in die GEMEENSKAP - West Coast Resources · 2020. 4. 24. · Gids aan die Weskus”-toekennings...

1
Ek wil vir jong mense in die gebied wys dat alles nie vir hulle verlore is nie. West Coast Resources het my bemagtig om my eie besigheid te stig ... Bo: West Coast Resources het gehelp met die ontwerp en druk van Namaqua Coastal Expeditions se Diamant- kus Staproete-brosjures in Afrikaans en Engels. DIAMANTKUS TOERE BETOWER “Daar is meer as net blomme in Namakwaland.” Só meen Rodville Adams, eienaar van en toergids by Namaqua Coastal Expeditions. ’n Besoek aan die diamantkus hou voorwaar menige onvergeetlike ervaringe in. Soveel meer so, juis óór Rodville. Sy entoesiasme bekoor. Sy kennis beïndruk. Weke na ’n toer, bly die ervaring wat hierdie bekwame besigheids- eienaar aan besoekers bied, steeds so kraakvars in hulle geheue dat die dankie- boodskappe opnuut instroom. Rodville is ’n Namakwalander in murg en been – gebore in Kleinzee, die dorp wat nou sy kantoor huisves. As een van vyf kinders het Rodville sy kinderjare in Kommagas deurgebring met ’n liefde vir die natuur wat uit die familieboerdery voortspruit. In 2001 het ’n jeugontwikkelingskamp hom aan die toerismebedryf bekend gestel. “Ek het toe besef dat ek naby aan die natuur kan lewe as ek in toerisme werk,” vertel Rodville. “Die gidsaspek het my veral gefassineer.” ’n Driejaar Toerisme-kwalifikasie volg, asook die toekenning van ’n Oppenheimer Memorial Trust Beurs om Voëlkyk / Eko- toerisme te studeer. Voorwaar ’n pluimpie in Rodville se hoed, figuurlik en letterlik, want Rodville dra inderdaad gereeld ’n hoed op stap- toere en op kantoor! Na ’n paar jaar as toergids by Kleinzee Toerisme, duik ’n wonderlike geleentheid op toe West Coast Resources se mynbedrywighede in Koingnaas afskop. In 2015 bring Rodville Namaqua Coastal Expeditions op die been en vestig toere en staproetes in die gebied met behulp van West Coast Resources. Dié mynmaatskappy het sy besigheidsplanne ondersteun met die skenking van ’n voertuig, toegang tot die myn- gebiede en hulp met bemarkingsmateriaal. “Ek het eers net die 4 x 4 Skeepswraktoer in die GEMEENSKAP januarie - desember • diamantkus toere aangebied. Nou is daar die 4 x 4 Duine- en Wildtoer, die Diamantkus Staproete wat oor drie dae voltooi word en selfs Kreefduiknaweke in seisoen,” spog Rodville. “My wens is dat die besigheid van krag tot krag sal gaan. Ek wil vir jong mense in die gebied wys dat alles nie vir hulle verlore is nie. West Coast Resources het my bemagtig om my eie besigheid te stig, om te help dat my eie besigheid tot volle reg kom.” En Namaqua Coastal Expeditions is voorwaar goed op dreef met twee RSG 4 x 4 Klub “Beste Gids aan die Weskus”-toekennings onder die belt (2016 & 2017) en twee plaaslike inwoners wat onlangs aangestel is om met die besigheid te help. Een van hierdie is Alistair Cloete, ’n jong man wat Rodville tans mentor en as gids oplei. “Ek sien soveel potensiaal in hom raak en wil hê hy moet sy volle potensiaal bereik.” So ploeg Rodville ook sy sukses terug in die omgewing wat so na aan sy hart lê en maak hy nie net ’n blywende indruk op sy gemeenskap nie, maar ook op die toeriste wat saam met die mis en sand inwaai. Die Suid-Afrikaners wat eie kus verken en die buitelanders wat met dik Russiese en Duitse aksente meer oor die geheimsinnige diamantkus te wete wil kom. Met ’n lag in sy stem vertel hy graag hoe toeriste met mag en krag ’n diamant ryker die omgewing wil verlaat. En as hulle navrae doen oor presies hoe ’n diamant nou eintlik lyk, is sy antwoord altyd: “Die oomblik wat jy ’n diamant sien, weet jy jy’t ‘n diamant gesien. As jy die blink klippie sien en rondkyk om te bespeur wie vir jou kyk, dan weet jy dis ’n diamant.” Onder: Rodville Adams (voor) het onlangs vir Alistair Cloete en Ellene Landrew (agter) by Namaqua Coastal Expeditions aangestel. www.namaquacoastal.com www.facebook.com/namaquacoastal/

Transcript of in die GEMEENSKAP - West Coast Resources · 2020. 4. 24. · Gids aan die Weskus”-toekennings...

Page 1: in die GEMEENSKAP - West Coast Resources · 2020. 4. 24. · Gids aan die Weskus”-toekennings onder die belt (2016 & 2017) en twee plaaslike inwoners wat onlangs aangestel is om

“ ”Ek wil vir jong mense in die gebied wys dat alles nie vir hulle verlore is nie. West Coast Resources het my bemagtig om my eie besigheid te stig ...

Bo: West Coast Resources het gehelp met die ontwerp en druk van Namaqua Coastal Expeditions se Diamant-kus Staproete-brosjures in Afrikaans en Engels.

DIAMANTKUS TOERE BETOWER “Daar is meer as net blomme in Namakwaland.” Só meen Rodville Adams, eienaar van en toergids by Namaqua Coastal Expeditions. ’n Besoek aan die diamantkus hou voorwaar menige onvergeetlike ervaringe in. Soveel meer so, juis óór Rodville. Sy entoesiasme bekoor. Sy kennis beïndruk. Weke na ’n toer, bly die ervaring wat hierdie bekwame besigheids- eienaar aan besoekers bied, steeds so kraakvars in hulle geheue dat die dankie-boodskappe opnuut instroom.

Rodville is ’n Namakwalander in murg en been – gebore in Kleinzee, die dorp wat nou sy kantoor huisves. As een van vyf kinders het Rodville sy kinderjare in Kommagas deurgebring met ’n liefde vir die natuur wat uit die familieboerdery voortspruit. In 2001 het ’n jeugontwikkelingskamp hom aan die toerismebedryf bekend gestel. “Ek het toe besef dat ek naby aan die natuur kan lewe as ek in toerisme werk,” vertel Rodville. “Die gidsaspek het my veral gefassineer.”

’n Driejaar Toerisme-kwalifikasie volg, asook die toekenning van ’n Oppenheimer Memorial Trust Beurs om Voëlkyk / Eko- toerisme te studeer. Voorwaar ’n pluimpie in Rodville se hoed, figuurlik en letterlik, want Rodville dra inderdaad gereeld ’n hoed op stap- toere en op kantoor! Na ’n paar jaar as toergids by Kleinzee Toerisme, duik ’n wonderlike geleentheid op toe West Coast Resources se mynbedrywighede in Koingnaas afskop.

In 2015 bring Rodville Namaqua Coastal Expeditions op die been en vestig toere en staproetes in die gebied met behulp van West Coast Resources. Dié mynmaatskappy het sy besigheidsplanne ondersteun met die skenking van ’n voertuig, toegang tot die myn-gebiede en hulp met bemarkingsmateriaal.

“Ek het eers net die 4 x 4 Skeepswraktoer

in die GEMEENSKAP

januarie - desember • diamantkus toere

aangebied. Nou is daar die 4 x 4 Duine- en Wildtoer, die Diamantkus Staproete wat oor drie dae voltooi word en selfs Kreefduiknaweke in seisoen,” spog Rodville. “My wens is dat die besigheid van krag tot krag sal gaan. Ek wil vir jong mense in die gebied wys dat alles nie vir hulle verlore is nie. West Coast Resources het my bemagtig om my eie besigheid te stig, om te help dat my eie besigheid tot volle reg kom.”

En Namaqua Coastal Expeditions is voorwaar goed op dreef met twee RSG 4 x 4 Klub “Beste

Gids aan die Weskus”-toekennings onder die belt (2016 & 2017) en twee plaaslike inwoners wat onlangs aangestel is om met die besigheid te help. Een van hierdie is Alistair Cloete, ’n jong man wat Rodville tans mentor en as gids oplei. “Ek sien soveel potensiaal in hom raak en wil hê hy moet sy volle potensiaal bereik.”

So ploeg Rodville ook sy sukses terug in die omgewing wat so na aan sy hart lê en maak hy nie net ’n blywende indruk op sy gemeenskap nie, maar ook op die toeriste wat saam met die mis en sand inwaai. Die Suid-Afrikaners wat eie kus verken en die buitelanders wat met dik Russiese en Duitse aksente meer oor die geheimsinnige diamantkus te wete wil kom.

Met ’n lag in sy stem vertel hy graag hoe toeriste met mag en krag ’n diamant ryker die omgewing wil verlaat. En as hulle navrae doen oor presies hoe ’n diamant nou eintlik lyk, is sy antwoord altyd: “Die oomblik wat jy ’n diamant sien, weet jy jy’t ‘n diamant gesien. As jy die blink klippie sien en rondkyk om te bespeur wie vir jou kyk, dan weet jy dis ’n diamant.”

Onder: Rodville Adams (voor) het onlangs vir Alistair Cloete en Ellene Landrew (agter) by Namaqua Coastal Expeditions aangestel.

www.namaquacoastal.com www.facebook.com/namaquacoastal/