Nuusflitse 4 Maart

4
Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: Cas Castelyn wat steeds ernstig siek is in die hospitaal. Nicolene Bouwer wat aansterk na ‘n rugoperasie. Maureen Marais wat aansterk. Alwyn Kruger se pa wat tuis aansterk. Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig siek is met kanker. Christa Victor wat aansterk na rugoperasie. Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is. Danie McLachlan se kanker is in remissie en hy sterk tuis aan. Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer wat met kanker worstel. Baba Albert Krüger wat aansterk na operasie . NUUSFLITSE Ons is tans in Lydenstyd, die tyd waar ons fokus op Jesus se lyding en sterwe. Dit kan so maklik gebeur dat ons nie regtig nadink oor Jesus se lyding nie. Dit voel ver verwyderd van waar ons elke dag leef. Ons weet Jesus het vir ons gesterf, maar wat beteken dit? Ons dink nie altyd daaroor nie. Een van die tekste wat ons in hierdie tyd kan help is Markus 8:34- 35 “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.” Dis ’n moeilike teks, want ons wil nie graag ons gemaklike lewe opgee nie. Ons dink dat om die Here te volg, my lewe makliker moet maak. Die teendeel is waar. Wanneer ek dinge prysgee om Jesus te volg, begin ek sin en lewe ervaar. Dit maak nie sin nie. Maar Jesus vra van ons om ons kruis op te neem en Hom te volg. Jesus help ons om te verstaan dat wanneer ek begin weggee, ontvang ek. Lydenstyd is gee-tyd. Om bewustelik na te dink oor wat Jesus se lyding vir ons beteken, help ons om Jesus weer opnuut te ontdek. Wat kan ons prysgee om Jesus meer te eer? Wat kan ons doen om vir iemand anders Jesus se liefde te wys? Mag Lydenstyd vir ons ’n spesiale nadink-tyd en gee-tyd wees. WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Karel Verhoef) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Karel Verhoef) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Erediens (Ryno Meyer) KERKKANTOOR OP SONDAE 09:00—10:00 CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Wanneer jy bid, is dit beter om 'n hart sonder woorde te hê, as woorde sonder 'n hart – John Bunyan. Lydenstyd is nadink-tyd

description

Nuusflitse

Transcript of Nuusflitse 4 Maart

Page 1: Nuusflitse 4 Maart

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:

• Cas Castelyn wat steeds ernstig siek is in die

hospitaal. • Nicolene Bouwer wat aansterk na ‘n

rugoperasie.

• Maureen Marais wat aansterk. • Alwyn Kruger se pa wat tuis aansterk. • Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig

siek is met kanker. • Christa Victor wat aansterk na rugoperasie.

• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is.

• Danie McLachlan se kanker is in remissie en

hy sterk tuis aan. • Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer

wat met kanker worstel. • Baba Albert Krüger wat aansterk na

operasie .

NUUSFLITSE

Ons is tans in Lydenstyd, die tyd waar ons fokus op Jesus se lyding en sterwe. Dit kan so maklik gebeur dat ons nie regtig nadink oor

Jesus se lyding nie. Dit voel ver verwyderd van waar ons elke dag leef. Ons weet Jesus het vir ons gesterf, maar wat beteken dit? Ons dink nie altyd daaroor nie.

Een van die tekste wat ons in hierdie tyd kan help is Markus 8:34-35 “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy

kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.”

Dis ’n moeilike teks, want ons wil nie graag ons gemaklike lewe opgee nie. Ons dink dat om die Here te volg, my lewe makliker moet maak. Die teendeel is waar. Wanneer ek dinge prysgee om

Jesus te volg, begin ek sin en lewe ervaar. Dit maak nie sin nie. Maar Jesus vra van ons om ons kruis op te neem en Hom te volg. Jesus help ons om te verstaan dat wanneer ek begin weggee, ontvang ek.

Lydenstyd is gee-tyd. Om bewustelik na te dink oor wat Jesus se

lyding vir ons beteken, help ons om Jesus weer opnuut te ontdek. Wat kan ons prysgee om Jesus meer te eer? Wat kan ons doen om vir iemand anders Jesus se liefde te wys?

Mag Lydenstyd vir ons ’n spesiale nadink-tyd en gee-tyd wees.

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens

(Karel Verhoef) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens (Karel Verhoef)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Erediens (Ryno Meyer)

KERKKANTOOR OP SONDAE

09:00—10:00

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Wanneer jy bid, is dit beter om 'n hart

sonder woorde te hê, as woorde sonder 'n hart – John Bunyan.

Lydenstyd is nadink-tyd

Page 2: Nuusflitse 4 Maart

Die afgelope weke het ons heerlike ouergesprekke gehad waar daar inligting oor die jeugbediening en ons beplanning vir die jaar

aan die ouers deurgegee is. Dankie, vir al die ouers wat saamge-sels het!

Herman skryf weekliks op die webwerf oor die inhoud van elke

Graad se materiaal. Die week is Graad 8 se beurt. Die volgende paar Sondae gee ons terugvoer van ons kampe. Beleef die ervar-ing in die foto’s en media! Kyk gerus na al die laggende gesig-gies - “PRICELESS”.

Onthou ons YA’s wat Dinsdae aande 7 uur is, en die Matrieks wat Sondae tussen 5 en 6 bymekaar kom.

‘n OGGEND met Nataniël

Plek: PvR Gemeenskapskerk Tyd: 09h30 vir 10h00 Koste: R120 (verversings ing.)

KAALKOP DEUR DIE LEWE!

Geen onder 15-jariges? Nataniël se voorwaarde : Hy gebruik geen vuil

taal of grappies - kinders is vir hom steurend. Manne/Vroue welkom.

Nataniël items te koop. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar.

MANNE - "IETS ANDERS" 2012

Jagter of nie-jagter. Jy word genooi om deel te word van die jag! Jag self of stap net saam en deel in die

ervaring.

27 April tot 1 Mei. Kom "skouer-skuur" saam en word

deel van die stories.

Kontak Dewald (0833259307) of Deon (0836459326) vir info.

Vandag is die tweede Sondag van die LYDENSTYD. Hierdie Son-dag word tradisioneel verbind met die verheerliking van Jesus op

die berg. (Matt. 17:1-9). Jesus het sy lyding en sterwe voorspel en sy volgelinge aangemoedig om Hom te volg net voor hierdie ge-beurtenis plaasgevind het.

Dit herinner ons daaraan dat ons selfs in die diepste lyding kan re-ken op die teenwoordigheid van die glorieryke Christus. Wat ’n wonderlike troos en bemoediging!

Onthou dat ons hierdie lydenstyd TWEE SIMBOLE gebruik. Die swart lint wat jy opsit in jou motor, of op ’n plek waar jy dit gereeld sal sien, asook die swart lap/lint wat jy duidelik sigbaar by die huis se ingang hang. Mag jy Christus Ontdek en Leef!

Ons bergfietsers het dié jaar die Sabie Classic aangedurf .

Wat ‘n belewenis! Taai berg klimme en natuurskoon. Die laaste 10km na die wen-streep was “awesome”.

As jy die lewenstyl van bergfiets ry wil ontdek, kom ry saam elke Dins en Don vanaf die Total, om 05:00 en 05:30.

Almal (van beginners tot gesoutes) is welkom!

Page 3: Nuusflitse 4 Maart

"In Ef. 2:10 word aan ons bevestig dat God ons geskep het met

die doel om goeie werke te doen wat Hy reeds vir ons voorberei

het. Deur die "AWAKEN" proses is ek opnuut en gefokus bewus gemaak van die sin in my lewe en bemagtig om die lewe wat God vir my bedoel het, te leef." (Sue)

“Die “Awaken” ervaring het my geleer dat my identiteit binne

God lê en dat God my liefhet net soos ek is. Binne hierdie identiteit kan ek my roeping, nl. om mense te help en te dien,

uitleef in die drie basiese behoeftes van menswees, nl “loving, caring and belonging”. Amanda

“Werklikwaar 'n goeie ervaring - 'n moet vir enige iemand opsoek

na sy roeping!” Corney

“Dit was ongelooflik om te sien wat se pad Hy tot nou toe in my

lewe gestap het, wat se doel Hy met my lewe het . Ek het opnuut weer ontdek ek kan ‘n verskil maak, ek moet ‘n verskil maak en ek gaan ‘n verskil maak” Thalita

Weereens het ek ondervind wat my roeping is, en ek sal dit aan-beveel vir enigeen wat voel dat hy of sy ‘n verskil wil maak” Johan

“As jy dalk op ‘n plek is waar jy wonder en nadink. Is die Here be-

sig met my, of, waarmee is Hy besig? Gryp hierdie geleentheid aan, jy stap uit en jy weet verseker dat God besig is met jou!” Hanre

“Dit was vir my een van die beste ervarings van my lewe. Om terug te gaan na jou storielyn, die draaipunte en hoe jy God se hand daarin sien, is ongelooflik. Ek is op die regte plek.” Hester

ACTIVATE

Het jy al die Awaken

ervaring meegemaak , maar nog nie Activate

nie. Hier is jou kans! Saterdag 10 Mrt,

08h00 – 15h00. Registreer by Amanda

SINODESITTING – 18 TOT 20 MAART 2012

Dit is vir ons ‘n voorreg om die Oostelike Sinode in die Gemeentesentrum te akkommodeer vanaf 18 tot 20 Maart 2012. Ons benodig, soos die gebruik reeds gevestig is, die hulp en ondersteuning van Gemeentelede met die inrig van die

lokaal en dienslewering tydens die Sitting.

Die volgende hulp word verlang:

Na afloop van die erediens 18 Maart (±11:15)

Manne wat na afloop van die tweede oggenddiens (±11:15)

kan kom help met die inrig van die lokaal in konferensiestyl. Hoe meer manne opdaag, hoe vinniger kan ons hierdie taak afhandel – ons behoort teen ongeveer 12:45 klaar te wees.

Vroue wat met die voorbereiding van die eetsaal en dek van tafels kan help.

Tydens die verloop van die Sinode (2½ dag)

Vroue wat tydens die verloop van die Sinodesitting vir Riana met die volgende kan bystaan:

Opdien van voedsel; Afdek en opruiming; en Bediening van verversings (teetye).

Dankie dat ons op die Geloofsfamilie kan staatmaak vir hulp. Dit sal waardeer word as die vroue wat beskikbaar is so spoedig moontlik vir Riana sal laat weet by (012) 662 1708 of

[email protected].

Ons nooi jou graag uit na ons WEEKLIKSE BYBELSTUDIE

Dinsdag oggende van 09:00–10:00 onder leiding van

Sampie Niemand.

Ons kyk saam na die tema

van geestelike groei.

Kom word deel van hierdie ervaring.

Page 4: Nuusflitse 4 Maart

“WAR HORSE”

‘n Film oor ‘n perd, ‘n jong

man en...’n verhouding.

‘n Volbloedperd wat

veronderstel is om wedrenne

te hardloop word ‘n boer-

perd wat met brute krag ‘n

klipperige land omploeg.

Later die ryding van ‘n offisier

in die 1ste Wêreldoorlog. Hier

laat hy ‘n yslike blinkswart

pragperd op sy neus kyk, net

om ‘n lewenslange, tot die

dood toe, perde-vriendskap

met hom te ontwikkel. Hy trek

ysterkanonne deur die mod-

der en vlug dan deur nie-

mandsland totdat hy so ver-

strengel raak in doringdraad

dat hy deur soldate losgeknip

moet word.

Wat het die storie met die

prys van eiers te doen? Ver-

vleg in hierdie verhaal is die

krag van verhoudings. Waar-

toe ons in staat is as daar ie-

mand (ook Iemand) is in wie

ons glo, en andersom. Die

verwondering van lewens-

energie wat bekikbaar is as

ons ons verhoudings versorg.

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

SELGROEPE is waar ons

mekaar ondersteun en saam

groei.

As jy/julle graag meer wil uit-

vind, of wil deel word van ‘n

selgroep, stuur asb kontakbe-

sonderhede na

[email protected] of skakel

Louise by 0833488304 .

BYBELREIS saam met STEPHAN JOUBERT het begin Woens-

dag 22 Februarie om 19:00 in die ouditorium. Oggendses-sie vind 7 Maart plaas.

Temas vir die jaar:

Kwartaal 1:

Wanneer God self jou die dag “hi-jack”: ‘n Bybelreis oor Bybelse Dissipelskap.

Kwartaal 2:

Te voet saam met Haggai en ander profete om te leer om

God eerste te stel.

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708

[email protected]

BANKBESONDERHEDE

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Die onmeetbare vrugte wat

dit kan afwerp.

Gaan kyk gerus en pak op-

nuut die verhoudings in jou

lewe met moed en vreugde

aan.

Kontak ons gerus via die kerk-

kantoor of skakel

Elmarie van Wyk - 0722380549

Dierbare Vader,

maak ons bewus dat u liefde kom in

talle lae en nie net altyd as geluk

En goeie, goue dae.

In ONS DANK DIE HERE VIR

ONS GELOOFSFAMILIE SE

VRYGEWIGHEID.

ONS LEEF IN UITDAGENDE

TYE EN HET ELKE SENT

NODIG OM GOD SE

DROOM VIR ONS

GELOOFSFAMILIE TE LAAT

REALISEER.

DANKIE!