LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte...

9
4 Loffienuus 4 Maart 2015 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 4/2015 Webblad: www.gelofte.co.za Lag is ‘n skokbreker. Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 6 MAART WINTERSPORT AANDREEKS - FINAAL 10 MAART BEHEERLIGGAAMVERKIESING 11 MAART KOEKVERKOPING – SEKONDÊRE NETBAL 14 MAART NETBALDANS 25 MAART KOEKVERKOPING – PRIMÊRE LANDSDIENS 27 MAART KASKAR 1 APRIL GRADE 1-3 EN 12 ONTVANG RAPPORTE 1 APRIL SKOOL SLUIT VIR APRILVAKANSIE 3. BEHEERLIGGAAMVERKIESING Ons herinner u graag aan die beheerliggaamverkiesing vir ouerlede van die beheerliggaam wat sal plaasvind op Dinsdag, 10 Maart 2015 om 18:00 in die skoolsaal. Nege ouerlede moet verkies word wat verkieslik ‘n mengsel van beide geslagte sowel as ‘n mengsel van primêre- en sekondêre leerders se ouers moet wees. Ons bevestig weer die volgende in hierdie verband: Die persone wat genomineer/verkies word, moet ouers of wettige voogde wees van huidige leerders van Gelofte Skool. 'n Persoon word gediskwalifiseer om verkies te word indien die persoon: a) skuldig bevind is aan 'n oortreding en gevonnis is tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete. (Diskwalifikasie eindig 5 jaar na die uitdiening van die vonnis) b) 'n ongerehabiliteerde insolvent is. c) in diens van die onderwysdepartement of die skool is. d) nie 'n Suid-Afrikaanse burger is of in besit van 'n permanente verblyfpermit nie. e) deur 'n bevoegde hof as ontoerekeningsvatbaar verklaar is.

Transcript of LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte...

Page 1: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 4/2015

Webblad: www.gelofte.co.za

Lag is ‘n skokbreker.

Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

6 MAART WINTERSPORT AANDREEKS - FINAAL 10 MAART BEHEERLIGGAAMVERKIESING 11 MAART KOEKVERKOPING – SEKONDÊRE NETBAL 14 MAART NETBALDANS 25 MAART KOEKVERKOPING – PRIMÊRE LANDSDIENS 27 MAART KASKAR 1 APRIL GRADE 1-3 EN 12 ONTVANG RAPPORTE

1 APRIL SKOOL SLUIT VIR APRILVAKANSIE

3. BEHEERLIGGAAMVERKIESING Ons herinner u graag aan die beheerliggaamverkiesing vir ouerlede van die beheerliggaam wat sal plaasvind op Dinsdag, 10 Maart 2015 om 18:00 in die skoolsaal. Nege ouerlede moet verkies word wat verkieslik ‘n mengsel van beide geslagte sowel as ‘n mengsel van primêre- en sekondêre leerders se ouers moet wees.

Ons bevestig weer die volgende in hierdie verband: Die persone wat genomineer/verkies word, moet ouers of wettige voogde wees van huidige leerders van Gelofte Skool. 'n Persoon word gediskwalifiseer om verkies te word indien die persoon: a) skuldig bevind is aan 'n oortreding en gevonnis is tot meer as 12 maande

gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete. (Diskwalifikasie eindig 5 jaar na die uitdiening van die vonnis)

b) 'n ongerehabiliteerde insolvent is. c) in diens van die onderwysdepartement of die skool is. d) nie 'n Suid-Afrikaanse burger is of in besit van 'n permanente verblyfpermit nie. e) deur 'n bevoegde hof as ontoerekeningsvatbaar verklaar is.

Page 2: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

Indien u ‘n persoon wil nomineer wat nie teenwoordig kan wees by die vergadering nie, moet u skriftelike bevestiging van die betrokke persoon beskikbaar hê waarin die persoon aandui dat hy/sy beskikbaar is vir verkiesing tot die beheerliggaam.

4. PROGRAM VIR AANDREEKS FINAAL

Hiermee die program vir eerskomende Vrydag se aandreeks finaal. Vyf van ons eerstespanne is betrokke by wedstryde. Ons versoek dat alle Loffie ondersteuners in groot getalle sal opdaag vir die finaal om ons spanne te ondersteun.

14:00 O/13 HOKKIE (DERDE/VIERDE UITSPEEL): HILLCREST/SUID NATAL VS GELOFTE (STRAFDOEL UITSKIET TUSSEN HILLCREST EN SUID NATAL OM 13:30 OP 6 MAART)

14:45 O/18 HOKKIE (DERDE/VIERDE UITSPEEL): GELOFTE VS HILLCREST 15:00 O/13 RUGBY (DERDE/VIERDE UITSPEEL): KUSWAG VS HILLCREST 15:00 O/13 NETBAL (DERDE/VIERDE UITSPEEL): GELOFTE VS SUID NATAL 15:30 O/13 HOKKIE (FINAAL): WESTVILLE VS KLOOF 16:00 O/18 NETBAL (DERDE/VIERDE UITSPEEL): PORT SHEPSTONE VS KINGSWAY 16:00 O/18 RUGBY (DERDE/VIERDE UITSPEEL): HILLCREST VS KUSWAG 16:15 O/18 HOKKIE (FINAAL): KLOOF VS PORT NATAL 17:00 O/13 NETBAL (FINAAL): KUSWAG VS KLOOF 17:30 O/13 RUGBY (FINAAL): GELOFTE VS KLOOF 18:00 O/18 NETBAL (FINAAL): KUSWAG VS AMANZIMTOTI 18:30 O/18 RUGBY (FINAAL): GELOFTE VS KLOOF 19:30 PRYSUITDELING

5. PRESTEERDERS

Ons atlete het pragtig presteer oor die afgelope aantal weke en verskeie atlete is opgeneem in verteenwoordigende spanne.

Baie geluk aan die volgende Loffies met pragprestasies: Nadine Hefer Ethekwini atletiekspan Madelein Wilmans Ethekwini atletiekspan Anru Steyl City of Durban atletiekspan Clarinda Jacobs Ethekwini atletiekspan Denise de Jongh Ethekwini atletiekspan Nathan Hefer Ethekwini atletiekspan

Ons wens ook graag vir Thyze Groesbeek geluk wat tans die KZN Aksie-netbalspan verteenwoordig by die provinsiale toernooi. Baie geluk ook aan die volgende karateka wat pragtig presteer het deur opgeneem te word in die KZN karatespan wat binnekort deelneem aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe:

Dawid van der Walt, Zander Human, Elke Human en Jan-Harm Botha. 6. KOPLUISE

Dit blyk dat ons die laaste ruk weer ‘n probleem het met kopluise. Ons versoek dus dat u asseblief u kind se kop sal ondersoek en indien u wel kopluise vind, dit sal behandel. Let asseblief daarop dat u kind nie skool mag bywoon indien hy/sy kopluise het nie.

Page 3: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

7. PITKOS: MENSEVERHOUDINGE

8. SWEM Neem asseblief kennis dat die tye vir die swemoefening as volg gewysig word vir graad 3-12 leerders: Maandae: Geen oefening Dinsdae en Donderdae: O/9 – O/10 Woensdae en Vrydae: O/11 – O/13

Sekondêre swemmers mag enige van die oefeninge bywoon.

Graad 1-2 swemoefeninge word nie geraak nie.

Belangrike datums vir die swem

13 Maart Primêre sone C gala 18 Maart Primêre Afrikaanse skole gala 23 Maart Kwalifiserende tye vir PADSSA-proewe (Lahee Park) 1 April Primêre PADSSA proewe 2 April Sekondêre PADSSA proewe

9. Graad 1 Opedag

Ons nooi al die ouers wat hierdie jaar ‘n leerder in graad R het uit om op Woensdag 22 April die Opedag by Gelofte by te woon. Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir u meer inligting te gee oor u kind se eerste skooljaar en oor sy/haar skoolloopbaan in die algemeen. Die inligtingsessie is van 10:00 - 11:00 in die personeelkamer waartydens die graad R leerders besig gehou word met aktiwiteite saam met die graad een onderwyseresse.

10. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Page 4: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

Tristen Gertenbach, Shiloh Horne, Quwen Saunders, Caitlin Nielsen, Luan Nortjé, Ian Diedericks, Jeandré

Jordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar, Stephan Campher, Luc-John Strydom, Ané Gräbe, Ryan Izatt, Jandré Koeglenberg, Franco Labuschagne, Milan Le Roux, Tanja Oosthuizen, Shaun-Lee Pike, Monique Campher, Ansuné Louw, Hendrik Odendaal, Ruan Potgieter, Adriana van Heerden, Reinhardt Venter, Arno du Plessis, Stefan du Plessis.

11. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Die meeste korrespondensie met ouers sal voortaan elektronies geskied. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.

12. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF -------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: __________________________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ____________________________________________________ GR. ______________ KOMMENTAAR: _____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________________________ ______________________ _________________________ HANDTEKENING KONTAKNOMMER

Page 5: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

ADVERTENSIES

GGGGELOFTE SKOOL ELOFTE SKOOL ELOFTE SKOOL ELOFTE SKOOL SEKONDêSEKONDêSEKONDêSEKONDêRE NETBAL DANSRE NETBAL DANSRE NETBAL DANSRE NETBAL DANS

METMETMETMET MARAKASMARAKASMARAKASMARAKAS

SATERDAG 14 MAART 2015SATERDAG 14 MAART 2015SATERDAG 14 MAART 2015SATERDAG 14 MAART 2015 om 18h30 om 18h30 om 18h30 om 18h30

in Gelofte Skool se saalin Gelofte Skool se saalin Gelofte Skool se saalin Gelofte Skool se saal R60 ppR60 ppR60 ppR60 pp

Bring eie eetBring eie eetBring eie eetBring eie eet---- eeeen drinkgoed, braaivleisvure saln drinkgoed, braaivleisvure saln drinkgoed, braaivleisvure saln drinkgoed, braaivleisvure sal beskikbaar weesbeskikbaar weesbeskikbaar weesbeskikbaar wees

KONTAK CHARMAIN HEFER KONTAK CHARMAIN HEFER KONTAK CHARMAIN HEFER KONTAK CHARMAIN HEFER 082 782 6355 VIR KAARTJIES082 782 6355 VIR KAARTJIES082 782 6355 VIR KAARTJIES082 782 6355 VIR KAARTJIES

Page 6: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

VIR AFSPRAKE:

071 245 1542

LIGGING:

GELOFTE SKOOL

IVY STRAAT 3 (PINETOWN)

KENILWORTHWEG 35 (KLOOF)

Page 7: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

Werks geleentheid gesoek vir Huis bediende Ons verhuis van provinsie en soek n goeie gesin en werk vir ons huisbediende. Sy was 8 ½ jaar deel van ons gesin en is n baie goeie en betroubare werker. Sy praat, skryf Engels goed en kan telefoniese boodskappe goed afvat. Ons is hartseer om haar nie saam te vat nie maar dit is ongelukkig nie moontlik nie. Sy is n Christen en ma van 2 kinders, reeds op skool. Sy is woon agtig te Nagina - langs Caversham en loop afstand in die omgewing van Caversham, Caversham Glen, Ashley. Sy is dadelik beskikbaar, kontak my gerus om n onderhoud te reel met haar. Dalene Meyer 0832368269 of [email protected]

AFRIKAANS TEACHER

Afrikaans teacher sought for private lessons Must be first language Afrikaans speaker

Willing to pay competitive rates for the right candidate

Needs to have own transport Please send CV with photo to [email protected]

Page 8: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

Page 9: LOFFIENUUS 4 4 Maart 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/03/LOFFIENUUS4.4Maart2015.pdfJordaan, Steven Smit, Amoné Zoet, Marius Jacobs, Richus Kriel, Petrus Pienaar,

4 Loffienuus 4 Maart 2015

KUSELA SECURITY Security for every occasion

Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence. SA’s most professional

ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly. Armed back-up

Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7

For more information or to book a guard call:

Pamela Chetty 031-716 5621 Or

Charlotte Govender 031-716 5618

A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07