Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22...

6
Geagte Ouer en Leerder Vernon Baker het gesê: “Jou tuiste is waar jy sonder skaamte kan skaterlag, waar jou hart se trane vrylik kan vloei en op hulle eie tyd weer opdroog”. Ons by die Hoërskool Bellville was in die tweede kwartaal hard besig om ‘n tuiste vir elke leerder in die skool te skep waarop hy trots kan wees. Dit was verseker hierdie kwartaal die geval. Ek kan nie uitgepraat raak oor hoe trots ek op ons leerders is nie! Reeds met ons oproep dat leerders die skool moet ondersteun tydens ons sportdag teen die Hoërskool Swartland, het ek bewus geword van ons leerders se trots vir hulle skool. Waar jy ookal op die sportterrein geloop het, het Bellville-leerders jou vriendelik gegroet. Leerders was uiters netjies geklee in hul skooldrag met die korrekte haarstyl, kleur- baadjie en skoon skoene. Jou bors het sommer geswel van trots. Dit was egter die ondersteuning langs die hokkie-, netbal– en rug- byveld wat die blou Bellville-bloed in jou are laat bruis het van opwinding. Met entoesiasme het leerders die dromme gespeel, hard saamgesing en spanne aangemoedig. Hierdie prentjie het hom Saterdag na Saterdag afgespeel terwyl die dirigente en leerderleiers op die pawiljoen die Hoërskool Bellville aangemoedig het. Net toe ons gedink het dit kan nie beter nie, verras die skool ons weer by Brackenfell. Bankvas het Hoërskool Bellville se ondersteuners op die pawiljoen gesit en alhoewel dit vir ons ‘n wegwedstryd was, het ons meer leerders op die pawiljoen gehad as die gasheerskool. Ek kyk toevallig na ‘n video van die wedstryd en dit was opvallend hoeveel van ons leerders die dag daar was. Die afgelope twee Saterdae se ondersteuning, het beslis jou aandag getrek. Vir my span dit beslis die kroon op ‘n wonderlike tweede kwartaal. Dankie Bellvilliete, dat elkeen van julle so netjies aangetrek was. Dankie dat julle in eksamentyd kom ondersteun het. Dankie dat julle die skoollied uit volle bors gesing het na die wedstryd. Dankie dat julle op aandag bly staan het, toe die ander skool hulle skoollied gesing het. Almal van julle is voorwaar ‘n ad- vertensie vir die skool. ‘n Skool waar elke leerder tuis voel. Op kultuurgebied het die skool briljant presteer en ons is opreg trots op die koor, orkes en ons dra- ma-leerders. Die Laerskole Koorfees was ‘n reuse sukses en talle mense moes by die deure omdraai omdat kaartjies vroeg reeds uitverkoop was. Op akademiese gebied word talle nuwe idees ondersoek. Almal is reeds bewus (as gevolg van ons vraelyste) dat die Hoërskool Bellville nuwe vakke in die skoolkurrikulum wil inkorporeer. Ons is opgewonde om al reeds in die derde kwartaal met die Franse klasse te begin. Dr. Mike de Feitas (die nuwe Franse onderwyser) staan alle be- langstellende ouers en leerders die eerste Woensdag in die nuwe kwartaal om 19:00 in die skoolsaal te woord. Siviele Tegnologie en Ekonomie is die volgende vakke wat ons wil inkorporeer in ons reeds bestaande vakkeuse. Dit sal beteken dat die Hoërskool Bellville nie net ‘n oop rooster het nie (‘n leerder kan dus enige vak kies met geen beperk- ings), maar ook een van die wydste vakkeuses in die Wes-Kaap! Ons interaktiewe leerprogram sal binnekort aan ouers en leerders bekend gestel word en ons beoog hiermee om die Hoërskool Bellville op die voorgrond in die Wes-Kaap te plaas betreffende akademie. Ek hoop dat u as ouers, saam met ons, trots is op elke leerder by die Hoërskool Bellville. Paratus ad Omnia (Gereed vir alles) Deon du Plessis SKOOLHOOF De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 /Faks: 021 948 4140 /E-pos: [email protected] Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012

Transcript of Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22...

Page 1: Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22 Junie. Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag 20 Julie 2200 JJuulliiee 20 Julie

Geagte Ouer en Leerder Vernon Baker het gesê: “Jou tuiste is waar jy sonder skaamte kan skaterlag, waar jou hart se trane vrylik kan vloei en op hulle eie tyd weer opdroog”. Ons by die Hoërskool Bellville was in die tweede kwartaal hard besig om ‘n tuiste vir elke leerder in die skool te skep waarop hy trots kan wees. Dit was verseker hierdie kwartaal die geval. Ek kan nie uitgepraat raak oor hoe trots ek op ons leerders is nie! Reeds met ons oproep dat leerders die skool moet ondersteun tydens ons sportdag teen die Hoërskool Swartland, het ek bewus geword van ons leerders se trots vir hulle skool. Waar jy ookal op die sportterrein geloop het, het Bellville-leerders jou vriendelik gegroet. Leerders was uiters netjies geklee in hul skooldrag met die korrekte haarstyl, kleur-baadjie en skoon skoene. Jou bors het sommer geswel van trots. Dit was egter die ondersteuning langs die hokkie-, netbal– en rug-byveld wat die blou Bellville-bloed in jou are laat bruis het van opwinding. Met entoesiasme het leerders die dromme gespeel, hard saamgesing en spanne aangemoedig. Hierdie prentjie het hom Saterdag na Saterdag afgespeel terwyl die dirigente en leerderleiers op die pawiljoen die Hoërskool Bellville aangemoedig het.

Net toe ons gedink het dit kan nie beter nie, verras die skool ons weer by Brackenfell. Bankvas het Hoërskool Bellville se ondersteuners op die pawiljoen gesit en alhoewel dit vir ons ‘n wegwedstryd was, het ons meer leerders op die pawiljoen gehad as die gasheerskool. Ek kyk toevallig na ‘n video van die wedstryd en dit was opvallend hoeveel van ons leerders die dag daar was. Die afgelope twee Saterdae se ondersteuning, het beslis jou aandag getrek. Vir my span dit beslis die kroon op ‘n wonderlike tweede kwartaal. Dankie Bellvilliete, dat elkeen van julle so netjies aangetrek was. Dankie dat julle in eksamentyd kom ondersteun het. Dankie dat julle die skoollied uit volle bors gesing het na die wedstryd. Dankie dat julle op aandag bly staan het, toe die ander skool hulle skoollied gesing het. Almal van julle is voorwaar ‘n ad-vertensie vir die skool. ‘n Skool waar elke leerder tuis voel. Op kultuurgebied het die skool briljant presteer en ons is opreg trots op die koor, orkes en ons dra-ma-leerders. Die Laerskole Koorfees was ‘n reuse sukses en talle mense moes by die deure omdraai omdat kaartjies vroeg reeds uitverkoop was. Op akademiese gebied word talle nuwe idees ondersoek. Almal is reeds bewus (as gevolg van ons vraelyste) dat die Hoërskool Bellville nuwe vakke in die skoolkurrikulum wil inkorporeer.

Ons is opgewonde om al reeds in die derde kwartaal met die Franse klasse te begin. Dr. Mike de Feitas (die nuwe Franse onderwyser) staan alle be-langstellende ouers en leerders die eerste Woensdag in die nuwe kwartaal om 19:00 in die skoolsaal te woord. Siviele Tegnologie en Ekonomie is die volgende vakke wat ons wil inkorporeer in ons reeds bestaande vakkeuse. Dit sal beteken dat die Hoërskool Bellville nie net ‘n oop rooster het nie (‘n leerder kan dus enige vak kies met geen beperk-ings), maar ook een van die wydste vakkeuses in die Wes-Kaap! Ons interaktiewe leerprogram sal binnekort aan ouers en leerders bekend gestel word en ons beoog hiermee om die Hoërskool Bellville op die voorgrond in die Wes-Kaap te plaas betreffende akademie. Ek hoop dat u as ouers, saam met ons, trots is op elke leerder by die Hoërskool Bellville. Paratus ad Omnia (Gereed vir alles) Deon du Plessis SKOOLHOOF

De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 /Faks: 021 948 4140 /E-pos: [email protected]

Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012

Page 2: Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22 Junie. Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag 20 Julie 2200 JJuulliiee 20 Julie

BLADSY 22 HOËRSKOOL BELLVILLE

OPWINDENDE NUUSOPWINDENDE NUUSOPWINDENDE NUUSOPWINDENDE NUUS Opwindende nuus is dat die inter-aktiewe Moodle-leerprogram in die tweede semester bekendgestel sal word en dat leerders op die internet ekstra oefeninge, vraestelle en inligting kan bekom. Ook die jaarprogramme sal beskikbaar wees. Ons glo dat ons hierdeur nie net leer-ders sal help voorberei vir die eindeksamen en tersiêre studie nie, maar ook akademiese groei sal be-werkstellig en verdere uitdagings aan ons leerders sal bied. Daar word ook tans ondersoek ingestel na die infasering van ‘n aantal nuwe vakke vir graad 10 tot 12 asook die daarstelling van die geleentheid vir leerders om Frans as ekstra vak/kommunikasietaal te neem. TOP 20TOP 20TOP 20TOP 20 Die kriteria vir die opstel van die Top 20 Akademiese Prestasies word hersien en sal ‘n weerspieëling wees van die leerder se ware prestasies.

16 Julie16 Julie16 Julie16 Julie ---- Skole heropenSkole heropenSkole heropenSkole heropen 20 Julie20 Julie20 Julie20 Julie ---- Rapporte aan ouersRapporte aan ouersRapporte aan ouersRapporte aan ouers 24 Julie24 Julie24 Julie24 Julie ---- Oriënteringsaand vir Oriënteringsaand vir Oriënteringsaand vir Oriënteringsaand vir nuwe ouers/leerdersnuwe ouers/leerdersnuwe ouers/leerdersnuwe ouers/leerders 26 Julie26 Julie26 Julie26 Julie ---- HSB got talentHSB got talentHSB got talentHSB got talent 1 Aug.1 Aug.1 Aug.1 Aug. ---- BokkeBokkeBokkeBokke----aandaandaandaand 6 Aug.6 Aug.6 Aug.6 Aug. ---- NetbalprysuitdelingNetbalprysuitdelingNetbalprysuitdelingNetbalprysuitdeling 7 Aug.7 Aug.7 Aug.7 Aug. ---- Graad 9 Vakkeuse Graad 9 Vakkeuse Graad 9 Vakkeuse Graad 9 Vakkeuse oueraandoueraandoueraandoueraand 13131313————18 Aug.18 Aug.18 Aug.18 Aug. ---- Interskole weekInterskole weekInterskole weekInterskole week 18 Aug.18 Aug.18 Aug.18 Aug. ---- Interskole dansInterskole dansInterskole dansInterskole dans 25 Aug.25 Aug.25 Aug.25 Aug. ---- MatriekafskeidMatriekafskeidMatriekafskeidMatriekafskeid 27 Aug.27 Aug.27 Aug.27 Aug. ---- Gr. 12 Eksterne EnglishGr. 12 Eksterne EnglishGr. 12 Eksterne EnglishGr. 12 Eksterne English Oral ModerationOral ModerationOral ModerationOral Moderation 28 Aug.28 Aug.28 Aug.28 Aug. ---- HokkieprysuitdelingHokkieprysuitdelingHokkieprysuitdelingHokkieprysuitdeling 31 Aug.31 Aug.31 Aug.31 Aug. ---- RugbyprysuitdelingRugbyprysuitdelingRugbyprysuitdelingRugbyprysuitdeling 3 Sept.3 Sept.3 Sept.3 Sept. ---- Gr. 12 eksamen beginGr. 12 eksamen beginGr. 12 eksamen beginGr. 12 eksamen begin 28 Sept.28 Sept.28 Sept.28 Sept. ---- Skool sluit & Skool sluit & Skool sluit & Skool sluit & MatriekdagMatriekdagMatriekdagMatriekdag

JUNIEJUNIEJUNIEJUNIE----EKSAMEN EKSAMEN EKSAMEN EKSAMEN Die eksamen eindig om 11:30 op 22 Junie. Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag 20 Julie 20 Julie 20 Julie 20 Julie gereed wees. Skrifte sal aan die begin van die derde kwartaal uitgedeel en bespreek word. Dit is van die uiterste belang dat leerders van die geleentheid gebruik maak om probleemareas te identi-fiseer en aan swakpunte te werk. Veral graad 12-leerders moet bewus wees van die belangrikheid om ook in die vakansie akademies werksaam te wees. Daar kan veral aan take ge-werk word om die werklas volgende kwartaal te verminder. SEPTEMBERSEPTEMBERSEPTEMBERSEPTEMBER----EKSAMENEKSAMENEKSAMENEKSAMEN Die infasering van die toetssisteem het meegebring dat daar nie in alle vakke in graad 8 – 11 eksamen geskryf gaan word in September nie. Die eksamenrooster vir September sal eers volgende kwartaal beskikbaar wees, maar die eksamendae is reeds deurgegee in die dagboekie: Gr. 12 : 3 Sept tot 28 Sept. Gr. 8 – 11 : 17 Sept. tot 28 Sept (sekere dae) Ons sal egter steeds voortgaan met klasse vir graad 8 tot 11 in hierdie tydperk. LEESLEESLEESLEES Aangesien leesbegrip bewys is as die belangrikste aspek van leer, moedig ons ook leerders aan om hierdie tyd te gebruik om koerante, artikels, spot-prentjies en lekkerlees stories te lees. “Lees is vir die verstand wat oefening vir die liggaam is.” Joseph Addision

.

‘n Vriendelike dog baie ernstige ver-soek is dat u as ouer/voog sal toesien dat u kind se skooldrag en voorkoms op die eerste dag van die nuwe kwartaal, volgens die ge-dragskode van die skool sal wees. Ons gaan baie streng optree teenoor leerders wat dit nie nakom nie. Indien ‘n leerder se voorkoms nie op die eerste dag volgens die gedragskode is nie, sal u as ouer/voog gekontak word en versoek word om die leerder te kom haal. U word versoek om weer aan-hangsel A op bladsy 23 – 26 in die Paratus te gaan lees. School & Leisure het altyd skool-klere verkoop uit Sportsmans Ware-house, maar hulle het verhuis na Willowbridge. Hulle het ook ‘n be-gunstigdekaart wat gebruik kan word elke keer as u skoolklere by School & Leisure koop. Daar is slegs 35% van ons ouers wat die kaart besit en gebruik. ‘n Aansoekvorm kan by School & Leisure se winkel gekry word. Ons sal u ondersteuning in hierdie projek opreg waardeer.

Page 3: Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22 Junie. Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag 20 Julie 2200 JJuulliiee 20 Julie

BLADSY 33 VOLUME 2, UITGAWE 02/12

Die orkes het 'n baie besige en suk-sesvolle kwartaal agter die rug. Ons is weereens genooi na die Band Extrava-ganza in die Endlersaal waar 'Persis' met groot geskal uitgevoer is. Na nog baie ure se toewyding het ons weereens 'n diploma by die WindWorx Fanfare verwerf. Die orkes het ook ‘n pluimpie van die organiseerders in die algemeen ontvang. Die orkes het 400 sangers by die Laerskole Koorfees in die Hugo Lambrechts Ouditorium be-gelei en 'The Sound of Music'-keurspel was ‘n groot treffer.

Die kwartaal is afgesluit met ‘n prag-optrede by die Chrismar Villas aftree-oord.

Ons leerders het op 4 Mei deelgeneem aan die ATKV-debatkompetisie se eerste rondte. Al drie ons spanne het hul debatte gewen. Die seniorspanne het bestaan uit Inneke Brand en Herné Rautenbach, Nicolette van Schalkwyk en Marlize du Plessis en die juniors was Retha van Zyl, Jenise Janse van Rens-burg en Jean-Mari du Plessis. Die juniors en laasgenoemde seniorspan het deurgedring na die semi-finaal op 18 Mei waar beide spanne weer hul debatte gewen het, maar ongelukkig nie vir die finaal gekwalifiseer het nie. Op 11 Mei het ons ook deelgeneem aan Hoërskool DF Malan se Dink-of-Sink debat waar ons verskeie debatte gewen het. Dit was ‘n wonderlike leer-ervaring en boonop baie pret. Ons is baie trots op hierdie debatteer-ders se volgehoue harde werk en pres-tasies!

Die Hoërskool Bellville het vanjaar vir die elfde keer die Stad Kaapstad Toneelspelkompetisie aangebied. Uit die meer as 400 inskrywings landswyd, is 6 van ons leerders ge-kies om aan die finale rondtes in die Kunstekaap Teater deel te neem. Hulle is Rian Roux, Ruan Joubert, Anchen van Dyk, Athina Jansen, Des-Lee McKenzie en Sean van Noord-wyk. Athina het deurgedring tot die derde rondte en was dus deel van die beste 16 akteurs in die land. Des-Lee was in die Top 8 en is ook ge-kies vir die produksie wat in 2013 by die Suidoosterfees en die Woordfees opgevoer word. Sean van Noordwyk het die derde plek behaal en het ook die SAOU-Beurs van R10000 ontvang.

ATKVATKVATKVATKV----REDENAARSKOMPETISIEREDENAARSKOMPETISIEREDENAARSKOMPETISIEREDENAARSKOMPETISIE Die ATKV-Redenaarskompetisie het op 13 April 2012 by die Hoërskool Paarlvallei plaasgevind. Sewe leer-ders van die Hoërskool Bellville het aan die kompetisie deelgeneem en Katherine Watt (junior) en Nicolette van Schalkwyk (senior) het deurge-dring na die semi-finale ronde. Die semi-finale het op 18 Mei 2012 by Hoërskool Monumentpark plaas-gevind. Twintig seniors en twintig juniors van die Wes-Kaap ding hier teen mekaar mee en slegs twee leerders uit elke groep dring dan deur na die finale rondte by Buffelspoort. Ons leerders het uitstekend gepraat en ons trots gemaak. Volgende jaar maak ons weer so!

Die koor het ‘n baie besige, maar suksesvolle tweede kwartaal agter die rug. Daar is aan die volgende wedstryde en konserte deelgeneem: 18 April—(San Souci) Hoërskool Eisteddfodd waar hulle ‘n 2de plek behaal. 19 April Graad 7 Opedag (optrede in skool se voorportaal) 3 Mei Hoërskool Bellville bied Laerskole Koorfees in die Hugo Lambrecht Ouditorium aan. Ses laerskole en die orkes neem deel aan die pragtige aand. 7 Mei Hoërskool Stellenbosch Kultuurfees (koor tree op saam met Hoërskool Stellenbosch en Hugenote Hoër-skool) 16 Mei Tygerberg Eisteddfod (verwerf Goue-diploma) 17 Mei Stellenbosch Eisteddfod (verwerf ‘n Cum Laude-toekenning en die Gawie Cilliers Trofee vir die beste koor in die afdeling vir gemengde kore) 31 Mei Hoërskool Monumentpark—Koorfees in Kraaifontein se stadsaal. Die koor is ook baie trots op die pragtige nuwe koordrag en dit ver-toon baie mooi op die verhoog.

Page 4: Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22 Junie. Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag 20 Julie 2200 JJuulliiee 20 Julie

BLADSY 44 HOËRSKOOL BELLVILLE

Hierdie jaar se Mnr. en Mej. Bellville Kompetisie het begin met ongeveer 70 inskrywings waarvan 40 semi-finaliste gekies is om op 27 Februarie onderhoude te voer. Vandaar is 12 seuns en 12 meisies aangewys as ons Mnr en Mej Bellville 2012-finaliste. Na ‘n hele paar oefeninge en baie ure agter die skerms is die gala-geleentheid gehou op Don-derdag, 10 Mei. Die aand was ‘n groot sukses met Mynhardt Krüger en Esmaré Car-stens wat as Mnr. en Mej. Bellville vir 2012 gekroon is. Iwan Zylstra en Monique Heyns is as eerste Prins en eerste Prinses gekroon en ons het twee tweede Prinse gekroon, naam-lik Braam Erasmus en Albert de Vries en ons tweede Prinses was Suzelle Roux. Die finaliste het altesaam meer as R75 000 ingesamel vir liefdadigheid. Die organisasies wat deur hierdie finaliste ondersteun is, is: Uitsig Dierevereniging, Huis Jabes, Lucky Lucy, Tygerberg Hospice Trust, Reach for a Dream, Alta du Toit, South African Guide Dog Associa-tion, Huis Raverzicht, Hensie Vroom, VERA, Helping Angels, Sarepta Ouetehuis, Klippie Kids en Solida-riteit Helpende Hand. Bedankings gaan aan almal wat hierdie jaar se Mnr en Mej Bellville moontlik gemaak het. Die Bellville- gemeenskap het regtig hierdie jaar vir ons baie beteken in terme van borge en ondersteuning. Daarmee saam moet verhooghelpers, die ser-moniemeester van die aand, mnr Deon van Zyl, al die beoor-delaars en dan ook die ouers wat hul kinders ondersteun het gedurende die aanloop tot die finale aand spesiaal bedank word vir hulle tyd en opoffering.

Nog ‘n bedrywige kwartaal is agter die rug! Die hoogtepunte van hierdie kwartaal was die skole-uitruildae waar groepe Bellville- en Isimela-leerders mekaar se skole besoek het, ons HFB Day se besoek aan die District 6-Museum en Eastern Food Bazaar en die onderhoude met die lede wat aansoek gedoen het om te gaan toer. Die volgende leerders is gekies om in September Rooseveldt High School in Seattle te gaan besoek.

♦ Marelize du Plessis

♦ Barrinique Morman

♦ Gitte van Wielligh

♦ Tiffany Abdol

♦ Carly van Wyk

Dit het hierdie kwartaal baie goed met ons skaakwedstryde gegaan. Ons het al ons wedstryde gewen. Drie van ons spelers is gekies vir die WP-Skole Skaakspan wat vanaf 11 tot 13 Junie aan die Wes-Kaap Skole Skaaktoernooi te Gansbaai deelneem.

♦ Abrie van Schoor (O/20-span)

♦ Eben de Villiers (O/18-span)

♦ Marinus Compion (O/18-span) Baie geluk aan bogenoemde spelers.

Een van Suid-Afrika se top O/18 gholfspelers, Ian Snyman (Gr. 11) het Suid-Afrika in Asië verteenwoordig. Zilke Bal, ‘n Graad 8-leerder, is ge-kies vir die Junior Boland Meisies Gholfspan wat gedurende die Junievakansie gaan deelneem aan die SA Junior Meisies Gholfspan in Orkney .

Die leerderleiers het die afgelope kwartaal ‘n hele klomp projekte met groot sukses geïnisieer en voltooi.

Die Omgee-komitee het 20 000 paas-eiers ingesamel wat aan pasiënte van Stikland Hospitaal asook kinders by Karl Bremer Hospitaal, Tygerbeer en Tygerberg Hospitaal uitgedeel is.

Die leiers het ook Tehuise vir Bejaardes besoek en tyd saam met die oumas en oupas deurgebring. Nog ‘n projek wat hierdie kwartaal deur die komitee geloods is, is die insameling van tee, koffie, melk en suiker asook toiletware vir mammas wat in die hospitaal moet oor-nag om hulle babas te versorg in die Neonatale eenheid in die Tygerberg Hos-pitaal. Hierdie projek sal ook in die der-de en vierde kwartaal voortgesit word.

Die Graad 7-Flinkdink wat op Maandag, 16 April plaasgevind het, is met groot entoesiasme aangebied en die laerskool- leerders het die middag by Hoërskool Bellville terdeë geniet.

Die gewilde leierbraai saam met Tygerberg, Stellenberg en DF Malan, op Woensdag, 25 April was weereens ‘n groot sukses en die vier skole se leiers het heerlik saamgekuier en mekaar beter leer ken.

Saterdag, 12 Mei het Bellville se sport-spanne en leerderleiers met opgewon-denheid en entoesiasme Hoërskool Swartland in Malmesbury besoek. Die leiers het die hele oggend gesorg vir “gees” op die pawiljoen en het al die spanne met oorgawe aangemoedig!

Die kwartaal se aktiwiteite is afgesluit met die jaarlikse Seniorbal op Vrydag, 25 Mei wat terdeë deur al die Seniors geniet is.

Die tweede kwartaal 2012 was voorwaar ‘n opwindende en geseënde kwartaal.

Page 5: Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22 Junie. Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag 20 Julie 2200 JJuulliiee 20 Julie

BLADSY 55 VOLUME 2, UITGAWE 02/12

Ons het die afgelope kwartaal baie probleme gehad met selfone in die skool en tydens die eksamen. Let asseblief op na die volgende:

♦ Daar word van leerders verwag om sellulêre telefone en soortgelyke toestelle tydens skooltye, binne die skoolgebou, buite sig en afgeskakel te hou.

♦ Indien dit nodig sou raak om in `n noodgeval van die telefoon gebruik te maak kan die leerder by die kantoor aanmeld en reëlings tref.

♦ Die skool aanvaar geen verant-woordelikheid vir die verlies van sodanige toestelle nie.

♦ Indien ʼn leerder ʼn “sellulêre of toestel“-oortreding begaan sal die toestel afgeneem word vir een week addisioneel tot die strafmaatreël. (Sellulêre telefoon sal in ʼn verseëlde koevert in die kluis gebêre word vir die tydperk.)

♦ Tydens eksamen en toetse mag die leerder glad nie ‘n selfoon op hom/haar hê nie. Dit moet in sy/haar tas, afgeskakel, voor in die klaskamer geplaas word. Indien dit op die leerder gevind word tydens die eksamen of toets kry die leerder nul vir daardie vraestel en die leerder verskyn voor die dissiplinêre komitee waar ‘n addisionle straf ook aan hom/haar toegeken sal word.

Baie dankie aan al die getroue onder-steuners wat spanne in hul skoolklere ondersteun. Die spelers op die velde/baan waardeer dit. Dankie aan die ouers, oudleerders en vriende van die Hoërskool Bellville vir jul ondersteuning die kwartaal. Ons moedig julle aan om by die Leeuklub (ons onder-steunersklub) aan te sluit. Baie dankie ook aan die Leeuklub vir hul onder-steuning en insae ten opsigte van sport en sportontwikkeling by die Hoërskool Bellville.

Ons wil graag ‘n beroep op die ouers doen om hul MySchool kaarte te ge-bruik. Indien u nie reeds ‘n MySchool kaart het nie, kan u by ontvangs ‘n aansoekvorm kry. Indien u nog ‘n laer-skoolkaart het, kan u dit op MySchool se webblad gaan verander dat Hoër-skool Bellville die begunstigde is. U samewerking met hierdie projek sal baie waardeer word.

Ons wil vra dat u asseblief die My School sal ondersteun. Dit kos u geen geld nie, maar die skool is ‘n be-gunstigde en kry ‘n persentasie van die geld wat u spandeer het.

Ons is baie bekommerd Ons is baie bekommerd Ons is baie bekommerd Ons is baie bekommerd dat iemand nog baie seer gaan kry. Daar is daagliks toenemende klagtes wat in- kom van leerders wat na skool onverskillig/roekeloos ry met hulle motors en motortfietse. Padreëls word totaal en al verontagsaam.

Leerders moet in besit wees van ‘n wettige bestuurderslisensie. Daar gaan in die toekoms streng opgetree word deur die verkeersdepartement.

Motorfietse moetmoetmoetmoet tydens skoolure in die fietshok toegesluit word. Motor-fietse wat nie tydens skoolure daar geparkeer is nie, sal gekonfiskeer word.

Geen leerder mag sy motor of mo-torfiets tydens skoolure besoek nie.

Geen leerder mag op die skoolterrein ry nie.

Middae tydens sport mag leerders slegs by die sportgronde se hek in en uitgaan en hulle motors/motorfietse parkeer by die pawiljoen se kleed-kamers en hokkievelde.

Projek Veiligheid (sekuriteitsheining Projek Veiligheid (sekuriteitsheining Projek Veiligheid (sekuriteitsheining Projek Veiligheid (sekuriteitsheining rondrondrondrond----om skool) IS GOED OP DREEF!!om skool) IS GOED OP DREEF!!om skool) IS GOED OP DREEF!!om skool) IS GOED OP DREEF!! ‘n Duisend en vier dankiesDuisend en vier dankiesDuisend en vier dankiesDuisend en vier dankies aan ouers

wat alreeds bygedra het tot hierdie

noodsaaklike projek om ons kinders

se veiligheid tydens skoolure te

verseker. Met die huidige fondse kan

ons 100m van die nodige 1004m1004m1004m1004m

opsit. Dis nogal ‘n uitdaging om bou-

planne goedgekeur te kry! Ons maak

egter goeie vordering en bouwerk

behoort binnekort by die hoofhek te

begin. Nou moet ons nog net besluit

hoe ons die geld vir die ander 904m

gaan bymekaarmaak en daarvoor het

ons u samewerking nodig – ons sal u

binnekort hieroor kontak.

BHS-Bemarkingskomitee

Page 6: Volume 2, Uitgawe 02/12 22 Junie 2012 De La Hayelaan ... · Die eksamen eindig om 11:30 op 22 Junie. Rapporte sal op Vrydag Rapporte sal op Vrydag 20 Julie 2200 JJuulliiee 20 Julie

BLADSY 66 HOËRSKOOL BELLVILLE

Op die rugbyveld het die Hoërskool

Bellville gemengde welslae behaal.

Die O/19A-span vaar tot dusver

uitstekend. Hulle wys elke wed-

stryd ongelooflik karakter en speel

met oorgawe. Vir seker ‘n voor-

beeld vir die ander spanne. Die

oorgawe waarmee julle die skool-

lied na jul wedstryde sing, wakker

ongelooflike trots aan by die rug-

byspelers.

Die O/15 spanne vaar baie goed.

Hulle is die seisoen nog onoor-

wonne. Welgedaan, manne!

Dit was tot dusver maar 'n wind-

erige landloopseisoen, maar ons

vaar goed.

Ons is veral trots op Zani Kruger

(O/16), wat by elke liga sover met

'n eerste plek kan spog! Sonja

Meyer (O/19), Mario Jantjies (O/17)

en Zuan Malherbe (O/17) was nog

elke keer onder die top 20 en staan

'n baie goeie kans om in die

Noordsone-span opgeneem te

word. Daar is nog 2 ligabyeenkom-

ste oor. Baie sterkte aan al ons

landlopers. Ons glo en vertrou hulle

gaan die vakansie hard oefen!

Die hokkiespeelster het die afgelope

kwartaal op verskeie gebiede uitge-

blink.

Ons lewer hierdie kwartaal 7 WP-

spelers op nl. Lindi Anker, Nicola Olivier

en Elmari Verwey wat aan die 0/16

nasionale hokkietoernooi deelneem en

Angelique Truter, Genevee Drake en

Elri van der Westhuizen wat in Bloem-

fontein in ‘n streektoernooi speel.

Rozanne Compion verteenwoordig die

0/14 WP-hokkiespan in Johannesburg.

Ons is baie trots op hierdie meisies.

Ons meisies hokkiespanne is al meer

as halfpad deur hul ligawedstryde en

vaar baie goed. Ons meisies eerste

hokkiespan en 0/14A-meisies is sover

onoorwonne in hul ligawedstryde. Hulle

oefen hard om hierdie oorwinnings vol

te hou. Ons is ook gelukkig om die

kwartaal se hokkieprogram suksesvol

af te sluit met geen ernstige beserings

nie.

Die eerstespan hokkieseuns het die

seisoen op ‘n baie hoë noot afgeskop

en tweede geëindig in Hoërskool

Strand se uitspeeltoernooi wat ge-

durende die Aprilvakansie gehou is.

Hierdie pragtige prestasie het die weg

gebaan vir ‘n baie suksesvolle hokkie-

seisoen en die ander seunspanne in

die skool, tot groot hoogtes geïn-

spireer.

Daar is 5 seuns hokkiespanne en in

totaal is 58 wedstryde gespeel, waar-

van 24 gewen is en 15 gelykop ge-

ëindig het.

Ons verwag groot dinge van die seuns-

hokkie die volgende kwartaal en lek

ons lippe af vir die interskole op

18 Augustus.

Ons is baie trots op ons speel-

sters wat in die WP-spanne op-

geneem is, nl. Carla Lambrechts,

Cassandra Fisher, Nadia Marais,

Johné Malherbe; Ané Marais

(0/17); Chrizelle Loots (0/15). Dan

is ons baie trots op Melissa

Franken wat vir die WES-KAAP

0/15-span gekies is.

Tot op hierdie stadium van ons

ligawedstryde is die 0/19 D, E en

F-spanne onoorwonne. By die

0/16’s is die 0/16 C, D, E, F-

spanne ook onoorwonne.

Daar moet egter nog baie hard

geoefen word vir Interskole op

18 Augustus. Sterkte aan al die

afrigters.

Ons spog met 7 WP-hokkie

meisiespelers, 6 WP-netbalspeel-

sters en 1 Wes-Kaap netbalspeel

-ster. Sterkte met jul deelname

aan die onderskeie toernooie

waaraan julle gaan deelneem.

Ons weet julle gaan die skool en

provinsie se naam hoog hou.