HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE ...spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/11/GR...0...
-
Upload
truongphuc -
Category
Documents
-
view
373 -
download
2
Transcript of HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE ...spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/11/GR...0...
0
HOËRSKOOL SPINEWEG
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
VRAESTEL 1
Graad : 10
September 2017
PUNTE: 80 TYD: 2UUR
Eksaminator: Mev. Samsodien
Moderator: Mnr. Omar
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings.
Afdeling A: Leesbegrip en informatiewe teks
Afdeling B: Opsomming
Afdeling C: Taal
Beantwoord al die vrae.
Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.
Skryf slegs met blou of swart pen.
Skryf netjies en leesbaar.
1
Afdeling A
Vraag 1: Begriplees
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae.
Pluk ‘n poegie uit vir pret-en pyn
deur Ilda Jacobs
Besit jy ‘n motorfiets of poegie, wens jy jy besit een, of het jy in ‘n
stadium een besit? Lees gerus oor die voor-en nadele van jou eie
wiele en die soorte poegiebestuurders.
Die voordele
Jy kan die hele wêreld platjaag teen 60 km/h, jy vervoer jouself
baie vinniger as jou lopende vriende en jy kan petrolgeld eis as
jou ma jou stuur om brood en melk te gaan koop. As jy op
universiteit is, kan jy van klas na klas ry en jy kom drogerig by
die huis as dit reën. Jy is baie lig op brandstof en olie. Jy voel
verskriklik onafhanklik en ‘mature’.
Die nadele
‘Spietkoppe’ bespied jou lisensie en ligte en jy kan nie vinniger as
60 km/h ry met jou 50 cc nie. Snelweë is ook vir jou taboe. Almal
wil altyd jou wiele gebruik, jy is permanent platsak oor jy
petrolgeld moet hoes en jy moet gedurig koes vir karre wat jou wil
platjaag. Jy kry dit reg om verkeersknope te veroorsaak, jou
ouers bankrot en halfmal te maak en soms gaan staan jy sonder
petrol. Jippie, dan stoot jy maar jou vinnige wiele huiswaarts. O
ja, jy moet jou wiele gereeld was.
2
Soorte bestuurders
Daar is verskillende soorte poegiebestuurders. Kyk of jy die
volgende drie soorte herken.
Daar bestaan baie min van hierdie soort ryers, die Bibbers-en-
Bewers, maar hulle ontwikkel gewoonlik ná ‘n ongeluk. Jy weet
presies wie hulle is, want hulle kruie voor jou teen 20 km/h,
hulle wag tot die lig drie keer groen word voordat hulle dit waag
om te ry en hulle ry reusagtige ompaaie om verkeersligte en
kruisings te vermy.
Die Cool Ryers is die klomp wat gewoonlik in ‘n gang ry. Hulle jag
die aardbol vol, het altyd genoeg petrol, olie en geld en het hul
leerlingrybewyse met die eerste probeerslag gekry. Hulle besit óf
antieke poegies of splinternuwes.
Die Arrogantes glo hulle sal nooit gevang word nie en hul pa-
hulle betaal hul petrol, versekering en boetes. Hulle ‘lift’ mekaar
op 50 cc’s, ry sonder valhelms en lisensies en is boonop vriende
of familie van spietkops.
Dit maak nie saak watter soort poegiebestuurder jy is nie, ‘n
poegie bly iets wat beter is om te besit as om nie te besit nie,
veral vir ‘n tiener.
Beantwoord die vrae hieronder:
1.1 Wat is ‘n ‘spietkop’? (1)
1.2 Waarom kan poegieryers petrolgeld eis as hulle brood en
melk gaan koop? (1)
1.3 Noem een voordeel wat poegieryers bo hul lopende vriende
het. (1)
1.4 Wat is , na jou mening, die grootste nadeel van ‘n poegie?
Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)
1.5 Na watter twee verkeersreëls wat op poegieryers betrekking
het, word daar in die teks verwys? (2)
1.6 Verduidelik waarom party peogieryers ‘Bibbers-en-Bewers’
genoem word? (2)
3
1.7 Waarom word die derde groep poegieryers ‘Arrogant’
genoem? (2)
1.8 Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. Haal uit die
teks aan om jou antwoord te motiveer.
1.8.1 ‘n Poegieryer bly droog in die nat weer. (2)
1.8.2 ‘Bibbers-en-Bewers’ ry altyd reguit na hul bestemming. (2)
1.9 Watter twee opeenvolgende woorde wys dat sommige
peogieryers altyd sonder geld is? (1)
1.10 Haal een woord aan wat aantoon dat die ‘Bibbers-en-
Bewers’ baie stadig ry. (1)
1.11 Kies elke keer die korrekte antwoord. Skryf slegs die
nommer en letter neer.
1.11.1 Die sin ‘Jy kan die hele wêreld platjaag teen
60 km/h’ bevat ‘n voorbeeld van…
a. ironie b. woordspeling
c. sarkasme
d. galgehumor (1)
1.11.2 As ‘n mens ‘mature’ voel, voel jy…
a. volwasse
b. vry
c. selfstandig
d. onafhanklik (1)
4
1.11.3 As ‘n mens petrolgeld moet ‘hoes’, beteken dit…
a. Jy hoes wanneer jy brandstof ruik.
b. Jy moet gedurig brandstof ingooi.
c. Jy is allergies vir brandstof
d. Jy moet vir brandstof betaal. (1)
[20]
En
Vraag 2: Informatiewe teks
Lees die onderstaande teks noukeurig deur en beantwoord
die vrae.
5
2. Onder watter afdeling sal jy in die volgende gevalle soek?
Skryf slegs die naam van die afdeling neer.
2.1.1 Jy voel jy het ekstra wiskundelesse nodig. (1)
2.1.2 Jy is opsoek na ‘n tweedehandse duikpak. (1)
2.1.3 Jou kat het weggeraak. (1)
2.2 Jou klas bied fiksheidsklasse by die skool aan en wil
die gemeenskap daarby betrek. Onder watter afdeling sal
die advertensie geplaas word? (2)
2.3 Is die volgende stellings waar of onwaar? Haal uit die
teks aan om jou antwoord te motiveer.
2.3.1 Die broodsnyer wat te koop is, is goed vir
huishoudelike gebruik. (2)
2.3.2 Ismail en Sharmaine kan saans oor die skeepshouers
geskakel word. (2)
2.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf die nommer en letter neer.
2.4.1 Marius is op soek na ‘n vennoot in die restuarantbedryf.
Hy wil dus iemand hê.
a. Wat vir hom kan werk.
b. Vir wie hy kan werk.
c. Wat saam met hom kan werk. (1)
[10]
Afdeling A: /30/
6
Afdeling B
Vraag 3: Opsomming
Skryf SEWE wenke vir gesonde eetgewoontes neer.
Skryf die wenke puntsgewys neer.
Nommer die sinne 1 tot 7
Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.
Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die
opsomming aan.
Goeie en gesonde eetgewoontes.
1. Ouers moet van ‘n jong ouderdom gesonde eetgewoontes by
kinders aanmoedig. Gesonde eetgewoontes en oefening kan
vetsug in kinders en volwassenes voorkom. Hier volg ‘n paar
riglyne ten opsigte van gesonde eetgewoontes vir almal:
2. Dit is belangrik om jou dag met ‘n goeie ontbyt te begin. Studies
toon dat mense wat ontbyt oorslaan, ‘n 21% groter kans het om
diabetes te ontwikkel.
3. Jy moet gereelde maaltye eet. Sodra jy maaltye oorslaan,kan jou
bloedsuiker val wat veroorsaak dat jou produktiwiteit verminder.
4. Korrekte porsiegroottes is baie belangrik. Indien jou porsies te
groot of te klein is, is daar ‘n wanbalans in jou energie en
voedingswaarde wat jy inneem. Dit kan jou lewenskwaliteit
negatief beïnvloed.
5. Die inname van verfynde stysel moet beperk word. Dit sluit
happies soos pasteie, kitspap, beskuitjies, pasta, beskuit en
koekies in.
6. Jy moet elke dag vars groente en vrugte eet. Hierdie kosse bevat
noodsaaklike vitamiene, vesel en ook gesonde suiker wat
belangrik vir gesonde leefstyl is.
7. Drink genoeg water; 6-8 glasse is ‘n goeie riglyn. Daar is baie
mense wat nie van water hou nie, maar mens kan aanleer om dit
te drink.
8. Eet meer vis. Vis is ryk aan omega 3-vetsure wat baie goed vir
enige mens se gesondheid is.
[Verwerk: Lig, Julie 2013] Afdeling B: /10/
7
Afdeling C
Vraag 4: Taal in Konteks
4.1 Gee elke keer een woord vir die gedeelte tussen hakies:
4.1.1 My (ma se suster) gaan saam met ons met vakansie. (1)
4.1.2 Die kinders bou (klein torings) van sand op die strand. (1)
8
4.2 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies: 4.2.1 Sy dink dit is (lekker) om hier vakansie te hou as om oorsee te gaan. (1) 4.2.2 Die vakansieoorde word deur (toeris) besoek. (1)
4.3 Herskryf die getal in die volgende sin in woorde:
Ons gaan oor 23 dae met vakansie. (1)
4.4 Waarvoor staan die laaste twee letters in die volgende
webwerf se adres?
www.atkv.co.za (1)
4.5 Skryf die ontbrekende woord neer:
‘n Mens moet goed beplan as ____________ met vakansie
gaan. (1)
4.6 Herskryf die volgende sin in die infinitief. Begin soos
aangedui.
Ons gaan graag met vakansie.
Begin so: Ons hou daarvan om… (1)
4.7 Verander die volgende sin na ‘n vraagsin:
Julle het verlede jaar daarheen gegaan. (1)
4.8 Verbeter die woordorde in die volgende sin:
Ons gaan Krugerwildtuin toe per vliegtuig aan die einde
van die maand. (1)
[10]
9
Vraag 5: Spotprent
5.1 Kies die korrekte woord tussen hakies.
Pa ( sny/ snei ) die bome. (1)
5.2 Skryf die korrekte spelling van die vetgedrukte woord neer.
Die pa het ‘n sker in sy hande. (1)
5.3 Vul die ontbrekende voornaamwoord in.
Die seun skiet ________ maat met die speelgoedgeweer. (1)
5.4 Gee die verkleining van die vetgedrukte woord.
Die seun dra ‘n broek. (1)
5.5 Gee die meervoud van die vetgedrukte woord.
Pa en oupa dra hemp. (1)
5.6 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Die stoel (op wat) oupa sit, is stewig. (1)
10
5.7 Gee die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies.
Ma is ‘n ( 5.7.1 vet) vrou.
Die speelgoedgeweer was ( 5.7.2 goedkoop) (2)
5.8 Gee die vergrotende trap van die woord
tussen hakies.
Die pa is (oud) as die ma. (1)
5.9 Gee die korrekte samestelling
Die seuns dra (kind + skoene). (1)
[10]
Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit.
Twee van die gewildste skrywers in Afrikaans is Deon Meyer en
Irma Joubert. Jong lesers sal hulle boeke ook baie geniet.
Deon Meyer skryf die wonderlikste speurverhale wat al in baie
tale vertaal is. Van sy gewildste boeke is 13 uur en Onsigbaar.
Deon het in Klerksdorp grootgeword en van kleintyd af het hy vir
sy maats stories vertel. Irma Joubert het boeke soos Tussen
stasies, Pérsomi, Kind van die Brakrant en Anderkant Pontenilo
geskryf. Sy was ‘n Afrikaans-onderwyser wat na haar aftrede
begin skryf het. Sy skryf graag lekker outydse liefdesverhale wat
dikwels in die geskiedenis gewortel is.
Dié twee skrywers skryf lekkerleesboeke wat ‘n leser in ‘n japtrap
klaar lees.
6.1 Skryf die sinne in die verlede tyd. 6.1.1 Baie mense geniet Deon Meyer en Irma Joubert se boeke. (1) 6.1.2 Deon word in Klerksdorp groot. (1) 6.2 Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord. Hulle is twee van die gewildste skrywers. (1)
11
6.3 Skryf die sin in die teenwoordige tyd. Jong lesers sal hulle boeke ook baie geniet. (1)
6.4 Gee die regte vorm van die vetgedrukte woord. Deon Meyer skryf die (goed) speurverhale. (1) 6.5 Verander die stelsin na ‘n vraagsin. Deon skryf die wonderlikste speurverhale. (1)
6.6 Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende (negatiewe) vorm.
6.6.1 Sy gewildste boeke is óf 13 uur óf Onsigbaar. 6.6.2 Ek lees nog Deon Meyer se boeke. (2) 6.7 Skryf die volgende vraagsin oor as ‘n stelsin. Begin met die vetgedrukte woord. Vertel hy van kleintyd vir sy maats stories? (1) 6.8 Skryf die sinsdele tussen hakies in die korrekte woordorde. Die boeke verkoop (blitsvinnig; in die boewinkels; elke Kersfees). (1) 6.9 Vul die ontbrekende voorsetsel in.
6.9.1 Sy skryf ________ verhale wat oral die wêreld plaasvind. (1)
6.10 Kies die korrekte woord tussen hakies. 6.10.1 Die meisie oor (wie/wat) hy skryf is ‘n Suid-Afrikaner. 6.10.2 Die man (wie/wat) die boek skryf, het in Klerksdorp grootgeword. (2)
6.11 Skryf die sin oor in die lydende vorm. Sy skryf outydse liefdesverhale. (1)
6.12 Verbeter die spelfout. Lesers lees die skrywers se boeke sommer gou gou klaar. (1)
12
6.13 Rangskik die sinsdele in die regte volgorde. altyd ; is ; ‘n baie goeie geskenk ; ‘n Boek (1)
6.14 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. Deon en Irma is albei skrywers. Hulle is maats (daarom) (1)
6.15 Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies. Deon is (baie beroemd). (1) 6.16 Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord. Hy skryf wonderlike verhale. (1)
6.17 Skryf die sin oor in die direkte rede. Die vrou vra hoeveel boeke hy deur sy skryfloopbaan verkoop het en wat sy gewildste boek was. (1) [20] Afdeling C: /40/ ________________________________________________________