Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

48
1 Jaargang 27 Nr. 5 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Junie 2020 Alle korrespondensie aan [email protected] Lees binne: Lesersbriewe…pp2,4 VLV 88jr oud…p6 Huis AJ Liebenberg Nuus...pp10,12,18,20 Boekwurms Zoom...p23 Vlak 4 Oefentyd...pp28,40 PHS Nuus...pp32,33 Maskers dra...p37 Brei ‘n Beertjie...p42 Quality Motorcycle & Quad Supplier Vlak 5...Vlak 4...Vlak 3... Vlak 4 van inperking het vroeg- oggend buitelug aktwiteite moontlik gemaak. Op 6 Mei is Jac Goosen met dapper en stapper berg op terwyl Piketbergdorp aan die voet van die berg langsaam ontwaak. Hy het hierdie foto vanaf die kruis geneem. By die huis was ook ‘n kamera op ‘n driepoot gestel en Pa Martin moes net die knoppie op ‘n gegewe tyd druk, foto links.

Transcript of Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

Page 1: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

1

Jaargang 27 Nr. 5 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Junie 2020

Alle korrespondensie aan [email protected]

Lees binne: Lesersbriewe…pp2,4 VLV 88jr oud…p6 Huis AJ Liebenberg Nuus...pp10,12,18,20 Boekwurms Zoom...p23 Vlak 4 Oefentyd...pp28,40 PHS Nuus...pp32,33 Maskers dra...p37 Brei ‘n Beertjie...p42

Quality Motorcycle & Quad Supplier

Vlak 5...Vlak 4...Vlak 3...

Vlak 4 van inperking het vroeg-oggend buitelug aktwiteite moontlik

gemaak. Op 6 Mei is Jac Goosen met dapper en stapper berg op

terwyl Piketbergdorp aan die voet van die berg langsaam ontwaak. Hy

het hierdie foto vanaf die kruis geneem. By die huis was ook ‘n

kamera op ‘n driepoot gestel en Pa Martin moes net die knoppie op ‘n

gegewe tyd druk, foto links.

Page 2: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

2

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen

022-913 3873 n/u Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag.

Redaksioneel

Barbie Breunissen

Don’t forget to be awesome. Marietha

Marietha Goosen

Vir baie jare, na my pa se aftrede by Boland Bank, het my Sus steeds gesorg dat hy elke Kersfees 'n Sanlamdagboek kry. Op sy gesig 'n kinderlike opgewondenheid as hy besef sy het sowaar weer onthou...die sjokolades, spuitgoed, sokkies of sak-doeke vir 'n wyle vergete. Amper kwylend het hy die harde om-slag oopgeslaan en met 'n waaieraksie deurgeblaai. Vir die vol-gende dag of twee was hy besig met die oordrag van belang-rike aandelesyfers en die inskryf van groot krieket-, rugby- en gholfdatums. Die "jaarboek" wat dan so te sê op sy rug lê, staan dan bultend van die hele jaar se syfers, netjies in kolomme op-getel en afgetrek, ook uitknipsels uit koerante van sake artikels wat sy oog gevang het en af en toe 'n spotprent of brief uit die briewekolom. Die radio altyd op dieselfde stasie met die nuus feitlik uurliks en die godsdiens saans. Dit was sy liefdes, aandele en sport, en daarvoor het hy sy dagboek, die radio, koerant en TV gehad. 'n Ingeligte mens. (Die eerste tekens van demensie was daar in die al leër dagboeke, die al stiller radio en die al meer onoopgeslane koerante, die dooie TV.) Dis nou twee jaar sedert sy dood en ek wonder wat hy van 2020 en Covid-19 sou dink. 'n Dagboek met dalende aandelesyfers en datums wat uit- of afgestel is. 'n Koerant sonder vars sportnuus. 'n Radio met nuus oor Corona. 'n TV met sportheruitsendings. Geen uitstappies 2nm na die Poskantoor vir vensterkoeverte en sakebrosjures nie. Ek is dankbaar dis hom gespaar. Al weet ek hy sou die Covidsyfers kon boekstaaf. My eie dagboek is weinig die afgelope twee maande oop-gemaak. Waar ek moet wees en wat ek moet doen, is een-voudig genoeg om te onthou. Wat my opgewonde maak, is hoe kreatief ons die onver-wagsheid van 2020 hanteer. Geniet Die Piketberger vol van julle vars en verfrissende idees.

Briewe van ons lesers... Annette van Tonder en Tuinpark bure skryf… Ek het die voorreg gehad om in hierdie gemeenskap groot te word waar ons mense onmiddellik oophand, oophart en in samewerking inspring en hul Christenskap bewys in watter omstandighede ookal. Maar ek het in my hele leeftyd nog nooit só ‘n pragtige samewerking belewe soos ons Bergrivier Munisipaliteit en Piketberg omgewing nie. Dis mos in sulke krisistye wat Piketberg se Handelsmerk vinniger en kragtiger is as enige virus! Ons besondere dank aan Ray van Rooy en die muni-sipale personeel vir hul voltydse diens, die uitstekende voorsorg wat getref is, selfs vir die kos voorrade wat voorsien is. Al die skenkings en gewillige hande wat met die kosvoorbereiding uithelp, om oral te voorsien is ‘n ware riem onder ons harte. Mnr van Rooy, ons weet uit ervaring dat ‘n skip ‘n be-kwame kaptein nodig het om die bemanning koersvas te hou. ‘n Warm dankie uit ons harte dat Bergrivier Muni-sipaliteit ons reis nou veilig hou. Ons salueer jou, ons polisie en alle mediese beamptes. Die samewerking dwarsdeur ons supermarkte, Spar en Shoprite, gee ons ‘n traan in die oë. Ons kan rustig, veilig en met vrymoedigheid ons inkopies doen, want ons win-kels het ongelooflike veiligheidsmaatreëls getref. Baie dankie aan elkeen. ‘n Opregte dankie ook aan ons voltydse hulp, die bereidwillige bystandwerkers - Jacques Hanekom, julle opoffering gaan nie ongesiens verby nie. Ons waardeer elkeen se hulp. Ons salueer weereens vir Piketberg en die Swartland! En ons kyk op na ons Hemelse Vader, met ‘n Latynse gebed in ons harte: “Kyrie Eleïson!” Ontferm U tog oor ons, Here. (Psalm 90:13)

Die leë dagboek

Page 3: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

3

Page 4: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

4

Briewe van ons lesers vervolg... Kinna Rossouw Hugo van Worcester skryf… Dit was die eerste keer in jare wat ek weer ‘n Piketberger kon lees. Glo my, dit was pure lekkerte en ‘n baie groot bederf tydens ‘lockdown’. ‘n Stukkie Piketberg wat by my gekuier het. Baie dankie.

073 811 6565

28 Die Trek, Piketberg

Voortrekkerstraat 87 Piketberg

Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte,

Invorderings, Litigasie, Egskeidings en Algemene Regswerk

Anderson & Nel Prokureurs & Eiendomme

Hoofstraat 38, Piketberg Gerhard Kruger Estie Clarys B.Proc (U.O.V.S) B.Comm (US) LLB (Unisa)

[email protected]

Skakel 022 913 1132

Myrtle Steenkamp skryf... 4 Mei breek aan. My tagtigste verjaardag. Lieflike sonskyndag. Met Covid 19 in my gedagtes dink ek dat dit nog 'n stil dag gaan wees. (En was dit stil buite!) Marieta Nel bel my en sê sy wil so half nege, in oefentyd, stap tot by my hekkie om 'n paar woorde te gesels. Wat was my verbasing groot toe my Bybelstudie vriendinne oomblikke later by ons aansluit, en ook van die ander straatbewoners. Hulle staan in 'n halfmaan, mooi 'n meter weg van mekaar, almal gemasker, en begin sing. So groot soos ek is, het ek so klein gevoel. Om nie te praat van die emosies binne my. Weereens het ek besef die Grootheid en Goedheid van ons Hemelse Vader. Veral die afgelope paar maande, toe Dawid so siek geword het, het ek weereens besef hoe lief die Here vir my en Dawid is. Psalm 91 sê dit duidelik vir ons. Aan Wyk SH al ons dank vir julle ondersteuning, julle het ons gedra, versorg, gebel, met ons gery, vir ons gebid en alles vir ons gedoen. Wyk SH is die heel lekkerste wyk om in te bly. BAIE DANKIE.

Myrtle Steenkamp is 80

Op 4 Mei, tydens vlak 4 oefentyd, verras Wyk SH vir Myrtle Steenkamp op haar 80ste verjaarsdag met

sang en geskenkies. Op die foto heelbo is Myrtle en Dawid, veilig agter hulle tuinhekkie.

Foto’s verskaf deur Soreen Gouws

Die Piketberger Redaksie het ‘n

spesiale aflewering gedoen aan Myrtle Steenkamp vir haar 80ste verjaardag…’n kleur uitdruk van Mei

se Piketberger.

Page 5: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

5

Page 6: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

6

VLV-Piketberg 88 Jaar oud

Op Saterdag 23 Mei 2020 was Piketberg VLV-tak 88 jaar oud! Die tak is in Piketberg op 23 Mei 1932 gestig met sy eerste VLV-vergadering van 20 lede. Mev. Ds Steytler was die eerste voorsitter en is besluit dat “skoolmeisies” van st. 7 en hoër saam met hulle ouers vergaderings kon bywoon. Vandag, 88 jaar later, het Piketberg 52 lede en is die VLV van die oudste verenigings wat steeds bestaan. Die 2020 VLVK-kongres wat gedurende Augustus in Kimberley sou plaasvind, is uitgestel na 2021. VLV-lede woeker en werk van die huis af. Aangesien vergaderings eers voorlopig gekanselleer is help baie lede nou in die gemeenskap waar hulp benodig word. Sowat 10 lede het in die begin van die inperking gehelp om lapmaskers te maak, ander het vir BADISA gehelp sop kook, verder is daar ook ‘n projek waar pap (elke weeksoggend) vir hawelose mense voorsien word. Dan het heelwat lede ook kom help om 4 000 kos-pakkies, oor twee dae in die kerksaal te pak.

VLV en Wyk SC deel Maandae en Vrydae pap uit. Foto: Nicoline Brown

As gevolg van die inperking wat in Maart begin het, kon die Bokse vir Boervroue nog nie afgelewer word nie. Sodra daar ‘n verslapping van reismaatreëls afgekondig word sal dit verder versprei word. Indien daar nog navrae hieroor is, kan Nicoline Brown 082 4770 665 gekontak word.

VLV samel steeds bokse in vir boervroue in die Noord-Kaap. Enige nie-bederfbare produkte wat in ‘n skoenboks/wynboks kan pas, vir ‘n lekker verrassing, toegedraai in koerantpapier met ‘n lint om.

Die Piketberg Blom– en Tuin-bouklub wens Piketberg-VLV baie geluk met

hul 88 jaar!

Foto: Facebook

VLV-lede hou elkeen hulle eie tee ter viering van Piket-bergtak se 88ste verjaarsdag. Die Piketberger is ‘n

trotse vennoot van VLV en geniet julle kreatiwiteit en diensbaarheid. Baie geluk aan die voorsitter, Nicoline

Brown en al die lede.

Page 7: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

7

Page 8: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

8

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

TROKDRYWER TE EENDEKUIL

‘n Vakante pos bestaan tans vir ‘n ervare en selfgemotiveerde persoon.

Vereistes:

Moet in besit wees van ‘n geldige Kode 10 rybewys

Nodige ervaring hê om ‘n trekker te bestuur

Ervaring in saaiboerdery sal in jou guns tel

Goeie kommunikasie met personeel

Moet selfgemotiveerd en selfstandig kan funk-sioneer

Basiese meganiese kennis van trekkers hê

Moet bereid wees om oortyd te werk

Verantwoordelikhede:

Toesien na die netheid, onderhoud en padvaar-digheid van voertuie

Moet foute op voertuig kan identifiseer en rappor-teer

Uitvoer van alle pligte waar trekker benodig word

Verantwoordelik vir die korrekte hantering van trekker en wa om breekskade te voorkom

Moet bereid wees om algemene plaaswerk te doen.

Vergoedingspakket is markverwant. Verblyf is beskikbaar op plaas.

Stuur epos aansoeke na [email protected] Sluitingsdatum: 8 Junie 2020

Indien u nie twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie,

VLV-bestuur plaas twee resepte wat u tuis kan probeer. Stuur asseblief ‘n foto van jou gebak na Nicoline Brown 082 4770 665. Die sponsrandkoek vorm deel van Leef-stylkompetisie vir 2021 Konferensie te Hopefield.

Bak vir VLV

Volgraan Broodjie Meng vorige aand die volgende en laat staan oornag buite: 1 koppie bruinsuiker 2 koppies semels 1 koppie rosyne 2 koppies kookwater

Voor bak, sit volgende by: 2 koppies bruismeel Sout 2 eiers 4 eetlepels sonneblomsaad

Bak by 180°C vir ‘n uur.

Sponsrandkoek “Outydse flan” uit Kontreikos Resepte deur Bettie Huskisson

Beslag vir twee randkoeke: Bietjie meelblom en strooisuiker vir pan 60ml botter 125ml melk 2 eiers geklits 190ml strooisuiker 375ml meelblom 10ml bakpoeier 1ml sout Pynappelvulsel vir randkoek: 1 pakkie pynappeljellie; 250ml kookwater; 250ml pynappelsap van ‘n blik, aangevul met gekoopte sap ½ blik kondensmelk; 1 blik fyn pynappels Smeer 2 randkoekpanne van 20cm baie goed. Meng ‘n klein bietjie meelblom en strooisuiker en strooi dit oor die bodem van die pan. Verhit die botter en die melk. Klits die eiers en strooisuiker saam tot dik en romerig. Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam en vou dit met ‘n metaallepel by die eiermengsel in. Roer die warm melk en botter by. Skep die mengsel in 2 panne en bak by 180°C tot goudbruin. Keer dit versigtig uit en laat dit heeltemal afkoel voor-dat die vulsel ingeskep word. Om die vulsel te maak: Smelt die jellie met die kook-water en voeg die pynappelsap en kondensmelk by. Voeg die fyn pynappel by die jelliemengsel. Skep dit in die kors net voordat dit stol. Beslag vir twee randkoeke (deursnee 23cm elk). Wenk: As jy gouestroop of heuning vir ‘n resep moet afmeet, plaas die houer op jou skaal en skep dit uit totdat die lesing met die korrekte massa gedaal het.

Versamel alle

plastiekdoppies en brood tags om later af te gee by die Openbare

Biblioteek of by LB Wernich Biblioteek.

Page 9: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

9

Bloedskenkers op 8 Mei.

Foto’s: Marié Ehlers

100 paar bedsokkies vir Steinkopf

NG Kerk Vrouediens het olv Marina Grobbelaar 'n bedsokkie projek aangepak vir Steinkopf se Huis vir Bejaardes en Huis vir Gestemde Volwasse persone.

100 paar bedsokkies is gebrei deur Elsabé Smith, Susan de Vries, Jackie Ferguson, Helma Kotze,

Hanlie Linde, Lilla Treurnicht, Kowie Duvenhage, Suzette Fouché, Jacoba Basson en Marina

Grobbelaar. Baie dankie vir hierdie fenomenale poging. Foto: Marina Grobbelaar

Volgende Bloedskenk

datum is 3 Julie

Piketberg Museum

(in Sinagoge) 10:30 - 14:00

Gee, Gee, Gee...jou Bloed

Page 10: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

10

Wanneer die inwoners van Huis AJ Liebenberg verf, laat hulle die verfkwaste oor die canvas gly, die kleur op kleur swaai en sweef, in kontras met wat daar buite aangaan. Só raak ons meegevoer, weg van die dolle gejaag daar-buite, na die kreatiewe land in Huis AJ Liebenberg.

Foto’s: Vanessa de Villiers

Huis AJL swaai die kwaste Bak ‘n Bybelse Koek

Marianne Kitshoff het in die inperkingstyd ou resepteboeke afgestof en deurgeblaai en dié resep in een van haar ma se boeke gekry. Die boekie is waarskynlik tussen 1950-1960 uitgegee as ‘n fondsinsamelingsprojek deur die VLV of die kerk. Dit het afgesluit met 'How to make a biblical cake'. Volgens Marianne het sy taamlik gesukkel om die engelse Bybelboeke te vertaal en nie eens die ponde en onse probeer omsit in kg en ml nie. Gelukkig het die Bybel deur die jare dieselfde gebly en kon sy die koek bak. Sien die Afrikaanse weergawe van die resep hieronder en probeer dit gerus. Vir Marianne was dit net weer ‘n bewys van dit wat ‘n mens in die inperkingstyd byleer en ontdek, omdat ‘n mens tot ruste kom en tyd het om vergete goed op te diep.

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Bestanddele vir die Bybelse Koek 3 Koppies 1 Konings 4:22 180ml Rigters 5:25 250ml 1 Samuel 30:12 180ml Nahum 3:12 62,5ml Numeri 17:8 2 E 1 Samuel 14:25 1 E 2 Kronieke 9:9 1 Koppie Rigters 4:19 3 Lukas 11:12 Knippie Genesis 19:26

Vadersdag Sondag 21 Junie

Page 11: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

11

Page 12: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

12

‘High Tea’ by Huis AJL Wanneer ons ‘n koppie tee nodig het om ons dag op te kikker, geniet ons dit saam hier in Huis AJ Liebenberg. Soms maak ons dit ’n high tea, wat ons rede gee om op te tof. Foto’s verskaf deur Vanessa de Villiers

Page 13: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

13

Page 14: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

14

Bergrivier Munisipaliteit wil graag elke donateur en elke vrywilliger hartlik bedank wat in hierdie tyd van inperking help dat geen huisgesin honger ly nie. Sedert 27 Maart 2020 tot 18 Mei 2020 is 8552 hampers versprei aan huishoudings wat kwalifiseer en is 55 965 etes uitgedeel. Dit word gedoen deur 22 NGO’s in ons Bergrivier Munisipale gebied en in nege dorpe en sewe wyke. In Piketberg het 100 vrywilligers gehelp om 4000 kospakkies (hampers) te pak op 28 – 30 April 2020 wat in die hele Bergrivier Munisipaliteit versprei is deur die NGO’s. Baie baie baie baie dankie! Ons waardeer almal se omgee en se harde werk.

Vrywillige kospakkie pakkers na twee dae se harde werk om 4000 pakkies te pak. Foto: Jac Goosen

Kospakkies en etes in Bergrivier

Page 15: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

15

Kontant vir jou gebruikte voertuig

Motors en Bakkies

Skakel Francois West 083 464 6960

[email protected]

Duifie nie meer Ingeperk

‘n Duifie het agter die Bruwers se koskas ingeval waar dit toegebou was...hy het drie dae daar oorleef

terwyl hulle ‘n plan gemaak het om die kas oop te kry. Die kinders het die duifie van bo af gevoer met saad

en ysblokkies vir water. Ná sy inperking agter die kas, het hy die aand bo op die kas in die kombuis geslaap

en die volgende oggend is hy vrygelaat. Foto: Ilse Bruwer

NOU BESKIKBAAR

Gevriesde bloubessies @ R25.00/500g Neute 200g, 500g en 1kg

3-laag Gesigmaskers @ R30.00 Covid-19 shields @ R40.00 – R45.00

Sanitizers 100ml @ R30.00 250ml @ R60.00

Hands free sanitizer stands (750ml spuitkannetjie) @ R950.00 750ml spuitkannetjies @ R25.00

Nella Natural seep (natuurlike seep met essensiële olies)

Crystal Aire Standard purifier @ R550.00 Crystal Aire Aroma Diffuser @ R690.00

Chemstar skoonmaak produkte

Voortrekkerstraat 38, Piketberg Kontak Sarel de Villiers 082 877 7959

[email protected] Facebook Della Vita Produce Besigheidsure: Maandae - Vrydae 08:00 - 17:00

NG Kerk Nuus - Skakel Sondae om 9:30vm in vir

'n erediens uitsending op Youtube onder NGK Piketberg.

Die Skriba, Reinet Jonker, is weeksoggende beskikbaar by 084 702 0027 of [email protected]

Page 16: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

16

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester...

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800

BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700

VERKEER - 083 272 4126

Pastoor Anton Bredell, dominee Martin Goosen, pastoor Philani, broer Pieter van Wyk en Broer

Aubrey Schaffers. Foto’s verskaf

Ek wil graag begin deur my opregte dank uit te spreek aan alle polisielede, verkeer- en wetstoepassingsbeamp-tes in Bergrivier wat daagliks op die voorpunt is om ons gemeenskap teen die virus te beskerm. Hulle stel hul eie lewens in gevaar en los hul families agter om ons te beskerm. Die gemeen-skap waardeer wat julle doen. Ek wil ook alle gesondheidswerkers bedank wat daagliks in kontak is met pasiënte en gemeenskapslede ten einde ons te

beskerm. Hulle veg in die voorste linie en is daarom aan gevaar blootgestel. Kom ons bid gedurig vir al ons dok-ters en gesondheidswerkers. Namens die gemeenskap wil ek graag die munisipale werkers hartlik bedank wat essensiële dienste moet lewer vir hulle opoffering om die water-, elektrisiteit-, riool- en vullisverwyderingsdienste te laat voortduur. Met die skryf van hierdie berig is ons reeds op dag 55 van ons landwye inperking. Piketberg het ook sy eerste posi-tiewe gevalle opgelewer en in Bergrivier staan ons met hierdie berig (20 Mei 2020) op 17 positiewe gevalle. Soos almal bewus is, maak skole amptelik hul deure oop op 1 Junie 2020 vir graad 12 en graad 7. Hiermee wens ek alle onderwysers en skoliere sterkte toe en vra dat ons sal bid vir hulle. Daar is moontlike agterstande, veral vir ons matrikulante, maar met die hulp van ons bekwame opvoeders, glo ons hulle sal gereed wees vir die eind-eksamen. Uit my kantoor sal ons hulp aanbied waar ons kan om ons kinders, opvoeders en terreinwerkers se veiligheid te verseker. Gedurende hierdie epidemie is verskeie besighede se deure gesluit as gevolg van die regulasies wat uitgereik is deur die Nasionale Regering. Baie huishoudings is hierdeur geraak en het gevolglik min of geen inkomste en het daarom deel geraak van die behoeftiges in Piket-berg en omgewing. Gedurende hierdie krisis het baie mense hul verskille opsy geskuif en het die virus ook die beste uit ons na vore gebring. Hier wil ek my hoed afhaal vir Badisa, ACVV, kerke en individue wat uit hul pad gaan om inwoners van kos te voorsien. Ons opregte dank aan Piketberg NG Kerk en alle vrywilligers wat hulp aangebied het om namens Bergrivier Munisipaliteit die kos-pakkies op te maak. In Piketberg is ‘n komitee op die been gebring om weekliks sop aan behoeftige huis-houdings te voorsien. Daar is verskeie skenkings gemaak aan die verskillende dorpe se nie-regeringsorganisasies en sopkombuise deur besighede, landbouers, privaat instansies, organisasies, kerke en individue. Die lys is lank. Ontvang hiermee my opregte dank. Julle hulp, bydraes en ondersteuning verseker dat baie inwoners en selfs diere nie honger gaan slaap nie. Daar is baie stories van omgee, liefde en samewerking in hierdie tyd van nood wat ons nie noodwendig sal hoor nie, maar wat daagliks op grondvlak gebeur. Kom ons bou voort op hierdie mooi gesindheid van liefde en omgee vir mekaar.

Raadsheer Ray van Rooy

Soos u bewus is, het ons die afgelope Sondae verskeie kerkdienste gehou by Steynville Primêre Skool se sport-grond. Die doel is om steeds, onder die huidige in-perking, die Woord van God te verkondig aan die groter publiek. Moontlik kon almal nie die Woord hoor nie, maar diegene wat na die Woord kon luister, ek glo die saad het op goeie grond geval. My opregte dank aan elke domi-nee, pastoor, apostel, evangelis, broer of suster wat ’n gebed gedoen het of die Woord verkondig het. Ons opregte dank aan Shekinal At Ur Services wat die klank en musiek verskaf het en aan Steynville Primêre Skool vir die gebruik van hul geriewe. Ek wil afsluit deur my besorgdheid met u te deel aan-gaande kinders wat in strate speel, volwassenes wat on-nodig rondloop en op sypaadjies sit. Gemeenskap, kom ons spreek die kinders aan en spreek ook u familie of vriende aan wat losbandig is. Kom ouers, raak ernstig in die huis om u kinders en tieners aan te spreek aan-gaande die moets en moenies. Laat ons by ons huise bly en beweeg net uit as u moet winkel toe, of hospitaal of kliniek toe, of na ‘n intieme begrafnis. Moenie onnodig rond beweeg nie, moenie u kinders winkel toe stuur nie en moenie by vriende of familie in u dorp gaan kuier nie. Kom ons wees gehoor-same burgers aan die inperking wat ingestel is. Vlak 4 gee niemand toestemming om buite op die straat te wees as dit nie volgens die regulasies is nie. My gebed is steeds dat God u uit die woestyn sal kom haal en in die paradys sal kom sit. God sal saam met ons deur die vallei stap, Hy is die lig van die wêreld. Kom ons maak ons oop vir die Gees sodat Hy deur ons kan werk om mekaar in hierdie moeilike tyd te kan help. Hou u familie, kinders en bejaarde ouers veilig. Maak seker u dra u masker op die korrekte manier wanneer u uitgaan of sit ‘n serp of doek om u mond en neus. Was gedurig u hande wanneer u aan iets geraak of gevat het en wees te alle tye minstens 2 meter van die volgende persoon as u uitgaan. Ons gaan saam hierdeur kom as ons saam werk en tuis bly. Bly gesond en veilig!

Page 17: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

17

Page 18: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

18

AJL Moedersdag Jare gelede het ons briewe geskryf vir ons geliefdes, vir almal was ‘n oproep nie moontlik nie. Met Moedersdag 2020 sonder die luukse van aanraking, wou ons aan in-woners ‘n “herinnering” gee om aan vas te hou. Die fami-lie, kinders en kleinkinders het briewe geskryf met foto’s daarby en was dit nou ‘n groot en aangename verrassing vir ons inwoners! Iets om na te staar die hele dag deur en op te plak teen die muur, ‘n briefie om vas te hou en oor en oor te lees. Foto’s: Vanessa de Villiers

Page 19: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

19

Page 20: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

20

‘Pyjama-party’ by Huis AJL Huis AJ Liebenberg het ‘n pyjama-partytjie gehou, ons herleef al die goeie ou tradisies van kindsbeen. Heerlike speletjies gespeel, elke deelnemer in pantoffels!

Foto’s: Vanessa de Villiers

Die Piketberger Advertensiekoste

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag.

Die Piketberger se Datums vir 2020

JULIE:

Berigte in 23 Junie : Verskyn 2 Julie

AUGUSTUS:

Berigte in 21 Julie : Verskyn 30 Julie

SEPTEMBER:

Berigte in 18 Augustus : Verskyn 27 Augustus

OKTOBER:

Berigte in 22 September : Verskyn 1 Oktober

NOVEMBER:

Berigte in 20 Oktober : Verskyn 29 Oktober

DESEMBER:

Berigte in 24 November : Verskyn 3 Desember

Piketberger op die Web

Liewe leser, As dit jou eerste keer is dat jy Die Piketberger op die internet (moet) lees, laat hoor asseblief van jou via face-book of whatsapp na 079 496 2719 . Hoe het jy dit ervaar? Verkies jy dit bo die gedrukte weergawe? Ons hoor graag van u. Baie dankie vir die positiewe reaksie tot dusver ontvang. –Red.

Omgee Strikkies

Ten tyde van die skryf van die Museumblad, vorige bladsy, was daar geen positiewe Covid 19-gevalle in Piketberg, maar met ter perse gaan is daar tans twee

gevalle. Ons bid vir julle spoedige herstel. Foto: Marié Ehlers

Page 21: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

21

Page 22: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

22

Op die rakke van die Biblioteek...

Leeskring Datums en Boeke vir 2020

10 Junie: Sewe op pad na Hirosjima - Christiaan Johannes Strydom

15 Julie: Stof - Alettie van den Heever 19 Augustus: Die Kind uit die Wingerd - Helene de Kock

16 September: Weerklink van 'n Wanklank - Pieter Dirk Uys

21 Oktober: Die Dao van Daan van der Walt - Lodewyk G du Plessis

Die Verevrou deur Jan van Tonder

In Die Verevrou, hoor ons in der waarheid twee verhale, wat afwis-selend, maar gelyklopend vertel word. Aan die een kant is daar Liora Papala-to, wie se verhaal van bykans 40 jaar vanaf Algerië na Parys en uiteindelik na Oudtshoorn lei. Maar dit is ook die verhaal van Can-dice Amat, boorling van Blomnek in De Rust, wat ook n kortstondige draai as model, in Parys, maak, voordat sy terugkeer na haar geboortedorp. Dit is in De Rust, waar die twee verevrouens se lewens, deur n ter-loopse ontmoeting, ineengevleg raak. Die hoofkarakter en eintlike verevrou is Liora Papalato, wat grootword op ‘n volstruisplaas in Algerië waar sy saam met haar tante Allesandra en Franse ma, Charlotte woon. Sy het ‘n swak verhouding met haar pa, Emile van Korsika, maar vind ‘n vaderfiguur in die Joodse pluime-handelaar van Oudts-hoorn, Moshe Habib. Op die plaas, Finisterre, leer sy heelwat van pluim-bereiding, asook die fynere kuns van modeskeppings van volstruisvere, by haar tante, Allesandra vir wie dit ‘n buitengewone passie is. Allesandra het Moslem-werkers in haar diens, waarvan Amid en Jaseena die belangrikste is en wat later in die verhaal ‘n beduidende rol speel, wanneer die Algerynse oorlog sy hoogtepunt bereik. Daar ontstaan ‘n verhouding tussen Charlotte en Moshe en daar word selfs gesinspeel dat Moshe haar biologiese pa kan wees tog word dit nooit werklik bevestig nie. Eweneens word Liora se skynbaar abnormle seksuele ontwikkeling aanvanklik deur haar ouers bespreek, met die verwagting dat dit ‘n belangrike deel van die storielyn gaan uitmaak, maar ook hieroor kry die leser nie werklik uitsluitsel nie. Twee ander familielede wat ‘n bepalende rol speel in Liora se lewe, is haar neef Eugenio, op wie sy verlief raak en niggie Isabelle, wat in die woestyn vermoor word. Liora raak in Parys betrokke by Odette, ‘n mediese dokter in ‘n hospitaal in Parys, waar sy as verpleegster gaan werk. Dit is ook hier waar sy te doene kry met Chrestien Blanc die verminkte soldaat, met wie sy ‘n kortstondige, maar betekenisvolle verhouding het. Die leser kry te doene met die politieke omstandighede in

Bespreking deur Sandra van Wyk

Algerië, asook die gewelddadige werklikheid van die Algerynse oorlog, wat daaruit spruit. Die beskrywing van die bloedige dekoloniseringstryd in Algerië, lei tot ‘n interessante verbandlegging tussen dié voormalige Franse kolonie se verwerping van die kolo-niale juk en Suid-Afrika se oorgang tot ‘n demokrasie. Candice Amat raak as tienermeisie verlief op ‘n jong kunsstudent, Walter, die seun van ‘n boer, by wie haar pa werk. Hul verhouding oor die kleurgrens tydens die apart-heidstyd is egter gedoem en wanneer sy swanger raak en die baba verloor, vlug sy as't ware na Parys met die hulp van Maja, wat vir haar ‘n heenkome daar vind. Sy keer terug na De Rust, bekom haar eie huisie en maak ‘n lewe deur artikels uit pluime te maak en te verkoop. Dit doen sy deur op stelte te loop en tegelykertyd mense daardeur te vermaak. Dit is juis op hierdie wyse, waar sy en Liora mekaar die eerste keer sien, wanneer Liora in ‘n bus deur De Rust reis op pad na Oudtshoorn en Candice speels haar vere-waaier laat val, om haar aandag te trek. Beide Liora en Candice leef met hulle koppe in die wolke in ‘n poging om van die werklikheid te ontsnap. Liora se skoppelmaai word ‘n simbool van haar behoefte om te vlug van haar pa en die onrus in Algerië. Candice se stelte verwyder haar van die grond en Blomnek, ‘n wêreld wat sy nie wil konfronteer nie. Wanneer Liora na Oudtshoorn gaan, om Moshe te gaan soek en hierdie twee vroue se paaie kruis, ontstaan ‘n hegte vriendskap wat mettertyd verinnig en op ‘n spesiale wyse tot ‘n hoogtepunt gevoer word, wanneer Liora haar die ware kuns van pluimbereiding leer en haar kosbare gereedskap aan Candice skenk. ‘n Verrassende religieuse element sluip in, wanneer Liora deelneem aan die Goeie Vrydag optog, kort voor vader Jaco Nissen se vertrek. Sy vind ‘n vreugde, wat nie vir haar bedoel is nie en dit hou ook die moontlikheid van versoening vir Walter en Candice in. Die Verevrou is ‘n veel-vlakkige verhaal, met ver-weefde karakters, motiewe en storielyne, wat dit haas onmoontlik maak om in hierdie beperkte ruimte reg te laat geskied daaraan. Die beeldryke en eg emo-sionele beskrywings van mense en die kontinente waar hulle vandaan kom, bied ’n boeiende lees-ervaring. In die nawoord aan die einde van die verhaal, vind ons gedeeltelik, ‘n suggestie van Jan van Tonder se inspirasie vir die skryf van hierdie ambisieuse roman. Buiten my eie indrukke, is menings en etlike aanhalings geneem uit resensies, geskryf deur onderskeidelik, Sonja van der Westhuizen, Willie Burger en Elbie Adendorff.

CLEANRITE CARPETS ESTABLISHED IN 1994

PROFESSIONAL CLEANING OF CARPETS, UPHOLSTERY,

PERSIANS & MATTRESSES. COMMERCIAL & HOUSEHOLD

PHONE PAUL FOR FRIENDLY SERVICE

ON 082 771 1054 (SWARTLAND) FACEBOOK: CLEANRITE CARPETS

Page 23: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

23

Boekwurms Zoom

Piketberg Leeskring het op kreatiewe maniere voortgegaan met hulle boekbesprekings. Alle lede

ontvang die bespreking per whatsapp en die lede wat toegang het daartoe, gebruik Zoom. Bo bespreek

Sandra van Wyk ‘Die Verevrou’ en onder bespreek Marié Grobbelaar ‘Deur Water en Vuur’.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG

Tel. 022 913 2800 [email protected]

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Steinkopf benodig toiletware

Aangesien die Noord-Kaap steeds gebuk gaan onder die knellende droogte, is dit nie moontlik vir gemeenskappe om hulle eie mense te ondersteun nie. NG Kerk Piketberg se Vrouediens gaan op 'n eenmalige basis betrokke raak by die Huis vir Bejaardes en Huis vir Volwasse Gestremde Persone in Steinkopf, wat onder Badisa resor-teer.

Die insameling behels toiletware (seep, tande-pasta), handdoeke en waslappe.

Kontak Marina Grobbelaar by

082 865 9783 / 022 913 1045 indien u toiletware, handdoeke, waslappe of kontant wil

skenk.

Page 24: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

24

Page 25: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

25

Page 26: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

26

Onthou om te herwin!

Gebruik die deurskynende sakke vir herwinbare items en sit dit uit saam met jou

swart sak. Dit is die regte ding om te doen!

Die sakke is beskikbaar by die

Munisipaliteit

LEWE in S.A.

Hallo kinders, Dankie vir die nuus uit Florida VS van A van julle super lewe op die Golf Resort waar die rykes en presidente kom uitspan. Al die Limo-taxi’s, gratis internet, outoma-tiese klerewas, goedkoop etes afgelewer en moderne gym klink te wonderlik vir woorde! Dankie vir die programmetjie van julle tipiese dag. Ek verstaan nou hoekom onse mense nie lekker daar aanpas nie. Als so maklik en volksvreemd en ons mis sekerlik BAIE uit! Days of OUR lives. Kyk net wat mis julle!!! Welkom by ‘n dag op die plasie in Piketberg, Wes-Kaap, SA van Afrika. (dis naby Mexico as iemand vra!) Ek staan 5:00 op. Sleep my moeë lyf halfbedremmeld deur die donker huis na die kombuis om die ketel op te sit. Trek in die halfdonker badkamer stilletjies aan (soms onpaar, soms vuil) sonder om die gepeupel te wek uit hulle beauty sleep (dis nou Nat, Leon, Ma, Chanté, Jacques, Jeandré, Pokkels-kat, Emma- en Tascha-hond, twee wit eende en 21 skape). Dan halfwakker terug kombuis toe - maak mieliepap, kof-fie, skeer (ja in kombuis om nie bg. gepeupel uit hulle laaste droom-uur te wek nie). Gooi flou kokende koffie in keel af (met die ewige teleurstellende hoop dat die 9-uur brêkvis sal opmaak). Strompel in die eerste oggend-lig buitentoe. Sit security ligte af, start pompe, start honde, start computer, start die dag, start trekker. Ploeg tot 7-uur. Gooi my sweterige lyf in die bakkie, start die bakkie, gooi slapende-tiener Leon, pap-etende Chanté, tande-borselende Jacques en broek-aantrekkende Jeandré by

skool al. Ploeg tot 9-uur – vir Die Brêkvis, sien? Val by kombuis in, veg my pad oop tot by die pappot van vroeër en wonder-bo-wonder is daar op die bodem nog so paar aanbrandsels. Gretig gooi ek die laaste suurmelk wat twee dae buite in die woedende somerhitte gestaan en broei het oor die pap. Versmoor die hele spul in suiker. En sug dankbaar terwyl ek nuus luister (olieprys op, kragprys op, melk voorraad op, Zuma op, goudprys op, bokke op, geld op, belasting op, WP af). Dan oor na Landbounuus: vraag af, diesel op, uitvoer af, kunsmis op, werkers af, saad op, pryse af, lone op, oeste af, water op, wyn af, grond op. Jy weet nie waar jy aan of af en ook nie of jy op of af is nie. Die res van die dag maak ons damme reg wat gebars het, plant boontjies wat al vier keer versuip het, sny blomme vol rooimyt spinnekop, kyk vir ure na groen tamaties wat nie wil rooi word nie, ploeg die huis se kragkabel uit die grond en is vir dae sonder krag! Dan maak ons die hoofpyp reg wat deur die omgewaaide boom verwoes is. Dan soek ons die pype wat laasnag gesteel is! Ons is sonder water, sonder tamaties, sonder krag, sonder baie dinge! Ons het wel baie moed, kinners, die pragtigste sons-ondergang, geen enkele vervelige minuut nie, suid-ooswind, geen cholesterol en lekker stadige dial-up email. Ons hettie gym nie, want ons gym al van 5-uur af. Ons hettie sauna nie, want ons sweet al van 6-uur af. Ons hettie swembad nie, want ons is heeldag nat soos ons pype las en rondplas. Ons hettie stres of sonde nie, want dit kos te veel. Aandete is gewoonlik buffet: wye verskeidenheid van skaaptjops, skaapbredie, skaap-skenkels, skaapnek-sop, skaapafval, gebakte skaapkop (smiley) of net plein skaap. Na aandete kyk ons TV sport, terwyl ons halfverlep en uitgeput in 'n stadige koma inswym tot die TELEFOON lui en iemand uit die BUITELAND jou uit swaarverdiende droomland ruk! Dis die lewe wat elke stadsmens oor droom - die rustige plaaslewe, die paddatjies wat kwaak, en kriekies kriek en uiltjies hoe! (eintlik skiet ons rondloper honde, spuit elke insek en padda dood met gif, braai eendjies en bewaak leepoog heelnag onse skape teen boewe). Beter kan mens nie vra nie. As dit nie hemels is nie, dan weet ek nie so mooi nie. Jammer, ek moet nou gaan en ploeg en saai en plant en oes en spuit en dink en email pos. (ja ons POS die emails, want dis BAIE vinniger!) Baie soene en drukke van die familie-clan in Afrika. XXX N. de Ploem 2009 Kry jou EEN SLEUTEL - vir alles...

en slaap beter

Page 27: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

27

Page 28: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

28

022 913 1600 / 022 913 2075

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg

Ons kliniek is ‘SLEGS’ oop vir baba immunisasies

op die huidige oomblik. Vir afsprake kontak asseblief

vir Sr Lineëse Vercuiel op whatsapp by 072 457 6612

Vlak 4 Oefentyd

Die Nature Runners is bevoorreg om in die veld te kan oefen gedurende die inperkingstyd. #socialdistancing

Foto’s verskaf

Page 29: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

29

Page 30: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

30

PETRO BURNETT

Verkoopskonsultant

081-310-2878

KALLA LIGTHART

Verkoopskonsultant

084-514-2418

Ford Figo Grendel Gekheid

69

2019 Ford Figo 1.5 Trend 5Dr 10 000km R164 450

2018 Ford Figo 1.5 Trend 5Dr 60 000km R139 450

2020 Ford Figo 1.5 Ambiente 5Dr 7 000km R189 450

Page 31: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

31

FORD ECOSPORT 1.0 TREND 6AT

FORD KUGA 1.5 ECOBOOST

Ons is gereed vir besigheid doen binne wetgewing van vlakke 3 en 4 en ons steriliseer volgens streng riglyne om ons

en ons kliënte te beskerm. Maak asseblief so ver moontlik ‘n afspraak vooraf sodat ons na die

beste van ons vermoë vir u kan voorbereid wees!!

FORD RANGER 2.2 TDCi SUPER CAB XL 6AT

FORD RANGER 2.2 TDCi DOUBLE CAB XL 6MT

Vanaf R309 000 voor BTW Vanaf R324 000 voor BTW

Vanaf R339 900 Vanaf R299 955

Foute en weglatings uitgesonder. Terme en voorwaardes geld.

Page 32: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

32

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: [email protected]

PHS laat hom nie onder kry nie

DF Greeff, Waarnemende Hoof skryf…

Die COVID-19 inperking het almal onkant gevang. Dit wat ons as normaal beskou het, is meteens onder ons voete uitgeruk. Die personeel was verslae. Ouers en leerlinge het probeer sin maak oor wat die toekoms inhou. Dit is hier waar die ware gees van PHS na vore gekom het. Die uitgerekte inperking was voorwaar ‘n toets vir elkeen se geduld en karakter - ‘n toets waarvoor PHS nie terug-gedeins het nie. Onderwysers stuur elke week ‘n akade-miese aksieplan van graad R tot 12 uit en die terug-voering wat ons kry, is dat ons dapper PHS-ysters hard werk by die huis! Die tegnologiese uitdagings word een vir een die hoof gebied en onderwysers plaas elektro-niese bronne op ‘n databasis waar leerlinge dit kan aflaai. Op ons Facebook-blad word daar foto’s geplaas van grondslagfase-leerlinge wat by die huis hulle voorskote aantrek en agter die kospotte inskuif. Ons leerlinge begin mekaar moed inpraat met video’s van hoop en bemoedig-ing. Ons tweede virtuele saalbyeenkoms word op die skool se Facebook-blad geplaas waar die hoofleiers geleentheid kry om die res van die skool aan te moedig om te alle tye positief te wees en ware PHS-ysters te wees. Leerlinge ontvang ook erekleure tydens die saal-byeenkoms en ‘n oudskolier en hoofseun van 1947, oom Jan du Preez maak ook ‘n virtuele draai by PHS. Twee leerlinge, Hagan Ludick, gr 12 en Julian Smith, gr 11, verneem in hierdie tyd dat hulle as finaliste van die toneelspelkompetisie aangewys is.

Die manier hoe die gemeenskap tydens hierdie inperking mekaar se hande vat en PHS dra bring ‘n lastige knop in jou keel. Dit laat jou trots voel om deel van PHS te wees. Die naam Hoërskool Piketberg word seker onmiddellik geassosieer met die statige ou gebou met sy kloktoring, die kanon wat oor Piketberg wag hou, die geskiedenis en die tradisies, die gange en die speelgrond wat nou al vir weke lank stil lê en wag. Maar Hoërskool Piketberg is ook die mense - die ouers, leerlinge, onderwysers en oud-skoliere, die lag en gebabbel op die speelgrond en in die klaskamers, die humor van onderwysers en die energie van ons ouers. Elkeen ‘n PHS-yster in eie reg! Dit is waarom ek weet dat nadat alles verby is en ons terugkyk en bestek opneem, gaan ons sien dat PHS sterker anderkant uitgekom het. Niks kry ‘n PHS-yster onder nie! Vivat, Crescat, Floreat

Hagan Ludick Julian Smith

Page 33: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

33

Pieter Bruwer jnr het sy eerste foto kompetisie gewen. Canon South Africa het lockdown uitdagings

aangebied. Dit was Pieter en sy suster, Lise, se projek. Lise het die modelletjie van die skilpad geknip en geplak en Pieter, die fotograaf, die wenner van die kompetisie en het ‘n EF50mm f1.8 STM lens en ‘n Zoe

mini drukker gewen. Lise is in ekstase, want sy kry die drukker en Pieter kan die lens gebruik.

Foto’s: Pieter Bruwer

Deur Pieter se Lens

Eco Bricks

Hou 'n ekstra sak byderhand en bêre alle lekker-goed papiertjies, chips pakkies, kleefplastiek,

ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal word met 'n stok vasgestamp in 'n leë

2liter plastiek-koeldrankbottel totdat dit propvol is en 500g weeg.

Kontak Marietha Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.

PHS Erekleure

Erekeleure Atletiek: Jacques Lambrechts, gr 9, 855 punte op die ASA tabel o/15 Gewigstoot en Sumari Hanekom, gr 10, 820 punte op die ASA tabel o/17 Hammergooi (foto links). Erekleure Tennis: Erna Koegelenberg en Roux Basson, albei gr 7, o/13

Boland-Kavaliers. Hierdie prestasies is aangekondig tydens PHS se tweede virtuele saalbyeenkoms gehou

op 9 Mei. Foto’s: Facebook

Page 34: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

34

Piketberg Animal Outreach

Skenkings van komberse, hondekos,

katkos, nekbandjies en leibande asook

katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Spesiale Versoek

Die diere in die woonbuurt kry baie swaar, hulle eienaars het nie eers kos vir hulself nie. Diereliefhebbers wat kos wil skenk, kan dit by die spreek-kamers te Hoofstraat 60 afgee. Die vrywilligers sal dit van daar af met behulp van wetstoepassers by die honger diere kry. Baie dankie.

Borge vir Sterilisasies benodig

In die lig van die staat van inperking is streng veiligheidsmaatreëls gevolg om hulpbehoewende eienaars met hulle troeteldiere te help. Vyf teefhonde en vier wyfiekatte is gesteriliseer. Een hond is vir bosluiskoors behandel en talle diere is ontwurm, ontvlooi en ingeënt. Eienaars moes maskers dra, daar was ‘n wag by die hek, een persoon het die vorms voltooi, ‘n ander een het die vorm na die veearts en assistent geneem, twee helpers het in ‘n aparte herstelkamer die dierepasiënte bygestaan na afloop van die operasies. Piketberg Animal Outreach moes al die onkostes dra. Hulle het dringend borge nodig vir die sterilisasies. Hulle konsentreer hoofsaaklik op teefhonde en wyfiekatte. Kontak Katinka Morrison 082 829 6918 vir meer besonderhede. Foto’s verskaf

Snoesige HvH-truitjies

Een paar gewillige hande wat op die Huis van Heerde-versoek gereageer het, het hierdie skatlike truitjies

gebrei. Foto’s verskaf

Page 35: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

35

Page 36: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

36

Page 37: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

37

Maskers dra leer ons om in mekaar se oë te kyk en

met ons oë te praat Dra jou masker reg: Die masker moet jou neus en mond heeltemal bedek; Moenie die masker laat sak wanneer jy praat, hoes of nies nie; Moet nooit aan jou masker raak of daarmee vroetel nie. Dis belangrik om nie met jou hande aan jou gesig te raak nie - en ook nie aan die binnekant van die masker nie; Was jou hande voor en nadat jy die masker aansit of verwyder; Vervang jou materiaalgesigmasker as dit nat of sigbaar vuil is.

Was jou masker met seep en water. Die water moet so warm as moontlik wees of jy kan kookwater oor die masker gooi, laat dit ten minste vyf minute staan en dan uitspoel en droogmaak. Hang die masker in die son, dit help met ontsmetting. Stryk die masker wanneer dit droog is, dit help ook met ontsmetting. Foto’s verskaf

Page 38: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

38

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350

Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: [email protected]

20 Jaar gelede - Junie 2000

VOORBLAD: Judoklub spog met SA Kampioen. Ingrid Lestrade, drie keer SA Kampioen in judo. Vroue Rubriek fokus op Suzette Joubert. Gemeenskap protesteer teen dwelms, onwettige drankhandel, prostitusie en ander misdrywe. Piketberger bring sneltrein in Frankryk tot stilstand. Piketberg Sakekamer kies nuwe bestuur. Kinderkrans bou blikkiestoring. Die blikkies kos is geskenk aan Piketberg se ACVV-kantoor. Perskepot nou ook in Porterville se Mini Mall. Maselveldtog te Piketberg. Laerskool Eendekuil Jubel en Jive. Piketberg Skou 2000 bied iets vir almal. Piket Veteraan en Implemente Klub goed gevestig. Nuwe Rekenaarsentrum by Steynville Primêre Skool glansryk ingewy. Isa Eksteen, gr 12 leerling aan PHS, het o/19A Netbal Bolandkleure verwerf. Ooievaar besoek Leon Wiese Uitrusters se personeel vier keer in ses maande. June Koordom, Dinette Loch-ner, Heleen Klaase en Linda Swarts, het almal ma geword. Sy tuinier, Fanie, het pa geword. Winkelshoek se S-partytjie sorg vir groot pret. ADVERTENSIES: Bachelor’s flat te huur in Hoofstraat vir R550 per maand. Piket Braaihuis - Combo’s: Rib & Hoender of Steak & Calamari of Mossels & Calamari - Slegs R33. Plus gratis bottel witwyn vir tafel van 4 wat combo’s bestel. Spar - Ricoffy 750g R20.95; 1ste graad Cheddar Kaas R24.99/kg; Sunshine D margarien 500g R2.55.

Musiek op WhatsApp Video Call

Alison Müller en Komien van der Westhuizen het nie

toegelaat dat die in-perkingstyd hulle keer om voort te gaan met musiek-

lesse nie. Elke Sondag is 'n rooster vir die week

uitgestuur en word elke leerder sy/haar tydgleuf gegee. Ma/Pa staan dan reg

en so word daar angstig gewag vir daardie WhatsApp Video Call om te begin. Die foon/tablet staan op sy

plek om die vingers mooi te kan sien en aan die ander kant, die mooie en rustige gesig van Alison of Komien. Hulle het dit moontlik gemaak dat die leerd-

ers hul passie vir musiek nog kon uitleef. Foto’s verskaf

Page 39: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

39

Page 40: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

40

Terwyl kleuters en juffrouens wag vir hul skool om te heropen, is hulle, danksy tegnologie, fluks besig met aktiwiteite en aktiwiteitspakkies. Die kleuters geniet die aktiwiteite en neem met oorgawe deel. Die juffrouens mis julle almal en sien elke week uit na die kleuters se foto’s. Foto’s verskaf

Trippe Trappe bly besig

Regs: Laurette Burger,

hoof van Trippe Trappe

Tina Reach Via Zoom

Rose O’Flynn the most capable instructor, ready three times a week to let us stretch, flex, point, push 'n pull, breathe in, breathe out, tummies in, roll down, sit up, shoulders down, lie down, hips forward...and

at last, chin down, ears over shoulders. Relax! Thanks, Rose! You are the best and you kept us sane! Rose, Carina Kennedy, Carol Beech, Angela Langton,

Vanessa Beautement, Biddy Langenhoven and Marlien Smit.

Photos supplied

The Zoom Pilates Team of Lockdown

Tina Piek van Lill van Reach

Ritmiese Gimnastiek-

klub, gee gimnastiekklas

via Zoom.

Foto’s verskaf

Page 41: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

41

Page 42: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

42

Die volgende Piketberger, die Julie-uitgawe, verskyn op

2 Julie 2020 Berigte en advertensies moet ons bereik

teen 23 Junie 2020

Stuur na: [email protected]

Brei ‘n Beertjie “Brei ‘n Beertjie” vir enige kind wat deur trauma gaan in enige van die vyf kinderhospitale in die Wes-Kaap. Die “Brei ‘n Beertjie”-projek van Piketberg Vrouediens, beoog om teen Oktober vanjaar 250 beertjies af te lewer. Wat moet jy doen? Volg die patroon en/of kontak Marina Grobbelaar (082 865 9783). Brei slegs die beertjie se lyf en kop. Die leë lyfies en gesiglose beertjies word in Stellenbosch deur ‘n groep vrouens olv Ingrid Linde op-gestop, toegewerk en voorsien van ’n karaktervolle gesig-gie. Gebruik enige kleure en enige steke. Dubbeldraad wol met ‘n 4mm breinaald werk die beste.

Stap 1: Sit 16 steke op en brei 40 rye regs (20 rye aan elke kant). Hou eenkant en brei nog ‘n soortgelyke been. Stap 2: Heg twee bene aanmekaar deur die 16 steke van die eerste been te brei in rib (r1, a1) en dan die 16 steke van die tweede been. Heg die wol in die middel met ‘n knoop. 32 steke. Brei 4 rye rib. Gaan voort oor 32 steke totdat daar 24 rye is vandat bene geheg is (12 rye aan elke kant). Stap 3: Sit 16 steke op en brei deur (48 steke). Draai en sit weer 16 steke op (64 steke). Brei 16 rye altesaam (8 aan elke kant). Stap 4: Heg 16 steke af, brei deur en heg weer 16 steke af aan die begin van die volgende ry. 32 steke. Brei regs totdat daar 40 rye is (20 rye aan elke kant). Heg af en los ‘n lang draad van 1,5 meter. Dit is waarmee die groep in Stellenbosch dit stop. Stap 5: Brei ‘n tweede kant van die beer op presies dieselfde manier. Stap 6: Werk toe om al die kante, maar los bo oop.

Stappe 5 en 6

Stap 4

Stap 3

Stap 2

Stap 1

Voetspoortjies maak planne

Almal van ons is diep geraak deur die Corona Virus. Party besighede moes hulle deure toemaak en ander besighede kan hulle personeel slegs ‘n gedeelte van hul salaris be-taal. Kleuterskole word ook baie swaar getref deurdat ons nie weet wanneer ons weer ons deure mag oopmaak nie en ook nie van ouers kan verwag om onbepaald aan te hou skoolfooie betaal nie. Daarom het ons besluit om die kleuterskool gedeelte van Voetspoortjies vir eers te sluit totdat ons sekerheid het oor wanneer ons weer ons deure sal mag oopmaak. Dit het ‘n groot finansiële impak op die besigheid tov salarisse en huur om net ‘n paar voorbeelde te noem. Een van ons ouers het met ‘n voorstel gekom om aktiwi-teitspakkies vir die kinders op te stel. Ons het die voorstel waardeer en daarmee gehardloop. Elke Vrydag kom die personeel bymekaar en werk dan saam om aktiwi-teitspakkies vir elke ouderdomsgroep saam te stel, wat die ouers dan die volgende week kan kom optel. Ons juffrouens kyk na hulle temas en volgens dit besluit hulle wat om in die pakkies te sit. Hierdie week was dit Die Rooi Hennetjie. Die kinders geniet dit baie en die ouers is dankbaar. Ons het dit oopgestel vir ander ouers ook en nie net die van Voetspoortjies nie. Baie sterkte aan elke besigheid wat in hierdie tye planne moet maak en buite die boks dink.

Berig en foto: Bianca Jordaan

Page 43: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

43

Werk aan die Pastorie se dak wat in Desember begin is, kon tydens inperkingstyd klaarkom.

Foto’s: Marietha Goosen

*******

Vadersdag

Sondag 21 Junie

Pastorie se Dak Klaar

Page 44: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

44

Terwyl julle regpak, uitsorteer en planne maak, hier is die Smartstuff items vir die res van die jaar vir die Smartstart projek: eierhouers (sesholte-tipe), bottelproppies, toilet-rolle, 2liter melkbottels SKOON uitgewas, en moenie ver-geet van die roomysbakke, yoghurthouers en margarien-bakkies nie. Kontak Marietha per whatsapp by 083 654 3170.

Kix Smartfood

Die 2020 Smartkix projek wat die Smartstart Vroeë Kind Ontwikkeling ondersteun, het ontwikkel in 'n Smartfood projek. Baie dankie aan elke individu wat geld en produkte geskenk het om talle flesse en sakkies met droë bestanddele te verskaf aan be-hoeftige gesinne, veral daar waar klein kindertjies is. Kix het ook 15 boksies opgemaak vir kleuters wat by Badisa se tuisskooltjies inskakel. Die boksie is beplan met die vier boustene in gedagte vir die vroeë ontwikke-ling van 'n kind: liefde, voeding, veiligheid en stimu-lasie. Die sopbestanddele en brood, grondboontjiebotter en melk is in die boksie vir voeding en vir stimulasie is 'n tuisgemaakte dominoe stelletjie ingesluit. Kix glo dat die lekkernye (jellie, stokkielekkers, chips, koekies en melk) in die boksie 'n gevoel van liefde en veiligheid gee. Hoewel die skool gesluit was vir twee maande en Kix vir 'n geruime tyd nie sal kan voortgaan soos in die verlede nie, gee hierdie poging ons 'n geleentheid om Kix prak-ties uit te leef.

Ziplock sakkies gevul met die droë sop-bestanddele: rys, lensies, splitertjies of sopmengsel,

'n bief-blokkie en 'n pakkie soppoeier. (Inhoud word in 2,5liter kookwater geplaas en vir 'n verdere 35-40min

gekook. Roer gedurig).

Die Nescafé glasfles met droë sopbestanddele:

rys, lensies, splitertjies of sopmengsel, 'n bief-

blokkie en 'n pakkie sop-poeier. (Van die eerste drie bestanddele is 'n

halwe koppie elk ingesluit).

Foto’s: Marietha Goosen

Lapsakkies gemaak deur Madelie Burger is gevul met dominoe speletjies,

tuis vervaardig deur Martin Goosen.

Die inhoud van die boksie wat die vier boustene, liefde, voeding, veiligheid en stimulasie simboliseer.

Hiervan is 15 uitgedeel aan kindertjies wat by Badisa se tuisskooltjies inskakel.

Regs, Susan de Vries by die

boksies wat sy versier het.

Page 45: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

45

Naaldwerk uit Oudae ‘n Paar lesers deel hulle naaldwerk skeppings uit

skooldae. Foto’s verskaf

Page 46: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

46

Lockdown Aktiwiteite

Gabrie en Lené

Loubser vat 'n

blaaskans so

tussen die

leerdery deur.

Foto's: Leandra Loubser

Ouma Petro van der Westhuizen het Christelle van Onselen geleer brei. Foto: Petro van der Westhuizen

Danie, Leandra, Gabrie en Lené Loubser het gipsafdrukke van hulle hande gemaak.

Jansie Truter het onlangs die vermeerdering van die vyf brode en twee vissies op 'n ander manier beleef. Sy wou vir haar twee lummels in die huis, haar man

en seun, elk 'n fleece top maak, maar het nooit daarby uitgekom nie. Einde April, tydens inperking, pak sy

materiaal reg en ontdek weer die twee stukke fleece........dit bly haar toe pla totdat sy sewe klein toppies uitkry vir klein kindertjies en dit vir Badisa

skenk. Foto: Jansie Truter

Jansie se Hoodies

Gerna Croeser besig om wyk NA se pap op te laai vir die persone wat by Rhinos gehuisves word.

Foto: Marietha Goosen

Mmmmm….mieliepap

Loubsers se Handewerk

Page 47: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

47

In diens

night time sanitization routine, which is extra thorough as we decontaminate every possible exposed surface after hours in order to minimize the spread. We implemented preventive measures at the entrances of SUPERSPAR Boland such as queue management, crowd control for social distancing, temperature screening and hand sani-tizing as well as advising how to wear masks properly and to practice social distancing in store. We continue to monitor the situation closely and we may introduce further precautionary measures as needed due to this unprecedented situation to continue to provide, to the best of our ability, an excellent service to our customers. We wish our team members and customers the best of health. Please stay safe!

The safety of our staff, together with our customer’s concerns, is our utmost priority. Therefore it is im-portant that we work together through the unknowns of the coming months. As we continue to navigate the changing tides posed by this pandemic we will protect the wellbeing and safety of our communities, the SUPERSPAR Boland team, their families and the ability to serve our customers. The COVID-19 situation is continuously evolving, we stay informed and continuously adapt our protocols in order to stay ahead. One of the proactive measures that we take to tackle risk, is communication, we do our best to inform our customers and our team regularly on how we can reduce the impact of the virus. We enhanced cleaning procedures in order to maintain a safe shopping experience. One important protocol is our

Page 48: Junie 2020 Alle korrespondensie aan ...

48