tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewWie dan nog nie wil kies nie, kies téén...

96
INLEIDING Jy neem nou dus ook deel aan die katkisasieklasse. Katkisasie- dit is eintlik maar ‘n vreemde woord, wat jou nooi om allerhande skertsende benamings van te maak, soos kattebak. Jy het natuurlik al verstaan dat ons van katkisasie praat omdat ons daar die Heidelbergse Kategismus bespreek. Kategismus is ook ‘n vreemde woord. Dis Grieks en beteken soiets soos: Leerboek. En kategese beteken: onderrig. Hierdie Griekse woorde stam uit die tyd wat daar in die kerk nog baie Grieks en Latyn gebruik is. Die Katkisasie is dus in elk geval bedoel om jou iets te leer. Is jy ook bereid daartoe? Is jy lus om iets te leer? Dit hang af natuurlik van wat ‘n mens daar leer. Wel, die Kategismus is maar net ‘n opsomming van ‘n baie belangriker leerboek: die Bybel. En die Bybel leer ons nie IETS nie. Geen teorie, geen lewensoortuiging of soiets nie. Deur die Bybel leer ons IEMAND ken. Ons Drie-enige God. Die Bybel leer ons om God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees lief te kry. Het jy geweet dat die Hebreeuse woord ‘kennis’ in die Bybel dikwels dieselfde betekenis het as ‘liefhê’? Maar dis nie vreemd nie. Daardie twee behoort mos ook bymekaar. Hoe sal ‘n mens iemand kan liefhê vir wie jy glad nie ken nie? Maar andersom ook: as jy lief is vir iemand wil jy hom of haar ook al hoe beter leer ken. Hierdie katkisasielesse wil jou help om ons God al hoe beter te leer ken en liefhê. Met kennis wat nie net in jou kop moet bly hang nie, maar na jou hart moet afsak. Sodat dit jou help om jou hele lewe al hoe meer in liefde aan God toe te wy. Ek hoop jy gaan die gebruik van hierdie boek daarom al hoe meer geniet. Ds Ferdinand Bijzet

Transcript of tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewWie dan nog nie wil kies nie, kies téén...

INLEIDING

Jy neem nou dus ook deel aan die katkisasieklasse. Katkisasie- dit is eintlik maar ‘n vreemde woord, wat jou nooi om allerhande skertsende benamings van te maak, soos kattebak. Jy het natuurlik al verstaan dat ons van katkisasie praat omdat ons daar die Heidelbergse Kategismus bespreek. Kategismus is ook ‘n vreemde woord. Dis Grieks en beteken soiets soos: Leerboek. En kategese beteken: onderrig. Hierdie Griekse woorde stam uit die tyd wat daar in die kerk nog baie Grieks en Latyn gebruik is.

Die Katkisasie is dus in elk geval bedoel om jou iets te leer. Is jy ook bereid daartoe? Is jy lus om iets te leer? Dit hang af natuurlik van wat ‘n mens daar leer.Wel, die Kategismus is maar net ‘n opsomming van ‘n baie belangriker leerboek: die Bybel. En die Bybel leer ons nie IETS nie. Geen teorie, geen lewensoortuiging of soiets nie. Deur die Bybel leer ons IEMAND ken. Ons Drie-enige God. Die Bybel leer ons om God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees lief te kry. Het jy geweet dat die Hebreeuse woord ‘kennis’ in die Bybel dikwels dieselfde betekenis het as ‘liefhê’? Maar dis nie vreemd nie. Daardie twee behoort mos ook bymekaar. Hoe sal ‘n mens iemand kan liefhê vir wie jy glad nie ken nie? Maar andersom ook: as jy lief is vir iemand wil jy hom of haar ook al hoe beter leer ken.

Hierdie katkisasielesse wil jou help om ons God al hoe beter te leer ken en liefhê.Met kennis wat nie net in jou kop moet bly hang nie, maar na jou hart moet afsak. Sodat dit jou help om jou hele lewe al hoe meer in liefde aan God toe te wy.Ek hoop jy gaan die gebruik van hierdie boek daarom al hoe meer geniet.

Ds Ferdinand Bijzet

LES 1 - KATKISASIE TUSSEN DOOP EN NAGMAAL

A. Hoe dink jy?

Skryf op 'n vel papier: wat jy dink die doelwit van

die katkisasies is; wat jy van die persoon wat

die katkisasies aanbied, verwag;

wat jy van die ander katkisante verwag;

wat die kategeet en die ander katkisante van jou mag verwag;

wat jy dink aan die Katkisasies kan/moet verbeter word. Daarby kan jy ook die lesmateriaal en die leslokaal betrek.

Vervolgens bespreek julle dit saam.

B. Waarom Katkisasie? Van die doop na die nagmaal!

Kom ons probeer nou saam die bedoeling van die Katkisasies verstaan.Verstaan jy wat met die opskrif bo hierdie paragraaf bedoel word?Jy is gedoop. Reeds as baba het jy daardie sakrament ontvang.Want vanaf jou geboorte (ja, eintlik al daarvoor, toe jy in jou Ma se buik

begin groei het) het die HERE jou as sy kind aangeneem. Hy het ‘n verbond met jou gesluit, soos eendag met Abram.

Vraag: 1. Wat bedoel die Bybel met die woordjie ‘verbond’?2. Die Gereformeerde Kerke verdedig die kinderdoop teenoor sektes wat slegs 'n grootdoop aanvaar. Wat sê ons Doopsformulier oor die

kinderdoop? En hoe verdedig Sondag 27 HK die kinderdoop?

Jy is dus al vanaf jou geboorte net soos die volwassenes in God se gemeente ingesluit. Maar jy mag nog nie die Nagmaal saamvier nie. In ons kerke word kinders nie aan die Nagmaalstafel toegelaat nie. Hoekom

nie? Hoekom is daar dan vir jou geen stoel aan die tafel van die Here nie en moet jy op jou sitplek bly sit?Hoekom verdédig die Gereformeerde Kerke die kinderdoop en hou hulle kinders van die nagmaal af weg?

Om dit te verstaan moet ons na die verskil tussen hierdie twee sakramente kyk. Biede die Doop en die Nagmaal verduidelik en onderstreep dat God ons sondes wil vergewe, danksy Christus se offer op Golgota. Maar daar is wel verskil tussen die Doop en die Nagmaal. Kom ons vergelyk dit: BY DIE DOOP: BY DIE NAGMAAL:

is jy passief is jy aktief

want: want: jy word gedoop jy vier die Nagmaal jy ontvang die water jy neem die brood en die

beker en jy eet en drink Jy is net een keer gedoop Jy vier telkens weer die

Nagmaal

Die DOOP wys die BEGIN van God se verbond met ons aan.By die Doop is dit nog die HERE wat eintlik alles doen. Hy sluit sy verbond met 'n sondige mens en waarborg dit met die water. Die Doop vertel dat God ook jou in sy groot liefde tot sy kind gekies het. Hoe dikwels is jy bewus van daardie liefde?

By die Nagmaal doen die HERE nog steeds iets: in brood en wyn gee Hy aan ons die waarborg van sy vergewende liefde.Maar ons doen nou ook iets! Ons aanváár sy vergewing en beántwoord sy liefde. Ons kom haal as 't ware die versoening van ons sondes aan sy tafel. En versterk ook van ons kant die verbond wat God met ons gesluit het.Die NAGMAAL vier ons dus die VOORTGANG van die verbond.In ‘n goeie verhouding kan die liefde mos nie steeds van een kant af bly kom nie. Dit moet van weerskante kom. Die Heilige Gees sorg daarom daarvoor dat ons na ons Doop van passiewe kinders tot aktiewe Christene groei.Ons sou die voortgang in God se verbond so kon saamvat:

DIE VERBOND ONTSTAAN EENSYDIG (net van God se kant af, ons is nog passief)

MAAR GOD WIL HÊ DIE VERBOND BESTAAN DAARNA TWEESYDIG (nou ook van ons kant af, ons moet aktief word)

Opdrag vir die volgende keer: Leer hierdie samevatting van buite.

Dit vat egter wel tyd om van 'n kind wat passief gedoop is, ‘n aktiewe Christen te word. Voordat jy die Nagmaal bewus en oortuig kan saamvier, moet jy groei in liefde. En van belangrike sake bewus raak. In ons Nagmaalsformulier word dit in drie punte saamgevat.

Opdrag: Lees wat ons Nagmaalsformulier sê oor die selfondersoek wat nodig is om te kan Nagmaal vier.

Dit wat ons Nagmaalsformulier noem as voorwaarde om die Nagmaals te kan saamvier, lees ons ook in die Heidelbergse Kategismus in Sondag 30:

Sondag 31 HK, vraag 81: Wie moet na die nagmaalstafel van die Here kom?

Antwoord: Hulle wat vanweë hulle sondes 'n afkeer van hulleself het

maar tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is en dat die swakhede wat nog oor is, met sy lyding en sterwe bedek is;

terwyl hulle ook begeer om hulle geloof hoe langer hoe meer te versterk en hul lewe te verbeter.

Maar die huigelaars en die wat hulle nie tot God bekeer nie, eet en drink 'n veroordeling oor hulleself.

C. Drie dinge.

In die kategismusvraag hierbo word drie dinge genoem wat nodig is om die nagmaal reg te kan vier. Hierdie drie dinge is ook al by jou doop genoem. Toe is gesê dat die Doop:

ons vermaan om vanweë ons sondes 'n afkeer van onsself te hê; ons terselfdertyd leer dat ons sondes afgewas word; ons vermaan en verplig tot 'n nuwe gehoorsaamheid.

Met ander woorde: die Doop het al dadelik gewys watter pad God saam met jou wou loop. By die Nagmaal moet dit egter duidelik wees dat ook jy daardie pad saam met God wil loop. Weer word dan daardie drie dinge genoem:

Om die Nagmaal te kan vier moet jy jou sonde ken:Jy moet weet:

wat is sonde? waarvandaan kom die sonde? hoe erg is die sonde? watter straf verdien ons vanweë ons sonde?

Om die Nagmaal te kan vier moet jy aan die vergewing van sondes glo:Jy moet weet:

die vergewing moes verdien word; ons kon dit nie self verdien nie; 'n Borg moes dit in ons plek verdien; hierdie Borg moes God en mens wees; Jesus Christus is daardie Borg; slegs deur die geloof in Hom kry ons vergewing; sy Heilige Gees werk en versterk die geloof.

Om die Nagmaal te kan vier, moet jy in 'n nuwe gehoorsaamheid lewe.Jy moet weet:

wat jou houding teenoor God moet wees; wat jou houding teenoor jou naaste moet wees; wat jou houding teenoor hierdie sondige wêreldmoet wees.

D. Drie ‘waterkuile’.

Is dit drie skofte wat ‘n mens na mekaar moet aflê om by die nagmaaltafel uit te kom? Daar is christene wat so dink: eers moet jy ‘n pad stap waarop jy jou sondes al hoe beter begin besef sodat jy al hoe kleiner word vir God; daarna volg daar ‘n moment van bevryding, dié dag wat jy Christus as jou verlosser aanneem; en van daar af leef jy as ‘n nuwe mens in dankbaarheid met God en jou naaste.Dit is egter nie wat die Bybel leer nie. Hierdie drie onderdele van ‘n christenlewe is aldrie terselfdertijd by jou aanwesig.

Kom ons vergelyk dit met drie waterkuile wat ‘n kind op die strand gegrawe het, en wat hy met slootjies aan mekaar verbind het. As die een kuil (van jou sondebesef) vol water gegooi word, stroom ook die kuil van die besef van jou verlossing deur Christus en die kuil van jou begeerte om ‘n ander, ‘n beter mens te mag word, vol. Word die kuil van die blydskap oor Christus se verlossingswerk volgegooi,

stroom ook die kuil van jou sondebesef vol: so diep moes my Heiland Homself terwille van my verneder! En terselfdertyd stroom ook die kuil van jou begeerte om ‘n ander, ‘n beter mens te mag word, vol.

Vraag:Kan jy hierdie vergelyking nou volmaak vir wt betref die derde kuil? Wat gebeur wanneer die kuil van jou verlange om ‘n nuwe mens voor God te mag word, volgegooi word?

E. Katkisasie: jou drie ‘waterkuile’ word volgegooi.

Van kleinsaf geleer word as ‘t ware jou drie ‘waterkuile’ telkens weer volgegooi. Deur jou ouers, in die skool, deur die preke in die kerk....Maar nou ook in die katkisasieklas. Die Katkisasie is 'n hulpmiddel om jou te begelei van jou Doop na die Nagmaalstafel toe. Daarom is jy hier! Tussen Doop en Nagmaal.Die Kategismus wat ons hier gaan behandel is 'n wonderlike hulpboekie om jou te leer nadink oor jou sonde, oor die verlossing van jou sonde deur Jesus Christus, en oor die nuwe lewe van dankbaarheid wat daar by jou moet groei.

Lees:Kyk 'n bietjie in vraag en antwoord 2 van Sondag 1 hoe die Kategismus ingedeel is!

Die mikpunt Katkisasie is dus, dat jy ook eendag die liefdevan die HERE vir jou aan die Nagmaalstafel sal beantwoord.

F. Geloofsbelydenis tussen doop en nagmaal.

Jy weet natuurlik al, dat katkisante in Gereformeerde Kerke eers aan die

Nagmaalstafel toegelaat word, nadat hulle in die openbaar hulle geloof bely het. Waarom word dit so gedoen?Die kerkraad ondersoek die katkisante wat die nagmaal wil saamvier eers om te bepaal of hul inderdaad van hul Doop na die Nagmaalstafel toe gegroei het. En dus die nagmaal kán saamvier. As die uitslag van daardie ondersoek gunstig is, mag hulle te midde van die gemeente hul geloof bely. Dit is sodat die hele gemeente kan weet dat daar by hierdie gedoopte verbondskinders in reaksie op die HERE se liefde by hulle ook ‘n sterk liefde vir Hom gegroei het.

Vraag: Wanneer 'n kerkraad belydeniskatkisante ondersoek, let hy nie allereers daarop of almal hul katkisasielesse mooi geleer het nie.Waarop dink jy sal 'n kerkraad die meeste let?

Maar waarom moet die Katkisasie so lank duur? Waarom kan kinders nie baie vroeër belydenis aflê en tot die Nagmaalsviering toegelaat word nie?Hoekom lê die meeste katkisante eers geloofsbelydenis af as hulle 18 of 19 jaar oud is?

Elke seun en dogter gaan deur die die moeilike lewensfase van die pubertyd. In daardie tyd aanvaar jy nie meer sommer alles wat jou ouers, jou onderwysers en jou dominee vir jou vertel nie. Jy leer om selfstandig krities na te dink. In daardie jare kom daar ook twyfel, kwelvrae m.b.t. die Bybel: Is die Bybel waar?! Het alles regtig so gebeur soos dit daar staan?! As God bestaan, hoekom ervaar ons dan dikwels so weinig van Hom........?!Eers as jy deur daardie moeilike lewensfase heengekom het en jou geloof in dié tyd sterker geword het, is jy reg om belydenis te kan doen.

Maar dan moét jy ook jou geloof openlik bely en jou plek aan die Nagmaalstafel inneem. God se keuse vir jou vra om jou antwoord.Wie dan nog nie wil kies nie, kies téén die God van die verbond. En dan kom daar ‘n dag, indien daar geen verandering optree nie, dat die kerkraad moet vasstel dat hierdie verbondskind nie ‘n kind van die HERE wil wees nie. En daarom ook nie langer ‘n lidmaat van sy kerk kan wees nie.

G. Huiswerk

Leer: Sondag 31 vraag en antwoord 81 HK.Doen: Wat sou jy, na jullie hierdie les bespreek het, wil verander of aanvul in die opmerkings wat jy heel in die begin van hierdie les neergeskryf het?

LES 2 - PADKAARTE

A. God stap ‘n pad met ons.

Opdrag: Skryf in nie meer as vier reëls nie wat vir jou die belangrikste boodskap van die Bybel is.

Jy het nou probeer om ‘n baie kort opsomming van die Bybel te skryf. Ons het as Gereformeerde Kerke ‘n hele paar van sulke opsommings. Soos die Heidelbergse Kategismus. Hoekom is hulle nodig? Daaroor gaan dit in hierdie les.

In die vorige les het ons gesien dat daar 'n voortgang is in die verbond wat God met ons gesluit het.

God het vanaf ons geboorte ‘n pad met ons begin stap.Die HERE het jou by jou geboorte op sy weg geplaas. So noem die Skrif dit op baie plekke. Ons mag met die HERE wandel. Hy neem ons saam na sy toekoms, die nuwe aarde, toe.

Opdrag: Soek in die Bybel 'n aantal tekste waarin ons lees van die ‘weg’ van die HERE. Ken jy in die Bybel ook voorbeelde van mense wat met die HERE ‘gewandel’ het?

Die HERE het vir ons die Bybel gegee as ‘n soort padkaart wat ons kan help om die weg van die verbond te vind en te bewaar. Deesdae sou ons sê: die Bybel is ons GPS. Kom ons lees saam Psalm 119: 105 en 130.

B. Ons kan verdwaal.

Die Bybel gee egter soveel informasie oor die pad van die HERE, dat ‘n mens maklik daarmee kan verdwaal. As jy vir iemand wat nie in God glo nie, moet vertel waaroor dit in die Bybel gaan, sal jy dan die Bybel heeltemal aan hom begin voorlees? Dan sal jy die hoofboodskap vir so iemand moet probeer saamvat. Soos jy aan die begin van hierdie les gedoen het.

Reeds baie mense het met die Bybel heeltemal verdwaal. Terwyl hulle hul steeds op die Bybel beroep. Hulle het ‘dwaalleraars’ geword.

Vraag:Kan jy dinge in die Bybel noem wat jy nie mooi verstaan nie?Ken jy mense wat met 'n beroep op die Bybel nogtans dwaal?

Ons mag die HERE baie dankbaar wees dat Hy, weens die gevaar dat ons met die Bybel in die hand nogtans (ver)dwaal, in die loop van die kerkgeskiedenis "hulp-kaarte" aan sy kerk gegee het. Gelowige en wyse mannen het opsommings van die Bybel geskryf, wat vir ons net die ‘deurpad’ wys. Agterin ons kerkboek staan daar zes BELYDENISSKRIFTE waarin die hoofsaak van die Bybel vir ons oorsigtelik saamgevat is.

Uit die inleiding bo hierdie Belydenisskrifte kan jy sien dat die meeste van hulle ontstaan het in reaksie op 'n dwaling wat baie kerklidmate in verwarring gebring het:

Opdrag:Soek in jou Kerkboek die belydenisskrifte, wat na die Psalms en Skrifberymings staan.

As gevolg van watter dwalings het die geloofsbelydenis van Nicea ontstaan?

En die geloofsbelydenis van Atanasius ? En die Nederlandse Geloofsbelydenis ? En die Heidelbergse Kategismus ? En die Dordtse Leerreëls ?

Vraag:Waarvoor sou jy vir jouself hierdie belydenisskrifte kon gebruik?

C. Die Heidelbergse Kategismus.

Ons sal in hierdie kategeselesse veral die Heidelbergse Kategismus gebruik om die deurpad in die Bybel te leer raaksien. Hierdie belydenisskrif is meer as 450 jaar oud maar Gereformeerde Kerke wêreldwyd het dit eeuelank al gebruik om gedoopte kinders op die viering van duie heilige Nagmaal voor te berei.Die Kategismus is in 52 hoofstukke ingedeel. Elke hoofstuk word ‘Sondag’ genoem, aangesien die kerk eeue terug al afgespreek het dat elke Sondag een hoofstuk van die Kategismus in die prediking verklaar moet word, sodat op die 52 Sondae van 'n jaar die hele hooflyn van die Woord van God aan die

gemeente aangewys word.

Eintlik het die Kategismus slegs 51 hoofstukke. Want Sondag 1 is nog nie die eerste hoofstuk nie, maar ‘n samevatting van die inhoud van hierdie leerboek (vraag 1) met ‘n inhoudsopgawe (vraag 2). Sondag 1 vertel wat die tema van hierdie Kategismus is: TROOS. As ons die hoofboodskap van die hele Bybel probeer saamvat, blyk dit ‘n troosboodskap te wees. In die eerste vraag en antwoord word dit so weergegee:

Sondag 1 HK Vraag 1 Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie maar aan my getroue Verlosser Jesus Christus behoort.

Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos.

Hy bewaar my op so'n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien.

Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.

Ons hoef dit nie nou al uitvoerig te bespreek nie, want alles wat in hierdie eerste antwoord genoem word, kom terug in die volgende hoofstukke.Moet maar kyk na die inhoudsopgawe in die tweede vraag en antwoord:

Sondag 1 HK Vraag 2 Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe?

Antwoord: Drie dinge: ten eerste hoe groot my sonde en ellende is;

ten tweede hoe ek van al my sonde en ellende verlos word;

en ten derde hoe ek God vir so'n verlossing dankbaar moet wees.

Die Kategismus gaan my leer waarom moet ek volgens die Bybel vertroos moet word. Het ek troos nodig?? Al voel ek ook baie goed? Wat ‘s fout? Wat is my ellende?Hieroor gaan dit in die Sondae 2-4.

Vervolgens help die Kategismus my om te sien hoe die HERE my deur sy Seun Jesus Christus uit hierdie ellende verlos. Sodat ek weer sy liewe kind kan wees. Wie presies is die Here Jesus? Hoekom moes Hy vanuit die hemel aarde toe kom? Hoekom moes Hy sterf aan daardie kruis? Wat doen Hy nou vir ons in die hemel? Op watter manier mag ek nou deel in die verlossing wat Hy vir my verdien het?Hieroor gaan dit in die Sondae 5-31.

Wat moet daar nou in my lewe verander, noudat Christus my verlos en by sy Vader teruggebring het? Hoe gebeur dit aangesien ek nog steeds ‘n sondige aard het? Hoe word ek weer ‘n dankbare kind van God wat Hom volgens sy wet wil dien en in my gebede Hom daagliks soek?Hieroor gaan dit in die Sondae 32-52

Vraag: Wat het jy in Les 1 hoe hierdie dried dinbge geleer?

D. Huiswerk.

Leer: Sondag 1 vraag en antwoord 1 en 2 HK.

LES 3 - SONDAG 2: ONS GROOTSTE ELLENDE

A. ‘n Wêreld vol ellende.

Daar is baie ellende in hierdie wêreld. Radio en televisie vertel daarvan.Ons lees daarvan in die koerante, soos in hierdie prentjie.

Vraag:Kan jy nog ander aaklige dinge byvoeg?

Maar ons behoort ons te weet dat dit alles maar net gevolge is van ons grootste ellende. Want wat is ons grootste ellende? Dit kom ons nie uit die koerante of die televisie agter nie. Dit kom ons alleen agter deur na God se WET te luister.

Sondag 2 HK Vraag 3: Waaruit ken jy jou ellende?

Antwoord Uit die wet van God.

Ons ken God se Wet in die tien afsonderlike gebooie soos die HERE dit op die berg Horeb deur Moses aan Israel gegee het. Dié gebooie laat ons nie eintlik so ellendig voel nie.As jy jou lewe beoordeel volgens daardie gebooie, voel jy dan goed of sleg?

Lees: Jakobus 1: 23-25

Waarmee vergelyk Jakobus in sy brief God se Wet? Wat sien ons daarin van onsself? Hoe lyk dit by jou?

Kom ons skryf 'n eerlike toets:

Eerste gebod: ....%Tweede gebod ....%Derde gebod ....%Vierde gebod ....%

Vyfde gebod ....%Sesde gebod ....%Sewende gebod ....%Agste gebod ....%Negende gebod ....%Tiende gebod ....%

------- Totaal ....%

B. God se wet vra slegs liefde.

Ons lees in die Bybel van iemand wat ook op so 'n wyse die Wet van God gebruik het om 'n voldoende slaagsyfer by God te haal:

Lees:Matteüs 19: 16-23

Is die ryk jongman se strewe (vs 16) goed of sleg? As ons goéie dinge wil doen, na Wie moet ons dan luister? Waarom sou die Here Jesus die twééde deel van God se Wet

aan hierdie jongman voorhou, en nie die eerste nie? (Vergelyk 1 Johannes 4: 20).

Is die woorde in vs 19 die Elfde Gebod? Hoe moet ons dus liewer die woordjie "en:..." vertaal?

Watter slaagsyfer gee die jongman homself in vs 20? Is hy reg? Hoe maak die Here Jesus dit duidelik? Hoe gebruik Christus dus die Wet om hierdie jongman sy

ellende te laat besef?

God het Self sy Tien Gebooie op twee kliptafels geskryf, om aan te dui dat daar 'n duidelike tweedeling in God se een Wet aanwysbaar is.So het ons Here Jesus die Jode ook telkens herinner aan die somtotaal van daardie twee kliptafels:

Sondag 2 HK Vraag 4 Wat eis die wet van God van ons?

Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend (in Matt.22:37-40): Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou kragte. Dit is die eerste en groot gebod.

En die tweede, wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

As ons hierdie samevatting van die Tien Gebooie nog weer saamvat vra God dus eintlik maar net een ding: LIEFDE.

Dit het die HERE nie eers in Moses se tyd van sy volk begin vra nie. Dat was uit die staanspoor, al in die Paradys, die leefreël wat Hy vir die mens gegee het.

Vraag: Hoe voel jy: was dit ‘n vreemde eis van die HERE? Stel Hy

daarin te hoë eise aan ons? Hoe noem Jakobus in sy brief (hoofstuk 1:25) die Wet van

die HERE? Verstaan jy hierdie omskrywing van God se wet? Is dit nie

teenstrydig nie? C. Haat pleks van Liefde.

Kyk bietjie in die spieël van God se wet.Het jy die HERE lief? Ja? Lyk jy nie te sleg as jy in die spieël van God se wet kyk nie?Is jy dus soos die jongman wat gesê het: ek onderhou mos God se gebooie?

Lees dan bietjie wat die Kategismus jou leer om te sê:

Sondag 2 HK Vraag 5: Kan jy dit alles ten volle nakom?

Antwoord: Nee, want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat.

Die Kategismus sê nie dat jy God glad nie liefhet nie. Danksy die werk van God se Heilige Gees het daar by ons ‘n liefde vir God gegroei.Maar terselfdertyd is ons van nature steeds geneig om Hom te haat. En ten opsigte van ons naaste is dit maar dieselfde.

Vraag:Herken jy dit by jouself? Wanneer voel jy daardie neiging?Is dit slegs nou en dan, of gebeur dit dikwels?

Kom ons vergelyk dit met ‘n kwaai hond, soos ‘n pitbull. So ‘n hond kan oulik speel met sy eienaar en met die kinders by die huis. En dan val hy skielik die buurmeisie aan en byt haar amper dood. Ons sê dan: “Ja, mens kon dit verwag. Dis maar die aard van so ‘n hond”. Gebeur op ‘n manier nie maar dieselfde met ons nie?

Vir die HERE is dit onaanvaarbaar. Hy het ons vir 100% lief en verwag van ons dat ons Hom net so lief het. Kyk nog gou in vraag en antwoord 4 van Sondag 2: “met jou héle hart en met jou hele siel, met jou héle verstand en met ál jou kragte”. Daar is niemand van ons wat soveel liefde kan gee nie.

Vraag: Waarom laat God sy gebooie so streng aan ons voorhou as niemand dit tog in hierdie lewe kan onderhou nie? Sien voor die antwoord Sondag 44 HK, vr en antw 115.

In die Wet kom God Self as 't ware voor ons staan. Hy kom daarin na ons toe as ons Vader wat ons al vanaf die Paradys liefhet met 'n oneindige liefde.Hy kom na ons toe in die Here Jesus Christus wat ons tot in die dood toe wou liefhê.Hy kom na ons toe in die Heilige Gees wat ons geduldig leer om weer volgens sy goeie gebooie te lewe.Dus die spieël van die wet wys vir ons wie God is: die ene liefde!Maar juis daarom wys hie einste spieël ook vir ons wat ons makeer. Ons skiet nog soveel tekort in liefde. Ons is nog so dikwels selfsugtig.

Hoe meer ons hierdie liefdevolle God leer ken, hoe meer kom ons agter hoe ellendig ons is!

Maar dit is ook andersom: hoe meer ons ons ellende begin besef, hoe meer leer ons ook God se liefde ken!

Opdrag: Bespreek (ewentueel in groepies) hierdie vrae:

1. Wanneer het die verlore seun in die gelykenis van Lukas 15:11-32 begin besef hoe ellendig hy was? In vs 17 of in vs 20? Hoekom dink jy so?

2. Waarom is die oudste seun ook 'n verlore seun in hierdie gelykenis?

D. Huiswerk

LES 4 - SONDAG 3: NIE GOD SE SKULD NIE!

A. ‘n Voltooide skepping?

Kom ons begin met ‘n vraag:Toen God die hemel en die aarde geskep het, was die skepping toe aan die einde van die sesde dag voltooi? Heeltemaal gereed?

B. Die mens: ‘n letter in Gods skeppingsboek.

Voordat ons vasstel wat die regte antwoord is, kyk ons eers gou terug na die vorige les. Ons is van nature geneig om God en ons naaste te haat, het ons in Sondag 2 geleer. Van nature: dit is ons aard, ons word reeds met dié neiging gebore.Dit is die oorsaak van al die ellende in ons lewe en in hierdie wêreld.

Vraag: Hoe lui die eerste sin van ons Doopsformulier? Wat sê Sondag 21 HK, antw 56 oor ons sondige aard? In watter dinge kom jy dit by jouself agter?

Is dit dan God se skuld? Het Hy die mens blykbaar nie goed geskep nie? Mense met ‘n fout aan die gene?Nee, daar was met God se skepping niks fout nie. Die refrein in die eerste hoofstuk van die Bybel is: " Toe sien God dat dit góed was".

Vraag: Kyk gou: hoeveel maal lees ons dié woorde in Genesis 1?

In Art.2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis word God se skepping met 'n mooi boek vergelyk.Ons kan aan die bome, blomme, berge, die son, die maan en die sterre, die visse en die voëls sien, hoe groot en almagtig die HERE is. Dit was en

is ook God se bedoeling met sy skepping: al die skepsels is letters wat God se grootheid spel. Enige ding op aarde dra so te sê ‘n plaatjie met die opskrif “Made in heaven” of “Made by God”.Ons is self ook sulke letters.Want die mens is God se mooiste skepsel. Sowel die mens se liggaam as sy verstandelike vermoëns is 'n wonder van

Gods se hande.

C. Letters, lesers en medewerkers.

Die mens is egter nie net ‘n LETTER in God se skeppingsboek nie. God het ons so gemaak, dat ons terselfdertyd ook LESERS vgan daardie boek is! Wat help dit mos om ‘n mooi boek te skryf as daar niemand is wat dit kan lees as net jyself nie.Ons het oë, ore, maar ook 'n verstand om oor dinge na te dink ontvang, sodat ons God se grootheid uit sy werke kan raaksien. Ons het ‘n mond en ‘n tong om daarop te kan reageer en vir die HERE te laat weet hoe beïndruk ons is. Die verskil tussen die mens en al die ander skepsele het God Self so uitgedruk: Hij het die mens "na sy beeld, na sy gelykenis gemaak": Genesis 1:28.Dit beteken nie dat die mens 'n soort foto of kopie van God is nie. Die HERE het die mens as sy kind op die aarde geplaas. Wat namens Hom oor die skepping mag heers (Genesis 1:26).

Opdrag: Lees saam Psalm 8.

Hoe mag ons dan heers oor die skepping?Kom ons sê dit so: behalwe ‘n LETTER in en ‘n LESER van die boek van die skepping is die mens deur God selfs tot 'n MEDEWERKER aan daardie boek gemaak. Ons het die eervolle taak ontvang om nou daaraan saam te werk dat die boek van die skepping nog uitgebreider en mooier word.

Want –en nou kom ons terug by die vraag waarmee ons hierdie les begin

het- :

was daar in die Paradys al fietse, motors, vliegtuie, ruimtetuig, telefone, horlosies, televisies, rekenaars ens.? Jy dink nie so nie? Daar was!Maar die grondstowwe daarvoor was almal al daar! Die skepping was dus tog ook nog nié gereed nie. Die mens moes in die eeue wat voorgelê het, nog die een na die ander skatte in God se wêreld ontdek en ontwikkel. En op dié wyse al hoe meer blyke van God se skeppersgrootheid tevoorskyn bring. God se skeppingsboek al hoe indrukwekkender maak.

D. Ons leef om te loof

Verstaan jy hoekom God hierdie taak aan sy mensekind gegee het? Deur hierdie daaglikse taak sou die mens dus telkens nuwe redes vind om God in al sy majesteitelike grootheid te aanbid en te loof. Want die mens is mos net die vinder van alles- God is die Uitvinder!

Die HERE loof en prys - dit is die vernaamste doel van die mens se lewe.Dus: ONS LEEF OM TE LOOF.

Psalmdigters het dié doel van ons lewe verstaan. Kyk maar:Psalm 103: ....Psalm 104: ....Psalm 145: ....Psalm 146: ....Psalm 147: ....Psalm 148: ....Psalm 150: ....

Vraag:Oor watter wonders in God se skepping loof jy vandag die HERE?

E. God het geen slegte mens geskep

Daar was dus met die skepping niks verkeerd nie. Die Kategismus sê dit so:

Sondag 3 HK Vraag 6: Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?

Antwoord: Nee, God het die mens goed en na sy ewebeeld geskep.

Dit beteken: in ware geregtigheid (= sonder sonde) en heiligheid (= sonder die neiging om sonde te doen), sodat hy God, sy Skepper, reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam met Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys.

Die mens kon na die skepping God dus liefhê met sy hele hart,met sy hele siel,met sy hele verstand en met al sy kragte.En hy kon sy naaste liefhê soos homself.

Dit is dus nie God se skuld dat ons vandag geneig is om God en ons naaste te haat nie!

F. Huiswerk

Leer: Sondag 3 HK vraag en antwoord 6.En hierdie sin: “Ons leef om te loof”.

LES 5 - SONDAG 3 (VERVOLG): ONS EIE SKULD

A. Wat het in die paradys skeefgeloop?

Dit is dus nie God se skuld dat ons al dadelik by ons geboorte as slegte mense met 'n sondige natuur in die wêreld kom nie. Dit het ons in die vorige les duidelik geleer.

Sondag 3 HK Vraag 7: Waar kom hierdie verdorwe natuur van die mens dan vandaan?

Antwoord: Van die val en ongehoorsaamheid van ons eerste voorouers, Adam en Eva, in die paradys. Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word.

Jy weet natuurlik van die sondeval. Jy weet van Adam en Mannin se ongehoorsaamheid.Wat het dan nou eintlik in die Paradys skeefgeloop? Daar word baie gespot met ons God en Vader wat die mense swaar gestraf het net omdat Adam en Eva ‘n appeltjie geëet het . Maar verstaan jy wat presies gebeur het?

B. Liefde blyk eers as jy kan kies.

God het ‘n opvallende boom in die middel van die Paradys geplaas waarvan die mens beslis nie mog eet nie. Hoekom het die HERE dit gedoen? Het Hy nie Self hiermee die mens in die verleiding gebring om ongehoorsaam te word nie?Nee. God het die mens nie soos 'n masjien geskep nie. Ons is geen

rekenaars of blikmanne nie. Ook geen slawe wat outomaties, gedwonge die opdragte moet uitvoer wat God hul opgedra het nie.God het die mens as sy kind geskape wat Hom, sy hemelse Vader, vrywillig sou LIEFHÊ met sy hele hart, sy hele siel, sy hele verstand en al sy kragte.

Maar so ‘n vrywillige liefde kan alleen blyk as daar ook die keuse is om ‘n ander pad te stap. Dis dié dat die HERE as ‘t ware ‘n tweesprong in die middel van die Paradys aangelê het, met daardie opvallende boom op die kruispunt. Daardie boom was ‘n tipe van ‘n reminder: ‘Watter pad kies jy, my kind? Gaan jy aan op dieselfde pad, of draai jy af? Kies jy vir die lewe saam met my? Of wil jy jou eie paadjie stap?‘

Vraag: God het daardie boom "boom van kennis van goed en kwaad" genoem. Wat het Hy met daardie naam bedoel?

C. Die satan as ‘n gevaarlike gids.

En toe was daar skielik die SATAN! Wat ons ook wel ‘die duiwel’ noem. Hy bied homself aan as ‘n gids wat die mens kan help om die regte pad te kies.

Vraag: Wat beteken die naam ‘satan’? Weet jy ook wat ‘duiwel’ beteken? Ken jy nog ander name ook waarmee hy in die Bybel genoem

word? Wie is Hy? Wat sê die Here Jesus oor hom in Johannes 8:44 oor hom? Wat doen hy volgens Openb 12:12 vandag? Wat gaan volgens Openb 20:10 by Christus se wederkoms

met die duiwel en sy bose geeste gebeur?

Die duiwel gebruik ‘n slang om met Mannin te praat. Sou sy nie baie verbaas wees dat ‘n slang sommer kon praat nie? Ek glo nie so nie. Adam en Mannin het mos in die Paradys van die een verbasing in die ander geval. Alles wat nuut en wonderlik vir hulle. By God is daar niks onmoontlik nie!

En kyk bietjie in Genesis 3 hoe verlei satan die mens om teen God op te staan:eers verdraai hy teenoor Mannin die waarheid.

Wanneer Mannin hom korrigeer, gee hy aan haar die rede hoekom volgens hom God vir hulle verbied het om van hierdie boom te eet.

Vraag:Wat is die rede wat die satan noem?By hierdie boom moes die mens kies wie hier op aarde mag besluit oor wat goed en wat kwaad , oor wat reg en wat verkeerd is. God, as die mens se Skepper en Vader? Of die mens self?Die duiwel maak die mens wys dat God hom onmondig en afhanklik wil laat bly: ‘n kind wat nooit volwasse mag word en op sy eie bene mag staan nie. En hy wys vir Mannin die afdraaipad: julle kan net soos God wees! Julle kan as selfstandige mense self besluit watter pad julle wil stap; self besluit oor wat reg en verkeerd is.

D. Hoogmoed kom tot ‘n val.

Dié oomblik wat Mannin die duiwel se raad opgevolg en ook Adam daarin betrek het, het hulle God van die troon gestoot en self daarop gaan sit. Hulle was nie meer die ene liefde vir hul hemelse Skepper en Vader nie, maar het selfgesentreerd geraak. Hulle wou geen kind meer wees nie, maar selfstandig en onafhankelik. Hier lê die begin, die wortel van die sonde wat vandag ons almal se lewens beheers:ons meen ons kan net soos God wees.Die mens meen hy kan self wel besluit oor wat goed en kwaad is. Hy het God eintlik nie meer nodig nie, want hy voel homself 'n god.Hy aanvaar nog minder dat 'n medemens aan hom die wet voorskryf.

SONDE IS: EIEWYSHEID, HOOGMOED

Vraag: Begryp jy die bedoeling van

hierdie prentjie in hierdie verband?

Kan jy konkrete voorbeelde gee van hierdie sondige eiewysheid waarmee ons onsself teenoor God en ons

naaste plaas soos dit in die lewe van klein kinders, jou eie lewe en in ons menslike samelewing voorkom?

E. Skuldig en verdorwe.

Die sondeval was dus nie ‘n ongeluk nie. Dit was ‘n moedswillige keuse teen God.Daarom het die mens van daardie oomblik af skuldig teenoor sy Skepper en Vader te staan gekom.Maar boonop het sy hele natuur verdorwe geraak! Dit sou nie by hierdie een opstandige daad bly nie.Die Kategismus het in vraag en antwoord 6 gesê dat God die mens goed geskep het. En dit soos volg uitgewerk:

“...dat wil sê:in ware geregtigheid

en heiligheid...”Die woord geregtigheid –of: regverdigheid- sê iets oor 'n mens se regsposisie: sonder sonde en dus vry van skuld.Die woord heiligheid sê iets oor 'n mens se hart en wil: daar is ook nie die minste neiging om sonde te doen; jy leef volkome aan die HERE toegewyd.Maar as gevolg van die sondeval het Adam en Mannin het die mens die teenoorgestelde daarvan geword:

Pleks van GOED is die mens nou SLEG, pleks van REGVERDIG het die mens ON-REGVERDIG geword; en pleks van HEILIG is die mens van nou af ON-HEILIG.

Hy het nou skuldig gestaan aan ongehoorsaamheid, en was boonop nie langer volkome in liefde aan God toegewyd nie, maar selfgesentreerd.Soos ons al in Sondag 2 geleer het: “geneig om God en die naaste te haat”.Die mens het die LEWE van God ontvang, maar verdien nou die DOOD.

Ons moet dit nie afswak nie. Ons moenie die gevolge van die sondeval geringskat nie:

Sondag 3 HK Vraag 8: Is ons so verdorwe dat ons glad nie in staat is om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig?

Antwoord: Ja, behalwe as ons deur die Gees van God weergebore word.

Sal ons nou nog ‘n slag saam die eerste vraag en antwoord van die Kategismus lees?

F. Huiswerk

Leer: Vraag en antwoord 7 HK

LES 6 - SONDAG 3 (VERVOLG): OORGEËRFDE SONDE

A. Straf God ons oor Adam se sonde?Lees:Esegiël 18:1-2.

Verstaan jy wat die Israëliete met daardie spreekwoord bedoel het?

In watter tyd het hulle hierdie spreekwoord begin gebruik?

Wat is die HERE se reaksie op hul spreekwoord in die vervolg van Esegiël 18?

Ons lees ook nog Deuteronomium 24: 16.

In altwee bybelgedeeltes sê die HERE duidelik dat Hy nie kinders straf oor die sonde van hul Pa of Ma nie.

Maar is dit regtig so? Want ons moet mos wel die strafgevolge van Adam en Mannin se sondeval in die paradys dra? Omdat die HERE ons hul skuld én hul verdorwenheid laat erf het. Ons noem dit:

ons erf Adam se ongeregtigheid (ERFSKULD)ERFSONDE:

ons erf Adam se onheiligheid (ERFSMET)

Vergelyk dit met kinders wie se Pa ‘n drankverslaafde geword het en as gevolg daarvan groot skulde gemaak het. Na sy dood erf die kinder sy SKULD. Hulle moet betaal vir hul Pa se gemors.Boonop kom hulle agter dat hulle dieselfde drankverslawing ook in hulle gene het. Hulle is met dieselfde probleem BESMET.

Maar is dit eerlik?? Moet ons dus die gevolge dra van die sonde van twee mense in die gryse verlede? Hoe rym ‘n mens dit met die HERE se woorde dat kinders nie gestraf word oor die sondes van hul ouers nie? Voel ons partymaal maar nie net soos die Israëliete in de ballingskap in Babel nie: Adam en Mannin het onrype suur druiwe geëet en nou voel die tande van die kinders stomp?

B. In en saam met

Adam.Nie ons gevoel kan hier die antwoord gee nie. Ons moet aanvaar wat die HERE Self oor die verhouding tussen ons en ons eerste voorouers gesê het.Die Bybel leer: ons was ook alreeds in die Paradys aanwesig.

Lees:

Romeine 5: 12

Ons het in en saam met Adam gesondig. In God se oë is ons mense nie almal los individue nie, maar een mensheid. In God se Woord word die

kerk met ‘n liggaam vergelyk waarin al die lede aan mekaar verbind is en saam ‘n eenheid vorm. Terwyl ons Here Jesus Christus die hoofd is. So het God die mensheid oorspronklik ook geskep. Met Adam as die hoofd.Toe Adam dus in sonde geval het, het hy die hele menslike geslag daarin saamgesleep en het ons in en saam met hom almal skuldige en verdorwe sondaars geword.

Lees: Die eerste sinne van die Gereformeerde Doopsformulier. Die eerste artikel van die eerste hoofstuk van die Dordtse

Leerreëls.

Voel jy nog steeds (bietjie) dat dit eintlik nie eerlik is nie?Indien wel: bewys dit nie juis dat jy nes Adam geword het nie? Jy sê mos eintlik: “Sou ek God gewees het sou ek nie so gemaak het nie! Ek sou dit anderste, beter gedoen het”.

Maar is dit dan wél eerlik dat God ons in en saam met Christus van ons skuld en verdorwe natuur verlos? As jy jou erfsonde van Adam nie wil aanvaar nie, kan jy dan jou verlossing deur Christus wel aanvaar?

C. Moenie die erns van die sonde afwater nie!

In ons kerklike dokumente ontvang die erns van die sonde ‘n baie prominente plek:

Dit is die eerste hoofstuk van die Heidelbergse Kategismus Die Dordtse Leerreëls begin daarmee Die Doopsformulier begin daarmee Dit is die eerste ding waaroor ons moet nadink as ons wil Nagmaal

vier Dit is die eerste rede hoekom elke Sondagoggend in die erediens

die HERE se wet gelees word.

Vraag:Hoekom sou dit so belangrik wees?

Die duiwel het na die sondeval telkens weer probeer om teenoor die mens die erns van die sonde af te water. Hy probeer die mens te laat glo dat hy ten spyte van sy ongehoorsaamheid aan God nog altyd in staat is om iets goeds te doen en regtig nie tot alle kwaad geneig is nie.

Vraag:Al die heidense godsdienste het die erns van die sondeval geringskat.Kan jy dit aanwys?

D. Pelagius.Maar ook in die kerkgeskiedenis loop ons dit raak. Kom ons fokus saam op een so ‘n voorbeeld.In ons belydenisskrifte kom ons dikwels op die naam af van die ketter PELAGIUS.

Lees: Nederlandse Geloofsbelydenis

art. 15 Dordtse Leerreëls, hoofstuk 3

en 4, art. 2

Pelagius was 'n Britse monnik wat omstreeks die jaar 400 as 'n evangelieprediker na Rome toe gekom het. Komende uit 'n klooster was

hy geskok oor die brutale sonde wat hy orals in dié stad aangetref het. Pelagius het toe vir die mense geleer: daar is nie soiets soos erfsonde nie. Die mens word sonder sonde gebore. Soos ‘n whiteboard waarop nog niks geskrywe of geteken is nie. Hy het 'n vrye wil om die goeie te doen.Maar die mens volg ongelukkig die slegte voorbeeld van sy omgewing na.Daarom moet ons ons inspan om die goeie voorbeeld (Christus!) aan hom voor te hou, sodat hy dit kan begin navolg.

Volgens Pelagius is die sonde dus slegs die navolging van verkeerde voorbeelde en geen aangebore skuld en verdorwenheid nie. Gevolglik kan die mens ook sy verlossing self bewerk.Pelagius se gedagtes (: SELF-VERLOSSING!) loop ons dwarsdeur die hele kerkgeskiedenis raak, somstyds ook in 'n afgeskaalde vorm ( Semi- Pelagianisme):

By die wetgeleerdes in Jesus se dae op aarde. Hoe? in die Rooms Katolieke Kerk. Hoe? by mense wat die grootdoop verdedig. Hoe? by die Remonstrante. Hoe?

De HERE leer ons egter in sy Woord dat ons so verdorwe is dat alleen God ons verlossing kan bewerk: GENADE.

Opdrag:Lees en bespreek saam Efesiërs 2:1-10

In Pelagius se dae het God in sy goedheid gelukkig die kerkvader AUGUSTINUS gegee, wat die leer van die Bybel oor die erfsonde, en ons verlossing slegs uit genade kragtig verdedig het.In lyn daarmee bely ons daarom in die Heidelbergse Kategismus:

Sondag 3 HK Vraag 8: Is ons so verdorwe dat ons glad nie in staat is om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig?

Antwoord: Ja, behalwe as ons deur die Gees van God weergebore word.

Vraag:Hoe het hierdie les jou gehelp om anders na jouself te kyk?En het dit jou ook nader aan die Here Jesus Christus gebring? Indien wel: hoe?

E. Huiswerk

Leer:Sondag 3 HK, Vraag en antwoord 8Doen: Psalm 51 lees en daarin die antwoorde soek op hierdie twee vrae:1. In watter vers bely Dawid die erfsonde?2. En in watter vers dat alleen God Self deur dieHeilige Gees ons lewe kan verander?LES 7 - SONDAG 4: GOD WIL MET ONS TERUG

A. ‘n Frustrerende wet?

Elke sondagoggend word in die kerk die Wet aan ons gelees. Het jy vandat ons die les oor die samevatting van Gods se Wet bespreek het, ook anders na daardie voorlesing begin luister?Ons moet hierdie Wet van God ook aan die wêreld voorhou. Die HERE roep elke mens op om aan sy goeie gebooie gehoorsaam te wees: Jy moet God liefhê bo alles! Jy moet jou naaste liefhê soos jouself!

Maar is dit reg van God? Kan Hy dit nog van ons vra?Ons word mos almal in sonde ontvang en gebore en is meer nie in staat om iets goeds te doen nie. Ons is tot alle kwaad geneig.

Vraag:Onthou jy nog die antwoord op die vraag of ons God se wet nog wel tenvolle kan nakom? Die antwoord was: “ Nee, want.....................................................”

Hoe kan God iets van die mens aanhou eis wat hy tog nie kan doen nie??

Jy kan mos ook nie van iemand wat kreupel is -al het hy dalk ook deur sy eie skuld kreupel geraak- eis dat hy aan 'n Marathon moet deelneem nie!Jy kan nie van 'n blinde, al het hy ook deur sy eie skuld die gesig verloor, verlang dat hy 'n boek moet voorlees nie!

B. Die onveranderlike God.

Maar kyk bietjie wat sê die Kategismus:

Sondag 4 HK Vraag 9: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie?

Antwoord: Nee, want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen. Maar die mens het homself en sy hele nageslag, as gevolg van die aanhitsing van die duiwel en deur moedswillige ongehoorsaamheid, van hierdie gawes beroof.

Ons word nie yoegelaat om onsself jammer te kry nie.Ons behoort skuldig te voel.In God se oë is ons, vanaf die sondeval, nie bejammerenswaardige skepsels nie - ons is skuldige skepsels. Wanneer die HERE ook na die sondeval steeds sy Wet aan ons voorhou, is dit om ons nadruklik aan ons wonderlike afkoms te herinner. En om ons te laat voel wat ons verwerp het: die lewe in liefde saam met Hom in die Paradys.En die HERE laat ons op hierdie manier elke keer weer weet:

ONS HET VERANDER - HY HET NIE VERANDER NIE

Ons het die hoë vlak van die Paradys verlaat, die HERE het op daardie vlak bly staan. Hy sal Homself nooit by ons lewe in die sonde aanpas nie.

LEWE IN LIEFDE

(God pas nie by ons aan nie. Nie eers

halfpad nie) LEWE IN HAAT

Ja, die HERE kom in die Wet as die onveranderlike God na ons toe.

Lees:Nederlandse Geloofsbelydenis, art 11. Watter eienskappe van God word daar nog genoem?

Lees: 2 Timoteüs 2: 13. Wat bedoel Paulus as hy sê dat dieHERE "nie Homself kan verloën nie"?

Lees:Jakobus 1: 17Met watter woorde sê Jakobus dieselfde m.b.t. die HERE?

C. ‘n Liefdevolle God: Hy roep ons terug!

Maar dan is die HERE mos wél ‘n klipharde en meedoënlose God? Wat van ons aanhou eis wat ons tog nie kan doen nie?Is dit regtig so? Jy weet nu mos wat die HERE, as ons dit saamvat, van ons eis? Hy vra maar net LIEFDE. 100% liefde.Sê-nou die HERE sou nie meer van die mense eis dat hulle mekaar moet liefhê sooshulle hulself lief het nie- sou dit ‘n verbetering wees?Sê-nou die HERE sou nie meer van die mense eis dat hulle Hom moet liefhê bo alles nie- sou dit ‘n verbetering wees?God het nie verander nie. Hy het die God van die paradys gebly. Maar dit beteken terwyl ons van nature nou geneig is om Hom en ons medemense te haat, dat Hy die ene liefde gebly het.

En dit is ons redding. Want as God ons steeds met sy Wet na die Paradyslewe terugroep, moet dit wel beteken dat daar dus ook ‘n weg terug ís.

Vraag:Ken jy daardie weg?

Lees:Johannes 14: 6

Opdrag:Bespreek saam Galasiërs 3: 24

D. ‘n Liefdevolle God: Hy slaan ons na Hom terug.

God roep ons nie net na Hom terug nie, Hy slaan ons ook na Hom terug. Hy kán nie met ons liefdeloosheid saamleef nieDit bely ons in die volgende vraag en antwoord in Sondag 4:

Sondag 4 HK Vraag 10: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en ontrou aan Hom ongestraf laat bly?

Antwoord: Nee, glad nie. Inteendeel, sy woede is verskriklik sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen. Hy wil dit reeds in hierdie lewe en daarna vir ewig met 'n regverdige oordeel straf. Hy het immers gesê: “Vervloek is elkeen wat nie stiptelik doen alles wat in die boek van die wet geskryf is nie ”. (Gal.3:10)

Wat het met die mens gebeur toe hy, opgesteek deur die duiwel, van die verbode paradysboom geëet het?Hy het hoogmoedig geword en gedink dat hy net soos God kan wees.Nou laat God ons nou egter op met 'n harde hand voel dat ons glad soos Hy is nie. Hy laat ons ons nietigheid en sterflikheid agterkom.

En dit nie eers as 'n mens sterf nie. Ook vandag reeds. Hy laat sy woede oor die sonde reeds in hierdie lewe op allerhande maniere voel.

Vraag:Aan watter manier dink jy?Is jy altyd bewus daarvan dat dit God se woede oor ons sondes is wat al die ellende in die wêreld oproep? Hoe voel jy daaroor?

Lees:Klaaglied 3:39-42.

Vraag: Is siekte, of 'n ongeluk altyd die straf van God op 'n persóónlike sonde?Sien:

Job 1 en 2 Lukas13: 1-5 Johannes 9: 1-3

Maar hoe kan ons die HERE steeds ‘n liefdevolle God noem, as Hy met ‘n “verskriklike woede” ons mense straf??!!Wel, solank as wat God ons na die lewe saam met Hom toe TERUG slaan, is daar blykbaar steeds ‘n pad terug. Ook op hierdie manier soek HERE in sy geduldige liefde ons terug.

E. Aan die sonde oorgee.

Die HERE hou nie in alle gevalle daarmee aan om die mens oor sy hoogmoed en eiewysheid te slaan nie. As die mens hom nie daardeur laat kleinmaak nie, kan die HERE ook op ‘n ander manier sy woede laat voel.

Lees:Romeine 1: 24, 26 en 28.Watter werkwoord gebruik Paulus tot drie keer toe?Verstaan jy wat hy bedoel?

As ‘n mens nie die weg na God terug wil gaan nie, stuur God jou op die ou end in ‘n doodloopstraat in.En wat is erger: dat God jou na Hom toe terug slaan,Of dat God jou van Hom af wegstoot?

F. Daar is slegs een weg terug.

Ons worstel nog steeds met die vraag of God nie alte streng en hardvogtig is nie.

Lees: Nederlandse Geloofsbelydenis, art 1.Watter eienskappe van God sou jy nou liewer vorentoe wou haal?

Maar kyk wat sê die Heidelbergse Kategismus:

Sondag 4 HK Vraag 11: Is God dan nie ook barmhartig nie?

Antwoord: God is wel barmhartig, maar Hy is ook regverdig. Daarom eis sy regverigheid dat die sonde wat teen die allerhoogste majesteit van God gedoen is, ook met die swaarste straf gestraf moet word- dit is: die ewige straf aan liggaam en siel.

Dit help dus nie om met 'n beroep op God se barmhartigheid die straf op die sonde te probeer vryspring nie. God is nie soos 'n mens, dat Hy moet kies tussen regverdig wees of barmhartig wees nie. As 'n onderwyser dreig om jou te straf as jou huiswerk volgende keer nie gedoen is nie, en twee dae later is dit nie gedoen nie, moet jou onnie kies: óf hy moet regverdig wees en jou dus straf,óf hy sal barmhartig wees en jou nog maar weer 'n keer aanspreek.Die HERE hoef egter nie op so 'n wyse te kies tussen regverdig wees en barmhartig wees nie. Hy kan terselfdertyd regverdig en barmhartig wees.

Opdrag: Kyk nog 'n slag na Art 1 van die Nederlandse Geloofsbelydenis As gevolg van watter eienskap hoef die HERE nooit uit twee teenoorgesteldes te kies nie.

Maar daarom sal God ook nooit sy reg eenkant toe skuif nie. Of sy Wet afskaf nie.Ons verdien weens ons sonde teen sy allerhoogste majesteit die ewige dood! En slegs as daardie straf berouvol gedra word, is daar ‘n weg na die paradys terug.

G. Golgota: God was regverdig én barmhartig.

Sondag 4 is nie die maklikste Sondag van die Kategismus nie. Dit voel soos wanneer ons probeer vlug, maar enige vlugweg word afgesny. En op die nou end weet ons nie meer watter kant toe nie.Maar kom ons lees aan die einde van hierdie les nog saam:

Nederlandse Geloofsbelydenis, Art 20.

God het één vlugweg oop gelaat: die weg oor Golgota!Daar was die HERE terselfdertyd regverdig en barmhartig. Daar het die mens die straf gekry wat hy verdien. En daar het die mens terselfdertyd ook die straf vir altyd vrygespring.

H. Huiswerk.

Leer: Sondag 4 vraag en antwoord 10 HK

LES 8 - SONDAG 5: VERSOENING DEUR VOLDOENING

H. Hoofstuk 2 van die Kategismus.

Ons begin nou met die tweede hoofstuk van die Heidelbergse Kategismus.In die eerste kort hoofstuk, die Sondae 2-4, ons sonde en ellende beter leer verstaan. Kan julle nou vir mekaar vertel::

Wat sonde is? Waar die sonde vandaan kom? Waarom ook ons sondig is? Waarom die HERE nie in ons sonde kan

berus nie? Watter straf ons verdien? Watter vlugweg de HERE egter vir ons

oop gesluit het?

In hierdie tweede hoofstukvan die Kategismus –en dit is ‘n baie langer hoofstuk: die Sondae 5 tot 31- leer ons nou meer oor hierdie enigste reddingsweg.

B. Ons soek versoening.

Maar as ons nou Sondag 5 lees voel dit asof daar nog steeds vlugweë afgesny word. En ons nog verder vasgekeer raak:

Sondag 5 HK Vraag 12: Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God in hierdie lewe en vir ewig straf verdien het, hoe kan ons van hierdie straf bevry en weer in genade aangeneem word?

Antwoord: God wil dat daar aan sy regverdigheid voldoen word. Daarom moet ons of deur onsself of deur 'n ander

ten volle betaal.

Kan jy dit in jou hart saamsê met die Kategismus: “Ek het volgens die regverdige oordeel van God in hierdie lewe en vir ewig straf verdien”? Erken jy nou dat God nie oneerlik, hardvogtig of kliphard is nie?

Probeer jy ook nie maar net om jou verdiende straf vry te spring nie, maar soek jy veral hoe jy weer in genade deur God aangeneem kan word?Begeer jy in die eerste plek dat alles weer reg kom tussen God en jou? Wil jy hê Vader moet jou sondes vergewe en jou as sy kind aanvaar?

Ja?Dan is sake al klaar besig om reg te kom tussen jou en God! Want dan is jou liefde vir God besig om terug te keer. Jy soek versoening. Versoening is meer as vergewing, kwytskelding van jou skuld en die straf daaroor. Versoening beteken: die verhouding met mekaar word weer heeltemal herstel.

C. Slegs versoening deur voldoening.

Versoening met God alleen tot stand kom as ons ons skuld by Hom ten volle vereffen, sê die Kategismus.

Vraag:Hoeveel keer word daarin die vrae en antwoorde 12, 13, en 14 van Sondag 5 die woord "betaal" gebruik word?

Die Kategismus gebruik die beeldspraak van 'n onbetaalde rekening. Ons is tot oor ons ore by God in die skuld. En eers as daardie skuld ten volle betaal is, is ons weer vry. Daar sal ‘n losprys betaal moet word.Dit is 'n voorbeeld wat die Kategismus in die Bybel raakgeloop het:

Opdrag:Soek in jou Bybel waar jy daardie woord kry in:Psalm 49: .....Matteüs 18: .....Markus 10: .....1 Timoteüs 2: .....1 Petrus 1: ..... Maar wat skuld ons die HERE dan? Geld? Nee, ons het dit al in Sondag 2 geleer. Immers, wat eis die HERE in sy Wet van ons?

Ons moet ..............................................................................

en ons moet ..........................................................................

Ons skuld God ‘n onnoemlike hoeveelheid LIEFDE. Dit is mos wat Hy uit die staanspoor van die mens gevra het: 100% LIEFDE. En wat Hy ook na die sondeval aanhou vra het. Omdat Hy nog Dieselfde is as in die paradys.Maar ons is geneig om God en ons naaste te haat. Die teenoorgestelde van liefdeSelfs as daar, deur die werk van die Heilige Gees, wel weer liefde vir God en ons naaste in ons lewe begin kom, is dit nooit meer 100% nie.Dus: ons kan nie sélf ons skuld by God vereffen nie.

Sondag 5 HK Vraag 13: Kan ons deur onself betaal?

Antwoord: Nee, glad nie. Ons maak juis ons skuld elke dag nog groter!

Vraag: Wat sê die Kategismus in Sondag 24, antw. 62 en Sondag 44, antw. 114 oor ons lewe volgens God se liefdeswet?

Selfs deur ons beste dade bou ons tog maar net ‘n al hoe groter skuld op:

INVOICE/FAKTUUR Mnr./Mev ---------------------------------- Liefde 100% - 75% 25% Liefde 100% - 80% 20%. Liefde 100% - 60% 40% Liefde 100% -50% 50% Ensovoorts ............................... ........ ............................... ........ ............................... ........ ............................... ........

Beskrywing Verskuldig

God wil hierdie faktuur nie sommer opskeur nie. Hy kán ook nie. Sy regverdigheid laat dit nie toe nie. Daar moet BETAAL word.Hy wil alle agterstallige liefde waarop Hy reg het, ontvang.God wil "VOLDOEN" (betaal) op ons rekening kan skrywe.

Vraag: Kan jy nou uit die vorige les, oor Sondag 4 HK, verduidelik hoekom dit nie ‘n klipharde eis van God is nie?

Leer daarom maar hierdie sinnetjie van buite:

ALLEEN VERSOENING DEUR VOLDOENING

D. Versoening deur voldoening in die OT.

Alreeds in die erediens van die Ou Testament het die HERE vir sy volk geleer dat daar vir die sondeskuld betaal moes word: alleen versoening deur voldoening.Kom ons verdiep ons bietjie in daardie erediens.Jy sien hier 'n paar prentjies van die Ou-Testamentiese tabernakel en sy attribute. Weet jy omtrent hoe daardie heiligdom vir die HERE ingerig was?

Op die voorplein het gestaan:

1. ......................... 2. .........................

In die voorste gedeelte van die tent was daar:

1. .......................... 2. ..........................3. ..........................

Tussen die voorste gedeelte en die agterste gedeelte van die tent het 'n gordyn gehang, die "voorhangsel". Daarop was gerubs (engele) geborduur.

Weet jy wat daarvan die betekenis was?

Wat het Salomo later in die tempel

aangebring? (1 Konings 6: 23-27):

In die agterste gedeelte van die tabernakel het slegs gestaan:

......................................................

In daardie tabernakel en later die tempel wou die HERE, ten spyte van al die sondes, by sy volk woon.

Maar alhoewel die HERe dus met sy volk wou saamwoon, het daar altyd 'n afstand tussen God en sy volk gebly. Hy het agter 'n gordyn onsigbaar en onbereikbaar gebly.

Vraag: Verstaan jy hoekom?

Dis dié dat daar by die HERE se huis daagliks geoffer moes word. Elke dag is daar diere doodgemaak by die heiligdom. 'n Stroom van bloed het die voorplein rooi gekleur. Daardie BLOED was die LEWE van die dier. Die offerdier het sy lewe gegee vir die skuld van die mens wat hom geoffer het.Vervolgens is die dier op die altaar deur vuur verteer. Opgeoffer aan die HERE.Eintlik moes die mens sy eie bloed (=lewe) aan God gegee en homself geoffer het. As betaling vir sy skuld.

Lees:: Sien Levitikus 1: 4 en 3:2 en 4: 4. Wat moes die offeraar eers doen voordat die dier geoffer is? Hoekom sou die HERE dit voorgeskryf het?

Op dié wyse het God vir sy volk geleer dat daar ALLEEN VERSOENING DEUR VOLDOENING

kon wees.

E. Die Outestamentiese erediens: geen volkome voldoening.

Tegelykertyd moes God se volk egter leer dat daardie diereoffers nie egte betaling vir mensesondes kon wees nie. Hulle kon nie na een offer ophou om offers te bring nie. Daar moes elke dag opnuut offers om die sondes te versoen gebring word.

Lees: Hebreërs 10: 2-4.Hoekom kon die Ou-Testamentiese diereoffers nie mensesondes wegneem nie?Wat was slegs God se bedoeling met die diereoffers?

God soek al ons agterstallige menseliefde, in die vorm van menselewe. Hy soek nie diereliefde of engeleliefde om mensesondes te versoen nie.

Sondag 5 HK Vraag 14: Kan enig ander skepsel vir ons betaal?

Antwoord: Nee, want ten eerste wil God geen ander skepsel straf vir die skuld wat die mens gemaak het nie. Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie.

Daarom moes daar 'n beter offer vir die skuld van die mens gebring word. 'n volmaakte mens sonder sonde moes homself offer.

Sondag 5 HK Vraag 15: Hoe 'n Middelaar en Verlosser moet ons dan soek?

Antwoord: So een wat 'n ware en regverdige mens is, maar nogtans ook sterker as alle skepsels is dit wil sê: wat terselfdertyd ware God is.

Lees: Hebreërs 10: 5-9 Slegs God se eie Seun uit die hemel, wat 'n mens soos ons geword het, Jesus

Christus, was in staat om met sy eie bloed ons skuld by God eens en vir altyd te vereffen.

Hy het al ons sondeskuld op Hom geneem.En toe Hy aan die kruis gespyker is, het Hy die skuldbrief (: faktuur) van ons sonde as in sy liggaam saamgeneem en dit aan die kruis vasgenael om dit uit te delg en weg te ruim.Toe Hy uiteindelik met 'n groot stem kon uitroep: "Dit is volbring", kon God "Voldoen, betaal" op ons faktuur skrywe en dit maar opskeur.

F. Die Outestamentiese erediens: die skuduwee van Christus.

In Hebreers 10 is die erediens van die Ou Testament “ ‘n skaduwee” van dit wat God in die toekoms sou gee genoem. Sê nou jy staan en wag vir iemand. Hy moet om die draai kom. Terwyl hy nader kom, skyn die son in sy rug. Sy skaduwee val dus voor hom op die straat. Gevolglik sien jy alreeds sy skaduwee terwyl hy self nog anderkant die draai is. Maar jy weet aan sy skaduwee: daar kom hy!So was die skaduwee van Christus wat aan kom was, reeds sigbaar in die Ou Testament: in die wette insake die offers, insake die inrigting van die tabernakel, in die reinigingswette ens.Maar noudat Christus self sigbaar geword het, sê maar: "om die draai gekom het", hoef ons nie meer na sy skaduwee te kyk nie. Ons kyk nou na Hom self. Deur Hom is daar

nou regtig VERSOENING DEUR VOLDOENING

G. Huiswerk

Leer: Sondag 5 vraag en antwoord 12,13 en 14

LES 9 - SONDAG 6: VERSOENING DEUR ‘N MIDDELAAR

A. Ons benodig ’n borg.

Wat maak ‘n mens as jy ‘n toringhoë skuld het en dit op geen enkele manier meer kan betaal nie?Dan benodig jy ‘n borg: iemand wat die skuld vir sy rekening neem en dit in jou plek betaal. En wat ook borg staan vir nuwe skulde wat daar waarskynlik nog sal kom.Ons staan by God in die skuld. Onthou jy nog uit die vorige les wat ons Hom skuld?

INVOICE/FAKTUUR Mnr./Mev ---------------------------------- Liefde 100% - 75% 25% Liefde 100% - 80% 20%. Liefde 100% - 60% 40% Liefde 100% -50% 50% Ensovoorts ............................... ........ ............................... ........ ............................... ........ ............................... ........

Onthou jy ook nog hoedat die HERE dit in die Outestamentiese erediens duidelik gemaak het?

Beskrywing Verskuldig

Ons kan nie self ons skuld by God betaal nie. Iemand anders sal dit in ons plek moet doen. Iemand anders moet ons skuld op Hom neem. Iemand anders moet ons met God versoen deur ons sondes te versoen.Ons benodig dus 'n BORG.

Die Kategismus het aan die einde van die les oor Sondag 5 gepraat van 'n MIDDELAAR wat ons moet soek.'n MIDDELAAR is eintlik maar net 'n ander woord vir BORG. Dit is 'n TUSSENPERSOON wat bemiddel tussen twee partye om versoening te bewerk.

B. Die hoëpriester.

Ons het in die vorige les breedvoerig stilgestaan by die erediens van die Ou Testament. Daar het die HERE al deur middel van allerhande simboliek vooruitgewys na die Here Jesus se offer vir ons sondes. Maar Hy het ook die Borg wat ons benodig toe reeds aangewys.Hy het deur die daaglikse offers aan Israël geleer dat daar 'n beter betaling vir die sondes moes kom as net dierebloed. Daar sou mensebloed moet vloei. Maar Hy het hulle ook geleer dat alleen 'n baie besonderse Borg daardie betaling kon bring: 'n hoëpriester.

Vraag: Hoeveel name van hoëpriesters in die Bybel ken jy?

Die ampsklere van die hoëpriester het al gewys dat hy die middelaar en borg vir God se volk was.

Lees: Exodus 28:9-12, 15-17a, 21 en 29

Wat het die hoëpriester op sy beide

skouers gedra? En op sy borskleed? Wat was die betekenis

daarvan?

C. Die hoëpriester op die Groot Versoendag.

Veral op die Groot Versoendag moes die hoëpriester optree. Dit was die enigste dag van die jaar wat hy in die heiligdom agter die agterste voorhangsel in die heiligdom mog kom. Hy het dan die betaling vir die skuld van homself en van die volk (= bloed, lewe) voor God se troon gebring en op die verbondsark gesprinkel.

Lees:Levitikus 16

1. Wat word die deksel van die verbondsark genoem?2. Vir wie moes die hoëpriester eerste versoening doen?3. Wat moes gedoen word met die een bok wat nie geoffer is

nie? Wat was die betekenis van daardie simboliek?4. Wat moes die hoëpriester eers in die Allerheiligste deel van

die tempel bring voordat hy die bloed vir die volk daar kon kom offer?

5. Nie net die vólk moes op die Groot Versoendag van hul onreinhede gereinig word nie. Wat nog?

D. Die Hoëpriester se werk was onvolkome.

Hierdie middelaarswerk van die hoëpriester in die Ou Testament was egter nie genoeg nie. Want die losprys wat die hoëpriester jaarliks gebring het (dierebloed), kon mos geen egte betaling vir menseskuld wees nie. Daar sou mensebloed moes vloei om regtig VERSOENING DEUR VOLDOENING te kan bewerk.Maar dit sou ook die bloed van ‘n sondelose mens moes wees. Want hoe kan ‘n mens wat self ‘n sondaar is en sy eie skuld dus elke dag nog groter maak, vir ander mense betaal?

Vraag: Kan jy ‘n voorbeelde noem hoe dat hoëpriesters ook gesondig het?

Sondag 6 HK Vraag 16: Waarom moet ons Borg Hy

1. ‘n ware en 2. ’n regverdige mens

wees?

Antwoord: Omdat 1. die reg van God eis dat,

aangesien die méns gesondig het, ook ’n ware mens vir die sonde moet betaal. En

2. ‘n mens wat self nie regverdig nie maar ‘n sondaar is, kan nie vir ander betaal nie.

Ook nadat hy die versoenende bloed by God kom bring het, het daarom die voorhangsel weer die hele jaar lank toe gebly.Sy versoeningwerk was slegs 'n vooruitwysing na die Here Jesus se versoenende werk. E. Jesus Christus is die volkome Hoëpriester.

Onse God het sy eie Seun aan ons gegee as die beter, ja, volmaakte Middelaar en Borg. Hy was en is die ware mens wat namens ons by God kan optree.Hy is boonop die enigste sondelose mens wat nie, soos sy voorgangers, eers vir sy eie sondes offers hoef te bring nie.Maar Hy is bowenal tegelyk ook God wat Homself kon offer in ons plek en die ewige toorn van God kon ondergaan sonder om daaronder vir ewig te beswyk.

Sondag 6 HK Vraag 17: Waarom moet ons Borg ook ware God wees?

Antwoord: Om deur die krag van sy Godheid die ondraaglike las van die toorn van God as ‘n mens te kan dra en vir ons die vergewing en die lewe te kan verwerf en teruggee.

Vraag: Wat het in die tempel in Jerusalem gebeur dié oomblik toe ons Here Jesus Christus Homself aan die kruis op Golgota geoffer en in ons plekgesterf het? Wat wou God daarmee duidelik maak?

Sondag 6 HK Vraag 18: Wie is hierdie Middelaar (Hoëpriester) wat terselfdertyd ware God en ware regverdige mens is?

Antwoord: Ons Here Jesus Christus,

wat God vir ons gegee het om ons wys, regverdig (=vry van skuld), en heilig (met ’n geaardheid wat nie meer wíl sondig nie) te maak. Sodat ons volkome verlos sal wees.

Sien jy dat ons dus méér dinge van Christus kry as net kwytskelding van ons skuld by God? Die Here Jesus maak ons in die eerste plek weer wys.Want by die sondeval het die mens dwaas geword.

Lees:Romeine 1: 20-23. In watter opsig maak Christus ons weer wys?

Vervolgens maak Christus ons nie net weer regverdig (= vry van skuld) nie. Maar ook heilig.

Vraag: Onthou jy nog die verskil tussen ‘regverdig’ en ‘heilig’? Soek anders nog ‘n slag in Les 5 E, oor Sondag 3 (vervolg): "Ons eie skuld".

En so verlos die Here Jesus ons volkome!

F. Huiswerk

Leer: Sondag 6 HK Vraag 18

LES 10 - SONDAG 6 (VERVOLG I): DIE BYBEL

A. Ons ken Jesus danksy die Bybel.

Ons het in die vorige les in die laaste vraag en antwoord van Sondag 6 van die Kategismus uitgelaat:

Sondag 6 HK Vraag 19: Waaruit weet jy dit?

Vraag: Waarnatoe dink jy wys die woordjie "dit" terug?

Ons sou oor alles wat ons tot nou toe bespreek het (: ons skepping, ons sondeval, die verlossing deur die Here Jesus Christus ens.) niks geweet het nie as God Self nie daaroor sou vertel het in die Bybel nie. Ons gaan in hierdie les daardie belangrike boek 'n bietjie nader bekyk.

B. Bybel: ‘n hele biblioteek.

Eintlik is die Bybel nie een boek nie, maar ‘n hele versameling boeke. Weet jy hoeveel boeke? Hoeveel verskillende menslike skrywers dink jy het ‘n bydrae tot die Bybel gelewer? En hoeveel eeue sou daar verloop het tussen die skrywer van die eerste boeke, Moses, en die skrywer van die laaste Bybelboek, Johannes?Die woord ‘Bybel’ is eintlik ook ‘n meervoud en kom van die Latynse

woord ‘biblia’ wat ‘boeke’ beteken. Soos ook van ‘n biblioteek praat: ‘n uitleen van boeke.Daar is ook heel verskillende soorte boeke in die Bybel: geskiedenisboeke, wetboeke, psalms, profetiese boeke, briewe, visioene......Nogtans vorm al die Bybelboeke saam ‘n eenheid.Want wie is die een Skrywer?

Lees:Nederlandse Geloofsbelydenis, art 3

C. Een Bybel, twee helftes.

Die Bybel is ondanks die baie boeke, in twee helftes verdeel :

die OU TESTAMENT of Ou Verbond, en die NUWE TESTAMENT of Nuwe (Vernieude) Verbond.Die eerste helfte gaan oor die skepping van hierdie wêreld en ons sondeval tot aan die koms van God se Seun as ons Redder.Die tweede helfte gaan oor die koms van God se Seun as ‘n mens na hierdie wêreld, sy verlossingswerk vir ons en sy terugkeer na die hemel. En dit berei ons voor op sy terugkoms.

Die Israeliete het hul Bybel (die Ou Testament) anders ingedeel as ons. Hulle indeling was soos volg:

Genesis t.e.m. Deuteronomium Die THORA (=WET), in die N.T. word dit ook wel "MOSES" genoem. (vgl Luk.16:2 9, Luk. 24: 27, 44, Joh.12: 34)

Josua t.e.m.Konings en Jesaja t.e.m. Maleagi Die PROFETE (Vgl Matt 22: 40, Luk 16: 29, Luk 24: 27)

Job, Psalms, Spreuke, Rut, Hooglied, Prediker, Klaagliedere, Ester, Daniël

Esra, Nehemia, 1 en 2 Kronieke Die GESKRIFTE OF PSALMS (vgl. Luk.24: 44)

As jy 'n bietjie kyk na die tekste wat hierbo in hakies genoem is, sal jy sien dat die Here Jesus ook hierdie indeling van die Bybel altyd gebruik het.

D. Een Bybel in vele tale.

Oorspronklik is die Ou Testament in die Hebreeuse taal geskrywe (met ook 'n bietjie Aramees in die boek Daniël) En die Nuwe Testament is in die Griekse taal geskrywe.

Daarom lees die meeste mense vandag die Bybel in 'n VERTALING. Jy sien hier ‘n bladsy uit ‘n Russiese vertaling. Kan jy ontsyfer uit welk bybelboek dit is?Daar bestaan in Afrikaans en Engels 'n hele paar vertalings wat 'n mens kan gebruik.Watter vertalings in Afrikaans en Engels ken jy?

Vraag: Wanneer het God laat weet dat ‘n mens nie eers Hebreeus hoef te leer om aan die gemeente van die Here Jesus te mag behoort nie?

Die probleem met 'n vertaling is egter wel, dat daarin VERTAALFOUTE kan voorkom.Kom ons kyk na ‘n twee voorbeelde:

VOORBEELD 1. Bespreek saam: Die woordjie ‘want’ in Psalm 25: 11 kom ook voor in Eksodus 13: 17a, waar dit met ‘alhoewel’ vertaal is. Waarom sou dit onlogies wees om dit daar ook met ‘want’ te vertaal? En waarom pas die woordjie ‘alhoewel’ ook beter in Psalm 25:11?

Kyk ook 'n slag na Genesis 8: 21 en vergelyk dit met Genesis 6: 5, 6 en bespreek waarom ook in 8: 21 die woordjie ‘want’ eerder met ‘alhoewel’ vertaal moet word.

VOORBEELD 2. In die bekende verhaal van Matt 2:1-12 praat die Ou Vertaling van ‘wyse manne’ uit die Ooste. Dit laat 'n mens dink aan wetenskaplikes.Die Nuwe Afrikaanse Vertaling praat van ‘sterrekykers’.Die Griekse woord wat Matteüs gebruik het, beteken egter ‘magiërs, heidense towenaars". Vergelyk dit ‘n slag met Handelinge 8: 9-11 en 13: 4-8. Daar word dieselfde Griekse woord gebruik. Vir wie? En hoe het die vertalers dit daar vertaal?

Jy sal nou des te beter kan verstaan waarom iemand wat 'n predikant wil word, Hebreeus en Grieks moet leer. En jy hoef dus ook nie te skrik as die leraar in 'n preek by geeentheid sê dat 'n bepaalde woordjie of sinnetjie in jou Bybel eintlik nie reg vertaal is nie.

Behalwe vertaalFOUTE is daar soms ook vertaalPROBLEME: die Hebreeuse of Griekse teks is nie altyd duidelik nie. Deur later oorskrywings en beskadigings aan die ou handskrifte het sommige verse amper onvertaalbaal geword.

Lees:Psalm 36: 2 en 3 in die Ou Afrikaanse vertaling.Hierdie vertaling het die Hebreeuse teks letterlik probeer vertaal. Verstaan jy wat die digter bedoel het?

E. ‘n Nuwe

vertaalmetode.Die laaste tyd het daar vertalings verskyn waarin 'n nuwe VERTAALMETODE toegepas is.Vroeëre vertalings het altyd probeer om so letterlik (of: woordelik) as moontlik te vertaal. Hierdie nuwere vertalings wil egter nie die letterlike oorspronklike TEKS so goed moontlik weergee nie, maar die BEDOELING van die oorspronklike skrywer.Soms word daarom meer 'n verklaring as 'n vertaling gegee.En alle outydse begrippe (soos "talent, dariek, efa, metreet") is

vervang deur begrippe wat ons ken (: "Rand, kilogram ens.")

Lees: Psalm 23 in die Ou en in die Nuwe Vertaling. Wat is die verskil in die verse 4 en 5? Hoe voel julle daaroor?

Vraag: Wat is die gevaar as ‘n Bybelvertaling probeer om nie bloot die teks nie, maar die bedoeling van die oorspronklike skrywer weer te gee?

F. Verskillende Bybelhandskrifte.

Daar is nog 'n probleem wat ons by die gebruik van ons Bybelvertalings raakloop.

Lees:Johannes 5: 1-5 in die Ou vertaling, die Nuwe vertaling en die Direkte Vertaling met die voetnota’s by. Sien ook die voetnota’s by Markus 16: 8..

Daar is dus meer as een handskrif (of: manuskrip) van die Bybelboeke.Ons het ongelukkig nie meer die oorspronklike handskrifte waarin die Bybelboeke geskrywe is nie. Dié het lankal vergaan. As ons dié nog sou gehad het, sou daar nie 'n probleem wees nie.Die handskrifte waaroor ons nou nog kan beskik, is kopieë, latere afskrifte.Van elke Bybelboek is daar egter verskeie van sulke oorgeskrewe handskrifte van elke Bybelboek, want die Bybel is dikwels oorgeskrywe. Van die afskrifte is weer afskrifte gemaak.

En dis hier waar die probleem ontstaan: daar het ongelukkig allerhande klein, maar soms ook groot verskrywings in die oorskrywings ontstaan. Of daar is opsetlik dinge uitgelaat of bygevoeg! Gevolglik is daar dus verskille tussen die handskrifte van dieselfde Bybelboek.Watter handskrif moet die vertaler nou gebruik?! Watter een gee die oorspronklike teks die beste weer?

Die kerke het eeue lank vir 'n bepaalde versameling handskrifte gekies. Te wete: die wat in die eerste eeue in en by die stad Bisantium bewaar is. Nie omdat hulle die oudstes is nie –die oudstes het almal verlore gegaan- , maar omdat die kerk in Bisantium by die kopiëring van die handskrifte baie eerbiedig en sorgvuldig met die Bybelteks omgegaan het.

Vraag:Watter naam het Bisantium later gekry? En hoe word dié stad vandag genoem?

Die Hollandse Statenvertaling (die voorganger van die 1933/1953- Afrikaanse Vertaling), die Engelse King James vertaling, die Ou Afrikaanse Vertaling het almal daardie manuskripte gebruik.Deesdae kies nuwe vertalings egter vir 'n ander versameling handskrifte, bloot omdat hulle ouer is. Die Direkte Afrikaanse vertaling noem by Johannes 5 die ander handskrifte “minder betroubaar”, maar dit is ‘n onteregte veroordeling,

Vraag: Is ouer handskrifte per definisie altyd beter, as die oorspronklikes nie meer daar is nie?

G. Bybelvertalings vergelyk!

Waarom moet jy al hierdie dinge weet?Wel, jy weet nou in elk geval hoekom die een Bybelvertaling by 'n bepaalde teks so kan verskil van 'n ander een. Miskien verstaan jy nou ook beter waarom dit raadsaam is om meer as een vertaling te gebruik. Dit help jou om sorgvuldiger te lees en na te dink oor dit wat daar staan.Ons wil mos die HERE se Woord op die duidelikste hoor! En daardeur ons God en die Here Jesus Christus op die beste leer ken?

H. Huiswerk

LES 11 - SONDAG 6 (VERVOLG II): ‘N BETROUBARE BYBEL

A. Woord van God of woord van mense?

Ons praat in hierdie les nog ‘n keer oor die Bybel. Dikwels noem ons die Bybel “die Woord van God”. Maar is dit wel reg? Dit is tog allerhande ménse wat die Bybelboeke geskryf het? Staan daar daarom ook nie verskeie foute in die Bybel nie? Teenstrydighede?

Kom ons kyk weer na ‘n paar voorbeelde:

VOORBEELD 1 Lees: Genesis 37: 25, 26 én 28. Aan wie het die broers Josef verkoop?!

VOORBEELD 2 Lees:Exodus 2:18 “en 3:1. Wat was die naam van Moses se skoonpa?!

VOORBEELD 3 Lees:1 Samuel 17:4-10 en 48-51 én 2 Samuel 21:19. Wie het die Filistynse reus Goliat verslaan?!

VOORBEELD 4 Lees:2 Samuel 24:1 én 1 Kronieke 21:1. Wie het vir Dawid aangepor om die volk te gaan tel?!

VOORBEELD 5 Lees:Matteüs 6:9-13 én Lukas 11:2-4. Wie het nou die regte bewoording van die ‘Onse Vader’ uit Jesus se mond opgeskryf: Matteüs of Lukas?!

VOORBEELD 6 Lees:Lukas 19:29-38 én Johannes 12:12-15. Wie het vir Jesus “Hosanna” begin sing: de mense wat met Hom saamgekom het na Jerusalem toe, of mense wat uit die stad Hom tegemoet gegaan het?!

Bewys hierdie voorbeelde nie dat die Bybel in die eerste plek ‘n boek van mense is nie? Vol foute en teenstrydighede?Daar is baie mense wat die Bybel so lees. En daarom ook alles wat bo hul verstand gaan (: God se wonders in die OT, Jesus se geboorte uit ‘n

maagd, sy wonders, sy opstanding en hemelvaart...) maar net blote fantasie van die skrywer beskou.

B . Woord van God!

Sal ons nog ‘n keer saam art 3 van die Nederlandse Geloofsbelydenis lees?Daar bely ons duidelik dat die Bybel wel deeglik waar die Woord van God is. Art 3 NGB verwys na 2 Petrus 1:21.Kom ons soek daardie gedeelte ook in ons Bybels op. Al in vs 16 skryf Petrus dat hy en die ander apostels nie kunstig verdigte fabels (mooi, maar nie waar gebeurde stories) versprei het toe hulle oor die lewe en wonderwerke van die here Jesu vertel het nie.

Vraag: Hoe noem die apostels hulleself na Jesus se terugkeer in die hemel dikwels?Sien: Handelinge 2: 32 (vergelyk Lukas 24: 48 / Johannes 19: 35 / Handelinge 3: 15 / 5: 32 / 10:39 en 41)

Lees: Lukas 1: 1-4. Watter voorbereidende werk het Lukas (‘n wetenskaplike: ‘n mediese dokter!) gedoen om sy Evangelie te kan skryf?

Die apostels en Bybelskrywers het geen storietjies geskryf nie, maar regtigwaar gebeurde feite. En die Heilige Gees het hulle gebruik om dit so swart op wit vas te lê dat ons ook vandag nog al die wonderwerke van God kan ken.

Lees:2 Timoteüs 3:16 Dit is ‘n Bybelteks om uit jou kop uit te leer!

C. Foute? Teenstrydighede?

Maar wat dan van die foute of teenstrydighede wat ons raakgeloop het?? Ons lees en (ver)oordeel dikwels veels te vinnig! Sal ons nog ‘n slag na daardie voorbeelde kyk?

VOORBEELD 1Die handelaars aan wie Josef deur sy broers verkoop is was afkomstig uit Midian, en het afgestam van Ismael.

VOORBEELD 2Moses se skoonpa se naam was Rehuel, maar in Exodus 3: 1 word hy met sy ampsnaam Jetro (= ‘eerwaarde’) aangedui.

VOORBEELD 3Daar was blykbaar ‘n hele familie van baie groot mans in die Filistynse stad Gat. Van wie in elk geval een ook die naam Goliat gedra het. Na dieselfde oupa vernoem?

VOORBEELD 4Dit is nie ‘n teenstrydigheid nie, maar hierdie twee Bybelverse vul mekaar aan: God laat dit gebeur dat Dawid die volk begin tel. Maar dit is die duiwel wat Dawid daartoe verlei. Soos dit ook God is wat toelaat dat Job in een dag sy hele besigheid en al sy kinders verloor, maar dit die duiwewl is wat dit veroorsaak.

VOORBEELD 5Matteüs vertel hoedat Jesus dadelik in sy eerste preek, aan die begin van sy optrede, ook die ‘ Onse Vader’ aan sy leerlinge geleer het. Lukas vertel hoe Jesus omtrent drie jaar later (!), as Hy met sy laaste reis na Jerusalem besig is, nog ‘n keer mense geleer het hoe om te bid. Gedurende die drie jaar wat Christus in Israel opgetree het, het Hy nie elke dag nuwe onderwys gegee nie. Daar was telkens nuwe hoorders vir wie Hy die kern van sy onderwys meermale herhaal het. Uiteraard het Hy daarby nie altyd presies dieselfde bewoordings gebruik nie. Nuwe hoorders, 'n nuwe situasie, 'n ander aanleiding kon veroorsaak dat daar iets toegevoeg of weggelaat is, dat ander aksente gelê is, of dat voorbeelde aangepas is. Soos ‘n predikant wat jaar na jaar dieselfde katkisasieklasse aanbied, dit ook doen.

VOORBEELD 6As 'n mens Luk 19:29-38 en Joh 12:12-15 langs mekaar lê, kom jy al gou agter dat Johannes se vertelling 'n belangrike aanvulling vorm op dit wat die ander Evangeliste vertel het: daar was blykbaar twee groepe mense wat Jesus in Jerusalem ingehaal het. Mense uit Jerusalem trek die naderende Jesus met wuiwende palmtakke tegemoet, terwyl hulle sing: “Geseënd Hy wat kóm...” ; die mense rondom Jesus neem vervolgens die gesang oor, pluk ook takke van die bome af, en so ontmoet die twee groepe mekaar en begelei saam Jesus by sy intog in die stad.

Vraag: Kan jy nou ook die verskille tussen Matteüs 25: 14-30 en Lukas 19:11-27 verklaar?

D. Skryffoute.

Daar kom in die handskrifte waaroor ons vandag nog oor beskik wel ‘n paar skryffoute voor. Kom ons lyk na ‘n klompie daarvan: Vergelyk:

1 Konings 7:26 met 2 Kronieke 4: 5Handelinge 7: 14 met Genesis 46: 27Handelinge 7: 16 met Genesis 23: 16-18Sulke foute kon maklik ontstaan het by die oorskrywing as ‘n kyk- of skryffout.Dit maak die Bybel nie sommer onbetroubaar nie. In alle gevalle betref dit ook details wat die boodskap van God se Woord hoegenaamd nie aantas nie.Ons glo ook dat die Bybel deur gewone mense geskryf is, met hul eie gawes en belangstelling, met hul moontlikhede om navorsing te doen, met hul eie skryfstyl en manier om dinge te vertel, maar ook met hul geheuegapinkies en beperkthede.Die Heilige Gees van God het egter al daardie verskillende skrywers in sy diens geneem, en hulle so gelei by hul skrywe, dat in al die 66 Bybelboeke die een duidelike en betroubare verhaal wat God vir ons wil vertel, opgeskryf is.

D. Die Bybel: vele skrywers, een Gees.

Omdat die Heilige Gees die Een Outeur agter al die menslike skrywers is, mag ons tog die hele Bybel God se heilige Woord noem. En daarom is daardie 66 boeke van so veel verskillende skrywers nie 'n deurmekaarspul nie, maar 'n indrukwekkende eenheid.En die wat daaraan begin twyfel, al is dit maar op ‘n klein onderdeeltjie, verloor op die ou end die hele Bybel!

En kan selfs die blindes nie tas dat die dinge wat in die Bybel voorspel is, plaasvind nie? (Sien die slot van Art 5 NGB)

E. HuiswerkLeer: 2 Timoteüs 3:16

LES 12 - SONDAG 6 (VERVOLG III): Die historiese lyn in die Bybel

A. Voorbeeldeverhale?

Hierdie les is al die derde les oor die Bybel. Dié keer kyk ons meer na die INHOUD daarvan.

Baie mense gebruik die Bybel eintlik maar net as 'n boek vol belangrike lewenslesse en voorbeeldverhale. Dalk doen jy dit ook.

Bespreek saam: Wat wil God ons leer in die verhaal van Kaïn wat sy broer

Abel doodmaak? Wat wil God ons leer in die verhaal van Josef en sy broers? Wat wil God ons leer in die geskiedenis van Dawid se

owerspel met Batseba? Wat wil God ons leer in die vertelling oor Tomas se ongeloof

na die Here Jesus se opstanding?

Die Bybel gee vir ons egter nie almal los verhale nie. Die Bybel vertel nie maar net die geskiedenis van allerhande mense en families nie. Ons lees in die Skrif die geskiedenis van God met sy volk. Al die geskiedenisse in die Bybel vorm saam die een kerkgeskiedenis.

B. God stap ‘n pad met sy volk

In die Bybel word ons die weg gewys wat God in die geskiedenis met sy volk gegaan het: vanaf die Paradys Golgota toe, en van Pase na die nuwe Paradys. Moet maar daraop let: ons kry mos die beeld van 'n weg regdeur die hele Bybel.Die geskiedenis is soos 'n pad waarop die HERE vooraan en met sy volk saam gaan en gedurigdeur vorderinge maak.

Die hele Ou Testament wys vir ons hoedat die HERE, na die wonderlike begin in die Paradys en die aaklige en beskamende sondeval daarna, die koms van sy Seun as ons Borg en Verlosser voorberei het.

Vraag: Wat verkwalik die Here Jesus Self die Jode in Johannes 5: 39? En sy eie leerlinge in Lukas 24: 44-47?

Lees: Lukas 24:1-32. Hoe help die Here Jesus –kwansuis as ‘n toevallige medereisiger- daardie twee mense dat die Verlosser eers moes ly en sterf en dan uit die dode opstaan?

Dit gaan dus in al die geskiedenisse en profesieë en psalms in die Ou Testament reeds oor die Here Jesus, die Middelaar wat ons nodig gehad het om ons sondes by God te versoen. En watter pad God met sy volk gestap het om by die geboorte van sy Seun uit te kom.

Die Kategismus het die hele inhoud van die Ou Testament daarom in 'n paar sinne saamgevat in vraag en antwoord 19. Ons moes in Sondag 6 HK tot die slotsom kom dat alleen ons Here Jesus Christus, die ware en regverdige mens en terselfdertyd ware God, ons Borg by die Vader kan wees. En nou vra vraag 19:

Sondag 6 HK Vraag 19: Waaruit weet jy dit?

Antwoord: Uit die heilige evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het.

Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders en profete laat verkondig, en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld.

Eindelik het Hy dit deur sy Eniggebore Seun vervul.

In hierdie perspektief moet ons dus die hele Ou Testament lees. En die Nuwe Testament vertel ons hoedat die Here Jesus vanaf sy eerste koms op aarde ons skuld by God kom vereffen het. En nou, terug in die hemel, sy wederkoms in heerlikheid voorberei.

C. Geen voorbeeldverhale maar geskiedenisverhale.

Daarom mag ons die geskiedenisse in die Skrif nie as almal los voorbeeldverhale vir ons vandag gebruik nie, maar moet ons die voortgang in die een geskiedenis van God met sy volk steeds in die oog hou. Elke geskiedenis in die Bybel vorm maar net 'n onderdeeltjie van daardie pad wat God met sy volk stap.

En voordat ons 'n voorbeeld kan neem aan persone en gebeurtenisse waarvan die Bybel vertel, moet ons eers mooi kyk:

waar iewers op die pad wat God met sy volk stap het daardie geskiedenis plaasgevind?

En waar op daardieselfde pad bevind ons ons inmiddels?God het mos op sy weg deur die geskiedenis verder gekom!

Beloftes wat Hy onder die Ou Verbond gegee het, is in die Nuwe Verbond in Christus vervul.

Wetsvoorskrifte onder die Ou Verbond wat na Christus vooruitgewys het, soos die offerwette, reinigingswette, spyswette, is in die Nuwe Verbond afgeskaf (Hebreërs 10: 1-18, Markus 7: 1-23, Handelinge 10: 9- 16).

Die tempel van klip van die Ou Verbond is in die Nuwe Verbond vervang deur 'n lewende tempel: die gemeente van Christus (1 Petrus 2: 5, 1 Korintiërs.3: 16). Ja, elke christen het self 'n tempel van God geword waarin God woon deur die Heilige Gees (1 Korintiërs 6: 19).

Ons leef vandag in "die laaste dae" (Handelinge 2: 17, 1 Timoteüs 4: 1, 2 Timoteüs 3: 1, Hebreërs 1: 1, 2 Petrus 3: 3). "Die eindes van die eeue het op ons gekom": 1 Korintiërs 10: 11.God se straf op die sonde het nou ook des te vreesliker geword (Hebreërs 2: 1-4, Hebreërs 10: 28-31, Hebreërs 12: 25)

D. Bybellees: vrae vra.

Daarom is dit noodsaaklik om by ons lees van die Bybel noukeurig die verskil tussen die tyd van ons teks en ons tyd vandag vas te stel. Stel jouself die volgende vrae:

1. Waar bevind ons ons in dié teks op die weg van die HERE: watter beloftes het die HERE toe reeds gegee? watter beloftes het die HEREtoe reeds vervul?

watter beloftes was nog nie vervul nie? hoe het die HERE dié gebeurtenis/woorde in daardie dae gebruik om

met sy volk op sy pad verder vorentoe te kom?

2. Hoeveel verder bevind ons ons vandag op die weg van die HERE:

watter beloftes is inmiddels almal vervul? watter beloftes bly daar vir ons nog oor wat nog vervul moet word? wat kan ons in ons situasie vandag leer uit die destydse

gebeurtenis/woorde om met die HERE op sy pad verder vorentoe te kom?

Opdrag: Bespreek saam of in groepies, met gebruikmaking van bostaande riglyne, die geskiedenis van Genesis 22: 1-18. Watter boodskap bevat hierdie Skrifgedeelte vir ons vandag?

Lees daarna Psalm 84:2-5 en bespreek of die boodskap van hierdie Psalm vir ons kan wees: soos die digter van Psalm 84 jaloers was op die mossies en swaeltjies wat altyd in God se tempel was, so moet ons jaloers wees op die geelvinkies en duifies wat hul nessies by ons kerkgebou maak.

E. Huiswerk

Leer: Sondag 6 HK Vraag 19

LES 13 - SONDAG 7: Daar is geloof nodig

A. Geloof is beslissend

Glo jy?Indien wel, wat glo jy?‘n Snaakse vraag? Wel hierdie les gaan daaroor wat ‘n ware, ‘n egte geloof is. Moet maar hier onder kyk: vraag 21 van die Kategismus.

Baie mense meen dat geloof ‘n persoonlike opvatting is. Die een glo dit, die ander dat. Mens kan maar kies. Elkeen het so sy eie geloof. En ons moet mekaar se geloof respekteer.‘Geloof’ is in daardie geval taamlik vryblywend. In elk geval nie verpligtend nie. Jy mag glo soos jy

self wil..

In die Bybel lees ons egter deurlopend dat mense opgeroep word om te glo. Jy moet glo. Want dit is beslissend om gered te kan word. Lees: Markus 16: 16, 17.Johannes 1: 12Johannes 3: 16 en 36Handelinge 16: 31

Geloof is nie net ‘n opsie nie. Dit is die enigste manier om as ‘n sondaar vir God nie vir ewig verlore te gaan nie.Want dit is nie so dat alle mense van hul sondeskuld gered is noudat die Heer Jesus daarvoor betaal het nie. Mens sou so kon dink.Alle mense het as gevolg van Adam se sonde verlore sondaars geword: ERFSONDE het ons dit in die Les oor Sondag 3 genoem.Dus word al die mense seker maar as gevolg van Christus se versoening weer tot God se kinders aangeneem. ERFGENADE?Maar kyk wat bely ons in die Kategismus:

Sondag 7 HK Vraag 20: Word al die mense dan weer deur Christus verlos soos hulle deur Adam verlore gegaan het?

Antwoord: Nee,

maar slegs dié wat deur 'n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem.

Daar is, na die verdoeming van alle mense deur Adam, nie soiets soos 'n versoening vir alle mense deur Christus nie. Geen algemene amnestie. Jy sal moet glo dat net die Here Jesus Christus jou nog van die ewige dood kan red.

B. God vra geloof vir wat Hy beloof.

Wat is geloof? Geloof is nooit iets vryblywends nie. Ook nie in in ons menslike verkeer met mekaar nie. Geloof is dat jy aanvaar wat aan jou gesê, beloof woord. As jou ouers aan jou ‘n pragtige present vir jou verjaarsdag belowe, iets wat jy al ‘n hele tyd graag wou gehad het, sal jy moet glo dat jy dit op jou verjaarsdag ook regtig kry. Want jy het dit nog nie gekry nie. Jy kan dit nog nie sien nie. En as iemand, omdat jy verdwaal het, verduidelik hoe om te moet ry, sal jy daardie persoon op sy woord moet glo en sy aanwysings presies opvolg.

Opdrag: Lees Hebreërs 11: 1. Watter definisie van geloof staan daar?

Dit impliseer natuurlik dat ‘n mens alleen iets kan glo as daar aan jou ook iets beloof is. Mense wat sê hulle is ‘gelowig’, maar glad nie vir jou kan sê wát hulle glo nie, praat twak.

Sondag 7 HK Vraag 22: Wat moet 'n christen glo?

Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word.

Wat God aan ons beloof het, het ons in die vorige Sondae van die Kategimus klaar bespreek: dat daar deur die Here Jesus vergewing is vir al ons sondes wat ons mense vanaf Adam se sondeval begin doen het.

Sondag 7 HK Vraag 21: Wat is 'n ware geloof?

Antwoord: Dis is 'n vaste vertroue

(wat die Heilige Gees deur die evangelie in my hart werk) dat God nie net aan ander nie maar ook aan my uit loutere genade slegs op grond van die verdienste van Christus vergewing van sondes, en ‘n ewige nuwe lewe saam met Hom geskenk het.

C. Geloof is: Jesus Christus omhels

Opdrag: Lees in die Nederlandse Geloofsbelydenis art 22 die begin. Daar staan dat die geloof Jesus Christus met al sy verdienstes: ..................

Geloof is dus nie bloot ‘n wete nie. Geloof beteken ook dat jy dankbaar aangryp wat jou aangebied word, al is dit eers ook nog maar net met woorde en kan jy dit nog nie sien nie. In hierdie geval gryp ons die Here Jesus aan as ons Redder.Ons kan by die woordjie “omhels” in art 22 NGB dink aan die omhelsing van ‘n man en ‘n vrou wat verskriklik lief vir mekaar is.

Miskien moet ons die woordkeuse in art 23 NGB eerder so verstaan: ons kan vergelyk word met mense wat, na ‘n aardbewing, onder die puin vasgekeer geraak het. Meer as 'n week moet hulle wag voordat hulle deur reddingwerkers gevind en gered word. Daardie mense val uitgeput in die arms van hul redders, en omhels hulle vol blydskap en dankbaarheid.

Ons was, deur ons eie skuld, vasgekeer onder die puin van ons sondes. Onbereikbaar vir enige menslike reddingwerker. Maar toe het God sy Seun uit die hemel gestuur wat die puin vir ons kom weghaal het. Sodat ons nou vol dankbaarheid en blydskap in sy arms val en Hom omhels. En ons deur Hom laat saamneem weer terug in die lewe.

D. Geloof is: God se Woord vir waar aanneem.

Maar hoe moet ‘n mens iemand omhels wat ons nog nooit gesien het nie? Wat vandag onbereikbaar ver weg in die hemel is?!Ons sal Hom tog eers moet leer ken?Ons sien God nie.Ons sien die hemel nie.Ons sien die Here Jesus nie.Ons sien in ons korsigtigeid dikwels nie eens die donker van die puin waaronder ons onsself bedolwe het nieMaar ‘geloof’ beteken dat ons nogtans aanvaar en vertrou dat dit wat God Self met betrekking tot dit alles gesê het, die waarheid is.Geloof is: God se Woord vir waar aanneem.

Sondag 7 HK Vraag 21: Wat is 'n ware geloof?

Antwoord: 'n Ware geloof is 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons bekendgemaak het, vir waar aanvaar.

Geloof begin dus met luister dat dit wat God oor Homself en oor die Here Jesus Christus in die Bybel sê en beloof..Maar dan moet ons wel, soos die Kategismus tot twee keer sê, alles wat God in sy Woord aan ons bekendgemaak het, vir waar aanvaar. Jy mag dus nie selektief Bybellees en maar net fokus op die Bybelgedeeltes waar jy van hou nie. Jy mag nie net die Bybelgedeeltes wat van God se groot liefde en ontferming praat, vir waar aanvaar nie, maar sal ook wat gesê word oor God se enorme woede oor die sonde, oor die ewige straf van die hel en so meer moet aanneem. Jy mag nie alleen vertroostende Psalms lees nie, maar sal ook moet luister na waarskuwende briewe van die Here Jesus aan die sewe gemeentes in Klein-Asië (Openbaring 2 en 3).Alleen so sal jy die duiwel, jou eie skuld teenoor God, die donker van die sonde, die dreiging van die hel, maar ook die redding deur Jesus Christus leer sien en verstaan. Alleen so sal jy maar alte graag jouself in die arms van Christus as ook jou Redder stort.

E. Geloof kom eerste, eers daarna jou gevoel.

Geloof beteken dus dat ons vir eers moet sien en kom reg met net wóórde. Beloftes. Terwyl ons nog niks te siene kry nie.

Dis nie maklik nie. En ons voel meestal ook nog nie eintlik dat God se Woord waarheid praat nie.

Daar is heelparty Christene wat beweer dat ‘n mens juis wel iets voel as jy tot geloof kom. Ja, hulle maak bepaalde gevoelens tot die toetssteen van ‘n egte geloof. Gevolglik is daar ook Christene wat hul rug op die kerk draai, omdat hulle niks voel nie.

Vraag:Weet jy watter gevoelens ‘n mens wat tot geloof kom, volgens hulle (moet) kry?

In werklikheid voel gelowiges dikwels maar min van God se aanwesigheid; en van die redding deur Christus. God stel ons geloof juis dikwels op die proef: dit lyk asof Hy heeltemal van sy beloftes vergeet het! Kyk hoe worstel kinders van God in die Psalms met hul gevoelens! En hoe hulle vra: Waar is U? Hoekom maak U so met my?

Daar word in Hebreërs 11 baie voorbeelde uit die Ou Testament genoem van mense wat ook toe al God op sy woord moes glo.

Opdrag: Lees in groepies ‘n paar van daardie voorbeelde.

Watter beloftes van God moes hulle glo? Hoe het die Here Jesus daarin ook al ‘n rol gespeel? Hoe sterk was hulle geloof? Hoe is hulle geloof ook op die proef gestel?

Hoe moes daardie gelowiges toe gevoel het?Onthou: God vra eerste gelóóf. D.w.s. dat ons Hom op sy Woord vertrou, al sien en voel ons nog niks daarvan nie. En eers as ons Hom vertrou, sal daar ook gevoelens van skaamte, berou, blydskap, vertroue, verwagting, geduld en so meer by kom.

F. Geloof: ons kan dit bely.

Is geloof ‘n persoonlike opvatting? Elkeen het so sy eie geloof?Nee, as ons glo wat die HERE in sy Woord aan ons bekend gemaak het, glo en vertrou ons dus almal presies dieselfde. Ons geloof is algemeen: nie net my of jou persoonlike opinie nie, nie dit wat ons alleen in Suid-Afrika glo nie, of wat alleen wit mense of ryk mense glo nie. Dis wat al God se kinders wêreldwyd en regdeur die eeue glo. Niemand kan en mag ook aan hierdie geloof twyfel nie: dit is ongetwyfeld. Dus nie maar net ‘n vae gevoel nie, ons kan dit in ‘n geloofsbelydenis saamvat.Die kerk hét dit ook in ‘n samevatting bewoord.

Sondag 7 HK Vraag 22: Wat moet 'n christen glo?

Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in ‘n samevatting leer.

Die kortste en eenvoudigste samevatting van die Bybel is die 12 Artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis: die samevatting van die leer van die apostels.

Vraag:Watter belydenisskrifte het die Gereformeerde Kerke nog?

Dit is pragtige hulpmiddels om die Here Jesus as jou Redder te kan omhels. Gebruik dit!

G. Huiswerk

Leer: Sondag 7 HK Vraag 20 en 21

LES 14 - SONDAG 7 (II) : Geloof is die gevolg van verkiesing

A. God kies

Hierdie les sal ons moet praat oor God se (uit)verkiesing. Uit die Bybel blyk dat God slegs ‘n deel van die mensheid uitgekies het om deur die Here Jesus gered te word en eendag saam met Hom op die nuwe aarde te leef.Dit is ‘n onderdeel van ons geloof wat allerhande vrae oproep:

Is dit wel eerlik? Hoekom word die een mens

wel gekies en nie die ander nie?

Hoe kan ek weet of ek wel dan nie deur God uitgekies is?

As ek al klaar deur God gekies is, maak dit dan nog saak hoe

ek leef?

Watter vraag hou jou die meeste besig?

B. Die Heilige Gees bewerk die geloof.

Hoekom moet ons nou skielik oor die Uitverkiesing praat?In antwoord 21 van die Kategismus is, amper terloops, gesê dat dit die Heilige Gees is wat die aanvaarding van God se Woord en die vertroue in Christus se reddingswerk in my hart werk.Jou geloof in God en in die Here Jesus kom dus nie uit jouself voort nie. Dis nie jou eie bydrae aan jou redding nie. Selfs dit kom van God af. Sy Gees bewerk dit in jou.So bely die Heidelbergse Kategismus dit ‘n paar keer.

Lees:Sondag 25 vr en antw 65Sondag 27 vr en antw 74

En so bely ons dit ook in die begin van Art 22 NGB. Want so sê die HERE Self dit in sy Woord.

Lees:Handelinge 16:14Efesiërs 2:8,9Filippense 1:29

Geloof is ‘n gawe van God Self.Dit het, effens versteek, ook al in die eerste vraag en antwoord van Sondag 7 gestaan: om deur Christus verlos te word, moet ‘n mens deur ‘n ware geloof by Hom ingelyf word. Dit is iets wat ons dus nie sélf doen nie, dit wórd met ons gedoen. Deur Iemand anders. Te wete: deur die Heilige Gees.

C. Geloof vloei voort uit verkiesing

Maar dan wonder ‘n mens natuurlik:waarom gee God aan die een mens wel die geloof, en nie aan 'n ander nie? Waarom ontvang nie almal die geloof nie?

Dit is die gevolg van God se ewige besluit om slegs ‘n deel van die mensheid wat in sonde geval het deur Christus te red.Lees:Dordtse Leerreëls hoofstuk I, art 6

Ons sien hierdie verkiesing al in die Ou Testament waar die HERE Abram verkies om die vader van die volk te word wat God as sy eie spesiale volk sal verkies en waaruit die Verlosser gebore sal word. Lees:Deuteronomium 7:6-8

Gods het Jakob bo Esau verkies alhoewel Esau die eersgeborene was.Lees:Romeine 9:11-13

En daardie lyn word deurgetrek in die Nuwe Testament.Dit begin al daarmee dat na die uitstorting van die Heilige Gees die Evangelie nie terselfdertyd orals in die wêreld verkondig is. Die Gees het Paulus selfs af en toe verhinder om êrens na toe te gaan. Lees: Handelinge 16:6,7Dordtse Leerreëls hoofstuk 1, art 3

God stuur die verkondigers van die Evangelie “na wie Hy wil en wanneer Hy wil”. Daar begin al God se keuse in ‘n mens se lewe. As jy in ‘n gesin van gelowige ouers gebore is, wat jou van kleins af na die HERE se Woord leer luister het, was dit nie jou eie keuse nie, en ook nie die keuse van jou ouers nie. God het so gekies!

En as jy God se roepstem in die Bybel nie as nonsens afwys nie, maar daaraan met blydskap gehoor gee, is dit ook nie jou eie keuse alleen nie. Dit is die Gees van God se werk, en die gevolg van God se keuse ook vir jou.

Lees:Handelinge 13:48b‘n Mens sou verwag dat God heidene in Antiochië bestem (gekies) het vir die ewige lewe omdat hulle tot geloof gekom het. Maar ons lees die omgekeerde: hulle het tot geloof gekom omdat hulle reeds deur God gekies en vir die ewige lewe bestem was!Dus as die Heilige Gees mense tot geloof in die Here Jesus bring, is dit omdat God daardie mense daarvoor uitgekies het.

Vraag:Was Christus se betaling vir ons sondes te min om alle mense daarmee te kan verlos? Lees die Dordtse Leerreëls II, art 3

D. Jou geloof is die bewys van jou verkiesing

Baie Christene deurentyd onseker of hulle wel deur God uitverkies is. Is jy?Hoe kan ‘n mens sekerlik weet dat God ook jou as sy kind gekies het?Die antwoord is nie so moeilik nie. Het jy die Here Jesus lief? Glo jy dat Hy ook jou van jou sondeskuld by God verlos het? Aanvaar jy alles wat God in sy Woord aan ons bekendgemaak het vir waar?Dit is die duidelikste blyk dat ook jy deur God gekies is. Daardie geloof, en liefde en vertroue het ‘n mens mos nie van jou eie nie? Die Gees werk dit mos in ons?Mens sou kon sê: die wat bekommerd is dat hulle dalk nie uitverkies is nie, hoef juis nie bekommerd te wees nie. Hul bekommernis wys al klaar dat hulle die HERE ken en lief het en bevrees is om vir ewig sonder Hom te moet leef. Ongelowiges wat nie verkies is nie, worry hulle glad nie hieroor nie.

E. Maak God se verkiesing ‘n mens onverskillig?

Dalk wonder jy: ‘Maar as ek klaar uitverkies is, maak dit dan nog saak hoe ek hier op aarde leef? Maak dit nog saak of ek Sondae wel of nie kerk toe kom, aan die katkisasies deelneem, God se wet ernstig opneem en so meer? En sê-nou ek is nie uitverkies nie, kan my kerkbywoning of die katkisasies nog iets daaraan verander? Ek is mos

tog klaar vir ewig verlore? Ja, as ons in God se boeke tog al klaar in twee groepe ingedeel is: verkies en verlore, watter sin maak dit dan nog om mense op te roep om in God te glo??’Maar God het geen mense gekies om hulle op die daad na die nuwe aarde oor te plaas nie. Hy kom roep mensekinders wat by die sondeval hul rug vir Hom gedraai het, om weer na Hom te luister, om hulle deur sy eniggebore Seun te laat red en weer ‘n pad met Hom te stap van nuwe liefde, gehoorsaamheid en toewyding aan Hom. Op daardie pad is daar steeds verleidings, die gevaar om in ernstige sondes te val, om weer van God af weg te dwaal. Die wat aanvanklik aan die roepstem van die Heilige Gees gehoor gegee het, kan steeds verlore gaan.

Lees:Matteüs 22:1-14Is daardie een bruilofsgas uit die feessaal verwyder bloot omdat hy nie uitverkies was nie?

Lees:2 Petrus 1:10Hoe sou jy jouself daarvoor kan beywer om in jou lewe konkrete gevolge te gee aan jou roeping en verkiesing?

In die Bybel kom God ons nie meedeel of ons wel dan nie uitverkies is nie. Hy kom roep ons om weer na Hom te luister en vir Hom te leef in die nuwe lewe wat Christus moontlik gemaak het. Die verkiesing is God se kant van die saak. Ons ken nie presies daardie kant nie. Ons kry van Hom nie insae daarin nie. Ons hoor slegs sy oproep en dit is ons kant van die saak om daarop positief te reageer.Maar elkeen wat positief reageer en daarvoor kies om in Christus se voetspore te gaan, besef ook al hoe meer: my keuse is die gevolg van God se keuse! Die wete van God se keuse leer ons om in verwondering terug te kyk in ons lewe. Hoekom glo ek ook in God en in Christus? Hoekom is ek in ‘n christelike gesin gebore en grootgemaak? Is dit my eie werk? Nee! Heel aan die begin staan daar my God en Skepper wat ook my blykbaar gekies het om sy kind te mag wees. En daardie wete help ons ook om vol vertroue vorentoe te kyk: God sal My saamneem aan sy regterhand en aarna in die heerlikheid van die hemel opneem (Psalm 73:23,24)

Lees:Filippense 2: 13,14In vs 13 staan min of meer dieselfde oproep as in 2 Petrus 1:10. Maar wat vertel vs 14 vir ons?

F. Is God se verkiesing wel eerlik?

Is dit nie oneerlik van God om die een mens wel en nie die ander te kies nie?

Lees:Dordtse Leerreëls hoofstuk 1, art 1.Waar moet ons ons vertrekpunt neem as ons oor God se verkiesing nadink?

Vrae soos: “Is dit wel eerlik van God...?” is een van die gevolge van ons sondeval. Kyk nog ‘n slag in Les 5: waarom het die mens in sonde geval?

Vraag: 1. Met watter beeld leer die

apostel Paulus ons in Rom.9:19-21 om ons te buig onder die wil van die HERE?

2. Hoe wys die HERE in Job 38:4-12 en 35 vir Job tereg wanneer Job meen hy kan God tot verantwoording roep:

Die leer van die Bybel dat ons alleen uit genade, slegs danksy God se verkiesing gered word, is vir hoogmoedige mense nie maklik om te aanvaar nie, maar ons moet hier buig voor God se vrye wil.Ons moet leer om nie krities nie“Waarom?” te vra, maar verwonderd: Waarom mag ook ek glo??Waarom het die HERE ook my, sondaar, uitgekies?Waaraan het ek dit te danke?

G. Dordtse Leerreëls

Die kerk het alles wat die Bybel m.b.t. God se verkiesing en verwerping leer, saamgevat in die Dordtse Leereëls. Dit is een van die drie groot belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke:

Hierdie Belydenisskrif het onstaan toe daar walgegooi moes word teen die dwalings van die REMONSTRANTE wat in die jare na die Hervorming in die 16de eeu in die Nederlandse kerke beroering veroorsaak het. Kerklike voorgangers soos ARMINIUS en UITTENBOGAERT het geleer dat die geloof wat God van ons vra, nie die gawe van die Heilige Gees aan ons is nie, maar die keuse wat uit die vrye wil van die mens self voortvloei. Ook hulle het wel gepraat van "verkiesing en verwerping" deur God, en het dus heeltemal Gereformeerd geklink. Maar hulle het geleer dat God 'n mens verkies oor sy geloof. Dus: eers omdat daar geloof by 'n mens aanwesig is, kan God daardie mens verkies. Hulle het wel gesê

dat God al van ewigheid af daardie geloof raakgesien het, maar nogtans was wel die mens se geloof die rede vir God se keuse.

Die Remonstrante het hul sienings in 'n tipe van 'n geloofsbelydenis in vyf hoofstukke saamgevat, wat REMONSTRANSIE (Verweerskrif) genoem is. Dis dié dat hulle REMONSTRANTE genoem is.

Teenoor die Remonstrante het kerklike voorgangers soos GOMARUS vanuit God se Woord verdedig:

Ons geloof is nie 'n voorwaarde om verkies te kan word nie, maar 'n gevolg van God se verkiesing.God kies nie ‘n mens omdat hy glo nie, maar sodat hy sal glo.Die volgorde volgens die REMONSTRANTE is dus:

evangelie ------> geloof ------> verkiesing ------> redding

en volgens die GEREFORMEERDES:

verkiesing ------> evangelie ------> geloof ------> redding

Die leer van die Remonstrante is in 1618/1619 veroordeel op die Nasionale Sinode van Dordrecht (Nederland). Ds Joh. Bogerman was voorsitter van daardie Sinode. Teenoor die 5 hoofstukke van die REMONSTRANSIE het die Sinode in 5 hoofstukke dit wat God se Woord oor die uitverkiesing leer, weergegee.

REMONSTRANSIE DORDTSE LEEREËLS

1 1

2 2

3 3/4

4 5 5

Omdat in die REMONSTRANSIE die hoofstukke 3 en 4 in wese oor dieselfde sake gegaan het, het die Sinode nie kans gesien om daar ook twee hoofstukke teenoor te skryf nie. Daarom het hulle dit in hul LEERREËLS tot net een hoofstuk beperk, maar dit wel “Hoofstuk 3 en 4” genoem.Na elke hoofstuk van die Leerreëls word, na die positiewe uiteensetting van dit wat God se Woord oor die uitverkiesing leer, in ‘n bylae die dwalings van die Remonstrante bespreek en afgewys: VERWERPING VAN

DIE DWALINGS. As jy die Dordtse Leerreëls ‘n slag heeltemal wil lees, kan jy daardie bylae na elke hoofstuk maar oorslaan.

Die Leerreëls maak baie mooi duidelik dat leer van die Remonstrante die sentrale boodskap van die Bybel dat ons ALLEEN DEUR GENADE gered word, ondermyn.Want hulle leer in wese weer 'n vorm van SELFVERLOSSING: die mens se eie geloof is beslissend vir sy saligheid!

H. Huiswerk

Leer:Handelinge 13:48b en Efesiërs 2:8,9

Doen:Beantwoord hierdie vraag:Bewerk die wete dat God se Heilige Gees die geloof aan ons moet géé, nie 'n martelende onsekerheid nie?Motiveer jou antwoord vanuit die Dordtse Leerreëls I, art 16.Kan die wete van jou uitverkiesing jou dalk selfingenome en maklik maak: jy kom in elk geval reg; jy ‘s mos uitverkies!Motiveer jou antwoord vanuit die Dordtse Leerreëls I, art 13.