Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom -...

24

Transcript of Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom -...

Page 1: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse
Page 2: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

2 slingervel maart 2013

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkindersMarina Kotze

Junior Rubrieke en PenmaatsRiana Jonker

VerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina

Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie VenterWetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Basjan

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 943,

Februarie 2013

ISSN 0037 685 X

3 Die redakteur skryf4 Verjaardaghoekie6 Spreuke vir die

tiener verklaar7 Bybelleesrooster vir

April8 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Dankie tog vir

macaroni en kaas!12 Skommelraaisel Lewendmaking in

Handelinge13 Ons Pretblad14 Rondomtalieraai Plante-anagram

15 Die lekker taai toffi e TONG in Afrikaanse

idiome Dol Defi nisies Vierkantraaisel16 'n Wonderlike

estuarium (2)18 Blokkiesraaisel 44519 Het jy geweet?20 Boekeblad22 Oordenkings vir

tieners24 Sonder die son kan

lewe op aarde nie bestaan nieSlingervel, Jaargang 54

Nommer 944, Maart 2013

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

Page 3: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 3

Die redakteur skryf ...

Slingervel se adresse

[email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572Tel/faks 018 468 1782

Die skole maak tans gereed vir die winterseisoen se sportakti witeite. Dis net rugby, netbal, hokkie, landloop, sokker, tennis so ver jy kan sien. Die

afgelope aantal jare is daar telkens melding gemaak van sportmanne en –vroue en die uitlewing van hulle godsdiens. SA Krieket het selfs ’n kapelaan wat hulle bystaan. Sommige rugbyspelers kniel sodra hulle op die veld kom en doen ’n gebed. Hoort dit bymekaar? Is sport ook deel van jou godsdiens? Sal gebed ook ’n deel van jou sport kan wees? God sê dat jy Hom orals en altyd moet vereer (1 Kor. 10:31). God is altyd en oral teenwoordig (Ps. 139). Daarom kan jy te alle tye en onder alle omstandighede tot God bid. Daar is nie ’n enkele brokstukkie wat die Here nie aangaan nie.

Wat sal die inhoud van ’n gebed op die sportveld moet wees? In die sewenti gerjare het in Duitsland ’n sportgesegde ontstaan: “Je brutaler, desto populärer” (hoe brutaler hoe gewilder). Bloeddorsti ge sportskares het hierdie gesindheid toegejuig, want dit beteken sensasie en opwinding. Dit is wanneer die “meanie” gesoek word om die opposisie op te dons. Dán ontstaan vuil- en onderduimse spel in enige sportsoort. Sport bly ’n spél en daarom is die uitslag nie die belangrikste nie, maar hóé jy die spel speel (1 Kor. 9:24-27).

Selfs op skool speel die wenmoti ef ’n té groot rol. Daarom is ’n gebed vir ’n oorwinning onvanpas. Om te bid vir oorwinning, laat sport as spel in ’n bidgeveg ontaard. Om vir ’n oorwinning te bid voor ’n wedstryd, maak ’n karikatuur van die gebed. ’n Mens kan die Here nie op hierdie wyse “gebruik” nie. Vanuit hierdie hoek gesien, is ’n gebed vir krag, vernuf, goeie oordeel, uithouvermoë

en eerlikheid in orde. Jy moet tot God bid om jou die vermoë te gee om volgens die reëls van die spel te speel. Jy kan om leiding vra sodat jy en jou spanmaats nie met ontoelaatbare spel, vuil takti ek of skandelike optrede die mooie van sport vermink nie. Die Here verwag van elke gelowige om in alles deur die gebed na Hom toe te kom (Fil. 4:6-7). Vir ’n Christen is dit daarom ’n dankbare voorreg om sy hele lewe aan God te wy (1 Pet. 4:11). Om dit in die felheid van die stryd op die sportveld ook te kan doen, is gebed nodig.

In ’n sekere rugbyspan se kleedkamer was die volgende gebed vasgeplak: “Here, ons bid dat U u beskermende hand oor ons sal hou, veral netnou waar ons besig sal wees met ons uiters gevaarlike sport. U weet hoe graag ons wil lewe. Help ons om voort te lewe; om nie noodlotti g seer te kry nie, en ons opponente nie moedswillig seer te maak nie.” Dit is ’n kinderlike gebed wat op die sportveld tuishoort. Dit beteken dat jy jou sportakti witeite ook in die hand van die Here lê. Die wet van God geld ook vir die sportveld en jy moet jou dit voorneem om nie een van God se wett e op die sportveld te oortree nie. SV

Page 4: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

4 slingervel maart 2013

verjaardag

hoeki

e

Die volgende maats verjaar gedurende MAART 2013.

Baie geluk aan elkeen van julle en geniet die

dag saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryf is as Velliemaat nie,

skryf aan my, my adres is Posbus 614, Paardekraal 1752, of

e-pos [email protected]

Groete, Tannie Riana Jonker

11 Ashley du Plessis (George), Frikkie Aucamp (Kuruman), Heliané Aucamp (Krugersdorp), Marizett e Allers (Messina-

Tshikondeni), Marna van der Schyff (Potchefstroom-Die Bult), Marzaan Human (Middelburg Mpumalanga), Mia van Rooyen (Randburg), Monré Jacobs (Potchefstroom-Die Bult).

22 Adriaan van Niekerk (Wolmaransstad), Douwlené van der Walt (Potchefstroom-Oos), Frances Brummer (Port

Elizabeth), Jandré Coetzee (Middelburg Mpumalanga), Lize-Marie Grobler (Welkom-Noord), Marnu Pretorius (Randburg), Mia de Jager (Messina), Minke Bekker (Kaapstad), Nickel du Plessis (Benoni), Pieter Grové (Duineveld), Rudi Bredenkamp (Burgersdorp), Tean Joubert (Randburg).

33 Alett a Shokane (Randburg), Andrea Hamman (Lydenburg), Anri van der Walt (Randburg), Corlia van der Merwe

(Bar berton), David van der Merwe (Magol), Eben Steyn (Krugersdorp), Godrey Shokane (Randburg), Hannes van Eeden (Lindley), Lincke Doinet (Potchefstroom-Oos), Lizel Booysen (Magol), Marica van der Merwe (Magol), Marnus van der Walt (Bloemfontein-Suid), Nico van der Merwe (Randburg), Suné Rennie (Krugersdorp), Tia Wegner (Kaapstad), WG Venter (Lichtenburg), William Matt hee (Potchefstroom-Die Bult).

44 Alexander Pöhl (Lytt elton), Cara Venter (Bergbron), Christi aan Erasmus (Kathu), Christo Botes (Wonderboom-

Suid), Henk Venter (Bergbron), Wian Jansen (Benoni).

55 Ananke Meintjies (Bloemfontein-Suid), Danisia Badenhorst (Secunda), Kylie Bruwer (Brackenhof), Leanka Jansen

van Vuuren (Wolmaransstad), Libbie-Ann Muller (Heilbron), Michelle Human (Wolmaransstad), Sunick Badenhorst (Secunda).

66 Alexander Hughes (Randburg), Danielle Terblanche (Potchefstroom-Oos), Emile Engelbrecht (Vanderbijlpark-

Trinitas), Greta Kurpershoek (Middelburg Mpumalanga), Hein van Tonder (Benoni), Hendrik le Roux (Waterkloofrand), Henlo Grové (Duineveld), Herman Steyn (Warmbad), Kamogelo Rauwane (Randburg), Louis Nel (Randburg), Marli van Krieken (Boksburg), Nelia Grobler (Magol), Ruan van Niekerk (Welkom-Noord), Sheneque Smit (Secunda), Zac Loock (Secunda).

77 Abigaile Afrika (Warmbad), Andries Buys (Vanderbijlpark-Trinitas), Elizna Muller (Kathu), Gideon van der Merwe

(Waterkloofrand), Hannes van Niekerk (Wolmaransstad), Mikayla Königsbrück (Randburg), Mike Henn (Heilbron).

88 Adriaan Winter (Rustenburg), AJ Lott er (Potchefstroom-Oos), Anya Simpson (Randburg), Jolet du Plessis

(Warmbad), Juan Eduard Bisschoff (Vereeniging-Oos), TC Pretorius (Wolmaransstad), Thiné Venter (Randburg).

99 Andries van der Heever (Boksburg-Suid), Barend du Plessis (Magol), Bianke Pienaar (Vaalpark), Carla Lott ering

Page 5: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 5

(Messina), Hanru Komlosy (Warmbad), Heini Ferreira (Laeveld), Herman Steyn (Magol), Lianca Coetzee (Vanderbijlpark-Trinitas).

1010 Cherelle de Klerk (Wolmaransstad), Duan Booysen (Magol), Gerhard van der Vyver (Bergbron), Jurie du

Plessis (Gobabis), Luzel Jansen van Vuuren (Wolmaransstad), Wilmaré Labuschagne (Suidkus).

1111 Christo du Plessis (Alberton-Wes), Cian Pile (Vander bijl-park-Trinitas), Elisma Jansen van Vuuren (Vanderbijl-

park-Trinitas), Jandrian Bonthuys (Reitz), Nathan Katz (Benoni).

1212 Berna Botha (Secunda), Carina Badenhorst (Zeerust), Cati e Hoogendyk (Waterkloofrand), Cornelia Reti ef

(Secunda), Daniel Bierman (Randburg), Emile Oosthuizen (Waterkloofrand), Leona-Kumi Botha (Port Elizabeth), Meinhardt Geldenhuys (Krugersdorp).

1313 Anzelle Lott er (Vereeniging-Oos), Carmen Bronkhorst (Barberton), Dominic van Staden (Magol), Eben

Hyman (Boksburg), Hilde van Staden (Magol), Jean Henri Krüger (Secunda), Jean Hoogendoorn (Randburg), Liani Beytell (Vereeniging-Oos), Nelmarie (?) (Botswana), Nicola du Plessis (Randburg), Simoné van den Heever (Secunda).

1414 Branden Clements (Krugersdorp), Carla van Jaarsveld (Randburg), Chandeline McIntyre (Wonderboom-Suid),

Corica Boersma Diedericks (Vereeniging-Oos), Jana Claasen (Reitz), Jordan Milligan (Port Elizabeth), Marinel Boersma Diedericks (Vereeniging-Oos).

1515 Anke Venter (Secunda), Jaco Venter (Middelburg Mpumalanga), Johanné Douglas (Randburg), Lezandre

Morton (Heilbron), Mikyla van den Heever (Secunda), Santi Badenhorst (Potchefstroom-Die Bult).

1616 Anje Stahmer (Randburg), Dane Botha (Bethal), Lisa-Marie Louw (Kaapstad), Louis Seegers (George), Marinel

van der Walt (Magol), Maristi Swanepoel (Buff eldoorns), Mhyné van Wyk (Bethal), Nudine Hermann (Rustenburg), Robin van Loggerenberg (Buff eldoorns).

1717 Marijke Boonzaaier (Magol), Michelle Viljoen (Wolma-rans stad), Rico Beukes (Randburg), Werner Pieters

(Vanderbijlpark-Trinitas).

1818 Jackie Roets (Messina), Jana Alberts (Benoni), Loi Ntshala (Randburg), LP Steyn (Kathu), Pamela Geere

(Vanderbijlpark-Trinitas), Sohanje Pretorius (Magol), Sumané Janeke (Vanderbijlpark-Trinitas).

1919 Anri Froneman (Burgersdorp), Hugo Smit (Oudtshoorn), Tiaan Haupt (Randburg), Timothy de Kock (Randburg),

Werno van Niekerk (Boksburg-Suid).

2020 Altus du Plessis (Nylstroom), Desiré Wiese (Rusten-burg), Elardus Aucamp (Magol), Gerrit Coetzer (Vander-

bijlpark-Trinitas), Hannetjie Flemming (Heilbron), Ian Grobler (Randburg), Leenmarie van der Walt (Magol), Liam Beaumont (Randburg), Mari-Alet Smit (Agulhas).

2121 Chris Mitchell (Kathu), David Pringle (Randburg), Juan Hoff mann (Wolmaransstad), Likitha Martens

(Rustenburg), Mia Jooste (Rustenburg), Michael Miles (Warmbad).

2222 Charné Scholtemeyer (Benoni), Henré van der Merwe (Lichtenburg), Marne Prinsloo (Lytt elton), Naomi Arlow

(Sti lbaai), Rianca Lott er (Potchefstroom-Oos).

2323 Annimie Labuschagne (Vanderbijlpark-Trinitas), Armand Meintjes (Messina), Elisma Riekert (Lydenburg), Hanre

Smith (Waterkloofrand), Hildegard Schraader (Randburg), Leonard Bridges (Magol), Machiel Snyman (Randburg).

2424 Carin de Klerk (Wolmaransstad), David Vos (Magol), Divan Steyn (Kathu), Heinrich Bisschoff (Vereeniging-

Oos), Herman Viljoen (Kleinmond), JE Franck (Magol), Mia Steyn (Buff eldoorns), Riley Schmidt (Randburg), Sergio Matsiong (Randburg).

2525 Bernice Janse van Rensburg (Boksburg-Suid), Carl Potgieter (Krugersdorp), Clarise du Plessis (Magol),

Hugo-Christo Coetzee (Kathu), Nicoholis Nel (Port Elizabeth), Zida-Lee Venter (Vanderbijlpark-Trinitas).

2626 Ansune Kruger (Kuruman), Ben Harmse (Magol), Cayleb Immelman (Vereeniging-Oos), Cronjé Lourens

(Vanderbijlpark-Trinitas), Jaco Viljoen (Wolmaransstad), Jan Venter (Lichtenburg), Mika Coetzee (Wonderboom-Suid), Naomi Maartens (Bloemfontein-Suid), Ruben van der Spoel (Randburg), Tharine Short (Wolmaransstad), Wim Vorster (Kaapstad), Zach Vorster (Kaapstad).

2727 Anna Erasmus (Magol), Charné Stander (Randburg), Reinhardt Joubert (Warmbad), Renier Nienaber

(Bethal), Tiaan de Waal (Randburg).

2828 Angelica Botes (Boksburg-Suid), Bertus Beetge (Boksburg-Suid), Britt aney Lee (Krugersdorp), Charlott e

van Dyk (Bethal), Elana Crocker (Randburg), Jana van der Merwe (Lytt elton), Jané Sheppard (Vanderbijlpark-Trinitas), Kyla Hoogendoorn (Randburg), Marli Greeff (Vanderbijlpark-Trinitas), Meghan Grobbelaar (Middelburg Mpumalanga), Rijk Venter (Kathu), Sti aan Kirsten (Middelburg Mpumalanga), Suzanne van Niekerk (Lytt elton), Wiehan van den Berg (Port Elizabeth), Yolandi van der Heever (Boksburg-Suid).

2929 Berli Venter (De Aar), Christopher Wasmuth (Welkom-Noord), Gerrit du Plooy (Heilbron), Inge Higgins

(Pretoria-Brooklyn), Lebogang Ndlovu (Randburg), Phia Potgieter (Randburg), Stefan Strydom (Port Elizabeth).

3030 Duvan le Roux (Bethal), Hendri Rautenbach (Vaalpark), Kate Viljoen (Bergbron), Kraynu Kruger (Zeerust), Lea van

Volenstee (Heilbron), Machiel van der Walt (Krugersdorp), Mi-kaela Ackerman (Bergbron), Raymond Kruger (Boksburg-Suid).

3131 Ben Snyman (Wonderboom-Suid), Jared Groenewald (Suidkus), Kaylie Walters (Randburg), Maruschka Venter

(Kuruman).

Page 6: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

6 slingervel maart 2013

dr. nico van der merwe

Steel, verduister, korrupsie, oneerlikheid

Spreuke vir die tiener verklaar

Die spreuke in 10:1-5 vorm ’n eenheid om die tema die regte en verkeerde manier om te lewe.

Die saak in vers 1 word in 10:23-27 herhaal. Die saak in vers 2 word in 12:1-4 herhaal. Die inhoud van vers 3 kom in 14:1-4 weer aan die orde. Die inhoud van vers 4-5 kom in 15:2-7 weer aan die orde.

Spreuke 10:2 wys op mense wat ongeluk oor hulleself bring omdat hulle ’n verkeerde lewenswyse kies. Hier in vers 2 gaan dit in die besonder oor mense wat aardse goedere op ’n onregverdige wyse bekom.

Ons het in die geskiedenis van Suid-Afrika voorbeelde daarvan. Ag, daagliks gebeur hierdie onregmatighede rondom ons. Daar is so baie onregverdige of skelm maniere om geld en goed te kry dat ’n mens nie eens alles sal kan oproep nie. Diefstal en korrupsie is seker die twee maniere wat die gewildste is by skelms.

Korrupsie verwys na die skelm manier van geld bekom, veral by wyse van dreigemente of omkopery.

Die Here verwag van die mens om “deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud te voorsien” (Ef. 4:28). Diens aan God is belangriker as enige ander faset van jou lewe. Christus se verlossing beteken ook dat Hy die dors na goed verander het na ’n dors na God. Wie geld en aardse goed

as die hoogste doel in die lewe sien, word deur geld en besittings besit.

Jou geld en jou besittings moet jy verkry deur getrou jou werk te doen. Teenoor die harde werker, die eerlike arbeider, staan die mens wat sy geld en besittings op ’n onwettige manier verwerf. God se oë sien rowers en diewe onder ons mense wat vir ons as doodeerlike mense voorkom. Dink maar hoe het Jesus die sakemanne wat voorgee dat hulle goeddoen, uit die tempel gedryf en hulle rowers genoem het (Matt. 21).

In positiewe sin leer die Here in Spreuke 10:2 “om te lewe volgens die wil van God, red ’n mens van die dood.” SV

Spreuke 10:2Spreuke 10:2

Page 7: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 7

God gee aan elke gelowige jongmens 'n Christelike karakter en 'n gelowige

temperament

dr. nico van der merweBybelleesrooster vir April

MAANDAG 1 APRIL – LEES: 2 TIMOTEUS 2:1-13Om in Christus te lewe, is ’n koningslewe (vs. 11-12)

DINSDAG 2 APRIL – LEES: 1 PETRUS 2:1-10Om in Christus te lewe, is ’n priesterslewe (vs. 9; 1 Kor. 7:35)

WOENSDAG 3 APRIL – LEES: 1 KORINTIËRS 14:1-25Om in Christus te lewe, is ’n profetiese lewe (vs. 1)

DONDERDAG 4 APRIL – LEES: FILIPPENSE 4:2-9Om in Christus te lewe, is ’n blymoedige lewe (vs. 4; Gal. 5:22)

VRYDAG 5 APRIL – LEES: FILIPPENSE 1:1-11Om in Christus te lewe, is ’n oortuigde lewe (vs. 6)

SATERDAG 6 APRIL – LEES: LUKAS 9:18-27Om in Christus te lewe, is ’n lewe van selfverloëning (vs. 23-24)

SONDAG 7 APRIL – LEES: EFESIËRS 5:6-20Om in Christus te lewe, is ’n dankbaarheidslewe (vs. 20)

MAANDAG 8 APRIL – LEES: 2 PETRUS 1:1-15Om in Christus te lewe, is ’n lewe van selfbeheersing (vs. 4; Gal. 5:22)

DINSDAG 9 APRIL – LEES: EFESIËRS 4:1-16Om in Christus te lewe, is ’n geduldige lewe (vs. 1-2)

WOENSDAG 10 APRIL – LEES: KOLOSSENSE 3:5-17Om in Christus te lewe, is ’n sagmoedige lewe (vs. 12)

DONDERDAG 11 APRIL – LEES: LUKAS 16:1-13Om in Christus te lewe, is ’n betroubare lewe (vs. 10)

VRYDAG 12 APRIL – LEES: 1 KORINTIËRS 14:26-40Om in Christus te lewe, is ’n ordelike lewe (vs. 33 & 40)

SATERDAG 13 APRIL – LEES: GALASIËRS 2:15-21Om in Christus te lewe, is ’n Christusgevulde lewe (vs. 20; Joh. 15:5-7)

SONDAG 14 APRIL – LEES: JOHANNES 21:1-19Om in Christus te lewe, is ’n lewe van geestelike volwassenheid (vs. 19)

MAANDAG 15 APRIL – LEES: EFESIËRS 6:1-4Om in Christus te lewe, is ’n huisgesinslewe (vs. 1)

DINSDAG 16 APRIL – LEES: MATTEUS 16:13-28Om in Christus te lewe, is ’n gelowig-praktiese lewe (vs. 16)

WOENSDAG 17 APRIL – LEES: JOHANNES 14:15-31Om in Christus te lewe, is ’n vredevolle lewe (vs. 27)

DONDERDAG 18 APRIL – LEES: EFESIËRS 2:8-22Om in Christus te lewe, is ’n lewe saam met gelowiges (vs. 8, 13-18)

VRYDAG 19 APRIL – LEES: ROMEINE 2:1-16Om in Christus te lewe, is ’n lewe met ’n goeie gewete (vs. 15)

SATERDAG 20 APRIL – LEES: DEUTERONOMIUM 10:10-22Om in Christus te lewe, is ’n lewe volgens sy Woord (vs. 12-13)

SONDAG 21 APRIL – LEES: EFESIËRS 4:17-28Om in Christus te lewe, is ’n lewe volgens God se wil (vs. 21-22)

MAANDAG 22 APRIL – LEES: MARKUS 13:1-13Om in Christus te lewe, is ’n lewe van volharding (vs. 13)

DINSDAG 23 APRIL – LEES: DEUTERONOMIUM 30:1-14Om in Christus te lewe, is ’n voorspoedige lewe (vs. 9-10)

WOENSDAG 24 APRIL – LEES: LUKAS 12:35-48Om in Christus te lewe, is ’n wagtende lewe (vs. 35)

DONDERDAG 25 APRIL – LEES: PREDIKER 12:9-14Om in Christus te lewe, is ’n lewe van rekenskap gee (vs. 14)

VRYDAG 26 APRIL – LEES: PSALM 25:1-10Om in Christus te lewe, is ’n lewe van vertroue (vs. 2)

SATERDAG 27 APRIL – LEES: HANDELINGE 2:1-13Om in Christus te lewe, is ’n lewe in die Heilige Gees (vs. 4)

SONDAG 28 APRIL – LEES: JAKOBUS 4:13-17Om in Christus te lewe, is ’n lewe van afhanklikheid (vs. 15)

MAANDAG 29 APRIL – LEES: 1 JOHANNES 3:11-17Om in Christus te lewe, is ’n lewe van liefde (vs. 11)

DINSDAG 30 APRIL – LEES: LUKAS 6:2-26Om in Christus te lewe, is ’n geseënde lewe (vs. 20-22)

Page 8: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

8 slingervel maart 2013

dr. nico van der merwe

25. Mirjam word deur die Here getug Lees in jou Bybel Numeri 12 (vs. 10)

Mirjam en Aäron was Moses se suster en broer. Hulle is ontevrede omdat nét Moses die leier van die volk is

en nie hulle ook nie. Hulle het gevoel dat hulle ook ’n kans moet kry om as leier op te tree. Daardeur het hulle teen God se besluit in opstand gekom (Eks. 3 & 4). Om Mirjam te tug, laat God haar melaatsheid kry (vs. 9-10). Vir 7 dae lank is Mirjam buite die laer gehou voordat God haar weer gesond gemaak het (vs. 15).

Mense wat verkeerd doen, word deur God getug sodat hulle tot bekering kan kom en doen wat reg is. Met sy tug wil God nie mense seermaak en bangmaak nie.

Tug is die manier waarop God vir hulle wys wat hulle verkeerd doen. God doen dit omdat Hy vir die gelowiges lief is.

26. ’n Christen laat hom nie omkoop nie Lees in jou Bybel Numeri 22:12-21 (vs. 18)

Balak was koning van die Moabiete. Hy was bang dat die Israeliete hulle sal aanval en oorwin. Balak laat ’n

heidense siener, Bileam, kom om die Israeliete te vervloek. Maar God sê vir Bileam: “Jy mag dié volk nie vervloek nie, want hulle is geseën” (vs. 12). Balak en Bileam is albei in God se mag. God laat nie toe dat hulle sy planne met die Israeliete in die wiele ry nie. Bileam sê: “Selfs al gee Balak vir my sy paleis vol silwer en goud, mag ek niks doen, klein of groot, teen die opdrag van die Here my God nie” (vs. 18). Dit geld ook vir jou.

Al belowe mense jou wat ook al om saam met hulle son de te doen, jy mag jou nie laat omkoop nie!! As ver-loste kind van God die Vader moet jy sý stem en sý wil ge hoorsaam.

27. Los al jou verskonings! Lees in jou Bybel Eksodus 3:9 – 4:17

Met verskonings kan ’n mens maklik wegkom. Dit gebeur met Moses. God stuur hom om as leier die

Israeliete uit Egipteland te lei. Maar Moses het die een verskoning na die ander: 1. 3:11, 2. 3:13, 3. 4:1, 4. 4:10, 5. 4:13. Ja, Moses het 5 verskonings om nie God se opdrag uit te voer nie. Maar die Here aanvaar nie een van die ver-skonings nie.

God het nie verskoning gemaak om jou nie van jou son de te verlos nie. Al het dit God gekos om sy eie Seun te stuur om aan die kruis vir jou sonde te betaal.

God het alles gegee vir jou verlossing, daarom moet jy uit dankbaarheid die dinge doen wat God aan jou opdra. Soos wat? Die tien gebooie is God se opdragte aan jou, hulle moet jy gehoorsaam nakom.

28. Die taal wat jy praat, is belangrik Lees in jou Bybel Efesiërs 5:1-5 (vs. 4)

Jy mag dalk dink dat God jou nie hoor as jy tussen jou maats is en vuil grappe en praatjies met hulle het nie.

Of dat God nie die vloekwoorde hoor as jy kwaad is nie. Of dat God nie jou lelike woorde hoor wat jy by die skool gebruik sodat jou maats vir jou kan lag nie.

Hierdie oordenking is nie net vir seuns nie, maar ook vir dogters. God sê: “Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie.” So ’n optrede pas nie by ’n gelowige kind van God nie. Die waarheid is dat die mond oorloop waar die hart van vol is. Jou liederlike praatjies, al die vloek woorde en die skurwe grappe wat jy vertel, wys hoe dit binne-in jou hart gaan.

Wat pas by ’n gelowige? “Dank aan God” pas by die ge lowige, want Hy het jou van jou sonde verlos.

29. Liewer Bangjan as Dooiejan? Lees in jou Bybel Josua 1:1-9 (vs. 9)

As God met Josua praat, staan die Israeliete op die punt om Kanaän in te neem. Dit sal gevaarlik wees, want

Israel sal eers die heidene moet oorwin. Daarom kom God spesiaal na Josua toe om hom voor te berei vir wat voorlê. Josua moet nie bang wees nie, want die Here is by hom.

Beteken dit nou dat die Here by elke gelowige is en dat niks met hom sal gebeur nie? Ons moet mooi lees wat in Josua 1 staan. Josua moet ’n opdrag van die Here gaan uitvoer. En as hy in die uitvoering van die opdrag ge-hoorsaam is aan God, dán sal die Here hom beskerm.

Jy kan nie sommer jou lewe in gevaar wil stel en dan sê die Here sal jou help nie. As jy gehoorsaam is aan God en daar kom dán gevaar, dán sal die Here jou Beskermer wees.

30. Is Petrus ’n tjankbalie? Lees in jou Bybel Lukas 22:54-62

Het jy al gesien dat jou pa, of oupa, of oom huil? Mans probeer altyd maak asof hulle sterk is, en wil nie huil

nie. Tog het Petrus bitterlik gehuil (vs. 62). Is Petrus som-mer ’n tjankbalie? Lees waarom Petrus huil. Petrus huil oor ’n verskriklike sonde wat hy gedoen het. Toe die slegte mense Jesus gevang het om Hom dood te maak, het Pe-trus al agter hulle aangestap. En toe die mense vir hom sê dat hy ook by Jesus hoort, het hy driemaal na mekaar gesê dat hy Jesus nie ken nie. Jesus het hom daaroor ge-waarsku (Luk. 22:31-34). Dit is oor die groot sonde wat hy gedoen het, dat Petrus huil.

Sonde is so verskriklik dat elke mens eintlik moet huil as hy verkeerd doen. Daardeur sê jy vir God dat jy jammer is oor die sonde wat jy doen.

Page 9: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 9

31. Noodsaaklike leesstof Lees in jou Bybel Deut. 17:14-20 (vs. 19)

Opvoeding is nie volledig sonder die Bybel nie. Mamma en Pappa, die onderwysers en jou katkisasie-onderwy-

sers kan jou alles leer, maar as jy nie onderrig is uit die By bel nie, beteken dit niks. Jy kan al die kennis en die wys heid van die wêreld hê, maar as jy nie die Bybel ken nie, dan weet jy eintlik niks nie. Die Bybel is die manier waar op God met ons praat. As jy wil uitvind Wie God is, wat God doen en wat Hy van jou verwag om te doen, sal jy elke dag uit die Bybel moet lees. Om gehoorsaam te lewe, moet jy die Bybel lees, want daarin sê God vir jou wat reg en verkeerd is.

Dit is belangrik dat jy elke dag uit God se Woord lees, en ook nie maar net lees nie, jy moet ook probeer verstaan wat God vir jou in die Bybel sê.

32. Baklei of vergewe? Lees in jou Bybel Spreuke 24:26-34 (vs. 29)

Vandat Kain met sy broer Abel gestry en hom doodgeslaan het, sit dit in elke mens om maklik te baklei. Hoeveel

“fi ghts” is daar by jou skool waar seuns handgemeen raak en dogters op mekaar skree en skel? Ons dink nie eens aan die grootmenswêreld waar gevegte, oorloë en ba kleie-ry elke dag voorkom nie.

Dit is nie hoe God wil hê die gelowiges moet optree nie. Gewoonlik sê ’n mens dat dit wat iemand aan jou doen, sal jy ook aan hom doen. God sê gelowiges moet nie “terug-betaal-mense” wees nie. “Vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe” (Kol. 3:13). Nou hoef jy nie te kies tussen baklei of vergewe nie, want ’n gelowige ver-gewe net.

33. Jy moet jou ware vyand ken Lees in jou Bybel Genesis 3:1-5

Wie sou jy sê is jou vyand? Die misdadigers, moorde-naars, diewe, kapers, inbrekers? Ons kan nog baie

ander noem. Is hulle vir jou ’n vyand wat jou daaglikse lewe in gevaar stel? Dit kan so wees. Maar agter hierdie men se sit die ware vyand, die Satan. Onthou dat, al is jy nog jonk, net ’n kind, wil die Satan reeds hê dat jy aan God ongehoorsaam moet wees, net soos hy dit in die lewe van Eva en Adam gedoen het.

Om jou ongehoorsaam te maak aan God, kom die Satan op verskillende maniere om jou te verlei. Hy kom deur die mense waarvan ons hierbo gepraat het, hy kom deur jou maats wat jou wil verlei om te doen wat verkeerd is, hy kom deur die televisie en video’s. Jy moet baie goed onderskei wat in jou lewe gebeur.

34. Twis en stryery in die familie Lees in jou Bybel Genesis 4:1-26

In ’n huis waar daar kinders is, is daar twis en stryery. Dit weet jy ook seker. Broers en susters kry stry met me-

kaar. Dit moet net nie hand-uit ruk nie. In Genesis 4 leer ons dat gesinslede wat baklei, twis, veg, ’n gevolg van die son de is.

Die gesin van Adam en Eva bestaan uit Kain, die oud-ste seun, en Abel, sy jonger broer. Vanweë die sonde het Kain jaloers geraak op Abel, omdat die Here Abel se offer aangeneem het en nie syne nie. Kain is ook baie kwaad vir Abel. Hy wil hom doodmaak. God waarsku vir Kain (vs. 6-7). God sê vir Kain hy moet die lelike gedagtes laat staan. Maar Kain doen dit nie en vermoor sy broer.

Binne elke huisgesin moet daar teen die sonde om te twis, te baklei en lelik te veg, gestry word.

35. Bid vir jou maats Lees in jou Bybel Genesis 18:16 – 19:38

Daar is ’n lelike ding tussen mense. Jy moet na die ge-sprekke van kinders rondom jou luister. Wat sê die een

van die ander? Bykans net kritiek. Mense vertel van ander se swak punte, se verkeerde lewe, die verkeerde dinge wat hulle doen.

Het jy al ooit gehoor dat jy en jou maats vir ’n ander maat bid? Dit leer God aan ons deur Abraham. Die mense van Sodom en Gomorra, waar Lot gaan bly het, was god-de loos. God besluit om hulle te straf, maar Abraham bid vir hulle. Hy vra dat God aan hulle meer geleentheid sal gee om tot bekering te kom.

In plaas daarvan om iemand se foute en sonde in die open baar op te hang, bid liewer dat God die persoon tot be kering sal bring en Hom sal gehoorsaam.

36. God doen wat Hy belowe Lees in jou Bybel Genesis 21:1-21

Wat God belowe, doen Hy. God belowe aan Abraham en Sara ’n seun (Gen. 18:10). Ná 25 jaar het God se

be lofte waar geword toe Isak gebore is. Soms duur dit lank voor God se beloftes waar word. Maar God is getrou en gee wat Hy beloof het.

Dink daaraan dat God beloof het om die gelowiges te be skerm en op te pas. God doen dit deur Christus. Die ver naamste wat God vir jou belowe het, is die verlossing van jou sondes in Jesus Christus. Met Kersfees dink ons daaraan dat God sy belofte waargemaak het met Christus se geboorte. Vir jou het God ook gedoen wat Hy beloof het. Dank Hom daarvoor! Met Kersfees kan jy weer terug dink hoe God se verlossingsbelofte vir jou in Christus ’n werk-likheid geword het.

Page 10: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

10 slingervel maart 2013

Tannie Marjorie Whatley

“En nou, Lukas? Hoekom stop jy al jou klere

in daai tas?” vra Mamma verbaas.

“Ek gaan weg!” sê Lukas vermakerig.

“Weg? Waarom? Is jy dan nie meer gelukkig hier by Mamma en Pappa nie?”

“Nee! Ek wil ’n hondjie hê. Julle sê altyd ek moet eers wag. Ek is moeg vir wag. Ouma het ’n hondjie. Ek gaan na my ouma toe.”

“Maar ons het mos belowe dat jy jou eie hondjie sal kry. Ons trek oor ses weke in ons eie huis in. Daar mag ons ’n troeteldiertjie aanhou,” probeer Mamma troos.

“Dis te lank! Ouma sê alle kindertjies moet ’n troeteldiertjie hê. Ek is ook ’n kindertjie. Ek willie meer wag nie. Al my maatjies het ’n hondjie of ’n katjie.”

“Nou maar goed. Ek bel gou vir Ouma. Dan bel ek sommer die bouer ook,” sê Mamma.

“Hoekom moet Mamma die bouer bel?”

“Ek wil vir hom sê hy hoef nie meer jou slaapkamer te bou nie. Jy gaan mos nie meer by ons bly nie. Ek hoop hy’t nog nie die bakstene

gekoop nie. Ek bel sommer van die studeerkamer af. Ek is nou t’rug.”

“Wat sê hulle, Mamma?” Lukas loer vraend oor sy tas.“Die bouer klink ’n bietjie kwaad. Ouma sê dis goed so. Sy is

besig met aandete. Rys,vleis, pampoen en spinasie.”“Jig! Ek haat spinasie.” Lukas trek sy gesig op ’n plooi.“Kom nou, Lukas. Het jy nou alles wat jy nodig het?” vra

Mamma, terwyl sy na sy oorvol tas loer. Helfte van die klere steek by die kante uit.

“Ek wil net gou my rolskaatse kry, dis in die kombuis.”“Opskud seun, ek is honger. Ek kan nie meer wag vir aandete

nie.”“Hmm! Wat ruik so lekker, Mamma?”“Dis MACARONI EN KAAS. Jou gunsteling kos.”“Kan ek eers gou eet, Mamma?”“Ek dink ons moet liewers nou ry. Ek wil voor donker terug

wees. Ouma wil seker al begin opskep,” sê Mamma. “Ek los gou ’n briefi e vir Pappa.”

“Asseblief, Mamma … vir die laaste keer? Ek het so baie lus vir macaroni en kaas.”

Dankie tog vir Dankie tog vir macaroni en kaas!macaroni en kaas!

Page 11: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 11

Mamma het ’n knop in haar keel toe sy na Lukas se pleitende gesiggie kyk.

Tussen hartseer snikkies sê sy. “Nou goed dan. Ek gaan bel gou weer vir Ouma om te sê jy eet eers hier.”

“Wat sê Ouma, Mamma?” vra Lukas toe sy ma terug is. Hy klink nou nie meer so seker van sy saak nie.

“Sy sê dis goed so. Sy sal jou kos môre in die mikrogolf vir middagete warm maak.”

“Mamma?”“Ja, Lukas?”“Hoe lank is ses weke?”“Nie lank nie. Net so twee en veertig

daggies.”“TWEE ENVEERTIG DAE? Dis te lank!”“Nie regtig nie. Kom ons tel gou saam. Een,

twee, drie …” hulle tel tot by twee en veertig.“Haai, dit was sommer gou, nè, Mamma?”“Ek het mos so gesê.” Mamma kyk hoopvol

na Lukas.

“Mamma?”

“Ja, seun?”“Ek dink ek sal maar liewer wag.”“Is jy seker?”“Baie seker, Mamma. Sal Mamma gou vir

Ouma bel. Sê vir haar, ek sê ek is jammer, ek kan nie meer kom nie. Die bouer is baie kwaad, want hy het klaar die bakstene vir my kamer gekoop.”

“Nou goed. Ek sal vir Ouma verduidelik.”

“Lukas?”“Mamma?”“Ek is baie bly dat jy so ’n verstandige seun

is. Ek en Pappa sou jou darem baie gemis het.”“Ek sal julle ook ’n bietjie gemis het.”“Net ’n bietjie?” Mamma trek ’n hartseer

gesig.“Aag, oukei. Sommer baaaaaie!”“Dis beter!” Mamma lyk nou weer gelukkig.“Kan ek nou macaroni en kaas kry?

Asseblief, Mamma?”Mamma stuur ’n skietgebedjie op. “DANKIE

TOG VIR MACARONI EN KAAS!” SV

Page 12: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

12 slingervel maart 2013

RINA

Skommel die letters om die name van sekere KLERE te vorm, en skryf dit dan in die blokkies langsaan. Nommers 1 – 10 gaan dan 'n woord vorm wat een van jou hande aandui.

Deur die optrede van die apostels Paulus en Petrus het God wondertekens bewerk:

Toe Paulus in Troas gepreek het, was die jongman, Eutiges, ook teenwoordig. Hy het egter so vaak geword dat hy aan die slaap geraak het waar hy op die vensterbank gesit het. Hy het toe by die derde verdieping se venster uitgeval en is dood. Paulus het afgegaan na die liggaam van die seun en hom vasgedruk. Daarop het Eutiges lewendig geword (Hand. 20:9-10).In die dorpie Lidda het 'n man met die naam Eneas gewoon wat al vir 8 jaar verlam en bedlêend was. In die Naam van die Here Jesus het Petrus vir hom gesê hy moet opstaan. Eneas het onmiddellik gesond geword en opgestaan (Hand. 9:32-35).Tabita (ook genoem Dorkas) was 'n vrou wat in die dorp Joppe gewoon het. Sy was 'n diep gelowige vrou wat altyd besig is om goed te doen en die armes te help. Plotseling het sy siek geword en gesterf. Die apostel Petrus was in die dorp en hy kom na Tabita se huis toe hy van haar dood hoor. Hy het by haar neergekniel en gebid. Toe sê hy vir haar: “Tabita, staan op!” Sy het onmiddellik gelewe en regop gesit (Hand. 9:36-43).

LEWENDMAKING IN HANDELINGE

Page 13: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 13

onsons pretbladpretbladWiskundeboekeDie een Wiskundeboek sê vir die ander Wiskundeboek: “Man, het ek baie probleme!”

Een muur aan die anderDie een muur sê vir die ander muur: “Ek sien jou in die hoek!”

Wat sê jou pa aan tafel?’n Predikant kry die seuntjie aan’t speel op die grasperk voor hulle huis. Hy dink hy wil gou uitvind hoe dit in die huis van hierdie gesin gaan.Hy vra die seuntjie: “Ou seun, wat sê jou pa aan tafel voordat julle eet?”Die seuntjie: “Hoe bedoel Dominee nou? Hy sê niks.”Predikant: “Maar sê jou pa dan nooit iets voordat julle begin eet nie?”Die seuntjie: “O ja, Dominee, hy sê: ‘Stadig met die botter, geld groei nie op my rug nie!’”

Ek en pa weet allesJannie: “Ek en my pa weet alles in die wêreld!”Pietie: “Nou maar goed, sê my waar is Zurich?”Jannie: “Dis een van die goed wat my pa weet.”

Ek is gewoond aan tienersDie man kom by die bank om geld in te betaal, maar hy het nie ’n depositostrokie ingevul nie, en ook nie die geld mooi gesorteer nie. Die kassier raas met hom en sê hy moet teruggaan en alles regmaak soos dit hoort. Toe die man uiteindelik weer by die kassier kom, maak dié verskoning omdat hy die man so gekritiseer en met hom geraas het.“Toemaar,” sê die man, “ek is gewoond daaraan, want drie van my kinders is tieners!”

Beter as die onderwysersGert: “Kan jy enigiets doen wat jou onderwysers nie kan doen nie?”Jan: “Ja! Ek kan my eie handskrif lees!”

Sny ’n gat in die middelDie seuntjie sê vir die haarkapper: “Ek wil my hare gesny hê soos my pa s’n – met ’n gat in die middel.”

Hoe oud?Onderwyser: “Klas, kan julle vir my sê hoe oud is ’n

persoon wat in 1925 gebore is?”Henk: “’n Vrou of ’n man, meneer?”

ExaminvlatirsMaak ’n sin met die idiomatiese uitdrukking “bo my vuurmaakplek”.

Antwoord: My hoed is so klein, dit sit bo my vuurmaakplek.Voltooi die volgende idioom: “Die appel val nie ...”

Antwoord: ... ver van Eva af nie.Wat beteken die idioom: “Hy is kontant met sy vuiste”?

Antwoord: Hy boks vir geld.Wat beteken die segswyse: “Hy het die weg van alle vlees gegaan”?

Antwoord: Hy is slaghuis toe.

Wat beteken ...?-vraeWat beteken migrasie?

Antwoord: Dis ’n soort kop seer wat voëls kry wan neer hulle noorde toe vlieg vir die winter.Wat beteken handlan-ger?

Antwoord: Die vingers.Wat beteken valstrik?

Antwoord: As jy nie jou veters behoorlik vasmaak nie, trap jy netnou in ’n valstrik.Wat beteken boekhouer?

Antwoord: Dis iemand wat nooit die boeke terug-bring wat hy geleen het nie.

Daantjie staan op die brug en huil verdrietig.“Wat is fout?” vra ’n man wat by hom verbystap.“Kobus het my broodjie in die water gegooi!”“Met opset?” vra die man.“Nee, met grondboontjiebotter!” snik Daantjie.

Onderwyser: “Paul, hoekom was jy nie gister by die skool nie?”Paul: “Ek weet nie, meneer. Ek het nie my ma se verskoningsbriefi e gelees nie.”

Ma: “Johan, hoekom kry ek jou elke keer in die spens?”Johan: “Omdat ek Ma nie hoor aankom nie!”

Page 14: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

14 slingervel maart 2013

RINA

Vul die blokkies in die rondte in (kloksgewys), sodat die laaste letter van nommer 1 ook die eerste letter van nommer 2 is.

1 God sal die tyd inkort ter wille van hulle (Matt. 24:22).

2 Die mense se skerp tonge is ______ (Ps. 64:4).

3 Een van Abraham se seuns (Gen. 25:25).4 Hy was Batseba se man (2 Sam. 11:3).5 Hulle het Jesus eers na hom toe gevat

(Joh. 18:13).6 Hy het na Timna toe gegaan (Rigt. 14:1).7 Een van Bilha se seuns (Gen. 35:25).8 Hulle is getel in Rigters 20:17.9 Die Woord van die Here het tot hom

gekom (Eseg. 1:3).10 Hy was uit die geslag van Nahor (Gen.

29:5).11 Hy was 'n profeet in die tyd van Dawid (1

Kron. 29:29).

TERSIA

Soek die name van die plante wat in die Bybel

genoem word, op met die hulp van die volgende teksverse. Skommel dan die letters van die anagramme om die korrekte woorde te kry:

Matt. 6:28 Gen. 21:33 Gen. 6:14 Pred. 12:5 (2 name) Lev. 14:4 (2 name) 1 Kon. 6:31 Ps. 45:9 (3 name) Jona 4:6

Page 15: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 15

Page 16: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

16 slingervel maart 2013

Oom Attie Venter

’n Wonderlike estuarium (2)

Kan julle onthou wat ’n estuarium is? ’n Rivier-monding (plek waar ’n rivier in die oseaan uit-mond) waarin daar meestal ’n groot verskei-

den heid plantjies en diertjies voorkom, kortliks ge stel. Aan ons kuste is daar heelwat van hulle, soos enige atlas sal aantoon. Dis ook vanselfsprekend dat nie twee van hulle presies eenders sal wees nie, as gevolg van verskillende natuurlike (en ook ander) faktore wat daarop inwerk.

Dis hieroor wat ons ’n paar gedagtes gaan wissel. Ons gaan ’n bietjie kyk hoe dit die Swartkops-estua-rium affekteer.

Ekologiese faktoreDie faktore wat op die ekologie van ’n gebied

inwerk, noem ons ekologiese faktore. Hier onderskei ons tus sen abiotiese (nie-lewende) faktore, soos wind en water, en biotiese (lewende) faktore, naamlik plante en diere wat die aard en samestelling van ander plante en diere en hulle omgewing beïnvloed.

Abiotiese faktore

1. WaterAan die oostekant stoot seewater onder die

Setlaarsbrug, wat maar 100 meter lank is, deur. Vroeër het die water waarskynlik oor ’n breë front (± 1 km) binnegekom (kyk hoe dinge verander!). Wanneer die Swartkopsrivier nie afkom nie, lê die seewater kronkelgewys oor die lengte van 3 km tot by die trein- en padbrûe, en dan nog vir ’n kilometer

of wat verder wes. Die volgende verskynsels is nogal interessant:

Die seewater in dié gebied is souter as ge wo- ne seewater, omdat die water verdamp en sout agterbly. (Daar is groot soutpanne in dié om-gewing.) Normaalweg meng die see- en vars-water hoër op in die rivier, behalwe wanneer die rivier afkom. Organismes soos krappe moet hulle dus baie goed kan aanpas om met hier die wisselvalligheid tred te hou. Die meeste Crus-taceae (krappe en krewe) kan die soutgehalte van hulle liggaamsvloeistowwe reguleer. Sien, die meeste waterdiere leef óf in soutwater óf in varswater. Organismes soos garnale en die meeste vis moet agter die water waaraan hulle “gewoond” is, aan trek.’n Verdere gevolg van die vermenging van sout- en seewater is dat die slik wat met die rivierwater afkom, uitvlok (afsak). Daarom is die water troebel en die bodem modderig. By die mond is dit egter sanderig met allerlei grade van modderigheid tussenin.Soos die gety instoot, dra die seewater ’n verskei- denheid anorganiese voedingstowwe, larwes, jeugvorme van invertebrata en vissies binne. Ri vie rwater voer weer humus, plantereste en mikroskopiese organismes af. Alles dra daartoe by om die bodem te verryk.Omdat die water so troebel is, kan lig nie diep binnedring nie en vind fotosintese maar moeilik plaas. Daarom is waterplante maar skaars in hierdie gebiede.As gevolg van die vinnige verwisseling van water

Page 17: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 17

moet die diertjies wat daarin voorkom, gou speel met hulle lewensiklusse: sekere garnale skakel byvoorbeeld die plank-ton stadium heeltemal uit, party slaksoorte se eiers broei inwendig uit en stel die larwes op ’n laat stadium van ontwikkeling vry, ander repro-duseer weer vinnig om vir ver-liese weens uitspoeling te ver-goed.

2. WindPort Elizabeth en veral die

Swartkopsgebied is bekend vir die sterk winde wat daar waai. Dit is ’n belangrike rede waarom plantegroei beperk is tot struik- en kruidagtige gewasse, behalwe in beskutte gebiede. Ook is plante wat gedurig aan sterk winde onderhewig is, geneig om klein blaartjies te vorm.

Hierdie twee faktore dra daar-toe by dat oewers hier nie so boom ryk en plante nie so blaarryk is as estuaria s’n wat meer beskut is nie. Dus spoel minder organiese reste die water in, sodat dit minder vrugbaar is.

Sekere gebiede is dig met wa-ter gras (Spartina) begroei. Oor-blyfsels van plantdele wat losraak, kry nie kans om af te sak nie, maar word spoedig deur die wind na die kant gedryf, waar dit saampak. Hier verdruk (versmoor) dit die ander plantegroei, maar dien tog as kweekplek vir insekte (wat as skakel in voedselwebbe dien), as ook ontbinders, byvoorbeeld bak te rieë en swamme.

Biotiese faktore

1. Plante (produseerders)In die natuurlike lewe is produ-

seerders groen plante wat in staat is om te fotosinteer en as voedsel dien vir die verbruikers (meestal diere en mense, omdat hulle nie hulle eie “kos” kan ver vaardig nie).As gevolg van die invloei van voedingstowwe vanuit die see en rivier is estuaria opvangplekke van voedingstowwe en baie produktiewer as die rivier of see. Die modder absorbeer byvoorbeeld baie fosfate wat dan weer deur die watergras (Spartina) opgeneem en so in die ekosisteem beskikbaar gestel word.Baie min fi toplankton (klein, drywende plantjies) kom voor, omdat weens die ondeurdringbaarheid van die water vir lig, fotosintese feitlik onmoontlik is, en ook omdat getyestrome die plankton weg-werk. Diatome kom wel voor, en vorm ’n belangrike voedselbron as produseerders.Seegras ( Spartina) groei kol-kol baie dig. Hierdie plante hou groot voordele vir die gemeenskap in:

Dit benut voedingstowwe uit die grond, en kompeteer dus nie - met die fi toplankton nie.Dit stel hierdie voedingstowwe beskikbaar vir die ekosisteem - (soos hierbo genoem). Daarbenewens vorm die detritus (o.a. wat oorbly nadat ’n plant of dier ontbind het) ’n belangrike bestanddeel van die voedselketting.Dit dien as - fi lters wat slik ontbind en stabiliseer en keer dat grond nie onvrugbaar word nie.Dit bied skuiling vir klein vissies, vir garnale, steurgarnale en - ander Ongewerweldes; en dis die kweekhuis waar jong larwes in ’n beskermende omgewing kan ontwikkel, byvoorbeeld visse en skulpdiere. Lees in die volgende uitgawe verder

Page 18: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

18 slingervel maart 2013

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Dié plek was vroeër bekend as Kirjat-Sefer

(Rigt. 1:11).3. Uit dié stad het Dawid 'n groot hoeveelheid

brons gebring (1 Kron. 18:8).5. Die eerste een uit die Parosfamilie (Esra

10:25).7. Die tweede seun van Jehallel (1 Kron. 4:16).8. Elifas se tweede seun (Gen. 36:11).10. Artemis word hier 'n groot ______ genoem

(Hand. 19:27).12. Tirhaka was koning van hierdie land (2 Kon.

19:9).13. Joktan se sewende seun (Gen. 10:27).

AF1. Moses het gesê hierdie man is 'n jong leeu

(Deut. 33:22).2. Baesa het die bouwerk hier gestaak (1 Kon.

15:21).4. Simeon is ook ______ genoem (Hand. 13:1).5. Beria se oudste seun (1 Kron. 7:25).6. Mefi boset se broer (sonder die i) (2 Sam.

21:8).7. Hy was 'n Ammoniet (2 Sam. 23:37).9. Asarja se pa (2 Kron. 15:1).11. Ruben was haar oudste seun (Gen. 29:32).

Page 19: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 19

het jy geweet ...

Sonder water kan die mens nie bestaan nie. Alles – plante, diere en mense – is afhanklik van water vir sy bestaan. Dit is waarom groot opgaardamme gebou word om water tot die beskikking van die land te stel.

Maar het jy geweet ... dat daar in Suid-Afrika ses damme is wat meer as ’n 1000 miljoen m3 water bevat? Hulle is:

Die Gariepdam: 5341 miljoen m 3, in die Oranjerivier (foto links onder).Die Vanderkloofdam: 3171 miljoen m 3, in die Oranjerivier.Die Sterkfonteindam: 2616 miljoen m 3, in die Nuwejaarspruit (foto regs onder).Die Vaaldam: 2603 miljoen m 3, in die Vaalrivier.Die Pongolapoortdam: 2445 miljoen m 3, in die Pongolarivier.Die Bloemhofdam: 1264 miljoen m 3, in die Vaalrivier.

Ons moet die Here dankbaar wees dat Hy soveel reën in ons land gee dat al ons opgaardamme genoeg water het vir die behoeftes van die land. SV

(Bron: Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia, 2004)

Page 20: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

20 slingervel maart 2013

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Barnard, Chris. 2012. Boela van die blouwater. 2e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 127 p. Prys: R100,00.

ISBN: 978-1-86919-553-3.

Boela van die blouwater is die meesleurende verhaal van die sestienjarige visserseun Boela en die interessante karakters

van Oestermond, die vissersdorpie. Oukoos se vrou en seun, Jan-ne man, het weggeloop en hy het Boela as weeskind in sy huis ge neem en hom as sy eie seun grootgemaak – hy het van hom ’n slim en bedrewe visserman gemaak met goeie kennis van die see se nukke en grille. Boela sou ook Oukoos se skuite erf na sy dood. Boela en Nonnie het op mekaar verlief geraak en Boela moes aller hande slim planne beraam om sy drie maats, Vlooi, Patrys en Biesiepol, se belangstelling in Nonnie hok te slaan. Janneman, wat ’n nikswerd kroegvlieg geword het, het uit die bloute terugge-keer en aanspraak op Nonnie en Oubaas se skuite gemaak. Die veel jonger Boela moes homself, Nonnie se eer en Oubaas se na la tenskap verdedig. Hierdie jeugverhaal met sy volronde en kleurryke karakters boei die leser enduit en die verhaal lees mak-lik. Sedert die oorspronklike druk (1962 – bekroon as die wenner van ’n jeugromanwedstryd deur die Afrikaanse Pers-Boekhandel) bekoor hierdie verhaal lesers nog steeds.

Lochner, Helena J.F. 2011. Kleuterland. Illustrasies deur Liezl Potgieter. 2e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 159 p.

Prys: R150,00. ISBN: 978-1-86919-458-1.

Die stories van Helena Lochner se oorspronklike verhaalbundels is gemoderniseer, van prettige kleurillustrasies voorsien en

in nuwe storiebundels gegroepeer. Die verhale in Kleuterland is sodanig gerangskik dat beginnerlesertjies die genot van selflees kan ervaar en algaande in hulle leesvermoë kan vorder. Hierdie bundel bevat vyf kategorieë stories, gegroepeer volgens woordlengte. “Klein stories” bevat woorde wat nie drie letters oorskry nie soos “Die pot” en “Dom Jan”. “Kort stories” soos “Kalf, Vul en Lam” is beperk tot vierletterwoorde, terwyl die humoristiese “Lekker stories”, soos “Baba Haas”, vyfletterwoorde gebruik. In “Lawwe stories” wat ook langer woorde gebruik, sal stories soos “Kiep die kuiken” en “Jan en Piet gaan stad toe” die lesertjies laat skaterlag. Die stories in “Prettige stories”, soos “Die honger draak” en “Die muis met die lang stert”, het prettige eindes en laat ’n mens nog lank grinnik. Danie Botha het al na Helena Lochner verwys as “Die Hans Christian Andersen van Suid-Afrika”. Haar verbeeldingryke stories bekoor kleuters vandag nog steeds.

Aucamp, Hennie. 2011. Woerts in die hoekie: kinderverse. Illustrasies deur Diek Grobler. Pretoria: Protea Boekhuis. 79

p. Prys: R110,00. ISBN: 978-1-86919-469-7.

Hierdie verseboek met sy genotvolle rympies en grappige illustrasies sal oud en jonk bekoor. Die meeste versies handel

oor sake wat in ’n kind se verwysingsraamwerk val. Konsepte van die moderne tyd word ingespan, asook dié van die verlede. Daar word byvoorbeeld gehandel oor sms’e, croks en dies meer, maar ook oor ’n ysterstofie wat “gepook en gestook” moet word en nog vele andere. In die persbekendstelling word dit gestel dat

“Slim woordspel, vindingryke ryme en Aucamp se trefsekere ge-voel van ritme maak dat hierdie versies gou onder die klassieke kinderverse in Afrikaans gaan tel.” Woerts in ’n hoekie beloof ’n genoeglike leeservaring.

Van Rensburg, Ewald. 2012. Minder jy, meer Jesus. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 209 p. Prys:

R89,95. ISBN: 978-1-4316-0288-9.

Hierdie is ’n Bybelse dagboek wat anders is. Henry het ’n unie ke rekenaarspeletjie persent gekry waardeur hy en sy

sus sie, Michelle, wonderlike avonture saam met Bybelkarakters kon beleef. Hulle is telkens as ’t ware tot in die Bybelse tyd ver-plaas en het gebeure saam met die betrokkenes soos Adam, Noag, Paulus en andere beleef. Gedurende hulle avontuur het die twee kinders telkens bewus geword van God se voortdurende liefde, sorg en bemoeienis met elke mens persoonlik en hulle het God ook leer ken in sy nabyheid. Dit het tot geloofsgroei gelei – en beloof dit ook vir die lesers. Henry en Michelle het gereeld ge-heim sinnige sms’e gekry wat hulle geloof opgeskerp het, hulle tot gehoorsaamheid aangespoor het, of hulle van God se bemoeienis verseker het. Teen die einde word die oorsprong van die sms’e ver rassend onthul. By elke dagstukkie (lees: avontuur) is ook in-te ressante inligtingsbrokkies oor die Bybel en oor dinge in die wê-reld. ’n Kort toepaslike gebed is ’n paslike einde van elke avon-tuur/dagstukkie. Minder jy, meer Jesus behoort vir elke tienerleser ’n opwindende geestelike avontuur te wees.

Vander Veken, Ingrid. 2012. Sam: ’n ware verhaal van ’n dogtertjie en haar olifant. Illustrasies deur Marjorie van Heerden en vertaal deur Antjie Krog. Pretoria: LAPA

Uitgewers. 128 p. Prys: R100,00. ISBN: 978 0 7993 4977 1.

Marthe Roy de Montigny het saam met haar ouers en sussie uit Frankryk na China verhuis. Haar pa het as argitek in

Port Arthur gewerk. As ’n geskenk op haar agtste verjaarsdag het Mar the van haar pa ’n baba-olifantjie gekry. Dit was aanvanklik ’n skok, want Marthe het nog nooit ’n olifant gesien nie en gedink dat dit ’n soort groot hond was. Gou was Marthe en Sam egter baie lief vir mekaar en onafskeidbaar. Die lewe in hulle groot tuin in China was sorgvry en Marthe het Sam oral saamgeneem – ook mark toe waar hy met muntstukke vir sy eie piesangs kon betaal – piesangs was vir hom ’n groot lekkerny. Marthe se pa het egter gesterf en die gesin moes terugtrek Frankryk toe. Marthe kon nie vir Sam los nie en hy moes saam ... wat ook al die implikasies daarvan sou wees. In Sam lees ’n mens die verhaal oor Marthe en Sam se wedervarings en aanpassing by veranderings in hulle lewens. Die dogtertjie se poging om in haar kop helderheid oor al haar ervarings en die veranderings in haar lewe te verkry, word treffend verwoord en aangevul met interesssante en humoristiese vertellings. Interessante swart-en-wit sketse dra by tot die genot van die verhaal. Hierdie treffende verhaal is ’n deernisvolle, dog humoristiese inkyk in die lewe en siel van ’n jong dogtertjie in heerlike lekkerlees Afrikaans. SV

Page 21: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 21

Page 22: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

22 slingervel maart 2013

dr. nico van der merwe

33. God ken jou gedagtes deur en deurLees: Psalm 139:1-12 Teks: Psalm 139:2

Psalm 139 prys God wat alles van jou weet. Hy weet of jy op sy pad loop. Omdat God alwys, alomteenwoordig en alwetend is, weet Hy

alles en is daar niks wat jy vir Hom oor jouself kan wegsteek nie. Dawid, die digter van Psalm 139, skryf dat die alwetendheid van God in direkte ver band met jou persoonlike lewe staan. God weet wat in jou gedagtes, in jou verbeelding, in jou denke, in jou verstand aangaan. God ken die planne wat jy maak en Hy ken die moti ewe waarom jy sekere dinge doen soos jy dit doen. Omdat dit die geval is, moet jy waaksaam wees met wat in jou hart aangaan (Spr. 4:23). Omdat die Here jou in en deur Jesus Christus ver los het van jou sonde, moet jy jou hart oopmaak dat die Heilige Gees daar in kan kom en jou gedagtes en planne reinig.

34. God ken die geheime van jou hartLees: Psalm 44:1-27 Teks: Psalm 44:21-22

Al die wonderdade van God aan die Israeliete se voorouers word in vers 1-9 in herinnering geroep. Daarna word die haglike situasie waarin die

volk verkeer, genoem (vs. 10-17). Nogtans word die volk daarop gewys dat hulle vertroue in God nog behoue is. As getuie van die egtheid van hulle geloofsvertroue op God, word die alwetendheid van God ingeroep. Vir die mens wat in sonde en afvalligheid leef, is die gedagte aan God se alwetendheid ’n verskrikking. Vir die mens wat opreg is, is die alwetendheid van God ’n troos. Jy kan nie in die geheim van God afvallig wees en tussen ander mense maak asof alles in jou hart reg is nie. God ken jou diepste geheime, ook jou weggesteekte sondes en jou oortredinge van die Here se wet. Hy roep jou tot bekering!

35. God ken die bedoeling van elke gedagteLees: 1 Kronieke 28:1-10 Teks: 1 Kronieke 28:9a

Ons lees van Dawid se optrede aan die einde van sy lewe. Hy maak voor siening vir die bou van ’n tempel vir God in Jerusalem. Hy erken

dat God Salomo aangewys het om hom as koning op te volg. Hy vermaan die volk om getrou en gehoorsaam aan God te wees. Hy doen ’n beroep op Salomo om God te ken en Hom as ’n werklikheid in sy lewe te ervaar. Eers dan sal hy God met oorgawe kan dien. Hy moet met ’n rein en gewillige hart aan God gehoorsaam wees en openharti g met God wees.

Jy kan nie ge dagtes en dade vir God wegsteek nie. Dit is ’n waarheid wat ook vandag vir jou geld. “Die Here ondersoek alle harte en ken die be-doeling van elke gedagte” (vs. 9). Dit moet jou opmerksaam maak vir alles wat jy in jou hart koester en in jou gedagtes beplan.

36. Die Here is ’n God van onpeilbare kennisLees: 1 Samuel 2:1-12 Teks: 1 Samuel 2:3b

Hanna is vol vreugde en blydskap, want God het haar gebed verhoor. Sy het God gevra om aan haar ’n seuntjie te gee. God doen soos sy in

afh anklikheid van Hom gevra het. Daarom sing Hanna ’n lofl ied van dank. Sy eer God ter wille van sy heiligheid, sy almag, sy regverdigheid en sy alwysheid: “’n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets” (vs. 3b). God onderskei die beweegredes van die mens se hart. Hy gee kennis en wysheid aan dié wat Hom daarom vra, om dit in sy diens en tot sy eer te gebruik. Teenoor die Here mag jy nie hoogmoedig en aanmati gend wees nie. Vir God kan jy nie jou gedagtes, jou voornemens, jou planne weg steek nie. In jou gedagtes en in jou hart moet jy met eerbied omgaan met die dinge wat God raak.

37. Die Here weet wat in die duisternis isLees: Daniël 2:1-23 Teks: Daniël 2:22

In Daniël 2 lees ons van koning Nebukadnesar se droom, en Daniël se verklaring daarvan. Die droomuitleggers van Babel kon dit nie doen nie.

Om dit te kan doen, het Daniël en sy vriende tot God gebid (vs. 17-18). God antwoord en maak die droom vir Daniël bekend, en ook die uitleg daar van (vs. 19). Niks is te diep of te geheim vir God om te weet nie. Al is iets ook diep weggesteek in die duisternis, weet God daarvan. Aan elkeen wat Hom daarom vra, gee God insig om ondeurgrondelike en verborge din ge te ken, want die Here weet van alles.

Kennis en wysheid en lig kan jy dus nêrens anders soek as by die Here nie. Namate jy jou verdiep in die Woord van God, word dinge vir jou dui-deliker en bekend. Bybellees en bid as onvervangbaar in jou godsdiens.

38. God bevry jou van paniekLees: Johannes 14:1-3, 25-31 Teks: Johannes 14:27

Jesus se gevangeneming en kruisiging kom al nader. In Johannes 14 maak Christus as ’t ware sy testament bekend. Geld en besitti ngs het

Jesus nie. Hy laat egter iets agter wat goud en silwer nie kan koop nie, dit is vrede. Die vrede wat Jesus gee, is anders as dié wat die wêreld gee. Die wêreld bou sy vrede op vrees. Omdat die een land meer wapentuig as die ander land het, is daar vrede op grond van vrees. Vrede kom nie ou tomati es nie. ’n Mens moet nie die skuld vir haat, oorlog en wraak by God soek nie. Dit is die mens wat in sy sonde vrede weggooi en sy lewe in stryd voer. As paniek jou beetpak in die lig van alles wat in ons tyd gebeur – moor de, kapings, verkragti ngs, geweld – dan troos Jesus jou dat jy by Hom vrede sal vind en by elke mens wat Hom opreg aanbid.

39. God bevry jou van die oordeelLees: Psalm 139:1-2; Romeine 8:1-17 Teks: Rom. 8:1

Met Christus breek ’n nuwe tydperk vir die mens aan. Ons leef vandag in daardie tyd. Dit is ’n tydperk vir jou as Christenti ener wat vrede

met God bring. In die ou tydperk voor Jesus het jy onder die ou bedeling van wetsvoorskrift e gestaan, en op grond daarvan was jy tot die dood toe skuldig voor God (Rom. 7:24). Maar in die nuwe tydperk is daar vir jou geen veroordeling nie (vs. 1). God het sy oordeel oor die sonde uitgespreek. Elke mens staan skuldig voor God en verdien die oordeel. Maar Jesus het die oordeel vir jou gedra. Psalm 139 sê God omsluit jou van alle kante (vs. 5). In jou plek het Jesus jou sondeskuld afb etaal en jou sondestraf het Hy vir jou gedra. Christus het aan jou verlossing en vrede gegee, en deur sy Heilige Gees die sekerheid van die ewige lewe in Hom.

40. God bevry jou van die wetLees: Psalm 119:97-104 Teks: Romeine 6:14

Sommige mense dink God het sy wet gegee sodat elkeen wat die wet na kom, verlos kan word. Die Fariseërs en die wetsgeleerdes het dit

in Jesus se tyd verkondig. Hulle sê hoe meer jy die wet van God nakom, hoe sekerder word jou verlossing. Paulus sê dit is nie so nie: “Julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade” (vs. 14b). As Paulus sê dat ons nie meer onder die wet staan nie, beteken dit dat ons die verlossing uit genade kry. Ons is verlos van die wet en staan onder die genade van Christus. Jy moet dus nie die wet van God nakom sodat God jou kan verlos nie. Jy kom die wet van God na omdat God jou reeds verlos het. Omdat jou verlossing uit genade is, beteken dit dat jy nie vir jou verlossing hoef te werk nie – jy ontvang dit uit genade.

Page 23: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

slingervel maart 2013 23

41. God bevry jou van onsekerheidLees: Johannes 10:22-30 Teks: Johannes 10:27-28

Uit ondervinding sal jy as ti ener weet dat ons tyd meer vraagtekens het as uitroeptekens. Daar is meer twyfel as sekerheid. Mense leef

in skynsekerhede. Hulle dink dat hulle seker is, en lewe dan houtgerus in hulle sonde voort. Die ander kant is ook waar – dat mense in totale onsekerheid lewe. Hulle sê dat jy van God en jou verlossing nooit regti g seker kan wees nie. As Jesus sê dat Hy die Goeie Herder is en die gelowiges is die skape, dan lê die sekerheid in die Herder en nie in die skape nie. Geloofsekerheid lê daarin dat Christus sy skape ken en hulle vir Hom. Sy skape luister na en volg Hom. Hy gee die sekerheid vir die ewige lewe deur te waarborg dat niemand hulle uit sy hand sal ruk nie. As geloofstwyfel jou oorval, luister dan na sy versekering en die waarborg wat Hy gee.

42. God bevry jou van jou skuldLees: Johannes 9:1-12 Teks: Johannes 9:2

Mense soek ’n direkte verband tussen sonde en siekte, sonde en ram-pe, skuld en lyding. Mense sê ’n sekere sonde lei tot ’n sekere siekte,

of ramp of lyding. Dit was ook die dissipels se standpunt toe hulle die blindgebore man sien. Jesus korrigeer egter hulle verkeerde standpunt. Daar is ’n ander rede vir die man se blindheid. Dit is sodat die werke wat God doen, in hom gesien kan word. As Jesus hierdie blinde man genees, is dit ’n bewys dat God die tekens van die sonde en dood in hierdie wêreld kan oorwin. Dit is nie om ’n sekere sonde van die man of sy ouers dat hy blind is nie. In hierdie wêreld met sy baie vrae en soeke na antwoorde oor die skuld en gevolge van die sonde, hoor jy dat God jou sondeskuld in Christus weggeneem het.

43. God bevry jou van jou persoonlike skuldLees: 2 Samuel 12:1-10 Teks: 2 Samuel 12:7

As jy ontken hoe diep jou sondeskuld is, dan sê jy die mens is volmaak. Die pyn wat veroorsaak word as jy jou sondeskuld bely, wil jy dan ver-

doof deur die inspuiti ng dat almal tog in die algemeen skuld het aan die sonde. Nadat Dawid owerspel met Batseba, die vrou van Uria, gepleeg het en veroorsaak dat Uria daarna sneuwel, kom die profeet Natan en laat Dawid sy persoonlike aandeel in hierdie sonde erken deur vir hom te sê: “Jy is die man!” (vs. 7). Jy is persoonlik skuldig! Jou sondes wil jy gedurig weg steek, vir jouself, vir jou medemens en vir God. Maar dit werk nie.

In hierdie wêreld met sy baie vrae en soeke na antwoorde oor die skuld en gevolge van die sonde, hoor jy dat God jou sondeskuld in Christus weg geneem het.

44. God lei Moses op vir sy roepingLees: Eksodus 2:1-15 Teks: Eksodus 2:15

Moses is gebore toe die Israeliete die Egiptenare se slawe was. Ten spyte hiervan, en die farao se pogings om die volk van God uit te

wis, word Moses op ’n wonderbaarlike wyse bewaar. Moses se geboorte en bewaring is ’n teken van die verlossing wat God gaan skenk. Sy groot-wordjare in die paleis van die farao is deur God beskik. Daardeur berei God hom voor om eendag Israel se leier te wees. Toe hy 40 jaar was (Hand. 7:23), wil hy sy volk red. Dit eindig vir Moses in die moord wat hy pleeg en die farao se voorneme om hom dood te maak (vs. 15). Moses vlug na Midian waar hy die volgende 40 jaar skape in die woestyn oppas.

Soms gebeur daar dinge in die lewe wat jy nie weet hoekom nie. Ont-hou, God is voortdurend besig om jou vir jou roeping op te lei.

45. God maak Homself aan Moses bekendLees: Eksodus 2:23 – 3:9 Teks: Eksodus 3:5

Moses het al 40 jaar vee opgepas in die woestyn toe God op ’n dag aan hom verskyn in die vorm van ’n brandende doringbos wat nie

uit brand nie. Dit is ook ’n beeld van Israel wat in die hitt e van die slawerny is en nie ondergaan nie. Dit is ’n teken van God se wonderlike beskerming. Maar dit is ook ’n teken van die heiligheid van God se liefde. As erkenning van God se heiligheid moet Moses sy skoene uitt rek. Die geloofslewe van die mens het twee fasett e: eerbied en vertroue. God se ontmoeti ng met Moses bring hom tot aanbidding. Verskyn God in sy heiligheid aan jou ook? Ja! Dit is die ervaring van die geloof dat ons heilige God in Jesus Chris tus tot ons kom en sê: Ek is jou God! In die Naam van God is vir jou die verlossing van die sondeverdrukking en die ewige lewe.

46. God maak Moses se roeping aan hom bekendLees: Eksodus 3:10 – 4:17 Teks: Eksodus 3:10

Dit was vir Moses ’n verrassing dat God besluit om Israel uit die slawerny te red. Dit was vir hom ook ’n skok dat God hóm roep om Israel se leier

te wees tydens die verlossing. Toe Moses 40 jaar oud was, wou hy sy volk verlos, toe wil God nie. Nou wil God sy volk verlos, maar nou wil Moses nie. Moses het vyf keer vir die Here gesê dat hy nie die opdrag kan uitvoer nie, maar God het nie sy opdrag gekanselleer nie. God staan vas by die roeping wat Hy vir Moses het en los elke beswaar van Moses op. As Moses die werk nie wil doen nie, sê hy vir God dat dit nie vir hom soos ’n roeping voel nie. Hy voel anders oor die saak. Maar God staan by die opdrag: Jy gaan!

As God vir jou ’n sekere opdrag gee, sal Hy ook sorg dat jy die nodige gawes het om die opdrag uit te voer.

47. God se reguit hou met ’n krom stokLees: Psalm 51:1-21 Teks: Psalm 51:15

Dat God ’n reguit hou met ’n krom stok slaan, gee ons nie die reg om die krom stok reg te praat nie. Krom is krom en reg is reg. Ons mag ook

nie God se reguit hou krom noem nie. Wat Dawid met Batseba en Uria ge doen het, is méér as krom. Erger en krommer kan Dawid se optrede nie wees nie. ’n Mens wil Dawid sommer afskryf. Gooi die krom stok op die vullishoop en verbrand dit. God sê egter, hoe diepgaande en erg jou sonde ook al is, daar is vergifnis moontlik. Dawid sê wat hy gaan doen: “Dan sal ek oortreders leer wat U van ’n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer” (vs. 15). Jy moet tot God bid om jou die pad van be vrydende genade te wys waarop jy aan God diensbaar kan wees en ’n ge tuie van sy groot liefde en regverdigheid kan wees.

48. Een wat nie sy kop verloor nieLees: Handelinge 27:13-44 Teks: Hand. 27:35-36

Die nood van die kaptein en die matrose was só hoog dat hulle al die vrag en die skip se toerusti ng oorboord gegooi het (vs. 18-19). Op die

skip was die paniek hoog en het hulle vir ’n lang ruk nie geëet nie (vs. 21). Onder al hierdie omstandighede het Paulus kop gehou. Hy kalmeer en bemoedig die mense aan boord. Hy vertel ook dat ’n engel van God na hom gekom het met die boodskap dat hulle nie sal omkom nie. Vanuit hier die bevrydende geloofsekerheid sê hy dat hulle iets moet eet.

’n Mens wat deur ware geloof aan God gebind is, sal in staat wees om in die oomblik van ’n groot krisis of ’n ramp kop te hou en kalm op te tree. Dit is darem erg as iemand wat sê dat hy ’n gelowige is, in tye van ongeluk of gevaar kop verloor en in wanhoop versink.

Page 24: Slingervel se adresse - Gereformeerde Kerk Welkom - …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slinger...slingervel maart 2013 3 Die redakteur skryf ... Slingervel se adresse

24 slingervel maart 2013

TELLIE SKOOP

Sonder die Sonder die SONSON kan lewe op kan lewe op AARDE AARDE

nie bestaan nienie bestaan nieDDie son van die aarde is

een van die kleiner sterre in die heelal. Tog duisel ’n

mens se kop as jy die gegewens ten opsigte van die son lees. Hier is ’n paar om oor na te dink:

Die son is so groot dat 109 aardes langs mekaar, sy aan sy, op die “gesig” van die son ingepas kan word. 1 miljoen aardes kan binne-in die son ingepas word. Die deursnee van die son is 1.4 miljoen kilometer. Die son is ongeveer 150 mil- joen kilometer van die aarde af. Dit neem 50 miljoen jaar vir die energie wat diep binne-in die son gevorm word om die aarde te bereik. Die aarde ont vang 1 biljoenste van die to tale energie wat in die son op gewek word. Die buitenste laag van die son se atmosfeer word die ko ro-na of ligkrans of ligkroon ge-noem. Die binnenste gedeelte van die son staan bekend as die chro mosfeer. Die sigbare oppervlak van die son word die fotosfeer ge-noem. Die oppervlaktemperatuur van die son is 5500oC en die tem-pe ra tuur in die kern van die

son is 15,000,000oC. Die temperatuur in die kern van die son is 15 miljoen kelvin. Die son is ongeveer 5 biljoen jaar gelede gevorm uit ’n groot wolk van gas en ruimtestof. Die kern van die son sit per sekonde 700 miljoen ton waterstof om in 695 miljoen ton helium. Die 5 miljoen ton materie wat oorbly, word omgesit in energie wat ongeveer 600 keer groter is as die hoeveelheid water wat in een sekonde oor die Niagara-waterval stort. Lig beweeg teen 300,000 kilometer per sekonde. Derhalwe neem dit ’n ligstraal 8 minute om van die son die aarde te bereik.

In die lig van dié gegewens kan ons die grootheid en almag van God besef as daar in Psalm 84:12 staan: “Want die HERE God is n son en skild.”

Bronne: Astronomy, Februarie 2005; Atlas of the Universe;Sterrekunde Woordeboek, J.H. de Klerk.

http://www.astronomy.com/asy/default.aspx?c=a&id=1081