Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van...

9
Les 7 vir 15 Augustus 2020

Transcript of Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van...

Page 1: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

Les 7 vir 15 Augustus

2020

Page 2: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

Wat sê die Bybel oor homself?

Die eienskappe

Die skeppende krag

Wat kan ons daarmee doen?

Maak die meeste van die voordele

Glo in die beloftes

Deel dit

Jesus het gesê: 'Skrifte … van My getuig.’ (Johannes 5:39)

Jesus is die hooftema dwarsdeur die Bybel. Daarom is dit so kragtig. God openbaar Homself op verskeie wyses aan die mens, waarvan die mees kenmerkendste die Skrif is.

Dit is nie 'n boek wat net gelees moet word nie, maar “geëet” moet word (Esegiël 3:3). Ons moet toelaat dat die Skrif ons gedagtes vul, verander en krag gee om die hooftema met ander te deel; dit wil sê die liefde en karakter van Jesus.

Page 3: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

“U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (Psalm 119:105)

Die Bybel word vergelyk met verskeie simbole om die eienskappe te toon.

Die donker gedagtes

word verlig

Lig

Dit verteer die gemors

van ons sonde

Vuur

Dit breek ons harde

harte

Hammer

Dit plant lewe in ons wat

vrugte dra vir God se

Koninkryk

Saad

Dit bevredig die

sielshonger en voed ons gees

Brood

Wanneer ons die Woord bestudeer, is ons lewens verander deur die goedheid van God, bekoor deur Sy liefde, verras deur Sy onbeskryflike genade, en innerlik versadig deur Sy teenwoordigheid.

Psalm 119:105 Jeremia 23:29 Jeremia 23:29 Lukas 8:11 Mattheus 4:4

Page 4: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” (Hebreërs 4:12)

In die begin het God “gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.” (Psalm 33:9)

Dieselfde krag van God se skeppende Woord word gevind in Sy geskrewe Woord, die Bybel. Dieselfde Gees wat tydens die skepping werksaam was, het die Skrif geïnspireer.

Die Heilige Gees kan 'n nuwe skepping van ons maak. Ons moet Hom toelaat om in ons lewens te werk as ons Bybel lees.

Die Heilige Gees sal ook die lewens van ander mense verander wanneer ons hulle help om die Skrif te verstaan.

Page 5: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.” (2 Timotheus 3:16)

Die Bybel is vol voordele vir ons lewens. Kom ons kyk na sommige daarvan.

2 Petrus 1:4. Dit maak ons deelagtig aan die goddelike aard

Jakobus 1:21. Dit red ons siele

Handelinge 20:32. Dit gee ons 'n erfenis onder die geheiligdes

2 Timotheus 3:15, 17. Dit maak ons wys, volmaak en gereed vir elke goeie werk

2 Timotheus 3:16.

Leer. Dit openbaar die waarheid en wys valsheid uit

Teregwysing. Dit ontbloot ons sondes

Regstelling. Dit verander ons foute

Onderrig. Dit openbaar Christus se geregtigheid

Page 6: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

“En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” (Filippense 4:19)

Daar is meer as 3000 beloftes in die Bybel. Deur die beloftes wat Hy maak, verbind God Hom om dit in ons lewens te vervul. Hy moedig ons aan om daarop aanspraak te maak.

Dit bevestig dat God in ons liggaamlike en geestelike behoeftes sal voorsien. Die dag as ons Hom van aangesig tot aangesig ontmoet, sal ons sê: “geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van Sy kneg Moses gespreek het nie.” (1Kon. 8:56)

Sy beloftes is egter nie onvoorwaardelik nie. Die gebrek aan geloof kan dit vernietig (Hebreërs 4:2).

Jesaja 33:16

Lukas 12:27-28

Jesaja 43:2

Psalm 91:11

Psalm 4:8

Jesaja 40:31

Die seëninge van die beloftes van God word ons s'n wanneer ons dit deur geloof verkondig en glo dat hulle waar is omdat Christus altyd getrou is.

Page 7: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

“Ons moet aanvaar dat die Skrifte God se

woord vir ons is, nie net ‘n geskrewe woord

nie, maar ‘n gesproke woord[…]

Dit geld vir al die beloftes van God se woord.

Deur hulle spreek Hy tot ons persoonlik,

regstreeks, asof ons Sy stem kan hoor. Dit is

deur daardie beloftes dat Christus Sy

genade en krag aan ons oordra. Hulle is die

blare van daardie boom wat “tot genesing

van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat

hulle ontvang en opgeneem is, moet hulle

die krag van die karakter, die besieling en

die voedsel van die lewe wees.”

E.G.W. (The Ministry of Healing, cp. 7, p. 122)

Page 8: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

“Die Here HERE het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.” (Jesaja 50:4)

God “wek” ons ore en gee ons wysheid wanneer ons die Bybel daagliks bestudeer.

Hy gee ons ook die “geoefende tong” sodat ons die goeie nuus met ander kan deel.

Die Woord van God kan nie in ons harte opgesluit word nie. Die vreugde van verlossing laat ons elke kans benut om die boodskap te deel met diegene wat nie daarvan weet nie.

Paulus het ons die volgende beveel: “verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering” (2Timotheus 4:2)

Page 9: Les 7 vir 15 Augustus 2020 2020. 7. 28. · genade en krag aan ons oordra. Hulle is die blare van daardie boom wat “tot genesing van die nasies” is. (Openbaring 22:2). Nadat hulle

“Die opvoeding om die Skrif te ondersoek is

'n eksperimentele kennis van die

verlossingsplan. So 'n onderwysing sal die

beeld van God in die siel herstel. Dit sal die

gees opbou en versterk teen versoeking, en

die leerder oplei om 'n medewerker met

Christus te word in Sy sending van genade

vir die wêreld. Dit sal hom 'n lid van die

hemelse gesin maak; en hom voorberei om die

erfenis van die heiliges in die lig te deel.”

E.G.W. (Christ’s Object Lessons, cp. 2, p. 42)