JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

14
Kopiereg voorbehou Blaai om asb JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE 2019 PUNTE: 150 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Transcript of JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Page 1: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Kopiereg voorbehou Blaai om asb

JUNIE EKSAMEN

GRAAD 11

LEWENSWETENSKAPPE

JUNIE 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Page 2: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 2 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.

Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. Begin die antwoorde van ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 3 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

AFDELING A VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.

Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 Virusse het …

A DNS wat 'n selkern en 'n lipiedomhulsel bevat. B 'n nukleïensuurkern en 'n plasmamembraan. C 'n DNS-kern en 'n proteïenomhulsel. D 'n nukleïensuurkern en 'n proteïenomhulsel.

1.1.2 Watter EEN van die onderstaande sal AFWESIG wees gedurende

ongeslagtelike voortplanting?

A Vorming van nuwe plante B Vorming van 'n sigoot C Vorming van spore D Fragmentasie

1.1.3 Watter EEN van die volgende groepe organismes plant nie

geslagtelik voort nie? A Briofiete, Gimnosperme en Cnidaria B Chordata, Platyhelminthes en Pteridofiete C Porifera, Annelida en Angiosperme D Bakterieë, Virusse en Fungi

1.1.4 Watter EEN van die onderstaande stellings beskryf geslagtelike

voortplanting die beste? A Alle nakomelinge het dieselfde genetiese samestelling. B Dit vind net tydens gunstige toestande plaas. C Daar is genetiese variasie in die nakomelinge. D Dit vind gewoonlik plaas wanneer daar genoeg water, lug en

voedsel is. 1.1.5 Saadbanke is uniek in die opsig dat dit fokus op…

(i) die beskerming van individuele organismes. (ii) die berging van genetiese materiaal. (iii) die bewaring van dierspesies. (iv) die bewaring van plantspesies.

Page 4: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 4 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

Watter EEN van die volgende kombinasies voltooi die bogenoemde stelling? A (i), (ii) en (iii) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (iii) en (iv) D (i), (ii), (iii) en (iv)

1.1.6 ‘n Vektor is ‘n organisme wat …

A geaffekteer word deur patogene. B ‘n siekte van een organisme na ‘n ander oordra. C outotrofies is. D die MI virus oorda vanaf ‘n MIV positiewe persoon.

1.1.7 Watter kombinasie verteenwoordig kenmerke van die

Gimnosperme? (i) Vaatweefsel (ii) Sade (iii) Blomme (iv) Ware blare en wortels

A (i), (ii), (iii) en (iv) B slegs (i), (ii) en (iv) C slegs (i) en (iv) D slegs (ii), (iii) en (iv)

1.1.8 In watter van die volgende plantgroepe is die manlike gamete van

water/vog afhanklik? A Pteridofiete en Gimnosperme.

B Pteridofiete en Angiosperme.

C Briofiete en Pteridofiete.

D Briofiete en Gimnosperme.

1.1.9 Watter van die volgende stowwe se konsentrasie is normaalweg

hoër in die lewerpoortaar as in die meeste ander are in die menslike liggaam?

A Suurstof B Glukose C Ureum D Koolstofdioksied

Page 5: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 5 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

1.1.10 Die sirkelvormige molekule van DNA wat in die sitoplasma van sommige bakterieë voorkom.

A Plasmied B Ribosome C Mithochondria D Vakuole (10x2) 20

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf

slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDBOEK neer.

1.2.1

Medikasie wat gebruik word om 'n bakteriële infeksie te behandel

1.2.2

Die horisontale, ondergrondse stingel van die pteridofiete

1.2.3

Veranderlikes wat dieselfde moet bly gedurende 'n eksperiment

1.2.4

'n Diagram met vertakkings om die evolusionêre verwantskappe tussen biologiese spesies oor 'n tydperk aan te toon

1.2.5

Die tipe verwantskap tussen stikstofbindende bakterieë en peulplante

1.2.6

Die dominante generasie in die lewenssiklus van Pteridofiete

1.2.7 ’n Eet-afwyking waar die persoon weier om te eet, alhoewel kos beskikbaar is

1.2.8 Proses waar die stuifmeel deur wind vervoer word

1.2.9 'n Ryp saadknop nadat die eiersel bevrug is

1.2.10

'n Voedingstofkringloop waarin vrylewende grondbakterieë en knoppiesbakterieë 'n rol speel

(10x1) 10

Page 6: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 6 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

KOLOM I KOLOM II

1.3.1 Siekte as gevolg van die gebrek aan proteiene in die dieet

A B

Marasmus Kwasjiorkor

1.3.2 Organismes met geen defnitiewe nukleus nie.

A B

Prokarioties Eukarioties

1.3.3 Die invoeging van 'n geen van een organisme na 'n ander

A B

Kloning Genetiese ingryping

(3x2) (6) 1.4 Bestudeer die onderstaande diagramme.

Page 7: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 7 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

1.4.1 Identifiseer die filum waartoe die volgende behoort:

(a)

(b)

D en E A en C

(1) (1)

1.4.2 Identifiseer die strukture …

(a)

(b) (c)

op plant B wat vir die absorpsie van water veranwoordelik is. wat op D waarneembaar is. wat op E aangetref word.

(1) (1) (3)

1.4.3 Identifiseer die generasie wat deur E verteenwoordig word. (1) (8)

1.5 Bestudeer die diagram.

1.5.1 Identifiseer struktuur A. (1)

1.5.2 Noem die verskillende spiere wat in die spierlaag aangetref

word. (2)

1.5.3 Watter proses word deur die werking van die spiere moontlik

gemaak? (1)

A

Spierlaag

Page 8: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 8 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

1.5.4 Wat word die onverteerbare material wat die proses genoem in VRAAG 1.5.3 aanhelp, genoem?

(1)

1.5.5 Noem die selle in struktuur A wat verantwoordelik is vir die

afskeiding van slym. (1)

(6) TOTAAL AFDELING A: 50

AFDELING B VRAAG 2

2.1 Bestudeer die diagramme van sekere diere.

2.1.1 Tabuleer die volgende tussen A en B onderskeidelik:

(a) Naam van die filum (2) (b) Simmetrie (2) (c) Seloom (2) (d) Spysverteringskanaal (2)

2.1.2 Verduidelik die voordeel wat kefalisasie vir organisme A inhou. (3)

2.1.3 Watter voordeel hou die soort simmetrie wat by organisme B

aangetref word, vir die organisme ten opsigte van voeding in? (1)

(12)

A B

Page 9: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 9 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

2.2 Bestudeer die grafiek hieronder wat die liggaam se reaksie op inenting deur ‘n inspuiting en ‘n versterkingsinspuiting toon.

2.2.1 Noem TWEE algemene maniere hoe entstowwe toegedien

word. (2)

2.2.2 Wat in die inenting stimuleer die liggaam om teenliggaampies

te vorm? (1)

2.2.3 Beskryf wat het met die teenliggaamvlak na die eerste

inspuiting gebeur. (2)

2.2.4 Beskryf wat het met die teenliggaamvlak na die tweede

inspuiting gebeur. (2)

2.2.5 Watter voordeel hou inenting veral vir kinders in? (1) (8)

Page 10: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 10 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

2.3 ‘n Groep leerders het ‘n ondersoek op tamatieplante uitgevoer. Hulle het die invloed van ligintensiteit, koolstofdioksied konsentrasie en temperatuur asook die interaksie van hierdie faktore op die tempo van fotosintese ondersoek. Hulle het die volgende data versamel.

A – Temperatuur 15º C

Ligintensiteit (relatiewe eenhede)

Tempo van fotosintese

By 0,04% CO2 By 0,2% CO2

10 20 30

30 40 90

60 45 100

B – Temperatuur 25º C

Ligintensiteit (relatiewe eenhede)

Tempo van fotosintese

By 0,04% CO2 By 0,2% CO2

10 20 35

30 42 110

60 46 140

2.3.1 Wat toon die data aangaande die besonderse uitwerking op die

tempo van fotosintese ten op sigte van …

(a) ligintensiteit? (1) (b) koolstofdioksied? (1) (c) temperatuur? (1)

2.3.2 Gebruik die bostaande data om die optimale groeitoestande vir

tamatieplante voor te stel. (3)

2.3.3 Tamaties kan in kweekhuise gekweek word.

Verduidelik TWEE maniere wat die boer kan doen om die die lig in die kweekhuis te reguleer om sodoende ‘n groter oesopbrengs te lewer.

(4)

(10) 2.4 Beskryf die homeostatiese beheer van glukosekonsentrasie in die bloed

van ‘n normale gesonde persoon. (10)

40

Page 11: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 11 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram toon die resultate van ‘n ondersoek waartydens gis

en ‘n suikeroplossing gebruik is. Die ondersoek is by ‘n temperatuur van 20º C uitgevoer.

3.1.1 Wat is die doel van die ondersoek? (2)

3.1.2 Gee ‘n rede waarom die ondersoek by 20º C uitgevoer is. (1)

3.1.3 Waarom het die ballon op proefbuis D opgeblaas? (1)

3.1.4 Verduidelik waarom die gis in C gekook is. (2)

3.1.5 Verduidelik waarom suiker ‘n noodsaaklike bestanddeel van D

is. (2)

(8)

Ballonne

A Suikeroplossing

C Gekookte gis en suikeroplossing

B Gisoplossing

D Gis en

suikeroplossing

A B C D

Page 12: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 12 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

3.2 Bestudeer die diagram van ‘n blom.

3.2.1 Verduidelik waarom die geïllustreerde blom tweeslagtig is. (2)

3.2.2 Identifiseer ELK van die gemerkte dele EN noem hoe dit

aangepas is vir insekbestuiwing. (6)

3.2.3 Verduidelik hoe die ooreenstemmende deel A van ‘n

windbestuifde blom sal verskil van bostaande blom. (2)

3.2.4 Wat word met kruisbestuiwing bedoel? (3) (13)

3.3 ‘n Leerder het ‘n ondersoek gedoen aangaande die aantal bakterieë op

die vel van mense se hande nadat hulle dit gewas en drooggemaak het. Dieselfde wasprosedure is gevolg, maar verskillende maniere is gebruik om hande droog te maak: warm lug vanuit ‘n warmlugdroër of deur gebruik te maak van papierhanddoeke. ‘n Smeer van die droë vel en bakterieë wat daar aangetref is, is gekweek. Die onderstaande tabel toon die aantal bakterieë wat gekweek is. Bestudeer die tabel.

A

B

C

Page 13: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 13 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over

Aantal bakterieë (x108) /cm2 van die vel van die hande nadat dit met ‘n warmlugdroër of papierhanddoek drooggemaak is.

Monster

Aantal bakterieë (x108) /cm2

Vel drooggemaak met warm lug

Vel drooggemaak - papierhanddoek

1 8.91 1.11

2 9.75 0.98

3 6.14 0.42

4 8.72 1.02

3.3.1 Wat was die doel van die ondersoek? (1)

3.3.2 Noem TWEE konstante veranderlikes. (2)

3.3.3 Noem TWEE moontlike maniere hoe die betroubaarheid van

die ondersoek verbeter kan word. (2)

3.3.4 Skryf ‘n gevolgtrekking neer wat na aanleiding van die

resultate gemaak kon word. (2)

3.3.5 Teken ‘n kolomgrafiek om die aantal bakterieë op vier

verskillende velmonsters wat met ‘n papierhanddoek drooggemaak is, aan te toon.

(6)

(13) 3.4 Beskryf glikolise. (6) 40 TOTAAL AFDELING B: 80

AFDELING C VRAAG 4

Beskryf hoe voedsel in die spysverteringskanaal van ‘n mens verteer word, deur na al die prosesse te verwys wat ‘n rol speel tydens meganiese vertering, die verskillende chemiese afskeidings (verteringsappe) en die rol daarvan tydens chemiese vertering asook die verteringsprodukte van die hoof organiese bestanddele in die dieët wat geabsorbeer sal word. Inhoud: (17) Sintese: (3) (20)

NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme,

tabelle of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL: 150

Page 14: JUNIE EKSAMEN GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE …

Lewenswetenskappe 14 Grey Kollege/Junie2019 Graad 11

Kopiereg voorbehou Please turn over