0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 -...

25
0013.2S AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) MAART 2007 TYD: 2 UUR PUNTE: 80 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” AFRIKAANS TWEEDE TAAL HOëRGRAAD (VRAESTEL 2) (ADDISIONELE TAAL) Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Transcript of 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 -...

Page 1: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

0013.2S AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) MAART 2007

TYD: 2 UUR PUNTE: 80

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak”

AFRIKAANS TWEEDE TAAL HOëRGRAAD (VRAESTEL 2)

(ADDISIONELE TAAL)

Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Page 2: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

2

INSTRUKSIES 1. Beantwoord TWEE vrae (40 punte elk), gekies uit enige TWEE van die volgende afdelings: Afdeling A: Feesmaal Afdeling B: Verslig Afdeling C: Die verdwyning van Mina Afrika 2. Skryf die nommer van die vraag bo die antwoord neer. 3. Slegs die eerste TWEE vrae wat beantwoord word, sal nagesien word. EKSTRA antwoorde, dit wil sê antwoorde op meer as TWEE vrae, sal glad nie nagesien word nie. 4. EENWOORD-ANTWOORDE: Skryf die vraagnommer en langsaan slegs die korrekte antwoord neer. 5. Laat 'n reël oop nadat 'n onderafdeling van 'n vraag beantwoord is. 6. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

3

AFDELING A: FEESMAAL – E.A. SWANEPOEL Let Wel: Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 1

POTYSTER SWEIS NIE – P.G. du Plessis 1.1 Daardie aand, terwyl die verteller sy dagboekinskrywing voltooi, het hy besef dat dit stomp van hom was om die seun agterna te ry. Gebruik die leidrade om sy dagboekinskrywing te voltooi. Leidrade: 1.1.1 Hoekom het die verteller die seun opgelaai? (2) 1.1.2 Noem TWEE eienskappe van potyster waarvan die seun vertel het. (2) 1.1.3 Noem TWEE dinge in verband met sy pa waarop die seun so trots was. (2) 1.1.4 Wat was die Portugees se reaksie toe hy die seun gesien het? (2) 1.1.5 Hoe het die seun gereageer toe hy die tienrandnoot gesien het? (2) 1.1.1 1.1.2 1.1.3 1.1.4 1.1.5

Liewe Dagboek Ag, dit was sommer stomp van my om die seun agterna te ry. Ek het vandag 'n seun ... Hy het my vertel ... Hy het my vertel sy pa is 'n ... en ..., maar hy is nie 'n sweiser nie. Toe die Portugees die seun sien ... Ek wou hom iets gee vir ... Foei tog, die arme seun! Tot siens Verteller-skrywer

[10]

Page 4: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

4

1.2 Pas elke keer die item in KOLOM A by die gepaste woord in KOLOM B. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 skrootwerf vleisbraaiery 1.2.2 skoolseun ysterstofie 1.2.3 Saterdagaande duimgooi 1.2.4 verteller winkeleienaar 1.2.5 Portugees skrywer (5x1) [5]

TWEE GESIGTE – Elise Muller 1.3 Gebruik die leidrade om die gesprek tussen Rinatjie en haar pa te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. Die antwoord moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word. Leidrade: 1.3.1 Voltooi deur die ontbrekende woord in te vul. (1) 1.3.2 Gee die rede hoekom sy wil gaan. (1) 1.3.3 Wat sal sy doen om nie seer te kry nie? (1) 1.3.4 Hoeveel kos die plesierrit? (1) 1.3.5 Voltooi deur die ontbrekende woorde in te vul. (1) 1.3.6 Gee die voorwaarde wat haar pa stel. (2)

Die aand val Rinatjie sommer met die deur in die huis. Sy wil op die ...1.3.1... gaan ry.

Rina: Toe asseblief tog, Pappa, ek wil môre gaan ry, want ...1.3.2... ...1.3.3... Pappa: Tien keer? En wat kos dit?

Rina: ...1.3.4...

Toe die kleingeld in sy palm lê, soek hy ...1.3.5... en gee hulle vir Rinatjie. Pappa: Luister nou, Rinatjie, jy kan ry wanneer jy wil, maar ...1.3.6...

[7]

Page 5: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

5

1.4 Pas elke keer (naam in KOLOM B) by die item in KOLOM A. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord uit kolom B neer.

KOLOM A KOLOM B 1.4.1 3x50c Rosa (1) 1.4.2 1x50c Rina (1) 1.4.3 10x50 Katrien (1) [3]

MY MAN IS IN LAVENTEL – Madeleine van Biljon 1.5 Daar is duidelike verskille tussen roosmaryn en laventel.

Gee die verskille ten opsigte van: 1.5.1 kleur (2) 1.5.2 voorkoms (2) [4] 1.6 Gebruik die leidrade om die brief te voltooi wat die verteller aan haar

man skryf.

Leidrade: 1.6.1 Hoe het die verteller daardie dag gevoel? (2) 1.6.2 Noem TWEE disse wat voorberei en voorgesit is. (2) 1.6.3 Waarom sal die kos nooit weer dieselfde smaak nie? (2)

Liefste Manlief Die onlangse griep het my darem beetgekry. Met ...1.6.1... wou ek sommer vir ewig slaap. Dankie, baie dankie. Julle was so goed vir my! Manlief, jy het so baie moeite met die voorbereiding en bediening van die smaaklike disse gedoen. Ek het die ...1.6.2... terdeë geniet. Dit het darem heerlik geproe. Alhoewel ek elke kriesel opgeëet het, sal jy dit nooit weer so kan maak nie, want ...1.6.3... Soentjies Vroulief

[6]

Page 6: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

6

1.7 In elkeen van die volgende vyf sinne is daar EEN woord verander wat NIE in die verhaal verskyn het NIE. Skryf slegs die vraagnommer en die KORREKTE WOORD neer. Die antwoorde moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word.

1.7.1 Ek is jammer om te pla, maar ek maak vir jou iets besonders en die pietersielie kan ek nêrens kry nie. (1)

1.7.2 My begeerte wat volgens die Bybel na my man moet wees, is na 'n glas yswater, twee vitamiene en 'n doodse stilte. (1)

1.7.3 Die hele gesin kom die kamer in, Pa aan die voorpunt met die silwer potte. (1)

1.7.4 As blatjang ook 'n rol gaan speel, sien ek met hierdie hoofpyn nie kans nie. (1)

1.7.5 Almal glimlag van pure plesier, ek eet my kos alles op, elke kriesel daarvan en ek lag my skoon siek. (1) [5]

/40/

OF

VRAAG 2

'N TUISNYWERHEID LANGS DIE PAD – Riana Scheepers 2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae.

Wat het jy daar in die icheckers? Kom hier en wys, sê die vrou vir die kind.

2.1.1 Wat is 'n icheckers? Noem TWEE eienskappe hiervan. (2) 2.1.2 Hoe lyk die vis? Noem TWEE eienskappe van die vis se voorkoms. (2) 2.1.3 Wat wil die seun graag koop? (2) 2.1.4 Die vrou het gedink dat sy prys te laag was. Watter prys het sy aanbeveel en waarom beveel sy hierdie prys aan? (2) 2.1.5 Wat doen hy uiteindelik met die vis? (2) [10] 2.2 In die volgende vyf sinne is daar telkens EEN woord verander wat NIE in die verhaal verskyn het NIE. Skryf slegs die vraagnommer en die KORREKTE WOORD neer. Die antwoorde moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word. 2.2.1 Die kind is op pad na die indali, die markplek onder die koraalboom langs die gruispad. (1) 2.2.2 Hulle bind die ryp vrugte en groente met 'n dun repie tou vas dat dit so spits kan bly staan. (1)

Page 7: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

7

2.2.3 Sy ma se sisi sit gewoonlik die naaste aan die boom, omdat sy nie haar eie geld het nie. (1) 2.2.4 Hy vryf met 'n punt van die plastieksak die modder van die vis se rug en vinne af. (1) 2.2.5 Hulle loop verby die kind en sy vis. Foei tog, sê die vrou. (1) [5]

TWEE GESIGTE – Elise Muller

2.3 Gebruik die gegewe leidrade om Rinatjie se verklaring aan die polisie

oor die dag se ontstellende gebeurtenis te voltooi. 2.3.1 Sê presies waar die ontstellende gebeure plaasgevind het. (2) 2.3.2 Gee die naam en ouderdom van die slagoffer. (2) 2.3.3 Wat was haar verhouding met die slagoffer? (2) 2.3.4 Wat het aanleiding gegee tot die “val” van die slagoffer? (2) 2.3.5 Noem TWEE onaangename gedagtes waaraan Rinatjie kort-kort dink. (2) [10]

DIE KRISMISBOKKIE – Audrey Blignaut

2.4 Voltooi die koerantartikel deur die ontbrekende woord in te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer.

HELP ASSEBLIEF! BELONING AANGEBIED!

Ek, Amanda, Kleinboet se suster, smeek alle diereliefhebbers om ons te help om Kleinboet se baba- ...2.4.1... op te spoor. Tant Sofie van ...2.4.2... het die bokkie vir hom as present gegee. Hy is ...2.4.3... gedoop omdat hy uit die riete kom. Hy is ...2.4.4... van kleur met 'n spits koppie en lang, slap bene met wit ...2.4.5... om sy oë. ...2.4.6... dae voor ...2.4.7... het hy skielik weggeraak. Foei tog, Kleinboet is tog te hartseer oor die bokkie se verdwyning. Hy vermoed die bokkie het weggeloop omdat hy nie meer op die ...2.4.8... wou bly nie. Help tog! Almal is raad-op. Alle plesier het uit die ...2.4.9... verdwyn. Ons is nie eers lus om die ...2.4.10... op te hang of die kersboom te gaan afkap nie. (10x1) [10]

Page 8: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

8

DANKIE, ELSEBET – Chris Barnard 2.5 Pas elke keer die woord in KOLOM B by die item in KOLOM A.

Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord uit kolom B neer. KOLOM A KOLOM B 2.5.1 Linkerhand klokkie 2.5.2 Regterhand stralekrans 2.5.3 Elsebet motreëntjie 2.5.4 Christus geldstuk 2.5.5 Johannesburg heuning

(5x1) [5]

/40/

Page 9: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

9

AFDELING B: VERSLIG – CHARLES FRYER LET WEL: Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 3 Lees die onderstaande gedigte aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg: 3.1

Die Elwekoning (Goethe) Wie ry daar so laat deur nag en wind? Dit is 'n vader met sy kind; Hy druk die knapie so styf in die arm, Hy hou hom veilig, hy koester hom warm. “My seuntjie berg bang sy gesiggie, vir wie?” “Sien Vader die Elwekoning dan nie? Die Elwekoning met mantel en sleep?” “My kind, dit is 'n newelstreep.” “Kom, kindjielief, kom saam met my! So heerlik speel hul waar ek bly; Veelkleurige blomme groei op die strand, Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand.” – “My Pappie, is Pappie dan heeltemal doof Vir wat Elwekoning my saggies beloof?” “Bly stil, wees rustig maar, my kind! In dorre blare duisel die wind.” – “Gaan jy, lief seuntjie, met my saam? My dogters ken almal reeds jou naam; My dogters dans voor in die nagt’like rei En wieg jou en dans en sing so bly.” – “My Vader, kan Vader dan glad nie gewaar Elwekoning se dogters in die donker kol daar?” – “My seuntjie, my seuntjie, ek sien dit heel goed: Die ou-gras skyn geel aan die rantjie se voet!” “Jou skoonheid bemin ek, my siel is ontsteld; En as jy nie wil nie, gebruik ek geweld!” “My Pappie, my Pappie, nou vat hy my raak! Elwekoning het my seer gemaak!” Die vader skrik; hy ry soos die wind, En hou in sy arms die kreunende kind, Bereik sy plaas in bange nood; Die kind lê in sy arms dood.

Uit: Uit vreemde boord S.J. du Toit

Page 10: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

10

• Voltooi die gesprek tussen die seun en sy pa. • Jou antwoorde moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. • Skryf die vraagnommers 3.1.1 tot 3.1.10 neer en die gepaste

antwoord langsaan.

Pa: Vir wie steek jy jou ...3.1.1... weg? Kind: Vir die Elwekoning. Kan Pa hom dan nie ...3.1.2... nie? Pa: Nee. Kind: Kyk, hy dra 'n ...3.1.3... Pa: Jy verbeel jou. Dis seker 'n vlaag ...3.1.4... Kind: Luister, Pa! Hy sê daar ...3.1.5... baie kinders soos waar hy woon. Pa: Bly stil, wees jy net ...3.1.6... Kind: Hy sê sy dogters ken almal reeds my ...3.1.7... Kyk, daar is hulle in die ...3.1.8... kol. Pa: Nee, ek kan nie sien waarvan jy praat nie. Kind: Pappie, hy maak my ...3.1.9...

(Die pa kom op die plaas aan.) Pa: Ag nee, my kind is ...3.1.10... (10x1) [10]

EN

Page 11: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

11

3.2 Die gevalle Zoeloe-indoena Jou lyf die glim soos koper op die veld en grassaad buig oor jou hul moredou, hier waar jy slaap jou laaste slaap. Jou spierwit pluime sidder nog net of jy veg, maar langs jou lê 'n bloedstroom wat weggesink het in die sand; jou hand lê willoos-slap en asvaal langs die vlymskerp assegaai. Jou koning in Oemkoengoenhlowo sal wag vir jou, sy hand sal oor sy oë rus, wat vérweg dwaal tot by die blou waar jy gaan veg het. Hy sal vir die gedreun van voete wag, gekletter van die skild, vir wit-omkwaste bene en gedans opruiend, kwaai en wild. Die bulte sal jou roep en eensaam sal 'n Zoeloe-vrou saans by haar vuur gaan wag stil-starend tot die nuwe dag. Die son wat vuurmaak oor die bulte, sal wagters wek, hul lied sal klink die klowe deur, die sagte more teen, en almal sal weer lag en lewe, al is jy heen. As die indoenas weer gaan veg, die bulte lewe van hul wilde dans, die skilde kletter en assegaaie blits hoog in die son dan slaap jy nog, dan slaap jy diep, jou vere wyd verstrooi deur son en reën, jou lyf wat sag geglim het net soos koper, dan weg, en jy? Die grassaad sal nog buig, die beeste bulk, die lewe roep, maar jy? Hier waar jy was, sal skape wei. Uit: Aardse vlam C.M. van Heerden

Page 12: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

12

Voltooi die onderstaande blokkiesraaisel in jou antwoordboek deur die leidrade dwars en af te gebruik. Jou antwoorde moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. Skryf die vraagnommers 3.2.1 tot 3.2.10 onder mekaar en die korrekte antwoord langsaan neer.

3.2.7 B

3.2.8 S

3.2.1 A

3.2.2 K

3.2.3 G

3.2.10 K

3.2.4 V

3.2.9 M

3.2.5 K

3.2.6 E

Dwars 3.2.1 Die gevalle indoena se hand is . 3.2.2 Eers het sy liggaam altyd soos geblink in die son. 3.2.3 Hy het altyd opruiend en wild . 3.2.4 Nou wag sy 3.2.5 en die vir hom. 3.2.6 Sy sit nou en alleen en staar na die vuur. Af 3.2.7 Terwyl die spreker met die gevalle indoena gepraat het, het 'n weggesink in die sand. 3.2.8 Sy kon hy goed gebruik om die ander se assegaaie te keer. 3.2.9 Die koning sal hom altyd , omdat hy 'n goeie vegter

was. 3.2.10 Gee 'n ander woord vir vegter. (10x1) [10]

EN

Page 13: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

13

3.3

• • • • • • • • •

Kamikaze vanaf die vlerk kaats steeds die son die heerlikheid van lig en ek en blou is een, dan deur die fyn kapok van wolke dring ek – die kind uit tokio as 'n laat lucifer maar o die see is blou vandag sy blouste blou! mens moet vergeet: die dae in jou vaderland vir wie jy nou vir laas 'n wye swaai swenk deur die lug – en hoor ek grofgeskut? die klank is heerlik in my as ek duik as vlampyl na die skip, dié oomblik is die heerlikste, hier kom ek: kamikaze! Uit: Wat ver is en naby Jan Swanepoel

Gebruik die onderstaande leidrade om die volgende koerantberig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog verskyn het, te voltooi. Jou antwoorde moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. Leidrade 3.3.1 Voltooi die beskrywing van die woord kamikaze. (1) 3.3.2 Waarop het die kamikaze afgeduik? (1) 3.3.3 Waaraan het die kamikaze gedink voordat hy sy plan uitgevoer het? (2) 3.3.4 Waarom het hy sy plan uitgevoer? (2) 3.3.5 Wat het die vliegtuig vir oulaas gedoen? (2) 3.3.6 Wat het uiteindelik met die jongman gebeur? (2)

Sterftesyfer styg steeds 'n Kamikaze, ook bekend as 'n Japanese ...3.3.1... wat selfmoordaanvalle uitvoer, het vanoggend op 'n ...3.3.2... afgeduik en dit laat sink. Dit is die vyfde aanval sedert gister. Daar word geglo dat die kamikaze eers terugdink aan sy ...3.3.3... Dit is 'n ...3.3.4... om 'n kamikaze te word. 'n Ooggetuie het gesien hoe die vliegtuig vir oulaas deur die ...3.3.5... Dis jammer dat so baie jongmans op só 'n wyse ...3.3.6...

[10] EN

Page 14: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

14

3.4 Stadsmens 'n Agtermekaar mens, die stil stomme stadsmens! Smart is hy, 'n wié saans voor sy eie TV, gesellig saam met sy high bucks vir company! Sy savingsbank-boekie lyk treurig, bra kapot, want sy vrou pick 'n pay hom so halfpad bankrot! maar daar’s ook niemand wat Kenilworth ken soos hy, en Saterdag móét sy voshings die voorste bly! So lewe hy luilekker lank, 'n optimis: want dis gister wat wás maar vandag is wat is! S.V. Petersen

3.4.1 Kies uit die onderstaande moontlikhede die een wat die man se leefwyse die

beste beskryf. Die man leef … (a) verantwoordelik. (b) net vir vandag. (c) sonder om te praat. (d) spaarsamig. (1) 3.4.2 Wat doen die man gewoonlik op 'n Saterdag? (1) 3.4.3 Wat doen hy daar? (2) 3.4.4 Hoe spandeer die vrou hul geld? (2) 3.4.5 Haal VIER opeenvolgende woorde aan as bewys dat hy nie spaargeld

het nie. (2) 3.4.6 Watter bewys is daar in die gedig dat die man wel 'n optimis is? (2) [10] /40/

Page 15: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

15

VRAAG 4 Lees die onderstaande gedigte aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. 4.1 Die mot en die kers

Die ander motte was dom en dwaas, Maar ek sal vér van die kers af bly; Hier vér uit die skemerte sal ek kyk, Hier vér is dit veilig en kyk is vry. Maar ek hoef nie van éénkant net te kyk – Ek vlieg op dieselfde afstand om, Dan weet ek van álkant hoe hy lyk Om beter te sorg om nie nader te kom. My sirkel was skeef en ingebuig, Maar dáár ook nog, waar ek naaste was, Het daar niks gebeur – ek maak verniet My velling so groot en so vér van die as. Die wieletjie draai ál vinniger om, En die lig en die gloed word ál groter genot: En die vellings word al nouer ál rondom die as – En die end van die wiel is die as van die mot. Uit: Ons weg deur die wêreld, deel 2 C.J. Langenhoven

• Voltooi die onderstaande koerantberig. • Die antwoorde moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. • Skryf die vraagnommers 4.1.1 tot 4.1.10 en die gepaste

antwoord langsaan neer.

Slim vang sy baas 'n Mot het hom ...4.1.1... as die ander motte gehou. Hy het besluit om eers uit die ...4.1.2... die kers dop te hou. Later wou hy die kers van alle ...4.1.3... bekyk. Hy ...4.1.4... toe in sirkels om die kers. Sonder dat hy dit besef het, het sy sirkels al ...4.1.5... aan die kers beweeg. Sy baan was ...4.1.6... en ingebuig. Die mot het ook vinniger om die ...4.1.7... begin vlieg. Dit was seker baie ...4.1.8... vir hom; daarom het hy nie na die ander motte se ...4.1.9... geluister nie. Al wat uiteindelik oorgebly het van hom, was sy ...4.1.10... Dít kom nou daarvan as jy jou te slim hou.

(10x1) [10] EN

Page 16: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

16

4.2

Rondloper Hy’s klein en skraal en baie moeg, sy klere vaal en muf van stof, want heel die warm dag het hy die paaie, paaie langs geslof. Sy skouers buie bietjie oor van stap en stap in reën en wind, sy hande is gebars en swart maar klein en skraal soos van 'n kind. Nou stap hy na die waterput waar donkies en die kalwers drink en in die modderwatertjies die eende kwetter en rinkink; nog skaam’rig vir die agterplaas sluip-sluip hy na die putjie heen, maar voor hy skep, laat drink hy eers die kalwers, tot die laaste een. Rondloper noem die mense hom en deugniet – tot sy pa en ma –, sit soms die honde agter hom as hy weer by die plaas kom pla. Snags slaap hy sommer in 'n sloot of agter in 'n ghoeniebos, en as die veldkos skaarser word, kom vra hy soms 'n bietjie kos. Die vrou loer oor die agterdeur, die kinders kom so stil en kyk, want hy’t die oë van 'n kind wat nou eers na die dinge kyk.

Uit: Versamelde gedigte N.P. van Wyk Louw

Page 17: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

17

• Kies die gepaste antwoord uit kolom B wat by die item in kolom A pas. • Skryf die nommers 4.2.1 tot 4.2.10 onder mekaar en die regte

antwoord uit kolom B langsaan neer.

KOLOM A KOLOM B 4.2.1 Die geluid wat die eende maak 'n Waterput 4.2.2 Die rondloper drink hier water. Kwetter 4.2.3 Die ma en pa noem hom so. Hy is onwelkom 4.2.4 Hulle sit die honde agter hom. Deugniet (4x1) 4.2.5 Sê telkens of die stelling waar of onwaar is. Haal elke keer 'n bewys uit die gedig aan om jou antwoord te staaf.

(a) Die rondloper se klere was skoon. (b) Die wind en weer het sy hande verniel. (c) Die rondloper is nog 'n kind. (3x2) [10]

EN

Die klein generaal Toe die fakkel van vryheid begin brand het in geel Korsikaanse sand voetspore gelê van 'n dapper soldaat wat in die geskiedenis groewe sou laat Die klein generaal het marsjeer en niemand in Europa kon hom keer om die goue Franse kroon te dra Te veel hebsug, te veel mag het hom na meer laat smag Soos die mense van Babel het hy te hoog gereik God het hom neergeslaan met die wit weer van Moedertjie Rusland En op St. Helena in die sand het hy sy laaste treë geplant.

Uit: Poort 1985/86 Rosali Pretorius

4.3

Page 18: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

18

• Gebruik die onderstaande leidrade om die gesprek te voltooi tussen die “klein generaal” en 'n vreemdeling wat hy op die eiland, St. Helena, ontmoet het.

• Jou antwoorde moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. • Skryf slegs die nommers 4.4.1 tot 4.4.6 en die gepaste

antwoord langsaan neer. Leidrade: 4.3.1 Verskaf die bynaam. (2) 4.3.2 Hoe is hy gebou? (2) 4.3.3 Kies JA of NEE en meld waar hy gebore is. (2) 4.3.4 Sê by watter veldslag sy magte verslaan is. (1) 4.3.5 Hoe het hy op St. Helena beland? (1) 4.3.6 Noem een eienskap wat tot sy ondergang gelei het. (2) [10]

Vreemdeling: Is jou naam dan nie Napoleon nie? Noem hulle jou nie ook die ...4.3.1... nie? Klein generaal: Ja, hulle noem my so. Vreemdeling: Waarom noem hulle jou dan so? Klein generaal: Dis omdat ek so 'n ...4.3.2... is, maar ook 'n groot generaal in die Franse weermag. Vreemdeling: Is jy in Frankryk gebore? Klein generaal: Ja / Nee, ...4.3.3... Vreemdeling: Wat sal jy as die begin van die einde beskou? Klein generaal: My mag is in ...4.3.4... Vreemdeling: Hoe het jy dan hier beland? Klein generaal: Hulle het my na St. Helena ...4.3.5... Vreemdeling: Wat dink jy het tot jou ondergang gelei? Klein generaal: Ek besef nou dis as gevolg van my ...4.3.6... dat ek tot 'n val gekom het.

EN

Page 19: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

19

Ek is oek important As al julle geldgatte julle geld gespendit, en julle bananaskille innie slootjie gegooi het, en julle bustikkits soes confetti gestrooi het, en julle staain cool drinks opgedrink het, en julle borrels en blikkies in 'n gangetjie gesit het, en julle visgraatbolle en vrot vrugte en stukkene boksies en papiere r o n d g e g o o i h e t . . . dan kom ek en maakie wêreld weer skoon: soe, ek is oek important. Uit: 'n Ordinary mens Adam Small

4.4

4.4.1 Wie is die “geldgatte” na wie hier verwys word? (1) 4.4.2 Wie is die spreker in die gedig? (1) 4.4.3 Waarmee word die geskeurde buskaartjies vergelyk? Sê ook waarom dit gepas is. (2) 4.4.4 Waarom is die woord rondgegooi met spasies tussen die letters getik? (2) 4.4.5 Hoekom is die spreker ook belangrik? (2) 4.4.6 (a) Noem die dialek waarin die gedig geskryf is.

(b) Waarom is dit so gepas? (2) [10] /40/

Page 20: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

20

AFDELING C: DIE VERDWYNING VAN MINA AFRIKA – Zuretha Roos Let Wel: Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 5 5.1 Lees die uittreksel en beantwoord dan die vrae.

En sy het! O, sy’t groot planne. Mina droom lankal oor 'n loopbaan rondom ...

5.1.1 In watter rigting wou Mina studeer? (2) 5.1.2 Waarom kon Mina nie aan 'n universiteit of kollege studeer nie? (2) 5.1.3 Wat het elk van die volgende persone gedoen om haar droom

te bevorder? (a) Sara de Graaff (1)

(b) Elsie Lubbe (1) 5.1.4 Mina se vermoë om lekker te kook het haar op TWEE maniere gehelp

om werk te kry. Waarom kon sy werk kry in 5.4.1 (a) Groenpunt? 5.4.2 (b) Distrik Ses? (2)

5.1.5 Hoe is haar droom aan die einde van die verhaal bewaarheid? (2) [10] 5.2 Die inkomste uit die twee partytjies was in

kontant, soos sy gevra het, en sy het dit weggesluit. Waarom sy die geld gaan trek het, weet sy nie, behalwe dat die onrus in haar ingefluister het om voorsiening te maak … Waarvoor?

5.2.1 Noem die TWEE spesifieke partytjies waarvoor Mina betaal is. (2) 5.2.2 Wat was die oorsaak van Mina se onrustigheid? (2) 5.2.3 Waarvoor moes Mina voorsiening maak? (2)

Alhoewel Mina die geld gehad het om voorsiening te maak, het haar planne misluk.

5.2.4 Stem jy saam met die stelling? Sê JA of NEE en motiveer jou

antwoord. (2) [8]

Page 21: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

21

5.3 Lees die onderstaande aanhalings en beantwoord telkens die vrae wat daarop volg.

Toe man! Ek sal my soos 'n regte gentleman gedra.

5.3.1 Het Schoeman by sy belofte gehou? Motiveer jou antwoord. (1)

Maar Sara se dokter se woorde bly haar by; maak haar meer vasberade om Mina nie aan haar lot te laat nie.

5.3.2 Wat was Sara se dokter se woorde? (1)

Dat liefde só seer kan maak, het ek nie geweet nie. Maar ek moes eindelik die waarheid in die oë staar. En in Suid-Afrika het daardie waarheid koue, harde, bose oë.

5.3.3 Wat is die waarheid waarvan gepraat is? (1) [3] 5.4 Voltooi die pamflet ter ere van Tietser deur telkens die ontbrekende

woord in te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord langsaan neer.

VOLLE NAAM 5.4.1 ______________ VAN 5.4.2 ______________ OUDERDOM 5.4.3 ______________ Sy was die eerste ...5.4.4... van die vallei. Sy is ...5.4.5... toe gestuur om haar Junior Sertifikaat te kry waarna sy haar Lower Teachers Diploma kon verwerf. Haar opleiding was in ...5.4.6... Sy het teruggekom Vallei toe – na niks. Daar was geen ...5.4.7... of skoolgeboue vir Kleurlingkinders nie. Vreesloos het sy gaan hulp bedel by die boere en die dorpsmense. Later is die saaltjie op dieselfde plek opgerig en het dit sommer skool, kerkgebou en saal tegelyk geword vir die bruin mense in en om die dorp. Vandag is daar 'n mooi laerskool in die ...5.4.8..., maar ongelukkig weens ouderdom was Tietser te moeg om die stryd voort te sit vir wat sy eintlik wou hê: 'n ...5.4.9... Om dank aan haar te betuig, is die ...5.4.10... na haar vernoem. Rus in vrede.

(10x1) [10]

Page 22: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

22

5.5 Pas elke keer die beskrywing in KOLOM B by die naam in KOLOM A. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord uit kolom B neer. KOLOM A KOLOM B 5.5.1 Rose White wyse, bejaarde 5.5.2 Jacomina Afrika statige Xhosa-lady 5.5.3 Schoeman Oortzen skynheilige ou seekoei 5.5.4 Maria Wyngaardt koffie vol Jerseyroom 5.5.5 Ida van ouma Aletta ryk, jong witman (5x1) [5] 5.6 Voltooi die dialoog tussen Erik en Mina deur die ontbrekende woord in te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte antwoord langsaan neer. Erik: Minatjie, natuurlik het ek jou lief! Natuurlik sal ons altyd vir jou sorg, en ons sal jou nooit ...5.6.1... nie! Jy weet mos dit is maar 'n probleem – wit en bruin kan nie oral saamwees nie. Maar dit beteken nie dat ons jou ooit in die steek sal laat nie. Moenie jou ooit weer daaroor bekommer nie. Mina: Maar ek sal nie 'n ...5.6.2... word of in 'n pakstoor gaan werk nie. Erik: Maar dan sal jy self moet besluit wat jy in die ...5.6.3... wil doen. Ek sal weer met Sara praat oor die skoolstorie, oor jou voorstel dat ...5.6.4... jou dalk verder help. (4x1) [4] /40/

Page 23: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

23

VRAAG 6 6.1 Voltooi die onderstaande koerantberig wat ná die dood van Dylan verskyn het. Jou

antwoorde moet op die inhoud van die boek gebaseer word. Skryf slegs die nommers 6.1.1 tot 6.1.10 onder mekaar en die gepaste antwoord langsaan neer.

Geharde misdadiger uiteindelik vasgetrek Volgens ...6.1.1... Abrams het vier polisiemanne vir Dylan Apollis op Vrydag, ...6.1.2... by ...6.1.3... se smokkelhuis in hegtenis probeer neem. Hy het glo die vorige Woensdag by ...6.1.4... in St. Georgesstraat ingebreek om vir een van sy maats 'n ...6.1.5... te steel. Dit sou sy laaste inbraak wees. Daar het 'n stoeiery plaasgevind en een polisieman is ...6.1.6... en die ander een lê kritiek in die ...6.1.7... Dylan het glo die polisieman tussen die ...6.1.8... geskop omdat hy Julie 'n ...6.1.9... genoem het. Hy is kort daarna deur 'n ander polisieman ...6.1.10...

(10x1) [10]

EN 6.2 Voltooi die onderstaande testament van juffrou Lubbe.

Die testament Ek, ...6.2.1... Lubbe, bemaak al my besittings aan ...6.2.2... Afrika. Dit sluit my ...6.2.3... op die dorp en alles wat daarin is, in. ...6.2.4... de Graaff moet sorg dat my boedel afgehandel word. Geteken te Goedemoed

(4x1) [4]

Page 24: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

24

6.3 Voltooi die uitnodigingskaartjie kort voor Schoeman se dood.

Mnr. en mev. ...6.3.1 ... nooi alle matrikulante hartlik uit

na

Schoeman

se ...6.3.2.... partytjie op 10 Mei.

(2x1) [2] 6.4 Wie het met die Oortzens in verband met die spyseniering onderhandel? [1] 6.5 Wat het Schoeman as geskenk vir sy verjaarsdag ontvang? [1] 6.6 Hoekom sou die spyseniering vir die partytjie makliker as Erik s'n wees? [2]

EN 6.7 Gebruik die onderstaande leidrade om die volgende gesprek tussen Mina en Iris te voltooi. Dit handel oor juffrou Lubbe se ou huisie wat in 'n restaurant omskep is.

• Jou antwoorde moet op die inhoud van die boek gebaseer word. • Skryf slegs die antwoorde onder mekaar en die geskikte

antwoord langsaan neer. Leidrade: 6.7.1 Wat vra Iris vir Mina om te doen? (1) 6.7.2 Watter eienskap van haar, maak dat Iris haar vra? (1) 6.7.3 Gee TWEE redes waarom hulle van hom ontslae geraak het. (2) 6.7.4 Watter TWEE goed wou Mina eers doen? (2) 6.7.5 Watter rede gee sy vir die naamverandering? (2) 6.7.6 Watter maaltyd? (1) 6.7.7 Vir wie sou die verandering aangebring word? (1) [10]

Page 25: 0013.2S Afrikaans.2de.Taal.HG 2007 - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_download?… · AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2 5

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0013.2S) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

25

Iris: Jy’s net die persoon wat ek soek om die ...6.7.1... Ons vra jou, omdat ...6.7.2... Mina: Wat het van die vorige bestuurder geword? Iris: Ons het hom in die pad gesteek, omdat hy ...6.7.3... Sal jy die aanbod aanvaar? Mina: Ja beslis, op voorwaarde dat ek die plek kan sluit tot ons ...6.7.4 Iris: Waarom wil jy die naam verander na Julie’s Bistro? Mina: Dis die naam van ...6.7.5... Iris: Ek verneem jy wil ook 'n paar veranderinge aan die spyskaart aanbring. Watter veranderinge wil jy aanbring? Mina: Ek sal graag die ...6.7.6... teen 'n goedkoper prys vir ...6.7.7... wil aanbied.

EN 6.8 Lees die onderstaande uittreksels deur en beantwoord die vrae wat op elk volg.

Kyk na die engeltjies wat bo Tietser se bed hang. 6.8.1 Na watter soort engele lyk dit vir Mina en waaraan herinner hulle haar? (2)

Mina het die potloodtekening van Tietser se huisie geraam. 6.8.2 Wie het die tekening gemaak en waarom raam Mina dit? (2)

Dis die briewe wat juffrou Lubbe nooit gepos het nie. 6.8.3 Aan wie het juffrou Lubbe die briewe geskryf en waarom het sy dit

nooit gepos nie? (2)

Ek haat poppe! Hoekom sê jy ek moet 'n lappop kry? 6.8.4 Wie haat poppe so en waaraan herinner dit haar? (2)

Mavis en Rose is baie trots op hul “charity work”. 6.8.5 Noem TWEE redes waarom die werkers in die Mansions lag as

die White-susters oor hul “charity work” praat. (2) [10] /40/ GROOTTOTAAL: /80/