Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees...

28
1 I Verstaan Alzheimer se Siekte Oorkom alledaagse uitdagings in Alzheimer se Siekte 91538 Understanding l Afr new.indd 1 91538 Understanding l Afr new indd 1 2012/06/11 3:37 PM 2012/06/11 3:37 PM

Transcript of Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees...

Page 1: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

1

I

Verstaan Alzheimer se Siekte

Oorkom alledaagse uitdagings in

Alzheimer se Siekte

91538 Understanding l Afr new.indd 191538 Understanding l Afr new indd 1 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 2: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

2

Om dinge te vergeet is ’n normale deel van oud word, en iets wat ons almal sal ervaar. Maar wanneer vergeetagtigheid ’n persoon se daaglikse lewe begin ontwrig of hul normale gedrag verander, kan dit soms ’n simptoom van Alzheimer se Siekte (AS) wees.

Die diagnose en die ervaring van die eerste simptome van AS kan ’n ontstellende en moeilike situasie vir die persoon met die siekte, sowel as vir die versorger wees. Dit is egter belangrik om positief te bly en te besef dat met die regte inligting, behandeling, beplanning en roetines dit moontlik is om met AS saam te leef.

Die doel van hierdie boekie is om antwoorde te verskaf op die basiese vrae wat van belang is vir diegene wat deur AS geraak word, vriende en familie. Om die siektetoestand te verstaan sal almal wat betrokke is, help om voorbereid te wees op die uitdagings wat voorlê. Dit begin deur kennis te hê van die siektetoestand, die veranderinge wat deur die siekte veroorsaak kan word, hoe dit met verloop van tyd kan ontwikkel en die moontlike behandelingsopsies. Laastens bevat dit inligting oor die meer praktiese implikasies van AS, insluitend bekommernis oor versorging en verblyf.

91538 Understanding l Afr new.indd 291538 Understanding l Afr new indd 2 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 3: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

3

Inhoud:

1. Wat is Alzheimer se Siekte? 4 • Hoe algemeen is AS? • Wat veroorsaak AS? • Hoe affekteer AS die brein? • Wie word daardeur geraak? • Die diagnose

2. Watter veranderinge vind plaas? 10 • Veranderinge in kognisie • Veranderinge in funksionering • Veranderinge in gedrag

3. Hoe word Alzheimer se Siekte behandel? 18 • Behandeling met medikasie? • Hoe word hierdie medikasie geneem? • Die korrekte dosering • Wat van alternatiewe behandeling? • Behandeling van ander simptome wat met AS gepaard gaan

4. Watter tipe sorg word benodig? 22 • Versorging • Regsaspekte

5. Waar kan meer inligting verkry word? 24

91538 Understanding l Afr new.indd 391538 Understanding l Afr new indd 3 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 4: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

4

Alzheimer se Siekte (AS) is ’n progressiewe siekte wat selveranderinge veroorsaak in die dele van die brein wat geheue, taal, persepsie en gedrag kontroleer. Aanvanklike simptome van AS sluit vergeetagtigheid, die verlê van items en gebrek aan konsentrasie in. Emosionele simptome soos buierigheid, rusteloosheid of depressie is ook algemeen, en gedragsversteurings soos agitasie en aggressie kom ook dikwels voor. Anders as vergeetagtigheid, wat tipies is van ouderdom, is Alzheimer se Siekte ’n siekte wat deur ’n dokter gediagnoseer kan word met behulp van fisiologiese en kognitiewe toetse asook breinskanderingstegnieke.

Namate die siekte vererger, sal die gediagnoseerde persoon en sy/haar versorger die hantering van aktiwiteite van daaglikse lewe toenemend moeilik vind. Om ingelig te wees is noodsaaklik vir die hantering van die siekte, aangesien dit sal help om te weet wat om te verwag en hoe om vir veranderinge in die daaglikse lewe voor te berei.

Verwys na boekie II “Hantering van Versorging”, wat ook in hierdie reeks beskikbaar is.

1. Wat is Alzheimer se Siekte?

91538 Understanding l Afr new.indd 491538 Understanding l Afr new indd 4 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 5: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

5

91538 Understanding l Afr new.indd 591538 Understanding l Afr new indd 5 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 6: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

6

Hoe algemeen is AS? Demensie is ’n geestesversteuring wat die geheue, denkprosesse en gedrag aantas. AS is die algemeenste tipe demensie. Meer as 23 miljoen gevalle van Alzheimer se Siekte en ander vorme van demensie word jaarliks wêreldwyd aangemeld.

Wat veroorsaak AS? Die werklike oorsaak van AS is nog nie bekend nie. Huidige kennis dui daarop dat dit verband hou met ’n progressiewe verlies aan breinselle weens die vorming van abnormale “plaak” en onoplosbare proteïenfragmente in en om die selle. ’n Ander kenmerkende teken van AS is die teenwoordigheid van ‘knope’ binne in die breinselle, weens die abnormale verdraaiings van tau, ’n noodsaaklike proteïen in gesonde selle. Alhoewel hierdie formasies op sigself skadeloos is, aktiveer dit ’n tipe verdedigingsmeganisme in die liggaam wat seldood in die geaffekteerde areas veroorsaak. AS word dus nie deur ’n enkele faktor veroorsaak nie, maar deur ’n aantal faktore wat elke persoon anders aantas.

91538 Understanding l Afr new.indd 691538 Understanding l Afr new indd 6 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 7: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

7

Demensie kan met Huntington se Siekte, Parkinson se Siekte of sekere aansteeklike siektes geassosieer word. Skade aan die brein weens fisiese trauma, metaboliese versteurings of toksiene kan ook die ontwikkeling van die siekte beïnvloed.

Hoe affekteer AS die brein? Alzheimer se Siekte veroorsaak selskade in breinselle en die uiteindelike dood van die geaffekteerde selle. Hierdie skade vind plaas in dele van die brein wat geheue, denke en taal beheer. Dit is ’n progressiewe siekte wat beteken dat namate meer breinselle aangetas word, meer simptome na vore kom.

Wie word daardeur geraak?Dit wil voorkom asof toenemende ouderdom die mees beslissende oorsaak van AS is. Ander faktore soos geslag en gene kan ook die risiko om die siekte te ontwikkel, verhoog. In die meerderheid van gevalle (95%), ontwikkel die siekte in mense van 65 jaar en ouer, wat beteken dat namate mense ouer en ouer word, die getal mense met die siekte sal toeneem.

91538 Understanding l Afr new.indd 791538 Understanding l Afr new indd 7 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 8: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

8

’n Klein persentasie van mense ontwikkel die siekte op ’n jonger ouderdom; tussen 35 en 60-jarige ouderdom. Hierdie “vroeë-aanvang” van AS word gekoppel aan genetiese oorsake, aangesien dit binne sekere families voorkom.

Die siekte kom oor etniese groepe, sosiale klas en geslag voor, alhoewel dit effens meer algemeen in vroue voorkom.

Die diagnoseAS word deur die dokter gediagnoseer met behulp van fisiologiese en kognitiewe toetse, sowel as breinskanderingstegnieke. Simptome van die verskillende vorme van demensie kan baie soortgelyk wees aan die van AS. Familielede moet dus noukeurig aandag skenk aan die simptome sodat ’n akkurate diagnose en vroeë aanvang van behandeling verseker kan word.

Gedurende die diagnose en daarna sal diegene wat betrokke is fisiese en emosionele ondersteuning benodig van vriende en familie. Ongeag of die finale diagnose AS is of nie, sal ’n professionele opinie en die nodige behandeling almal betrokke help om die situasie beter te hanteer.

91538 Understanding l Afr new.indd 891538 Understanding l Afr new indd 8 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 9: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

9

“Die maak van ’n diagnose het tog as ’n verligting gekom.

’n Beter begrip van wat aan die gang was, het ons in

staat gestel om die verskillende uitdagings op ’n meer

gestruktureerde manier te hanteer.”

William, 73 jaar, AS pasiënt

91538 Understanding l Afr new.indd 991538 Understanding l Afr new indd 9 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 10: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

10

Alzheimer se Siekte affekteer mense op verskillende maniere in die verskillende stadiums van die siekte. Die eerste simptome wat gewoonlik sigbaar word, is vergeetagtigheid en geheueverlies. Mettertyd kan ander vermoëns aangetas word wat van persoon tot persoon kan verskil.

Uit ’n kliniese oogpunt kan die simptome van AS in drie hoofkategorieë verdeel word:

2. Watter veranderinge vind plaas?

Kognisie: • Simptome wat die vermoë om te verstaan, geheue en taal aantas.

Gedrag:• Simptome wat die gemoed en gedrag aantas.

Funksioneel:• Simptome wat die vermoë om daaglikse aktiwiteite te verrig, aantas.

91538 Understanding l Afr new.indd 1091538 Understanding l Afr new indd 10 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 11: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

11

“Toe die dokter die eerste keer Alzheimer se Siekte

genoem het, was ons onbewus van die soort impak

wat dit sou hê. Maar nou is ons meer ingelig oor watter

veranderinge kan plaasvind.”

Bette, 54 jaar, versorger

91538 Understanding l Afr new.indd 1191538 Understanding l Afr new indd 11 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 12: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

12

Kognitiewe simptome sluit in:

• Vergeetagtigheid, soos om sleutels of ’n beursie te verloor, te vergeet van kos op die stoof.

• Besluiteloosheid, soos geneig om te rasionaliseer en nie tot ’n besluit te kan kom nie.

• Disoriëntering, soos om in bekende plekke te verdwaal.

• Taalprobleme, soos om te sukkel om woorde te vind, en vae kommunikasie.

• Gebrek aan herkenning, soos ’n ingeperkte vermoë om bekende voorwerpe of selfs familielede te herken.

Veranderinge in kognisieDikwels is die eerste kognitiewe simptome van AS die wat nie-emosionele geestesprosesse soos redenasie vermoë, geheue en oordeel affekteer. In die vroeë stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid kan lei.

91538 Understanding l Afr new.indd 1291538 Understanding l Afr new indd 12 2012/06/11 3:37 PM2012/06/11 3:37 PM

Page 13: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

13

Die simptome van Alzheimer se Siekte sal aan die persoon wat met AS gediagnoseer is, sowel as die mense om hom, uitdagings stel ten opsigte van die alledaagse lewe. Dit is waarom dit belangrik is om so gou moontlik gespesialiseerde behandeling te kry en om maniere te vind om die lewe makliker te maak. Die waarde van enige verbetering in simptome sal ’n positiewe uitwerking hê op die lewenskwaliteit van alle betrokkenes.

91538 Understanding l Afr new.indd 1391538 Understanding l Afr new indd 13 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 14: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

14

Funksionele simptome sluit in:

• Afskeep van persoonlike higiëne, soos om nie te bad en tande te borsel nie.

• Probleme met persoonlike versorging en aantrek, soos om nie hare te kam nie of nie in staat wees om knope vas te maak nie.

• Probleme met die hantering van geld, inkopies of stokperdjies beoefen, byvoorbeeld die onvermoë om die korrekte kleingeld in ’n winkel te gee.

• Verlies aan beheer oor postuur en loop, soos ’n geboë houding of probleme met loop.

Veranderinge in funksioneringAS sal ook probleme veroorsaak in die manier waarop die persoon met die siekte funksioneer in terme van die uitvoering van basiese daaglikse aktiwiteite. Take soos persoonlike versorging en huishoudelike pligte sal dus ook toenemend uitdagend raak vir die individu met AS en daarom sal daar ’n groter behoefte aan versorging wees.

91538 Understanding l Afr new.indd 1491538 Understanding l Afr new indd 14 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 15: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

15

Sommige van hierdie probleme word met geheueprobleme verbind: die persoon kan eenvoudig vergeet om alledaagse praktiese dinge te doen. Daar kan ook ’n probleem wees met die begrip van die volgorde waarin take uitgevoer moet word. Mettertyd kan die siekte ook die pasiënt se vermoë om op ’n gekoördineerde manier te beweeg aantas en baie daaglikse aktiwiteite sal fisies moeiliker raak.

91538 Understanding l Afr new.indd 1591538 Understanding l Afr new indd 15 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 16: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

16

Gedragsimptome sluit in:

• Verandering in bui, bv. angstigheid, agitasie/aggressie, geïrriteerdheid.

• Onvanpaste gedrag, bv. om te hard te praat.

• Ronddwaal, bv. herhaalde pogings om uit die huis uit te kom of in een plek op en neer te stap.

• Slaapversteuring, bv. wakker gedurende die nag.

• Delusies, bv. glo dat iemand sy/haar besittings steel of dat ’n eggenoot of versorger ’n indringer is.

• Hallusinasies, bv. die persepsie van ’n indringer of persone verkeerdelik identifiseer.

Veranderinge in gedragEen van die mees ontstellende aspekte van AS vir die familie en versorgers, is die verandering in gedrag wat dikwels voorkom namate die siekte verskillende dele van die brein aantas. Wanneer iemand wat jy liefhet op ’n ongewone manier optree of lyk asof hy/sy ’n persoonlikheidsverandering ondergaan, kan dit baie moeilik wees om te aanvaar.

91538 Understanding l Afr new.indd 1691538 Understanding l Afr new indd 16 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 17: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

17

Baie van hierdie gedragsveranderinge lyk asof dit die persoon se persoonlikheid aantas wat vir familie en vriende baie ontstellend kan wees. Sommige individue met die siekte kan uiteindelik baie aggressief raak en kwaai en aanvallend voorkom. Hierdie simptome kan dikwels met behandeling verlig word. Dit is belangrik om te onthou dat die siekte hierdie veranderinge veroorsaak – die persoon aan die binnekant is nog steeds dieselfde en tree nie met opset op hierdie manier op nie. Ondanks hierdie gekompliseerde simptome verloor die persoon nie die vermoë om gevoelens soos vreugde, vrees, woede te beleef nie, en die belangrikste, om liefde te kan deel.

91538 Understanding l Afr new.indd 1791538 Understanding l Afr new indd 17 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 18: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

18

3. Hoe word Alzheimer se Siekte

behandel? Daar is tans geen genesing vir Alzheimer se Siekte nie. Daar is egter verskeie medikasies wat die ontwikkeling van sekere simptome, kan vertraag of verlig. Selfs ’n klein verbetering in spesifieke simptome kan ’n groot inlvoed hê op die vermoë om alledaagse aktiwiteite uit te voer. ’n Vroeë diagnose beteken dat behandeling so gou moontlik kan begin om die lewenskwaliteit vir die individu met AS sowel as diegene rondom hom/haar te verbeter.

Behandeling met medikasieMedikasie vir AS val in twee hoofgroepe:

• Asetielcholienesterase-inhibeerders (AChEI’s)

• N-metiel-D-aspartate (NMDA-) reseptorantagoniste.

In eenvoudige terme: AChEI’s werk om die vlakke van ’n chemikalie in die brein (asetielcholien) te verhoog. In die vroeë stadium van AS is daar abnormaal lae konsentrasies hiervan teenwoordig. Die generiese name vir hierdie behandelings is donepesiel, galantamien en rivastigmien.

91538 Understanding l Afr new.indd 1891538 Understanding l Afr new indd 18 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 19: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

19

Die NMDA-reseptorantagoniste werk om die brein te beskerm teen oorstimulering deur ’n chemikalie (glutamaat) wat breinselle kan beskadig en kan lei tot seldood. Memantien is die enigste geneesmiddel in hierdie klas en daar is bewyse dat dit verskeie simptome van AS, wat met kognisie, funksie en gedrag verband hou, verlig – selfs in die gevorderde stadium van die siekte.

Hoe word hierdie medikasie geneem?Hierdie medikasie word mondelings as tablette of vloeistof geneem en kan maklik daagliks tuis geneem word. Dit is noodsaaklik om by die voorgeskrewe dosis te hou en in kontak met die dokter te bly sodat die grootste voordeel uit die behandeling verkry word. Aangesien die persoon wat die medikasie neem moontlik geheueprobleme het, is dit belangrik dat iemand anders toesien dat die medikasie gereeld en volgens voorskrif geneem word. ’n Joernaal kan help om rekord te hou van medikasie wat gegee is. Verwys na boekie III “Alzheimer se Siekte Joernaal” wat ook in hierdie reeks beskikbaar is

Die korrekte doseringGewoonlik word met ’n lae dosis medikasie begin, wat dan geleidelik deur die dokter tot die verlangde vlak verhoog word of tot ’n ‘instandhoudingsdosis’ verkry is. ’n Minimum van ses maande moet verloop, waartydens kognisie, funksionering en gedrag gemonitor word, voordat ’n finale besluit oor die effektiwiteit van die behandeling gemaak word. Moenie die effek van die behandeling slegs op verandering in een van bogenoemde areas evalueer nie, want net soos simptome van persoon tot persoon verskil, so kan effek op hierdie behandeling ook verskil.

91538 Understanding l Afr new.indd 1991538 Understanding l Afr new indd 19 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 20: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

20

Wat van alternatiewe behandeling?Sommige mense glo dat middels soos Ginkgo biloba en Vitamien E waardevol is in die behandeling van AS. Dit is egter noodsaaklik dat die neem van enige medikasie met jou dokter bespreek word aangesien interaksies met ander middels eers vasgestel moet word.

Behandeling van ander simptome wat met AS gepaard gaanAnder medikasies kan ook voorgeskryf word om simptome wat met AS verband hou, soos depressie en angstigheid, te verlig. Hierdie middels help om spesifieke simptome te verlig en om die lewenskwaliteit van die persoon met AS en die versorger te verbeter.

91538 Understanding l Afr new.indd 2091538 Understanding l Afr new indd 20 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 21: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

21

“Met AS moet jy elke dag voluit leef, die vermoëns wat jy

nog het en dit wat julle nog saam kan doen. Ook moet die

persoon aangemoedig word om dit solank as moontlik vol

te hou.”

Suzanne, 67 jaar, versorger

91538 Understanding l Afr new.indd 2191538 Understanding l Afr new indd 21 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 22: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

22

4. Watter tipe sorg word benodig?

Aanvanklik mag dit vir die persoon met AS moontlik wees om met ’n redelik onafhanklike lewe vol te hou. Maar namate meer simptome ontwikkel, is dit belangrik dat ’n ander persoon help met medikasie, finansiële sake en daaglikse aktiwiteite. Later mag die persoon met die siekte voltydse versorging benodig, wat vir een persoon moeilik kan wees om te hanteer.

Die tipe versorging wat benodig word sal ook met verloop van tyd verander. Aanvanklik kan die persoon hulp benodig met die onthou van besonderhede soos name, datums, woorde, aanwysings en waar items neergesit is. Ook hulp met daaglikse aktiwiteite soos kook, skoonmaak en inkopies, asook wasgoed was en persoonlike higiene sal aangebied moet word. Versorging kan toenemend meer veeleisend raak weens veranderinge in die persoon se gedrag, soos verhoogde aggressie en geïrriteerdheid. Namate die siekte vererger, sal die fisiese simptome van die siekte meer navore kom en sal hulp benodig word met loop, toiletgebruik en ander daaglikse aktiwiteite. In hierdie stadium mag dit nodig wees om hulp van buite te kry. Uiteindelik mag dit die beste wees om ’n oue tehuis te oorweeg waar die persoon met AS voltyds versorg kan word.

Mediese personeel en versorgers kan help om die tipe hulp wat vir elke individuele situasie nodig en beskikbaar is, te identifiseer en kan ook kontakbesonderhede verskaf. Die Alzheimer-/Demensieverenigings en -hulpgroepe verskaf ook hierdie inligting. Kontakbesonderhede vir nasionale organisasies wat van hulp kan wees, is in die volgende hoofstuk beskikbaar.

91538 Understanding l Afr new.indd 2291538 Understanding l Afr new indd 22 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 23: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

23

VersorgingDie verergerende simptome van die siekte, sal aan die versorger van die AS persoon sekere emosionele en fisiese eise stel. Hulp en ondersteuning van buite is belangrik – versorgers moet hul eie beperkinge ken en vir soveel hulp as wat nodig is vra – soos tuisbesoeke van professionele persone of aflosversorging in ’n dagsentrum of verpleegtehuis. Deur probleme te bespreek, raad te vra en vir jouself tyd te maak, sal help om die verskillende emosies wat met die versorgingstaak gepaard gaan, te hanteer.Daar is praktiese maniere waarop die versorging van iemand met AS hanteer kan word en ’n paar van hierdie voorstelle is in die meegaande gids “Hantering van Versorging” ingesluit.

Regsaspekte Uit ’n wetlike oogpunt, is dit wenslik dat die persoon met AS en sy/haar gesin vroegtydig die nodige reëlings tref, t.o.v. die opstel van ’n testament , ’n volmag uit te reik en ander kwelpunte. Dit sal verseker dat die individu met AS, terwyl hy/sy nog onafhanklik funksioneer, beheer kan uitoefen oor toekomstige besluite. Meer besonderhede oor hoe om wetlike en finansiële sake te hanteer, is in die meegaande gids “Hantering van Versorging” ingesluit.

91538 Understanding l Afr new.indd 2391538 Understanding l Afr new indd 23 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 24: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

24

5. Waar kan meer inligting verkry word?

Die volgende bladsye verskaf belangrike plaaslike kontakinligting van organisasies wat inligting oor die siekte en ondersteuningsgroepe het, asook dienste wat in jou omgewing beskikbaar is.

bladsy 25: Alzheimer’s SAbladsy 26: Dementia SA

Wêreldwyd is daar baie verenigings wat inligting kan verskaf en ondersteuning kan bied vir diegene wat deur Alzheimer se Siekte geraak word. “Alzheimer’s Disease International” is ’n oorkoepelende organisasie van Alzheimersverenigings regoor die wêreld. ’n Omvattende lys van verenigings is beskikbaar by http://www.alz.co.uk/help/associations.html

DementiaNet is ’n aanlyn-demensiegemeenskap wat artikels, besprekings en dies meer bevat. www.dementianet.com.au

91538 Understanding l Afr new.indd 2491538 Understanding l Afr new indd 24 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 25: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

25

Alzheimer’s SAHulplyn : 0860 102 681Nasionale kantoor Tel : (011) 478-2234E-pos : [email protected]

Streke

Oos-KaapTel : (041) 371-4262

Suid-KaapTel : (044) 533-0132

VrystaatTel : (051) 522-4894

GautengTel : (011) 346-2757

KwaZulu-NatalTel : (031) 702-8811

Webwerf : www.alzheimers.org.za

Alzheimer/Demensie Ondersteuningsdienste:www.mysupport.co.za

91538 Understanding l Afr new.indd 2591538 Understanding l Afr new indd 25 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 26: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

26

Alzheimer/Demensie Ondersteuningsdienste:

Dementia SA

Tel : (021) 421 0077

(021) 421 0078

(021) 418 5888

Faks: (021) 418 2772

e-pos: [email protected]

Webswerf : www.dementiasa.org

91538 Understanding l Afr new.indd 2691538 Understanding l Afr new indd 26 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 27: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

27

Internasionale organisasies:

Alzheimer Europe• 145, route de Thionville• L-2611 Luxembourg• Tel: +352 29 79 70• Faks: +352 29 79 72• E-pos: [email protected]• Webwerf: www.alzheimer-europe.org

Alzheimer’s Disease International (ADI)• 45–46 Lower Marsh• London SE1 7RG• Tel: 020 7620 3011• Fak: 020 7401 7351• E-pos: [email protected]• Webwerf: www.alz.co.uk

91538 Understanding l Afr new.indd 2791538 Understanding l Afr new indd 27 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM

Page 28: Verstaan Alzheimer se Siekte - lundbeck.com · stadium kan die persoon met die siekte bewus wees van ’n afname in sy of haar kognitiewe vermoëns wat tot depressie en/of angstigheid

28

1

II

Hantering van versorging

Oorkom alledaagse uitdagings in

Alzheimer se siekte II

1

I

Verstaan Alzheimer se Siekte

Oorkom alledaagse uitdagings in

Alzheimer se Siekte

1

Alzheimer’s Journal

Alzheimer se SiekteJoernaal

III

• Verstaan Alzheimer se Siekte - Oorkom alledaagse uitdagings in Alzheimer se Siekte I ’n Insiggewende boekie wat al die kwelpunte bespreek wat van belang is vir pasië nte, vriende en familie wat deur AS geraak word.

Die volledige gids “Oorkom alledaagse uitdagings in Alzheimer se Siekte”:

• Alzheimer se Siekte Joernaal- Oorkom alledaagse uitdagings in Alzheimer se Siekte III ’n Daaglikse joernaal en evalueringskaal wat die persoon met AS, die versorger en die dokter sal help om op hoogte te bly van die siekte.

• Hantering van Versorging - Oorkom alledaagse uitdagings in Alzheimer se Siekte II ’n Praktiese gids vir die hantering van die verskeie aspekte van die versorging van ’n persoon met AS.

Lundbeck Suid-Afrika (Edms) BpkPosbus 2171 North Riding 2162

Tel: 011 699 1600Faks 011 795 2252

91538 Understanding l Afr new.indd 2891538 Understanding l Afr new indd 28 2012/06/11 3:38 PM2012/06/11 3:38 PM