Louico kamp - SAWA · 2017-05-09 · Ek wil God nie verveel nie.God is `n kunstenaar. Orson Wellex...

4
Kamp datums vir 2017 Faan Meintjies ( S ) ..............27 - 29 Jan Aasvoêlkrans (G) .................24 - 26 Febr KDP Wildtuin ……………… 24 - 28 Mrt Presidente (Klipdraai ) ……. 13 17 Apr Buffelspoort ( S ) …………. 19 - 21 Mei Leeudoringstad ( S) ….. 23 - 25 Jun ( S) ………… Jul Klub Louico (AJV) ………. 25 - 27 Aug Wesvalia (S ) …………. 22 - 25 Sept Koppisol (Kongres) ……… 1315 Okt Parys (S) ……..…… 27 - 29 Okt Louico ( G - Afsluiting) …… 24 - 26 Nov VCP (S) ………………… 13 Des Belangrike Verjaarsdae 8 Jan …...Rista Pretorius 16 Jan ….. Mouton Pretorius 31 Jan ….. Liesbet Broodryk 2 Mrt ….. Daan Basson 27 Mrt ….. Daan Jacobs 9 Jun …. Faan j v Rensburg 4 Aug ….. Jan Broodryk 9 Aug Eliza j v Rensburg 6 Sept .. Eurika Gouws 23 Sept .. Laetitia Gouws 27 Sept .. Nita van Heerden 14 Okt …. Jaco Gouws 14 Okt …. Johann Gouws 7 Nov …. Herman van Heerden Publieke Vakansie dae 01 Januarie ….. Nuwejaarsdag 02 Januarie ….. Openbare vakansiedag 20 Maart ….. Skoolvakansiedag 21 Maart ….. Menseregtedag 14 April ….. Goeie Vrydag 17 April ….. Gesinsdag 27 April ….. Vryheidsdag 28 April ….. Skoolvakansiedag Streeks - Dagbestuur Voorsitter : Jaco Gouws - Sel nr. 0833974277 Ondervoorsitter : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412 Penningmeester : Johann Gouws - Sel nr. 0824173583 Redaksie : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412 Sekretaresse : Laetitia Gouws - Sel nr. 0829580860 Snr. Burger Sameroeper: Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412 Addisionele lid : Faan Janse van Rensburg - Sel nr. 0833821571 Addisionele lid : Mouton Pretorius - Sel nr. 0832876586 Jaargang 8 Uitgawe 2 Nov 2016 Louico kamp - Gebied / Streek Jaar Afsluiting Ons laaste kalenderkamp van 2016 word beplan, met `n Pre-kampvergadering aan die huis van ons voorsitter en sy vroutjie. Soos oudergewoonte word eers stukke gekuier voor die vergadering begin, dan open Jaco met gebed. Met Switserse klok persiesie word die vergadering gehou deur vrae, antwoorde, oplossings, aanmerkings, opmerkings, voorstelle te maak met slotsom dat ons kan en wil die gebiedskamp aanbied en ook sommer dat dit `n reuse sukses gaan wees. Deur die verloop van die vergadering skryf ons neer wat ons moet maak, saam bring, koop, uitvind, en bestel. Gelukkig deel elke huisgesin in die magdom take. Die aand se verrigtinge word afgesluit met `n lekker braai en `n paar koues. n Paar weke gaan verby en die opgewondenheid bou op met die aankoop, voorbereiding en uitsien na die kampdag! Uiteinde breek dié tyd aan van aanskakel van yskaste, aandra van klere/ eetgoed en sorg dat eerste paradeop voertuig sowel karavaan gedoen word, want ons wil nie sukkel langs die pad . VRYDAG : Dis lekker om op pension te wees want vroegdag stoot ons die voertuig se neus in die wind na die kampterrein Louico vir `n baie lank uitgesiene naweek. By die kampterrein aangekom kom ons agter ons is nie die eerste Schoonspruiters nie - Johan/Eurika en Faan/Eliza se waens staan klaar getent en al. ( wanneer het hulle gekom?) So slaan ons op, gevolg deur Daan/Alet, Jaco/Laetitia en Dawid/Ester almal met hul kroos. En moenie vergeet van ons mede gebieds kampers nie ( Kosmos streek) Sommige van hulle staan al `n paar dae hier, wat `n voorreg ! Soos ons kampmense stop, word daar eers oor en weer gegroet, want ons ken mekaar mos. Vêr in die weste steek daar wonderlike wolkies op met die belofte van moontlike reën later vanmiddag. Ons kuier lekker onder die karavaan tente, sommige met koffie bekers, met bruin bottels ander met glassies wyn. Onder een tent staan party van die vrouens en gesels oor wat later vanmiddag opgedis gaan word saam met die gebraaide aandete. Wat `n verrassing Mouton en sy

Transcript of Louico kamp - SAWA · 2017-05-09 · Ek wil God nie verveel nie.God is `n kunstenaar. Orson Wellex...

Page 1: Louico kamp - SAWA · 2017-05-09 · Ek wil God nie verveel nie.God is `n kunstenaar. Orson Wellex (1915-1985) Sondag vruf die roes van die hele week af. Joseph Addison (1672-1719)

Kamp datums vir 2017

Faan Meintjies ( S ) .............. 27 - 29 Jan

Aasvoêlkrans (G) ................. 24 - 26 Febr

KDP Wildtuin ……………… 24 - 28 Mrt

Presidente (Klipdraai ) ……. 13 –17 Apr

Buffelspoort ( S ) …………. 19 - 21 Mei

Leeudoringstad ( S) ….. 23 - 25 Jun

( S) ………… Jul

Klub Louico (AJV) ………. 25 - 27 Aug

Wesvalia (S ) …………. 22 - 25 Sept

Koppisol (Kongres) ……… 13—15 Okt Parys (S) ……..…… 27 - 29 Okt

Louico ( G - Afsluiting) …… 24 - 26 Nov

VCP (S) ………………… 1— 3 Des

Belangrike Verjaarsdae

8 Jan …...Rista Pretorius

16 Jan ….. Mouton Pretorius

31 Jan ….. Liesbet Broodryk

2 Mrt ….. Daan Basson

27 Mrt ….. Daan Jacobs

9 Jun …. Faan j v Rensburg

4 Aug ….. Jan Broodryk

9 Aug … Eliza j v Rensburg

6 Sept .. Eurika Gouws

23 Sept .. Laetitia Gouws

27 Sept .. Nita van Heerden

14 Okt …. Jaco Gouws

14 Okt …. Johann Gouws

7 Nov …. Herman van Heerden

Publieke Vakansie dae

01 Januarie ….. Nuwejaarsdag

02 Januarie ….. Openbare vakansiedag

20 Maart ….. Skoolvakansiedag

21 Maart ….. Menseregtedag

14 April ….. Goeie Vrydag

17 April ….. Gesinsdag 27 April ….. Vryheidsdag 28 April ….. Skoolvakansiedag

Streeks - Dagbestuur Voorsitter : Jaco Gouws - Sel nr. 0833974277

Ondervoorsitter : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412

Penningmeester : Johann Gouws - Sel nr. 0824173583

Redaksie : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412

Sekretaresse : Laetitia Gouws - Sel nr. 0829580860

Snr. Burger Sameroeper: Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412

Addisionele lid : Faan Janse van Rensburg - Sel nr. 0833821571

Addisionele lid : Mouton Pretorius - Sel nr. 0832876586

Jaargang 8 Uitgawe 2 Nov 2016

Louico kamp - Gebied / Streek Jaar Afsluiting

O n s l a a s t e kalenderkamp van 2016 word beplan, met `n Pre-kampvergadering aan

die huis van ons voorsitter en sy vroutjie. Soos oudergewoonte word eers stukke gekuier voor die

vergadering begin, dan open Jaco met gebed. Met Switserse klok persiesie word die vergadering

gehou deur vrae, antwoorde, oplossings, aanmerkings, opmerkings, voorstelle te maak met

slotsom dat ons kan en wil die gebiedskamp aanbied en ook sommer dat dit `n reuse sukses gaan

wees. Deur die verloop van die vergadering skryf ons neer wat ons moet maak, saam bring, koop,

uitvind, en bestel. Gelukkig deel elke huisgesin in die magdom take. Die aand se verrigtinge

word afgesluit met `n lekker braai en `n paar koues.

n Paar weke gaan verby en die opgewondenheid bou op met die aankoop, voorbereiding en

uitsien na die kampdag! Uiteinde breek dié tyd aan van aanskakel van yskaste, aandra van klere/

eetgoed en sorg dat “eerste parade” op voertuig sowel karavaan gedoen word, want ons wil nie

sukkel langs die pad .

VRYDAG : Dis lekker om op pension te wees want vroegdag stoot ons die voertuig se neus in

die wind na die kampterrein Louico vir `n baie lank uitgesiene naweek. By die kampterrein

aangekom kom ons agter ons is nie die eerste Schoonspruiters nie - Johan/Eurika en Faan/Eliza

se waens staan klaar getent en al. ( wanneer het hulle gekom?) So slaan ons op, gevolg deur

Daan/Alet, Jaco/Laetitia en Dawid/Ester almal met hul kroos. En moenie vergeet van ons mede

gebieds kampers nie (Kosmos streek) Sommige van hulle staan al `n paar dae hier, wat `n

voorreg ! Soos ons kampmense stop, word daar eers oor en weer gegroet, want ons ken mekaar

mos.

Vêr in die weste steek daar wonderlike wolkies op met die belofte van moontlike reën later

vanmiddag. Ons kuier lekker onder die karavaan tente, sommige met koffie bekers, met bruin

bottels ander met glassies wyn. Onder een tent staan party van die vrouens en gesels oor wat

later vanmiddag opgedis gaan word saam met die

gebraaide aandete. Wat `n verrassing Mouton en sy

Page 2: Louico kamp - SAWA · 2017-05-09 · Ek wil God nie verveel nie.God is `n kunstenaar. Orson Wellex (1915-1985) Sondag vruf die roes van die hele week af. Joseph Addison (1672-1719)

KLUB LOUICO

Kom geniet die heerlike plaas

atmosfeer by Klub Louico, 'n

veilige plek met Christelike be-

ginsels.

Ons is slegs 25 km buite Klerks-

dorp, 6 km van die Gholfbaan en

3 km vanaf die Leeuplaas gelee.

Die karavaanpark bestaan uit 60

afgemerkte staanplekke, met

kragpunte en 3 ablusieblokke. Al

die staanplekke het gras en heer-

like koeltebome.

Die oord beskik oor 3 koue swem-

baddens, 'n putt-putt baan, vol-

leybal, verfbal, 171 m supertube,

20 m spoedwaterglybaan, 'n

pooltafel, kafee, saal en 'n Cow-

boy kroeg.

U is welkom om u eie 4-wielmotorfietse (quad bikes) saam te bring. Let asseblief daa-rop dat die kroeg slegs oop is tydens funksies. Bring die hele gesin en kom ge-niet die atmosfeer!

Facilities

• Cellphone reception • Pets NOT allowed • Bar • Ice for sale • Picnic facility • Shop / Kiosk • Wood for sale

Activities

• Bird watching • Cycling • Quad bikes (bring own) • Volleyball • Kiddies pool • Kids playground • Putt-Putt • Supertube • Swimming (cold) • Trampoline

Sesuur breek aan en dis tyd vir boekevat, onder leiding van Jaco – Skielik word

die vuur se vlamme dood gereën. Gelukkig staan die pappot onder dak en prut.

Vinnig val daar `n los bui en die aand verder gaan dit heelwat koeler wees. Ons

mense staan nader waar daar onder `n skerp buislig gebraai word wat opgestel

is deur Kosmos. Na aandete verdwyn die oues na hulle tente vir `n nagrus,

terwyl die jonges gaan verjaarsdag partytjie hou in die saal.

SATERDAG : Vroeg is daar roering by sommige tente terwyl ander nog al te

lekker slaap – ons neem Plassie vir haar “walkies” reg deur en om die

kampterrein. Daar word vir die ander honde, ganse, skape, skilpaaie en mense

wat swembad skoonmaak geblaf. Die kamp ontwaak stadig maar seker,

sommige met n koppie boere troos in die hand en ander begin die skottels

aansteek vir ontbyt wat bestaan uit gebakte eiers, gebraaide worsies/spek/

tamaties en oorskiet pap en papaanbrandsel. Die brood tafel met sy konfyt en

allerhande smere staan ook en wag. Die res van oggend en vroeg middag is ons

almal ontspanne, want 14h00 begin die skaapbraai in alle erns, terwyl al die

vrouens op en af beweeg tussen karavane en saal, waar dié pragtig versier word

vir die fees. Ses uur breek aan en die skaap word opgesny terwyl die feesgangers

nader staan en hulle plekke inneem, want die aand se verrigtinge gaan nou

begin. Laetitia doen `n voorlesing uit die Bybel waarna ons liedjies sing wat

saam met dié stukkie gaan. `n Tafel gebed word gedoen deur Herman, waarna

ons kan opskep van die aller lekkerste slaaie, brood en oppie spit gebraaide

lamsvleis wat mooi saam gaan met `n wyntjie. Nadat sommige `n tweede

skeppie gaan haal het kom die “poeding “ aan die beurt, en was dit lekker!

Ons innerlike is gevul nou skuif ons reg vir die rugby tussen die Springbokke en

Walles - Wat `n groot teleurstelling toe ons weereens dié game verloor. Met

waar harte skuif ons karavaan toe vir `n laaste “nightcap”.

SONDAG: Sommige gelukkige kampers kan laat slaap maar ander het mos

ingeboude wekkertjies wat vanaf vyfuur hulle wakker maak! Plassie kom krap

oubaas met die poot (kom nou oubaas opstaan, ek wil gaan piepie) , met die

uitstap word die ketel so met een hand aangeskakel vir tee. `n Mens dink jy`s

vroeg op, maar daar`s klaar manne wat stort – sulke skobbejakke! Ons sit nog so

lekker en kuier met koffie/tee in hand met `n ligte briesie in blaaie toe iemand

sê : “kyk die tyd” – vinnig skarrel ons karavane toe om reg te maak vir kerk.

Amper kom ons laat (met honde en al) by die kerkdiens aan – wat `n wonderlike

boodskap! Dié verrigtinge word afgesluit met bedankings (Kosmos/

Schoonspruit), prysuitdeling en boetes vir die naweek se “oortreedings).

Ontbyt word voorberei van alle oorskiet kosse en watter treffer was dit, veral

om ook roomys te kon eet vir ontbyt! Die opslaan tyd het nou aangebreek, met

slepende voete word dié taak verrig - `n gebiedskamp kom tot einde, saam met

wonderlike vriende wat totsiens sê, waens word gehaak en dis weer terug keer

na ons huise party naby ander vêr.

“Geseënde Christusfees en Voorspoedige Nuwe Jaar”

Page 3: Louico kamp - SAWA · 2017-05-09 · Ek wil God nie verveel nie.God is `n kunstenaar. Orson Wellex (1915-1985) Sondag vruf die roes van die hele week af. Joseph Addison (1672-1719)

The Bite • The venom from Adders and Vipers is Cyto-

toxic • Generally two puncture marks at the site of the

bite. • Bite causes instant pain with immediate swell-

ing, bruising and blistering. • Symptoms can include

nausea and dizziness. • Immobilise the limb but do not

restrict the blood flow.

The Bite • The venom from Mambas and Cobras is

Neurotoxic • Generally two puncture wounds at the

site of the bite. • Bite can feel more like a sting and

there is little or no bruising and swelling. • Symptoms

include feeling confused, dizziness, slurred speech,

difficulty swallowing and breathing. • Immobilise the

limb and do restrict blood flow between the bite and

the heart. • Administer CPR until Medical help is avail-

able.

The Bite • The venom from Boomslangs and Vine

snakes is Haemotoxic • Sometimes puncture wounds

can be seen at site of the bite. • Bite is generally not

very painful but within one hour copious bleeding is

likely to occur from the bite wound and any other

wounds cuts or scratches the victim may have. • Symp-

toms can include a severe headache, nausea and vom-

iting. • Whilst it is helpful to restrict the blood and lym-

phatic flow it is important not to cause bruising as this

could lead to subsequent bleeding under the skin. • If

Venom is spat in to a person’s eyes use any liquid avail-

able, preferably a neutral one such as water or milk –

but anything at all will do - and flush out the eye.

Do’s and Don’ts of Treating a Snake Bite

DO: • Try to identify the snake; colour, size, shape of

head, attacking method are all useful. • Loosen the

Victim’s clothing and, if necessary, move them in to

the shade. • Keep the victim calm and still; movement

will increase blood flow and transport the venom to

the heart much faster. • Immobilise the limb but do

NOT restrict blood flow unless you are certain the bite

was from a snake that delivers neurotoxic venom. •

Clean and dress the wound being careful not to apply

pressure and cause bruising. • Be prepared to adminis-

ter CPR if necessary. • Get the victim to a hospital as

soon as possible.

Do Not!! - Do Not!! - Do Not!! • While there can be

differences of opinion as to what we should do for

snake bites the consensus of opinion as to what not to

do is reasonably consistent: • Allow the victim to exer-

cise or stress themselves. • Cut the bite or attempt to

suck the venom out. • Give the victim anything to eat

or drink especially alcohol. • Use potassium permanga-

nate crystals or solution near or on the bite wound. •

Use soapy water round the bite wound. • Leave pres-

sure bandages on too long. • Leave the victim alone. •

Apply ice to the wound. • Soak the affected limb in any

solutions.

Avoidance is the best cure! • Most snakes cannot iden-

tify motionless objects, so it is best to stand perfectly

still if a snake is encountered. • Suitable protective

clothing such as boots and long trousers can prevent a

serious snake bite .

SNAKES (Vervolg )This article Compiled by: Jeanine Burger (Pri.Sci.Nat.;SIE&ES) Snr Env. Advisor Eskom. [email protected]

Page 4: Louico kamp - SAWA · 2017-05-09 · Ek wil God nie verveel nie.God is `n kunstenaar. Orson Wellex (1915-1985) Sondag vruf die roes van die hele week af. Joseph Addison (1672-1719)

“To catch the reader's attention, place an interesting sentence or quote from the story here.” “Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. “ - Lucas 6:38

BYBEL Versie

Godsdiens, geloof en bygeloof

Ek wil God nie verveel nie.God is `n kunstenaar.

Orson Wellex (1915-1985)

Sondag vruf die roes van die hele week af.

Joseph Addison (1672-1719)

`n Goeie wetenskaplike wat nie erns maak met die Bybel en met die geestelike sy van die werklikheid nie, is omtrent net so dom soos `n teoloog wat nie prestasies en bevindinge van die morderne wetenskap ernigstig op neem nie.

Wernher von Braun (1912-1977)

Nererhandse spteekwoord .

Wie boven alles zijn God bemint Zijn God in alle dingen vint.

Daar is duisende menslike insekte wat binne sekondes ger-eed is om die wil van God oor elke onderwerp te gee.

George Bernars Shaw (1856-1950)..

Niks onder die son is toevallig nie.

Gotthold Ephraim Lessing (1729-1781)

Aanhalings—” Uit Afrika altyd iets nuuts” Saamgestel deur G Claassen,P Muller,M van Tonder