Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek...

25
Esra 1:1-4 Fokus: Esra 1:1 Die tyd van die boek Esra, die HERE se werk in hierdie tyd, en sy doel daarmee. Junie 2013

Transcript of Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek...

Page 1: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

Esra 1:1-4

Fokus: Esra 1:1

Die tyd van die boek Esra, die HERE se werk in hierdie tyd, en sy doel daarmee.

Junie 2013

Page 2: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

1

Ps-vooraf Ps 85: 1, 2

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is

van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 85: 3, 4

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet – Ps 79: 1, 2, 3, 5, 6

Page 3: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

2

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed – 106: 1, 19, 20

Page 4: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

3

Woorddiens.

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4

(sê iets oor reeks uit Esra)

Psalm as antwoord op die Woord na verklaring en toepassing – Ps 126: 1

Ons Fokus op Esra 1:1.

Skrifverklaring

Inleiding Geliefdes Esra 1:1 sê:

―En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE

sodat die woord van die HERE

uit die mond van Jeremía vervul sou word

die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek ...‖

En net hier staan ons by een van die groot boodskappe van die boek Esra.

Dis dat die HERE soewerein-almagtig in mense en deur mense

aan die werk is met die groot doel

om sy Woord werklikheid te maak.1

Verduidelik

Sy Woord

wat vertel van sy verlossende Koningsheerskappy

wat kom deur sy Oorwinnaar Messias

en dat die HERE deur dit alles sy volk verlos

om by die HERE die ewige lewe te hê in die verbond.

En met hierdie werk is die HERE deur die eeue besig.

Uiteindelik sal die HERE dit wonderlik klaar maak.

1 Vgl Reformation study Bible bl 644; Williamson se Esra komm blk xlviii-l; Fensham se Esra komm bl19; Expositor’s Bible comm vol 4 bl 368; Fyall se Esra komm bl 23; Kidner se Esra komm bl 23-24.

Page 5: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

4

Dan sal ons sien

soos Johannes in Openb 21:1 gesien het:

―‗n nuwe hemel en ‗n nuwe aarde ...‖

En saam met Johannes

hy vertel daarvan in Openb 21:3

sal ons ―‗n groot stem uit die hemel hoor sê:

Kyk, die tabernakel van God is by die mense,

en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees;

en God self sal by hulle wees as hulle God.‖

**************

En nou vertel die boek Esra

hoe die HERE met hierdie werk besig is

in ‗n spesifieke tyd van die HERE se geskiedenis.

Toepassing

En met dit alles moet ons die HERE beter leer ken.

Die manier waarop Hy werk moet ons beter leer ken.

Ons moet sy wil beter leer ken.

En so gaan die Heilige Gees geloof in ons opwek.

En ‗n lewe vir die HERE vanuit die geloof.

**************

So geliefdes kom ons begin dan met vers 1 van Esra 1

waarin ons meer leer oor die tyd van die boek Esra.

En die HERE se werk in hierdie tyd.

En dit gaan ook ons tema wees.

Die tyd van die boek Esra

die HERE se werk in hierdie tyd

en die HERE se doel daarmee.

Page 6: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

5

1. So kom ons begin by die tyd van die boek Esra.

Esra 1:1 vertel daarvan:

―En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië ...‖

Opmerking

En nou‘s hier vier dinge

wat vers 1 ons leer oor die tyd van die boek Esra.

A. Die eerste is dat die boek Esra nie in die lug hang nie.

Dis nie ‗n boek op sy eie nie.

Mens kan nie Esra los maak van die res van die Bybel nie.

Hoekom nie? Wel omdat vers 1 begin met En.

Opmerking

Ek dink my Afrikaanse juffrouens kry ‗n oorval.

Waar in jou lewe kom mens daaraan om ‗n sin te begin met en!

Dis mos geen goeie Afrikaans nie!

En om alles erger te maak is vers 1 se en

nie net aan die begin van ‗n sin nie.

Nee, dis hoe die boek Esra begin!! Met en!

Maar weet u: Hierdie en van die boek Esra wys

dat ons nie hier te doen het met ‗n Afrikaanse opstel nie.

Nee! Hier lees ons die geïnspireerde Woord van die HERE

waarmee die HERE ons wys hoe Hy aan die werk is in sy geskiedenis

en hoe Hy sy geskiedenis laat voortgaan met en en en en

totdat die HERE dit bring by Openb 21 se nuwe aarde.

Page 7: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

6

Verduidelik2

So met hierdie en in Esra 1:1 wat ‗n koppel-woord3 is

wys die HERE ons

dat wat nou in die boek Esra gebeur

nie in die lug hang nie!

Nee! met hierdie en bind die HERE sy geskiedenis in die boek Esra

vas aan dit wat vooraf gebeur het.

Ja iets het vooraf gebeur en nou volg die gebeure in die boek Esra.

**************

Maar wat het vooraf gebeur?

Wel dit leer ons

as ons net een bladsy terug blaai na 2Kron 36:22.

Kyk wat staan daar:

―En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE

sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía in vervulling sou gaan

die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek …‖

Sien u dit? 2Kron 36:22 sê die selfde as Esra 1:1.

En wat leer ons hieruit?

Verduidelik4

Wel dat die HERE se geskiedenis is die boek Esra

nie losstaan van dit waaroor 2Kronike gaan nie.

So oor die gebeure vooraf

waaraan die geskiedenis van die boek Esra vasgebind is met vers 1 se en

gaan ons meer leer uit 2Kronieke.

2 Vgl BHNG bl 244-245; Fensham se Esra komm bl 42.

3 Vgl BHNG bl 244-245

4 Vgl Hill & Walton, A survey on the OT bl 268; Fyall se Esra komm bl 17

Page 8: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

7

En kyk mens bietjie na 2Kronieke kom ons agter

dat net voor 2Kron 36:22 met die selfde woorde as Esra 1:1

2Kron 36:11-21 vertel van Juda se finale ballingskap in 586 vC.5

Bewys

2Kron 36:19-21 vertel bv

hoe die Babiloniese weermag van Nebukadneser

want dis hulle wat Juda in ballingskap weggevoer het

―die huis van God verbrand (het)

en die muur van Jerusalem omgegooi (het) ...

En die wat van die swaard oorgebly het,

het hy na Babel in ballingskap weggevoer,

en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword ...‖

**************

Terugblik

En oor hierdie skrikwekkende ballingskap

kon ons verlede jaar vanuit Jeremia en Daniël meer leer.

Ons kon leer

dat die Babiloniese ballingskap die straf gerig

van die HERE oor Juda6 was

omdat Juda haar rug

in ongeloof en aaklige liefdeloosheid gedraai het

op die HERE en sy Woord.

Sonder bekering het dit vir jare so aangegaan.

En as die HERE hulle in al hierdie jare

5 Iets wat al reeds begin het hier in die jare 605 vC (Vgl Dan 1,1-2&21.docx; Reformation studdy Bible bl 641).

6 En kom ons maak net gou hier ‘n voetnota ... Onthou nou ... Juda, wat Juda en Benjamin ingesluit het, was mos die suidelike-ryk ...

in die suide van Kanaän ... Die tien-stamme-ryk, of Israel, was in die noorde van Kanaän. En so was dit na die skeuring van die koninkryk van Israel net na die tyd van koning Salomo ... Ons lees daarvan in 1Kon 11.En teen die tyd van Juda se ballingskap ... was die tien-stamme-ryk alreeds heeltemal iets van die verlede. Hulle was toe al omtrent 200 jaar te vore in 722 vC

6 deur die

Assiriërs in ballingskap weggevoer. En die Asiriërs was die wêreldryk net voor die Babiloniërs.

Page 9: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

8

in groot liefde en genade en lankmoedigheid

deur sy Profete na Hom toe terug geroep het?

Wel 2Kron 36:16 sê dan het ―hulle die boodskappers van God uitgelag

en sy woorde verag en met sy profete gespot,

totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het,

totdat daar geen genesing meer was nie.‖

En toe? Toe het die ballingskap begin

in die 70 jaar van Babiloniese wêreld oorheersing,7

net soos die HERE deur sy profeet Jeremia

in Jer 25 en 29 daaroor geprofeteer het.

**************

Maar weet u: Nou‘sie wonder

dat alles nie daar gestop het nie.

En hoekom nie?

Wel omdat ons God die HERE Jahwe ‗n en het.

Die boek Esra se en.

‗n En wat vir ons sê

dat die boek Esra nie in die lug hang nie.

‗n En wat vir ons sê

dat die boek Esra aan die verlede gekoppel is.

=> ‗n Verlede vol sonde en liefdelose opstand teen die HERE.

=> ‗n Verlede van oordeel en smart.

Maar dan gaan die HERE

in sy groot liefde en genade en onveranderlike trou

van die verlede af aan met Esra 1:1 se en.

7 Vgl Noordtzij se KV op Esra bl 41; Fensham se Esra komm bl 43

Page 10: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

9

Want in Esra 1:1 staan daar:

―En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië ...‖

*************

Oorgang

So hoor u dit? Dinge het nou verander.

Ons hoor nie meer van die Babiloniërs nie.

Die HERE se geskiedenis het aangegaan

en dis nou die eerste jaar van Kores, die koning van Persië.

B. En dis‘ie tweede ding van die tyd van die boek Esra.

Vir 70 jaar het die Babiloniërs die wêreld van daardie tyd beheers.

Maar nou het alles anders geword.

Kores is aan bewind.

Hy was die stigter van die Persiese-ryk.

In 539 vC het hy Babilon in geneem.

En nou was die Perse onder leiding van Kores die wêreld-heersers.8

Sê iets oor kaartjie in Basuin

**************

So waar Juda se ballingskap onder die Babiloniese wêreld-ryk

die geskiedenis voor die boek Esra is

is ons in die boek Esra binne in die tyd van die Persiese wêreld-ryk.9

Oorgang

En dan‘sit so asof ‗n moedeloosheid oor mens kom.

Die tyd van die Babiloniese wêreld-ryk is verby.

Maar nou in die tyd van die boek Esra

sit ons maar weer net onder ‗n nuwe wêreld-ryk.

8 Kores was die stigter van die volgende wêreld-mag na die van die Babiloniërs – die ryk van die Perse. As koning heers hy vanaf 550

vC. Op 12 Oktober in 539 vC neem hy Babilon in. Hy heers daarna tot in 530 vC, toe hy in ‘n veldslag sterf (NIDOTTE vol 4 bl

493;Rata se Esra komm bl 11). 9 Reg deur die boek Esra is die wêreldmag wat domineer die van Persië – vgl Esra 6:14; 7:7-8.

Page 11: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

10

Baie van ons sou dalk mismoedig gewonder het

wat van Ps 72:8 geword het

waarmee die kerk deur die eeue sing oor ons Messias

wat ―heers van see tot see

en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.‖

Ja waar is ons Christus se wêreld-ryk?

Waarom hoor ons net van die Babiloniërs en die Perse?10

*************

C. Maar tog tog was daar iets nuuts.

Onder die Persiese ryk het daar iets nuuts gebeur.

Opmerking

En dis die derde ding oor die tyd van die boek Esra.

Hierdie ‗iets-nuuts‘.

En dit was dat Kores en ook die Persiese konings na hom,11

‗n beleid gehad het

wat ingehou het dat elke volk in hulle eie tuis-land sou kon bly.

En daar in hulle tuis-land hulle eie Godsdiens sou kon beoefen

en hulle eie tempels sou kon bou vir die diens aan hulle god.12

En dit het Kores-hulle gedoen

om die volke binne die Persiese wêreld-ryk

aan die Persiese konings se kant te kry.13

*************

En so het dit dan ook gebeur so hoor ons in Esra 1:2-4

dat Kores op ‗n goeie dag in die jaar 538 vC14

―‗n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, 10

Vgl Fyall se Esra komm bl 18 11

Vgl Kidner se Esra komm bl 20-22; Rata se Esra komm bl 12 12

Sien voetnoot 11 13

Sien voetnoot 11 14

Vgl Reformation Study Bible bl 644

Page 12: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

11

selfs ook skriftelik, om te sê:

So sê Kores, die koning van Persië:

Al die koninkryke van die aarde het die HERE ... aan my gegee;

en Hy het my opgedra om vir Hom ‗n huis te bou in Jerusalem ...

Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort—mag sy God met hom wees,

en laat hom optrek na Jerusalem ...

en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! ...‖

**************

Ja dit is die ‗iets-nuuts‘ wat gebeur het.

En is dit nie wonderlik nie!!

Opmerking

En as die HERE wil sal ons volgende week meer hieroor leer.

Maar vir nou moet ons raaksien

dat die tyd van die boek Esra ‗n tyd is van nuwe dinge.

Die volk van die HERE was vry

om weer terug te gaan na die land van die belofte na die land Kanaän.

Hulle kon weer die tempel van die HERE gaan bou.

**************

D. Maar dadelik voel mens ongemaklik nie waar nie?

Opmerking

En hierdie ongemaklikheid is die vierde ding

by die tyd van die boek Esra.

Maar hoekom hierdie ongemaklik?

Wel omdat wat Kores sê so mooi klink.

Page 13: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

12

As hy in Esra 1:2 praat van:

―Al die koninkryke van die aarde het die HERE ... aan my gegee;

en Hy het my opgedra om vir Hom ‗n huis te bou in Jerusalem ...‖

dan klink dit so mooi so reg.

Maar was dit nie maar net Kores se manier

om ook die volk van die HERE aan sy kant te kry nie

van hulle goeie gehoorsame belastingbetalers te maak nie

ouens wat nie sommer in opstand sal kom nie?

****************

Wel vanuit Jes 45:4 weet ons

dat Kores die HERE nie gelowig-in-liefde geken het nie.15

Gevolgtrek

So Kores sê nie al hierdie mooi goed van vers 2

omdat hy die HERE regtig wil dien nie.

So heel waarskynlik het hy

vanuit sy totaal verdorwe bose hart

vers 2 se mooi woorde alleen maar gesê

omdat hy besig was met sy slim selfgesentreerde politiek.16

**************

Oorgang

Maar weet u: Nou maak dit nie saak nie.

Die vraag oor of Kores nou opreg was of nie

moet eintlik glad nie vir ons belangrik wees nie.

Wat vir ons belangrik moet wees in hierdie tyd van die boek Esra ...

Hierdie tyd na die Babiloniese wêreld-ryk

Hierdie tyd van die Persiese wêreld-ryk

15

Vgl Waltke, An OT theology bl 776; Reformation study Bible bl 1017. 16

Vgl Waltke, An OT theology bl 776; Fyall se Esra komm bl 32

Page 14: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

13

Hierdie tyd van nuwe dinge

wat inhou dat Kores volke wat in ballingskap was

weer laat terug keer na hulle land

2. Ja wat vir ons belangrik moet wees in hierdie tyd

is nie al ons vrae nie maar dit wat Esra 1:1 sê

en waaruit ons leer

dat die HERE in hierdie tyd almagtig-soewerein aan die werk was.

Opmerking

En dis ons tweede hoofpunt

wat gaan oor die werk van die HERE in die tyd van die boek Esra.

Ja geliefdes of Kores nou opreg was of nie

en of hy die HERE geken het of nie

en of hy as ongelowige besig was

met selfgesentreerde slinkse politiek of nie

is eintlik totaal onbelangrik.

Wat belangrik is en wat ons moet aangryp

is dat die HERE soewerein-almagtig besig was

om deur Kores te werk.

Bewys

Want kyk wat sê die teks van Esra 1:1. Daar staan:

―En in die eerste jaar van Kores ...

het die HERE ... die gees van Kores ... opgewek ...‖

Verduidelik

En as die HERE opwek dan‘sit almagtig dis kragtig.

Page 15: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

14

Dit werk regtig Dit het gevolge.17

Daarom dat vers 1 nie net sê

dat die HERE die gees van Kores opgewek het nie.

Nee! vers 1 vertel ook van die gevolge.

Bewys

Want kyk wat staan daar:

―En in die eerste jaar van Kores ...

het die HERE ... die gees van Kores ... opgewek ...

dat (met ander woorde: met die gevolg dat18) hy (daardie) oproep

(dat die volk van die HERE mag terug gaan en tempel mag gaan bou)

deur sy hele koninkryk laat gaan het ... ‖

**************

En net hier staan ons by een

van die groot boodskappe van die boek Esra.

Opmerking

Ons sien dit ook baie sterk in Esra 6:22

en in Esra 7:6 en 9 en 27

en in Esra 8:18 en 22 en 31.19

Ja ons staan hier by die ontsaglike wonderlike waarheid

dat ons God in mense en deur mense soewerein-almagtig werk 17 (1a’) = hifil perf 3de ev van . in die hifil met Jahwe as subjek het die betekenis van ‘Jahwe het iemand opgewek tot

karagtige optrede’ (NIDOTTE vol 3 bl 357). Dit is veral die geval waar die objek is – soos hier (NIDOTTE vol 3 bl 359). Die

groot saak wat by na vore moet kom is Jahwe se absolute soewereiniteit en almagtigeheid. Hy, ons God, is in hierdie wêreld

soewerein besig om mense kragtig op te wek om sy wil en verlossingsplan tot uitvoering te bring (NIDOTTE vol 3 bl 357-358). By

waar Jahwe se subjek is, gaan dit dan ook daarom dat my geloof op hierdie waarheid gerig moet wees – dit is die groot saak

wat ek hier moet raaksien en daaruit moet leef (NIDOTTE vol 3 bl 357-358). 18 In 1c begin die ruggraat van die vertelling met die wayiqtol ww – (OTES 611 bl 86). Ek sien ook hier die gevolg van Jahwe se

(1a’) van Kores se gees. kan ook doel-en-gevolgaanduidend wees (BHNG bl 245). Die OAV vertaling vertaal dan ook: “... die

gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ‘n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:” Die ESV vertaal met: “... the LORD stirred up the spirit of Cyrus king of Persia, so that he made a proclamation throughout all his kingdom and also put it in writing:”

19 Vgl ook Reformation study Bible bl 644

Page 16: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

15

om sy goeie plan en sy goeie doel te bereik.20

Ja! Dit is hoe ons God is.

Voorbeelde

In Spr 16:9 sê die Spreuke-digter:

―Die hart van die mens dink sy weg uit,

maar die HERE rig sy voetstappe.‖

En in Spr 21:1 sê hy:

―Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome:

Hy lei dit waarheen Hy wil.‖

***************

Toepassing

En weet u: Nou inspireer die HERE nie verniet vir Esra

of vir wie ook al hier skryf

om hierdie waarheid in die boek Esra neer te skryf nie.

Opmerking21

En ek sê Esra en wie ook al

omdat nie almal presies seker is wie hier geskryf het nie.

Die Joodse rabis meen dis Esra.

Ander weer dink dat Esra net hfst 7-10 geskryf het.

Want daar gaan dit spesifiek oor Esra en sy werk.

En dat iemand anders hfst 1-6 geskryf het.

En dat nog iemand anders

uiteindelik die hele boek Esra bymekaar gesit het.

20

Vgl voetnoot 1. 21

Vgl Hill&Walton, A survey on the OT, bl 268-270; Rata se Esra komm bl 36-38; The Expositor’s Bible commentary, vol 4 bl 354.

Page 17: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

16

Maar hoe ook-al:

Paulus leer ons in 2Tim 3:16

dat ―Die hele Skrif is deur God ingegee en is ...‖

En dit het ons HERE God beslis nie verniet gedoen nie.

Nee! In Esra 1:1 wys die HERE ons

dat al is die wêreld-heersers van hierdie eeu

besig met hulle slinkse politiek

die HERE steeds almagtig deur hulle aan die werk is

om sy goeie plan en doel te bereik.

**************

Bevinding

En hierdie waarheid van Esra 1:1

wat ons ook in die res van die boek Esra kry

moet ons vanoggend aangryp!

Dit moet geloof in ons God in ons opwek!!

Dit moet ons geloof in God versterk.22

Dit moet ons bemoedig.

Dit moet maak

dat ons nie net die hele tyd mistroostig moedeloos bid

dat die HERE ons tog maar uit hierdie bose-wêreld wil kom haal nie!

Nee!! Hierdie waarheid moet ons gelowig-moedig laat bid:23

‗HERE open ons oë om U almagtige werk

in en deur mense raak te sien

sodat ons U lofprysend kan verheerlik

vir U kragtige werk waarmee U altyd U goeie doel bereik.‘

***************

22

Sien voetnoot 17 23

Vgl Fyall se Esra komm bl 30.

Page 18: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

17

3. En dis ons 3de hoofpunt:

Die HERE se doel met sy werk in die tyd van die boek Esra.

Esra 1:1 vertel daarvan:

―En in die eerste jaar van Kores ... het die HERE

sodat die woord van die HERE

uit die mond van Jeremía vervul sou word

die gees van Kores ... opgewek ...‖

Verduidelik

So hoor u die HERE se doel.

Die HERE wek Kores op met die doel

dat die woord van die HERE uit die mond van Jeremía vervul sou word.24

*************

En hierdie doel van die HERE is die baie belangrike saak hier.

Dit staan uit. Dit moet ons aandag vasvang.

Bewys

Want kyk bietjie mooi hoe word Esra 1:1 geskryf.

Daar staan: ―En in die eerste jaar van Kores ... het die HERE

sodat die woord van die HERE

uit die mond van Jeremía vervul sou word

die gees van Kores ... opgewek ...‖

Gewoonlik skryf mens in Hebreeus eerder die doel agterna.

Mens sou eerder skryf:

―En in die eerste jaar van Kores ...

het die HERE die gees van Kores ... opgewek ...

sodat die woord van die HERE

uit die mond van Jeremía vervul sou word ...‖

24

Met – + Qal infin van – word vir my die doel gegee waarom Jahwe aan die werk is in 1a-‘a (BHNG bl 118, 234).

Page 19: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

18

Verduidelik25

Maar nou skryf die skrywer anders.

Die Heilige Gees inspireer hom anders

sodat hy die HERE se doel vooraan die sin laat staan.

En hoekom? Wel omdat dit die belangrike saak is.

En as jy in die Hebreeuse taal wil wys dat iets belangrik is

dan skryf jy dit voor aan jou sin

of op ‗n plek waar mens dit nie verwag nie.

*************

So dis hoekom die HERE soewerein-almagtig werk

in die tyd van die boek Esra.

Dis hoekom die HERE vir Kores opwek

om sy volk na Kanaän terug te laat trek

en hulle toe te laat om weer te die tempel te bou.

En dis so ontsettend belangrik. Ons moet dit raaksien.

Dis alles ―sodat die woord van die HERE

uit die mond van Jeremìa vervul sou word ...‖

**************

Maar nou‘sie vraag:

Watter Woord van die HERE uit die mond van Jeremia?

Wel dis‘ie woord van die HERE in Jer 29:10.26

Opmerking

Ons het verlede jaar in ons prediking uit Jeremia daarby stilgestaan.27

25

1b ( ) staan hier in die voorveld van die sin. Ek verwag dit eintlik na die hoof-ww. Dis die normale patroon

in ‘n Hebreeuse sin (BHNG bl 277-278; A grammer of BiblicalHebrew, bl 551). So word klem geplaas op die feit dat dit wat nou

gaan gebeur die vervulling is van (BHNG bl 282; Fyall se Esra komm bl 30). 26 Juis die verbintenis van Esra 1:1 aan 2Kron 36:22 neem my ook na 2Kron 36:20-21 waar daar staan: “En die wat van

die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het, sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.” Dit wys my dat ek hier in Esra 1:1 te doen het met Jeremia se profesie oor die 70 jaar. Die konteks (Esra 1:2-4) lei my dan na Jer 29:10 toe (vgl Williamson se Esra komm bl 9-10; Fyall se Esra komm bl 30-31).

Page 20: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

19

Ja dis die Woord van Jer 29:10 waar Jeremia sê:

―so sê die HERE:

As eers sewentig jaar vir Babel verby is,

sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul

om julle na hierdie plek terug te bring.‖

*************

En weet u:

Nou‘sit wanneer ons hoor dat dit die HERE se groot doel is

om sy volk weer teug te bring na Kanaän28 na hierdie plek

soos die HERE deur Jeremia geprofeteer het

dat ons diep en wonderlike Evangelie hoor.

Verduidelik29

Want die woord plek

soos die HERE dit gebruik in Jer 29:10 is altyd ‗n plek

waar die HERE by sy volk is,

waar die HERE in die verbond saam met sy vol is.

Dis ‗n plek waar die HERE verbondsgemeenskap met sy volk het

Dis ‗n plek waar jy uit genade alleen die HERE se volk is

en die HERE jou God is.

Voorbeeld30

So was dit in die paradys van Gen 2&3.

Gen 3:8 vertel

dat die HERE daar by Adam-en-Eva kom wandel het

―in die aandwindjie.‖

Aand vir aand het die HERE dit gedoen.

Dis asof die HERE vir Adam-hulle gaan kuier het.

27

Vgl Jer 29,10-14.docx 28

Hierdie plek in Jer 29:10 is die land Kanaän (NIDOTTE vol 3 bl 904). 29

Vgl Waltke, An OT theology bl 535 30

Vgl Waltke, An OT theology bl 255, 537; Fyall se Esra komm bl 33 voetnoot 12

Page 21: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

20

Ja die HERE het daar in die paradys in daardie plek

met Adam en Eva verbondsgemeenskap gehad.

**************

Verbondsgemeenskap wat ons met ons sonde verwoes het

vertrap het verag het

sodat ons nie meer in daardie paradys-plek by die HERE kan wees nie.

Openbaringshistories

Maar dan gee die HERE in sy genade Kanaän

wat terug wys paradys toe en vorentoe wys na die nuwe aarde toe.31

En daar in Kanaän moet die HERE se tempel staan.

Verduidelik32

Want in Lev 26:11-12 het die HERE gesê:

―Ek sal my tabernakel (of tempel) onder julle oprig ...

En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‗n God wees,

en júlle sal vir My ‗n volk wees.‖

Ja met Kanaän en die tempel daarin wys die HERE:

‗Ek gee my plek

my paradys

my mensdom en my Skeppingsdoel nie prys nie.

Ek los dit nie vir Satan en die sonde en die dood nie!

Nee! Ek sal ‗n gelowige volk hê.

En Ek sal in hulle midde wandel en vir hulle ‗n God wees,

en hulle sal vir My ‗n volk wees.‘

****************

En as Juda dan daar in Kanaän die HERE se liefde vertrap

en sy Woord verag

31

Vgl Robertson, The Israel of God, bl 4vv 32

Vgl Waltke, An OT theology bl 450-451

Page 22: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

21

en hulle 70 jaar in ballingskap gaan?

Wel dan gee die HERE sy groot doel nie prys nie

sodat ons uiteindelik in Esra 1:1 hoor:

―en in die eerste jaar van Kores ... het die HERE

sodat die woord van die HERE

uit die mond van Jeremía vervul sou word

die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek ...‖

Sodat die HERE se volk terug kon gaan na die plek toe

en die HERE se tempel kon bou.

Want die HERE gee net nie sy skeppingsdoel prys nie!!

Hy sal ‗n gelowige volk hê by wie Hy bly.

En met wie Hy verbondsgemeenskap het.

***************

Opmerking

Daarom dat Esra1-6 gaan

oor hoe die volk van die HERE terugkeer Kanaän toe

en die tempel van die HERE weer bou.33

Want daar moet weer ‗n tempel wees in Kanaän staan

waarmee die HERE wys

dat Hy in ons midde wandel en vir ons ‗n God is,

en ons sal sy volk is.

*************

Ja geliefdes dis die groot boodskap van die boek Esra.

Dis die boodskap van die HERE

wat soewerein-almagtig aan die werk is in mense en deur mense

ook deur koning Kores om sy groot doel te bereik.

33

Vgl Waltke, An OT theology bl 775

Page 23: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

22

Die doel waaroor ook Jeremia geprofeteer het.

Die doel dat die HERE ‗n gelowige volk sal hê

en dat die HERE by ons sal wees

en dat ons sy volk sal wees in die verbond.

En met hierdie werk

en met hierdie doel is die HERE deur die eeue besig.

Weer Openbaringshistories

Daarom dat die HERE in die volheid van die tyd sy Seun stuur.

En die Seun vir ons in Joh. 2:19-21 sê

dat Hy die ware tempel is.

Omdat Hy Emmanuel is God by ons is

Die Een wat waaragtige verbondsgemeenskap

‗n werklikheid maak vir sy gelowiges.

**************

En toe hulle Hom kruisig?

Wel toe was die HERE steeds almagtig aan die werk deur mense

om sy groot doel te bereik.

Nes Hy in Esra 1:1 aan die werk was deur Kores.

Bewys

Want Hand 4:27-28 vertel

dat Herodes en Pontius Pilatus saam met heidene en Israel

vergader het teen die Seun teen Christus en Hom gekruisig het

―om alles te doen wat (die HERE se) hand en (sy) raad

vooruit bepaal het om plaas te vind.”

Sodat die HERE se gelowige-volk eenmaal Openb 21:1-3 sal kan beleef.

Daar waar ons hoor

van die ―nuwe hemel en ‗n nuwe aarde ...‖

Page 24: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

23

En die ―groot stem (wat) uit die hemel ... sê:

Kyk, die tabernakel van God is by die mense,

en Hy sal by hulle woon,

en hulle sal sy volk wees;

en God self sal by hulle wees as hulle God.‖

***************

Slot

Ja geliefdes dis die groot boodskap van die boek Esra.

En ook van Esra 1:1.

Dis die boodskap van die HERE

wat soewerein-almagtig aan die werk is in mense en deur mense

ook deur koning Kores om sy groot doel te bereik.

Die doel waaroor ook Jeremia geprofeteer het.

Die doel dat die HERE ‗n gelowige volk sal hê

en dat die HERE by ons sal wees

en dat ons sy volk sal wees in die verbond.

Daarom dat die HERE koning Kores opgewek het

―dat hy ‗n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het,

selfs ook skriftelik, om te sê:‖

dat die HERE se volk kon terugkeer na Kanaän

om die tempel te bou.

En dit alles het gebeur

na die tyd van die Babiloniese wêreld-ryk

en in die tyd van Kores en die Persiese wêreld-ryk.

***************

Toepassing

En ons? Geliefdes kom ons glo hierdie Evangelie van die boek Esra!

En kom ons leef kragtig vanuit hierdie Evangelie.

Page 25: Esra 1:1-4 - GK Daspoort 1,1.pdf · 3 Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Esra 1:1-4 (sê iets oor reeks uit Esra) Psalm as antwoord op die Woord

24

Hier in ons land onder verskriklike Goddelose wêreldheersers.

Die Evangelie van ons Onveranderlike verbondsGod

wat almagtig ook deur wêreldheersres werk

om sy groot doel

van ware lewe en verbondsgemeenskap ‗n werklikheid te maak.

*************

En as die HERE wil

leer ons volgende week in Esra 1:2-11 meer hieroor.

Antwoorddiens

Amen.

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 126: 1

Gebed

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 14: 4, 5, 6, 7

Slotpsalm : Ps 33: 5, 6

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.