GLANSSTORIE Kom Terug! - FRONTLINEfrontline.org.za/Files/PDF/Juig Articles/Additions... ·...

2
GLANSSTORIE 52 JUIG! TYDSKRIF —deur Dr. Peter Hammond Woord van God ons aanspoor om die volle wapenrusting van God aan te trek. Jesus waarsku ons dat dié wat die Evangelie net oppervlakkig ontvang en nie sorg dat daar ‘n sterk fondament van totale toewyding gelê word nie, sal terugval. Lees gerus wat Markus in die verband in hoofstuk 4: 3 -20 sê. Diegene wat nét seë- ninge en voordele begeer, is nie bereid om die koste te betaal en die nodige opoffer- ing te maak nie. Hulle sal baie beslis nie lank ‘hou’ nie – Luk 14: 27 – 33. Jesus het ook ver- der gewaarsku dat dié wat sonde in hulle lewe bly toelaat (1 Joh 3:8) en dit nie bely en daarvan afstand doen nie, se geestelike lewe daardeur verwurg sal word net soos wat onkruid plante verstrengel en laat ver- gaan. ANDER SE MENING OOR JOU Die Bybel waarsku ook baie duidelik teen die gevaar van bekommerd wees oor wat ander van jou dink (Spr 29:25), want dit lei ons in die versoeking om ons standaarde te verlaag, kompromieë aan te gaan en dan hulle voorbeeld te volg eerder as Jesus s’n. (Joh 13:15). Ons moet leef om God te plesier en nie mense nie. (Joh 8: 29). Dubbele lojaliteit on- dermyn ons toewyding aan die Here (Matt 6: 24). Wat ookal tussen ons en die Here kom, moet met wortel en tak uitgeroei word en afgelê word. (Heb 12:1). Indien geld, ambisie, vriende, materiële dinge, opvoeding, politiek of begeertes meer aandag kry as wat die Here kry en be- langriker as Hy in ons lewens is; dan moet ons kies wie ons wil dien, want ons kan nie twee here dien nie. Jesus is òf Heer van alles òf Heer van niks nie! VOEDING NOODSAAKLIK Dit is te dikwels die geval dat die persoon wat terugval sy geestelike lewe verwaarloos het. Die Woord van God is vir ons siele pre- sies dit wat kos vir ons liggame is. Niemand kan geestelik oorleef sonder om gevoed te word deur die Woord van God nie. (Matt 4:4). Jy kan in ‘n geestelike geraamte ver- ander indien jy die gereelde, biddende en gehoorsame studie van Sy Woord verwaar- loos. (Jak 1:25). F rustrasie en ontevredenheid is ge- woonlik die eerste tekens van iemand wat teruggeval het in die geloof. Dit maak nie saak hoe diep dit weggesteek word nie, daar is tog die moedelose erken- ning dat jy die oorvloedige lewe in Christus misloop. Daar is ook die ongemaklike besef dat jy Christus se liefde verwerp. As teruggeval- lene is jy diep bewus daarvan dat jy uit voeling is met God en dat die verhouding met God wat eens so kosbaar was, ten einde geloop het. Jy begin wonder of daar- die vreugde van ‘n innige gemeenskap met God en die vertroue dat jy in die mid- delpunt van God se Wil is, ooit weer ervaar sal word. Daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan, die wete dat alles ten goede meewerk vir hulle wat in God glo en die ver- vulling wat jy ervaar omdat jy weet dat jy in kontak is met die lewende God, net nie meer daar is nie. TEVREDE MET TWEEDE BESTE Hoe kan enigiemand wat God se perfekte Wil ervaar het, ooit weer tevrede wees met die tweede beste? Wat op aarde het veroor- saak dat jy handdoek ingegooi het? Wat het veroorsaak dat jy afvallig ge- word het en tevrede is met wat die wêreld bied? Was dit die openbare mening, groepsdruk of sosiale aanvaarding wat dit veroorsaak het? Was dit vir jou té moeilik en die vereistes té hoog? Was die opposisie te sterk of was die versoeking net eenvoudig te groot? HOEKOM MINDER AS GOD SE BESTE VIR JOU AANVAAR? Dit is so tragies dat daar in die geestelike oorlog (Ef 6: 10 -18) van die Christendom soveel ongevalle is. Dit is waarom Jesus ons geleer het om in Sy voetspore te volg (1 Pet 2:21) omdat die duiwel se landmyne nooit in die middel van God se pad gevind sal word nie (Jes 35: 8 – 10). Solank ons in God se per- fekte Wil beweeg, sal ons die storms van die lewe kan trotseer en die aanvalle suksesvol die hoof bied (Matt 7:24 - 27). WAPENRUSTING NODIG Dit is juis op grond van die werklike gevaar wat die vyand inhou (1 Pet 5:8) dat die Diegene wat nét seëninge en voordele begeer, is nie bereid om die koste te betaal en die nodige opoffe- ring te maak nie. JUIG! TYDSKRIF 53 » Kom Terug! Ons is in ‘n geestelike oorlogvoering, ongevalle is on- vermydelik en die Here het voorsiening daarvoor ge- maak dat ons kan terugkeer en herstel kan word.

Transcript of GLANSSTORIE Kom Terug! - FRONTLINEfrontline.org.za/Files/PDF/Juig Articles/Additions... ·...

Page 1: GLANSSTORIE Kom Terug! - FRONTLINEfrontline.org.za/Files/PDF/Juig Articles/Additions... · WAPENRUSTING NODIG Dit is juis op grond van die werklike gevaar wat die vyand inhou (1 Pet

G L A N S S TO R I E

52 JUIG! TYDSKRIF

—deur Dr. Peter Hammond

Woord van God ons aanspoor om die volle wapenrusting van God aan te trek. Jesus waarsku ons dat dié wat die Evangelie net oppervlakkig ontvang en nie sorg dat daar ‘n sterk fondament van totale toewyding gelê word nie, sal terugval.

Lees gerus wat Markus in die verband in hoofstuk 4: 3 -20 sê. Diegene wat nét seë-ninge en voordele begeer, is nie bereid om die koste te betaal en die nodige opo� er-ing te maak nie. Hulle sal baie beslis nie lank ‘hou’ nie – Luk 14: 27 – 33. Jesus het ook ver-der gewaarsku dat dié wat sonde in hulle lewe bly toelaat (1 Joh 3:8) en dit nie bely en daarvan afstand doen nie, se geestelike lewe daardeur verwurg sal word net soos wat onkruid plante verstrengel en laat ver-gaan.

ANDER SE MENING OOR JOUDie Bybel waarsku ook baie duidelik teen die gevaar van bekommerd wees oor wat

ander van jou dink (Spr 29:25), want dit lei ons in die versoeking om ons standaarde te verlaag, kompromieë aan te gaan en dan hulle voorbeeld te volg eerder as Jesus s’n. (Joh 13:15).

Ons moet leef om God te plesier en nie mense nie. (Joh 8: 29). Dubbele lojaliteit on-

dermyn ons toewyding aan die Here (Matt 6: 24). Wat ookal tussen ons en die Here kom, moet met wortel en tak uitgeroei word en afgelê word. (Heb 12:1).

Indien geld, ambisie, vriende, materiële dinge, opvoeding, politiek of begeertes meer aandag kry as wat die Here kry en be-langriker as Hy in ons lewens is; dan moet

ons kies wie ons wil dien, want ons kan nie twee here dien nie. Jesus is òf Heer van alles òf Heer van niks nie!

VOEDING NOODSAAKLIKDit is te dikwels die geval dat die persoon wat terugval sy geestelike lewe verwaarloos

het. Die Woord van God is vir ons siele pre-sies dit wat kos vir ons liggame is. Niemand kan geestelik oorleef sonder om gevoed te word deur die Woord van God nie. (Matt 4:4). Jy kan in ‘n geestelike geraamte ver-ander indien jy die gereelde, biddende en gehoorsame studie van Sy Woord verwaar-loos. (Jak 1:25).

Frustrasie en ontevredenheid is ge-woonlik die eerste tekens van iemand wat teruggeval het in die geloof. Dit

maak nie saak hoe diep dit weggesteek word nie, daar is tog die moedelose erken-ning dat jy die oorvloedige lewe in Christus misloop.

Daar is ook die ongemaklike besef dat jy Christus se liefde verwerp. As teruggeval-lene is jy diep bewus daarvan dat jy uit voeling is met God en dat die verhou ding met God wat eens so kosbaar was, ten einde geloop het. Jy begin wonder of daar-die vreugde van ‘n innige gemeenskap met God en die vertroue dat jy in die mid-

delpunt van God se Wil is, ooit weer ervaar sal word. Daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan, die wete dat alles ten goede meewerk vir hulle wat in God glo en die ver-vulling wat jy ervaar omdat jy weet dat jy in kontak is met die lewende God, net nie meer daar is nie.

TEVREDE MET TWEEDE BESTEHoe kan enigiemand wat God se perfekte Wil ervaar het, ooit weer tevrede wees met die tweede beste? Wat op aarde het veroor-saak dat jy handdoek ingegooi het?

Wat het veroorsaak dat jy afvallig ge-word het en tevrede is met wat die wêreld bied? Was dit die openbare mening,

groepsdruk of sosiale aanvaarding wat dit veroorsaak het? Was dit vir jou té moeilik en die ver eistes té hoog? Was die opposisie te sterk of was die versoeking net eenvoudig te groot?

HOEKOM MINDER AS GOD SEBES TE VIR JOU AANVAAR?Dit is so tragies dat daar in die geestelike oorlog (Ef 6: 10 -18) van die Christendom soveel ongevalle is. Dit is waarom Jesus ons geleer het om in Sy voetspore te volg (1 Pet 2:21) omdat die duiwel se landmyne nooit in die middel van God se pad gevind sal word nie (Jes 35: 8 – 10). Solank ons in God se per-fekte Wil beweeg, sal ons die storms van die lewe kan trotseer en die aanvalle suksesvol die hoof bied (Matt 7:24 - 27).

WAPENRUSTING NODIGDit is juis op grond van die werklike gevaar wat die vyand inhou (1 Pet 5:8) dat die

Diegene wat nét seëninge en voordele begeer, is nie bereid om die koste te betaal en die nodige opo� e-ring te maak nie.

JUIG! TYDSKRIF 53

»

—deur Dr. Peter Hammond

Kom Terug!

Ons is in ‘n geestelike oorlogvoering, ongevalle is on-vermydelik en die Here het voorsiening daarvoor ge-maak dat ons kan terugkeer en herstel kan word.

Page 2: GLANSSTORIE Kom Terug! - FRONTLINEfrontline.org.za/Files/PDF/Juig Articles/Additions... · WAPENRUSTING NODIG Dit is juis op grond van die werklike gevaar wat die vyand inhou (1 Pet

GEBEDSLEWE BELANGRIKGebed is die geestelike asem vir ons siel. Dit is uiters noodsaaklik. Net soos iemand wat ophou asemhaal kan verwag om te sterf, kan die Christen wat nie bid nie, verwag om binne weke in ‘n verrottende geestelike lyk te verander. (Luk 18:1).

Die Bybel doen baie duidelik verslag van die mislukkings van selfs die grootste van die Godsmanne in die Bybelse tyd. Al-mal het op een of ander stadium in hul le-wens van God afvallig geword:

Adam was ongehoorsaam - Rom 5:12en Gen 3:1 - 6Israel was ongelowig - Rom 9:32

Saul was hardkoppig en het rebelleer -1 Sam 15:22, 23Simson het by die vyand geslaap -Rigt 16:19Dawid was ‘n egbreker en moordenaar -1 Sam 11Petrus het Jesus verraai - Luk 22:55 – 62Thomas het Jesus betwyfel (kyk gerus naJoh 20:25 – 28).

UITDAGING IN SY WOORDDit is egter nie die Here se manier om sy ge-wonde troepe die � nale steek met die ba-jonet toe te dien nie. Ons is in ‘n geestelike oorlogvoering, ongevalle is onvermydelik en die Here het voorsiening daarvoor ge-maak dat ons kan terugkeer en herstel kan word. God se Woord daag ons uit: “As mense val, staan hulle dan nie weer op nie?” Jer 8:4.

••

In Lukas 15 gee Jesus hoop aan almal wat sukkel deurdat hulle teruggeval het – dit word gedoen in drie kosbare vergelykings.

VERDWAALDES GESOEKIn die Gelykenis van die Verlore Skaap: Je-sus sê hier baie duidelik dat, indien jy deel van Sy kudde is en jy verdwaal het, Hy jou sal soek en nie sal rus totdat Hy jou gekry het nie. Jy behoort aan Hom, Hy het vir jou gesterf en Hy sal jou terugbring na die vei-ligheid en sekuriteit van Sy kudde.

In die Gelykenis van die Verlore Seun: Hier vertel Hy ons dat ons altyd welkom sal wees in die Vader se huis en dat daar groot

vreugde in die Vader se hart is as Hy dié wat teruggeval het, weer terugverwelkom. Geen sonde is groter as God se Genade nie!

In die Gelykenis van die Verlore Munt-stuk: Hier word dit duidelik gemaak dat ons baie kosbaar vir God is. Dawid het Sy sonde bely (Ps 51) en na God teruggekeer om Hom vir die res van sy lewe te dien. (2 Sam 12). Petrus is weer ‘herstel’ en het Jesus kragtig onder die Jode gedien en vir Jesus aan ‘n onderstebo-kruis gesterf ( Joh 21: 15 -19). Thomas het as apostel voortgegaan en Jesus kragtig in Persië en Indië gedien en as martelaar vir Christus naby Madras gesterf (Joh 20: 28, 29).

HOE KAN JY DAN NA HOMTERUGKOM?God sê in Sy Woord: “Julle sal na My roep en

kom bid. Ek sal na julle luister. As julle heelhar-tig na My soek, sal julle My vind.” Jer 29:12-13. “Draai met volle oorgawe terug na My toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur om-dat julle hartseer is nie, skeur julle harte! Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie mak-lik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en wil julle nie graag straf nie.” Joël 2:12-13.

“Dit is die Here wat jou teruggeroep het uit jou smart. Jy was soos ‘n jong vrou wat deur haar man verstoot is, sê jou God. Vir ‘n kort rukkie het Ek jou verstoot, maar omdat ek jou baie liefhet, vat Ek jou terug.” Jes 54:6-7. “Elk-een wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal dié persoon wat na My toe kom, glad nie verstoot nie.” Joh 6:37.

DÓÉN WAT REG ISIndien jy na die Here wíl terugkom, bid som-mer nou! Maak jou Bybel by Ps 51 oop en bid daardie gebed met ‘n opregte hart, bedoel elke woord en soek dan ook die volgende gedeeltes op: Heb 7:25; 1 Joh 1:9; 1 Joh 2:1-2; Fil 1:6; Fil 2:13 en 1 Pet 4:2-5. Lees ook die volgende oor versoeking: 1 Kor 10:13; 1 Joh 4:4 en Jak 4:7. Jy sal nooit vrede ervaar tensy jy doen wat reg is nie.

Draai jou rug op die sonde en draai terug na Hom toe! “Aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar, en julle sonder vlek met groot vreugde voor Sy heerlike teenwoor-digheid stelling te laat inneem, aan die ewige God, ons Verlosser op grond van wat Jesus Christus vir ons gedoen het, behoort die heer-likheid, die grootheid, die krag en die mag van altyd af, ook nou en vir altyd. Amen.” Jud 24, 25.

“Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.”

Jer 29:12-13

54 JUIG! TYDSKRIF

DR. PETER HAMMOND, sendeling, outeur en konfe-rensiespreker. E-pos [email protected], besoek www.frontline.org.za of skakel hom by 021 689 4480.

G L A N S S TO R I E

Die uitgewer van Skrifgefundeerde publikasies waarop jy kan vertrou

In Om dogters groot te maak

bespreek James Dobson inligting,

benaderings, oplossings en aan-

bevelings gegrond op die nuutste

navorsing, tesame met raad wat al

die toets van die tyd deurstaan het.

Hy fokus op die invloed van ouers,

onderwysers en portuurgroepe op

dogters.

Dié boek sal ouers met

praktiese raad bystaan in die

groot verantwoordelikheid om

hul dogters beter te verstaan en

eff ektiewe leiding aan hulle te gee.

R129,95

BINNEKORTBESKIKBAAR

Ook beskikbaar in Engels

Beskikbaar by CUM-Boeke en alle toonaangewende boekwinkels.Skakel 0860 110 321 of stuur ’n e-pos na [email protected] webwerf: www.cumboeke.co.za

JUIG2.indd 1 7/30/10 9:50:30 AM