Die Rondebossie March 2019 - ngrondebosch.com · Op 3 Februarie doop ons klein Bejamin Giuseppe...

3
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Maart 2019 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community Jillende skare omsingelend, versmorend Die reuk van haat donder- wolk in die lug Blitsende, verterende tonge Vuurspu die oordeelspraak: Kruisig Hom. Wie is hierdie Man dan tog? Selfgedoopte Koning van die Jode? Seun van God? Of die voorwerpsel van hierdie spottende volk? Die geboë Liggaam stry moeisaam teen al die mis- handeling Sweepslae ru en fel op die ontblote lyf Die Voete sleep - sleep moeisaam in die stowwerige pad Elke tree gemeet in hierdie Golgota’s pad. Massiewe ruwe houtkruis Sy juk wat Hy op skouers dra Dawerend val die kruis Skreeuend gil die skare ver- makend uit Dan word ek gegryp: Jy dra die kruis! Lafhartig word die kruis op- getel. Die blik uit die oë geen haat of selfbejammering Die Stem fluweelsag op die ore Jy is myne. My oë kyk op na God. Wat het verander in ons tyd? As U môre sou kom sal ons U Ken? U stem ook ons Naam roep? Vergete is die Gawe van God Sy eie Seun Ons geskenk maar Kruisig Hom? Die Voete sal nie sleep, die juk geen kruis wees Die skare nie jillend, uitdagend maar bely God regeer. My geestesoog sien die rooi tapyt Al die knieë buig die kruise- naars, moordenaars almal My ore hoor die lieflike sang Jesus is Heer Help ons Here, Kom, Amen Here Jesus Kom. PAASFEES IS VIR MY Sondag van die Verheerliking Feesdiens 3 Maart 2019 Eksodus 34:29-35 Psalm 99 2 Korintiërs 3:12-4:2 Lukas 9:28-36, (37-43) In 2 Korintiërs word die bedienaars van die nuwe verbond aangespreek. Lukas getuig van die verheerliking op die berg. In Psalm 99 word God as heilige Here aanbid. Aswoensdag 6 Maart 2019 Joël 2:1-2, 12-17 of Jesaja 58:1-12 Psalm 51:1-17 2 Korintiërs 5:20b-6:10 Matteus 6:1-6, 16-21 Die dag van die Here is ’n donker dag. Die Here se volk oortree. Dawid vra om genade na sy sonde met Batseba. Ons ontvang genade om versoening te leef. Hoe om liefdadigheid te beoefen, bid en vas. Eerste Sondag in Lydenstyd 10 Maart 2019 Deuteronomium 26:1-11 Psalm 91:1-2, 9-16 Romeine 10:8b-13 Lukas 4:1-13 Onthou die Here se redding selfs as dit goed gaan. Die Here is my skuilplek. Elkeen wat glo sal verlos word. Jesus word versoek in die woestyn. Tweede Sondag in Lydenstyd 17 Maart 2019 Genesis 15:1-12, 17-18 Psalm 27 Filippense 3:17- 4:1 Lukas 13:31-35 God se verbond met Abraham. Om te leef in die teenwoordigheid van die Here. Leef as burgers van die hemel. Jesus se klag oor Jerusalem. Derde Sondag in Lydenstyd 24 Maart 2019 Jesaja 55:1-9 Psalm 63:1-8 1 Korintiërs 10:1-13 Lukas 13:1-9 God wil ’n ewige verbond met die volk sluit. Om te dors en te honger na God. Israel as waarskuwing aan die ge- meente. Leef anders. Vierde Sondag in Lydenstyd 31 Maart 2019 Romeine 5:9-12 Psalm 32 2 Korintiërs 5:16-21 Lukas 15:1-3, 11b-32 Christus se bloed versoen ons met God. Bely jou sondes en verbly jou in die Here. Christus versoen en maak skepsels nuut. Die verlore seun.

Transcript of Die Rondebossie March 2019 - ngrondebosch.com · Op 3 Februarie doop ons klein Bejamin Giuseppe...

DIE RONDEBOSSIE

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch Maart 2019

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family which reaches out to our community

Jillende skare omsingelend, versmorend

Die reuk van haat donder-wolk in die lug

Blitsende, verterende tonge

Vuurspu die oordeelspraak: Kruisig Hom.

Wie is hierdie Man dan tog?

Selfgedoopte Koning van die Jode?

Seun van God?

Of die voorwerpsel van hierdie spottende volk?

Die geboë Liggaam stry moeisaam teen al die mis-handeling

Sweepslae ru en fel op die ontblote lyf Die Voete sleep - sleep moeisaam in die stowwerige pad

Elke tree gemeet in hierdie Golgota’s pad.

Massiewe ruwe houtkruis Sy juk wat Hy op skouers dra

Dawerend val die kruis

Skreeuend gil die skare ver-makend uit Dan word ek gegryp: Jy dra die kruis!

Lafhartig word die kruis op-getel.

Die blik uit die oë geen haat of selfbejammering

Die Stem fluweelsag op die ore

Jy is myne.

My oë kyk op na God. Wat het verander in ons tyd?

As U môre sou kom – sal ons U Ken?

U stem ook ons Naam roep?

Vergete is die Gawe van God – Sy eie Seun

Ons geskenk – maar Kruisig Hom?

Die Voete sal nie sleep, die juk geen kruis wees

Die skare nie jillend, uitdagend maar bely – God regeer.

My geestesoog sien die rooi tapyt Al die knieë buig – die kruise-naars, moordenaars almal My ore hoor die lieflike sang – Jesus is Heer Help ons Here, Kom, Amen Here Jesus Kom.

PAASFEES IS VIR MY

Sondag van die Verheerliking – Feesdiens

3 Maart 2019

Eksodus 34:29-35

Psalm 99

2 Korintiërs 3:12-4:2

Lukas 9:28-36, (37-43)

In 2 Korintiërs word die bedienaars van die nuwe verbond aangespreek. Lukas getuig van die verheerliking op die berg. In Psalm 99 word God as heilige Here aanbid.

Aswoensdag

6 Maart 2019

Joël 2:1-2, 12-17 of Jesaja 58:1-12

Psalm 51:1-17

2 Korintiërs 5:20b-6:10

Matteus 6:1-6, 16-21

Die dag van die Here is ’n donker dag. Die Here se volk oortree. Dawid vra om genade na sy sonde met Batseba. Ons ontvang genade om versoening te leef. Hoe om liefdadigheid te beoefen, bid en vas.

Eerste Sondag in Lydenstyd

10 Maart 2019

Deuteronomium 26:1-11

Psalm 91:1-2, 9-16

Romeine 10:8b-13

Lukas 4:1-13

Onthou die Here se redding selfs as dit goed gaan. Die Here is my skuilplek. Elkeen wat glo sal verlos word. Jesus word versoek in die woestyn.

Tweede Sondag in Lydenstyd

17 Maart 2019

Genesis 15:1-12, 17-18

Psalm 27

Filippense 3:17- 4:1

Lukas 13:31-35

God se verbond met Abraham. Om te leef in die teenwoordigheid van die Here. Leef as burgers van die hemel. Jesus se klag oor Jerusalem.

Derde Sondag in Lydenstyd

24 Maart 2019

Jesaja 55:1-9

Psalm 63:1-8

1 Korintiërs 10:1-13

Lukas 13:1-9

God wil ’n ewige verbond met die volk sluit. Om te dors en te honger na God. Israel as waarskuwing aan die ge-meente. Leef anders.

Vierde Sondag in Lydenstyd

31 Maart 2019

Romeine 5:9-12

Psalm 32

2 Korintiërs 5:16-21

Lukas 15:1-3, 11b-32

Christus se bloed versoen ons met God. Bely jou sondes en verbly jou in die Here. Christus versoen en maak skepsels nuut. Die verlore seun.

Cupido Maggie 03/03

Nieder-Heitmann Inge 03/04

Strydom Annelie 03/07

Scott Freda 03/08

Van der Merwe Chris 03/12

Barnard Arina 03/14

Nel Sandra 03/20

Scheepers Wynand 03/20

Laubscher Marietjie 03/23

Groenewald Ettienne 03/24

Scott Amé 03/24

Baird Matty 03/26

Scholtz Inge 03/27

Faber Gerke 03/28

Ackermann Sophia 03/31

Scott Karel 03/31

Gwen Gaffley wil net graag dankie sê aan elkeen wat by-gedra het ten opsigte van “die Pastorie” tehuis by NG Parowvallei-gemeente. Gwen Gaffley oorhandig die paar higiëne produkte wat sy ontvang het, aan Sr Vicki Pietersen

Koinonia op soek na Disas teen Tafelberg se hange

9 Februarie gaan soek ons stappers

Disas teen Tafelberg se hange en

hulle was nie teleurgestel nie.

Hulle vertel van vele Disas en in

ander kleure as die pienk blomme

regs.

NAGMAAL-SONDAG

Ds Jacob van der Merwe staan in vir Dr Johan van den Heever gedurende sy verlof en lei ons Sondagnagmaalsdienste. Links nooi hy vir Deon en Annelie Strydom om by die nagmaaltafel te kom aansit. Sy tema is Genade en hy lees uit Jeremia 24:1-7.

Het jy geweet jy kan op ons webtuiste weer na die dienste gaan luister?

https://www.ngrondebosch.com/

Railway Vintage Mark

1 Februarie hou ons die eerste mark

vir 2019! Alhoewel die deurloop min

was, het ons tog nuwe gesigte wat

ons mark besoek het, opgemerk. Ons

wil graag ‘n beroep doen op ons ge-

meentelede om julle weggesteekte

talente op ons mark te kom bekend-

stel. Ons hoop om ons mark te sien

groei.

Vertel vir mense van ons mark en

skakel gerus die kerkkantoor vir

enige navrae oor ons volgende

mark of as jy advertensie mate-

riaal wil kom haal.

Op 3 Februarie doop ons klein Bejamin Giuseppe Geldenhuys. Sy pappa en mamma, Seppie en Sunadia, is al van 2013 af deel van ons gemeente. Hulle het ook ‘n klein Phillip wat nou reeds 4 jaar oud is.

Baie geluk julle.

Links glimlag klein Benjamin te mooi vir dr Johan terwyl hy vir hom bid.

Onder staan die uitgebreide familie as getuies.

WIE IS EK HERE?

Tussen mense leef en beweeg ek en jy - en tog bly elke mens ‘n eensame, ’n onbekende, ’n ongekende; selfs vir ouers, geliefdes , boesemvriende. Onder in die hart sluimer dieptes van gevoel, skakeringe van liefde en kwaad - dieptes tot waar die mens self nog nooit gedelf het of dinge kon verwerk het nie.

Ons mensekinders bestaan saam, tog bly elkeen van ons maar ‘n groot onopgeloste geheim - ‘n eensame tot by die dood toe.

Die sanger, Jo Black, sing: ”Elke mens wil iemand wees, want niemand wil niemand wees nie.”

Die hoogtes van die lug word deursweef, die dieptes van die see word gepeil, maar die hoogtes en dieptes van die mensehart - wie sal dit deurgrond?

Slegs Hy, die groot Hartchirurg, wat ‘n lied vir die lewe in ons hart oorplant.

“ The song is the river that traces the land The song is a line from my heart to my hand

The song is the blue valley of my soul The song is the muti that makes me whole “

( TULA TYD: KKNK 2001 )

Deur: James Horne

ARRO ORDS