NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling...

23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBER 2015 GRAAD 11 PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Transcript of NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling...

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 1 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

NOVEMBER 2015

GRAAD 11

PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30) AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10) AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40) 2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin elke afdeling op „n NUWE bladsy. 5. Trek „n streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is. 7. Laat „n reël oop na ELKE antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

BESOEDELING

1. Elke mens hou daarvan om skoon te wees. Jou liggaam moet skoon wees, jou tande moet geborsel word en jou hare moet netjies en gekam wees. „n Mens hou ook daarvan dat jou huis stofvry moet wees.

2. Maar dit lyk nie of moderne mense van „n skoon aarde hou nie. Die “groenes” skreeu al lankal dat mense nie omgee nie: mense is besig om die wêreld te vernietig.

3. Besoedeling beteken om vuil te maak: ons planeet se lug,

sy grond, sy water en selfs die water onder die aarde. Dit word byvoorbeeld deur fabrieke en radioaktiewe rommel asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger groei en selfs die dood veroorsaak.

4. Selfs baie harde geraas kan as besoedeling gesien word, bv. vliegtuie by besige

lughawens of motorverkeer. Te veel lawaai kan jou doof maak. Dit het ook ander nadele soos bv. jou senuweestelsel wat kan doodgaan.

5. Vir ons gesondheid is lugbesoedeling die slegste. Die lewe op aarde is afhanklik

van „n balans tussen die produksie van koolstofdioksied (CO ) deur diere, vulkane en die produksie van suurstof (O₂) deur die fotosintese van groen plante.

6. Die vrystelling van te veel koolstofdioksied deur fabrieke en die oorgebruik van

natuurlike bronne soos steenkool en natuurlike bosse wat vernietig word, beïnvloed die natuur se balans. Motors se uitlaatpype en rook uit fabrieke se skoorstene gee ook te veel giftige gasse af.

7. Suurreën, wat die plantegroei beskadig, is ook „n vorm van lugbesoedeling. Dit

kan selfs gebeur dat die giftige gasse wat in een land vrygestel word, as suurreën in „n ander land val om skade aan die plante- en dierelewe asook aan geboue aan te rig. Drinkwater word ook besoedel.

8. Fabrieke wat te veel rook en giftige gasse in die lug instuur, is die grootste rede

van lugbesoedeling.

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

9. Ons kan dit keer deur natuurlike elektrisiteit te produseer sodat alle huise dit kan

gebruik.

10. Die storting van vuilgoed veroorsaak grondbesoedeling, veral as dit onbeheerd gedoen word. Die mens is stadig besig om homself onder die berge afvalstowwe wat hy maak te begrawe … of dit nou radioaktiewe- of gewone huisrommel is.

11. Orals groei rommelberge, selfs langs belangrike toeristepaaie. Die meeste vullis

beland wel op die regte rommelhope, maar plek hiervoor raak min. Hierdie plekke bevat alle soorte huisrommel, skoonmaakmiddels en insekgif.

12. Maar dit is nie al nie. Baie gemors wat op ons mynhope is, word in die damme by

die myne, wat dikwels langs woongebiede is, gegooi. Myngrond is dooie grond. Daarom moet gras en plante op die mynhope geplant word. As dit nie gebeur nie, kom grond- en winderosie voor. Winderosie lei tot groot stofstorms wat baie sleg vir „n mens se gesondheid is.

13. Slegte stowwe soos metale, fabrieksrommel en insekgif wat in die riviere gegooi

word, is „n baie belangrike bewys dat water besoedel word.

14. Fabrieke, wat belangrik vir die land se ontwikkeling is, is die grootste rede dat die omgewing lelik gemaak word. Die afvalwater van fabrieke wat onwettige giftige chemikalieë in het, beland in ons riviere.

15. Hittebesoedeling vind plaas wanneer warm water, wat vir verkoeling van fabrieke

gebruik word, in riviere gepomp word. Die verhoogde watertemperatuur vernietig waterlewe.

16. Insekgif, kunsmis en onkruiddoders wat boere gebruik, is nog „n groot oorsaak van

waterbesoedeling. Reënwater spoel hierdie chemikalieë in riviere wat later in die see vloei.

17. Seebesoedeling is wanneer besoedelde riviere, riool, olie en ander baie giftige

produkte in die see beland.

18. Die besoedeling van die see met riool is baie hartseer. Die ideaal is dat riool by „n rioolaanleg behandel moet word voordat dit in die see gepomp word.

[Verwerk en aangepas uit http://www.mieliestronk.com/besoedeling.html]

WOORDEBOEKGEBRUIK: pro·du·seer: ww. Voortbring, maak. ‘n Fabriek produseer nuwe produkte. on·be·heer(d): b.nw en bw. Sonder beheer of buite beheer. Die onbeheerde leerlinge het die skool se vensters gebreek en die deure uitgeskop. on·kruid·doders: s.nw. Gif om vuilgoed en wilde plante dood te maak.

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

ri·ool: s.nw. Vuil water, afvalwater. ri·ool·aan·leg: s.nw. „n Plek waar riool skoongemaak word.

1.1 Waarvan hou moderne mense blykbaar nie? (1) 1.2 Noem TWEE tipes besoedeling wat algemeen voorkom. (2) 1.3 Hoe kan geraas „n mens se gesondheid beïnvloed? (1) 1.4 Hoe beïnvloed waterbesoedeling die mens? (1) 1.5 Die “groenes” (paragraaf 2) het al lankal gesê ons is besig om die wêreld te

vernietig. 1.5.1 Word die woord “groenes” LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1) 1.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.5.1 deur te verduidelik wat in

hierdie konteks met “groenes” bedoel word. (1) 1.6 Verduidelik die volgende uitdrukking: “Myngrond is dooie grond.” (paragraaf 12) (1) 1.7 Hoe kan myne lugbesoedeling veroorsaak? (1) 1.8 Wat kan fabrieke doen om te keer dat vuil water nie in die riviere beland nie? Noem TWEE moontlikhede. (2) 1.9 Gee TWEE redes hoe fabrieke die land se water negatief beïnvloed. (paragraaf 14 en 15) (2) 1.10 Waarom is lugbesoedeling baie sleg vir ons gesondheid? (1) 1.11 Op watter TWEE maniere, dink jy, beland onkruiddoders en insekgif in die

see? Beantwoord in TWEE volsinne en in jou eie woorde. (2) 1.12 Hoekom, dink jy, is besoedeling sleg vir toerisme in ons land? (1) 1.13 Noem TWEE dinge wat „n boer op sy plaas gebruik wat besoedeling

veroorsaak. (2) 1.14 Hoekom word daar na rommelberge verwys en nie na rommelhope nie? (1) 1.15 Hoekom, dink jy, word natuurlike bosse vernietig en bome afgekap? (1) 1.16 Gee TWEE voorbeelde van hoe die mens die see (oseane) besoedel. (2) 1.17 Wat is verkeerd daarmee om riool in die see te stort? (1)

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

1.17 Wat is (volgens die leesstuk) verkeerd daarmee om riool in die see te

stort? (1)

TEKS B: ADVERTENSIE

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

1.18 Wat kry elke speler, wat aan die gholfdag deelneem, gratis? (1) 1.19 “… slaan „n slag vir Suid-Afrika se skole.”

1.19.1 Het die bogenoemde uitdrukking „n LETTERLIKE of „n FIGUURLIKE betekenis? (1)

1.19.2 Gee „n rede vir jou antwoord in VRAAG 1.19.1 (1)

1.20 In watter provinsie is die gholfbaan? (1) 1.21 Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf slegs die

vraagnommer en die antwoord neer, bv. 1.21 E. Jy mag die eerste prys … benut. A tydens die skoolkwartaal en naweke B enige tyd van die jaar C tydens langnaweke en skoolvakansies D gedurende naweke en skoolvakansies (1) 1.22 Op watter manier, dink jy, kan die gholfdag skole help? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2: WENKE HOE OM ‘N SUKSESVOLLE ATLEET TE WEES Die artikel hieronder gee wenke oor wat jy kan doen om „n suksesvolle atleet te wees. Lees hierdie artikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit.

INSTRUKSIES 1. Som die sewe wenke in SEWE sinne op. 2. Skryf die feite PUNTSGEWYS neer. 3. Nommer die sinne van 1 tot 7. 4. Laat „n reël na elke punt oop. 5. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 6. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

TEKS C: WENKE OOR HOE OM ‘N SUKSESVOLLE ATLEET TE WEES Vir „n Olimpiese-vlak prestasie en baie energie, moet jy behoorlik eet en dit sluit die eet van „n koolhidraat- en proteïnbelaaide ontbyt in. Hoëvlak atlete wat hard oefen benodig 8 tot 10 ure se slaap. Fokus op „n goeie gehalte slaap deur bed toe te gaan voor 11:00. Slaap ook in „n omgewing wat so donker as moontlik is. Jy moet behoorlik opwarm voor jy oefen en afkoel nadat jy geoefen het. Spandeer 10 tot 15 minute aan „n dinamiese opwarmingsessie. Na jou oefensessie kan jy afkoel deur rek en strek oefeninge te doen om pyn en beserings te verminder. Berei jouself sielkundig voor vir wedstryde of sportbyeenkomste. Sommige maniere om dit te doen is deur te oefen en deur inspirerende boeke en aanhalings te lees. Alle suksesvolle atlete het afrigters. Atlete wat beduidende veranderings wil maak en wat hulp nodig het met hulle oefenprogram, benodig „n gesertifiseerde, professionele persoon om dit te kan doen. Huur dus „n afrigter. Oefen vroeg in die oggend. Suksesvolle atlete doen dit. Jy kan ook. Daar is baie minder afleidings vroeg in die oggend wat jou sal verhoed om „n suksesvolle oefensessie te hê en jy sal die hele dag goed voel. Olimpiese atlete is bekend daarvoor om vir jare saam te oefen voor hulle op die groot dag teen mekaar kompeteer. Aanspreeklikheid vorm „n groot deel van „n suksesvolle atleet se lewe en wanneer jy saam met „n vriend oefen is jy meer toegewyd. Oefen dus gereeld saam met „n vriend.

[Verwerk uit: http://www.com/training/pro-tips/fitness-secrets-of-olympic-athletes]

TOTAAL AFDELING B: 10

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE TEKS D x Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.

x Daar is opsetlike taalfoute in die advertensie. x Voer die instruksies by elke vraag uit.

1. Maak skoolprojekte jou elke jaar gespanne?

2. Dan is Huisgenoot se Skooltake 2014 net die tydskrif vir jou.

3. Dis gepak met feite, foto‟s, illustrasies en fantastiese infografika – „n weergalose naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe.

4. Dit bevat alles wat „n snuiter wat nuuskierig is nodig het en sluit fassinerende onderwerpe in soos wonders wat oud en nuut is van die wereld, die menslike liggaam, die geskiedenis van geld en die skryfkuns, virusse en bakterieë en bekende diersoorte.

5. Net: R20-00

3.1 Skryf die onderstreepte getal as „n WOORD. Skooltake 2014 kos net R20. (1) 3.2 Skryf die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord. Dit sluit onderwerpe in soos wonders wat oud en nuut is. (1) 3.3 Skryf die volgende vraagsin as „n STELSIN. Maak skoolprojekte jou elke jaar gespanne? (1)

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

3.4 Skryf die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Dit is „n naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe. (1) 3.5 Skryf die AFKORTING van die onderstreepte woord. Die geskiedenis van geld is ook „n onderwerp in Skooltake 2014. (1) 3.6 Herskryf die sin met die VOEGWOORD in hakies. Dit bevat onderwerpe oor die menslike liggaam. Dit bevat onderwerpe oor virusse. (en) (1) 3.7 Verbeter die SPELFOUT van die woord wereld in paragraaf 4. (1) 3.8 Skryf die KORREKTE VORM van die onderstreepte woord. Dit bevat alles wat „n nuuskierig laerskoolkind nodig het. (1) 3.9 Skryf die VERKLEININGSVORM vir die onderstreepte woord. Huisgenoot is net die tydskrif vir jou. (1) 3.10 Gee „n ANTONIEM vir die onderstreepte woord. Dit sluit oulike onderwerpe in soos bekende diersoorte. (1) [10] VRAAG 4: STROKIESPRENT TEKS E x Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer. x Voer die instruksies by elke vraag uit. x Opsetlike taalfoute kom voor.

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

4.1 Waarom begin die vrou haar woorde met die TUSSENWERPSEL “Umm”? (1) 4.2 Skryf „n SINONIEM vir die vetgedrukte woord in die konteks.

“Neem asseblief die lamp ook.” (1) 4.3 Watter WOORD gebruik die vrou wat aandui dat sy die inbreker met respek

aanspreek? (1) 4.4 Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf net die vraagnommer (4.4)

en die antwoord (A-D) neer, bv. 4.4 E. Met die uitroep “Jig!” wys die vrou dat sy … A aan skok ly. B die lamp haat. C ongemaklik sit. D bang is vir die inbreker. (1) 4.5 Verbeter die WOORDORDE. Skryf die hele sin oor. Vat ook die borde in die kombuis, want dit met my kleurskema bots. (1) 4.6 Wat is die funksie van die BELETSELTEKEN / STIPPELS (…) aan die

einde van die vrou se woorde? (1) 4.7 Hoekom, dink jy, sê die inbreker niks nie? (1) 4.8 Hoekom weet jy dat die man nie sy woorde hardop sê nie? (1) 4.9 Wat kan jy uit die man se woorde omtrent die man en vrou se verhouding

aflei? (1) 4.10 Waarom is die strokie humoristies? (1) [10] VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT TEKS F 5.1

x Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer. x Opsetlike taalfoute kom voor. x Voer die instruksies by elke vraag uit.

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

DRUK DOOD!

Om op te hou rook is „n (5.1.1) (persoon) besluit. Jeanine Smit het sewe jaar lank soos „n (5.1.2) … gerook voor sy opgehou het. (5.1.3) Sy was moeg daarvoor, want sigarette het haar siek gemaak. (5.1.4) Jeanine staan een oggend op. (5.1.5) Sy het gesukkel om asem te haal. Onmiddellik het sy besluit om sigarette te (5.1.6) … Die eerste drie dae was vir haar die (5.1.7) (erg). Sy het „n sigaret werk toe geneem en dit (5.1.8) (skelmpies / heeldag / in haar handsak) gehou. (5.1.9) Sy sê: “Dag twee was vir my moeiliker as dag een.” “Teen die (5.1.10) (vyf) dag het ek „n bietjie gewig opgetel. Ek was baie keer so honger, maar ek het iets daaraan gedoen.” Jeanine is nog steeds (5.1.11) vet. Sy rook nou al nege jaar nie meer nie. Sys ê sy sukkel om haar hande besig te hou. Sy is meer gefokus. (5.1.12) Sy voel goed oor haarself. (5.1.13) „n Simpel papierstokkie het haar lewe beheer. Nie meer nie!

[Verwerk uit Huisgenoot, 15 Mei 2014]

5.1.1 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

Om op te hou rook is „n (persoon) besluit. (1)

5.1.2 Kies die antwoord wat die volgende stelling KORREK voltooi. Skryf net die vraagnommer (5.1.2) en die antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 5.1.2 E.

Jeanine Smit het sewe jaar lank soos „n … gerook voor sy opgehou het.

A skoorsteen B trein C matroos D koolstoof (1)

5.1.3 Skryf die sin hieronder oor en vervang die vetgedrukte VOEGWOORD met AANGESIEN.

Sy was moeg daarvoor, want sigarette het haar siek gemaak. Begin jou antwoord só: Sy was moeg daarvoor aangesien … (1)

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

5.1.4 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

Jeanine staan een oggend op. (1)

5.1.5 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

Sy het gesukkel om asem te haal. (1)

5.1.6 Voltooi die sin met die ontbrekende WERKWOORD.

Onmiddellik het sy besluit om sigarette te … (1)

5.1.7 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

Die eerste drie dae was vir haar die (erg). (1)

5.1.8 Skryf die volgende sin met die KORREKTE WOORDORDE neer. Skryf die hele sin oor.

Sy het „n sigaret werk toe geneem en dit (skelmpies / heeldag / in haar handsak) gehou. (1)

5.1.9 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

Sy sê: “Dag twee was vir my moeiliker as dag een.” Begin jou antwoord só: Sy sê dat … (2)

5.1.10 Gee die KORREKTE VORM van die telwoord tussen hakies.

“Teen die (vyf) dag het ek „n bietjie gewig opgetel.” (1)

5.1.11 Gee die ANTONIEM van die onderstreepte woord.

Jeanine is nog steeds vet. (1)

5.1.12 Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

Sy voel goed oor haarself. Skryf die hele sin oor en begin só: Sy behoort … (1)

5.1.13 Skryf die sin oor in die LYDENDE / PASSIEWE VORM.

„n Simpel papierstokkie het haar lewe beheer. (1)

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

TEKS G 5.2 Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.

“Nog net tien kilometer!” [Uit www.google.com]

Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1-5.2.6) te voltooi.

helm; rem; pedale; handvatsels; fiets; pet;

stuurstang; bromponie; borg; waterbottel; afrigter; watersak

5.2.1 Die man ry per … (1)

5.2.2 Die … se logo is sigbaar op die man se klere. (1)

5.2.3 Die man neem altyd „n … saam om sy dors te les. (1)

5.2.4 Sy hande hou die … vas. (1)

5.2.5 Die man trap die … hard om vinniger te beweeg. (1)

5.2.6 Die man dra „n … om sy kop te beskerm. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 1 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

NOVEMBER 2015

GRAAD 11

MEMORANDUM

PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

AFDELING A: LEESBEGRIP

ASSESSERINGSRIGLYNE

x Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is. x Indien die leerder woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel

verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie vreemde woord sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.

x By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/NIE SAAM NIE, nie. Die rede/motivering verdien die punt.

x Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering verdien die punt.

x Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee ʼn volsin, is dit korrek MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.

x Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en ʼn reeks word gegee, sien SLEGS die eerste TWEE/DRIE na.

x Aanvaar dialektiese variasies. x Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat

volledig geskryf word vir meerkeusevrae.

VRAAG 1

TEKS A: BESOEDELING [Verwerk en aangepas uit http://www.mieliestronk.com/besoedeling.html] VRAAG MEMORANDUM PUNT

1.1 „n Skoon aarde / ‟n Onbesoedelde aarde

1

1.2 x Grond- x Lug- x Water- x Geraasbesoedeling- (Enige TWEE)

2

1.3 “…kan jou doof maak.” “…jou senuweestelsel wat kan doodgaan.” (Enige EEN)

1

1.4 x Dit kan siektes veroorsaak. x Daar is minder skoon water vir gebruik. x Dit veroorsaak dat vise, as voedselbron, uitsterf. (of soortgelyke beskrywing)

1

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

VRAAG MEMORANDUM PUNT

1.5.1 Figuurlik 1

1.5.2 x Mense wat vir „n skoon omgewing / aarde baklei. /

x Mense wat baie vir die aarde omgee.

x Mense wat vir die bewaring van die natuur veg.

x Mense wat teen die besoedeling van die aarde is. (Of soortgelyke beskrywing)

1

1.6 x Niks groei daarop nie. x Daar is geen lewe / plantegroei op die mynhope nie. x Myngrond bevat stowwe / chemikalieë wat verhoed dat iets daarop groei. (Of soortgelyke antwoord)

1

1.7 x Die stof wat van die mynhope kom, word deur die wind erodeer / weggewaai wat dan in die atmosfeer (lug) beland. x Stofstorms / wind waai die gevaarlike stowwe (van mynhope) in die lug / atmosfeer. (Of soortgelyke antwoord)

1 1.8 x Fabrieke kan die water skoonmaak / hergebruik.

x Fabrieke kan dit in spesiale damme hou sodat dit nie in die riviere beland nie.

2 1.9 x Water word warm en maak lewende wesens dood.

x Besoedel die water.

2 1.10

x „n Mens asem vuil lug in en kry longsiektes. / x Rook / giftige gasse is sleg vir „n mens se gesondheid / x Veroorsaak siektes. / (Of soortgelyke redenasie)

1 1.11 x Reënwater spoel die plaagdoders in spruite en riviere wat

uiteindelik in die see vloei. x Onkruiddoders en insekgif word op die plante en grond gespuit en beland uiteindelik / eventueel in die see.

2 1.12 x Dit lyk nie mooi nie.

x Dit is ongesond. x Dit skep „n slegte / swak indruk by vakansieoorde. x Dit beïnvloed sportbyeenkomste bv. watersport. x Toeriste besoek nie lande wat (erg) besoedel is nie. x Besoedelde lande kry negatiewe kommentaar in koerante tydskrifte / brosjures ens.

(Enige logiese antwoord)

1

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

VRAAG MEMORANDUM PUNT

1.13 x Insekgif x Kunsmis x Onkruiddoders x Chemikalieë

(Enige TWEE)

2 1.14 x Dit beteken dat rommel „n baie groot en groeiende

probleem is. / x Daar is soveel rommel dat dit soos „n berg lyk. /

(Enige een)

1 1.15 Die bome word uitgekap om plek te maak vir lande /

behuising / brandhout / meubels / ontwikkeling. / (Enige EEN)

1

1.16 x Riool word in die see gestort / x Olie word in die see gestort / x Besoedelde riviere loop in die see /

(Enige TWEE)

2 1.17 Riool moet eers by „n rioolaanleg behandel word.

1

TEKS B: ADVERTENSIE VRAAG MEMORANDUM PUNT

1.18 „n Bier. 1 1.19.1 Figuurlik 1 1.19.2 Skole baat daarby.

(Woordspel binne konteks)

1 1.20 Oos-Kaap 1 1.21 A / tydens die skoolkwartaal en naweke 1 1.22 Enige antwoord wat daarop dui dat skole baat sal vind;

finansieel of bv. deur „n skenking.

1 TOTAAL AFDELING A: [30] AFDELING B: OPSOMMING

Nasien van die opsomming

Die opsomming moet soos volg nagesien word:

x Puntetoekenning: o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit) o 3 punte vir taal o Totaal punte: 10

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

x Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie: o 1-3 korrekte feite: 1 punt o 4-5 korrekte feite: 2 punte o 6-7 korrekte feite: 3 punte

x Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het: o 6-7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie o 1-5 korrekte aanhalings: 1 punt vir taal word toegeken

LET WEL: x Getal woorde:

o Nasieners moet die getal woorde verifieer. o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde

wat gebruik is, aan te dui of verkeerd aandui nie. o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die

nasiener tot by die einde van die sin waarin 70 woorde oorskry word, lees.

VRAAG 2 TEKS C: WENKE OOR HOE OM „N SUKSESVOLLE ATLEET TE WEES [Verwerk uit:http://www.com/training/pro-tips/fitness-secrets-of-olympic-athletes]

Leesstuk Eie woorde

Vir „n Olimpiese-vlak prestasie en baie energie, moet jy behoorlik eet en dit sluit die eet van „n koolhidraat- en proteïnbelaaide ontbyt in.

Hoëvlak atlete wat hard oefen benodig 8 tot 10 ure se slaap. Fokus op „n goeie gehalte slaap deur bed toe te gaan voor 11:00. Slaap ook in „n omgewing wat so donker as moontlik is.

Jy moet behoorlik opwarm voor jy oefen en afkoel nadat jy geoefen het. Spandeer 10 tot 15 minute aan „n dinamiese opwarmingsessie. Na jou oefensessie kan jy afkoel deur rek en strek oefeninge te doen om pyn en beserings te verminder.

Berei jouself sielkundig voor vir wedstryde of sportbyeenkomste. Sommige maniere om dit te doen is deur te oefen en deur inspirerende boeke en

1

2

3

4

Jy moet behoorlik eet (vir energie). Slaap vir 8 tot 10 ure (lank)./ Slaap in „n donker omgewing. Jy moet behoorlik opwarm en afkoel. Berei jou sielkundig voor (vir byeenkomste).

Page 20: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

aanhalings te lees.

Alle suksesvolle atlete het afrigters. Atlete wat beduidende veranderings wil maak en wat hulp nodig het met hulle oefenprogram benodig „n gesertifiseerde professionele persoon om dit te kan doen. Huur dus „n afrigter.

Oefen vroeg in die oggend. Suksesvolle atlete doen dit. Jy kan ook. Daar is baie minder afleidings vroeg in die oggend wat jou sal verhoed om „n suksesvolle oefensessie te hê en jy sal die hele dag goed voel.

Olimpiese atlete is bekend daarvoor om vir jare saam te oefen voor hulle op die groot dag teen mekaar kompeteer. Aanspreeklikheid vorm „n groot deel van „n suksesvolle atleet se lewe en wanneer jy saam met „n vriend oefen is jy meer toegewyd. Oefen dus gereeld saam met „n vriend.

5

6

7

Huur „n (professionele) afrigter. Oefen vroeg in die oggend. Oefen saam met „n vriend / iemand.

[Aantal woorde: 44] TOTAAL AFDELING B: [10]

VRAAG 3 TEKS D: ADVERTENSIE 3.1 twintig 1 3.2 x stokoud

x horingoud (Enige EEN)

1

3.3 Skoolprojekte maak jou elke jaar gespanne. 1 3.4 laerskoolkinders 1 3.5 gesk. 1 3.6 Dit bevat onderwerpe oor die menslike liggaam en

virusse.

1

3.7 wêreld 1 3.8 nuuskierige 1 3.9 tydskriffie 1 3.10 onbekende 1 SUBTOTAAL: [10]

Page 21: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

VRAAG 4 TEKS E: BY DIE HUIS [Verwerk en vertaal uit www.closetohome.com] VRAAG MEMORANDUM PUNT DENK-

VLAK (Bloom)

4.1 x Sy is onseker / huiwerig. x Sy weet dat wat sy gaan vra, nie reg is nie. x Sy dink aan wat die inbreker nog kan steel. x Sy probeer die inbreker se aandag trek.

(Enige EEN of soortgelyk)

1 3

4.2 Vat / steel / gaps 1 5 4.3 Meneer / meneer / Mnr. / mnr. / mnr 1 4 4.4 x B

x Die lamp haat. x B die lamp haat.

(Enige EEN)

1 6

4.5 Vat ook die borde in die kombuis, want dit bots met my

kleurskema. Vat die borde in die kombuis ook, want dit bots met my kleurskema. (as kandidaat enige deel van sin verkeerd maak al is die kerngedeelte korrek – 0 punte)

1 3

4.6 x Sy dink (eers wat sy nog kan sê).

x Sy dink eers oor wat sy nog kan noem wat die dief moet vat.

x Dit dui aan dat haar sin nog nie voltooi is nie / sy nog nie klaar gepraat het nie. (Enige EEN of soortgelyk)

1 3

4.7 x Hy is verbaas / geskok. x Hy kry nie kans om te praat nie. x Hy is besig om te steel / nog goed te vat.

(Enige EEN of soortgelyk)

1 4

4.8 x Die borrel wys dat hy dink.

x Sy mond is toe. x Sy gedagtes is in „n ander lettertipe / skuinsdruk.

(Enige EEN)

1 4

x

Page 22: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

4.9 x Hulle het nie „n gelukkige / goeie verhouding nie. x Hy is nie meer lief vir sy vrou nie / hou nie van sy vrou nie.

(Enige EEN of soortgelyk)

1 5

x 4.10 x Die vrou moedig die inbreker aan om te steel.

x Die man wens sy vrou word ook gesteel. x Die man wens hy kan van sy vrou ontslae raak.

(Enige EEN of soortgelyk)

1 5

SUBTOTAAL: [10] VRAAG 5 5.1 TEKS F: DRUK DOOD! [Verwerk uit Huisgenoot 15 Mei 2014] VRAAG MEMORANDUM PUNT DENK-

VLAK (Bloom)

5.1.1 persoonlike 1 1 5.1.2 x A

x skoorsteen x A skoorsteen

(Enige EEN)

1 2

5.1.3 Sy was moeg daarvoor aangesien sigarette haar siek gemaak

het. 1 3

5.1.4 x Jeanine het een oggend opgestaan.

x Een oggend het Jeanine opgestaan. 1 3

5.1.5 Sy het nie gesukkel om asem te haal nie. 1 3 5.1.6 los / laat vaar / laat staan 1 2 5.1.7 ergste 1 1 5.1.8 x Sy het „n sigaret werk toe geneem en dit heeldag

skelmpies in haar handsak gehou. x Sy het skelmpies „n sigaret werk toe geneem en dit

heeldag in haar handsak gehou.

1 3

5.1.9 x Sy sê dat dag twee vir haar √ moeiliker as dag een was. √

x Sy sê dat dag twee vir haar √ moeiliker was √ as dag een. 2 3

5.1.10 vyfde 1 2

Page 23: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS …€¦ · asook insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 MP/Nov. 2015 NSS

Kopiereg voorbehou MPUMALANGA Blaai om asseblief

5.1.11 maer / slank / skraal / 1 1 5.1.12 x Sy behoort goed oor haarself te voel

x Sy behoort goed te voel oor haarself. (Enige EEN)

1 3

5.1.13 Haar lewe is deur „n simpel papierstokkie beheer. 1 3 5.2 TEKS G: “Nog net tien kilometer!” [Verwerk uit www.google.com] VRAAG MEMORANDUM PUNT DENK-

VLAK (Bloom)

5.2.1 fiets 1 1 5.2.2 borg 1 1 5.2.3 waterbottel 1 1 5.2.4 handvatsels / stuurstang 1 1 5.2.5 pedale 1 1 5.2.6 helm 1 1 SUBTOTAAL: [20]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 80