JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB21 en 2015.docx  · Web viewDie finale...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 21 24 – 31 Julie 2015 OUERS: KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. HLS BEKENSTELLINGSDAG: Al ons graad 7 leerders woon op Vrydag, 31 Julie die Bekendstellingsdag by Hoër Landboudal by. ‘n Bus van Landboudal gaan hulle om 9:30 kom oplaai en sal die leerders na afloop van die verrigtinge weer terugbring. Leerders het ‘n keuse om na die verrigtinge daar agter te bly. Hulle ouers moet hulle dan daar gaan haal. TOELATINGS – 2016: Toelating vir nuwe leerders vir 2016 sluit op 31 Augustus 2015. Graad R leerders van Kammaland Pre- Primêr en Laaities en Ladies wat reeds ons toelatingsvorm voltooi het, hoef nie weer vir gr 1 in te skryf nie. BYBELPROJEK: Baie dankie aan elke kind en ouer wat ‘n bydrae gestuur het vir ons Bybelprojek. Ons het ‘n pragtige bedrag van R6 610,00 ingesamel waarmee 110 Bybels aangekoop kan word. Hierdie projek gaan steeds voort tot aan die einde van die jaar. Leerders kan hulle vol skapies by juffrou Elza kom inbetaal. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders van gr 4 – 6 kan nog hierdie week ‘n huiswerkboek koop as hy/sy nog nie een het nie. Vul die afskeurstrokie in en handig dit saam met R25 by die klasonderwysers in. ATLETIEKKURSUS – ATLETE EN AFRIGTERS: ‘n Atletiekkursus (Atlete en Afrigters) word by Fichardpark Primêr aangebied op Vrydag en Saterdag, 28 en 29 Augustus. Ouers en atlete wat hierdie kursus wil bywoon kan inligting by mnr Alfred Hodgson inwin. Kostes: Atlete – R120 en Afrigters – R160. Sperdatum vir inskrywings: 19 Augustus AMESA WISKUNDE: Leerders skryf op Dinsdag, 28 Julie om 14:00 die Amesa finale rondte vraestelle. Leerders is geïdentifiseer. Hulle moet elk R8 betaal. KOSHUIS: Ouers word genooi om die Ouervergadering by te woon op Maandag, 27 Julie om 7:30 in die koshuis se eetsaal. ‘n Koshuiskomiteevergadering sal net na die Ouervergadering plaasvind. LEERDERDEELNAME TENNIS: [AFSKEURSTROKIE] Die dogters se tennisdaag is oop en sluit aan die einde van die kwartaal. Die tennisrangleer is op die drukbord. Spelers word aangemoedig om hulle posisie op die rangleer te probeer verbeter. Onthou dat die daag by juffrou Tersia geregistreer moet word voordat julle die wedstryd mag speel. Die 0/9 dogtertjies gaan later in die kwartaal ‘n rondomtalietoernooi speel om hulle rangleer te finaliseer. “If you snooze you loose...” WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB21 en 2015.docx  · Web viewDie finale...

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 21 24 – 31 Julie 2015OUERS:KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit.

HLS BEKENSTELLINGSDAG:Al ons graad 7 leerders woon op Vrydag, 31 Julie die Bekendstellingsdag by Hoër Landboudal by. ‘n Bus van Landboudal gaan hulle om 9:30 kom oplaai en sal die leerders na afloop van die verrigtinge weer terugbring. Leerders het ‘n keuse om na die verrigtinge daar agter te bly. Hulle ouers moet hulle dan daar gaan haal.

TOELATINGS – 2016:Toelating vir nuwe leerders vir 2016 sluit op 31 Augustus 2015. Graad R leerders van Kammaland Pre-Primêr en Laaities en Ladies wat reeds ons toelatingsvorm voltooi het, hoef nie weer vir gr 1 in te skryf nie.

BYBELPROJEK:Baie dankie aan elke kind en ouer wat ‘n bydrae gestuur het vir ons Bybelprojek. Ons het ‘n pragtige bedrag van R6 610,00 ingesamel waarmee 110 Bybels aangekoop kan word. Hierdie projek gaan steeds voort tot aan die einde van die jaar. Leerders kan hulle vol skapies by juffrou Elza kom inbetaal.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Leerders van gr 4 – 6 kan nog hierdie week ‘n huiswerkboek koop as hy/sy nog nie een het nie. Vul die afskeurstrokie in en handig dit saam met R25 by die klasonderwysers in.

ATLETIEKKURSUS – ATLETE EN AFRIGTERS:‘n Atletiekkursus (Atlete en Afrigters) word by Fichardpark Primêr aangebied op Vrydag en Saterdag, 28 en 29 Augustus. Ouers en atlete wat hierdie kursus wil bywoon kan inligting by mnr Alfred Hodgson inwin. Kostes: Atlete – R120 en Afrigters – R160. Sperdatum vir inskrywings: 19 Augustus

AMESA WISKUNDE:Leerders skryf op Dinsdag, 28 Julie om 14:00 die Amesa finale rondte vraestelle. Leerders is geïdentifiseer. Hulle moet elk R8 betaal.

KOSHUIS:Ouers word genooi om die Ouervergadering by te woon op Maandag, 27 Julie om 7:30 in die koshuis se eetsaal. ‘n Koshuiskomiteevergadering sal net na die Ouervergadering plaasvind.

LEERDERDEELNAMETENNIS: [AFSKEURSTROKIE]Die dogters se tennisdaag is oop en sluit aan die einde van die kwartaal. Die tennisrangleer is op die drukbord. Spelers word aangemoedig om hulle posisie op die rangleer te probeer verbeter. Onthou dat die daag by juffrou Tersia geregistreer moet word voordat julle die wedstryd mag speel. Die 0/9 dogtertjies gaan later in die kwartaal ‘n rondomtalietoernooi speel om hulle rangleer te finaliseer. “If you snooze you loose...”WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:Die volgende seuns tennisspanne speel op Woensdag, 29 Julie teen Newton in Kimberley:0/13A en B, 0/11A en B en 0/9A en B.Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 27 Julie na die klasonderwysers. Busgeld van R30 per speler is vooraf betaalbaar.

0/10 TENNISTOERNOOI: [AFSKEURSTROKIE]‘n 0/10 Tennistoernooi word vanaf 24 tot 26 September (drie dae) by Newton Laerskool gehou en ons wil graag ‘n paar spanne vir hierdie toernooi inskryf. Kostes beloop R350 per speler, wat middagetes en ‘n geskenk insluit. Voltooi die afskeurstrokie indien u belangstel om u kind in te skryf en stuur dit op Maandag, 27 Julie terug na die klasonderwysers.

GIMNASTIEK:Sterkte aan ons gimnaste wat op Saterdag, 25 Julie aan ‘n gimnastiekkompetisie in Bloemfontein deelneem.ALLE GIMNASTIEKOUERS:Kennis geskied hiermee van ‘n dringende vergadering met die Beheerliggaam op Vrydag, 31 Julie om 13:00 in die Konferensiekamer.

SKAAK: Die gr R-3 skaakafrigting by Dina van der Walt begin weer op Donderdag, 30 Julie.Sterkte aan Johandre vd Berg, Rian Steenkamp, Fransien Steenkamp en Marli Coetzee wat die naweek aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.

KRYGSKUNS:Baie geluk aan CJ Marx wat op 11 Julie tydens die SA Krygskuns Kampioenskappe te Wits Universiteit ‘n silwer en brons medalje verower het.Sterkte aan CJ wat vanaf 30 Julie aan die Wêreldkampioenskappe in LasVegas, Amerika gaan deelneem.

ALGEMEEN:DRAKENSBERG STAPTOER:Persone wat reeds hulle kampplek vir die Jakkies vir Jesus Drakensberg Staptoer bespreek het, moet asseblief hulle getalle en kontakbesonderhede vir Lizette Krause sms. ‘n “Facebook”-blad sal eersdaags beskikbaar wees waarop allerhande inligting beskikbaar sal wees. Indien daar nog iemand is wat belangstel om saam te stap, kan u die onderstaande persone kontak vir meer inligting:Lizette Krause: 0790864754Loucille Bruwer: 0828892920

KAMMALAND PRE-PRIMÊR:Daar word op Vrydag, 31 Julie lekker Jaffels @ R10 en poeding met vla @ R7 verkoop.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Oom Henning van WykLemogang Montshiwa (ouma oorlede)

Adrian Schutte (ouma oorlede)

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK (R25)

OUER: _______________________________________

LEERDER: ____________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK BESTEL @ R25 ELK.

AANTAL HUISWERKBOEKE: ______

BEDRAG INGESLUIT: __________

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: ___________________

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN NEWTON (Woens 29/7)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN SPELER: ____________________________________

EK VERVOER SELF MY KIND NA NEWTON:

EK BENODIG VERVOER NA NEWTON:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

BUSGELD: R30

AFSKEURSTROKIE: 0/10 TENNISTOERNOOI (24 – 26 SEPT)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN SPELER: ____________________________________

EK STEL BELANG OM MY KIND IN TE SKRYF VIR DIE 0/10 TENNISTOERNOOI TE NEWTON.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

KOSTES: R350

TE KOOP:

200x Droëboontjiehooi Bale @ R15 per baal

100 x Grondboontjiebale @ R30 per baal

100 x Sakke Hawerpitte @ R3 / kg

Skakel: 082 456 2296