Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September...

10
Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar skoonheid en prag. Hare, grimering, rokke en al die res. As Brakkie moet ek getuig: dit was ‘n geweldige sukses! Op 30 September het die Hoërskool Bracken- fell ‘n legendariese gebeurtenis ervaar. Ja, ons matrieks het makie- tie gehou (ook bekend as die Matriekaf- skeid).Die meisies het omtrént opgetof! Jy het in jou hele bestaan nog nooit sulke pragtige rokke gesien nie. Kom- binasies van grys, bru- in, groen en feetjiepienk was oral te sien. Blou was ‘n treffer. Die styl deesdae is mos “Less is more!” Jy was ook glad nie verbaas om ‘n oud- leerder (of twee) by die onthaal raak te loop nie. Dit bewys ook net weer dat as jy eenkeer ‘n Brakkie was, jy tot in ewigheid een sal wees. Mnr Pretorius se toespraak was genoeg om enige iemand tot trane te dwing. “Meneer is werklik goed met woorde!” het een van die meisies snikkend gesê. Is dit net ek, of wil dit vir my voorkom asof die Matriekafskeid elke jaar net al hoe mooier en mooier word? Ek praat nou nie net van die beeldskone gaste nie, maar ook die tyd en moeite wat in die dekor gaan. Juffrou Kellerman het haar wééreens oortref! Mnr Niewoudt en juffrou Wassenaar het vir die Matrieks al te oulik daar by die ingang gelyk waar die gaste ingewag is na hul op die rooi tapyt rondgeparadeer het. Sprankelfoto’s en ‘n DVD is geneem. Dit was skreeusnaaks om die gesigte te sien van diegene wat besef het hulle is al etende afgeneem. Die kos was só lek- ker, ek dink nie dit het hulle te veel gepla nie. Na Leandri en Pieter-Paul die dansvloer geopen het, was almal be- hoorlik aan die dans. Daar is lan- garm gedans en los gedans... Daar is ook pogings aangewend om te shuffle. Wie het ooit gesê jy kan nie shuffle in ‘n lang, swaar ma- triekafskeidrok nie? Ja, dit was grootliks on- suksesvol, behalwe as jy die aanbevole rok-om -die-arm-geknoop- metode gebruik het. Julle het ‘n verskriklike roering in Brakkieland veroorsaak, Matrieks 2011. Met ons harte in ons hande wuif ons nou vaarwel aan ons prin- sesse wat tesame met ons prinse (op hul wit perde) in die horison in verdwyn. ‘n Toekoms vol moontlikhede. Julle gaan nog die wêreld verander. Julle het met jul glasskoentjies diep spore in ons lewens getrap en al skei ons paaie, sal julle verseker altyd die herinneringe dra van Vrydag, 30 September. “A picture is worth more than a thou- sand words…” Wat sê jóú foto? ‘n Brakkie-feëverhaal Een van die prag karre van die aand Foto: Verskaf RV

Transcript of Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September...

Page 1: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011

Re Vera

Saschia Payne

LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar skoonheid en prag. Hare, grimering, rokke en al die res. As Brakkie moet ek getuig: dit was ‘n geweldige sukses! Op 30 September het die Hoërskool Bracken-fell ‘n legendariese gebeurtenis ervaar. Ja, ons matrieks het makie-tie gehou (ook bekend as die Matriekaf-skeid).Die meisies het omtrént opgetof! Jy het in jou hele bestaan nog nooit sulke pragtige rokke gesien nie. Kom-binasies van grys, bru-

in, groen en feetjiepienk was oral te sien. Blou was ‘n treffer. Die styl deesdae is mos “Less is more!” Jy was ook glad nie verbaas om ‘n oud-leerder (of twee) by die onthaal raak te loop nie. Dit bewys ook net weer dat as jy eenkeer ‘n Brakkie was, jy tot in ewigheid een sal wees. Mnr Pretorius se toespraak was genoeg om enige iemand tot trane te dwing. “Meneer is werklik goed met woorde!” het een van die meisies snikkend gesê. Is dit net ek, of wil dit vir

my voorkom asof die Matriekafskeid elke jaar net al hoe mooier en mooier word? Ek praat nou nie net van die beeldskone gaste nie, maar ook die tyd en moeite wat in die dekor gaan. Juffrou Kellerman het haar wééreens oortref! Mnr Niewoudt en juffrou Wassenaar het vir die Matrieks al te oulik daar by die ingang gelyk waar die gaste ingewag is na hul op die rooi tapyt rondgeparadeer het. Sprankelfoto’s en ‘n DVD is geneem. Dit was skreeusnaaks om

die gesigte te sien van diegene wat besef het hulle is al etende afgeneem. Die kos was só lek-ker, ek dink nie dit het hulle te veel gepla nie. Na Leandri en Pieter-Paul die dansvloer geopen het, was almal be-hoorlik aan die dans. Daar is lan-garm gedans en los gedans... Daar is ook pogings aangewend om te

shuffle. Wie het ooit gesê jy kan nie shuffle in ‘n lang, swaar ma-triekafskeidrok nie? Ja, dit was grootliks on-suksesvol, behalwe as jy die aanbevole rok-om-die-arm-geknoop-metode gebruik het. Julle het ‘n verskriklike roering in Brakkieland veroorsaak, Matrieks 2011. Met ons harte in ons hande wuif ons nou vaarwel aan ons prin- sesse wat tesame met ons prinse (op hul wit perde) in die horison in verdwyn. ‘n Toekoms vol moontlikhede. Julle gaan nog die wêreld verander. Julle het met jul glasskoentjies diep spore in ons lewens getrap en al skei ons paaie, sal julle verseker altyd die herinneringe dra van Vrydag, 30 September. “A picture is worth more than a thou-sand words…” Wat sê jóú foto?

‘n Brakkie-feëverhaal

Een van die prag karre van die aand Foto: Verskaf RV

Page 2: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Varing Fees Surpasses All Expectations

Melissa De Coito From the 4th to the 6th of November, the annual Varing Fees was held at Brackenfell High School. People came from far and wide to watch and support the acts, buy unique products at the market stalls, and to go on the many rides that the Fees boasted. Many local stars performed during this weekend, from Kurt Darren to Heinz Winkler, though no act was more anticipated than Nicholis Louw. Singing some of his most well-known songs, he had eve-ryone up on their feet. For those adrenaline junkies, the rides this year were thrilling, whether one went on the Round Up, the Break Dancer, or even the Ferris wheel. Prizes could also be won at the paint ball tent and pop-a-balloon stall, for those who wished to try their luck and aiming skills. Every year, the market stalls attract a large amount of attention. These stalls sell everything, from sunglasses to wigs to t-shirts, and this year was no different. And for those food connoisseurs, there was indeed a wide variety of foods to choose from. Pizza cones, burgers and chip sticks were most popular, while at night the hot chocolate and coffee stalls were bustling with people looking for extra warmth. All in all, this year’s Varing Fees was a great success. Our school did an excellent job at playing the host to it once again, and hopefully we will experience another great one like it next year.

Redaksie

Redaktrise: Nadia Rust

Verslaggewers: Suzaan Malan

Zanmari Burger

Bianca Slabber

Roelou Malan

Saschia Payne

Renaldo Pool

Chani van Niekerk

Anathi Maxama

Melissa de Coito

Uitleg: Rinus Grobbelaar

Liewe Lesers DIT is die vierde kwartaal van 2011 en ook die laaste Re Vera uitgawe vir die jaar. Graag maak ek van die geleentheid gebruik om Hester Swart te bedank vir die afgelope vier kwartale wat sy aan die stuur van sake by die Re Vera was. Ek wens Hester, en al die ander matriek redaksielede, die allerbeste vir die toekoms toe. Hierdie uitgawe bevat lekker leesstof met ‘n ietsie van alles. Algemene statistiek van die skool, die Oranjerivier roei, onderhoude met die nuwe VRL- voorsitter en ondervoorsitter en natuurlik ook die 2011-matriekafskeid. Met 2012 wat vir ons op die horison loer, haal ek graag Vince Lombardi se woorde aan: “We would accomplish many more things if we did not think of them as impossible.” Geniet die welverdiende vakansie! Nadia

Page 3: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Did you know? Suzaan Malan RE VERA did some research about Brackenfell High School and got a few interesting, informative and sometimes slightly weird facts about our school. I bet you did not know 90 percent of the ran-dom information you’re about to read...

• We are currently 1 584 learners in the school and had the largest number of learners in the Western Cape in 2009.

• There are 71 teachers employed at Brackenfell High School, more or less a teacher for every 22 children.

• In 1985 there were 84 matric learners in Brackenfell High School, today that number has increased miraculously to the 308 that are writing their matric exams at our school this year.

• Our school stage is 200m² (20m×10m). • There are 11 general workers employed at the school. • We can comfortably fit 1000 chairs into the hall. This means that if we really wanted to, all

the grade eights, nines and tens could have assembly together. • There are a total of 64 classes in our school building. This includes four music classes, four

computer classes, four labs, one drama class, one Consumer Studies class and one dance class.

• There is no classroom 131 and two classrooms numbered 125. • Our school song was composed by Dr Dirkie de Villiers. • Mrs R du Plessis (currently a teacher at our school) wrote the Afrikaans words of our school

song and Mr L C Bruwer wrote the English words. • The most magnificent Physical Science mark for 2012 belongs to Arno Brand, a grade

twelve learner who only started taking this incredibly difficult subject in his matric year and still managed to obtain an average of above 80 percent throughout the year. Now those of you who know anything about this subject will also know that this is truly an incredible ac-complishment.

RV

Page 4: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

RV

Roelou Malan

ELKE jaar, ge-

durende die Septem-ber-skoolvakansie, gaan gewillige graad 11-Geografie-leerders op 'n ekspedisie, oor die grense van Suid-Afrika, om die Oranje-Rivier in Namibië aan te pak. Die toer duur ses dae lank, en dit sluit twee dae se ry en vier dae se roei in. Dit mag dalk na 'n geweldige kort tydperk klink om so ver te reis, maar glo my ek was daar en dit was die afstand werd. Roei, omval, water, nat, uitskep en roei... Dit was die siklus wat omtrent al die Brak-kies meer as een keer ervaar het, en be-halwe vir jouself nat spat deur té gewelddadig te roei of omval, was dit nie die enigste manier om nat te word nie. Daar was gedurig waterge-vegte onder ons. Die pret is deur die gidse aangehits om die stilte van die rivier te verbreek, maar het gereeld geëindig in 'n "as jy my weer natmaak, gaan ek jou pot". 'n Tekort aan aksie was daar defini-tief nie. Dit was darem nie heeltyd 'n burgeroor-

log nie. Soms het ons tog saamgestaan om 'n eksterne vyand te verslaan. Die vyand was die Hoërskool Fairmont. Ons het hulle so nou en dan op die rivier betrap, en dan was daar geen plek vir bang wees nie. Die een keer het hulle soos 'n luiperd van agter op ons afgesluip. Net daar en dan, soos een man het ons die spane gegryp, ons kano's entoesiasties omgedraai, en soos 'n swerm kop aan kop op die vyande af-gestorm. Dit was 'n nuwe, verbeterde vlak van water-kaskenades, amper soos 'n vorm van kuns. Ek noem dit somer waterbalades. Soos die trotse Brak-kie wat ek is, is ek in ekstase om aan te kondig dat ons onder die leiding van, mnr. Kotze oorwinning behaal het! Met die prestasie stel ons 'n nuwe afdeling Brak generasie met die naam Hondsdolheid voor! Behalwe vir die rivi-eroorloë, was die ek-skursie redelik stil, maar stil op 'n goeie manier. Van die unieke natuurlewe langs die banke van die rivier tot die

vreemde naggeluide wanneer jy oop onder die sterre slaap, is daar min goed in die lewe wat so mooi en gelyktydig vreesaanjaend kan wees. As jy jou kop wil skoon kry van die onlangse eksamen, muisneste, of feitlik enigiets wat bewe, is dit die perfekte ding om aan te pak. So hiermee sê ek vir ons toekomstige graad 11-leerders dit is 'n geleentheid wat julle met albei hande moet aangryp, tensy jy 'n fobie vir water het , andersins sal jy defin-itief nie spyt wees nie. As jy nou hierdie lees en vir jouself sê: "Agge Nee! Ek het nie Geografie nie!" dan het ek 'n titseltjie hoop vir jou. Indien daar nie genoeg bel-angstelling in die Ge-ografie-departement is nie (soos wat

hierdie jaar gebeur het), kan enige graad 11-leerder gaan! Dis mos nou 'n "deal" en 'n half. Dit is 'n kans in 'n leeftyd en ek sal dit vir niks verruil nie. Jy maak nuwe vriende, leer interessante feite, en in die proses leer jy ook sommer om bietjie vir jouself te sorg. Jy moet al jou kos, en die toerusting wat jy wil gebruik om voor te berei, self saamvat. Ek weet nie van julle nie, maar net om daaraan te dink maak my sommer opgewonde om te gaan. Laastens, maar beslis nie die minste nie, moet nie vergeet om 'n vlieëplak, gholfstok of krieketkolf saam te neem nie... Daar is MASSIEWE SPINNEKOPPE!

Brackenfell vs. die Oranje Duiwel

Ons onderwysers op die Oranje Rivier Foto: Verskaf deur Roelou Malan

Page 5: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Voor in die koor Chani van Niekerk SES. Dis darem ‘n yslike ouderdom om vir die eerste keer voor ‘n klomp mense op te tree – ‘n volle ses jaar oud! En om dan vir 9 jaar by dieselfde skool, die Riana van Wyk-musiekskool elke week vir ‘n halfuur lank te oefen en steeds musiek as jou passie te sien? Dis Inge Grünewald, ‘n opregte musiekliefhebber. En die oefening wys! Inge het op 26 Augustus 2011 in Langebaan aan die Wes-Bolandse Eistedd-fod deelgeneem en as ‘n toppresteerder teruggekeer. “Ek was baie op my senuwees, maar tog ook baie opgewonde. Só gespanne dat ek eers twintig op-warmingsoefeninge moes doen voordat ek gereed gevoel het,” sê sy. Al die stres was duidelik ver-niet. Sy het ‘n cum laude behaal (wat beteken dat sy tussen 95% en 100% gekry het). Dit was die beste prestasie onder al die deelnemers. Inge sing graag Jazz-, Pop-, Gospel- en Country-musiek. Die geheim agter die pragtige stem is, vol-gens Inge, ‘n slagspreuk wat spreek van hoop: “One step at a time”. Sang is een van daardie rare talente wat deur die Here alleen aan ons gegee word – en Inge het

dáárvoor beslis voor in die koor (ry) gestaan!

Chani van Niekerk ONS samelewing roep op ‘n daaglikse basis om hulp en die mensdom is soms maar net te doof om te hoor. Die Interact-span van die Hoërskool Brackenfell het hierdie kwartaal weer po-gings aangewend om betrokke te raak. Hulle pogings lei definitief tot sukses soos ons deur die vol-gende kan bewys: die One-on-one-uitreik na Stikland Hospitaal, waar talle persone se horisonne verbreed is; die besoek aan die aftreeoord by Paradyspark waar die bejaardes sommer weer bemoedig is en die handewas-dag by Disneyland crèche om kleuters op te voed oor persoonlike higiëne. Terwyl die meeste

skoliere Sondag, 9 Oktober (voor die nuwe kwartaal begin het) nog snoesig in die bed onder komb-ersies wegge- kruip het, het ons skool se Interacters douvoord-ag pasiënte by Sti-kland Hospitaal se gemoedstoestand sommer twee verdi-epings hoog gelig as deel van die tweede One-on-one-uitreik dié jaar. One-on-one is ‘n nuwe uitreik-poging wat behels dat leerders een persoon op ‘n slag vat en net vriendelik gesels. Om aandag te gee aan diegene wat afges-keep, waardeloos en onbelangrik voel. Hul dag was gemaak! En dit is nie al nie. “Charity begins at home”. ‘n Besige Donderdagmiddag is gebruik om die geel

ouetehuis, Paradyspark, sommer naby die skool, te be-soek. Daar was ‘n optrede van Waldo en ‘n verteenwoordiger van Bok-radio. Die jongklomp het tussen die bejaardes deurbeweeg en weereens goeie teru-gvoering gekry. Brackenfell se Inter-act-klub en Rotary was beide betrokke by dié geleen-theid. Die bejaardes was dol oor die jeug-diges se besoek en dit het hul weer lus gemaak vir die lewe. Saterdag 15 Oktober was dit Nasionale Handewasdag. Dis-neyland crèche het opgewonde gewag op ‘n handvol Interact-lede wat weer saam met hul pappa, Rota-ry, op dié dag vir die kleinspan ‘n groot les

sou leer: die bel-angrikheid van hande was vir jou gesond-heid. Baie van die kinders, skaars ses jaar oud, het die handewas-reëls later beter weergegee as wat die meeste vol-wassenes sou. Dit is tog beter om ‘n kind van kleins af te leer wat reg en wat ver-keerd is. Die waslap-pies en seep, saam met ‘n eetdingetjie, is aan 64 kinders in ‘n minder gegoede area uitgedeel. Interact het in die

verlede baie sukses

behaal, en daar is

nog verskeie mylpale

wat voorlê in die

toekoms. Die wen-

resep? Sien die nood

en raak betrokke.

Saam kán ons ‘n ve-

randering

teweegbring.

“As ons maar net geluister het”

RV

RV

Page 6: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Jolandi Wilson represents SA in cricket Anathi Maxama THE captain of the u/19A girls’ cricket team, Jolandi Wilson, represented SA in the Indoor Cricket World Cup in Gauteng during October. She was also included in the WP Ladies Open Action Cricket Team. According to Jolandi it was a great experience for her and she had lots of fun. After being to Johan-nesburg twice for the WP girls’ cricket team and the SA girls’ cricket team, Jolandi is certainly proud of herself and what she has achieved. She had a lot of competition during the two tournaments. She experienced a problem when the Australians found it hard to understand why her English accent eas different to their English accent. The enjoyment of playing cricket with her sisters and brothers when she was young, made her real-ise het love and talent for cricket. When she was in grade 8, she bagan to play girls’ cricket as she played in the boys’ team in Bellville North Primary School. At practice she also helps to train. Jolandi takes her sport serious but she also has a funny side, her friends describe her as a good comedian. Both Jolandi an Ms Brand (the girls’ cricket coach) feel that girls cricket could use more support form the school. Currently there is no funding and only one coach. According to Mr van der Mescht girls’ cricket is the only undefeated cricket team in the school currently. So they certainly deserve our sup-port. Congratulations to this dedicated and talented Brakkie! We are proud of you.

SIEN, ons het mos nou al begin vrede maak daarmee dat elke meisie haar eie idees het oor hoe ‘n skooluniform moet lyk, maar my magtag. Nooit het ek geraai dat dit nou sal oorgaan na die manlike geslag nie. Ouens, wat is die storie met die nuwe “skoolskoene”? Is jy regtig so desperaat om te wys dat jy ook spesiale skoene het wat meer gekos het as Pietie wat voor jou stap s’n? Nie net lyk dit of jy jou oupa se ou vellies met leer oorgetrek het nie, maar van julle vergeet selfs om die aardige nuwelinge se veters vas te maak. Het jy nooit geleer van die hasie wat om die boompie en onderdeur die tonnel gaan nie? Dan is jy duidelik ook so trots op jou nuwe kopie, dit blyk dat julle sommer vergeet om

hulle uit te trek ook, want hierdie paar trappers word nie net skool toe gedra nie, nee. Jy sal die kêrels mos van ‘n braai tot by skoolfunksies of selfs in die winkel met hierdie skoene betrap. Haai foeitog, skoolskoene is mos regtig nie só duur nie, ouens. En meisies, voor julle opgewonde

raak, julle kom ongelukkig ook nie hierdie keer weg nie. Al ooit gewonder hoekom jy so sukkel om te loop? Dalk al daaraan gedink om jou skoene behoorlik vas te gespe? Jy is nie ‘n voël nie. Los maar die vlerkies vir die wesens wat hulle kan gebruik. Toe nou mense. Hoe wil julle ‘n top skool

word as ons die basiese nie eers kan reg kry

nie? Ek verstaan, skoolskoene is uit die

ouderdoos, maar hulle is deel van die

pakket. So maak vas jou skoen, los die

Tipex vir die wiskunde-vraestelle en spaar

die nuwe Docs maar vir die naweek.

RV

RV

Page 7: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Juffrou Wollie verlaat die skool …

Renaldo Pool DIE Re Vera het met juffrou Wolmarans gaan gesels voor sy amptelik aftree. Ons wou gaan hoor wat sy te sê het oor haar tyd by ons skool. Hoe lank was Juffrou by die skool betrokke? Wag, gee my kans, ek sal dit eers moet uitwerk. Gits, kan dit waar wees? Om presies te wees: 17 jaar en 3 maande. Ai, tyd vlieg darem vinnig. Waarom verlaat Juffrou die skool? Kom ek omskep jou vraag in ‘n kopkrapper. As my onderwysloopbaan in Januarie 1968 begin het en in Desember 2011 eindig, raai-raai waarom? Soos die spreekwoord lui: Aan alle ‘goeie dinge’ kom daar ‘n einde! Wat sal Juffrou die meeste mis? Om juffrou Wollie te wees. Om deel te wees van ‘n groep. Om te voel jy behoort aan … beteken iets. Die interaksie met die kinders. Die “sports” in die personeelkamer. Die geselsies in die gang en natuurlik K204. Wat gaan Juffrou volgende jaar doen? Om eerlik te wees, ek weet nie. Als voel nog so onwerklik, asof ek in ‘n droom leef. Asof ek we-er volgende jaar by K204 gaan instap. Wat ek wel weet ek MOET doen, is … ROOMYS VERKOOP! Twee spesies wat baie opgewonde is oor my aftrede, is Gipsy en Lulu, my twee optelhondjies. Ek het hul belowe ons gaan elke dag lang ente stap. Het Juffrou ‘n motto waarvolgens Juffrou leef? Nee, ek leef nie juis volgens ‘n motto nie. Vir my is waardes, omgee en opregte vriendskap bel-angrik. Om altyd met oorgawe en entoesiasme jou beste te gee. Ek doen en gee graag, maar ontvang swaar. Wat maak Juffrou die meeste bekommerd? Wag, staan stil, dis ‘n lang lys. Wil jy werklik weet? Ons kinders se swak woordeskat … leesbegrip en spelvermoë … algemene kennis … onthou-vermoë – dis altyd ‘môre’ juffrou … swak selfd-issipline … integriteit en passiwiteit.

Met watter sêding sal die leerders Juffrou altyd onthou? Sjoe, daar’s so baie, waar moet ek begin?

Reg kindertjies… kom ons begin. Moenie op jou bank tik nie , gaan tik by jou

huis. Wat maak julle in die skool? Hoe het julle in

gr. 8 gekom? Is julle vertraag? Ek gaan julle vergruis! Moenie vir my sê jy weet nie… JY MOET

DINK! Duck and Dive – jou bank is nie ‘n vullishok

nie! Man, moenie vir jou dom hou nie! Wie is die man in die boom? Kyk juffrou daar

hardloop ‘n katjie. Is julle nog met my? Skryf af… laat wiel! Juffrou, moet ons nog dit ook afskryf? Maar

natuurlik. Dink jy dis versierings? Waarna sien Juffrou die meeste uit? Om soggens wakker te word en nie deur ‘n wekker wakker gemaak te word nie. Om NOOIT weer ‘n rooi pen te gebruik om te MERK nie! Wat is Juffrou se boodskap aan die leerders? Raak BEWUS – van die geleenthede wat die skool bied – van die wêreld rondom jou: LEES DIE KOERANT! Onthou jy skryf jou eie getuigskrif en is ‘n ad-vertensie van jou ouerhuis. Sterkte, voorspoed, geniet julle skooljare. Ek sal julle BAIE MIS. ALTIORA SPERO! Namens die Hoërskool Brackenfell se leerlinge wil ek vir juffrou baie dankie sê vir juffrou se bydrae oor die jare, die lekker lag tydens Geskiedenis-lesse en ons gaan juffrou sommer baie mis!

RV

Page 8: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Bulldozer palm nog ‘n prys in

Bianca Slabber

Die toneelspelers van Hoërskool Brackenfell het ons hierdie jaar trots gemaak met hulle toneelstuk Bulldozer. Hulle het van die eerste opvoering die pryse begin opraap. Bulldozer het ook na die finale rondte van die ATKV-Tiener Toneelkompetisie deurgedring wat jaar-liks by die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom plaasvind. Hulle het van 4 tot 8 Oktober deelgen-eem en het 'n vyfde plek behaal. Ons harte swel van trots wanneer ons aan die prestasies van ons toneelgroep dink, maar ons stort ook 'n traan of twee omdat dit die talentvolle Leandri Joubert, wat die hoofrol vertolk het, se swa-nesang was. Ons sien uit daarna om te sien wat die toneelgroepe in die toekoms gaan opdis. Ons weet dat me Bester en haar span ons nie sal teleurstel nie.

Page 9: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Kommunikasie, kommu-nikasie en nogmaals kommu-

nikasie! Nadia Rust YSBREKERS, lanternbekruip, hindernisbaan, spanbouaktiwiteite en leierskapsessies is ‘n paar van die aktiwiteite waarmee die nuut-verkose seniorraad besig gehou was tydens hul kamp by Llandudno vroeg in Desember. Jabulani Africa Ministries, oftewel JAM, het die kamp aangebied. Die senior raad is in kleiner groepe verdeel om die akti-witeite onder leiding van JAM groepleiers te voltooi. Na elke aktiwiteit het die kinders in die groep terugvoering gegee en omtrent al die aktiwiteite het op kommu-nikasie neergekom. Die pad tussen die seniorraad en die see het 390 trappe ondertoe gehad, maar die pad is beslis aangedurf. Dinsdagmiddag

kon almal die berge en sy klippe verruil vir ‘n middag op die strand en sy sagte sand. Tot almal se redding het Deon ons kom haal met die skoolbussie sodat die 390 trappe nie weer boontoe uitgeklim hoef te geword het nie. Graag wil die seniorraad vir JAM bedank. Julle het van ‘n groep individue ‘n span gemaak. ‘n Span wat beslis gereed is vir 2012 en al sy uitdagings.

Onderhoud met Justin Alexander

(Ondervoorsitter)

Were you surprised when they called your name as vice

chairman? Yes, I knew there was a possibility but I thought that I would-

n’t be elected because I had only been on the RCL for 1 year.

Others might have thought that I lacked experience.

Who has been your biggest motivation in life? The Lord has been my biggest inspiration. He is the perfect

role-model and ambassador for each person to look up to and to

aspire to be.

What would you like to change? I would like to change the spirit and attitude of the learners of

the school. I want everybody to be heading in the same positive

direction.

What advice would you give someone going into a leader-

ship position for the first time?

Take everything step for step. Being a leader is a never ending

learning experience. Never be afraid to face daunting challeng-

es and always be confident in yourself as well as your team.

Have self-belief in knowing that you can achieve your goals

because you had the belief of others by being put in your lead-

ership position. Never forget that God is helping you every step

of the way.

Onderhoud met Suzaan Malan

(VRL-voorsitter)

Het jy ooit verwag dat jy verkies gaan word tot VRL-

voorsitter? Nee. Ek wou graag wees, maar het nie gedink dit sou ooit

gebeur nie.

Hoe het jy gevoel toe hulle jou naam oor die mikrofoon sê? Oorweldig. Dit het werklik soos ‘n droom gevoel.

Wat is jou missie as voorsitter hierdie jaar? Ek wil graag skooltrots onder ons leerders hervestig en elke

taak met entoesiasme aanpak.

Wat is jou advies vir ander wat in die toekoms ook ‘n leier

wil wees?

Wees net jouself. Jy is in die posisie verkies omdat mense hou

van wie en hoe jy is, nie wie jy gaan wees nie.

Page 10: Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell …Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell September 2011 Re Vera Saschia Payne LANK lank gelede in die verre Brakkieland, Was daar

Re Vera

Ter herinnering aan mnr Jan Mouton