berg-en-dal kwartaalblad

16
woord@bergendal kwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal posbus 28048, danhof 9310 <[email protected]> jaargang 4 no 3 Desember 2008 “Op berge en in dale - soli Deo gloria” Vervolg op bl 2 BINNE Opwindende jaar wag - Jan Lubbe - Bekendes groet . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .3 Eredienste voller . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5 Marumo presteer . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6 God en geskiedenis . . . . . . . . . . . . . . . . .9 Christen en ekonomie . . . . . . . . . . . . . .11 Camisardskamp . . . . . . . . . . . . . . . . . . .14 Suiwer verkondiging van die Woord van God. Die vestiging en uitlewing van 'n gereformeerd- Christelike identiteit. Verdieping in die uitreik na mekaar en betrokkenheid by die gemeente- like lewe. 'n Sterker fokus op jongmense en die 20/30-generasie. Uitreiking na 'n breëre gemeenskap, spesifiek in noodverligting. Dít is die vyf prioriteite wat deur die kerkraad geïdentifiseer is met die oog op Berg-en-Dal se pad vorentoe. In Junie vanjaar het die kerkraad 'n strategiese werkskomitee onder voorsitterskap van ouder- ling Kalie Strydom aangewys om leiding te neem in 'n gesprek oor die toekoms van Berg- en-Dal. Daar is gekyk na die geskiedenis en karakter van die gemeente deur die afgelope vyf dekades. Verder is 'n profiel van die gemeente geteken: dat Berg-en-Dal tans 1 265 lidmate het, waarvan 279 jonger as sestien jaar oud is (dit wil sê: 22% dooplidmate). 'n Kwart van die gemeente se lidmate is ouer as 60 jaar. Sedert die vorige strategiese opname in 2003, het die lidmaattal met 14% gegroei. Terwyl 40% van inwoners binne die tradisionele grense van Dan Pienaar by Berg-en-Dal inskakel, woon 424 lidmate buite die grense van die gemeente (dit is 34% van die lidmaattal) - van plase op die Bultfontein- en Dewetsdorppaaie tot kleinhoewes in Bloem- spruit en Bainsvlei. Daar is ook 'n merkbare groei in erediensbywoning (sien berig op bladsy 5). In die eerste nege maande vanjaar, het gemiddeld 38% van lidmate maandeliks 'n dankoffer gegee. Die Spesiale Dankoffer van Meimaand het die begrote bedrag met meer as 13% oorskrei en 'n bedrag van R 253 000,00 opgelewer - die hoogste ooit. Die kerkraad het ook dieper as net die uiterlike gekyk. Sterkpunte is raakgesien: suiwer Woordverkondiging en 'n gereformeerde liturgie; kundigheid onder lidmate en personeel; goeie strukture om kinders en jongmense te bedien; by die ouer generasie het die ge- meente 'n positiewe beeld; goeie infrastruktuur, Betlehems Ster, o Wonderlig... Drie van die engele met hul sterre, onderweg na die Kerssangdiens van Sondagaand, 23 November. In 'n vol kerkgebou, het Berg-en-Dallers van alle generasies weer die geliefde Kersverhaal deur voorlesings en musiek in herinnering geroep. Orrelis Johan Cromhout het gesorg vir 'n heerlike program waaraan soliste Leana Lötter en Koos van Vuuren, 'n jeugorkes van strykers en fluite, 'n Orff-groep van kinders uit die Gesinsdiens, Petrus Krige met sy blokfluit en die Vinkies Blokfluitgroep van Kobie Colditz deelgeneem het. Dit is afgewissel met hartlike gemeentesang. woord@bergendal wens al sy lesers 'n ware Christusfees toe! Prellerplein? Omstrede ontwikkeling steeds onseker Tien maande ná die oop ruimte op Prellerplein regoorkant Berg-en-Dal se kerkgebou af- geskort en daar met uitgrawings en bouwerk begin is, is inwoners van Dan Pienaar steeds in die duister oor wat hulle hier te wagte kan wees. In Maart 2004 het die eerste tekens van 'n ontwikkeling op die bekende oop erf langs die sirkel in Dan Pienaar, verskyn: drie kennis- gewingborde wat 'n “Preller Walk”-winkel- sentrum aankondig, “developing soon”. Ver- skeie vergaderings van onthutste inwoners het gevolg. Verteenwoordigers van die ontwikke- laar, mnr. Andrew Scholtz, het die resultate van hul omgewingsimpakstudie en 'n verkeers- verslag in Berg-en-Dal se kerksaal aan inwoners voorgelê. Dit was eers in April 2006 dat die Dorperaad 'n aansoek om hierdie erf van 'n “openbare park” na 'n “spesiale ruimte vir publieke gebruik” te hersoneer, aangehoor het. Vooraf het dit bekend geword dat die Stadsraad die grond teen R 300 p/m 2 minus 85% afslag aan die ontwikkelaar verkoop het. Daar was vrae in die Stadsraad waarom 'n sagte ontwikkeling met groen areas tussenin wat vroeër deur 'n ander ontwikkelaar en inwoner van Dan Pienaar voorgelê is - iets Vervolg op bl 4

description

kwartaalblad

Transcript of berg-en-dal kwartaalblad

Page 1: berg-en-dal kwartaalblad

woord@bergendalkwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal

posbus 28048, danhof 9310 <[email protected]>

jaargang 4 no 3 Desember 2008

“Op berge en in dale - soli Deo gloria”

Vervolg op bl 2

BINNE

• Opwindende jaar wag- Jan Lubbe -

Bekendes groet . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .3Eredienste voller . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5Marumo presteer . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6God en geskiedenis . . . . . . . . . . . . . . . . .9Christen en ekonomie . . . . . . . . . . . . . .11Camisardskamp . . . . . . . . . . . . . . . . . . .14

Suiwer verkondiging van die Woord van God.Die vestiging en uitlewing van 'n gereformeerd-Christelike identiteit. Verdieping in die uitreikna mekaar en betrokkenheid by die gemeente-like lewe. 'n Sterker fokus op jongmense en die20/30-generasie. Uitreiking na 'n breëregemeenskap, spesifiek in noodverligting. Dít isdie vyf prioriteite wat deur die kerkraadgeïdentifiseer is met die oog op Berg-en-Dal sepad vorentoe.

In Junie vanjaar het die kerkraad 'n strategiesewerkskomitee onder voorsitterskap van ouder-ling Kalie Strydom aangewys om leiding teneem in 'n gesprek oor die toekoms van Berg-en-Dal. Daar is gekyk na die geskiedenis enkarakter van die gemeente deur die afgelopevyf dekades. Verder is 'n profiel van diegemeente geteken: dat Berg-en-Dal tans 1 265lidmate het, waarvan 279 jonger as sestien jaaroud is (dit wil sê: 22% dooplidmate). 'n Kwartvan die gemeente se lidmate is ouer as 60 jaar.Sedert die vorige strategiese opname in 2003,het die lidmaattal met 14% gegroei. Terwyl40% van inwoners binne die tradisionelegrense van Dan Pienaar by Berg-en-Dalinskakel, woon 424 lidmate buite die grensevan die gemeente (dit is 34% van dielidmaattal) - van plase op die Bultfontein- enDewetsdorppaaie tot kleinhoewes in Bloem-spruit en Bainsvlei. Daar is ook 'n merkbaregroei in erediensbywoning (sien berig opbladsy 5). In die eerste nege maande vanjaar,het gemiddeld 38% van lidmate maandeliks 'ndankoffer gegee. Die Spesiale Dankoffer vanMeimaand het die begrote bedrag met meer as13% oorskrei en 'n bedrag van R 253 000,00opgelewer - die hoogste ooit.

Die kerkraad het ook dieper as net die uiterlikegekyk. Sterkpunte is raakgesien: suiwerWoordverkondiging en 'n gereformeerdeliturgie; kundigheid onder lidmate en personeel;goeie strukture om kinders en jongmense tebedien; by die ouer generasie het die ge-meente 'n positiewe beeld; goeie infrastruktuur,

Betlehems Ster, o Wonderlig... Drie van die engele met hul sterre, onderweg na die Kerssangdiens vanSondagaand, 23 November. In 'n vol kerkgebou, het Berg-en-Dallers van alle generasies weer die geliefdeKersverhaal deur voorlesings en musiek in herinnering geroep. Orrelis Johan Cromhout het gesorg vir 'nheerlike program waaraan soliste Leana Lötter en Koos van Vuuren, 'n jeugorkes van strykers en fluite, 'nOrff-groep van kinders uit die Gesinsdiens, Petrus Krige met sy blokfluit en die Vinkies Blokfluitgroep vanKobie Colditz deelgeneem het. Dit is afgewissel met hartlike gemeentesang. woord@bergendal wens alsy lesers 'n ware Christusfees toe!

Prellerplein?• Omstrede ontwikkeling steeds onseker

Tien maande ná die oop ruimte op Prellerpleinregoorkant Berg-en-Dal se kerkgebou af-geskort en daar met uitgrawings en bouwerkbegin is, is inwoners van Dan Pienaar steeds indie duister oor wat hulle hier te wagte kanwees.

In Maart 2004 het die eerste tekens van 'nontwikkeling op die bekende oop erf langs diesirkel in Dan Pienaar, verskyn: drie kennis-gewingborde wat 'n “Preller Walk”-winkel-sentrum aankondig, “developing soon”. Ver-skeie vergaderings van onthutste inwoners hetgevolg. Verteenwoordigers van die ontwikke-laar, mnr. Andrew Scholtz, het die resultate vanhul omgewingsimpakstudie en 'n verkeers-verslag in Berg-en-Dal se kerksaal aaninwoners voorgelê. Dit was eers in April 2006dat die Dorperaad 'n aansoek om hierdie erfvan 'n “openbare park” na 'n “spesiale ruimte

vir publieke gebruik” te hersoneer, aangehoorhet. Vooraf het dit bekend geword dat dieStadsraad die grond teen R 300 p/m2 minus85% afslag aan die ontwikkelaar verkoop het.Daar was vrae in die Stadsraad waarom 'nsagte ontwikkeling met groen areas tusseninwat vroeër deur 'n ander ontwikkelaar eninwoner van Dan Pienaar voorgelê is - iets

Vervolg op bl 4

Page 2: berg-en-dal kwartaalblad

2 woord@bergendal

Berg-en-Dal Brokkies• Week van Gebed: Die jaarlikse Week van

Gebed vind volgende jaar in die laaste weekvan Januarie plaas, vanaf Sondagaand, 25Januarie. Lidmate word opgeroep om die nuwejaar op die regte manier te begin: in gebed byons Vader. Ds. Terblanche sal die dienste lei,terwyl ds. Lubbe versoek is om die Week vanGebed van vier Kroonstadse gemeentes tegaan lei.

• Besoek uit Marokko: Ds. LouwrensScheepers, leraar van 'n internasionalegemeente in Marokko, besoek Suid-Afrika virdie Kersvakansie saam met sy gesin. Hy gaandie oggenddiens van 18 Januarie in Berg-en-Dal lei, asook met die toerusting van onskategete help. Ds. Scheepers en sy vrou,Gerda, was lank betrokke by die Kinder-evangelisasie-sentrum in Witrivier.

• Wyke help by Bloemshelter: Berg-en-Dal seBarmhartigheidsbediening het vanjaar virVrydagaande se etes by Bloemshelter gesorg.Hier ontvang ongeveer 20 hawelose mans teen'n minimale fooi van R 10,00 per nag onderdak,etes en geestelike versorging. Die las het egterte veel vir 'n klein bedieningsbestuur soosBarmhartigheid en diaken Cas Harris geword,en het die kerkraad besluit om volgende jaarelke wyk te versoek om vir één Vrydagaand tehelp. Hierdie beurte is alreeds op die almanakaangedui en die wykskomitees sal in elke wykdie reëlings tref. Die Camisards gaan ook virtwee Vrydagaande instaan - ons helegemeente gaan dus by noodverligting in onsstad betrokke raak.

• Tee en toebroodjies by Nasionaal: Een vanons gemeente se mooiste omgee-aksies is dietee en toebroodjies wat een maal per maand byNasionale Hospitaal se Onkologie-kliniekverskaf word. Hier ontvang kankerpasiënte uitdie hele provinsie en selfs verder, hul onder-soeke en behandeling - mense wat in baiemoeilike omstandighede leef. Volgende jaar wilons ook bemoedigende geestelike literatuuraan hierdie pasiënte voorsien. Louise Pretoriusen 'n span vrywilligers het vir die afgelope paarjaar hiervoor ingestaan, maar nou kort ons 'nopvolger vir haar as koördineerder. Lidmatewat kan help, word versoek om met diekerkkantoor te skakel - kan ook 'n man wees!

• Benut hoë rentekoers! Die kerkraad het opaanbeveling van sy Geldsakekomitee besluitom 'n bedrag van R 600 000,00 uit dieInstandhoudings- en Pastoriefonds vir 'n jaar-termyn vas te belê. Die geld in die Instand-houdingsfonds word vir noodsaaklike werkeaan die kerkgebou (sien berig elders) enpastorie in Lady Smithstraat aangewend, en is'n fonds wat in die tagtigerjare tot stand gekomhet. Die opbrengs uit die Pastoriefonds word virdie huissubsidie van die tweede leraar gebruik.Ons gemeente het in die afgelope jaar 'n rente-opbrengs van nagenoeg R 80 000,00 uithierdie fondse behaal.

geboue en fasiliteite; en 'n gunstige finansiëleposisie en gesonde bestuur. As geleenthede indie omgewing wat benut kan word, is dietoeganklike ligging by die sirkel in die hart vanDan Pienaar uitgewys, asook goeie gesind-hede in die plaaslike gemeenskap; 'n her-ontdekking van egte Christelike waardes in 'nland met vele morele- en godsdienstigeoortuigings; en groeiende blootstelling aannood in omliggende gemeenskappe. Maar diekerkraad is besorg oor 'n tydsgees vanonbetrokkenheid, belangeloosheid en ge-jaagdheid; 'n gebrek aan vrywilligers; onom-keerbare demografiese tendense; 'n onvermoëom nuwe lidmate op 'n langer termyn in teskakel; oor onderlinge meelewing en 'n uitreikna mekaar wat dikwels ontbreek; en ooronvoldoende ontwikkeling van kwaliteitgeestelike leierskap.

Dit is hier dat die kerkraad die andersoortig-heid van die Kerk van Christus erken.Enersyds: dat sy Kerk 'n geestelike liggaam is,waarna die Bybel verwys as sout vir die aardeen lig vir die wêreld (Mat. 5), kudde van dieHere (Joh. 10), lote van die Wingerdstok (Joh.15), die uitverkore volk van God (Hand. 15),geroepenes deur God (Rom 8), saailand entempel van die lewende God (1 Kor. 3), bruidvan Christus (2 Kor. 11), sy Liggaam (Ef. 1) en'n koninklike priesterdom (1 Pet. 2). Oor húllebeaam ons belydenisskrifte: dit is diegene watwaarlik in Christus glo en hul saligheid vanHóm verwag; geheilig word deur sy Gees enwat die vrugte daarvan dra; wat God en hulnaaste van harte liefhet; en wat geregtigheidnajaag en na Sy wil soek - en dít nie netSondae nie, maar veral in die week in al hullewensverbande: as huweliksmaats, huis-gesinne, kollegas, skoliere, vriende en sport-liefhebbers! Terselfdertyd: die Kerk vanChristus kom ook in 'n aardse gestalte na vore,georganiseerd en konkreet soos hier in Berg-en-Dal. In eredienste, by doopvont ennagmaalstafel, in Bybelstudies en jeugaksies,in vergaderings en uitreike. Vandaar dieoortuiging wat weereens as visie deur die

kerkraad uitgespreek is: “Op berge en in dale -oral voor Gods aangesig”. Hiermee bely onsdat God alomteenwoordig is - in goeie enslegte tye; in ons binnekamer én op diemarkplein - en dat Sy eer altyd en orals gesoekmoet word.

Met die oog hierop het die kerkraad diegenoemde vyf strategiese prioriteite goed-gekeur. Daar is tewens ook gestel dat tweeondersteunende prioriteite aandag moet kry:volhoubare finansiële beplanning en goeiebestuur. Die onderskeie bedieningsgroepe hetalreeds oor aksiestappe besin om dieprioriteite in werking te stel en in die begrotingvir 2009 te verreken. Gedagtig aan die feit datdit ook die 500ste geboortejaar van JohannesCalvyn sal wees, het die samestellers van dienuwe almanak dié Hervormer se lewensleusevir 2009 opgeneem: “Op berge en in dale - soliDeo gloria!” Aan God die eer. Berg-en-Dallerskan uitsien na 'n interessante jaar waarin onsas gemeente opgebou gaan word in onsChristelike geloof, kennis van die Bybel, liefdeonder mekaar en dienslewering na buite.

Vervolg van bl 1

Nuwe span. By die laaste kerkraadsvergadering is 'n nuwe span leiers in die kerkraad en bedieningeaangewys, waaronder Kalie Strydom (voorsitter Bestuursraad), Petro van Pletzen (voorsitter

Jeugbediening), Victor Reitz (leierouderling) en Cas Harris (leierdiaken).

By die Werkersklas se afsluiting het Maria, Martha,Jeanett, Marie, Elsie, Anna en Cecile trots hulhandwerk vertoon. Daar was ook hartseer: ná 23jaar as huishulp by Zandra Neuhoff, tree MariaMatekane (foto onder) nou af en het sy van dieWerkersklas afskeidgeneem.

Trots op handwerk

Page 3: berg-en-dal kwartaalblad

'n Lente se wag

woord@bergendal 3

Twee bekendes groet ná 65 jaar in kerkrade!- Elise Ferreira -

Dink aan Berg-en-Dal, en die name van tweekerkraadslede kom by jou op: Ouderlinge GertTerblanche en Hans Koorts. Sondagoggendevroeg was hulle van die eerstes in die konsi-storie. Deur die week op hul pos in vele ver-gaderings op die kerkterrein. Op 23 Novembervanjaar het hulle die tuig neergelê ná 'ngesamentlike tydperk van 65 jaar as kerk-raadslede! Wie “Oom Gert” en “Oom Hans”,soos almal hulle noem, se spore hier in Berg-en-Dal soek, kan maar die “Gedenkboek” van2006 van voor tot agter deurblaai - dit is ookhúlle verhaal.

Hans en Marianne Koorts het in 1959 in DanPienaar kom vestig en 'n jaar later is hy asdiaken gekies. Vyf jaar later het hy ouderlinggeword - 'n amp waarin hy Berg-en-Dal virbykans vier dekades sou dien, onder andereas voorsitter van Eiendomme. Hy was betrokkeby die ontwerp en oprigting van die kerksaal,kategesekamers, kerkkantoor, afdak engedenkmuur; hy het dr. Zeeman ondersteun in

die loodsing van Engelse eredienste en diestigting van die Andrew Murray-gemeente; hyhet hom beywer vir die verskuiwing van dieSothodienste uit 'n garage na die kerksaal; enhy was 'n voorstander vir groter deelname vanlidmate aan die liturgie. In 2003 is hy asleierouderling verkies - altyd op soek nagewilliges om as ouderlinge en diakens invakante wyke te dien!

Gert en Suzie Terblanche het met die stigtingvan Berg-en-Dal in 1956 buite die gemeente-grense gewoon. Hulle was egter op hoogte methoe dit in Berg-en-Dal gaan: Suzie was diesuster van mev. Marie Zeeman, die eersteleraarsvrou van ons gemeente. In Bloemfontein-Noord se kerkraad was hy twaalf jaar lankdiaken, leierdiaken en ouderling - nog met 'nmanelpak! Ná sy aftrede as politikus enambassadeur in Transkei het hy vir tweeperiodes van vyftien jaar in Berg-en-Dal sekerkraad gedien - ook as leierouderling ensedert 2003 as voorsitter van die Bestuurs-

raad. “Dit was 'n voorreg om soveel mooi jaresaam met pragtige Christenmense in diegemeente te kon werk en hul warmte en liefdete kon ervaar”, groet Oom Gert met sy uittrede.“Berg-en-Dal is 'n sieraad in Christus se kerk!Kom ons vat hande vir Jesus se werk!”

woord@bergendal wens hierdie twee ouder-linge 'n aangename rustyd toe!

Ons moes lank wag vir die lentereën. In onsstadstuine, maar veral op die Vrystaatse landskaprondom die stad en selfs in die Oos-Vrystaat waardie Camisards by Holhoek gaan kamp het, was dit'n lang, droë seisoen ná die winter. Ook uit onsbinneste het die verlange opgeklink: “Ek soek naU, o God, my God, ek dors na U... soos in 'n doren droë land, 'n land sonder water” (Ps. 63:2).

Só is die wag langs 'n siekbed. In ons gedagtes isMax en Lorette Williams (Papenfusplek 2), waarsy al vir maande bedlêend is en die aftakeling vandie tentwoning geduldig moes dra. Lorette was 'nbekwame musiekonderwyseres en jarelank bykoorleiding betrokke. By die skryf hiervan het syalreeds in 'n koma gegaan. Ons het saam methaar om verlossing gebid en gun haar die rus.Ons vertrou Max ook aan ons Vader toe virvertroosting en nuwe krag. Tannie Lydia deBruyn (Kmdt. Senekalstr. 30) is ook baie siek; aanhaar sy staan Oom Lourens. Ander lidmate wat indie afgelope kwartaal met langdurige siekte ofswakheid ná 'n operasie moes saamleef, was Pietdu Toit, Kitta van Aswegen, Marieta de Wet, OomBarend Bezuidenhout, Rudi van Niekerk, OomHardie van Rensburg, Tannie Cornelia Radley,Grace de Goede, Oom Vic Smith en BrigitteBotha. Dan was daar die onverwagse “toevalle”van Zandra Neuhoff en Marichen Pieterse. BySiësta het Oom Johan en Tannie Rentia Steytlerse gesondheid verswak; by Aliquando ly OomWalter Raath swaar aan Alzheimers en inBayswater Care is Tannie Albie van der Watt, dr.Gideon se moeder, ook siek. Saam met hierdie

lidmate en hulle geliefdes het ons na die nabyheidvan God verlang.

Daar is ook die waak by 'n sterfbed. Soms is ditkort en klaar. Tannie Moddie Saayman (Siësta) isna enkele dae van verswakking, stil in haar slaapoorlede. By Frank Bock se bed in die IntensieweSorg by Mediclinic was die waak lank envermoeiend. Frank was 'n legende in Berg-en-Dal:jarelank in die kerkraad, later ook as leierdiaken;organiseerder van uitstappies vir die kinders vanOns Kinderhuis; een van die afdakbouers en 'nskreeusnaakse dwerg(ie) in “Sneeuwitjie”; begaaf-de “ballerina” onder Annette Evans se leiding; lidvan een van ons Bybelstudiegroepe. Frank segesondheid het voor die winter begin agteruitgaanen is hy op 26 Oktober ná verskeie operasies indie hospitaal oorlede. Ons innige meegevoel aanEstelle en die familie, veral ook met Marli wat in dieafgelope maand haar matriekeksamen geskryfhet. Ons dink ook aan verskeie ander lidmate vanwie ouers, broers en susters deur die lente heenna die ander lewe oorgestap het.

Laat in die lente het die reën toe gekom. Dit hetweer nuwe lewe en lewenslus gebring. Só wensons dit ook vir die dopelinge van die vierdekwartaal: Shanté van der Walt, Ben en Walt Louw(die Kaapse tweeling kleinseuns van Ben enRetha van Coller), Ethan Swanepoel, Lasya Buysen Cherise van Eeden (Wepener, kleindogter vanPieter en Vivienne Lombard). Gelukwense ookaan jong Berg-en-Dallers wat getroud is: Anja duToit met Louis Fourie, Elsie Samuel met BernardHaasbroek en Jan-Loot Pretorius met MariseBruwer. 'n Besondere nuwe lewensjaar - bó 80 -het vir drie handevol bejaardes aangebreek; onsbid hul die seën van die Here toe.

Nuwe lidmate wat hier by ons ingetrek of kominskakel het, was Tannie Hester van Zyl (Siësta);Johan en Brendan Herbst (Oliënhout 17,Kiepersol); Nic, Lynette en Bokka Morrison (PaulRouxstr. 59); Dalene Lemmer (Langenhovenstr.13A); André, Marinda en Duan le Grange (PaulRouxstr. 73), Oom Jan en Tanie Ranie Dykman(Serenitas 170); Irene Olivier (Constantiahof 11);Dicky, Mereen, Moné en Daniella Jordaan(Langenhovenstr. 19); Oom Hennie en TannieRamey Kruger (Shangrila 32); Martie Huebsch(Sewe Damme 90); Frank en Marina van der Spuy(5e Straat); en Pieter, Annette, Lize en NeliaJoubert (Dromedaris 9).

Aan al ons lidmate, oud en jonk, wens ons 'n goeiesomervakansie toe, sonskyn en reën soos nodig,en 'n baie geseënde Kerstyd.

Di. Gert en Jan.

Lorette Williams Frank Bock

Hans Koorts Gert Terblanche

Page 4: berg-en-dal kwartaalblad

4 woord@bergendal

Met die afsluiting van die Kuierklub seprogramme op 12 November, kon daar op 'ninteressante jaar teruggekyk word. Temaswaaroor vanjaar gesels is, het gewissel van dieoerknal tot musiek oor die Skepping, en vangrondwater in Dan Pienaar tot die opkoms vanmoderne China. Die koms van die lente enHanna de Villiers se 90ste verjaarsdag is met 'nontbyt in die Botaniese Tuine gevier. DieKuierklub wat maandeliks byeenkom, het sowatveertig aktiewe lede en bestaan alreeds vyf jaar.Verlede jaar het Jopie Botha die leisels by diestigtersvoorsitter, Pierre le Roux, oorgeneem enword hy bygestaan deur komiteelede PierreVerster (ondervoorsitter), Marietjie de Wet(tesourier) en Zenobia Botha (addisionele lid).Die Kuierklub nooi solank alle Berg-en-Dallerswat tyd en energie het (bó 65...?!) om volgendejaar by hul aktiwiteite te kom inskakel.

Ná vyftig jaar. In die afgelope weke het Berg-en-Dallers om die sirkel, verbaas opgekyk nawerkers in hul rooi oorpakke, hoog op steiers besig om aan die noordelike vensterfront van onskerkgebou te werk. By van ons oudste lidmate sou dit herinneringe aan 1959 oproep, toe hierdievensterfront opgerig is. Berg-en-Dal se kerkgebou is volgende jaar 'n halfeeu oud (ingewy opHemelvaartdag in Mei 1959). Vir die eerste keer is hierdie vensterfront nou in geheel opgeknapen is al die gekleurde ruite weer skoongemaak en vasgesit. Eiendomskomitee beplan verderprojekte om volgende jaar ons Moederskamer en kantooropset te verbeter, asook die inrigting van'n stoorkamer vir insamelings van ons Barmhartigheids- en Getuienisbedieninge en 'n argief in diekonsistorie.

soos Pretty Gardens - nie goedgekeur is nie?Hierop het die destydse burgemeester, mnr.Pappie Mokoena, verduidelik dat die Stads-raad 'n ontwikkeling “in 'n tradisionele witgebied deur 'n swart ontwikkelaar” wil sien; ditgaan om die opheffing van voorheenbenadeelde individue. Besware voor dieDorperaad het gehandel oor die omvang vandie sentrum (destyds 7 450 m2) en dieargitektoniese voorkoms daarvan; die vraagoor of die gemeenskap behoefte het aan só 'ngroot winkelsentrum; hoër eise wat aanmunisipale dienste in die omgewing gestel salword; die toename in verkeersdrukte en gebrekaan parkeerruimte wat alreeds beleef word; dieaanbring van 'n taxi-standplaas; en dieveiligheid van voetgangers, bejaardes in diebuurt en van die meer as 2000 kinders enpersoneel uit die drie aangrensende skole.Hierdie besware is egter deur die Dorperaadvan die hand gewys en die groen lig is aan dieontwikkelaar gegee. 'n Appél teen diebeslissing is toe deur 'n aantal beswaardeinwoners by die hooggeregshof aanhangiggemaak - 'n verhoor wat waarskynlik eersvroeg in 2009 sal plaasvind.

Ná die Dorperaad se beslissing in sy guns, hetdie ontwikkelaar gesê dat hy “met elkebeswaarmaker om 'n tafel gaan sit” om hulprobleme aan te hoor en uit te stryk: “As diekerk bekommerd is oor geraas, is ek bereid om'n laning bome te plant. Ek sal ook vir die skoleveilige aflaaisones bou...” 'n Gesprek het wel

vroeg vanjaar plaasgevind toe mnr. Scholtz dieskoolhoofde van Willem Postma en Sentraalen die leraars van Berg-en-Dal besoek het. Bylaasgenoemde is onderneem om finale bou-planne ”binne dae” gereed te hê en is diekerksaal van Berg-en-Dal beskikbaar gestel vir'n inligtingsvergadering vir die gemeenskap.Dit het tot nog toe nie gebeur nie; daar wasinteendeel 'n poging om bouplanne vanpublieke insae te weerhou.

Deur die afgelope jaar het onsekerheid in DanPienaar toegeneem. Alhoewel aanvanklikgestel is dat slegs voorbereidende grondwerkegedoen sal word, is daar met die bouwerkbegin. Teenstrydige uitsprake oor wat diesentrum werklik gaan behels, het in die mediaverskyn: “dat daar geen duplisering vanwinkels by Prellerplein sal wees nie”, maar óókdat hier 'n “wêreldklas-supermark, restaurante,koffiewinkels, juwelierswinkels en twee bank-groepe” kom - fasiliteite wat alles reeds op dieplein bestaan! In Augustus is berig dat ShopriteCheckers as voorlopige ankerhuurder uit dienuwe kompleks onttrek het, omdat dit nievoldoen aan hul “behoeftes ten opsigte vangerief vir klante” nie. Geen inligting is albekend gemaak oor watter “nasionale groep”die nuwe ankerhuurder sal wees nie. 'nHofaansoek om die bouwerk te stop, het op 27 November in die hooggeregshof gedien enis tot 11 Desember uitgestel. Uit hofstukke blykdat die grond wat vir R 600 000,00 aan dieontwikkelaar verkoop is, intussen vir meer as R 5 miljoen aan 'n ander maatskappy (Aralella)verkoop is; dat daar ingrypende veranderinge

aan die bouplanne aangebring is, veral tenopsigte van toegangsroetes; en dat vraebestaan oor die prosedure wat gevolg is vir diegoedkeuring van dié planne.

Die kerkraad van Berg-en-Dal het vroeër algestel dat die gemeente nie teen ontwikkeling ophierdie erf as sodanig gekant is nie, maar welbesorgd is oor die omvang daarvan en die impakwat dit op verkeer, veiligheid en 'n gesondegemeenskapslewe in die buurt mag hê. Diekerkraad sou graag 'n deursigtige en verant-woordelike hantering van die saak wou sien.

Kuierklub: van Oerknal totSkeppingsmusiek!

- Jopie Botha -

Vervolg van bl 1

Kleintjie Richards en Lenie Fourie

Manie en Elize Spamer

Page 5: berg-en-dal kwartaalblad

woord@bergendal 5

Eredienste in Berg-en-Dal is in die afgelopejaar positief beleef. Dít is die afleiding wat diekerkraad uit die groeiende bywoning vanoggenddienste in 2008, gemaak het.

Statistiek van die gemiddelde erediens-bywoning per Sondag toon 'n styging vanaf385 lidmate in oggenddienste vyf jaar gelede,na 401 in 2008 - dit is 32,5% van die lidmaattalen vergelyk goed met vorige tydperke.Bywoning van aanddienste was ook effensbeter, alhoewel dit steeds net 6,5% van Berg-en-Dallers betrek. Waar in die tyd van dr.Zeeman ongeveer 220 lidmate gereeldaanddienste bygewoon het, het dit teen 1980afgeneem na minder as 120 per aanddiens;vanjaar was dit gemiddeld 79 lidmate perdiens. Die afname wat in die sewentigerjaregekom het, kan toegeskryf word aan die komsvan televisie (1975) en sosio-politieke onseke-rhede ná 1976, wat veral ouer lidmate saanseerder tuis laat bly het - twee faktore wat tanssteeds 'n rol speel. Verder is dit duidelik daterediensbywoning in Berg-en-Dal seisoenaal endeur skoolvakansies geraak word: inFebruarie, Augustus en Oktober is die kerkvoller (bykans 55% van lidmate), terwyl daar inJunie, Julie en Desember baie leë plekke is.Nagmaalsdienste en ander feesgeleenthedeword goed bygewoon: met die orrelinwyding inMaart vanjaar het meer as 1 100 kerkgangersopgedaag; op Pinkstersondag bykans 600.

Die woorde van Dawid in Psalm 84 - “Een dag inu tempel is vir my beter as 'n duisend daarbuite”- druk iets van ons belewenis van eredienste inBerg-en-Dal uit. In 'n komplekse samelewing volgejaagdheid, soek lidmate na begeleiding en 'ngeestelike oase. Hulle het 'n groot behoefte omtot stilstand te kan kom in 'n omgewing waarindaar respek is vir mense, vir die Woord van dieHere en vir Sy teenwoordigheid in hul midde.

Twee aspekte van eredienste in Berg-en-Dalspreek ons aan. Eerstens is daar die inhoud vanen kontinuïteit in die prediking. Die samewerkingtussen ons leraars is opvallend. Reekse preke isopbouend en help lidmate om 'n geheel perspek-

tief op bepaalde Skrifgedeeltes of temas uit dieWoord te kry. Daar is 'n strewe om 'n goeieakademiese inhoud verstaanbaar vir 'n seniorlaerskoolkind aan te bied. Sodoende stimuleerpreke gespreksvoering in gesinsverband ná 'nerediens en verseker dit dat die inhoud deel wordvan lidmate se geestelike mondering en hulleefwyse in die week beïnvloed. Dit is nie omdowe neute dat die sinoniem van “dominee”,“leraar” is nie: dit dui op die besonder belangrikeverantwoordelikheid van die prediking - die uitlegvan die Woord aan lidmate. Berg-en-Dal isgeseënd om twee begaafde en toegewydepredikante te hê wat Sondae deeglik voorbereid

na die kansel kom. Daardeur kry die preekstoeldimensie en relevansie in mense se lewens.

Tweedens is daar die noukeurige uitsoek van 'nryke skat van liedere om by die tema en gees vandie erediens te pas. Interessante annekdotes oorhistoriese figure en die ontstaan van talle van dieliedere maak die sing daarvan 'n besonderebelewenis. Voeg daarby die briljante orrelspel vanJohan Cromhout en van tyd tot tyd anderinstrumente, wat eredienste 'n kosbare ont-moeting tussen die Here en sy kinders maak. Metdie nuwe orrel is Berg-en-Dal besig om 'n al groterrol in die musieklewe van ons stad te speel.

Die “kleinste” aanddiens vanjaar was in diehartjie van die winter, terwyl verlede Sondag-aand se Kerssangdiens deur meer as 460lidmate meegemaak is.

Vir die kerkraad is Sondag se vier eredienstedie hartklop van die bediening in Berg-en-Dal(twee soggens, smiddae Sotho en die aand-diens). Suiwer Woordverkondiging en 'ngereformeerde liturgie is daarom as belangrikeprioriteit vir die toekoms uitgewys. Eredienstemoet 'n relevansie hê vir lidmate wat in 'nsnelveranderende wêreld leef en vir wie dieptein die prediking en liturgie belangrik is.

'n Blitsopname wat by die voorlaaste Gesins-diens in die saal onder 45 ouers dáár gedoenis, bevestig hierdie waarneming. Op die vraagof die Woordverkondiging tydens hierdiedienste die kleuters en kinders tot Graad 4bereik, het 91% van ouers baie positief geant-woord. Op 'n vraag of die Woordverkondigingook hulle as ouers voed, was die reaksie ietwatminder: 87% van ouers het positief gereageer.Die liturgie en musiek in die Gesinsdiensteword goed beleef, alhoewel daar ruimte virverbetering in die sang is. Die praktiese opsetin die saal bevredig ook nie almal nie. 'nBelangrike opmerking van bykans 30% vanhierdie ouers was dat die junior kategese kanverbeter.

In die lig hiervan het die kerkraad 'n aantalbesluite vir volgende jaar geneem: daar gaanelke kwartaal twee gesamentlike eredienste indie kerkgebou wees; temadienste in die aand,toegeken aan die onderskeie bedieninge; en 'naanddiens een maal per maand in diemeditatiewe Taizé-styl waar musiek en sang 'nbelangrike rol gaan speel. Erediensbedieningse bestuur gaan met die beplanning voort.

Die Singtannie groet! Hanlie Gouws, wat vir dielaaste vyf jaar die sang in die Gesinsdienste in diesaal gelei het, “tree uit”. Haar en Chris se jongstespruit, Louis, is volgende jaar in Graad 4, en diehele gesin wil dan die eredienste in die kerkgeboubywoon. Dankie, Hanlie, vir die entoesiasme waar-mee jy die jongspan en Pa's en Ma's laat sing het.

Meer mense kom kerktoe

Kosbare ontmoeting met die Here- Sannette en Jan Greyvenstein -

Page 6: berg-en-dal kwartaalblad

6 woord@bergendal

Sotho teologiese student presteer• Beurs het moeilike omstandighede help verlig

- Elise Ferreira -

Mohau Marumo, die Sotho teologiese studentvan die NG Kerk in Afrika wat vir die afgelopedrie jaar deur Berg-en-Dal ondersteun is, is op18 November as proponent gelegitimeer. Hy hetsy studies met onderskeiding voltooi en wasdeel van 'n groep van elf studente wat diebetrokke Dinsdagaand tot die bediening in dieNG Kerk-familie toegelaat is. Die geleentheidhet heel gepas, op versoek van die Kuratoriumen Teologiese Fakulteit, in Berg-en-Dal sekerkgebou plaasgevind.

Mohau kom uit 'n enkelouergesin. Nadat hydeur die Here geroepe gevoel het om predikantte word, het hy aan die UV kom studeer.Omstandighede was nie maklik: hy het 'n kamerin Rocklands gehuur en moes dikwels die 16 kmna die universiteit loop. Soms het hy tot saansklas gehad en moes hy die terugtog in diedonker aanpak - ten spyte van winterkoue ofhongerpyne. Nooit is hy aangeval of beroof nieen altyd het daar tóg iets te ete gekom. Dáárin,sê Mohau, het hy die Here se sorg beleef. Diestudiebeurs van Berg-en-Dal was dus 'n grootverligting. In die afgelope jaar het Mohau somsdie Sothodiens op Sondagmiddae hier geleiwaarop kerkgangers met besondere waarderinggereageer het. Verder vermeld hy die name vanouderlinge Erna Gouws en haar eggenoot, OomDanny, vir hul ondersteuning. Behalwe die

gewilde African Bible Commentary, het diekerkraad drie standaardwerke in Dogmatiek enPraktiese Teologie as geskenke aan Mohauoorhandig. Hy sou graag later verder studeer,maar vireers wag daar belangrike sake soos 'nhuwelik en die moontlikheid van 'n beroep na 'ngemeente. Daarvoor wil ons hom die seën vandie Here toebid.

“Anonieme klagtes en verdagmakery liefdeloos”- Dave Samuel -

Wanneer Christene mekaar liefhet, weet mensedat hulle dissipels van Christus Jesus self is. Metdié woorde uit Johannes 13, het die ondersoek-kommissie wat in Mei 2007 deur die kerkraadaangestel is, sy bevindinge en verslag afgesluit.Op Sondag, 23 November, is dit aan die gemeenteoorgedra.

Die kommissie - bestaande uit broers Samuel, LeRoux en Schutte - is ná bepaalde gebeure wat totonmin op die kerkterrein gelei het en klaarblykliknie langs 'n broederlike weg opgelos kon word nie,op versoek van 'n groep kerkraadslede en dieleraars deur die kerkraad aangestel. Dit het oor dieonbedagsame en onbroederlike optredes deursommige betrokkenes gegaan, asook oorfoutiewe besluitnemings- en bestuursprosesse.Die kommissie het 'n aantal voorvalle ondersoeken na die beste van sy vermoë die werklike aarden verloop daarvan bepaal. Hierdie bevindinge istydens 'n gesamentlike vergadering aan diebetrokkenes meegedeel en het hul mekaar opgrond daarvan, die hand gegee en onderneem omin Christelike versoening die onmin te begrawe.

Een van die belangrike bevindinge was 'nbeklemtoning van die Kerkorde-bepaling dat 'nkerkraadslid se termyn twee jaar duur en dat hy ofsy dan vir nóg 'n termyn herkiesbaar is, maardaarna ten minste vir een jaar moet rus. Die kerk-raad moet hierdie maatreël strenger toepas teneinde gesonde wisseling en vars insette in diekerkraad te bevorder. Die kommissie het dit ooknodig geag om die gemeente in te lig oor een vandie negatiewe aspekte uit die ondersoek, naamlikgereelde klagtes en verdagmakery deur anoniemegemeentelede teen die kerkraad en leraars. Diekerkraad versoek alle lidmate: neem vrymoedig-heid om te sê waaroor u ongelukkig is, maar doendit openlik in Christelike liefde; daar sal ook inliefde aan u probleem aandag gegee word.Anonieme klagtes en 'n geskinder los niks op nie -dit vererger net sake.

Die kerkraad het sy opregte wens uitgespreek datware onderlinge Christelike liefde voortaansigbaar in Berg-en-Dal uitgeleef sal word. Dank isaan die kommissie betuig vir hul deeglike onder-soek en toewyding om die vrede weer te herstel.

Legitimasie UV Teologiese Fakulteit. Heel gepas wasvanjaar se legitimasie van elf teologiese studente inBerg-en-Dal: onder hulle, ons jeugwerker, Bergh Müller(links agter) en Willem Lubbe, vroeër 'n inwoner vanHuis Eie Haard wat hier belydenis van geloof afgelê het(middel links). Mohau Marumo (regs voor) is 'n beurs-houer van die gemeente. By dié geleentheid is ookafskeid geneem van prof. Hermie van Zyl (voor), uit-tredende dekaan van die fakulteit, met sy opvolger, prof.Francois Tolmie langs hom. Die studente het vanjaar 'nkursus in kerkgeskiedenis in ons Jeugkamer by ds. JanLubbe deurloop.

Menuha -ontmoeting met

God se rus- Franck Hough -

Menuha - die plek van stilword. Dít is waarheen'n dertiental Berg-en-Dallers op 'n reënerigeVrydagmiddag, 21 November, gegaan het omaan die einde van 'n besige jaar, vir 'n wyle totverhaal te kom. Buite, tussen die tipieseVrystaatse koppies, was die grond nat en dieveld alreeds groen, met orals vars waterpoele.Die teks wat saam gelees en oordink is, wasPsalm 90 - 'n gebed van Moses. Deur die leesvan hierdie gebed, kon 'n bewuswording vanWie God werklik is en van sy Andersheid, in

elkeen van ons groei. In die stilte en rus van dietwee dae op Menuha, kon daar 'n losmakingvind van wat vanjaar verby is en 'n uitstrek nawat voor is. Daar was die warmte van mensewat na mekaar uitreik soos in die liggaam vanChristus; daar was die kuns en musiek wat diesiel en gees voed; daar was die vernuwing vangeloof en hoop wat deur God aan sy kindersgegee word, net soos wat 'n mens se liggaamdeur die rus verkwik is. Hierdie wonderlikeervaring van Jesus se nabyheid en sorg het tot'n besondere ontmoeting met Hom gelei. Ditwas my ervaring van hoe ek my oë oopgemaakhet en my Heer daar “gesien” het. Hy is dieLewe wat voortgaan; aan Hom behoort die tyd- ook al het ons tydjie by Menuha ten eindegeloop. Die herinneringe en vrede sal onssaam verder dra.

Die groep Berg-en-Dallers wat by Menuha stilte vir diejaareinde gaan opsoek het, was (v.l.n.r.) Louise Pretorius,Elma en Johan Cilliers, Marichen Pieterse, ds. Jan Lubbe,Felicity Borcherds, Claudine Engelbrecht, Franck Hough,Dintjé Kelling, Marlian Schutte, Kowie Wessels en Elise

Ferreira. Foto: Frances Wessels.

Page 7: berg-en-dal kwartaalblad

KERMIS 2008

Page 8: berg-en-dal kwartaalblad

6 woord@bergendalwoord@bergendal

DIE OOP WOORD. . . ADVENT, KERSFEES EN NUWEJAAR: GENADETYD!

“... om die genadejaar van die Here aan tekondig.” (Lukas 4:19).

Genade - dit lees mens telkens in die Bybel,hoor ons baie in die erediens en besig onsgereeld in ons gesprekke. Die gevaar is dathierdie kosbare en “diep” woord glad enoppervlakkig gemaak word deur ons dikwelsonbybelse en onnadenkende hanteringdaarvan - glad gevat, soos 'n muntstuk watdeur 'n ieder en 'n elk hanteer is. Die woord“genade” het soos 'n cliché en stopwoordgeword.

Advent, die vier weke voor Kersfees, enKersdag as die viering van Jesus se geboorte,wil vir ons wys wat die genade van Christuswerklik is. Dit is nie iets soos 'n geskenkie watons ontvang nie, maar 'n Persoon - Jesus Self- wat ons genadig wil wees. Oral en altyd en viralle mense. Daarom kan die genadejaar (diejubeljaar, die hersteljaar, die aangename jaar)net in Hóm vervul word (Luk. 4:21). Genade isGod se guns van verlossing, herstel enbevryding wat Jesus gratis aan sondaarmense

kom gee. Daarvoor is Hy deur die Gees gesalfom uitkoms en 'n nuwe toekoms in die wêreldte bring (vs. 8).

Wat sê ons aan die einde van 2008 en vir 2009en verder? In vers 18 word ons wêreld, onsmense en samelewing wat in nood is: “armes”,gekneusdes en geruïneerdes as gevolg vandie sondeval genoem. Nood, op elke terreinvan die lewe - finansieël, polities, persoonlik.Ook die nood van ons tyd, ons jaar, ons ouwêreldorde hier en nou en in die toekoms. DieRedder, die Groot Hersteller en Geneser (vgl.vs. 22) het gekom!

Die vraag is: hoor ons dit? Sien ons dit raak,glo ons dit, aanvaar ons dit? Vandag en môre?Dit maak van Jesus se koms, die koms vanhoop, vir myself, vir my naaste, vir die wêrelden vir die toekoms. Hy nooi jou en my uit om 'ndraer, 'n voorbeeld en verkondiger van hierdiehoopvolle genadetyd, nuwe orde en nuwelewe te wees!

Ds. Gert Terblanche.

Hartlike groete uit die Noordkaap!

Geliefde broers en susters van Berg-en-Dal:Wat 'n wonderlike voorreg was dit nie om weerin die gemeente besoek te kon aflê met dieafgelope legitimasieplegtigheid van die UVTeologiese Fakulteit by julle nie! Dit is hier - ophierdie kansel - waar ek vir die eerste keer dievoorreg gehad het om die Woord van ons Herete kon verkondig, toe nog as student. Ds. Janen prof. Britz het my daardie dag “gekrit”. Diegemeente Berg-en-Dal lê my baie na aan diehart. Mag ons Heer jul ryklik seën en mag sykoninkryk meer en meer tussen julle kom. InChristus - VDM.

Schalk Basson.

(Ds. Schalk Basson is tans leraar van die NGKerk Kenhardt en is die Noordkaapseverteenwoordiger in die Kuratorium by dieTeologiese Fakulteit. Hy was in 2001 jeug-werker in Berg-en-Dal en ook inwonendepersoneellid by Huis Eie Haard. - Red.)

Dankie susters (en ander) vir die Kombuis...

Na etlike jare se beplanning en talle ver-gaderings, is 'n droom besig om verwerklik teword: die Vrouediens se Kombuisprojek is inOktober op die kerkraadsvergadering goed-gekeur en die werk sal in Desember reeds

begin. Die pad wat die Vrouediens se bestuurmoes loop was lank en by tye frustrerend,maar ons glo die resultaat sal dit die moeitewerd maak.

Om tot hier te kon kom, wil ons opreg dankiesê vir die volgende persone vir hul bydraes: dieleraars en hul gades, argitekte Jannie Witthuhnen Fanie van Jaarsveld, bourekenaar ManiePickard en ingenieur Koos Pretorius, Johannesen Maria Wessels vir hul deurlopende onder-steuning, die koster, skriba en kerkraadslede.Aan elke dame in ons gemeente: jul volgehouemateriële bydraes deur die Dankie Sê-koevertjies oor 'n lang periode het dit moontlikgemaak om nou ons Kombuis op te gradeer.Dit is ook 'n voorreg om met die anderbestuurslede saam te werk: Petro van Pletzen(ondervoorsitter), Marie de Wit (sekretaresse),Rita van Zyl (tesourier), Lettie Kok, NeliaOosthuizen en Heleen Engelbrecht. Julle isstaatmakers.

Ons vra die gemeente se voorbidding vir diesuksesvolle voltooiing van hierdie projek enons gee aan ons Skepper die eer.

Zandra Neuhoff (Voorsitter: Vrouediens).

Is wreedhede en die afsterwe van geliefdesGod se wil? (III)

Die redakteur is van mening dat my vorigeartikel te selektief met aanhalings uit JA Heyns

BRIEWE P

woord@bergendalDesember 2008

Praat mooi en doen reg

Die jaar van ons Heer 2008 nader sy einde.Uiteindelik, wil baie van ons sê. Dit was 'nveeleisende jaar - in ons land en wêreld, in onsbeursies, in ons verhoudinge, in ons gemoed. 'n Jaarvol onvoorsiene wendinge. In die afgelope weke hetdit weerklink: “Change has come to America!” Ennader tuis: “The time has come!” - die oproep waar-mee 'n opposisiegroep uit die regerende partyweggebreek het. In ons eerste artikel vanjaar in hier-die kolom is daar al gestel dat dit nie nou 'n tyd vansinisme òf opportunisme is nie, maar vir mense watmoedig, eerlik en in eenvoud leef.

Dit is daarom met dankbaarheid datwoord@bergendal 'n nuwe gesprek oor morelewaardes in ons samelewing bespeur. 'n Gesprek oordié soort samelewing waarin ons (almal) en (al) onskinders graag in hierdie mooi, geliefde land sou woudeel - wit en swart, bevoorreg en minder bevoorreg.'n Samelewing waarin ons vrede en vryheid magbeleef. Waarin daar - soos wat God se tien woordevir 'n gelukkige lewe die rigting wys - respek is virgesag, respek is vir lewe, vir liefde, vir lewensruimteen lewensmiddele, vir die waarheid. Hierdie gesprekis in die afgelope jaar deur onverwagse politieke- enekonomiese wendinge oopgemaak, soos wat anderberigte in ons blad aantoon. Die monolitiese mags-blok van die ANC het skielik gekraak. In dié verbandis dit opmerklik dat veral een faksie teruggryp na dieVryheidsmanifes wat in 1955 deur die - ja - “Congressof the People” aanvaar is. Die ideale daarin verwoord,onderlê volgens hulle die grondwet van ons land watin die aanloop tot 1994 onderhandel is. Die manifesopen aangrypend: “Suid-Afrika behoort aan almal watdaarin woon, swart en wit.” Destyds het witmense diéwoorde as 'n bedreiging gelees; vandag hoor onsdaarin die stem van redelikheid, van versoening, vannie-rassisme, van gelykheid voor die regbank -boustene van die demokrasie. Die tyd is inderdaad rypdat leiers sal opstaan om aan die hand van morelewaardes soos dié, oor die toekoms van ons land tebesin. Nie gedryf deur oorwegings van wie ken vir wie,wie moet aan wie lojaal wees of wie is wie se vyandnie. Die spreekwoord wat sê “my vyand se vyand is myvriend” spreek van 'n opportunisme wat nie byChristene pas nie. Christene moet hul deur prinsipiëledenke te laat lei - ook in hierdie oop gesprek.

Dít geld nie net vir die nasionale politiek nie, maar ookvir sake hier plaaslik. Op Prellerplein en rondom diesirkel, by ons skole en op ons kerklike werf. Gebeureby die UV vanjaar en in die NG Kerk-familie het diedringendheid van só 'n gesprek onderstreep. Dat onsbyvoorbeeld openhartig sal praat oor die waardes -Skrifwaarhede - in Belhar verwoord, eerder as om tebly stry oor die belydenisstatus daarvan al dan nie. Oorhoe ons hier tussen mekaar en vir ons kindersvorentoe, “eenheid”, “versoening en “geregtigheid”verstaan en wil sien, eerder as oor wie reg en wieverkeerd was. Só 'n gesprek is veral nodig met hullewat juis van jou verskil. En dan - om mnr. MosiuoaLekota aan te haal: “In a debate, don't raise your voice- strengthen your argument.” Nie net in die politiek nie,maar ook in ons eie vergaderinge en komitees, en nétsoveel tussen kerke as tussen familielede tuis.

Mag ons die Kerstyd en nuwe jaar ingaan met mooipraat en reg doen. woord@bergendal wens u almalseën van die Here toe.

Vervolg op bl 9

Page 9: berg-en-dal kwartaalblad

woord@bergendal 9

Die einde van die jaar 2008, roep tweegedenkwaardige datums vir Christene in onsland in herinnering - honderd-en-sewentig jaargelede. Beide het op 'n historiese Sondagafgespeel. Een neem ons na die droë noord-westelike streke van ons land; die ander na diegroen, groen land van Natal. Daar is 'n verbandtussen die twee en ons onthou daarvan bied 'nwaardevolle perspektief vir ons lewe engetuienis vandag.

Op Sondag, 25 November 1838, is 'n Christe-like kerk - die “katedraal van die Kalahari”, soosdit al genoem is - by Kuruman ingewy. Bykans'n dekade lank het Robert Moffat en sy helpershieraan gebou, met klip uit die omgewing, 'nmengsel van rooisand en beesmis vir die vloer,en dakbalke uit die buurt van Marico, toen-tertyd 'n geskenk van Koning Mzilikazi van dieNdebele. Die inwydingsdiens, prediking enliedere wat gesing is, was in Setswana. Moffatse ander groot lewenstaak - die vertaling vandie Bybel in Setswana - was goed op dreef enis in 1857 voltooi, die eerste in Afrika suid vandie Sahara. Hierdie Bybel en Moffat sesendingwerk het 'n geseënde invloed tot diepin Suider-Afrika gehad. Kuruman sou sinoniemword met Christelike onderwys, gesond-heidsorg, arbeidsaamheid en vooruitgang - 'nplek van vrede en versoening.

Iets meer as drie weke later, op Sondag, 16Desember 1838, het 'n militêre veldslag langsdie Ncomerivier in Natal plaasgevind waar dieZulukoning Dingane se mag deur 'n Voor-trekkerkommande onder aanvoering vanAndries Pretorius gebreek is. Meer as 3 000Zulukrygers het gesneuwel. Die Slag vanBloedrivier het in die herinneringe vanAfrikaners 'n godsdienstige betekenis gekry: in

die week vóór 16 Desember het die Voor-trekkers 'n “Gelofte” aan God afgelê om 'n kerktot sy eer te bou en dié dag as “Sabbat” tehuldig, sou Hy aan hulle die oorwinning skenk.Die “Geloftekerk” is in 1839 gebou, maar diedag self is nie wyd deur Voortrekkers herdenknie; selfs Andries Pretorius is in 1840 deurkerkraadslid Sarel Cilliers hieroor aan-gespreek. Teen 1880 egter en in die konteksvan die Transvaalse Vryheidsoorlog teenEngeland, is Bloedrivier en die Gelofte wél in 'n breër verband onthou en toe in 'nnasionalistiese sin vertolk.

Wie vandag terugkyk op die pad waarlangs dieChristendom in Suid-Afrika gevestig geraakhet, sal nie dié twee kerkies kan ignoreer nie:die Moffatkerk in Kuruman (1838) en dieGeloftekerk in Pietermaritzburg (1839). Hullevertel twee verskillende verhale - ten dele selfsonversoenbaar met mekaar. Ná Bloedrivier sounasate van die Voortrekkers na Transvaaluitwyk en daar die wapen teen “Silkaats”opneem - dieselfde Mzilikazi wat die hout virKuruman se kerk geskenk het en 'n grootvriend van Moffat was. En 'n eeu later, in 1952,was dit dieselfde Nasionale Party-regering wat16 Desember amptelik tot “Geloftedag”verklaar én die Groepsgebiedewet geprokla-meer het in gevolge waarvan die skooldeure bydie Moffatsending sou moes sluit en uiteindelikverskuif is.

Dit is daarom gepas dat 16 Desember nou“Versoeningsdag” heet: as Christene vanverskillende herkoms in ons land, is daar veelwaaroor ons mekaar moet vind. In Christus lêdie ware versoening. En in der waarheid gaandie geskiedenis tog om Hóm, sy koninkryk enheerskappy.

God en ons geskiedenis - 170jaar gelede, en vandag

– Jan Lubbe –

‘n Voorstelling in die Voortrekkermonument vanSarel Cilliers tydens die aflegging van die geloftevoor die Slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838.

Robert Moffat

se “Dogmatiek” omgegaan het en sodoendenet één kant van die saak ondersteun. Dieredakteur wys daarop dat Heyns tussen viersoorte besluite in God se raad onderskei,naamlik “veroorsakende”, “ruimteskeppende”,“indiensnemende” en “predestinerende”besluite. In sy uitbreiding hierop, maak hy (dieredakteur) stellings wat wesenlik ooreenstemmet alles wat ek oor Heyns geskryf het. Terwille van hierdie kommentaar, sal ek nou 'nbietjie meer aandag skenk aan wat Heyns oorGod se raadsplan geskryf het.

Heyns noem voorbeelde van sake wat Godvooruit bepaal het, byvoorbeeld die uit-verkiesing, die verbond met Noag en Abrahamen dat Christus aan die Jode uitgelewer souword - ewige besluite deur God, dus voor dietyd. Dit beteken dat die wêreldgeskiedenisooreenkomstig 'n vooropgestelde plan verloop.Maar hierdie besluite is nie die enigste nie; ditsou op 'n determinisme neerkom, iets waarvanHeyns duidelik wegbeweeg. God het besluit,besluit steeds en sal nog altyd besluit. Dus isbesluite wat Hy in die ewigheid agter onsgeneem het, nie staties, onveranderlik nie.God se besluite gee tog ruimte aan die mensom ook sy mag te gebruik. Heyns skryf datGod die mens waarsku teen die misbruik vansy vryheid en dat Hy geen behae of aandeel insy opstand, ongehoorsaamheid, pyn, onreg ofenige sonde het nie - dit gebeur teen sy wil,alhoewel nie buite sy ruimteskeppendebesluite of raad nie. Dus kan ons sê: volgensHeyns het God geen behae of aandeel inmenslike wreedhede of afsterwe van geliefdesnie; dit gebeur teen sy wil.

Die redakteur meen dat die vraag “iswreedhede God se wil?” nie so eenvoudig tebeantwoord is nie. Ons sien uit die paragraafhierbo dat Heyns geen probleem met hierdievraag het nie.

Hans Koorts.

(Brief verkort. Die feit dat Heyns die vraag oorof “wreedhede God se wil is?” uitvoerig in sy“Dogmatiek” behandel, bevestig dat hy terdeëdie probleem van God se verborge wil ingesienhet. Verder: “menslike wreedhede” en die“afsterwe van geliefdes” kan nie op dieselfdelyn gestel word nie - nie almal sterf tog asgevolg van menslike wreedhede nie? Of valdie dood van gelowiges geheel buite die wilvan God? woord@bergendal versoek onsbriefskrywer om tot 'n slotsom oor sy eiestandpunt te kom - anderkant Heyns, Feenstra,Durand of König staan daar boonop nog ookAugustinus, Luther en Calvyn, Barth enBerkouwer! - Red.)

Vervolg van bl 8

Page 10: berg-en-dal kwartaalblad

10 woord@bergendalwoord@bergendal

Die jaar 2008 sal onthou word as 'n jaar waarinBybelvertaling ons oog gevang het: 75 jaar nádie verskyning van die Afrikaanse Bybel (1933)en 600 jaar ná die voltooiing van die eerstevertaling van die Bybel in 'n moderne taal - diévan John Wycliff in 1408. Hierdie vertalings hetteruggegaan na die oorspronklike Hebreeuse-,Griekse en Latynse tekste van die Bybel, en ditis presies dáár dat tussen feit en fiksieonderskei moet word.

Die totstandkoming van die vroegste oor-gelewerde Griekse vertaling van die OuTestament is toegespin in legendes. So vertelene Aristeas in 'n brief dat die Griekse koningvan Egipte, Ptolemaeus II (285-247 v.C.), in diegodsdienstige geskrifte van die Jode belang-gestel het en 'n kopie daarvan vir sywêreldberoemde biblioteek in Alexandrië woubekom. Hy het toe 'n afvaardiging na die hoë-priester Eleasar in Jerusalem gestuur om vir so'n kopie te vra. By ontvangs daarvan, hetPtolemaeus 72 Joodse geleerdes (ses uit elkvan die twaalf stamme van Israel, later afgerondna 70 = “septuagint” in Grieks of LXX in Latyn)na Alexandrië laat kom om die Hebreeus inGrieks te vertaal. 'n Latere weergawe van dielegende lui volgens Philo van Alexandrië, datdie vertalers na 'n eiland geneem is waar hullein aparte vertrekke gewerk het en dit op 'nwonderbaarlike wyse geblyk het dat almalidentiese weergawes van die teks gemaak het -in 72 dae boonop!

Wat is die feite oor die Septuagint?

Dit is redelik seker dat daar vroeg in die 3e eeuv.C. begin is met 'n Griekse vertaling van diePentateug. Nadat Alexander die Grote Egipteonder Masedoniese heerskappy gebring het,het Grieks die spreektaal in die Nabye Oostegeword en het dit die kennis van Hebreeusonder Jode wat buite Judea gewoon het,verdring. Daar het wel onder hierdie Jode, soosbyvoorbeeld in die kosmopolitiese Alexandrië,opvoedkundige- en liturgiese behoeftes geleefwaarvoor die Pentateug nodig was - vandaarhul soeke na 'n vertaling in Grieks. Ander delevan die Ou Testament is oor die volgende tweeeeue deur verskeie geleerdes vertaal, sommigewat egter gladnie opgewasse was vir die taaknie (die vertaling van die die profesie van Jesajawas die swaktste). Mens moet ook onthou datteologiese gedagtes wat op daardie stadiumnog net in Hebreeus bestaan het, nou in 'n“heidense” taal - Grieks - vertaal moes word.Hierdie vertaling (die Septuagint of LXX) is in

die regeringstyd van Ptolemaeus II voltooi enonder die Jode versprei. Dit het die 39 boekevan die Ou Testament én die Joodse apokriewebevat, maar in 'n ander volgorde as in onsBybel. Teen die tyd van Christus se geboortewas dít dus die algemeen-gebruikte teks van dieOu Testament; dit was ook die vertaling watdeur die apostels en skrywers van die NuweTestament gebruik is in húl aanhalings uit dieOu Testament.

Soos dit met vertalings gaan, was daar gouJode wat ontevrede was met die Septuagintomdat hulle dit as te vry beskou het. Pogings isaangewend om die Grieks nader aan dieHebreeuse teks te kry, soos byvoorbeeld dieultra-letterlike vertaling van Aquileia, 'n Christen-Jood, in 130 v.C. Hy het werklik elke Hebreeusewoord en partikel in Grieks oorgesit, met diegevolg dat die betekenis van 'n sin meermale indie slag gebly het. 'n Paar dekades later hettwee beter vertalings van die Hebreeuse teksverskyn - dié van Symmagus en vanTheodosius. Die verskille tussen hierdievertalings het daartoe gelei dat die kerkvaderOrigenes 'n grootskaalse hersiening van dieLXX gedoen het. Sy vertaling word die“Hexapla” genoem omdat dit die verskillendevertalings langs mekaar in ses kolommeweergegee het (hex = 6).

Met die koms van die Romeine het Latyn dievoertaal geword en die plek van Grieksingeneem. Daarmee het ook die behoefte aan 'nLatynse Bybelvertaling ontstaan. Reeds in die

Eerste treë in Bybelvertaling: die Septuagint en Vulgaat– Louise Cilliers –

2e eeu n.C. is gepoog om die Griekse LXX inLatyn te vertaal; die bekendste hiervan dieVetus Latina (“Die Ou Latynse Vertaling”). Dieverskeidenheid van vertalings en die verskyningvan nuwere teologiese werke, het 'n kerklikesinode laat in die 4e eeu onder leiding van PousDamasus II laat besluit om die Vetus Latina tehersien. Hierdie taak is aan die kerkvaderHieronymus opgedra. Hy't besef dat 'n blotehersiening nie gewens is nie en het na dieoorspronklike Hebreeuse- en Aramese teksteteruggegaan. Tydens 'n twee jaar lange soekena rus en vrede in die woestyn, het hy Hebreeusby 'n Christen-Jood geleer, sy kennis van Grieksopgeknap en daarna nóg vyf jaar in Betlehemgaan woon om die Hebreeus behoorlik onderdie knie te kry. In 412 n.C. is sy Latynsevertaling van die Bybel voltooi. Dit sou mettertydas die Versio Vulgata (“die algemeen bekendeweergawe”) bekendstaan, in onderskeiding vandie Vetus Latina. Nie almal was ingenomedaarmee nie, onder andere die kerkvaderAugustinus, wat vanweë sy respek vir die LXXvan mening was dat Hieronymus eerder dít asbronteks vir sy nuwe vertaling moes gebruik.

Nietemin, die Vulgaat is vandag steeds dieoffisiële gesaghebbende Bybel van die Rooms-Katolieke Kerk. Eers in 1609 sou daar pogingsbinne die Katolieke Kerk wees om tot volgendevertalings van die Bybel in Latyn oor te gaan.Teen daardie tyd was daar in Protestantse kerkealreeds verskillende Bybelvertalings in modernevolkstale in gebruik.

Page 11: berg-en-dal kwartaalblad

woord@bergendal 11

Oop Gesprek: Christen en die ekonomieAan die einde van 'n jaar waarin Christene wêreldwyd en ook hier in Suid-Afrika bewus geword het van 'n globale ekonomiesekrisis en die woord “resessie” deel van daaglikse gesprekke geword het, is die vraag uiteraard: hoe behoort ons in die lig van dieSkrif hieroor te oordeel? In sy preek van 16 September oor die agtste gebod, het dr. Gideon van der Watt daarop gewys dat Godse Woord die steel of gewelddadige afvat van iemand anders se lewensruimte en -middele verbied; ook die “steel”, verknegting ofuitbuiting van mense; dat dit oor onregverdige politieke- en ekonomiese sisteme en oor 'n vergrype aan God se skepping deur dieplundering van hulpbronne, gaan. Positief gesien, het hy gesê, roep die agtste gebod Christene op tot selfondersoek oor hulekonomiese verantwoordelikheid, 'n eenvoudiger lewenswyse, 'n profetiese stem hieroor vanuit die kerke en 'n nuwe vertroue inGod se sorg. Dr. Van der Watt se preek het heelwat reaksie ontlok - met name die vraag oor 'n Christelike perspektief op dieekonomiese- en ekologiese rol van gelowiges. woord@bergendal open graag ons kolomme vir hierdie aktuele debat.

God se reënboog of die Mall se kersfeesliggies?- Gideon van der Watt -

Na vanjaar se erge vroeë somerdroogte, hetdie reën toe gekom. In 'n klompie tipiese,woeste donderbuie. Toe die son na een so 'nbui weer kop uitsteek, was dit daar: 'nreënboog, uitgesprek oor die Vrystaatsevlakte. Die reënboog as 'n Christelikesimbool. Biskop Tutu het van 'nreënboognasie gedroom: van eenheid enverskeidenheid, skoonheid en vrolikheid in 'nharmonieuse veelkleurigheid. Wanneer sal dittog waar word in ons land en kerk?Terselfdertyd is die Kersfeesliggies vanjaarvroeg al aangesteek - nog vroeër as anderjare. In al die kleure van die reënboog. Ookdié liggies is 'n simbool: dit lok en maak lus virkoop en verbruik. Dit beloof genot en geriefen geluk. Dit tooi die Mall vir al sy baieverbruikers. Want só wys ons eietydseprofete uit: die Mall het die nuwe sentrum vanons bestaan geword; die katedraal van onsgemeenskapslewe.

Twee kragtige simbole: die reënboog en dieKersfeesliggies. Wat sou die verband wees?Is die een bloot simbool van die ekologie endie ander van die ekonomie? Eén verbandsou wees dat dit hier teen die einde van diejaar al hoe duideliker word dat gevaarligte virsowel die ekologie as die ekonomie brand.Ons beleef 'n krisis wat beide betref, metverreikende gevolge. En dis nie maar 'n wolf-wolf skreeuery nie.

Daar word baie geskryf en gepraat oor diehuidige wêreldwye ekonomiese krisis. Oor dieoorsake en gevolge daarvan en oor manierehoe om ekonomiese groei weer op dreef tekry. Dis 'n heel komplekse saak met baiekante. Dit gaan oor markkragte, ekonomiesestelsels, oor te veel of te min regerings-inmenging, oor manipulering en mag, oor

korrupsie en vergrype, oor gierigheid, skulden spandabelrigheid, oor die al hoe groterwordende gaping tussen ryk en arm. En ditgaan oor die gevolge hiervan wat ons al hoemeer aan ons eie lyf voel: meer skuld, groterwerkloosheid, bankrotskappe, armoede,hongersnood, korrupsie en geweldsmisdaad.Die Kersfeesliggies flikker flouer.

Ook die ekologiese krisis word al hoeduideliker. Die mens se bydrae om skade aante rig, is onmiskenbaar en onomkeerbaar: dieontbossing; die uitputting van natuurlikehulpbronne soos grond en water en anderenergiebronne; die besoedeling van die lug;giftige afvalstowwe wat oral uitgepomp word;die vernietiging van die osoonlaag enklimaatsveranderinge as gevolg daarvan;duisende spesies lewe wat alreeds op aardevernietig is. Daar word bereken dat waar in1989 een spesie van lewe per dag verdwynhet, dit teen 2000 reeds een per uur was! Ditkan tog nie anders as om op 'n vernietigingvan die aarde af te stuur nie? Is die reënboogdus ook besig om sy glans te verloor?

Die belangrike vraag is: wat is die verbandtussen die twee? Kan ekonomiese groeivolhoubaar wees as dit berus op dieonbeheerste verbruik van nie-vervangbarenatuurlike hulpbronne? En veral as net 'nhandjievol skatrykes die bronne vir eie gewintoe-eien? Asof hulle die alleen-eienaars vandie aarde is, die reuse van ons tyd? Hoe kanons hierdie prosesse omdraai en vir die aarderus en herstel bewerk? Die vrae kanvermenigvuldig word. Wat vasstaan, is datdaar 'n direkte verband tussen dieekologiese- en die ekonomiese krisis is.

Het die kerk en Christene 'n bydrae te maak,'n woord te spreek?

Dit kan help om weer die Bybelse betekenisvan die reënboog van Genesis 9 te ontdek.Die reënboog herinner aan die mens severgrype; die mens wat homself as 'n reus, as'n hemelwese beskou (Gen. 6); as eienaarvan die aarde. Daarom die vernietigingsonder om te blik of te bloos. Maar diereënboog herinner ons ook aan die Skepperen Onderhouer van alles; dié Een aan Wie diehele aarde en alles daarop behoort (Ps. 24:1).In nederigheid en afhanklikheid kan ons opHom vertrou. Hy sal sorg. Hy begin weernuut. Om die troon van die Een wat sê: “Kyk,Ek maak alles nuut” (Open. 4:3), is daar 'nreënboog as teken om onsself te herinner aanGod se trou. Met die reënboog herinner Godons ook aan ons verantwoordelikheid teenoormekaar en teenoor die Skepping. Dat ons metdieselfde patos as God, vir mekaarlewensruimte moet skep. Ons is God severteenwoordigers en rentmeesters om syeiendom te bestuur en te versorg. Ons magdit nie vir onsself gryp nie. Dít was die opdragaan Noag in God se verbond met hom.

Dit kan klein begin deur met groterdankbaarheid God se goeie gawes asgeskenk uit sy hand te ontvang en te geniet.Dit kan begin in ons leer leef met grotereenvoud en soberheid, bedagsaam teenoorhulle wat hierdie één lewensruimte met onsdeel. As ons as Christene weer “onder diereënboog” begin leef en nie net in die glansvan die Kersfeesliggies nie, word dit 'nkragtige simbool. Biskop Tutu het eenmaalgesê: die reënboog is God se grootomgeeglimlag oor ons wêreld. Daarmee wensons mekaar 'n geseënde somerkersfees toe.Mag die reënboog in die nuwe jaar weer agterdie onweerswolke uitkom!

Page 12: berg-en-dal kwartaalblad

12 woord@bergendalwoord@bergendal

Dit het mode geword om te praat van “ons moetafskaal”. Ons het dit in ons eie gemeente van diekansel af gehoor in uitsprake soos: “Is dit dannooit genoeg nie?” en “Consumerism plaas teveel druk op ons hulpbronne” en “Met onsluukse, selfsugtige en gulsige lewensstylverbruik ons die aarde se hulpbronne teen so 'ntempo dat daar niks vir ons kinders enkleinkinders sal oorbly nie - ons steel dus eintlikvan ons kleinkinders”! Hierdie boodskap gaanook gepaard met die oortuiging dat onssodoende armoede sal verlig.

Reeds in sy boek “Idols of our time” (1981) praatBob Goudzwaard van 'n “onderhoudsekonomie”- 'n ekonomie wat nie groei nie, maar wat deurmeer arbeidsintensiewe produksiemetodes 'n“omgee-ekonomie” of “genoeg-ekonomie” asideaal koester. Dit sal die druk op hulpbronneverlig, so word gesê. Is dít - “GENOEG” - nieGoudzwaard se eie afgod nie? Ek weet nie of hyof enige van die predikers wat in Berg-en-Dal die“genoeg”-ideologie verkondig hul eie huise,motors, televisie, mikrogolfoonde, selfone ofrekenaars verkoop het of selfs net gestop het omdit aan te koop, op te gradeer of in stand te hounie! Hulle reken (so dink ek), dis eintlik andermense wat nóg meer as hulle het, wat moet

Dr. Gideon van der Watt se opmerkings oorekonomiese groei, gierigheid en die noodsaakom af te skaal, bring die vraag na vore: hoemoet ons as Christene oor die ekonomie enons omgaan met besittings dink? Wat wil GodsWoord daaroor vertel? In die Nuwe Testamentis daar sterk aanduidings oor die verkoop vanbesittings om armoede te bestry. In die OuTestament die voorbeeld van die sabbatsjaar(rus vir die veld en landerye om te herstel), metas onderliggende beginsel: moenie roofboutoepas nie. Of die jubeljaar: 'n herverdeling vangrond om monopolieë aan bande te lê. Maarwat beteken dit in 'n gerekenariseerderobotaanleg - moet die fabrieksband elkesewende jaar afgeskakel word? Sekerlik nie.

Ons is hier op 'n punt waar die twee gestaltesvan Gods Woord saamgelees moet word: dieSkrifgeworde Woord én die Skeppingswoord,beide met norme vir 'n mens se ekonomiesehandelinge. Ek kan nie ontsnap aan die indrukdat Christene weens 'n verskraling van dieKoninkryk tot hul geloofslewe in 'n institutêrekerk, ekonomiese besinning aan moderneongeloof oorlaat. Waar Christene wélbesinnend daaroor skryf (nie fundamentalisties

teks-uit-verbandrukkend nie), word groei enwelvaart dikwels afgewys. Ja, daar is 'nmagdom uitwasse wat na vore kom ingulsigheid (monopolie-vorming), oneerlikheid(Enron se finansiële koorddansery) engierigheid (individuele huishoudings watonverantwoordelik skuld aangaan), maar groeiis inderdaad 'n kernaspek van die ekonomieseterrein. Dit gaan nie bloot om 'n verant-woordelike omgaan met skaarshede nie; ditgaan oor hoe gewoeker kan word met skaarsèn minder skaars middele om waarde toe tevoeg. Vooruitgang en welvaart is nie vloek-woorde nie!

Waar laat dit ons met armoede? DieSkrifwoord vertel dit sal altyd daar wees. Dr.Van der Watt is nie reg as hy stel dat armoedetoeneem nie - sedert die Nywerheidsrevolusiehet mense wat in algemene armoede leef,persentasiegewys sterk afgeneem. Daar isgolwe van stagnasie of afname, maar dielangtermyn-tendens is onteenseglik eenwaarin armoede teruggedruk word. En watdruk dit terug? Ekonomiese groei - groei is diegety wat alle bote lig! Beteken dit ons moetgroei ongekwalifiseerd omhels? Natuurlik nie,

want groei kan geskied op uitbuitende maniere(van mens en omgewing). As dít ons teen groeikeer, wat dan van stagnasie en negatiewegroei? Kyk na Zimbabwe: ekonomieseineenstorting vind ook op mens- en omge-wingsonterende maniere plaas! En as groeiwelvaartsklowe in 'n samelewing laat toe-neem? Suid-Afrika is volgens die Gini-koëffisient saam met Brasilië gelys as van diemees ongelyke samelewings in die wêreld.Apartheidskapitalisme is aangevoer as redehiervoor. In my ontwikkelingswerk in Lesothohet ek egter in landelike gebiede na diewelvaartsgaping gekyk soos blyk uit die besitvan beeste en skape - en dit is nét so skeef asin Suid-Afrika! Groei is dus nie die enigste redevir sulke wanbalanse nie.

Dr. Gideon se waarskuwing oor die oor-benutting van hulpbronne en die gepaard-gaande roep om afskaling, verdien verdereaandag. Daaroor volgende keer meer. Onsmoet inderdaad in hierdie krisis vra na wat dieWoord (en dit is nie die Skrif alleen nie!) vanons verg. Dit is 'n uitdagende debat.

Skaal ons óp of àf?- Jan Buter -

Ekonomiese groei: die gety wat alle bote lig- Johannes Wessels -

afskaal! Dit klink goed op die oor en selfsmensliewend: “Leef sober, moenie altyd meer wilhê nie, hou op om selfsugtig te wees, bewaarons hulpbronne, wees tevrede met minder...”Maar dis meestal net die wêreld se rykes wathiervoor voorspraak doen. Berg-en-Dal segemiddelde lidmaat val (wat rykdom betref)sekerlik in die boonste 5% van die wêreld-bevolking. Ons is dus deel van die rykes enalmal skuldig aan “consumerism”. Die gevaar isegter dat ons vanuit hierdie luukse ivoortoringsafskaling predik sonder om oor die gevolgedaarvan te dink. Die armes kan mos nie afskaalnie?

Die grondgedagte agter die afskalings-evangelieis dat daar dan meer beskikbaar sal wees vir diearmes. Gebeur dit outomaties? Enkele voor-beelde van “effektiewe” afskaling in die onlangsetyd illustreer die teendeel:

• Mugabe het Zimbabwiërs deeglik laatafskaal (sonder om dit natuurlik sélf tedoen!) en moet in terme van hierdie“genoeg”-ideologie as 'n voorbeeld vir dieres van die wêreld dien!

• Baie van ons munisipaliteite het dieinstandhouding van paaie, rioolskemas en

watervoorsieningstelsels afgeskaal. Ervaariemand dit werklik as vordering?

• Eskom het sy onderhoud en die bou vannuwe kapasiteit afgeskaal. Terwyl kersligmeer romanties is en 'n rustiger atmosfeerskep, word niemand se lot deur onselektriseteitstekorte verbeter nie.

• Die huidige kredietkrisis in die wêreld, het“consumerism” 'n harde hou gegee, maardie afskaling in verbuik het werkloosheid enarmoede skrikwekkend laat toeneem.

Moet ons as Christene nou hieroor juig? Nee,ons moet begin opskaal, sonder skuld, sodatwerksgeleenthede geskep kan word vir minder-bevoorregtes. Ons moet 'n voorbeeld wees omaltyd 'n surplus te produseer, sodat ons barm-hartigheid aan die armes kan bewys. 'n Christenmoet altyd meer produseer as wat hy selfverbruik, sodat hy sy naaste kan help. Ons moetalles in ons vermoë doen om toestande watarmoede veroorsaak, uit te skakel. Met 'n“genoeg-ekonomie” is daar nooit 'n surplus ofhoop vir die armes nie. Dit hou inteendeel dierykes ryk en die armes permanent in 'n uitsiglosearmoede en ellende. 'n ”Genoeg-ekonomie” is 'nselfsugtige ekonomie!

Page 13: berg-en-dal kwartaalblad

woord@bergendal 13

Die heerlike skoolvakansie aan die einde van'n jaar, bied die ideale kans om weer aan onsverhoudinge in die gesin te bou ná 'nveeleisende jaar.

Elke gesin het 'n eie identiteit: uniekegewoontes, optredes, sêgoed en gesind-hede. Hierdie identiteit word ook beïnvloeddeur die verskillende individue - hul tempera-mente, behoeftes en ontwikkelingsfase. Die“trick” is om 'n balans te vind en daarvoor isbegrip en geduld nodig. In dié proses komgesinswaardes ter sprake: daardie kompaswaarvolgens binne en buite die gesin geleefword. Sulke waardes gee aan kinders 'ngevoel van geborgenheid en standvastig-heid, veral wanneer hulle met ander sieningsbuite die gesin te doen kry of ondergroepsdruk kom. Laat hulle met vrymoedig-heid terugkeer huistoe, waar “ons as gesindinge só of só doen...”

Gebruik dus die vakansie vir:

• Gesinstyd: “The family that playstogether, stays together.” Plaas die klemop aktiewe betrokkenheid van almal:gaan stap saam, speel met 'n bal, pakdie bordspeletjies weer uit. Hou saamhuisgodsdiens: lees die Bybel en geselsoor die betekenis daarvan; gee elkeen'n kans om te bid.

• Een-tot-een-tyd: Elke kind soekindividuele aandag; tyd vir hom of haarsaam met pa of ma alleen. Dit kan kortwees, maar gereeld en wees onvoor-skriftelik oor die inhoud of aard daarvan.Fokus op dit waarin jou kind belangstel.

• Grootmenstyd: Daar is 'n goeie redewaarom twee mense in 'n huwelik,“huweliksmaats” genoem word -vriende, vertrouelinge, buddies. Skep 'nkans om mekaar weer te ontdek; doendie hele ding van 'n “date”: die uitvra,mooi aantrek, parfuum, grootmens-restaurant, wyn, gesels, kerse, die kykin die oë - alles. Beide moet bou aan julhuwelik. Gesels oor God se wil vir jullewe saam. Bid vir mekaar.

(Ine de Vries, sielkundige en ma van twee, leions Gesinsgesprekke een Sondag permaand in die saal).

Vakansietyd: Bou

verhoudinge- Iné de Vries -

Ons het “ja” gesê!

Hervormingsnaweek, 25 Oktober, was weer tyd vir die belydenis-aflegging van ons katkisante. Vanjaar segroep was (agter, van links na regs): ds. Jan Lubbe, Zaku Boonzaaier, Claude Pretorius, Sollie Ferreira,

oudl. Pieter Greyling, Armand Botha, Willem-Herman Liebenberg, Gustav Carshagen, Leon du Plessis enPieter Kotzé. Middel: Daniël Hoffman, Natasha van Lill, Lauren Raath, Gené van Lingen, Carina

Badenhorst, Anja de Swardt, Wilmari Nel en ds. Gert Terblanche. Voor: Christine du Plessis, ElaineJacobs en Pulani Pickard.

Kategese klaar...Sondag, 16 November, het Berg-en-Dal sejunior- en senior kategese afgesluit - 'n dag vanvrolikheid, dankie-sê en groet. By dié geleent-hede kry alle katkisante 'n kleurvolle sertifikaat ofboekmerk met een van ons kanselklede asmotief daarop. Daar was 210 dooplidmate in onskatkisasiegroepe, van voorskoolse kleuters totdie finalejaars wat belydenis van hul geloofafgelê het. In totaal het Berg-en-Dal 274 doop-lidmate, waarvan 101 buite ons tradisionelegemeentegrense woon (= 35%). Saam met dieleraars, het 23 lidmate as kategete gehelp, onderhulle ook vier matrieks. Baie dankie aan elkeenwat met die verbondsonderrig van ons kindersgehelp het; dankie ook aan ons twee bekwamesekretarisse, Maria Wessels en Marthina van Zyl.

Page 14: berg-en-dal kwartaalblad

14 woord@bergendalwoord@bergendal

Ek het aan die begin van die jaar gehoor dat mybeste vriendin dalk na Australië gaan verhuis.Eers het ek gesê: dit kan nie gebeur nie. Nou,aan die einde van die jaar, is dit tyd vir afskeid.Liezel Nel en haar sussie, Esmeralda, verhuisop 9 Desember na Perth, Australië. Hul ouerswoon alreeds sedert Junie daar in 'n pragtigehuis. Esmeralda voltooi vanjaar haarskoolloopbaan hier aan Sentraal en gaan in2009 mode-ontwerp in Perth studeer. Liezel ismal oor perdry en in daardie omgewing is daar'n groot perdryskool. Albei se toekoms lyk dusblink en daar wag wonderlike geleenthede ophulle. Albei was ook lidmate van Berg-en-Dal endie Sondagskool en Camisards hier gaan vir myleeg voel sonder Liezel! Ek kan nie help om te

Jongbriewe- Adriana de Vries -

'n Jaar van vreugde naby God• Camisards 2008 besig en leersaam

- Danielle Gouws -

wonder waarom God my beste vriendin van mywegneem en waarom hulle nie maar hier kongebly het nie? Die Nel-sussies was vir my soosfamilie en ek sal hulle ongelooflik mis - dis ookhoe almal in ons vriendekring voel wat hierdie

twee onvergeetlike, “great” en liefdevollemense leer ken het. Ek weet dat God 'n“amazing” plan vir hulle lewens het en dat onsnie selfsugtig moet wees om hulle hier te wilhou nie. Mag hulle baie gelukkig wees!

Aan die einde van die sewentiende eeu wasdaar 'n groep van ongeveer 2 500 jongmensewat in Frankryk geveg het vir die reg om God invryheid te mag aanbid. Hulle leier was JeanCavalier en hulle was bekend vir die langmou-hemde met wit kruise daarop, wat hulle gedrahet. Ongeveer drie eeue later het daar weer so'n groep tot stand gekom, dié keer in die NGKerk Berg-en-Dal in Bloemfontein. Onderleiding van ds. Jan Lubbe leer hul elke kwartaalmeer van God se Woord en van geloof in Hom.Vanjaar was geen uitsondering.

Elke uitstappie het iets uniek gebied. Van diebesoek aan die Bloemfonteinse Huis vanGebed tydens Pinkster tot die vreemdheid vandie Joodse Sinagoge en die andersheid van dieCRC. By die sinagoge in Dickie Clarkestraat isons deur mnr. Rosen ontvang, 'n dienende“ouderling” daar. Hy't ons rondgewys en dieagtergrond van Judaïsme geskets. Hulle het 'nbaie groot respek vir die Skrifte. Dit was vir onsvreemd dat mans en vroue apart sit tydensdienste. Iets wat almal geïnteresseer het, wasdie reinigingsbad. Op 'n ander Sondagaand wasons na die CRC - 'n “plaaslike gemeente” vandie Rhema Kerk in Randburg wat gestig is deur'n voormalige wêreldkampioen liggaamsbouer,

Ray McCauley. Ons is begroet deur die musiekvan die “band” en die gemeente was besig met“praise en worship”. Die informele trant van diediens was 'n nuwe ervaring, maar nietemingenotvol. Pastoor At Boshoff se preek het onsmeer geleer van die grense wat 'n mens in joulewe moet hê en elkeen kon iets persoonlikdaaruit put. Die verrassings wat ons hongermae ná byeenkomste ingewag het, moet nievergeet word nie! Gepraat van honger mae: dieoorhandiging van komberse aan minder-bevoorregtes, die pannekoek-aand na Bloem-shelter en die safari-ete by verskillende huise indie gemeente was beslis hoogtepunte!

Die een uitstappie wat al die ander oortref, wasdie Septemberkamp by Holhoek in die Oos-Vrystaat. Elkeen van ons 34 kon heeltemal opsy eie stilword met God en sy Woord. En op diestaproete teen angswekkende hoë leertjies teendie kranse op, sy of haar vrese oorkom! Dietema vanjaar was “'n Lewe naby God”, en ditkan in agt punte saamgevat word:

• die geheim van 'n lewe naby God (geloof);• die vreemdheid van 'n lewe naby God (hoe

nader aan God, hoe meer respek vir Hom);• die egtheid van 'n persoonlike verhouding

met God;

• die kenmerke van iemand wat by God leef;• die praktiese waarde van 'n lewe naby

God;• ons verlange en dors na God; en • dat 'n lewe naby God vir almal bedoel is.

Hierdie jaar was 'n vreugde vir elkeen wat deelkon wees van die Camisards. Dit gee ons hoopvir die wêreld daarbuite, riglyne waarvolgensons kan lewe en raad oor hoe om die aanslaevan die duiwel af te weer. Ons sal Romeine12:11 onthou: “Verbly julle in die hoop, staan vasin die verdrukking, volhard in gebed”. Ons nooialle tieners uit om volgende jaar saam te kom!

Esmeralda Nel en Rina Schutte

Liezel Nel en Suzani Steyn

Uitsig oor die skepping. Armand Badenhorst enander Camisards rus op hul staproete.

Page 15: berg-en-dal kwartaalblad

HOLHOEK 2008

Page 16: berg-en-dal kwartaalblad

16 woord@bergendalwoord@bergendal

Hokaai, vrinne!

Met die oujaar oppi punt om in voormaligheidte verdwyn, vang onse redakteur se agterbladmet gepaardgaande feesgroete julle ok netbetyds! Hier uit ons Muise se opgegradeerdeuitkykpunt, sien die uwe hoe staan jul karre algepak, visstokke oppi dak, Sambakaart inniesak, goedgemanierde kroos en liewe,geduldige, vredeliewende, waarderendevroutjie binne-in, reg om vir oulaas ommisirkel te ry, rigting see. Kerkmuis bly tuis.

Nie dat daar nie 'n gesellig-veeleisende fees-seisoen op die Muise wag nie. O nee! O wee!Pleinmuis plak steeds met sy uitgebreidefamilie vreemdelinge soos 'n Hobo hier langsdie Prestant. As voormalige grondbesitteroorkant die straat, wag hy nog om te hoor ofdie hof sy familiegrond gaan teruggee; annersgaan hy ok die SAOG nader vir kompensasiedeur daai warveteran van die sinkgat. En soosKerkmuis voorspel het, het swaer Kombuis-muis ok hier aangesit gekom - vroue,vatlappe, teeskinkers, Nellieswarte, voor-malige argitekte, bou-aanemers en Dankie-jankie het sy kombuis oorgeneem. Waar syvoormalige gat was, sit nou 'n groter gat. Die

uwe sien moeilikheid kom: as die mislike-paliteit nie die bouplanne goedkeur nie, wiegaan daai gat toebou tot die oorspronklikekleintjie? Net soos oppi plein: as die hof sêgooi daai sinkgat toe, waar gaan hulle dievoormalige groen area oplaai om terug tebring?

Van voormalig gepraat. Die jaar 2008 het sytol geëis (as jy nog hier kan lees of oppadseetoe is, geluk!) - kyk die lys, in alfabetiesevolgorde: voormalige aartappelboer, voor-malige absabaas, voormalige hoofhoof-hoofouderling, voormalige moderator (nee,nie hy van die voormalige trekkers nie; dieanner een van die voormalige sendingkerk!),voormalige president, voormalige reitz,voormalige springbok, voormalige skerpioen(néé, nie van Sterrevoorspel nie!), voormaligewêreldbeker-afrigter, voormalige withuis-bewoner...! Sien jy nou hoe gelukkig is jy om(in ... volgorde) nog jou job, jou naam, jouhuis, jou vrou te hê?!

So byna was Oupagrootdominee ookvoormalig. Spring daar oppad na sy see-vakansie 'n annerlike amptenaar agter 'nKaroobossie uit, jaag Oupagrootdominee enMa Retha in en wil hom uitmaak vir 'nspoedvraat! Verbeel jou: Oupagrootdomineein een van sy 1977-modelle! Vir spoed! Disnet daar dat Ma Retha afhaak en dieamptenaar mis, maar arme Oupagroot-dominee op die linkeroog tref. Is, Kerkmuishet dit sélf gesien toe Oupagrootdominee vanverlof af terugkom! Hoekom dink julle het hymet die bus teruggekom? Daai 1977-model isas bewysstuk gekonfiskeer! En hier is dietekening van die misdaadtoneel wat by die hof

ingedien is (met komplimente van TOHoniball)!

Strêp dus vas en ry versigtig see toe. Soosaltyd sal Kerkmuis die fort hier hou, die hondekosgee, die balju verder inni straat af beduie,die oorblywende twee diakens help kollekteeren die Samba betaal. En as dit daarbinne tejolig oppi Trompet 16 gaan met al diemuisnefies en -niggies, gaan die uwe uitwykvir bietjie sielerus daar langs die saalmuur.Het juis met die Lekkerstekermis (o ja, dankiekomitee!) daar 'n voormalige braaikoningontmoet. Vriendelike kêrel. Maar ok gedaanvan die jaar. As jul dus ommi sirkel rigting seetoe vat, waai maar vir ons. Ons sal daar sit:Muis en Buys. En gaan dan in vrede.Voorlopig.

Met liefde,

Kerkmuis.

Kerkmuis is arm, anoniem en onaantasbaarorals alles aan’t uitsnuffel.

Gegroet, voormalige jaar!

woord@bergendal is deel van die bediening in dieNG Kerk Berg-en-Dal: ’n kerk waar die bedieningvan die Woord sentraal staan. Dit is immers ’n Woordvan oorsprong en konteks, ’n Woord van verlossingen herskepping, en ’n Woord van bemoediging envertroosting.

Redakteur:Johannes Wessels (waarnemend)Hoofredaksielede:Jan Lubbe en Gert TerblancheMedewerkers:Louise Cilliers en Elise FerreiraHeidi Steyn en Maria WesselsDanie Joubert