hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan...

11
Directorate: Curriculum FET VAK EN GRAAD Lewenswetenskappe Graad 11 KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 4) ONDERWERP Dierevoeding (Gebit van herbivoriese, karnivoriese en omnivoriese lewenstyle, menslike voeding) DOEL VAN DIE LES Aan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Die verskil te ken ten opsigte van die gebit van herbivoriese, karnivoriese en omnivoriese lewenstyle Die makrostruktuur te ken van die spysverteringkanaal en bykomende organe en funksies Die prosesse te ken van ingestie, vertering, absorpsie, assimilasie en egestie HULPBRONNE Papier- gebaseerde bronne Verwys na die volgende afdelings oor ‘Dierevoeding’ in jou handboek: Verskille in die gebit van herbivoriese, karnivoriese en omnivoriese lewenstyle Struktuur van die menslike spysverteringstelsel Prosesse betrokke by menslike voeding INLEIDING Hersien die afdeling van die selstruktuur in Graad 10. KONSEPTE EN VAARDIGHEDE Hieronder is ‘n lys van definisies van sommige van die terme wat jy in hierdie afdeling sal bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe terme/woorde wat jy in hierdie afdeling oor dierevoeding sal bestudeer. Gebruik die woordelys in jou handboek om die volgende terme/woorde te definieer. (Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingestie – proses in voeding wanneer voedsel ingeneem word en die

Transcript of hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan...

Page 1: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

VAK EN GRAAD Lewenswetenskappe Graad 11KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 4) ONDERWERP Dierevoeding (Gebit van herbivoriese, karnivoriese en omnivoriese lewenstyle, menslike voeding)DOEL VAN DIE LES Aan die einde van die les behoort jy in staat te wees om:

Die verskil te ken ten opsigte van die gebit van herbivoriese, karnivoriese en omnivoriese lewenstyle Die makrostruktuur te ken van die spysverteringkanaal en bykomende organe en funksies Die prosesse te ken van ingestie, vertering, absorpsie, assimilasie en egestie

HULPBRONNE Papier- gebaseerde bronne

Verwys na die volgende afdelings oor ‘Dierevoeding’ in jou handboek: Verskille in die gebit van herbivoriese, karnivoriese en omnivoriese lewenstyle Struktuur van die menslike spysverteringstelsel Prosesse betrokke by menslike voeding

INLEIDING Hersien die afdeling van die selstruktuur in Graad 10.

KONSEPTE EN VAARDIGHEDE

Hieronder is ‘n lys van definisies van sommige van die terme wat jy in hierdie afdeling sal bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe terme/woorde wat jy in hierdie afdeling oor dierevoeding sal bestudeer. Gebruik die woordelys in jou handboek om die volgende terme/woorde te definieer. (Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen).

Ingestie – proses in voeding wanneer voedsel ingeneem word en die spysverteringskanaal binnegaan. Vertering– proses in voeding wanneer opgeloste voedsel verander na oplosbare stowwe. Absorpsie – proses in voeding wanneer eindprodukte van voeding opgeneem (geabsorbeer) word deur die bloedstroom. Assimilasie – proses in voeding wanneer geabsorbeerde voedingstowwe deel raak van selle.Egestie – proses in voeding wanneer onverteerde reste verwyder word uit die liggaam. Bolus – ronde bal van gekoude voedsel wat in die rigting van die esofagus gedruk word tydens die slukproses. Villi – Strukture in die dunderm wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die absorpsie van voedingstowwe.

DIEREVOEDING

Page 2: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

Aktiwiteit 1Stel ‘n tabel op om herbivore, karnivore en omnivore onder die volgende hoofde te vergelyk:(a) Tipe voedsel wat hulle eet(b) hoeveelheid en energiewaarde van voedsel ingeneem (c) tandaanpassings

MENSLIKE VOEDINGBestudeer die diagram hieronder van die struktuur en funksies van die spysverteringskanaal:

Die menslike spysverteringstelselMeganiese vertering

Page 3: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

Gedurende hierdie proses word voedsel in kleiner deeltjies opgebreek Meganiese vertering sluit in:

Die kouproses (mastikasie) – voedsel word opgebreek deur die tande en die tong Bolusvorming – fyngekoude voedsel word met speeksel gemeng en in ‘n voedselbolus gerol. Die tong

druk die bolus af na die esofagus. Karringbewegings – dit vind plaas deur sametrekking en verslapping van die spiere van die maagwand.

Voedsel word verder afgebreek en gemeng met maagsappe. Peristaltiese bewegings – ritmiese sametrekking en verslapping van die spiere in die wand van die

spysverteringskanaal. Dit help met die voortbeweging van voedseldeeltjies. Die mens besit vier tipes tande, elk met verskillende funksies:

Tipe tande FunksieSnytande Byt en sny kos afOog/hoektande Hou kos vas en skeur dit afVoorkiestande Kou en maal voedselWare kiestande Kou en maal voedsel

Die mens se tandformule is: 2.1.2.3 2.1.2.3

Chemiese vertering:

Chemiese vertering is die afbreek van groot onoplosbare molekules na kleiner, oplosbare molekules deur die toevoeging van water. Hierdie reaksie staan bekend as hidrolise.

Ensieme betrokke by chemiese vertering

Page 4: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

Substraat Ensieme Eindproduk van vertering

Koolhidrate Karbohidrases bv. Speekselamilase (geproduseer in die mond), Pankreasamilase (geproduseer in die pankreas), Maltase, Sukrase, Laktase (geproduseer in die dunderm)

Glukose

ProteÏene Proteases b.v. pepsien and rennien (geproduseer in maag) en tripsien (geproduseer in pankreas)

Aminosure

Lipiede Lipase (geproduseer in pankreas en dunderm)

Gliserol en vetsure

Absorpsie Die eindprodukte van vertering nl. glukose, aminosure, vetsure en gliserol sowel as vitamiene, minerale soute en

water word deur die villi in die dunderm geabsorbeer.

Struktuur van ‘n villusVervoer en assimilasie van geabsorbeerde voedingstowwe

Page 5: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

Glukose, aminosure, vitamiene, minerale soute en water word geabsorbeer deur die kapillêre bloedvate in die villi.

Die kapillêre bloedvate vloei saam om groter vene te vorm wat uiteindelik in die lewerpoortaar open. Die lewerpoortaar vervoer die geabsorbeerde voedingstowwe na die lewer waar meeste van die glukose

omgeskakel word na glikogeen en gestoor/geberg word. Oortollige aminosure word gedeamineer in die lewer tot ureum en glukose. Die ureum word na die niere vervoer

waar dit as deel van uriene uitgeskei word. Die oorblywende glukose en aminosure verlaat die lewer deur die lewerare en word vervoer na die hart en die

res van die liggaam. Die liggaamselle absorbeer die nodige voedingstowwe. Hierdie proses staan bekend as assimilasie.

Beantwoord die volgende vrae:Vraag 1:Die diagram hieronder stel dele van die menslike spysverteringstelsel voor en sy bykomende organe. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

1.1 Gee die NAAM en LETTER van die deel waar… (a) verteringsap afgeskei word wat geen ensieme bevat nie. (b) gal tydelik gestoor word. (c) ‘n pH van 3 gehandhaaf word.1.2 Maak ‘n benoemde tekening van die funksionele eenheid wat verantwoordelik is vir absorpsie in deel F.

Vraag 2

Page 6: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n deel van die menslike spysverteringstelsel.

2.1 Identifiseer die struktuur in die diagram.2.2 Noem die volgende: (a) Die orgaan waarin die struktuur, genoem in VRAAG 2.1, gevind word. (b) Die tipe epiteel wat genommer A.2.3 Noem die bloedvate B en C.2.4 Na watter hoofbloedvat sal die bloed, ryk aan voedingstowwe, vloei vanaf deel C?

Vraag 3

Page 7: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

Die diagrammme hieronder verteenwoordig die skedels van diere.

3.1 Identifiseer die skedel wat aan ‘n karnivoor behoort. 3.2 Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord in VRAAG 3.1.

Vraag 4Die villi in die dunderm is struktureel aangepas vir doeltreffende absorpsie van voedingstowwe.

4.1 Verduidelik DRIE maniere om te wys dat die bogenoemde stelling waar is. 4.2 Noem die eindprodukte van die vertering van aartappels en beskryf hoe hulle deur die liggaam geabsorbeer word.

Vraag 5

Page 8: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

Bestudeer die diagram hieronder, wat dele van die menslike spysverteringstelsel wys, en beantwoord die vrae wat volg.

5.1 Gee die letter en naam van die deel waar: (a) Gal tydelik gestoor word (a) Die hormone wat die bloedglukosevlakke beheer, afgeskei word (b) Verteerde voedsel in die bloedstroom beweeg5.2 Lys TWEE stowwe wat na ander stowwe omgeskakel kan word, binne die orgaan wat B benoem is. 5.3 Bakterieë mag die mukusvoering van E besmet/ infekteer. Verduidelik watter effek dit sal hê op die spysverteringstelsel van die geÏnfekteerde persoon.

Algemene foute wat deur leerders gemaak word in eksamens: Leerders nie bekend met basiese terminologie. Leerders verstaan nie die instruksie werkwoorde in vrae nie bv. die verskil tussen beskryf en verduidelik. Leerders nie in staat om die korrekte byskrifte te verskaf by tekeninge/illustrasies nie.

AKTIWITEITE/ Voltooi die aktiwiteite/vrae oor die afdelings van dierevoeding in jou handboek.

Page 9: hselspark · Web view(Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen). Ingesti e – proses in voeding wanneer voedsel

Directorate: Curriculum FET

ASSESSERINGKONSOLIDASIE Definieer alle terme relevant tot die onderwerp in hierdie les.

Werk deur die aktiwiteite/vrae in jou handboek oor die afdeling van dierevoeding.

Let wel: Die kennis en vaardighede wat jy in hierdie afdeling bekom het, sal jou help om die volgende afdelings wat nog behandel moet word, beter te kan verstaan nl.

Homeostatiese beheer van bloedsuikervlakke Die belangrikheid van ‘n gebalanseerde dieët Tandbederf Uitwerking van alkohol en dwelmmisbruik

WAARDES Deur dierevoeding te bestudeer en leer, sal jy ‘n waardering ontwikkel van die belangrikheid van ‘n gebalanseerde dieët en die uitwerking van alkohol en dwelmmisbruik op die menslike liggaam.