JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewLeerders se gedragskodes moet almal ingehandig word. Handig...

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 20 - 27 Januarie 2017 OUERS: KWYTSKELDING: Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen. MEDIALEIERS: Baie geluk aan die volgende graad 7-leerders wat hierdie jaar as Medialeiers in die Biblioteek diens gaan doen: Jeanetta Schoeman Divan Thuntsa Carma Burger Drikus van Rooyen Charné Sass Pieter Duvenage Chanel Niemann Desmond van Wyk Dankie vir hierdie onbaatsugtige diens wat julle by ons skool verrig. AFSKEURSTROKIES – NUUSBRIEF 1: Daar is heelwat ouers wat nog nie die afskeurstrokies van Nuusbrief 1 (Medisynebrief, gedragskode, SMS-stelsel (verpligtend) , brildraers, aflosse vir leerkragte, ouergedragskode ens.) teruggestuur het nie. Leerders se gedragskodes moet almal ingehandig word. Handig asseblief alles op Maandag, 23 Januarie by die klasonderwysers in. Alle betalings word ook by die klasonderwysers gedoen. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD MEESTE VAN DIE TYD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. “LOCKERS”: In die seuns- en dogters se kleedkamers is “lockers” wat teen R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor. KAMMALAND KLEUTERSKOOL: Geen leerders tydens pouses of skoolure by die Kleuterskool nie. OUERS WAT IN SKOOLURE DIE SKOOL BESOEK: Ons vra u samewerking in verband met die volgende: Slegs ouers wat skool-of koshuisgeld by die finansiële kantoor moet betaal word op die skoolterrein toegelaat. Elektroniese betalings word sterk aanbeveel! Slegs motors wat aflewerings doen word deur die hoofhek toegelaat. Indien u kind sy/haar kosblik/handboek/swemklere/items vir take ens. by die huis vergeet het moet hy/sy vir daardie dag daarsonder klaarkom. U moet dit asseblief nie agter hulle aandra nie. Die klein hekkie by die swembad word om 7:30 gesluit en om 12:30 weer oopgesluit. Ons poog om hekke so min moontlik oop en toe te maak ter wille van die veiligheid van u kinders. Leerders mag nie deur die hoofhek die terrein binnekom of verlaat nie. Maak gebruik van die klein hekkie by die swembad. ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n onderwyspos wat deur die Beheerliggaam goedgekeur is. Diensaanvaarding: 18 April. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is. REDENAARSKOMPETISIE / MONDELING: [INLIGTINGSTUK]

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewLeerders se gedragskodes moet almal ingehandig word. Handig...

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 20 - 27 Januarie 2017OUERS:KWYTSKELDING:Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen.

MEDIALEIERS:Baie geluk aan die volgende graad 7-leerders wat hierdie jaar as Medialeiers in die Biblioteek diens gaan doen:

Jeanetta Schoeman Divan ThuntsaCarma Burger Drikus van RooyenCharné Sass Pieter Duvenage

Chanel Niemann Desmond van Wyk

Dankie vir hierdie onbaatsugtige diens wat julle by ons skool verrig.

AFSKEURSTROKIES – NUUSBRIEF 1:Daar is heelwat ouers wat nog nie die afskeurstrokies van Nuusbrief 1 (Medisynebrief, gedragskode, SMS-stelsel (verpligtend), brildraers, aflosse vir leerkragte, ouergedragskode ens.) teruggestuur het nie. Leerders se gedragskodes moet almal ingehandig word. Handig asseblief alles op Maandag, 23 Januarie by die klasonderwysers in. Alle betalings word ook by die klasonderwysers gedoen.LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD MEESTE VAN DIE TYD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS.

“LOCKERS”: In die seuns- en dogters se kleedkamers is “lockers” wat teen R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor.

KAMMALAND KLEUTERSKOOL:Geen leerders tydens pouses of skoolure by die Kleuterskool nie.

OUERS WAT IN SKOOLURE DIE SKOOL BESOEK:Ons vra u samewerking in verband met die volgende:

Slegs ouers wat skool-of koshuisgeld by die finansiële kantoor moet betaal word op die skoolterrein toegelaat.

Elektroniese betalings word sterk aanbeveel! Slegs motors wat aflewerings doen word deur die hoofhek toegelaat.

Indien u kind sy/haar kosblik/handboek/swemklere/items vir take ens. by die huis vergeet het moet hy/sy vir daardie dag daarsonder klaarkom. U moet dit asseblief nie agter hulle aandra nie.

Die klein hekkie by die swembad word om 7:30 gesluit en om 12:30 weer oopgesluit.

Ons poog om hekke so min moontlik oop en toe te maak ter wille van die veiligheid van u kinders.

Leerders mag nie deur die hoofhek die terrein binnekom of verlaat nie. Maak gebruik van die klein hekkie by die swembad.

ONDERWYSPOS:Aansoeke word ingewag vir ‘n onderwyspos wat deur die Beheerliggaam goedgekeur is. Diensaanvaarding: 18 April. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is.

REDENAARSKOMPETISIE / MONDELING: [INLIGTINGSTUK]Die volgende onderwerpe word gebruik vir ons eerste Redenaarskompetisie op 28 Februarie. Hierdie onderwerpe word ook deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om Mondeling te praat in die Afrikaanse klasse.GRAAD 4 EN 5:

Die familie-wa 4 x 4 loop altyd reg Die belangrikheid van buite speel in vandag se lewe Gom

GRAAD 6 EN 7: Dis onmoontlik om vandag nog sorgeloos kind te kan wees Geluide My besluite beïnvloed my toekoms

Neem asseblief kennis van die inligtingstuk rondom Redenaars wat by die nuusbrief ingesluit is.

GRAAD 7 LEIERKAMP:Baie sterkte aan ons skool- en koshuisleiers wat op Donderdag, 26 Januarie op ‘n leierskamp vertrek. Hulle kom weer op Sondag, 29 Januarie terug.

GRYS SKOOLHEMDE VIR SEUNS:Aangesien grys skoolhemde nie altyd beskikbaar is nie, het die Beheerliggaam besluit dat ons skool stelselmatig sal oorgaan na wit skoolhemde vir seuns. (Kortmou en langmou)

DRAMAKLUB:Leerders wat belangstel om by die Dramaklub aan te sluit kan op Woensdag, 25 Januarie om 15:00 in die skoolsaal bymekaar kom.

KOSHUIS:DAGSKOLIERE: (AFSKEURSTROKIE)Dorpsouers wat in hierdie jaar hulle kinders by die koshuis gaan laat eet en studie (ongeag hoeveel keer ‘n week) moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 23 Januarie terugstuur na die klasonderwysers sodat u kind as ‘n dagskolier geregistreer kan word. Leerders wat reeds in 2016 as dagskoliere geregistreer is, hoef nie weer ‘n afskeurstrokie in te vul nie

Ouers moet asseblief kennis neem dat geen etes vir kinders uitgehou kan word nie. Die koshuiskinders eet vanaf 14:00 tot 14:20. Moet liefs nie vir u kind aktiwiteite in daardie tydgleuf reël nie.

LEERDERDEELNAME:KLEURGALA: Ons nooi u hartlik uit na ons Kleurgala wat op Maandag, 23 Januarie vanaf 13:00 plaasvind. Leerders wat nie deelneem aan die gala nie moet op die skoolterrein wees tot 14:00.Geen inskrywings word op die dag van die byeenkoms toegelaat nie, behalwe vir die 25m PRETSWEM items.Baie dankie aan al die ouers wat bereid was om as beamptes op te tree. Ons sal ook u hulp met die Interskolegala op 30 Januarie waardeer. Alfred sal u telefonies kontak en sê waar u werk. U moet asseblief om 12:45 by die swembad aanmeld.Leerders verdaag om 12:30 en kan gaan eet en hulle blou/geel klere gaan aantrek. Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings verskaf! BAIE DANKIE aan die graad 1-ouers wat bestanddele geskenk het vir die Kleurgala.

INTERSKOLE GALA:8 Skole kom aan ons Interskole Gala op Maandag, 30 Januarie om 13:00 deelneem. Swemmers wat eerste en tweede plekke op die Kleurgala behaal het, neem aan die Interskole gala deel. Die Ouerleierkomitee gaan weer heerlike verversings verskaf! Ons vra die GRAAD 2-KLAS SE OUERS om tot Woensdag, 25 Januarie skenkings van die volgende produkte te maak:

KOEKMEEL EIERS KOOKOLIE SUIKER KANEEL BAKPOEIER (Gee dit asb. by die boekstoor af)

SONE ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Atlete wat in die Sone atletiekspan is, ontvang elkeen ‘n inligtingstuk en program. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie op die nuusbrief invul en op Maandag, 23 Januarie na die klasonderwysers terugstuur saam met R15 inskrywingsfooi. Die

finale span word volgende week ingeskryf. Geen onttrekkings sal daarna toegelaat word nie.

RUGBY:Al die seuns het Boksmart vorms ontvang wat u as ouer asseblief moet invul vir die komende rugbyseisoen. Hierdie vorms moet op Maandag, 23 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word.

SKAAK: Baie sterkte aan Riaan Steenkamp wat die naweek aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein gaan deelneem.

TENTPEGGING:Baie geluk aan Miandi Steenkamp en Chrisna Roelofse wat vir die 0/14 Vrystaatspan gekies is en op 8 April aan die “SA Youth Festival” in Newcastle gaan deelneem.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Van Zyl familie (Afsterwe van oom Stoffeltjie)

ONS IS BAIE DANKBAAR VIR DIE REËN WAT GEVAL HET IN ONS DISTRIK

AFSKEURSTROKIE: SONE-A ATLETIEK – 3 FEBRUARIE

OUER: ____________________________________________

ATLEET/E: ________________________________________

________________________________________

ATLEET GAAN AAN AL SY/HAAR ITEMS DEELNEEMWAARVOOR HY GEKWALIFISEER HET:(Maksimum van 4 items)

ATLEET WIL AAN DIE VOLGENDE ITEMS ONTTREK:

__________________________________________________

ATLEET MOET HEELTEMAL VAN DIE SONE ATLETIEKSPAN ONTTREK WORD EN GAAN GLAD NIE MEER DEELNEEM NIE:

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN VERVOER:

EK KAN _________ ANDER ATLETE SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

INGESLUIT: INSKRYWINGSFOOI VAN R15 PER ATLEET

HANDTEKENING: ____________________________

DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke atleet: R80

AFSKEURSTROKIE: DAGSKOLIERE IN KOSHUIS - 2017

OUER: ______________________________________

LEERDER/S:

__________________________________ GR.: ___

__________________________________ GR.: ___

WIL BOGENOEMDE LEERDER/S (2017) AS ‘N DAGSKOLIER/E IN DIE KOSHUIS REGISTREER:

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: __________________

U kind moet registreer, ongeag hoeveel keer hy/sy per week in die koshuis eet en studie. Registrasievorms sal aan u gestuur word om te voltooi.

Koshuisetekaartjies moet vóór 10:00 in die oggend gekoop word.

Ja Nee

BULTERRIER HONDJIESBESKIKBAAR

Skakel Anita by:083 417 9933

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

VAKATURE BESKIKBAAR

LEERKRAG: (Posvlak 1) Beheerliggaamaanstelling

POSBENAMING: Graad 5 - Klasonderwyser

MINIMUM VEREISTES: Onderwyskwalifikasie

VAKKE: Engels, Afrikaans, NWT, SW en LV

AANBEVELINGS: Goed tweetalig. Rekenaarvaardig.Vermoë om opdragte doeltreffend en stiptelik uit te voerGoeie organisasie en beplanningGoeie en aanvaarbare waardesSport en Kultuur vaardighedeGeen kriminele rekordOndervinding gaan in jou guns tel!

KONTRAK: Jaarliks

SALARISPAKKET: R10 000,00 per maand vir 12 maande

DIENSAANVAARDING: 18 April 2017

HANDIG DIE VOLGENDE IN, OF EPOS NA [email protected] en Volledige CV

Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies en ID dokument

Sluitingsdatum: 16 Februarie 2017

NAVRAE:Skoolhoof, mnr PW Tait by: [email protected]

Tel: 053 5910039

Indien u nie binne twee weke, na sluiting van die aansoeke, iets van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.