iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe -...

24

Transcript of iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe -...

Page 1: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens
Page 2: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

2 slingervel augustus 2013

3 Die redakteur skryf4 Verjaardaghoekie6 Bybelleesrooster vir

September8 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Spreuke vir die

tiener verklaar11 Dit is God se sterre

wat vonkel in die nag

12 Ouma Witstert14 Handige Hannie (3)16 Die (on)sekerheid

van syfers18 Blokkiesraaisel

45019 Boekeblad22 Oordenkings vir

tieners24 Ons Pretblad

Slingervel, Jaargang 55 Nommer 949, Augustus 2013

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der MerweOordenkings vir tieners en

laerskoolkindersMarina Kotze

Junior Rubrieke en PenmaatsRiana Jonker

VerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina

Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-ArtikelsRika du Plessis en Sophia van der

WaltStories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR191,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 55 Nommer 949, Augustus 2013

ISSN 0037 685 X

Sli l J 555

Page 3: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 3

Die redakteur skryf ...

Die misverstand Die misverstand oor bekeringoor bekering

Slingervel se [email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572 Tel/faks 018 468 1782

EEk is seker dat jy in jou lewe al met misverstand te doen gekry het. ’n Misverstand is wanneer twee mense mekaar oor ’n sekere saak verkeerd

verstaan. Die een bedoel die saak so en die ander verstaan dit andersom. Die lewe is vol misverstande wat in baie gevalle groot probleme veroorsaak.

Wanneer die Woord van God egter verkeerd verstaan word, is dit ’n ramp!! God is alwys en kan dus nie iets misverstaan nie. God is die bron van alle kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens wat God se woorde verkeerd verstaan – soms onbewus en soms bewustelik uit hardkoppigheid.

Bekering is ’n saak wat heel dikwels en moedswillig verkeerd verstaan word. Na regte moet ons eintlik van omkering praat. Dit is om om te draai op die pad hel toe en terug te keer na God toe.

Die groot misverstand ten opsigte van bekering lê daarin dat mense bekering aanprys, selfs daarop trots is of boekhou van persoonlike bekeerlinge wat jy kwansuis na die regte pad laat terugkeer het. Om bekeerlinge te werf, word vir party mense soos om polisse te verkoop. Jy ontvang ’n sertifi kaat van die “siele wat jy vir Jesus gewerf het”. Op tiener- en jeugkampe het die saak al só hande uitgeruk dat tieners in ’n vreeslike geestestoestand van twyfel by die huis ná die kamp aankom. Hierdie benadering is uiters oppervlakkig. Só asof God bekeerlinge nodig het; nie sonder hulle kan klaarkom nie.

Bekering is ’n Godswonder. Dit is genade dat God één bekeerling aanvaar. Onthou, ’n bekeerling

is iemand wat ’n misdaad erken. So ’n ernstige misdaad dat dit nie net met die dood nie, maar met die hel strafbaar is. ’n Bekeerling het niks om op trots te wees nie. Wat God in die Bybel leer, is dat ’n mens nie bang moet wees om tot bekering te kom nie. Jy hoef nie voltyds van God weg te hardloop nie. By God kan jy met die hele sak patats vorendag kom en jou sonde bely en daaroor berou toon.

God belowe dat Hy elkeen wat so in opregtheid na Hom toe kom in sondebelydenis, nie sal wegjaag nie, maar aan hom genade sal bewys en amnestie aan hom verleen. Mense is wraakgierig en bloeddorstig. Mense sal so ’n persoon liewer verder skop en verwerp. Maar God nie. Hy bewys genade.

Ek hoop jy het die misverstand in verband met die saak van bekering goed raakgesien. Bekering is nie ’n heldedaad nie. Bekering is nie ’n toegangsbewys tot God se koninkryk soos ’n rugby- of ’n fl iekkaartjie nie. Daar is net so min meriete in bekering as in ’n skulderkenning by die aanklagkantoor.

Bekering kan jy nie met lof slaag of met ’n onderskeiding deurkom nie. Bekering vra van jou om soos ’n tollenaar te wees met ’n verslae hart en ’n huiwering om God om genade te smeek. SV

Page 4: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

4 slingervel augustus 2013

verjaardagverjaardaghoekiehoekie

Die volgende Velliemaats verjaar gedurende AUGUSTUS 2013. Veels geluk aan elkeen, en geniet die dag saam met julle ouers en maats. As jy nog nie

ingeskryf is as Velliemaat nie, skryf aan my. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal, 1752;

of e-pos [email protected] Groete, Tannie Riana

1 Francois Brown (Randburg), Gertie van Jaarsveld (Lae veld), Ludolf du Plooy (Potchefstroom-Die Bult),

Mita Qamane (Randburg), Ruvan Bovill (Laeveld).

2 Alwyn du Plessis (Magol), Andy Katz (Benoni), Ha-rald Fied ler (Kathu), Karien Botha (Bergbron), Liaan

Bothma (Krugersdorp), Minka Olivier (De Aar).

3 Anje Bodemer (Port Elizabeth), Chantelle van den Berg (Vanderbijlpark-Trinitas), Hendrik Badenhorst

(Zeerust), Michael Smith (Vanderbijlpark-Trinitas), Morné Smith (Vanderbijlpark-Trinitas).

4 Adriaan van Staden (Middelburg Mpumalanga), Brynn-Leo van Vuuren (Kaapstad), Francois le Roux (Aka sia),

Ivette Dreyer (Randburg), Lana van der Vegt (Ver eeniging-Oos), Lize Dreyer (Randburg), Marli Venter (Randburg).

5 Ivan Lombaard (Randburg), Josiphine Motswiri (Rand burg), Marizaan Botes (Bethal), Mark Jorna

(Port Elizabeth), Marni Bakker (Benoni), Thinus van Ree-nen (Vanderbijlpark-Trinitas).

6 Anika Grobler (Randburg), Armand Koekemoer (Wa-ter kloofrand), Fanus Janeke (Vanderbijlpark-Tri ni tas),

Jacques Stander (Lydenburg), Jan-Harm Burger (Pot-chefstroom-Oos), Kathryn Louw (Waterkloofrand), Wayne Ferreira (Vaalpark).

7 Adriana Jacobsz (Port Elizabeth), Anna-Marie Labu-schagne (Lydenburg), Carla Pelser (Secunda), Char-

lene Grove (Vaal park), Dewald Hattingh (Warmbad), Liya Hiestermann (Randburg), Lize van der Schyff (Vander-bijlpark-Trinitas), Mar jolette Grove (Vaalpark), Marlize le

Roux (Potchefstroom-Die Bult), Riaan Janse van Vuuren (Er melo).

8 Anneke Stoop (Ermelo), Dominique du Plessis (Bracken hof), Elrie van Heerden (Burgersdorp), Johan

O’Connell (Boksburg), Petrus Claasen (Reitz), Thomas van Vuuren (Heilbron).

9 Kathleen Payne (Duineveld), Louis Witbooi (Red-ders burg), Ruan Erasmus (Bergbron), Ryan Grobler

(Nylstroom).

10 Andrew Harris (Port Elizabeth), Liza Kruger (Mid-delburg Mpumalanga), Noelene Fourie (Oudts-

hoorn), Shané Hattingh (Buffeldoorns), Sulize Kruger (Randburg), Vanessa van Rooyen (Potchefstroom-Oos).

11 Albert Ackermann (Lichtenburg), Anneri van der Walt (Middelburg Kaap), Arno Farrel (Magol), Bur-

gert Stoop (Ermelo), Clauddine Booysen (Magol), Hendri van Vuuren (Kathu), Juhné van der Heever (Rand burg), Martin Viljoen (Wolmaransstad), Rudi Hartzer (Rand-burg), Rudie van Aarde (Randburg), Tarryn Edwards (Red-dersburg), Tiana Krüger (Benoni), Wynand Lubbe (Pot-chefstroom-Oos), Zandri van der Linde (Zeerust).

12 Charles Moss (Krugersdorp), Dudley Thompson (Vander bijlpark-Trinitas), Marissa Clements

(Potchefstroom-Oos), Michael Hechter (Vaalpark), Mieke Venter (Randburg).

13 Corné Botha (Secunda), Gustav Prinsloo (Alber-ton-Wes), Jana Schutte (Potchefstroom-Oos),

Keat legile Mogwane (Randburg), Lambert van der Wath

Page 5: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 5

verjaardaghoekie

(Mid delburg Mpumalanga), Ryno Erasmus (Bergbron), Tamryn Roberts (Port Elizabeth), Van Zyl Erasmus (Kathu), Wessel Pieters (Vanderbijlpark-Trinitas).

14 Drikus Buys (Naboomspruit), Erwin Jafta (Red-dersburg), Francois Pierdica (Reddersburg), Jaco

Olivier (Secunda), Juan-dré de Vos (Kathu), Louwtjie Jan se van Rensburg (Krugersdorp).

15 Allison Willson (Kaapstad), Charle Kriel (Wol-ma ransstad), Corlia Nel (Waterkloofrand), Divan

Strydom (Laeveld), Erica Marais (Kaapstad), Esmé Kruger (Randburg), Juan Human (Middelburg Mpumalanga), Kla-rissa de Jager (Rustenburg), Yolandie Coetsee (Lichten-burg), Zard Aucamp (Potchefstroom-Oos).

16 Daniel Buys (Naboomspruit), Dawie Coetzee (Bergbron), Elizna Reyneke (Kathu), Lian van

Rooyen (Welkom-Noord), Lielie Pretorius (Warm bad), Monja Erasmus (Lichtenburg), Roné Jos ling (Water kloof-rand), Stephanie van der Merwe (Vander bijl park-Trinitas), Tehan Ehlers (Zeerust).

17 Ettienne van Heerden (Lydenburg), Kagiso Lefoka (Randburg), Kruger Price (Burgersdorp), Lené

Schlebusch (Brackenhof), Lizka Bosua (Barberton), Lulu de Bruyn (Vanderbijlpark-Trinitas), Marius Vermeulen (Er-melo), Menique Steenekamp (Oudtshoorn).

18 Carla Groothof (Warmbad), Dihan Ferreira (Se-cunda), Duane Mynhardt (Bethal), Edna Stander

(Port Elizabeth), Einar du Plessis (Nylstroom), Hannes du Plessis (Krugersdorp), Harm Marx (Burgersdorp), Herman van Heerden (Burgersdorp), Janrich Schoeman (Kathu), Mariné Bosch (Kaapstad), Nico-Niel Raath (Barberton), Retha Janeke (Vanderbijlpark-Trinitas), Ryan Jansen (El-sies rivier), Ryan Kemm (Buffeldoorns), Stefan Erwee (Mes-sina).

19 Annelize Havenga (Brackenhof), Chris van der Walt (Stilbaai), Cimonéy Snyman (Sinoville,

Pretoria), Jean-Pierre John Labuschagne (Welkom-Noord), Reinhardt Jansen van Vuuren (Secunda), Rynhardt Blignaut (Brackenhof), Sakkie Coetzee (Brackenhof), Simon Smit (Vanderbijlpark-Trinitas), Sulette Viljoen (Zeerust).

20 Gary Marx (Burgersdorp).

21 Benjamin Schraader (Randburg), Danelle Ver ster (Potchefstroom-Die Bult), Divan Hyman (Boks-

burg), Monray van der Walt (Vanderbijlpark-Tri ni tas), Pierre du Plessis (Bergbron), Rochelle Ehlers (Vanderbijlpark-Trinitas).

22 Hanru du Plessis (Magol), Hantie Kruger (Mid-delburg Mpumalanga), Janine Vorster (Vander-

bijlpark-Trinitas), Matthew Marman (Elsiesrivier), Morné van Niekerk (Potchefstroom-Oos), Stefan van Emmenis (Magol), Umari Reitsma (Potchefstroom-Oos), Wynand Dreyer (Secunda).

23 Chante Grobler (Randburg), Dionné Viviers (Ma-gol), Hendru van Zyl (Middelburg Mpumalanga),

Johan Coetzee (Brackenhof), Keila Minnie (Boksburg-Suid).

24 Hanke Opperman (Hermanus), Michael Roberts (Reddersburg), Philip Papachrisoforou (Kuruman),

Zandré van der Walt (Vanderbijlpark-Trinitas).

25 Jariska Ströh (Benoni), Jason Geere (Vanderbijl-park-Trinitas), Louise Gaertz (Randburg), Maris-

ka Swanepoel (Wolmaransstad), Marne Janse van Vuuren (Boksburg-Suid), Mpho Fox (Reddersburg), Shaun Labu-schagne (Kleinmond).

26 Alexander Venter (Randburg), Arina Rautenbach (Vaalpark), Christiaan du Plessis (Gobabis),

Eben Pouwels (Krugersdorp), Imke Neethling (Secunda), Jaco de Bruyn (Vanderbijlpark-Trinitas), Lize-Marié Fick (Vereeniging-Oos), Masego Morake (Randburg), Megan Buys (Randburg).

27 Amy Kruger (Randburg), Celia (jr) Coetzee (Wa ter-kloofrand), George Ferreira (Bellville-Oos), Gerrie

Muller (Reddersburg), Hendrico van Rooyen (Potchefstroom-Oos), Nico Janse van Rensburg (Boks burg-Suid), Ste-fanie Heystek (Magol), Willem Ferreira (Bell ville-Oos).

28 Anika van der Walt (Randburg), Anja van der Walt (Nyl stroom), Annieka Billing (Benoni), Elzette

Engelbrecht (Zeerust), Marnus Ackermann (Lichten burg), Shane Prinsloo (Lyttleton), Tamlyn van den Berg (Be noni).

29 George Price (Burgersdorp), Marelize van Jaarsveld (Brackenhof), Mathapelo Kobedi (Randburg), Mia

Erasmus (Magol), Neo Kobedi (Randburg), Nicole Gertzen (Secunda), Pieter Labuschagne (Vanderbijlpark-Trinitas), Theunis van Wyk (Middelburg Mpumalanga), Trudi Tromp (Vereeniging-Oos).

30 Elma van der Schyff (Potchefstroom-Oos), Jay-din Scholtemeyer (Benoni), Jurica Winter (Rus-

ten burg), Lara Rall (Lichtenburg), Lourens Venter (Pot-chefstroom-Oos), Veronica Buchling (Secunda).

31 Andrio Visser (Randburg), Caleigh van Huysteen (Secunda), Henro Verhoef (Vereeniging-Oos),

Jo-Marie Coetsee (Bloemfontein-Suid), Leandra Beukes (Buffeldoorns), Nina Louw (Secunda), Pieter Cordier (Ku-ru man), Pieter Smith (Welkom-Noord), Roelof Buys (Na-boomspruit).

Page 6: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

6 slingervel augustus 2013

God se skeppinBybelleesrooster vir September

1 September – Lees: Deuteronomium 6:10-13God skep die land vir die mense om in te woon.

2 September – Lees: Deuteronomium 6:24 en 22:6-7God het gesorg dat daar orde in die skepping is.

3 September – Lees: Deuteronomium 20:19-20Die mens moet God se skeppingsorde gehoorsaam.

4 September – Lees: Deuteronomium 22:1-4Jy moet erns maak met die besittings van jou naaste.

5 September – Lees: Deuteronomium 26:1-4Jy moet vir God dankie sê vir alles wat Hy vir jou gee.

6 September – Lees: Deuteronomium 32:10-12Soos ’n arend vir sy kleintjies sorg, sorg God vir jou.

7 September – Lees: Psalm 104:1-5God gee om vir die aarde en alles daarop.

8 September – Lees: Psalm 104:6-9God trek grense om die chaos te beheer.

9 September – Lees: Psalm 104:10-15God haal die vrees uit die water uit sodat mense dit kan gebruik.

10 September – Lees: Psalm 104:16-26Die grootheid van God se skepping.

11 September – Lees: Psalm 104:27-30God gee met ’n oop hand alles wat in die skepping nodig is.

12 September – Lees: Psalm 104:31-35God se skepping gee aan Hom groot vreugde.

13 September – Lees: Job 39:1-7God sorg selfs vir die dinge wat nutteloos lyk.

14 September – Lees: Job 39:8-15Vir die wilde donkie is daar plek in God se skeppingsplan.

15 September – Lees: Job 39:16-21God sorg vir alles op ’n wyse soos Hy wil.

16 September – Lees: Job 39:22-33God gebruik die negatiewe om die positiewe te bereik.

17 September – Lees: Job 38:37-38Soos vir die natuur, sorg God ook vir jou.

18 September – Lees: Kolossense 1:15-16God het deur Christus alles geskep.

19 September – Lees: Psalm 19:1-7Dag en nag is boodskappers van God.

20 September – Lees: Markus 2:23-27Jy ontmoet God ook in die skepping.

21 September – Lees: Markus 4:35-41Christus heers oor en beheers die skepping.

22 September – Lees: Psalm 114:1-8Nét God kan in sy almag die see tem.

Page 7: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 7

ng en die mensDr. Nico van der Merwe

23 September – Lees: Genesis 1:12-13 en 26Op die derde skeppingsdag gee God lewe op die aarde.

24 September – Lees: Genesis 1:29-30God sorg dat daar kos vir alles en almal is.

25 September – Lees: Genesis 2:4-9God sorg vir die mens se voortbestaan op die aarde.

26 September – Lees: Genesis 2:19-20Die mens en die natuur is op mekaar aange-wys.

27 September – Lees: Genesis 3:17-19As gevolg van die sonde ly God se skepping ook.

28 September – Lees: Genesis 6:5-6 en 7:21-23Die skepping ly ook onder God se toorn oor die sonde.

29 September – Lees: Genesis 9:13-17Die reënboog is die teken van God se goed-heid.

30 September – Lees: Genesis 1:26-28Die balans tussen die skepping en die mens.

Page 8: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

8 slingervel augustus 2013

dr. nico van der merwe

85. Afskeid neem in God Lees in jou Bybel Handelinge 20:15-38 (vs 32)

Net soos ons gereeld van mense moet afskeid neem, is Paulus besig om van die gemeentes in Klein-Asië

afskeid te neem. Hy weet dit is ’n afskeid vir goed, hy gaan hulle nie weer ’n keer sien nie. Maar die afskeid is nie ’n tra nerige gehuilery en snikke nie, want dit is ’n afskeid in God. Paulus vertrou die gelowiges toe aan God. Al sou hy, Paulus, verdwyn, sal God die koninkrykswerk in die ge-meen tes laat voortgaan.

Ons lewe is vol momente van afskeid neem. Dikwels gaan dit met trane en emosionele gevoelens gepaard. ’n Ware gelowige neem op ’n ander wyse in God afskeid. Dan word die afskeid ’n oomblik van krag en sekerheid, want jy kan God vertrou wat al sy beloftes waar maak en in die toekoms dit steeds sal doen. Hy sal met jou en die mense wees van wie jy afskeid neem.

86. Afskeiding Lees in jou Bybel Handelinge 18:1-23 (vs 6a)

Daar is verskil tussen afskeid en afskeiding. Afskeid is ’n groet om weg te gaan, om later weer bymekaar te

kom. Afskeiding is die weggaan van mekaar, sonder om weer bymekaar te kom. Toe die Jode hulle verset teen die prediking van Paulus, het hy nie van hulle afskeid geneem nie, hy het hom van hulle afgeskei. Hy het hulle permanent ver laat.

Hoekom is jong gelowige kinders so huiwerig om hulle te onttrek van plekke en mense waar die Naam van God gevloek word en die koninkryk van God skade aangedoen word? Jesus verwag van jou om soms die stof van jou voete af te skud en af te skei (Matt. 10:14). Ter wille van God se eer is dit nodig! Jy kan nie op ’n plek of in ’n kring van mense bly waar daar gruwelik gesondig word nie. Daar waar die sonde mense beheers, moet jy padgee!

87. Bekering en dankbaarheid Lees in jou Bybel Handelinge 16:19-40 (vs 33)

Bekering is om van die sonde weg te gaan en na God toe terug te keer. Egte bekering kan in ’n lewe van dank-

baarheid gesien word. Lees mooi wat het met die tronk-bewaarder van Filippi gebeur. Tot voor sy bekering was hy ’n hardvogtige en gevoellose mens wat gevangenes in boeie geslaan en in houtblokke vasgeklem het. Sonder ge nade het hy opgetree. Maar toe hy tot geloof kom, word sy hardvogtigheid opregte ontferming – hy was Paulus en Silas se wonde. Sy selfsug word hartlike liefde – hy sit aan hulle ’n ete voor. Sy ongeërgdheid word opregte belang-stelling – hy wil meer oor die Woord hoor.

Dit is die optrede van dankbaarheid vir bekering! Dit moe dig jou aan om jou in diens van die Here te verdiep en belangstelling vir die Woord van God en sy eer te toon.

88. Bekering en gehoorsaamheid Lees in jou Bybel Handelinge 16:1-15 (vs 14a)

Dit is so dat bekering nie mensewerk is nie. Dit is God wat die verandering in jou hart en jou lewe bring.

Maar jy as gelowige kind word nie eenkant geskuif nie. Kyk wat doen God. Gód beskik dit dat Lidia op die moment toe Paulus in Filippi preek, teenwoordig is. Gód maak haar hart vir die Bybel oop en die Bybel vir haar hart. Van Lidia word verwag dat sy aan God gehoorsaam sal wees. God gee die bekering en verlossing vir Lidia deur haar gehoorsaamheid. So is dit vandag ook. ’n Mens kan hom nie vanself van die sonde verlos nie. Jesus Christus moet dit doen en Hy het dit ook gedoen. As jy voel dat jy ver weg van die Here af is, moet jy getrou jou Bybel lees, gereeld na die eredienste en die katkisasie gaan en ook elke dag bid. Vra die Here om jou hart te verander sodat jy jou tot Hom kan bekeer.

89. ’n Bybel in elke huis Lees in jou Bybel Matteus 19:1-12 (vs 4-6)

As kind is jy deel van ’n huisgesin. In jou huisgesin word na jou gekyk en voel jy veilig. Satan weet dat as hy

die gesonde gesinslewe opbreek, kry hy ’n houvas op God se kinders. Daarom probeer hy huisgesinne wat Christelik leef, te vernietig. Satan se eerste plan is om mense te laat ophou Bybellees. Sodra mense nie meer in die Bybel lees nie, word hulle verhouding met die Here al hoe swakker. Toe die Fariseërs by Jesus kom en probeer om Hom met allerhande strikvrae te verwar, sê Hy vir hulle: “Het julle nie gelees ...” (vs 4).

Daarmee sê Christus dat jou lewe as kind van God begin by Bybellees, erediensbywoning en katkisasie, waar die inhoud van die Bybel verklaar en toegepas word. Julle moet as huisgesin gereeld Bybel lees, dan sal die Heilige Gees julle help om gehoorsaam te lewe.

90. Die dag deur God bepaal Lees in jou Bybel Handelinge 17:16-34 (vs 31a)

God het nie alles wat in die toekoms gaan gebeur, be-kend gemaak nie. Eén waarheid is bekend, die ge-

skiedenis sal uitloop op een dag waarop God se oordeel sal kom. Mense lewe asof die tyd op aarde net sal aanhou en aanhou ... so asof daar nie ’n einde sal kom aan die aard se lewe nie. God het egter die dag van sy oordeel reeds vasgestel. God het reeds die dag bepaal waarop die wêreldgeskiedenis tot ’n einde sal kom. Dit sal ook die dag wees waarop al die mense wat in God glo, in Jesus Chris-tus die ewige lewe kry.

Vir die ongelowiges is die koms van die Here se oor-deels dag verskriklik. Maar vir die gelowige sal dit ’n hoog-tepunt wees, omdat hulle in Christus die ewige lewe kry. As kind van God hoef jy ook nie bang te wees vir God se straf nie, want Jesus het jou straf vir jou gedra.

Page 9: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 9

91. Wat moet ek doen? Glo! Lees in jou Bybel Johannes 6:22-29 (vs 29)

As ’n kind van God vra jy ook seker die vraag wat jy moet doen as dit by jou godsdiens kom. Dit was ook

die dringende vraag van die skare mense rondom Jesus waarvan Johannes 6 skrywe. Jesus het hulle verwyt. Hulle volg Hom net uit nuuskierigheid oor die wonders wat Hy doen. Hulle stel nie werklik in Hom belang nie, maar wil net die wonders sien gebeur. Ons moet ook die vraag vra: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons vra?” Die antwoord is: Glo! Dit is wat jy moet doen. Glo in Jesus Christus. Ons is altyd bang dat ons nie genoeg vir die Here doen nie. Christus sê jy hoef niks meer te doen as net om te glo nie. As jy in Jesus Christus glo, sal jy lewe soos iemand wat aan die Here behoort. Jy hoef nie iets te doen om verlos te word nie. Jy moet net aan God dankie sê vir die verlossing in Christus.

92. Die voortreflikheid van God se Gees Lees in jou Bybel 2 Samuel 1:11-27 (vs 24a)

Saul het Dawid se lewe baie sleg vir hom gemaak. Jare lank het Saul vir Dawid soos ’n dier gejag om

hom dood te maak. Toe Saul sterf en Dawid weer kan asemhaal, vier hy nie fees van blydskap nie. Dawid rou oor die dood van Saul!

Dawid tree nie op soos ’n mens wat baie bly is dat die gevaar oor is nie. Hy tree op soos iemand wat in God glo en in wie die Heilige Gees bly. Daarom soek hy nie wraak teen Saul nie en is hy nie bly oor Saul se dood nie.

As jy nie ’n wedergebore kind van God is nie, is dit nie moontlik om soos Dawid te maak nie. ’n Wedergebore kind is nie bly oor die dood van ’n vyand of ’n teenstander nie. Dan huil jy oor die verlorenheid van iemand wat nie in die liefde van God geleef het nie. Dit het die Here Jesus Christus ons aan die kruis geleer.

93. Met God se hulp Lees in jou Bybel 2 Samuel 22:18-34 (vs 30)

Wanneer ’n kind van God in Hom glo, is God met jou en jy met God! God wat almagtig is, is dan in jou

lewe teenwoordig en by Hom is niks onmoontlik nie. God is sterker as die hel en die dood. Elkeen wat opreg in God glo, ontvang van Hom die nodige krag om ook sterker te wees as Satan en die sonde. As jy in God glo, sal jy sterk kan staan as daar swaar tye in jou lewe kom. Om met God te wees en te weet God is met jou, beteken om die sekerheid te hê dat God jou sal vashou as daar ’n krisis in jou lewe kom. Jy moet elke dag onthou dat God jou he-melse Vader is en dat Hy baie lief is vir jou. Daarom sal Hy, as iets sleg en pynlik oor jou kom, jou vashou soos ’n pa en ma hulle kinders in tye van swaarkry vashou. Jy moet in jou gebede vir die Here vra om by jou te staan en jou te beskerm en sterk te maak.

94. God se plan met ons Lees in jou Bybel Jeremia 31:1-14 (vs 10)

God kan alles doen omdat Hy alles weet en ook oral teenwoordig is. Wat ook al gebeur, gebeur omdat God

so besluit het. God het met alles ’n doel. Daar sit plan in alles wat God laat gebeur. Deur die mond van die profeet Jeremia maak die Here bekend dat Hy met sy volk Israel’n plan het. “Hy wat Israel verstrooi het, sal hom bymekaar maak” (Jer. 31:10). God se volk is nie in hulle eie land nie, maar hulle is ballinge in Babilonië. Tog hoor hulle van hulle verlossing (Ps. 47:2; 68:33).

Daar sit ’n plan in God se optrede. Elkeen wat die Bybel lees met oop oë, soekende hart en luisterende aandag, vind daarin God se plan vir sy eie lewe. Al voel jou lewensloop dikwels doelloos en leeg, God bepaal die mikpunt. Al lyk alles planloos en bleek, God het met alles’n plan.

95. Dood in die familie Lees in jou Bybel Genesis 35:9-20 (vs 18)

Genesis 35 vertel van die tragiese dood van Ragel in die omgewing van Betlehem by die geboorte van

haar tweede seun. Terwyl sy sterwe, noem sy die seuntjie Benoni. Benoni beteken kind van my smart. In die naam van haar kind druk Ragel haar smart uit. Dit is asof Benoni vir haar die eindpunt is van alles. Jakob noem die seuntjie egter Benjamin. Benjamin beteken kind van my regterhand, my gelukskind, seun van my hoop.

Jakob se hoop was nie tevergeefs nie. Naby die sterf-plek van Ragel is eeue daarna Jesus gebore. Hy het al die smart, hartseer en swaarkry van die gelowiges om Hom geneem. Hy wéét wat dit is om te ly. Maar deur sy soen-dood aan die kruis het Hy vir jou die ewige lewe verwerf. In Jesus is jy Benjamin, gelukskind! en nie Ben-oni, onge-lukskind, nie.

96. Drumpelspringers Lees in jou Bybel 1 Samuel 5:1-12 (vs 5)

God se oordeel tref die afgodsbeeld van Dagon. God laat die afgod omval sodat hy plat op die grond lê,

sonder kop en hande, want hulle het met die val afgebreek (1 Sam. 5:4). ’n God sonder kop en hande is magteloos. Van toe af was die drumpel van Dagonstempel God se preek stoel en die afgebreekte hande sy teks. Elke keer as die Dagonpriesters uit bygeloof oor die drumpel spring, herinner dit hulle daaraan dat hulle Dagondiens niks be-teken nie. In plaas daarvan dat hulle deur God se preek tot insig kom, spring hulle telkens oor die drumpel van die Dagontempel. Hulle maak van hulle sonde ’n nuwe ere-diens.

Wees versigtig in jou reaksie op God se prediking. God laat deur sy Woord jou afgode stukkend val. Moet hulle nie bly koester nie, kniel op die drumpel van Gods Woord.

Page 10: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

10 slingervel augustus 2013

dr. nico van der merwe

Die Christentiener en die Spreuke

Spreuke vir die tiener verklaar

In die gedagtegang van Spreuke word die Christentiener voortdurend gewys op dit wat God vir die lewe voorskryf. Uit Spreuke ontvang die

tiener riglyne van hoe om prakties as ’n gelowige te lewe. Hierin kom Spreuke nie met uitheemse, vreemde en snaakse vergelykings nie, maar word eie waarhede van God se Woord prakties en ver-staanbaar vir die tiener in sy eie lewe toegepas. Spreuke is bedoel vir die normale menslike optrede as kinders van God.

Hoe moet jy volgens Spreuke optree? Spreuke 7:1-2 sê wat jy moet doen: Maak wat God sê jou eie. Die saak is só belangrik dat dit in vers 1 en 2 driemaal genoem word. Jy kan nie wat jy van God ontvang som mer in jou lewe laat rondlê soos ’n koerant of ’n tydskrif in julle huis nie. Wat God jou leer, moet vir jou so belangrik wees soos jou oogappel. Wie ’n kosbare skat besit, sal alle veiligheidsmaatreëls gebruik om dit veilig te bewaar. So moet jy ook met die Woord van God maak. In Spreuke 2:1 word ook geskryf: “... maak wat ek jou voorskryf jou eie ...”, dieselfde soos in Spreuke 7:1-2. Letterlik staan daar in die Bybel: My gebooie by jou (in jou) bewaar.

Hier word presies dieselfde werkwoord gebruik

as wat ons in Eksodus 2:2 vind: Moses se ma het hom drie maande lank weggesteek.Ook in Josua 2:4 kry ons dieselfde woord.

Die twee verkenners kom by Ragab in Jerigo, en toe die gevaar hulle bedreig, het sy hulle weggesteek.In Psalm 27:5 word die woord ook gebruik: Op

die dag van gevaar sal die Here my wegsteek.

Die Here sê dus vir die mens:Ek praat met jou.

Ek beveel jou.

Ek gee jou my gebooie.

Ek maak my wil aan jou bekend.

Steek dit weg in jou hart.

Bêre dit veilig daar.

Koester dit as iets wat baie kosbaar is.

Vanuit die gelykenis van die saaier (Matt. 13) weet ons dat die duiwel God se Woord en wet uit ons hart en lewe wil wegneem, steel. Wanneer die mens ongeërg is ten opsigte van God se Woord, of lusteloos daarmee omgaan, kom die duiwel en neem die saad van die Woord uit daardie hart weg soos wat voëltjies saadkorrels wat op ’n harde pad lê, oppik. Wanneer dit gebeur, verloor die mens die kosbaarste skat wat hy kan droom om te besit.

God wil hê dat sy boodskap en gebooie in jou

hart sal bly (Kol. 3:16).Wat God leer, moet jy ter harte neem (Job.

22:22).Jy moet dit in jou hart bewaar (Luk. 2:19, 51).

Jou hart is die plek waarin jy die skatte van God se Woord moet wegsteek en bewaar. Dat die blye evangelie van redding en verlossing inderdaad ’n skat is, dit het Paulus al geskryf (2 Kor. 4:7). God se voorskrifte kan jy dus wel hoor. Dit kan aan jou verkondig word sodat jy dit jou eie maak. Jy kan nie toelaat dat die stem van God sommer by jou verbygaan en jy luister nie daarna of jy maak dit nie jou eie nie. Dis gevaarlik. Dis onverantwoordelik. SV

Page 11: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 11

TELLIE SKOOP

Dit is God se sterre wat vonkel

in die nag!God belowe Abraham ’n

groot nageslag (Gen. 12:2; 15:1-5). Maar Abraham en Sara is reeds baie oud en steeds kinderloos. God gee aan hom ’n sigbare teken. God sê vir Abraham as hy opkyk na die hemel en hy sien al die ontelbare sterre, dan moet dit vir hom ’n teken wees dat God sy belofte werklik sal maak. Ons lees in die Bybel dat God sy belofte wel nagekom het en dat Jesus Christus uiteindelik uit die nageslag van Abraham gebore is toe een helder ster oor Bethlehem geskitter het.

Die wonder is dat as jý va-naand opkyk na die hemel en al die sterre sien, dan sien jy pre-sies dieselfde sterre wat Abra-ham daardie nag, duisende jare gelede, gesien het – al die sterre wat God geskep het, want Hy is immers die Skepper van alle dinge (Jes. 66: 2; Kol. 1:16; Spr. 8:22-31; Gen. 14:19; Jes. 40:28; Ps. 8).

Die Slingervelmaats sien nie almal eweveel sterre en almal ewe goed nie. Die stedelike ge-biede in ons land het soveel “lig besoedeling” dat ’n mens

maar ’n fraksie van die sterre met die blote oog kan sien.

Dit is egter moontlik om wel van die helderste planete maklik met die blote oog te sien. Wat sal jy alles sien as jy in Augustus 2013 in die aande na die sterre kyk?

Jy kan gerus die moeite doen om die planete wat jy met die blote oog of met ’n verkyker kan sien, op te soek.

Gedurende Augustus 2013 sal dit moontlik wees om die planete Venus, Jupiter, Saturnus en Mars met die blote oog te kan sien. ’n Mens moet net pre sies weet waar om in die hemelruim te kyk.

Probeer die volgende leidra-de om die planete te sien en skryf vir die Slingervel hoe jy ge vaar het:

Venus ☺ is die helderste van die planete en ook baie maklik om te kan sien. Jy moet so drie ure ná sononder na die westekant kyk. Jy kan dit nie mis nie, want Venus skyn met ’n baie helder, blinkwit lig.Saturnus ☺ is die planeet met die verskillende ringe. Kyk

ietwat regs van Venus, daar sal jy Saturnus kan sien. Die planeet beweeg in die loop van die maand ooswaarts. As jy ’n kleinerige teleskoop het, sal jy die ringe om die planeet kan onderskei.Mars ☺ is die derde planeet wat in Augustus met gemak gesien kan word. Mars het ’n kenmerkende rooi skynsel en kan dus van die omliggende sterre uitgeken word. Jupiter ☺ sal duidelik in die oos-te sigbaar wees vir diegene wat laat in die nag opbly of baie vroeg voor sonop kan kyk. Op 23 Januarie is Jupiter bokant die maan sigbaar. Deur ’n teleskoop sal Jupiter se vier helderste mane (Io, Europa, Ganimedes en Kal-listo) selfs sigbaar wees. Wie daagliks na Jupiter kyk, sal ook kan sien hoe die mane van posisie verander namate hulle om die planeet wentel. SV

(Bronne: Astronomy, Junie 2013;

Sterrekunde Binne Bereik, Neville Young,

Sterrekunde Woordeboek, JH de Klerk)

Page 12: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

12 slingervel augustus 2013

Tannie Rika du Plessis

OUMA WITSTERTOuma Witstert is die

ouma van drie klein, baie ondeunde apies. Dit is nou skoolvakansie en die apies se ma het besluit die drietjies moet vir hulle ouma gaan kuier sodat sy en haar man kan gaan winterskos bymekaar maak. Met die drie kleintjies by hulle, is dit te moeilik.

Oortjies, Ogies en Neusie is baie opgewonde oor hierdie kuier. Hulle hou baie van Ouma Witstert. Sy vertel altyd vir hulle baie stories saans wanneer hulle gaan slaap, en sy gee vir hulle baie lekker kos.

Oortjies het sy naam gekry omdat sy oortjies soos skulpies na binne vou en dus nie soos die ander apies s’n lyk nie. Ogies het weer sy naam gekry omdat sy ogies nie groot en rond lyk soos sy maats s’n nie, maar hulle is altyd op sulke skrefi es getrek. Dan is daar Neusie wat sy naam gekry het omdat hy ’n spierwit kolletjie op die punt van sy neus het.

Ouma Witstert se naam

het sy gekry omdat sy weer ’n lang wit streep op haar stert het. Nou vertel Neusie dat net hy Ouma se kleinkind is, want hulle het albei wit aan hulle lyfi e. Dan moet jy hoor hoe gaan Ogies en Oortjies tekere, want hulle is net so lief vir hulle ouma.

Die eerste dag wat hulle wakker word by ouma Witstert, sien die drietjies dit gaan ’n lekker sonskyndag wees. Omdat dit winter is, is hulle baie lief om in die son te gaan sit en speel. Maar net so is Ouma Witstert ook lief om iewers in ’n sonhoekie te gaan sit en sommer net niks te doen nie.

In Ouma se kombuis in die grot kry hulle lekker vrugte om te eet vir ontbyt, en toe hulle magies vol is, gaan hulle uit in die son.

“Kyk, daar sit Ouma ook in die son. Kyk hoe hang haar bril op die punt van haar neus. Ek is seker sy sit en slaap al weer, want sy kyk glad nie in die boek voor haar nie,” sê Oortjies en die ander twee giggel.

“Kom ons terg Ouma so ’n bietjie,” sê Ogies ondeund.

Die drie kyk na mekaar en die pret dans in hulle ogies. Hulle sal hulle ouma nooit seermaak nie, maar ai, dis so lekker om met haar te speel.

“Neusie, gaan sit jy so ’n entjie agter haar, hoog in daai boom, en maak of jy huil. Ouma sal dit dadelik hoor, want Ouma hoor nogal goed, al is sy al oud. Wanneer Ouma dan opvlieg om te gaan kyk, sal haar boek val en ons twee gaan dit gaps en wegkruip. Moenie dat Ouma jou raak sien nie, hoor Neusie,” sê Ogies.

Page 13: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 13

Hulle lag sag terwyl Neusie wegskarrel en in die boom gaan klim. Toe hy dan ook oomblikke later vreeslik hartseer begin huil, vlieg Ouma Witstert orent, en net soos Ogies gesê het, val haar boek op die grond. Sy hardloop al in die rondte op soek na die gehuil, en toe sy agter ’n rots verdwyn, gryp Oortjies die boek en hy en Ogies gaan skuil in ’n digte bos.

Natuurlik huil Neusie nie nou meer nie, en hy sit en loer tussen die digte blare van die boom deur na Ouma Witstert wat nou glad nie kan verstaan hoekom sy niemand sien nie. Na ’n rukkie stap sy terug na haar sonkolletjie toe.

“Nou waar is my boek dan nou?” mompel Ouma, en Neusie wat intussen uit die boom geklim het, stap nou nader aan Ouma.

“Môre, Ouma. Wat praat Ouma so met Ouma self?” vra hy doodernstig.

“Môre, Neusie. Ek het hier gesit en lees toe ek ’n klein apie hoor skree. Toe het ek opgespring om te gaan kyk wat is fout, maar het niks gesien nie. Nou toe ek hier terug kom, is my boek weg.”

“Is Ouma seker Ouma het gesit en lees? Het Ouma nie dalk gesit en slaap en is nou net deurmekaar nie?” vra Neusie weer, en beduie met sy handjies agter sy rug die ander twee moet ophou om te lag, want netnou hoor Ouma hulle.

Hulle het egter vergeet hoe fyn Ouma hoor. Sy draai in die rigting van die digte bos net toe daar weer ’n giggel oor Ogies se lippe bars. Sy stap nader, vlek die bos oop met haar hande en kyk in die blink, ondeunde ogies van haar ander twee kleinkinders vas. In Oortjies se hande hou hy haar boek.

“Natuurlik is dit weer julle wat julle ouma se siel so staan en versondig. Kom uit daar en bring my boek. En jy, klein Neusie, was natuurlik die een wat hier iewers agter my kamma gehuil het. Gun julle Ouma nou nie eers ’n ou slapie in die son nie?” raas sy kamma met hulle, maar hulle weet Ouma kan ’n ou grappie vat en is nie regtig vir hulle kwaad nie.

“Ag, ons speel net bietjie met Ouma,” antwoord Neusie en gaan vly hom teen haar lyf.

Ouma Witstert lag saggies, en hou haar arms oop vir

die ander tweetjies ook wat nou vinnig naderkom.

“Ouma is lief vir julle, maar omdat julle my nou van my slapie beroof het, moet julle elkeen vir ons twee lekker sappige wortels gaan soek vir middagete.”

“Nou waar moet ons dit kry, Ouma?” vra Oortjies.

“By die boer hier onder se vuilgoedgat. Ek het al baie lekker kos daar gekry, want sien, ou Betta wat vir hulle kos kook, skil nooit ’n wortel wat ’n bytplek of swartplek aan het nie, sy gooi dit weg. Daai wortels makeer niks, en ek eet te lekker daaraan. Toe, weg is julle dat ek nog ’n ou rukkie hier in die son kan slaap.”

Die drietjies is laggend daar weg, en het teen middagete met heerlike, vars wortels wat net hier en daar ’n ou kolletjie aan teruggekom.

So het die dae die een na die ander by hulle ouma verbygegaan, en elke dag het hulle eers bietjie met Ouma gespeel en dan verder self met mekaar in die bome rondgespeel.

Hulle was eintlik spyt toe die vakansie verby is, maar hulle het darem na hulle ouers ook verlang, en was bly om hulle te sien toe hulle hulle kom haal het. SV

Page 14: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

14 slingervel augustus 2013

Rika du Plessis

Handige HANNIE (3)

lees hoofst

uk

3 van ons

vervolgverhaal

vir

tieners ...

Die volgende dag raai Roelf eers vir Gertjie aan om vir Hannie winkels

toe te vat vir die beloofde klere se koop.

Hannie is opgewonde en verwonder haar oor die moderne keuses wat haar tannie oor die tienerklere maak. Sy is sowaar met alles tevrede en kan nie genoeg in die winkel se spieëls na haarself in die klere kyk nie. Siestog, haar mams het ook maar net vir haar, so wat weet sy nou eintlik van tienerklere se gewildheid af. Tant Gertjie het darem drie dogters grootgemaak, en seker baie by hulle wys geword.

Gertjie oorreed haar om ’n haarsalon te besoek en haar hare in ’n moderner, korter styl te laat knip. Ook met hierdie resultaat is Hannie hoog in haar noppies.

Laat namiddag kom hulle by die huis, en natuurlik moes alles toe vir Roelf gewys word, en hy prys haar met die nuwe haarstyl. Toe sy alles vir hom gewys het, kies hy ’n mooi, elegante

aandrokkie met bypassende sandale en hou dit na haar toe uit.

“Meisiekind, trek hierdie aan, en laat jou tante jou gesiggie so bietjie onder hande neem. Jy is vanaand Danie se maat by sy tante-hulle se geselligheid,” sê Roelf glimlaggend.

“Hoe nou, Oom?” vra Hannie oopmond van verbasing.

“Kyk, ek weet van die meisie wat hom die trekpas gegee het, en ek weet ook dit gaan oor fi nansies. Net so weet ek van vanaand se geselligheid en dat Danie nie alleen wil gaan nie. Maar ek weet ook familie is vir Danie baie belangrik, en dat hy baie graag daar sou wou wees. Ek het toe vir Danie gesê ek sal vir hom ’n maat hê om saam te neem. Hy moet haar vanaand hier by ons huis kom haal. Hy wou eers nie met ’n wildvreemde meisie na sy mense toe gaan nie, maar ek het hom oorreed. En wanneer hy sien wie die meisie is, sal hy mos beter voel, want julle ken mekaar darem al ’n dag lank,” terg Roelf.

Hannie wil protesteer. Sy hou

nie van afsprake wat vir haar gereël word sonder dat sy daarvan weet nie. Tog kry sy Danie in ’n mate jammer oor die situasie waarin hy is. Dalk moet sy maar spesiale moeite doen om vanaand mooi te lyk en saam met hom gaan. Al is dit net om hom in staat te stel om sy familie se fees by te woon. Sy glimlag.

“Nou waarvoor wag ons, Tante. Jy moet my in ’n prinses omskep en ek beny jou nie hierdie taak nie. Om ’n ou valetjie te probeer mooi maak, is nie maklik nie,” lag Hannie.

“Kind, jy is g’n vaal nie. Jy het nog net nooit moeite gedoen met jou voorkoms nie. Kom, weg is ons,” berispe Gertjie.

Hannie trek die nuwe klere en skoene aan, en laat toe dat Gertjie haar gesig onder hande neem. Daarna oorhandig Gertjie aan haar ’n fyn, silwer aandsakkie wat perfek by die silwer sandale pas, en beveel haar om om te draai en in die lang spieël na haarself te kyk.

Twyfelagtig draai Hannie

Page 15: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 15

om, en dan sak haar lippe van mekaar af weg. Sy herken haarself skaars. Is daardie paar oë hare? Die ligte grimering rondom dit laat die gewone grys oë vanaand vol interessante geheimenisse vertoon. Die sagte appelkooskleurige lipverf beklemtoon die perfekte lyne van haar lippe net mooi genoeg om nie oordadig te lyk nie. Sy het ’n natuurlike sagte blos op albei songetinte wange, en sy lyk sowaar vir haarself vanaand mooi. Veral die nuwe haarstyl verander ook heelwat aan haar ou voorkoms.

“En toe, wat het ek jou gesê? Jy is ’n mooie meisiekind, jy moet jouself net bietjie versorg,” prys Gertjie.

“Julle meisiemense moet kom. Danie is al hier,” roep Roelf vanuit die sitkamer.

Hannie stap saam met Gertjie teen die trappe af na die sitkamer toe waar ’n deftige Danie in ’n aandpak langs Roelf staan en wag. Roelf gee ’n verspotte wolwefl uit toe hy hulle sien, en Hannie sien hoe Danie ingenome na haar kyk. Tog kan sy sien hy herken haar nie, en dit laat ’n duiweltjie op haar skouer klim. Sy stap tot by hom, haak by hom in en sê: “Kom, laat ons twee ghries-monkies gaan familiefees hou!”

Danie steek in sy spore vas. Sy oë vernou en hy kyk stip na haar. Lig van herkenning daag in sy oë, maar terselfdertyd sien sy die bewondering daarin. Die ontevrede frons van die vorige dag het spore gemaak.

“Hannie! Dis sowaar jy! Mens, wat het jy met jouself aangevang? Ek herken jou skaars! Jis, jy’s mooi, jong!” rammel hy die

woorde af. Hy kan nie glo hierdie pragmeisiekind hier voor hom is daai vaal dingetjie in die motorhawe se oorpak nie.

Hannie lag. “Ek kan mos nie so gaan werk nie, jong. By die motorhawe moet jy maar in my oorpak en als vaskyk.”

Danie is ingenome. Hy weet sy eksvriendin gaan ook saam met haar ouers en ’n nuwe vriend by sy tante-hulle wees. Hy weet ook sy verwag hom nie daar nie, aangesien hy dan mos nou nie ’n meisie het nie. ’n Warm kolletjie vorm in sy hart toe hy Hannie se arm sommer stywer deur syne se kromming trek. Hierdie Hannie het nie nodig om een tree vir haar agteruit te staan nie. Hy neem hom voor om nog sommer baie van Hannie te sien.

Die aand verloop suksesvol, en Danie kry amper sy eksmeisie jammer toe hy die volslae verbasing en selfs jaloesie op haar gesig sien toe hy met die mooie Hannie daar aankom. Veral toe haar pa na ’n rukkie vir Hannie sowaar herken en vir almal wat wil luister vertel van hierdie handige, pragtige Hannie. Danie bly heel aand aan Hannie se sy, want in sy hart het ’n trotse gevoel kom nestel. Dis of hy kan aanvoel Hannie is met ’n doel na haar oom se motorhawe gestuur juis op ’n oomblik en tyd in sy lewe toe hy so iemand nodig gehad het. SV

Page 16: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

16 slingervel augustus 2013

Die mens hou van sekerheid. Dit is dalk een van die redes waarom baie mense graag met syfers werk. ’n Syfer is so absoluut fi naal – sóveel en niks minder of meer nie. Daarmee weet jy waar jy staan. Trouens, al die natuurwetenskappe berus in ’n mindere of meerdere mate op die akkuraatheid van berekeninge. Sta s eke! Vergelykings met laasjaar se getalle! Met ander volke se prestasies! Hoeveel onderskeidings het ons skool behaal teenoor Biesiesvlei Hoër! Dis wat ons wil weet. Nie net of ons beter as hulle presteer het nie. Die koerante soek ook na persentasies en daardie klas van ding. Maar is syfers en stas eke werklik so akkuraat?

Eksperimente

Hier begin ons al klaar ’n element van onsekerheid aantref. Sekere eksperimente (nie die demonstrasies in die skoollaboratorium nie, maar in die navorsingslabo-

ratorium) moet miskien honderde male herhaal word om uit te vind wat die “kanse” is dat dit of dat sal gebeur of nie sal gebeur nie. Gestel dat ’n nuwe bestralingsmetode teen kanker op die proef gestel word. Eers moet tientalle rotte of ander diere aan die bestraling onderwerp word. Daarna word statisties bereken wat die “kanse” (miskien is “moontlikhede” ’n beter woord) is dat dit wel suksesvol sal wees. Daarna volg verdere stappe waarin syfers ook ’n groot rol speel.

En wonderlik, in hierdie onsekerheid of dit sal slaag of nie, heers daar ook wet en orde. As ’n behandeling in ’n reeks eksperimente ’n 90% kans het om te slaag, sal dit in ’n ander reeks ook ± 90% wees.

RisikofaktoreOp dieselfde wyse kan voorspellings gemaak word wat van

praktiese waarde is, byvoorbeeld as ’n persoon ’n sekere aantal

sigarette per dag rook, is sy “kanse” (vandag praat hulle van die risikofaktor) 75% dat jy longtering sal opdoen. As jy teen 70 km per uur teen ’n stilstaande voorwerp bots, en jy het ’n veiligheidsgordel aan, is die moontlikheid dat jy die ramp sal oorleef sê 10% groter as wanneer jy nie ’n gordel aanhet nie. Alles gegrond op waarnemings van vorige gevalle en proefnemings. Die advertensiewese maak natuurlik ook deeglik hiervan gebruik!

VerantwoordelikheidAs gelowiges is ons verplig

om aan hierdie gegewens, wat dikwels oor die pers, radio en TV verstrek word, aandag te gee. In hierdie komplekse wêreld van vandag, waarin die onsigbare vyande meer is as die sigbare, en die indirekte gevare groter is as die direkte, moet ons vir ons eie welsyn en veiligheid sorg, sowel as vir dié van ander.

So leer statistieke ons om lig te loop vir: lugbesoedeling (in die vorm van rook, stof,

Die (on)sekerheid van syfers

Oom Attie Venter

Page 17: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 17

radio-aktiewe deeltjies, petroldampe wat ’n hoë persentasie loodinhoud bevat), waterbesoedeling (in die vorm van byvoor-beeld rioolafval, fabriekaf-val en olie), geraas (soos straatgeraas en dromaangedrewe orkeste wat ’n mate van doofheid kan veroorsaak), rook, drank en ander dwelmmiddels. Nagtelike ritte hou ook groter gevaar in as dagritte.

PositiefAan die positiewe

kant vertel dit ons watter bemestingstowwe om te gebruik, watter gifstowwe (teen insekte- of ander plae) en selfs watter die beste reënmaakmetodes is. Ons weet ook met ’n redelike mate van sekerheid wat die beste leermetodes vir kinders is.

Van kinders gepraat: statistieke toon dat kinders aan wie die optimum ouerlike aandag bestee word, wat in gelukkige huisgesinne groot word, met emosioneel stabiele ouers, die minste aan dwelms verslaaf raak. Kinders uit godsdienstige gesinne is gewoonlik self gelowiges en raak die spoor selde (nie nooit nie) byster.

BeskikkingJulle sal dit ook aanvoel

dat dit hier onvanpas word om van “kanse” te praat. Veral as

ons nog die begrip “toeval” daaraan koppel. Al die “kanse” en “toevallighede” bly nog aan die beskikking van God onderhewig. Ons mag sy Voorsienige Bestuur nie met syfers wegredeneer nie, anders kan ons ons persoonlike verantwoordelikheid naderhand op ’n soort noodlot afskuif.

Laasgenoemde term kom ook nie in die woordeskat van ’n gelowige voor nie. Daarom speel gelukbringertjies en allerhande ander bygelofi es ook geen rol nie.

Die media sê miskien dat 600 motoriste in die Kersgety in ongelukke betrokke gaan raak. Maar WIE is dit wat vannag met sy motor van die pad af gaan gly? Dit kan die syfers jou nie vertel nie. Nie EK as ek versigtig ry en my lewe in die hande van die Here toevertrou nie. En natuurlik, as die motors wat van voor af kom, ook versigtig is nie!

En as daar, nieteenstaande my versigtigheid, tog so-iets gebeur, moet ek in God se wil berus.

Kom ons gesels ’n bietjie oor getalle in die BybelIn watter Bybelboek word getalle herhaaldelik genoem? Sou • jy sê getalle in die Bybel is belangrik?Doen ’n bietjie naslaanwerk in verband met die • simboliese betekenisse van getalle in die Bybel en deel jou kennis met jou klas. Dit is ’n baie interessante onderwerp vir bespreking. Sou jy sê die getalle in Openbaring is meestal simbolies van aard?Dink jy dat die gebruik van die handrekenaar in die skool • ’n mens se brein “lui” en ondoeltreffend kan maak sodat hy later nie meer die eenvoudigste berekeninkie daarsonder kan uitvoer nie?Doen naslaanwerk ten opsigte van die ontstaan en • ontwikkeling van ons huidige syferstelsel. Hoe het die mense in die vroegste tye boek gehou van diere wat hulle gejag het?Dink jy dat die gawe om doeltreffend met syfers en ander • fasette van wiskunde om te gaan, ’n talent van God is? Watter deure kan dit vir jou in jou latere lewe oopmaak?Is dit altyd nodig om ’n “kop vir syfers” te hê? Bespreek of • beskryf die rol wat getalle in elk van die volgende aktiwiteite speel: sport (of een van die sportsoorte), weervoorspelling, boerdery, vakansie, kerkbasaar, allerlei ander kerklike aktiwiteite, geskiedenis (of enige skoolvak wat hom daartoe leen), musiek, navorsing, en nog meer. SV

Page 18: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

18 slingervel augustus 2013

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Só het hulle die kos genoem (Eks 16:31).3. Hulle moet dit met die graanoffer doen (Eseg.

46:20).5. Waarmee het God vir Job gemaak en gevorm

(Job 10:8).7. Hierdie man was Gaddiël se pa (Num. 13:10).8. Soveel mense het die verlamde man gedra

(Mark 2:3).10. Magol se derde seun (1 Kon 4:31).12. Die ______ broer sal die ander uitlewer (Matt.

10:21).13. Hy staan ook daaronder (Matt. 8:9).

AF1. Elimelek was Naomi se ______ (Rut 1:2).2. Sy was ’n profetes__________ (Luk. 2:36).4. Sy voete was soos geel __________ (Openb.

1:15).5. Hy is deur Samla opgevolg as koning (1

Kron. 1:47).6. Daar was baie melaatses in die tyd van hierdie

profeet (Luk 4:27).7. Die Here het dit van Dawid vergewe (2 Sam.

12:13).9. Die dissipels sal dit ontvang (Hand. 1:8).11. God is hiermee omgewe (Ps. 65:7).

Page 19: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 19

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Morpurgo, Michael. 2012. Krygsperd. Vertaal deur Kobus Geldenhuys. Pretoria: Protea

Boekhuis. 144 p. Prys: R130,00. ISBN: 978-1-86919-765-0.

Krygsperd is die meesleurende verhaal van die wedervarings van Joey, die geliefde perd van die tie ner seun Albert, as ’n krygsperd tydens die Eerste Wêreldoorlog. Joey word verkoop en saam met die Brit se kavallerie na Frankryk verskeep om in die oor-log diens te doen. Albert kan Joey nie vergeet nie en doen moeite om na die oorlogsfront te gaan in die hoop om sy geliefde Joey weer te vind en terug te neem huis toe. Die verhaal word vanuit Joey se perspektief vertel. Hy dink aan die liefde en gebor-gen heid wat hy uit sy verhouding en vriendskap met Albert, kaptein Nicholls en ander mense kon ervaar. Die kameraadskap wat hy en Topthorn, die swart perd, gedeel het, is net so kosbaar.

Die oorlogsgeweld word meestal beskryf in terme van die uitwerking wat dit op die natuur en die perde se gemoedstoestand het. ’n Mens ervaar intense deer nis met die krysgsperde wanneer hulle die erge ontberings van die ysige winterstoestande moet ver-duur en verwilderd en ontsteld raak as gevolg van die gedonder en blitse van die kanonvuur.

Enige tiener (en volwassene) wat lief is vir perde en versot is op avontuur, sal meegevoer en ontroer word deur hierdie deernisvolle verhaal. Dit is ’n boek wat lekker en maklik lees. Steven Spielberg se speel-fi lm, War Horse, is op hierdie verhaal gebaseer. Die marionette-verhoogproduksie van hierdie werk deur die Handspring Puppet Company word vir 2014 in Suid-Afrika beplan.

Ronderath, Jeanette. 2012. Jy is ’n regte wonderdier. Geïllustreer deur Günther Jakobs

en uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00.

ISBN: 978-1-86919-544-5.Die vier vriende – rob, skaap, kluisenaarskrap

en die kokmeeu – vind ’n duikerhoenderkuiken wat amper verdrink het. Hulle sorg vir hom na die beste van elkeen se vermoë totdat hy weer gesond en sterk is. Omdat hulle baie geheg aan hom geraak het, besluit hulle om hom die vaardighede te leer waarmee elkeen besonder goed is.

Rob probeer hom leer hoe om mooi te huil, krap hoe om te skryf, skaap hoe om te tel en kokmeeu hoe om kos uit die lug te vang. Ongelukkig leer duiker-hoendertjie baie stadig en bly net onhandig oor sy eie voete struikel as hy iets wil doen – of so het die vriende naderhand gedink. Hulle het nie besef dat hy in werklikheid baie besonder was nie – ’n regte wonderdier!

Een nag tydens ’n geweldige storm is duikerhoen-dertjie deur die storm meegesleur. Die volgende dag het almal oral na hom gesoek en baie oor hom gehuil. Hulle het moedeloos besef dat hy eintlik moes geleer het om te swem, te praat, te vlieg of sy pad volgens bakens te kon vind – dan sou hy die storm kon oorleef het en sy pad na hulle teruggevind het. Tot hulle vreugde en verbasing kom duikerhoendertjie skielik na hullle aangestrompel. Toe besef hulle eers dat hy werklik ’n wonderdier is, want hy het tog, sonder dat hulle dit besef het, al die regte vaardighede van hulle aangeleer en dit op sy eie tempo vervolmaak.

Hierdie pragtig geïllustreerde prenteboek met sy meesleurende storie en opwindende taalgebruik is ’n juweeltjie en sal kleuterharte steel. Dit bied vol op geleentheid vir taalontwikkeling en heerlike leesge-not.

Browne, Anthony. 2012. Willie die dromer. Vertaal deur Shané Klein. Pretoria: Protea

Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-517-5.

Om te kan droom en te fantaseer, is heerlik – dis ’n wonderlike gawe om jou verbeeding vrye teuels te kan gee.

Willie is so ’n dromer en hy is baie gelukkig. Dit

Page 20: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

20 slingervel augustus 2013

is vir hom heerlik om ’n fi lmster, ’n sanger, ’n skilder, ’n skubaduiker, ’n bedelaar of ’n koning te word. Hy beskik ook oor allerlei vermoëns, soos om te kan vlieg of om ’n superheld te wees, of om op die vreemdste plekke te kan wees. Alles verskaf hom groot vreugde.

Anthony Browne, ook die illustreerder van hierdie boek, stimuleer die jong lesertjies en hoordertjies se taalontwikkeling en hulle verbeelding met sy prag-tige kleurillustrasies – “’n galery van wonderlike en magiese prente”. Hulle kan die geleentheid kry om oor al die fantasieprente saam te gesels en verder daaroor te droom. Willie die dromer verdien ’n plek-kie op kleuters se boekrakke en kan met vrug op ’n verskeidenheid maniere aangewend word.

Nolan, Allia Zobel. 2012. Die Ons Vader-gebed vir kleingoed. Illustrasies deur Janet Samuel en vertaal deur Lorina van der Westhuizen.

Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 32 p. Prys: R79,95. ISBN: 978-1-4316-0045-8.In die Ons Vader-gebed-boekie word elke bede

afsonderlik in ’n paar kriptiese sinne en met ’n gepaste illustrasie aan kinders verduidelik. Die verduideliking sluit aan by die leef- en ervaringswêreld van jong kinders. By die bede oor vergiffenis word byvoorbeeld genoem “... en help ons onthou dat ons ander ook moet vergewe. Wanneer iemand lelik is met ons en dan sê hulle is jammer, help ons onthou om hulle nog ’n kans te gee”.

Die “Delf dieper”-afdeling bevat allerlei tersaaklike vrae en antwoorde en die woordelys verduidelik sekere woorde binne die konteks van die Ons Vader-bede. “Dans die Ons Vader”-gedeelte help kinders deur middel van 17 illustrasies om die woorde van die Ons Vader-gebed innerlik hulle eie te maak en dit ook al spelenderwys aan te leer – ’n “interpreterende leervorm”. In die nota aan die kind en aan die ouers, onderwysers, grootouers en vriende van die kind word die erns en die dringende noodsaaklikheid van gebed verduidelik en beklemtoon. Dit word gestel dat hierdie boek “’n praktiese hulpmiddel [is] wat in eenvoudige taal en oulike illustrasies die betekenis verduidelik ...” van hierdie spesiale gebed.

Hierdie kosbare boek wil kinders begelei om ware bidders te word as deel van hulle daaglikse leefwyse om God daardeur te verheerlik. Die boek kan ook ge-sprekke tussen die kinders en hulle ouers (en ander lewensbegeleiers) aanmoedig.

Sasner, Chris. 2012. Die Swart kat slaan ’n ster en verdere avonture. Illustreerder: Willem

Samuel. 2e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 102 p. Prys: R110,00. ISBN: 978-1-86919-693-6.

(Die Swart Kat-reeks, 2.)In hierdie tweede avontuurboek van die Swart kat-

reeks beleef Borrie Veldt weer drie baie interessante avonture. Hy help om ’n bende diamantdiewe vas te trek, om die geheim van die televisiestelery op te klaar en die belhamels te vang en om ’n gewetenlose dwelmsmous aan te keer. Borrie se hulp geskied natuurlik telkens “incognito”, maar eintlik wil hy so graag hê dat die Swart kat die eer en erkening moet kry – erkenning wat hom egter telkens ontwyk en sy welverdiende eer gaan telkens aan iemand anders!

Op die oog af lyk Borrie en sy gesin doodgewoon, en hy en sy sussie, Rienie, sit gedurig vas – veral as sy hom (ten regte) daarvan beskuldig dat hy haar swart broekiekouse gaps!

Kinders sal heerlik kan lag vir al Borrie se mane-wales, gedagtes en selfgesprek wanneer hy met hom self redeneer. Hulle sal gespanne voortlees om te sien of hy telkens genoeg leidrade sal kan ontrafel om die skelms te identifi seer en ’n skitterende plan te kan beraam om hulle aan te keer – en dalk die verlangde erkenning te verkry!

Hierdie is ’n heerlike spannende, lekkerlees avon-tuur!

Kulsen, Anzil et al. 2012. Verlief. Pretoria: LAPA Uitgewers. 96 p. Prys: R90,00.

ISBN: 978 0 7993 5507 9.Hierdie bundel met ’n elftal kortverhale handel oor

die tema van die liefde: kalwerliefde, eerste liefde, ware liefde, liefde wat verrassend onverwags kom, verspotte verliefdheid, uitbundige verliefdheid, liefde met die eerste oogopslag, romantiese liefde – noem dit wat jy wil – daardie ekstatiese, verlammende, euforiese gevoel wat jou hele wese oorneem!

Die agt skrywers van hierdie kortverhaalbundel oor die liefde is Anzil Kulsen, Christien Neser, Elizabeth Wasserman, Elmarie Botes, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Nelia Engelbrecht en Solet Scheeres. Dit is verhale wat lekker lees, in moderne tieneridioom geskryf is, jou soms laat grinnik, soms ekstaties laat saamdroom en soms hartseer laat.

Tieners behoort hierdie bundel kortverhale baie te geniet en ook met sommige van die karakters te kan identifi seer. SV

Page 21: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 21s 2211ssssslllliingegervrvelel a augugusustutuss 202013133

Page 22: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

22 slingervel augustus 2013

dr. nico van der merwe

113. In die skool van die gebed Lees: Lukas 11:1-4 Teks: Lukas 11:1

Die plek waar ’n kind en ’n jongmens geleer word, is die skool. As die disippels vir Jesus vra: “Here, leer ons bid,” dan vra hulle

vir Christus om in die skool van die gebed opgeneem te word. En Jesus gaan hulle ook in die gebed onderrig. Dat die disippels dit van Jesus gevra het, beteken dat hulle oor die saak onseker was. Hulle het Jesus se gebede gehoor en ook dié van die Fariseërs en van hulleself. Daaruit kom hulle onder die besef dat hulle gebede iets kort! Gebed is vir die Christen uiters belangrik. Gebed is die asem haling van die siel. Hoe voel jy oor jou eie gebede? Tieners het soms baie vrae en probleme as dit by die gebed kom. Kom ons gaan vra vir die Here om ons in die gebed te onderrig. Hierdie aantal Bybeldagstukkies raak almal die saak van die gebed aan soos God dit aan ons in die Bybel leer.

114. Die Middelaar is in die middel Lees: 1 Timoteus 2:1-8 Teks: 1 Timoteus 2:5

’n Man wat tussen twee ander mense staan, kan ons ’n middel-man noem. Maar as jy praat van iemand wat tussen jou en

God staan, noem ons dié een ’n middelaar. Die Middelaar wat tus-sen jou en God staan, is Jesus Christus. Dit was Christus se op-drag om tussen die mens en God te staan as Middelaar, omdat Hy die een is wat by God die Vader vir ons pleit. Hy is die Een wat jou met sy bloed aan die kruis op Golgota van jou sonde verlos het. Daarom moet Jesus ook die middelpunt van jou lewe wees. Dít is baie belangrik as ons van die gebed praat. Die mens kan nie tot God die Vader bid as net deur die Middelaar, Jesus Christus, nie. Christus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh. 14:6). So kom jou gebed tot God, deur Jesus Christus.

115. In die gebed moet jy dit eenvoudig hou Lees: Johannes 3:16-18; Filip. 2:12-13 Teks: Joh. 3:16

Gebed is so eenvoudig en maklik soos die verlossing uit die sonde. Verlossing uit die sonde is só verstaanbaar dat selfs ’n

klein kindjie dit kan begryp. “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie” (Joh. 3:16). Dit is God se boodskap in verband met jou verlossing. Om egter ’n lewe te lei wat aan ander mense sal wys dat jy in God glo, is egter nie so eenvoudig en maklik nie. Dit is egter “God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer” (Fil. 2:13). Omdat God in jou hart teenwoordig is, kan jy in die gebed met God praat. So eenvoudig is dit, net maar praat.

Om met God die Vader te praat deur Jesus Christus, vra van jou ’n verantwoordelikheid. In jou gebedslewe moet jy ook groei en volwasse word.

116. Gehoorsaamheid aan GodLees: Romeine 12:9-13 Teks: Romeine 12:12

Menige dogtertjie en seuntjie het al vir hulle ouers gevra: “Waar-om moet ek bid? Ek is nie lus om te bid nie!” Tieners vra dik-

wels dieselfde vraag, veral as hulle nie hulle tyd so indeel dat hulle gereeld bid nie. Hulle vraag is: “Waarom moet ek bid?” Die eerste rede waarom jy moet bid, is omdat God dit van jou vra. Dit is God se opdrag: “Volhard in gebed” (Rom. 12:12).

Gebede is vir God ’n baie belangrike deel van jou daaglikse lewe. God verwag dat jy tot Hom sal bid, omdat Hy jou Vader is en jou in alles versorg. Die mens is deur God geskep met die behoefte om te bid. Sonde verwoes hierdie behoefte in jou hart, daarom moet jy jou inspan om gereeld te bid. Jy mag nie toelaat dat jou vol pro-gram of honderd-en-een verpligtinge jou verhinder om daagliks tot God te bid nie.

117. Dankbaarheid teenoor GodLees: Lukas 17:11-19 Teks: Lukas 17:16

In die tyd van Jesus was melaatsheid ’n gevreesde siekte. Dit kon nie genees word nie en mense het ná ’n lang lyding gesterf. As

jy melaats was, mag jy ook nie by jou gesin, familie of in jou dorp tussen die mense woon nie. Melaatses moes in die veld en in die berge gaan bly tot met hulle dood. Dit was die toestand van die tien melaatses wat na Jesus gekom het. Hy genees hulle van hulle verskriklike siekte, maar net een van die tien kom dankie sê. God verlos jou van jou sondemelaatsheid. Sonde doen aan jou hart wat melaatsheid aan jou liggaam doen. Met jou doop het God bevestig dat jy in Christus van jou sonde verlos is. Daarvoor moet jy vir God dankie sê. Dankbaarheid is ’n baie belangrike deel van jou verhouding met die Here. Jy moet dus gereeld bid om vir God dan-kie te sê vir jou verlossing.

118. Inkopielysies of liefdesbriefiesLees: Johannes 14:8-15 Teks: Johannes 14:15

Jou gebed kan so maklik by twee woordjies vashaak, Gee my ... In jou gebede vra jy net vir jouself. Dan maak jy van jou gebed ’n

inkopielysie. Met so ’n lysie gaan jy in die gebed na God toe en vra van Hom die een ding na die ander wat jy dink vir jou nodig is. God sê: “As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer” (Joh. 14:15). God sê dus dat jou gebede nie inkopielysies moet wees nie, maar dit moet liefdesbriefi es wees. Gebed is om met God te praat. Jy moet met God die Vader praat omdat jy Hom liefhet. Daarom moet jy in jou gebede vir God vertel dat jy Hom liefhet, en ook vra dat Hy jou ge willig maak om tot eer van sy Naam te lewe.

Onthou: God het jou eerste liefgehad (1 Joh. 14:15). Dit moet in jou gebed gehoor word dat jy jou liefde teenoor God bely en ook daar volgens lewe.

119. Ons VaderLees: Johannes 1:1-2, 14-18 Teks: Johannes 1:18

Daar is heelwat publikasies waarin die mens probeer om God uit te beeld – in Christelike lektuur vir kinders, kinderbybels en

Bybelse handboeke vir kinders. Dit beïnvloed jou om in jou gedag-te ’n beeld van God te maak. As jy jou oë toemaak om te bid, kom hierdie beeld in jou gedagte op. God sê tog vir ons dat ons nie eens ’n beeld van Hom in ons gedagtes moet maak nie (Eks. 20:4). “Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, dié het Hom bekend gemaak” (Joh. 1:18). “Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie” (Kol. 1:15). Jesus maak be-kend dat God jou Vader is. Daarom leer Christus ons om te bid: “Ons Vader wat in die hemel is” (Matt. 6:9).

God as jou Vader en jy as God se dankbare kind moet jou ge-dagtes oorheers as jy tot Hom bid.

120. Die Naam en jou gebedLees: Eksodus 3:12-15 Teks: Eksodus 3:15

Van die sondeval af het die mens probeer om soos God te wees (Gen. 3:4-6). Die mens wil in sy sonde vir homself naam

maak (Gen. 11:4). Dink net hoe belangrik is jou naam vir jou. As jou naam in die skoolkoerant verskyn omdat jy presteer het of dalk in die dagkoerant waar van ’n prestasie van jou berig word. In die poging om vir jouself ’n naam te maak, onteer jy dalk God se Naam. Daarom gebeur dit dat jou gebed ’n instrument word waardeur jy God wil inspan om in jou lewe dinge te bereik waardeur jou naam verhoog word. As jou gebede net inkopielysies is, dan maak jy God ondergeskik aan jou begeertes. Dit mag nie. As God vir Moses sy Naam wil noem, is dit so hoogheilig dat God sê sy Naam is: “Ek is wat Ek is” (Eks. 3:14). Jy moet bid dat jy deur jou lewe God se Naam sal eer en verheerlik en nie jou eie nie.

Page 23: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

slingervel augustus 2013 23

121. God se koninkryk en jou gebedLees: Romeine 14:13-18 Teks: Romeine 14:17

Jesus Christus leer ons om ook te bid: “Laat u koninkryk kom” (Matt. 6:10). In die hele Bybel leer ons dat God Koning is. Die

gebied waaroor God regeer, is die ganse heelal wat Hy geskep het. Die inwoners van God se Koninkryk is die mense op aarde. Satan het ook ’n koninkryk, die koninkryk van die sonde. Waar die sonde hoogty vier, is die koninkryk van die Satan aktief teenwoordig. As jy bid dat God sy Koninkryk moet laat kom, bid jy dat die Here jou sal gebruik om die sonde en Satan te oorwin. Jy bid dus wel vir God om sy Koninkryk te laat kom, maar jy stel jouself beskikbaar in die koms van die Koninkryk.

Jy moet die stryd voer teen elke mag wat teen God in opstand kom en sy Woord wil vernietig. Jy moet nie net bid vir die Koninkryk nie, maar jou daadwerklik daarvoor beywer.

122. God se wil moet geskiedLees: Lukas 22:39-46 Teks: Lukas 22:42 en 44

Jesus leer ons om te bid: “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel” (Matt. 6:10). Daar is seker nie nog ’n gedagte

wat so verkeerd verstaan en aangewend word soos hierdie een nie. Daar word gesê as jy die bede om God se wil bid, dan beteken dit “what will be, will be”. Dit is so verkeerd soos kan kom. Toe Jesus bid “Laat u wil geskied” het Hy bloed gesweet, so intens is hierdie bede. Baie mense se lewe is soos die liedjie lui: “I did it my way.” Jesus moes ons sondes, volgens die wil van die Vader, tot op die plek van teregstelling, Golgota, dra. Daar het Hy met sy bloed vir jou sondeskuld betaal.

Jy moet bid dat God se wil in jou lewe ’n werklikheid word. Dat jy jou eie hardkoppige en sondige wil sal oorwin en gehoorsaam sal lewe volgens God se wil.

123. Om met die aartappels te praatLees: Matteus 6:25-34 Teks: Matteus 6:11

’n Man wat baie hard gewerk het en genoeg salaris verdien het dat sy gesin goed kan eet en leef, het sy vrou kwalik geneem

as sy bid voordat hulle eet. Hy het gesê so ’n gebed aan tafel is onnodig as ’n mens eerlik werk en jou kos kan verdien. Sy kan net sowel met die aartappels praat, het hy vir sy vrou gesê. Waarom moet ons dan vir God bid om ons daaglikse brood? Ons daaglikse kos is nie die resultaat van ons salaris nie. Jou daaglikse kos is eintlik “genadebrood”, want Christus het aan die kruis vir jou gesterf sodat jy God se genade kan ontvang – en dit is jou hele lewe, ook die kos wat jy eet. Dat God jou as sy kind in alles versorg, is net ge nade. Daarom moet ons nie oor ons kos kla nie. Dit is nie net ’n paar Rand nie, dit het Jesus die dood aan die kruis besorg. Bid om God se genadebrood.

124. VergifnisLees: Romeine 12:7-21 Teks: Matteus 6:12

Jy kan op twee maniere met jou verlede handel: a. Jy kan dit onder-druk, of b. jy kan dit verswyg. As dit by vergewing kom, is dit die

maklikste uitweg. In albei gevalle ignoreer jy die saak om iemand te vergewe. Jesus leer ons nie net bid “vergeef ons ons oortredings” nie, want dit is vas en seker in Jesus Christus. Hy leer ons ook om te bid: “soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.”

Jesus sê dat as jy nie ander mense hulle oortredings teen jou ver gewe nie, kan jy nie daarop aanspraak maak om deur God ver-gewe te word nie. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander men-se nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings ver gewe nie” (Matt. 6:14-15). Hierdie is ’n saak waaraan jy elke uur moet werk.

125. Verlos ons van die BoseLees: Kolossense 1:9-14; Ps. 91 Teks: Kol. 1:13

Jy moet nie dink dat Satan en sy duiwels net iets is waarmee jou ouers jou wil bangmaak nie. Satan en sy duiwels is in die lewe

van elke mens teenwoordig (Ef. 6:12). Daarom is die tyd waarin ons lewe so vol boosheid en kwaad. Selfs in die geledere van jou skool of jou vriendekring ervaar jy die ellende van hoe mense diep in sonde val en dan geweldig daaronder ly. Jongmense wat jy ken se lewe is dalk al verwoes vanweë die sondekwaad waarin hulle be land het. Van God lees ons: “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun ...” (Kol. 1:13).

Alleen sal jy nie die versoeking en die verleiding van Satan kan weerstaan nie. Daarom moet jy opreg en dringend tot God bid om jou van die Bose te bewaar en jou daarvan te verlos.

126. Die kern van die saakLees: Matteus 6:5-13 Teks: Matteus 6:7

Die volmaakte gebed ken ons as die “Ons Vader” (Matt. 6:9-15). In hierdie voorbeeldgebed wys Jesus aan ons dat dit nie die

getal woorde is wat jy gebruik wat aan jou gebed betekenis gee nie. In die tyd van Jesus het die Fariseërs lang-lang gebede gebid, maar dit was valse gebede, omdat hulle hulself daardeur wou verheerlik. Ook die heidene bid tot hulle afgode met ’n stortvloed van woorde en verbeel hulle dan dat dit die regte gebede is (vs 7). Onthou, bid is ’n gesprek met God. Jy bid nie om iets te kry nie, maar om jou hart en gedagtes op God te rig en Hom te verheerlik. Jou hart en ge dagtes moet op God gefokus wees, waardeur jy aan God wys dat Hy ook die middelpunt van jou lewe is. Dan sal God weet die woorde van jou gebed kom uit die diepte van jou hart en deur jou geloof in Hom.

127. Die Archimedespunt van die gebedLees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:14

Julle het seker al by die skool van Archimedes gehoor. Archimedes was ’n Griekse wiskundige wat gespog het dat hy die hele wêreld

sal kan beweeg met ’n hefboom as hy net ’n steunpunt vir die hef-boom kan kry. Teoreties was hy reg. Die groot probleem was om ’n steunpunt, ’n Archimedespunt, te kry. Ons kan Johannes 14:14 die Archimedespunt van die gebed noem. Waar moet jy staan om die Skepper van die ganse heelal te beweeg? Op watter steunpunt moet jy kniel as jy bid? Daniël 9:18 noem die steunpunt: “Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhartigheid.”

Die Archimedespunt van jou gebed is die kruis op Golgota waar God se groot barmhartigheid aan jou gegee is. Daarom moet jy bid – Om Jesus wil ...

128. Jou geloof en jou gebedeLees: Markus 11:20-26 Teks: Markus 11:24

In die hitte van ’n oorlog het ’n man wat nie in God glo nie, in sy nood hardop geskree: “O God, as daar ’n God is, neem my hemel

toe, as daar ’n hemel is.” In hierdie uitroep weerspreek die man hom self. Want so duidelik soos daglig is daar geen geloof in sy hart nie, waarom roep hy dan tot God?

In jou geloof staan of val jou gebede. Sonder geloof is gebed geen gebed nie. “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees” (Mark. 11:24) – so het Jesus gesê. Jy moet glo dat God bestaan en glo dat Hy jou in Jesus Chris tus van jou sondes verlos en glo dat Hy almagtig en ewig is. Jy moet glo dat God jou gebed hoor en jy moet glo dat Hy jou gebed sal verhoor. Sonder geloof bid jy tevergeefs. Sonder geloof is jou gebed niks.

Page 24: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018-09-10 · kennis en van die waarheid. Dit is wel die sondige mens

24 slingervel augustus 2013

ons pretbladMaak sinne met die volgende woorde: misplaas, afvallig en kondenseer:

Die ryk beesboer woon op ’n groot misplaas. ☺Op slagdag ruik ons huis afvallig. ☺Gelukkig het die klip my voet misgeval, want dit kondenseer ☺gewees het.

Watter les leer ons uit die verhaal van Dawid en Goliat? Om te koes vir ’n klip.

Wat het die een W vir die ander W gesê toe die M verbystap?“Hy het al weer vanoggend met die verkeerde voet uit die bed geklim.”

Wat noem jy ’n babavoëltjie wat baie stout is? ’n Pyn in die nes.

Wanneer is ’n kat op sy gelukkigste? As hy die hoenders in is.

“Dokter, ek lei aan geheueverlies!”“Dan sal jy vooruit moet betaal.”

Die miertjie kom woedend by die watergat aan. Hy loop tot waar Olifant swem en skree: “Olifant, klim uit!” Olifant klim uit en Miertjie kyk hom op en af. “Toemaar, klim maar weer in,” sê hy. Miertjie loop tot by Krokodil en skree: “Krokodil klim uit!” Stadig kyk Miertjie Krokodil op en af. “Klim in,”” sê hy, lelik omgekrap. Toe skree hy vir almal in en om die watergat om te hoor: “Wie de duiwel het dan my swembroek gevat?”

Twee boere gesels. “My perd is so slim, hy kan lees.”“Ek weet,” sê die ander boer. “My perd het my klaar vertel.”

Hoekom steek Koos ’n kers op voordat hy gaan slaap? Hy wil seker maak dat die lig af is.

EXAMINVLATIRS:Afrikaans Graad 8:Vraag: Maak ’n sin met “ter aarde bestel”.Antwoord: Wie op ter aarde bestel so ’n groot koek?Wiskunde Graad 9:Vraag: Gee die formule om die oppervlakte van ’n sirkel te bepaal.Antwoord: Paai straal kordaat.Afrikaans Graad 8:Vraag: Gebruik “bruin” as ’n werkwoord.Antwoord: Die kommuniste het die man gebruinwash.Aardrykskunde Graad 10:Vraag: Hoe het berge ontstaan?Antwoord: Deur baie sterk winde!

Rekenaarstudie Graad 12Vraag: Waarom moet rekenaargebruikers gereeld rugsteunkopieë maak?Antwoord: Sodat hulle nie rugpyn kry nie.Wiskunde Graad 8:Vraag: Wat is regoorstaande hoeke?Antwoord: Dis hoeke wat vir mekaar kyk.Bybelkunde Graad 8:Vraag: Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?Antwoord: In Jerusalem en Gauteng.

Die heksamenHoe weet jy of ’n heks haar geskiedenis ken? Jy laat haar heks-amen skryf!

Minder as nul werdRobert: “Ek dink darem nie ek het 0 vir die vraestel verdien nie.”Onderwyser: “Ek dink ook nie so nie, maar 0 is die laagste punt wat ek jou kan gee.”

Sonder enige hulpOnderwyser: Het jou ouers jou met die huiswerk gehelp?Willie: Nee, meneer, ek het hulle self verkeerd gemaak.

Hoekom dan die moeilike een?Onderwyser: As 1 + 1 = 2 en 2 + 2 = 4, wat is 4 + 4?Susan: Ag nee Meneer, dis nie billik nie. Meneer doen die maklikes en dan moet ek die moeilike een doen!