NUUSBRIEF 14/5/2016 (484) -...
Transcript of NUUSBRIEF 14/5/2016 (484) -...
-
© Kopiereg voorbehou 1
NUUSBRIEF 14/5/2016 (484)
Môre julle, Vosburg en omgewing is nat, papnat. Die “jaloersbuie” het gewyk en die hele wêreld is nat. Die “loopreën” het gekom. Die spruitjies loop en die veld rondom Vosburg is nat en die klein dammetjie buite die dorp, wys sy water. Sommige boere het vir 2 jaar geen reën op hulle plase gehad nie, maar by skrywe van die stukkie het talle harte oor die Seën gejubel maar ander het alreeds van die Seën vergeet. Mag ons dit asseblief nie doen nie! Onthou en jubel oor die Seën en Genade oor jou en jou familie se lewens!
Ons bank besonderhede het verander, en ons versoek julle om soos dit vir julle
moontlik is, die volgende bank besonderhede te gebruik vir wanneer julle vir ons
dienste betaal: Nedbank, Tjek rekening nommer: 11 22 812 582 Takkode: 198765
Verwysing: Jou naam en van.
...........................................................................................................................................................
1. TOP 40 MAATSKAPPYE – Interpretasie van tegniese analise.
Wat dink die langtermyn ingeligte kapitaal?
Die maandelikse grafiek het betrekking.
Die moontlike dubbel hoogte (negatief) is steeds met ons en lyn A en lyn B bly steunlyne.
Die indeks is steeds besig met die moontlike “regterskouer” maar ongelukkig lyk dit of die
“regterskouer” momentum na onder kry.
Bo lyn B is almal steeds gelukkig.
A
Dubbel hoogte?
B
-
© Kopiereg voorbehou 2
Die weeklikse Ichimuko kersgrafiek van die top 40 het betrekking.
Die maagopstopper kers (onsekerheid) skep onsekerheid en bo die 200 dae bewegende
gemiddelde kan die positiwiteit weer met ons wees. Onder 44713 kan winsneming voortduur.
‘n Sluit onder lyn B (44897) sal bevestig dat die regterskouer, van die moontlike kop en
skouer formasie maklik momentum na onder kan kry.
Die moontlike dubbel hoogte (negatief) is steeds met ons.
Die Tenkan Sen (groen lyn) bly ‘n weerstand.
Die indeks beweeg binne die Ichimuko wolke maar die Kijun Sen (swart lyn) en die 200 dae
bewegende gemiddelde (45350) verander weer in steune.
Die indeks beweeg binne die Ichimuko wolke (blou op die grafiek), wat beklemtoon dat
beleggers onseker is oor die langtermyn siening van die top 40 indeks. (Ichimuko wolke is
daarvoor bekend dat dit die “vertroue” van die belegger in die mark weergee – bo die wolke
het hulle vertroue en onder die wolke is hulle sku). Die Tenkan – en Kijun Sen verteenwoordig
die 9 en 26 dae bewegende gemiddelde wat gebruik word om Ichimuko wolke se steun te
verbeeld. Die beweging onder die gemiddeldes word dus gesien as gevaarligte wat
aangeskakel word vir mediumtermyn beleggers. Wanneer die 9 dag (Tenkan Sen) se steun
meegee is dit die eerste waarskuwing maar wanneer die 26 dag bewegende gemiddelde
(Kijun Sen) ook meegee as steun word dit gesien dat die sentiment vir mediumtermyn
beleggers negatief gedraai het. Wanneer die twee bewegende gemiddeldes gewoonlik dan
kruis, word dit gesien dat mediumtermyn beleggers liefs die mark moet vermy.
Strategie – onseker.
Vlakke vir rigting (gebruik die vlakke weerskante van die vet gedrukte vlak om te help na
waarheen die top 40 indeks kan gaan in die komende week): 49229 (algehele intradag
hoogtepunt) en 49136, 48861, 48800, 48317, 48195, 48011, 47885, 47935, 47716, 47541,
47460, 47422, 47363, 47236, 47162, 47134, 47053, 47000, 46963, 46932, 46881, 46854, 46763,
46665, 46505, 46410, 46389, 46328, 46286, 46225, 46171, 46130, 46076, 46038, 46000, 45993,
45979, 45858, 45761, 45668, 45616, 45561, 45510, 45403, 45341, 45252, 45102, 45085, 45043,
45026, 45000, 44971, 44929, 44895, 44815, 44788, 44767, 44683, 44642, 44623, 44583, 44547,
44508, 44477, 44454, 44410, 44384, 44347, 44321, 44263, 44244, 44206, 44178, 44129, 44066,
Top 40 indeks
maagopstopper
kers
Ichimuko
wolke
Tenkan
sen
Kijun
sen
Dubbel hoogte?
A
B
-
© Kopiereg voorbehou 3
44049, 44015, 44000, 43979, 43922, 43876, 43858, 43789, 43741, 43720, 43647, 43622, 43558,
43510, 43474, 43405, 43384, 43327, 43268, 43253, 43210, 43287, 43245, 43206, 43120, 43056,
42995, 42953, 42912, 42868, 42831, 42772, 42736, 42676, 42638 42581, 42534, 42455, 42400,
42378, 42314, 42278, 42259, 42200, 42157, 42105, 42093, 42025, 42000, 41976, 41912, 41876,
41826, 41761, 41681, 41651, 41537, 41474, 41356, 41273, 41148, 41052, 41000, 40963, 40834,
40778, 40729, 40705, 40699, 40587, 40565, 40527, 40461, 40394, 40315, 40245, 40211, 40169,
40131, 40060, 39994, 39905, 39814, 39800, 39774, 39712, 39643, 39542, 39475, 39440, 39371,
39358, 39285, 39244 39200, 39175, 39140, 39072, 39000, 38974, 38904, 38875, 38810, 38756,
38716, 38683, 38652, 38624, 38593, 38560, 38538, 38468, 38422, 38375, 38344, 38310, 38265,
38207, 38177, 38140, 38080, 38039, 38000, 37978, 37945, 37914, 37864, 37802, 37760, 37723,
37648, 37600, 37555, 37511, 37473, 37380, 37214, 37180, 37070, 37000, 36940, 36850, 36772,
36568, 36477, 36444, 36393, 36346, 36300, 36260, 36243, 36227, 36205, 36160, 36120, 36100,
36072, 36064, 36026, 36000, 35937, 35888, 35823, 35793, 35776, 35724, 35681, 35654, 35620,
35600, 35580, 35494, 35482, 35455, 35425, 35381, 35360, 35310, 35259, 35220, 35140, 35051,
35000, 34964, 34930, 34870, 34844, 34818, 34781, 34745, 34720, 34684, 34628, 34587 en
34500.
Opsomming vir langtermyn (3 jaar plus siening) beleggers – onseker.
2. INTERNASIONALE MARKTE.
Die Dow Jones.
Die weeklikse grafiek het betrekking.
Die vlag formasie is steeds in plek terwyl lyn A (17535) ‘n steun is. Let daarop dat hulle op die
lyn gesluit het.
Die 200 dae bewegende gemiddelde (17091) is steeds ‘n steun.
Strategie – positief.
3. Indekse/internasionale aandele. (geleenthede en waarskuwings).
Walt Disney Company (DIS) – Nasdaq
Walter Elias Disney was 'n Amerikaanse entrepreneur, animeerder, stem akteur en filmvervaardiger. 'n Pionier in die animasie bedryf. As vervaardiger het hy 22 Academy Awards uit
A Dow Jones
200 dae bewegende gemiddelde
Vlag formasie
-
© Kopiereg voorbehou 4
59 nominasies en hy het meer individuele Oscars as enigiemand anders gewen. In 1920 het hy verhuis na New York met sy broer en die Walt Disney Company begin. In die 1950's het hulle uitgebrei na pretparke. Hulle mark kapitalisasie is $166 miljard en hul inkomste vir die jaar 2016 was $12 miljard. Die weeklikse grafiek het betrekking.
Die instrument is op die Amerikaanse mark genoteer en ons druk dit dus uit in Amerikaanse dollar ($).
‘n Moontlike dubbel hoogte (negatief) waarsku en onder lyn A (91-15) sal dit bevestig word, waarvan die onderste teiken 61 is.
Die 40 week bewegende gemiddelde (103-21) se steun word getoets en bevestig. Bogenoemde is tegniese waarskuwings. Vir spekulante – verkoop onder lyn B (100-36) indien u die formasie wil vooruitloop, en/of
as u wil kort gaan, gaan ook kort onder lyn B, maar gebruik 106-75 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Andersins wag dat lyn A ‘n weerstand word, maar gebruik dan 95-99 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum onder 88-87 kan toeneem is die teikens na onder 86-25, 85-61, 81-88, 78-54, 76-64, 73-52, 72-02, 70-02, 68-03, 67-53, 64-31, 62-16 en 61
Vir medium en langtermyn beleggers – staak akkumulasie onder die 200 dae bewegende gemiddelde en oorweeg om blootstelling te verminder wanneer lyn A in ‘n weeklikse weerstand verander.
Nota – die maatskappy het die week aangekondig dat die “Disney Dollar” gestaak gaan word en hulle resultate was teleurstellend.
]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]
Christelle is ‘n geregistreerde makelaar by SA Stockbrokers. Vir diegene wat opsoek is na ‘n
plaaslike makelaarshuis (met goedkoop fooie) waar jy plaaslike sowel as buitelandse aandele
kan verhandel en boonop ook ‘n buitelandse rekening kan open - kontak gerus vir Christelle by
021 9721034 of [email protected] sodat sy kan help.
Diens aan SA Stockbrokers kliënte – gratis “gedagtes vir verhandeling sms’e” word
uitgestuur op versoek. Rekeninghouers moet egter self die posisie tegnies oorweeg
volgens eie risiko aptyt, wins en/of verlies neem en of keerverlies toepas.
]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]]
4. Die Rand vs. die Amerikaanse dollar.
Die weeklikse lyngrafiek het betrekking.
Disney
40 week bewegende gemiddelde
Dubbel hoogte
A
B
mailto:[email protected]
-
© Kopiereg voorbehou 5
Die verswakking bo lyn A (R15) is steeds in plek.
Bo R15-25 kan ons terug na R15-51. Eers onder lyn A en veral onder R14-72 kan ons weer
tegniese sterkte sien.
Die 200 dae bewegende gemiddelde (groen lyn op die grafiek) wag by R14-68.
Vlakke vir rigting (gebruik die vlakke weerskante van die vet gedrukte vlak om te help na
waarheen die rand kan gaan in die komende week): R8-78, R8-81, R8-84, R8-88, R8-91, R8-
94, R9, R9-06, R9-09, R9-11, R9-18, R9-18, R9-24, R9-27, R9-30, R9-38, R9-40, R9-42, R9-
45, R9-52, R9-55, R9-60, R9-68, R9-77, R9-81, R9-85, R9-91, R10-00, R10-09, R10-11,
R10-17, R10-22, R10-25, R10-30, R10-34, R10-39, R10-48, R10-50, R10-59, R10-65, R10-
69, R10-70, R10-74, R10-76, R10-84, R10-87, R10-91, R10-94, R11, R11-05, R11-10, R11-
14, R11-17, R11-22, R11-27, R11-31, R11-35, R11-39, R11-43, R11-47, R11-58, R11-66,
R11-72, R11-77, R11-81, R11-84, R11-87, R11-92, R11-97, R12, R12-03, R12-06, R12-10
R12-16, R12-20, R12-30, R12-34, R12-39, R12-42, R12-46, R12-52, R12-58, R12-63, R12-
68, R12-74, R12-79, R12-81, R12-84, R12-88, R12-93, R13, R13-09, R13-24, R13-28, R13-
31, R13-44, R13-53, R13-59, R13-64, R13-70, R13-81, R13-85, R13-93, R13-96, R14,
R14-01, R14-12, R14-20, R14-21, R14-33, R14-39, R14-44, R14-49, R14-60, R14-88, R14-
96, R15-03, R15-25, R15-34, R15-41, R15-77, R15-97, R16, R16-03, R16-19, R16-21, R16-
45, R16-76, R16-84, R16-85, R16-88 en R16-95 (algehele hoogtepunt).
Langtermyn tegniese siening – “negatief”.
5. TEGNIESE ANALISE / KENNIS/ VRAE.
Die Dow Teorie (“The Dow Theory”):
Beginsel 1 – gemiddeldes verdiskonteer alles. Die eerste beginsel van die Dow teorie dui daarop dat gemiddeldes die prys verdiskonteer. Dit impliseer dat alle inligting of feite reeds weerspieël is in die huidige prys van die mark en nuwe nuus word baie vinnig verdiskonteer. Met ander woorde, die Dow teorie impliseer dat die die Dow Jones indeks die emosie van beleggers, die rentekoers data, die hangende verdienste aankondigings en mark risiko's weerspieël. Dié indeks is met ander woorde 'n weerspieëling van die gesondheid van Amerikaanse ekonomiese sake en die bewegings weerspieël die menings en verwagtinge van kopers en verkopers. Word vervolg....
Rand vs. $
A
-
© Kopiereg voorbehou 6
6. PLAASLIKE AANDEEL EN/OF INDEKS WAT UITSTAAN.
Ons is tans besig met ‘n reeks wat handel oor die Dow Teorie. Robert Rhea het ‘n briljante tegniese skrywer, Richard Russell, wat in November 2015 oorlede is, so geïnspireer dat hy die “Dow Theory Letters” basies sy hele lewe geskryf het. Ek het die skrywes altyd opgeslurp as jong tegniese analis want die man se insigte het verstom en dit was soms net lekker om te lees oor hoe hy die lewe sien. Een van die aannames van die Dow Teorie is dat die Dow Jones Industriële indeks en die Dow Vervoer Indeks in dieselfde rigting moet beweeg om die tendens van die mark aan te dui. Die grafiek hieronder toon duidelik aan dat die 2 indekse alreeds van tendens verander het. Al wat verskil is dat die Dow Jones Industriële indeks steeds bo sy 200 dae bewegende gemiddelde konsolideer.
Die weeklikse grafiek het betrekking.
Laer hoogtes is sigbaar en ‘n moontlike klein dubbelhoogte by die Dow Industriële indeks.
Die 200 dae bewegende gemiddelde (sien skrywe vroeër in die nuusbrief) by die Dow
Jones is steeds ‘n steun. Dit kan toegeskryf word aan al die manipulasie wat die Federale
Reserwe Raad met goedkoop geld (fiat money) doen.
Die 200 dae bewegende gemiddelde by die Vervoer indeks is alreeds ‘n weerstand. Die
indeks se laer hoogtes kan vertolk word dat dit alreeds ‘n simptoom is dat die
Amerikaanse ekonomie aan die inkrimp is.
Vir spekulante – gebruik skommelinge rondom die 200 dae bewegende gemiddelde in die
Dow Jones om verhandelings te doen.
Vir medium en langtermyn beleggers – die plaaslike mark maak ook laer hoogtes,
waarsku met ‘n moontlike dubbel hoogte of selfs ook n kop en skouer. Tegnies behoort
blootstelling aan die Amerikaanse mark onder die 200 dae bewegende gemiddelde
verminder te word en dieselfde reël behoort toegepas te word by die plaaslike mark.
Nota – persoonlik dink ons dat die Amerikaners hulle stadigaan in ‘n hoek geverf het met
al die stimulasie wat hulle na die markte gestrooi het. Hulle het Amerikaanse dollars
aanhoudend na die mark gegooi en die transport indeks, wat die Amerikaanse
ekononomie goed vergestalt, het nie van die “dollars” gebruik om die ekonomie te
Dow Jones Industriële Indeks
Dow Jones Vervoer Indeks
Laer hoogte en dubbel hoogte?
200 dae bewegende gemiddelde
-
© Kopiereg voorbehou 7
stimuleer nie. Die fiat geld was slegs deur korporatiewe instansies aangewend en dit het
nie by die publiek uitgekom nie. Rentekoerse behoort te styg, maar as hulle (die
Amerikaners en selfs ons), dit te vinnig doen, kan hulle daardie ekonomie verder afkoel.
Verdienstes van maatskappye pla alreeds en die moontlikheid van ‘n resessie in 2017
word deur al meer analiste bespiegel. Wees dus versigtig en wanneer die plaaslike mark
onder sy 200 dae bewegende gemiddelde konsolideer en later onder 41000 breek, moet
tegniese beleggers dit nie verontagsaam nie.
7. GELEENTHEDE EN WAARSKUWINGS (vir medium tot langtermynbeleggers).
KOOP (keerverlies in hakies aangedui) – akkumuleer Sirius bo R8-45 (R7-90), Metair bo R22-
90 (R22), akkumuleer PPC bo R15 (R14-12), Sephaku bo R4-80 (R4-50), klou vas aan Esor bo
30 sent, akkumuleer Astral bo R131 (R124-09), klou vas aan Southern Ocean bo 41 sent,
akkumuleer Astrapak bo R4-50 (R4-05), akkumuleer Argent bo R4-40 (R3-95), akkumuleer Life
Healthcare bo R37-83 (R35-95), akkumuleer Mittal bo R10-10 (R8-50), klou vas aan Atlatsa bo
R1-10, klou vas aan York bo R2-60, akkumuleer Keaton bo 66 sent (53 sent), Delprop bo R6-75
(R6-31) en klou vas aan Prescient bo R1-05.
VERKOOP (steunvlak wat waarsku of gewaarsku het in hakies aangedui) – ISA (staak
akkumulasie), Capitec (staak akkumulasie), CIL (staak akkumulasie), Coronation (staak
akkumulasie), Transcap (staak akkumulasie), Bidvest (staak akkumulasie), Santam (staak
akkumulasie), Sygnia (staak akkumulasie), Brait (R153-15), Wescoal (staak akkumulasie),
Sibanye (staak akkumulasie), Truworths (staak akkumulasie), Attacq (staak akkumulasie) en
Rebosis (R10-57).
Spekulasie geleenthede (lank op ssf/cfd slegs vir die groter aandele) vir
korttermynbeleggers (keerverlies in hakies aangedui) - Blackstar bo R9 (R8-60), Chrometco
eers bo 10 sent (8 sent), Jubilee bo 67 sent (64 sent), klou vas aan Mazor bo R1-45, klou vas
aan Dawn bo R4-15, klou vas aan Altron N bo R5-60, Oando bo 63 sent (55 sent), Telkom bo
R58-45 (R55-50), Purple bo 60 sent (55 sent), Texton bo R8-50 (R8-15) en klou vas aan Brent bo
$45-10.
Spekulasie geleenthede (kort) vir korttermynbeleggers (keerverlies in hakies aangedui) –
JSE eers kort onder R156-99 (R167-49).
8. SLOT GEDAGTE.
Die top 40 indeks veg nou al geruime tyd die 200 dae bewegende gemiddelde. Die mark is
steeds oorverkoop op die daaglikse grafieke. Indien die mark, wanneer die lopie vanuit die
oorverkoopte situasie kom, en die mark konsolideer weer bo die 200 dae bewegende gemiddelde
en sak weer daarvandaan terug, kan ons redelik seker wees dat wanneer 45000 weer ‘n
weerstand word, die vlak van 41000 se steun weer opgesoek sal word.
Groete
Frans en Christelle
“kan die moontlike herstel lopie die 200 dae bewegende gemmidelde weer ‘n steun hou.......” - anoniem
Hierdie dokument bevat tegniese ontledings van objektiewe inligting aangaande markte en produkte. Geen deel van hierdie dokument moet geïnterpreteer word as
beleggingsadvies nie. Die skrywer is nie vertroud met die leser se beleggingsmotiewe, finansiële posisie en behoeftes nie en aanvaar dus geen verantwoordelikheid
vir verliese of skade as gevolg van die aanwending van hierdie ontledings nie. Sodanige verantwoordelikheid lê by die leser.
Moenie huiwer om die skrywer te kontak indien u die spesifieke terminologie vreemd vind nie. Die doel van die nuusbrief is om lesers in tegniese analise kundig op
te lei.
Die skrywer ontleed graag aandele op versoek en bied opleiding in tegniese analise aan.
Hierdie nuusbrief is net vir gebruik deur ingeskrewe lesers bedoel. Dit mag nie in geheel of gedeeltelik gekopieer, gefotostateer of elektronies versend word sonder
toestemming van die skrywer nie. Enige persoon wat homself daaraan skuldig maak stel homself bloot aan regsaksie.
-
© Kopiereg voorbehou 8