my identiteit … my weerstand teen die vyand …

14

description

my identiteit … my weerstand teen die vyand …. my identiteit … my weerstand teen die vyand …. - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of my identiteit … my weerstand teen die vyand …

Page 1: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …
Page 2: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

MY IDENTITEIT…MY WEERSTAND TEEN DIE VYAND…

Page 3: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

MY IDENTITEIT…MY WEERSTAND TEEN DIE VYAND…

Rom 7:14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. 20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. 21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; 23 maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. 24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? 25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! 26 So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

Page 4: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

HOEKOM ‘N DEEGLIKE BEGRIP VAN ONS IDENTITEIT?

• DIT GEE ONS VRYHEID VAN GEESTELIKE KONFLIK

• DIT IS DIE WAPENS TEEN GEESTELIKE KONFLIK

• DIT GEE ONS OORWINNING OOR DIE INNERLIKE STRYD

• DIT GEE ONS OORWINNING TEEN VERSOEKINGS EN BEPROEWINGS

• DIT GEE ONS NIE NET OORWINNING OOR SONDE NIE, MAAR GEE ONS KENNIS OOR HOE SONDE WERK EN HOE VERGIFNIS WERK

• DIT VERANDER ONS GEDRAG EN OPTREDE

• DIT GEE ONS BEVRYDING

Page 5: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

VOOR WEDERGEBOORTE

• ONREIN, WETTELOOS, GEHOORSAAM AAN DIE VLEES, DIENSKNEGTE VAN SONDE, VRUGTE GEDRA WAAROOR JY JOU SKAAM, LOON WAS DIE DOOD… (ROM.6)

• EF. 2:1-3

1 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

Page 6: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

SO, WIE IS EK??(NA WEDERGEBOORTE)

• GEROEPE \ UITVERKORE HEILIGES

(Kol.3:12 ; Rom.11:6,7 ; Openbaring ; Heb.6:10 ; Tit.2:3 ens)

Kol 3:12

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

MY WEERSTAND TEEN DIE VYAND

Spr.23:7 – “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.”

KJV – “For as he thinketh in his heart, so is he.”

AS JY MISLUK OM JOUSELF AS ‘N KIND VAN DIE ELOHIEM TE SIEN, TEVERGEEFS GAAN JY SUKKEL OM SOOS EEN TE LEEF!

Page 7: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

SO, WIE IS EK??(NA WEDERGEBOORTE)

• BEVRYDES VAN DIE SLAWERNY VAN SONDE EN DOOD

Heb.2:14-18

14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

MY WEERSTAND TEEN DIE VYAND

1. HY HET DIE VYAND TOT NIET GEMAAK

2. HY HET ONS ALMAL KOM BEVRY VAN SLAWERNY VAN SONDE

3. HY BEKOOMER HOM OOR ONS (DIE GESLAG VAN ABRAHAM)

4. HY’T ONS SONDES VERSOEN (ONS IS SKULD VRY)

5. HY HELP DIE WIE VERSOEK WORD, OMDAT HY SELF ONDER VERSOEKING GELY HET (OOK HEB.4:16)

Page 8: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

SO, WIE IS EK??(NA WEDERGEBOORTE)

• EK IS ‘N KIND VAN DIE LIG EN NIE VAN DIE DUISTERNIS NIE

1 THESS.5: 5,6,8

5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

1JOH.1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

JOH.8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

MY WEERSTAND TEEN DIE VYAND

DUISTERNIS KAN NIE WEES WAAR LIG IS NIE (JAHSHUA IS IN MY DAAROM IS DAAR GEEN PLEK VIR DUISTERNIS IN MY NIE)

Page 9: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

SO, WIE IS EK??(NA WEDERGEBOORTE)

• EK IS ‘N VREEMDELING EN BYWONER IN HIERDIE WERELD

1 PET.2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;

PHIL 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

JOH.15:18,19

18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.

MY WEERSTAND TEEN DIE VYAND

MY VERDRUKKING IN HIERDIE WERELD BEVESTIG MY BURGERSKAP IN DIE HEMEL

Page 10: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

SO, WIE IS EK??(NA WEDERGEBOORTE)

• EK IS UIT ELOHIEM GEBORE EN DIE BOSE HET GEEN VAT OP MY NIE!

1JOH. 5:18, 19

18 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

MY WEERSTAND TEEN DIE VYAND

DIE VYAND HET GEEN HOU-VAS OP MY NIE, WANT AS HY AAN MY VAT, VAT HY AAN DIE ERFDEEL VAN DIE ELOHIEM!

Page 11: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

Rom 12:3

Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

1Kor 8:1

...Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.

Hos 4:6

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Page 12: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

WIE IS EK??

• EK IS DIE SOUT VAN DIE AARDE (Matt.5:13)

• EK IS ‘N LOOT VAN DIE WARE WYNSTOK (JOH.15:1,5)

• EK IS ‘N MEDE ERFGENAAM VAN JAHSHUA (ROM.8:17)

• EK IS ‘N DEELGENOOT VAN ‘N HEMELSE ROEPING (HEB.3:1)

• EK IS N VYAND VAN DIE DUIWEL (1 PET. 5:8)

• EK HET DIE SIN VAN JAHSHUA ONTVANG (1KOR.2:16)

• EK IS DUUR GEKOOP (1KOR.6:19,20)

• EK IS REGVERDIG GEMAAK (2KOR.5:21)

• EK IS GESEëN MET ALLE GEESTELIKE SEëNINGE (EF.1:3)

• EK IS VOLKOME GEMAAK IN JAHSHUA (KOL.2:10)

• EK HET SAAM MET JAHSHUA GESTERF EN HET SAAM MET JAHSHUA OPGESTAAN (KOL.3:1-4)

• EK HET DIE REG OM MET VRYMOEDIGHEID NA DIE TROON TE GAAN (HEB.4:16)

• EK LEEF NIE MEER VIR MYSELF NIE MAAR VIR JAHSHUA (2KOR5:14,15)

Page 13: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …

AFSLUITING

2TIM 3:1

Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

HAND 2:17

En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge

sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

Page 14: my  identiteit … my  weerstand  teen die  vyand …