LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die...

13
1 GKSA NUUSBROKKIES Sondag 26 April 2020 LIEF EN LEED Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 24 April Ds TJ Potgieter (Theunis) GK Port Elizabeth 24 April Ds N Pienaar (Nikolaas) GK Oos Londen 29 April Ds BA van der Walt (Banie) GK Paarl 29 April Mev W Lee (Willemien), eggenote van ds JL Lee (Jan-Louis) GK Brits 30 April Ds JJ de Bruyn (Johannes) GK George Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 24 April Mev MC Opperman (Rina), eggenote van dr WC Opperman (Callie) GK Windhoek-Suid 26 April Mev CJ Schutte (Liana), eggenote van ds HG Schutte (Garrie) GK Suidkus 28 April Mev AE Snyman (Lida), weduwee van ds Ph Snyman (Flip) GK Reddersburg 30 April Ds JC Buys (Baas) GK Johannesburg-Suid 30 April Mev JFH van der Walt (Johannatjie), eggenote van dr F van der Walt (Frans) GK Bellville-Oos Hartlike gelukwense aan die volgende teologiese student met sy verjaarsdag 28 April Mdudzi Mahlangu

Transcript of LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die...

Page 1: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

1

GKSA NUUSBROKKIES

Sondag 26 April 2020

LIEF EN LEED

Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 24 April Ds TJ Potgieter (Theunis) – GK Port

Elizabeth 24 April Ds N Pienaar (Nikolaas) – GK Oos

Londen 29 April Ds BA van der Walt (Banie) – GK Paarl 29 April Mev W Lee (Willemien), eggenote van

ds JL Lee (Jan-Louis) – GK Brits 30 April Ds JJ de Bruyn (Johannes) – GK George Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 24 April Mev MC Opperman (Rina), eggenote

van dr WC Opperman (Callie) – GK Windhoek-Suid

26 April Mev CJ Schutte (Liana), eggenote van ds HG Schutte (Garrie) – GK Suidkus

28 April Mev AE Snyman (Lida), weduwee van ds Ph Snyman (Flip) – GK Reddersburg

30 April Ds JC Buys (Baas) – GK Johannesburg-Suid 30 April Mev JFH van der Walt (Johannatjie), eggenote van dr F van der Walt

(Frans) – GK Bellville-Oos Hartlike gelukwense aan die volgende teologiese student met sy verjaarsdag 28 April Mdudzi Mahlangu

Page 2: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

2

Hartlike gelukwense aan die volgende personeel by die Administratiewe Buro / Teologiese Skool met hul verjaarsdae

25 April Mev Ami du Toit 27 April Me Angie Mokobi

Gods ryke seën word u toegewens vir die nuwe lewensjaar (Ps 16:5, 6)

Gelukwense aan ds Peet en Heleen Coetzee, emerituspredikant van GK Potchefstroom, met die geboorte van hul kleindogter Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter

Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh wat op 25 Maart 2020 in die huwelik getree het.

Gelukwense aan prof Risimati Hobyane, Teologiese Skool Potchefstroom, wat aangewys is as Direkteur van die Skool vir Antieke Tale en Teksstudie by die Fakulteit Teologie vanaf 1 Mei 2020.

KERKLIKE ADMINISTRASIE

Beroepe ontvang

• Ds DJ Malan (Danie) van GK Uitschot na GK Daspoort

• Proponent J van Schaik (Hanno) na GK Burgersdorp Beroepe aanvaar

• Proponent J van Schaik (Hanno) na GK Burgersdorp Beroepe bedank

• Ds FJ van Rensburg (Frikkie) van GK Rustenburg-Noordoos na GK Totiusdal

Page 3: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

3

Veranderinge in kontakbesonderhede GK Windhoek-Suid Emerituspredikant: Dr Callie Opperman se e-posadres het verander na: [email protected]

Die volgende onderhoud van die redakteur van Die Kerkblad op Pta FM word weer op 3 MEI 2020 om 07:45 uitgesaai. Luisteraars kan inskakel op 104.2/106.6 MHz of TV oudiokanaal 887.

Aktiwiteite – Grendelstaat – Tyd waarin ons die geleentheid en voorreg het om weer gesinsbande te verstewig. Daar sal ook oorgenoeg tyd wees om ons weer te verdiep in die Woord van die Here. Daar is interaktiewe blokkiesraaisels oor Bybelboeke, asook gewone Bybelblokkiesraaisels wat afgelaai kan word by http://www.ssplus.co.za/ruite.htm (ons gaan gereeld bywerkings doen) Om die kinders besig te hou, het ons ook besluit om die laaste 5 weergawes van die Slingervel gratis beskikbaar te stel: http://www.ssplus.co.za/slingervel.html.

Die bestuur van die GTV het die nuwe reglement vir die te stigte GTW goedgekeur nadat kommentaar van sommige van u ontvang en oorweeg is. Hiermee rig ek namens die bestuur van die GTW aan u ‘n uitnodiging om lid te word van die GTW aangesien die nuwe reglement bepaal dat ons ‘n vaste ledelys moet hê. Indien u ‘n lid wil word, stuur ‘n e-pos aan Bertha Oberholzer by [email protected] met 1) u naam, 2) u e-pos adres 3) gemeente of instansie, en 4) u besondere belangstelling in een van die teologiese dissiplines (bv. Pastoraal, Nuwe Testament ens.). Ons sal graag van u wil hoor en wanneer ons die ledelys saamgestel het, sal ons weer met u in verbinding tree.

Page 4: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

4

Ons eie TV-platform: http://www.glomedia.tv/

Die GKSA en die NHK het saam ons eie TV-platform geskep om goeie Christelike programme op

professionele TV standaard te vervaardig. Hoewel die vervaardiging eers vanjaar begin het, is baie ure

en baie soorte programme vir jonk en oud reeds beskikbaar. Programme word weekliks bygevoeg.

Ondersteun die inisiatief deur na www.glomedia.tv te gaan en aan te sluit. Jy kan ook armer gesinne borg of voorstelle maak deur ʼn epos te stuur na [email protected]

Plaas asseblief in kerknuusbriewe, wys by afkondigings, & stuur elektronies na gemeentelede

Page 5: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

5

PROPONENTE BEROEPBAAR GESTEL

Proponent GJ Venter (Jonker) Sel: 082 566 3216 E-pos: [email protected] Jonker en Erika met Alexander en Clarinda

Beroepbaarstelling ingevolge KO, art 11

Ds MJ Nkili (Jafta) Sel: 086 636 8212 / 076 489 8601

E-pos: [email protected]

Beroepbaarstelling is geldig tot 31 Augustus 2020

Dr VE d’Assonville (Victor) Tel: 0049 513 0376 7950 Sel: 0049 175 506 3279 E-pos: [email protected] Beroepbaarstelling is geldig tot 31 Augustus 2020

Page 6: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

6

Die tweede reeks van Openbarings word vanaf Maandagaand op VIA, DSTV, kanaal 147 om 21:00 uitgesaai. Die eerste reeks het oor die kultes wat aktief in Suid-Afrika is gehandel. Die tweede reeks handel oor Christelike bedienings wat sê dat hulle spesiale openbarings van God ontvang, genesings doen en van hulle selfs mense uit die dood opwek. Die volgende datums word deurgegee: Episode 1 20 April 2020 Pastoor Rooies Strauss Episode 2 27 April 2020 The Lion of the East Rand – Prophet Marima Episode 3 4 Mei 2020 Pastoor Franeli Kirsten Episode 4 11 Mei 2020 Spirit Word Ministries (Stilfontein) Episode 5 18 Mei 2020 Pastoor Johan van Eck

OPROEP TOT VEROOTMOEDIGING EN GEBED, VOLGENS KO, ART 66

In antwoord op twee KO, art 66 versoeke, vanaf GK Oranjerivier en GK Oos-Moot, om die uitroep van ‘n Dag van Verootmoediging en gebed oordeel die classis contracta van Klassis Potchefstroom soos volg: • Die nasionale- en internasionale krisis wat deur die Covid-19 pandemie

veroorsaak is, veroorloof inderdaad die versoeke om ‘n Dag van Verootmoediging volgens KO, art 66.

• Die huidige grendeltyd bring die volgende praktiese uitdagings na vore: a. daar is tans ‘n verbod op die samekoms van mense. b. die elektroniese hantering van hierdie saak d.m.v. internethulpbronne kan vir

meeste Kerkrade en gemeentes ‘n uitdaging wees. c. in die huidige inperking kan ‘n Dag van Verootmoediging moeilik tot sy reg

kom. In vertroue op ons Hemelse Vader in wie se hand ons leef en die ganse wêreld bestaan besluit die classis contracta van Klassis Potchefstroom besluit daarom soos volg: 1. Aangesien ons ons verlossing in niks en niemand anders soek as in Jesus

Christus nie, word alle kerke en lidmate van die GKSA opgeroep tot ‘n tydperk van voortdurende verootmoediging en gebed.

2. Verder word ‘n Dag van Verootmoediging, volgens KO, art 66, uitgeroep op DV die eerste Sondag wat ons as kerke in gewone eredienste kan vergader.

Page 7: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

7

Met die oproep: • roep ons mekaar op tot ‘n geloofsverklaring dat ons, sou die wederkoms van

ons Here Jesus nie eerder gebeur nie, ons weer na afloop van hierdie krisis as kerke sal kan saam kom in erediens aan ons Here.

• waak ons teen die verheffing van ‘n spesifieke dag of handeling deur ons kerke, asof die Here nie in sy genade uitkoms sal gee voor ons nie as kerke vergader in verootmoediging en gebed nie.

Namens Korresponderende Kerkraad – Klassis Potchefstroom

“O, AARDE!”: FLITS 28 DIE VIRUS : VANWAAR? WAAROM? WAARTOE? Dr Henk Strooiprater, mondstuk van die GKSA se Deputate:Omgewing, het by sy kerk se “jong Dominee” sowel as die “ou Dominee” gaan kers opsteek oor “DIE VIRUS”. Sy probleme is: “Kon die God van die Bybel, die Skeppergod, Beskikker oor alles, die verskriklike plaag beskik het? Indien wel: waarom en waartoe?”. En, volgens dr Henk se belangstellingsveld: “Het dit iets te doen met die omgewing en die mens wat as God se beelddraer en verteenwoordiger dit moet ‘beheers’ (Gen 1:26-28) en ‘bewerk en bewaak’ (Gen 2:15)?”. Eers gaan hy vir Jong Dominee sien. Jong Dominee: Nee wat, doktor. Jy dink nog aan God in terme van die Ou Testament: Hy is die streng regter wat die sondaar meedoënloos straf. Dus moet daar vir elke katastrofe ‘n sonde as oorsaak wees. Die Nuwe Testamentiese God het ons leer ken deur Jesus Christus deur Wie God Homself met ons, sondige mense, versoen deur sy Seun se lewe en werk. As ons dit glo is ons geregverdig, ons sonde uitgevee – soos ons lees in 2 Kor 5 vanaf vers 17. Dr H: Maar wie of wat stuur dan hierdie verskriklike katastrofe? J D: Ek weet nie, maar dis nie ons God nie! Dis seker maar die duiwel of een-of-ander produk van die normale evolusieproses. Dr Henk is daar weg met ‘n vae ontevredenheid: “Kan dit wees dat die virus ontstaan het en sy verskriklike werk doen buite die Skeppergod se voorsienigheid en alwetendheid en almag en doel?”. Hy sal ook maar hoor wat Ou Dominee te sê het. Ou Dominee: Doktor, jy wonder oor diep dinge en vra diepsinnige vrae. Hierdie virus het ons, God se mense, laat besef hoe onmagtig mense werklik is en hoe klein ons verstaan. Vandaar die desperate maatreëls om ons te beveilig en die pandemie te probeer stuit. En tog maak die werklikhede van oorbevolking en opeenhoping van mense, die behoefte aan kos en ander lewensmiddele, dat baie van die maatreëls nie werk nie. Die resultaat is paniek: opgaardery en oorstroomde

Page 8: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

8

gesondheidsfasiliteite, stres in oorvol blyplekke en wrywing tussen ledige gesinslede – en intussen is verlossing nie in sig nie. Dr H: Ek sien hoe dit ons mense se swakheid en gebrek aan verstaan onontkenbaar uitlig. Maar: waar kom dit vandaan: van die duiwel, normale evolusie - of van die ware God? O D: Die God van die Bybel laat dit toe! Niks gebeur toevallig nie. Dr H: Maar: om watter rede? En wat is sy doel? O D: Kyk eers na die Bybel vir die rede. In Levitikus 26 vanaf vers 36 word ‘n toestand van paniek beskryf wat God se volk in Kanaän sal tref: “Die van julle wat Ek laat oorbly, sal ek…. in so ‘n spanning laat leef dat die geritsel van ‘n droë blaar hulle op loop sal jaag. Hulle sal hardloop totdat hulle neerslaan , asof iemand met ‘n swaard agter hulle aan is, maar daar sal niemand wees nie. Die vrees … sal julle oormekaar laat val om weg te kom van die agtervolgers wat nie bestaan nie. Julle sal geen krag hê om weerstand te bied nie … sal wegkwyn onder selfverwyt”. Dr H: Ja, ‘n verskriklike beskrywing van paniek! Maar waarom? O D: Vroeër in verse 3 tot 6 belowe die Verbondsgod van Israel: “As julle my gebooie gehoorsaam en my voorskrifte nakom…. sal julle oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon. Ek sal vrede gee sodat julle rustig kan slaap …”. Maar vanaf vers 15 staan daar: “ … as julle my voorskrifte verwerp en met minagting behandel…… sal Ek julle lewens vol angs maak …” en in vers 19: “Ek sal alles waarop julle staatmaak laat verdwyn …”. Dus: die mense het God se voorskrifte vir hoe hulle in vrede op sy aarde kan woon, verag – en nou wys Hy: dit mag nie gedoen word sonder slegte gevolge nie. Dr H: Maar wat is die doel? O D: Lees ‘n paar verse vroeër: God se doel is (vers 34,35): “Wanneer die land dan verlate lê …. sal die grond uiteindelik sy verdiende rusjare kry. Dan sal die land rus en die verlore sabbatsjare inhaal … en sal dit die rus kry wat dit om die sewe jaar moes gehad het, maar nooit gekry het toe julle dit bewoon het nie”. Dus: ook die misbruik van die natuur, die ekologiese balans moes herstel word: God gee om vir sy skepping en het voorskrifte vir die gebruik daarvan neergelê. Ook misbruik daarvan is ‘n strafbare sonde! Dr H: En nou het God die virus ontwerp om ons oor ons sondes te straf?! O D: Die virus kon vanaf die skepping daar gewees het, maar mense se sondige gedrag skep omstandighede waar dit kan uitbars en die skeppingsbalans herstel. Dis soos olifante wat tot buite die natuurbalans vermeerder, die omgewing verwoes en ander spesies uitdruk – en dan kom daar ‘n droogte en hulle vrek op groot skaal uit. In Kanaän was een van die oorsake van Yahweh se toorn en straf: die Israeliete se getallegroei en sug na besit en sekuriteit het veroorsaak dat die natuurlike hulpbron, die aarde, geëksploiteer is in plaas van dit ook te laat rus. In die moderne wêreld het die bevolkingsontploffing deur onverantwoordelike seks, mense se

Page 9: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

9

verbruikersmentaliteit en onversadigbare sug na genot en gerief en opwinding gelei na misbruik van God se skepping en verkragting van die mens se skeppingsopdrag. Dit het die omstandighede geskep vir die kroonvirus om uit te bars en die wêreldbevolking moontlik met die helfte te verminder, want die bevolkingsdigtheid en beweeglikheid van moderne mense vorm die kweekhuis vir die virus. Dr H: Wat is ons taak nou? O D: Wees rustig en nie paniekerig nie, want ons, en ons tye, is ook nou in God se Hand. Tweedens: getuig vir en demonstreer die waarheid: hierdie virus het gekom om te bly – tensy mense se prioriteite en gedrag verander. Derdens: dank God dat hy mense ook die vermoë gegee het om teenmiddels te ontwikkel om die nood te verlig – en bid daarvoor. Dr Henk besef nou dat daar ‘n groot verskil is tussen kennis en wysheid – en dank God dat Hy ook wyses gee sodat ons kan weet: “Wees stil en weet: Ek is die Heer” – ook nou! DC Coetsee

Page 10: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

10

GEREFORMEERDE PUBLIKASIES (Calvyn Jubileumboekefonds = CJBF)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected] Tel: 018 297 3986 Prys R35.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected]

Tel: 018 297 3986

Prys R75.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected] Tel: 018 297 3986 Prys R50.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Page 11: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

11

KERKLIKE TYDSKRIFTE

Om in te teken op die kerklike tydskrifte: Kontak Angie Mokobi by [email protected] of Tel 018 297 3986.

Page 12: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

12

AKADEMIESE KONFERENSIE – BYBELGENOOTSKAP 200

DONDERDAG 23 JULIE 2020 Ter viering van die 200-jarige bestaan van die Bybelgenootskap in Suid-Afrika, sowel as ʼn vooruitskouing vir die bekendstelling van Die Bybel: ʼn Direkte Vertaling in November 2020, organiseer die Teologiese Skool Potchefstroom in samewerking met die Fakulteit Teologie van die NWU ʼn akademiese konferensie. Tema: Die impak van die Bybel in ons samelewing: verlede, hede en toekoms Datum: 23 Julie 2020 Lokaal: Geboue van die Fakulteit Teologie en die Teologiese Skool Potchefstroom

Indien nodig in die lig van COVID-19, sal die konferensie aanlyn plaasvind In aansluiting by die oorhoofse tema kom die volgende sub-temas aan die orde: 1. Bybelvertaling in Suid-Afrika en/of Afrika

2. Bybelinterpretasie in die Suid-Afrikaanse konteks

3. Die impak van die Bybel in die samelewingstrukture (bv. kuns, wetenskap, letterkunde, politiek,

onderrig, ens.) en geloofsgemeenskappe

Programinligting: 1. Akademiese Konferensie – 23 Julie (R 100 – sluit verversings en Donderdag se middagete in)

2. Dinee – 23 Julie (R110 – bespreking en betaling is noodsaaklik teen 15 Julie)

3. Toeligtingsessie deur die eindredaksie van die Bybel: Direkte Vertaling – 24 Julie (R90 – sluit

verversings en Vrydag se middagete in)

4. Fietsrit en toeligting: Vanaf die Totiushuis na Krugerskaal – 25 Julie (Gratis)

Registrasie vóór/op 15 Julie 2020 by [email protected]

Page 13: LIEF EN LEED - Wapadrant...Prof Gert en Mariaan Breed, Teologiese Skool Potchefstroom, met die geboorte van ‘n kleindogter Gelukwense aan teologiese student Philip en Elzaan Hattingh

13