Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat...
Transcript of Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat...
Die AAMBEELD Kwartaalblad van die HTS Drostdy Kwartaal 2 van 2018
Wat ‘n kwartaal! Ons het hom behoor-lik volgepak met aktiwiteite. Die groot vraag is natuurlik of dit moontlik is om aan so baie deel te neem en nog steeds uitnemend te presteer. Lees hierdie artikel en besluit self… Op akademiese gebied het ons leerders ‘n uiters besige kwartaal gehad. Die eksamen is agter die rug en die leerders van Drostdy is behoorlik poegaai. Drie weke van eksamenstres is nie speletjies nie. Die uitslae lyk uitstekend, maar met die ter perse gaan was alles nog nie ge-finaliseer nie. Intussen het ons kinders aan die Taalbondeksamen deelgeneem en aan die Wiskunde-olimpiade. Sien ook me. Liesl van Deventer, die adjunk-hoof van akademie se brief in dié uitgawe.
Op sportgebied het ons ‘n rekordgetal provinsiale spelers wat die komende vakansie aan toernooie gaan deelneem. 20 Seuns en 2 dogters neem aan provinsiale rugbytoernooie deel. 5 seuns gaan aan provinsiale hokkieto-ernooie deelneem. 7 dogters gaan aan provinsiale netbaltoernooie deelneem. 8 seuns gaan aan provinsiale stoeitoernooie deelneem. 1 skaakspeler gaan aan ‘n provinsiale toernooi deelneem. Dan is daar 40 seuns en dogters wat voorberei vir die toutrek wêreldkampioenskap . Daar is ook twee leerders wat provinsiale krieket gaan speel. Ook op die karate –vloer gebeur ‘n paar dinge... Iets waaroor ons baie opgewonde is, kom hierdie kwartaal uit die motorafdeling - ‘n Paar van ons seuns het die afgelope kwartaal ‘n enjin opgebou wat heeltemal stukkend en uitmekaar was. Hulle het ‘n uitstekende werk gedoen. Die resultate was verstommend! Op kultuurgebied is ons besig met die finale afronding van die Revue van 2018. Ons koor sing saam met die bestes. Ons het ‘n rekordgetal spelers wat tydens die Unisa- eksamens uitstekend gevaar het. Van ons leerders gaan oorsee as uitruilstudente en ander vir verryking. Die skaakspelers maak geskiedenis. Ons glo dat hierdie voorsmakie darem almal se belangstelling geprikkel het om die res te lees en die spreekwoordelike vleis aan die bene te sit. Besluit maar self of dit waarmee ons hier by Drostdy besig is, getuig van uitnemendheid. Geniet hierdie uitgawe!
Drostdy praat self
‘n Berg vol rooi blomme Micke Marx Kwartaal twee-lank en uitputtend, tog het Drostdy weereens deur al die haas, die roete oor die styl berg voltooi. Met
die wintersport wat sy plek ingeneem het en die atletiek-seisoen wat verby is om oor
‘n paar maande weer uitgegrawe te word, het die Donkies uitstekende uitslae gelewer.
Die rugby, netbal en hokkie het Drostdy se naam hoog gehou met al hulle wenne en
presterende spelers. Al was daar ‘n paar wedstryde waar die spanne deur die modder
gesleep is, het hulle steeds die kruin bereik.
Deur al die harde oefen en naweke van opoffering vir sport, moes die Donkies ook tyd
maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste groot eksamen en die
matrieks wat al nader stap aan die eindeksamen, kan ek vir almal praat as ek sê die
grootste berg was egter die hoop boeke wat deurgewerk moes word. Na ongeveer vier
weke van eksamen was die Donkies pê. Gelukkig lê die afdraand voor - 'n heerlike, lang
vakansie. Telkens was daar ook kultuuraktiwiteite waar Drostdy sonder moeite oor die
berg geklim het.
Deur al die sweet en trane was daar net Een persoon wat ons oor die berg gedra het. Ek sluit dus af met ‘n versie wat
my geraak het en waarby die Donkies werklik kan leef: “Faith can move mountains- Matthew 17:20”
Ons leiers se beurt Die stryd is half gewonne en ons staan nog sterk na ‘n baie vol tweede kwartaal! Ons wil baie dankie sê aan elke Donkie
en ouer wat die kwartaal hulle gewig ingegooi het en bygedra het tot ‘n suksesvolle kwartaal!
Na die rowwe eksamens en sport het ons almal ‘n ordentlike blaaskans nodig! Ons speel hard. Ons leer hard. Maar
kom ons rus ook nou hard!
Mag julle veilig reis, nuwe plekke sien en die rus geniet!
Groete
Gerrit en Ané
Akademie – Drostdy se eerste prioriteit!!!
Liesel van Deventer
Verskonings is die enigste boustene wat jy nodig het om ‘n huis van
mislukkings te bou. Ons is trots op ons Drostdyers wat hard werk
aan hulle akademie om hul drome te bewaarheid. Sukses kom deur
harde werk en deursettingsvermoë. Matrieks – die derde kwartaal is
die laaste van jou skoolloopbaan (hopelik vir almal), maak die beste
gebruik van elke geleentheid.
Sir William Osler : “Die beste voorbereiding wat jy vir môre kan tref,
is om vandag se werk na die beste van jou vermoë te doen.”
William Arthur Ward sê:
Study while
others are sleeping
Work while
others are loafing
Prepare while
others are playing
Dream while
others are wishing
Nuwe gesigte Ons verwelkom op die personeel vir me. Elaine Marais (bemarker), me. Ané le Roux, (betrokke by hokkie-afrigting,
Engels en Lewenswetenskappe) en mnr. Gert Coetzee (terreinbestuurder). Ons glo dat julle deel van die belewenis sal
wees.
Elaine Marais Ané le Roux Gert Coetzee
Wel en wee Ons wens vir mnr. CJ. van Schalkwyk en me. Bianca Underhay, baie geluk met hul verlowing.
Ons glo dat die seën van die Here op julle verhouding sal rus.
Afskeid Dis nooit lekker om te groet nie en dit maak dit nog erger as ‘n mens ‘n “lekker” mens
moet groet. Ons groet vir mnr. Dian Kemp. Al was die tydjie in Drostdy kort, het mnr.
Kemp voetspore gelos wat nog lank deel van Drostdy gaan wees.
Wat het vir mnr. uitgestaan van Drostdy?
Drostdy streef na uitnemendheid: op alle gebiede.
Wat sal mnr. altyd onthou van Drostdy?
Ek sal nooit die entoesiasme waarmee die skool deur die strate geparadeer het, vergeet
nie. Dit was ook kosbaar toe die Drostdy-bom bykans teen die berge geëggo het!
Wat het mnr. geleer by Drostdy?
Ek het geleer dat elke mens wat jy teëkom iets het om te bied; almal het al deur moeilike en goeie tye gegaan en het
stories en lesse om daaruit te vertel.
Wat sou mnr. anders gedoen het?
Ek sou meer moeite gedoen het om die personeel en leerders beter te leer ken. Verhoudings is baie belangrik en word
te maklik afgeskeep.
Hoe was die koshuisverblyf vir mnr.?
Die koshuisverblyf was met tye nogal oorweldigend, omdat ek hou van my eie ruimte en 'n mens is in 'n koshuis omtrent
permanent omring deur mense, maar mnr en mev Ras en die ander diensdoenende personeel het besonders baie
moeite gedoen om dit 'n tuiste te maak.
Sal mnr. weer in ‘n koshuis bly?
Ek sal weer in 'n koshuis bly, bloot omdat 'n mens nie weet wat die toekoms inhou nie, maar ook omdat dit soms
prakties is.
Watter woorde los mnr. vir Drostdy?
As jy staan met jou voete plat op die grond en jou oë vasgenael aan die Here, sal niks jou kan oorweldig nie. Dankie dat
ek 'n Donkie kon word.
Baie sterkte op u pad vorentoe! Ons weet ons is in u hart!
beLEWEnisweek
By vanjaar se belewenisweek het die dames hul blomrokke aangetrek om saam met Lea te dans en die mans hul seile
gespan saam met Jo Black.
Elke mens leef hul eie storie daagliks uit. Lea en Jo black het hul storie met ons kom deel. Vir Lea was die beste raad wat
haar ma al aan haar gegee het dat nie almal van jou hoef te hou nie omdat jy nie van almal hou nie, maar jy moet steeds
respek aan hulle toon. “Die lewe is soos n stukkie gemufte kaas : jy sny die oneetbare deel af en rasper die res.’’ Sy het
die meisies kom inspireer om nooit op te gee nie en dat hulle moet mik vir die sterre. As jou drome jou nie bangmaak
nie is hulle nie groot genoeg nie.
Jo Black het vir die seuns kom sê dat hulle moet deurdruk! Hy het die storie agter sy lang baard vertel en vir hulle gese
dat almal hul DIRT het maar dat dit nie saak maak nie en dat jy altyd kan opmaak daar waar jy verkeerd gegaan het.
Heelwat van Drostdy se ou hoofseuns het die aand saam met die seuns bygewoon en almal was dit eens - hierdie ou kan
praat maar meer nog - hy sing ‘n hond uit ‘n bos uit!
Die Belewenisweek is daar om almal te beloon vir hul harde werk deur die jaar asook om almal op ‘n goeie manier te
beïnvloed. Die jaar se belewenisweek het voorwaar daarin geslaag.
Donkies wat kán redeneer
Vir die eerste keer in die geskiedenis dring twee van ons Donkies deur na die nasionale ATKV-redenaars se
halfeindrondte. Baie geluk aan Francois Marais en Cameron Mostert wat ons so geweldig trots maak. Die kompetisie
het op 25 Mei 2018 in Belville, Kaapstad plaasgevind waar hul uitstekend gevaar het. Drostdy presteer op alle terreine
en dié twee het vir ons gewys dat ons nie vir enige skool terugstaan nie.
DONKIES SKRIK NIE VIR NAALDE NIE….
Op die 23ste April het Worcester Gimnasuim ons uitgedaag tot ‘n ‘BLOOD
BATTLE’. Ons het gekyk watter skool die meeste eenhede kan skenk vir daardie
dag. Dit was baie uitdagend, maar ons het die knoop deurgetrek, en selfs nuwe
mense gehad wat vir die eerste keer geskenk het.
Die PEER PROMOTERS het baie moeite gedoen om dit lekker te maak vir elke
nuwe lid wat kom skenk. Ons het musiek gehad wat in die agtergrond gespeel
het en ons het met elke nuwe persoon ‘n foto geneem en by hom gestaan
terwyl hy skenk . Dit was ook koud daardie oggend so ons het sommer koffie
ook gegee vir dié wat geskenk het.
Hier is die uitslae :
Worcester Gim het 68 eenhede geskenk - ons het
dus die ‘blood battle’ gewen !!!!
Wat ‘n ontBYD!!! Drostdy spog met 148 Donkies wat in die eerste kwartaal ‘n A- gemiddeld behaal het.
Wat jy saai, sal jy oes… hierdie hardwerkende leerders het op die 24ste Mei nie net ‘n klop op die skouer gekry om
hulle geluk te wens nie, maar ook 'n heerlike ontbyt ! ‘’Ons is baie talente gegee en as dit jou talent is om werk te
verstaan… wel gedaan, maar gebruik jou kragte vir die beste en verduidelik aan die vriend langs jou die som wat
hy/sy nie so maklik gesnap het nie.’’ Baie dankie vir almal se harde werk en ons is seker julle sal voortgaan om ons
trots te maak.
Hier volg die top 3 van die 1ste kwartaal:
Gr 8 Gr 9 Gr 10
1 Suné Meyer 89,4% Cameron Mostert 93,1% Aliza Rossouw 93,7%
2 Carla Mostert 89% Bea Wolfaardt 92,2% Shani Smith 93,1%
3 Emma Burger 88,7% Mia Victor 90% Mia Ramsauer 92,7%
Gr 11 Gr 12 Suné Conradie 94,7% Corli Ramsauer 94%
Talitha Pretorius 89,3% Lisa Van Deventer 91,7% Anje Ungerer 89% Ané Brink en Yvette van der Walt 90,4%
DROSTDY 4
BERGSIG 13
STALSHUIS 25
NOORDSIG 28
DORP 49
Smart
ASS
Paarl Vallei Eisteddfod: Orkestrale Perkussie
In Mei 2018 het verskeie leerders deelgeneem aan die Paarl Vallei Eisteddfod. Daar word twee en twintig stukke
gespeel waar drie leerders Cum-laudé (90%+), sestien goud (80-89%), drie silwer (70-79%) en een Brons (65-69%)
ontvang het.
Susan Viljoen het uitstekend gespeel en ontvang ‘n uitmuntinde prestasie as “Best Senior Percussion Player”.
Al die deelnemers is soos volg:
• Cum Laudé: Susan Viljoen en Anja Coetzee
• Goud+: Wouter Mongie, Dominique Smit, Heino Erasmus, Leandré Schutte
• Goud: Susan Viljoen, Anja Coetzee, Wouter Mongie, Bernhardt Müller, Dominique Smit, Heino Erasmus, Leandré
Schutte, Emma Burger
• Silwer+: Wouter Mongie, Dominique Smit
• Silwer: Bernhardt Müller
• Brons: Bernhardt Müller
Unisa graad en VVA-eksamen
Daar het verkseie kinders in Drostdy aan die UNISA en VVA-eksamen in Mei 2018 deelgeneem. Hul uitslae was
uitstekend.
• Merize Burger verdien 90% vir haar Tuba-eksamen
• Yvette van der Walt, Susan Viljoen en Herbst Du Plessis verdien A++(90%+)
• 22 leerders verdien Lof (80%-89%) en 2 eervolle vermelding (89%)
• Malchior van der Berg, Aaron Harker en Francois Engelbrecht het hul Gr. 7-VVA trompeteksamens met Lof
geslaag.
VVA-Eksamen-deelnemers: Yvette van der Walt, Herbst du Plessis, Susan Viljoen, Chané Adonis, Frans Burger,
Danique Jacobs, Anja Coetzee, Leandré Schutte, Heino Erasmus, Francois Engelbrecht, Aaron Harker, Melchior van
der Berg, Leana Coetzee, Talitha Pretorius, Stephan Hendriks, Migal Cronjé, Stéan Engelbrecht, Wouter Mongie,
Dominique Smit, Elmarie Opperman, Bianka Gertsner, Bernhardt Müller.
UNISA graad-eksamens: Merize Burger, Bea Wolfaart, Zane Bothman, Zybian Anders, Gustav Trautmann, Egbert
Scherman.
Stadsraad-leerders na Duitsland
Franklin Kriel en Chris-Mari Snyman is gekies om saam met die Breede Vallei Distriksmunisipaliteit asook die skole in
Worcester Duitsland toe te gaan. Dit is 'n opvoedkundige toer waar hulle meer van Duitsland gaan leer. Hulle vlieg
die 1ste Julie en is dan weer die 12de terug.
JUNIOR STADSRAAD Drostdy spog vanjaar nie net
met ses lede op die Junior
Stadsraad nie, maar ook met
twee van hierdie lede op die
uitvoerende komitee - die
tesourier, Suné Conradie en die
burgemeester, Franklin Kriel!
Baie geluk aan die ander vier
leerders wat op die raad dien.
Ons is uitsonderlik trots op
Drostdy se jong leiers!
Drotdy begin ‘n nuwe hoofstuk
Daar het onlangs ‘n nuwe pette-tradisie in
Drostdy ontstaan. Die idee is voortgebring om
vir die seuns ‘n eenheid te skep. Elke seun kan
‘n tossel wat geel (Stalshuis), rooi (Noordsig) of
Grys (Dorp) koop by die klerebank, wat dan die
koshuis waaraan hulle behoort uitbeeld.
Die Primarias van elke koshuis sal dus ‘n tossel
ontvang wat ‘n mengsel is van grys en die
gegewe kleur van hul koshuis. Die hoofseun van
die skool ontvang ‘n tossel met al die kleure
ingesluit omdat die eenheid van die skool
simboliseer. Ons hoop dus hierdie tradisie loop
nog baie jare voort.
V.l.n.r.: Bilqees Laatoe,
Antoinette Steijn, Franklin
Kriel (burgemeester), Suné
Conradie (tesourier), Chris-
Mari Snyman en Chantel
Hugo.
Nie springbokke nie, maar angorabokke! Shanidine Bezuidenhout Cormari Brink, 'n graad 8-leerder by Drostdy maak die skool trots met haar unieke
angorabokke. Hierdie dogter het 'n groot passie en liefde vir haar angorabokke en
behaal hoë prestasies met die skou van haar bokke.
In 2016, toe sy opgeneem was in die WP-span, het sy 12 meisies gewen en het
deurgebring na die SA-kampioenskap in Mpumalanga. Sy het daar eerste plek
behaal.
In die jaar 2017 het sy nie gekwalifiseer vir die SA-kampioenskap nie en het weer in
2018 WP-kleure gewen. Haar fokus lê nou by die SA-kampioenskap wat in George
gaan plaasvind. Cormari het in graad 3 begin en het algeheel aan 30 kompetisies
deelgeneem waar sy 27 plekke behaal het. Volgens Cormari inspireer haar bokke
haar om hard te werk en om nooit op te gee nie.
Visvang Anmar Rust
‘Fishing is not just a sport , it is a way of life’
Visvang is nie eintlik 'n gewilde sport nie, maar by HTS Drostdy word dit op ‘n nuwe vlak beoefen !!! Die Aambeeld het bietjie gaan ondersoek instel juis oor die sport visvang en op ‘n paar interessante dinge afgekom… Soos ons gesê het, is visvang nie eintlik ‘n gewilde sport nie, maar in HTS Drosdty is daar twee manne wat deel is van die span en hulle is Hanro Griessel en Gerrit Jonker. Hoekom doen mens nou juis die sport? Dit is baie mense se vraag en daar kan baie antwoorde wees, maar die een wat Die Aambeeld ontvang het tydens ‘n onderhoud met Hanro Griessel is: ‘Mens doen die sport visvang, want jy beleef die skoonheid en prag van die natuur.’ Visvang is ‘n rustige en opwindende sport vir meisies en seuns, maar waar moet jy nou juis navraag doen om deel te wees van die span? Kontak Hanro Griessel by 0791839299. Die span kom een Saterdag elke maand bymekaar om saam as ‘n span vis te vang en het vergaderings om die volgende kompetisie te bespreek en hoe hulle dit gaan aanvat. Ongelukkig kan jy nie nou dadelik aansluit nie ,want die seisoen is eers "met pouse". Dit begin weer in Augustus 2018. Dankie aan die twee manne wat hard werk en HTS Drostdy se naam hoog hou by die viswaters en baie sterkte vir die volgende seisoen…
KARTON KANO CHALLENGE Op 17 April het die Sandput se jaarlikse Karton Kano Challenge by die dam agter die Mountain Mill Inkopiesentrum plaasgevind. Vanjaar was daar 4 spanne wat ingeskryf het Die idee is om 'n kano uit karton te bou en dan moet daar met die kano gevaar word. Die span wat eerste terug by die wegspringplek is, is die wenners. Vanjaar se wenners, Rossouw Smith, Waldemar Coetzee, Morné Badenhorst en Tiaan Rossouw, is die tweede jaar bekroon met die gesogte titel. Hulle het regtig 'n wenresep hier beet!
Skuts Skitter Sowaar
Hierdie kwartaal was propvol plofstof en prestasies wanneer daar na ons skietspan geloer word. Drostdy se skuts het
hierdie kwartaal besonders gevaar en hulle pluk vandag die vrugte van hul harde werk.
Tydens die tweede rondte van die interprovinsiale kompetisie in Bloemfontein, waar Drostdy deelgeneem het, het
Adriaan Alberts ‘n paar manne gewys het nie. Ongelukkig mis hy die Suid-Afrikaanse toerspan, wat binnekort oorsee
toer , met slegs agt punte. Ons is besonders trots op hom deurdat hy hierdie mylpaal bereik het en teen die beste van
die bestes in die land kon kompeteer. Flip van der Merwe, Louwrens Jacobs, Sean Williams en Chris-Mari Snyman het
ook tydens hierdie interprovinsiale kompetisie
goed gevaar.
By die derde kompetisie ontvang Adriaan vier
medaljes waarvan een goud, twee silwer en
een brons was. Flip en Chris-Mari ontvang ook
albei brons medaljes by hierdie kompetisie.
Theuns Jordaan, ‘n spiksplinternuwe skut in
die span, het ook by die derde kompetisie die
medalje ontvang vir die skut wat die meeste
vordering tot dusver getoon het. Sy broer,
Leon Jordaan en Elmarie Opperman is net so
nuut in die span en maak ook goeie vordering.
Die skuts het ook hierdie kwartaal aan die
posliga deelgeneem en sal teen volgende
kwartaal die uitslae bekend kan maak. Die
skuts is ook wel bewus van die feit dat SA’s
volgende kwartaal op hul voordeurmatjie sal
staan en dat slegs harde werk hul voorland vir die komende tydperk gaan wees. Ons wens al hierdie skuts sterkte toe en
wens hulle geluk met hul uitsonderlike prestasies.
Landloop Elizé Lottering
Landloop is definitief een van die sportsoorte waarvan
ons nie so baie weet nie. Drostdy is egter een van daardie
skole wat gebalanseerde, ingeligte kinders die wêreld wil
instuur en daarom bied ons dit aan. Ek het die jaar vir die
eerste keer aan 'n landloop-byeenkoms deelgeneem en het dit baie geniet, veral omdat jy nie die heeltyd om
die tradisionele 400m baan hardloop nie. Hulle het by elke byeenkoms 'n interessante baan uitgelê. Ek sal
beslis almal aanmoedig om landloop te doen, al is dit net om fiks te bly vir die ander sportsoorte. Daar is
egter leerders wat dit as hulle wintersport doen en besonder goed presteer.
Mnr. Rico Hunter en me. Elaine Marais het die Boland-byeenkoms op ons gronde aangebied en daar is ‘n
definitiewe toename in deelnemers. Ons is baie trots op elkeen van ons leerders en afrigters wat hierdie
ongelooflike sport uitbou by HTS Drostdy.
v.l.n.r. Sean Williams, Chris-Mari Snyman, Adriaan Alberts
Blokkie vir blokkie Daar word algemeen anvaar
dat skaak tydens die Gupta-
ryk in Indië ontstaan het- en
vandag word dit regoor die
wêreld gespeel.
Drostdy is baie trots op al
die skaakspelers wat die
skool se naam hoog hou.
Ons wil net baie geluk sê aan Albrecht van Zyl wat gekies is om die
Wes-Kaap span by SA-Winterspele in Durban te verteenwoordig.
Ons is ook baie opgewonde vir die skaak span wat nou eerstespan
baadjies gaan kry-hulle verdien dit werklik! Ons wil ook net dankie sê
aan ons borge: ST Rifrigeration en Breërivier Koeriers.
Die skaakspanne het
uistekend gevaar in Liga en
het geen wedstryde verloor
nie! Ons werk nou baie hard
aan ‘n nuwe span vir
volgende jaar, aangesien die
span 3 spelers gaan verloor.
Ons nooi ook almal wat
belangstel om die 3de kwartaal te kom oefen.
Baie geluk aan JJ Augustyn, Adriaan Alberts, Armand van der Berg en Allanique May wat in die Bolandspan
opgeneem is.
Jag 2018
Hierdie jaar gaan die Drostdyers weer na Victoria-Wes om te gaan jag. Hierdie jaar is daar egter so ‘n klein
veranderinkie van ons tradisionele modus operandi…
2018 gaan die jaar wees wat ons die eerste keer dogters neem vir die ervaring. Klara en Katinka Naude gaan hul
eesret bok skiet! Dan gaan Jean van Zyl, Analdo , AJ le Roux,Francois May, en Gideon janse van Rensburg ook die
skote laat klap.
Baie dankie vir almal wat ons so mooi gehelp het met borge: Me Esthet Pettit van Sasko met brood. Mnr. Johnny
Cardozo wat koeldrank gegee het. Almal wat finansiële bydraes gelewer het. (Sommige wou nie hul name genoem
hê nie.) Mnr. Roelof Brandt het sappies geborg. Mnr. Arie le Roux het vir ons groente en appels gegee. Tannie Lynne
Liebenberg en oom Peertjies het vir ons koffie en beskuit gegee.
Oom Willie van Quenets het die week voor die trip vir ons opleiding gegee oor skootplasing en jagetiket. Hulle het
ook elke nuwe jagter met ‘n knipmes en hoedjie geborg.
So nou is als gereed. Sestien van ons sal op Sondag 24 Junie die pad Karoo toe vat.
Drostdy presteer op tegniese gebied Twee van Drostdy se spanne het deelgeneem aan die ENGEN en SAVTEK Klub se enjinherbou-kompetisie. Baie geluk aan die volgende span wat 'n eerste plek ontvang het: Jaco van der Westhuizen, Matthys van Lille, Johan Meyer, Martin Basson en Theo Schutte. Hulle dring deur na die nasionale finaal wat in Oktober in Pretoria gehou gaan word. Die ander span wat bestaan het uit Bevan Venter, Franco Smith, Gawie Viljoen en Sean van der Westhuizen het ook goed gedoen. Hierdie leerders het baie hard saam met mnr. Nico Grobler gewerk. Geluk en sterkte!
TAALMONUMENT KOORFEES Hierdie jaar is daar koorgeskiedenis gemaak. Die eerste koorfees by die Taalmonument is aangebied en Drostdy se skoolkoor is gevra om deel hiervan te wees. Wat ‘n ervaring! Om in die amfiteater te sing was ‘n voorreg. Meer as 5000 mense het die vertoning van verskeie van die Kaap se top skoolkore bygewoon. Die atmosfeer en akoestiek was ongelooflik en beslis ‘n ervaring wat ons nog lank sal onthou. Die aand is afgesluit met ‘n massakoor van 1500 leerders op die verhoog. Voorwaar ‘n belewenis! Die Singende Donkies het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en hulle weergawe van Kyle Jenkins se Adiemus was pragtig. Hierdie was ‘n wonderlike geleentheid en ons is alreeds genooi om volgende jaar weer deel te wees. Kom gerus volgende jaar saam – Sien julle onder die sterre!
v.l.n.r Johan Meyer, Jaco van der Westhuizen, Theo Schutte, Matthys van Lille en Martin Basson.
Wildeklawer Rugbytoernooi Donderdagoggend 26 April 2018
vertrek HTS Drostdy se O/14, O/15 en
O/16 A-spanne na Kimberly om die
jaarlikse Wildeklawer Rugbytoernooi by
te woon. Die 1ste span het die vorige
dag reeds vertrek omrede hul Grey
College die komende Vrydag sou speel.
Die 13 ure busrit is nie vir enige iemand
beskore nie, maar die Drostdy seuns het
vasberade en vol hoop hul bestemming
bereik.
Deo Gloria, ‘n kampterrein net buite
Barkley-Wes, was vir die volgende paar
dae Drostdy se basis waarvandaan hul
ongeveer 50km sou reis na Kimberly om
hul wedstryde te speel. Aangesien
Drostdy alreeds die vorige jaar van
hierdie kampterrein gebruik gemaak
het, was dit reeds bekend aan die seuns
en afrigters. Hul het onmiddellik tuis
gevoel.
Die Vrydagoggend na ontbyt is daar
deur al die junior spanne ‘n ligte
oefensessie ingewerk waarna hul na
Kimberly sou reis om die 1ste span se
wedstryd teen Grey College te
ondersteun. Die seuns het ‘n indruk
gemaak in hul “volles” en tydens die
fotosessie en openingseremonie was dit
duidelik dat HTS Drostdy een van die
skole was om dop te hou.
Drostdy se 1ste span was beslis reg vir
die stryd teen Grey College en het die
wedstryd met ywer en entoesiasme
aangedurf. Ongelukkig was die
opposisie net te sterk.
Die Saterdagoggend is daar vroeg
opgestaan en na Kimberly vertrek waar
die junior spanne hul wedstryde sou
speel teen Monument van Krugersdorp,
een van die welbekende Rugbyskole in
die land. Drostdy het beslis nie
teruggestaan nie, goed vertoon en ons
skool se naam hoog gehou. Na afloop
van Drostdy se wedstryde het die seuns
beweeg na Hoërskool Diamantveld se A-
Rugbyveld, waar die eerstespanne van
die land se beste skole mekaar die stryd
sou aansê. Voorwaar ‘n rugbyfees!
Na afloop van die kerkdiens,
Sondagoggend, is daar na Kimberly
gereis om die Groot Gat te besigtig.
Beslis ‘n uitstappie wat die moeite werd
was. Die seuns het met hul terugkoms
by Deo Gloria gaan rus om hul batterye
vir die volgende dag se wedstryde teen
Affies van Pretoria te laai.
Die Maandagoggend is daar weereens
vroegoggend opgestaan, ontbyt
genuttig en na Kimberly gereis. Affies
was reg om die toernooi op ‘n goeie
noot af te sluit en het dit van die begin
duidelik gemaak dat hul dit nie maklik
sou maak vir Drostdy se manne nie.
Wen was ongelukkig nie vir Drostdy
beskore nie, maar die seuns kon hul
“volles” met trots aantrek om die eerste
span te ondersteun met tipiese Drostdy-
gees. Dalk die deurslaggewende faktor
aangesien die eerste span hul strukture
herbesin het en die wedstryd teen
Menlo Park oortuigend gewen het.
Vroeg die Dinsdagoggend is die pad
terug Worcester toe aangepak. Dit was
baie duidelik dat die seuns, hegter as
ooit, die toernooi beslis geniet het en
uitgesien het na ‘n blink rugbyseisoen.
Gholfdag
Wat kry jy as jy groen gras, stokke en klein balletjies meng? Gholf, natuurlik. Drostdy se gholfdag is vanjaar op 4 Mei
gehou. Daar het 34 spanne ingeskryf, waaronder Drostdy se eie span bestaande uit: Arnold Grove, Hugo de Villiers, Jody
Hamner en Leigh-Quinn Engelbrecht. En kán hierdie manne nou vir jou ‘n bal slaan?
Daar was ook dertig leerders wat vir die ander spanne as joggies opgetree het. En hierdie manne het dit omtrent geniet
om die swaar sakke vir die manne wat speel rond te dra – ‘n daggie buite in die natuur is maar net vir party lekkerder as
‘n Wiskunde periode.
Die aand is afgesluit met ‘n veiling waar ‘n groot verskeidenheid van items opgeveil is. Die veiling alleenlik het ‘n bedrag
van R31 000 ingebring. Elke speler, wat die dag deelgeneem het, het ook ‘n geskenk by die prysuitdeling ontvang.
Die totale wins vir die dag beloop R80 000.
Drostdy bedank die volgende besighede en instansies wat natgate
beman het:
Worcester Primêre Skool
Laerskool Worcester-Oos
Breedechem
Victoria Albert
HTS Drostdy se eie personeel
Fietsryers!
Ons MTB klub het diep spore getrap in verskeie kompetisies hierdie
kwartaal insluitend die Gravel and Grape Adventure rit. Die rit het 2
dae geduur. Dag 1 het die ryers 38km gery, en dag 2, 31km. Al die
ryers het podiumposisies gery. Die uitslae was soos volg:
Youth opening (spanpoging)
Eerste plek: Heinie Beukes met sy Meerkat Maat (Montana fietsryer) Tweede plek: Yanré Meyer en Christopher van Niekerk Laaste maar nie die minste: Marius Kotze en Frederik Botha
Men’s open:
Eerste plek: Wian Linde en sy pa, Johan.
Youth individual (solo):
Tweede plek: Botha De Wet
Mixed open:
Eerste plek, Roelf Van der Merwe en Jaqui Jackson (‘n familie vriendin).
Ons is baie trots op ons uitsonderlike MTB klub en al hulle prestasies. Die eerste groot skoolliga byeenkoms, Spur
MTB reeks, het op 9 Junie in Somerset-Wes afgeskop en ons fietsryers was baie opgewonde oor hierdie geleentheid.
Hulle hoop ook om weer te kwalifiseer om September in die Nasionale Kampioenskap deel te neem.
Daar is tans vyftig aktiewe ryers in die klub, waarvan slegs vier meisies is. Almal is egter welkom, so as jy oor die
nodige motivering, stamina en ‘n fiets beskik, sluit gerus by hierdie groepie aan.
Werk gedoen by Toutrekveld
Die toutrekveld is omtrent opgegradeer en daar het
verskriklik baie werk ingegaan. Mnr. Willem Viljoen
het die inisiatief gedryf en al sy kontakte en vriende
gebruik om die verandering te bewerkstellig.
Hy en mnr. Johan Everson het die uitmeetwerk van
die slote gedoen om die besproeiing in te sit.
Werner van GW- Slotegrawers het die masjien
voorsien. Mnr. Eric Brits en sy seuns het kunsmis
gesaai en saam met mnr. Niel Jordaan die veld gelyk
geskraap. Hierna het mnr. Paul Marais die gras
gesny.
Mnr. Eric Brits en sy span plaaswerkers asook mnr. Lukas de Wet en sy span het saam met mnre. Riaan van Lill en
Willem Viljoen die veld verder gelyk gemaak. Mnr. Natie van BF Digger Hiring het ‘n digger loader voorsien.
Mnr. Lukas de Wet het ook ‘n digger loader voorsien asook twee trekkers met waens. Mnr. Handré Griessel het ook
‘n digger loader voorsien terwyl De Wet tippers twee vragmotors voorsien het om agt vragte sand van Eilandia af
aan te ry.
Heelwat seuns het help werk i.e. Eric en Gerdean Brits, George Everson, Wimpie Viljoen, Jaco Visser,
Christiaan du Plessis.
HTS Drostdy se toutrekkers sê BAIE BAIE dankie!
Kontakbesonderhede:
Bergrivier Besproeïng Johan Everson 082 228 8498
GW Auto Electrical & Plant Hire Werner 072 102 1143
BF Digger hiring Natie Ferreira 083 657 5682
De Wet Digger Loaders Theron de Wet 082 557 2393
Niel Jordaan 082 375 9888
Lukas de Wet 082 447 3894
Handré Griessel 082 513 3377
O/19A-Rugbytoer 2018
HTS Drostdy se 1ste-rugbyspan het verjaar die
voorreg gehad om na Durban en Middelburg te
toer, waar ons deelgeneem het aan die Kearnsy
Easter Rugby Festival asook die Noord-Suid
Toernooi. ‘n Totaal van 13 dae op toer. Wat ‘n
belewenis was dit nie gewees nie!!
Oom Paul Marais het ons Woensdag 28 Maart
om 03:00 voor Noordsig koshuis opgetel en ons
na Kaapstad Lughawe geneem. Vir baie seuns
was dit die eerste keer wat hulle sou vlieg.
Opgewondenheid onder hulle was hoog. Om
06:00 het die vliegtuig opgestyg en ons was op
pad na Durban.
Ons het veilig gearriveer te King Shaka Lughawe, waar Kearsny College se bussie ons ingewag het, kamers
uitgesorteer is en ons was reg vir die ding. Ons eerste wedstryd was Donderdag 29 Maart teen ‘n gedigte Glenwood
span. Ons het ongelukkig in daardie wedstryd vasgeval en met drie punte verloor.
HTS Drostdy 26-29 Glenwood
Vrydag 30 Maart was een van hulle afdae gewees. Hulle het uShaka Marine World gaan besoek, waar die seuns en
die afrigters die waterpark baie geniet het. Ons is nie seker wie die waterpark die meeste geniet het nie, die seuns of
die afrigters?
Hulle volgende wedstryd was Saterdag 31 Maart teen Welkom Gimnasium. Onplesierige weer, mistige-en nat
omstandighede. Ons kon daardie wedstryd deurtrek.
HTS Drostdy 24-11 Welkom Gimnasium
Saterdag 31 Maart was weereens ‘n rusdag gewees. Hulle was na die Kerkdiens by Kearsny College se Chapel en
daarna na een van die groot winkelsentrums.
Maandag, 2 April, was hul laaste wedstryd by hierdie ‘prestige’ toernooi. Hulle kom daar te staan teen Selborne
College. Dis een van die spanne wat in 2017 onoorwonne was by die ternooi. Nadat hulle 20-0 agter was, kon hulle
daarin slaag om die wedstryd te wen.
HTS Drostdy 29-26 Selborne College
Die dag het aangebreek, Maandag 9 April. Dit was die twaalfde dag op toer. HTS Drostdy vs Transvalia. Die seuns was
reg, wat mens kon sien tydens die opwarming. In die kleedkamer voor die wedstryd speel Joe Niemand se liedjie, Ek
Sal Nie Bang Wees Nie… Hulle het geweet die seuns was reg vir hierdie een. Nadat hulle 21-8 agter was, wys di
manne karakter en wen die wedstryd 30-21. Donkie Trots!!
HTS Drostdy 30-21 Transvalia
Wedstryd uitslae te Noord-Suid Toernooi
• HTS Drostdy 36-19 Hoërskool Middelburg
• HTS Drostdy 59-14 Marais Viljoen
• HTS Drostdy 30-21 Transvalia
Na die wedstryd het Hoërskool Middelburg hulle na Lanseria lughawe geneem, waar hulle vir die derde keer in dertien dae die geleentheid gehad het om te kon vlieg. Die keer vanaf Lanseria na Kaapstad Lughawe. Die eerste span wil net vir almal dankie sê wat die wedstryd vir hulle moontlik gemaak het.
Abri Bothma Fotografie
Noord-Suid Rugby Derby Jaco Visser Drostdy het uitstekend gevaar by die Derby. Die seuns het pragtig rugby gespeel en bewys dat 'n lang busrit hulle nie onderkry nie. Hulle wen alle wedstryde teen HS Middelburg. Die tweede dag het hulle groot tellings op die bord gesit en alle wedstryde teen Marais Viljoen gewen. Hulle sluit hulle toernooi af met 'n absolute hoogtepunt en wen 3 wedstryde en een gelykop teen Transvalia. Ons is baie trots op al die spelers en afrigters.
Drostdy se stoeispan laat hulle nie onderkry nie Drostdy se stoeispan het hierdie kwartaal aan verskeie toernooie deelgeneem en uitstekend gevaar. Hulle het onder
meer aan toernooie in Parow en Goodwood en ook die Gertjie van der Merwe en Abraham Geldenhuys-toernooie
deelgeneem.
Hier volg uitslae van die BSK-Nasionale kwalifiseringstoernooi in Brackenfell:
O/13 Joshua Erasmus Silwer
Skole Presidente:
Janu Nel Brons
O/15 Carl du Preez Silwer Johan von Landsberg Silwer
Tiaan Möller Brons Joshua Erasmus Goud
Kadette
Francois du Toit Silwer
VRYSTYL - Presidente
Carl du Preez Brons
Gerhard Marais Goud Tiaan Möller 4de
Rudi Opperman Silwer Franscois du Toit Silwer
Junior
Gerhard Marais Silwer Gerhard Marais Silwer
Rudi Opperman Brons Rudi Opperman Silwer
Reghard Smith Silwer Reghard Smith Silwer
Hanco Strydom Goud
Skole Presidente:
Janu Nel Brons
Jacques Ludik Goud Johan von Landsberg Silwer
Senior Hanco Strydom Silwer Joshua Erasmus Goud
Jacques Ludik Silwer VRYSTYL - Presidente Carl du Preez Brons
Die volgende leerders gaan die vakansie aan die SA kampioenskap in New Castle deelneem: Rudi Opperman, Xander Coetzee, Gerhard Marais, Reghard Smith, Hanco Strydom, Francois du Toit. Mnr. Kurt Hertzog, hul afrigter, vergesel hulle. Mnr. Hertzog gaan ook as afrigter van die Protea-span na Tinava in Slovakië vanaf 20 – 23 September. Baie geluk!
Netbal Drostdy is baie trots op al die netbalmeisies wat die skool se naam hoog gehou het
by die Top Schools - byeenkoms.
Al die uitslae was soos volg:
0/14
• Verloor Bloemhof :5-20
• Wen Robertson :25-8
• Wen Outeniqua :10-5
0/15
• Wen Outeniqua se 0/14 :18-3
• Verloor Bloemhof :13-9
0/16
• Wen Brakenfell :12-7
• Verloor Bloemhof :8-14
• Wen Martin Oosthuizen :9-8
• Verloor Dirkie Uys :10-2
0/19
• Verloor Fairmont High :13-12
• Verloor Bloemhof :19-4
• Wen Curro :28-6
Ons weet sommer dat die laaste paar wedstryde van die jaar goed sal afloop. Wel gedaan julle meisies.
Elsie Coetzer hokkietoernooi
Terwyl baie van ons net op
die bank gelê het tydens die
Maart-vakansie, het die
eerste dogtershokkiespan
Ceres toe getoer om dit te
gaan doen waarvoor hulle lief
is - hokkie speel.
Die Elsie Coetzer
Hokkietoernooi het van 28
tot 31 Maart 2018 geduur en
is deur Charlie Hofmeyr te
Ceres aangebied. Daar was
skole van regoor die Boland teenwoordig en professionele afrigters het hul hokkie geheime met die dames gedeel.
Elke dag is daar ongeveer vyf wedstryde per span op 'n astrobaan gespeel en die ruskanse was maar min. Die meisies
het ook 'n geleentheid gekry om mekaar op ‘n persoonlike vlak te leer ken, aangesien hulle saam kop bo water moes
hou met min slaap en baie oefen.
Die span het elke dag verbeter soos wat daar met hulle in noue kontak deur SA-spelers gewerk is. Sonder hul
afrigter, Ané le Roux, sou hierdie span ook nie die hierdie hoogtes bereik het en so baie verbeter het nie. Die meisies
het ook gou geleer hoe om goeie energie te behou deur piesangs en grondboontjies was hul voorland vir hierdie
paar dae.
Die span sal hierdie belewenis vir altyd saam met hulle dra. Die meisies wil graag vir meneer Steijn, die
spanbestuurder, bedank vir sy goedhartigheid en ondersteuning gedurende die toer asook hul afrigter wat hul altyd
motiveer om hul drome te bereik. Verder wil hulle ook elke ondersteuner en persoon bedank wat hierdie
geleentheid moontlik gemaak het.
Abri Bothma Fotografie
DROSTDY SE EIE KOEKEDOORTJIE DEELNEMER
Carla Botha (gr.8) is een van die 10 deelnemers wat te sien was in die seisoen se Koekedoortjie! Carla het ongelukkig uitgeval. Sy en haar ma, Maryke Botha, het hope pret gehad en het die ervaring terdeë geniet.
MUSIEKLEERDER VEROWER GESOGTE MUSIEKTOEKENNING
Cameron Mostert, ‘n begaafde pianis in graad 9, het die hoogste nasionale erkenning met haar Unisa Musiek Graad 3 teorie eksamen behaal deur die Hennie Joubert Merieteprys te verower.
Slegs twee kandidate per graad verower landswyd hierdie toekenning wat ook ‘n kontantprys insluit.
Dit is voorwaar ‘n uitstekende prestasie!
RUGBY - BOLAND FINALE PROEWE
Semelian Lombard het deelgeneem aan die finale Boland proewe en sy het die O/18 Boland meisiespan gehaal.
50 WEDSTRYDE AS AFRIGTER
Mnr. De Villiers het op 19 Mei sy 50ste wedstryd as afrigter van Drostdy se 1ste XV bereik. Mnr. De Villiers en sy span het teen Outeniqua te staan gekom en met 'n 25 - 18 oorwinning weggestap!
RUGBY - O/20 BOLANDSPAN
Baie geluk aan Trevor Laubscher wat gekies is vir die finale O/20 Bolandspan. Ons is baie trots op jou en hou vir jou styf duimvas.
SKAAK:
Ons wil net baie geluk sê aan Albrecht van Zyl wat gekies is om die Wes-Kaap span by SA-Winterspele in Durban te verteenwoordig
DROSTDY LANDSWYE WENNER VAN INTERHOËR KREET KOMPETISIE
Aan die einde van die kompetisie is die video meer as 16 000 keer gekyk met 646 likes en 827 shares.
WP KARATE KAMPIOEN Baie geluk aan Robert Thonnard wat in die bo 70kg-afdeling 'n eerste plek by die WP Karate Kampioenskap verower het. Ons is baie trots op hom!
KRIEKETNUUS:
Baie geluk aan Ilse du Plessis wat gekies is vir die 0/19 vrouespan en Michael Mangiagalli wat gekies is vir die 0/15 seunspan. Dit is 'n eerste vir Drostdy om leerders in die Winterspanne te hê.
KARATE-UITSLAE: Nicola en Louie Drake het aan die Boland Goju Kai Karate deelgeneem en die volgende plekke behaal: Nicola Drake: Silwer vir Kumute (Fighting) Brons vir Kata Louie Drake: Goud vir Kumute (Fighting) Silwer vir Kata Hulle gaan einde Oktober in Stellenbosch aan die SA’s deelneem .
RUGBY – O/13 BOLANDSPAN
Baie geluk aan Qhuane Claassen wat opgeneem is
in die O/13 Cravenweekspan. Ons is voorwaar
trots op dié baba Donkie.
Agtien Drostdy leerders gekies vir Boland rugbyspanne
Drostdy is baie trots op ons rugbyseuns wat gekies is vir die Bolandspanne wat aan die Cravenweek, Akademieweek en Grant Khomo week gaan deelneem. Ons het in totaal 7 spelers in die Cravenweekspan, 5 in die Akademiespan en 6 in die Grant Khomo-span. Dus is daar 15 Drostdy-leerders verteenwoordig in die drie spanne... uitstekend!
Cravenweek Christie Grobbelaar, Luciano Elias, Heinrich Naude, CJ van Rensburg en Tommie Bezuidenhout, Shaun
Baxter, Roann Jansen
Akademieweek Keanne Galant, Adrian Maans, Gysbert du Preez,
Renier Viljoen, Wynand du Plessis
Grant Khomo Hugo Mostert, Olé Apollis, Ruan Vorster, Robert Andrew Adshade, Wiaan Hoffman, Elroy Mcleod
Drostdy netbalspelers gekies vir
Bolandspanne Daar is 7 Drostdy-leerders wat vir verskillende spanne gekies is om Boland die vakansie te verteenwoordig:
0/17 WES-KAAP NETBALSPAN (Oaks-span): Gabbi Bennet. Hulle neem tussen 24 en 28 Junie in Boksburg aan die All ages Tournament deel. 0/16 WES-KAAP NETBALSPAN (Cedars-span): M’Cailen Lombaard ( onder kaptein) Shanidine Bezuidenhout ( kaptein ) Hulle gaan tussen 2 en 6 Julie by Sun City speel. 0/15 WES-KAAP NETBALSPAN (Willows-span) Ferrenay John Sy speel ook tussen 24 en 28 Julie in Boksburg.
0/14 WES-KAAP NETBALSPAN (Oaks-span) Jana Taylor Afton Pieterse Hulle speel van 23 tot 25 Junie in Boksburg. 0/15 CAPE WINELANDS SCHOOLS NETBALSPAN Rudene Geldenhuys
Baie sterkte aan al hierdie dogters. Julle maak ons regtig trots!
Provinsiale Hokkie
Die volgende 4 leerders, Xander Coetzee, Jacques Marais, Carel Marais, en Tristan Mathews is gekies vir die O/18 Streekspan. Ons is super trots op hierdie 4 spelers wat Drostdy verteenwoordig. Ons is ook baie trots op Johan le Roux wat gekies is vir die 0/14 Hokkie Shiraz-span.
HOOGTEPUNTE VIR KWARTAAL 3: Astro, Revue, Duineveld, Matriekafskeid, Winterbal,
Wêreldkampioenskap
Abri Bothma Fotografie