, was ongelukkig die gevolge

van my keuse.

Toe het ek egter ‘n wonderlike man ontmoet. Hy en sy

ouers het my met ope arms verwelkom en ek was nog

nooit in my lewe so gelukkig nie. Ons is ook in ‘n gemeente

waar ek baie tuis voel.

Tog voel ek steeds baie skuldig oor alles wat ek

verkeerd gedoen het en weet nie hoe ek myself kan vergewe vir alles wat ek aangevang het

nie. Ek wonder of my man, sy ouers en selfs die gemeente waarvoor ek so lief geword

het, my nog sal kan verdra as hulle alles van my af weet. En

die belangrikste van alles: Hoe kan God lief wees vir iemand

soos ek?

Dit moes baie moed van jou gevat het om hierdie brief aan my te skryf. Jy dra duidelik baie swaar aan die geestelike letsels wat jy in die verlede opgedoen het. Maar dink mooi na oor hoe onuitspreeklik groot God se genade is dat Hy jou uit jou moeilike omstandighede gered het deur ‘n wonderlike man op jou pad te bring wat daartoe meegewerk het dat jy nou deel is van ‘n gemeente waar jy so tuis voel. Dit maak ons net opnuut bewus van God se onuitspreeklike liefde vir jou. Daar sal nie eers ‘n haar van jou hoof val sonder dat dit sy wil is nie (Matt. 10:30).

Daar is gedurig ‘n wisselwerking tussen die emosies wat gevorm is in jou verlede en dié wat jy vandag ervaar. En saam vorm dit die emosionele raamwerk waarbinne jy funksioneer. Dit is egter vir jou noodsaaklik om, weens die verlossing wat ons in Christus verkry het, vry te kom van die skuldbelaaide emosies van jou verlede. Sodoende kry jy ‘n splinternuwe raamwerk waarbinne jy kan groei in die geloof. Skuldbelaaide emosies kan die gevolg wees van verkeerde terugvoer wat jy vanaf jou kinderjare ontvang het, sowel as werklike verkeerde dade waaroor jy nog steeds baie skuldig voel.

Satan gaan slu te werk in sy poging om ons van die vryheid wat ons in Christus ontvang het, te beroof (lees meer hieroor in 1 Pet. 5:8 en Ef. 6:11-12). Hy gebruik juis sulke skuldgevoelens en swakhede waarin ons vasgevang is, om ons insig omtrent God se ryke genade en onuitspreeklike liefde vir ons as sondaarmense teen te werk. Daarom moet jy jou daarop toelê om altyd te onthou dat ons deur die bloed van onse Here Jesus Christus verlos is en van al ons oortredinge vergewe is (Ef. 1:7). Volgens Heb. 10:17 sal Hy aan ons sondes en oortredinge nooit meer dink nie.

As God deur die soenverdienste van Christus nie meer aan jou sondes en oortreding dink nie, is dit mos sinneloos dat jy nog skuldig kan voel terwyl jy werklik berou daaroor het, en volkome daarvoor vergewe is. Dit is egter ook uiters belangrik dat jy diegene wat enige aandeel gehad het in jou verkeerde keuses, moet vergewe. Dit is die enigste vereiste wat in die volmaakte gebed wat Jesus Christus vir ons gegee het, voorkom (Matt. 6:12). Dit word dan ook duidelik as ‘n voorwaarde herhaal nadat Jesus die gebed aan sy volgelinge voorgehou het tydens die bergpredikasie volgens Matt. 6:15: “As julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredinge vergewe nie.”

Indien jy dus oortuig daarvan is dat enigiemand jou bewustelik of onbewustelik waardeloos en sonder emosionele sekuriteit gelaat het, moet jy hard daaraan werk om hulle totaal te vergewe. Al beteken dit dat jy beslis teenoor hulle moet optree en nooit meer mag toelaat dat hulle ‘n verdere negatiewe invloed op jou lewe mag uitoefen nie. Probeer hulle verstaan binne die gevalle konteks van ons bestaan en onthou dan dat ook hulle binne stukkende en verwronge denkraamwerke lewe.

19Februarie 2017

LEEFDINGE

Bybelseberading Dr. Trudie antwoord…

Stuur jou vrae aan Trudie GrobbelaarSMS: 084 589 5965Epos-adres: [email protected]: (012) 653 7521Slakkeposadres:Posbus 11309,Wierdapark-Suid0057

Om dit reg te kry, moet jy al die negatiewe emosies en selfspraak verbaliseer sodat jy meer objektief daaraan kan dink. Bespreek dit met ‘n baie goeie vertroueling of ‘n professionele persoon, of skryf dit bloot neer, sodat jy logies daaroor kan dink. Wees totaal eerlik ten opsigte van alles in jou verlede wat jou so laat worstel met jou vertroue in God se liefde vir jou. Bid ernstig vir die Heilige Gees se leiding daarmee. Bely dit dan voor God, want in 1 Joh. 1:9 kry ons die belofte:“...as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh. 19).

Net soos Paulus, wat homself die grootste sondaar van almal genoem het, moet jy ook jou verlede agter jou kan plaas en jouself uitstrek na wat voorlê (Fil.3:13). Jesus se genade het ook Paulus se hele lewe verander, nadat Hy ingegryp het en hom, terwyl hy op pad was na Damaskus toe, as’t ware tot bekering geruk het (Hand. 9:3-7). Paulus het ‘n geweldige sondige bestaan gehad voor sy bekering. Hy het Christene vervolg en oorgelewer om doodgemaak te word en so eintlik vir Christus self vervolg (Hand. 8:3; 9:4). Hy het homself dan ook beskryf as die grootste sondaar terwyl Hy hom beywer het vir verkondiging van die evangelie (1 Tim. 1:16). Hy was gevolglik tydens sy apostelskap baie nederig, maar tog het niks hom gestuit in sy taak om die evangelie onder die heidene te versprei nie. Al het dit soms gepaard gegaan met geweldige fisieke lyding en swaarkry (vgl. 2 Kor. 11:23-30). Hy het wel daarop geroem dat hy sy krag in Christus gekry het (Kol.1:29). Selfs terwyl hy ‘n gevangene was, kon hy lofliedere sing tot eer van God (Hand.16:24-25).

Meer prakties• Dank God elke dag vir sy groot genade.

• Daag jouself uit om Efesiërs 1:3-10 te memoriseer. Sodra jy dan voel dat jou waarde as mens baie min is, moet jy dit as’t ware soos ‘n gebed kan bedink.

• Doen ‘n vers-vir-vers Bybelstudie van die evangelie van Johannes om die volle omvang van God se almag en Jesus Christus se verlossingsdade beter te verstaan.

• Uit jou brief blyk dit dat jy min kontak met jou ouers het. Gaan lê ’n besoek af by hulle en maak ten minste die kommunikasiekanale tussen julle weer oop. Laat die vrede wat jy in Christus het en wat alle verstand te bowe gaan, vir hulle duidelik wees, en wie weet wat dit vir hulle kan beteken. Bid vir hulle.

• Indien jy kans sien daarvoor, kan jy wonder-like getuienis vir byvoorbeeld ander jong meisies lewer oor wat God vir jou gedoen het!

20 Februarie 2017

Kinta, geen haar sal val nie!Deur Kinta se Ma (skuilnaam)

Gesprekmet Kinta

LEEFDINGE

21Februarie 2017

LEEFDINGE(Ek spring op toe Kinta se benoude roep my konsentrasie verbreek waar ek sit en lees)

Ma, Ma, kom gou!

Waar is jy, Kinta?

In die badkamer, my handdoek is nie hier nie en ek is papnat, klaar gestort en begin eintlik al bibber.

Die handdoeke wil nie droog word in ons bewolkte omstandighede van die laaste paar dae nie. Ek bring vir jou ’n ander een.

(Ek gee die handdoek aan en gaan sit op die bad se rand)

So, is jou Woensdag ’n gewone een?

Hopelik ja, of nee... nie eintlik nie. Ek is nog nie heeltemal gewoond aan my 2017-rooster en program nie. Al wat dieselfde is, is die koor se oefentye, die res het als verander van verlede jaar af. Selfs die verandering van personeel is vir my ’n aanpassing. Ek gaan vir Mev. Pienaar baie mis, die nuwe Wiskundeonderwyser maak nie eers moeite om ons name te leer ken nie!

En haar naam is nou weer?

Mmmm, ’n nuwe een vir my – me. Lerika Hitge.

So, as jy moet mmm om haar te onthou, hoekom verwag jy sy moet julle klas van dertig leerders se name onmiddellik onthou? En dan moet jy nie vergeet van haar ander klasse wat ook elkeen ’n see van vreemde gesigte is nie.

Ma is reg, jammer juffrou. (Kinta lag) Ma het duidelik ook klas gegee op ’n stadium.

Ja, en name onthou was nog altyd vir my ’n uitdaging, wat name betref het jy ’n wonderlike vermoë van jou pa geërf: jy kan maklik ’n gesig en naam bymekaar sit.

Behalwe as ek nog nooit van Hitge gehoor het nie. Gelukkig is my naam in die Here se handpalm geskryf en solank Hy my nie vergeet nie, kan juffrou Hitge maar na my wys en “jy en jou” as ek moet reageer.

Gaan dink aan ’n mooi manier om jou naam vir haar te noem as jy volgende keer moet antwoord, dan help jy haar so.

Ek lees vanoggend die bekende gedeelte in Gen. 28 waar Jakob deur Isak weggestuur is en die nag met sy kop op ’n klip van die leer wat tot aan die hemel reik, gedroom het. Wat my tussen die oë getref het, is dat hy wakker geword het en gesê het “Die Here is op hierdie plek en ek het dit nie besef nie”. Net so, aan die begin van die jaar, val ek in by nuwe onderwysers en in nuwe lokale sonder om te dink of die Here daar teenwoordig is. Om dan nie eers te dink aan die paar nuwe kinders in die skool wat ek van g’n kant af ken nie en ook nie weet of Jesus in hul harte leef nie.

En die liewe Heer ken al die miljoene mense op die aarde, elkeen op sy volle name, en sommer ’n noemnaam ook.

En dan is Hy nog besorgd ook oor elkeen se doen en late...

Jip. Jy het besluit om die Bybel te begin deurlees en is alreeds by Genesis 28, jy weet reeds ek wil vanjaar “Bible hopping” doen en ’n verband probeer deurtrek van enige drie verskillende plekke in die Bybel waar ek lees. Vanoggend het ons reeds ’n verband tussen jou Genesis en my Spreukegedeelte gekry: Spreuke 3: 23-24 sê: “...jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie”.

En net soos Jakob in die Ou Testament vergeet ons dit sommer baie gou. Kyk nou maar na die klomp hare in die stort, my hare val so uit, dat ek dink ek gaan een van die dae net so bles soos Pa wees. Iewers in die Bybel staan dit ook dat die Here weet van elke haar wat van ons koppe afval. Kyk net al die awesome raakpunte – God is so groot, Hy is alomteenwoordig en alwetend!

Ja, en die uitdaging is om dit deurentyd te onthou by elke nuwe plek waar jy instap, in elke nuwe omstandigheid, maak nie saak of dit in voorspoed of teëspoed is nie, bekend of onbekend is nie.

Die hoof het gister met saalopening ons uitgedaag om elke dag vir ’n maand lank vyf dinge te lys waarvoor ons dankbaar is sonder om dinge op die lys te herhaal. Hy het die klem daarop gelê dat ons heeltemal te veel dinge in ons lewe net aanvaar en sy voorbeeld was ’n tandeborsel. Hy het vertel dat hy sy ou tandeborsel verlede week moes vervang en toe nie van die nuwe een gehou nie, hy is toe die volgende dag terug winkel toe om ’n ander een te gaan koop. Op pad huis toe het die boemie by die robot hom laat besef dat hy dit nie net vanselfsprekend kan aanvaar dat hy kan ry om ’n tandeborsel te koop en dat hy boonop sommer ’n tweede een kan koop omdat hy kieskeurig is oor watter brand tandeborsel hy verkies nie.

Jy moet net besef dat die lys nie net uit tandeborsels, verfkwaste en grimering opgemaak kan word nie, maar ook al jou gawes en talente, vriendskappe en ondersteuningsnetwerke moet insluit.

Gaan Ma ook ’n lys maak, dan vergelyk ons dit oor ’n maand?

Solank jy dankbaar is vir jou Ma wat jou nou aanjaag dat jy nie laat kom vir skool vanoggend nie!

(Kinta vlieg vervaard op van die bad se rand af waar sy, nog toegedraai in die handdoek langs my kom sit het)

Ek sal sowaar moet move, Ma, ons het so lekker gesels ek het amper vergeet vandag is Woensdag!

22 Februarie 2017

LEEFDINGE & LEESDINGE

T.T. Cloete het ’n formidabele skat aan geskrewe woorde nagelaat: ongeveer 150 vakwetenskaplike publikasies, 10 digbundels, 1 drama, 2 kortverhaal-bundels en twee bundels versamelde gedigte. Daarby kom die Psalmomdigting waaraan hy 10 jaar van sy lewe afgestaan het.

Hy het tot aan die einde van sy lewe produktief gebly. In 2013, toe hy 89 was, verskyn Die ander een is ek, ’n akademiese en persoonlike biografie en literatuurbeskouing. Daar is ook nou pas ’n merkwaardige boek van hom postuum gepubliseer. Die manuskrip was reeds voltooi en hy en die uitgewer was besig met die redigering toe hy op 29 Julie

2015 oorlede is. Aan hierdie boek, Die groot misterie van twee Vroue – Briewe aan Anna, het hy begin skryf in 2002 die aand nadat sy vrou Anna met nierkanker gediagnoseer is.

Hierdie eerste brief skryf ek vir jou vanaand, nadat hulle vandag die kanker in jou ontdek het. Ek gaan dit nie vir jou wys en gee om te lees nie. Ek wil nie jou sterwe vir jou moeilik maak nie. Ek wil net met jou mee-leef.…

Ek is emosioneel geradbraak. Hierdie woord kry nou eers vir my inhoud. Tot nou toe het dit leeg in my woordeboeke gestaan.

Prof. T.T. Cloete: Gebore op 31 Mei 1924.Op 19 Julie 2015 sterf ’n biblioteek.DEUR PROf. HEILNA DU PLOOy

23Februarie 2017

LEEFDINGE & LEESDINGE

Onafgelewerde brieweWaarom briewe skryf wat nooit afgelewer gaan word nie en nooit deur die aangesprokene gelees gaan word nie? As eggenoot en geliefde is die briefskrywer geskok en ontsteld. Hy moet die ervaring verwerk en as digter en skrywer doen hy dit via taal, deur te skryf en te praat. Maar tot wie rig hy hom? Want sy vertroueling van bykans sestig jaar is juis die een oor wie dit gaan. Daarom skryf hy briewe waarin hy met Anna praat, maar wat hy weet hy nie gaan aflewer nie. Anna sterf in 2007, maar Cloete hou aan om briewe aan haar te skryf. Die boek bevat briewe tot ongeveer drie maande voor sy eie dood in 2015.

Cloete het in gesprekke gesê dat hy probeer om só oor Anna te rou dat hy deur die rouproses aan haar eer betoon, die eer wat aan haar verskuldig is. Die briewe is dus unieke liefdesbriewe waarmee die skrywer die geliefde nie met sy smart belas nie, maar waardeur hy homself regenereer om vir haar sterk te wees. Die wêreld van skryf en boeke was immers sy natuurlike habitat, soos hy dit reeds in 1998 in ’n gedig gestel het:

Jy moet op pynlik vreemde maniere leerom waardeloos te waardeer.So word jy kerngesondgereedgemaak vir die ergste word.

Steeds neem die dinge in ons vorm aan,steeds is daar in ons nuwe ontstaan

as jy kaalhande skryf-skryf die dorings van die turksvy afvryf.

Die helder verwoording van smart, lyding en doodOmdat Cloete egter so ’n ervare skrywer en digter was, is die briewe stilisties pragtig. Hy skryf oor sy skok en smart en oor haar lyding op ’n poëtiese manier en tog is die briewe absoluut eenvoudig, helder en direk omdat hy die vrae rondom smart en lyding en dood eers beskryf wanneer hy dit deeglik deurdink het.

Die boek is in drie dele ingedeel, met ’n proloog vooraan en ’n epiloog agteraan. In die proloog gee hy sy eie weergawe van die ontwikkeling van die briefversameling en dit dien as ’n sleutel tot die briefversameling. Die briewe het dan, soos ’n klassieke verhaal, ’n begin, ’n middel en ’n einde. Die eerste deel handel oor die tydperk toe Anna in die hospitaal was – die periode van skok; die tweede deel handel oor haar verpleging toe sy tuis baie siek was – dit is die tyd van hantering en asemophou; die laaste deel bevat die briewe wat na haar dood ontstaan het – die tyd van verwerking van die onontkombare. Uit die datums by die briewe blyk dat hy soms gereeld geskryf het, dat daar soms dae en selfs weke verloop

het tussen die briewe en soms is die briewe ongedateer. Die epiloog, “Goeie ouderdom”, is ’n lesing oor die ouderdom, oor hoe daar voldoening en veral kwaliteit in lewenservaring van alle soorte is, maar selfs meer so in die ouderdom wanneer mens in die somtotaal van jou lewenservaring leef.

Die verwerking van rousmartDie merkwaardige van hierdie boek en ek dink ook die aspek wat vir baie mense van groot waarde kan wees, is dat uit die briewe ’n hele siklus van die verwerking van smart afgelees kan word. Dit is hier wel ’n baie gesofistikeerde proses, soos wat mens kan verwag in die geval van ’n belese mens soos Cloete. Mens kan daarin sien hoe sy fikse gees, ’n gees wat hy deurentyd gestimuleer het met nadink en lees en skryf, hom help om beproewing sinvol te beleef:

• Aanvanklik is hy bykans woordeloos en soekend na krag en hulp, en tog bly sy woelende gees dink en worstel met die groot vraagstukke waarmee hy gekonfronteer is. Hy beskryf die kosbare ekstra tyd saam met sy geliefde soos volg:

Dit word ‘n nuwe lewe van delikate momente, detail vir akute detail, dag na dag, uur na uur, minuut na minuut, sekonde na sekonde. ‘n Lewe van kosbare nietighede. ‘n Lewe waarin ons bestaan in woorde vasgemaak word. ‘n Vertraagde soort lewe, ‘n remaandraai-lewe. ‘n Brieke-lewe… want dis afdraande.

• Na haar dood beskryf hy ’n fase van dieptepunte, hoe hy in ’n stadium voel asof hy kan sterf van smart en benoudheid.

• Dan is dit asof hy sy ervaring van Anna se lyding en dood begin ontleed. Hy lees en studeer al hoe meer, hy besin oor lewe en dood en oor God, en skryf sy insigte neer.

• Uiteindelik begin hy weer notisie neem van eksterne sake. Hy lewer kommentaar oor dinge wat rondom hom in die werklikheid gebeur, wat toon dat hy inderdaad weer in staat is om die werklikheid waar te neem en hom daarmee te bemoei. Die werklikheid maak hom sowel somber as strydlustig, maar dat hy daarop reageer, is ’n seker teken van herlewende lewensenergie.

Die beginsel van lewe en doodIn hierdie boek waarin die dood as ’n vrou beskryf word, verduidelik Cloete hoe die vrou die beginsel van lewe dra en daarom ook van die dood. Lewe begin met die eiersel en daarom is dit net vroulikheid wat die dood kan transendeer en besweer.

Hy skryf dat op ’n vreemde manier Anna se dood in hom vrugbaar word en dit is sy strewe om lyding singewend te kan ervaar. Daarvoor moes hy regdeur die smart leef. En anderkant uitkom om te besef dat die dood die lewe definieer en dat die lewe juis vanweë ons sterflikheid so diep en innig sinvol is.

• Hierdie merkwaardige en veral wyse boek van ’n diep gelowige man is uitgegee deur Pooka Uitgewery in ’n beperkte oplaag. Dis ’n pragtig versorgde bibliofiele uitgawe en eintlik ’n versamelaarsitem wat bestel kan word by [email protected] teen R440 plus posgeld.

• Luister gerus na die onderhoud wat Ilse Salzwedel op Woensdag 19 Oktober 2016 op RSG in die program Skrywers en Boeke met Annekie Botha Du Plessis van Pooka Uitgewery oor hierdie boek gevoer het. Die skakel na die Potgooi is:

http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20161123_SKRYWERS_EN_BOEKE.mp3

24 Februarie 2017

BRIEWEGEMEENTE-MOSAÏEK

Talente en gawes word ingespan en ontwikkel Vir ‘n relatief klein gemeente van altesaam 170 lede het ons ‘n baie ywerige en aktiewe groepie susters. Ons werksklas het gereeld begin vergader in die laat tagtigs nadat daar ‘n paar handwerkdemonstrasies aangebied is om die susters te stimuleer op verskeie vlakke en die behoefte is uitgespreek dat die susters meer gereeld op ‘n Woensdagoggend wil bymekaarkom.

Ons is baie geseënd met ‘n aantal baie kunstige en innoverende susters wat

nie omgee om hulle talente met ons ander te deel nie. So is daar met die tyd baie verskillende werksessies of klasse aangepak in verskeie kunsvorme waarby vele susters baatgevind het wat hulle andersins nie sou kon bywoon nie. Nou word daar elke week gedurende die skoolkwartale bymekaargekom om te verf, mosaïek te doen, te brei, hekel, naaldwerk te doen asook om ‘n lekker eetgoedjies saam met ‘n koppie tee of koffie te geniet terwyl ons na almal se wel en weë verneem. Items wat so gemaak word, verkoop ons by geleentheid en die geverfde materiaalblokke word in

kwilte omskep vir nuwe babas wat in ons gemeente gedoop word. Nuwe intrekkers asook dames buite kerkverband word dan ook op die informele manier ingetrek by ons gemeente se aktiwiteite waaraan hulle lustig meedoen. Van ons meer kunstige susters is betrokke by die maak van pragtige kaartjies wat aan lede gestuur word met verjaarsdae of ongesteldhede en wat terselfdertyd ook somtyds dien as uitnodigings na kerklike funksies.

Ons kuier byDie Gereformeerde Kerk Oos-LondenDEUR DEUR PETRO vAN ROOy

Sover vasgestel het ons gemeente amptelik begin bestaan in 1918 in Quanzastraat naby die Oriënt Strandfront. Later jare soos die gemeente gegroei het, het hulle verskuif na St. Petersweg, in Southernwood waar ons nou nog steeds vergader.

25Februarie 2017

BRIEWEGEMEENTE-MOSAÏEK

Liefdesbediening In Juniemaand verskaf ons groepie dan handgebreide truie, serpe, slaapsokkies, musse en ook gehekelde komberse aan 28 plus behoeftige leerlinge aan ‘n nabygeleë Afrikaanse Laerskool. Dieselfde artikels word ook aan ongeveer 60 kinders by die Kinderhuis in Reddersburg aangestuur vir die koue Vrystaat winter.

Aan die einde van die jaar organiseer ons susters saam met die Reddersburg Kinderhuis ‘n wenslysie van elke kind met ‘n keuse van tot 3 items en met ‘n maksimum geldwaarde. Die lidmate neem dan ‘n lysie, koop die gevraagde items, en dit word dan fleurig toegedraai en verpak en betyds aangestuur.

In die woonbuurt waar ons kerkgebou geleë is, het ons ‘n ouetehuis vir behoeftige bejaardes wat net ‘n

staatspensioen ontvang en verder van donasies afhanklik is. Elke Desembermaand en ook tydens Paastyd indien moontlik, maak ons pakkies op met toiletware, geld en eetgoed vir ongeveer 80 inwoners. In die ingang van ons kerk het ons dan ook ruimtes geskep waar ou klere vir behoeftiges gelaat kan word asook voedsel vir die sopkombuis van die nabye Laerskool wat een van ons susters bedryf. Sondae deel ons dan ook kospakkies uit aan behoeftiges waar daar nood is.

Geestelike verryking en toerustingDie meeste van ons wat moontlik kan, neem dan ook deel aan ons weeklikse Bybelstudie wat ‘n verrykende ervaring is onder die bekwame begeleiding van ons predikant. In die ontspanne en meer intieme atmosfeer voel ons almal

meer geneë om tot die bespreking toe te tree oor veral waar daar nog onsekerhede om die Woord mag bestaan. Tydens die geleentheid word ook verneem na die wel en wee van ander lidmate en so word hulle dan ook opgedra aan ons Hemelse Vader.

Daar bestaan ook ‘n aantal Kleingroepe waar ons aktuele onderwerpe in die Bybel bespreek en met die hulp van die Skrif probeer uitklaar.

Diensbaar by kerklike funksiesBo en behalwe die alreeds genoemde aktiwiteite is al ons susters in ‘n mindere of meerdere mate by algemene kerklike funksies soos kerkkampe, etes en teedrinkgeleenthede vir bejaardes, begrafnisse en gemeente-etes aktief aan die werk.

26 Februarie 2017

LEEFDINGE GEMEENTE-MOSAÏEK

Saamtrekstreke 2017, 4 Maart 2017Streek en gemeente Kontakpersoon Adres Tel. Nr. Selfoonnr. E-pos

Koördineerder Wymie du Plessis Bus 20004, Noordbrug, 2522

018 297 3986 083 575 5786 [email protected]

Boland: PaarlSprekers: Lisa Craye & Agnes Kunene

Ananda van der Walt Posbus 287,Paarl, 7620

084 677 2928 [email protected]

Bosveld: Rustenburg-WesSpreker: Liesel Krause-Wiid

Retha Nortjé Posbus 20553, Protea Park, 0305

082 878 9862 [email protected]

Hoëveld: Standerton en Vrede

Spreker: Dr. Pieter Heystek

Barenda Coetzee Posbus 212,Standerton, 2430

017 712 4014 083 659 4668 [email protected]

Kameeldoring: LichtenburgSpreker: Prof. Chris van der Walt

Alvira van der Walt Posbus 145, Lichtenburg, 2740

083 383 8398 [email protected]

Laeveld: Nelspruit en Barberton

Coleen Viljoen 083 249 3335 [email protected]

Limpopo: Hoedspruit Spreker: Ds. Izak de Villiers

Alna van Losenoord en Marleen Booyens

Posbus 594, Hoedspruit, 1380

071 501 5115/ 083 777 1121

alna.vanlosenoord@ [email protected]

Namibië: Khoma HooglandSpreker: Ds. Koos le Roux

Thea le Roux Posbus 86757, Eros, Windhoek

00264 81 347 5358

[email protected]

Natal: Durban-NoordSpreker: Louisa Stoker-Braun

Aneën van der Merwe [email protected]

Noord-Kaap: DuineveldSpreker: Ds. Hannes Noëth

Ronel Theart Posbus 234, Hotazel, 8490

082 490 3112 [email protected]

Noord-Vrystaat: KroonstadSpreker: Prof. Jorrie Jordaan

Hubré Stavast Posbus 489, Kroonstad, 9500

082 571 1840 [email protected]

Oos-Kaap: Oos LondenSpreker: Dr. Paul de Bruyn

Elna du Toit Posbus 19028, Te-coma, 5214

082 879 2237 [email protected]

Oosrand: Boksburg en Boksburg-SuidDATUM: 11 Maart 2017Spreker: Annalise Wiid

Fransie Bakker en Sanet Naudé

Bassstraat 4, Boksburg, 1464

011 826 3249 082 968 8964 [email protected]

Pretoria: RietvalleiSpreker: Prof. Henk Stoker

Heidi Muller 082 326 8968 [email protected]

Sentraalwes: Potchefstroom-OosSpreker: Magdal Pienaar-Marais

Adéle Delport Postnet Suite 119, Privaatsak X1288, Potchefstroom, 2520

079 527 0807 [email protected]

Suid Gauteng: VaalparkSpreker: Dr. Griffel van Wyk

Bianca Hechter Baviaanskloof-straat 23,Vaalpark, Sasolburg

016 971 1907 083 263 2454 [email protected]

Suid-Kaap: Port ElizabethSpreker: Madelé Ferreira

Elna Potgieter Posbus 27022, Green Acres, 6057

041 373 3447 083 982 8839 [email protected]

Suid-Vrystaat: BloemparkSpreker: Prof. Piet Strauss

Santjie Lombard 072 570 2443 [email protected]

Suidwes Gauteng: OntdekkersIan Venter en Erna Vermaak (Sangbediening)

Carina Grobler Posbus 5552, Weltevredenpark, 1715

011 672 3810 083 419 0101 [email protected]/[email protected]

27Februarie 2017

LEEFDINGE GEMEENTE-MOSAÏEK

Hieronder verskyn die laaste van ses Bybelstudies wat oor ons tema van Saamtrek 2017 gaan, met dié gebed dat elke suster vooraf sal nadink oor die tema, verdere Bybelstudie daaroor sal doen en haar ook in haar hart sal voorberei vir dié dag se geestelike verryking.

Mag die beplanning van hierdie dag geseënd wees en die Here self die fokus en middelpunt van elke streek se program wees.

Die vreugde van ‘n lewende geloofDie ontdekking van Wie God is en van watHy in my lewe doen, vervul my om met oorgawe die wedloop van die geloof te hardloop en te deel in die ewige vreugde van die Here (Bybelstudie 6)Opgestel deur ds. Abel Steyn (GK Lydenburg)

Lees Hebreërs 12: 1-3

1. Uit wie bestaan die skare geloofsgetuies waarvan daar in vers 1 gepraat word?

2. Waarom sou hierdie skare juis ’n motivering wees in die wedloop van die geloof?

3. Hoe het die mense in die ou tyd aangetrek as hulle gehardloop het?

4. Wat is die laste wat ’n mens in die wedloop van die geloof moeilik laat hardloop? Hoekom word die sonde uitgelig?

5. Hoe moet jy aan hierdie wedloop deelneem?

6. Wat is die dryfkrag vir jou deelname aan die wedloop van die geloof?

7. Wat is jou fokus in hierdie wedloop?

8. Hoe het Jesus Christus aan hierdie wedloop deelgeneem? Wat was die uiteinde van sy deelname daaraan?

9. Hoe raak Jesus Christus se deelname aan die wedloop van die geloof jou lewe en jou deelname aan hierdie wedloop?

Wenke: Vra asseblief nou al vir die spreker om sy of haar aanbieding/toerusting wanneer hy/sy voorberei, te verwerk tot ‘n artikel van 850-950 woorde vir volgende jaar se Vroueblad.

Kry nou al ‘n fotograaf wat dié dag foto’s sal neem.

Kry iemand wat ‘n kort artikel (niks langer as 450 woorde nie!) sal skryf oor die verrigtinge van die dag en die verloop van die dag. Onthou die foto’s vertel alreeds hoe alles gelyk het, die spreker het sy of haar aanbieding self verwerk vir ‘n artikel vir ons blad – fokus in hierdie artikel om vir ons iets te vertel van die gemeenskap van gelowiges wat beleef is, die geestelike verryking en die algemene verloop van die program.

ONTHOU:Wees op die uitkyk vir ‘n brief van Die Gereformeerde Vroueblad se redaksie af waarin ons sekretaresse, Marlette van Rooyen, vir julle mooi leiding sal gee oor wat ons vir ons Saamtrekbylaag van elke streek verwag.

Sustersaamtrek2017

Dievreugdevan ‘n

lewendegeloof

Datum: Saterdag4 Maart

2017

28 Februarie 2017

LEEFDINGE

’n Koevert (Wrap) -broodjie virdie kosblikDEUR GRIET SWANEPOELDie vakansie is verby en almal is weer in die vinnige baan. Al hoe meer gesinne pak saans kosblikke vir die volgende dag. Gekoopte kos word al hoe duurder. Dis egter ‘n uitdaging om iets nuuts vir die kosblik te probeer. ‘n Baie gewilde item is die wrap. Die wrap is deel van die plat brood-familie en byna so oud soos die mensdom self. In 1 Konings 19:6 lees ons hoe die engel Elia wakker gemaak terwyl hy moedeloos onder die besembos gelê het en wens dat hy moet doodgaan...“Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en ’n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. Die engel het ’n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”Nadat hy die brood geëet het kon hy veertig dae loop tot by die berg Horeb.Só dit is dus ‘n formidabele bestanddeel vir ‘n kospakkie. Die wrap word nou wel in die oond gebak en is ‘n bietjie groter as sy Meksikaanse nefie, die Tortilla wat kleiner is en in die pan gebak word, maar dit is alles familie van die eeu-oue plat brood.

Hier is twee resepte vir die deeg.

Wrap-resep met gisBestanddele:500 ml (2 k) koekmeel5 ml (1 teel.) suiker25 ml olie15 ml kitssuurdeeg15 ml botter/bak margarien2.5 ml sout60 ml louwarm water

Metode

1. Meng al die bestanddele in ‘n deegklitser vir so 10 minute.

2. Laat die deeg vir 30 minute rus.

3. Maak ronde balletjies en laat rus.

4. Rol die balletjies op ‘n deeg bestrykte oppervlakte dun uit. Dit moet ongeveer so 20-22cm in deursnee wees.

5. Bak teen 160ᵒoC vir 2-3 min-ute.

Wrap deeg (sonder gis)Bestanddele:

750 ml (3 k) meel125 ml olie1 groot eierSout125 ml louwarm water.

Metode:

1. Meng al die bestanddele in ‘n deeg- menger vir 10 minute en laat die deeg vir 15 minute rus. 2. Maak balletjies en rol uit op ‘n meeloppervlakte.3. Bak by lae hitte op plat pannetjie.

Hoendervulsel vir 4 persone: 4 gaar hoender schnitzel in skyfies gesny2 gerasperde wortels100g cheddarkaas gerasper’n Kwart slaaikop fyn gesny’n Halwe ui fyn gesny1 tamatie fyn gesnyPietersielie gekapMayonnaise na smaak Cayenne peper, sout, peper, na smaak.

Lekker ekstras: Fetakaas, komkommer, groenrissie, radyse, olywe en agurkies.

Plaas die vulsel in die middel van die wrap. Vou die kante aan weerskante na binne en begin die wrap dan styf oprol totdat die wrap mooi toegevou is en die inhoud alles binne is.

Dan is dit kosblik toe!

29Februarie 2017

LEEFDINGETEKEN IN OPDIE VROUEBLAD

DIE INTEKENGELD VIR DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:vROUEBLAD (SELf AfHAAL By ADMIN BURO,POSGELD UITGESLUIT): R165,00

ELEKTRONIESE INTEKENING: R100.00

vROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE,POSGELD INGESLUIT): R247.00

vROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R268.00

HIERDIE TARIEWE GELD vANAf 1 JULIE 2016TOT 30 JUNIE 2017.

KONTAK ANGIE MOKOBI Of PETRO KROEZE By DIE ADMINISTRATIEWE BURO INDIEN U ENIGE NAvRAE HET: TELEfOON: 018 297 3987, E-POS: [email protected]

JOU BESONDERHEDE1. voltooi jou intekenvorm.

2. Betaal jou geld in by:

Bankbesonderhede: Absa; Takkode: 632-005

Rekeningnommer: 670140040

Rekeningnaam: Admin Buro

BAIE BELANGRIK (SLEGS vIR NUWE INTEKENARE): Jou verwysing: vB gevolg deur jou naam. (Die Buro sal voortaan vir jou dan ‘n rekeningnommer toeken wat jy daarna as verwysing moet gebruik)

3. faks BEIDE jou INTEKENvORM & BEWyS vAN BETALING NA:

018 293 1042; of e-pos aan [email protected] of pos aan:

Die Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008

Noordbrug 2522

Tel (018) 297 3987

faks 018 293 1042

Stuur asseblief aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

Stuur asseblief rekening aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

Lees in Maart 2017

Gemeentedagboek

VVV... en nee, dit is nie Vreemde

Vlieënde Voorwerpe nie, maar wel:

• Vergewe• Vergeet• Vorentoe

Hierdie is die pryse vir die boekjaar Julie 2016 tot Junie 2017. Daar is ook nou ‘n debietorder by Die Buro beskikbaar as jy verkies om per debietorder te betaal.

Dit is ‘n GRATIS DIENS wat ons aan al die gemeentes bied. Laat weet ons gerus wat in julle gemeentes aangaan, so kan gelowiges mekaar ook onderling ondersteun.

Vir ons volgende uitgawe kan gemeentes hulle aksies wat hulle vir Maartmaand of later beplan, voor 16 Januarie 2017 aanstuur na: [email protected]

Kennisgewings moet asseblief kort en bondig wees (50-80 woorde) en kortliks die geleentheid beskryf; verskaf ook die datum, tyd en plek, asseblief. Gee ook 2 telefoonnommers sodat ons jou kan skakel indien ons meer inligting of duidelikheid verlang.

30 Februarie 2017

BRIEWEleefdinge

DEUR JO VAN ROOYEN

hartskatte

U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou –Psalm 91: 2.Pas uit die veilige nes van my ouerhuis beland ek op die studentdorp Heidelberg, A.G.Visser se dorp. Hoe heerlik was ons studentedae nie! Ons grootse kommer was Jol, Jool, sleep en eksamens en hoe om ‘n balans te vind tussen alles. Saterdagaand was fliek by “Galiel”. Met elke fliek het minstens een saalstoel gebreek en die filmrol, of die yslike ou projektor het met ‘n gefladder tot stilstand gekom. Uit een mond kom dan: “Lights Galiel” en die probleem word opgelos. Ná fliek: slap chips by die studentekafee op die dorp vir die terugstap koshuis toe. Motors? Dit was net vir ‘n paar van die ou manne. As jy die dippie by die rivier instap, daar waar die straatlamp wegkruip tussen die blare van die bome, hoor jy iewers ver die sterk stem van een of ander student wat sing: “Deo lêlie mama”. Onmiddellik val nog ’n student êrens voor jou in, julle groep se beurt, dan volg stemme van dié wat nog agter aan kom.

Die donker het geen vrees ingehou nie. Die dorp was rustig, en ons het elke aand veilig by ons koshuise aangekom. Heerlike, sorgvrye herinneringe.Daar was geen geweld, geen vernietiging van klaskamers of biblioteke nie, geen nodigheid vir polisiebeskerming nie en geen geweld teenoor mekaar nie. Ons het gedebateer, woordgevegte gewen én verloor. Diep sake bespreek. Daar was geen #Fees Must Fall nie. Die enigste geweld was op die rugbyveld! Hoe groot is die kommer van ouers wat vandag ’n kind as eerstejaar die studentewêreld moet instuur.In die donker nag van wakkerlê en bekommer oor kinders en kleinkinders troos God se woorde aan Jakob jou: “Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan... Ek sal jou nie in die steek laat nie” (Gen. 28:15). Dankie Here dat ons kinders meer werd is as baie mossies: nie een van hulle sal op die grond val sonder die wil van ons hemelse Vader nie (vgl. Matt. 10:29). Seshonderd kilometer, tienduisend kilometer of kontinente ver moet ons kinders hul heenkome gaan vind. Die nes raak leeg, die harte seer en vol kommer maar die gelowige bly sterk in die wete dat ons God sê dat selfs die hare van ons kop almal getel is (vgl. Matt. 10:30). So kry ‘n mens die versekering dat God elke dag, elke minuut, elke sekonde in beheer is van ons en ons kinders se lewens en vir ons voorsien, sorg. Hy gee voorspoed en teenspoed: “Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge” (Jes. 45:7), maar ons weet dat niks “per toeval” gebeur nie, maar ons “uit sy Vaderhand toekom” (Heidelbergse Kategismus. Sondag 10, V & A 27). As ons, dom, klein mensies, net kan leer om wérklik te vertrou op Hom wat ewig en almagtig is, sou ons lewens baie makliker gewees het. Deur die eeue het Hy sy kinders gedra: vir Abraham, Josef, Dawid en Job en so baie ander! Al het hulle deur moeilike tye gegaan.

31Februarie 2017

As gelowige kinders van ons hemelse Vader moet ons leer vertrou onder alle omstandighede, moet ons sy versekering dat geen haar van ons kop sal val sonder sy wil nie, onvoorwaardelik aanvaar, want Hy het in Jesus Christus se kruisdood vir ons bevestig hóé lief Hy ons het en dat Hy ons nie net van tydelike ellende wou red nie, maar van die ewige sondedood. En Hy het vir ons die ánder Trooster gestuur nadat Jesus Christus weer opgevaar het hemel toe, sodat ons nooit weer alleen sou wees nie – ook nie in ons diepste ellende en nood nie. Daarom kan ons verseker glo en bely: “...geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here” (Rom. 8:38).

Burger van God se KoninkrykDeur Hannatjie Vorster “...laat U koninkryk kom...” (Matt. 6:10).

“Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom... die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig” (1 Pet. 2:9).

“As medewerkers van God doen ons ‘n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie vergeefs ontvang nie” (2 Kor. 6:1).

Het jy al vandag daaraan gedink dat jy ‘n burger is in God se koninkryk? Het jy vandag in die lewensruimte wat God vir jou gegee het, as sy medewerker, God se Koninkryk sigbaar gemaak? Jy as gelowige vrou is deel van die liggaam van Christus. Jy is gesalf as profeet, priester en koning. Het jy al bewustelik daaraan gedink dat dit vir ons die “hoe?” van gelowig-wees uitspel en vir ons ‘n rigsnoer kan wees in die beplanning van ons lewe?

Rig jy as koning, oral waar jy in beheer is, jou lewe en die lewe van dié wat in jou sorg is, volgens die grondwet van sy Koninkryk in?

In Matt. 5-7 leer Christus ons eenvoudig en duidelik hoe ons in sy Koninkryk moet leef. Jy as Christin het die voorreg om, saam met die skare op die berg, aan Christus se voete sit terwyl Christus in sy bergrede sy Koninkryk se grondwet gee en verduidelik. Met hoeveel insig kyk Hy nie in ons harte nie! Hy wys vir ons hoe ons die gebooie probeer aanpas en omseil.

Glashelder ontvou die volle betekenis van die tien gebooie voor ons.

Het jy vandag as profeet iemand gehelp om hierdie grondwet se waardes te leer ken en verstaan? Kon jy vandag, onbewustelik, met jou voorbeeld uitspel wat die praktiese betekenis daarvan is vir ons lewe?

En as priester, is jy genadig teenoor ander wat fouteer het? Deel jy die liefde van God aan almal om jou uit? Deur Christus is God se vergifnis en genade aan jou so allesomvattend. Is dit ook hoe jy jou kinders, jou man, jou kollegas, jou werknemers en almal om jou hanteer?

Wat ‘n voorreg om deel te mag wees van God se kinders wat sy Koninkryk nou reeds help sigbaar maak. Hoe wonderlik om te werk vir ‘n Koning wat alwetend, wys en regverdig is, wat ons liefhet, vergewe en raad gee deur die Heilige Gees in ons harte te laat werk.

‘n Koning wat altyd beskikbaar is, vir wie jy raad kan vra wanneer jy ook al die behoefte het. ‘n Koning op wie jy jou bekommernisse kan aflaai, teenoor wie jy jou vreugde kan uitsing en met wie jy jou diepste smart kan deel. Maar veral ‘n Koning aan wie se hand ons ons belangrike taak as burgers van sy Koninkryk kan opneem en daagliks kan uitvoer.

Maar voel jy ook onrustig, skuldig?

Ons jaag deur ons dagtaak. Daar is so baie te doen. Daar is so min tyd.

Ons raas so maklik. Verwyt so gou. Voel so vinnig veronreg. Tree so maklik sonder begrip op. Vergewe so moeilik.

Ons draai ons gesig so maklik weg van armes; liasseer die wete van ‘n ander se nood vir latere aandag en kom nooit daarby uit nie.

Ons skiet so ver te kort!

Kom ons dink in die volgende uitgawes ‘n bietjie na en spit elkeen die stukkie grond wat aan ons toevertrou is ‘n bietjie om, sodat ons weer opnuut kan saai en natmaak.

Fokus op die gelowigevrou van vandag

32 Februarie 2017

Geen haar van my hoof sal val nie... Wanneer ‘n mens praat oor God se voorsienigheid word ons Skepper se bewaring en bestuur van die heelal betrek. Hierdie is egter ‘n baie persoonlike onderwerp wat elke mens se daaglikse lewe

beïnvloed. Daar is nie ‘n oomblik waar God afwesig is in die lewe van sy kind nie. Hy beskerm jou en Hy stuur jou in die regte rigting. Ons God dink aan die klein dingetjies wanneer Hy versorg. Dit maak dat ons nie klein oor Hom moet dink nie, want dit bewys dat Hy groot en almagtig is. Hierdie waarheid het

deur die eeue bewondering by sy kinders bewerk. Dit hoor ons duidelik wanneer ons na uitsprake luister van gelowiges wat God se versorging verheerlik.

kaleidoskoopFEBRUARIE 2017 ~ DS. CHRISTO SWANEPOEL

Dat die voëls van kommer en besorgdheid oor ons koppe vlieg is onvermydelik. Maar ons kan verhoed dat hulle in ons harte kom nesmaak – Martin Luther.

God se genade oor ons beteken nie dat jy nooit druk of spanning of pyn sal ervaar nie; wel dat dit jou nooit sal oorweldig nie – Selwyn Hughes.

As alles verlore is en niks maak meer sin; weet dan God se planne het nog maar skaars begin – Esther Guyot.

Vir ons ewige God is niks te groot om buite sy almag te val, of te klein om nie deur sy sorg omvou te word nie – Anne van Engeland.

Watter volkome gerustheid kan ons tog onsself toevertrou in die hande van Hom wat die heelal in stand hou – Paul Richter.

Die God wat selfs sy mossies voed sal nie sy kinders verwaarloos nie – Matthew Henry.

God het nie net onuitputlike gawes om te gee nie; Hy is ook so goed

dat Hy onuitputlik gee – AW Tozer.

Jy hoef nooit baie hard na God te roep nie, Hy is nader aan jou as wat jy dink – Broer Lawrence.

Hoe meer ek God vertrou, hoe meer ontdek ek hoe betroubaar Hy is – Cliff Richard.

God wil die hele tyd die werklik goeie dinge vir ons gee, maar ons hande is te vol van ander dinge om dit te ontvang – Augustinus van Hippo.

Ek sal liewer saam met God in die donker loop, as alleen in die helder sonlig – Mary Gardiner Brainard.

God sê vir ons: Die oomblik wanneer jy na my draai, sal jy My sien. Ek was toe die hele tyd daar, by jou – Abba Elias.

Jy hoef jou nooit oor die toekoms te bekommer nie. God sal daar wees… – Moeder Theresa van Kalkutta.

Alles wat ek kan sien, leer my om die Skepper te vertrou vir alles wat ek nie kan sien nie – Ralph W. Emerson.

Wanneer moedeloosheid sê: “ Daar is ‘n wolk voor die son!” sê vertroue: “Agter die wolke is daar ‘n son!”– F. van Velder.

God het ons só lief dat Hy soms aan ons gee dit wat ons nodig het en nie dit wat ons vra nie – Max Lucado.

Vandag het God vir jou die geskenk van 86 000 sekondes gegee. Het jy een van hulle gebruik om vir Hom dankie te sê? – William A. Ward.

Eers as God alles is wat jy het, sal jy weet dat God alles is wat jy nodig het – Rick Warren.

Jy moet in die donker nooit twyfel oor wat God jou in die lig vertel het nie – V.R. Edman.

In voorspoed en teenspoed bly ons in ons Vader se hande. Hy wil dat alles tot ons saligheid dien. Net om hierdie rede alleen gaan dit goed– C.A. Jansen.