Indruk Augustus 2013

52
GRATIS tydskrif AUGUSTUS 2013 BRAND PRETORIUS: Daar’s net één manier om sake te doen Nagmaal op die maan Hoe gewillig is jy? GENADE werk lappies-lewe aanmekaar Redes vir baie egskeidings

description

 

Transcript of Indruk Augustus 2013

Page 1: Indruk Augustus 2013

GRATIS

tydskrif

au

gu

st

us

20

13

Brand Pretorius:Daar’s net één manier om sake te doen

Nagmaal op die maan

Hoe gewillig is jy?genade werk

lappies-lewe aanmekaar

Redes vir baie egskeidings

Page 2: Indruk Augustus 2013
Page 3: Indruk Augustus 2013

Inhoud - augustus 2013ty d s k r i f v a n R a d i o ty g e r b e r g

Vir ander publikasies deur Angus Buchan, skakel met Maranatha Record Company/Christian Publishing, 012 348 1891 – www.maranatha.co.za

GeReeld

1 Ingeanker – uit die Woord2 My indruk – Redakteursbrief4 Jou indruk 28 In beeld – dVd-resensie29 In klank – Musiek30 Kalender32 Radio tygerberg-programme

IN oNS oMGewING

24 Luisteraars gee en gee!20 300 word toe 2000

GeSIN

38 sy inspirasie – Wiele42 Haar inspirasie - ’n nuwe huwelik in een week!44 Haar inspirasie - Hoë egskeidingsyfer46 Haar inspirasie - Bo-op yskastert47 Haar inspirasie - My pêlle is belangriker as wat jy dink48 Klein inspirasie – Heidi en Basjan - Lugballon 2

ARTIkelS

6 In gesprek – Brand Pretorius: as ek oor kon begin ...

IN BReë TRekke

10 Hoe oud is jy?11 Liefde is ...12 PaC-oomblikke14 Klim af van jou marmotwiel16 Oupa en ouma se antwoordmasjien18 Werk is skaars20 genade is ...21 Het jy daarvan geweet?22 Vrywillig ...26 dis mos herwinning

IngeankerAngus Buchan se dagstukkies

Lees Jesaja 41:8-13

Augustus 2013 1

“ek versterk jou,” sê die Here, en ons moet dit onthou. Hy sê ook: “ek help jou.” My vriend, help god jou op die oomblik? Verleen Hy aan jou enige hulp? Hy sê: “ek hou jou vas, met my eie hand red ek jou.” Hy sal jou optel. Weet jy wat ’n brandweerman se “abba” is? dit is ’n spesiale tegniek wat ’n brandweerman gebruik om iemand wat nie op sy eie uit ’n gevaarlike situasie kan kom nie, uit te dra. Hy lig die persoon op en gooi hom oor sy skouer; sodoende word die persoon se gewig eweredig versprei en kan hy die persoon red.

die Here sê: “ek versterk jou, ek help jou, ek hou jou vas, met my eie hand red ek jou.” as god vir ons is, wie kan teen ons wees? Jy mag dalk sê: “angus, ek beleef op die oomblik ’n verskriklike stormagtige tyd. Finansieel is ek amper geruïneer; my gesondheid gaan agteruit; my gesin val uitmekaar ...” My liewe vriend, god het belowe dat Hy jou deur sy eie hand sal versterk en red. Wanneer die storms van die lewe losbars, sê Hy: “ek is by jou.” soms is hierdie storms eintlik seëninge. Jy mag dalk wonder hoe dit moontlik kan wees. Hier is ’n

voorbeeld. geen boer wil hael op sy oes hê nie, want dit is so vernietigend. Hael bevat egter kunsmis, genaamd stikstof. Wanneer die hael smelt, word die stikstof deur die grond geabsorbeer. na ’n week raak die geel mielies donkergroen. die mielies groei so welig. Mens kan dit skaars glo! Hael kan dus in seën omgeskep word.

god gebruik ook die storms van die lewe om jou te suiwer. god wil jou

moontlik voorberei op ’n groot toets wat voorlê. Hy mag dalk die storm gebruik om jou voor te berei op seën en Hy wil seker

maak dat jy dit nie verkwis nie. god sê indien jy seën wil ontvang, moet jy oefen. Jy moet in staat wees om ’n paar storms in

jou lewe te verduur. Gebed: My Vader, dankie vir u wonderlike beloftes waarmee u my gerusstel. ek weet dat ek nie alleen situasies hoef

te hanteer nie. ek weet ook dat u ’n plan en ’n

doel met my lewe het en dat niks waardeur ek gaan,

toevallig of tevergeefs is nie. u sê

vir my om moed te skep en sterk te wees. u belowe

om my sterk te maak. amen.

Hy sal julle versterkMoenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie,

Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. - Jesaja 41:10

God sê as jy seën wil ontvang, moet jy in staat wees om ’n paar storms in

jou lewe te verduur

Page 4: Indruk Augustus 2013

RedAkSIeIndRuK gebruik vrywilligers asverslaggewers en medewerkers– onafhanklike skrywers met onaf-hanklike menings. Hoewel ons metgroot sorg te werk gaan, is die inhoudvan alle artikels nie noodwendig inooreenstemming met standpunte vanIndRuK of Radio tygerberg nie.

RedAkTeuR Marius du PlooyBeleIdHardus ZevensterTAAlVeRSoRGING Riaan Cruywagensedrick taljaardOntwErP tenille swanepoelamor designHooffoToGRAweEtienne Janse van RensburgPierre CoetzeeAdVeRTeNSIeS Charmaine [email protected] 066 5675uITGeweR 104 PublicationsdRukweRkPaarlmedia Cape VErsPrEidinGOn the dot – 021 528 7920

koMMeNTAAR & [email protected]

PErMAnEntE MEdEwErkErsangus BuchanCarl KritzingerEttienne SmithJeanette KritzingerLorrein KatzkeLouis awerbuckLuané Janse van RensburgReinier MattheeRiana Hanekomsedrick taljaardsuleen HammanAnder medewerkers by artikels

RAdIo TyGeRBeRG 0861 104 104www.radiotygerberg.co.za

bl. 6

Artikel op

My Indruk

Augustus 20132

Vra gerus….ns is mos maar so ingestel dat ons ’n magdom vrae het

waarop ons nie noodwendig die regte antwoord soek nie. Ons verwag dikwels slegs die antwoord wat ons graag wíl hê. ek is ’n groot voorstander van sekuriteit, selfs al is dit soms bietjie tydrowend en ongerieflik. Ek glo dat, indien hulle my streng nagaan, hulle die ware skelms ook aan dieselfde streng stappe sal onderwerp – uiteraard ook tot my voordeel. Maar daar is tog soms sinlose sekuriteitsvrae waar ek my naam en ander besonderhede moet verstrek, sonder dat ek eers my Id-dokument hoef te toon. dan was die vraag sinloos en ek kon net sowel Jan van Riebeeck of Mickey Muis ingevul het. By die talle oudisies wat ek met verloop van jare vir tV-rolle of advertensies afgelê het, was en is daar altyd ’n vorm met ’n klomp vrae oor jouself: naam, geslag, ouderdom, gewig, lengte, kleur van jou oë en hare, skoengrootte, hempkraag, ens. Wat dit met my oudisie te make het, weet ek nie, want nadat mens die rol gekry het, word daar in elk geval met jou in verbinding getree om al jou mates en groottes te bevestig… (Ek het al die brandende begeerte gehad om by die vraag oor skoengrootte in te vul: Te groot vir my skoene, en by hemp: Warm om die kraag, net om reaksie te toets!) Maar net so het ek ook deur die jare, sonder om dit te besef, die bekende antwoorde tydens oudisies begin inskryf…

tot onlangs, toe ek skielik besef dat ek lank nie meer ‘bruin’ kan inskryf by die vraag oor my haarkleur nie. ek moes lankal grys begin invul het – dis nou nadat ek finaal eerlik moes wees of dít wat daar is, nog as ‘hare’ beskryf kan word. dit is jare lank nie meer net Yul Brynner wat daarsonder is nie (dié wat oud genoeg is om hom te onthou…) Lees gerus in die briewekolomme ook al die vrae wat mense oor springbokkeuses, politieke besluite en selfs oor die bestaan van god vra. In die meeste gevalle is dit nie werklik ’n vraag nie, maar eintlik ’n stelling.

“en jou punt is?”, sou vriendin Antoinette weer vra. My punt is – vra gerus enigiets, maar rig dit aan die regte adres en op so ’n manier dat jy werklik ’n antwoord verwag.

In Johannes 14:23,26 sê Jesus: ‘as iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon;’ ‘en wanneer die Vader in my naam die Voorspraak, die Heilige gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat ek vir julle gesê het.’

Marius du PlooyRedakteur

O tweeOns twee bied aan jou ’n keur van die beste artikels oor die huwelik wat al in LIG verskyn het. In dié pragboek sal jy enigiets vind, van God se plan vir jou huwelik tot die herstel ná ’n affair, die stilstuipe-sindroom, wenke vir lewenslange begeerlikheid asook inligting oor die ses grootmites van die huwelik.• Die beste artikels oor die huwelik uit LIG• Wye verskeidenheid artikels oor alle fases van getroud-wees• Grondige raad van kenners• In lekkerlees-styl geskryf• Ideaal as geskenkboek• Afdeling met nuttige telefoonnommers en ander

hulpmiddels

LIG bied aan sy lesers hierdie pragpublikasie teen slegs R139,95.

Direkte bestellings: [email protected]: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIAE-aankope: www.bybelmedia.co.za

Seks, geloof, geld en nog kante van

die huwelik

Die beste uit LIG oor die huwelik

tweeonsons

Page 5: Indruk Augustus 2013

tweeOns twee bied aan jou ’n keur van die beste artikels oor die huwelik wat al in LIG verskyn het. In dié pragboek sal jy enigiets vind, van God se plan vir jou huwelik tot die herstel ná ’n affair, die stilstuipe-sindroom, wenke vir lewenslange begeerlikheid asook inligting oor die ses grootmites van die huwelik.• Die beste artikels oor die huwelik uit LIG• Wye verskeidenheid artikels oor alle fases van getroud-wees• Grondige raad van kenners• In lekkerlees-styl geskryf• Ideaal as geskenkboek• Afdeling met nuttige telefoonnommers en ander

hulpmiddels

LIG bied aan sy lesers hierdie pragpublikasie teen slegs R139,95.

Direkte bestellings: [email protected]: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIAE-aankope: www.bybelmedia.co.za

Seks, geloof, geld en nog kante van

die huwelik

Die beste uit LIG oor die huwelik

tweeonsons

Page 6: Indruk Augustus 2013

Augustus 20134

Jou Indruktanya Erasmus vertel

Jou IndrukGert du Plessis het hierdie

wysheids-e-pos gestuur

Kom vaar saam met ons!

E k bly in Mpumalanga, het voorheen in die strand gewoon as ’n geskeide ouer met my jong seun. ek glo so in my hart der

harte dat my verhaal ’n ware getuienis is wat aan soveel vroue én mans daarbuite wat deur ’n egskeiding gaan, moed kan gee om net nog één dag langer te probeer, want môre skyn die son weer.

tydens my egskeiding het ek op straat beland met my seun, terwyl my gewese man saam ’n ander vrou gewoon het. ek het in daardie stadium twee weke lank in sy maatskappyvoertuig voor sy huis gewoon terwyl my kind saam met hulle in die woonstel gebly het. My ouers, wat pensioentrekkers is, het vir my blyplek in hulle klein woonstelletjie gegee, net om te verseker dat ek ‘n dak oor my kop het.

Later het ek myself in ’n sitsuasie bevind waar ek geen inkomste gehad het nie, geen blyplek en geen hoop nie. ek het op my knieë gegaan en gebid vir uitkoms, en vir God ’n lang lysie van verwagtinge gegee.

twee dae later het iemand my uit die bloute gebel vir ’n werk in die strand as

aflosbestuurder by ’n spyseniersgroep, sonder dat ek enige ervaring in die spesifieke rigting gehad het. ’n Week later is ek geseën met ’n woonstel wat ek kon bekostig, en

te danke aan ’n boodskap wat my ma aan Radio tygerberg gestuur het, het ek soveel skenkings ontvang dat my hele woonstel gemeubileer is deur mense met groooooot harte.

nou kyk, dit het my oë laat oopgaan vir die groot krag van god, en my laat besef dat niks wat ons vra onmoontlik is nie.

GEEn inKomstE, blyplEK En hoop...

nou kyk, dit het my oë laat oopgaan vir die groot krag van God, en my laat

besef dat niks wat ons vra onmoontlik is nie

Laat jou dink, nè? • Die beste manier om iemand “terug te kry” is om te vergewe. • Voed jou geloof en jou twyfel sal sterf van die honger. • Tensy jy die hele skepping in vyf dae kan skep, is dit miskien nie so ’n goeie idee om vir god voor te skryf nie. • Suksesvolle huwelike is nie om die regte persoon te vind nie, maar om die regte persoon te wees. • As die gras groener is aan die ander kant van die draad, kan jy verseker wees die waterrekening is ook hoër. • Woede is ’n toestand waar die tong vinniger werk as die verstand. • Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur jou te bekommer oor die toekoms. • God gee altyd Sy beste aan hulle wat die keuse aan Hom oorlaat. • Alle mense glimlag in dieselfde taal. • ’n Drukkie is ’n groot geskenk! “One size fits all”! • Almal verdien om bemin te word.... veral hulle wat dit nie verdien nie. • Die werklike maatstaf van ’n man se rykdom is wat hy belê het in die lewe hierna.

Page 7: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 5

Kom vaar saam met ons!

Page 8: Indruk Augustus 2013

Augustus 20136

In gesprek

Brand het onlangs afgetree as uitvoerende hoof van die land se grootste motorgroep, die McCarthy-groep. Maar hy

beskou aftrede slegs as ’n ‘oorskakeling na ’n ander rat’. Hy wil steeds probeer om ’n verskil in mense se lewens te maak.

Baie mense glo dat goeie

norme, waardes en beginsels nie in dieselfde asem as goeie besigheid genoem kan word nie... My standpunt is presies die teenoorgestelde. as jy wil hê dat jou besigheid op ’n volhoubare basis suksesvol moet wees, moet jy volgens

die regte waardes en beginsels sake doen. Met kort paaie en onetiese

gedrag word jy een of ander tyd uitgevang en dan is jou aandeelhouers, kliënte en jou besigheid daarmee heen.

wat het in ons samelewing gebeur

dat mense sulke persepsies ontwikkel

het?

Brand Pretorius word nie net in Suid-Afrika gereken as een van die land se mees gesiene sakemense nie, want hierdie boorling van die Vrystaat het internasionaal ook diep spore getrap. Van die onderwerpe waaroor hy binne en buite Suid-Afrika as spreker opgetree het, is die rol wat die sakesektor kan speel om ’n meer voorspoedige suid-Afrika teweeg te bring en riglyne vir sakesukses in ’n vinnig verander-ende suid-Afrika.

Brand Pretorius: As ek voor kon begin ...

Minder werk, Meer lag en Meer liefhê

Bran

d en

till

ie P

reto

rius

Page 9: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 7

dit het ontwikkel omdat daar in sekere gevalle die indruk geskep word dat korrupsie maar onder die mat ingevee kan word. die persepsie raak ál sterker dat kommersiële pragmatisime werk en dat die enigste suksesvolle manier om sake te bedryf is om omkoopgeld te betaal en te ontvang. die indruk is ook dat mense in die openbare én sakesektor daarmee wegkom. daar is net een manier en dit is die regte manier. die regte manier mag dalk op die kort termyn nadelig wees en jy kan dalk besigheid verloor, maar oor die lang termyn bly dit die beste resep vir volhoubare sukses. Definieer jou beginsels baie mooi en duidelik en leef dit konsekwent uit.

rEsPEk En INTeGRITeIT Vertrou gewone mense mekaar nog? Mens kan nie veralgemeen nie. In sekere gevalle bestaan daar nog merkwaardige onderlinge vertroue en respek. Mense raak meer skepties as gevolg van wat in die wêreld gebeur en dis ’n groot jammerte. as daar geen vertroue is nie, is daar ook geen verhouding nie. Ons veroordeel soms te vinnig of met vooropgestelde idees en ons respekteer nie mekaar se integriteit nie.

wat is die beste besigheidswenk of -boodskap wat jy al gehoor het? Eenvoudig en baie prakties: sonder kliënte is daar geen besigheid nie.

leweNSlANGe VEnnOOtskAPPE wat is die defenisie van ’n goeie bestuurder? dis ’n persoon wat sy mense se respek, vertroue en bewondering verdien deur middel van sy voorbeeld en deur goeie resultate te lewer, ook in die oë van sy personeel. Leierskapsbenadering het niks te doen met mag of posisie of gesag nie, maar alles met die vermoë om invloed te verdien. Mense luister nie na wat jy sê nie, hulle kyk na wat jy doen. as jy respek wil verdien, moet jy jou mense dien. Voor jy hulle hand (tyd en werk)

wat ek konsekwent nagevolg het, plus natuurlik haar onvoorwaardelike liefde. Ek is in die Vrystaatse platteland op Steynsrus gebore en het op Bultfontein grootgeword. My pa was skoolhoof, ’n wonderlike intelligente, streng en beginselvaste mens, hoof van die huis. My pa het vir my ma skoolgehou en hulle is ’n jaar na matriek getroud. sy was ’n huisvrou en die hart van die huis. My beginsel-fondament het by my ouers gelê. ek wou nie my ouers teleurstel nie. Dit is die lewenfilosofie wat ek uitleef dat hulle trots op my sal bly.

Jy het die wêreld al vol gereis. is dit nog vir jou lekker om nuwe dinge te ervaar? ek moet sê ek het ’n oordosis van sakereise gehad. ek geniet dit baie om saam met my gesin nuwe plekke te ervaar en mense te ontmoet. Ja, ek raak nog opgewonde oor nuwe plekke en ervarings, maar die fokus het geskuif, want daar is baie plekke in suid-afrika wat ek wil leer ken. Ons het ’n pragtige land. Maar van lughawens en lang vlugte het ek genoeg gehad.

“omring jou met die regte mense, nie net met regte talent nie, maar mense met die regte karakter en waardes”

besigheid op ’n konserwatiewe manier en hou die kontantvloei elke dag dop. dis die lewensbloed van ’n besigheid. Bestaan vir jou kliënte en stel hulle belange altyd voorop. Probeer om lewenslange vennootskappe met kliënte te vestig. Neem billike wins sodat daar ’n balans is tussen die opbrengs vir aandeelhouers en die waarde wat die kliënt kry.

SA SAkeMeNSe IS MeeR OPPOrtunistiEs is daar ’n verskil tussen die manier waarop suid-Afrika en die buiteland sake doen? die manier om op die regte manier sake te doen is basies dieselfde. Ja, daar is nuanseverskille. uit my destydse toyota-ervaring het ek geleer dat Japanners nie ’n opportunistiese aanslag het nie. Hulle beplan en doen baie navorsing en is baie gestruktureerd. Baie suid-afrikaanse sakemense, en ook Chinese, het ’n meer korttermyn-, opportunistiese benadering en wil so veel sake as moontlik doen. ek dink die waarheid

kan vra, moet jy hulle harte aanraak deur om te gee en jou eie ego opsy te skuif. ego ondermyn baie keer goeie leierskap.

wenke vir die sakemanne en -vroue? sien toe dat jou produk of diens aan wesenlike behoeftes van kliënte voldoen. dit moet relevant wees, dit moet kan differensieer en moet in die breedste sin waarde bied, wat gehalte en goeie diens insluit. en daar is net een manier: Eties. Omring jou met die regte mense, nie net met regte talent nie, maar mense met die regte karakter en waardes. Omring jou ook met mense met passie en geesdrif. ek het op die harde manier geleer... uit ’n finansiële oogpunt beskou: Bestuur jou

lê iewers tussenin. goeie sakemense lees die omgewing en situasie korrek om die regte dinge op die regte manier te doen.

ek woRd NIe kwAAd NIe Ons ken vir Brand Pretorius as ’n saggeaarde mens. word jy ooit kwaad? ek word nie kwaad nie. soms is ek ontsteld en teleurgesteld, maar ek het geen woede-emosie nie. dalk is dit abnormaal. Onbillikheid en onregverdigheid of om nie ordentlik teenoor mense te wees nie ontstel my. ek praat nie hard as ek ontsteld raak nie. My ma het vier seuns grootgemaak sonder om ooit haar stem te verhef. dit is ’n voorbeeld

Page 10: Indruk Augustus 2013

Augustus 20138

skEP sELf GeleeNTHedeGesels bietjie oor jou gesin. ek beskou my gesin absoluut as die kern van my lewe. ek het die grootste erkentlikheid vir my vrou tillie vir 40 jaar se ongelooflike ondersteuning. sy moes vir lang tye die huishouding en kinders alleen hanteer. ek het drie seuns wat bronne van baie inspirasie vir my is en ek is baie lief vir my skoondogters. Ons het ook sewe kleinkinders – wonderlike seëninge. Mens besef en ontdek eers later in jou lewe die noodsaak van gesonde verhoudings met die mense vir wie jy lief is. dis baie belangriker as beroepssukses of enige materiële voordele of invloed.

Hoe bou mens stewige gesinsbande in vandag se dolle gejaag? deur mekaar lief te hê en te onder-steun, in mekaar belang te stel en gehaltetyd saam deur te bring. Verhoudings is tydsintensief. Jy moet werk daaraan. skep spesiale geleenthede saam. Kyk mekaar in die oë en ervaar die wonderlikheid.

Hoe ontspan julle? ’n Besoek aan die wildtuin is al ’n familietradisie. Verder het ons ’n vakansiehuis aan die Oos-Kaapse kus en ons tye saam elke desember is baie kosbaar. Ons probeer ook om met verjaardae en ander belangrike dae bymekaar uit te kom. dit vra doelgerigtheid van almal omdat die lewe so besig is. Moenie wag dat dit vanself gebeur nie, reël dit.

MoeNIe ooRdeel NIe Godsdiens en die gesin? dit speel ’n baie belangrike rol. die uitleef van Christenskap is die fundamentele platform van ons gesin se lewensfilosofie. Dis die kern van ons gemeenskaplikheid. Ons moet ruimte laat vir mekaar se diep, persoonlike en eie belewing. Respekteer dit en moenie by tegniese punte vashaak nie. Ons glo nie in ’n pedantiese en onbuigsame benadering tot godsdiens nie. Mens beleef en sien god in so baie dinge.

In gesprek

“Goeie sakemense lees die omgewing en situasie korrek om die regte dinge op die regte manier te doen”Hoe antwoord mens diegene wat God se bestaan bevraagteken? Om hulle te veroordeel en aan te val het die teenoorgestelde uitwerking. Jou voorbeeld moet hulle prakties beïnvloed.

Hoe seker is jy van God se bestaan? ek weet dit in my hart en beleef dit in my lewe.

Jou gunstelingstuk in die Bybel? 1 Kor. 13. dit is ook by ons huwelikseremonie gelees. dit handel oor die essensie van liefde en die uitlewing daarvan. ek lees dit nog gereeld.

wat is die verskil tussen godsdiens en geloof? ek is nie ’n teoloog nie, maar ek sien godsdiens dikwels as dogma, geloofspraktyke en tradisies, terwyl geloof meer persoonlik is. dis jou verhouding en verbintenis met die skepper.

Hoe it-slim is jy? nie baie nie, maar ek het die basiese vaardighede onder die knie. ek omhels die moderne tegnologie en het ’n redelike goeie begrip van die aanwending van sosiale media en tegnologie. ek probeer egter om my lewens-gehalte te beskerm en is daarom nie self deel van Facebook en Twitter nie. Mense wat sMs in geselskap is baie ongeskik. Ons moet baie meer ingestel wees om onder vier oë te gesels. daar is ’n plek vir alle kommunikasiemeganismes, maar dit kan geen plaasvervanger wees vir oogkontak en gesels nie.

HouTweRk, eINA! Vertel van jou skooltyd – sportbelangstellings en deelname? ek stel veral belang in rugby en motor-sport. ek is bevoorreg dat my drie seuns

almal provinsiaal gespeel het. een van hulle, Jaco, was ’n springbok in die 15-man en 7’s-kode. Ek was op die platteland op skool en moes aan alles deelneem. ek het ’n bietjie aan atletiek deelgeneem en ek was redelik goed in rugby. ek het vleuel gespeel. ek was redelik gebalanseerd en het ook akademies goed presteer. ek het selfs klavier gespeel. ek was in vyf verskillende skole; daar het ek aanpasbaarheid geleer en niks daarvan oorgekom nie.

In watter vak was jy glad nie goed nie? Houtwerk – en die onnie het my pak gegee! ek was nie so handig nie.

Kan jy nog van jou skoolgedigte onthou? Behalwe Winternag nie veel nie.

en musiek? ek hou van klassieke musiek en is erg oor temamusiek van rolprente. dit maak emosies wakker en ek sien die prentjies.

Kry jy tyd vir lees, buiten notules en sakelyste? Ek lees graag finansiële, bestuurs- en motortydskrifte. Ek lees ook wyd oor leierskap en goeie outobiografieë. en oor Kerstyd en nuwejaar maak ek sommer net kop skoon en dan lees ek iets van deon Meyer.

Hy wErk 14 uur PEr dAG! Hoe lank werk jy per dag? So veertien uur. Van sewe tot sewe en dan weer van nege tot elf. daar is so baie om te doen en ek is betrokke by baie dinge. ek slaap so vyf tot ses ure per nag en oefen soggens tussen vyf en ses.

Is jy fiks? Ek is redelik fiks. In 38 jaar was dit nie nodig om een dag siekteverlof te neem nie. ek probeer reg eet en gesond leef en ek beskerm my energie.

Page 11: Indruk Augustus 2013

snElblitsvraE: q Behalwe suid-Afrika, waar sou jy graag wou bly? dit sal baie hartseer wees as ek elders moet bly, maar ... Frankryk. Ek hou van die atmosfeer en die omgewing. q As dit reën.... doen dit iets vir my hart en siel, want in die Vrystaat waar ek grootgeword het, was reën altyd ’n uitkoms. Reën is dankbaarheid en verkwikking.q My swakpunt is..... werkallesoorheersend.q Selfone is... noodsaaklik en ’n magtige

kommunikasiemiddel.q As ek weer ’n kans kon kry sou ek.... minder werk, meer lag, meer liefhê. q Ons mors hopeloos te veel met ... ander se

gevoelens.q Om kaalvoet in water te loop is..... bevrydend. dit laat my dink aan my kinderjare. ek het dit so lanklaas gedoen...q die mooiste prentjie wat ek ooit gesien het, is... tillie op ons troudag op 4 september 1971 in die kerk.q Ek is nie lief vir... aanstellerigheid nie.q ‘daar is net één manier om sake te doen’

Was jy ooit ’n ernstige kampvegter vir iets toe jy jonk was? In die aanloop tot die eerste demokratiese verkiesing was ek ’n kampvegter vir die nuwe suid-afrika. as sakeleier het ek outomaties my bes gedoen om ’n bydrae te lewer tot oplossings en om politici met my voorbeeld te beïnvloed.

My leweNSdRooM Hoe het jy in die sakewêreld beland? Van kleins af was ek ’n motorentoesias. My loopbaanambisie was om eendag in die motorbedryf te beland. ek het destyds my meestersverhandeling oor die

motorbedryf gedoen. toyota het my vir ’n onderhoud genooi en drie weke later het ek ’n aanstelling by toyota sa gekry. My droom was verwesenlik.

Hou jy van diere? ek hou van duitse herdershonde. Hulle gee onvoorwaardelike liefde met ’n besondere interaksie en aanvoeling. Hulle laat my altyd welkom voel.

Gesels bietjie oor goeie kos en lekker wyn. ek is nie besonder baie op kos ingestel nie. dis nie vir my so belangrik nie, maar my ma het en tillie maak wonderlike kos. ek geniet af en toe ’n glasie Merlot.

Page 12: Indruk Augustus 2013

In breë trekkekarien Basson (karienbasson.blogspot.com)

Augustus 201310

D is Maandagmiddag 13:00 en net voordat ek radiostasie toe gaan (wat ek werk noem) het ek weer

eens ’n ongesonde middagete verslind, bestaande uit ’n volgraankolwyntjie en piesangbrood met ’n pakkie skyfies. Vergeet daarvan om die kilojoules te tel, ek is al lankal by daardie hoofstuk in my lewe verby. ek het net ’n paar sekondes by die gedagte aan kilojouletellings vasgehaak, want dit beteken ek moet wiskunde doen en ek haat wiskundige formules!

te danke aan my man het ek uiteindelik uit my grot ontsnap en by die Facebook-familie aangesluit. uiteindelik het Karien Basson haar eie profiel... Die feit dat almal deurentyd alles van jou weet, ‘freak’ my so ’n bietjie uit. noem my grotvrou, maar ek verkies ouskoolse geheimsinnigheid.

‘Haal die krisis uit jou 30’s’ lui die hoofopskrif van ’n Sarie-artikel.

In jou 20’s het jy sterre in jou oë en droom ons oor die suksesleer en die

perfekte lewe met meer as genoeg finansies om eksklusiewe oorsese vakan-sies te hou, huise te besit en op 30 die een met die perfekte lewe te wees. Vol-gens Facebook-norme maak dit blykbaar nie saak waaruit jou prentjie bestaan nie; solank dit jou oud-skoolvriende in ’n mate jaloers kan maak, gloei jy van trots...

en dan verloor die kalender ’n paar bladsye en 32 klop aan jou deur. dis die tyd wanneer die werklikheid

toeslaan. die hoofstuk verander van drome droom na terugkyk na 30 jaar se geskiedenis om vas te stel of ek die paal gehaal het. Ons sit en droom oor die persoon wat ons nie is nie, wonder oor die dinge wat ons nie het nie en kla oor die dinge wat ons nie reggekry het nie. Ons wonder wat die uiteinde van ons keuses sou gewees het as ons

ander afdraaipaaie geneem het en sluk swaar aan die werklikheid.

Waarom diskwalifiseer ons onself so gou op so ’n jong ouderdom?

Ons kan sê “ek is al in my dertigs”, óf ons kan sê “ek is maar net in my dertigs.” Ons het ’n keuse, weet jy?

ek weet van mense wat op die ouderdom van 81 hulle eerste boek gepubliseer het, vroue in hulle sestigs wat doktorsgrade behaal het, mense wat op 45 marathons begin hardloop

het sodat hulle op 58 die yster-man kon aandurf. dis mense wat keuses gemaak het deur te sê ouderdom is irrelevant.

Ons almal het drome en al lyk dit hóé vaag… droom, en droom groot! Bid, vra, skryf,

praat daaroor, bemagtig jouself en droom. Êrens luister die regte per-soon, en êrens kyk die regte persoon in afwagting van jou ster om te verskiet.

Onthou: ‘great souls will always be challenged by mediocre minds…’

Hy is steeds in beheer, selfs al voel dit soms nie so nie.

‘haal die krisis uit jou 30’s’ lui die hoofopskrif van

’n sarie-artikel

Ag, noupraat jy blog

Hoe oud is jy?

Page 13: Indruk Augustus 2013

In breë trekke

♥ Liefde is …

♥♥

Page 14: Indruk Augustus 2013

Augustus 201312

InsigCharmaine Boshoff

D aar is min geluide wat vir my so ontstellend is soos die loeiende sirenes van ’n naderende

ambulans. eerstens is dit haas onmoontlik om te bepaal van waar die geloei kom en in watter rigting dit gaan… al wat jy sonder twyfel weet, is dat dit op pad is en dat jy in die pad is.

dan is daar natuurlik die kere wanneer jy in druk verkeer vas-gevang is en jy heimlik wens dat jou motor oor ’n helikopterskroef beskik het, want daar is nie beweegruimte vorentoe, sywaarts of agtertoe nie. daar is net een opsie – boontoe!

so was dit een reënerige middag in die hoofstraat van somerset-Wes. ’n sirene! ’n Vinnige blik in my truspieëltjie het my vermoede bevestig dat die ambulans van agter af aangekom het. die snelheid waarteen hy gejaag het, het my laat besef dat dit ’n ernstige geval was. ek het besef dat daar aan die ander-kant van hierdie loeiende sirene ’n mens was wat op daardie presiese

oomblik ernstige gebed nodig gehad het.

net daar en dan het ek god aangeroep vir daardie mens of mense se redding, genesing, bewaring en die familie wat heel

moontlik met pyn gekonfronteer gaan word. die oomblik was vir my groot. daardie besef dat ek elke dag van die mees alledaagse situasies PaC-oomblikke moet maak, was kosbaar. Praktiese aktiewe

PAC-oomblikke

Page 15: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 13

Christen-oomblikke. PaC-oomblikke is nie tot ambu-

lanse beperk nie. Wanneer ek die verkeer in die oggende trotseer en die minibustaxi’s so ondeurdag links en regs voor motoriste invleg,

wil ek in my menswees allerhande wraakgedagtes koester, maar as ’n Praktiese aktiewe Christen doen ek dit nie. (In alle eerlikheid faal ek nog soms daarmee!) god se Woord leer tog in spreuke 18:20 dat die mag van lewe en dood in die tong lê. so kan ons byna enige situasie neem en daarvan ’n PaC-oomblik maak.

sien jy ’n troukar met ’n pasge-troude paartjie, spreek god se seën oor hulle huwelik uit.

Wanneer jy in die inkopiery staan om te betaal, bid vir die finansiële voorspoed van die mense voor en agter jou. sien jy ’n kindjie in ’n stootwaentjie, bid dat god daardie lewetjie sal gebruik en sal seën.

PAC-oomblikke

die beginsel van saai en maai is nimmereindigend en nie alleen tot finansies beperk nie.

Wanneer ons ’n oomblik stil word en werklik dink oor ons lewens, kan ’n mens nie anders nie as om te besef dat ons maar net ‘grassade in die wind’ is. die mens is uitgelewer, maar danksy die groot en onmeetbare genade van ’n

Hemelse Vader wat net ons beste belange op die hart dra, kan ons lewe, en lewe in oorvloed hê (Joh. 10:10).

Kom ons maak sommer van hierdie oomblik ook ’n PaC-oomblik en bid dat almal wat nou hier gelees het, ongekende seën, gesondheid, wysheid en voorspoed sal ervaar!

net daar en dan het ek God aan-geroep vir daardie mens of mense se redding, genesing, bewaring en die familie wat heel moontlik met pyn

gekonfronteer gaan word

Page 16: Indruk Augustus 2013

Augustus 201314

Interressantkarien Basson

binnekort sal suid-afrika se Groot vyf gesigte slegs ’n versamelstuk wees

wat plek moes maak vir madiba se gesig.

H ulle bespiegel dat tensy daar iets drasties gedoen word, renosters in 2015 ’n uitgestorwe spesie

gaan wees. die joernalis skryf dit op ’n insiggewende manier, noodgedwonge kil sodat dit nie ’n te groot stortvloed van emosies sal veroorsaak waneer ons die oggendnuus lees , miskien verstik in ons muesli, stuiptrekkings kry en ons dag ontwrig nie.

uitGEstOrwE sPEsiEsou die mensdom nie sy les geleer het met die uitsterwing van die dodo nie, wonder ons terwyl ons vinnig ’n lastige traan wegpink, die foto van ’n oulike renosterkalfie en sy ma op Facebook plak en voortsnel soos ’n marmot op sy wielietjie. Dit sal mos nooit regtig gebeur nie… twee jaar is nog so lank… en as die valbyl sou val, sal hulle altyd nog op R10-

note te siene wees…dis net hier waar ons onsself lelik

bluf. dink mooi – twee jaar vlieg in ’n oogwink verby. ’n Paar jaar gelede was ek nog ’n gautenger wat vandag trots die merke van die Kaap dra. Binne twee jaar kry jou kind ruggraat en verloor sy vlerke, en jou eens aangename werk-gewer verruil sy mombakkies vir dié van ’n geel heks! twee jaar lê op sy rug, pens en pootjies in die lug, voordat mens alweer moet opgradeer. Wat die bank-note betref – die grense van sentiment is wyd en soms soos die stippels van Morsekode. Binnekort sal suid-afrika se groot Vyf gesigte slegs ’n versamelstuk wees wat plek moes maak vir Madiba se gesig.

Ons staar hulpeloos, geel van gal om-dat niemand werklik iets doen nie. Ons

gee regtig om, want ons is nie slegte mense nie; ons wil regtig hê

dit moet end kry, maar teen wie baklei jy

as die vyand ’n gesiglose barbaar is?

die mag van lewe en dood

lê in jou tong, die sterkste spier in die anatomie wat steeds nie sy krag verstaan nie. dis tyd dat ons almal, ek en jy, ons gesag besef as kinders van god.

Wanneer ons praat, sal dit woorde van hoop en lewe wees, woorde van geregtigheid wat die lig sien, woorde wat red en antwoorde inhou. sluk elke negatiewe woord, pak blou yspakkies rondom jou logiese mening en begin bid. Praat, skree, sing of roep dit uit solank dit positiewe woorde is wat die lug van afrika vul en soos ’n wolkkolom op ons mense en diere, leiers en vyande neersak…

GLO sAAM MEt My:q Renosterstropery stop nou in afrika en in ander wêreldlande.

q Wat elke party in die proses saai, sal hy maai.

q en ons bid vir wysheid, kennis en energie vir diegene wat dit dag en nag beveg.

dis nou óns beurt om ’n verskil te maak – vandag nog!

Klim af van jou marmotwiel

Page 17: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 15

Page 18: Indruk Augustus 2013

Augustus 201316

GoeieMôRe ...

As ons die kleinkinders moet kom oppas, druk 2As julle ons motor wil leen, druk 3As julle wil hê ons moet julle klere was en stryk, druk 4As julle wil hê dat die kleinkinders by ons moet kom slaap, druk 5As julle wil hê dat ons die kinders by die skool moet gaan haal, druk 6As julle wil hê dat ons vir julle ’n maal-tyd moet voorberei of ditby julle huis aflewer, druk 7As julle hier wil kom eet, druk 8As julle geld nodig het, druk 9As julle ons vir ete gaan nooi of ons teater toe wil neem, praat maar, ons luister.

Interressantstorie oorvertel deur robert van wyk

antwoordmasjienOupa en ouma se

Ons is tans nie tuis nie, maar laat asseblief ’n boodskap na die sein. as jy een van ons kinders is, druk die nommer kind wat jy is en druk dan een van die volgende nege opsies, sodat ons by ons terugkoms kan weet wat ons moet doen:

Page 19: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 17

The New Golf GTI is here...

Page 20: Indruk Augustus 2013

Interressant

Augustus 201318

Dié e-pos wat ons ontvang het, handel oor ’n advertensieveld-tog van ’n Duitse werkverskaffingsburo met die gepaste

slagspreuk: Die lewe is te kort om die verkeerde werk te hê. Die driedimensionele prentjies word op die masjiene se kante

geplak en het al menige mens laat stilstaan...

Werk is deesdae skaars....

Page 21: Indruk Augustus 2013

True Father, I knowBeing barefoot in the snow

I learnt to embracethis cold trembling place

I can hear the voiceeven make the right choice

It is what remainsthat causes me pain

the moment I enterthrough the shining door

I may have escaped the battleBut not the wining warYou taught me to listen

I beg you to seeIn my bravest attempts

Honouring the pleathere are too many others

Of whom I must flee

so here, I am bleedingMore red spots in the snow

What is weird indeedIt’s only me that bleedsthe insight is shockingTrue Father, can it be

either I lost it orthis war is in me...

I don’t have the answerToo tired to talk

Mourning the mysterytoo weak to walk

With a suffocating soulOn a wounded knee

I am the pleatrue father, free me!!!

Interressant

karen

Wrestling with the voice

Page 22: Indruk Augustus 2013

G enade is iets wat eenvoudig gegee word. genade neem die onbruikbare stukkies van

ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies. dit neem die hart wat deur die modder gesleep is hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die Hanger van die lewe. dit maak moedeloses weer mense van hoop, verander bitterheid in vergifnis en herskep verlorenes in ewigheids-kinders. deur genade word `n troostelose toekoms omgeskep in `n lewe wat uitsien na môre. goddelike genade stel nie voorwaardes nie, het nie verwagtinge nie, deel nie reëls uit nie en verwyt

nooit nie. dit sê: ek het jou lief net soos jy is. Jy hoef nie `n eers-mens te wees nie: iemand wat eers moet doen, werk, lyk, gee en dien nie. ek gee aan jou My vergifnis, aanvaarding en liefde terwyl jy is wat jy is. Want ek het gekom om uitgetorringde lappies-mense se lewe aanmekaar te werk tot `n hemelse eenheid. god se genade is te groot om te

verstaan. tog is dit waaroor ons geloof gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die ewigheid saam met Christus gaan. gelukkig hoef ons nie eers die omvang van god se gee-genade te begryp voor ons dit aanvaar nie. Ons kan dit, wat so onvoorwaardelik aan ons geskenk word, maar net met dankbaarheid omarm en ons eie maak.

Augustus 201320

Interressant

wonder wie-posser

God se genade is te groot om te verstaan. tog is dit waaroor ons geloof

gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die ewigheid saam met Christus gaan

Genade is...

Page 23: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 21

Interressant

t toe ek hierdie e-pos onlangs ontvang, was ek baie skepties omdat daar soveel

wolhaarstories op die internet in omloop is. ek loer toe op google (ook gevaarlik om alles te glo wat jy daar lees), maar tussen die tientalle verwysings hierna, lees ek in National geographic news van 28 Oktober 2010 dat dit werklik so was...

Op 20 Julie 1969 het die apollo-ruimtetuig op die maan geland. die meeste van ons is bekend met neil armstrong se woorde: “One small step for man, one giant leap for mankind....” maar bitter min mense weet van die eerste maaltyd wat op die maan geëet is. Buzz aldrin se gemeente het vir hom ’n klein nagmaalstelletjie gegee, wat hy saamgeneem het op die ruimtetuig. nadat armstrong se boodskap aarde toe gestuur is, het Buzz die radio afgeskakel, Johannes 15:5 gelees, en nagmaal gebruik – op die maan. neil armstrong het eerbiedig toegekyk, maar geen kommentaar gelewer nie, het Aldrin gesê. Die ateïsme-aktivis, Madelyn Murray O’Hair, wat beswaar

gemaak het daarteen dat staatsamptenare in die openaar bid, het in dié tyd ’n eis teen nasa ingestel en aldrin het sy nagmaalsviering gevolglik privaat gehou. In sy outobiografie Return to Earth vertel

aldrin verder van sy stryd teen kliniese depressie en alkoholisme in die jare nadat hy nasa verlaat het. dit het baie beter met hom gegaan nadat hy met sy vrou, Lois, getrou het.

Nagmaal op die maan

Het jý daarvan

geweet?

Page 24: Indruk Augustus 2013

Augustus 201322

Insigoom Soon

Vrywillig of onwillig

gewillig?D aar is seker min dinge

in die lewe wat ’n mens so kan frustreer as om met onwillige mense ’n

taak aan te pak. Onwillige mense deel gewoonlik nie jou visie nie, of sien nie die doelwit wat jy wil bereik nie. gewillige mense vra nie vrae nie; onwillige mense het alewig verskonings.

In die antieke tyd moes soldate dikwels met swepe aangedryf word na die slagveld. Onnodig om te sê, jy het maar ’n skraal kans op oorwinning gehad met só ’n span soldate.

gewilligheid, daarteenoor, bring altyd groot blydskap en gewillige mense skrik nie vir probleme nie. die verskil tussen ’n uitstaande mens en ’n gemiddelde mens lê in die gewilligheid om offers te bring (offers van tyd, energie, kundigheid, geld en volharding). In Hooglied 6:11-12 lees ons wat die Bruidegom sê: “ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom. :12 Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele gewillige volk.”

Jy kan niemand dwing om gewillig te wees nie, want al wat jy gaan kry is onwillige gewilligheid. so ook kan jy niemand dwing om lojaal te wees nie, want lojaliteit is ’n karaktereienskap. dit is altyd verblydend, stimulerend en sielvoedend om met ’n klompie

gewillige helpers ’n taak aan te pak.

die eienskap van gewillige mense is gewoonlik blymoedigheid. nehemia in die Bybel is vir my ’n baie inspirerende boek. Met vrywillige gewillige mense het nehemia die verwoeste mure

van Jerusalem in ’n japtrap van 52 dae weer opgebou. Ons lees in nehemia “die mense was met hulle harte in die werk”. toe

die taak afgehandel was, het nehemia weer na vrywilligers gesoek, hierdie keer om vrywillig in Jerusalem te kom woon om die stad teen vandale te beskerm. Ons lees ook in neh. 11:2 “en die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.”

twee hoofstukke in nehemia, nl. hoofstuk 11 en 12, word gewy aan die name van die vrywilligers. dis op die oog af ’n lang lys van “niksseggende” name, maar in breër verband gesien, besef jy hoe waardeer god vrywilligers wat blymoedig by sy saak betrokke raak. Hulle name is in god se Woord verewig. Hierdie mense word nie vereer vir hulle kundigheid of gawes of talente of resultate nie. nee. Bloot omdat hulle gewillig was om betrokke te raak en betrokke te bly. ek het maar net gewonder hoeveel van ons sal so ’n naamlys haal?

Lees gerus die voLgende skrifgedeeLtes oor gewiLLigheid:

rigters 5:1-5 Lofsang oor gewilligheidneh. 11:2 dankbaarheid oor gewilligheid1 kron. 29:9 Blydskap oor gewilligheidEx. 35:21-29 Vlytigheid van vrywilligers.

Onthou, as jou blydskap verdwyn,

verdwyn jou gewillig-heid daarmee saam

Page 25: Indruk Augustus 2013
Page 26: Indruk Augustus 2013

S

Augustus 201324

In ons omgewing

karien BassonBerge noedels vir mense in kZn-berge

o baie mense vra wat hulle kan doen om ’n verskil te maak en wonder dan dikwels of hulle ‘bietjie’ genoeg gaan wees.

ter viering van Mandeladag het Radio tygerberg

104FM saam met Spar besluit om nie net die 67 minute te ‘gee’ nie, maar om 67 dae lank hulp te verleen!

Vuurvas, Radio tygerberg se huistoery-middagprogram, het inisiatief aan die dag gelê en besluit om 2-minuut noedels in te samel en die tygerberg mediese studente te vra om dit na Msinga in KwaZulu- natal te neem, waar die nood besonder groot is.

die Msinga-projek word deur die mediese studente van tygerberg ondersteun wat al dertig jaar lank mediese hulp verleen aan die gemeenskap daar tussen niks en nêrens in die berge van KZn. aanvanklik was dit slegs mediese hulp, maar mettertyd het dit ook meer geestelik van aard geword en op opheffingsprojekte in die gemeenskap begin fokus.

Pastoor shawn Basson is reeds die afgelope twee jaar die groep se geestelike leier, maar die besoek en uitreik-aksie word deur die studente self gereël.

Vyf hoërskole in die Skiereiland, DF Malan, stellenberg, tygerberg, Jan van Riebeeck en Bellville, het hulle harte oopgemaak en kragte saamge-snoer met die Vuurvas-span. Hulle het die projek in die middel van hulle eksamentyd op Twitter en Facebook

luisteraars gee en gee en…

begin adverteer. selfs net die woorde ‘2 Care enough 2 give’ bring soveel moontlik noedles vir Radio tygerberg se gemeenskapsprojek het op hulle BBM-status verskyn. Binne slegs 48

uur was ons uit die veld geslaan deur die berge noedels wat uit alle oorde hier aangekom het!

spar se hart is dieselfde dag geraak deur die positiewe reaksie van die

gemeenskap, en het besluit om met vyf duisend pakkies 2-minuut noedels die berg noedels nog groter te maak!

Matteus 7:11 sê: “as julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!”

Wat een middag tydens die uitsending net ’n los gedagte en ’n droom was tussen ons as aanbieders, is nou ’n werklikheid. Ons lees skrifgedeeltes soms asof dit vir ander mense bedoel is, en hier staan kreunende motors vol noedels, net omdat gewone mense soos ons en luisteraars gehoorsaam was. Hy gebruik mense om sy woord uit te dra… wat ’n voorreg is dit om net ons ore te spits en te luister.

Voordat jy ja sê. die prys is hoog, maar die roete lewer ewige dividende op!

matteus 7:11 sê: “as julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer sal julle vader wat in die hemele is, goeie dinge

gee aan die wat hom bid!”   

noedels vir Afrika… ek bedoel kZn.Anton en karien (agter) saam

met ds. shawn Basson en roxanneneyenes en Eddie Hanekom (voor).

Page 27: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 25

BO: Hoërskool tygerbergers. Voor: wikus Herselman (skoolhoof), Morné feldmann (gr10), damian west (gr10) , Casper nel (gr10) Agter: rouchelle liedemann (Oggendrooi-aanbieder op radio tygerberg), Lu-wayne Victor (gr10), rochelle Olivier (gr10), Chanté steenkamp (gr10), dominic van der walt

(gr10), sedrick taljaard (radio tygerberg)

Hoërskool df Malanners saam met Anton Brink

Hoërskool Jan van riebeeck het ’n noedel-kruis gepak!

Page 28: Indruk Augustus 2013

Augustus 201326

Inspirasie

Dís mos

herwinning

Page 29: Indruk Augustus 2013

24038INDRUKportrait_fin.indd 1 2013/07/03 3:03 PM

24038INDRUKportrait_fin.indd 1 2013/07/03 3:03 PM

24038INDRUKportrait_fin.indd 1 2013/07/03 3:03 PM

Elke keer wat jy minder betaal, kry ander meer.

Page 30: Indruk Augustus 2013

In beeld deur Bridgette Erdey

die Bybel is vol van edel en waardige vroue wat deur die lewe geworstel het, net soos ek en jy. dit is vir my nogal ‘n gerusstellende gedagte. Miskien het die vroue wat god in die Bybelse tyd gebruik het met ander maatskaplike uitdagings as ons te kampe gehad, maar die emosies het deur die eeue dieselfde gebly.

neem die jong weeskind, Hadassa, as voorbeeld. ek is deur albei my ouers

grootgemaak en ek kan my

kwalik die leemte in

die lewe van dié

jong dogter voorstel toe sy haar ouers verloor het. Maar god was getrou toe hy Mordegai aan haar as voog gegee het, want hy het haar soos sy eie kind liefgehad. god het groot planne vir haar gehad en sy sou koningin ester word.

By die lees van die boek Ester het ons net die feite soos dit in die Bybel aan ons voorgehou word. Ons weet nie hoe ester gevoel het toe sy die eerste keer aan koning ahasveros voorgestel is nie. Het sy dalk bedenkinge gehad oor haar waardigheid of voorkoms? Het sy geweet dat dit god se plan was dat sy sy volk moes red van die bose planne wat die koning se raadgewer, Haman, gesmee het?

die boek Ester is die jongste histories-dramatiese weergawe van dié epiese verhaal op film. Wat ek die meeste van die films geniet, is die geleentheid om my met die karakters te vereenselwig en my te verbeel hoe hulle moes gevoel het toe hulle god se plan vir hulle lewens uitgeleef het.

Met Vrouedag in augustus is die tydsberekening vir die bekendstelling van hierdie film perfek. Ek moedig u aan om die lewens van die vroue van die Bybel te ontgin. natuurlik was hulle nie perfek nie en baie het foute begaan. Maar god het hulle lank gelede gebruik om aan ons lesse te leer waarvolgens ons vandag nog kan lewe.

– ‘n DvD-resensie

the book of Ester dvd

The book of ester dVd is nou beskikbaar by toonaangewende

Christelike kleinhandelaars.As u The book of ester dVd

geniet het, sal u ook die volgende titels geniet:die boek rut /

Magdalena – Van skande verlos.

Wen een van drie ester-dVd’s.

sMs Kruis + IndRuK3 + u naam aan

33282. elke sMs kos R1,50.

Gratis SMS’e en SMS-bondels geld

nie. Wenners sal op 1 september

2013 in kennis gestel word en

op die Facebook-blad van

Brettian Produksies

aangekondig word.

weN

Page 31: Indruk Augustus 2013

INDRUK_AUG_PRINT.indd 1 05/07/2013 04:08:38 PM

Heelwat nuwe musiek

tot Sy eer

In klank

Ettienne smith

David Crowder Band ’n Hele paar puik gospelkunstenaars het die afgelope tyd CD’s van hulle beste treffers uitgereik. Dink maar aan Chris Tomlin en Matt Redman. Die David Crowder Band is ook kort op hulle hakke met ’n nuwe album, All this for a king, The Essential Collection. ’n Keur van hulle beste treffers kan op hierdie album gehoor word, soos Here is our king, O praise Him en The glory of it all. ’n Nuwe snit, This I know, verskyn op hierdie CD en drie opgeklitste treffers kan gehoor word vir dié wat hulle dansskoene wil aantrek. Die liedjie, After all (Holy) (Capital Kings Remix) is beslis ’n luister werd.

Neil Higgins

Is een van Suid-Afrika se belowendste nuwe kunstenaars. Sy jongste vrystelling, The noise we make, is in Nashville, Tennessee, opgeneem en vervaardig deur die voormalige Tree 63-baskitaarspeler Daniel Ornellas. Met Stu G van Delirious? en One Sonic Society, Brenton Brown en Jaci Velasquez wat almal ’n bydrae op hierdie album gelewer het, is dit iets van hoogstaande gehalte. Luister na We lift You up en It’s Your love for me – pure luistergenot.

Page 32: Indruk Augustus 2013

Augustus 201330

21 22

Ma

3 4

12 14 1713 1615 18

5 7 106 9

2

8

1

11

19 2420 23 25

2826 27 3129 30

wo Vrdi do Sa So

kalender

augustus

Page 33: Indruk Augustus 2013
Page 34: Indruk Augustus 2013

Augustus 201332

ProgrammeOnderworpe aan verandering

MAAndAG - AuGustus 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus07:10 – sportkollig 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – storie van hoop08:00 – nuus08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BonanzaBenescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Wat is nuus?10:00 – Bonanza Moment10:15 – In die geskiedenis10:40 – Huwelik11:00 – nuus11:10 – Meer as oorwinnaars

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – 104 kook14:30 – Fokus op die Woord - dr. Raymond Lombaard

15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet

15:15 – tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – Vuurvas sport met arnold geerdts16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – Your weekly health jab with dr M - dr. Michael Mol17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – richard de Villiers

18:00 – nuus18:05 – Hoe gemaak met geld19:30 – aandboodskap20:15 – Wat sê die reg - Frank Raymond en Rob McCreath22:00 – Kerk sonder mure - dr. Hennie Lubbe

dinsdAG - AuGustus 2013

01:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Oggendrooi ritme08:00 – nuus08:20 – Oordenking08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BonanzaBenescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday

life - Joyce Meyer09:30 – Wat is nuus?10:00 – Bonanza Moment10:15 – In die geskiedenis10:40 – Werksverskaffing & gemeenskapsnuus11:00 – nuus11:10 – Hoe maak mens? – deon van der Berg

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek12:40 – Help jou naaste13:00 – nuus13:05 – Family time - angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – gesondheidsfokus14:30 – sout van die aarde - Ingrid Venter

15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – sports Wrap with gareth Burley16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – Wiele Blitz17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – richard de Villiers

18:00 – nuus18:05 – Hou my dop 19:30 – evangelie in aksie20:15 – Potpourri - Richard de Villiers21:30 – salt and light - dr. Peter Hammond22:00 – Xhosa programme

wOEnsdAG - AuGustus 2013

03:00 - 06:00– Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Hoekom?08:00 – nuus08:20 – Oordenking08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BonanzaBenescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Wat is nuus?10:00 – Bonanza Moment10:15 – In die geskiedenis10:40 – Om ouer te wees - Retah McPherson11:00 – nuus11:10 – Versoeke

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – Jou geld maak saak 14:30 – Hoor my!

15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders

16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – Vuurvas sport met arnold geerdts16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – geldsake met Hein Kruger17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – denise williams

18:00 – nuus18:05 – ek en my kind19:30 – Boodskap20:15 – tygermedies - denise Williams21:30 – shalom - esther Kruger22:00 – Xhosa programme

dOndErdAG - AuGustus 2013

24:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Wees veilig08:00 – nuus08:20 – Oordenking08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BonanzaBenescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Wat is nuus?10:00 – Bonanza Moment10:15 – In die geskiedenis10:40 – Boekrak - Ingrid Venter11:00 – nuus11:05 – gesondheid

Page 35: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 33

ProgrammeOnderworpe aan verandering

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - angus Buchan13:15 – diere en hul dinge13:30 – Musiekmandjie14:00 – adventures in Oddessy14:30 – Program sal aangekondig word.

15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – sports Wrap with gareth Burley16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – Brandpunt17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – Lisa truter

18:00 – nuus18:05 – Wiele19:30 – Boodskap20:05 – Motorsportfokus - neels Rabe21:00 – Anti-conformity - Pneumatix22:00 – Chip Ingram22:30 – Xhosa programme

VrydAG - AuGustus 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin

06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus07:10 – Vuurvas sport met arnold geerdts 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Your weekly health jab with dr M - dr. Michael Mol08:00 – nuus08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BonanzaBenescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Wat is nuus?10:00 – Mans 10110:15 – In die geskiedenis10:40 – Plaaslike drama11:00 – nuus11:10 – naweek joernaal

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – Wat sê jy? - Marius du Plooy

15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – sportkollig16:48 – Onderhoud

17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – Wie, wat en waar17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – ivan siegelaar

18:00 – nuus18:05 – sportmanne vir Christus18:40 – naweekjoernaal19:15 – Praise and Worship19:30 – Fokus op die Woord - dr. Raymond Lombaard20:15 – Week wat was20:45 – Voor u troon - Dr. Ettiene Marais21:00 – draaipunt - Lorrein Katzke21:30 - Versoeke22:00 – searchlight - Past. Jon Courson22:30 – Xhosa program – umntu omtsha necebo lika thixo - Lumka Leve

sAtErdAG - AuGustus 2013

03:00-06:30 – Xhosa programme

06:30 - 09:00 – richard de Villiers

06:30 – dagbreek06:40 – Weerverslag07:00 – nuus07:05 – Musiek08:00 – nuus08:05 – Musiek08:45 – nuusoorsig van die week - Merentia van der Vent

09:00 - 13:00 – rosebud tsobane

09:00 – Maranata Land09:30 – Kom braai - dewald

Visser en Richard de Villiers10:35 – alles en nog wat11:00 – nuus11:05 – gospel top 1012:00 – Meer as oorwinnaars - Kobus theron12:15 – Musiek

13:00 - 18:00 – Ettienne smith

13:00 – nuus13:05 – Musiek13:30 – Kraakvarsklanke14:00 – Musiek15:30 – Kaapse klanke16:00 – Wiele - Carl en Jeanette Kritzinger16:30 – Musiek

18:00 - 22:00 – André de Vos

18:00 – groet19:00 – Musiek19:30 - unshackled20:00 – saterdagaandversoeke21:45 – Voor u troon - Dr. Ettiene Marais22:00 – Xhosa programme

sOndAG - AuGustus 2013

03:00 - 06:30 – Xhosa programme

06:30 - 09:00 – ivan siegelaar

07:00 – Kerknuus07:30 – grassroots – angus Buchan08:00 – Wie is wie van die Ou testament – elize Parker

09:00 - 13:00 – denise williams

09:00 – Praise and Worship10:00 – Oggendboodskap10:30 – net musiek / Just music11:30 – Musiek12:00 – Kompas vir die lewenspad - Riekert Botha en eben niemann12:30 – Musiek

13:00 - 17:00 – Louise silver

13:00 – etensuurklanke14:00 – stap deur die Bybel – dr. soon Zevenster en Marius du Plooy14:30 – Musiek15:00 – goeienuus - esther Kruger 15:45 – storie van Hoop16:00 – die gebedswag16:45 – draaipunt - Lorrein Katzke

17:00- 20:00 – ingrid Venter

17:00 – Musiek17:15 – Hartsboodskappe – Retha McPherson18:00 – Wie is ek? – Lise Swart &Louis Awerduck18:45 – Pitkos vir die siel19:00 – net musiek / Just music19:30 – aandboodskap

20:00 - 22h30 – dennis francis

20:00 – Musiek en bemoediging20:45 – Laataand Oordenking21:00 – Lewe in oorvloed - Dennis Francis 22:30 – Xhosa programme

Page 36: Indruk Augustus 2013

Augustus 201334

Omroepers & Program-aanbieders

Merentia vd Vent neville Goliath Nomahlubi MsesiMoses swartbooi

dennis francis deon van der Berg esther kruger

Ettienne smith

Etienne Piek

sura swartSiyabonga doyle Oom soon Zevenster

Pastor dlangalala Raymond lombard Richard de Villiers Rosebud Tsobane Rouchelle liedemannRetah Mcpherson

Mrs. MbaliMarius du Plooy

Louise silver Lumka LeveLorrein katzkeLise swart & Louis Awerbuck

Angus BuchanAndré de Vos

dr. Ettiene Marais

Anton BrinkBenescke Janse van rensburg

denise williams

Cois de kock Anton Treurnich

Hein kruger Hennie lubbeJeanette en CarlkritzingerIngrid Venter ivan siegelaar

karien Basson kobus Theron

Page 37: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 35

InterressantAndré de Villiers

wAnneer is eersTe regTig eersTe?

Wie was die eerste mens op die maan en wie is die vinnigste man ter wêreld?” Jou antwoord sal onmiddellik kom: “neil armstrong en usain Bolt, natuurlik!” Ons is lekker behep met eerstes en om eerste te kom.

Om die eerste te wees wat iets doen of bereik, is baie belangrik. die onbenulligste en belaglikste ‘eerstes’ sal jy in die guiness Book of Records vind. net om vir die wêreld te kan wys jy was eerste met iets.

die meer betekenisvolle eerstes het gewoonlik wedywering ingesluit: die broers Wright, Orville en Wilbur, het in 1903 die eerste vliegtuig gebou en gevlieg – ’n allemintige 37m ver teen 10,9 km per uur! Hulle name is daardeur verewig. alexander graham Bell het in 1875 die telefoon vir ons gebring. Hy sou seker verbaas gewees het as hy kon sien wat ’n selfoon vandag alles kan aanvang. Beroemde pioniers soos thomas Edison (die gloeilamp), Alexander Fleming (penisillien) en Louis Pasteur (mikrobiologie) se deurbrake is net so welbekend.

ander besondere uitvindsels wat minder bekende mense insluit omdat daar vandag nog gestry word oor wie nou eintlik eerste was daarmee, sluit in Konrad Zuse wat in 1936 die eerste ‘vrylik programmeerbare’ rekenaar gebou het. die eerste man wat beelde deur kabels gestuur het en wat uiteindelik gelei het tot die totstandko-ming van televisie, was ene Paul nipkow. ’n Franse motorwerktuigkundige, Nicolas Joseph Cugnot, was die eerste mens wat ’n motorkar, weliswaar in sy eenvoudigste vorm en stoomaangedrewe, op die pad gesit het.

’n Meer onlangse en ongewone eerste is die prestasie van die Japanner, Yuichiro Miura, wat die eerste tagtigjarige geword het wat die 8,848m hoë kruin van die berg everest bereik het. die beroemde eerstes was natuurlik sir edmund Hilary en tenzing norgay wat die wêreld verstom het toe hulle hierdie skynbaar menslik onmoontlike prestasie in 1953 vermag het.

dan is daar natuurlik die obsessie om eerste te kom – te wen, kampioen te wees. Van graad 1 af wil ’n kind eerste staan in die klas, eerste kom in atletiek of deel van die kampioenrugbyspan wees. gouemedalje-wenners word byna verafgod en onder-steuners raak fanaties opgewonde oor hulle spanne wat êrens eerste geëindig het. dink maar oor hoe jy gevoel het toe Francois Pienaar en John smit daardie groot goue beker omhoog gehou het.

al hierdie prestasies is beslis groot mylpale in die geskiedenis. daar is egter ’n paar ander eerstes wat eintlik meer beroemd, en veral meer betekenisvol, was. die grootste gebeurtenis in die geskiedenis van die mens was die geboorte van Jesus. Hoe dramaties, groot en roemryk behoort hierdie aankon-diging nie te gewees het nie? die Verlosser sou immers ’n magtige politieke vors wees… of so het die mense gedink.

Die engel Gabriël besoek in stilte ’n dood-gewone, ongetroude tienermeisie van die onbelangrike dorpie nasaret om haar mee te deel dat die Verlosser binnekort gebore gaan word. en sý is die een wat Hom gaan baar! Maria is die eerste van alle geseëndes: “Jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring… Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word… aan Sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” – Luk. 1:31-33.

Wie sou die eerste wees wat die beson-dere tyding ontvang dat die Messias gebore is en dit aankondig? nie konings of keisers of prinse of priesters nie. die eenvoudigste van almal: skaapwagters. Hulle was ook die minste met geen status of aansien nie. dit was juis een nag in die oop veld by hulle skape dat hulle so groot geskrik het toe ’n engel aan hulle verskyn en die “heerlikheid van die Here rondom hulle geskyn het” (Luk. 2:9), dat hulle die verlossingswoorde aan die mensdom gehoor het:

“Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot

blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” en verder: “eer aan god in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het.” – Lukas 2:10-12, 14.

sekerlik een van die grootste voorregte is om vir Jesus te werk en Hom te dien. die eerste mens wat Jesus geroep het om vir Hom te kom werk en sy dissipel te word, was ’n gewone visserman van Kapernaum. andreas sou ook nie so prominent soos baie van die ander dissipels wees nie. tog het Jesus hom eerste uitgekies. nadat hy en ’n onbekende dissipel ’n gesprek met Jesus gehad het, hardloop hy om aan sy broer, simon Petrus, die nuus te gaan vertel: “Ons het die Messias gekry!” – Joh. 1:41.

die wonderdaad van Jesus se opstanding is eerste deur ’n baie verrassende persoon aanskou. ’n Vrou is in daardie dae minder-waardig geag en as sy boonop vroeër sewe duiwels in haar rondgedra het en beskryf is as “’n vrou van sonde” – dus moont-lik ’n prostituut – is daar kwaai op haar neergesien. Maria Magdalena was ontset-tend lief vir Jesus en het Hom byna oral in sy laaste dae gevolg. sy het juis by sy graf gestaan en huil toe engele, en daarna Jesus, aan haar verskyn het. sy was die eerste wat die menslik onmoontlike, die oorwinning oor die dood, aanskou het. dit was ’n daad wat die toekoms van elkeen van sy volgelinge vir altyd radikaal sou verander.

Hoe kan ons ooit die woord ‘eerste’ weer dieselfde ervaar? Jesus sê ’n paar maal: “daar is laastes wat eerste sal wees en eerstes wat laaste sal wees” – Luk. 13:30. Ons hóéf nie eerste te wees in wat ons ook al doen nie. en, hoe gering en onbelangrik ons ook al mag dink ons is, ons is almal eerste vir Hom.

Ons kan Hom maar net eerste stel in ons lewens.

hy sal groot wees en die seun van die allerhoogste genoem word… aan sy koningskap sal daar geen

einde wees nie.” – Luk. 1:31-33

Page 38: Indruk Augustus 2013

Augustus 201336

Page 39: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 37

1 Kon.10:1 – die koningin van skeba het gehoor wat van salomo en die naam van die Here vertel word en sy het toe self gekom om salomo met moeilike

vrae te toets. sy het na Jerusalem toe gekom met ’n baie groot gevolg en ook kamele wat belaai was met kosbare kruie en ’n groot hoeveelheid goud en edelstene. toe sy by salomo kom, het sy met hom oor alles gepraat waaraan sy kon dink, en salomo het vir haar ’n antwoord gehad op al haar vrae. niks was vir die koning onverklaarbaar nie: Hy kon haar op alles antwoord.

die koningin van skeba was beïndruk met salomo se wysheid, die tempel wat hy gebou het, die geregte op sy tafel, die manier waarop sy amptenare aangesit het, die bediening deur sy tafelbediendes, hulle monderings, sy skinkers en van die optog wanneer hy na die Huis van Here toe gegaan het. dit het haar asem skoon weggeslaan. sy het vir die koning gesê: Wat ek in my land van u wysheid gehoor het, is waar. ek het nie geglo wat hulle vir my gesê het nie, totdat ek myself kom oortuig het. nou weet ek dat nie eers die helfte vir my vertel is nie.

Hierdie gedeelte dui op die nuuskierigheid en baie moeite wat hierdie koningin en haar gevolg gedoen het om by koning salomo uit te kom. Ons lees onmiddellik van haar verwondering en ekstase, hoe sy op elke besonderheid van hierdie koning se wysheid en lewenswyse ingestel is. Ons sien raak dat sy kosbare geskenke saamgebring het, net die beste was goed genoeg vir die koning. dit val my ook op dat sy eintlik met baie moeilike vrae gekom het, waarop die koning haar op alles kon antwoord.

die bekende gedeelte in Luk.10:38 van Martha en Maria. Martha het Jesus as gereelde besoeker ontvang, Maria het egter by sy voete gesit en na sy woorde geluister. dit wil ook vir my iets van Maria se verwondering vertel…

ek glo stellig dat sy vir Jesus óók moeilike vrae sou vra en in vervoering na sy skerpsinnige wyshede sou luister.

Is jy nog in verwondering en in ekstase in jou binnekamer, wanneer die deur gesluit is en jy die moeilike vrae vir die Koning vra? Vra jy die moeilike vrae vir die Koning wat al die antwoorde het?

Hoe gereeld wag jy op die antwoorde vir die moeilike vrae? ek beleef soms dat ons god ook so stormloop met al ons gebedsvrae en Hom nie kans gee om met ons te praat nie, dat ons nie geduldig wag op sy stem nie! Hierdie koningin was nie in haar verwagtinge teleurgestel nie – inteendeel, al haar verwagtinge is oortref!

Stormie Omartian haal die volgende aan in haar boek oor gebed: “Wanneer ’n wyse vrou praat, gee sy ’n rede vir die hoop wat in haar leef. Wanneer ’n wyse vrou praat, weet sy dat tydsberekening belangrik

is en wanneer sy praat, vertel sy die waarheid. Wanneer ’n wyse vrou praat, is haar woorde genadig. aangename woorde is heuningsoet en geneeskragtig vir die mens.” - Spr. 16:24.

Maar ’n vrou wat ook kan leer om te luister, beskik oor meer wysheid...

Ons kry elke dag die geleentheid om in verwondering in die Koning se teenwoor-digheid te kom en soos die koningin van skeba ook te ervaar dat die helfte nie aan ons vertel is nie; want hoe meer ek die Koning gaan toelaat om sy openbarings aan my bekend te maak, hoe meer gaan ek Hom op ’n vlak van ekstase beleef!

ek sien iets van god wat my asem wegslaan en al wat ek spontaan kan doen, is om in absolute afhanklike aanbidding voor die Koning te buig en sy grootheid te besing, ’n lofoffer aan God te bring! Begeer jy om soos die koningin van skeba, só in verwondering te wees?

InterressantJean Muller

Wanneer ’n wyse vrou praat, is

haar woorde genadig

verwonderingIn

Julie 2013 37

IngrypendJean Mulles

Page 40: Indruk Augustus 2013

Augustus 201338

Sy inspirasie deur Carl kritzinger. Luister na Carl en Jeanette kritzinger se program Wiele – elke donderdag om 18:05 en saterdae om 16:00 op radio tygerberg 104fm

Oor dié

Page 41: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 39

D aar is min nasies wat so trots en passievol is oor hulle land as die Italianers. Kyk

maar volgende keer as die Italiaanse rugbyspan, die azzurri, hulle volkslied Il Canto degli Italiani sing. Maar dit is nie net daar waar die trots uitslaan nie. Of dit nou kosmaak, ontwerpersklere of die jongste Italiaanse vuurwa is, die nasie se passie word uitgeleef in alles wat hulle aanpak.

dit is ook duidelik as mens na iets soos die nuwe LaFerrari kyk. die heel nuutste supermotor uit

Page 42: Indruk Augustus 2013

Sy inspirasie

Augustus 201340

Die vorige manteldraer, die Enzo, is vernoem na Enzo Ferrari, die vader van die supermotorvervaardigers.

Page 43: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 41

die pronkperdstal staan bekend as die LaFerrari (Die Ferrari). As jy na van die vorige name kyk soos die F40, Enzo, Testarossa en FXX, neem ek niemand kwalik wat voel die LaFerrari klink meer soos ’n gepaste naam vir ’n liedjie of ’n opera nie.

die vorige manteldraer, die enzo, is vernoem na Enzo Ferrari, die vader van die supermotorvervaardiger. Maar hoe volg jy ’n naam soos die enzo op? dis eenvoudig. Jy noem dit Dié Ferrari. Dit is wat die naam beteken. nie sommer net nóg ’n Ferrari nie, maar Dié Ferrari!

Maar wat maak die LaFerrari so besonders? die rooi gevaar is ’n hibriedvoertuig. Moet egter nie geflous word nie, want die elektriese motor dra slegs 160 perdekrag by van die 950 perdekrag wat beskikbaar is. dit is alles te danke aan ’n 6,3 liter V12 enjin. dit is dus nie ’n verrassing dat dit die vinnigste Ferrari is wat nóg deur die strate van

Maranello geblits het nie. Met ’n topspoed van 350 km/h en ’n versnelling van 0-100km/h in minder as 3 sekondes, is dit ongetwyfeld dié nuwe speelding om te besit… indien jy R15 miljoen het wat jy nie aan iets anders wou bestee nie. daar gaan slegs 499 van hierdie rooi gevaartes gebou word en hulle het almal reeds eienaars.

Onder die vergrootglas is dit duidelik dat die tegnologie en vakmanskap sy ontstaan op die F1-renbaan gehad het. Fernando Alonso en Felipe Massa van Scuderia Ferrari het gehelp met die ontwikkeling en ontwerp van die binneruim, en veral met die bestuurder se sitplekposisie. die sitplek kan nie verstel nie, wat beteken dat die nuwe eienaar gemeet en gepas moet word om dit nommerpas vir sy gemak te maak. die bestuurder se sitposisie is byna identies aan dié van ’n enkelsitplekrenmotor. die onderstel is ’n samestelling van nie

minder nie as vier verskillende soorte koolstofvesel, wat, net soos ’n F1-motor, sorgvuldig met die hand gevorm word. die motor pas aan by die bestuurstyl van die bestuurder, wat selfs iemand met betreklik min rentalent soos ’n renjaer sal laat voel. dit word vermag deur ’n gerekenariseerde moniteringstelsel wat die bestuurder se bestuurstyl en reaksietye volg en die data gebruik om kraglewering en hanteringseienskappe aan te pas.

Die LaFerrari is sonder twyfel die mooiste supermotor wat nóg uit Italië gekom het – van die aggressief-vloeiende lyne, tot die skerp neus met die kenmerkende pronkperd- embleem en die deure wat opwaarts swaai, en wat my laat dink aan ’n roofvoël wat gereedmaak om op te styg.

Hy wat ophou droom, kan maar ophou lewe!

Die vorige manteldraer, die Enzo, is vernoem na Enzo Ferrari, die vader van die supermotorvervaardigers.

Page 44: Indruk Augustus 2013

Augustus 201342

uit intiem

’n nuwe huwelik

Ken jy daardie hol-kol gevoel wat geskep word deur die verkeerskonstabel met sy pienk papiertjie wat by jou kar staan wanneer jy uit die winkel parkeerterrein toe stap? Jy is wetsgehoorsaam. Wat de . . . ? en dan sien jy die datum op jou lisensieskyf. dié het al ’n maand gelede verval. Maar jy het dit dan nou die dag hernu? Jy probeer verskonings maak, maar Meneer Ongenaakbaar stap stadig om jou kar. en skielik kyk jy self met kritiese oë na die voertuig wat jou elke dag getrou van punt a tot by punt B bring. daar is drie chip-merke op jou voorruit, wat jy al vir maande dreig om te laat regmaak. Jou een liggie se glas is gebreek en die ruitveërs is moeg . . .dit is dikwels hoe dit in ’n huwelik gaan. Jy sien die chip-merke, maar verkies om hulle te ignoreer – en voor jy jou oë uitvee, is daar só ’n groot kraak dat die hele ruit op een dag in duie stort. só worstel jy om by te bly by die harwar van elke dag se roetine. En as jy weer sien, is ’n jaar verby sonder dat jy enige spesiale aandag gegee het aan die belangrikste en invloedrykste verhouding wat jy ooit met ’n ander mens sal hê – jou huwelik. daar word beweer dat ‘n gemiddeld van tussen 50% en 66% van alle sa huwelike in die skeihof eindig. dit is tyd dat ons ons huwelike diens en onderhou, doelbewus en met ’n plan . . . en dit is hoekom ons vanjaar van 1-7 september

suid-afrika se heel eerste nasionale Huweliksweek hou!

wAT IS NASIoNAle HuwelIkSweek?nasionale Huweliksweek is ’n jaarlikse bewusmakingsveldtog wat paartjies sal inspireer om weer op die welstand van hul huwelike te fokus. dit vind die heel eerste keer plaas van 1-7 september 2013. gedurende dié week sal kerke, beraders, besighede, bekende persoonlikhede, die media, paartjies en individue almal ’n rol speel in die bewusmakingsproses. Die inisiatief doen ’n beroep op suid-afrikaners van alle tale, rasse en kulture om hande te vat en die huwelik in sy eer te herstel.

Hoe kAN ek dAARBy BAAT VINd?Jy en manlief kan registreer deur lede van dié inisiatief te word. Dit is heeltemal gratis en sal jou toegang gee tot oulike artikels oor jou huwelik, kontaknommers van beraders in jou omgewing en ’n sewedaagse huweliksprogram in jou e-pos. Jy sal ook eksklusief toegang hê tot verskeie afslagkoepons, geskenkbewyse, gratis sessies met ’n huweliksberader en meer. as jou huwelik in nood verkeer, kan nasionale Huweliksweek jou op die pad na herstel plaas. as jou huwelik gesond is, kan dit jou toerus om proaktief op te tree. En jy kan selfs ’n verskil maak in jou vriende

se huwelike – lees op die webtuiste hóé. Registreer as lid op www.myhuwelik.co.za.• Wees aktief op die webtuiste deur die inligting te lees en deur te werk.• trek voordeel uit al die afslagbewyse en gratis geskenke wat aan jou gebied word.• Vertel jou vriende, jou dominee, jou pastoor en almal wat jy ken hiervan.• dra jou plakker gedurende nasionale Huweliksweek (beskikbaar in die Aug/sept uitgawe van IntIeM).• dit verg meer as net een week per jaar om ’n huwelik gesond te hou, maar sien dié week as daardie jaarlikse herinnering om aan joune te werk. En gryp die magdom inligting tot jou beskikking in daardie week aan om jóú huwelik vir die toekoms minder werk en

meer plesier te maak. Kom ons vat hande en herstel suid-

afrika se geloof in die huwelik as ’n heilige

en heerlike instelling!

dis só maklik om van jou huwelik te vergeet – want daar is soveel ander dinge wat jy moet onthou! En voor jy jou kom kry, hang die

verhouding met dié een wat jy só liefhet oor die afgrond . . .

in een week!

Page 45: Indruk Augustus 2013

Yes, your business can advertise

here!Contact Charmaine Boshoff on082 066 5675 or 021 936 8131

or send an email to [email protected]

Ja, jy kan jou besigheid

hieradverteer!

Skakel vir Charmaine Boshoff by082 066 5675 of 021 936 8131 of stuur ’n epos aan [email protected]

AUGUSTUS - SEPTEMBER 2013

SA se No.1 Huwelikstydskrif

AUGUSTUS - SEPTEMBER 2013

JAG GESONDHEID OORLOG

Die ideale geskenk Depressie Die begeerte-struggle

SA se No.1 H

uwelikstydskrif

AUGUSTUS - SEPTEMBER 2013

VICK

Y DAV

IS: My Romantiese droomdag

Lindie Strydom & Johann:“Ons gróótste avontuur”

RAAD:Maak dit

werk met jou EKS

WARE VERHAAL: “My man jok vir my!”

DOEN DIT Só:Praat openlik oor seks!

Pak vir ’n dirty weekend . . .

Swyg ons kerke oor seks?

Red jul vriende se huwelik

kenmerke van die

“ander vrou”

Page 46: Indruk Augustus 2013

Augustus 201344

I nternasionaal styg die egskeidingsyfer gaandeweg al hoe meer. Ons weet dat suid-afrika een van die hoogste egskei-

dingpersentasies ter wêreld het. die vraag is onmiddellik waarom dit so is? dit lyk of daar ’n hele paar bydraende faktore is:q Mense verstedelik al hoe meer. In groter dorpe en stede is dit makliker om te skei, aangesien mens maklik kan “wegkruip” tussen al die geboue en mense, en nie almal altyd daarvan weet nie.q Vroue het ook baie meer finan- sïele sekuriteit as in vroeër jare, wat dit makliker maak om uit te stap uit huwelike waar daar byvoorbeeld mishandeling voorkom.q Mense se waardes en opvattings verander ook met die tyd soos die samelewing se waardes verander. die huwelik word nie noodwendig meer as “heilig” of “onaantasbaar” gesien nie, en gevolglik werk mense nie meer so hard om dit te laat slaag nie.q die toenemende voorkoms van pare wat albei ’n inkomste verdien, maar nie kinders het nie. Hulle word dus nie teruggehou van ’n egskeiding weens die vrees van die uitwerking daarvan op kinders nie.q die spanning van die moderne lewe, met langer werksure en groter verwagtinge. Geslagsrolle verander ook vinnig, en sowel mans as vroue vind dit moeilik om aan te pas.

al is egskeiding wetlik maklik in suid-afrika, bly dit tog ’n moeilike en verantwoordelike keuse. egskeiding behoort die heel laaste uitweg te wees, want niemand trou tog om eendag te skei nie. net soos mense miskien te vinnig kan trou, kan hulle ook te vinnig skei. ek sou minstens aanbeveel dat pare wat egskeiding oorweeg, eers hulle geestelike berader of ’n opgeleide terapeut gaan spreek as dit moontlik is. gewoonlik sukkel mense om te kommunikeer as hulle al dié punt bereik het, en is dit amper onmoontlik sonder ’n derde party. ’n Berader of terapeut kan sorg dat daar regverdige kommunikasie plaasvind, en dat albei partye se frustrasie beheer kan word. al kan ’n terapeut nie noodwendig ’n huwelik “red” nie, kan hy of sy darem help dat ’n rustiger besluit geneem word.

’n tydelike ooreenkoms om afsonderlik te

egskeidingsyfer - redes:leef, is ook dikwels ’n goeie idee voordat daar finaal geskei word. As pare dié punt bereik het, kan dit tog gewoonlik nie skade doen om drie of ses maande apart te leef nie. dit kan albei partye kans gee om “af te koel”, mooi te dink oor hulle besluit, en rustig die enkello-pende lewe te beproef. talle kere het paartjies al besluit dat hulle ’n fout sou maak om te skei, maar dat hulle tyd nodig gehad het om dit te besef.

as een van die twee partye werklik nie langer in die verhouding WIL wees nie, is daar nie eintlik meer ’n keuse nie. dit gebeur soms dat mense agterkom dat hulle nie meer lief is vir hulle wederhelf nie, dat hulle behoeftes verander het, of dat hulle self verander het. Daar hoef dan nie eens regtig ’n objektiewe rede te wees nie; mens kan dan niks daaraan doen nie. daar moet dan tog net seker gemaak word dat die persoon absoluut oortuig is dat hy of sy nie langer in die huwelik wil wees nie.

’n Mens sou graag minstens wou probeer sorg dat die egpaar op ’n vriendskaplike voet uitmekaar gaan indien hulle dan besluit om te skei. In ’n ideale wêreld sou mens graag wou hê dat mense op ’n volwasse, ordent-like manier uitmekaar gaan, en mekaar nie onnodig te na kom nie. daar was immers ’n rede waarom hulle aanvanklik met mekaar getrou het. Ongelukkig gebeur dit baie selde, hoofskaaklik omdat ’n egskeiding gewoonlik ’n opbou van probleme en negatiewe emosies

vooraf behels. gaan dus stap vir stap te werk, en probeer

net eers om mooi te verstaan hoe jou weder-helf se persoonlikheid en voorkeure met dié van ander mense vergelyk. Mense blameer mekaar gewoonlik omdat hulle nie verstaan nie, en voel gereeld “te na gekom” deur die ander persoon. dit is baie selde dat iemand doelbewus iets negatiefs teenoor ’n huweliks-maat bedoel, en as mens minstens begrip kan toon, is mens nie so geneig om te blameer nie.

tweedens help dit ook om ’n goeie ontle-ding te doen van wat presies die probleem of probleme is, en daar is gewoonlik nooit regtig meer as drie nie. Voorbeelde hiervan kan kommunikasie, familie, finansies, kinders, ontrouheid, of persoonlike probleme wees. as mens presies weet wat die probleem is, kan mens darem ’n stap verder gaan en kyk of dit nie dalk objektief opgelos kan word nie.

selfs al skei ’n egpaar, help dit vir albei om ’n gemeenskaplike begrip te hê van die rede/s waarom hulle skei, en waarop hulle ooreen kan kom om aan ander mense of aan hulle kinders mee te deel.

daar is ’n spreekwoord wat sê dat trou nie perdekoop is nie. egskeding is ’n nog groter besluit. dit beïnvloed almal wat aan ’n egpaar verwant is emosioneel, en kan baie hartseer wees. Bestee dan minstens voldoende tyd om doodseker te maak dat dit die laaste uitweg is.

Julie 201344

ons inspirasie deur Louis Awerbuck

Hoë

Page 47: Indruk Augustus 2013

InoorvloedStephan Joubert

J esus is nie ’n hemelse “Master Chef” met ’n godsdienstige spyskaart waaruit jy sekere

geregte kan kies wat by jou geestelike behoeftes pas,en die res ignoreer nie. daar bestaan nie iets soos ’n gemaklike geloof vir beginners, ’n ietwat moeiliker geloof vir middelmatiges, en ’n opofferende geloof vir kerklike deskundiges nie. Jesus maak geen ruimte vir verskillende kategorieë van dissipelskap nie. Jy kan nie besluit jy sien tans net kans vir die “geestelike voorgeregte” van deeltydse dissi-pelskap, terwyl “diep” gelowiges wat “ernstig” is oor die Here uit die

hoofgeregte op sy voorkeurspyskaart kies nie. Jesus is, met respek gesê, ook nie een of ander hemelse vitamienaanvulling vir jou lewe nie. Hy is die alternatief! Hy is die eienaar wat alleen-seggenskap het oor jou lewe as jy Hom as Here ken en bely. Jy bepaal nooit die voorwaardes vir navolging van Christus nie. Jy onderhandel nie een of ander voordelige dissipelskapkontrak met Hom nie. Jesus bepaal die roete, nie jy of ek nie. Hy alleen bepaal die hoe, waar en wanneer van ons elkeen se lewe. Hierdie roeping van Jesus bring nuwe lewe en arms vol vryheid, vrede en hemelse blydskap vir elke dissipel mee, maar dit is nie ’n pad wat jou outomaties in watte toedraai nie.

VOLsPOEd AGtEr JEsus AAN VAN dAG eeN Af Jy begin nie as ’n “gewone Christen”

op Jesus se pad en vorder dan later in jou geloofslewe tot ’n dissipel nie. nee, jy is van dag een af ’n dissipel, ’n voltydse navolger van Jesus. Hy roep slegs dissipels. Jy begin dus as een; jy word dit nie eers wanneer dit jou die dag pas nie. Jesus roep jou om Hom altyd en oral eksklusief te volg. Jy word geroep tot ’n lewenslange, ewigdurende verhouding met Hom. Of jy nou werkloos of oorwerk is, en of jy nou tien of negentig jaar oud is, daar is een basiese roeping vir jou en elke ander Christen. Jy kan dit in twee woorde saamvat: VOLg MY! dissipelskap is nie gelyk aan ’n

bewonderaarsklub vir Jesus nie. In Lukas 9:57-58 en 14:25-27 se soort taal tel jy jou kruis op en stap enduit agter Hom aan. In die Bybelse tyd was die dra van ’n kruis altyd ’n doodsvonnis. ’n Kruisdood was die mees vernederende manier waarop die Romeine van hulle vyande ontslae geraak het. sulke slagoffers se vernedering het begin met die dra van hulle kruis na die plek van hulle teregstelling. Kruisdraers was “dead men walking.” Of “dead women walking.” Kruisdraers het hulleself in ’n doodloopstraat bevind. geen terugkeer was moontlik van hierdie gevaarlike roete af nie.

Jesus soek nie

bewonderaars wat Hom agternaloop slegs as dit maklik is nie. sulke mense wil eintlik net deel in die glans en glorie. sodra die pad egter begin opdraande loop, verdwyn hulle. Jesus vra voltydse kruisdraers. navolging van Jesus is nie ’n saak van vyftig-vyftig nie. Of sestig-veertig nie. nee, die Here vra 100%. Hy vra ’n onvoorwaardelike keuse. g’n verskonings is geldig nie – nie eens jou vol program, jou familie, of jou mooi tradisies nie. Ook nie jou veiligheid nie. Of jou geld of beroep nie. Jesus is nie op soek na “ja-broers en ja-susters” nie; mense wat een ding met hulle lippe sê en ’n ander ding met hulle lewe doen. Hulle gee aan Hom ’n slegte naam. daarom sê Jesus dat jy goed moet nadink oor sy uitnodiging om agter Hom aan te stap voordat jy ja sê. die prys is hoog, maar die roete lewer ewige dividende op!

Die prys is hoog, maar die roete lewer ewige dividende op!

Stephan Joubert, e-kerk.

egskeidingsyfer - redes: Hy is die alternatief

JEsus is niE ’n GEEstELikE AAnVuLLinG niE...

Page 48: Indruk Augustus 2013

Augustus 201346

Haar inspirasieSuleen Hamman

‘Bo-op-’yskastert

Cremora-yskastert500g sakkie Cremora1 koppie yskaswater

2 blikkies kondensmelk250ml suurlemoensap (botteltjie)

1 pakkie tennisbeskuitjies

Gooi Cremora in ’n mengbak. Voeg yskaswater by (dit móét yskaswater wees) en klits tot glad. klits die hele tyd en gooi kort-kort ’n

spuit suurlemoensap by. dit moet ongeveer 15 minute duur om die hele botteltjie in te spuit. teen dié tyd is die mengsel baie dik. Pak die

tennisbeskuitjies in ’n bak en skep die mengsel bo-op. dit kan dadelik geëet word of in die

yskas gebêre word vir later.

Maar ek waarborg nie dat dit baie lank in die yskas gaan wees nie. wees gewaarsku… die

bak mag dalk leeg wees as jy die volgende oggend die yskas oopmaak. Ek praat van

ondervinding!

It’s not inside, it’s on top!’ Onthou jy nog daardie bekende advertensie vir

die koffieverromer? toe ek destyds gaan studeer het, was dit ál koffieverromer wat op die mark was. daardie jare was daar nie langlewemelk nie. as jy dus saans en snags ’n koffietjie in jou kamer wou drink terwyl jy studeer, moes jy maar die koffieverromer nadertrek. Nou, baie jare later, is ek grillerig vir koffieverromer! Seker ’n oordosis in my studentejare… ’n Paar weke gelede kuier ek by ’n vriendin. sy bedien tee en yskastert en dit lyk heerlik. na my tweede skeppie yskastert, en amper ’n derde een, vra ek die naam en resep, want dis die lekkerste lekker wat ek in ’n lang tyd geëet het. ‘dis Cremora-tert,’ sê my vriendin. ‘Moenie vir my sê jy het dit nog nooit geëet nie?’ Ek stik byna. ‘Nee, maar dis beslis nie die laaste keer nie!’

Julie 201346

Page 49: Indruk Augustus 2013

Augustus 2013 47

Baie ouers is besorg oor hulle kinders se vriende en vriendskappe. ander ouers ken nie regtig hulle kinders

se vriende nie. speel vriende dan so ’n belangrike rol in jou tiener se sosiale ontwikkeling? absoluut!Baie ontwikkelingsteoretici argumenteer en redeneer oor die waarde en invloed wat vriende het op die tiener se ontwikkeling van kind na volwassene. Hoewel die mate van invloed tussen teoretici verskil, blyk dit dat almal saamstem dat vriende ’n besliste uitwerking het. elke fase van groei het ontwikkelingstake. as ’n baba gebore word, moet hy of sy leer drink en sluk, daarna rol, sit, kruip en loop. as kleuter begin hulle praat en leer en speel. In die laerskool begin logika ontwikkel, lees- en skryfvaardighede, ensovoorts. In die tienerfase is een van die grootste ontwikkelingstake die vestiging van identiteit binne ’n sosiale wêreld – met ander woorde, wie is ek en hoe pas ek by die wêreld in? Hierdie soeke na identiteit word dikwels gemeet aan vriende se identiteit. ’n Mens sal meermale sien dat tieners net soos al die ander wil wees, want dan is hulle identiteit ‘reg’ volgens die samelewing en hulle vriendekring. As tieners voel hulle is anders, voel hulle afgesonderd en alleen, asof hulle identiteit ‘verkeerd’ is. Daar is dus die heeltyd ’n struweling tussen ‘ek wil myself wees’ en ‘ek wil ook soos almal wees’.

Ouers besef nie altyd dat dit die rede is waarom tieners so geheg raak aan hulle vriendekringe nie. Hulle meet hulleself aan hulle vriendskappe en dit is dus asof hulle hele wêreld om hulle vriende draai. dit is ook die rede waarom groepsdruk so prominent is in hierdie fase. tieners val onder groepsdruk op ’n positiewe of negatiewe wyse. As ’n kind byvoorbeeld vriende het wat almal sportgeorienteerd is, sal hulle heel dikwels hulleself dwing om beter op sportgebied te presteer.

’n tiener wat byvoorbeeld in ’n sterk akademiese vriendekring is, sal dalk

genoodsaak voel om ook akademies te presteer. Negatiewe groepsdruk ken ons almal natuurlik ook – rook, drink, ensovoorts. In die tienerfase sal ouers ook agterkom dat hulle kinders meer waarde heg aan tyd saam met vriende as met die gesin. Dit is asof die tiener wegdryf van die gesinstruktuur af. al hierdie faktore vind plaas as gevolg van hulle soeke na identiteit in die wêreld. Die uiteinde is dat tieners in positiewe vriendekringe moet beweeg, sodat hulle ’n goeie identiteit kan vestig. Ouers kan dit ook aanhelp deur positiewe aanmoediging en motivering om hulleself as individue te aanvaar. dit is egter ’n groeiproses. Baie ouers vra hoe hulle ’n bydrae kan lewer tydens die sosiale en identiteitsontwikkeling:

1Weet wie jou kind se vriende is en in watter huise hulle sosiaal verkeer. ek is dikwels geskok dat ouers nie

hulle kinders se vriende ken of selfs een of twee se name kan noem nie. Vir ouers is dit nodig dat tieners van die oorgang van laerskool na hoërskool fyn dopgehou word, veral wat die kind se sosiale bedrywighede betref.

2’n eenvoudige reël wat toegepas kan word, is om altyd u kind op en af te laai vir ’n sosiale geleentheid,

asook om seker te maak dat daar te alle tye ouertoesig is by sosiale geleenthede (veral by huispartytjies of braai-kuiers).

3natuurlik is dit ook belangrik om ouers te ontmoet by die huise waar u kind sy dag of aand gaan

deurbring.

4Mens kan nie jou kind in watte toedraai en elke sekonde van die dag dophou waar hy of sy is en

wat presies hulle doen nie, maar mens kan deur ’n positiewe oop verhouding waardes vestig vir die keuse van vriende. Begin reeds van kleins af positiewe mense in jou kind se lewe toelaat en speelafsprake reël met maats met wie u gemaklik is. Verder kan ouers deur liefde, beginsels en positiewe aandag ’n grondslag lê vir later in hulle lewens.

5Laastens: bid, bid en bid! die beste ding wat ouers kan doen, is om positiewe mense, vriende en

omstandighede vir hulle kinders toe te bid. Geniet jou tiener en sy of haar vriende. dit is tog ook ’n lekker fase vir verhoudings bou, lag, gesels en soms sommer lekker laf wees.

My pêlle is belangriker as wat jy dink!

Haar inspirasieSerahni Symington

083 377 4206

Die uiteinde is dat tieners in positiewe vriendekringe moet beweeg, sodat hulle ’n goeie

identiteit kan vestig

Page 50: Indruk Augustus 2013

klein indrukdeur Lorrein katzkeSkets Alistair Ackermann

Augustus 201348

Hoog in die lug

die avonture van

Heidi en Basjan

ffft! Pffft! Blaas die lug in die lugballon in en die vlammetjie brand al hoe groter en helderder.

Onderaan die lugballon is ’n mandjie en die vlieënier van die groot lugballon maak die deurtjie oop sodat ons kan instap. Buks en sy baas en ek en Basjan en Basjan se baas, Jan Biedou, het die eerste en tweede prys gewen in die gehoorsaamheidskompetisie en nou gaan ons in ’n lugballon ry.

“Was jy al ooit in ’n lugballon, Basjan?”“nee, Heidi, dis ook my eerste keer.”ek is so opgewonde waar ek in Basjan se baas se arms sit, maar ek is ook ’n bietjie bang, hoor.

skielik begin die lugballon stadig opstyg en ek en Basjan sit veilig in sy baas se arms sodat ons mooi kan sien waarheen ons gaan.

terwyl ons kyk, styg die lugballon al hoër en hoër in die lug op. ek is so opgewonde om die wind in my gesig te voel dat ek sommer wil bollemakiesie slaan!

‘stadig, brakkie,” sê Jan Biedou en hy hou my so ’n bietjie stywer vas.

“as jy hier uitspring gaan jy ’n hele entjie ver val en hoe verduidelik ons dan vir jou huismense wat met jou gebeur het?”

Hierdie is die grootste avontuur waarop ek en Basjan nog ooit was!

stadig sweef die lugballon oor bome en huise en groen, groen lande. ek sien wonderlike dinge uit die lug uit.

daar staan ’n groot dier met wit en swart kolle op en kou aan die gras.

“Moe! Moe!” raas die dier en kyk vir ons in die lugballon.

“Watse dier is dit, Basjan?” vra ek en ek gee klein opgewonde blaffies.

“Oe, jy is ’n regte stadsbrakkie, Heidi,” sê Basjan en hy lag uit sy maag uit.

“dit is ’n koei en sien jy daardie sak onderaan die koei se maag? dis waar ons melk vandaan kom.”

“ag nee, Basjan,” lag ek, “het jy nie geweet nie? Melk kom uit ’n bottel uit wat

in die yskas gehou word.”Basjan lag só hard dat ek skaam word.

“Jy is reg, Heidi, melk kom uit ’n bottel uit. Wat jy nie weet nie, is dat die melk eers van die koei af kom en dan in ’n bottel gesit word.”

ek kan nie glo wat my ore hoor nie. Kan dit waar wees? daar staan ’n klompie diere bymekaar wat dik, wolhare het. “Baa! Baa!” raas hulle en dwaal so al in die rondte terwyl hulle mekaar stamp en stoot.

Voor ek nog kan vra, sê Basjan: “dis skape, Heidi. sien jy

hulle dik wol pelse? Wel, dis waar wol vandaan kom waarvan daardie lekker woljassie van jou gemaak is.”

Basjan is darem slim. Hoe weet hy al die dinge, wonder ek. ek sien ’n man wat hardloop sonder dat iemand hom jaag en al langs hom hardloop ’n hond met sy ore plat agter sy kop getrek. dit lyk asof die hond die hardlopery sommer baie geniet.

Pfft! Pfft! Blaas die lug in die lugballon in en die vlam brand helder. Ons sweef stadig en stil ver bokant die bome en huise en ek sien wonderlike dinge.

“Basjan,” vra ek, “dink jy ons sal die man in die maan kan sien?”

Basjan lag so hard dat ek dink hy spring uit sy baas se arms uit.

“Basjan!” sê sy baas kwaai, “sit stil, net nou val

ons! Wat sien jy wat so snaaks is?”

Basjan hou dadelik op met

lag en kyk na my terwyl hy sy oë

boontoe rol.“Hoeveel keer moet ek

nog vir jou sê, Heidi?” vra hy in sy allermooiste stem. “daar is nie ’n man in die maan nie, jy het gedroom!”

ek laat sak my kop en kry sommer baie skaam.

“ai, Basjan, ek het net vergeet. Maar dit was ’n baie lekker droom, hoor!”

Ons sien ’n dam met eende op net soos ek hulle al gesien het

toe ons die eende gaan voer het en hulle duik kort-kort met hulle koppe

onder die water in om te kyk of daar iets te ete is. daar ver ry ’n lang swart ding wat so hard fluit dat ons dit uit die lug uit kan hoor. sonder dat ek vra, sê Basjan: “sien jy daardie lang swart ding wat so vinnig op die twee spore ry, Heidi? dit is ’n trein. elke jaar gaan ek en my baas op ’n daguistappie na die strand toe en dan ry ons in die trein.”

ek wil nog vra, maar Basjan ken my alte goed.“een van die dae kom haal ek jou en dan gaan jy saam met ons op ons treinavontuur!”

ek lê in my bedjie en dink aan die wonderlike dag. Hoog bo uit die lugballon uit het ek vandag diere en dinge gesien waarvan ek nog nooit eers gehoor het nie. ag, hoe gelukkig is ek om ’n vriend soos Basjan te hê!

P

Page 51: Indruk Augustus 2013
Page 52: Indruk Augustus 2013