NoordKaap 22 Mei 2013

11
Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Mei 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant André Botha TWEE baie besonderse Kimberliete gaan ook volgende week vereer word wanneer die derde Noord-Kapenaar van die Jaar bekroon word. Hulle is Karen Muir (De Graad), wat in die 1960’s die swemwêreld aan haar voete gehad het met haar uitson- derlike prestasies, en oudregter Ap- pie Steenkamp, wat oor baie jare heen aktief in die gemeenskap van Kimber- ley was. Die aanwysing van die Noord-Kape- naar van die Jaar is op 28 Mei. Die spesiale eerbewys aan Muir word postuum toegeken. Sy is op 1 April vanjaar dood ná ’n jare lange stryd teen borskanker. Haar dogter, Marietjie de Graad, en suster, Liana Barrett, sal die eerbe- wys namens haar ontvang. Muir was op 12-jarige ouderdom die jongste mens nog om ’n sportwêreld- rekord te behaal. Muir, een van die grootste sport- sterre wat Kimberley nog opgelewer het, is steeds ’n legende in die stad waar die munisipale swembad na haar genoem is. Sy het haar Springbokbaadjie in 2009 aan die Hoërskool Diamantveld oorhandig. Sy was ’n leerling aan dié skool toe sy haar swemprestasies behaal het en het in 1970 matriek hier voltooi. Die baadjie word nou in die skool se sportsentrum uitgestal. Sy het in 1980 die eerste Suid-Afri- kaner geword wat ’n plek in die inter- nasionale heldesaal vir swem gekry het. Sy het haar eerste wêreldrekord op 12-jarige ouderdom behaal. Dit was in 1965 in die 110 treë-rug- slag op ’n byeenkoms in Blackpool in Brittanje. Daarna het nog wêreldrekords ge- volg. Die destydse sportboikot teen Suid- Afrika het meegebring dat sy nooit die geleentheid gekry het om aan die Olimpiese Spele deel te neem nie. Sy het ná matriek haar swemloop- baan gestaak om medies aan die Uni- versiteit van die Vrystaat (UV) te stu- deer. Haar stryd teen borskanker het mense die afgelope paar jaar aange- gryp. Media wêreldwyd het oor haar dood berig, ’n aanduiding van hoe be- kend sy steeds in die sportwêreld was. Steenkamp word vereer vir sy le- wenslange bydrae wat hy steeds op 82 aan die gemeenskap lewer. Sy loop- baan bestaan uit ’n reeks prestasies, ook op nasionale vlak. Hy het ’n cum laude-eerbewys van die Universiteit van die Vrystaat vir sy bydrae tot en sukses in die regspro- fessie ontvang. In 1996 het hy die Ko- mitee vir Misdaadbekamping, nou Business Against Crime, onder be- skerming van die destydse premier gestig. Hy is steeds die voorsitter en direkteur van die nasionale organisa- sie. Hy het ook ’n oorkonde van die Se- kretariaat vir Deeltydse Boere vir sy uitstekende bydrae in die oplossing van probleme van deeltydse boere en die bevordering van die landbou-sek- tor ontvang. Ná vele suksesse in sy loopbaan is hy op 1 Oktober 1999 aangestel as reg- terpresident in die Noord-Kaap. Hy het dié amp tot 2001 beklee toe hy afge- tree het. Hy sit egter nie stil nie. Hy is steeds voorsitter van die Kenil- worth-nutsmaatskappy vir Verstan- delik Gestremde Persone, ’n direk- teur van die nasionale Business Against Crime SA en ombudsman vir die Wildsvereniging van Suid-Afrika en die Rooivleis-produsente-organi- sasie (RPO). Kimberliete vereer Hou ’n wakende oog (en neus) DIE polisie het ’n behoefte aan honde wat geskenk kan word om as polisiehonde opgelei te word. Falca, ’n spanjoel-polisie- hond, en sy geleier, kapt. Gerrie Steenkamp, het vir die kamera geposeer. Lees berig op bl. 2. Foto: Emile Hendricks

description

NoordKaap 22 Mei 2013

Transcript of NoordKaap 22 Mei 2013

Page 1: NoordKaap 22 Mei 2013

Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Mei 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

André Botha

TWEE baie besonderse Kimberlietegaan ook volgende week vereer wordwanneer die derde Noord-Kapenaarvan die Jaar bekroon word.Hulle is Karen Muir (De Graad),

wat in die 1960’s die swemwêreld aanhaar voete gehad hetmet haar uitson-derlike prestasies, en oudregter Ap-pie Steenkamp,wat oor baie jareheenaktief indie gemeenskapvanKimber-ley was.DieaanwysingvandieNoord-Kape-

naar van die Jaar is op 28 Mei.Die spesiale eerbewys aan Muir

word postuum toegeken. Sy is op 1April vanjaar dood ná ’n jare langestryd teen borskanker.Haar dogter,Marietjie deGraad, en

suster, Liana Barrett, sal die eerbe-wys namens haar ontvang.Muirwasop 12-jarige ouderdomdie

jongste mens nog om ’n sportwêreld-rekord te behaal.

Muir, een van die grootste sport-sterre wat Kimberley nog opgelewerhet, is steeds ’n legende in die stadwaar die munisipale swembad nahaar genoem is.Sy het haar Springbokbaadjie in

2009 aan die Hoërskool Diamantveldoorhandig.Sy was ’n leerling aan dié skool toe

sy haar swemprestasies behaal het enhet in 1970 matriek hier voltooi.Die baadjiewordnou indie skool se

sportsentrum uitgestal.Sy het in 1980 die eerste Suid-Afri-

kaner gewordwat ’n plek in die inter-nasionale heldesaal vir swem gekryhet.Sy het haar eerste wêreldrekord op

12-jarige ouderdom behaal.Dit was in 1965 in die 110 treë-rug-

slag op ’n byeenkoms in Blackpool inBrittanje.Daarna het nog wêreldrekords ge-

volg.Die destydse sportboikot teen Suid-

Afrika het meegebring dat sy nooitdie geleentheid gekry het om aan dieOlimpiese Spele deel te neem nie.Sy het ná matriek haar swemloop-

baan gestaak om medies aan die Uni-versiteit van die Vrystaat (UV) te stu-deer.Haar stryd teen borskanker het

mense die afgelope paar jaar aange-gryp. Media wêreldwyd het oor haardood berig, ’n aanduiding van hoe be-kendsy steeds indie sportwêreldwas.Steenkamp word vereer vir sy le-

wenslange bydraewat hy steeds op 82aan die gemeenskap lewer. Sy loop-baan bestaan uit ’n reeks prestasies,ook op nasionale vlak.Hy het ’n cum laude-eerbewys van

die Universiteit van die Vrystaat virsy bydrae tot en sukses in die regspro-fessie ontvang. In 1996 het hy die Ko-mitee vir Misdaadbekamping, nouBusiness Against Crime, onder be-skerming van die destydse premiergestig. Hy is steeds die voorsitter en

direkteur van die nasionale organisa-sie.Hyhet ook ’noorkondevandieSe-kretariaat vir Deeltydse Boere vir syuitstekende bydrae in die oplossingvan probleme van deeltydse boere endie bevordering van die landbou-sek-tor ontvang.Ná vele suksesse in sy loopbaan is

hy op 1 Oktober 1999 aangestel as reg-terpresident in die Noord-Kaap. Hyhet dié amp tot 2001 beklee toehyafge-tree het. Hy sit egter nie stil nie. Hyis steeds voorsitter van die Kenil-worth-nutsmaatskappy vir Verstan-delik Gestremde Persone, ’n direk-teur van die nasionale BusinessAgainst Crime SA en ombudsman virdie Wildsvereniging van Suid-Afrikaen die Rooivleis-produsente-organi-sasie (RPO).

Kimberliete vereer

Hou ’n wakendeoog (en neus)

DIE polisie het ’n behoefte aanhonde wat geskenk kan wordom as polisiehonde opgelei teword. Falca, ’n spanjoel­polisie­hond, en sy geleier, kapt. GerrieSteenkamp, het vir die kamerageposeer. Lees berig op bl. 2.

Foto: Emile Hendricks

Page 2: NoordKaap 22 Mei 2013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013

“SKRYF ’n kortverhaal, essay of stukliterêre joernalistiek oor ’n stad, dorp ofplek wat jy self besoek het, of neem lesersdeur woorde na ’n plek al was jy nie selfdaar nie.”Só kondig LitNet ’n kompetisie vir essay-

en kortverhaalskrywers aan.’n Verhaal kan óf net ware feite of

gebeurtenisse bevat, óf iets vreemds mag indie stad gebeur wat nie strook met die“werklikheid” nie.Die wegspringplek moet egter die feitelike

stad of plek wees en moet iets van die plekse ruimte oordra, sê LitNet.Bydraes van hoogstens 1 500 woorde moet

[email protected] teen 3 Junie bereik.Die wenner kry ’n pakkie van ses

boeke.

Skryf virjou ’nprys los

SYLVIA LUCAS, die waarne-mende premier van die Noord-Kaap, was een van die tallemense wat die afgelope weekhulde aan die SABC 2-aanbie-der Vuyo Mbuli gebring hetnadat hy onverwags dood is.Mbuliwas die aanbieder van

Morning Live.Lucas sê in ’n verklaring sy

het met groot skok en hartseervan sy dood verneem.“Daar het kwalik ’n dag ver-

bygegaan waarop hy nie onsdag opgehelderhetmet sywon-derlike kommentaar nie. Hywas deel van ons huisgesin-ne.”Sy het haar medelye met sy

familie uitgespreek.

Lucas bring hulde

Lecrecia Prins

DIE polisie het skenkings van hondenodig omdat sy eie teelsentrum nie ge-noeg honde vir opleiding kan verskafnie, sê lt.kol. Piet Rossouw, provinsia-le bevelvoerder van die honde-een-heid.Volgens Rossouw teel die polisie self

honde, maar die eenheid het nie dieideale omstandighede om hulle ingroot te maak nie.Volgens Rossouw is honde wat ge-

skik is vir opleiding die Duitse her-dershond, Belgiese herdershond,skaaphond, labrador, rottweiler enspanjoel (cocker spaniel).Diehondewordeers aspatrolliehon-

de opgelei. Hulle word gebruik virspoorsny en die aanhouding van ver-dagtes.As ’n verdagte in die veld of ’n gebou

wegkruip, word die patrolliehonde ge-bruik omhulle uit te kry.Daarnaworddie honde vir springstof opgelei.Dié honde is ook die aggressiewe

soort.

Die honde wat geskenk word, wordook vir ander doeleindes opgelei, soosvir reddingswerk en die opspoor vandwelms.Die veld is wyd. Van die honde word

ook opgelei om perlemoen, renoster-horing of ivoor uit te snuffel.Verder is daar brand-

ondersoekhonde, terwyl “biologiesehonde”weer opverkragtingstonele ge-bruik word om liggaamsvloeistowweuit te snuffel.Die veediefstal-eenheid het ook sy

eie honde.Omdie honde op te lei in die verskil-

lende afdelings neem minstens viermaande. Daar is ook ander opleidingwat langer duur, sê Rossouw.“Die ideale ouderdom vir ’n hond

om geskenk te word is tussen negemaande en ’n jaar oud.“Wanneer hy geskenk word, besoek

ons die eienaar en gaan kyk of diehond geskik is vir dit waarvoor onshom wil gebruik.“As die hond die potensiaal het om

opgelei te word, maar nie die toets

deurgekom het nie, hou ons hom virtwee weke by die eenheid om te sienof hy kan aanpas.“Die vereistes waaraan die hond

moet voldoen, is dat hy ’n ketting omsy nek kan dra en balvaardighede het.Hymoet ’n bal kan gaan haal en terug-bring wanneer dit gegooi word. Dithelp veral baie met springstofvaardig-hede.”Rossouw sê wanneer die hond aan-

vaar word, word ’n mediese toets opdie dier gedoen. Daarna ondergaan hyopleiding in Pretoria.Wanneer die hond aan die geleier

toegeken word, moet na die persoon-likheid van die hond en geleier gekykword.Die geleier moet ten alle tye beheer

oor sy hond hê.Die ideale aftreeouderdom van poli-

siehonde is agt jaar.Vir enige skenkings kan kapt. Ger-

rie Steenkamp by 082-495-4598 of Ros-souw by 082-333-9399 gebel word.Die polisie se mediasentrum kan

ook by 053-802-7314 gebel word.

Polisie soek honde

REËLS vir deelname:) Jy moet op 1 Julie 16 jaar ofouer wees om deel te kanneem.) Vir die streekkompetisies inBloemfontein, Welkom enKimberley en op Kroonstad,Kuruman en Bethlehem moetdeelnemers enige liedjie vanhul keuse sing.) Slegs kunstenaars watkontemporêre musiek sing, salin aanmerking geneem word.) Jy moet jouself begelei.) Die kompetisie is slegs virsoliste.) Jy moet self die klankbane(backtracks) en ander toerustingvir die streekoudisies verskaf.) Spontaan sal die klank virdie eindronde verskaf.) Die wenner van elke streek-kompetisie sal net ná dieuitdunronde aangekondig word.) Die beoordelaars behou die

reg om nie ’n streekwenner tekies nie indien ’n gepastekandidaat nie vir die streekbeskikbaar is nie.) Indien jy as streekwenneraangewys word, moet jy vir dieeindronde in Bloemfontein vyfliedjies gereed kry.) Jy moet jou eie klankbane ofbegeleiding vir die eindrondeverskaf.) Die eindronde is op Saterdag13 Julie in Bloemfontein enindien jy een van die finalisteis, moet jy jou eie vervoer enverblyf (indien nodig) reël.Oudisies word in Welkom,Bloemfontein en Kimberley enop Kroonstad, Kuruman enBethlehem gehou.Registrasie vooraf is nie

nodig nie.Daag net by die oudisie op

en registreer jou daar deurR20 te betaal.

Reëls om aanSpontaandeel te neem

DIE volgende groot pryse kan invanjaar se Spontaan-kompetisiegewen word:SpecSavers: Agt Infinity-sonbril-

le en agt koopbewyse van R250elk.Die algehele waarde is R5 200.Z PR Communications and

Public Relations Consultants: ’nPublisiteits- en bemarkingskontrakvan R5 000 vir elke finalis, inslui-tend ’n konsultasie met dieZ PR-span, ’n professionele CV, dieontwerp van ’n CD-omslag enbesigheidskaartjies, die ontwerp enskryf van ’n professionele profiel,die skep van ’n Facebook-profiel envyf nuusverklarings.Algehele waarde vir al die

finaliste is R40 000.Atlantis-gastehuis: Verblyf van

R4 100.Die wenner, naaswenner en

derdeplekwenner kry elkeen drienagte se verblyf vir twee mense,ontbyt ingesluit.PCB Productions: ’n Fotografie-

sessie vir die wenner, naaswenneren derdeplekwenner van R2 100.Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir

elke deelnemer.

Grootpryse weervanjaarop die spel

OM aan Noordkaap se oudisie virSpontaan 2013 deel te neem, moetaspirantsangers Noordkaap se

webtuiste by www.noord-kaap.co.za dophou. ’n Datum, tyden plek sal bekend gemaak word.

Staan nader vir Spontaan

Page 3: NoordKaap 22 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013 3

Lecrecia Prins

FRANK MASHILO, die munisi-pale bestuurder van die Renos-terberg-munisipaliteit, voorheenmunisipale bestuurder van dieSol Plaatje-munisipaliteit, hetgister saam met Neo Mpolo-keng, die voormalige finansiëlehoof van Sol Plaatje, op aan-klagte van bedrog, vervalsing enuitgifte van R40 miljoen in diehof verskyn.Mashilo word ingevolge die

Wet op Plaaslike Regering:Munisipale Finansies aangekla,en daarby ook van bedrog,vervalsing en uitgifte. Mpolo-keng word van bedrog, verval-sing en uitgifte aangekla.Daar word beweer Mashilo en

Mpolokeng het tenders vanR40 miljoen vir ’n onafhanklikemeterstelsel toegeken.Die elektrisiteitsmeters is na

bewering geïnstalleer, maar hetnooit gewerk nie.Op 1 November 2003 het

Actaris Measurement & Systems

(Actaris M&S), ’n vennoot vanActaris, ’n kontrak met die SolPlaatje-munisipaliteit aange-gaan.Actaris M&S sou vir drie jaar

’n voorafbetaal-elektrisiteitme-terstelsel verskaf.Die staat beweer Mashilo het

op 25 Mei 2007 onwettig, metopset en weens nalatigheidversuim om die Voorraadvoor-sieningswet toe te pas.Volgens die staat het Mashilo

en Mpolokeng die Sol Plaatje-munisipaliteit doelbewus mislei.Dit is gedoen deur aan te dui

dat die inligting wat KhatimaEngineering Services (KES)verskaf het, korrek en diewaarheid is.Daar is aanpassings, wegla-

tings en vervangings in diedokument gedoen wat aan diemunisipaliteit voorgelê is.Mashilo en Mpolokeng is op

borgtog van R5 000 vrygelaat.Die saak is tot 20 Augustus

vir verdere ondersoek uitge-stel.

Borgtogtoegestaan

Lecrecia Prins

DIE hoof van die departement vanvervoer, veiligheid en skakeling hetsaam met die uitvoerende hoof van’n busmaatskappy in die hof op aan-klagte van bedrog en korrupsie vanR24 miljoen verskyn.Steven Jonkers, die hoof van die

departement, word van drie aan-klagte ingevolge die wet op openba-re finansies aangekla. Hy word al-ternatiewelik van drie aanklagte in-gevolge die nasionale wet oplandelike vervoer aangekla en byko-mend van twee aanklagte van kor-rupsie.Sy medebeskuldigde, Clarissa

Ann Carstens, word van twee aan-klagte van korrupsie aangekla.Volgens die staat was Jonkers die

rekenpligtige amptenaar van die de-partement. Sy pligte was ondermeer om tenders in minstens die re-geringstenderbulletin en in andermedia te adverteer.Sy doel is om seker temaak die de-

partement behou ’n toepaslike ver-skaffing- en voorsieningstelsel watbillik, redelik, deursigtig, mededin-gend en kostedoeltreffend is.Die staat beweer op 23 November

2010 het Jonkers, in sy hoedanig-heid as departementshoof, ’n oor-eenkoms met Edward Reagan Car-sten, eienaar van Carstens Bus Ser-vice, aangegaan om asgesubsidieerde verskaffer vervoervan Springbok af namens die depar-tement te verskaf.Die ooreenkoms het op 1 Desem-

ber 2010 in werking getree. Die oor-eenkoms sou op ’n maand-tot-maand-grondslag wees totdat diediens as ’n tender toegeken word.Op 18Maart 2011het Jonkers amp-

telik ’n kontrak met Carstens BusService onderteken. Jonkers het al-leen as departementshoof die kon-trak geteken.Luidens die aanstellingsbrief sou

die kontrakbedrag meer as R10 mil-joen oor vyf jaar wees. ’n VerdereR560 000 vestigingskoste per bus virdrie busse is deur die departementvasgestel.Geen formele tenderproses is ge-

volg in die aanstelling vanCarstens-busdienste nie.Tussen 19 November 2010 en 18

Maart 2011 is min of meer dieselfdeprosedures gevolg in die aanstellingvan Rainbow Transport Servicesomvervoer tussenKimberley,Bark-

ly-Wes en Platfontein te verskaf.Die kontrak is vir meer as R9 mil-

joen oor vyf jaar aangegaan. Vesti-gingskoste van R560 000 per bus isook vir drie busse gegee.Daar is ook geen formele tender-

proses gevolg nie.’n Derde soortgelyke transaksie is

met Van Wyk’s Luxury Coachesdeur Jonkers aangegaan.Tussen 1 April 2011 en 30 April

2013 het die departement meer asR6 miljoen aan Van Wyk’s LuxuryCoaches betaal sonder voorgeskre-we departementele prosedures virdie aanstelling van ’n diensverskaf-fer.Clarissa Ann, suster van Edward

Carstens, het nabewering ’n ooreen-koms gehad dat betalings aan Car-stens Bus Services deur die departe-ment in die bankrekening van Um-fana Business Enterprise, haarmaatskappy, inbetaal word.Die staat beweer in Junie en Julie

2011 het sy R60 000 aan Jonkers ge-gee omdat hy ’n vyfjaarkontrak aanCarstens Bus Service gegee het.Albei beskuldigdes is op borgtog

van R5 000 vrygelaat.Die verhoor is tot 25 Junie uitge-

stel.

Aangeklaagdes inhofCLARISSA ANN CARSTENS (links) en Steven Jonkers (naaslinks) het gister op aanklagte van R24 miljoense bedrog in die hof verskyn. In ’n afsonderlike saak het Frank Mashilo (naasregs) en Neo Mpolokeng (heelregs) op aanklagte van bedrog van R40 miljoen in die hof verskyn (berig hiernaas). Foto: Emile Hendricks

Page 4: NoordKaap 22 Mei 2013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

Jolie se besluitskep bewustheidBORSKANKER raak een uit elke 29 vrouein Suid-Afrika. Dit is ’n skrikwekkendestatistiek – veral vir dié een uit 29 wat ditnie vryspring nie.Juis omdat dit so baie vroue raak, word

die behandeling daarvan, en ook die stappeom te keer dat dit hoegenaamd vastrapplekkry, by die dag gesofistikeerder.Angelina Jolie was onlangs wêreldwyd

in die nuus nadat sy ’n voorkomendedubbele mastektomie gehad het, omdat sy’n afwyking in die BRCA 1-geen het.Dit beteken sy het dieselfde genetiese

afwyking om eendag moontlik bors- en/ofeierstokkanker te kry – ’n siekte wat haarma se lewe geëis het.Dié afwyking raak minder as 10% van

borskankerpasiënte.Omdat dit dus raar is, is die dubbele

mastektomie, tesame met ’n gedeeltelikehisterektomie, deesdae wat onkoloë ook inSuid-Afrika voorskryf as die beste manierom dié soort kanker te voorkom.Dit verminder die kanse om siek te word

na 5% tot 10%.

Dit is egter ’n duur proses waarvoorslegs enkele siekefondse in Suid-Afrikabetaal. Net die genetiese toets kos sowatR15 000.Dit is ook ’n traumatiese stap vir ’n jong

vrou om te doen as sy nog nie getroud isof kinders het nie. Daarom durf niemandsonder ’n ervare ondersteuningsgroep ditooit oorweeg nie.Dié operasie is nou nie vir enige

staatspasiënte in Suid-Afrika beskore nie.Wat Jolie egter reggekry het, is om die

kollig op dié vernietigende siekte te plaas,en meer spesifiek op die voorkomingdaarvan.Hoewel die operasie min mense beskore

is, is die standaard-mammogramme enander voorkomende behandelings relatiefalgemeen beskikbaar.As Jolie dus net ’n klompie vroue

daaraan herinner het dat hulle lanklaassó ’n konsultasie gehad het, het sy waar-skynlik reeds ’n paar se ellende helpverlig, en dít is immers die belangrikstedoelwit.

1784 – Die Vrede van Versailles beëindig’n oorlog tussen Frankryk, Engeland enNe-derland.1802 – Frankryk stel slawerny in sy kolo-nies in.1874 – Levi Strauss begin om sy blou jeanste bemark, steeds vandag bekend as Levi-jeans.1910 – Halley se komeet bereik sy naastepunt aandie aarde sedert 1837, sowat 22 mil-joen km weg.1916 – Huisgenoot, die oudste bestaandeAfrikaanse tydskrif in die land, verskyndieeerste keer. Dit is die tweede oudste publi-kasie in die Media24-stal waarvan Noord-Kaap ook deel is.1932 – Amelia Earhart land naby London-derry, Ierland, en word sodoende die eerste

vrou wat alleen oor die Atlantiese Oseaanvlieg.1939 – Pan American Airways begin metdie eerste gereelde passasiersdiens oor dieAtlantiese Oseaan.1942 – Die tenniskampioen FrewMcmillanis in Springs gebore.1983 – Motorbom ontplof buite die lugmagse hoofkantoor in Pretoria.

Moet liewer nie inmeng nieHannes Noeth

EKhetopdieplattelandgrootgeword.Daarweetalmal mos alles van almal af. Die groot kuns isom nie in te meng waar jy nie hoef nie.Om, spreekwoordelik gesê, jou neus uit ’n an-

der se sake te hou, want as jy inmeng, gaan jyjou vasloop. Die ou oom en tannie was jare ge-troud.Nog in daardie jare toe die huwelike, soos die

oom graag vertel, so gesement is dat moeilik-heid dit nie sommer opgebreek het nie.Een oggend was hy erg beswaard. Die tannie

is virhomkwaad.Hyhetnie oggendkoffie gekrynie, hy het nie ontbyt gekry nie, en, ja, werklik,dit lyk vir hom asof die tyd na middagete nouskraal raak. Amper so skraal soos hy nou voel.Maar, vertel hy, hy moenie kwaad wees vir

die tannie nie. Sy het rede om so te voel. Hullehet nie verniet al soveel jare met mekaar uitge-hou nie. Hy ken haar. Sy ken hom.Die moeilikheid, sê hy, het alles begin toe hy

verlede maand afgetree het. Mense moet ver-staan, hy was gewoond om baie hard te werk,maar skielik is die verveeldheid net te veel.Toe is die dae net te lank. Dit is nou waar hy

toe die foutmaak. Jy sien, hymoesnooitgeinter-fere het nie.Die tannie kan kosmaak, sy doen al jare. Sy

kan huis skoonmaak, sy doen al jare. Sy kanhuishou, sy weet van. Sy soek nie nou inmen-ging envoorstelle enplannetjieswat dingebeteren makliker en skoner sal maak nie.So, as dominee net gou een oproepie kan

maak, net gou kan bel, vir die tannie kan sê, hyis jammerhyhetgeinterfere.Hy salnieweernie,want ’n mens moenie inmeng waar dit jou nieaangaan nie.) Bekendstelling van Twyfelhoekies, 36 rubrie-ke saamgebundel, is op 28 Mei om 18:00 in dieGereformeerde kerk Kimberley. Die eerste 150persone wat wil kom, kan Noeth bel by 082-769-7222.Organisasiesof persone indie lesersgebiedvanNoordkaapbuiteKimberleywatgraag ’nbe-kendstelling op hul dorpwil reël of wil helpmetdie verspreiding kan dieselfde nommer skakel.

STEVE HOFMEYR, wat vanjaar 25 jaar op dieverhoog vier, se optrede is een van die hoogte-punte van vanjaar se Vryfees in Bloemfontein.Hy tree in die Callie Human-sentrum op.Die slagspreuk van die fees vanjaar is Harte-

lus!. Almal kan vanjaar na hartelus op die Vry-fees kom baljaar, want die kunsteprogram biedwaarlik iets vir almal: toneel van alle soorte,kwaai drama, klugtige komedie, alternatieweandersheid; ’neerstemet ’nsimfonieorkes,prik-kelpoppies vir die manne, fyn musisering; op-skopkonsertemet onder andere Steve Hofmeyr,gewilde gunsteling-kunstenaars; maar ookvars, nuwe gesigte.Ná ’n lang afwesigheid is daar weer dans op

die fees, en sommer baie waarin jy enigiets vanballet tot gumboot-danse kan verwag. Die titelis nie verniet Spectacular Spectacular nie.Van die 12 kabaret-, musiekteater- en klassie-

kemusiek-aanbiedings is ’n Kabaretmania watgehore aan die muse met die mes gaan bekendstel: kabaret. Die Bloemfonteinse stadsorkesgaan groot klank verleen aan die musiek vanAndrew LloydWebber en vir die manne is daarware burlesk-poppies wat sing en dans in BigTopBurlesque. Toneel het vanjaarmeerEngelsewerk – onder meer ’n nuwe stuk deur Mike van

Graan. Gaan kyk gerus na Gerben Kamper seopvoering van die Adam Small-stuk Kanna hykó hystoe met June von Merch.’n Ander nuwigheid is Kinders van stilte, ’n

vertaling van die gewilde Children of a lessergod, waarin Vicki Fourie, voormalige Mej. Do-we Suid-Afrika, saam met Zane Meas en Antoi-nette Louw speel. Vir ’n ware Suid-Afrikaanseervaring kan daar nouna dieTownshipArts Ex-perience op 6 Julie inBathouitgesienwordwaarinheemse kuns, danse, musiek en interkulture-le geregte hoogty vier.Die kunservaring is gekonsentreer inMakgo-

thi-straat, dieselfde straat waarin dieMapikela-huis is waarin die ANC gestig is. Dit is oorkantdie Batho-polisiekantoor.Gratis busvervoer word van die Kovsie-kam-

pusna die township verskaf. Die bus vertrek om10:30 en 12:30 van die taxi-staanplek.

Fees vol vermaak

GWK-EIENDOMME, ’n filiaal vandie landboureus GWK Bpk., het dieafgelope jaar by die verkryging vanlandbougrond vir grondhervor-ming betrokke geraak.Daardeur het ’n nou bandmet die

departement van landelike ontwik-keling en grondhervorming ge-vorm, sê ’n woordvoerder van diemaatskappy.VolgensGugileNkwinti,minister

van landelike ontwikkeling, is 4 813plase van 1994 tot Januarie 2013deur verskeie hervestigingsprogrammeaan op-komende produsente oorgedra. Altesaam230 885 mense is deur die oordrag van dié4,123 miljoen hektaar grond begunstig. Van diebegunstigdes was 54 440 vroue waaraan 1,7 mil-joen hektaar grond oorgedra is, 32 563 was jong

mense en 674 was mense met ge-stremdhede. Sowat R12,9 miljardis aan die grond bestee. Van die4,123 miljoen hektaar wat aange-koop is, is 695plase tot vol produk-sie hergekapitaliseer. Hier is4 982 mense heeltyds in diens.Die woordvoerder sê Allan du

Toit van GWK Eiendomme fokusop die verkryging van landbou-grond vir die departement. Hymeen die departement wend ’ndaadwerklike poging om sy pro-

sesse te verbeter aan en die tydsduur van tran-saksies te verkort. Daar is ook ’n fokus om dieregtemense opdie grond te vestig enhulle deur-lopend te ondersteun. Die woordvoerder nooibelangstellendes om Du Toit by 071-680-8586 [email protected] te kontak.

GWKhelp grond hervorm

ALLAN DU TOIT

Page 5: NoordKaap 22 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013 5

GO Advertising 67324

Dis-Chem reserves the right to limit the quantity of any item offered for sale. Sale products may varyfrom photographs. Pictures are for illustration purposes only. Offers may not be available at all stores.Prices include VAT and are valid for cash, cheque or credit card. E&OE. Offers valid until 02 June 2013while stocks last, except where specified.

GO Advertising 67324

Click’n Shop @ www.dischemonline.co.za

GilletteMach3 Blade8-Pack

Oral-BProfessional Care 500Electric ToothbrushRemoves up to 2X as much plaqueas a regular manual toothbrush

AlwaysEverydayPantyliner Pack20 linersScented orunscented

www.dischem.co.za | Customer Careline 0860 347 243 | [email protected] VISIT OURIN-STORE CLINICSFOR ALL YOUR

HEALTHCARE NEEDSStay Well Clinic | Well Baby Clinic

Specialised On-site Screening | Wound CareMedical Aid Well Screen Assessments

8-Pack

DuracellUltra PowerAA Batteries

Oral-B

BEST FAMILY BRANDSFORTHE

Oral-BBrush Heads

WellaProSeriesShampooOR Conditioner500mlAssorted SAVE R170.00

R32900

SAVE R30.00R14900

3+1VALUE PACK

3+1VALUE PACK

SAVE R20.00R5995

each

PampersBaby WipesFresh 4x64ORSensitive 4x56

SAVE R20.00R12995

4+2VALUE PACK

SAVE R10.00R3995

R34.95 FOR 1

R6995

BUY3 FORR12.95 FOR 1

R2495

SAVE R13.90

BUY3 FORR34.95 FOR 1

R6995

SAVE R34.90

André Botha

DIE eerstespanflank van die Hoër-skool Noord-Kaap wat na bewe-ring ’n speler van die HoërskoolWaterkloofmet die vuis en daarnamet die kop geslaan het, salwaarskynlik teen die einde vandie week weet wat sy lot gaanwees.Luaan Dowie het gister voor ’n

tugkomitee van sy skool verskynenverskynvanaandvoor ’n tugko-mitee van die Griekwaland-WesseRugby-unie (GWRU).Henk Brand, hoof van Noord-

Kaap en ook afrigter vandie eerstespan, het gesê Dowie is hangendedie tugverhoornie in die skool nie.Hy het beklemtoon Dowie is nié

geskors nie.“Dit is normale prosedure inge-

volge die Skolewet.”Ná die verhoor sal die tugkomi-

tee sy bevinding aan die skool se

beheerliggaam gee wat dan oorverdere optrede sal besluit.Brand het vroeër gesê die voor-

val is “heeltemal onaanvaarbaar”.Dowie het ná slegs 15 minute se

spel in sy span se kragmeting teenWaterkloof ’n rooikaart van dieskeidsregter, Francois de Bruin,vir ’n beweerde vuishou naWater-kloof se slot Jeandré de Beer ge-kry.Dowie het beweer hy is net voor

die voorval deurDeBeer in die ooggekrap.TerwylDeBruin sy rooikaart te-

rug in sy kous gedruk het, het Do-wie glo weer vir De Beer met diekop onderstebo geslaan.Die voorval het sy rugbyloop-

baan minstens vanjaar in dieweegskaal geplaas.Hy is ’n sterk aanspraakmaker

op ’n plek in Griekwas se Craven-week-span. Sou hy geskors word,kan dit sy kanse knou.

Flankwag nogvir beslissing

DIE burgerregte-organisasie Afri-Forum het sy Gradeer-jou-dorp-veldtog in die Noord-Kaap bekendgestel.Die doel van die veldtog is om ge-

meenskappe in staat te stel om diegehalte van dienslewering op huldorpe en in hul stede te bepaal.AfriForumsal dieuitslag vandie

evaluering aan munisipale be-stuurders as ’n sertifikaat beskik-baar stel om hulle van gemeen-skappe se indrukke oor dienslewe-ring op hul onderskeie dorpebewus te maak.“Onswilhêmunisipaliteitemoet

weet wat hul inwoners van hulledink, of dit nou positief of negatiefis. Sodra ons die besonderhede het,kan ons aangeleenthede wat aan-

dag verdien, evalueer en dan kanons dit met die bepaalde owerhedebespreek,” sê Ivan Herselman, ad-junkhoof van plaaslike regeringsa-ke van AfriForum.Alle mense in die Noord-Kaap

word aangemoedig om die veldtogteondersteundeurdiekort elektro-niese meningsopname bywww.gradeerjoudorp.co.za af telaai en in te vul. E-pos die ingevul-de vorm na [email protected].“Dit sal AfriForum die geleent-

heid bied om te bepaal waar ingry-ping nodig is. Hoe meer mense aandie veldtog deelneem, hoe beter isdit vir die dorp,” sêWesleyMartin,AfriForumseorganiseerdervirdieNoord-Kaap.

Gradeer jou dorpmet veldtog

Page 6: NoordKaap 22 Mei 2013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013

Leer oorkoeranteop kursus

LEERLINGE van ver­skeie skole in Kim­berley het meer oorkoerante geleer toehulle ’n skoolkoe­rantkursus by dieHoërskool Adaman­tia bygewoon het.Die kursus is deelvan Media24 se Na­sionale Skoolkoe­rantprojek. Aan dieeinde van die kursusmoesdie leerlinge ingroepe werk om ’nkoerantvoorbladsaam te stel. Hierhard aan die werk isvan links SimonéStoltz (Adamantia),Lesedi Montwedi(St. Patrick­kollege),Tlotlo Leseledi(Noord­Kaap), An­toinette Loubser(Hopetown), JankeGünter (Hopetown)en Mpho Thakie(HTS Kimberley).

Foto: Emile Hendricks

Vereer vir goeie,harde werkRIA BESTER is bekroon met Me­diclinic Kimberley se uitnemend­heidseerbewys. Sy werk reedsdie afgelope sewe jaar bydie hos­pitaal. Luidens ’n verklaring vandie hospitaal is sy ondermeer be­kroon vir die wyse waarop sy pa­siënte hanteer, gereelde terug­voer van families oor haar goeiediens en die wyse waarop sy lei­ding aan ander personeelledegee. Foto: Verskaf

Page 7: NoordKaap 22 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013 7

Lecrecia Prins

“MY lewe is gespaar en ek het gevoel ek moesiets vir my medemens doen.”Só beskryf Pierre Visser, of Vissie soos sy

vriende hom noem, sy lewensreis en kanker-stryd.Vissie is sowat vier jaar gelede met kanker

gediagnoseer, maar het ’n operasie ondergaanen ’n kankergewas is weggesny.Sedertdien is geen tekens van kanker weer

by hom opgemerk nie.Ná dié lewensomwenteling het Vissie gevoel

hy het ’n behoefte om geld vir kankernavor-sing in te samel, en toe die geleentheid homvoordoen om geld vir Bybelverspreiding in tesamel het hy dit aangegryp.Vissie vertrek volgende Saterdag saam met

sy vrou op ’n fietstoer van Kimberley na Mos-selbaai.“Die oogmerkomgeldvirBybelverspreiding

in te samel is goed, omdat daar baie mense iswat die Bybel wil lees.“Op die toer gaan ons op dorpe soos Hope-

town, Britstown, Victoria-Wes en Beaufort-Wes stop en met die mense oor geloof praat envra hoe hulle God sien.”

Vissie was nog altyd sportief en het alles vanrugby tot gholf gespeel, maar laasgenoemdewas nie so lekker nie, omdat hy dikwels alleenmoes speel.Hy het agtergekom hoe lekker dit is om fiets

te ry en dat hy dit saammet sy gesin kan doen.“Fietsry raak soos ’n leefstyl. Jy leef op jou

fiets. Jy kan oral met jou fiets gaan. As jy nie’n 4x4-voertuig kan bekostig nie, koop ’n fiets.“Ek kan nie wag om te begin ry nie. Baie

mense het my gevra of ek mal is en gesê ditgaan moeilik wees. Jesus moes die kruis draen dit was vir hom ook moeilik.“Ons gaan gemiddeld 120 km tot 140 km per

dag ry. Dit is omtrent hoe ver die dorpies uit-mekaar is, maar jy sal nie teen 140 km/h teendie Outeniekwa-pas wil afry nie.”Vissie sêmensewat soos hy en sy gesin fiets-

ry, staan bekend as weekend warriors.“Om fiks te bly oefen ons maar wanneer ons

die tyd het. In ’n goeie week ry ’n mens sowat250 km,maar in ’n slegteweekhoogstens sowat150 km. “Ons neem ook deel aan kompetisiessoos die Marrick-bergfietsuitdaagreeks.”Vissie sê hulle het nog baie reëlings om te

tref voordat hulle Saterdag omstreeks 07:00van die Horseshoe-motel af vertrek.Enigeenmet ’n fiets kan die eerste paar kilo-

meter saam met Visser ry. Bel past. GerhardZandberg by 079-389-4548.Almal kom om 06:00 by die Horseshoe-motel

bymekaar.

Trap vir ander ná kankerstryd

PIERREVISSERmet sy fietswaarmeehySa­terdag die lang pad tot op Mosselbaai gaanaanpak om geld vir Bybelverspreiding in tesamel. Foto: Emile Hendricks

Lecrecia Prins

’n PREDIKER van ’n plaaslike kerk is 18jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n seweja-rigemeisie verkrag het. Ses jaar daarvanis vir vyf jaar opgeskort.David Dlamini (63) het op 16 Februarie

2010 omstreeks 14:00 in Greenpoint diemeisie tussen haar vriende gaan haal enna sy sinkhuis gebring.Streeklanddros Jesse Clarke het in sy

uitspraak gesê na symening het Dlaminidie kind verkrag omniks anders as sy eiebehoeftes te bevredig nie.Al wou die kind weghardloop, geskree

het en haar ma en die gemeenskap aanDlamini se deur gehamer het, het hysteeds voortgegaan om haar te verkrag.Clarke het gesê Dlamini het die kind se

voorreg om te besluit waar, wanneer endeur wie haar maagdelikheid ontneemword, van haar af weggeneem.Dit het in Dlamini se guns getel dat hy

’nbejaardeen ’neersteoortreder is.Daar-om het hy nie lewenslange tronkstraf ge-krynie. Syouderdomhet egterookasver-swarende omstandighede getel, omdat hyas ouer persoon tussen reg en verkeerdkan onderskei.Clarkehet aanDlamini verduidelikdat

sy besonderhede, ingevolge die nuweKinderwet, in die nasionale register vanseksuele oortreders opgeteken gaanword. Die wet behels hy mag nie oor kin-ders toesig hou of by ’n plek werk waarkinders is nie.Die ma en ouma van die slagoffer het

aanNoordkaap gesêhulle is albei tevredemet die vonnis.Die ma sê sy het by haar vriendin ge-

kuier toe een van die ander kinders haarkom roep en sê wat Dlamini gedoen het.Sy het naDlamini se huis gegaan en ge-

hoor hoe haar kind vir haar skree om tehelp. Sy het aan die deur geklop, maar hyhet nie oopgemaak nie. Lede van die resvan die gemeenskap het Dlamini se deurafgeskop om dit oop te kry. Sy sê sy hetgevrees dat hy haar kind sou doodmaak.

Prediker(63) kry18 jaar

DIEACVV-Kimberley biedweer vanjaar ’n toervir pensioentrekkers na die Weskus aan.Die toer is van 27 September tot 4 Oktober.Verskeie plekke soos onder meer Carnarvon,

Calvinia, die Kokerboomwoud en waterval byNieuwoudtville, asook Lambertsbaai en Swart-riet en orgidieëplaas, word besoek.’n Woordvoerder van die ACVV sê die koste

is R5 000. ’n Deposito van R1 000 is betaalbaarom plek te verseker. Skakel die ACVV se Kim-berley-kantoor by 053-831-5815 vir plekbespre-king of Ria van der Westhuizen (toerleier) by082-377-8751 of 053-833-3138.

Toer beplan

Page 8: NoordKaap 22 Mei 2013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013

Kuier saam op manne-aandDIE Hoërskool Adamantia het ná byna tien jaar weer ’nmanne­aand gehou. Vier groot rugbypersoonlikhede het as gassprekers opgetree. Van links is Vlok Cilliers, oud­Springboken tans skopafrigter by die Blou Bulle, Linette Klaasen, Morné Steyn, Springbok, Carinda Maritz, Breyton Paulse, oud­Springbok, Anza Holtzhausen en KobusWiese, oud­Spring­bok. Klaasen, Maritz en Holtzhausen het die aand gereël om geld vir die skool in te samel. Foto: Verskaf

Charné Kemp

DIE eiendoms- en huurmark in die Noord-Kaap toon steeds ongekende groei, deels van-weëdiebouvansonkragaanlegte indiéprovin-sie. Die afgelope driemaande het diemarkmet13% gestyg.Só sê Louw Liebenberg, uitvoerende hoof

vanPayProp, ’n ondernemingwat huurinkom-ste verwerk. Volgens hom is een van die fakto-re die ontwikkeling van sonkragaanlegte indie provinsie, veral op Upington.“Die afgelope drie maande was ongelooflik.

Die nywerheidsontwikkeling, nuwe hospitaalen inkopiesentrums op Upington veroorsaak’n vraag na verblyfwat die vraag nahuurhuiseverhoog.”Ander dorpe wat uitgesonder word, is De

Aar en Prieska waar ook sonkragaanlegte ge-bou word. André Mostert, ’n Seeff-agent opUpington, sê die vraag na huurhuise het ver-hoog omdat daar ook ’n gebrek aan ontwikke-ling was. “Daar word nie baie nuwe huise ge-bou nie. Daar is dus min huise in die mark enmin wat minder as R1 miljoen kos.“Eiendomspryse het met 12% gestyg en dit

is goed om nou te belê. Dit is moeilik vireerstehuiskopers om lenings te kry, maar diehuurpryse is so goed dat eienaars hul paaie-mente gemaklik kan betaal. “Op Upington kosdie gemiddelde huis tussen R970 000 enR1,2 miljoen met ’n huurinkomste van tussenR8 500 en R10 500 oor 20 jaar.” Prieska se huis-pryse het ook gestyg. Jeandré Lotz vanM&M-prokureurs sê ’n gemiddelde huurhuis(drie kamers en twee badkamers) se prys hetvan R2 500 drie jaar gelede tot sowat R5 500 ge-styg.“Sommige van die huise het net een badka-

mer.Daar is tans geenhuise tehuuropPrieskanie. Gastehuise is net so vol. Ons huur selfshuise aan gastehuise uit. Die gewone salaris-trekker opPrieska kanniemeer huurhuise be-kostig nie.”Die vraag na huurhuise en gastehuisverblyf

op De Aar is net so groot.Lischelle Fitsgerald-Smith van Just Proper-

ty sê die vraag kom van sonkragaanlegte, diehospitaal en Transnet-kontrakteurs.Huurpryse het vanR4 000 drie jaar gelede tot

tussen R8 000 en R11 000 gestyg.Elretha van der Merwe van Remax op Kuru-

man, wat tot nou bekend was vir ongehoordehuurbedrae, sê yster- en mangaanmynkon-trakteurs skuif nou na Kathu omdat die pad-bouwerk tussen Kuruman en Hotazel die lewevir Kurumaniete moeilik maak.“Daar is nou baie nuwe huise op Kathu en

dit is ’nmakliker pad ombyHotazel uit te kom.“Die Kuruman-pryse het nou gestabiliseer.

Die gemiddelde huis se huur is tussen R8 000en R12 000 per maand. Huise wat meer asR16 000 kos, staan leeg. Daar sal nooit genoeghuise op Kuruman wees nie, want die gebiedvoed verskeie nywerhede.”

Marktoongroei

Page 9: NoordKaap 22 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013 9

DIS ’n bemarkingsoefening op grootskaal, maar die bakkies lyk fris en hultekkies nog beter.Ford het besluit om ’n amperse Ca-

mel Trophy-kompetisie vir Suid-Afri-kaners te hou.Maar pleks vanLandRo-verDiscoveries gaandit dié slag ’n tien-

tal Ford Ranger-bakkies wees wataanstaande maand van Kenia na Suid-Afrika gaan toer. Dié keer gaan deelne-mers in hul bakkies ook avontuur be-leef,wanthulle toervanNairobinaPre-toria. Op pad van die noorde afSnorstad toegaandie spannemoetdeel-

neem aan verskeie uitdagings waar-mee hulle hul 4x4-vernuf sal moet uit-stal.Die rit duur drie weke en begin op 24

Junie in Nairobi. Die tien deelnemersse avonture sal op ’n spesiale webwerf,rangerodyssey.com, wees.

Avontuurlustigesmoet dié 4x4-rit niemisloop nie

SO ’n jaar of drie nadat Honda synetjiese “groen” buksie, die CR-Z,plaaslik bekend gestel het, het hydie knapie nou van ’n paar frisserbene voorsien.Die hibried-Honda is sommer in

die proses opgeknap om sy lysievan standaardweeldes langer temaak.Net om die geheue te verfris: Die

CR-Z is die spirituele opvolger vandaardie ougat ryding van die vroeë90’s, die CR-X. Nie net lyk hulle re-delik eenders nie, die fokus is ookom ’n sportiewe tweesitplekkerteen ’n billike prys te bied. Die ver-skil tussen toe en nou se bukse isdat die nuweling ’n “groen” knapieis. Die CR-Z word deur ’n gewonepetrolenjin van 1,5 F aangedryf,maar dan het hy ook ’n elektriesekragbronwat sykragvan ’n litium-ioon-batterypak kry.DieHonda kan dusmet slegs bat-

terykrag ry (teen enigiets onder60 km/h) ofhykanmet ’nkombina-sie van die twee kragbronne aange-dryf word.Jy kan ook tussen drie rymodus-

se skakel deur net ’n knoppie tedruk: Eco vir maksimum brand-stofbesparing en lang tye se elek-triese aandrywing, ’n normale ry-modus en dan ’n sportiewe modus.Honda se gedagte met die nuwe

CR-Zwasomwoelwater-pretmet ’n“groen” gewete te kombineer. Hoesuksesvol dié goue middeweg was,is egter ’n ope vraag.Die CR-Z se verbruik is nie ra-

sendbeterasmoderne turbodieselss’n nie; en as jy in syEco-modus ry,moet jymet ’neieronder jouregter-voet versnel – baie liggies en sorg-saam.Dit nou teenoor ’n moderne tur-

bodiesel of selfs ’nklein turbo-enjinwat jy normaalweg kan inspan en

steeds ’n lae verbruik kry.Dit net ter agtergrond. Die opge-

knapte CR-Z kry ’n nuwe blikbreinwat die enjinbeheer en kleptyd-reëling sodanig aanpas dat die mo-tor nou meer krag en wringkraglostoor.Honda sê die kragwinste is so

10%, wat nie te versmaai is nie.Krag is op na 101 kW, terwyl diewringkragsyfer van die 1,5 nou op190 Nm te staan kom.Ook die elektriese motor lewer

nou meer krag, van tien na vyftienkilowatt.Versnelling geskied nou in

9,0 sek. tot by 100 km/h, en die top-spoed is 200 km/h.Dieverbruikblyegter konstant op 5,2 F, sê Honda.Die CO2-syfer bly bo die 120 g/

km-merkie (124 g/km).Binne het Honda die sitplekke

vervang deur nuwe stoele wat ookleerinsetsels het. Daar is ook leer-panele by die deure se afwerking.Die beligting se ou, gewone lam-

pies is vervang met LED-soort dio-des wat kleiner is en minder kragopslurp.Die lampies word by die instru-

menthuls en by die dakvoering in-gespan om ’n ambiance te helpskep. As jy in Sport-modus is, is diebeligting rooi en in Eco-modus isdit groen.Buite is die buffer en die sier-

rooster deur nuwe eenhede ver-vang, terwyl die lugsnoer agter ’nnuwe ontwerp hetwat die lug beteronderdeur die motor kanaliseer.Dit help met effense afwaartsedrukkrag by hoë snelhede enmaakdie motor ook stabieler danksy ’nskoner lugvloei onderdeur.Standaardartikels is voortaan

Bluetooth-koppeling vir jou sel-foon, sitplekverwarmers, asookou-tomatiese hoofligte en ruitveërs.

CR-Z ’n bietjieopgeknap

Page 10: NoordKaap 22 Mei 2013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

Market Square 35Kimberley

ANTIQUES:KOOP/VERKOOP. Helpkliënte landwyd.071 967 0285.www.silvercosilver.co.za

GTS VERVOER en A JLOGISTICS:Vervoer kantoormeubels enmeubels landwyd teen billikepryse.082 574 3270074 585 3978.

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

KONTANT VIR MOTORSof bakkies. SMS 072 472 8686.Skakel 053 963 1409.

BEGIN JOU EIE besigheidmet AVON. SMS jou naamen 'ja' na: 084 55 62265 enons skakel jou terug.

APTEEKASSISTENT BE-NODIG: Libra Apteek.Graad 12 'n vereiste.Vorige ondervinding sal as'n aanbeveling dien.Bereid om Saterdae te werk.Indien u ernstig is om 'nloopbaan in 'n apteek tevolg, graag in 'n professione-le omgewing wil werk en be-reid is om nlangtermynverbintenis tevorm, handig asb. uvolledige en opgedateerdeCV in Longstraat 108,Towers-kompleks, Kimber-ley. Sluitingsdatum: 31Mei 2013.

GESOEK KODE 14 (EC):Swaarvragmotorbestuurdervir lang afstande, JHB naKSD, JHB na PE en JHB naDBN. Vragte.Moet in besit wees van 'nskoon PDP- en EC-bestuurs-permit.Moet ondervinding hê inhandrat-Fuller-13-spoed-ratkaste (InternationalTruck).Moet oor verwysings beskik.Depot in Kimberley.083 214 0828.

POSTE!BENODIG:1.Kode 10-drywers.2. Sekuriteitsbeampte omtoegangsbeheer uit te oefen.3. Verkoopspersone metGraad 12, ondervinding inhardeware is 'n voordeel.CV's van persone met ver-wysings kan gefaks word na:053 832 1999.

Page 11: NoordKaap 22 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 MEI 2013 11

Chillibush7710IDC

Dit gaan voor die windmethernubare energie-opwekking

Die IDC Green Industries besigheidseenheid verskaf

ontwikkelingsfinansiering aan ’n aantal industrieprojekte,

wat die land se koolstofuitset sal verminder.

Die eenheid ondersteun die ontwikkeling – in lyn met

die regering se doelwit vir ’n land wat teen 2050

geheel en al koolstofneutraal sal wees – van groen-

industrieë en -oplossings wat windplase, fotovoltaïese

elektrisiteitopwekking, termiese sonkrag, bio-etanol

brandstof en afvalbestuur insluit.

As jy die gesindheid van ’n ware entrepreneur en ’n projek

het wat kan bydra tot werkskepping en kapasiteitsgroei

in Suid-Afrika, besoek www.idc.co.za om uit te vind hoe

die IDC jou kan help om jou omgewing groen te maak.

Telefoon: 086 069 3888Epos: [email protected] aanlyn aansoek te doen vir finansiering van R1 miljoen of meer,gaan nawww.idc.co.za

Sportredaksie

DIE HoërskoolNoord-Kaap inKimberley seswemmers hetuitstekend gevaarin die 2012-’13-swemseisoen ennie minder nieas 183 medaljesop verskeie by-eenkomste losge-swem.Northerns se

Devon Steyn wasdie voorbok in diemedalje-oes en hetnie minder nie as59 medaljes tot syskool se indrukwek-kende totaalbygedra.Daarvan was 42

goue medaljes, 13silwer- en vierbronsmedaljes.Die Noord-Kaapse

Aqua-vereniging het ook amptelik laat weetSteyn het vyf rekords van Noord-KaapSwem verbeter.Hy spog nou met die vinnigste tye in die

400 m-vryslag, 50 m-rugslag, 100 m-rugslag,100 m-vlinderslag en 200 m-wissel- slag.Benewens Steyn het nog drie van HNK se

seunswemmers, Jason Changfoot, Juandu Plooy en Chad Mpisi, hulle ook dieseisoen deur in die swembad laat geld.Changfoot het altesaam 22 medaljes

ingeoes, wat vyf goues, nege silwer- en agtbronsmedaljes behels.Du Plooy het self vier silwer- en vyf

bronsmedaljes verower, terwyl Mpisi tweesilwermedaljes bygedra het.Die skoner geslag het Noord-Kaap se

naam ook in die swembad hoog ge-hou.Hulle het altesaam 91 medaljes verower,

met Sasha Coetzee wat die meeste van dieblink eerbewyse ingesamel het.Coetzee het 15 goues, 14 silwer- en

twee bronsmedaljes verower vir ’n persoon-like bydrae van 21 medaljes, terwyl ChantéRobinson self 20 medaljes – vyf goud, vyfsilwer en tien brons – byge- voeg het.Leatitia Human het ook haar staal in die

swembad getoon deur nege goue medaljesmet twee silwer- en ’n bronsmedalje op tevolg, terwyl Carina van Heerden agt silwer-en agt bronsmedaljes agter haar naamgevoeg het.Keziah Cloete en Jodene Cloete het

onderskeidelik vyf en drie bronsmedaljesmet hul swemvernuf losgeslaan, terwylKelsey Bester ’n driekuns – een goud, eensilwer en een brons – by Northerns setotaal help voeg het.San-Mari de Jager het ’n silwermedalje

bygedra.

Behaal183plekke

DEVON STEYN hetnie minder nie as 59medaljes tot syskool se indrukwek­kende totaal byge­dra. Daarvan was 42goue medaljes, 13silwer­ en vierbronsmedaljes.

Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Noord­Kaap se swemmershet behoorlik in die 2012­’13­seisoen huldeel gedoen en altesaam 183medaljes helpinsamel. Van links is Chante Robinson, Ja­son Changfoot, Sasha Coetzee, Juan duPlooy en Leatitia Human. Foto: Verskaf