Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God...

8
Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oakstraat, Huis Weich, 6830 FCE Foundation for Cross-Cultural Education MAART 2013 [email protected] Ons is Vriende www.fce.org.za Discipleship-Mission Training Foundaon 1 Julie – 8 September 2013 Discipleship-Mission Training Condensed 7 Oktober – 17 November 2013 BELANGRIKE DATUMS

Transcript of Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God...

Page 1: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oakstraat, Huis Weich, 6830

FCEFoundat ion for Cross -Cul tura l Educat ion

MAART 2013

[email protected]

Ons is Vriende

www.fce.org.za

Discipleship-Mission Training Foundation 1 Julie – 8 September 2013Discipleship-Mission Training Condensed 7 Oktober – 17 November 2013

BELANGRIKE DATUMS

Page 2: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

FCE se tweejaarlikse personeelkon-ferensie het gedurende Desem-ber op die pragtige Koti ni Eden in Zambië plaasgevind. Ons het vanaf Suid-Afrika, Noord-Zambië,

Malawi en Indië aangekom – man, vrou en kind. Ons het gekuier, gelag, gehuil, gedans en gesing. Daar was kinders, vlae, opvoerings, speletjies en stories. Rondom die Bybel het ons oor elkeen se betrokken-heid in FCE besin. Die Here het weer Sy passie vir hierdie wêreld in ons kom wakker maak en ons ook verseker dat Hy met ons is.

Die tema van die konferensie was: span-werk. Die Spaanse sokkerspan, kampioene van beide die Wêreldbeker en twee agter-eenvolgende Europese kompetisies, was ons vertrekpunt. Ons het DVD’s van die span

bestudeer: hul oefenprogram, hul afrigting, hul spandinamika, hul spangees en elke doel wat hul geskop het. Deur middel van Bybelstudies oor spanwerk het ons gesoek na die een enkele faktor waarom hierdie span as die kampioen van alle kampioene bekroon is. Die uitkoms was so eenvoudig, maar ook so kragtig, en die kaptein het dit as volg saamgevat: “ONS IS VRIENDE!”

En dit is presies dieselfde wat die Here Jesus vir Sy dissipels gesê het in Joh. 15:15. “Ek noem julle vriende….” En in hierdie vriendskapsverhouding bind die Here ons aan mekaar deur Sy liefde en Sy trou, met een gemeenskaplike doel, om punte vir Sy Koninkryk aan te teken. Daarom begin ons die Nuwe Jaar met die heerlike wete: ons is vriende!

Friends are friends for everIf the Lord’s the Lord of them

A friend will not say neverCause the welcome will not endThough it is hard to let you goIn the Father’s hand we knowThat a lifetime is not too long

To live as FRIENDS!(Michael W. Smith)

Page 3: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

Die Gevolge:

Die Here het die leiers se harte aangeraak, hulle denke vernuwe en hulle uitgedaag om terug te gaan na hulle

huise en gemeentes, om vars en nuut te dink om volgens God se plan in hulle gemeenskappe dissipels te gaan maak. “Maak klaar en gaan na Bet-El, bou daar vir My ‘n altaar. Ek is die God wat daar aan jou verskyn het” (Gen. 35:3). Dit is asof die Here sê, “Kom voor My en laat my toe om jou te vernu-we sodat jy kan GAAN om ‘n LIG te wees vir jou familie en ge-meenskap en BRING die nasies in deur die liefde van Christus”. Wat is ons planne vorentoe? Dit weet ons nie. Die een moontlikheid is dat ons betrokke kan wees by die opleiding van die opleiers. Ons het vriende gemaak en ons weet dat vriende ‘n verantwoordelik-heid teenoor mekaar het om mekaar in woord en daad by te staan.

Die Uitnodiging:

Die Kale Heywet Kerk is die grootste evangeliese kerk in Eti-opië en is gebore uit die werk van die Sudan Inland Mis-

sion (SIM). Hulle bestaan uit om en by 8 miljoen lidmate en het omtrent 8 000 gemeentes. Hierdie kerk se passie is vir sending en word gemobiliseer om sendelinge uit te stuur en hulle in ver-skeie lande te onderhou. Hulle besef hoe belangrik dit is om hul leiers op te lei en voor te berei vir die sendingveld, sodat hulle as Christene voorlopers kan wees om die jonger generasies te vorm. Hulle het FCE uitgenooi om ‘n leierskapseminaar aan te bied in dissipelskap om “na al die nasies te gaan, en hulle te doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Hy hulle beveel” (Matt. 28:19).

Die Program:

FCE sien dit as ‘n geleentheid en ‘n uitdaging. ‘n Span van twaalf personeellede arriveer met ‘n oop agenda per land

en lug in Etiopië. Hulle kom meld letterlik by die Here aan vir diens, maar sonder ‘n strategie. Saam kom hulle voor die Here vir Sy plan vir die week. Getrou aan Sy karakter, verras Hy hulle met ‘n sakpas plan vir die Kale Heywet kerk in ‘n tyd soos hierdie.Een van die afgevaardigdes getuig: “Dit is ongelooflike hoe in die kol God hierdie program beplan het. Ek was ‘n week gelede by ‘n konferensie met 58 afgevaardiges uit verskil-lende lande waar dit benadruk is dat dit die Kerk se ver-antwoordelikheid is om te konsentreer op DISSIPELSKAP.

Die Strategie:

Die hooftema: “Discipleship – demonstrating the Kingdom of God” Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as

die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding. Daar is gekonsentreer op:* Die Gesag van die Woord * Gehoorsaamheid aan die Woord* Die Drie-eenheid en die Woord * Verhoudings en die Woord

Die kreatiewe dosente het van ‘n verskeidenheid leerme-todes gebruik gemaak om almal te betrek by alle aanbiedinge. Daar was dramas, onderhoude, demonstrasies, groepwerk, speletjies, praktiese dienslewering en groepsbesprekings. Die lesings is deurgetrek na die praktyk en met praktiese toepas-sing en voorbeelde is gedemonstreer hoe mens dissipels kan maak binne die terrein waarin die Here ons geplaas het. Die areas van bediening was: onderwys, landbou, gemeenskaps-ontwikkeling, gastehuisbedryf en dissipelskap-sendingopleiding.

in woord en daadriendeV

Jean-Vion

Erango

Page 4: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

John kies die moeilikste opsie, om terug te gaan na sy mense in die landelike gebiede waar bittermin kinders toegang het tot onderwys. In die jaar vandat hy by ons weg is, be-

gin hy met ‘n skool met 200 kinders en ‘n weeshuis met 20 kinders. Hy loop vir Hector raak wat onderneem om saam met hom te werk. Hulle hou onder die bome skool met net die aller-noodsaaklikste. Hulle bly almal in tukels (modder- en grashutte) en is grootliks selfonderhoudend: hulle plant wat hulle nodig het.

Uit sporadiese kontak met John weet ons dat hy ons ondersteuning nodig het. Die ideale moontlikheid was om John by die leierskap-seminaar in Etiopië te kry, sodat ons hom kon bemoedig en ook kon beplan hoe om hom te ondersteun. Ons oorbrug die stryd om ‘n visum te kry, FCE-vriende in Australië betaal sy vliegtuigkaartjie en die Here maak dit vir John en sy pastoor moontlik om vir twee dae die konferensie by te woon. John se getuienis van hoedat die Here hulle op die mees wonderbaar-like wyse gedra en onderhou het deur die jaar, klink na ‘n verhaal uit Handelinge!! Hy vertel hoedat hulle op die grond, waar die skool en weeshuis is, gedurende die droë seisoen sonder enige water was. Om ‘n boorgat te sink en ‘n handpomp op te sit kos sowat $4 000 US! Hulle het na die Here uitgeroep om hulp. ‘n Paar dae daarna hoor hulle een oggend die gedreun van swaar masjienerie. Voor hul oë kom mense met ‘n boormasjien aangery wat wil weet of hulle vir hulle ‘n boorgat kan sink!. Hulle sink toe sommer drie boorgate en installeer die pom-pe vir hulle kosteloos!! Okello sê: “I know that I know that I know that the Lord is real!!!!” En ons weet dat ons weet dat die tyd vir FCE aangebreek het om weer in die Soedan betrokke te raak. Ons skuif agter John, die skool en die weeshuis in, en wat ons het stel ons tot hulle beskikking. Ons is dankbaar dat Hector saam met John werk en beplan om hom binnekort na Zambië te bring vir opleiding. John skryf in sy onlangse nuusbrief: “I, Okello enjoyed the conference and the unity we had together with the body of Christ in Ethiopia! We want to thank all the prayer supporters who stood with us in prayers when it seemed impossible to go to the conference. We thank the Mackay Christian College who supported us to go to Addis Ababa. It was good to meet with the FCE team – our family and friends.”

dra mekaar se lasteriendeV

John Okello kom van die Suid-Soedan en het sy onderwysdiploma aan die FCE onderwyskollege in Zambië ontvang. Sy opleiding was nie maklik nie. Hy moes die Here vertrou vir sy studiegelde en tydens sy studies was daar min geleenthede om kontak met fami-lie en vriende te behou. Hy byt vas onder moeilike omstandighede en einde 2011 stuur FCE hom terug na die Soedan. As ‘n opgeleide onderwyser met ‘n geakkrediteerde onderwysdiploma, is die deure in die Soedan vir hom oop om ‘n pos te bekom met baie voordele.

“...thank all the prayer sup-porters who stood with us...”

Page 5: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

Vyftien mense kom daadwerklik tot bekering. Baie kom los van demoniese bindinge wat gepaard gaan met

fisiese genesings. Hulle begin die boodskap van die By-bel verstaan. En die Waarheid maak hulle vry, vry van die misleiding, die vrees en die leuens van Satan. Die mense in Noord-Malawi, langs die meer, is baie ontvanklik vir die evangelie. Hulle soek na die Waarheid wat hulle kan vry-maak en wat lewe kan gee. Jesus het Sy lewe vir ons af-gelê, so kan ons ook ons regte aflê, sodat ander kan lewe.

lê hul lewens af

Abigail kry ‘n erge ooginfeksie, die pap en blare-dieët raak eentonig en het min voedingswaarde, daar is geen toi-

lette of badgeriewe nie, water moet aangedra word, malaria is ‘n werklikheid, die mense is arm, leef in vrees en is verlore.

Wat inspireer hulle om hul gemaksone te verlaat, hul tyd en talente tot beskikking te stel aan ander, sonder eni-

ge vergoeding? Wat anders as: “Die liefde van Christus dring ons” – Sy liefde wat so groot is dat Hy sy lewe vir ons afgelê het.

Carel begelei die gemeenskap stelselmatig deur die Woord van God. Hulle spandeer tyd in die Ou Tes-

tament om die Bybelse storielyn vanaf Genesis tot na Moses en die Israeliete te verduidelik. Daarna volg die Jesusfilm – die klimaks vir baie. Skielik pas Je-sus se koms en lewe iewers in die prentjie en maak dit sin. Sy kruisdood en opstanding kry nuwe betekenis.

riendeV

Carel, René en Abigail Els slaan in Oktober hulle tent vir ‘n maand in Bundi Village in Noord-Malawi op. Dit is warm, stowwerig en ongerieflik.

Page 6: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

Die roete: Die Goue Driehoek staan bekend as die dwelmroete waarheen jongmense stroom om dwelms se bekom, en om kennis te maak met nuwe mid-dels wat deel uitmaak van hul geestelike soeke na sin en betekenis in hul lewens.

Die opdrag: “Iemand roep : Maak vir die Here ‘n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld ‘n grootpad vir ons God. Vul elke laagte op, maak elke berg en rant gelyk, maak elke bult en koppie ‘n vlakte. Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien..” (Jes. 40:3-5)

God ken die krag en die mag wat daar in eenheid is. Daarom moes Hy die toringbouers van Babel verwar met verskillende tale, omdat daar “hierna niks vir hulle onmoontlik sou wees wat hulle beplan nie” (Gen. 11:5,6). Paulus moedig eenheid onder gemeentes aan: “Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met

dieselfde oortuiging”, want juis hierin lê die krag in die verkondiging van die Evangelie (1 Kor. 1:10).Dit is dan in hierdie eenheid, wat die Gees van die Here gee, wat ons na die konferensie 15 jongmense uitstuur op ‘n maandlange gebedsreis na die Goue Driehoek in Suidoos Asië. ‘n Geloofsreis, ‘n reis van gehoorsaamheid en ‘n reis waarin hulle moes saamstaan om te getuig van ‘n ander roete: “Ek is die WEG, die WAARHEID en die LEWE!”

staan saamriendeV

Page 7: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

• Aan die einde van verlede jaar word Corrie v.d. Westhui-zen gediagnoseer met borskanker. Ons is verslae – nie lank gelede nie moes Reneé Els die pad stap en ons wéét die pad na herstel is ‘n lang, moeisame opdraande. Dit word ‘n geskarrel van doktersondersoeke en aansoeke vir visums, want Corrie wil by haar ouers in Kanada wees. Jaco moet die plaas oorgee aan Jannie, verblyf moet gereël en wintersklere vir die koue moet aangeskaf word.. Gebedsvriende span saam en die Here voorsien d.m.v Sy gehoorsame kinders in elke behoefte. Jaco en Corrie woon in ‘n gemeubileerde huis nie ver van haar ouers af nie en die kinders lyk soos Eskimo’s in hul winterdrag. Corrie se bors is verwyder en daar is met chemo begin. Hulle getuig dat hulle in hierdie tyd die Here van “aangesig tot aangesig” leer ken het deur vriende.

bid saamriendeV

Die resultaat: • God verander deur gebed die dwelmroete na ‘n ‘Highway of Holiness’. • Deur die Woord openbaar die Here dat hulle by die stadspoorte en hekke moet bid teen alles wat onheilig is; alles wat by hierdie poorte in- en uitgaan. “Ek sal bronspoorte oop-breek en sluitbalke van yster stukkend kap” (Jes. 45:2) en Hy belowe hulle “Hy het ‘n deur voor hulle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie” (Open 3:8). • In elke stad en dorp waar hulle was, moes hulle ‘n wit vlag hys – ‘n vlag wat oorgawe, oorwinning en vryheid simboliseer: “Steek ‘n banier op dat die volk dit kan sien” (Jes. 62:10).• Op die tweedaglange reis met die ‘slow boat’op die Mekong rivier het hulle tyd om vriende te maak met die meer as 120 ‘backpackers’. Hulle kuier, gesels, getuig en bid. Hulle stel ‘n naamlys op van almal wat hulle ontmoet het en ons gaan steeds voort om vir elkeen by die naam te bid. • Die Here maak hulle oë oop vir die oes: “Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes” (Joh. 4:35) en hulle is ontsteld oor die arbeiders wat te min is. • Hy neem hulle na die bergtoppe en verseker hulle dat “Sy mag openbaar sal word.”: “Roep hard, jy wat die goeie tyding moet bring; moenie bang wees nie, julle God is hier” (Jes. 40:6 – 9). • In Vientiane gee die Here vir hulle ‘n reënboog om hulle te herinner aan Sy verbond. Hulle beleef God se liefde vir elke plek waar hulle voete getrap en vir elke persoon wat hulle ontmoet het. “So lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh. 3:16).

Die strategie: Wees waaksaam (neem waar); Wees beskikbaar (identifiseer); Wees gehoorsaam (luister en doen)

• Deur die toewyding en ondersteuning van gebedsvriende, maak die Here dit vir John Okello en Pastoor Hector moontlik om ‘n deel van die konferensie in Etiopië by te woon. Sodoende word ‘n deur oopgemaak vir FCE om terug te keer na die Soedan.

• Meer as 300 gebedsvriende was daagliks deur gebed betrokke by die kom en gaan van die “Goue Driehoek”-span en ook by die leierskapseminaar in Etiopië. Deur SMSe, BBM’s, eposse en telefoongesprekke kry ons terugvoering en kan ons getuig van die “kragtige uitwerking van vurige gebedsondersteuners!”(Jak.5:16)

Page 8: Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende Nuusbrief Afrikaans … · Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding.

FCE het tot stand gekom deur die genade van die Here, die harde werk van toegewyde personeel en die betrokkenheid van ge-troue gebedsondersteuners! Ons werk almal in ‘n span saam,

wat onder die leiding van die Heilige Gees, God gehoorsaam om ge-meenskappe te verander. ONS KAN DIT NIE ALLEEN DOEN NIE!

Gebedsondersteuners doen dikwels navrae rondom projekte waarby hulle, hulle familie, gemeentes of selgroepe betrokke kan raak. Ons beplan om in die loop van die jaar projekte te beskryf en dit via epos uit te stuur na ons gebedsvriende. Neem asseblief daarvan kennis, oorweeg dit in gebed en maak dit ook aan ander bekend. Die Here werk dikwels op vreemde wyse en ons is net instrumente in die hande van die Meesterbeplanner!

Said the Robin to the Sparrow“I should really like to knowWhy these busy human peopleSeem to fret and worry so”Said the Sparrow to the Robin,“Friend, I think that it must beThat they have no heavenly FatherSuch as care for you and me.” Anon

raak betrokke

vir altyd

riende

riende

V

V

Kontak Kantoor Tel + 27 (0)23 231 02 08 Epos: [email protected]

Die volgende materiaal is beskikbaar.1. FCE Project Proposals Booklet2. DVD’s

Besoek ons FCE Video kanaal: https://vimeo.com/channels/fceonline

www.fce.org.za

Die FCE Opleidingskollege is ‘n plek waar vriend-skappe gevorm word. Studente ontdek hulself, maak vriende en leer die Here ken en vertrou.

Hulle is besig om hulself toe te rus in:

‘n Jaar van jou leweGasvryheid en Toerisme-opleiding

Gemeenskapsontwikkeling

Onderwysopleiding Landbou-opleiding Dissipelskap-Sendingopleiding

Vrywilligheidswerk

Doen navraag by kantoor vir volledige inligting

[email protected]