UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE...

14
TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 IN HIERDIE UITGAWE: Skoolhoof se Brief 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 Toneelspelkompetisie 8 Herfskonsert 9 Kamerkonsert 9 My School-kompetisie 9 Potjiekosaand 10 Bestelling van foto’s 10 Mediaskakeling 10 Gholfdag 11 Sportnuus 12 KONTAK ONS: Tel / faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f) Algemeen: [email protected] Sport: [email protected] Kultuur: [email protected] Bemarking: [email protected] Alumni: [email protected] Klerewinkel: [email protected] Boekekamer: [email protected] BELANGRIKE DATUMS: APRIL 23 Bloedskenkdag 24 Oueraand: Gr. 9 & 10 25 Alumni-Gholfdag 30 Herfskonsert MEI 01 WERKERSDAG 02 Senior Dinee 09 Ope Dag vir Nuwe Leerders 10 RTT-Olimpiade 10 Durbie-Skouspel 15 Natuurwetenskap Olimpiade 16 JAM-Koffiekroeg 17 Dink-of-Sink 2013 21 Afrikaans Olimpiade 30 Eksamen Begin 31 Voedsel-en-Wynfees Vanaf 15 April het Woolworths ‘n nasionale MySchool-promosie, die MySchool/Woolworths “Swipe for Africa”- kompetisie wat ouers/ondersteuners motiveer om hul MySchool- kaarte binne alle Woolworths-takke te gebruik. Die skool wat die MySchool-kaart die meeste gebruik tydens hierdie kompetisie, staan ‘n kans om R100 000.00 te wen. Alle MySchool-gebruikers word aangemoedig om hierdie kompetisie te ondersteun – Help ons om u te help!

Transcript of UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE...

Page 1: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

ber 2012

UITGAWE 6 ~ 17 April 2013

be

r 2012

IN HIERDIE UITGAWE:

Skoolhoof se Brief 2

Williams Hunt Motors 4

Career GPS 6

Eenbedrywe 2013 7

Toneelspelkompetisie 8

Herfskonsert 9

Kamerkonsert 9

My School-kompetisie 9

Potjiekosaand 10

Bestelling van foto’s 10

Mediaskakeling 10

Gholfdag 11

Sportnuus 12

KONTAK ONS:

Tel / faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected]

Sport: [email protected]

Kultuur: [email protected]

Bemarking: [email protected]

Alumni: [email protected]

Klerewinkel: [email protected]

Boekekamer: [email protected]

BELANGRIKE DATUMS:

APRIL

23 Bloedskenkdag

24 Oueraand: Gr. 9 & 10

25 Alumni-Gholfdag

30 Herfskonsert

MEI

01 WERKERSDAG

02 Senior Dinee

09 Ope Dag vir Nuwe Leerders

10 RTT-Olimpiade

10 Durbie-Skouspel

15 Natuurwetenskap Olimpiade

16 JAM-Koffiekroeg

17 Dink-of-Sink 2013

21 Afrikaans Olimpiade

30 Eksamen Begin

31 Voedsel-en-Wynfees

Vanaf 15 April het Woolworths ‘n nasionale

MySchool-promosie, die MySchool/Woolworths

“Swipe for Africa”- kompetisie wat

ouers/ondersteuners motiveer om hul MySchool-

kaarte binne alle Woolworths-takke te gebruik. Die

skool wat die MySchool-kaart die meeste gebruik

tydens hierdie kompetisie, staan ‘n kans om

R100 000.00 te wen. Alle MySchool-gebruikers

word aangemoedig om hierdie kompetisie te

ondersteun – Help ons om u te help!

Page 2: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

Geagte Ouers

Welkom terug by die nuwe kwartaal. Ons

hoop dat die paasgety vir u en u gesin

besonders was. Ons hoop ook dat dit ’n

besonders goeie kwartaal vir elke gesin sal

wees.

Ek het op 5 Maart berig dat die bouwerk

aan ons Astro-hokkiebaan eersdaags sou

begin. Die bouery is nou in volle swang.

Die nodige toestemming vir die bou van

die baan moes eers by die WKOD verkry

word en die goedkeuring vir die lening

moes by ‘n finansieringsinstansie gereël

word. Hierdie dokumente is reeds in 2012 ,

net na die ouervergadering, ingedien.

Die meule van die staat maal nooit baie

vinnig nie (en daar is sekerlik goeie redes

hiervoor), maar uiteindelik is die nodige

goedkeuring in die middel van Februarie

afgehandel.

Dewald du Toit het die reuse-werk verrig om

bogenoemde af te fasiliteer. Die tender vir

die bou van die astro is toegeken aan die

firma DPB. Daar was drie firma’s wat

tenders ingedien het. Deon Fabel het die

tenderproses gehanteer. Die betrokke

maatskappy (DPB) het ‘n goeie

geskiedenis met die bou van sulke bane en

was ook die kontrakteur van die baan by

die Hoërskool Stellenberg.

Daar is begin met die voorbereiding van

die baan en tonne grond is reeds verskuif.

Die palisadeheining word tans verleng om

die deel van die skoolgrond aan

Langenhovenstraat se kant en Hoogstraat

toe te maak. Die grootste deel hiervan is

die bestaande heining bokant die A-

rugbyveld wat verskuif word.

Die serwituutpad (verlenging van

Plataanstraat) wat ons tans by die Stad

Kaapstad huur, gaan as parkeerarea dien

vir die sportgrond. Die area gaan ‘n

eenrigting wees met die ingang vanaf

Vissershok en die uitgang in Hoogstraat.

Die mikpunt vir die voltooiing van die astro

is Juniemaand. Dit sal beteken dat ons

interskole op ons eie baan kan speel .

Ons moet ook die krieketnette verskuif om

plek te maak vir die astrobaan. Die huidige

nette het ook al hulle beste dae gehad en

moes ook groot herstelwerk ondergaan.

Ons skuif die nette na die skietbaan, wat in

onbruik geraak het met die kansellering

van skyfskiet as ‘n skoolsport. Die stukkie

grond leen hom baie goed vir die plasing

van ons nuwe nette .

Die spelers sal nie so beïnvloed word deur

die heersende somerwind soos tans die

geval is nie. Ons krieketspelers sal dus die

voordeel hê dat hulle hulle boul-en kolfwerk

in baie beter toestande sal kan slyp.

Ons herbou ook tans die kolfblad op die B-

veld. Die blad het vir so lank as mense kan

onthou sy kant gebring, maar is nou

gedaan. Ons sal hopelik Januarie op hom

kan speel.

Die rugby-ondersteuningskomitee het die

vakansie ook die nuwe stel toilette vir die

rugbyklubhuis gebou. Die gebrek aan

toiletfasiliteite op die vlak van die

onthaalarea het die gebruik van die

klubhuis in die verlede ernstig beperk. Baie

dankie aan hierdie komitee – julle is werklik

mense van daad.

Verder is ons ook in die

(her)beplanningsfase van die ander

geriewe : die binnenshuise swembad en

die groot saalkompleks. Die oorspronklike

planne word aangepas omdat dit

eenvoudig te duur was. U sal op hoogte

gehou word van die verwikkelinge en

ontwikkelinge soos dit vorder. Johan van Zyl

en Gerhard Louwrens bestee ook baie ure

hieraan.

Uit die Hoof se Kantoor

Page 3: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

Tydens die vakansie het ’n klomp van ons

spanne deelgeneem aan verskillende

sportfeeste en toernooie. Die o.16 A- en

o.19 A- netbalgroepe het by Sun City aan

die baie bekende jaarlikse Sun City-

netbaltoernooi deelgeneem. Die o.16-span

het uiteindelik tweede geëindig en die

eerste span is in die semi-finaal, na’n

verbete stryd, uitgeskakel.

Ons eerste seunshokkiespan het

deelgeneem aan ’n hokkiefees op George

en baie goed gepresteer teen uitstekende

kompetisie. Hulle het 2 van hulle 7

wedstryde verloor. Die o.16-span het nie so

goed gevaar tydens hulle toernooi nie,

maar het hope ondervinding opgedoen

wat ons glo in die loop van die seisoen van

groot waarde sal wees.

Die eerste dogtershokkiespan het aan die

Paastoernooi deelgeneem by die

Hoërskool Fairmont. Ons het teen baie

goeie spanne gespeel en is nou voorbereid

vir die uitdagings van die seisoen wat

voorlê.

Ons o.15-rugbyspan het aan ’n toernooi in

die Paarl deelgeneem en 2 van hulle 3

wedstryde gewen. Die eerste rugbyspan

het aan die Oakdale-rugbyweek

deelgeneem. Die kompetisie daar was,

soos gewoonlik, baie sterk en alhoewel die

span nie al hulle wedstryde kon wen nie,

het hulle deurentyd goeie rekenskap van

hulself gegee.

Michael Badenhorst is ook in die span

opgeneem wat na afloop van die week uit

al die deelnemende skole gekies is. Baie

geluk aan al hierdie spanne.

Ons wens dan ook sommer nou graag vir al

ons wintersportspanne voorspoed toe vir

die komende seisoen.

Op atletiekgebied het Derick Turner

geskitter tydens die S.A. Kampioenskappe

en met ‘n afstand van 57,2 m is hy derde

geplaas in die spiesgooinommer.

Baie geluk ook aan Lara Mostert wat vir die

W.P.o.15-tennisspan gekies is.

Op kultuurgebied het Lara Hattingh, Lana

Groenewald en Elzette Stramrood

deurgedring na die laaste 60 van die Stad

Kaapstad-Toneelspelkompetisie. Daar was

meer as 400 inskrywings en om die finale

groep te haal, is alreeds ’n blink prestasie.

Soos u kan sien, het ons leerders die

vakansie vir stervertonings gesorg en is ons

baie trots op hulle. Wat ons egter nóg

trotser maak, is die e-posse van ons

opponente en ander afrigters wat ons

spelers komplimenteer met hulle gedrag,

sportmanskap en uitstekende maniere. Dit

is mos hieraan waaraan ons geken wil

word.

Op hierdie mooi en positiewe noot – groete

tot volgende keer.

George Germishuys

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. op dat Hoërskool Durbanville nie

verantwoordelik gehou kan word vir die

inhoud van advertensies van ‘n derde

party wat hul dienste en/of produkte in

die aanlyn-nuusbrief adverteer nie; ook

nie vir die geloofwaardigheid en/of

korrektheid van die geadverteerde diens

en/of produk nie.

Die derde party adverteer sy / haar diens

en/of produk op eie risiko op die

voorwaardes soos vervat in die

oorspronklike ooreenkoms en enige

verbruiker wat gebruik maak van die

geadverteerde diens en/of produk, doen

dit op eie risiko.

Hoërskool Durbanville kan dus nie

verantwoordelik gehou word vir enige

verliese wat gely word a.g.v. sulke

dienste en/of produkte nie.

Page 4: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir
Page 5: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

TOP TIEN-PRESTEERDERS

GRAAD 8

1 Matthys Carstens 95,9%

2 Anneke Visser 93,6%

Marinel Wegmann 93,6%

3 Jean Aucamp 92,4%

4 Mieke Verster 90,4%

5 Jansie Slabbert 90,0%

6 Phillip Swart 89,4%

7 Lalande Esterhuysen 88,8%

8 Daneel Wasserfall 88,6%

9 Ernst Smit 88,1%

10 Christopher Erasmus 87,6%

GRAAD 10

1 Gitte ter Borg 94,3%

2 Elsa Mijburgh 91,8%

3 Dominique Rocher 91,6%

4 Jó Havenga 90,6%

5 Christel Kruger 89,4%

6 Marli Branders 89,2%

7 Megan vd Merwe 88,4%

8 Wilma Wessels 87,7%

9 Anri van Niekerk 87,4%

10 Elmien Viljoen 87,1%

A. Laubscher

GRAAD 9

1 Mjé Boshoff 93,6%

2 Jason vd Walt 90,9%

3 Freddie vd Merwe 90,6%

4 Anja du Toit 90,4%

5 Lizel Zwarts 90,3%

6 Ettiene Hoffman 90,1%

7 Huibri Smith 89,1%

8 Linzé Dippenaar 88,4%

9 Ruben vd Merwe 88,2%

10 Annerie vd Merwe 87,8%

GRAAD 11

1 Estée van Tonder 91,1%

2 Marna Louwrens 89,9%

3 Marné du Plessis 89,1%

4 Pascal Rocher 89,0%

5 Willem Roux 88,1%

6 Celine Jv Rensburg 88,0%

7 Janke Tolmay 87,1%

8 Nel Ehlers 86,3%

Madri Maree 86,3%

9 Carla Loubser 86,0%

10 Bianca Strauss 85,9%

GRAAD 12

1 Elke ter Borg 94,0%

Wiankè Jenkins 94,0%

2 Ilzeli Zwarts 93,0%

3 Francois Lombard 90,1%

4 Nicolene Theron 88,0%

5 Lezandi Fourie 87,7%

6 Lara Hattingh 87,5%

7 Anneline Mathee 87,4%

8 Annemien Liebenberg 86,4%

9 Christiaan vd Heever 85,3%

10 Mia van Tonder 85,1%

AKADEMIE

Baie geluk aan elkeen van die onderstaande leerders wat op die Top Tien-lys vir die eerste

kwartaal verskyn.

Page 6: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

Verdwaal as dit kom by jou kind se toekomsplanne?

Gewens jy kon ‘n GPS inspan?

Vind die weg tussen al jou kind se beroepsmoontlikhede met

– GPS

Wie of wat is “Career GPS” ?

Kwaliteit en holistiese psigometriese dienste wat bekostigbaar, gerieflik, relevant en

effektief is ten einde die kliënt te bemagtig om ‘n beter ingeligde beroepsbesluit

en/of vakkeuse te maak.

Alle toetse word deur HPCSA geregistreerde en geakkrediteerde professionele

persone uitgevoer. Toetse is gestandaardiseer en relevant binne die Suid-Afrikaanse

konteks.

Die volgende areas word gedek:

Aanleg, persoonlikheidsvoorkeur, belangstelling en waardes.

Ons kombineer hierdie toetse met ‘n onmisbare individuele beroepsgesprek en

“coaching” sessie.

Bevindinge en aanbevelings word ook in ‘n assesseringsverslag uiteengesit.

Die uiteinde is ‘n omvattende benadering met meer bevredigende resultate.

Wanneer vind die assesserings plaas?

Saterdag 11 Mei 2013 @ 08:00 – 16:00

Saterdag 22 Junie 2013 @ 08:00 – 16:00

Saterdag 13 Julie 2013 @ 08:00 – 16:00

Saterdag 17 Augustus 2013 @ 08:00 – 16:00

Wat kos dit?

R1500 per leerder – kan verhaal word van meeste mediese fondse.

Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

Page 7: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

BEDRYWIGE JAAR VIR TONEELGROEP

Daar is vanjaar drie uiteenlopende

toneelstukke op die Eenbedryf-spyskaart.

Met ‘n span van 32 Akteurs en 12 Tegniese

spanlede is dit een van die grootste groepe

die afgelope klompie jare. Alhoewel die

optreeseisoen eers na die Junie-vakansie

begin, is al drie groepe al volstoom aan die

werk.

ROET

Dramaturg: Brink Nelson

Regie: Jan Burger & Andrea Winckler

Roet is spesiaal vir HS Durbanville geskryf. Dit

is 1932 in die Noord-Kaap, midde-in die

Groot Depressie. Petronella Kapp is ‘n

bywoner-arbeider op die plaas van Abel

Swardt, ‘n ryk en gerespekteerde boer. Sy

werk in die kombuis en verdien ‘n klein

weeklikse loon waarop sy sukkel om te

oorleef, veral omdat sy ook haar twee

kinders moet onderhou. Van haar

swangerskap af hou sy vol dat Abel Swardt

die tweeling-meisies se pa is, maar niemand

wil haar glo nie en die gemeenskap verwerp

haar omdat sy Abel van so iets durf

beskuldig. Op 10-jarige ouderdom raak die

tweeling siek, en word ‘n ma se liefde vir

haar kinders tot die uiterste getoets. . .

Rolverdeling Elzette Stramrood Petronella Kapp

Nienke Geldenhuys Mevrou Dominee

Carla Smith Vroedvrou

Andries Meyer Abel Swardt

Mieke Fabel Skim 1

Lara van Tonder Skim 2

TEGNIESE SPAN Loui Griebenow Beligting

Anthonie Jv Rensburg Klank

Chanté du Toit Verhoogassistent

Marizan Coetzer Verhoogassistent

VLIEG IN DIE SALF (amper ‘n kabaret)

Dramaturg: Francois Toerien

Regie: Andrea Winckler & Amelia van Wyk

Vlieg in die salf is ook spesiaal vir HS

Durbanville geskryf en vir die eerste maal

steek ons ons toon in die troebel waters van

kabaret. Vlieg in die salf haal jou bietjie uit

jou gemaksone van hoe jy oor dinge dink en

ons stamp mekaar se perspektiewe oor

sekere dinge bietjie rond tussen ons. Jy gaan

dalk lustig wil saamspeel, of jy gaan jou vir

die speletjie vererg. En net wanneer jy ons te

ernstig begin opneem, sal jy agterkom ons

skeer eintlik bietjie gek. Maar dan . . .

wanneer jy dink ons skeer sommer net ‘n

bietjie gek, kom jy agter ons is eintlik baie

ernstig. Is daar in jou salf ook ‘n vlieg?

Rolverdeling Lara Hattingh Vlieg

(ook Aanbieder en BEE-Sirkusbaas)

Jumaine Hansen

Rudi Maasdorp

Tsetsevlieg-bende

Anna Mödler

Mieke Verster

Andries Meyer

Nina Faulhammer

(ook Huishulpe,Kameraspan, Oli-vlieë)

Jumaine Hansen Jeromé Adams

Linda Ntentema Qaqamba Ngciba

Larissa vd Westhuizen Susan Greeff

Estée van Tonder Leandré vDeventer

Zander Koen Pa

Andries Meyer Frikkie Labuschagne

Lana Groenewald Ma

Lana Groenewald Annette Labuschagne

Alicia van Zyl Skropvrou

Andries Meyer Hannes

TEGNIESE SPAN

Loui Griebenow Beligting

Jason van der Walt Klank

Carla Venter Verhoogassistent

Nicky van Rensburg Verhoogassistent

KULTUURNUUS

Page 8: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

DIE TOEKOMS LÊ IN EIERS

Dramaturg: Eugene Ionescu, (vertaal deur Pieter Nel)

Regie: Amelia van Wyk & Jan Burger

In hierdie absurde teks stel ons u voor aan

twee hoenderfamilies, die Robertas en die

Jacques’e. Hul kinders, Roberta en Jacques

is al 3 jaar getroud is. Die twee families kom

so goed oor die weg as wat effe afgunstige

skoonfamilies maar oor die weg kom, maar

oor een ding stem hulle 100% saam: dat dit

nou hoog tyd is dat Roberta en Jacques

begin “produseer”, want daar is nog geen

teken van ‘n eier nie! Die Robertas is dit eens

dat dit nie deur hul dogter Roberta se

toedoen is nie, en die Jacques’e voel net so

sterk dat dit ook nie hul seun Jacques se

skuld is nie. Onder groot druk van die twee

families begin Roberta en Jacques druk vir ‘n

vale om te begin “produseer” . . .

Rolverdeling Alicia van Zyl Roberta

Jessé Cupido Jacques

Nicolaas Joubert Pappa Roberta

Elmien Viljoen Mamma Roberta

Nog onder oorweging Oupa Jacques

Charné Bezuidenhout Ouma Jacques

Louw Redelinghuys Pappa Jacques

Izelle Viljoen Mamma Jacques

Nog onder oorweging Jacqueline

Denicke Nel

Marlenke Scholtz

Jessica Addinall

Lorin Blaauw Hoender-Ensemble

Mckayla Phyfer

Ameré Prinsloo

Phia Rossouw

Aimee Erasmus

TEGNIESE SPAN

Wian Steenkamp Beligting

Nadja Cornelissen Klank

Jessica Vice Verhoogassistent

Leanke Pepler Verhoogassistent

Nicolene Potgieter Verhoogassistent

Die rolverdeling mag hier en daar met

verloop van tyd nog verander.

NASIONALE TONEELSPELKOMPETISIE

Die Nasionale Toneelspelkompetisie is ‘n

kompetisie vir individue, wat vir die uitdunne

‘n program moet aanbied bestaande uit ‘n

prosa-monoloog en ‘n gedig. As hulle

deurdring na die finale rondte, moet hulle

ook ‘n dramatiese monoloog aanbied.

Die landswye uitdunrondtes is aan die einde

van die eerste kwartaal afgehandel. Meer as

400 kandidate het ingeskryf, waaruit 60

gekies is vir die finale rondtes wat van 16 - 18

Mei in die Kunstekaap Teater plaasvind.

Skole word beperk met die getal leerders

wat aan die uitdunne mag deelneem;

daarom moes ons eers ons eie uitdunne hou

vir die 6 kandidate wat ons ingeskryf het.

HS Durbanville is trots daarop dat drie van

ons leerders, Lara Hattingh, Lana

Groenewald en Elzette Stramrood,

deurgedring het na die finale rondte. Ons

hou styf duim vas vir hulle.

Linda Ntentema, Carla Smith en Alica van Zyl

het wel nie die finaal gehaal nie, maar kan

hul koppe hoog hou dat hulle hul uitstekend

van hul taak gekwyt het by die uitdunne!

J. Burger

KULTUURNUUS

Page 9: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

HOËRSKOOL DURBANVILLE HERFSKONSERT

Dinsdag 30 April 2013

Die jaarlikse Herfskonsert van die Hoërskool Durbanville vind vanjaar op 30 April plaas. Die

verrigtinge begin om 19:00 in die skool se ouditorium en kaartjies sal teen R20 vanaf 18:00 in

die foyer beskikbaar wees.

Die kore van die Voorbereidingskool en Laerskool Durbanville, asook Hoërskool Durbanville

se Koor en Blaasorkes sal by die geleentheid optree.

C. Esterhuyse

KAMERKONSERT

Sondag 5 Mei 2013

Op Sondagmiddag, 5 Mei sal 6 van ons graad 12-musiekkandidate hul

eindeksamenprogram in die ouditorium lewer:

Emma Aspeling Tenoor Saxofoon

Karyn Afrikaner Trompet

Philip Bergh Alt Saxofoon

Wietsche Fourie Alt Saxofoon

Carla Jansen Fluit

Ronnie Lubbe Klarinet DFDFGDF DFGDFG DFGDFG DFGDFGD F

Kom luister gerus na die musiektalent van hierdie begaafde leerders.

C. Esterhuyse

KULTUURNUUS

Page 10: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

SA SCHOOL PORTRAITS

Die amptelike foto’s van die skool, nl.

individuele foto’s van leerders, groepfoto’s,

asook foto’s van spesifieke funksies, bv.

danse, groot sportfunksies soos interskole,

interhuisatletiek en Ko-Ed, ens. word

geneem deur SA School Portraits. Hierdie

foto’s kan op die volgende wyses bestel

word:

1. Via www.durbanvillehs.co.za se

FOTOGALERY wat ‘n direkte skakel met SA

School Portraits se webtuiste het;

2. Via www.saschoolportraits se webtuiste,

en

3. Direk by die skool: “contact sheets” word

na afloop van die funksie op die

kennisgewingborde geplaas en leerders

kan dit dan per hand bestel.

Navrae: me. M. Nell - 021 976 3188

MEDIA & BEELDBOU

Mediaskakeling word slegs deur die skool

gehanteer. Stuur gerus foto’s en inligting tov

u kind of sy/haar span se prestasies per e-

pos aan:

[email protected]

Die skool stuur op ‘n weeklikse basis – indien

die inligting beskikbaar is – prestasies van ons

leerders aan die media. Die finale besluit om

inligting te plaas berus by die redaksie van

die koerant.

Foto’s moet asb in Jpeg-formaat en NIE

KLEINER NIE as 1 Mb verskaf word.

Navrae: Odile Heunis – 083 285 7285

FOTO’S: BESTELLINGS / MEDIASKAKELING

POTJIEKOS-GESINSAAND ~ 4 MEI 2013 (ten bate van Matriekafskeidfonds)

AANDAG: ALLE POTJIEKOSMAKERS- / KAMPIOENE,

BESIGHEDE, MAATSKAPPYE (GROOT & klein)

U word vriendelik uitgenooi om betrokke te raak, deel te neem, ‘n pot te maak of te skenk! Die Matriekafskeidkomitee wil graag pa’s en seuns, sowel as ma’s en dogters, besighede en maatskappye betrek by hierdie fondsinsamelingsprojek wat as ‘n gesinsaand van heerlike potjiekos en dans aangebied word. Ons benodig asb skenkings vir bestanddele vir ongeveer 10 mense per pot. Borge ontvang gratis proe-kaartjies .

Ondersteun asb hierdie projek ter ondersteuning van die Matriekafskeid. Hoe meer potte, hoe meer proeërs, hoe meer fondse!

DATUM: 4 Mei 2013 PLEK: Plaasskuur van Viljee en Carien Loubser, Welgegund TYD: Potjiekosvure begin gereeed maak om 15:00 KOSTE: R130 p/p NAVRAE: sms Marlene Blom @ 072 399 7270 e-pos: [email protected] [email protected]

FONDSINSAMELINGS

Page 11: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

HS DURBANVILLE-GHOLFDAG Skryf in vir ons GHOLFDAG ter ondersteuning van hulpbehoewende leerders! Hierdie

gewilde dag beloof om ‘n genotvolle geleentheid te wees vir elke gholfspeler – amateur of

professioneel. ‘n Aandete met Willem Erwee van Radio Tygerberg, as seremoniemeester en

Ingrid Burger, Mev Verenigde Nasies Wes-Kaap as gasvrou sal die geleentheid beslis die

moeite werd maak. Kontak Leonie Nel @ 021 976 3188 / 079 499 5444 of e-pos haar by

[email protected] om ‘n span of individuele spelers in te skryf.

Page 12: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

Let asb op dat HSD se telling altyd eerste

aangedui word.

Woensdag, 27 Maart vs HS Swartland

o.19 A Wen 16 -12

o.19 B wen 19 – 0

o.19 C verloor 5 – 17

o.16 A wen 35 – 7

o.16 B (vs HS Tygerberg) wen 31 - 10

o.15 A wen 32 – 0

o.15 B wen 33 - 0

o.14 A verloor 14 - 33

o.14 B wen 24 - 8

Aprilvakansie: Rugbytoernooie

O.19 A: Oakdale Landbouskool-toernooi

Aliwal-Noord Wen 29 - 0

Sentraal Bloemfontein verloor 17 - 43

Overberg verloor 18 - 24

O.15 A: Labori, Paarl-toernooi

Klein Nederburg wen 38 - 0

New Orleans verloor 17 - 10

Kirkwood wen 45 - `0

Michael Badenhorst (o.19 A) word in sy

posisie as die beste speler van die

rugbyweek aangewys! Baie geluk met

hierdie pragtige prestasie!

Saterdag, 13 April – HS Strand

o.19 A wen 18 – 7

o.19 B wen 8 – 0

o.19 C verloor 3 – 30

o.16 A wen 15 – 12

o.16 B verloor 5 – 19

o.15 A wen 28 – 7

o.15 B wen 21 – 5

o.14 A wen 19 – 7

o.14 B wen 13 - 10

H. Jordaan

Let asb op dat HSD se telling altyd eerste

aangedui word.

Aprilvakansie: Sun City-toernooi

O. 19 A

Warmbad wen 30 - 5

Pietersburg wen 25 – 21

De Anker wen 27 - 6

Menlo Park verloor 8 - 37

Upington wen 19 – 13

Langenhoven

(semi-finaal) verloor 11 - 16

Pietersburg

(3de / 4de) verloor 15 - 20

O. 16 A

Langenhoven verloor 22 - 24

Pietersburg A wen 26 – 16

Pietersburg B wen 33 - 10

Curro, Durbanville wen 24 - 18

Saigewood wen 47 - 0

Dominica wen 42 - 6

Upington verloor 27 - 18

Langenhoven

(semi-finaal) wen 28 - 14

Upington

(finaal) verloor 15 - 25

A. Stoffberg

Woensdag, 27 Maart vs HS Swartland

o.19 A wen 17 – 15

o.19 B verloor 14 – 15

o.19 C verloor 4 - 10

o.16 A wen 16 - 15

o.16 B verloor 5 – 11

o.16 C verloor 2 - 19

o.16 D verloor 4 – 11

o.14 A verloor 2 - 10

o.14 B verloor 1 - 7

o.14 C verloor 2 - 5

SPORTNUUS

RUGBY NETBAL

Page 13: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

A. Stoffberg

Let op dat HSD se telling altyd eerste aangedui

word.

Woensdag, 27 Maart vs HS Swartland

o.19 A verloor 1 – 2

o.19 B gelykop 0 - 0

o.19 C gelykop 0 - 0

o.16 A wen 1 - 0

o.16 B gelykop 0 - 0

DOELE AANGETEKEN

o.19 A René Fourie

o.16 A Inge van der Merwe

Y. van Huyssteen

Aprilvakansie: Toernooie & Wedstryde

O. 14 A: DF Malan

DF Malan verloor 0 – 1

Parel Vallei verloor 0 – 6

Somerset College verloor 0 – 3

Brackenfell verloor 0 – 1

The Settlers verloor 1 – 2

Pinelands verloor 0 - 3

C. Esterhuyse

R. Aucamp

Let asb op dat HSD se telling altyd eerste

aangedui word.

Aprilvakansie: Toernooie & Wedstryde

J. Wessels

Saterdag, 13 April – HS Bellville Sportdag

o.19 A vs

Strand verloor 4 – 6

Bonnievale wen 11 – 6

Bellville wen 7 – 6

Brackenfell verloor 4 - 8

o.16 A vs

Drostdy wen 18 – 3

Melkbos wen 17 – 0

Jan van Riebeeck wen 10 - 9

o.16 B vs

Bredasdorp A verloor 4 – 8

Swellendam A verloor 4 - 10

o.14 A

Strand wen 8 – 6

Brackenfell verloor 6 - 8

Stellenberg verloor 2 - 17

Tygerberg wen 12 - 8

Porterville wen 11 - 0

O. 19A: York-Toernooi

York High School verloor 1 – 7

Port Rex wen 4 - 0

York-uitnodiging wen 2 – 0

St. Dominic’s gelykop 0 - 0

Pinelands verloor 0 – 1

Oakhill gelykop 0 - 0

Victoria Park gelykop 1 - 1

O. 19 A: Fairmont

Dollar Academy

(Skotland) verloor 0 – 6

Hudson Park

(Oos-Londen) verloor 0 - 3

Fairmont gelykop 0 - 0

Paarl Gimnasium verloor 0 - 5

Kloof (KZN) gelykop 0 - 0

Woensdag, 27 Maart vs HS Swartland

o.19 A gelykop 1 - 1

o.19 B verloor 1 – 5

o.16 A gelykop 0 - 0

o.16 B gelykop 1 - 1

O. 14 A: DF Malan

DF Malan verloor 0 – 2

Pinelands verloor 1 – 4

Bellville verloor 0 – 1

Fairmont gelykop 0 - 0

Paarl Gimnasium verloor 0 - 2

Parel Vallei verloor 0 - 1

O. 16 A: Outeniqua, George

HJS Paarl (B) verloor 0 – 1

Rustenburg verloor 0 – 1

Knysna gelykop 0 – 0

Hudson Park

(Oos-Londen) verloor 0 - 2

Outeniqua verloor 0 - 3

HOKKIE: DOGTERS

HOKKIE: SEUNS

NETBAL HOKKIE: DOGTERS

Page 14: UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 ber 2012 · 4/17/2013  · UITGAWE 6 ~ 17 April 2013 be r 2012 IN HIERDIE UITGAWE: 2 Williams Hunt Motors 4 Career GPS 6 Eenbedrywe 2013 7 8 ... nie vir

Leiere Falck het gedurende die naweek van

22 – 23 Maart aan die SA Skole

Atletiekkampioenskappe in Oos-Londen

deelgeneem en vierde in die dogters o.15-

90m hekkies-item geëindig.

Derick Turner het gedurende die afgelope

April-skoolvakansie aan die SA

Atletiekkampioenskappe in Centurion

deelgeneem en 3de gekom in die seuns

o.15-spiesgooi met 'n afstand van 57.2m

waarvoor hy ‘n brons medalje ingepalm het.

Baie geluk aan hierdie twee sterre! Ons is

baie trots op jul prestasies.

Lara Mostert het gedurende die naweek van

20 – 24 Maart in Pretoria aan die

Interprovinsiale Skoletennisweek

deelgeneem en vol WP-kleure, asook ‘n plek

in die WP- o.15-tennisspan verwerf!

Baie geluk, Lara! Wimbledon wag vir jou!

Dyn Bartie het gedurende Desember sy

vakansie opgeoffer om diens te doen op ons

strande.

Dit neem tot 9 ure van hul dag in beslag en

hulle mag geensins hul pos verlaat nie.

Netjies Dyn, jou diens word hoog op prys

gestel.

Ons vra graag om verskoning vir die

foutiewe inligting wat in ‘n vorige uitgawe

van die Dur’B’Ouers verskyn het i.v.m. die

Biathlo-uitslae. Die korrekte inligting verskyn

hieronder:

Pascal Rocher het aan die BIATHLO-

kompetisie in Oudtshoorn deelgeneem in die

afdeling dogters o.17 en nie Miré Herbst nie.

N. Minnie

ATLETIEK

TENNIS

LEWENSREDDING BIATHLO (Korreksie)