Breederivier gazette 24 02 2015

8
www.bolandgazette.co.za Breederivier Year 19 • 24 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212 X1PRQXMH-BZ240215 X1PRTGJD-BZ240215 Die Robertson-polisie en plaaslike verkeersdepartement moes verlede Maandagmiddag (16 Februarie) verkeers- beheer toepas ná ’n vragmotor wat ’n vrag bier vervoer het ’n groot gedeelte van sy vrag verloor het. Die kratte met bottels het uitgeval ná ’n gedeelte van die vragmotor se seil losgekom het terwyl dit vanuit Reitzstraat in Voor- trekkerstraat gedraai het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER Bier beland in hoofstraat Bier beland in hoofstraat Rugbyman in aanval beseer HILDERINE SCHRÖDER Die bekende Robertsonse televi- sie-rugbyskeidsregter Shaun Veldsman sterk tans in die Medi- clinic Stellenbosch aan ná hy Sa- terdagaand in ’n mislukte ka- pingspoging met ’n mes beseer is. Veldsman was op pad terug na Ro- bertson ná die kragmeting tussen die Stormers en die Blues op Nuweland toe die ruit aan die bestuurderskant van sy bakkie op die N2 uitgegooi is. In die struweling wat gevolg het, is Veldsman met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek. Sy long is in die pro- ses raakgesteek. Volgens Andy Colquhoun, die Suid-Afrikaanse rugbyunie se hoof van korporatiewe aangeleenthede, kon Veldsman daarin slaag om uit die voertuig te vlug. Iemand langs die pad, sê Colqu- houn, het hom later te hulp gesnel. Hy is aanvanklik in ’n ernstige toe- stand in die hospitaal se waakeen- heid opgeneem. Hy is steeds in die hospitaal, maar sy toestand het in- tussen verbeter na stabiel. Volgens Veldsman se vrou, Marie, is haar man steeds geweldig moeg en verduur hy baie pyn. “Vandat ek die nuus gekry het van wat gebeur het, het dit nog nie werklik ingesink nie. Ons kinders is geweldig getraumati- seer.” Volgens Marie het Veldsman aan- vanklik nie besef hy is raakgesteek nie. “Dit was eers toe hy probeer weg- hardloop dat hy ongemaklik gevoel het.” Veldsman was bykans twee uur langs die pad voor hy gevind is. “Die barmhartige Samaritaan (die man wat hom gehelp het) het sy eie baad- jie vir hom gegee toe hy sien Shaun bloei.” Sy het al vroeër die aand begin be- kommerd raak toe haar man nie by die huis opdaag nie. “Ek het sy foon verskeie kere gebel, maar dit was toe al af. Ek was rasend van kommer. Ons is almal net baie dankbaar dat ons hom nog het.” Veldsman sou eerskomende na- week die televisieskeidsregter in die Sesnasieswedstryd tussen Ierland en Engeland in Dublin wees, maar sal nie meer dié verpligting kan be- hartig nie, aldus Colquhoun. “Ons was baie geskok toe ons gehoor het wat gebeur het,” voeg hy by. “Shaun is ’n wonderlike karakter, baie be- kend en gerespekteerd. Ons is baie verlig dat dit nie baie erger uitge- draai het nie.” Veldsman het versoek om nie ge- steur te word nie. Shaun Veldsman

description

Breederivier gazette 24 02 2015

Transcript of Breederivier gazette 24 02 2015

Page 1: Breederivier gazette 24 02 2015

www.bolandgazette.co.za

Breederivier

Year 19 • 24 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212

X1PRQXMH-BZ240215

X1PRTGJD-BZ240215

Die Robertson-polisie en plaaslike verkeersdepartementmoes verlede Maandagmiddag (16 Februarie) verkeers-beheer toepas ná ’n vragmotor wat ’n vrag bier vervoerhet ’n groot gedeelte van sy vrag verloor het. Die krattemet bottels het uitgeval ná ’n gedeelte van die vragmotorse seil losgekom het terwyl dit vanuit Reitzstraat in Voor-trekkerstraat gedraai het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Bier beland in hoofstraatBier beland in hoofstraat

Rugbyman inaanval beseerHILDERINE SCHRÖDER

Die bekende Robertsonse televi-sie-rugbyskeidsregter ShaunVeldsman sterk tans in die Medi-clinic Stellenbosch aan ná hy Sa-terdagaand in ’n mislukte ka-pingspoging met ’n mes beseer is.

Veldsman was op pad terug na Ro-bertson ná die kragmeting tussen dieStormers en die Blues op Nuwelandtoe die ruit aan die bestuurderskantvan sy bakkie op die N2 uitgegooi is.In die struweling wat gevolg het, isVeldsman met ’n skerp voorwerp indie bors gesteek. Sy long is in die pro-ses raakgesteek.

Volgens Andy Colquhoun, dieSuid-Afrikaanse rugbyunie se hoofvan korporatiewe aangeleenthede,kon Veldsman daarin slaag om uitdie voertuig te vlug.

Iemand langs die pad, sê Colqu-houn, het hom later te hulp gesnel.Hy is aanvanklik in ’n ernstige toe-stand in die hospitaal se waakeen-heid opgeneem. Hy is steeds in diehospitaal, maar sy toestand het in-tussen verbeter na stabiel.

Volgens Veldsman se vrou, Marie,is haar man steeds geweldig moeg enverduur hy baie pyn. “Vandat ek dienuus gekry het van wat gebeur het,het dit nog nie werklik ingesink nie.Ons kinders is geweldig getraumati-seer.”

Volgens Marie het Veldsman aan-vanklik nie besef hy is raakgesteeknie. “Ditwaseers toehyprobeerweg-hardloop dat hy ongemaklik gevoelhet.”

Veldsman was bykans twee uurlangs die pad voor hy gevind is. “Diebarmhartige Samaritaan (die manwat hom gehelp het) het sy eie baad-jie vir hom gegee toe hy sien Shaun

bloei.”Sy het al vroeër die aand begin be-

kommerd raak toe haar man nie bydie huis opdaag nie. “Ek het sy foonverskeie kere gebel, maar dit was toeal af. Ek was rasend van kommer.Ons is almal net baie dankbaar datons hom nog het.”

Veldsman sou eerskomende na-week die televisieskeidsregter in dieSesnasieswedstryd tussen Ierlanden Engeland in Dublin wees, maarsal nie meer dié verpligting kan be-hartig nie, aldus Colquhoun. “Onswas baie geskok toe ons gehoor hetwat gebeur het,” voeg hy by. “Shaunis ’n wonderlike karakter, baie be-kend en gerespekteerd. Ons is baieverlig dat dit nie baie erger uitge-draai het nie.”

Veldsman het versoek om nie ge-steur te word nie.

Shaun Veldsman

Page 2: Breederivier gazette 24 02 2015

Breederivier Gazette Entertainment - Vermaak Dinsdag 24 Februarie 20152

X1PLHLF5-BZ240215

PIEKNIEKPRET: Die Ashton Kelder hou op1 Maart vanaf 11:00 ’n speeldag vir boe-re, wynmakers, kelderwerkers, plaaswer-kers en hul vroue en kinders. Daar gaanverskeie aktiwiteite vir oud en jonk weesmet onder meer druiwetrap, ’n springkas-teel en glibberige glybaan, kroukie,skaak, jenga, wynproe en heerlike tuisge-maakte piekniekmandjies. Piekniek-mandjies kos R100 per persoon en Rooi-kappie-mandjies R50 vir kinders onder12. Piekniekmandjies moet vooraf be-spreek word by [email protected] 023 615 1134. Ashton Kelder-wyneen -druiwesap sal beskikbaar wees. Geenander etes en drankies sal toegelaat wordnie.

Moenie Herberg-kermis misMet ’n bietjie geluk aan jou kant staanjy dalk ’n kans om een van seswonder-like pryse los te slaan by vanjaar seHerberg-kermis. Dís nou mits jy ’nlootjie koop en ’n valskermspringer selandingsplek korrek kan voorspel.

Twee valskermspringers van die Wes-Kaapse sportvalskermklub gaan hierdiejaar vir die eerste keer by die kermis op28 Februarie met hul valskerms op dieHerberg se sportterrein land. Die drielootjies die naaste aan elk van die sprin-gers sal almal vir ’n trekking in aanmer-kingkomwaarvolgensdie sespryse toege-ken sal word.

Die kermis is al lank ’n hoogtepunt opdie Valleikalender. Bekend vir sy sakpak-pryse by veral die vleistafel, sowel as ’nreuse-verskeidenheid vars vrugte engroente, sowel as heerlike eetgoed, is ditnét die plek om ’nheerlike gesinsdag deurte bring. Vir die kleingoed sal daar ouder-gewoonte meer as genoeg aktiwiteitewees, van perdekarritte tot gesigverf ennog veel meer.Hierdie jaar sal daar ook wegneemetes

(braaivleis en slaai) teen R40 beskikbaarwees. Bestel vooraf by Petro Uren by023 626 3140ofstuur ’[email protected]. Lootjies, teen R50 stuk, is ookby dié nommer beskikbaar.

ELKE DINSDAG) Die Christelike Afhanklikheidsdiens(CAD) vergader om 19:00 by die Thusong-sentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of023 626 1337.

ELKE DONDERDAG) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:30in die Eeufeessaal (ingang by parkeerplekagter stadsaal) op Robertson.

EERSTE SATERDAG VAN ELKEMAAND

)Teetuin en oggendmarkbydieRobertson-museum se anneks. Gebruik Le Rouxstraat-ingang. Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACHMONTH

) Montagu Alzheimers Support Groupmeets at 15:00 in the bottom lounge of HuisUitvlucht, Montagu.

FEBRUARIE – SONDAG 29 MAART) Hands-on Harvest. Volledige program bywww.handsonharvest.com.

SATERDAG 28 FEBRUARIE) Die Herberg Kinderhuis-kermis. 09:00.)CANSA Relay For Life vanaf 18:00 by dieRobertson-skougronde. Toegang: R50. Na-vrae: FranchonetTredoux,0 072 545 1920 ofAnne-Marié du Plessis, 0 086 163 2200.) James Mundey at Mulligan’s, Montagu.Entry: Free. Enquiries: 2 [email protected] or James or Janey at Mulligans,0 023 614 3013.

SUNDAY 1 MARCH) Car boot sale and flea market from 10:00-13:00 atKWVArtGallery,Montagu. Enquir-ies: Mareletta van Zyl (082 444 3927) or Jan-nie Uitlander (073 030 7240).

SATURDAY 7 MARCH) Alf Boyley at Mulligans, Montagu. En-quiries:2 [email protected] or Jamesor Janey at Mulligans: 0 023 614 3013.

SATERDAG 21 MAART)FrankOppermanseeenmanvertoningDieKlaagliedere vanDs. Tienie Benade om 18:30by die Janeza Privaatkelder, Bonnievale.Kaartjies: R175 vir volwassenes (sluit ’n bot-tel wyn in) en R90 vir kinders. Tafels vanvier of meer. Besprekings: Eza Wentzel,0 082 978 7020 of [email protected].

SATURDAY 28 MARCH)Singer songwriter Forest plays rock, folk,country and blues from 14:00 to 15:30 atMountain Mill Mall Amphitheatre.

X1PRR0P5-BZ240215 X1PRQXXW-BZ240215X1PRQWRD-BZ240215

NOT TO BEMISSED! The well-known singer Wendy Oldfield and a collection of other fine musicianswill be performing at Christina Sophia’s Farm (7 km outside Robertson on the Bonnievale Road)on 7 March. The show will start at 16:00. Tickets cost R100. To book tickets, call or SMS073 735 7621 or send and email to [email protected].

Page 3: Breederivier gazette 24 02 2015

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 24 Februarie 2015 3

GOLDEN VALLEY CASINO SUPPORTS RESPONSIBLE GAMBLING. GAMBLING FOR PERSONS 18 YEARS AND OLDER. WINNERS KNOW WHEN TO STOP.NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING TOLL-FREE COUNSELLING LINE 0800 006 008. SUN INTERNATIONAL CASINOS ARE LICENSED CASINOS.

Rules with complete offer available at the MVG Desk and suninternational.com

RED

WORKS77

785/E

LIVE LIKE ROYALTY. SIMPLY EARN POINTS BY PLAYING SLOTS ANDTABLES AND YOU COULD WIN YOUR SHARE OF R200 000.

Weekly cash only draws will take place between 27 January and 3 March.

STAND THE CHANCE TO WIN YOUR SHARE OFSTAND THE CHANCE TO WIN YOUR SHARE OFSTAND THE CHANCE TO WIN YOUR SHARE OFSTAND THE CHANCE TO WIN YOUR SHARE OFSTAND THE CHANCE TO WIN YOUR SHARE OFSTAND THE CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF

X1PRR0T9-BZ240215

X1PRQWG1-BZ240215

X1PRQW9R-BZ240215

X1PRQWYM-BZ240215

) Die Robertson-polisie ondersoek ’n saakvan roekelose ennalatige bestuurná ’nbot-sing op 13 Februarie om 14:00 op die hoekvan Piet Retief- en Whitestraat.Volgens lt.CynthiaNdabeni, polisiewoord-voerder, is dit onduidelik wat presies totdiebotsing tussendiebakkieenmotorgeleihet. Twee mense het ligte beserings in dievoorval opgedoen.

) Die Robertson-polisie hou op 12 Maart

om 19:00 ’n Imbizo by die gemeenskapsen-truminHospitaallaan.Misdaadstatistiekevan die gebied tel onder die onderwerpewat bespreek sal word.Alle belangstellendes is welkom.

) Die Montagu-polisie benodig die ge-meenskap se hulp met betrekking tot ’n on-dersoekvanhuisbraakendiefstal.Die saakspruit uit ’n voorval 3 Februarie om 13:00en 4 Februarie om 08:00 toe daar by ’n huisin Montagu-Suid ingebreek is.Die eienaar van die huis het nie onmiddel-lik agtergekom dat daar by die huis inge-breek is nie en het eers op 6 Februarie ont-dek twee vuurwapens en ammunisie is uitdie kluis gesteel.Enigeen met inligting kan speurkonst.Avin Appels bel by 079 894 1784.

Vermiste se liggaam gevindHILDERINE SCHRÖDER

Die Ashton-polisie moes verlede Vrydag(20 Februarie) die hulp van die Langebergbrand- en reddingsdiens inroep omdie lig-gaam van ’n man wat vermoedelik sy eielewe geneem het van-uit ’n boom te verwy-der.

Omstanders het ingroot getalle saamge-drom buite die toneelwat met forensiese skei-dings vir nuuskierigesafgesper is.

Volgens ao. SylvesterJoseph, woordvoerdervan die Ashton-polisie,het die oorledene reedsSaterdag vermis geraakmaar is hy aanvankliknieasvermisbydiepoli-sie aangegee nie.

Daar is eers Vrydag-oggend op sy liggaam,wat reeds in ’n gevor-derde stadium van ont-binding was, afgekom.Hy het hom in ’n ruieboom digby die ingang

van die plaas Zandvliet, agter Ashton Can-ning, gehang. Sy liggaam is deur die digte bla-re en takke verskuil.

Volgens Joseph moet die oorledene se iden-titeit en ouderdom nog deur ’n nadoodse on-dersoek bevestig word.

Verskeie mense het verlede Vrydag saamgedrom op ’n toneel waar die liggaamvan ’n man wat homself vermoedelik gehang het, deur die Ashton-polisie,die brandweer en die polisie se forensiese eenheid verwyder is.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 4: Breederivier gazette 24 02 2015

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 24 Februarie 20154

Kansa-aflos dié naweekHILDERINE SCHRÖDER

Dit is gewyde oomblikke. Daardie korttydjie wanneer die donker jou omsluit endie kerse in individueel versierde sakkieseen na die ander aangesteek word en diedonker verlig. Dít is wanneer diegenewatdie stryd teen kanker verloor of oorwinhet gehuldig word en daar gedink wordaan diéwat steeds teen dié gevreesde siek-te veg.

En dán is daar die ure van pret, plesier enlag. Die oomblikke wanneer een span na dieander aantree, elk in hul prettige uitrustings,om deurnag te begin stap.Nét by die CANSA Relay For Life sal jy dié

uiteenlopende emosies in een aand kan beleefennétdiegenewataldiédeurnagaflosgeleent-heid bygewoon het sal verstaan hoekom diegeesvansamehorigheidwatjyhiérervaareenis wat jy nêrens anders sal vind nie.Spanne van regoor die Vallei sal dié Sater-

dag (28 Februarie) om 18:00 by die Robertson-

skougronde aantree vir die jaarlikse aflosge-leentheid.Die baan sal oudergewoonte deur kanker-

oorwinnaars geopen word voor die spanneaandiebeurt kom.As jynognie jou span inge-skryfhetnie, beter jy spring; die tydraakmin!Spaninskrywings kos R650 met spanne wat

uit 10 tot 15 lede bestaan.As jy nie genoeg mense vir ’n span byeen

kan bring nie, het jy geen rede tot kommernie. Individue is welkom omook aan die aflosdeel te neem. Betaal jou R50 hekgeld en stapsaam met die res van die deelnemers.Benewens die kans om heerlik saam met

vriende te kuier, kan deelnemers ook uitsienna vermaak deur Wicus van der Merwe, watongetwyfeld sal sorg dat daar nie ’n enkelesaai oomblik by vanjaar se aflosgeleentheidis nie.Vir navrae, meer inligting of Luminaria-

sakkies (teen R10 stuk), bel Franchonet Tre-doux by 072 545 1920 of Anne-Marié du Plessisby 086 163 2200, of besoek die Facebook-groepCANSA Relay For Life Langeberg.

Valleiers sal hul geliefdes wat die stryd teen kanker verloor of oorwin het tydens die Luminaria-seremonieby dié Saterdag se CANSA Realy For Life kan huldig. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

X1PRQX2R-BZ240215 X1PRQXC5-BZ240215

Beloning vir inligting oor moordHILDERINE SCHRÖDER

Die Bonnievale-polisie bied ’n beloning vanR50 000 aan vir enige inligtingwat kan lei tot’n inhegtenisneming in verband met ’nmoordop ’nplaasbuite dié dorpverlede jaar.Die moord op Helmut Wohlfarter (73) op

syplaas indieDrew-distrik inSeptemberhetskokgolwe deur die landbou- en dorpsge-meenskap gestuur.

Hy het ’n week ná die aanval aan ernstigekopbeserings beswyk. Sedert die wrede aan-val soek die polisie steeds onverpoosd na dieaanvaller(s).Niemand is egter nog in verband met die

voorval in hegtenis geneem nie.Wohlfarter was ten tyde van die aanval al-

leen by die huis. Sy vrou was op ’n besoekaan die buiteland.’nBuurmanhetop’nergbeseerdeWohlfar-

ter afgekom ná werkers bekommerd beginraak het toe hy nie uit die huis kom om op-dragte aan hul uit te deel nie en by die buur-man om hulp aangeklop het.Wohlfarter was vir sowat ’n week in die

Tygerberg-hospitaal in ’nkomavoorhydoodis.Enigiemandmet inligtingwat ligopdieon-

dersoek kan werp, kan die plaaslike polisieby 023 616 8060 bel.

Page 5: Breederivier gazette 24 02 2015

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 24 Februarie 2015 5

Hy maak ’n verskilHILDERINE SCHRÖDER

Die dag toe hy symaaandie doodmoes afstaanhet baie mense gedink hy gaan die pad bysterraak.MaartoevindJahiemLaidoodansendra-ma en daarmee saam ’n passie wat hom daag-liks dryf om ander jongmense op die smal padte hou.“Ekwas platgeslaan toemymadood is,” ver-

tel Jahiem (23). In dans en drama het hy egter’nuitlaatklepgevind.“Ekhetdieverskilgesienwat dit in jongmense se lewe te weeg bring endít het my laat besluit om jongmense positiefte probeer beïnvloed.”Jahiem het in die bendegeteisterde buurt

Roodewal, in Worcester, grootgeword. Dieslypproses aan sy dans- en dramatalent het bydie Worcester Sekondêre Skool begin waarnahy dit aan ’n verskeidenheid dansskole verderontwikkel het.Sy droom om ander jongmense te help het

in Roodewal, waar hy vyf kinders gehelp hetom húl talent te ontwikkel, vorm aangeneem.“Ek het gedink as ek net een kind kan help,het ek al baie in die gemeenskap gedoen,” ver-tel hy. Juis om dié rede het Jahiem, wat intus-sen in Robertson kom woon het, sowat viermaande gelede die nie-winsgewende organisa-sie New Generation Arts Development Studioop die been gebring.Dié organisasie is daarop gemik om plaasli-

ke jongmense met behulp van drama en kunstoe te rus om versoekings soos dwelm- en alko-holmisbruik en bendebedrywighede te systap.Met New Generation, sê Jahiem, wil hy nie

net hoër- en laerskoolkinders van die stratehou nie, maar wil hy hulle ook help om hul ta-lent te ontwikkel. “Deur hulle aan die kunstebloot te stel, maak dit hulle meer gefokus opander belangrike en positiewe dinge. Dit geehulle ’ndoelvorentoeenhelphulleompersoon-lik te ontwikkel.Dít helpdat kinders voel hullebehoort.”Hoewel hy die organisasie alleen op die been

gebring het, het hy intussen twee bondgenotegekry omhomby te staan. Saamgee die drietalopleiding inondermeer sang, drama,modernedanse, uitvoerende kunste, kletsrym, hip-hopen moderne danse. Hulle bied ook kitaarlesseaan enhelp jongmense omhul talent in die dig-kuns te ontwikkel.Baie van die klasse is gratis, terwyl ander

teen ’n minimale koste aangebied word.Volgens Jahiem wil hy ook graag sien dat

ouersmeerbyhulkinders ,watbydieorganisa-sie inskakel, betrokke sal wees. Hy hoop ookom uiteindelik regoor die Langeberg klasse tegee. Hy wil ook graag laerskole van die streekbetrek.Intussen, sê Jahiem, sukkelNewGeneration

soms met sy finansiering, maar van kinderswegwys,voeghyby, isdaarniesprakenie.“Diekinders het geweldig baie talent en word dik-wels genooi om iewers op te tree,maardankanons die vervoer nie bekostig nie.” Benewensdie lesse wat hy gee, sorg Jahiem ook dikwelsdatkindersiets teetekry.“Sommigekomoefenop leë mae,” vertel hy. Dié kos koop hy tansuit sy eie sak.Enigeen wat belangstel om by die organisa-

sie in te skakel of wat dit wil ondersteun kanJahiem by 083 962 7675 bel.

Jahiem Laidoo FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 6: Breederivier gazette 24 02 2015

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 24 Februarie 20156

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

BESSEL MARTIN MUN-NIK. Op 26 Februarie 2015is dit jou 1ste verjaarsdagweg van ons. Die gemis enverlange is nog so groot,maar ons koester nog aldie mooi herinneringe inons harte. Gelukkige 71steverjaarsdag Martin. Metbaie liefde en verlange vanjou vrou Amelia, kindersen kleinkinders.

ZANINE WAGENAARJy leef voort in ons hartevol liefde vir jou. Onsherinneringe is kosbareskatte weggebêre in onsharte. Uit die oog maardiep binne ons harte totons weer ontmoet. Onsmis jou verskriklik. Baieliefde: mammie, susters,broer, eggenoot en jouspruite.

DANKBETUIGINGS

1020

GRAAG WIL ONS asStephanus-familie elkeenbedank wat ons broerKarel Stephanus (Kallie)ondersteun en bygestaanhet in die moeilike tyd.Dankie vir u gebedes,sms'e en telefoonoproepedit word opreg waardeer.Ook aan pastoor MartinJansen (AGS Coetzee-straat), vader Joseph(Anglikaanse kerk), werk-gewers van Karel en pro-feet wat vir hom gebid hetbaie, baie dankie!

ALGEMENEKENNISGEWINGS

VERLORE/VERMIS

1225

VERMIS greys kat metgeel oë en greys vlooiband.Reageer op naam Zara,weggeraak in Klaasvoogdsomgewing. Kontak asb082 894 1349 of 023 6261037 indien jy haar sien."Groot beloning"

PERSOONLIKEDIENSTE

KRUIEKENNER

1435

- PROF JAMIL R100 -• MAGIC WALLET

• FINANCIAL PROBLEMS• LOST LOVER BACK2HRS • DELAYEDPACKAGE/FUNDS

•CASH IN ACCOUNT• CLEAR DEBTS

• BONDS TO QUICK SALEOF PROPERTIES

• MAN HOOD CREAM.% 063 117 3044

LENINGS

1445

LENINGS!! LENINGS!!tot R200 000. Benodigbankstate, payslip en ID. 5min pre-approvals. Fiona:082 422 2271.

VAKANSIE& REIS

AKKOMMODASIE

2635

BLUE MOUNTAINLODGE Longstreet 48,Montagu. Accomodationfrom R150 per person pernight. Day visitors adultsR30 pp and children R20pp. Braai facilities & swim-ming pool. Contactdetails Michael Spencer023 614 2873. CellnrAngela Alexander 071 5190150 email address:[email protected] faxnr: 023 614 2873.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

SILWER TOYOTACAMRY 2001 model, 2.2GX outomaties.Kontak: 082 378 8540.

X1PRQW0D-BZ240215

Skool houmarathonZELDA KLOPPERS

Laerskool Robertson is in rep en roer metdie beplanning van die jaarlikse nagmara-thon wat dié Vrydag (27 Februarie) gehouword.

Hierdie is ’n jaarlikse instelling en groot pretkanverwagwordvirdie jonges.Ditbeloof egterook heerlike samesyn vir ouers en besoekers.Deel van hierdie verrigtinge sluit speletjies

soos doelgooi, waterballone en hoefyster inasookdiegewildestalletjiewatgloei-in-die-don-ker-speelgoed sal verkoop.’nWye verskeidenheid eet- en drinkgoedstal-

letjies, waaronder hamburgers, pizzaskywe,roosterbroodjies, spookasem en kondensmelk-spuitetot’nuitgebreidesnoepiemetkouedrink-goed, sal sorg dat niemandbydie nagmarathonhonger of dors word nie.Voorafbestellings vir ’n heerlike hoenderete

met ’n rolletjie en slaaiwordgeneemomte sorgviraandete,maarouersiswelkomomdiebraai-geriewe te gebruik om ’nvleisie te braai.Kaart-jiesisvoorafbeskikbaarvirveiligebinneparke-ring.Die marathon skop Vrydagmiddag om 12:00

af en duur tot 22:00. Om by te dra tot die opwin-ding sal daar deurentyd ook gelukkige trek-kings gedoen word. Die gr. 7-leerders sal ooksorg vir bietjie spanbou onder mekaar met diepotjiekoskompetisie.Vir meer besonderhede en kaartjieverkope,

kontak die skool 023 626 3060.

Die Laerskool Robertson se nagmarathon vind Sater-dag plaas. Moenie dié pretgeleentheid misloop nie!

X1PRXWN1-BZ240215

Page 7: Breederivier gazette 24 02 2015

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 24 Februarie 2015 7

If you do not hear from us within 30 days, please accept that your application wasunsuccessful. The Shoprite Group promotes and applies the principles of EmploymentEquity and additionally, reserves the right not to make an appointment.Any personal information you provide will remain confidential and will be used only inthe processing of your application. The Shoprite Group reserves the right to conductemployee verification checks.

To learn more about the group, visit www.shopritebemore.com

Jobs available for

Packers, Cashiers, Bakers,Fruit & Veg, Deli, andBakery AssistantsTo apply you need to have: Grade 10-12or equivalent qualification, attention todetail and a South African ID.Successful candidates must be willing to work retailhours, including weekends and public holidays.

To apply, visit www.shoprite.jobsOR dial *120*446# OR hand your CV in atShoprite Montagu.

120550 ayandambanga.co.za

Stewing Beef p/kg Frankfurtersp/kg49.99

200g Diced Bacon each14.99

36.99 1kg Frozen French Frieseach11.99

36.00500ml Assorted St.Louis Sauce(Excludes Creamy Chip Sauce) 3 for

BULKBULKDELIDELI

FLAVOURSTO CHOOSEFROM

FLAVOURSTO CHOOSEFROM

8

X1PRR0AM-BZ240215

TWEEKAMP: Dié leerders van die Hoërskool Bonnie-vale het aan die Interprovinsiale Tweekamp-byeen-koms in Oudtshoorn vir die Boland-span gaan deel-neem. Van links is Nelius Möller, Ruach Wessels,Jana Wessels, Mia Beukes, Elton Mfundisi en Con-stant Tamboer.

VALENTYN-WENNERS: Die Hoërskool Montagu het onlangs syjaarlikse Valentynsbal gehou. Tydens dié geleentheid is Jaco Jou-bert en Marekè Conradie as die Paartjie van die Aand aangewys(voor links op foto) met Rubin Venter en Gionè de Koker asmnr. en mej. Valentyn. Saam met hulle is die beoordelaars (vanlinks) Aurè Metelerkamp, Marianza Theron en Marna Otto.

VALENTYNSBAL: Die Hoërskool Ro-bertsonhet onlangs sy jaarlikse Va-lentynsbal aangebied. Niel Mulderen sy metgesel Mieke Matthyser isas paartjie van die aand aangewys.

ATLETIEK: Dié leerders van die Laerskool Robertson is in die Langeberg-atletiekspan opgeneem.

X1PRXYTR-BZ240215

Page 8: Breederivier gazette 24 02 2015

Breederivier

Year 19 • 24 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212

Viv to ride for ElizabethHILDERINE SCHRÖ-DER

When cyclists fromaround the world lineup in Hertzog Boule-vard to participate inthe world’s largesttimed cycling event,the Cape Town CycleTour (formerly knownas the Cape Argus Pickn Pay Momentum Cy-cle Tour), Robertson’sViv Kuiper will beamong the 35 000strong group.

This year Viv (58), willbe doing the gruellingride for a very specialcause: to raise funds forlittle Elizabeth Jordaan.The Gazette has on

many occasions writtenabout Elizabeth (3) whowas diagnosed with Spi-nal Muscular Atrophywith Respiratory Dis-tress shortly after her birth.“She needs all the support she can get. It’s not

her fault that she’s in the predicament she’s in,”Viv says about his reason behind riding for Eliza-beth. “Doing it for Elizabeth will give me the moti-

vation to finish therace.”Vivwill be competing

in his 29th Argus thisyear. “When I firststarted taking part, Iwanted to continue un-til I reached 21 races.That became 25 andthen I just decided‘what the heck’,” helaughs.In the past he rode for

the Francois PienaarMADFoundation. “Rid-ing for charity givesyou an incentive to takepart and complete therace,” Viv says. Thisyear, he adds, will beeven more so the caseafter his decision toride for Elizabeth.Anyone who would

like to contribute toViv’s cause can make adonation into the fol-lowing bank account:The Baby Elizabeth

Jordaan Trust, Standard Bank, Branch code:050213 (Montagu), Account number: 242260927, ITnumber: 2398/2012, Reference: VKACT 2015.Two collection boxes are also available at till no.

2 and 3 at Robertson Pick n Pay.

Viv Kuiper with Elizabeth Jordaan for whom he will be doingthe Cape Town Cycle Tour on 9 March.

Robertson vaar goedin krieketkragmetingsDie Robertson-krieketklub seeerste en tweede span het die af-gelope naweek uitstekend ge-vaar in hul onderskeie kragme-tings nadat hulle in al hul wed-stryde koning gekraai het.Robertson se tweede span het

die naweek se kragmetings afge-skop toe hy Saterdag teen Victo-rians van Worcester te staan ge-kom het.Victorians het eerste gekolf in

dié kragmeting wat weens reëntot 16 boulbeurte verkort is. Diebesoekers kon slegs 77 lopiesaanteken. Tydens sý beurt voordie penne bereik Robertson lag-lag die wentotaal met nog vierboulbeurte oor.Vir Robertson doen G. Adams

enW. Matthys goed met die kolf,terwyl I. Matthys vyf paaltjieslaat kantel het in Robertson seboulbeurt.In die tweede wedstryd teen

Robertson se eerste span kolfVan der Stel, van Stellenbosch,eerste en bereik 115/8 in sy 20boulbeurte. J. van Rensburg (31)enZ. Stoop (18) doengoedmet diekolf. B. Erasmus (3/24), J. Hopp(1/12) en I. Lekay (1/5) doen goed

met die bal.Robertson, op sy beurt, bereik

120/4 in die 16de boulbeurt. W.Abrahim (63) en D. Philmon (38)staan vir die tuisspanuitmet diekolf. S. Packman (3/25) het tever-geefs probeer veld wen.Sondag (22 Februarie) het Ro-

bertson se eerste span na Brac-kenfell gereis vir sy laaste wed-stryd in die groepwedstryd watookbepaalhetwieaanbeweegnadie volgende ronde van die T20-kompetisie.Robertson kolf eerste en be-

reik 130/4 met D. Philmon (49),W. Abrahim (40) en Y. Abrahim(25*), wat met die kolf uitblink.F. Grantz (3/29) veg goed vir dietuisspan met die bal.Brackenfell op sy beurt word

almaluitgeboulvir ’n skamele 77lopies. W. Abrahim (3/17) en B.Erasmus (2/21) doen goed metdie bal vir Robertson.Robertson se eerste span speel

diéSondag indie semifinaal teenVictorians (Maties II), terwyl sytweede span Saterdag na Worce-ster reis vir sy tweede wedstrydin die Noord-Boland T20-kompe-tisie.

Ons soeksportsterreDie Gazette vat van-jaar opnuut handemet SuperSport omdie Vallei se jongsportsterre te vereer.Die SuperSport

Let’s Play-kompeti-sie word al ’n paarjaarmet groot suksesin samewerking metverskeie Bolandsekoerante aangebied.Elke skool in die

streek kan nou reedsbegin om hul sport-sterre te nomineer.DieGazette en Super-Sport se beoorde-laars kies dan elkemaand ’n wenner.Om in te skryf is

maklik.Stuur bloot die

presteerder se beson-derhede met ’n kortopsomming van sy ofhaar prestasies aandie Gazette. Leerderskan aan enige sport-kode deelneem. Pres-teerders wat nie as ’nmaandwenner aan-gewys word nie, kanweer genomineerword. Hulle sê nieverniet aanhouerwen nie!Stuur sommervan-

dag nog nominasiesvir Februarie na [email protected] [email protected]. Nominasieskan ook by dieGazet-te se kantoor inge-handig word.