Noordkaap 4 sept 2013

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 4 September 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Groot sport in Kby Ruan Bruwer DIE grootste en omvattendste skole- sport-toernooi in die land word vir die volgende twee jaar in die Dia- mantstad aangebied. Die Wildeklawer-Superskole- toernooi is vir 2014 en 2015 aan Kim- berley toegeken. Die hoofborg, Wil- deklawer, se borgskap beloop ’n paar miljoen rand. Altesaam 2 558 spelers, afrigters en ander ampsdraers, ’n verdere 336 beamptes, sowel as die spelers se ou- ers en ondersteuners van 112 span- ne, gaan volgende jaar na Kimber- ley opruk. Na raming kan tot 5 000 besoekers oor die vier dae (27 tot 30 April) verwag word wat ’n ekono- miese inspuiting van tot R40 mil- joen vir die stad inhou. Kimberley het in 2011 en 2012 gas- heer vir die toernooi gespeel met Maritzburg College wat vanjaar die aanbieder was aangesien hy sy 150ste bestaansjaar vier. Wat in 2009 in die Paarl as slegs ’n rugbytoernooi begin het, het se- dertdien aansienlik uitgebrei met netbal wat ’n jaar later bygekom het en in 2011 met junior spanne (o.14, o.15 en o.16) vergroot is. In 2014 word die toernooi nog om- vattender met rugby- en netbalwed- stryde vir laerskole. Die Laerskool Newton sal een van tien deelnemen- de rugbyspanne wees. Agt ander o.13-ontwikkelingspanne kom uit die Noord-Kaap en hierdie spanne gaan demografies verteenwoordi- gend wees. Met 24 van die 112 span- ne komende uit die Noord-Kaap (wat 21,4% van die toernooi uit- maak), kry die provinsie se leerlin- ge beslis ook ’n geleentheid om op hierdie grootse toernooi hul stem- pel af te druk. Sedert die eerste toernooi het vier spelers wat daaraan deelgeneem het – Johan Goosen (Grey-kollege), Jaco Taute (Monument), Steven Kitshoff (Paul Roos-Gimnasium) en Frans Malherbe (Hoër Jongenskool Paarl) – hul Springbokkleure ver- ower terwyl 19 spelers al Superrug- by en Curriebeker gespeel het. Die toernooi is geskoei op krag teen krag en is die enigste in sy soort in die land waar al die voorste spanne op dieselfde toernooi in ak- sie is. SuperSport se ranglys word in berekening gebring om die span- ne vir die toernooi te bepaal. Van die rugbyspanne wat volgen- de jaar na Kimberley sal reis, is Mo- nument, Affies, Waterkloof, E.G. Jansen, HTS Middelburg, Glen- wood, Grey-kollege, Boland-Land- bou, Paarl-Gimnasium, Paul Roos, Outeniqua, Hoër Jongenskool Paarl en Maritzburg College. Die Hoërskole Diamantveld en Noord-Kaap is die twee Noord- Kaapse rugbyspanne wat gekeur is met eersgenoemde wat een van die 12 o.19-netbalspanne uitmaak. SuperSport sal weer al die rugby- wedstryde regstreeks uitsaai. Een van die grootste uitsendings van die kykNET-program Super- rugby word in ’n tent van 3 000 men- se beplan. Die plaaslike regering het sy volle steun aan die toernooi gegee en die Noord-Kaapse departe- ment van sport, kuns en kultuur het onderneem om hand by te sit waar nodig. Volgens die organiseerders kan dit ’n jaarlikse instelling word wat sinoniem met Kimberley is. “Hierdie toernooi is ’n uitvloeisel van wat die mense wil hê. Ons wil graag iets besonder groot vir die Noord-Kaap doen. As ons ’n sukses van die volgende twee jaar se toer- nooie kan maak, is die kanse goed dat dit permanent na Kimberley sal kom,” het Louis de Kock van Wilde- klawer gesê. Die skole wat ingespan gaan word om wedstryde op sy geriewe aan te bied is Diamantveld, Kimberley Ju- nior, Newton, CBC, Staats en dan moontlik ook die A.R. Abass-stadi- on. DIE vernaamste betrokkenes in die Wildeklawer-Superskole-toernooi is Basjan Reinhardt (toernooi-direkteur), Louis de Kock (Wildeklawer, hoof- borg), Cora de Kock (Wildeklawer, hoofborg), Maggie du Plessis (netbaltoernooi-bestuurder) en Cassie Carstens (toernooi-hoofbestuurder). Vol- gens De Kock is spanne oor die algemeen baie geneë om na Kimberley te reis en is dit vir die meeste maklik om hierheen te reis en geniet hulle dit hier. Sedert Affies in 2011 en 2012 vir die Wildeklawer-Superskole hierheen gekom het, het hulle weer in Kimberley teen die Hoërskole Noord-Kaap en Diamantveld kom speel. Foto: Ruan Bruwer Groet op ’n hoogtepunt bl. 12 Nie te oud vir fietsry bl. 3 Lekker op die Gariepfees bl. 10

description

Noordkaap 4 sept 2013

Transcript of Noordkaap 4 sept 2013

Page 1: Noordkaap 4 sept 2013

Tel (053) 831 2331 Woensdag 4 September 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Groot sport in KbyRuan Bruwer

DIE grootste en omvattendste skole-sport-toernooi in die land word virdie volgende twee jaar in die Dia-mantstad aangebied.Die Wildeklawer-Superskole-

toernooi is vir 2014 en 2015 aanKim-berley toegeken. Die hoofborg, Wil-deklawer, se borgskap beloop ’npaar miljoen rand.Altesaam 2 558 spelers, afrigters

en ander ampsdraers, ’n verdere 336beamptes, sowel as die spelers se ou-ers en ondersteuners van 112 span-ne, gaan volgende jaar na Kimber-ley opruk. Na raming kan tot 5 000besoekers oor die vier dae (27 tot 30April) verwag word wat ’n ekono-miese inspuiting van tot R40 mil-joen vir die stad inhou.Kimberley het in 2011 en 2012 gas-

heer vir die toernooi gespeel metMaritzburg College wat vanjaar dieaanbieder was aangesien hy sy150ste bestaansjaar vier.

Wat in 2009 in die Paarl as slegs’n rugbytoernooi begin het, het se-dertdien aansienlik uitgebrei metnetbal wat ’n jaar later bygekomheten in 2011 met junior spanne (o.14,o.15 en o.16) vergroot is.In 2014 word die toernooi nog om-

vattender met rugby- en netbalwed-stryde vir laerskole. Die LaerskoolNewton sal een van tien deelnemen-de rugbyspanne wees. Agt andero.13-ontwikkelingspanne kom uitdie Noord-Kaap en hierdie spannegaan demografies verteenwoordi-gend wees. Met 24 van die 112 span-ne komende uit die Noord-Kaap(wat 21,4% van die toernooi uit-maak), kry die provinsie se leerlin-ge beslis ook ’n geleentheid om ophierdie grootse toernooi hul stem-pel af te druk.Sedert die eerste toernooi het vier

spelers wat daaraan deelgeneemhet – Johan Goosen (Grey-kollege),Jaco Taute (Monument), StevenKitshoff (Paul Roos-Gimnasium) en

Frans Malherbe (Hoër JongenskoolPaarl) – hul Springbokkleure ver-ower terwyl 19 spelers al Superrug-by en Curriebeker gespeel het.Die toernooi is geskoei op krag

teen krag en is die enigste in sysoort in die land waar al die voorstespanne op dieselfde toernooi in ak-sie is. SuperSport se ranglys wordin berekening gebring om die span-ne vir die toernooi te bepaal.Van die rugbyspanne wat volgen-

de jaar na Kimberley sal reis, is Mo-nument, Affies, Waterkloof, E.G.Jansen, HTS Middelburg, Glen-wood, Grey-kollege, Boland-Land-bou, Paarl-Gimnasium, Paul Roos,Outeniqua,Hoër Jongenskool Paarlen Maritzburg College.Die Hoërskole Diamantveld en

Noord-Kaap is die twee Noord-Kaapse rugbyspanne wat gekeur ismet eersgenoemde wat een van die12 o.19-netbalspanne uitmaak.SuperSport sal weer al die rugby-

wedstryde regstreeks uitsaai.

Een van die grootste uitsendingsvan die kykNET-program Super-rugbyword in ’n tent van 3 000men-se beplan. Die plaaslike regeringhet sy volle steun aan die toernooigegee en die Noord-Kaapse departe-ment van sport, kuns en kultuur hetonderneem om hand by te sit waarnodig. Volgens die organiseerderskan dit ’n jaarlikse instelling wordwat sinoniem met Kimberley is.“Hierdie toernooi is ’n uitvloeisel

van wat die mense wil hê. Ons wilgraag iets besonder groot vir dieNoord-Kaap doen. As ons ’n suksesvan die volgende twee jaar se toer-nooie kan maak, is die kanse goeddat dit permanent na Kimberley salkom,” het Louis de Kock vanWilde-klawer gesê.Die skolewat ingespan gaanword

om wedstryde op sy geriewe aan tebied is Diamantveld, Kimberley Ju-nior, Newton, CBC, Staats en danmoontlik ook die A.R. Abass-stadi-on.

DIE vernaamste betrokkenes in die Wildeklawer­Superskole­toernooi is Basjan Reinhardt (toernooi­direkteur), Louis de Kock (Wildeklawer, hoof­borg), Cora de Kock (Wildeklawer, hoofborg), Maggie du Plessis (netbaltoernooi­bestuurder) en Cassie Carstens (toernooi­hoofbestuurder). Vol­gens De Kock is spanne oor die algemeen baie geneë om na Kimberley te reis en is dit vir die meeste maklik om hierheen te reis en geniethulle dit hier. Sedert Affies in 2011 en 2012 vir die Wildeklawer­Superskole hierheen gekom het, het hulle weer in Kimberley teen die HoërskoleNoord­Kaap en Diamantveld kom speel. Foto: Ruan Bruwer

Groet op ’nhoogtepunt

bl. 12

Nie te oud virfietsry

bl. 3

Lekker op dieGariepfees

bl. 10

Page 2: Noordkaap 4 sept 2013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013

KLEIN Daniel Faber is net drie jaar oud, maar sy tegniek om suksesvol pale toe aan te lê is baie naby aan perfek. Só doen hy dit:

Klein Daniel ken van pale toe skop

PA Ivan gee die balletjie vir Daniel aan.Pa speel die rol van baljoggie en moetdie bal gaan haal as Seun klaar geskophet. Foto’s: Ruan Bruwer

DIE bal word baie noukeurig op dieskopkegel gestel. HY tree aan.

HY korrel pale toe.

HYwil­wil vorentoe komom te skop,maar steek dan eersvas . . .

DIE student loer eers vir sy leer­meester, want hy het iets ver­geet . . .

DÍS wat hy vergeet het – om teblaas soos Johnny Wilkinson mosdoen. Daniel het sy skopstyl ge­deeltelik op dié van die voormaligelosskakel en stelskopmeester vanEngeland en die Britse Leeus ge­skoei.

DAN kom hy vorentoe, ene konsentrasie enoë op die bal gefokus.

DIE bal neem koers pale toe, maar gaan dit genoeg in­swaai verby die linkerkantste regoppaal, wonder Daniel?

HY kyk die bal angstig na. Dis oor! Dan gooi Pa weer diebal terug en Daniel herhaal die proses. As hy moeg wordvir pale toe skop, haal hy sy skrumpet af, bêre hy die balen haal hy sy krieketkolf uit. Dan speel die twee ’n bietjiekrieket.

132

4

5

76

89

10

Page 3: Noordkaap 4 sept 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013 3

DATUM: Donderdag 5de Sept.

TYD:TYD: 12h12h30 -30 - 14h14h0000ofof 18h18h00 -00 - 19h19h3030

WAARWAAR: PRPROOTTEAEA HOTELHOTELWest Circular Straat, KIMBERLEY

RSVP:RSVP: JENNY ELLINASJENNY ELLINAS083 448 8734 / [email protected]

~ Geniet Europa op jou voorstoep

~ Uitstekende mediese geriewe

~ Engelssprekende land

~ Mediterreense klimaat

~ Volle lid van die EU

~ Baie VEILIGE land ! ~ Beleggingsgeleenthede Eksklusiewe bemarking agent vir

Verkry EU VERBLYFSREGTE of ‘n PASPOORTinligting seminare uitnodiging:

~ Moderne infrastruktuur

Kontak ons : 0860 CYPRUS / www.cypriotrealty.com

BESEF JOU“PLAN B”IN CYPRUS

Klein Daniel en sypa al soos ‘celebs’

Ruan Bruwer

RUGBYKYKERS wat vanjaar beplanom die Griekwas se wedstryde opGWK-park by te woon, kan dit sterkoorweeg om so twee uur voor afskopal ’n draai langs die hoofpaviljoen tegaan maak.Dis nou noord van die paviljoen

waar die nuwe groot skerm opgerig is.Daar sal jy sonder twyfel die drieja-

rige knapie Daniel Faber aantref.Hy is sedert verlede jaar ’n gereelde

gesig by die stadion enmis nie makliksy gunsteling-span se wedstryde nie.Nie net is dit kostelik om hom te sienhoe hy pale toe skop nie, maar hoe hygeklee is, maak van hom ’n groot tref-fer.Benewens Daniel se skrumpet,

skouerkussinkies, rugbytruitjie ensokkies, kom sowat vier rugbyballe, ’nskopkegel, “rugbypale”, ’n krieketkolfen -bal saam. Die pale is twee stokke

wat in ’n hoop grond ingedruk wordwat dan as pale dien. Sy pa, Ivan, is syafrigter.Daniel verwys na sy skrumpet as sy

“Vittie Vittie”, verwysend na VictorMatfield (sy groot held) wat sy heleloopbaanmet ’n skrumpet gespeel het.Wat merkwaardig van Daniel is, is

hoe goed hy sy rugga ken. Hy ken diespelers op die naam. Jy kan hommaarvra wie speel nommer 2, 3, 11 of 14 virGriekwas. Hy sal jou kan sê. Of watGriekwas se uitslae tot dusver in diereeks is. Rocco Jansen is sy gunste-ling-speler.Hy ken selfs die Griekwas-liedjie,

Ons is die Griekwas, en sing dit ewemet sy hand op die bors. Of as jy homvra om die volkslied te sing gryp hyinstinktief na sy bors.Klein Daniel is tydens die 2011-Wê-

reldbeker-rugbytoernooi die eerstekeer aan die spel bekend gestel. Hywas toe amper twee jaar oud. Hy gaan

volgens sy ouers behoorlik “mal” ty-dens wedstryde op die televisie.Hy en sy pa is vinnig besig om celebs

by die stadion te word met baie men-se wat foto’s neem of net in verwonde-ring staan en kyk hoe hy pale toe aan-lê.Daniel se skoptegniek is geskoei op

dié van Johnny Wilkinson en PercyMontgomery, voormalige stelskop-pers van Engeland en Suid-Afrika on-derskeidelik. Hy het ’n video vanMontgomery, Kicking with Percy on-der oë gehad en het duidelik mooi op-gelet.Volgens Ivan is die hele gesin baie

groot ondersteuners van die Grie-kwas, hoofsaaklik vanweë die geleent-hede wat spelers hier gegun word.) Gaan maak ’n draai op www.noord-kaap.co.za om videogrepe van Danielte sien van hoe hy pale toe skop of hoehyOns is dieGriekwas sing of in ’n lyn-staan spring. Dis die kyk werd!

PERSONEELLEDEvan die PreprimêreSkool Newton hetVrydag Lentedaggevier deur ’nboom te plant,piekniek te hou enweer ’n slag jonkte wees. Hoewelhulle gesukkel hetom op die fietse tepas het Zuriëthavan Zyl en TrudyCoetzee nieteminprobeer om ’nentjie op hulfietsies te ry.

Foto: Verskaf

Nooit te oudvir speel

Page 4: Noordkaap 4 sept 2013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

SO MAAK DIE WEER MINIMUM MAKSIMUMDONDERDAG 2 °C 24 °CVRYDAG 2 °C 24 °CSATERDAG 5 °C 28 °C

SUID-AFRIKA, spesifiek die regering,pluk met die swak rand nou die vrugtevan wat hy lankal gesaai het.

Die huidige swak vertoning van diegeldeenheid is gewis nie net ’n reaksieop die vlaag stakings wat gewoonlik diétyd van die jaar ontwrigting veroorsaaknie.

Daar was al erger stakings sonderdat die geldeenheid só erg gereageerhet.

Die swakker rand is eerder die gevolgvan ’n reeks strukturele probleme watoor ’n lang tyd kom en wat die ekono-mie se mededingendheid erg verswakhet.

Dit is tot nou toe verbloem deur

die sterk invloei van oortollige ka-pitaal uit ontwikkelde lande watdie hoër rentekoerse in ontluikendemarkte soos Suid-Afrika nagejaaghet.

Die stroom geld is aan die opdroog,want die tekens is daar dat die grootekonomieë herstel, wat dit vir beleggersweer die moeite werd maak om in huleie lande te belê.

En nou sit Suid-Afrika met ’n ysliketekort op sy lopende rekening.

Naas onbuigsaamheid in die arbeids-mark waar stakings lei tot hoë kosteen laer produktiwiteit het ander fak-tore ook ’n invloed, soos hoë belas-ting en oormatige staatsinmenging.

Saad vir die swakrand lankal gesaai SKETS: Danie Cronjé.

BERIGTE wat die afgelope week nuusgemaak het:) Grafgrawers van die Sol Plaatje-munisipa-liteit het ’n afgryslike ontdekking gemaaktoe hulle op die vars graf van ’n babaafgekom het wat oopgegrawe is.

Die kis met die babameisie se lyk wassteeds in die graf, maar die baba was kaal.Haar doek, twee opgerolde stukke koerantpa-pier en ’n ronde metaaldeksel was ook indie graf.

Die vroeggebore baba, wat dood is toe syses dae oud was, is op 13 Augustus in dieWeseinde-begraafplaas, in haar klere, terruste gelê.) Twee mans het die munisipale varspro-duktemark in Cecil Sussmanstraat van ’ngroot bedrag beroof nadat hulle doodluitersingestap en die personeellede aangehou het.Die rowers het hulle as klante voorgedoenwat die bestuurder wou spreek. Dit is dietweede soortgelyke rooftog in twee jaar bydie mark.) Tussen R24,3 miljoen en R35,7 miljoenword van ’n maatskappy geëis waarvanJohn Block, LUR vir finansies, ekonomiesesake en toerisme, ’n direkteur is, ná ’nhofbeslissing dat die maatskappy onwettigsout gemyn het.

Saamwerk Soutwerke eis dié bedrae,gegrond op verlies aan inkomste, van SA

Soutwerke en die minister van mineraleronne.) Die eerste skraapwerk vir die nuweuniversiteit in Kimberley het reeds beginmet die bouwerk wat na verwagting inSeptember sal begin. Die skraapwerk, watsowat drie weke gelede begin het, is op diesportveld op die Elliott-kollege van dieNoord-Kaapse Kollege vir VoortgesetteOnderwys en Opleiding se terrein. Diéterrein sal die hoofkampus van die universi-teit huisves.

Die noordelike kampus beslaan die gebiedrondom die Oppenheimertuin. Dit sluit diekampus van die kollege en die hoofgebouvan die NIHO in.) Die ongehoorde koue het besoekersgetallena die Gariep Kunstefees Vrydag en Sater-dag beïnvloed. Sowat 3 000 minder mense hetdie fees op dié koue dae besoek. Die produk-sies se kaartjies het goed verkoop. Al dievertonings was 80% of meer vol.

GEBEURTENISSE op 4 September in diegeskiedenis:1939 – Genl. J.B.M. Hertzog bedank as pre-

mier uit protes teen Suid-Afrika se toetredetot die TweedeWêreldoorlog.Genl. J.C. Smutsvolg hom op.1950 – Die strokiesprent Beetle Bailey, in

Suid-Afrika as Seppie bekend, verskyn dieeerste keer.1965 – Dr. H. F. Verwoerdmaak dit duidelik

geen Maori sal in enige Nieu-Seelandse span-ne toegelaat wordwat na Suid-Afrika toer nie.1985 – Frankrykmaak bekend dat die wrak

van die Titanic sowat 900 km van Newfound-land af ontdek is.1989 – Aartsbiskop Desmond Tutu, dr. Al-

lan Boesak en dr. Beyers Naudé word in ’nKaapstadse kerk in hegtenis geneem.1998 – Die Amerikaanse studente Larry Pa-

ge en Sergey Brin begin die soekenjin Google.2002 – Kelly Clarkson (20) wen die eerste

Amerikaanse Idols-sangkompetisie.2006 – Die Australiese natuurlewe-entoesi-

as Steve Irwin (44) word noodlottig deur ’n

pylstertvis gewond terwyl hy by die Groot Ko-raalrif aan die Oos-Australiese kus ’n doku-mentêre program maak.

Geboortes op dié dag:1952 – Regardt van den Bergh, Suid-Afri-

kaanse akteur en regisseur.1955 – Garth le Roux, gewese Suid-Afri-

kaanse krieketspeler.1955 – Willie du Plessis, gewese Springbok-

senter.1971 – Lance Klusener, gewese Protea-krie-

ketspeler.1981 –BeyoncéKnowles, Amerikaanse pop-

sangeres.

Hannes Noëth

DIT is die gebruik in die meeste van ons kerk-gemeentes datwanneer jong lidmate hul geloofbely, ontvang hulle elkeen ’n Bybel en ’n serti-fikaat.

Gewoonlik met mooi woorde en seënbedes.Elke kerkgenootskap het mos maar sy eie ge-bruike. Dit is hoe dit meestal by ons werk. Vireen so ’n groep het ek die dag hul Bybels ensertifikate oorhandig, hulle gelukgewens engevra hulle moet so ’n oomblik bly staan – ekwou graag vir hulle nog iets ekstra gee.

Nadat al die formaliteite afgehandel is, haalek my presentjie vir elkeen van hulle uit. Ditwas nie juis duur nie, ook nie juis kosbaar nie,maar ek het geweet dit sou vir hulle kosbaarwees. Dis mos lekker om vir iemand iets te geewat jy weet hy/sy sal koester. Ek het vir hulleelkeen ’n houtlepel gegee, met ’n strikkie om.Belaglik ja, ek weet, maar hulle en die gemeen-te het verstaan.

So nou en dan as ek met hulle kontak het,vertel hulle hoe hulle nog hul houtlepel bêre.

Die storie van die houtlepel was soos volg:Pas bevestig in dieBosveld-gemeente het ek ge-sien hierdie Bosveld-seuns gaan vir my roermet die godsdiensonderrig.

Hulle is seuns uit die veld, ken van boer, kenvan kattekwaad en ken van met ’n domineesukkel. Vroeg-vroeg het ons mekaar se gesaggemeet en ek het gesien hier gaan dit nie werknie. Ons het saam besluit: As hul werk die vol-gende keer gedoen is (positief), sou hulle be-loonword, en indien nie (dit wasmy vraag aanhulle), wat dan?

“Dan looi dominee ons,” het hulle geant-woord, want sê hulle, “ ’n akkoord is ’n ak-koord, dominee, ’n mens breek dit nie.”

VolgendeMaandag was hul werk nie gedoennie! Wat nou? ’n Akkoord is ’n akkoord, seuns,’n mens breek dit nie. So, heel onkonvensio-neel, tog met goeie gesindheid onderling, looidie dominee hulle met ’n houtlepel. Ek was nievir hulle kwaad nie, hulle nie vir my nie.

Treffend dus was die woordvoerder van diegroep se woorde dié belydenisdag: “Ons hetvandag, met ons belydenisaflegging, ons ‘ja’voor die Here gesê, almal van onsmoet onthou– ’n akkoord is ’n akkoord.”

Houtlepel het spesiale betekenis

Page 5: Noordkaap 4 sept 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013 5

Ruan Bruwer

NOORDKAAP en GWK Properties is opsoek na daardie lojale Griekwas-ondersteu-ners wat met elke tuiswedstryd op diepaviljoen sit en hul span aanmoedig.Die vennote het twee kompetisies waarin

ondersteuners lekker pryse kan wen – en jyhoef nie veel moeite te doen om te wen nie.In die eerste kompetisie, waarin die

eerste wenner reeds beloon is, moetGriekwas-ondersteuners net in hul Pou-bloutruie na die wedstryde op GWK-parkopruk.Noordkaap se fotograaf neem lukraak

mense op die paviljoen met sy lang lens af.As jy in jou Poubloutrui afgeneem is en diefoto verskyn volgende Woensdag in diekoerant is jy danksy GWK Properties ’nR700-kontantprys ryker. Die kompetisie geld

al die Griekwas se tuiswedstryde.Dan is daar die groot kompetisie – die

prys hier is ’n naweek vir twee op dieMagersfontein Memorial Gholf Estate. Dieprys se waarde is sowat R2 500.Om hiervoor in aanmerking te kom moet

ondersteuners ál vyf die Griekwas setuiswedstryde bywoon. Ná die laastewedstryd op 5 Oktober teen die Cheetahsgaan ondersteuners ’n paar dae hê om virNoordkaap vyf verskillende foto’s te stuurwat as bewys dien dat hulle al vyf wedstry-de bygewoon het.Hou in gedagte dat foto’s verkieslik

tydens die wedstryd geneem moet word metdie twee spanne op die agtergrond sodat ’nmens kan sien by watter verskillendewedstryde dit was.Dit kan “selfies” (foto’s wat jy van jouself

neem) wees, of jy kan saam met jou geliefde

of vriend afgeneem word. Niemand wil mosalleen vir ’n foto poseer nie.Vra sommer iemand uit die skare om met

jou kamera of selfoonkamera ’n kiekie teneem.Die foto se gehalte dra nie gewig nie.Hou daardie foto’s en stuur hulle ná 5

Oktober per e-pos vir Noordkaap. Diee-pos-adres sal nader aan die tyd verskafword.Jy hoef nie ’n Griekwa-trui vir dié

spesifieke kompetisie te dra nie.Uit die inskrywings wat Noordkaap kry

(dit moet vyf foto’s wees wat tydensGriekwas se vyf tuiswedstryde in dieCurriebekertoernooi geneem is), sal dan ’nnaam getrek word wat die prys van dienaweek op Magersfontein sal wen.Moet dus nie Griekwas se tuiswedstryd

Saterdag teen die Leeus misloop nie.

Wenmet foto’s te kiek en keur

DIE twee wenners wat elk ’n dubbel-kaartjie na die twee toneelstukke Strip!en Kytie – ’n Koos Kombuis-storie op dieGariep Kunstefees gewen het, is onder-skeidelik Anelmie Nel en StephenQuinn.

Húlle wen

Ruan Bruwer

NIEMANDwatvoorspellings gewaaghet indierugbyraai-kompetisie van Noordkaap, in sa-mewerking met die Flamingo-casino, het Sa-terdag se telling reggehad nie.Die Vrystaat-Cheetahs was met 40-20 baas.Omdat niemand die eindtelling reggeraai

het nie, het ons gekyk wie se voorspelling dieGriekwas se eindtelling reg het of die naastedaaraan is.Kowie du Toit het 20 punte vir die Griekwas

reg voorspel wat hom ’n tweede agtereenvol-gende week die wenner maak.Hiermee wen Kowie ’n R350-eetbewys van

die Harvest Charcoal Grill-restaurant by diecasino.) Die kompetisie duur die hele Curriebeker-reeks – dus is dié prys elke week op die spel.Lesers moet elke week raai wat hulle reken

die eindtelling in die Griekwas se wedstryd indie Curriebeker-reeks daardie naweek gaanwees.Deelnemers moet hul telling SMS voordat

die wedstryd begin. In die naweek se geval(Griekwas speel tuis teen die Leeus) moet dieSMS voor Saterdag om 15:00 gestuur word. ’nSMS daarna word nie in aanmerking geneemnie.Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527.

Begin die SMS met die sleutelwoord “Telling”gevolg deur die telling en jou naam. Byvoor-beeld: Telling Griekwas 40 Leeus 30 JanSnyman.Jy kan meer as een keer ’n voorspelling

waag, maar slegs een voorspelling per SMS.Elke SMS kos R1,50.Die wenner sal Maandag per SMS in kennis

gestel word hoe en waar hy of sy die prys kanafhaal.

Sy raaiskoottref weer

ELZA ERASMUS se antwoord in Noordkaapen SuperSport se sporttrivia-kompetisie waskorrek.Hiervoor ontvang sy ’n geskenkpakvanR250

van SuperSport. Die vraag was wat die tellingtussen die Blou Bulle en die SWD-Arende in1997 se Curriebekerwedstryd was.Sy het korrek geantwoord: 30-18.

DIE twee gelukkige menses wat elk ’n dubbel-kaartjie na Bonnie Tyler se konsert verledeSondag in Bloemfontein gewen het, is Anne-marie Smit en Friedemari Slabbert. Die kom-petisiebesonderhede was op die webwerf.

Geskenkpak gewen

Waswanners

Page 6: Noordkaap 4 sept 2013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013

DRIE van die Hoërskool Noord-Kaap se leerlinge het A++-simbole (diebeste prestasie) op die Noord-Kaap-kunsfees behaal. Hulle is NathanCarlo (twee keer vir klavier), Cherie Bredenkamp (eksperimentelenommer) en Sisca Julius (voordrag).

ZIMKITHADUZE van die Hoërskool Noord-Kaap het ’n nasionale eer-ste plek vir redenaars in die tweede addisionele taalafdeling vir juniorhoërskoolleerlinge behaal. Boineelo Kgoronyane het op haar beurt’n nasionale derde plek vir redenaars in die tweede addisionele taalaf-deling vir senior hoërskoolleerlinge verower.

DIE Hoërskool Noord­Kaap (HNK) het hom op die senior Afrikaans­olimpiade (gr. 10 totgr. 12) weer goed van sy taak gekwyt. In die huistaal­afdeling (2 291 leerlinge het in diéafdelingdeelgeneem)wasSoletCrafford tiende indieNoord­Kaap. In die afdeling vir eersteaddisionele taal (3 897 leerlinge het hulle ingeskryf)was KurtisMpisi eerste in die provinsieen onder die top­100 in die land, Bradley Ludick tweede, Eureez Pommer vyfde en IrfaanKana en Zané Oppel gesamentlik sesde. Van links is Crafford, Mpisi, Ludick, Pommer, Kanaen Oppel. Foto’s: Ruan Bruwer

DIEUniversiteit vandieVrystaat (UV) sewêreldkennisolimpiadevir hoërskole het uitmeer­keusige vrae bestaan en oor aktuele onderwerpe uit koerante, tydskrifte, boeke, radio,televisie en ensiklopedieë gehandel. HNK se Austin O’Brien was die provinsiale wennerin die gr. 8­afdeling,MatthewWessels die provinsialewenner in die gr. 9­afdeling,MichelleKenny tweede in die provinsie in die gr. 10­afdeling en SimonMuller derde in die provinsiein gr. 9­afdeling.Van links isWessels, KennyenMullermet hul sertifikate. Afwesig:O’Brien.

DIE trofeewenners op HNK se kultuur­toekenningsgeleentheid is van links, voor: MoniqueBredenkamp (alsydigste kultuurleerling en beste prestasie in redenaars op senior vlak indie eerste addisionele taal­afdeling), Tlotlo Lesetedi (leierskap en toewyding vir Rotariërs),Michelle Kenny (beste prestasie in redenaars op senior vlak in die huistaal­afdeling) enThozama Bosman (beste junior debatleerling); agter: Zimkitha Duze (beste prestasie inredenaars op junior vlak in die tweede addisionele taal­afdeling), Boineelo Kgoronyane(beste prestasie in redenaars op senior vlak in die tweede addisionele taal­afdeling), MarliVermeulen (grootste bydrae gelewer tot die sukses van die skoolkoerant), Daniel Forlee(uitstekende prestasie inmusiek), Ansori Strauss (lidwat die grootste bydrae tot die lands­diensklub gelewer het) en Katelyn Towell (beste junior debatleerling). Afwesig: CherieBreenkamp (beste prestasie in redenaars op junior vlak in die Afrikaans eerste addisioneletaal­afdeling).

MEMBERS of the newly elected Rotary Interact Committee of Northern Cape High arefrom the left, front: Refiloe Kuoe, Refilwe Mothobi, Monique Greeff and Ayanda Ndzilili;back: Adrian van Zyl, Cassandra Jones and Kamogelo Monamodi. Absent: Rozelle Ros­souw.

AT the University of the Free State’s (UFS)World Knowledge Olym­piad for high schools Tlotliso Fokazi (left, gr. 11) andKimberlin Brink(gr. 10) of Kimberley Girls’ High both achieved a first place in theNorthern Cape in their age groups.

THREE learners of Kimberley Girls’ High achieved an A++ symbol(the highest achievement) at the Northern Cape Arts Festival forschools. From the left are Rejoice Busang (solo singing), Jolene For­lee (two A++ for piano) and Bonolo Lute (poem).

REGS: HTS Kimberley hetweer goed gevaar op diejaarlikse provinsiale brugbou­kompetisie wat deur dieSuid­Afrikaanse Instituut virSiviele Ingenieursweseaangebied is. Drie van dieskool se spanne het onder­skeidelik eerste, tweede enderde geëindig. Die gr. 12­span wat gewen het, se brugkon ’n enorme gewig van157 kg dra. Die span gaan nouna Pretoria om aan dienasionale brugboukompetisiedeel te neem. Die spanlede isvan links Keenan Cloete,Brandon Miller en JustinWhitebooi.

TWEE van HTS Kimberley se leerlingehet bronsmedaljes op die provinsialeEskom­ekspo vir Jong Wetenskaplikesbehaal. Hulle is Thabang Makaudi enLebogang Motsage (albei gr. 11). Afwesig:Tumelo Tshenyego (gr. 10).

Page 7: Noordkaap 4 sept 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013 7

GO IN-STORE OR CALL 084 145 FOR A NEW DEAL OR UPGRADE.

cellc.co.za

*RICA IN-STORE. Offers valid 1 September - 30 September 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visitwww.cellc.co.za or ask in-store.

CHANGE TO USFOR AFFORDABLESMARTPHONE DEALS.

JHB

429

37

PMx24

BlackBerry® Curve™9320 Smartphone

on Straight Up 50 TopUp*R129

50SMS/MMS

50MINUTES

50MB DATA

99c per min. on per second billing

Features: BlackBerry® 7.1 OS, FM Radio,Wi-Fi Hotspot, 3.2MP camera.

Nokia Lumia 925Smartphone

on Straight Up 100*R419PM

x24

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

99c per min. on per second billing

Features: 4.3” ClearBlack Display, 6.7MPCamera with f/1.9 aperture, Mix Radio with15 million tracks.

Nokia Lumia 520Smartphone

on Straight Up 50*R139PM

x24

50SMS/MMS

50MINUTES

50MB DATA

99c per min. on per second billing

Features: 4” Super-Sensitive display, Perfectshot always with Smart Shoot, Free voiceguided navigation.

BlackBerry® Curve™ 9320 Smartphone

INCLUDESBLACKBERRY®INTERNET

SERVICE PLAN

FOR R57PM

NEW

Features: 4” Super-Sensitive display, Perfect

NEW

NEW Nokia Lumia 925

Available at the following Cell C stores:New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444

DRIE van die Hoërskool Diamantveld (DHS) se spanne het aan die Suid­Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieursse Waterkompetisie (Aqualibrium) deelgeneem en ’n eerste en tweede plek behaal. Die wenspan het na dieeindronde van die kompetisie deurgedring waar ’n algeheel tweede plek behaal is. Dié voornemende ingenieursis van links Phillip Swanepoel, Jannes Wessels en Pieter van Zyl. Foto’s: Ruan Bruwer

DHS se Lourens van Niekerk (links) was die beste presteerder uitAfrika in die individuele ronde op ’n internasionale wiskundekom­petisie in Bulgarye. Sy span het ’n trofee vir die derde plek in diespankompetisie ontvang. Hy en Deon du Plessis (foto) was ook dieenigste Noord­Kapenaars wat deurgedring het na die eindrondevan die Samo (SouthAfricanMathematicsOlympiad)wat vandees­maand plaasvind.

HANNAHSCHOOMBIE (gr. 12, DHS) het aanDe Beers en die Grahamstadse Engelse Ver­eniging se nasionale Engelse olimpiadedeelgeneem en ’n plek onder die voorste100 leerlinge (82ste) behaal.

CAREL GREYLING van die Laerskool Newton het na die eindrondevan die Eskom­ekspo vir Jong Wetenskaplikes deurgedring.

ALICIA BRITS vanNewton se projek het haar ook ’n plek in die nasi­onale ronde van die Eskom­ekspo vir JongWetenskaplikes besorg.

Page 8: Noordkaap 4 sept 2013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013

Forumhelpmetmisdaad

Ruan Bruwer

HOEWEL in die afgelope tien jaar’n afname in die meeste misdaadin Kimberley voorgekom het, blydwelm- en alkoholverwante mis-dade ’n probleem.

Dít is volgens die burgerregte-organisasie AfriForum se hoofvan gemeenskapsveiligheid, RegCrewe.

Diefstal uit voertuie het vol-gens hom in 2012 drasties toege-neem.

“Dit is nodig vir inwoners ombetrokke te raak by hul gemeen-skapspoli- siëringsforums enbuurtwagte. AfriForum kan in-woners help om ’n veiligheidsnet-werk te skep.

“Ons begin gewoonlik deur ’nradiokommunikasienetwerk teskep of om per SMS en e-pos tekommunikeer.

“Die volgende stap sal wees ommekaar in krisistye te onder-steun.

“Soos wat die netwerk groei,kan die gemeenskap ander fasette

byvoeg.“Daar is geen twyfel nie dat ge-

meenskappe wat saamstaan mis-daad kán hokslaan,” sê Crewe.

AfriForum het aan die beginvan Augustus ’n nasionale veld-tog begin waar inwoners diediens van hul plaaslike polisie-kantoor kan gradeer en die veilig-heid van hul gemeenskappe endorpe kan analiseer.

Inwoners word aangemoedigom aan die meningspeiling deel teneem.

Dit is op AfriForum se webbladby www.afriforum.co.za.) Adri Basson, administratieweamptenaar gemoeid met projektein die Kansa-kantoor in Kimber-ley, is voorverlede Vrydagmid-dag op pad huis toe van haarhandsak, skootrekenaar, beursieen selfoon beroof.

Toe sy by die verkeerslig op diehoek van Georgestraat en Bult-fonteinweg gestop het, het ’n manaan die passasierskant die deuroopgeruk en haar besittings ge-gryp wat op die sitplek was.

NO more Maloof Money Cup, but the Kim­berley Diamond Cup that will be hosted to­wards the endof themonth at the skate pla­za. Photo: Supplied

Newevent forNCTHE Kimberley Diamond Cup will be the nameof the new mega international skateboardingevent to be staged in the city from 27 to 29 Sep-tember, John Block, MEC for Finance, Econo-mic Development and Tourism in the NorthernCape announced last week.

This comes after it became known that theMaloof Money Cup that was supposed to be sta-ged until 2015 will no longer go ahead.

“This exciting new brand of internationalcompetitive skateboarding is a uniquely Nort-hern Cape brand that will also have a presencein the Western Cape, KwaZulu-Natal and Gau-teng,” Block said. He added that the skate fanscould expect 150 top pro and local skateboardersto participate in the Kimberley Diamond Cupstreet, vert and mini-mega formats this year.

According to Patrick Seboko, head of the De-partment of Economic Development and Tou-rism, the United States-based company WorldSkateboarding Grand Prix won the tender forstaging the Kimberley Diamond Cup and pre-sentinganaction-packed12-month-long supportprogramme. This will include three “high octa-ne”streetand teamGrandSlamskatecompetiti-ons to be staged in Cape Town, Durban and Jo-hannesburg.

Seboko mentioned that the World Skateboar-ding Grand Prix would join hands with SouthAfrican project management company Pragma-tics and international skate event experts to de-liver theKimberleyDiamondCup,GrandSlamsand a year-long, fun-filled line-up of skate com-petitions and other events to take place at theskate plaza in Kimberley.

TheWorldSkateboardingGrandPrix is alrea-dy working with the Northern Cape govern-ment, the global skateboarding community andevent sponsors to design events and program-mes to take competitive and fun skateboardingto new levels in the Northern Cape and SouthAfrica, cited Seboko. A revitalised Skateboar-ding for Hope Campaign aimed at promotingskateboarding as a positive and easily accessi-ble lifestyle alternative will also see events sta-ged at the newly-built mini-skate parks in Kuru-man, De Aar, Upington and Springbok and tenother towns in South Africa.

The Skateboarding for Hope Campaign willnow incorporate a skater mentorship program-me designed to enhance local talent.

NIE net het Augustus se winde wat hierdie tyd van die jaar in die Diamantstad waai vanjaar later gekomnie, dit het met mening toegeslaan. Volgens die Kimberleyse weerkantoor het die windspoed Vrydagtot 24 knope (44 km/h) gewaai. In Mainstraat voor die poskantoor moes die vriendinne Zukiswa Jones(links) en Nothando Matshimane omtrent aan mekaar vashou om nie omgewaai te word nie. Jones senotaboekie is deur die wind geskep en meters verder gewaai, maar kon darem betyds ingehardloop word.

Foto: Ruan Bruwer

Page 9: Noordkaap 4 sept 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013 9

Lecrecia Prins

’n VROU wat haar as ’n verkoopsagentvoorgedoenhet,het ’nKimberlietnabe-wering ingeloop.

Volgens Annamarie Geldenhuys, ’ninwoner van die stad, het ’n vrou wathaar as Yvonne voorgestel het by haarkantoor ingestap en vir haar prentjiesvan mooi glasbakke gewys.

Geldenhuys sê sy het daarin belanggestel envier stelle bestel.Volgenshaarhet Yvonne vir haar 25%korting gegee,omdat sy ’n bestelling van meer as

R2 000 geplaas het.“Ek het niks vreemds oor die vrou

vermoed nie. Ons het gesels en sy hetso netjies voorgekom. Sy het vir my ’nfaktuur uitgeskryf waarop haar naam,die maatskappy s’n en haar telefoon-nommer verskyn het.

“Ek het haar kontant betaal, omdatek goeie korting gekry het. Sy het virmy gesê dit sou ’n week duur voordatdit by my afgelewer word. Sy het aanmy ’n SMSgestuurwat sêmybestellingsou later afgelewer word; ná so tussenvyf en sewe dae.

“Ek het gewag en niks gehoor nie. Ekhet die nommerswat sy gegeehet, gebelen geenantwoord gekrynie.Die tweedenommer wat ek gebel het, was iemandanders s’nwatgladniedievroukennie.Ekhet SMS’e ookgestuur,maarniks te-rugvoering gekry nie.”

Geldenhuys sê sy wag sedert Mei enhet steedsniks gekrynie. Sy sê die enig-ste bewys wat sy het, is die SMS’e.

Sy waarsku inwoners om nie dieself-de padas sy te loopnie. Lt.AndreaCloe-te, polisiewoordvoerder, het bevestig ’nklag van bedrog word ondersoek.

Loop lig vir bedrogspul

’n NUUTGESTIGTE fonds, die Caritas Community Focus, insamewerkingmet NGWelsynNoord­Kaap, werk op die oom­blik aan ’n geldinsamelingsprojek ten bate van kinderhuise,ouetehuise asook kleuterskole. ’n Geel Geely 1300 cc­motoris aangekoop wat as prys in ’n kompetisie dien. ’n Lootjiekos R100. Instansies of individue wat belang stel om die po­ging te steun kanElsaStander (foto), voorsitter vandie projekby 072­208­8987 of NG Welsyn by 053­832­8154 bel. Lootjiesis ook by Bearing Man, Die Melkman, Hairworx, GWK, GeelyCrescent, D’frent Clothing,Gifty Surprize endieHadisonpark­slaghuis beskikbaar. Die trekking vandiewennerword vir De­sember beplan. Foto: Ruan Bruwer

Skryf in en wen dalk dié motor

DIE niggies CarliWeber (links, 5) enTianita Opperman(6) het hope pretmet hul nuwe voor­koms op die GariepKunstefees gehad.Albei het hul blondehare Saterdag vir ’npienk kapsel verruil.Toe Noordkaap hul­le wou afneem, hethul ma’s eers inge­tree om hul mondeaf te vee wat getuighet van die heerlikefeeskos waaraanhulle gesmul het.

Foto: Ruan Bruwer

Prettig inpienk

Page 10: Noordkaap 4 sept 2013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

LOOKING FOR OFF-CAMPUS accommodation?Well, look no further.KPA Private StudentAccommodation and alsoUnilofts bring you beautifulfurnished and unfurnishedaccommodation.From a room in a studenthouse to the high securitycomplex of Unilofts, we willfind you a home away fromhome that suits all yourneeds.Don't be the last to startlooking.Contact us now at051 411 2600/072 0880 166 orvisit the website atwww.studentaccommodation.co.za

HARTENBOS: Netjiese ak-kommodasie. Heeljaar be-skikbaar. Lae tariewe buiteseisoen. Ook eiendom tekoop. Skakel 083 236 1294 of044 695 0682

2004 CONDOR 2.4:R79 500. Hi-Lux 2.4: R45 000.071 967 0285.

2002 GOLF 4, R55 000.2002 Corolla RXi 20v,R55 000. 071 967 02852005 AUDI, tiptronic,R59 500. 2005 Corsa 1.4,R49 500. 071 967 0285.

KAR OF BAKKIE gesoek.R20 000 of R30 000 kontant.072 472 8686.

KONTANT VIR KARREen bakkies.Thinus. Christiana.072 472 8686.

2000 ISUZU KB 280, d/cab,canopy. R59 500, neg.071 967 0285.

MEENTHUIS TE HUUR:RHODESDENE.Netjiese tweeslaapkamer-meenthuis. Lugversorgers,ingeboude kaste, volvloer-matte, oopplansitkamer/-kombuis, enkelbadkamer,snoesige stoep met braai,enkelmotorhuis, veiligeenkelafdak met elektriesehek in 'n baie veilige kom-pleks.Slegs nie-rokers welkom.Geen troeteldiere.Beskikbaar vanaf01/0/2013.Lang huurtermyn verkies-lik.R5 500 p.m. Water en ligteuitgesluit.Deposito betaalbaar.Tel. 083 458 7193.

ADMIN, DATACAPTURING home-basedclerks needed.For info, sms name andaddress to 074 927 5124 or e-mail:[email protected]

Blik opGariepKunstefees 2013

CLAUDIAOLIPHANT, ’nonderwyser aandie LaerskoolDutoitspan, hetVrydagvandie skoolse leerlinge na die fees vergesel. Foto’s: Charné Kemp

’n WARMgebreidewolmussie was Vrydag,Saterdag en Sondag nie ’n slegte beleggingin temperature wat nooit hoër as 15°C ge­styg het nie. Lesley Mcshane het so ’n stal­letjie op die fees beman.

ZANEL STANTON en haar ma, Suzette, hethul hondjie Gizmo saamgeneem fees toe.Die Stantons was die eienaar van ’n stalle­tjie wat hondeklere verkoop het.

SHERRI­LEE BURGER en haar man, Morné, van Blackrock was vanjaar die eerste keer opdie Gariep Kunstefees.

BEA NOLTE van Warrenton het ’n draai by ’n stalletjie gemaak waar sy versierings in haarhare kon uittoets.

BETREKKINGS

DIENSGIDSA - Z

Page 11: Noordkaap 4 sept 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013 11

DIE wedstryd Saterdag tussen dieGriekwas en Leeus begin Saterdagom 15:00 op GWK-park.Vyf lesers van Noordkaap kan

elk ’n dubbelkaartjie na die wed-stryd wen. Stuur ’n SMS na 45527.Begin die SMS met die sleutel-

woord “Kaartjies” gevolg deur jounaam en van. Byvoorbeeld:Kaartjies. Jan Snyman.

Jy kan tot Vrydag om 10:00 SMS.Jy kan soveel keer SMS soos jywil.Elke SMS kos R1,50. Die vyf wen-ners sal Vrydag teen 11:00 per SMSin kennis gestel word. Hulle kanhul kaartjies tot 16:00 by die kan-toor van die Griekwaland-WesseRugbyunie gaan afhaal of Saterdagvan 08:00 af by die toegangshek ag-ter die hoofpaviljoen.

Wen rugbykaartjies

Ruan Bruwer

NÁ slegs vier wedstryde in die Currie-bekerreeks bevind die Griekwas hullereeds by ’n kruispad.Afgesien daarvan dat hulle net een

van hul vier wedstryde kon wen (driedaarvan was wel wegwedstryde), dra ’nbeseringskrisis, swak dissipline en ’nwedstrydplan wat nie vrugte afwerp nieby tot die situasie waarin die Poubloueshulle bevind.Die span is gesamentlik laaste op die

puntelys.Saterdag kom die Leeus aan die

beurt en ’n sege is ononderhandel-

baar om nie uit voeling met die resvan die spanne op die puntetabel te raaknie.Verlede Saterdag in Bloemfontein

(verloor met 20-40) het die Kimberlieteselde die Cheetahs se doellyn bedreig.Trouens, hulle kon net op twee geleent-hede ’n aanvalsposisie in die tuisspanse kwartgebied afdwing, die eerstedaarvan in die 60ste minuut van waardie Australiër Rory Arnold gaan drukhet.Dit was egter die lenige slot se laaste

aksie.Hy is deur die televisieskeidsregter aan

byt skuldig bevind en met ’n rooikaart

gestraf. Dit was Griekwas se doodskoot,want in daardie stadium was die puntever-skil net 12 (agter met 20-32).Die Griekwas se dissipline was soos drie

naweke gelede teen die Blou Bulle weeruiters vrot en die span was gelukkig omnie vroeër as die 68ste minuut ’n speler nadie koelkas vir herhaalde oortredings af testaan nie.Die Noord-Kapenaars se opwindende

aanvallende benadering het tot dusverweinig sukses gelewer en dalk sal dieafrigter, Pote Human, vandeesweek opFrancois Brummer (losskakel) se knoppiemoet druk om gereelder die skoen virgebiedsvoordeel in te lê en om die Leeus

in hul eie kwartgebied onder druk teplaas.Human-hulle sal wonder wat hulle

gesondig het weens die een slot ná dieander wat onverkiesbaar is. Arnoldgaan waarskynlik geskors word (teendruktyd was die uitslag van sy tugver-hoor nog onbekend) en Hilton Lobbers,wat ’n baie stil wedstryd in Bloemfon-tein gehad het, gaan ’n wyle langs diekantlyn met ’n gebreekte voorarm sit.Die slotte Jaco Nepgen (skouerbese-

ring), Ligtoring Landman (gebreekteduim) en Jonathan Adendorf (messteek-wonde) is reeds vir Saterdag onbeskik-baar.

Griekwas by kruispad

Page 12: Noordkaap 4 sept 2013

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

Northernstoon staal

Hannes Nienaberen Ruan Bruwer

DIEeerste rugbyspanvandieHoër-skool Noord-Kaap het Saterdag syoorheersing in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir me-diumskole) voortgesit en daarmeebeklemtoondathynaasGrey-kolle-ge nie sy gelyke in Sentraal-Suid-Afrika het nie.Northerns het op Shimlapark in

Bloemfontein ’n strawwe eind-stryd teenHTSLouis Bothamet 17-15 gewenomvir die vyfde agtereen-volgende jaar as kampioen van diéliga gekroon te word.Vir die breier Henk Brand was

dit ’n hoogtepunt om op te groet.Brand was in 2006 en 2007 en daar-na van 2009 heeltyds die hoofafrig-ter vandie spanenhetheelwat suk-sesse in die tydperk behaal.Volgens hom was dit ’n moeilike

seisoen (daar was die kontroversie

van die kopstamp-voorval, post-matrieks en dissiplinêre verhore),maar dit was ook een van vele suk-sesse. Brandhet die driewedstrydevan HNK wat regstreeks uitgesaaiis, diewen van die Classic Clash, ’nepiese sege oor Waterkloof met 14manneopdievelden ’nvyfdeShim-la-titel uitgesonder.“ ’n Nuwe era en ’n nuwe pad lê

nou vir HNK-rugby voor,” het hygesê.) Om die kroon te span het dieskool van Kimberley se o.15-rugby-span ’n klinkende sege van 23-8 oordie Hoërskool Sentraal in die eind-stryd van die Volksblad-liga (viro.15-spanne) behaal.) Landboudal van Jacobsdal hetdie Hoërskool Wilgerivier as diekampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir klein-skole) onttroon. Lanties het in ’ntaai eindstryd vir Wilgerivier met19-15 geklop.

LUKE MASON, Augustus se Let’s Play­sportster van die maand, was vanjaar ’nstaatmaker vir sy skool se eerste rugby­span. Foto: Emile Hendricks

Luke ’nwarestaatmaker

Ruan Bruwer

DANKSY sy deurlopende goeie spel vir syskool se eerste rugbyspan is die 18-jarige LukeMason Augustus se Let’s Play-sportster vandie maand.Luke, ’n binnesenter, was vanjaar die onder-

kaptein van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK)se o.19-rugbyspan wat pas weer as die wennervan die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) gekroon is.Hy was in Julie ’n lid van die Griekwaland-

Wesse Cravenweekspan. Hy het twee jaar gele-de ook vir die provinsie se o.16-Grant Khomo-span gespeel.Volgens die afrigter van die HNK se eerste

rugbyspan, Henk Brand, was Luke vanjaardeurgaans ’n staatmaker vir sy skoolspan.“Hy het nooit ’n wedstryd gemis nie en het

in elke wedstryd sy lyf op die spel geplaas.Luke het met elke wedstryd 100% binne diewedstrydplan en struktuur gebly. Hy wasboonop die een speler wat ons nie sou kon ver-vang indien hy beseer sou word nie.”Luke is ’n ewe bedrewe krieketspeler wat

vanjaar vir sy skool se eerste krieketspan metdie kolf uitgeblink het. Hy was einde verledejaar ook vir Griekwas se o.17-krieketspan inaksie.) Die Let’s Play-sportster van die maand wen’n geskenkpak van Let’s Play. Aan die eindevan die jaar sal ’n algehele wenner uit diemaandelikse wenners gekies word.