’N LEWE SONDER BEPERKINGS - CUM Uitgewers · van ’n kraamsaal waar sy vir honderde ma’s en...
Transcript of ’N LEWE SONDER BEPERKINGS - CUM Uitgewers · van ’n kraamsaal waar sy vir honderde ma’s en...
’N LEWESONDER
BEPERKINGS
N I C K V U J I C I C
Een
As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
Een van my gewildste videosnitte op YouTube is dié een waarin ek
skaatsplank en branderplank ry, musiek maak, ’n gholfbal slaan,
neerval, opstaan, met gehore praat en, bowenal, drukkies van al ler-
hande soorte mense kry.
Al hierdie aktiwiteite is nogal doodgewone dinge wat byna enig-
iemand kan doen, nie waar nie? Hoekom dink jy dan is hierdie video-
snit al miljoene kere gekyk? My teorie is dat mense gelok word om
daarna te kyk omdat ek, ten spyte van my liggaamlike beperkings,
leef asof ek geen grense het nie.
Mense verwag dikwels van iemand met ’n ernstige beperking
om onaktief te wees, dalk selfs vol woede en teruggetrokke. Ek hou
daar van om hulle te verras deur vir hulle te wys ek leef ’n baie avon-
tuurlike en vervullende lewe.
Hier is een tipiese boodskap onder die honderde opmerkings oor
daardie video: “Om ’n man soos hy so vol blydskap te sien, laat my
wonder hoekom op aarde ek soms so jammer voel vir myself … of
voel dat ek nie aantreklik genoeg, snaaks genoeg, of wat ook al is nie.
Hoe kan ek hoegenaamd sulke gedagtes koester wanneer hierdie man
sonder arms en bene leef en steeds gelukkig is?”
Mense vra gereeld vir my: “Nick, hoe kry jy dit reg om so gelukkig
te wees?” Dalk moet jy nou uitdagings in jou lewe hanteer; daarom
sal ek jou dadelik die vinnige antwoord gee:
Ek het blydskap en geluk gevind toe ek besef het: Hoe onvolmaak
ek ook al is, ek is die perfekte Nick Vujicic. Ek is God se skepping,
ontwerp volgens sy plan vir my. Dit wil nie sê daar is nie ruimte vir
verbetering nie. Ek probeer altyd ’n beter mens word sodat ek God
en die wêreld beter kan dien.
978-1-77000-994-3.indd 11978-1-77000-994-3.indd 11 2011/03/24 02:01:50 PM2011/03/24 02:01:50 PM
12 ’n Lewe sonder beperkings
Ek glo vas my lewe het nie grense nie. Ek wil hê jy moet presies
dieselfde oor jou lewe voel, ongeag watter uitdagings jy nou moet
hanteer. Wanneer ons nou saam op ons reis vertrek, dink asseblief ’n
oomblik na oor enige beperkings wat jy self op jou lewe geplaas het
of wat jy ander toegelaat het om op jou te plaas. Dink nou aan hoe dit
sou wees om van hierdie beperkings vry te wees. Hoe sou jou lewe
wees as énigiets vir jou moontlik was?
Ek is amptelik gestremd, maar ek is waarlik bemagtig weens my
ge brek aan arms en bene. My unieke uitdagings het vir my unieke
ge leenthede geskep om ontelbaar baie mense in nood te bereik. Dink
net wat alles vir jou moontlik is!
Ons sê gans te dikwels vir onsself ons is nie slim genoeg of aan-
treklik genoeg of talentvol genoeg om ons drome na te jaag nie. Ons
glo wat ander mense oor ons sê, of ons plaas beperkings op onsself.
Wat nog erger is, is dat wanneer jy jouself as waardeloos beskou, jy
beperkings plaas op hoe God deur jou kan werk.
Wanneer jy jou drome laat vaar, sit jy vir God in ’n boksie. Jy is
immers sy skepping. Hy het jou met ’n rede gemaak. Daarom kan jou
lewe nie beperk word nie, net so min as wat God se liefde ingeperk
kan word.
Ek het ’n keuse. Jy het ’n keuse. Ons kan kies om oor ons teleurstel-
lings en tekortkomings te tob. Ons kan kies om bitter, kwaad of hartseer
te wees. Wanneer ons deur moeilike tye gaan en mense ons seermaak,
kan ons egter ook kies om uit daardie ervaring te leer en aan te be-
weeg, om self verantwoordelikheid vir ons geluk te aanvaar.
As God se kind is jy pragtig en kosbaar, meer werd as al die dia-
mante in die wêreld. Ek en jy pas uitstekend by wie ons bedoel is
om te wees. En tog moet dit altyd ons doelwit bly om ’n beter mens
te word en ons grense te verskuif deur groot te droom. Aanpassings
langs die pad is noodsaaklik, want die lewe is nie altyd rooskleurig
nie. En tog is dit altyd die moeite werd om te leef. Ek is hier om vir
jou te sê: Ongeag wat jou omstandighede is, solank jy asemhaal, kán
jy ’n bydrae lewer.
Ek kan nie ’n hand op jou skouer sit om jou gerus te stel nie, maar
ek kan diep vanuit my hart met jou praat. Hoe hooploos jou lewe
ook al op hierdie oomblik vir jou lyk, daar is altyd hoop. Hoe sleg
jou omstandighede ook al is, daar lê beter dae voor. Ongeag hoe be-
dreigend jou omstandighede lyk, jy kan bo elke situasie uitstyg. Om
978-1-77000-994-3.indd 12978-1-77000-994-3.indd 12 2011/02/21 03:51:12 PM2011/02/21 03:51:12 PM
13As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
te wens vir verandering sal niks laat verander nie. Om die besluit te
neem om daadwerklik op te tree, nou, op hierdie oomblik, sal alles
verander!
Alles werk op die ou end ten goede mee. Ek is doodseker hiervan,
want dit is in my lewe waar bewys. Watter goed is daar in ’n lewe
sonder arms en bene? Deur slegs na my te kyk, weet mense dat ek
reeds vele hindernisse en beproewings moes hanteer en oorkom. Dit
maak hulle bereid om na my te luister en my as ’n bron van inspirasie
te aanvaar. Hulle laat my toe om my geloof met hulle te deel, om vir
hulle te sê hulle word liefgehê, en om vir hulle hoop te gee.
Dit is my bydrae. Ek wil hê jy moet weet dit is belangrik om jou
waarde te besef en te erken. Weet dat jy altyd iets het om by te dra.
As jy op hierdie oomblik gefrustreer voel, is dit oukei. Jou gevoel van
frustrasie beteken jy begeer meer vir jou lewe as wat jy op hierdie
oomblik ervaar. Dit is baie goed. Dit is dikwels die uitdagings in die
lewe wat vir ons wys wie ons regtig bedoel is om te wees.
’N WAARDEVOLLE LEWE
Dit het baie lank geduur voordat ek enige voordele kon sien in die
omstandighede waarin ek gebore is. My ma was 25 jaar oud toe sy
met my, haar eerste kind, swanger geraak het. Sy was ’n kraamsus-
ter en het ook as pediatriese verpleegster gewerk. Sy was in beheer
van ’n kraamsaal waar sy vir honderde ma’s en hulle babas gesorg
het. Sy het geweet wat sy moes doen terwyl sy swanger was; sy het
op haar dieet gelet, was versigtig met enige medikasie en het geen
alkohol, aspirien of enige ander pynstillers gedrink nie. Sy het na
die beste dokters toe gegaan, en hulle het haar verseker alles verloop
seepglad.
Tog het sy onrustig gebly. Namate my geboortedag nadergekom
het, het my ma haar kommer ’n paar keer met my pa gedeel. “Ek
hoop alles is reg met die baba,” het sy elke keer gesê.
Tydens die swangerskap het die dokters twee sonarondersoeke
gedoen en geen abnormaliteite gesien nie. Hulle het vir my ouers
gesê die baba is ’n seuntjie, maar geen woord gesê oor sy arms en
be ne wat nie daar was nie. Toe ek op 4 Desember 1982 gebore is, kon
my ma my aanvanklik nie sien nie. Die heel eerste vraag wat sy vir
die dokter gevra het, was: “Is alles reg met my baba?” Daar was net
978-1-77000-994-3.indd 13978-1-77000-994-3.indd 13 2011/02/21 03:51:12 PM2011/02/21 03:51:12 PM
14 ’n Lewe sonder beperkings
stilte. Namate die sekondes verbygetik en hulle my steeds nie vir haar
gebring het sodat sy my kon sien en vashou nie, het sy aangevoel
dat daar groot fout was. In plaas daarvan om my vir my ma te gee
om vas te hou, het hulle ’n pediater geroep en in die oorkantste hoek
van die vertrek gaan staan, my ondersoek en saggies met mekaar
gepraat. Toe my ma ’n groot, gesonde baba hoor skree, was sy verlig.
My pa, wat tydens my geboorte raakgesien het dat een van my arms
nie daar was nie, het egter naar en lighoofdig gevoel. Hulle het hom
by die vertrek uitgeneem.
Die verpleegsters en dokters was geskok toe hulle my sien en het
my vinnig toegedraai. Hulle kon egter nie my ma, wat as verpleegster
met honderde geboortes gehelp het, bluf nie. Sy het die angstigheid
op haar mediese span se gesigte gesien en geweet iets is fout.
“Wat is dit? Wat is fout met my baba?” wou sy weet.
Haar dokter wou haar eers nie antwoord nie, maar toe sy op ’n
antwoord aandring, kon hy vir my ma net die mediese term gee.
“Fokomelie,” het hy gesê.
Weens haar agtergrondkennis as verpleegster het my ma dié term
herken as die toestand waaraan babas ly wanneer hulle met mis-
vormde arms of bene, of sonder arms of bene, gebore word. Sy kon
eenvoudig nie aanvaar dat dit waar was nie.
Intussen het my sprakelose pa buite gesit en gewonder of hy werklik
gesien het wat hy gesien het. Toe die pediater uitstap om met hom te
praat, het hy uitgeroep: “My seun het nie ’n arm nie!”
“Eintlik,” het die pediater so sensitief moontlik probeer sê, “het
jou seun geen arms of bene nie.”
My pa was swak van die skok en smart. Hy het net daar gesit,
op daardie oomblik nie in staat om te praat nie, maar toe skop sy
beskermingsdrang in. Hy het teruggehardloop na my ma toe om vir
haar te vertel voordat sy my sou sien, maar tot sy ontsteltenis het
hy haar huilend in die bed gekry. Die personeel het reeds die nuus
aan haar oorgedra. Hulle het aangebied om my na haar toe te bring,
maar sy het geweier om my vas te hou en vir hulle gesê hulle moet
my wegneem.
Die verpleegsters het gehuil. Die kraamsuster het gehuil. En na-
tuurlik het ek gehuil! Uiteindelik het hulle my langs haar neergesit,
steeds toegedraai, maar my ma kon eenvoudig nie verduur wat sy
ge sien het nie: ’n kind sonder arms en bene.
978-1-77000-994-3.indd 14978-1-77000-994-3.indd 14 2011/02/21 03:51:12 PM2011/02/21 03:51:12 PM
15As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
“Neem hom weg,” het sy gesê. “Ek wil nie aan hom raak of hom
sien nie.”
Tot vandag toe is my pa spyt dat die mediese span hom nie die
kans gegee het om my ma op die nuus voor te berei nie. Later, toe
sy geslaap het, het hy na my in die babakamer gaan kyk. Hy het te-
ruggekom en vir my ma gesê: “Hy is pragtig.” Hy het haar gevra of
sy my toe al wou sien, maar sy het net nee gesê, nog te geskok. Hy
het verstaan en haar gevoelens gerespekteer.
In plaas daarvan om my geboorte te vier, het my ouers en hulle he -
le gemeente gerou. “As God die God van liefde is,” het hulle gewon-
der, “hoekom sou Hy toelaat dat so iets gebeur?”
MY MA SE SMART
Ek was my ouers se eersgeborene. Waar dit normaalweg ’n rede vir
groot vreugde in enige familie is, het niemand vir my ma blomme
gestuur toe ek gebore is nie. Dit het haar seergemaak en haar dieper
in wanhoop gedompel.
Hartseer en met trane in haar oë het sy vir my pa gevra: “Verdien
ek dan nie blomme nie?”
“Ek is jammer,” het my pa gesê. “Natuurlik verdien jy blomme.”
Hy het na die hospitaal se blomwinkel toe gestap en kort daarna vir
haar ’n bos blomme gebring.
Ek het eers op dertien van al hierdie drama uitgevind. In daardie
stadium het ek vir my ouers vrae begin vra oor my geboorte en hulle
aanvanklike reaksie op die feit dat ek sonder arms en bene gebore is.
Ek onthou ek het ’n slegte dag by die skool beleef, en toe ek vir my
ma daarvan vertel, het sy saam met my gehuil. Ek het vir haar gesê
ek is siek en sat daarvan om nie arms en bene te hê nie. Haar trane
het saam met myne geloop, en sy het vir my gesê dat sy en my pa
besef het God het ’n plan vir my en dat Hy dit eendag aan my sal
openbaar. Oor die jare heen het ek aangehou vrae vra, soms aan een
ouer, ander kere aan albei. My soeke na antwoorde was deels weens
’n natuurlike nuuskierigheid, maar ook ’n reaksie op die knaende
vrae van nuuskierige klasmaats wat ek moes trotseer.
Eers was ek ’n bietjie bang vir wat my ouers vir my sou vertel.
Omdat dit vir hulle moeilik was om so diep in hulle gevoelens te
delf, wou ek hulle ook nie in ’n moeilike posisie plaas nie. Tydens ons
978-1-77000-994-3.indd 15978-1-77000-994-3.indd 15 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
16 ’n Lewe sonder beperkings
eerste gesprekke was my ma en my pa baie versigtig en beskermend
in hulle antwoorde. Namate ek ouer geword en op meer antwoorde
aangedring het, het hulle vir my dieper insig in hulle gevoelens en
vrese gegee omdat hulle geweet het ek sou dit kon hanteer. Tog was
dit vir my, om die minste te sê, baie pynlik toe my ma vir my vertel
het dat sy my ná my geboorte nie wou vashou nie. Ek was reeds on-
seker van myself. Om dan boonop te hoor dat my eie ma dit nie kon
verduur om na my te kyk nie … Wel, dink net hoe jy sou voel. Ek het
seergemaak en verwerp gevoel, maar toe begin dink ek aan alles wat
my ouers sedertdien vir my gedoen het. Hulle het hulle liefde vir my
oor en oor bewys. Teen die tyd dat ons hierdie gesprekke gevoer het,
was ek oud genoeg om my in my ma se situasie in te dink. Buiten
haar intuïtiewe gevoelens, was daar tydens die swangerskap geen
aanduiding van my toestand nie. Sy was geskok en bang. Hoe sou
ek as ouer gereageer het? Ek is nie so seker of ek dit so goed soos my
ouers sou kon hanteer nie. Ek het dit vir hulle gesê, en mettertyd het
ons oor al hoe meer besonderhede begin gesels.
Ek is bly ek het met al die vrae gewag totdat ek veilig genoeg ge-
voel en in my diepste binneste geweet het my ouers is lief vir my.
Ons het voortgegaan om oor ons gevoelens en vrese te praat, en my
ouers het my help verstaan hoe hulle geloof hulle in staat gestel het
om te besef dat ek bestem was om God se doel vir my te bereik. Ek
was ’n uiters vasberade en meestal vrolike kind. My onderwysers,
ander kinders se ouers en vreemdelinge het dikwels vir my ouers
gesê hoe my positiewe gesindheid hulle inspireer. Wat my betref, ek
het begin insien dat, hoe groot my uitdagings ook al is, daar mense
is wat ’n swaarder las as ek dra.
Terwyl ek nou die wêreld vol reis, sien ek dikwels die ondraaglik-
ste lyding wat my dankbaarder maak vir wat ek het en my minder
laat fokus op wat ek nie het nie. Ek het al weeskinders met lewens-
vernietigende siektes gesien. Jong vroue wat in seksuele slawerny
gedwing word. Mans wat in die tronk is omdat hulle te arm is om
hulle skuld te betaal.
Swaarkry en lyding is universeel en dikwels ongeloofl ik wreed,
maar selfs in die armoedigste krotbuurte en ná die afgryslikste trage-
dies kon ek telkens moed skep omdat ek gesien het dat mense nie
net oorleef nie, maar in werklikheid fl oreer. Vreugde is beslis nie iets
wat ek verwag het om te vind in ’n plek met die naam “Garbage
978-1-77000-994-3.indd 16978-1-77000-994-3.indd 16 2011/02/21 03:51:12 PM2011/02/21 03:51:12 PM
17As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
City” nie, die ergste krotbuurt aan die buiterand van Kaïro, Egipte.
Die Mansjiet Nasser-woonbuurt is ingebed tussen hoë kranse. Die
hartseer maar gepaste bynaam en die omgewing se afstootlike reuk
spruit uit die feit dat die meeste van die 50 000 inwoners hulleself
onderhou deur Kaïro se vullis na hulle woonplek te sleep en daaruit
te neem wat hulle kan gebruik. Elke dag soek hulle deur berge vullis
van ’n stad met 18 miljoen inwoners in die hoop om iets te vind wat
hulle kan verkoop, herwin of gebruik.
In die strate omsoom met hope vullis, varkhokke en stinkende
afval sou ’n mens verwag dat mense in wanhoop sou leef, en tog het
ek presies die teenoorgestelde gevind toe ek in 2009 daar was. Dié
mense het beslis nie ’n maklike lewe nie, en tog het ek daar mense
ontmoet wat baie liefdevol, skynbaar gelukkig en met geloof gevul
was. Ongeveer 90% van die mense in Egipte behoort tot die Islam.
Garbage City is die enigste oorwegend Christelike woonbuurt. Byna
98% van die mense daar is Koptiese Christene.
Ek was al in die armste krotbuurte in al die uithoeke van die aar-
de. Garbage City is een van die ergstes ten opsigte van omgewing,
maar dit was vir my ook een van die bemoedigendste ervarings.
Ons het byna 150 mense ingedruk in ’n baie klein betongebou wat
as hulle kerk dien. Toe ek begin praat, het die blydskap en geluk van
my gehoor my diep getref. Hulle het eenvoudig gestraal. Ek het so
ui ters geseën gevoel. Ek het dankie gesê dat hulle geloof hulle bo
hulle omstandighede laat uitstyg het terwyl ek vir hulle vertel het
hoe Jesus ook my lewe verander het.
Ek het destyds met die kerkleiers gesels oor hoe die mense in daar-
die gemeenskap se lewe deur die krag van God verander is. Hul le
hoop is nie op hierdie aarde gevestig nie, maar op die ewigheid. In-
tussen glo hulle in wonderwerke en sê vir God dankie vir wie Hy is
en wat Hy gedoen het. Voordat ons daar weg is, het ons vir som mi-
ge van die families rys, tee en ’n bietjie geld gegee waarmee hulle
ge noeg kos vir ’n hele paar weke kon koop. Ons het ook sporttoerus-
ting, sok kerballe en springtoue vir die kinders gegee. Hulle het ons
groe pie gevra om saam met hulle te speel, en ons het heerlik gelag
en mekaar se geselskap geniet, al was ons deur ’n smerige omge wing
omring. Ek sal nooit daardie kinders en hulle glimlaggies vergeet
nie. Dit het weereens aan my bewys dat ons geluk kan vind in alle
omstandig hede wanneer ons ons vertroue volkome in God plaas.
978-1-77000-994-3.indd 17978-1-77000-994-3.indd 17 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
18 ’n Lewe sonder beperkings
Hoe kan sulke arm kinders lag? Hoe kan gevangenes van blydskap
sing? Hulle styg uit bo die omstandighede deur te aanvaar dat sekere
dinge buite hulle beheer is en dat hulle dit nooit sal kan verstaan nie,
en om dan eerder hulle oë te rig op wat hulle kán verstaan en beheer.
Dit is presies wat my ouers gedoen het. Hulle het aanbeweeg deur te
besluit om op God se Woord te vertrou. Die Bybel sê: “Ons weet dat
God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat
volgens sy besluit geroep is” (Rom. 8:28).
’N GELOWIGE FAMILIE
My ma en pa is albei in toegewyde Christenfamilies gebore in dié deel
van die voormalige Joegoslawië wat nou Serwië genoem word. Toe
hulle nog jonk was, het hulle weens die Kommunistiese onderdruk-
king afsonderlik saam met hulle families na Australië geëmigreer.
Hul le ouers was Apostoliese Christene, en hulle geloof het ’n ge we-
tensbe swaar teen die gebruik van wapens ingesluit. Die Kommuniste
het teen hulle gediskrimineer en hulle weens hulle geloof vervolg.
Hulle moes hulle eredienste in die geheim hou. Hulle het fi nansieel
swaargekry omdat hulle geweier het om aan te sluit by die Kommu-
nistiese Party, wat elke faset van hulle lewe beheer het. Toe my pa
nog jonk was, het hy juis om hierdie rede dikwels honger gely.
My grootouers aan albei kante het aangesluit by duisende Serwie se
Christene wat ná die Tweede Wêreldoorlog na Australië geëmi greer
het, asook na die VSA en Kanada. My ouers se onderskeie fami lies
het na Australië gegaan, waar hulle en hulle kinders hulle Christe like
geloof vrylik kon uitleef. Ander lede van hulle families het in daardie
selfde tyd na die VSA en Kanada getrek. Ek het dus baie familie in
daardie lande.
My ouers het mekaar by ’n gemeente in Melbourne ontmoet. My
ma, Dushka, was ’n tweedejaarstudent in verpleegkunde aan die
Royal Children’s Hospital in Victoria. My pa, Boris, het ’n pos in
kan tooradministrasie en kosteberekening beklee. Hy het later ook
’n lekeprediker geword. Toe ek ongeveer sewe jaar oud was, het my
ouers dit begin oorweeg om na die VSA te verhuis omdat hulle gevoel
het hulle sou daar dalk beter toegang kon kry tot nuwe kunsledemate
en mediese sorg om ons te help om my gestremdheid te hanteer.
My oom, Batta Vujicic, het ’n konstruksiemaatskappy en ’n eien-
978-1-77000-994-3.indd 18978-1-77000-994-3.indd 18 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
19As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
domsbestuur-onderneming in Agoura Hills gehad, net 56 kilometer
van Los Angeles af. Batta het altyd vir my pa gesê hy sal vir hom werk
gee as hy net ’n werkpermit kon kry. Daar was ’n groot gemeenskap
Serwiese Christene en verskeie kerke in en rondom Los Angeles, iets
wat vir my ouers baie belangrik was. My pa het uitgevind dat dit ’n
lang en uitgerekte proses sou wees om ’n werkpermit in die hande
te kry. Tog het hy besluit om aansoek te doen. Intussen het ek en my
familie 1 600 kilometer noordwaarts getrek, na Brisbane, Queensland,
waar die klimaat vir my beter was aangesien ek boonop allergieë
saam met al my ander uitdagings moes hanteer.
Ek was byna tien jaar oud en in my vierde jaar op laerskool toe
alles uiteindelik in plek geval vir ons trek na die VSA. My ouers
het gevoel dat ek en my broer, Aaron, en my suster, Michelle – albei
jonger as ek – op ’n goeie ouderdom was om by die Amerikaanse
skoolstelsel in te skakel. Ons het langer as 18 maande in Queensland
gewag vir my pa se werkpermit, wat drie jaar geldig was. In 1994 het
ons uiteindelik getrek.
Ongelukkig het die trek na Kalifornië om verskeie redes nie so goed
uitgewerk nie. Toe ons uit Australië weg is, het ek reeds met graad
ses begin. My nuwe skool in Agoura Hills was oorvol. Hulle kon
my slegs in een van die gevorderde klasse plaas, wat reeds moeilik
genoeg was, maar boonop het die kurrikulums heeltemal verskil. Ek
het altyd akademies goed gevaar, maar ek het gesukkel om by die
groot verandering aan te pas. Weens die verskillende skoolkalenders
was ek letterlik reeds agter met die werk voordat ek nog in Kalifornië
begin skoolgaan het. Ek het gesukkel om al die werk in te haal. In
die skool waar ek was, het die kinders in die hoër grade vir elke vak
klasse gewissel, iets wat ons nie in Australië gedoen het nie. Dit het
my aanpassing nog moeiliker gemaak.
Ons het by my oom Batta, sy vrou, Rita, en hulle ses kinders inge-
trek, wat beteken het die huis was baie beknop, al het hulle ’n groot
huis in Agoura Hills besit. Ons het beplan om so gou moontlik na ons
eie huis te trek, maar die huispryse daar was baie hoër as in Australië.
My pa het by Batta se eiendomsbestuur-onderneming begin werk.
My ma het nie met haar loopbaan as verpleegster voortgegaan nie,
want haar eerste prioriteit was om ons te help om by ons nuwe skole
en omgewing aan te pas. Sy het daarom nie aansoek gedoen om as
gelisensieerde verpleegster in Kalifornië te werk nie.
978-1-77000-994-3.indd 19978-1-77000-994-3.indd 19 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
20 ’n Lewe sonder beperkings
Ná drie maande by die familie het my ouers tot die gevolgtrekking
gekom dat die trek na die VSA eenvoudig nie uitwerk nie. Ek het op
skool gesukkel, en my ouers het gesukkel om vir my mediese dekking
gereël te kry en die algehele hoë koste van die lewe in Kalifornië by te
bring. Hulle was ook bekommerd dat hulle nie permanente verblyfreg
in die VSA sou kon kry nie. ’n Prokureur het my ouers gewaarsku dat
my gesondheidsuitdagings dit vir hulle dalk nog moeiliker sou maak
om verblyfreg te kry omdat daar twyfel sou wees oor hulle vermoë
om die mediese koste en ander uitgawes wat met my gestremdheid te
doen het, te dek. Met so baie faktore wat teen hulle getel het, het my
ouers besluit om ná slegs vier maande in die VSA na Brisbane terug
te trek. Hulle het sowaar ’n huis gevind in dieselfde doodloopstraat
waar ons gewoon het voordat ons getrek het. Ons kinders kon dus
terugkeer na ons ou skole en vriende. My pa het weer by die College
of Technical and Further Education in rekenaarwetenskap en bestuur
gaan klas gee. My ma het haar lewe gewy aan my broer, my suster
en, bowenal, aan my.
’N KIND MET UITDAGINGS
Die afgelope jare was my ouers baie eerlik wanneer hulle hulle vrese
en nagmerries ná my geboorte aan my beskryf het. Toe ek klein was,
het hulle natuurlik nie te kenne gegee dat ek nie die kind van hulle
drome was nie. In die maande ná my geboorte was my ma bang dat
sy nie vir my sou kon sorg nie. My pa kon geen goeie toekoms vir
my sien nie en was bekommerd oor die soort lewe wat ek sou hê. As
ek hulpeloos sou wees en nie waarlik sou kon leef nie, het hy gevoel
dit sou beter wees as ek by God in die hemel was. Hulle het hulle
opsies oorweeg, ook die moontlikheid om my te laat aanneem. My
grootouers aan albei kante het aangebied om my by hulle in te neem
en vir my te sorg. My ouers het nie hulle aanbod aanvaar nie. Hulle
het besluit dit is hulle verantwoordelikheid om my na hulle beste
vermoë groot te maak.
Natuurlik het hulle gerou oor my, maar daarna het hulle opge staan
en hulle liggaamlik gestremde seun so “normaal” moontlik be gin
groot maak. My ouers het ’n sterk geloof, en hulle kon nie ophou dink
dat God ’n rede moes hê om vir hulle ’n seun soos ek te gee nie.
Sommige wonde genees vinniger as jy aangaan met die lewe.
978-1-77000-994-3.indd 20978-1-77000-994-3.indd 20 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
21As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
Die selfde geld vir terugslae in die lewe. Dalk verloor jy jou werk. ’n
Verhouding werk miskien nie uit nie. Of dalk stapel die rekeninge op.
Moenie jou lewe tot stilstand bring sodat jy kan tob oor die onregver-
digheid van die swaarkry en seerkry in jou verlede nie. Kyk eerder
vorentoe en soek na maniere om aan te gaan met jou lewe. Dalk wag
daar vir jou ’n beter werk wat meer vervullend en bevredigend sal
wees. Jou verhouding het dalk net nuwe vuur nodig, of miskien is
daar iewers iemand beter vir jou. Dalk sal jou fi nansiële uitdagings
jou inspireer om nuwe en vindingryke maniere te vind om te spaar
en só meer geld te hê.
Jy kan nie altyd beheer wat met jou gebeur nie. Daar is sommige
gebeurtenisse in die lewe wat nie jou skuld is nie en nie binne jou
mag lê om te verhoed nie. Die keuses wat jy het, is om óf moed op
te gee óf aan te hou streef na ’n beter lewe. My raad aan jou is dat jy
moet onthou alles gebeur met ’n rede en dat daar op die ou end iets
goeds daaruit sal voortspruit.
As jong kind het ek eenvoudig aangeneem ek was ’n perfekte,
dierbare baba, van nature innemend en beminlik soos enigiemand
anders op aarde. Die feit dat ek in daardie stadium salig onbewus
was van my gestremdheid was eintlik ’n seën. Ek het nie geweet ek
was anders of dat daar vele uitdagings vir my voorgelê het nie. Jy
sien, ek dink nie ons word meer gegee as wat ons kan hanteer nie.
Ek belowe jou, vir elke onvermoë wat jy het, is jy geseën met genoeg
vermoëns om jou uitdagings te oorkom.
God het my toegerus met ’n ongeloofl ike hoeveelheid deursettings-
vermoë en nog baie ander gawes. Ek het gou bewys dat ek, hoewel
sonder arms en bene, nogal atleties is en baie goeie koördinasie het. Ek
het net ’n lyfi e gehad, maar ek was ’n regte seuntjie – ’n rondrollende
waaghals. Ek het myself geleer om regop te kom deur my voorkop
teen ’n muur te stut en my lyf regop op te wurm. My ma en pa het
lank met my gewerk om my ’n gemakliker metode te help bemeester,
maar ek het altyd daarop aangedring om my eie manier te vind.
My ma het my probeer help deur kussings op die vloer neer te sit
sodat ek hulle kon gebruik om myself teen te stut en dan regop te kom,
maar om die een of ander rede het ek besluit dit is soveel beter om
my voorkop teen die muur vas te druk en sentimeter vir sentimeter
regop te wurm. Om dinge op mý manier te doen, selfs al was dit die
moeilike manier, het my kenmerkende eienskap geword.
978-1-77000-994-3.indd 21978-1-77000-994-3.indd 21 2011/02/21 03:51:13 PM2011/02/21 03:51:13 PM
22 ’n Lewe sonder beperkings
In daardie vroeë dae was my enigste opsie om my kop te gebruik,
’n feit wat natuurlik my verstommende intellek laat ontwikkel het
(net ’n grappie!), maar ook vir my die nek van ’n Brahmaanbul en
’n voorkop so hard soos ’n koeël gegee het. My ouers was natuurlik
die hele tyd oor my bekommerd. Ouerskap is ’n skokkende erva-
ring, selfs wanneer ’n baba al sy of haar ledemate het. Nuwe ma’s
en pa’s spot dikwels deur te sê hulle wens hulle het ’n handleiding
saam met hulle eerste baba gekry. Daar was nie eens in dr. Spock se
boek ’n hoofstuk oor babas soos ek nie. En tog het ek hardnekkig al
hoe gesonder en dapperder geword. Ek het die peuterdrifbuie begin
nader, en daarmee saam vir my ouers meer potensiële nagmerries
veroorsaak as wat ’n agtling sou kon.
Hoe sal hy ooit self kan eet? Sal hy kan skool toe gaan? Wie sal vir hom sorg as ons iets sou oorkom? Hoe sal hy ooit onafhanklik kan leef?
Ons menslike redenasievermoë kan ’n seën én ’n straf wees. Soos
my ouers, was jy waarskynlik ook al ontsteld en bekommerd oor die
toekoms. Dié dinge wat jy vrees, is egter dikwels glad nie so ’n groot
probleem soos jy gedink het dit sou wees nie. Daar is niks daarmee
verkeerd om vooruit te dink en vir die toekoms te beplan nie, maar
jy moet ook weet dat jou ergste vrese dalk net jou grootste verrassing
kan word. Die lewe werk dikwels ten goede uit.
Een van die grootste verrassings in my kinderjare was die beheer
wat ek oor my linkervoet gehad het. Ek het dit instinktief gebruik om
myself rond te rol, om iets te skop of te stamp en myself te stut. My
ouers en die dokters het gevoel dat dié handige voetjie dalk vir my
van nog groter nut kon wees. Daar was twee tone aan my voet, maar
hulle was aan mekaar vas toe ek gebore is. My ouers en die dokters
het besluit ’n operasie om dié twee tone te skei, sou my dalk in staat
stel om hulle te gebruik om ’n pen vas te hou, ’n bladsy om te blaai
of ander dinge te doen.
Ons het in daardie stadium in Melbourne, Australië, gewoon, waar
ek van die beste mediese sorg in die land ontvang het. Ek het egter
uitdagings gehad wat nie deur die opleiding van die meeste gesond-
heidsorgwerkers gedek is nie. Terwyl die dokters besig was om my vir
die operasie aan my voet voor te berei, het my ma sonder ophou vir
hulle gesê dat ek die meeste van die tyd ’n hoë liggaamstemperatuur
het en dat hulle veral aandag sal moet gee aan die moontlikheid dat
my lyf kan oorverhit. Sy het geweet van ’n ander kind sonder arms en
978-1-77000-994-3.indd 22978-1-77000-994-3.indd 22 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
23As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
bene wie se liggaamstemperatuur tydens ’n operasie te hoog gestyg
het. Hy het breinskade opgedoen omdat hy stuipe gekry het.
My neiging om myself so te braai het tot ’n spreekwoord in ons
familie gelei: “As Nicky koud kry, vries die eende seker al.” Tog is dit
heeltemal waar dat as ek te veel oefen, te gespanne is of te lank on-
der warm ligte is, my liggaamstemperatuur gevaarlik hoog styg. Ek
moet dus altyd van my liggaamstemperatuur bewus bly en daarteen
waak dat dit te hoog styg.
“Monitor asseblief sy liggaamstemperatuur baie noukeurig,” het
my ma vir die teaterspan gesê. Selfs al het die dokters geweet my
ma is ’n verpleegster, het hulle haar raad nie ernstig opgeneem nie.
Hulle het my tone suksesvol geskei, maar dit waarteen my ma hulle
gewaarsku het, het gebeur. Ek het sopnat uit die teater gekom omdat
hulle geen voorsorgmaatreëls getref het om te keer dat my liggaam
oorverhit nie. Toe hulle uiteindelik besef dat my liggaamstempera-
tuur buite be heer is, het hulle my met nat lakens probeer afkoel en
houers met ys op my gepak om te keer dat ek stuipe kry.
My ma was woedend. Ek glo die dokters het daardie dag die toorn
van Dushka beleef!
Maar toe ek eers (heel letterlik) afgekoel het, het my lewensgehalte
grootliks verbeter weens my tone wat skielik vry was. Hulle het nie
heeltemal gewerk soos die dokters gehoop het hulle sou nie, maar
ek het daarby aangepas. Dit is verstommend wat ’n voetjie en twee
tone vir ’n outjie sonder arms en bene kan doen. Daardie operasie
en nuwe tegnologieë het my vrygemaak deur vir my die vermoë te
gee om ’n spesiaal ontwerpte elektroniese rolstoel te beheer, asook
’n rekenaar en ’n selfoon.
_______
Ek weet nie presies wat jou las is nie, en ek gee ook nie voor dat ek al
deur ’n soortgelyke krisis is nie, maar kyk net na wat my ouers moes
deurmaak toe ek gebore is. Stel jou voor hoe hulle gevoel het. Dink
net hoe uitsigloos die toekoms vir hulle moes gelyk het.
Jy sien dalk nie op hierdie oomblik ’n helder lig aan die einde van
jou donker tonnel nie, maar onthou dat my ouers hulle nie kon in-
dink in die wonderlike lewe wat ek eendag sou hê nie. Hulle het geen
idee gehad dat hulle seun selfversorgend en ten volle toegewy aan sy
978-1-77000-994-3.indd 23978-1-77000-994-3.indd 23 2011/02/21 03:51:13 PM2011/02/21 03:51:13 PM
24 ’n Lewe sonder beperkings
beroep sou wees of vir hom opwindende doelwitte sou stel nie.
Die meeste van my ouers se ergste vrese het nooit waar geword
nie. Om my groot te maak, was beslis nie maklik nie, maar ek dink
hulle sal vandag vir jou sê dat ons, ten spyte van al die uitdagings,
baie gelag en baie vreugdevolle oomblikke beleef het. As ek alles in
ag neem, was my kinderjare eintlik ongeloofl ik normaal. Ek het dit
geniet om my broer en suster, Aaron en Michelle, te treiter, net soos
alle ander oudste broers.
Die lewe skop jou dalk nou ’n bietjie rond. Jy wonder miskien of
dinge later beter sal word. Ek sê vir jou dat jy nie eens kan droom
oor die goeie dinge wat op jou wag as jy net sal weier om moed op
te gee nie. Bly fokus op jou drome. Doen wat dit ook al van jou verg
om in die wedloop te bly. Jy het die mag om jou omstandighede te
verander. Streef na wat jy ook al begeer.
My lewe is ’n avontuur wat nog besig is om geskryf te word – jou -
ne ook. Begin skryf nou aan die eerste hoofstuk. Vul dit met avontuur
en liefde en geluk. Lééf jou storie terwyl jy dit skryf!
DIE SOEKE NA BETEKENIS
Ek moet erken dat ek baie lank glad nie geglo het ek het enige mag oor
hoe my lewenstorie sal verloop nie. Ek het gesukkel om te verstaan
watter verskil ek sou kon maak in die wêreld of watter pad ek moes
kies. Terwyl ek grootgeword het, was ek oortuig dat daar niks goeds
in my stomp lyfi e was nie. Ja, natuurlik is ek nooit van die etenstafel
af weggestuur omdat ek nie my hande gewas het nie, en ja, ek ken nie
die pyn van ’n toon wat gestamp is nie, maar hierdie paar voordele
kon my nie juis troos nie.
My broer en suster en my verspotte niggies en nefi es het my egter
nooit toegelaat om jammer te voel vir myself nie. Hulle het my nooit
opgepiep nie. Hulle het my aanvaar vir wie ek is, en tog het hulle my
sterk gemaak deur my te terg en poetse op my te bak so dat ek humor
in my lewe kon hê in plaas van bitterheid oor my om standighede.
“Kyk na daardie kind in die rolstoel! Hy lyk soos ’n alien!” het my
nefi es en niggies soms in die winkelsentrum ge skree en na my gewys.
Ons almal het histeries gelag vir die reaksies van die vreemdelinge
wat geen idee gehad het dat die kinders wat so met die gestremde
seun spot eintlik sy sterkste bondgenote was nie.
978-1-77000-994-3.indd 24978-1-77000-994-3.indd 24 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
25As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek watter kragtige gawe dit is
om so liefgehê te word. Selfs wanneer jy alleen voel, moet jy weet daar
is mense wat jou liefhet. Besef ook dat God jou uit liefde geskep het.
Daarom is jy nooit alleen nie. Sy liefde vir jou is onvoorwaardelik. Hy
is nie lief vir jou ás jy … nie. Hy is áltyd lief vir jou. Herinner jouself
hieraan wanneer die eensaamheid en wanhoop oor jou spoel. Onthou,
dit is maar net gevoelens. Gevoelens is nie werklik nie, maar God se
liefde is so werklik dat Hy jou geskep het om dit te bewys.
Dit is belangrik om sy liefde in jou hart te hou, want daar sal
tye kom dat jy kwesbaar voel. My groot familie kon nie altyd daar
wees om my te beskerm nie. Toe ek eers skool toe is, kon ek nie die
waarheid ontken dat ek anders as al die ander kinders was nie. My
pa het my verseker dat God nie foute maak nie, maar soms kon ek
eenvoudig nie die gevoel afgeskud kry dat ek die uitsondering op
daardie reël was nie.
“Hoekom kon U my nie net een arm gegee het nie?” het ek vir God
gevra. “Dink net wat ek met een arm sou kon doen!”
Ek is seker jy het al soortgelyke oomblikke beleef, oomblikke toe jy
gebid of eenvoudig gewens het vir ’n dramatiese verandering in jou
lewe. Daar is geen rede om paniekerig te raak as jou wonderwerk nie
gebeur of as jou wens nie op daardie oomblik waar word nie. Ont hou,
God help dié wat hulleself help. Dit is steeds jou verantwoordelik-
heid om met jou talente en jou drome in die wêreld rondom jou aan
te hou streef na jou hoogste doelwit.
Vir lank het ek geglo dat as my lyf net meer “normaal” was, my
le we soveel makliker sou gewees het. Wat ek nie besef het nie, was
dat ek nie normaal hoef te wees nie – ek moet maar net ek wees, my
pa se kind wat God se plan uitleef. Aanvanklik was ek nie bereid om
te erken dat wat regtig fout was met my nie my lyf was nie, maar die
beperkings wat ek aan myself gestel het en my beperkte uitsig op die
moontlikhede wat my lewe inhou.
As jy nie is waar jy wil wees nie of nog nie bereik het wat jy gehoop
het om te bereik nie, lê die rede waarskynlik nie rondom jou nie, maar
binne-in jou. Aanvaar verantwoordelikheid, en tree dan daadwerklik
op. Heel eerste moet jy in jouself en jou waarde as mens glo. Jy kan
nie wag vir ander om jou wegkruipplek te ontdek nie. Jy kan nie wag
vir daardie wonderwerk of “net die regte geleentheid” nie. Jy moet
jouself sien as die lepel en die wêreld as die pot bredie. Roer dit!
978-1-77000-994-3.indd 25978-1-77000-994-3.indd 25 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
26 ’n Lewe sonder beperkings
As seun het ek baie aande vir arms en bene gebid. Ek het huilend
aan die slaap geraak en gedroom dat ek wakker word en ontdek my
arms en bene het wonderbaarlik verskyn. Natuurlik het dit nooit
gebeur nie. Ek kon myself nie aanvaar nie; daarom het ek altyd die
volgende dag skool toe gegaan en gevind dat dit ook moeilik is om
aanvaarding by ander te vind.
Soos die meeste kinders, was ek kwesbaar (eintlik meer kwesbaar)
in my vroeë adolessensie, daardie tyd wanneer almal probeer uitpluis
waar hulle inpas, wie hulle is en wat die toekoms inhou. Dié wat my
seergemaak het, was dikwels nie doelbewus wreed nie; hulle was net
tipiese eerlike kinders.
“Hoekom het jy nie arms en bene nie?” het hulle dikwels gevra.
Net soos al my klasmaats, het ek begeer om in te pas. Op goeie
dae het ek goedkeuring gewen deur my spitsvondigheid, deur my
be reidheid om met myself te spot en deur my lyf op die speelgrond
rond te gooi. Op my slegste dae het ek agter die struike of in leë
klaskamers weggekruip om te keer dat ek seerkry of gespot word.
Deel van die probleem was dat ek meer tyd saam met volwassenes
en ouer niggies en nefi es deurgebring het as met kinders van my
ouderdom. Ek het ’n meer volwasse uitkyk op die lewe gehad, en my
ernstige gedagtes het my soms na donker plekke geneem.
’n Meisie sal nooit vir my kan lief raak nie. Ek het nie eens arms om ’n meisie mee vas te hou nie. As ek kinders het, sal ek hulle ook nie kan vashou nie. Watter soort werk sal ek kan doen? Wie sal my aanstel? In die meeste gevalle sal hulle nog iemand moet aanstel net om my te help doen wat ek moet doen. Wie sal ooit een mens aanstel, maar twee betaal?
My uitdagings was meestal liggaamlik, maar dit het my duidelik
ook emosioneel geraak. Op ’n jong ouderdom het ek deur ’n tyd van
vreesaanjaende depressie gegaan. Tot my verbasing – en ek is dank-
baar hieroor – het ek egter, namate ek adolessensie genader het, ge lei-
de lik aanvaarding gevind, eers van myself en toe van ander.
Almal gaan deur ’n tyd wanneer hulle uitgesluit, vreemd of onbe-
mind voel. Ons almal het dinge waaroor ons onseker voel. Die meeste
kinders is bang hulle sal gespot word omdat hulle neus te groot of
hulle hare te krullerig is. Volwassenes is bang hulle sal nie die reke-
ninge kan betaal of aan verwagtings voldoen nie.
Jy sal beslis oomblikke van twyfel en vrees in jou lewe ervaar.
Ons almal beleef dit. Om terneergedruk te voel, is normaal; dit is ’n
978-1-77000-994-3.indd 26978-1-77000-994-3.indd 26 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
27As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
natuurlike deel van ons menswees. Sulke gevoelens is net gevaarlik
as jy negatiewe gedagtes toelaat om in jou kop te bly maal of hulle
toelaat om jou lewe oor te neem.
Wanneer jy glo jy het seëninge ontvang – gawes, kennis, liefde – wat
jy met ander mense kan deel, begin jy met die reis na selfaanvaarding,
selfs al is dit nog nie vir jou duidelik wat jou gawes is nie. As jy eers
met hierdie reis begin, sal ander jou vind en saam met jou stap.
EK BEGIN MY STORIE VERTEL
Ek het die pad na my lewensdoel gevind terwyl ek na my klasmaats
probeer uitreik het. Was jy al ooit die nuwe kind wat in die hoek gesit
en pouse alleen jou kos geëet het? Dan is ek seker jy sal verstaan dat
om die nuwe kind in die hoek in ’n rolstoel te wees baie moeiliker
is. Ons trek van Melbourne na Brisbane, toe na die VSA en terug na
Brisbane, Australië, het my gedwing om aanpassings te maak wat
my uitdagings laat toeneem het.
My nuwe klasmaats het dikwels aangeneem dat ek verstandelik
sowel as liggaamlik gestrem was. Hulle het gewoonlik op ’n afstand
gebly tensy ek die moed bymekaargeskraap het om met hulle te begin
gesels. Hoe meer dikwels ek dit gedoen het, hoe meer het hulle begin
aanvaar dat ek nie uit die buitenste ruim gekom en in hulle midde
neergedaal het nie.
Jy sien, soms verwag God van jou om met die moeilike werk te
help. Jy kan wens. Jy kan droom. Jy kan hoop. Maar jy moet ook iets
daadwerkliks omtrent jou wense, jou drome en jou hoop doen. Jy
moet verder beweeg as waar jy nou is om te kom waar jy wil wees. Ek
wou hê die kinders in my skool moes weet dat ek aan die binnekant
net soos hulle is, maar ek moes my gemaksone verlaat om dit te kon
regkry. Om op hierdie manier na hulle uit te reik, het ongeloofl ike
be lonings ingehou.
Die feit dat ek met my klasmaats gesels het oor hoe om in ’n
wêreld sonder arms en bene te oorleef, het gelei tot talle uitnodigings
om met groepe studente, kerkjeuggroepe en ander organisasies vir
jongmense te praat. Daar is ’n wonderlike waarheid wat die kern van
ons lewe vorm. Ek vind dit ongeloofl ik vreemd dat skole dit nie vir
hulle leerders leer nie. Hierdie kernwaarheid is: Ons elkeen het ’n
gawe – ’n talent, ’n vermoë, ’n vaardigheid, ’n aanleg – wat vir ons
978-1-77000-994-3.indd 27978-1-77000-994-3.indd 27 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
28 ’n Lewe sonder beperkings
vreugde bring en wat ons aandag vasvang, en die pad na ons ware
geluk lê dikwels in daardie gawe.
As jy steeds soekend is en steeds probeer uitpluis waar jy inpas
en wat vir jou vervulling bring, stel ek voor jy doen ’n selfevalue-
ringstoets. Gaan sit met ’n pen en papier of by ’n rekenaar en maak
’n lys van jou gunsteling aktiwiteite. Wat boei jou? Wat kan jy ure
lank doen terwyl jy heeltemal tred met die tyd verloor, en dit dan
steeds weer en weer wil doen? Wat sien ander mense in jou? Gee
hulle vir jou komplimente wanneer jy iets reël of bewonder hulle
jou analitiese vaardighede? As jy nie regtig seker is wat ander mense
in jou sien nie, vra jou familie en vriende wat hulle dink jy die heel
beste kan doen.
Dit alles is leidrade na jou lewenspad, ’n pad wat in jou verskuil
lê. Ons almal kom naak en vol belofte in hierdie wêreld in. Ons kom
verpak met geskenke wat wag om oopgemaak te word. Wanneer jy
iets vind wat jou aandag so ten volle in beslag neem dat jy dit sonder
betaling elke dag die hele dag lank sal doen, is jy op die regte pad.
Wanneer jy boonop vind iemand is bereid om jou te betaal om dit te
doen, het jy ’n beroep.
Aanvanklik was my informele gesprekke met ander jongmense
’n manier om na hulle uit te reik, om te wys dat ek net soos hulle is.
Ek was na binne gerig, dankbaar vir die geleentheid om my wêreld
te deel en bande met ander te vorm. Ek het geweet wat hierdie ge-
sprekke vir my beteken het, maar dit het my ’n hele ruk gekos om te
besef dat wat ek te sê het ook op ander ’n impak kan maak.
VIND ’N PAD
Eendag het ek met ’n groep van ongeveer 300 tieners gepraat, waar-
skynlik die grootste groep met wie ek nog ooit gepraat het. Ek was
besig om my gevoelens en my geloof met hulle te deel toe iets won-
derliks gebeur. In die verlede het leerders of onderwysers se trane nou
en dan begin loop terwyl ek vir hulle vertel het van die uitdagings
wat ek moes oorkom, maar op daardie spesifi eke dag het ’n meisie
in die gehoor onbedaarlik begin huil. Ek was nie seker wat gebeur
het nie. Het ek dalk ’n aaklige herinnering in haar laat ontwaak? het ek
ge wonder. Ek was verstom toe sy die moed bymekaargeskraap het
om haar hand op te steek om iets te kan sê, ten spyte van haar hart-
978-1-77000-994-3.indd 28978-1-77000-994-3.indd 28 2011/02/21 03:51:13 PM2011/02/21 03:51:13 PM
29As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
seer en trane. Dapper het sy gevra of sy vorentoe kon kom en my ’n
drukkie kon gee. Sjoe! Ek was sprakeloos.
Ek het haar vorentoe genooi, en sy het haar trane afgevee terwyl sy
deur die vertrek tot voor gestap het. Sy het my styf teen haar vasge druk.
Dit was een van die heel beste drukkies van my lewe! Teen daardie
tyd was daar trane in die oë van byna almal in die vertrek. Ook in
my ne. Maar ek het alle beheer verloor toe sy in my oor fl uister:
“Niemand het nog ooit vir my gesê ek is mooi net soos ek is nie.
Niemand het nog ooit vir my gesê hulle is lief vir my nie,” het sy
erken. “Jy het my lewe verander, en jy is ’n pragtige mens.”
Tot in daardie stadium het ek my waarde as mens steeds voortdu-
rend bevraagteken. Ek het aan myself gedink as iemand wat eenvoudig
hier en daar met mense praat as ’n manier om uit te reik na ander
jongmense. Eerstens het sy my “pragtig” genoem (wat nie seerge-
maak het nie), maar bowenal het sy vir my daardie eerste ware insig
gegee dat wat ek te sê het ander mense kan help. Hierdie meisie het
my perspektief verander. Dalk het ek tog ’n bydrae om te lewer, het ek
gedink.
Ervarings soos hierdie het my help besef dat om “anders” te wees
my juis kan help om iets spesiaals in hierdie wêreld te doen. Ek het
gevind dat mense bereid is om na my te luister omdat hulle maar net
na my hoef te kyk om te besef dat ek vele uitdagings moet hanteer en
oorkom. Ek is geloofwaardig. Mense voel instinktief aan dat ek iets
wil sê wat hulle sal kan help om hulle eie probleme te hanteer.
God het my gebruik om mense in ontelbaar baie skole, kerke,
tron ke, kinderhuise, hospitale, stadions en bymekaarkomplekke te
bereik. Meer nog, ek het duisende mense van aangesig tot aangesig
ontmoet en só die voorreg gehad om vir hulle te sê hoe kosbaar hulle
is. Dit is vir my ’n vreugde om hulle te verseker dat God ’n plan vir
hulle lewe het. God het my ongewone liggaam geneem en in my
die vermoë geplaas om mense te bemoedig, net soos Hy ons in die
Bybel bemoedig: “Ek weet wat Ek vir julle beplan: voorspoed en nie
teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!” (Jer.
29:11).
LÁÁT DIT GEBEUR
Die lewe kan wreed lyk. Daar is geen twyfel daaraan nie. Soms stapel
978-1-77000-994-3.indd 29978-1-77000-994-3.indd 29 2011/02/21 03:51:13 PM2011/02/21 03:51:13 PM
30 ’n Lewe sonder beperkings
die slegte dinge eenvoudig al hoe hoër op en jy kan geen uitkoms
sien nie. Jy hou dalk nie van hierdie woorde nie, maar miskien is jy
op hierdie oomblik steeds nie oortuig dat iets goeds met jou kan ge-
beur nie.
Feit is, as sterfl ike mense het ek en jy beperkte uitsig. Ons kan
onmoontlik sien wat vir ons voorlê. Dit is sowel die slegte as die
goeie nuus.
Ek wil jou aanmoedig deur vir jou te sê wat vir jou voorlê, kan
baie beter wees as enigiets wat jy gedink het ooit moontlik sal wees.
Maar jy moet jou moedeloosheid oorkom, opstaan en daadwerklik
optree.
Of jou lewe nou goed is en jy dit nog beter wil maak, en of dit so
sleg met jou gaan dat jy net in die bed wil bly lê, feit is: Wat van hierdie
oomblik af gebeur, hang net van jou en jou Skepper af.
Dit is waar dat jy nie alles kan beheer nie. Gans te dikwels gebeur
daar slegte dinge met mense, ongeag hoe goed hulle is. Dit is dalk
nie regverdig dat jou lewe swaar is nie, maar as dit jou werklikheid
is, moet jy werk met wat jy het.
Jy sal dalk struikel. Ander kan aan jou twyfel. Toe ek besluit het om
openbare optrede as ’n beroep te kies, het selfs my ouers my besluit
bevraagteken.
“Dink jy nie jy sal beter vaar as ’n rekenmeester met jou eie on der-
neming nie? Dit sal meer gepas wees vir jou omstandighede en vir
jou ’n beter toekoms verseker,” het my pa gesê.
Ja, vanuit vele perspektiewe sou die beroep van rekenmeester
waarskynlik vir my meer sin gemaak het, want ek het ’n aanleg vir
syfers. Maar van ’n vroeë ouderdom af het ek hierdie oorweldigende
passie gehad om my geloof en my hoop op ’n beter lewe met ander
mense te deel. Wanneer jy jou ware doelwit vind, volg die hartstog
vanself. Jy sal heelhartig begin leef om jou doel te bereik.
As jy steeds op soek is na jou pad in hierdie lewe, weet net daar is
niks fout as jy effens gefrustreerd voel nie. Dit is ’n marathon hierdie,
nie ’n kortafstand-wedloop nie. Jou verlange na meer sin en beteke nis
is ’n teken dat jy groei, oor grense heen beweeg en jou talente ont wik-
kel. Dit is goed en gesond om nou en dan te kyk na waar jy is en vas
te stel of jou optrede en prioriteite jou hoogste doelwit dien.
978-1-77000-994-3.indd 30978-1-77000-994-3.indd 30 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
31As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
’N LIG OP DIE PAD
Toe ek 15 was, het ek my saak met God reggemaak. Ek het Hom
gevra om my te vergewe en my te lei. Ek het Hom gevra om vir my
’n lig op my pad na my lewensdoel te gee. Nadat ek vier jaar later
gedoop is, het ek met ander mense oor my geloof begin praat en da-
delik geweet ek het my roeping gevind. My beroep as ’n spreker en
evangelis het in ’n wêreldwye bediening ontwikkel. En net ’n paar
jaar gelede het daar eendag, heeltemal onverwags, iets gebeur wat
my gemoed selfs nog hoër gelig en aan my bevestig het dat ek die
regte pad gekies het.
Toe ek op daardie Sondagoggend met my rystoel by ’n kerk in
Kalifornië ingery het om met die gemeente te praat, het niks vir my
buitengewoon gelyk nie. Anders as al my ander spreekgeleenthede
in die uithoeke van die wêreld, was ek hierdie keer naby aan die
huis. Die Knott Avenue Christian Church in Anaheim is net ’n entjie
van my huis af.
Toe ek met my rolstoel daar ingaan, het die koor hulle eerste lied
gesing en die diens daarmee begin. Ek het op ’n bankie voor in die
kerk gaan sit terwyl die gemeentelede die groot kerkgebou begin vul
het. Ek het my geestelik op my boodskap begin voorberei. Dit sou
die eerste keer wees dat ek met die mense by Knott Avenue praat,
en ek het nie verwag dat hulle veel van my sou weet nie. Ek was dus
heel verbaas toe ek iemand bo die singende stemme hoor uitroep:
“Nick! Nick!”
Ek het nie die stem herken nie, en ek was nie eens seker dat ek
die “Nick” was na wie die persoon so geroep het nie. Maar toe ek
om draai, het ek ’n bejaarde man vir my sien waai.
“Nick! Hier is ek!” het hy weer geroep.
Toe hy eers my aandag gehad het, het hy na ’n jonger man langs
hom gewys. Die jong man het daar in die stampvol kerkgebou met ’n
kind in sy arms gestaan. Daar was so baie mense dat ek eers net die
kind se blink oë, sy bruin hare en ’n haasbek-glimlag kon sien.
Maar toe hou die man die seuntjie hoër op, bokant die skare uit,
sodat ek hom duideliker kon sien. Die prentjie voor my het ’n vlaag
gevoelens deur my gestuur wat so intens was dat (as ek knieë gehad
het) my knieë wou knak.
Daardie blinkoogkind was net soos ek. Sonder arms. Sonder bene.
978-1-77000-994-3.indd 31978-1-77000-994-3.indd 31 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
32 ’n Lewe sonder beperkings
Hy het selfs ’n linkervoetjie soos ek gehad. Al was hy net negentien
maande oud, was hy presies soos ek. Ek het verstaan hoekom die twee
mans so gretig was dat ek die kind moes sien. Ek het later uitgevind
dat hierdie seuntjie se naam Daniel Martinez is, die seun van Chris
en Patty.
Ek was veronderstel om my praatjie voor te berei, maar om klein
Daniel te sien – om myself in daardie kind te sien – het so ’n geweldige
maalkolk van emosies in my ontketen dat ek nie helder kon dink nie.
Eers het ek deernis met hom en sy familie gehad, maar toe het skerp
herinneringe en angstige, pynlike emosies deur my geskiet. Ek het
onthou hoe ek op daardie ouderdom gevoel het, en ek het besef dat
Daniel deur presies dieselfde ervarings gaan.
Ek weet hoe hy voel, het ek gedink. Ek is reeds deur alles wat hy nog moet trotseer. Toe ek daardie dag na Daniel gekyk het, het ek ’n ongeloofl ike
band en ’n oorweldigende deernis met hom ervaar. Die ou gevoelens
van onsekerheid, frustrasie en eensaamheid het oor my gespoel en
die suurstof uit my longe gepers. Dit het vir my gevoel of ek onder
verhoogligte staan en bak. Ek was lighoofdig. Dit was nie regtig ’n
angsaanval nie; die beeld van hierdie seuntjie voor my het bloot die
seuntjie in my aangeraak.
Skielik het ek ’n openbaring gehad wat ’n gevoel van kalmte deur
my laat vloei het. Terwyl ek grootgeword het, het ek niemand gehad wat my situasie gedeel het en wat my kon lei nie, maar nou het Daniel iemand. Ek kan hom help. My ouers kan sy ouers help. Hy hoef nie deur te maak wat ek moes deurmaak nie. Dalk kan ek hom in ’n mate die pyn spaar wat ek moes verduur. Daardie dag het ek duidelik besef dat, hoe moeilik
’n lewe sonder arms en bene ook al is, my lewe steeds baie waarde
het wat ek met ander kan deel. Niks wat my ontbreek, sal my kan
keer om ’n verskil in die wêreld te maak nie. My vreugde sal wees
om ander mense te bemoedig en te inspireer. Selfs al kon ek dan nie
hierdie planeet so radikaal verander soos ek graag sou wou nie, het
ek met sekerheid geweet my lewe was nie tevergeefs nie. Ek was en is
vasbeslote om ’n bydrae te lewer. Jy moet glo in jou krag om presies
dieselfde te kan doen.
’n Lewe sonder betekenis het geen hoop nie. ’n Lewe sonder hoop
het geen geloof nie. As jy ’n manier vind om ’n bydrae te lewer, sal
jy jou sin vind, en hoop en geloof sal van nature daaruit voortvloei
en saam met jou die toekoms ingaan.
978-1-77000-994-3.indd 32978-1-77000-994-3.indd 32 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
33As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
My besoek aan die Knott Avenue Church was veronderstel om
an der mense te inspireer en te bemoedig. Al het dit my aanvanklik
van koers af gegooi om ’n seuntjie so baie soos ek bokant die skare
uitgelig te sien, was Daniel ’n kragtige bevestiging van die verskil
wat ek in die lewe van baie mense kan maak, veral in die lewe van
dié wat groot uitdagings moet oorkom, soos Daniel en sy ouers.
Hierdie ontmoeting het my so diep getref dat ek eenvoudig met
die gemeente moes deel wat ek gesien en ervaar het. Ek nooi toe Da-
niel se ouers om hom vorentoe te bring.
“Daar is geen toeval in die lewe nie,” het ek gesê. “Elke asemteug,
elke tree is deur God bestem. Dit is geen toeval dat hier vandag nog
’n seun sonder arms en bene in hierdie gebou is nie.”
Terwyl ek hierdie woorde gesê het, het Daniel stralend geglimlag
en almal in die kerkgebou betower. Die gemeente het stil geraak toe
Daniel se pa hom langs my regop gehou het. Toe hulle ons so saam
sien staan, ’n jong man en ’n baba wat dieselfde uitdagings moet
trot seer, maar wat stralend vir mekaar glimlag, het mense daar in
die banke begin huil.
Ek huil nie maklik nie, maar toe almal rondom my ’n stortvloed
van trane laat vloei, kon ek nie help om meegesleur te word nie. Ek
onthou dat ek daardie aand by die huis nie ’n enkele woord gesê
het nie. Ek het aanhou dink aan daardie kind. Ek het besef hy sou
voel presies soos ek op daardie ouderdom gevoel het. Ek het ook
gedink aan hoe sy bewussyn van sy andersheid sou toeneem elke
keer wanneer hy die wreedheid en verwerping sou teëkom wat ook
ek moes ervaar. Ek was hartseer daaroor, en oor die swaarkry wat hy
waarskynlik sou moes deurstaan. Maar ek het moed geskep omdat
ek besef het ek en my ouers sou sy las ligter kon maak en selfs hoop
in sy hart kon aansteek. Ek kon nie wag om my ouers van hom te
vertel nie, want ek het geweet hulle sou graag hierdie seuntjie wou
ontmoet. Hulle sou vir hom en sy ouers hoop wou gee. My pa en ma
is deur soveel en hulle het niemand gehad wat hulle daardeur kon
lei nie. Ek het geweet hulle sou dankbaar wees vir die geleentheid
om hierdie familie te help.
’N OOMBLIK VOL BETEKENIS
Dit was ’n onwerklike oomblik vir my. Ek was sprakeloos (iets wat
978-1-77000-994-3.indd 33978-1-77000-994-3.indd 33 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
34 ’n Lewe sonder beperkings
selde gebeur), maar toe Daniel na my toe opkyk, het my hart eenvou-
dig gesmelt. Ek het steeds aan myself as ’n kind gedink, en omdat ek
nog nooit iemand anders soos ek gesien het nie, wou ek so graag weet
ek is nie alleen nie; ek is nie anders as enige ander persoon op die
planeet nie. Ek het altyd gevoel niemand verstaan werklik waardeur
ek gaan of begryp my pyn en my eensaamheid nie.
Wanneer ek aan my kinderjare terugdink, word ek getref deur al
die pyn waardeur ek moes gaan net omdat ek bewus was van hoe
anders ek is. Wanneer ander my gespot of vermy het, het dit my pyn
net laat toeneem. Maar in vergelyking met die oneindige genade en
heerlikheid en krag van God wat ek ervaar het omdat ek daardie
oomblik met Daniel kon deel, was my pyn skielik onbenullig.
Ek wens my gestremdheid niemand toe nie. Ek was dus baie hart-
seer vir Daniel. Tog het ek geweet God het hierdie kind oor my pad
gebring sodat ek sy las ligter kon maak. Dit was asof God vir my
ge knipoog en gesê het: Sien jy, Ek hét ’n plan vir jou.
SKEP MOED
Natuurlik het ek nie al die antwoorde nie. Ek weet nie watter spesi-
fi eke pyn of uitdagings jy nou moet hanteer nie. Ek het in hierdie
wêreld ingekom met ’n liggaamlike gebrek, maar ek het nog nooit
die pyn van mishandeling of verwaarlosing ervaar nie. Dit was nog
nooit vir my nodig om die hartseer van ’n gebroke huis te hanteer
nie. Ek het nog nooit ’n ouer of ’n broer of ’n suster verloor nie. Daar
is vele slegte ervarings wat my gespaar is. Ek is seker my lewe is op
duisende maniere makliker as ander mense s’n.
Op daardie lewensveranderende oomblik toe ek opgekyk en vir
Daniel bokant die skare in daardie kerk gesien het, het ek besef dat
ek die wonderwerk geword het waarvoor ek gebid het. God het nie
vir my ’n wonderwerk gegee nie, maar Hy het my Daniel se wonder-
werk gemaak.
Ek was 24 jaar oud toe ek vir Daniel ontmoet het. Sy ma, Patty,
het my later daardie dag vasgedruk en vir my gesê dit voel vir haar
sy het tot in die toekoms gestap en kan haar eie volwasse seun teen
haar vasdruk.
“Jy verstaan nie,” het sy gesê. “Ek het elke dag gebid dat God vir
my ’n teken sal stuur om vir my te sê dat Hy nie van my of my seun
978-1-77000-994-3.indd 34978-1-77000-994-3.indd 34 2011/02/24 04:34:49 PM2011/02/24 04:34:49 PM
35As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
vergeet het nie,” het sy gesê. “Jy is ’n wonderwerk. Jy is óns won-
derwerk.”
Een van die wonderlikste fasette van ons ontmoeting was dat my
ouers juis op daardie Sondag op pad was vanuit Australië vir hulle
eerste besoek aan my sedert ek ’n jaar vroeër na die VSA verhuis het.
’n Paar dae later het my ma en pa vir Daniel en sy ouers ontmoet.
Glo my, hulle het baie gehad om oor te praat.
Chris en Patty het my dalk as ’n seën in Daniel se lewe beskou,
maar my ouers was ’n nog groter seën vir hulle. Wie beter as my ouers
sou hulle as die ma en pa van ’n seuntjie sonder arms en bene kon
voorberei en hulle kon lei in hulle taak as ouers? Ons kon aan hulle
hoop gee, maar ook duidelike bewyse dat Daniel ’n redelik normale
lewe sal kan geniet. Ons kon hulle verseker dat ook hy die seëninge
sou ontdek wat hy met ander kan deel. Ons is geseën omdat ons ons
ervarings met hulle kon deel, hulle kon bemoedig en vir hulle bewyse
kon gee dat daar geen perke is aan ’n lewe sonder ledemate nie.
Terselfdertyd is Daniel ’n dinamo wat vir my tot seën is. Omdat
hy so vol energie en blydskap is, gee hy vir my baie meer as wat ek
hom ooit sal kan gee. Dit is nog ’n totaal onverwagte beloning.
’N LEWE OM TE DEEL
Helen Keller het weens siekte haar sig en gehoor verloor voordat sy
twee jaar oud was, maar ten spyte hiervan het sy ’n wêreldbekende
skrywer, spreker en maatskaplike aktivis geword. Hierdie wonder like
vrou het gesê ons ontvang ware geluk deur aan ’n waardige doel-
wit getrou te wees.
Wat beteken dit? Vir my beteken dit om getrou te wees aan jou
gawes, om hulle te ontwikkel, om hulle met ander te deel en om
vreug de daarin te vind. Dit beteken om verby die soeke na selfbe-
vrediging te beweeg tot by die meer volwasse soeke na betekenis en
vervulling.
Die grootste belonings kom wanneer jy van jouself gee. Dit gaan
daaroor om ander mense se lewe beter te maak, om deel te wees
van iets groter as jy self en om ’n positiewe verskil te maak. Jy hoef
nie moeder Teresa te wees om dit te kan doen nie. Jy kan selfs ’n
“gestremde” outjie wees en ’n impak hê. Vra maar die jong vrou wat
hierdie e-pos aan ons Life Without Limbs-webtuiste gestuur het:
978-1-77000-994-3.indd 35978-1-77000-994-3.indd 35 2011/02/24 04:34:50 PM2011/02/24 04:34:50 PM
36 ’n Lewe sonder beperkings
Beste Nick
Sjoe, ek weet nie eens waar om te begin nie. Ek moet seker maar begin deur myself bekend te stel. Ek is 16 jaar oud. Ek skryf vir jou omdat ek jou DVD No Arms, No Legs, No Worries gekyk het. Dit het ’n ongeloofl ike invloed op my en my pad na herstel gehad. Ek sê herstel omdat ek besig is om ’n eetsteurnis, anoreksie, te probeer oorwin. Ek is die afgelope jaar gereeld in behandelingsentrums opgeneem, en dit was die ergste hoofstuk van my lewe tot dusver. Ek is onlangs uit ’n behandelingsentrum in Kalifornië ontslaan. Terwyl ek daar was, het ek jou DVD gekyk. Nog nooit in my hele lewe het ek so geïnspireer en gemotiveer gevoel nie. Jy is regtig ongeloofl ik. Jy verstom my. Alles aan jou is so wonderlik en positief. Elke enkele woord wat uit jou mond gekom het, het ’n impak op my gehad. Ek was nog nooit in my lewe so dankbaar nie. Ek bedoel, daar was tye in my lewe dat ek gedink het ek het die einde bereik, maar nou besef ek dat ons almal ’n doel in die lewe het, en dat ons respek vir onsself moet hê vir wie ons is. Sjoe, regtig – ek kan nie vir jou genoeg dankie sê vir die bemoediging wat jou DVD my gegee het nie. Ek wens ek kan jou eendag persoonlik ontmoet; dit is iets waaroor ek droom en wat ek wil bereik voordat ek die dag sterf. Jy het die beste persoonlikheid wat enige mens ooit kan hê – jy het my so lekker laat lag (wat nogal moeilik is om te doen wanneer ’n mens in ’n rehabilitasiesentrum is). Jy het gemaak dat ek nou baie sterker is en baie meer bewus is van wie ek is. Ek het nie meer ’n obsessie oor wat ander mense van my dink nie, en ek kritiseer myself nie gedurig nie. Jy het my geleer hoe om my negatiewe denke in positiewe denke te verander. Dankie dat jy my lewe gered en omgeswaai het. Ek kan nie genoeg vir jou dankie sê nie – jy is my held!
GEBRUIK MY OP
Ek is so dankbaar dat ek baie briewe soos hierdie een ontvang. Dit
is nogal vreemd, want as kind was ek so neerslagtig omdat ek ge-
wonder het of ek ooit my lewe sou kon geniet, wat nog te sê ander
help om hulle s’n te geniet. Jy is dalk nog besig met jou soeke na sin
en betekenis, maar ek dink nie jy sal ooit waarlik vervuld voel tensy
jy ander mense dien nie. Ons elkeen hoop immers om ons talente en
kennis te ge bruik vir ’n groter doel as om die rekeninge te betaal.
In vandag se wêreld, al is ons dalk ten volle bewus van die geeste-
like leegheid van materialistiese gewin, moet ons gereeld herinner
978-1-77000-994-3.indd 36978-1-77000-994-3.indd 36 2011/02/24 04:34:50 PM2011/02/24 04:34:50 PM
37As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
word dat vervulling niks met besittings te doen het nie. Mense pro-
beer regtig vervulling op die vreemdste maniere vind. Hulle drink
ses biere. Hulle gebruik dwelms om in vergetelheid te versink. Hulle
verander hulle liggaam om die een of ander subjektiewe standaard
vir skoonheid te bereik. Hulle werk hulle lewe lank om die toppunt
van sukses te bereik, maar dan word dit binne ’n sekonde genadeloos
van hulle weggeruk. Die meeste regdenkende mense weet egter dat
daar geen maklike paaie na blywende geluk is nie. As jy op tyde-
like plesiere staatmaak, sal jy slegs tydelike bevrediging vind. Met
goedkoop opwinding kry jy waarvoor jy betaal – vandag hier, môre
reeds weg.
Die lewe gaan nie oor hê nie, maar oor wees. Jy kan jou omring
met alles wat geld kan koop en steeds uiters miserabel wees. Ek ken
mense met perfekte liggame wat nie die helfte van die blydskap er-
vaar wat ek gevind het nie. Tydens my reise het ek meer vreugde in
die krotbuurte van Moembaai en in die kinderhuise in Afrika gesien
as in die welgestelde, omheinde gemeenskappe en op enorme land-
goedere wat miljoene werd is.
Hoekom?
Jy sal vergenoegdheid vind wanneer jy jou talente en hartstog ten
volle gebruik. Herken kits-selfbevrediging vir wat dit is. Weerstaan
die versoeking om te smag na wêreldse dinge soos die perfekte huis,
die mooiste klere of die vinnigste motor. Die As ek maar net X gehad het, sou ek gelukkig gewees het-sindroom is massa-misleiding. Wanneer
jy geluk in blote voorwerpe soek, sal dit nooit vir jou genoeg wees
nie.
Kyk om jou rond. Kyk tot in jou diepste binneste.
_______
As seuntjie het ek gereken as God net vir my arms en bene sou gee,
ek my lewe lank gelukkig sou wees. Dit het nie vir my selfsugtig ge-
klink nie, want arms en bene is tog standaard-toerusting. Maar, soos
jy weet, het ek ontdek dat ek gelukkig en vervul kan wees sonder
hierdie gewone ledemate. Daniel het dit vir my help bevestig. Om
na hom en sy familie te kon uitreik, het my herinner aan hoekom ek
hier op aarde is.
Toe my ouers in Kalifornië aankom, het ons Daniel se gesin ontmoet
978-1-77000-994-3.indd 37978-1-77000-994-3.indd 37 2011/02/24 04:34:50 PM2011/02/24 04:34:50 PM
38 ’n Lewe sonder beperkings
en ek het iets baie spesiaals voor my sien afspeel. Ek en my ouers het
ure lank met sy ma en pa gesels, ervarings vergelyk en gesels oor wat
ons gemaak het met die uitdagings wat nog vir Daniel voorgelê het.
In daardie eerste dae het ons ’n sterk band gevorm wat vandag nog
tussen ons bestaan.
Ongeveer ’n jaar ná ons eerste ontmoeting het ons weer byme-
kaargekom. Tydens ons gesprekke het Daniel se ouers gesê sy dok-
ters voel hy is nog nie gereed vir ’n spesiaal ontwerpte rolstoel soos
myne nie.
“Hoekom nie?” het ek gevra. “Ek was omtrent so oud soos Daniel
toe ek self my rolstoel begin gebruik het.”
Om my standpunt te bewys, het ek uit my rolstoel gehop sodat
Da niel daarop kon sit. Sy voet het perfek op die hefboom gepas. Hy
het elke oomblik geniet, én hy het goeie beheer oor die rol stoel gehad.
Omdat ons daar was, het Daniel die geleentheid ge had om aan sy
ouers te bewys dat hy ’n omgeboude rolstoel kan hanteer. Dit was
een van die vele maniere waarop ek geweet het ek sou daar kon wees
vir hom, om deur ons gedeelde ervarings lig op sy pad te werp. Ek
kan nie vir jou sê hoeveel vreugde dit vir my bring om vir Daniel ’n
mentor te wees nie.
Ons het daardie dag ’n skaars geskenk vir Daniel gegee, maar
hy het vir my selfs ’n beter geskenk gegee deur die ongeëwenaarde
vervulling wat ek in sy vreugde gevind het. Niks, nie eens ’n luukse
motor of ’n massiewe huis, kan vergelyk word met die gevoel om jou
doelwit in ooreenstemming met God se plan te bereik nie.
Hierdie geskenk raak ook nooit op nie. Tydens ’n latere besoek
aan Daniel en sy ouers het my ma en pa vir hulle vertel van hulle
eertydse kommer dat ek in die bad sou verdrink omdat ek nie arms
en bene gehad het wat my kon laat dryf nie. Gevolglik was hulle baie
versigtig wanneer hulle my as baba gebad het. Namate ek ouer geraak
het, het my pa my liggies in die water vasgehou en vir my gewys dat
ek kan dryf. Mettertyd het ek al hoe meer vertroue begin kry, al hoe
meer avontuurlustig geword en ontdek dat ek kan dryf solank ek ’n
bietjie lug in my longe hou. Ek het selfs ontdek hoe om my voetjie te
gebruik om myself deur die water te laat seil. As ’n mens dink hoe
bang my ouers was wanneer ek in die water was, wat verstaanbaar
was, stel jou hulle verbasing voor toe ek ’n kranige swemmer geword
en in elke beskikbare poel water begin spring het.
978-1-77000-994-3.indd 38978-1-77000-994-3.indd 38 2011/02/24 04:34:50 PM2011/02/24 04:34:50 PM
39As jy nie ’n wonderwerk ontvang nie, wórd een
Ons het hierdie verhaal met Daniel se ouers gedeel en ons was so
bly om later te hoor een van die eerste dinge wat hy vir sy ouers gesê
het toe hy oud genoeg was om duidelik te praat, was: “Swem soos
Nick!” Ook Daniel is nou ’n kranige swemmer. Ek kan nie vir jou sê
hoe goed dit my laat voel nie. Om te sien dat Daniel voordeel trek uit
my ervarings gee ’n dieper betekenis aan my lewe. Al raak my verhaal
niemand anders se lewe nie, sal Daniel se vasberadenheid “om soos
Nick te swem” genoeg wees om my lewe en al die swaarkry wat ek
moes deurstaan die moeite werd te maak.
Om te besef wat jou doel in die lewe is, is allerbelangrik. Ek verseker
jou dat jy ’n bydrae het om te lewer. Jy sien dit dalk nie nou raak nie,
maar jy sal nie op hierdie planeet gewees het as dit nie waar was
nie. Ek weet vir seker God maak nie foute nie, maar Hy doen wel
wonderwerke. Ek is een. Ook jý is ’n wonderwerk.
978-1-77000-994-3.indd 39978-1-77000-994-3.indd 39 2011/02/24 04:34:50 PM2011/02/24 04:34:50 PM