PUK-Bondsnuusbrief Cameleon met sy Ingrid Jonker toonsettings album ‘Ek herhaal jou’ ; en Theuns...

download PUK-Bondsnuusbrief Cameleon met sy Ingrid Jonker toonsettings album ‘Ek herhaal jou’ ; en Theuns Jordaan met sy reuse platinum trefferalbum ‘Seisoene’ Die 5 mededingers vir

If you can't read please download the document

Transcript of PUK-Bondsnuusbrief Cameleon met sy Ingrid Jonker toonsettings album ‘Ek herhaal jou’ ; en Theuns...

  • PUK-Bondsnuusbrief

    Indien die grafika nie reg vertoon nie, klik View > HTML.

    Oud-PukkeBondsnuus

    Mei 2006

    9 http://www.puk.ac.za/oud_pukke/enuusmei06.html

    Adresverandering

    Oud-Puk Gholfklub:

    Beste Oud-Puk

    Konvokasie van die NWU-Puk

    Oud-Pukke is onlangs aangemoedig om as lede van die Noordwes-Universiteit se nuwe konvokasierol te registreer en so betrokke te word by die raadsverkiesing wat teen Augustus afgehandel moet wees. Die konvokasierol sluit binnekort vir die komende verkiesing, maar oudstudente word aangemoedig om hul steeds te registreer op die konvokasierol vir toekomstige verkiesings.

    Die oud-Pukke word op die universiteitsraad verteenwoordig deur middel van die Konvokasie en die oudstudente wat as lede aansluit, het die reg om kandidate te stel en vir hulle te stem om op hierdie wyse inspraak te h oor universiteits- en kampusaangeleenthede. Oudstudente met grade of diplomas, asook huidige en voormalige personeellede kan lid word. Aansluiting by die Konvokasie beloop n eenmalige bedrag van R50 en met ontvangs van die geld en jou skriftelike aansoek, word jy as Konvokasielid geregistreer . Vir navrae in die verband kontak gerus vir Vivian Claassen by (018) 299 2768 of [email protected] . Aansoek en nominasie kan ook op die webwerf by www.nwu.ac.za/konvokasie/2006_Konvokasieaansoekvorm_1.pdf en http://www.nwu.ac.za/konvokasie/ gedoen word deur die relevante vorm volledig te voltooi.

    Anna Davel - SAMA Toekenning!

    Die NWU-Puk is trots om aan te kondig dat een van sy

    Page 1

  • PUK-Bondsnuusbrief

    Oud-Puk Gholfklub:27 Meivs UPE en Natal (Goldfields Wes)

    2 Septembervs Rhodes (Goldfields Wes)

    21 Oktobervs Maties (Goldfields Wes)

    27 OktoberNasionale Davis Cup

    4 November vs Kovsies (Goldfields Wes)

    Oud-Puk-Wyngilde: Wynproe14 JuniePortproe (Prof Gert van den Berg)

    16 AugustusKWV brandewyn- en wynproe (Martin Snyman)

    13 SeptemberBonnievale Blindeproe (Sandra Roode)

    11 OktoberBierproe

    Die NWU-Puk is trots om aan te kondig dat een van sy oudstudente, Anna Davel, se 3de album, Godinne op die Grondpad, sopas bekroon is met n SAMA-toekenning as 2006 se Algehele Wenner in die kategorie: Beste Volwasse kontemporre album: Afrikaans.

    Die nominasies is deur n onafhanklike komitee aangewys uit die room van Afrikaanse musiek en buiten Davel is slegs 4 kunstenaars benoem:Karen Zoid met haar langverwagte 3de album MediaLize Beekman met Draadkar oor die see - haar 4de nominasieChris Cameleon met sy Ingrid Jonker toonsettings album Ek herhaal jou ; enTheuns Jordaan met sy reuse platinum trefferalbum Seisoene

    Die 5 mededingers vir hierdie kategorie het Saterdag 6 Mei tydens die glansryke jaarlikse SAMA-toekenningsfunksie by die Sun City Superbowl gewag om te hoor wie die wenners sou wees. Kunstenaars wat opgetree het was Arno Carstens, Bongo Muffin, Ntando, Judith Sephuma en Malaika. Die funksie word jaarliks deur SA se voorste musikante, promotors, platemaatskappye en veterane bygewoon. Die diversiteit en sukses van die Suid Afrikaanse musiek bedryf gevier word en erkenning word gegee aan kunstenaars wat kwaliteit werk lewer, asook 2 kategorie vir populariteit: Beste liedjie en mees Populre kunstenaar.

    Na 12 jaar se harde werk en altesaam 2 SAMA- en 8 GMT nominasies, is hierdie toekenning vir Davel n groot eer en n reuse verrassing. Die feit dat ek hierdie en alle vorige albums sonder enige hulp of finansile ondersteuning van n platemaatskappy of agent/promotor vervaardig en bemark het, maak dit nog n groter aanmoediging vir my om voort te gaan. As n individu moet mens net soveel harder werk om jou musiek by die publiek en radiostasies uit te kry, en hierdie toekenning spoor my net verder aan.

    Godinne op die grondpad is suiwer Davel in murg en been, met witwarm, 100% oorspronklike musiek. 13 liedjies geskryf deur Davel die afgelope 13 jaar.

    Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk tydens die opname van Godinne o.a.Mauritz Lotz, Neill Etteridge, Brendan Ross, Fuzz, Vincent van Rooyen e.a. Musiek

    Page 2

  • PUK-Bondsnuusbrief

    15 NovemberWynproe

    Reunies10 JunieSR Reunie 1995 tot 1999Kontak Vivian ClaassenTel (018) 299-2768Epos: [email protected]

    8-9 JunieVerpleegkunde 40 jarige feesvieringeKontak Mev Charmaine van der WesthuizenTel (018) 299-1829Epos:[email protected]

    21 & 22 JulieVeritas reunie Kontak Leona CainTel (018) 299-2764Epos:[email protected]

    22 JulieWapad vier hul 60ste bestaansjaarKontak Vivian ClaassenTel (018) 299-2768Epos:bkkvc @puk.ac.za

    20 OktoberEerstejaars van 1956 reunie

    regie is behartig deur die briljante Matthys Maree, ook verantwoordelik vir die musikale produksie op Davel se eerste 2 albums Te Diep en Gypsy, beide benoem vir SAMAs in 2001 en 2003. Haar 4de cd Linger word in Junie 2006 vrygestel, en is n jazz standard album met musiek van Nat King Cole, Frank Sinatra, Louis Armstrong en Dean Martin.

    Bekende Afrikaanse kunstenaars op "Ein Prosit"

    Bekende kunstenaars soos onder meer Johannes Kerkorrel, Sally du Randt, Karin Hougaard, Kobie van Rensburg, Anna Davel, Werner Nel, Rina Hugo, Pieter de Villiers, Janita Claassen, die Alabama Studentegeselskap, Christa Steyn, Suzette Eloff, Danie Niehaus, Johan van Rensburg en vele ander het saamgespan aan 'n CD-projek om geld in te samel vir studielenings aan behoeftige oud-Pukke se kinders wat graag aan die Potchefstroomkampus wil kom studeer. Hulle is almal deel van 'n groep van meer as tagtig NWU-Pukkunstenaars aan wie erkenning gegee word op 'n stel van vier CD's (genoem Ein Prosit) vir hul prestasies in die uitvoerende en skeppende kunste op musiekgebied. [Lees meer]

    Wynfees ware okkasie

    Oud-Pukke en vriende van die PUK het onlangs saamgekuier by die 8ste Oud-Puk Wynfees in Potchefstroom. Wynkelders en verteenwoordigers het ingesluit Distell, De Wetshof Estate, Van Loveren Wyne, Wijnland Wyne, Klawer Wynkelder, Allesverloren en Theuniskraal, Overhex Wynkelders, KWV en Bonnievale Wynkelders.

    _______________Die Oud-Puk Wyngilde se bestuur vir 2006 is van links na regs: Gerrie Benade, Johan Fourie, Carina Coetzee, Gawie Barnard, Alida Nienaber (voorsitter). Afwesig: Marthie Coetzee

    Professor ontvang gesogte toekenning

    Page 3

  • PUK-Bondsnuusbrief

    28 OktoberSR-reunie 2000 tot 2004

    Saamtrekke30 MeiLichtenburg (by NWK)Kontak Vivian Claassen byTel (018) 299-2768Epos:[email protected]

    2 JunieWindhoek (Arrebbusch Lodge)Kontak Ds Callie OppermanTel 061 242004Faks 061 231908Sel 081 127 8238Epos: [email protected]

    3 JunieSwakopmund (Swakopmund Primary School) Kontak Marie Booysen Tel 064 405772 (h)Tel 064 461071 (w)

    Prof. Gideon Greyvenstein van die fakulteit ingenieurswese aan die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het n toekenning as een van die land se voorste navorsers van die nasionale wetenskap- en tegnologieforum (NSTF) ontvang. Greyvenstein is in die kategorie vir individue as die beste navorser aangewys wat die afgelope vyf jaar met sy navorsing en -uitsette n uitstaande bydrae tot wetenskap, ingenieurswese en tegnologie in Suid-Afrika gelewer het. Greyvenstein is tans die waarnemende direkteur van die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese aan die Pukkampus. Hy was verantwoordelik vir die netwerk berekeningsvloeidinamika-kode bekend as Flownex, wat tot 'n groot mate in die korrelbed modulre reaktor (PBMR) as die primre termo-hidrouliese ontwerpkode gebruik word. [Lees meer]

    Twee fokusareas van die NWU-Puk kry eenheidstatus

    Die vreugdevure brand hoog in die fakulteit gesondheidswetenskappe nadat die Noordwes-Universiteit pas twee fokusareas in die fakulteit tot eenheidstatus verhoog het. Die fokusareas is geneesmiddelnavorsing- en ontwikkeling met prof. Jeanetta du Plessis as direkteur en voorkomende en terapeutiese intervensies onder direkteurskap van prof. Est Vorster is pas oor die toekenning van hul nuwe status ingelig.

    Die vereistes waaraan n navorsingseenheid moet voldoen behels onder meer dat dit n goed gedefinieerde missie, baie duidelike en gevestigde navorsingsprogramme en gevestigde lede moet h. Ook moet noue samewerking en spanwerk tussen die subprogramme bestaan. Hierdie vereistes word baie streng toegepas tydens die keuringsproses. [Lees meer]

    Hulle is selfs beter as die Springbokke!

    Page 4

  • PUK-BondsnuusbriefTel 064 461071 (w)Sel 081 261 9834Epos: [email protected]

    24 Junie Rustenburg

    4 AugustusBloemfontein

    16 AugustusIngenieurswese (Johannesburg)

    17 AugustusGeorge

    6 OktoberLondon

    7 OktoberHombr

    14 OktoberWitrivier

    Vir meer inligting oor saamtrekke of renies, kontak gerus Vivian Claassen by (018) 299-2768 of epos: [email protected]

    Gereelde PUK-nuus? besoekwww.puk.ac.za

    Die eer wat vier Pukke te beurt geval het, is selfs beter as om vir n Springbokspan gekies te word! Die vier studente, Jana du Plooy, Ferdi Liebenberg, Mandie Schutte en Tina Tshupane, wat almal musiek studeer, is vier van slegs vyf sangers in Suid-Afrika wat vir die wreldjeugkoor gekies is.________________Van links is Ferdi Liebenberg, Jana du Plooy, Mandie Schutte en Tina Tshupane.

    Volgens Peet Ryke van die departement kultuur op die Puk-kampus, is dit n groot eer om vir di koor gekies te word. Oudisies van honderde kandidate word van oral in die wreld ontvang en word deur drie van die wreld se beste koordirigente gekeur. Ryke s die standaard van Suid-Afrikaanse kore is van die beste in die wreld. Ryke s die Puk is sedert 2005 die werwingsentrum vir die wreldjeugkoor. Die universiteit is ook van vanjaar die sentrum om lede vir n wreldjeugsimfonieorkes te werf. [Lees meer]

    NWU eerste met 'n leerstoel in kerningenieurswese

    Die Noordwes-Universiteit is die eerste universiteit in Suid-Afrika aan wie 'n leerstoel in kerningenieurswese toegeken is. Die toekenning van R11 miljoen oor vyf jaar deur die departement van wetenskap en tegnologie in samewerking met die PBMR-maatskappy sal aangewend word vir 'n professoraat in kerningenieurswese en die hele infrastruktuur rakende onderwys en navorsing.

    Die universiteit is al geruime tyd op die voorpunt van navorsing en ontwikkeling van simulasieprogrammatuur vir die ontwerp van Suid-Afrika se eerste korrelbedkernreaktor (PBMR) kragstasie, s prof. Gideon Greyvenstein, programleier. Hierdie programmatuur speel 'n sleutelrol in die ontwerp van die nuwe korrelbed modulre reaktor (PBMR) kernkragaanleg wat tans in Suid-Afrika ontwikkel word.

    Vir nagraadse- en navorsingsnavrae kontak die Nagraadse Skool vir Kernwetenskap en Ingenieurswese by (018) 299-4363. [Lees meer]

    Maatskaplike werkers nou beter toegerus vir hof

    Die geweldige toename in kindermolestering en -mishandelingsake in Suid-Afrika stel al

    Page 5

  • PUK-Bondsnuusbrief

    Die geweldige toename in kindermolestering en -mishandelingsake in Suid-Afrika stel al hor eise aan maatskaplike werkers om deskundige getuienis in howe te lewer. Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is die enigste universiteit in die land wat van vanjaar n meestersgraad (maatskaplike werk) in forensiese praktyk aanbied. Die graadkursus sal die leerder toerus om op n gevorderde vlak in die hof as deskundige op te tree. Die programleier, dr. Cornelia Wessels, wat self al by etlike sake sulke getuienis moes lewer, s meer en meer maatskaplike werkers word as gevolg van ho statutre ladings aan die eise van howe blootgestel. Die ho eise het tot gevolg dat maatskaplike werkers aan die hof moet bewys kan lewer dat hulle deskundiges is en oor die nodige kennis, vaardighede en ervaring beskik.

    As gevolg van die geweldige toename word daar n verdere verwagting deur die howe geskep, naamlik dat maatskaplike werkers die howe van hulp sal wees in die assessering van hierdie kinders en die skuldigbevinding van die molesteerder. Die behoefte na so n kursus spruit nie net uit die praktyk nie, maar ook vanuit die Beroepsraad, SA Raad vir Maatskaplike Diensberoepe. In Suid-Afrika bestaan daar tans nog geen nagraadse kwalifikasie op n M-vlak in forensiese maatskaplike werk nie. Die opleiding van maatskaplike werkers in di spesialiteitsveld bied ook nuwe geleentheid vir navorsing. Baie min navorsing is tot nog toe op die gebied binne die Suid-Afrikaanse konteks gedoen. Die onderrig en opleiding behels teoretiese en praktiese werk, asook n navorsingsprojek van beperkte omvang.

    Vir meer inligting oor die meestersgraad skakel dr. Cornelia Wessels by (018) 299-1683 of rig skriftelike navrae aan [email protected] [Lees meer]

    NWU-Puk bied Afrikaans in Belgi aan

    Dit is vir ons n oorwinning vir Afrikaans en sluit die venster vir Afrikaans na Europa verder oop. Dit is beslis n veer in die hoed vir die Puk en vir Afrikaans. S s prof. Wannie Carstens, direkteur van die skool vir tale, n n ooreenkoms onlangs met die Universiteit van Antwerpen (UA) in Belgi gesluit is om Afrikaans later vanjaar as akademiese keusevak in die opleiding van taal- en letterkundestudente daar te begin aanbied.

    N jare se gesprekke en onderhandelinge het die planne vanjaar vrugte afgewerp. Carstens s die proses het reeds in 1994 begin en aanvanklik is ooreenkomste slegs vir die uitruil van studente gesluit. Die kursus sal vir n proeftydperk van twee jaar aangebied word en behels n kursus in letterkunde vir een semester en n tweede semester met

    Page 6

  • PUK-Bondsnuusbrief

    taalkunde. Die kursus sal dan vir lewensvatbaarheid en effektiwiteit evalueer word.

    Hy s di stap bewys dat die NWU se Potchefstroomkampus inisiatiewe in belang van Afrikaans neem. Dit is ook n voortsetting van die toewyding van dosente van Afrikaans en Nederlands by hul vak en die uitbou daarvan. Dit is vir ons belangrik dat Afrikaans in sy moederland oorleef en ook daar verder uitgebou word. [Lees meer]

    Medewerkers: Karien Brits, Vivian Claassen en Lieze du Preez

    Page 7