GEBEDSBRIEF...beplanning ens. Kontak ons vir enige raad en bystand rakende sakeversekering,...
Transcript of GEBEDSBRIEF...beplanning ens. Kontak ons vir enige raad en bystand rakende sakeversekering,...
-
GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente
27 Augustus 2017 Besoek ons WEBTUISTE:
www.ngkwonderboom.co.za
Bid asseblief dat ons EREDIENSTE ware ontmoetings
met die lewende God en met mekaar sal wees!
Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid!
Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het). Ons ontmoet
graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel. Kom geniet
na die oggenddiens iets te drinke in die binnehof en
deel so in mekaar se lief en leed.
LERAAR TEMA TEKS
Dr Nelius Steyn
Nagmaal
09:00
Lank lewe die Liefde!
1 Johannes 4:16 “En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie
in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.”
Ds Ernest Horn
Nagmaal
09:00 Soetdoring
Christus se liefde is
allesomvattend en alles-
deurdringend
Efesiërs 3:18: “Mag julle in staat wees
om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en
diep die liefde van Christus strek.”
18:00 - 19:00 Debeon Lekker verrassing!
http://www.ngkwonderboom.co.za/
-
Kategese en Debeon Die Juniors (Gr 0 – Gr 6)
kom 10:15 in die Bo-vertrek byeen en Debeon (Gr 7 – Gr 11)
om 18:00 – 19:00.
Omgeegroepe
Omgee-materiaal is by die deure beskikbaar. Dit kan ook vir
persoonlike Bybelstudie gebruik word.
Senior Koor
Oefen 29 Augustus om 16:00 in Soetdoring-saal
Vergaderings Eredienstaakgroepvergadering
Maandag 28 Augustus om 19:00
Kerkraadswerksessie Saterdag 2 September om 08:30 in
die Bo-vertrek. Ons beplan en bespreek die samestelling en
werksaamhede van die kerkraad.
Woordgroei Donderdag 31 Augustus om 19:00 in die Kameel. Ons behandel die boek
Efesiërs. Almal is welkom.
SORG VIR MEKAAR! Siekes
Jaendré Visser (Herman 083 767 4245, Jaenine 083 507 8835), Pieter du Toit (072 241 7115), Corrie Hendriksz (072 612 9810), Louis Naude (082 829 4896), ds. Johannes Scholtz (083 453 9553), Chris Coetzee,
Louis Ackermann (Bettie 012 567 2109), Junette du Plessis (082 662 8883) en Diane Coetzee (083 291 1348).
Bedroefdes
Bettie Nel en haar familie met die afsterwe van haar eggenoot Koos Nel. Sy dankdiens was reeds die afgelope Saterdag.
Wild @ Heart Mannekamp
15 – 17 September by Sediba Kwele. Ons begin Vrydagoggend 07:00 en eindig Sondag om 12:00. Kostes = R 850 per persoon. Daar is borge beskikbaar. Skakel Hendrik (083 429 3571) of Pieter (082 449 7478).
Baie geluk!!! Ons wens ds. Erika van Tonder baie geluk met haar verjaardag gister. Baie
dankie vir jou en Deon se dienswerk in ons gemeente. Mag die Here jou (julle) ryklik in hierdie komende jaar seën en gebruik in sy koninkryk!
Baie geluk aan Leandri Raath en Keith van Dyk asook Zelda Bakkes en
Hein Gremels wat onlangs in die huwelik getree het. Mag julle mekaar liefhê met die liefde wat God aan julle gee en
mekaar elke dag nader aan sy wil en liefde trek!
-
KERKKANTOOR: Skakel asb. 082 829 2062 of 012 543 3494.
Roosbome Dankie vir die roosbome vir die Gedenktuin wat reeds ontvang is. Kontak Ester
082 688 4573 of Ninette 082 829 2062 as jy ‘n
boom/pie wil skenk. Enige kleur - ons sal dit kom haal.
Moenie jou plastiek, ‘broodtags’, proppies weggooi nie. Bring dit kerk-kantoor toe deur die week of op ‘n Sondag. Die plastiek word herwin,
en die proppies en “broodtags” ingeruil vir rolstoele vir minder- bevoorregte mense. Kontak Ninette 082 829 2062 vir verdere navrae.
Elke kind van God het die voorreg om deel te wees van lof en aanbidding. Ons
sing, en luister en bespeel instrumente tot eer van God. En die wonderlike is, dat
die Here met verskillende style en op verskeie maniere ge-eer kan word. En dat jy
net soos jy is die Here kan loof en eer. Behalwe vir die verheerliking van God,
raak musiek ook ons menswees aan, en bring dit kalmte, vrede en selfs genesing.
Reeds in die Ou Testament is God geloof en geprys deur samesang in die tempel
onder begeleiding van snaar-, blaas- en selfs slaginstrumente. Tamboeryne,
tromme, simbale, ramshorings (sjofars), trompette, harpe en liere. Daar was ook
groepe soos die Koragiete en die Leviete wat kore gevorm het waardeur God met
die mooiste aardse instrument ooit geloof is - die menslike stem! Ook enkelinge
het die Here geloof met hulle sang en musiek. Dink maar aan Koning Dawid wat
op sy harp moes speel, elke keer as die bose Saul wou beheer.
Ook ons het die voorreg om die Here met verskillende style te loof en te eer. Hy
skenk aan ons gemeente mense as gawes met musiektalent om ons hierin te
begelei en aan ons die stemme om vir Hom te sing - selfs al het ons nie die
mooiste stemme nie. Bo alles sien die Here die hart en bedoeling van elke mens
aan, en kan ons Hom eer en liefhê met ons hele lewe, hart, siel, krag en verstand!
Dementia - versorgers M.b.t. die Seminaar vir Demensie-versorgers wat 5 Aug. by Overkruin gehou is, nooi ons enigeen wat verantwoordelik is vir die tuisversorging van ‘n persoon met demensie, om in te skakel by ‘n ondersteuningsgroep vir demensie-versorgers.
Die groep sal gereeld byeenkom om kennis uit te ruil, ervarings te deel en mekaar emosioneel en geestelik te ondersteun. Kontak NG Overkruin
kerkkantoor 012 567 2177 of ds Petrus Moolman (082 452 5826 of [email protected]).
mailto:[email protected]
-
CLE Finansiële Dienste
FSP 12700
Beskerming, versekering, spaar, beplanning ens. Kontak ons vir enige
raad en bystand rakende sakeversekering, pensioenfondse,
voorsorgfondse, lewensversekering, testamente, effektetrusts, aftree
beplanning, beleggings beplanning ens.
Carel Hollenbach
082 901 2441
R $ £ € FSP 589
Skakel ons vir enige inligting en bystand aangaande beleggings
wêreldwyd.
SA Batebestuur
012 567 7657
Rommel verwydering
Rommelverwydering, ligte vervoerwerk, boom-sloping, restourasie en herspan van riempies-
meubels. Vervang ook stoelrekbande (webbing). Alle prentraamwerk.
Dawie Fourie 082 556 4451
Garage verkoping
NG Gemeente Overkruin hou ‘n garage verkoping vanaf 28 Aug—8 Sept. Enige
items wat in of rondom jou huis in ongebruik staan? Kontak ons en ons kom haal dit! Jou rommel is iemand se goud!
Rudi 082 832 5565
Piet 083 227 0025
PKM Transport
Algemene Meubelvervoer en langafstand. Bok-se en verpakkings-materiaal te koop. Stuur ‘n e-pos [email protected]
of skakel.
Anna-Mari 012 803 0470 086 111 1129
SALON LOUISE
Haarstylering, perm, hair extensions en grimering vir alle geleenthede. ‘n Spesiale
pakket vir matriekafskeid-funksies.
Kontak Louise 084 236 1961
Nylstroom Aftreedorp R1,08 m. Voltitel!
2 Slk siersteen teëldak meenthuis, 2 badk, oopplan kombuis, 2 leefareas, braaivertrek, lugreëlaars, dbl m/huis, karavaan m/huis,
dbl afdak, besproeiing, uitstekende veiligheid. Property24 verw – 105367361.
Johann van Niekerk
Eiendomme 012-543 3687/ 082 7881 421
Waarde Van
Woning
Weet u wat die markverwante waarde van u woning is? Ek doen gratis, skrif-
telike evaluasies. Kontak my gerus.
Johann van Niekerk
012-543 3687/ 082 7881 421
Adverteer @ R30 per advertensie. Bring info (30 woorde of minder) na die kerkantoor voor/op Donderdag om
12:00 of skakel 082 829 2062. Epos na [email protected].
mailto:[email protected]