WildLand - December 2014

10
1 WILD LAND Desember / December 2014 DESEMBER / DECEMBER 2014 | WILDLAND #0018 42 44 Wat maak ‘n trofee? 60 Formalito is 50 jaar oud 48 Wildland besoek die Federal-fabriek Teken in en WEN groot WILDLAND FIRST FOR THE HUNTER | EERSTE VIR DIE JAGTER SA R25,00 BTW Ing. / VAT Incl. Other Countries R21.93 Excl. TAX 46 Mauser Die merkmaker Skootplasing Deel 3: Die waterbok Voorste Duitse vervaardigers wys hul staal ‘n Verteenwoordigende springbokspan 26 Wat eet die be- kendes op Kersfees? 9 772307 794005 12018 Spesiale afdeling Vleisverwerking 36

description

This is a free sample of WildLand issue "December 2014" Download full version from: Apple App Store: https://itunes.apple.com/us/app/id829607519?mt=8&at=1l3v4mh Google Play Store: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.presspadapp.wildland Magazine Description: Established in March 2013,Produced by Andre Van Dyk, who retired after 13 years of service as editor of SA Hunter/Jagter. The product is aimed at the fast growing hunting market. Distributed to more that 2200 outlets nationwide. The Magazine is carefully constructed with a mix of: – Latest Product testing – Current Affairs and Reviews – Magnificent cinematography – Exploring of SA’s 15 000 hunting farms – Mouth Watering Game Recipes – Fully Bilingual content You can build your own iPad and Android app at http://presspadapp.com

Transcript of WildLand - December 2014

Page 1: WildLand - December 2014

1 WILD LANDDesember / December 2014

DESEMBER / DECEMBER 2014 | WILDLAND #001842

44 Wat maak ‘n trofee? 60 Formalito is 50

jaar oud48 Wildland besoek die Federal-fabriek

Teken in en WEN groot

WILDLANDF I R ST F OR T H E H U N T E R | E E R ST E V I R DI E JAG T E R

SA R25,00 BTW

Ing. / VAT Incl.O

ther Countries R21.93 Excl. TA

X

46

Mauser Die merkmaker

Skootplasing Deel 3: Die waterbok

Voorste Duitse vervaardigers wys hul staal

‘n Verteenwoordigende springbokspan

26 Wat eet die be-kendes op Kersfees?

9772307794005

12018

Spesiale afdelingVleisverwerking

36

Page 2: WildLand - December 2014

Z6(i) FAMILYPRECISION IN EVERY SITUATIONStalking. Mountain hunting. Moving hunt. Safari. Hide hunting. Every type of hunting is special, each of them appealing and exciting in their own way. You are equipped for any of these scenarios with the Z6(i). This masterpiece from SWAROVSKI OPTIK has revolutionised the way we use rifl e scopes. It has a 6x zoom, thereby ensuring an impressive fi eld of view at low magnifi cation, as well as enabling you to recognise all the key details at high magnifi cation. You can choose from eight different models, which all essentially combine uncompromising optics with all the necessary fi ne settings. Perfectly adapted and already tried and tested more than 100,000 times. When seconds are crucial – SWAROVSKI OPTIK.

SEE THE UNSEENWWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

YOU CAN FIND OUR PRODUCTS AT EXCLUSIVE SPECIALIST RETAILERS AND ONLINE AT WWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

For your closest stockist, please contact Brad on 0861-005903

H21ND_SouthAfrica_A4_EN.indd 1 18.06.13 12:36

Page 3: WildLand - December 2014

3 WILD LANDDesember / December 2014

Indeks / IndexUit die heup uit/From the hip 04Wat, waar en wanneer 06HuntEx Kaap weer ‘n wenner 14Vat die spoor 16Die luiperds van Shayamanzi 46Jan de man praat met die jongspan 66

Wat maak dit ’n onvergeetlike jag? 44Kies ’n verteenwoordigende springbokspan 62

18

50

08 Mauser se M12 is ‘n fantastiese ontwerp. Hierdie artikel wat deur Pierre van der Walt geskryf is, bewys dat Mauser sekerlik sy merk in die jagwêreld gemaak het. Dit is ook een van die mees omvattende Mauser-artikels ooit.

Skootplasing is ‘n begrip wat bemeester moet word. Hierdie maand kyk ons na skootplasing op die waterbok.

Die voorste vervaardigers van Duitsland, naamlik Mauser, Zeiss en RWS het onlangs hul produkte in Suid-Afrika kom toets. Wildland was daar om verslag te doen.

WILDLANDF I R ST F OR T H E H U N T E R | E E R ST E V I R DI E JAG T E R

© Kopiereg Wildland. Alle inhoud in hierdie publikasie word deur kopiereg beskerm. Alle regte voorbehou.© Copyright Wildland. All content in this publication is copyright protected. All rights reserved. The editor reserves the right to change or shorten articles and letters. The editor, publisher and editorial staff accept no responsibility for the content of articles as well as the content of advertisements.

Algemene navrae / General [email protected]

Drukker / PrinterConti [email protected]: 011 334 1484Adres / Address:Unit D7 Village Main Industrial Park51 - 61 Rosettenville RoadVillage MainJohannesburg

Versprei deur: / Distributed by:Travis MooreT: 011 401 5778 [email protected] / Subscribers [email protected]: 079 892 0023

Member of/Lid van:

RUBRIEKE / COLUMNS

Die Mauser M12 - Terug op die spoor 08Skootplasing, die feite praat: Die waterbok 18Bekendes se wildsvleisplanne vir Kersfees 26Bewerk jou bok self 36Federal - In alle opsigte premium 48Top-vervaardigers uit Duitsland wys hulle staal 50Practical cardridge basics: The .223 Remington 54Ikoon van die wapenbedryf is 50 jaar oud 60

ARTIKELS / ARTICLES

JAGSTORIES / HUNTING STORIES

KOMPETISIES / COMPETITIONSKyk wat het ek gejag 32Teken in op Wildland en wen groot 42

PROMOSIE-ARTIKELS/ PROMOTIONAL ARTICLESHype about water 24Mwenge Africa Lamps - Caputing the essence of Africa 26

Posadres / Postal addressPosbus 30541,Wonderboompoort, 0033Redaksionele / Editorial staffRedakteur / EditorAndré van [email protected]: 012 335 1140C: 082 455 8707Uitlegkunstenaar / Layout artistQuentin NellAlgemene navrae / General inquiriesRika van Dyk T: 012 335 1140 C: 079 892 0023F: 086 208 0652Bydraers / ContributersJan de ManJannie ParsonsKarl HermannNicki de VillersPaul CoetzeePierre van der WaltPiet EloffRené Prinsloo

“Like” Wildland op Facebook en staan ‘n kans om ‘n jagnaweek vir twee te WEN ter waarde van R10 000!

Foto: Mike Viljoen

www.facebook.com/wildlandmag

Z6(i) FAMILYPRECISION IN EVERY SITUATIONStalking. Mountain hunting. Moving hunt. Safari. Hide hunting. Every type of hunting is special, each of them appealing and exciting in their own way. You are equipped for any of these scenarios with the Z6(i). This masterpiece from SWAROVSKI OPTIK has revolutionised the way we use rifl e scopes. It has a 6x zoom, thereby ensuring an impressive fi eld of view at low magnifi cation, as well as enabling you to recognise all the key details at high magnifi cation. You can choose from eight different models, which all essentially combine uncompromising optics with all the necessary fi ne settings. Perfectly adapted and already tried and tested more than 100,000 times. When seconds are crucial – SWAROVSKI OPTIK.

SEE THE UNSEENWWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

YOU CAN FIND OUR PRODUCTS AT EXCLUSIVE SPECIALIST RETAILERS AND ONLINE AT WWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

For your closest stockist, please contact Brad on 0861-005903

H21ND_SouthAfrica_A4_EN.indd 1 18.06.13 12:36

Page 4: WildLand - December 2014

4 WILD LAND Desember / December 2014

Toe ek vir Dan Compton van Federal by die lughawe aflaai en die sleutel van my Ford 2.2-dubbelkajuit draai, besef ek dat sy vir ’n diens moet gaan, maar ek dink ook daaraan dat Action Ford van Roodepoort ons nou amper vir ’n jaar borg met hierdie voertuig. Wildland bedank Action Ford vir hierdie borgskap want julle het ons op baie plekke help kom om al die interessante artikels en stories bymekaar te maak.

Nog ’n jaar is verby en watse wonderlike jaar was dit nie vir Wildland nie! Ons sirkulasiesyfers het met ongeveer 80% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar verbeter, wat Wildland tans die snelgroeienste jagtydskrif in Suid-Afrika maak. Dit is net te danke aan ons getroue lesers wat maand na maand Wildland koop en sommer ook vir hul vriende daarvan vertel. Daarvoor is ons baie dankbaar en hoop en vertrou dat ons dieselfde lojale ondersteuning in die toekoms sal geniet.

Ons adverteerders wat, soms onder moeilike omstandighede, getrou hul advertensies vir ons stuur, moet ook opreg bedank word. Geen tydskrif kan sonder advertensie-inkomste oorleef nie en dit is julle wat gehelp het om Wildland ’n suksesvolle jagtydskrif te maak. Wees verseker dat Wildland alles in ons vermoë sal doen om ons adverteerders te alle tye die nodige blootstelling te gee.

Die jaar is verby, dit is tyd om ’n ruskansie te neem. Vir die van julle wat op vakansie gaan, ry veilig en kom veilig terug. Geniet elke oomblik van jul vakansie want julle verdien dit na ’n jaar se harde werk, maar hou altyd matigheid voor oë. Laat ons ook nooit die werklikheid vergeet waaroor Kersfees gaan nie, naamlik die herdenking van die geboorte van ons Skepper. Vier Kersfees met die regte gesindheid en laat ons nooit vergeet nie dat alles wat ons besit en benut net deur die Skepper aan ons geleen word.

Ons wens julle almal ’n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.

Uit die heup uit / From the hip

Teken in op WILDLAND en staan ‘n kans om ‘n Savage Axis-geweer te WEN. Sien bl. 63SMS “Wildland” na 45633 om in te teken (R1,50 per SMS)

Subscribe to WILDLAND and stand a chance to WIN a Savage Axis rifle. See p. 63 SMS “Wildland” to 45633 to subscribe (R1,50 per SMS)

“Like” Wildland op Facebook en staan ‘n kans om ‘n jagnaweek vir twee te WEN ter waarde van R10 000!www.facebook.com/wildlandmag

!Ons wil graag die mening van ons lesers kry en dit in ‘n briewekolom publiseer. Stuur asseblief jul briewe aan [email protected]

We want to publish the opinion of our readers. Please send your letters to [email protected]

36

André van Dyk by die eerste leeu wat hy in 1990 in Botswana met sy .375 H&H geskiet het.

en die Wildland-span

Reguit skiet

The festive season is upon usVakansietyd is om die draai

and the Wildland team

Straight shooting

As I bid Dan Crompton from Federal ammunition farewell and turned the key in the ignition of my Ford Ranger 2.2lt Double cab the odometer reading reminded me that it was time for her to go for a service. Thanks to Action Ford in Roodepoort who had sponsored her for the past year, you helped us to bring all the wonderful articles and stories to our readers.

It has been a watershed year for Wildland magazine with the circulation numbers up 80% year on year making us the fastest growing hunting magazine in South Africa. This would not have been possible

without you, our loyal readers who month after month have not only supported us by purchasing the magazine but also by liking our Facebook page and sharing it with family, friends and colleagues. I would like to take this opportunity to personally thank you all for your support and may it continue into the future.

Advertising is the life blood of a magazine; without it a publication cannot survive. To our current advertisers who continuously support us by sending through your adverts on a monthly basis, sometimes under difficult circumstances, I would like to thank you all for your continued support and for choosing Wildland as a publication of choice in which to advertise. We will endeavour to ensure that you get the maximum amount of exposure at all times in order to assist you to grow your businesses.

The year is over and the festive season is upon us. For those of you who are travelling to holiday

destinations around the country and abroad travel safely and do not forget that Wildland is available in all the CNA and Exclusive Books stores in our major airports and the Engen garages on our national routes, so you do not have to go without your favourite magazine. Christmas celebrates the birth of Jesus Christ; it is a time of giving, sharing and family. Please spare a thought for those less fortunate and let us never forget that everything that we own and enjoy in life is through God’s grace.

I wish you all a Merry Christmas and a prosperous new year.

www.actionford.co.za

Page 5: WildLand - December 2014

5 WILD LANDDesember / December 2014

www.actionford.co.za

Page 6: WildLand - December 2014

6 WILD LAND Desember / December 2014

Wat, waar & wanneer What, where & whenStuur julle nuus:Ons nooi alle jag- en skietverwante organisasies uit om jul aktiwiteite aan ons te stuur - ons sal dit gratis publiseer. Stuur die bydraes aan [email protected]

KaapjagDatum Plek Geleentheid Kontak-persoon Kontak-nommer

2014/12/06 Koup .22 CHASA Baanskiet en Familieskiet - afsluiting Koos Nel 082 323 01512014/12/06 Weskus Afsluiting Marius Ungerer 083 524 70792014/12/06 WesBoland Mini Veldskiet en Jag simulasie: Remhoogte Albert Carstens 082 328 93532014/12/06 Sentraal Skietoefening / Gong uitdaging Jack Nel 083 544 56862014/12/13 Sentraal CHASA Praktiese Skiettoets, WCSU Bakkies Eksteen 083 301 90702014/12/13 Boesmanland Afsluitskiet Johann Strauss 083 231 1872

Beste jagstorieGoeie nuus vir alle storie-skrywers: Sadec

Trade, die vervaardigers van gekamofleerde skuilings, het ses “umbrella blinds” ter waarde van R550,00 elk bewillig vir die beste jagstorie wat vir die volgende ses maande deur Wildland gepubliseer word. Aan die einde van die ses maande sal ons ’n weer ’n wenner uit die ses maandelikse wenners kies en hy of sy sal ’n “Pop-Up Bush Blind” ter waarde van meer as R3 200,00 kry. So maak julle penne en potlode skerp en laat die ink na Wildland vloei! Wie weet, miskien slaan jou pen vir jou ’n mooi prys los. Stuur julle stories aan [email protected]. Ons opregte dank gaan aan Sadec Trade vir hierdie wonderlike pryse. Kontak Shayne op 082 570 1560 vir meer inligting, of stuur ’n e-pos aan [email protected]. "Pop-up blind" "Umbrella blind"

Wendie Potgieter, Suid-Afrika se eie ystervrou van die wapenbedryf, is op 3 Oktober 2014 in die ouderdom van 69 jaar, oorlede.

Wendie is van Britse herkoms en het as jong vrou na Suid-Afrika geïmmigreer. Na die egskeiding van haar eerste man is sy met dr. Lucas Potgieter getroud.

Die Potgieters het ’n uiters suksesvolle vuurwapenwinkel, Die Kruitvat, tot stand gebring en dit saam-saam bedryf tot die skielike dood van dr. Lucas in ?

Hierna het Wendie, alhoewel sy ’n kankerlyer is, die besigheid alleen verder gevoer en as vrou haar eie merk op die wapenbedryf van Suid-Afrika gelaat.

Sy het daarna gestreef om Mauser-produkte, waarvoor dr. Lucas ook so lief was, meer prominensie in ons land te gee. Sy het dit baie suksesvol gedoen en Mauser letterlik op die jagterskaarte van ons land geplaas.

Dr. Lucas het altyd na Wendie as “My mooi Ingelsman” verwys, maar hy kon haar ook heel waarskynlik sy eie “Maggie” genoem het, want sy het net soveel “staal” in haar gehad as die oorspronklike “ystervrou”, Margaret Thatcher.

Alhoewel Wendie se stoel leeg is, sal sy sekerlik deur die Suid-Afrikaanse jagters as ’n vriendelike en suksesvolle sakevrou onthou word, iemand wat altyd tyd vir ander gehad het en wat altyd bereid was om te help.

Wildland wens die familie alle sterkte toe vir die toekoms. Niks kan die wonde heel nie, maar Wendie se mooi nagedagtenis maak dit darem ’n bietjie makliker. Mag Die Kruitvat van krag tot krag gaan ter ere van Wendie, want dit is wat sy wou gehad het!

Huldeblyk aan Wendie Potgieter

Page 7: WildLand - December 2014

7 WILD LANDDesember / December 2014

IWA15_210x275_SA_ENG_WILDLAND_WM_10-2014.indd 1 21.10.14 09:54

Page 8: WildLand - December 2014

8 WILD LAND Desember / December 2014

Die Mauser M12 – Terug op die spoorDeur Pierre van der Walt

Die Mauser M12-geweer

Ek is ’n bykans fanatiese liefhebber van Mauser K98 sentervuur- en Mauser B-reeks-randslaggewere en besit dosyne van die goed. Dit was dus uiters pynlik vir my om te sien hoe Mauser gedurende my leeftyd rigtingloos rondgeploeter het met talle, soms sinnelose grendelaksie-ontwerpe.

Dit het begin met die fassinerende M66 met sy teleskopiese grendel en is opgevolg met die redelike M-77. Daarna is dit asof Mauser in ’n byna waansinnige siklus verval het van gereelde verandering wat aan desperaatheid gegrens het. Ontwerpe soos die M94, M96, M97, M201 en M225 is verwoed die mark in geslinger, maar het genadiglik almal platgeval. Ek bedoel eerlikwaar nie om op eienaars van die modelle se tone te trap nie en vra by voorbaat verskoning as ek dit doen, maar soms moet mens maar die stang byt en die waarheid praat. Hierdie gewere was bloot gewere – niks meer nie en definitief nie gelykstaande aan die M98 wonderkind nie.

Nadat Blaser Mauser by Rheinmetall oorgekoop het en vervaardiging na Isny verskuif het, het daar ’n amper saligheid

oor Mauser geval. Die wonderkind se plek is eerstens in ere herstel en dit het Mauser se reputasie baie goed gedoen. Dit is gevolg deur ’n tydperk van rustigheid voor die M03 bekend gestel is en die M03 was ’n antwoord op ’n spesifieke behoefte; veral in die Europese mark. Weer eens was daar nege jaar kans om asem te skep voordat Mauser ’n nuwe model gerig op ’n spesifieke mark aangekondig het: die M12.

Soms faal ’n mens se logika jou. Toe ek die splinternuwe Mauser M12 die eerste keer optel, het ek ’n verskriklike sterk gevoel van déjà vu ervaar. Ek kon sweer ek het die geweer al vantevore gesien. Ek het die geweer uitmekaar gehaal en hoe meer ek na die onderskeie onderdele gekyk het, hoe sterker het die gevoel geword dat die Mauser-grendel se skag en nokke darem erg na die van die Sauer M-101 lyk. So ook die magasyn. Ek het soos ’n aap gevoel toe dit my soos ’n donderslag tref! Die twee gewere word onder dieselfde dak gemaak en dis hoegenaamd nie snaaks dat hulle sekere onderdele kan deel nie. Wat my gegooi het, is die feit dat die rompe, grendelhulse en veiligheidsknippe radikaal verskil het. Duidelik is die Mauser M12 en die Sauer M-101 nie dieselfde geweer onder verskillende name nie.

Selfs na hierdie gewaarwording was

ek ongemaklik. Daar was iets anders aan die M12 wat ek al iewers in my donker geweerverlede gesien het. Met die M12 op my skoot het ek my gedagtes op my geweerpad teruggestuur: model vir model, en toe kry ek hom, of liewer hulle, by ’n uitspanplek uit my kinderjare. Die Mauser 3000, oftewel Heym SR10. Dit was ’n geweer wat Heym ontwerp het en wat gedurende die sestigerjare ook deur Mauser onder sy eie naam bemark is. As kind het ons buurman een gehad. Die Heym het mettertyd die Heym SR21 geword en dit word nou nog gebou. Die M12 se grendelhuls en veiligheidsknip lyk en werk op ’n haar na soos die van die Heym SR21.

Dit is ’n uitstekende stelsel. Die huls bied goeie gasbeheer en het ’n drieposisie-syswaai-veiligheidsknip op die regterkant van die huls, wat veilig is agter en kan skiet as dit in die voorste posisie is. Dit sluit ook die slagpen vas tydens beveiliging. Die ontdekking het vrede in my gemoed gebring. Ek ken die Mauser M12 ten dele in ander vorms en ek was nog altyd beïndruk met die onderskeie komponentgroepe. Die Sauer M-101 se grendelkop en magasyn se lof het ek al vroeër besing. Almal weet darem seker al van my voorliefde vir die Winchester M-70 en die Heym SR21 en Mauser M12

8 Desember / December 2014WILD LAND

Page 9: WildLand - December 2014

9 WILD LANDDesember / December 2014

se grendelhulse en veiligheidsknippe is direkte uitvloeisels van die Winchester s’n.

Voeg nou daarby ’n klassieke kolf in elegante Derdewêreld-styl, eerder as ’n bonkige Germaanse weergawe daarvan, die mees tradisionele lyne en formaat uit die stal, Blaser-tegnologie en -vakmanskap, gehamerde lope gemeenskaplik aan die Blaser- en Sauer-reekse en ’n relatief billike prys en mens eindig met ’n geweer in ’n trilogie van keuses uit die Isny-stal wat almal weer eens die Mauser-naam gestand doen.

Dis ’n dem verligting dat Mauser nou weer gewere maak wat mens nie aan jou broer in die tronk herinner nie, maar oor kan pronk soos ’n mooi dogter met goeie sedes.

Die Mauser M12 moet in perspektief gesien word. Die Mauser M-98 is en bly die maatskappy se pronkstuk en mens moet ses syfers se blare uit jou gatsak kan trek om daai meisie bed toe te vat. Sy kom teen ’n prys. Die M03 is die Blaser M8 se suster en hulle is soos kantoorpakkies wat jy kan meng-en-pas om die behoefte van die oomblik te vervul. Uiteraard kom die buigbaarheid en ekstras van hierdie klas professionele assistent wat ten enige tyd aan al die baas se perverse behoeftes kan voldoen teen ’n prys.

Die M12 daarenteen is goedkoper. Nie omdat sy sleg is nie, maar omdat sy sonder buitensporige aansprake en behoeftes kom. Jy kan haar nie verander om elke bui te pas nie. Daar is niks “high maintenance” aan haar nie. Sy is ’n meisie wat haar gimnaslyfie uitgeslape agter bril en bolla verskuil. Jy kry wat jy vat, maar boeta, as sy daai bolla losmaak en daai bloesie oopknoop…!

Kom ons raak ernstig. Die Mauser M12 se grendel beskik oor drie rye dubbelsluitnokke wat direk in die agterkant van die loop sluit. Direkte tsluiting tussen grendel en loop is ongetwyfeld die mees stabiele en sinvolle sluitmeganisme wat bestaan want dit verminder vibrasie en wring van die aksie wanneer ’n skoot afgevuur word. Die gebruik van drie stelle sluitnokke verminder ook grendelrotasie tydens die

oorhaal van die wapen en beteken dat die teleskoop maklik en laag gemonteer kan word. Omdat die M12 span as die grendelarm gelig word en die slagpenveer met min beweging saamgepers moet word, is die grendels van sulke ontwerpe geneig om effens moeiliker oop te maak as ontwerpe wat deur 90° draai soos die Mauser M-98, maar mens raak gou daaraan gewoond.

Die uittrekker op die M12-grendel is in een van die voorste sluitnokke versink. Dis lekker breed en werk seepglad. Anders as op die meeste ander gewere het die M12 nie net een domper-soort uitwerper wat in die grendelkop versink is nie, maar twee. Die dop word dus uiters positief uitgegooi by die lekker groot uitwerpopening.

Die Mauser M12 se veiligheidsknip sit op die regterkant van die grendelhuls. Mauser noem dit die sogenaamde SRS (Smooth Roll Safety). Ek noem dit die Heym-veiligheidsknip. Soos reeds vermeld, is dit ’n syswaai-soort met drie posisies. In die heel agterste posisie is die geweer veilig, die slagpen geblok en kan die grendel nie oopmaak nie. In die middelste posisie bly die wapen beveilig, maar die grendel kan oop en toe. In die voorste posisie is die wapen in battery en kan dit afgevuur word. Die veiligheidsknip werk glad en geluidloos. Die grendelhuls se agterkant het ’n klein gaatjie waaruit die slagpen se agterkant steek sodat mens kan sien of die wapen gespan is al dan nie.

Die M12 beskik oor ’n verwyderbare sintetiese dubbelkolom-magasyn wat vyf standaard- en vier gordeldop-patrone sluk. Dit is aansienlike kapasiteit en beteken dat die M12, soos die uwe, effe dik-

in-die-dif voorkom. Die lekker van die M12-magasyn is dat mens patrone in die magasyn deur die uitwerpopening kan laai terwyl die magasyn in die geweer is. Alternatiewelik kan jy die magasyn verwyder en dit dan só laai. Die magasynplaat onderaan die magasyn is van metaal. Die magasynknip is ’n knop in die voorgreep net voor die magasyn. Mens plaas doodeenvoudig jou hand onder die magasyn en druk die knop met jou wysvinger. Die magasyn val dan gerieflik in jou hand. ’n Geriefliker knip as op die M12 bestaan nie.

Die M12 kom sonder korrel of visiere. ’n Teleskoop is dus noodsaaklik. Nog ’n goeie idee wat in die Mauser M12-romp ingesluit is, is dat dit doodgewone Mauser M-98-basisse gebruik vir teleskoopmontering. Dis volop en bekostigbaar.

As mens die M12 uitmekaar haal, dan wil dit lyk asof die gehamerde loop nie in die romp ingeskroef is nie, maar styf inskuif en dan met ’n borgpen in plek gehou word. Uiteraard kon ek die dele nie skei om dié aanname te bevestig of weerlê nie. Logika wil my egter laat dink dat die Mauser M12-loop presies net soos die Sauer M-101 met die groep se sogenaamde Heat-Lock-proses in die romp vasgekrimp word.

Die kolfhout op die M12 wat ek onder oë gehad het, is redelik plein. Ruitwerk op die Amerikaans klassieke styl is duidelik

Kwangulule Lodge het ‘n groot en gerieflike kamp wat baie mense kan huisves.

Die M12 se hulsgemoteerde 3-posisie veiligheids-knip lyk soos die Heym s'n, maar werk sso die van 'n Winchester M-70.

9 WILD LANDDesember / December 2014

Page 10: WildLand - December 2014

10 WILD LAND Desember / December 2014

met laser gedoen eerder as om die koste van handsnywerk op te hoop. Die hout is geseël met ’n sintetiese hars om dit teen die elemente te beskerm.

Die M12 beskik oor ’n heel aangename sneller. Dis ’n enkelfase-tipe wat lig en skoon breek en is nie te smal nie. Ek het nie kans gehad om die snellerdruk te meet nie, maar skat dit ’n snars onder 1,0 kg. Die M12-handleiding bied geen instruksies of aanduiding oor hoe om die sneller te verstel nie. Interessant is die feit dat paragraaf 4 van die waarborgvoorwaardes lees: “The warranty shall be excluded in the event of repairs, treatments or changes to the gun performed by third parties.” Dit beteken dat die waarborg verval as iemand aan die sneller sou karring.

Die afwerking van die M12 se staalwerk is blykbaar “ceramic pelletized and blued”. Ek vertolk dit as gesandblaas met keramiekpêrels en dan verblou. Die gevolg is ’n duursame dofswart afwerking wat ook baie prakties is.

Die M12 is in die volgende kalibers beskikbaar: .22-250 Rem, .243 Win, 6,5x55mm, .270 Win, 7x64mm Brenneke, 7mm Rem Mag, .308 Win, .30-06 Springfield, .300 Win Mag, 8x57mm JS, .338 Win Mag en 9,3x62mm. Die geweer wat ek onder hande gehad het, het ongeveer 3 kg geweeg sonder ’n teleskoop en net onder die 4 kg met teleskoop. Dit is dus ’n lekker handige bosgeweer.

Op die baanSoos enige ander geweer kan mens

verwag dat die M12 verskillende akkuraatheid met verskillende ammunisie sal lewer. Ek is ’n bosjagter en het min belangstelling in benchrest-skiet want ek is te ongeduldig van aard om ure en dae te spandeer om ’n wapen wat akkuraat genoeg skiet om ’n bok op 300 meter plat te trek nog kleiner groeperings te laat skiet. Die M12 is tot sub-minuut-groeperings in staat met die regte fabrieksammunisie en ongetwyfeld tot beter met professionele handladings. Dis goed genoeg vir my.

In die veldOns kon nie wag om die Mauser M12 in

die jagveld te toets nie. Die geleentheid het gekom toe ons uitgenooi is na Kwangulule Lodge waar ons ook sekere van die skootplasingartikels gedoen het. Tydens ons verblyf daar het ons ’n paar diere geskiet, maar die moeilikste kalant, die blouwildebees, vir die Mauser M12 in .308 Win-kaliber gelos. Die ammunisie wat ons gebruik het, was 180gr Federal Trophy Bonded Tip. Die skoot is hoog agter die blaaie deur en ek hoor nog hoe André swets want hy het dadelik geweet die skoot was ietwat te hoog. Maar gelukkig het die wildebees nie ver gehardloop nie en het ’n baie duidelike bloedspoor gelos.

Toe ons haar 200 meter verder kry, was sy reeds dood. Ons het soos ware “boere” van ouds gevoel met die Mauser in ons hande en dit is juis in die jagveld waar Mauser hom nog altyd onderskei het as een van die top-vervaardigers.

OpsommingDaar is uiteraard min te kies tussen die

Mauser M12- en die Sauer M-101 susters. Die Sauer se veiligheidsknip is geriefliker terwyl die Mauser se uitwerpopening weer in my smaak val. Ek is gewoond aan dubbelkolom-magasyne en anders as met die Sauer hoef ek nie die Mauser se magasyn te verwyder nie. Hoe dit ook al sy, ek sal tevrede wees met enige van die tweetjies, maar die Mauser pas my gewoontes beter.

Die teleskoopDie teleskoop wat saam met die

Mauser M12 gekom het, was weer eens ’n Zeiss. Ons het die maatskappy en die V8-teleskoop redelik onlangs in diepte bespreek en ek is seker dat lesers verveeld sal raak as ons dieselfde koeie na al weer ophaal. Dié deel van die gebruiklike bespreking word dus dié maand oorgeslaan.

Mauser se geskiedenisDie Mauser-naam word wêreldwyd

hoog aangeslaan en met sukses vereenselwig, maar die waarheid is dat die maatskappy sedert die bekendstelling van

die uiters suksesvolle Mauser M-98 116 jaar gelede omtrent net harde bene gekou en telkens kleigetrap het. Sedert Blaser Jagdwaffen die Mauser-maatskappy in 1999 bekom het, is Mauser egter vinnig besig om tot sy oorspronklike glorie te herstel. Die modelreeks en markaandeel groei stadig maar seker en tans bied die maatskappy die Mauser M98 (1999) in standaard- en magnum-konfigurasie, die Mauser M03 (2003) met wisselbare lope en ook die nuwe bekostigbare M12 (2013).

Mauser het sy ontstaan in die Konigliche Württembergische Waffenfabrik (Koninklike Württembergse Wapenfabriek) (KWW) in Ludwigsdorf gehad. Peter Paul Mauser, wat bestem was om een van die wêreld se mees befaamde wapenontwerpers te word, het in ’n stadium by die onderneming in Ludwigsdorf gewerk. Die maatskappy is mettertyd na Oberndorf verskuif. Oberndorf was Mauser se tuisdorp en hy het ook daarheen teruggekeer.

Met sy aankoms in Oberndorf het Paul Mauser saam met sy broer Wilhelm, wat ook by KWW gewerk het, verbeterings begin ontwikkel vir die primitiewe agterlaaiers van daardie era. Dit het die ontwerp van die Mauser M71 tot gevolg gehad. Die wapen was ’n onmiddellike sukses en is as die Duitse diensgeweer aanvaar en het aanleiding gegee tot die stigting van die maatskappy Gebrüder Wilhelm und Paul Mauser op 23 Desember 1872.

Dit was ’n slim en waarskynlik weldeurdagte skuif, want die KWW het in daardie stadium swaar getrek en die Mausers het aangebied om dit vir sowat 100 000 gilde te koop. Hul aanbod is verwerp, maar die Württemberg Militêre

Die klassieke kolfstuk en traandruppel wangstuk van die M12 voldoen aan ons Boere se smaak en behoeftes.

Hoe meer die skrywer met bandskakels op die voorpunt van die voorgreep soos op die M12 te doen kry, hoe meer logies en prakties vind hy dit.

Korrels en visiere is eintlik oorbodig op vlaktewild gewere. Sekere M12 modelle beskik egter oor baie goeie rigmiddels.

Die kamers van Kwangulule Lodge is groot en baie gerieflik uitgelê en elke jagter sal sommer dadelik tuis voel.10 Desember / December 2014WILD LAND