SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds...

8
SIG UITGAWE 4 OKTOBER 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Andrew Kok Ter viering van die kerkgebou se 190ste verjaarsdag het ons in die eerste aflewering gekyk na die ontstaan van die gemeente en in die vorige aflewering na die geboue en fasiliteite. In hierdie laaste uitgawe kyk ons na die reik- wydte van die gemeente. Soos in die eerste artikel beskryf is, het die gemeente- grense vanaf Wynberg in die Suide, Stellenbosch en Paarl in die ooste, Swartland in die noorde en die see in die weste gestrek. Soos die Kaapse Skiereiland egter ontwik- kel het, het daar al hoe meer gemeentes afgestig. Die gemeente is aanvanklik bedryf met 'n aantal buite- wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite- dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate “woonachtig aan de Koebergen, Blaauwberg en Strand- veld” versoek om met 'n gedeelte van Swartland af te stig van Durbanville. In 1863 is die gemeente afgestig en het dit die naam Philadelphia gekry. In 1864 het hulle hul kerkgebou ingebruik geneem. Teen 1854 het ds Beck ook met buitedienste op De Kuilen begin. Dit was meestal vir die baie hulpbehoe- wendes wat daar gewoon het en is in privaathuise en op 'n Sondagmiddag gehou. In 1898 is daar 'n saal ingewy vir die hou van dienste, maar lidmate moes nog steeds na Durbanville reis vir die bediening van die sakramente. In 1862 is die spoorlyn tussen Kaapstad en Eersterivier ge- open en het Kuilsrivier toe 'n eie stasie gekry. Teen 1889 is die eerste spoorweghuise gebou en in 1903 is die ge- meente formeel afgestig van Durbanville. Die plaas Tygervallei en vier ander het in 1886 die eien- dom van JHF Parow geword en hy het hier 'n herberg bedryf. Die plaas (die latere Parow) was ook geleë op die bogemelde spoorlyn, maar het eers in 1903 'n spoorweg- halte gekry en ook 'n eie dorpsbestuur. Ds Bosman het in 1905 hier begin met buitedienste en kort daarna (1907) is 'n wykskerkie opgerig. In 1906 is daar ook begin met dienste in Goodwood. Teen 1911 roep Durbanville se kerk- raad 'n Parow-Goodwood “Kerkraads Commissie” in die lewe en in 1917 het die Gemeente Parow-Goodwood van Durbanville afgestig. Twaalf myl uit Kaapstad op die Kaapse pad was daar 'n gehuggie by name Twaalfde Myl. In 1861 het 'n dorpie daar ontstaan en dit is Bellville genoem. Die stasie op die spoorlyn is egter Durban Road genoem. Reeds in 1899 is daar begin met dienste in die skoolkamer te Durban Road op die laaste Sondagmiddag van die maand. In 1922 is 'n kerksaal vir dienste ingebruik geneem, maar teen 1934 is daar formeel afgestig van Durbanville. Teen 1920 is daar begin met kerkdienste in Kraaifontein en in 1935 wy hul hul eie kerksaal in. Op 'n gesamentlike vergadering van Durbanville en Kuilsrivier in 1944 is besluit om Kraaifontein en Brackenfell as 'n nuwe ge- meente van eersgenoemde twee gemeentes af te stig onder die naam Kruispad. So het die afstigting van die laaste buitewyke plaasgevind en het Durbanville slegs 454 lidmate oor gehad. Die snelle uitbreiding van die dorp het egter oor die volgende aantal jare die afstigting van nog gemeentes tot gevolg gehad. In 1972 is Stellenberg afgestig met Stellenberg, Eversdal en Kenridge as die kern. In 1982 het Durbanville-Bergsig van die Moedergemeente afgestig met die noordelike woonbuurtes as bedieningsgebied. Vandag is Durbanville Gemeente 'n gevestigde gemeente met 2300 lidmate wat oor 'n wye area (insluitend 'n aantal plase wat sedert 1826 deel van die gemeente was) strek. DIE OU MOEDER WORD 190 Stephan Pretorius is pas aangewys as ons Gemeente se Kerkraadsvoor- sitter. SIG het met hom gesels oor sy nuwe rol. Waarna sien jy die meeste uit in jou nuwe rol? Ek sien uit daarna om saam met die kerkraad voort te gaan om die gemeente se bedieninge op só 'n wyse verder uit te bou dat dit tot eer van God en in diens van sy nuwe wêreld sal staan. Ek sien my rol in dié ver- band as deel van die kerkraad – ons vorm saam die span wat leiding in die gemeente moet gee. Ons is in diens van die gemeente en die gemeente (en ook die kerkraad) is in diens van Christus, as die hoof van die Kerk. Wat maak jou positief oor Durbanville Gemeente? Teologiese diepte in eredienste en in die nadenke oor ons aktiwiteite, is een van die sleutelkenmerke van die Durbanville Gemeente. Die sleutelrol wat nadenke oor die Skrif speel en die manier waarop dit die fokus van ons bedieninge bepaal, maak my opgewonde. Voordurende oorweging van die rol van geloof en hoe om lidmate voor te berei en te bemagtig – as Christene, vir die lewe – het nog altyd 'n sentrale plek in die gemeente inge- neem. Ek het die gemeente ook nog altyd ervaar as 'n ware tuis- te – 'n plek (geloofsgemeenskap) waaraan 'n mens met vry- moedigheid kan behoort en deelneem. Wat is die grootste uitdagings wat Durbanville Gemeente in die gesig staar? Durbanville Gemeente is een van die oudste NG Kerk- gemeentes in Suid-Afrika. Die gemeente het in haar 190 jaar van bestaan gestalte gegee aan heelwat ander gemeentes in die omgewing. Ons gemeente is diep geanker in die gereformeerde tradisie. Ons is ook gewoond daaraan om voortdurend in die spanningsveld te leef van hierdie tradisie en die nood- saak om te vernuwe. Een van die uitdagings wat dit aan ons stel, is om 'n kreatiwiteit in die gemeente verder te ontwikkel soos wat ons vernuwe met inagneming van ons tradisie. Die rol van ons lidmate in hierdie verband is geweldig belangrik. Die klem op lering en die vermoë om die Bybel met die nodige onderskeiding te lees, sal altyd 'n belangrike ken- merk van die gemeente moet bly. Ons nuwe Kerkraadsvoorsitter sê ... INHOUDSOPGAWE So verander ons predikantspan! ................................. 02 Ons nuwe Finansiële voorsitter .................................. 02 Redakteur gesels: Die regte tyd ... .............................. 02 So beleef ons mense die 190 jaar fees ........................ 02 Fees fotos ..................................................................... 03 190 Jaar van genade ................................................... 03 Saved by the bell ... of nie? ......................................... 04 Uitreik na Huis Aristea ............................................... 04 Wêreldonderwysersdag ............................................... 04 Tieners besoek Fisantekraal ........................................ 04 Welkom Durbieland! ................................................... 05 Ons kerkkantoor het ‘n nuwe adres ........................... 05 You are what you love ................................................. 05 Steakbraai .................................................................... 06 Ring van Durbanville vier die Lewe ........................... 06 Totsiens van Bake 4 Profit ........................................... 07 Dankbaarheidsoffers = Rentmeesterskap ................. 07 November is Dankbaarheidsmaand ........................... 07 Ons ouer persone aan die gang .................................. 07 Hoe gemaak met die “einde van die jaar gejaagheid” 08 Wat gebeur in die 4de kwartaal .................................. 08 Resep: Aarbei- en roomysstokkies .............................. 08

Transcript of SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds...

Page 1: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

SIGUITGAWE 4 OKTOBER 2016

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Andrew KokTer viering van die kerkgebou se 190ste verjaarsdag het ons in die eerste aflewering gekyk na die ontstaan van die gemeente en in die vorige aflewering na die geboue en fasiliteite. In hierdie laaste uitgawe kyk ons na die reik-wydte van die gemeente.

Soos in die eerste artikel beskryf is, het die gemeente-grense vanaf Wynberg in die Suide, Stellenbosch en Paarl in die ooste, Swartland in die noorde en die see in die weste gestrek. Soos die Kaapse Skiereiland egter ontwik-kel het, het daar al hoe meer gemeentes afgestig.

Die gemeente is aanvanklik bedryf met 'n aantal buite-wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate “woonachtig aan de Koebergen, Blaauwberg en Strand-veld” versoek om met 'n gedeelte van Swartland af te stig van Durbanville. In 1863 is die gemeente afgestig en het dit die naam Philadelphia gekry. In 1864 het hulle hul kerkgebou ingebruik geneem.

Teen 1854 het ds Beck ook met buitedienste op De Kuilen begin. Dit was meestal vir die baie hulpbehoe-

wendes wat daar gewoon het en is in privaathuise en op 'n Sondagmiddag gehou. In 1898 is daar 'n saal ingewy vir die hou van dienste, maar lidmate moes nog steeds na Durbanville reis vir die bediening van die sakramente. In 1862 is die spoorlyn tussen Kaapstad en Eersterivier ge-open en het Kuilsrivier toe 'n eie stasie gekry. Teen 1889 is die eerste spoorweghuise gebou en in 1903 is die ge-meente formeel afgestig van Durbanville.

Die plaas Tygervallei en vier ander het in 1886 die eien-dom van JHF Parow geword en hy het hier 'n herberg bedryf. Die plaas (die latere Parow) was ook geleë op die bogemelde spoorlyn, maar het eers in 1903 'n spoorweg-halte gekry en ook 'n eie dorpsbestuur. Ds Bosman het in 1905 hier begin met buitedienste en kort daarna (1907) is 'n wykskerkie opgerig. In 1906 is daar ook begin met dienste in Goodwood. Teen 1911 roep Durbanville se kerk-raad 'n Parow-Goodwood “Kerkraads Commissie” in die lewe en in 1917 het die Gemeente Parow-Goodwood van Durbanville afgestig.

Twaalf myl uit Kaapstad op die Kaapse pad was daar 'n gehuggie by name Twaalfde Myl. In 1861 het 'n dorpie daar ontstaan en dit is Bellville genoem. Die stasie op die spoorlyn is egter Durban Road genoem. Reeds in 1899 is

daar begin met dienste in die skoolkamer te Durban Road op die laaste Sondagmiddag van die maand. In 1922 is 'n kerksaal vir dienste ingebruik geneem, maar teen 1934 is daar formeel afgestig van Durbanville.

Teen 1920 is daar begin met kerkdienste in Kraaifontein en in 1935 wy hul hul eie kerksaal in. Op 'n gesamentlike vergadering van Durbanville en Kuilsrivier in 1944 is besluit om Kraaifontein en Brackenfell as 'n nuwe ge-meente van eersgenoemde twee gemeentes af te stig onder die naam Kruispad.

So het die afstigting van die laaste buitewyke plaasgevind en het Durbanville slegs 454 lidmate oor gehad. Die snelle uitbreiding van die dorp het egter oor die volgende aantal jare die afstigting van nog gemeentes tot gevolg gehad. In 1972 is Stellenberg afgestig met Stellenberg, Eversdal en Kenridge as die kern. In 1982 het Durbanville-Bergsig van die Moedergemeente afgestig met die noordelike woonbuurtes as bedieningsgebied. Vandag is Durbanville Gemeente 'n gevestigde gemeente met 2300 lidmate wat oor 'n wye area (insluitend 'n aantal plase wat sedert 1826 deel van die gemeente was) strek.

DIE OU MOEDER WORD 190

Stephan Pretorius is pas aangewys as ons Gemeente se Kerkraadsvoor-sitter. SIG het met hom gesels oor sy nuwe rol.

Waarna sien jy die meeste uit in jou nuwe rol?Ek sien uit daarna om saam met die kerkraad voort te gaan om die gemeente se bedieninge op só 'n

wyse verder uit te bou dat dit tot eer van God en in diens van sy nuwe wêreld sal staan. Ek sien my rol in dié ver-band as deel van die kerkraad – ons vorm saam die span wat leiding in die gemeente moet gee. Ons is in diens van die gemeente en die gemeente (en ook die kerkraad) is in diens van Christus, as die hoof van die Kerk.

Wat maak jou positief oor Durbanville Gemeente?Teologiese diepte in eredienste en in die nadenke oor ons aktiwiteite, is een van die sleutelkenmerke van die Durbanville Gemeente. Die sleutelrol wat nadenke oor die Skrif speel en die manier waarop dit die fokus van ons bedieninge bepaal, maak my opgewonde.

Voordurende oorweging van die rol van geloof en hoe om lidmate voor te berei en te bemagtig – as Christene, vir die

lewe – het nog altyd 'n sentrale plek in die gemeente inge-neem.

Ek het die gemeente ook nog altyd ervaar as 'n ware tuis- te – 'n plek (geloofsgemeenskap) waaraan 'n mens met vry-moedigheid kan behoort en deelneem.

Wat is die grootste uitdagings wat Durbanville Gemeente in die gesig staar?Durbanville Gemeente is een van die oudste NG Kerk-gemeentes in Suid-Afrika. Die gemeente het in haar 190 jaar van bestaan gestalte gegee aan heelwat ander gemeentes in die omgewing.

Ons gemeente is diep geanker in die gereformeerde tradisie. Ons is ook gewoond daaraan om voortdurend in die spanningsveld te leef van hierdie tradisie en die nood-saak om te vernuwe. Een van die uitdagings wat dit aan ons stel, is om 'n kreatiwiteit in die gemeente verder te ontwikkel soos wat ons vernuwe met inagneming van ons tradisie. Die rol van ons lidmate in hierdie verband is geweldig belangrik.

Die klem op lering en die vermoë om die Bybel met die nodige onderskeiding te lees, sal altyd 'n belangrike ken-merk van die gemeente moet bly.

Ons nuwe Kerkraadsvoorsitter sê ... INHOUDSOPGAWESo verander ons predikantspan! ................................. 02

Ons nuwe Finansiële voorsitter .................................. 02

Redakteur gesels: Die regte tyd ... .............................. 02

So beleef ons mense die 190 jaar fees ........................ 02

Fees fotos ..................................................................... 03

190 Jaar van genade ................................................... 03

Saved by the bell ... of nie? ......................................... 04

Uitreik na Huis Aristea ............................................... 04

Wêreldonderwysersdag ............................................... 04

Tieners besoek Fisantekraal ........................................ 04

Welkom Durbieland! ................................................... 05

Ons kerkkantoor het ‘n nuwe adres ........................... 05

You are what you love ................................................. 05

Steakbraai .................................................................... 06

Ring van Durbanville vier die Lewe ........................... 06

Totsiens van Bake 4 Profit ........................................... 07

Dankbaarheidsoffers = Rentmeesterskap ................. 07

November is Dankbaarheidsmaand ........................... 07

Ons ouer persone aan die gang .................................. 07

Hoe gemaak met die “einde van die jaar gejaagheid” 08

Wat gebeur in die 4de kwartaal .................................. 08

Resep: Aarbei- en roomysstokkies .............................. 08

Page 2: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

02

Tinus van ZylDs. Gys van Schoor se pos is vakant en gaan gevul word deur 'n beroepingsproses Ds. Rian Verster tree af, maar bly in 'n deeltydse kontrakpos gefokus op seniors Jana Dickason kan beroep word in 'n twee jaar internskap as Jeugpredikant

Vakante Predikantspos

Ds. Gys van Schoor het in Februarie afgetree en 'n groot leemte in ons gemeente gelaat. Die kerkraad het 'n taakspan aangestel om onder leiding van die sinode se gemeentebegeleiding, fyn te luister en te onderskei hoe die Here besig is om ons gemeente te lei.

In die lig van die taakspan se waar-nemings en na 'n ondersoek van die huidige leraars se pligte en bedieninge, het die Kerkraad op 27 September besluit om die vakante pos te vul en 'n leraar te beroep met die volgende profiel: • Prediking: 'n Ervare prediker wie se preke goeie teolo-

giese begronding, kontekstuele relevansie en geestelike diepte inhou, wat getuig van 'n deurleefde spiritualiteit.

• Gasvryheid: 'n Mens-mens met 'n opregte belangstel-ling in mense en die vermoë om mense in te trek, tuis te laat voel en deel te maak van die lewe van die gemeente.

• Lidmaat bemagtiging: Iemand met bedieningserva-ring wat lidmate se gawes kan raaksien, hulle passie kan aanspoor, vir hulle die nodige blootstelling kan gee en hulle sodoende kan begelei om hul Godgegewe roeping uit te leef.

Ons nooi u uit om predikante wat aan hierdie profiel vol-doen aan te moedig om aansoek te doen vir die pos. Die kerkraad bedank u vir u volgehoue gebede wat ons tot op hierdie punt gedra het en ons vra dat u in die besonder sal bid vir die beroepingsproses. Ons enigste begeerte is dat die Here Self die regte persoon vir ons gemeente sal gee.

Ds. Rian Verster Aan die einde van hierdie jaar tree ds. Rian Verster af. Die kerkraad het vir ds. Verster 'n deeltydse kontrak-pos aangebied. Hierdie pos sal spesi-fiek gefokus wees op Senior Bedie-ning. Die kontrak duur 'n jaar en sou na 'n jaar verleng kon word, indien

die kerkraad so besluit. Die kerkraad is baie dankbaar dat ds. Verster steeds op hierdie wyse werksaam gaan bly in ons gemeente en so 'n belangrike rol gaan vervul in die bediening aan ons senior lidmate.

Proponent Jana Dickason Durbieland Kleuterskool het 'n nuwe bedieningsmoontlikheid vir ons ge-meente geopen. Dit is vir die kerk-raad belangrik dat hierdie nuwe be-diening van die begin van die skool se ontstaan, ontwikkel en geïntegreer sal word met die hele Jeugbediening van die gemeente. Die ideaal sal wees om 'n Jeugleraar te beroep wat dit vir

die gemeente kan doen, maar die gemeente het nie nou die fondse om nog 'n voltydse leraar te beroep nie.

Dit het egter onder die kerkraad se aandag gekom dat die sinode gemeentes finansieel kan help om sogenaamde

“internskappe” vir proponente aan te bied. Dit behels dat 'n gemeente 'n proponent bevestig as vol-waardige predikant in 'n twee jaar termynbepaalde pos, waartoe die sinode dan finansieel bydra. Tydens die twee jaar ontvang die proponent ook verdere bedieningsoplei-ding en mentorskap vanaf die sinode.Die doel van die internskap is tweeledig: a. Binne die volgende dekade gaan meer as die helfte van

die NG Kerk se predikante aftree, terwyl afgestudeerde studente tans nog sukkel om poste te kry. Die intern-skapprogram wil proponente help om in die bediening in te kom, sodat hulle nie in ander beroepe ingaan en ver-lore raak vir die kerk se werk nie.

b. Die internskappe gaan vereis dat 'n proponent wat by 'n gemeente bevestig word, in daardie twee jaar 'n nuwe bediening met 'n missionale fokus in die gemeente begin. Sodoende wil die sinode gemeentes help om nuut en sendinggerig te werk.

Die sinode het besin oor die nuwe bedieningsmoontlikheid by Durbieland Kleuterskool en oor proponent Jana Dickason, ons gemeente se Jeugwerker vir tieners. Volgens hulle oordeel voldoen albei aan die kriteria om so 'n intern-skap vir twee jaar te regverdig en gevolglik het hulle die internskap goedgekeur, indien die gemeente sou besluit om dit te implimenteer.

Die kerkraad het by die vergadering van 27 September besluit dat so 'n beroep die gemeente se bediening positief sal bevorder en dat die kerkraad daarom die beroep graag sal wil uitbring. Ons vra vir die gemeente se voorbidding vir die volgende kerkraadsvergadering, waar die beroep amptelik, met goedkeuring van die ring, uitgebring sal kan word.

So verander ons predikantespan!

Ilse CelliersHeinrich Punt, pasverkose voor-sitter van die Finanskomitee in die Kerkraad, gesels met SIG oor sy nuwe rol en die bydrae wat gemeentelede kan lewer tot die finansiële welstand van die gemeente, maar ook dié van die omliggende gemeenskap.

Waarna sien jy die meeste uit in jou nuwe rol?Ek voel bevoorreg om waarde aan Durbanville Gemeente se kerklike gesondheid te kan toevoeg deur middel van finansies. 'n Kerkorganisasie het so baie fasette en dit voel goed om deel van 'n kerkraad te wees wat graag 'n verskil wil maak. Watter rol kan jy as voorsitter van die Finanskomitee speel om te verseker Durbanville Gemeente se finansies word goed bestuur?Die nuwe kerkraad erf groot seëninge van die Here en vorige kerkrade wat omsigtig met ons fondse te werk gegaan het. Ons wil voortbou daarop en veral kommunikeer aan gemeentelede dat ons as kerk kan aanhou uitreik met ons finansies om Durbanville en die omliggende gemeenskap beter te maak. Die skoolprojek gaan in die komende jare 'n groot rol speel om die wyer gemeenskap te bereik en die Here se boodskap op 'n nuwe wyse uit te dra. Dit sal dan ook oor vele jare stabiliteit toevoeg tot Durbanville Ge-

meente se finansies en ook help dat ons nie na binne keer wat ons bediening betref nie, maar ons dissipelskap kan uitstraal. As finansvoorsitter is ek deel van 'n span wat na die finansies en geboue kyk en die Here bewillig ons kerk se fondse en finansies – ons is bloot rentmeesters van daardie seëning. Watter rol kan gemeentelede speel om 'n goeie finansiële status te handhaaf in die gemeente?Om in dankbaarheid te leef, is 'n leefwyse gebore uit nederige afhanklikheid van die Heer se genade. Ons word almal deur die materiële wêreld om ons beïn-vloed, maar 'n dankbare gees en geloof is die anker wat ons help om ons lig te skyn as Christene. Om te kan gee, vloei dan uit dankbaarheid en dit hang af van elk-een se vermoë en bereidwilligheid. Die kerk se finan-siële status is juis nou gekoppel aan gemeentelede se bereidwilligheid en die komende dankbaarheidsoffer-tydperk was nog altyd 'n periode waar die Here Durbanville Gemeente seën deur ons aan te moedig om ons deel te doen.

Durbanville Gemeente se finansiële situasie is egter nie losstaande van die kerk se totale welstand nie. Daar is veel meer maniere om te gee as net geld – die gee van tyd en diensbaarheid bring ook groot seëninge aan dié wat hulle weg oopsien om betrokke te raak by die kerk se rol in 'n gemeenskap en wyer wêreld.

Ons nuwe Finansiële voorsitter

Jacqueline Leuvennink, KleinmondIn die dertig van die 190 jaar wat ek en my gesin deel was van die Moedergemeente het ek van die eerste Sondag met ds. André Strydom tot nou weer tydens die feesviering met Ockert telkens die genade van God beleef. Hy wat die liggaam van Christus gebruik om menselewens wat soms geloofsmoeg word, weer in die erediens soos 'n sanger op die regte toonhoogte te kry, ingestem op sy Woord. Dankie vir elkeen wat 'n rol daarin gespeel het.

Riana KnoblauchOm te kon deel wees van ons gemeente se 190ste ver-jaardag, was 'n groot voorreg! Ons saamwees die oggend in die kerk het my nie net kinderlik opgewonde gemaak nie, maar oneindig dankbaar teenoor die Here. Jaar na jaar sorg en versorg Hy ons getrou! Sien ons dit genoeg raak?

So beleef ons mense die 190 jaar fees

Die vraag word dikwels gevra of die kerk steeds die Draer van Hoop is in ‘n uitdagende tydperk en jaar soos 2016. Rondom ons “brand” dit en natuurlik sal dinge wat ver-keerd loop, ons ontwrig en vrae laat vra. Studente staak en brand af, ons leiers wat moet voorloop, is korrup, ons land se onderwys, mediese dienste en finansies gaan ge-buk onder baie druk. Waar los dit ons?

As ek egter kyk na ons gemeente se saamdoen en -leef van die afgelope kwartaal, die vreugde waarmee kerk-wees gevier is en ons nuwe aktiwiteite soos in hierdie SIG weerspieël word, kan ek nie anders as om steeds te bly glo dat ons as kerk ‘n uitsonderlike roeping het nie. Die kerk en sy mense maak te midde van baie kritiek, steeds ‘n positiewe bydrae en oorskadu by verre die nega-tiewe. Soms is ons treetjies na verandering nog te stadig, maar ek glo ook God het sy TYD met alles. In ons SIG lees ons van betrokke mense wat ander se lewens beter maak, kerklike kommissies wat poog om uit te reik en met dryf-krag voort te gaan en die “regte” dinge probeer doen. Kom ons almal met Jesusharte bid vir die Spesiale Alge-mene Sinodesitting van November.

Ek groet met hierdie stukkie wat ek onlangs gelees het: “’Wag vir die regte tyd’- so sê baie. Die probleem is egter dat party mense hulleself dood wag op die regte geleenthede. Hulle wag hulle lewens om. Vir hulle is die lewe soos 'n rooi verkeerslig wat net nooit wil groen slaan nie. Ek glo dit werk net mooi andersom. God se wil is 'n groen verkeerslig. Jy leer sy wil ken terwyl jy aan die beweeg is. Ja, daar's natuurlik ook ruimte vir stilstaan in ons geestelike lewe. Maar geloof is nie een lang ry stiltes in 'n hemelse wagkamer nie; dis aktiwiteite. Geloof gebeur. En dit gebeur boon-op in die regte lewe. Dit is om elke dag elke Goddelike momente aan te gryp. Dis om die regte geleenthede te skep – soos Dawid wat Goliat se uitdaging aan Israel as 'n wonderlike geleentheid aange-gryp het om God te verheerlik. Terwyl die soldate van Israel daar-die dag gewonder het hoe hulle so 'n groot reus kon verslaan, het Dawid op sy beurt gewonder hoe hy ooit so 'n reuse teiken met sy slingervel se vyf missiele kon mis! Doen dieselfde. Skep elke dag geleenthede om die Here te verheerlik! Leef 'n slag asemrowend tot sy eer!”

Tot volgende keer

Die regte tyd ...

Page 3: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

03

Ockert MeyerDit is merkwaardig hoe vinnig 13 jaar kan verdwyn. Ons almal weet dat hoe ouer ons word, hoe vinniger kan “tyd vlieg”. Dit is nie waarna ek verwys as ek sê dat dertien jaar verdwyn het nie. Die dertien jaar waarna ek verwys, is die dertien jaar wat verloop het sedert ons weg uit Durbanville is. In die dertien jaar het ons deelgeword van 'n nuwe ge-loofsgemeenskap, 'n nuwe sosiale gemeenskap, 'n nuwe taalgemeenskap. Dis waar dat ons nie alleen in die wêreld woon nie, maar dat die wêreld in ons kom woon. Dat ons

gebruike, woorde en mannerismes van ons omgewing ab-sorbeer en dat al hierdie dinge deel van ons word.

Dit was met hierdie vrees wat ek in die vliegtuig gesit het oppad Kaapstad toe. Ek het dertien jaar laas in Afrikaans gepreek. Ek was dertien jaar laas in Durbanville se kerk-gebou. Daar is dertien jaar se vreugdes en pyn wat my skei van die mense wat voor my gaan sit. Die mense wat daar gaan sit, is nie alleen dertien jaar “ouer” nie, maar ook dertien jaar “nuwer”: in dertien jaar kan ons baie verander.

'n Mens kan in die konsistorie instap en steeds begroet word met die gesigte van mense wat daar was, voor ons almal: deel van die groter wolk van getuies. Om gewoon in die kerk in te stap aan die begin van die diens is so bekend (ek het dit immers vir meer as twaalf jaar gedoen) maar ook so vreemd (ek het dit vir dertien jaar nie gedoen nie). Dis snaaks hoe iets wat “verkeerd gaan” soms alles kan laat “reg gaan”. Tussen die eerste twee gesange (wat bedoel word om aanmekaar gesing te word), dreig die grootste deel van die gemeente om te gaan sit; ek beduie onmiddellik dat hulle weer moet opstaan. Daar is so 'n geruis van 'n glimlag wat deur die kerk gaan.

En dis in daardie oomblik wat die dertien jaar verdwyn. Skielik sien ek almal voor my: almal sit waarlik nog steeds op dieselfde plekke in die kerk! Ek sien mense wat alleen sit, wat vroeër 'n ry amper kon volmaak. Ek sien die jare, nie as 'n tyd wat skei nie, maar as die lyne op mense se gesigte, die kleur van hulle hare, die verwagting op hulle gesigte. Maar ek sien ook hulle wat nie daar is nie; hulle wat nooit weer daar sal sit nie.

En op 'n vreemde manier is ons almal een: die skeiding wat tyd bring, verdwyn; die skeiding wat afstand bring, ver-dwyn; die skeiding wat lewenservaring bring verdwyn; ja selfs die skeiding wat dood bring, verdwyn. Ons is almal deel van die groter wolk van getuies, die liggaam van Jesus Christus wat kan hande vat oor die grense van tyd, afstand, lewe en dood.

Hierdie soort ervarings is so raar as wat hulle lewegewend en geloofsbevestigend is.

Vir die voorreg om deel te wees van die groter prentjie van 190 jaar van genade, is ek ewig dankbaar.

190 jaar van genade

Page 4: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

Jeug & Kinders

04

VrydagnuusOp 5 Oktober het ons weer die jaarlikse Wêreld-onderwysersdag gevier. Kom ons gemeente vat hande vir die hele Oktober.

Hierdie dag is 'n besondere poging tot bewusmaking, be-grip en waardering vir die onmisbare bydrae wat onder-wysers wêreldwyd ten opsigte van opvoeding en ontwik-keling lewer. Enigeen wat net 'n effense mate van insig in onderwysers se program en verantwoordelikhede het, sal hardop en met oorgawe wil sê: "Hoor, hoor!”

Wanneer laas het jy vir die onderwysers in jou gemeente/

gemeenskap gebid? Dalk is 'n oproep en woord van waar-dering net wat hulle nodig het om die laaste kwartaal van die jaar met nuwe moed en geloof aan te pak.

Meneer en Juffrou, ons salueer julle vir elke ekstra myl wat julle loop. Mag die Here julle seën met wysheid en onderskeidingsvermoë om elke dag aan te hou om 'n ver-skil te maak.

As jy jou hiermee vereenselwig, lees die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) se mediaverklaring ter ondersteuning van díe projek.

Wêreldonderwysersdag

5 Oktober �16

Esther BlackallerMegan Myburg en Karla Kilian het saam met Esther Blackaller (Omgeediens Koördineerder) en Janine Myburg, Bollie Kabouter crèche op 24 Augustus 2016 in Fisantekraal besoek. Dit was deel van hul skooltaak om behoeftes van die gemeenskap te identifiseer en gemeenskapsdiens te doen. Mevrou Sarah Dawids is die hoof van die crèche en het 5 juffrouens wat daar werk. “Fisantekraal Crèche Support” is deel van Durbanville Gemeente se Omgeediens en is betrokke by 16 crèches (waarvan een in Morningstar), wat on-geveer 503 kinders akkommodeer.

Met hul besoek het hul “Koningskind dra 'n kroon” aan die groepie voorgelees en krone laat versier om huis toe te neem. Die kleuters kon die waarde van hul identiteit in Jesus aanleer met die wete dat elkeen van hul, Koning Jesus se prins of prinses is.

Hierdie aktiwiteit was nie net vir die kleuters 'n groot gebeurtenis nie, maar ook vir Megan en Karla 'n kos-bare geleentheid waartydens hul kon deel in 'n buur-gemeenskap, wat hul andersins miskien nie so spon-taan sou besoek het nie. Om die groot behoefte wat net 'n klipgooi van hul huise bestaan, te sien en be-leef, het hul laat besef dat soveel meer gedoen kan word om hul bure te help.

En so in die loop van die aktiwiteit deel Sara bo-oor die staldeur van haar netjiese crèche: hoe sy en haar man 'n roeping ontvang het om die Evangelie te be-dien. So het hul huiskerk ontstaan waar mense op Sondae deel word van 'n geloofsgemeenskap, tsv die plakkerskamp wat 50 meter ver is en 'n voortdurende verbyloop na die Tavern om die hoek. Tóg is hulle op Sondae 'n stilhouplek, óók vir verbygangers waar hul iets van Jesus se onvoorwaardelike liefde kan beleef. 'n Verwelkomende oop huis. Sy is ook 'n huweliksbe-vestiger.

Sara het vier volwasse kinders, twee pleegkinders en het uit nood, twee familiekinders (na hul ouers tragies sterf), aangeneem.

Deur net te vertoef en die groot seën te ervaar van 'n omgeevrou met innige deernis vir haar medemens, is 'n getuienis van dissipelskap.

Tieners besoek Fisantekraal

Jana DickasonDis Vrydagmiddag en jy sit en tik, tik, tik met jou stomp geskryfde potlood op die vol gekrapte skoolbank. Jy staar met groot vooruitsigte by die venster uit, met die wete dat daar nog van gisteraand se KFC by die huis vir jou sit en wag. Jy sien al hoe jy die “bucket” uit die yskas haal, op die bank neer plons en terwyl jy diep sluk aan jou lang verdiende “Coke”, dans jy deur die tv kanale. Oooe hoe hemels is 'n Vrydagmiddag dan nie! Wel, ten minste tot hierdie droomwolkie vinnig verkrummel toe jy jou naam oor die interkom hoor ... jip, jy sit detensie.

Nooit het ek gedink dat ek op die ouderdom van 27 weer sal detensie sit nie, maar dis presies wat ek en my “partner in crime”, Wynand Breytenbach doen. Ons behartig die Detensie-bediening by Hoërskool Durbanville. Ja, jy het reg gehoor, Detensie-bediening!

Hierdie inisiatief is gebore toe een van die ouers vir die hoeveelste keer hoor hoe gefrustreerd haar dogter is met die goedbekende straf van reëls uitskryf. Vir haar moet daar tog 'n doel wees aan hierdie praktyk, en met reëls uitskryf kon sy nog geen doel sien nie? Sy deel toe haar kommer met Wynand, wat tans besig is met sy 6de jaar van teologiese studies. Noem dit maar toeval, vir die siniese, maar Wynand moes vir sy studies 'n “Fresh Expression ” uitdink, en dis net daar waar die detensie- bediening gebore is.

Hoe werk dit? Wel, dis gebaseer op die begrip van “Body mapping”, 'n oefening wat jou help om jouself te vra, “wie is jy?”, deur die buitelyne van jou lyf of hand of voete op 'n papier af te trek. Binne die vorm skryf jy wie jy is en buite, wie jy wil wees. Wat ons ondervind is dat baie min tieners, selfs jong volwassenes, werklik ooit hierdie vraag vir hulself vra. Tog is dit 'n baie belangrike vraag. As ons

dit nie vra nie, dink ons dalk nie genoeg daaroor nie.

Tydens elkeen se reis binne selfontdekking leer ons baie nuwe dinge van onsself. Met die bewuswording en strewe na wat en wie ons wil wees, verskuif ons fokus indirek na ander, en hoe ons hulle kan dien. Eers nadat ons hierdie reis met onsself aanpak, kan ons na die wêreld kyk en probeer om die samelewing waarvan ons droom, te bou. Indien ons nie aan onsself hierdie vrae vra nie, raak ons lewe sinloos en weet ons nie hoe om ander te dien nie.

Ons elkeen is geskape as 'n heilige skepsel van God, maar hierdie heiligheid ontdek en sien ons ook in mekaar. Daarom leef ons in 'n gemeenskap en daarom dien ons in 'n gemeenskap. Dis hierdie bewuswording en bemagtiging wat ons probeer bereik tydens die detensie-klas. Ons werk met vier vrae naamlik:1. Wie is jy?2. Waarvoor staan jy?3. Wie het jou seergemaak?4. Waarheen is jy oppad?

Daar word slegs een vraag per detensie klas hanteer. So as jy een keer detensie sit, handel jy net met die vraag, “wie is ek?”. As jy vier maal detensie sit hanteer jy al vier vrae. Ons fokus op die stories van die tieners, ons luister en fluister en groei saam. Ons bou verhoudinge. Soms voel dit of ons baie tieners bereik, soms geen. Tog is elke ontmoeting en elke storie kosbaar. Soos Ferdinand Deist gesê het: “Daar sit meer helende krag in een verhaal as in 'n rak vol dogmatiese werke.”

Die Detensie-bediening is 'n manier om na tieners se stories te luister, nie altyd antwoorde daarop te hê nie, maar 'n spasie te bied vir self ondersoek en die helende krag wat daarin lê om jou verhaal te deel.

…of nie?

Op 28 Augustus 2016 het al ons jeuggroepe vanaf graad 6 -11 uitgereik na Huis Aristea. Die doel was om by die tehuis te gaan kuier in plaas daarvan om ons gewone jeuggroepe te hê. Ons het juis Huis Aristea gekies, omdat daar baie waarde in die gesegde is, “met die grysheid kom wysheid”. Dis baie belangrik dat ons verskillende generasies in en om ons gemeente bymekaar bring. Soos ons kon verwag, was baie tieners eers versigtig om aan 'n

vreemde tannie of oom se deur te klop, maar toe hulle sien met hoeveel vriendelikheid en liefde hulle ontvang word, was dit moeilik om hulle te keer. Ons het baie goeie terugvoer ontvang van die betrokkenes en 'n ope uitnodiging om Huis Aristea weer te besoek. Met hierdie besoek kon die tieners werklik ervaar hoe dit is om 'n dissipel te wees, saam in diens van God se nuwe wêreld!

Uitreik na

Page 5: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

André van WykKleurvolle, wapperende vlaggies, kindervriendelike speel-apparaat, pragtige groen (kuns)-gras by die Gemeente-sentrum het die afgelope paar weke gemeentelede be-groet. Dit is alles in aanloop tot die verwelkoming van 'n nuwe jongeling in ons familie – Durbieland Kleuterskool.

Soos meeste van julle al gesien het die afgelope paar weke, is Durbieland reeds besig met die omskepping van die binneruimtes van die sentrum soos die Jeuglokaal, lesinglokaal en predikante-kantore na klaskamers, en dit lyk alles pragtig. Sedert ons vorige kommunikasie aan die gemeente, oor die verandering van ons hele Gemeente-sentrum in 'n groot kleuterskool, het daar al baie dinge gebeur. Ons het met 'n plaaslike belegger in vennootskap getree en 'n maatskappy gestig wat die skool besit en be-stuur, die veranderinge implementeer en ook die onder-houd en uitgawes van ons Gemeentesentrum oorneem. Tans wag ons op die goedkeuring van bouplanne om die ingangsportaal na die skool sowel as die saal te vernuwe en kleinere aanbouings te voltooi. Die verandering en implementering geskied in fases en sal eers later in 2017 heeltemal voltooi wees.

Durbieland Kleuterskool maak amptelik sy deure in Januarie 2017 oop. Maar wat hou dit vir ons as gemeente

in? Die gemeente gaan steeds gedurende die week ge-deelde gebruik van die saal hê vir kerklike funksies en byeenkomste soos bv. begrafnisse. Oor naweke is dit ook nog beskikbaar vir ons Familiediens, byeenkomste van The Rock en die klaskamers sal ook gebruik word vir ons kategese groepe. As deel van die ontwikkeling, het die kerkkantoor gedurende September geskuif na die San Domenico-gebou in Kerkstraat en Durbieland betaal die huur hiervan.

Soos in ons vorige skrywe genoem is, skep die vestiging van die kleuterskool vir ons 'n nuwe bedieningsgebied. Die goeie nuus wat hieruit voortvloei is dat die gemeente nou tesame met die Sinode en Communitas 'n Internskap vir proponent Jana Dickason kan aanbied. Dit beteken dat sy as Jeugpredikant beroep kan word vir 'n twee jaar ter-myn in 'n bepaalde pos met die fokus op die ontwikkeling van 'n nuwe bediening by Durbieland as een van haar be-langrikste pligte. Heelwat tyd sal by Durbieland spandeer word om verhoudinge met die kinders, ouers en personeel op te bou en hulle met die liefde van Christus te bedien. Verder sal die bediening by Durbieland gekoppel word met ons gemeente se volle Jeugbediening.

“Watch this space” vir verdere nuus!

05

KERKBESONDERHEDEH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550

Posbus 107, Durbanville 7551

[email protected]

www.durbanvillegemeente.co.za

021 975 6370 082 779 3356 021 976 7109

Ma, Di, Do en Vr: 08:00 - 14:00

Wo: 08:00 - 16:00

NG Gemeente Durbanville

ABSA Durbanville

Tjekrekening: 1410580019

Voeg asb verwysing by bv.

Naam/MDO

durbanville gemeente

KERKBESONDERHEDE

durbanville gemeente

Andrew Kok Jackie Pretorius Mariëtte Steyn Cindy vd MerweLezjé van Zyl Atel Streicher Jana Dickason Ilse Celliers

Carollize Laing Zaretha King

REDAKSIE:

Nelleke MeintjiesEk het beter as tevore besef watter vormende in-vloed my daaglikse aktiwiteite op my het: dat se-kere waardes versterk word deur dit wat ons ge-reeld doen, en ander na die agtergrond skuif. Ek het weer die verskil besef tussen kopkennis en ver-andering van my hart, en hoe daardie verskil soms bewys word as ek beweer iets is vir my belangrik, maar ek maak nie daarvoor tyd nie.

Ons het 'n paar geloofsgewoontes beproef wat kan help om ons verhouding met die Here te versterk. Die een wat die grootste indruk op my gemaak het, is die sogenaamde “daily examen”. Dit is 'n gebed waardeur die Here 'n mens kan help om die dag deur sy oë te sien. Dit bestaan uit 'n paar elemente soos stilword in die erkenning van God se teen-woordigheid, dankbaarheid vir “geskenke” wat jy terugskouend in die dag raaksien, dankbaarheid vir tye waar jy in harmonie met God geleef het, be-wustheid van jou emosies deur die dag en erken-ning as jy verkeerd gedoen het, en gebed vir wat voorlê. Dit help om dit soms te doen met die lei-ding van 'n klankgreep, soos wat jy op “Youtube” kan kry, of op 'n selfoon-”app” met die naam “pray as you go”.

Die uiteenlopende ouderdomme in die oggend-groep was verrykend: van 30-something tot 90-something!

Geloofsvorming & Dissipelskap

WELKOM DURBIELAND!

Ons kerkkantoor het ‘n nuwe adres

San Domenico, Kantoor no. 2, Kerkstraat 10, Durbanville

KONTAKBESONDERHEDE VIR DIE KERKKANTOOR:Kontaknommer: 021 975 6370 / Epos: [email protected]

Page 6: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

06

ADVERTEER IN SIG

Ons SIG-advertensies kos R250 vir ‘n

besigheidskaartjie-grootte.

Kontak kerkkantoor.

Ring van Durbanvillevier die Leweby Sonstraal

Ure:Maandag tot Sondag

07:30 – 20:00

Kontaknommer:021 975 9730

E-pos:[email protected]

Tinus van ZylDie Ring van Durbanville het by die ringsitting op 5 September saam aanbid, saam geëet en saam gesels. Die tema was: ”deel en vier die lewe”. Ty-dens die aanbidding, het ons ons eenheid as kerk gevier en dit ook saam bely in die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis.

Rondom die tafels het ons gesels oor die uitdagings en geleenthede wat gemeentes beleef. Ons het pro-beer om nie vir mekaar raad te gee nie, maar om goed na mekaar te luister en mekaar te ondersteun en te bemoedig. Ten slotte het ons in 'n groot kring gestaan, hande vasgehou en saam die seën oor mekaar uitgespreek: Die genade van ons Here, Jesus Christus, die liefde van God en die gemeen-skap van die Heilige Gees sal by julle wees. Amen." So skryf Tinus van Zyl, voorsitter van die ring.

Vir elke gemeente van die ring is 'n simboliese kers tydens die liturgie aangesteek. Plekmatjies met die onderwerpe vir tafelbesprekings is ook aan elkeen uitgedeel.

Alrina KrigeDis was my en my man se eerste keer na die jaarlikse steakbraai. Ons het dit baie geniet! Die tafels was mooi gedek en elke tafel het ‘n Franse broodjie met heerlike

korrelkonfyt en lewerpatéé gehad vir ʼn voorgereggie! Die

“steak” was perfek gaargemaak en die pampoenkoekies en broccolislaai het die maaltyd beslis gemaak. Vir nagereg het ons sjokoladepoeding gehad saam met roomys. Dit was 'n baie gesellige aand! Ons sal definitief volgende jaar weer kom en vir enige iemand aanbeveel!

Steakbraai

Page 7: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

Esther BlackhallerDurbanville/Bergsig Senior Groep is 'n gevestigde groep met 'n bestuur wat goed kan organiseer. Hulle doen moeite om werklik genotvolle geleent-hede en uitstappies maandeliks te reël. Ons deel graag van die lede se ervarings.

“Die lekkerste van elke uitstappie is die wonderlike saamwees met hierdie besondere groep! Die uit-stappie op 23 September 2016 na Darling met 65 lede, was geen uitsondering nie. Ons het Evita se Perron besoek met “Spring in the Swartland”. Ons het Evita in lewende lywe beleef, lekker gekuier en geëet. Al die uitstallings op Evita se Perron het ons met verwondering en soms skaamte laat terugdink aan ons grootwordjare.” Christell de Jager

“Die roete na Darling het via Malmesbury deur pragtige koringlande wat vol in die aar staan, wat weereens 'n belowende oes verseker en wingerde wat hul lentegroei vertoon, gegaan. Tydens die uur-lange vetoning het Evita die gehoor vermaak met “haar” staaltjies en kwinkslae aan ons land se politieke bedrywighede. Die terugrit huistoe was via die Weskus. Na 'n dag vol opwinding het ons weereens die voorreg gehad om ons Hemelse Vader se handewerk in die Skepping te bewonder en geniet.” Etha Korf

“Na die heerlike middagete met tradisionele bobo-tie, geelrys en tuisgebakte brood, koeksisters en tee/koffie word die vertoning begin met: “Let's have a party”. Evita met haar etniese bloesie, juwele en sorgvuldige grimering verskyn. As gesoute satirikus praat sy oor verskeie politieke figure. Mnr Mandela kom eerste aan die beurt met sy besondere lewensverhaal: A long walk to Freedom. Dan volg mnre Mbeki, Tutu en Zuma. Met 'n tong in die kies praat “sy” op 'n humoristiese inslag oor die verskeie figure in ons politieke lewe.” Mareen van Niekerk

So in die alledaagse, is daar tog doelbewuste, ‘on-gewone” geleenthede waar verhoudinge gebou en vriendskappe gesmee word, herinneringe gevorm word, eensames verkwik word, na behoefteges om-gesien word en lief en leed gedeel word.

Kontak gerus vir Marietjie Marais by 021 975 0207 indien jy wil deel word van hierdie groep.

Ons ouer persone aan die gang

07

SENIORS

Dit is met groot heimwee dat ons die brief aan julle skryf, want vandag moet ons afskeid neem. Gedurende die afge-lope 6 jaar het Durbanville Gemeente hul harte oopge-maak vir 'n droom wat ons by Fisantekraal Centre for Development gehad het om 'n entrepeneurskursus aan te bied vir diegene, wat as gevolg van omstandighede, nie genoegsame inkomste het nie. Die doel van ons sentrum is om mense toe te rus met verskeie vaardighede om 'n waardige toekoms vir hulself te kan bou. Een van ons kursusse is die entrepeneurskursus, Bake 4 Profit, waar ons toekomstige entrepeneurs leer om 'n suksesvolle besigheid op die been te bring deur te bak en verkoop teen 'n wins. Ek, Elaine du Toit en Anabela Beuke, is die fasiliteerders van die kursus.

Ons het in die tyd gebak en gebrou, gelag, gehuil en gebid en elkeen wat oor ons drumpel gestuur is deur Ons Hemelse Vader, probeer toerus, bemoedig en leer om die wêreld aan te durf en ten spyte van moeilike omstandighede en lae selfbeeld, geleenthede aan te gryp en 'n inkomste te genereer vir hulself en hulle gesinne.

Ons wil vandag vir julle dankie sê vir die rol wat julle ge-speel het in hierdie droom, deur jul kombuis aan ons be-

skikbaar te stel. Sonder julle sou ons dit nie kon doen nie! Dankie aan al die predikante en personeel wat belangstel-ling getoon het in wat ons doen. Dankie vir die geleent-hede waar ons studente hulle produkte aan julle, die gemeente, kon verkoop. Julle het nie 'n idee wat dit vir hul selfvertroue gedoen het nie!

Jackie, dankie dat jy altyd daar was met raad en daad, ds André vir die inloer om te sien wat te ete is (en al die drukkies!), Ponté wat ons “go to guy” was met die prak-tiese dinge en Lizma wat haar kombuis so onbaatsugtig gedeel het met ons. Want, so 'n klomp vrouens (en hier en daar 'n man) kan nogal katastrofiese gevolge hê!

'n Nuwe era het aangebreek vir ons almal en ons glo dat die regte deur op die regte tyd vir ons oopgemaak sal word. Verandering bring groei wat noodsaaklik is vir die welvaart van enige organisasie en alhoewel ons nog nie 'n gepaste kombuis opgespoor het nie, glo en weet ons dat God in beheer is. Ons wens julle alle sterkte toe met jul nuwe projekte en hoop dat ons nog steeds, in die toe-koms, kan staatmaak op julle ondersteuning.

Groete in Christus

Totsiens van Bake 4 Profit, Fisantekraal Centre for DevelopmentElaine du Toit & Anabela Beuke

BETROUBARE HUISHULP BENODIG2/3 dae per week

Kontak Mariëtte by 082 881 2679

In Durbanville Gemeente het ons gewoonlik die gebruik om elke jaar November-maand te gebruik om deur 'n spesiale Dankoffer wat ons gee, te verklaar dat ons nie aan onsself behoort nie, maar aan God, dat ons nie vir onsself leef nie, maar vir God. Dit is 'n tyd om opnuut voor God te kom stil word en 'n geleentheid om te antwoord op God se roepstem,

ONS MIKPUNT VIR 2016 IS R1 600 000.00Koevertjies sal weer beskikbaar wees tydens ere-dienste OF bydraes kan direk by die kerkkantoor inbetaal word OF per EFT by:

NG Gemeente Durbanville, ABSA Durbanville, Tjekrekeningnommer 1410580019 en Verwysing bv: Dankbaar/J Lotz

NOVEMBER IS DANKBAARHEIDSMAAND

Dit is natuurlik so dat alles aan God behoort, die aarde en die volheid daarvan. Maar dit gaan oor die wyse waarop God sorg en voorsien. God kies ons as mense om deur ons te werk – net soos wat Hy sy boodskap van genade deur mense laat uitdra, kies Hy ons as mense om sy koninkryk te finansier – want ons is syne en deel van sy koninkryk! Rentmeesterskap is die manier hoe ons verskillende fasette van ons lewe as-ook die omgewing rondom ons lewe bestuur. Dit het te doen met ons verantwoordelikheid vir iets wat nie aan ons behoort nie.

Die kerk van Christus is nie vreemd aan die wêreld nie, maar deel daarvan. Dit is ook onderhewig aan finansiële laste en uitgawes waaraan voldoen moet word, inflasie en styging van kostes. Nodige middele kom uit die harte en hande van die lidmate van die kerk wat op hulle beurt weer deel in die mildelike ver-sorging deur hul hemelse Vader. Dit is hier waar rent-meesterskap en dankbaarheid ter sprake kom. Dank-offers is nie 'n pligpleging nie, maar eerder 'n saak van dankbaarheid, offervaardigheid en eer aan God.

DANKBAARHEIDSOFFERS = RENTMEESTERSKAP

Page 8: SIG - Okt 2016wyke, te wete Koeberg, Kuilsrivier, Parow, Bellville en Kraaifontein. In 1855 het ds Beck reeds begin met buite-dienste in die Koeberg. In 1861 het 'n aantal lidmate

AKTUEEL

DESIGN A PRINT 021 975 9648

Petrus TheronDis moeilik om te glo, maar die einde van die jaar is alweer 'n skrale twee en 'n halwe

maande ver. Benewens 'n gevoel van opwinding oor die naderende feestyd sal vele ook 'n onderliggende angstigheid en spanning ervaar. Daar is nog soveel wat gedoen moet word voordat 'n welverdiende blaaskans aanbreek. Dit is asof die reeds vinnige pas hier teen die jaareinde nogmaals versnel. Soms wens ons die jaar is al om. Trou-ens, soms voel ons soos die psalmdigter wat wens hy het vlerke soos 'n duif gehad sodat hy kon wegvlieg om te ontsnap aan alles (Psalm 55:7).

Wanneer ons terugkyk en die jaar se bedrywighede onder die loep neem, wil ons nie tot die gevolgtrekking kom dat die Prediker reg is en “alles 'n gejaag na wind' is nie. Ons wil die jaar afsluit met die gerusstellende wete dat wat soms gevoel het na 'n dolle en frustrerende gejaag van punt A na punt B, tog uiteindelik wel 'n sinvolle bydrae binne die groter geheel van sake gelewer het.

So gesien, verteenwoordig “jaareinde-gejaagdheid” 'n soms angstige poging om die “ou” jaar se doen en late tot 'n sinvolle afsluiting te bring, die los drade vas te knoop, klaar te maak wat moet klaarkom sodat die “nuwe” jaar

met so min as moontlik bagasie aangedurf kan word. Talle bedrywighede word dan ook formeel “afgesluit”, net om oor 'n paar weke weer “geopen” te word.

Die Griekse filosoof Sokrates beweer dat 'n ongeëksamin-eerde lewe nie die moeitewerd is om geleef te word. Tog verg dit moed en dapperheid om ons lewens te evalueer en rekenskap te gee, ten minste teenoor onsself, van hoe ons gekies het om die jaar te leef.

“Jaareinde-gejaagdheid” bied, paradoksaal, 'n gulde ge-leentheid vir 'n rustige bestekopname. Maak tog 'n tydjie, voordat 2017 opdaag, om die prioriteite wat u vir 2016 gestel het (of die gebrek daaraan!) en die keuses wat u gemaak het, krities te evalueer. Oorweeg gerus die vol-gende vrae om u aan die dink te sit.

Wat is werklik vir u belangrik? Wat wil u hê wat u nie tans van die lewe kry nie? Waarheen is u lewensreis/ lewenstyl besig om u te neem? Is die algehele rigting van u lewe in u beste belang? Bring dit u waar u regtig wil wees? Het 2016 se keuses en prioriteite vir u gebring waarop u gehoop het? Het dit u byvoorbeeld nader aan of verder van die mense vir wie u omgee gebring? En die Here? Gegee die voordeel van terugskou, wat sou u

anders wou doen vanjaar?

Vir wie dit 'n saak van erns is, is dit gewis nie 'n eenvoudige oefening nie. Daarom, laat ons saam met die apostel bid dat ons sal toeneem in die liefde “sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom” (Fil. 1: 9-10), toegerus om dalk nuwe keuses in 2017 maak.

(Ds. Theron is 'n kliniese/pastorale sielkundige en spesialiseer in indiwiduele- en huwelik-sterapie. Hy kan gekontak word by 021 976 1668.)

Atel Streicher

Bestanddele:1 pak (400 g) bevrore verskeidenheid bessies1 liter vanielje roomysVars aarbeie, steeltjies verwyder en gehalveer

Metode:1. Verpulp bessies in ‘n voedselverwerker. Voeg roomys koppie vir koppie by en verwerk tot 'n puree, maar werk vining. 2. Vorm bolletjies en plaas op 'n strook gespuite waspapier. Druk 'n roomysstokkie in die middel van elke bolletjie, gevolg deur 'n aarbeihelfte.3. Vries tot hard, verwyder die waspapier en eet dadelik.

Aarbei- en roomysstokkies'n Maklik en prettige happie vir kinders en grootmense

Hoe gemaak met die “einde van die jaar gejaagheid”?

08

WAT GEBEUR IN DIE 4DE KWARTAALONTBYT VIR

ONS SENIORS 19 Oktober 2016

ONTBYT VIR ONS SENIORS

19 Oktober 2016

KERSSANGDIENS4 Desember 2016

KERSSANGDIENS4 Desember 2016

UITNODIGINGONTBYT VIR ONS SENIORS

19 Oktober 2016 om 10:00 by die Gemeentesentrum.Die byeenkoms sal die vorm aanneem van 'n ontbyt saam

met Hennie van der Merwe en sy orkes wat gaan sorg vir die vermaaklikheid.Kontak die kerkkantoor indien jy wil bywoon.

NUWE LIDMATEKaas & Wyn aand2 November 2016

NUWE LIDMATEKaas & Wyn aand2 November 2016