Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die...

8
Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom oral om ons. Ps. 23 vers 3 en 4 steek in my gedag- tes vas: 3. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot eer van sy Naam. 4. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.In hierdie gejaagde tye en alles wat net te vinnig gebeur, is dit lekker om te weet daar is n hand wat jou vashou. n Sterk hand en n hand vol begrip en liefde. God se hande bring veiligheid in hierdie gejaagdheid. Veiligheid is die resultate van sekerheid in my gemoed. Kom ons eien die sekerheid van Sy liefde en begrip, die sekerheid van Sy teenwoordigheid en genade (guns), die sekerheid van Sy grootheid en stem vir myself toe, die sekerheid van Sy inwoning en troos. Om Sy hand te vat, nog beter jouself oor te gee, sodat Hy jou dra, is bloot om jou gunste- linglied vir God met oorgawe te sing. Dan moet ons net sl wag om Sy stem vir my as Sy lieflingskind te hoor. God se veiligheid is die guns van begrip en saamstap met my as Sy kind. So kan ons dan ook die lente van Sy guns aan die natuur sien en geniet. Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreawiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy guns in oorvloed te skenk nie. Ons beleef dit is die groot geloofstap wat ons neem om deur die Passiespele te kan getuig. Dit is n ongelooflike voorreg om die erns van God se liefde vir mekaar en die gemeenskap te getuig. Dit is wonderlik om te sien hoe ons lidmate met opgewondenheid aanmeld en deelneem. Dit is nie maklik nie, maar ons weet die liefde vir Christus dring ons. Die teks is onbeskryflik mooi en die liedere is kosbaar en dra n liefdesboodskap uit. Dit bly n voorreg vir ons as gemeente om deel te wees van Sy liefdespassie vir ons as gemeente. Wat n guns van God dat 15 eners vanoggened hul geloof in ons gemeente bevesg. Ons het saam met hulle beleef hoe God hulle lewens en gedagtes kom vul met die rykdom van Sy liefde en teen- woordigheid. In die jaar van avontuur saam met God, het hulle Hom ontdek in Sy openbaring aan ons, Sy Heilige Gees leer ken en het hulle gegroei in hul liefde tot Hom. Dit is kosbaar om te sien hoe hul geloof begin blom soos die plante in die lente. Ons word weer geseën met die Kerstyd wat voor– lê. Die hele November gaan ons net Kersfees vier deur lied en Woord. Hierdie jaar vier ons die fees van die ligte. In die donker wêreld is daar n LIG wat helder brand – die lig van ons Verlosser en Heer. Joh. 1:4 en 5: In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Kom, wees deel van die lied en die lig wat elke duistere deel van ons lewe wil verlig. Dit is God se guns vir jou en my. Kom, juig saam met die herders en wyse manne en koester ons Verlosser soos Maria en Josef. Kom, staan saam met ons in die lig van Sy liefde en troue sorg.

Transcript of Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die...

Page 1: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy

Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom

oral om ons. Ps. 23 vers 3 en 4 steek in my gedag-

tes vas: “ 3. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die

regte paaie tot eer van sy Naam. 4. Selfs al gaan

ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie,

want U is by my. In u hande is ek veilig.”

In hierdie gejaagde tye en alles wat net te vinnig

gebeur, is dit lekker om te weet daar is ‘n hand

wat jou vashou. ‘n Sterk hand en ‘n hand vol

begrip en liefde. God se hande bring veiligheid in

hierdie gejaagdheid. Veiligheid is die resultate van

sekerheid in my gemoed.

Kom ons eien die sekerheid van Sy liefde en

begrip, die sekerheid van Sy teenwoordigheid en

genade (guns), die sekerheid van Sy grootheid en

stem vir myself toe, die sekerheid van Sy inwoning

en troos. Om Sy hand te vat, nog beter jouself oor

te gee, sodat Hy jou dra, is bloot om jou gunste-

linglied vir God met oorgawe te sing. Dan moet ons

net stil wag om Sy stem vir my as Sy lieflingskind te

hoor. God se veiligheid is die guns van begrip en

saamstap met my as Sy kind. So kan ons dan ook

die lente van Sy guns aan die natuur sien en

geniet.

Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van

God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons

te bederf en aan ons Sy guns in oorvloed te skenk

nie. Ons beleef dit is die groot geloofstap wat ons

neem om deur die Passiespele te kan getuig. Dit is

‘n ongelooflike voorreg om die erns van God se

liefde vir mekaar en die gemeenskap te getuig.

Dit is wonderlik om te sien hoe ons lidmate met

opgewondenheid aanmeld en deelneem. Dit is nie

maklik nie, maar ons weet die liefde vir Christus

dring ons. Die teks is onbeskryflik mooi en die

liedere is kosbaar en dra ‘n liefdesboodskap uit.

Dit bly ‘n voorreg vir ons as gemeente om deel te

wees van Sy liefdespassie vir ons as gemeente.

Wat ‘n guns van God dat 15 tieners vanoggened

hul geloof in ons gemeente bevestig. Ons het saam

met hulle beleef hoe God hulle lewens en gedagtes

kom vul met die rykdom van Sy liefde en teen-

woordigheid. In die jaar van avontuur saam met

God, het hulle Hom ontdek in Sy openbaring aan

ons, Sy Heilige Gees leer ken en het hulle gegroei

in hul liefde tot Hom. Dit is kosbaar om te sien hoe

hul geloof begin blom soos die plante in die lente.

Ons word weer geseën met die Kerstyd wat voor–

lê. Die hele November gaan ons net Kersfees vier

deur lied en Woord. Hierdie jaar vier ons die fees

van die ligte. In die donker wêreld is daar ‘n LIG

wat helder brand – die lig van ons Verlosser en

Heer.

Joh. 1:4 en 5: “In Hom was daar lewe, en dié lewe

was die lig vir die mense. Die lig skyn in die

duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.”

Kom, wees deel van die lied en die lig wat elke

duistere deel van ons lewe wil verlig. Dit is God se

guns vir jou en my. Kom, juig saam met die herders

en wyse manne en koester ons Verlosser soos

Maria en Josef. Kom, staan saam met ons in die lig

van Sy liefde en troue sorg.

Page 2: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy

VOETEKERK Ek as ouer kan self getuig dat dit baie moeilik is om rustig die Woord van God te ontvang as jy met twee of drie klein ly-fies om jou sit. Soms gaan dit maklik en almal is stil en luister, maar soms kan die wie-le lekker afval.

Dit is een keer ‘n week op ‘n Sondagoggend ons geleentheid om in die kerk te sit en God se teenwoordigheid te ervaar en die heerlikheid van God se liefde en die krag te voel deur die Heilige Gees met lofsang en gebed te ervaar en net die lek-kerte om saam ander mense bymekaar te kom en te weet dat God ons daar wil ontmoet en met ons tyd wil spandeer.

Ons Voetekerk is juis daar om vir daardie mamma en pap-pa, wat net in vrede wil sit vir ‘n uur, die gemoedrus te gee dat daar mooi na hulle kind omgesien word en self ook daardie kleintjie te bederf deur ‘n kosbare kinderbediening.

Ons nooi jou uit om jou vriende en familie, wat dalk nie weet van Harties NG se be-sondere Voetekerk nie, ook uit te nooi. Kom laai jou kind af en gaan geniet die erediens. Ons het dit almal nodig en glo my, jou kind sal dit ook geniet.

Ouderdom: 2-6 jaar elke Sondag 9:00 tot 10:00

Voetekerkgroete.

Ons Harties Kidz kom elke Sondag om 9:00 in die Jeugsaal

bymekaar waar ds. Johann Joubert hulle begelei in ‘n werk-

like erediens met die verskillende liturgiese elemente, wat op

hulle vlak van ontwikkeling, aangebied word.

Daarna behandel Jörg ‘n bepaalde tema(preek) in die groot

groep en dan verdeel hulle in gradegroepe. Elke groep het ‘n

mentor wat dan die les op ‘n praktiese wyse deur spesifieke

aktiwiteite vaslê, sodat die Evangelie op ‘n baie praktiese

wyse vir hulle ‘n werklikheid, wat hulle kan uitleef, word.

Besprekingsvrae oor die kern van elke week se lessie word

ook vir die ouers in die Poortbode geplaas, sodat daar in die

week ook oor die praktiese uitleef van hulle geloof met die

kinders gesels kan word. Alle kinders van gr. 1—6 is baie wel-

kom.

My ervaring van die belydenisgroep hierdie was een van oopheid gewees. Die jaar word so ingerig, dat dit wel inligting is ja, maar daar is geleentheid waar almal saam kan praat daar-oor. Dit gee die gr 11's geleentheid om self met tekste en kon-septe te make te kry, wat opnuut weer die Gees in hul lewens vestig. Waar hul hul vrae kan vra, sonder oordeel of verwyt. So dit was baie lekker! Die kamp was die hoogtepunt gewees, met werklik treffende gebeure wat ook daar plaasgevind het. Ek dink definitief dit is 'n moet en die belydenisklas bied steeds hierdie geleentheid vir jong gelowiges om opnuut voor hul vriende en familie te sê: "Ek glo." Wat 'n voorreg om hierdie jaar deel van hierdie fantastiese groep te kon wees . Dankie daarvoor.

Page 3: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy

Vertel ‘n bietjie vir die Belydenisgroep 2020 van volgende jaar, hoekom hulle die pad as belydenisgroep moet stap... "Ek voel dis baie belangrik om belydenis af te lê, want dit het my persoonlik nader gebring aan God. Ek het ook baie goed geleer wat ek nooit geweet het nie. Dit was vir my baie lekker om saam met die dominee klas te hê, want dan kon ek goed vra oor my geloof, wat niemand anders vir my kon beantwoord het nie. Die kamp was vir my ʼn baie goeie belewenis. Dit het my weer herinner dat ons verseker kan wees oor ons geloof en dat God altyd daar is vir ons. Dit was baie pret om saam met my vriende te wees en ek kon so ook my ervaring met hulle deel." Kayla Bisschoff "Dit laat ‘n mens besef dat jy alleen nou verantwoordelik is vir jou lewe en aksies. Dit beantwoord baie meer vrae as wat jy gedink het jy het. Dit verseker jou vertroue in die Here en jy weet waar jy staan in die lewe." Janco Calitz “Ek dink volgende jaar moet hulle gaan, want dit is ʼn onbeskryflike belewenis op die kamp, wat jou nader aan God bring”. Eckhard Ebersöhn "Dis definitief ʼn belewenis, want jy vind jouself en vir God. Jy sal nie sommer by enige ander plek die goed ervaar en leer wat ons op daai kamp geleer het nie. Dis ʼn voorreg om sulke goeie mentors en ʼn dominee te hê wat die pad saam ons stap en ons lei." Michael Meyer “Ek sal sê dit was die grootste belewenis wat ek al ervaar het. Ek het nog nooit so naby aan die Here gevoel nie en die hele vibe is net amazing en daarom beveel ek dit vir hulle aan. Jy maak nuwe vriende en groei vreeslik as mens. As jy nie gaan nie mis jy verseker uit!" Desmari Pieterse “Ek voel die experience trek ‘n mens nader aan jou geloof. Dit voel soos ʼn afsluiting wat jy saam al jou vriende deel en asof dit die einde van ʼn groot chapter van jou lewe is en waar daar ʼn nuwe een begin. Die kamp bied moments wat mens nie in die dorp kan beleef nie, soos oomblikke in God se teenwoordigheid.” Henco Schutte “Dit help jou om geestelik te groei in groepklasverband. Dit gee jou ʼn ander perspektief van die lewe en ook hoe jy die Bybel sien. Die werklikheid van die Heilige Gees word geopenbaar tydens die kamp.” Chané v d Berg Die kamp skep ‘n lekker geleentheid om saam met medechristene buite die kerkopset te sosialiseer en kuier. Dit is ‘n baie kragtige moment waar jou hele Sondagskoolloopbaan tot ‘n hoogtepunt kom, omdat dit lekker maar tog ernstig is. Dit is ‘n sterk geestelike ervaring wat jou laat groei in jou geloof. Die kamp is ook ‘n tyd waar baie kinders eers rerig tot bekering kom of waar hulle weer tot bekering kom en die lekker en ongelooflike grootheid van God se liefde en genade ervaar. Ewald Scheepers Mentors hoe was dié kamp die jaar vir jou gewees? “Belydeniskamp 2019 was ʼn “Life changer”! Die kinders wat saam was, was elke een anders, elke een op ʼn ander fase en elke een “unique” op hulle eie manier, maar tog gebruik God hulle om met ons te praat! Hulle bydrae het ʼn verskil in my lewe gemaak en ek voel geëerd dat ek kon deel wees van hulle groep dié jaar. Die kamp was weer een van die hoogtepunte van my jaar gewees. Ek kon lekker met hulle gesels, hulle leer ken en ek is opgewonde oor hulle toekoms. Hierdie kinders is ongelooflik en gaan elke een uitblink in enige iets wat hulle aanpak!” Monique Fauré “Elke jaar staan ek verbaas oor hoe die Heilige Gees beweeg om die belydenisgroep op ‘n besondere en spesiale wyse aan te raak en so dié groep ‘n unieke belewenis te gee en ‘n sekerheid te vestig wat hul sal bybly vir die res van hul lewens... wat ʼn ongelooflike voorreg om dit jaar na jaar te aanskou.” Jörg Steinbach

Page 4: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy

“For as many of you as were baptised into Christ have put on Christ. There is neither Jew nor Greek, neither slave nor free, there is no male and female, for you are all one in Christ Jesus” Ga-latians 3:27-28

Afsaal: Tshwaraganang Pre-school There has been a number of break-ins

since the beginning of this year. Cases have been reported and opened at the local SAPS but no arrests yet. Venoliah is grateful for all the support she has received from the church so far, how-ever her biggest need is electricity. There is no electricity at the pre-school. She needs help with applying for an electricity pole from the munici-pality. They are also in need of blankets and a carpet. Venoliah 0738455486.

The Bible lessons are still going on eve-ry Wednesday. We are currently busy with a series of the fruits of the spirit. May God help us [not just me and the pre-schoolers but everyone who pro-claims to be a child of God] that these fruits will be visible in our everyday life. That those who don’t know God will not wonder if we are Christians or not, but that the fruits of the Spirit will tes-tify that we are truly His.

Kids Club and Homework Centre After all the break-ins that took place, I

decided to pause the Bible club a bit. I felt unsafe but truth be told, we are never safe anywhere, all we can do is just trust God for His marvellous pro-tection. We will there God willing re-sume with the Saturday Bible club as from August. It will however no longer run from 10-4/5pm but rather 12-3pm.

The Homework Centre which took place from Mondays to Thursdays, will unfortunately remain paused as it was a bit straining for me to help all those kids on my own, and I spent a lot for petrol and afternoon snack. I am cur-rently praying and looking for two or three matriculated young people who stay in Afsaal and can run the Home-work Centre.

Ten Rooms: Thuto Ke Lesedi A new open door in Ten Rooms, where

I go and minister to the pre-schoolers. The pre-school is part of the Doxa Deo project, but as I normally say, I am more Kingdom Minded than church minded. I believe that God opened this door for a reason/purpose. We are currently busy with a series of Knowing God through creation.

Amazing how God created something out of nothing, how He spoke a Word and things came to be. And we have a relationship with this same God and call Him our Father.

Botswana Outreach We are grateful for those who made it

possible for me and Thobile, to go on this outreach. For me this was more of a training than an outreach. We were taken completely out of our comfort zone - from flushing toilets to long drops, from comfortable beds to sleep-ing bags in a tent, from a hot warm shower to a cold 5litre bucket shower, etc. We worked together with a church in Gaborone and also assisted them with putting up a fence at Maboane Village [where they are planning to start up a community centre]. We had the opportunity to engage and interact with the children in the village and to pray for adults that needed prayer.

Hygiene: Servanthood Cleanliness is next to Godliness. I have

currently started going around in pre-schools to wash their chairs and tables [free of charge], this started after I saw how dirty are the chairs and tables that the pre-schoolers are using daily. I re-cently started with the chairs and ta-bles at Ten Rooms. I bring my own cleaning materials and all they have to supply is water. The aim is to engage the staff members in pre-schools to keep the pre-schools as clean as possi-ble.

Harties Imagineers: Impacting our Communities

One of the lessons from #IMAGINE is to impact our communities [building bridges and relationships]. I want to help each teen that normally goes with me to #IMAGINE to become a leader in their own communities. We are plan-ning to start children clubs at 4 more communities [Sunway, Bokfontein, Ten Rooms and Bapong]. We will either start or collaborate with existing Chris-tian churches in these communities. Our plan is to have a children outreach at all 4 areas. The teens will then take over as leaders and ensure that the kids in their communities attend the club on a regular basis. Please pray for the success of our planning and that God will fully equip each teen to be a leader.

Huis Lesedi Huis Lesedi is also part of Doxa Deo,

but it is always open for everyone who wants to assist. They are always in need of diapers, milk, wetwipes, etc. To get a list of their needs one can con-tact the house mother [Christa] on 0122532357. The house is situated at 7 Anaboom Street, Melodie and they always warmly welcome volunteers. Thank you once more for the time you set apart to intercede for me.

May the grace of the Lord Jesus Christ, the love of God and the fellowship of the Holy Spirit be with you.

Page 5: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy

KOORLEDE NA DIE OUDISIES: Dames: Benz Tillie Berg Amanda Blackaller Chrissie De Beer Chevaunne De Wet Marianne Du Plessis Lynn-Marie Engelbrecht Vidi Fourie Magda Grundling Nellie Haywood Adrie Lammerding Ida Louw Celeste Nel Bettie Nel Fransie Nell Annalene Rossouw Elize Van Rooyen Rika Vorster Roelien

Manne: Barnardo George Bodenstein Dawid De Beer Frikkie Haywood Dewald Jansen Pierre Louw Kobus Landsaat Herman Lammerding Louis Marais Danie Meiring Johan Van der Merwe Gerrie Van Zyl Johannes

KARAKTERINDELING NA DIE OUDISIES: Jesus: Anton Gerber Maria: Elizma van der Merwe Simon Petrus: Danie Buys Tomas: Wilco Jonker Jakobus: Connie du Toit Andreas: Eli Oosthuizen Johannes: Johan de Wet Judas: Adriaan van Wyk Fariseër: Pierre Jansen Joodse Raadslid 1: Jan Swartz Joodse Raadslid 2: Johann Joubert Joodse Raadslid 3: Johan Meiring Kajafas: Johan Rossouw Filippus: Wouter Pienaar Mattheus: Peet Fourie Simon: BM Swartz

Soldaat 1: Gerrit Bloem Soldaat 2: Louis Fourie Ouderling 1: Christo Fourie Ouderling 2: Johan van Wyk Skrifgeleerde 1: Jan Oosthuizen Skrifgeleerde 2: Pieter Slabbert Pilatus: Kobus Gerber Herodes: Gertje Davel

Die Vrydag manne-biduur is vir ons die hoogtepunt van die week. Hier ontmoet God ons, waar ons by sy voete aansit. Hier word sy wonderdade bespreek, ons praat mekaar moed in, bid vir mekaar, die gemeente en vir spesifieke sake nl. die kerklike aktiwiteite van die week; Sondae se eredienste; kategese asook vir die personeel en mentors wat daarmee gemoeid is, sodat God hulle kan bystaan om sodoende God se naam groot te maak. Ons bid ook vir manne wat hierdie geestesreis met ons wil meemaak. Ons neem ‘n Bybelboek en bespreek dit en gesels daaroor soos die Gees ons lei. So rus die Here ons toe met sy wysheid, sodat ons die aanslae van hierdie wêreld kan trotseer met die krag wat God aan ons skenk deur die werking van die Gees. Ons bid vir nog manne wat saam met ons groepie die geloofsinligting en Geesvervulde pad wil kom stap. Ons dank God vir elkeen wat tans Vrydae die moeite doen om vroeg op te staan om op so ‘n uitsonderlike wyse saam te kan vergader in sy Naam.

Liewe Heer, dankie dat ons U ons Herder is, lei ons in U waarheid en mag U goedheid en guns met ons wees tot in lengte van dae. Amen!

By die dames moet daar nog

indelings gedoen word oor die

verskillende rolle - almal wat

vir oudisies gekom het, is

gekeur en elke dame sal later

finaal in haar rol geplaas word.

Page 6: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy

Liewe Gemeente van Hartbeespoort

Weereens net duisend dankies vir die bokse vreugde wat julle elke maand by ons Wespoort Voeding en Uitreikprojek kom aflaai. Die afgelope twee jaar het julle menige gesinne in nood geseën met ‘n boks kos en ook uitkoms gebied in situasies waar daar min hoop was. Dankie aan elke vrywilliger wat help met die pak en aanry.

Dankie vir julle ander bydraes, soos die lekker warm truitjies aan ons 36 kleuters by die Hasie in die Holte Speelgroep. Wat altyd ongelooflik is, is dat God se tyd-berekening altyd perfek is! Op die koudste dag van die winter daag julle gemeente se engele op met die mooiste, warmste truitjies wat ontvang is.

Dankie ook vir die klere wat die

afgelope jaar geskenk is en ook baie dankie vir die drie naaldwerk-masjiene wat aan ons projek ge-skenk is. Ons kon ‘n dogter help wat mode-ontwerp by ‘n kollege studeer met ‘n naaldwerkmasjien, wat haar situasie omgeswaai het. Sy het baie stadig gevorder, want sy kon nie by die huis oefen wat sy in die klas geleer het nie. Nou vorder sy fluks, volgens onlangse terugvoer en het sy reeds begin om in haar vrye tyd klere te herstel vir ander mense in haar gemeenskap. Nogmaals dankie. Dankie ook vir die twee pragtige breimasjiene.

Alle skenkings word uitgedeel aan mense wat dit kan benut en benodig. Materiaal en wol word verwerk by die werkgroepe op Dinsdae, waar die vroue bemagtig word deur handvaardighede aan te leer. Hierdie produkte gaan te koop wees by die Hearts and Hands Kersmark wat op 6 en 7 No-vember in Tygerpoort plaasvind.

Die projek ontvang ook gereeld skenkings vanaf Pretoria se Vars-produktemark. Dit ook allles te danke aan ‘n gemeentelid in julle midde.

‘n Broodbakprojek is ook in die vooruitsig en met behulp van ‘n borg uit julle gemeente gaan ons ‘n paar mense oplei om endersyds brood te bak vir die projek se behoeftes en andersyds vir die gemeenskap se behoeftes. Die

droom en visie vir die nuwe projek is om werk te skep vir ‘n paar men-

se in die gemeenskap. Voorbidding vir die projek sal waardeer word.

Ten slotte: te dikwels onderskat ons die krag van aanraking, ‘n

glimlig, vriendelike woorde, ‘n oor wat luister, ‘n opregte kompliment of die kleinste bietjie omgee, alles wat die potensiaal het om iemand se lewe heeltemal te verander!

Groete. Antoinette Victor Maatskaplike Werker

Tannie July van Huyssteen

Baie dankie, July, vir die

pragtige truie wat jy vir die

kleuters van Hasie in die

Holte Speelgroep gebrei het

(Danville); dit is met groot

dankbaarheid ontvang.

Antoinette is op 12 Julie hierdie jaar aan kanker oorlede en sy laat ‘n groot leemte in die won-derlike projek waarmee ons haar maandeliks ondersteun het. As Danville-span gaan ons haar opreg mis. Ons wil graag ons innige meegevoel as ge-meente aan haar gesin en fa-milie oordra en hulle verseker dat ons getrou in haar voetspore sal volg en die pro-jek volhou.

Ons nooi ons gemeentelede om asseblief aan die

projek deel te neem. Indien jy weet van ‘n per-

soon wat op soek is na werk of jy as werkgewer

het ‘n pos beskikbaar— stuur asseblief die be-

sonderhede na die e-posadres hiernaas. Daar is

bekwame mense wat dan die kontak tussen die

korrekte werkgewer en werksoeker sal hanteer.

So help ons mekaar om die werkloosheid in ons

eie gemeenskap te probeer verminder.

Page 7: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy

In 2017 het ek en my man ‘n seer be-leef wat ek geen ouer toewens nie... Ons tweeling (na jarelange kinder-loosheid) is op 27 weke gebore. Dit is drie maande te vroeg. Ons seuntjie is na twee daggies oorlede. Ons dogtertjie was 71 dae in Neonatal ICU met breinbloeding, ‘n gaatjie in haar hart, platgevalde long en en en... ‘n Jaar later was ons weer in ICU met

haar – weer met groot longprobleme. Dié keer het haar hartjie vyf keer gaan staan. Vandag is sy ‘n gesonde besige tweejarige. Ek het besluit ek wil ander gesinne help wat ook premature babatjies het, want die uitdagings is soms berggroot. So het ek saam met twee vriendinne Projects4Preemies ge-stig. Die nie-winsgewende organisasie is geregistreer, ‘n bankrekening is in plek en ons eerste projek het afgeskop. Ons eerste projek: Ons benodig fondse en om die fondse te genereer vra ons mense om seekatjies verniet vir ons te hekel. Waarom seekatjies? Daar is bewyse dat die gehekelde seekatjies rustigheid bring vir premature babatjies, wat hulself in ‘n ICU-omgewing bevind. Die tentakels en tekstuur boots die baarmoeder-omgewing na. Ons mikpunt is om 500 gehekelde seekatjies te versamel en die seekatjies te verkoop.

Ons bied twee koopopsies. Opsie 1: Koop en skenk. Opsie 2: Koop en hou.

Opsie 1: koop die persoon die seekat en ons skenk dit aan ‘n premature babatjie. Opsie 2: kry jy die seekat, maar sal posgelde betaal om dit te ontvang.

Na die mooi vra vir verniet-hekel het ons nog reëls ook:

1. Enige seekat hekelpatroon sal voldoende wees. Vir die wat ‘n patroon soek – ek het een wat ek kan deel. 2. Dit moet katoenwol wees, want katoen kan teen ‘n hoë tempratuur gewas word. As dié wol te duur- saam is en jy wil steeds hekel, kontak my en ons maak ‘n plan. 3. Kleure: enige skakerings van pers of blou. 4. Ogies moet ingehekel of borduur word. Geen na- gemaakte ogies nie. 5. Die seekatjies moet opgestop word met “hypoaller- genic” materiaal. Baie mense koop sommer so ‘n kussing en gebruik die binnekant van die kussing. 6. En jou toestemming dat ons die handwerk mag ver- koop vir fondse vir Projects4Preemies.

My mooi vra: “As daar enige iemand is wat kan hekel, iemand ken wat kan hekel of sommer wil probeer kon-tak my gerus.

Ons mikpunt is om teen einde Oktober ons seekatjies te begin bemark – so sou jy belangstel om te koop – volg ons facebook bladsy Projects4Preemies. Al die be-sonderhede sal daar gekommunikeer word en/of stuur vir my jou kontakbesonderhede en ons gesels.

Die jaar vlieg so, dat ‘n mens skaars kan glo die mark is al amper twee maande gelede verby. Ons dankbaarheid is baie groot vir die Here se seën en nou praat ek nie finansieël nie, maar omdat alles so vlot verloop het. Omdat men-se en veral ons senior mense en ook ouers met kleingoed meer as hulle kant gebring het. En dan natuurlik ons middel-jariges wat kinderloos maar nog nie 70 is nie, maar ook al aan ons lywe voel dat tien dae se onverpoosde harde werk, so twee weke se rus kos om weer te normaliseer! Hoe die seniors bo 70 en 80 herstel, bly vir my ‘n raaisel, maar ‘n be-wonderingswaardige voorbeeld. Julle is sterre! Aan elkeen van julle weereens baie dankie. Ons dank die Here ook dat daar geen ongevalle, ongelukke of ernstige noodsituasies was nie—’n mens aanvaar so vanself dat dit so moet wees, maar dit is genade op genade en daarvoor eer en dank ons, ons Hemelse Vader. So ‘n bietjie statistiek—ons het 140 uitstallers gehad, maar 180 spasies is gebruik—daarom moes ons die tent byhuur om al ons uitstallers te kan akkommodeer. Die uitstaller met die beste verkope se omset was R49 565. Daar was nog ‘n uitstaller in hierdie kategorie—daarna volg die juwelestalletjies wat altyd ons naasbeste verkopers is—enige iets tussen R25-R35,000. Die grootste groep verkoop tussen R6-R25,000. Daar is ook ‘n hele paar uitstallers wat onder R5,000 verkoop het, maar dit is uitstallers met of baie duur produkte waarvan min verkoop is of kleiner, goedkoper, produkte waarvan baie verkoop is. Ons teetuin se omset was R163,000, dit sluit nou Gerrit (gebak) en Marius (koffie) se produkte as uitstallers in. Die wegneemetes se omset was R216,434 en sluit die tjippies en pannekoek as uitstallers, asook die etes en skaapbraai in. Die saal (uitstallers) se omset was R982,968. Gesien in die lig van die ekonomie, is al ons verwagtinge oortref. Ons wins was: R375 000. Aan God al die eer en lof vir ’n baie geseënde en voorspoedige, wonderlike KUIERMARK! Die grootste uitgawes was die tent R24 000, bemarking, die aankoop van produkte vir die kos, die skuinsste wat vir rolstoele en stootkarretjies by die voetekerk gebou is, die aankoop van nog ‘n drukker en twee skandeerders, seku-

riteit, die bankkoste op die kaartmasjiene en Zapper en die fooie vir die ekstra hulp wat ingehuur word. Ons probeer so spaarsamig moontlik werk, maar die versiering van die terrein, het beslis ook maar uitgawes.

Page 8: Ons is in die lente van 2019. Die nuwe lewe blom ... · Ons beleef ook nou in die gemeente die lente van God se guns en kreatiwiteit. Hy hou nie op om ons te bederf en aan ons Sy