Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe...

75
Intermediêre Fase Onderwysershandleiding Graad 6 Natuur- wetenskappe

Transcript of Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe...

Page 1: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

Inte

rmed

iêre

Fas

e On

derw

yser

shan

dlei

ding

Graad

6

Natuur- wetenskappe

Page 2: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

Natuurwetenskappe Intermediêre Fase

Werkskedule en Onderwysersgids

Die Werkskedule en Onderwysersgids vir die Natuurwetenskappe bied ondersteuning aan onderwysers by die implementering van die NKV. Hierdie is nie 'n beleidsdokument nie, maar 'n hulpbron vir onderwysers. Die Werkskedule en die Onderwysersgids volg dieselfde weekplan vir elke graad. Die Werkskedule

• Hierdie is 'n breë raamwerk wat 'n keuse van inhoud (Leeruitkomste en Kernkennis en -konsepte) vir elke graad 4-6 bied.

• Die Werkskedule stippel van week tot week die inhoud en die assesseringsfokus uit.

• Dit werk vir al drie die Leeruitkomste van NW. • Dit dek al die Kernkennis en -konsepte in die vier stringe van die

Natuurwetenskappe. Die Onderwysersgids

• Die onderwysersgids sit die raamwerk uiteen wat week na week vir elke graad in die Werkskedule gegee word, en lig dit toe.

• Dit bied 'n wye verskeidenheid lesse wat tot verskillende assesseringstake lei wat met die Leeruitkomste vir NW verband hou.

• Dit gee verdere besonderhede van die konsepte wat onderrig, en die metodes wat gebruik moet word.

• Dit gee ook besonderhede van die integrasiemoontlikhede tussen sowel die NW-stringe as die verskillende Leerareas.

Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat:

• Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te vind, en dit wat hulle nuttig vind, in te sluit.

• Onderwysers die program by die tred van hul leerders aanpas. • Onderwysers dít uitkies wat geskik vir hul konteks is, en wat in hul klaskamer

behartig kan word. • Onderwysers vooraf hul assesseringsprogram elke kwartaal na gelang van hul eie

onderrigtred behoort aan te pas. • Onderwysers, waar dit ookal gepas is, inhoud behoort te integreer. • Onderwysers die Beleidsdokument van die Nasionale Kurrikulumverklaring behoort

te raadpleeg as 'n verwysing na die leeruitkomste, assesseringstandaarde en voorgeskrewe inhoudkennis.

BEDANKINGS

Opregte dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedule vir die Intermediêre Fase ontwikkel het. Direktoraat Kurrikulum : AOO

Page 3: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

ONDERWYSERSGIDS : GRAAD 6

NATUURWETENSKAPPE

INHOUD

DEEL EEN: INLIGTING

NASIONALE BELEIDSDOKUMENTE

INLIGTING VIR ONDERWYSERS

ALGEMENE INLIGTING

DEEL TWEE: VOORSTELLE OM DIE WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE IN DIE KLASKAMER TE IMPLEMENTEER

Graad 6 Assesseringsprogram Leeruitkomste en Assesseringstandaarde String 1: Energie en Verandering String 2: Materie en Materiale String 3: Lewe en Lewendes String 4: Planeet Aarde en Verder

DEEL DRIE: BYLAE

Graad 6 - Patroon vir wetenskaplike ondersoek

DEEL VIER: WETENSKAPLIKE GELETTERDHEID

Woordelys

Page 4: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 1 -

DEEL EEN : INLIGTING

NASIONALE BELEIDSDOKUMENTE

Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R-9 - BELEID Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R-9 - Onderwysersgids Nasionale Beleid oor Assessering en Kwalifikasies vir skole in die AOO-band Nasionale Kurrikulumverklaring – AOO - Assesseringsriglyne

INLIGTING VIR ONDERWYSERS: Wetenskaplike Geletterdheid: Onderwysers behoort voor elke week se lesse 'n begrip van

hierdie konsepte te hê. Dit is belangrik om wetenskaplike konsepte en taalgebruik uit te bou. 'Kortliks gedefinieerde konsepte' is die woorde en konsepte wat onderwysers gedurende die les gebruik. Onderwysers moet seker maak dat leerders die betekenis daarvan verstaan. Hierdie woorde moet egter nie in aangeleerde woordeskatwoorde ontaard sonder dat die konsepte verstaan word nie. Leerders moet toegelaat word om die konsepte en betekenisse te hersien.

Voorstelle vir Implementering: Hierdie voorstelle behoort onderwysers te help oor HOE om hul eie aktiwiteite op te stel. Gebruik jou eie ervaring en kreatiwiteit in jou beplanning na gelang van jou eie skool se behoeftes. Bou ook maniere in om leerders met beperkinge te help. Maak voorsiening vir uitgebreide leer en diversiteit – sien beleidsdokumente. Waar van toepsssing, intergreer Geletterdheid en Syfervaardigheid reg deur die jaar terwyl onderrig, leer en assessering plaasvind.

Hulpbronne: Gebruik hulpbronne wat in jou skool/gemeenskap beskikbaar is. Integrasie: Gee aandag aan integrasie, en maak skakels waar hulle natuurlikerwys in die

kurrikulum voorkom. Integrasie is moontlik binne die kennisstringe van Natuurwetenskappe, en oor die verskillende Leerareas heen. Alhoewel die vier kennisstringe afsonderlik per kwartaal in die Intermediêre Fase uiteengesit word, kan jy steeds die stringe waar van toepassing integreer om te verseker dat Natuurwetenskappe nie in kompartemente onderrig word nie. Die skakels tussen die stringe kan in die aktiwiteite geïnkorporeer word.

Assessering: Assesseer 'n leerder se prestasie met gebruikmaking van toepaslike

assesseringsformate gelei deur die assesseringstandaarde. Informele assessering is deel van die moniteringsposes om leerders voor die formele assesseringstake te help. Gebruik verskillende toepaslike vorms van assessering oor die jaar heen versprei. Onthou om formele assesseringstake aan te teken. Voorbeelde van formele assesseringstake word gegee.

ALGEMENE INLIGTING: Onderrig begin met wat die leerders reeds weet. Die kurrikulum vir Natuurwetenskappe bestaan uit 70% voorgeskrewe kurrikulum, soos in

die Werkskedule bepaal, en vir 30% uit uitgebreide en plaaslike inhoud. Veiligheid in die Natuurwetenskappe-klaskamer en -laboratorium is belangrik. Leerders

behoort voortdurend oor moontlike gevare en werksveiligheid gewaarsku te word. Noukeurigheid in Wetenskap behoort beklemtoon te word. Vir elke graad is daar voorbeelde van wetenskaplike ondersoeke. Dit kan as volledige

aktiwiteite vir assesseringsdoeleinde gebruik word. Waar dit gepas is, kan die assesseringsinstrumente aangepas word.

Page 5: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 2 -

DEEL TWEE : VOORSTELLE VIR IMPLEMENTERING VAN DIE WERKSKEDULE

NATUURWETENSKAPPE

INTERMEDIÊRE FASE: GRAAD 6 HERSIENE ASSESSERINGSPROGRAM: Formele assesseringstake Kwartaal 1 Assesseringstaak 1: Week 10 Kwartaal 2 Assesseringstaak 2: Week 20

Assesseringstaak 3: Week 21

Kwartaal 3 Assesseringstaak 4: Week 30 Kwartaal 1 Assesseringstaak 5: Week 31 Assesseringstaak 6: Week 40

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEKE 6.1.1 Beplan ondersoeke: Help om fokusvrae vir ondersoeke op te klaar, en beskrywe die soort

inligting wat nodig sal wees om die vraag te beantwoord.

6.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer eenvoudige toetse of opnames uit en teken waarnemings of response aan.

6.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: toon verband tussen waarnemings en response en die fokusvrae.

LEERUITKOMS 2: OM WETENSKAPSKENNIS TE KONSTRUEER 6.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste die kenmerke beskrywe wat een

kategorie van 'n ander onderskei 6.2.2 Kategoriseer inligting: kategoriseer voorwerpe en organismes na aanleiding van twee veranderlikes 6.2.3 Interpreteer inligting: Kan ten minste inligting interpreteer deur alternatiewe vorms van

dieselfde inligting te gebruik LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, SAMELEWING EN DIE OMGEWING 6.3.1 Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis: Beskrywe ooreenkomste tussen probleme en oplossings in die eie samelewing en ander samelewings in die hede, die verlede en die moontlike toekoms 6.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: doen maniere aan die hand om

tegnologiese prosesse te verbeter ten einde negatiewe uitwerking op die omgewing te minimaliseer.

6.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: stel voor hoedat tegnologiese

produkte en dienste toeganklik gemaak kan word vir diegene wat tans uitgesluit word.

Page 6: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 3 -

NATUURWETENSKAPPE : GRAAD 6

ONDERWYERSGIDS

KWARTAAL 1: ENERGIE EN VERANDERING

WEEK 1 GRONDLYNASSESSERING – Energie en Verandering (Graad 5)

AANTEKENINGE oor HOE

LU 1 – 3

Hersien kortliks die konsepte: • Vorms van energie: party voorbeelde is klankenergie, ligenergie, elektriese

energie, chemiese energie, hitte-energie, meganiese energie en kernenergie • Energiebronne: hernubare energiebronne: bv. windenergie, sonenergie,

golwe;nie-hernubare energiebronne: bv. olie, steenkool, kernenergie • Energie-oordrag: energie beweeg van een plek na 'n ander • Energiestelsels: 'n stelsel waardeur energie beweeg, bv. 'n ekostelsel, flitslig. Stap1 Leerders teken 'n konsepkaart oor energie. Stap 2 Kategoriseer die volgende in twee groepe: gee eie reël vir die kategorisering. Vuurpyl wat wag om gelanseer te word

Klok staan en tik op die tafel

Fiets wat op die pad beweeg

Boek wat van die tafel af val

Ratte wat wag om gebruik te word

Skoppel-maai wat breek terwyl dit beweeg

Leerders kan in die volgende kategoriseer: meganiese energie, opgebergte energie, bewegingsenergie ens. Stap 3 Leerders beskrywe energiebronne onder die volgende opskrifte:

Benoem energiebron Hernubaar of nie-hernubaar Eienskappe van energiebron Voordele van energiebron Nadele van energiebron Bydrae tot aardverwarming

Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek • Skryf 'n toetsbare vraag om te ondersoek of vloeibare huishoudelike

energiebronne (bv. paraffien) besoedeling veroorsaak. (Bv. Watter huishoudelike vloeistof maak die meeste rook?)

• Noem die materiale wat jy nodig sal hê vir die ondersoek. • Maak 'n tekening van hoedat jy die materiale vir die ondersoek sou opstel. • Skryf 'n nota om jou voorspelling te verduidelik. (Wat dink jy gaan gebeur?)

Page 7: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 4 -

Uitgebreide leer: Bespreek 'n gevaarlike huishoudelike energiebron deur te verwys na die skade wat dit kan veroorsaak, en hoedat dit verhoed kan word. Verduidelik en gee voorbeelde van hoedat meganiese stelsels die lewens van gestremde mense kan verbeter (bv. 'n Japanese robot wat beveel kan word om 'n pasiënt op te tel en te dra; 'n rolstoel, ens.). Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Die verskillende vorms van energie noem? • Tussen hernubare en nie-hernubare energiebronne onderskei? • Oordrag van energie deur energiestelsels beskrywe?

METODOLOGIE Bespreking, navorsing en ondersoek HULPBRONNE Naslaanwerke

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – aardverwarming en klimaatverandering Materie en Materiale – eienskappe van materiale

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – natuurlike en mensgemaakte hulpbronne Tegnologie – stelsels en beheer, prosessering en eienskappe van materiale

WEEK 2 ENERGIEBRONNE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Vorms van energie bv. hitte, lig, beweging. • Potensiële energie (opgebergde energie): energie in 'n opgebergde vorm wat

werk kan doen wanneer dit losgelaat word • Kinetiese energie (bewegingsenergie): die energie in bewegende voorwerpe of

deeltjies • Energiebronne: enigiets vanwaar ons 'n bruikbare lewering van energie kan kry,

bv. die son, wind, water, hout, steenkool, chemikalieë, vere, gomlastiekbande, ens.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.2

Stap 1 Die onderwyser demonstreer en verduidelik die konsepte: potensiële (opgebergde) en kinetiese (bewegings-) energie. • Gebruik 'n gomlastiekband of veer om iets te laat beweeg. • Gebruik 'n vuurhoutjie of kers om water te verhit. • Gebruik 'n battery om 'n radio te laat werk. • Gebruik spier-energie om energie in 'n opwenflits, opwenradio of opwenkarretjie

op te berg. Die onderwyser vra leerders om die volgende dinge onder hierdie opskrifte te lys: potensiële (opgebergde) en kinetiese (bewegings-) energie. (uitgerekte gomlastiekband; radiomusiek; 'n kat wat spring; 'n kers; 'n battery; spier-energie; 'n opwenradio; 'n man wat hardloop (spier-energie)). Stap 2 Leerders voltooi die sinne hieronder met gebruikmaking van die woorde kinetiese (beweging) of potensiële (opgebergde) energie. Die uitgerekte gomlastiekband ......... energie; die bewegende voorwerp het ......... energie . Die deeltjies in warm water beweeg vinnig rond, d.w.s. hulle het ........ energie. Die vuurhoutjie en kers berg .......... energie op. Die battery berg ........ energie op, terwyl die klank van die radio beweeg en ...... energie het.

Page 8: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 5 -

Die opwenstokkie het ......... energie, terwyl die opgewende gomlastiekband ....... energie het. Leerders maak nog van hul eie sinne op. Stap 3 Leerders gebruik 'n vergelykingstabel om die kenmerke van die volgende energiebronne te beskrywe: (son, voedsel, vallende water, brandstowwe, wind, bewegende spiere, vasgedrukte vere, elektriese selle, chemikalieë, uitgerekte gomlastiekband, water in 'n dam): onder die volgende opskrifte: (1) die fase (vaste stof, vloeistof of gas), (2) potensiële / kinetiese energie, (3) wat dit kos – goedkoop of duur, (4) hernubaar / nie-hernubaar, (5) impak op die omgewing. Stap 4 Leerders maak 'n plakkaat (prente en notas) wat die verskil tussen hernubare en nie-hernubare energiebronne verduidelik. Gebruik die volgende opskrifte: . Beantwoord die vrae: • Waarom is dit hernubaar / nie-hernubaar? • Waar het die energiebron sy energie vandaan gekry? • Wat is die impak op die omgewing? • Wat is die impak op gesondheid? Sommige plakkate kan uitgesoek word om 'n mini-voorlegging vir die klas te doen. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Tussen potensiële energie en kinetiese energie in die voorbeelde onderskei? • Voorbeelde van potensiële en kinetiese energiebronne gee? • Tussen hernubare en nie-hernubare energiebronne onderskei, en voorbeelde

gee?

METODOLOGIE Navorsing en bespreking HULPBRONNE Naslaanwerke

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – natuurlike bronne van energie (wind, water) Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – die menslike liggaam as 'n stelsel Tegnologie – eienskappe van materiale, stelsels en beheer

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 9: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 6 -

WEEK 3 ENERGIE-OORDRAGTE EN -OMSKAKELINGS I

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Potensiële energiebronne: energiebronne wat energie in 'n battery, sel,

gomlastiekband, chemikalieë, brandstof ens. opberg • Kinetiese energiebronne: energiebronne wat beweeg, bv. elektrisiteit, vallende

water, wind • Energie-oordrag: wanneer energie van een voorwerp of deel van 'n stelsel na 'n

ander beweeg • Energie-omskakeling: wanneer energie van een vorm na 'n ander verander

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.3.2

Stap 1 • Verduidelik die konsepte 'energie-oordrag' en 'energie-omskakeling' deur 'n flits

te gebruik: • Leerders konstrueer 'n eenvoudige stroombaan met 'n battery, draad en

gloeilamp. • Gebruik woorde soos: battery, opgebergde / potensiële energie, chemiese

energie, elektriese drade, gloeilamp, elektriese stroom, bewegings- / kinetiese energie, hitte-energie, ligenergie.

• Behandel eers energie-oordrag vanaf die battery na die drade na die gloeilamp, en dan die omskakeling van opgebergde elektriese energie na bewegende elektriese energie na lig- en hitte-energie.

• Leerders teken en skryf notas om te wys (1) hoedat energie van een deel van die stroombaan na 'n ander oorgedra word, en (2) van een vorm van energie na 'n ander omgeskakel word.

Stap 2:Groepsaktiwiteit of demonstrasieles Die onderwyser voorsien leerders met gomlastiekbande en/of vere en/of balkonne;ook batterye, gloeilampe, luidsprekers (indien beskikbaar);bottels met water gevul en houers om dit in te skink ens. • Leerders bedink hul eie manier om energie vanaf 'n energiebron wat hulle gekry

het, los te laat. Die energie wat losgelaat is, moet na iets anders oorgedra word, wat moet veroorsaak dat deel van die stelsel beweeg (bv. 'n kettie, watermeul, elektriese waaier ens.)

• Leerders moet hul 'uitvindings' demonstreer en beide die oordrag van energie en die omskakeling van energie in hul stelsels beskrywe. Leerders skryf dan oor die oordrag en omskakeling van energie in twee van die 'uitvindsels' wat deur die onderwyser geselekteer is.

Stap 3 Beskrywe energie-oordragte en -omskakelings in 'n meer komplekse energiestelsel

soos 'n motor of 'n selfoon, en vanaf die kragstasie na jou huis. • In 'n motor se stelsel (baie vereenvoudig) kan 'n mens verskillende substelsels

afsonderlik bekyk, bv. die battery werk die ruitveërs, die toeter en die ligte; die brandstof laat die enjin beweeg, en dié draai weer die dryfas en as, wat die wiele ens. laat draai.

• In 'n selfoon laat die battery die lig werk en produseer dit die klank, ens. Leerders teken hul energiestelsel, en dui die energie-oordragte en energie-omskakelings met etikette en kort notas aan.

Uitgebreide leer: Met gebruikmaking van die materiale in die lys hieronder, beskrywe (skryf en teken) en demonstreer leerders 'n eenvoudige stelsel om die volgende te produseer: 1) 'n geluid, 2) 'n klein hoeveelheid hitte, 3) beweging, en 4) lig. Lys: klippe, koppie, batterye, klein gloeilampe, verbindingsdrade, metaallepels (die onderwyser kan hierdie lys aanvul).

Page 10: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 7 -

Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Tussen energie-oordrag en energie-omskakeling onderskei? • Die oordrag en omskakeling van energie in 'n stelsel beskrywe?

METODOLOGIE Navorsing, praktiese demonstrasie, bespreking HULPBRONNE Handboeke, prente

NW stringe

Lewe en Lewendes – voedselkettings en ekostelsels Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – die menslike liggaam as 'n stelsel Tegnologie – eienskappe van materiale, stelsels en beheer

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 4 ENERGIE-OORDRAG EN -OMSKAKELINGS II

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Potensiële energie (opgebergde energie) • Kinetiese energie – (energie van beweging / bewegingsenergie) • Energie-omskakelings:

o Vanaf potensiële energie na kinetiese energie, bv. battery laat motor draai o Vanaf kinetiese energie na potensiële energie, bv. om 'n veer te span, 'n

gomlastiekband uit te rek.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1 – 6.3

Stap 1 Die onderwyser help leerders om die energie-oordrag en energie-omskakelings in verskillende stelsels te beskrywe. Voltooi die tabel hieronder: Energiestelsel Kinetiese energie is aanwesig in Potensiële energie is aanwesig in Energie word vanaf potensiële energie na kinetiese energie Energie word vanaf kinetiese energie na potensiële energie omgeskakel Motor Die elektriese stroom, draaiende wiele, ens. Die battery, brandstof, ens. Battery elektriese stroom, ens. Elektriese stroom battery Stofsuier Ens.

Page 11: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 8 -

Leerders kies enige huishoudelike toestel of enige ander bekende struktuur en stel 'n soortgelyke tabel saam. Stap 2 Die onderwyser beskrywe die konsepte uitsetting (toename in grootte) en inkrimping (afname in grootte) met verwysing na die oordrag van energie en die deeltjie-model van materie. Die onderwyser kan 'n bottel met 'n ballon oor die bek gebruik om te demonstreer. Plaas die bottel in warm water – hitte-energie word van die water na die glas na die lug in die bottel oorgedra. Die lugdeeltjies beweeg vinniger rond (verhoog hul kinetiese energie). Hulle beweeg verder uitmekaar in die bottel (die lug sit uit), wat veroorsaak dat die ballon opblaas. Vir koue water is die omgekeerde waar. Leerders maak aantekeninge en gaan voort met die ondersoek hieronder. Praktiese ondersoek: Om die oordrag en uitwerking van hitte-energie te ondersoek Stap 3 BEPLAN Fokusvraag: Sit vaste stowwe, vloeistowwe en gasse uit, en krimp hulle in, wanneer hulle verhit en verkoel word? Die inligting wat nodig is om die fokusvraag te beantwoord: word in Stap 2 hierbo verduidelik. Leerders bring, of die onderwyser voorsien: 'n muntstuk en gleuf, skyf en ring, bal en ring, gekleurde vloeistof in 'n toe bottel met 'n strooitjie deur die deksel gedruk (verseël die deksel met prestik). Die vloeistof sit uit wanneer dit verhit word. Dit beweeg op in die strooitjie, en af wanneer dit verkoel word. Stap 4 VOER UIT Leerders toets die uitwerking van verhitting en verkoeling van die voorwerpe. Die bal: sal dit deur die ring gaan nadat dit verhit is? Die muntstuk: sal dit deur die gleuf glip nadat dit verhit is? Gekleurde water: wat het met die water in die strooitjie gebeur nadat die water verhit was? Leerders hou 'n rekord van hul waarnemings (teken en beskrywe). Stap 5 EVALUEER Leerders verduidelik hul resultate in terme van energie-oordrag, beweging van deeltjies, inkrimping en uitsetting. Stap 6 Leerders vors na hoedat die uitsetting en inkrimping van materiale in aanmerking geneem word wanneer daar gebou word bv. uitsitkoppelings in treinspore, betonblokke, brûe ens. Doen verslag (skryf en teken) om te beskrywe wat hulle geleer het. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Potensiële en kinetiese energie beskrywe? • Dele van 'n stelsel identifiseer waar energie van kinetiese energie na potensiële

energie omgeskakel word, en omgekeerd? • Uitsetting en inkrimping beskrywe, en die belangrikheid daarvan wanneer dinge

gebou word?

METODOLOGIE Praktiese demonstrasie, bespreking en navorsing HULPBRONNE Naslaanmateriaal, toerusting vir eksperimente

NW stringe Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – stelsels en beheer

Page 12: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 9 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 5 VEILIGHEIDSREËLS IN VERBAND MET ENERGIEBRONNE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Fossielbrandstowwe: brandstowwe wat gevorm word uit die oorblyfsels van

organismes wat baie lank gelede gelewe het • Stroombaan: 'n stelsel van elektriese drade en komponente waardeur 'n stroom

vloei • Onveilige praktyke: skadelike of onveilige dinge wat 'n mens doen.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.3.1 – 6.3.3

Stap 1 Vertel die leerders van die verskillende maniere waarop elektrisiteit opgewek word, bv. deur diagramme te voorsien wat toon hoedat fossielbrandstowwe, kernenergie en verskillende hernubare energiebronne gebruik word om energie te produseer. Gee leerders 'n sirkelkaart wat al die verskillende soorte brandstof toon wat in Suid-Afrika gebruik word. Vra vrae oor die sirkelkaart: • Watter energiebron word die algemeenste gebruik? Waarom dink jy so? • Watter energiebron word die mins algemeen gebruik? Waarom dink jy so? • Bereken (of skat) die totale persentasie van hernubare energiebronne op die

sirkelkaart. • Wat dink jy daarvan? Stap 2 Leerders doen navorsing oor die voor- en nadele van elkeen van die maniere om elektrisiteit op te wek. Die klas word in drie groepe opgedeel: fossielbrandstowwe, kernenergie en hernubare energie. Elke groep moet (1) hul metode om elektrisiteit op te wek as die beste een aanprys, en (2) fout met die ander maniere vind. Punte word toegeken vir duidelike redes wat verdedig kan word. Stap 3 Leerders skryf die voor- en nadele neer vir elkeen van die energiebronne. Stap 4 Leerders leer hoe om 'n driepuntprop te bedraad – teken en etiketteer. Die onderwyser vertel leerders van die funksies van elkeen van die drade en hoe belangrik dit is om hulle in die korrekte orde te bedraad (positief, neutraal en aarddraad) Die onderwyser voorsien leerders van 'n diagram wat aantoon hoedat die stroombaan van die kragprop 'n volle stroombaan met die kragstasie vorm wanneer die skakelaar gesluit word.

Page 13: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 10 -

Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders:

• Beskrywe hoedat elektrisiteit deur 'n hernubare en nie-hernubare bron opgewek word?

• Voor- en nadele van 'n hernubare en nie-hernubare energiebron lys? • 'n Driepuntprop bedraad en die funksie van elkeen van die drade beskrywe?

METODOLOGIE Demonstrasie en navorsing HULPBRONNE Naslaanwerke, toerusting om 'n prop te bedraad

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – elektrisiteit in die natuur; Lewe en die Lewendes – elektrisiteit en die negatiewe uitwerking daarvan op die menslike liggaam Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – omgewingsimpak, opwek van elektrisiteit Lewensoriëntering – veiligheidsmaatreëls Tegnologie – stelsels en beheer

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 6 ELEKTRIESE STROOMBANE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Elektriese stroombane: die baan waarlangs elektrisiteit beweeg om toestelle te

laat werk • Elektriese komponente: die onderdele waaruit 'n elektriese stroombaan bestaan • Gloeilampe: 'n elektriese komponent wat elektriese energie in lig- en hitte-

energie omskakel • Motore: 'n elektriese komponent wat draai wanneer dit in 'n stroombaan

ingeskakel is • Verhittingsdrade: spesiale drade wat warm word wanneer 'n elektriese stroom

daardeur beweeg, bv. soos in ysters, verwarmers, waterverwarmers, ketels • Geleidrade: drade wat elektrisiteit laat deurstroom • Skakelaars: die komponente wat 'n stroombaan hetsy oopmaak (onderbreek) of

toemaak (voltooi) • Battery (elektriese sel).

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1

Stap 1 Beskrywe die kenmerke van die elektriese komponente. Leerders teken aan en beskryf: • Die voorkoms (hoe dit lyk) • Die simbool daarvan in 'n kringdiagram

Page 14: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 11 -

• Waarvan dit gemaak is • Wat dit kan doen • Rede waarom dit gebruik word • Gevare van die komponente (bv. dit word warm, ens.) Stap 2 Stel 'n paar werkplekke met verskillende stroombane op. Kry die leerders om hul eie stroombane met gebruikmaking van al die komponente saam te stel. Teen die einde van die aktiwiteit behoort die leerders al die komponente in aksie te gesien het. Leerders beweeg in groepe rond om elke werkplek te besoek. Hulle teken elke stroombaan en teken hul waarnemings aan oor die verskillende funksies van die komponente. Hulle teken pyltjies in elke stroombaan om die vloei van die elektrisiteit te toon. Stap 3 Elke groep stel 'n konseptoets saam wat deur die onderwyser gekontroleer word. Hulle doen 'n portuurassessering van die toets om te verseker dat leerders die komponente en hul funksies ken. Uitgebreide leer: Leer om die materiale te identifiseer wat gebruik word om komponente te maak, bv. kopermateriaal in drade, en vors die eienskappe van materiale na. Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Verskillende elektriese komponente identifiseer, hul simbole teken en hul funksie

noem? • Eenvoudige stroombaandiagramme met etikette teken. • Die vloei van die elektrisiteit in elke stroombaan korrek toon?

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning HULPBRONNE Naslaanboeke en elektriese materiale

NW stringe Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – elektriese stelsels Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □ Nabootsings □ Konsepkaarte

□ Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 15: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 12 -

WEEK 7 BOU 'N ELEKTRIESE STROOMBAAN

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Elektriese stroombane: die baan waarlangs elektrisiteit beweeg om toestelle te

laat werk • Elektriese komponente: die onderdele waaruit 'n elektriese stroombaan bestaan • Gloeilampe: 'n elektriese komponent wat elektriese energie in lig- en hitte-

energie omskakel • Motore: 'n elektriese komponent wat draai wanneer dit in 'n stroombaan

ingeskakel is • Verhittingsdrade: spesiale drade wat warm word wanneer 'n elektriese stroom

daardeur beweeg, bv. soos in ysters, verwarmers, waterverwarmers, ketels • Geleidrade: drade wat elektrisiteit laat deurstroom • Skakelaars: die komponente wat 'n stroombaan hetsy oopmaak (onderbreek) of

toemaak (voltooi) • Battery (elektriese sel)

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1.1 – 6.1.3 6.2.3

Ondersoek: Bou 'n elektriese stroombaan wat komponente insluit wat hitte-, lig- en klankenergie sal produseer, en sal veroorsaak dat 'n voorwerp beweeg. Stap 1 BEPLAN Klaar 'n fokusvraag op om die komponente in 'n elektriese stroombaan te ondersoek, bv. Wat is die beste manier om die komponente te rangskik sodat hulle optimaal fungeer (op hul beste werk)? Beskrywe die inligting wat nodig was om die fokusvraag te beantwoord.

Stap 2 VOER UIT Kry al die toerusting bymekaar wat jy nodig gaan hê. Voer eenvoudige toetse uit: Bou die stroombane met die komponente in verskillende posisies en teken jou waarnemings aan: wanneer is die ligte die helderste, die gonsers die hardste, ens.? Jou elektriese stroombane behoort verwarmingsdrade, gloeilampe, gonsers (indien beskikbaar) in te sluit. Stap 3 EVALUEER Evalueer data. Lê verband tussen waarnemings en fokusvraag. Kommunikeer bevindings: Teken twee van jou elektriese stroombane (1) soos jy dit sien, en (2) as stroombaandiagramme. Plaas pyltjies wat die vloei van die elektrisiteit rondom elke stroombaan toon. Stap 4 Leerders kan 'n verdere ondersoek doen wat bepaal wat sou gebeur indien meer selle by die stroombaan hierbo gevoeg word. Stap 5 Gee 'n kort beskrywing van 'n elektriese stroombaan. Leerders teken die stroombaandiagram wat op die beskrywing gebaseer is. Wys en beskrywe die energie-oordragte en die energie-omskakelings wat in die stroombaan plaasvind. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • 'n Werkende elektriese stroombaan bou, 'n stroombaandiagram teken, en die

energie-oordragte en -omskakelings in die stroombaan beskrywe? • 'n Stroombaandiagram vanaf 'n beskrywing teken? • Die vloei van die elektrisiteit in elke stroombaan korrek toon?

Page 16: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 13 -

METODOLOGIE Ondersoek, bespreking HULPBRONNE Naslaanwerke, elektriese komponente

NW stringe Materie en Materiale – eienskappe van materiale

INTEGRASIE Leerareas

Sosiale Wetenskappe – natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite Tegnologie – elektriese stelsels

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 8 KLANKENERGIE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Geluide word veroorsaak deur 'n voorwerp wat vibreer • Bronne van klank: klank beweeg weg van bronne (bv. radio, handegeklap,

geskree, ens.). Klank word dowwer soos dit wegbeweeg. • Klank kan deur 'n medium (vaste stof, vloeistof, gas) beweeg. Klank kan nie

deur 'n lugleegte beweeg nie (d.w.s. waar daar geen lug is nie). • Vibrasies: vinnige bewegings deur 'n voorwerp gemaak (voel bv. die vibrasies

wat van 'n luidspreker kom) • Toonhoogte: hoë of lae klanke. Note het 'n hoë toonhoogte (hoë klank) of 'n lae

toonhoogte (lae klank). • Klanksterkte: hoe hard of sag 'n geluid is.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1

LU 6.3.1 – 6.3.3

Ondersoek: Hoe word geluide gemaak? Stap 1 BEPLAN Leerders doen verskillende maniere aan die hand waarop geluide gemaak kan word met gebruikmaking van 'n verskeidenheid materiale. Stap 2 VOER UIT Voer aanwysings uit om geluide op verskillende maniere te maak. • Hou die een punt van 'n lineaal plat op 'n tafelblad sodat 'n stuk daarvan oor die

rand van die tafel uitsteek. Raps die stuk wat uitsteek met jou vinger en luister na die geluid.

• Tokkel 'n styfgespande rekkie. • Hou jou vingers teen jou strottehoof terwyl jy neurie. • Trek die bek van 'n ballon styf terwyl dit lug uitblaas. • Slaan op 'n koffiekan-trom. Ens.

Page 17: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 14 -

Leerders beantwoord vrae: Hoe was die geluid gemaak? Wat het jy gesien? Wat het jy gehoor? Wat is die bron van die vibrering? Stap 3 EVALUEER Leerders vertel wat hulle geleer het en hoedat die geluide gemaak is. Die onderwyser verduidelik dat geluide gemaak word wanneer dinge vibreer. Die vibrasie van die voorwerp veroorsaak dat lugmolekules beweeg, en dit maak 'n golfbeweging in die lug. Wanneer hierdie golwe ons ore bereik, hoor ons hulle as 'n geluid. Die lugmolekules beweeg nie self deur die kamer nie, hulle vibreer net heen en weer, en stuur die vibrasie aan na die volgende deeltjie, en so aan. LET WEL: Die ondersoek hieronder sal golfeffek toon. Stap 4 Verdere ondersoeke Kan klank deur vaste stowwe, vloeistowwe of gasse beweeg? (Klank

het 'n medium nodig om deur te beweeg.) Die onderwyser verduidelik dat klank 'n medium (vaste stof, vloeistof of gas) nodig het om deur te beweeg. Leerders doen die volgende aktiwiteite: a) Klank beweeg deur vloeistowwe Skink 'n bietjie water in 'n langwerpige plastiekhouer sodat dit omtrent 'n kwart vol is. Tik teen die kant van die houer met 'n metaallepel. Hou aan om reëlmatig te tik. Neem die oppervlak van die water waar en beskrywe wat jy gesien het. b) Klank beweeg deur vaste stowwe Druk jou een oor toe en hou jou ander oor teen die een kant van die tafel, terwyl iemand teen die ander kant van die tafel tik. Kan jy die geluid hoor? c) Klank beweeg deur gasse (lug) Beskrywe hoedat die geluid van die vibrerende voorwerpe jou oor bereik het. Die onderwyser voorsien leerders van 'n tekening van die oor en laat leerders pyltjies teken om aan te toon hoedat die geluid vanaf die vibrerende voorwerp na die oor beweeg totdat die geluid gehoor word. Beantwoord hierdie vrae oor elke aktiwiteit hierbo • Wat het jy gehoor? • Wat is die bron van die vibrasie? • Watter tipe medium of materiaal is dit waardeur die golf beweeg? • In watter rigting beweeg die klank? Wat is die verband tussen toonhoogte (hoog of laag) en die snelheid

van die vibrasie? Leerders hou die vingers teen die keel terwyl hulle geluide met 'n hoë en lae toonhoogte maak. Verduidelik wat hoë en lae toonhoogte is. Leerders voer dan die volgende ondersoeke uit. Laat verskillende lengtes van 'n lineaal op die rand van 'n tafel vibreer. Laat rekkies wat styf en slap gespan is, vibreer.

Page 18: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 15 -

Teken jou bevindings in ’n tabel aan: Voorwerp Vibreer dit vinnig en

stadig? Hoë of lae toonhoogte?

Lang lineaal Kort lineaal Stywe rekkie Slap rekkie

Leerders lees die data in die tabel en skryf dan neer wat hulle geleer het. Onderwysers maak seker dat leerders begryp dat die snelheid waarteen iets vibreer, die toonhoogte daarvan bepaal, d.w.s. hoe vinniger 'n voorwerp vibreer, hoe hoër die toomhoogte, en hoe stadiger die vibrasie, hoe laer die toonhoogte. Hulle sal dit baie duidelik voel wanneer hulle die vingers teen die keel hou terwyl hulle geluide met hoë en lae toonhoogte maak. . Hoe kan jy die toonhoogte van 'n geluid verander?

Sny koeldrankstrooitjies van plastiek in verskillende lengtes. Druk die een kant van elke strooitjie plat, en sny dan die hoeke af om 'n punt te vorm. Blaas op elke strooitjie en let op hoedat die toonhoogte verander. Maak dromme van konfytblikkies met ballon-gomlastiek oor die oop kante getrek – die styfheid van die gomlastiek moet verskil. Hoe verander die toonhoogte soos die gomlastiek stywer word? Tik met 'n metaallepel teen bottels van verskillende groottes. Hoe verander die toonhoogte soos die bottels groter word? Laat glase of bottels wat verskillende hoeveelhede water bevat, vibreer deur oor die rand te vryf. Leerders verduidelik wat hulle geleer het, en lê 'n verband tussen dit en wat 'n mens in musiekinstrumente sal bevind. Hulle sou 'n verslag kon skryf oor die toonhoogte in musiekinstrumente soos tromme, orrels, panfluite, kitare. Onderwyser se nota: Hoe korter die pyp in 'n musiekinstrument, hoe hoër die toonhoogte. (strooitjies) Hoe groter die klankkas (vol lug) hoe laer die toonhoogte. (soos in groot tromme) Hoe stywer die vel op die trom, hoe hoër die toonhoogte. Op 'n snaarinstrument, hoe korter of stywer die snaar, hoe hoër die toonhoogte. Hoe word harde en sagte geluide (geluidsterkte) gemaak?

Leerders klap hul hande sag en dan hard. Leerders maak 'n geluid met hul stemme, en blaas dan deur 'n kartonbuis (van 'n toiletrol of kombuisrol). Wat gebeur met die geluid? Kan die leerders aan die hand doen waarom? Die onderwyser verduidelik dat die geluidsterkte afhang van die hoeveelheid energie in die geluid. As daar baie energie in die vibrasie is, maak dit 'n groot klankgolf, wat 'n harde geluid afgee (bv. harde handegeklap). As 'n voorwerp in 'n holte vibreer, soos in 'n kitaar of 'n klok, word die geluid versterk (gekonsentreer en harder gemaak) en kan dit langer duur. Die sterkte van 'n geluid word in desibel (dB) gemeet. Die eenheid is na Alexander Graham Bell vernoem, wat die telefoon uitgevind het.

Page 19: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 16 -

Die onderwyser maak seker dat leerders die uitwerking van baie harde geluide verstaan, en weet hoe om na hul ore om te sien. Hierdie sou 'n 'lees vir begrip' -taak kon wees. Uitgebreide leer: Leerders maak hul eie eenvoudige musiekinstrumente en demonstreer hoedat hulle die toonhoogte van hul instrument kan verander. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis: Kan die leerders: • Beskrywe hoedat geluide gemaak word? • Die verskil tussen toonhoogte en geluidsterkte verduidelik? • Tussen 'n hoë en lae toonhoogte onderskei en die verskil verduidelik? • Beskrywe hoedat geluide vanaf die bron na jou oor beweeg?

METODOLOGIE Praktiese ondersoeke met ondersteuning, bespreking HULPBRONNE Handboeke, naslaanwerke, toerusting vir ondersoek

NW stringe Materie en Materiale – eienskappe van materiale

INTEGRASIE Leerareas

Tegnologie – om klank voort te bring Kuns en Kultuur – musiekinstrumente

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 9 VOORSTELLE VIR KONSOLIDERING

WETENSKAP-

LIKE GELETTERD-

HEID

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1.1 – 6.1.3

• Bronne van energie: Maak plakkate met opskrifte, etikette en aantekeninge om bv. hernubare en nie-hernubare energiebronne, en potensiële en kinetiese energiebronne te toon.

• Vorms van energie: maak plakkate met opskrifte, etikette en aantekeninge, om verskillende vorms van potensiële en kinetiese energie te toon.

• Energieveranderings: versamel masjiene en voorwerpe wat energieveranderings veroorsaak. Beskrywe die energie-oordragte en -veranderings wat in elke masjien plaasvind.

• Energieveiligheid: doen 'n opname tuis om vas te stel waar energie veilig en onveilig in jou huis gebruik word. Skryf 'n verslag en doen maniere aan die hand om die veiligheid tuis te verbeter.

• Om energie te bespaar en die omgewing te bewaar: lys voor- en nadele van 'n hernubare en nie-hernubare energiebron.

Page 20: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 17 -

• Elektriese stroombane: Vind uit hoedat elektrisiteit vanaf die kragstasie tot by jou

huis kom, en van daar af terug na die kragstasie. Teken en skryf om te verduidelik.

• Leerders teken enige musiekinstrument en etiketteer die vernaamste dele. Verduidelik hoedat geluide deur die instrument gemaak word en hoedat die toonhoogte en geluidsterkte verander kan word.

METODOLOGIE Ondersoek en navorsing HULPBRONNE Naslaanmateriaal

NW stringe Materie en Materiale – eienskappe van materie en materiale

INTEGRASIE Leerareas Sosiale Wetenskappe – gelyke toegang tot hulpbronne en dienste

Tegnologie – eienskappe van materiale en stelsels Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 10 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1

FORMELE ASSESSERINGSTAAK

LU 2 AS 1 Teken 'n konsepkaart oor energie. LU 2 AS 2 Kategoriseer die volgende in twee groepe met gebruikmaking van 2 veranderlikes (bv. vorm / bron of kineties / potensiaal) Sonenergie Hitte Hout Elektries Klank Lig Vallende water

Saamge-perste veer

Gerekte gomlastiek-band

LU 2 AS 3 Trek 'n stroomdiagram van 'n elektriese stroombaan wat minstens 3 komponente bevat. LU 2 AS 1 Gebruik wetenskaplike taal om die energie-oordragte en energie- omskakelings in 'n elektriese toestel, bv 'n haardroër, te verduidelik.

Page 21: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 18 -

LU 2 AS 2 Beskrywe die eienskappe van enige twee elektriese komponente:

• hoe dit lyk (teken); • die simbool daarvoor • waarvan dit gemaak is • wat dit kan doen • rede waarom dit gebruik word

LU 2 AS 1 Noem die materiale wat jy sal benodig om 'n elektriese stroombaan vir 'n waaier te bou wat met 'n battery werk. LU 2 AS 2 Wys (teken) hoedat jy dit aanmekaar sal sit. LU 1 AS 3 Doen maniere aan die hand om jou stroombaan sterker te maak. LU 1 – 2 Beskrywe die verhouding tussen die toonhoogte van 'n geluid en die snelheid waarteen die voorwerp vibreer. LU 1 – 2 Beskrywe hoedat jy die toonhoogte en geluidsterkte van 'n instrument van jou keuse kan verander. Die onderwyser kan na die Formate vir Ondersoeke en Assessering vir Graad 6 in Bylae C verwys

Page 22: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 19 -

KWARTAAL 2: MATERIE EN MATERIALE

WEEK 11 GRONDLYNASSESSERING – MATERIE EN MATERIALE (GRAAD 5)

AANTEKENINGE oor HOE

LU 1-3

Doen grondlynassessering van Graad 5 Materie en Materiale om uit te vind watter vorige kennis verwerf is. Vra vrae oor: • Materie: enigiets wat massa het en beslaan ruimte beslaan • Materiale: vaste stowwe bv. metale, erdeware en polimere wat nuttig vir ons is. • Fases van materie • Klasse materiale • Stowwe: kan in die natuur bestaan of gemaak word • Oplosmiddels: oplossings en oplosbaarheid • Kook- en smeltpunte.

WEEK 12 + 13 EIENSKAPPE VAN MATERIALE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Materiale • Materiale: enigiets wat van soliede materie gemaak is • Metale: yster, chroom, aluminium, koper, ens. • Erdeware: kleipotte, porselein, teëls, glas • Polimere: plastiekstowwe en vesels (mensgemaakte plastiekvesels en natuurlike

vesels soos wol en katoen) Verbindings • Verbindings stof wat deur 'n kombinasie van atome (elemente) gevorm word.

(Water is bv. 'n verbinding wat deur suurstof en waterstof gevorm word (H2O)) • Suurstof: O2. die gas wat ons inasem om te oorleef • Roes: 'n verbinding wat deur die reaksie van yster (waar dit ookal is) en suurstof

uit die lug gevorm word. Eienskappe van materiale • Isolering: die vermoë om te verhoed dat energie ontsnap of binnekom • Soepelheid: Die vermoë om te buig of te rek en na die oorspronklike toestand

terug te keer • Hardheid: die vermoë om kragte te weerstaan • Magnetisme: die vermoë om deur magnetiese kragte aangetrek te word • Elektriese geleiding: die vermoë om elektriese energie te laat vloei • Hittegeleiding: die vermoë om hitte-energie daardeur te laat vloei • Oplosbaarheid: die vermoë van vaste stowwe om in 'n vloeistof opgelos te word.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.2

Stap 1 Die onderwyser verskaf 'n paar materiale, wat insluit: metale, polimere en erdeware. Stap 2 Leerders beskrywe die kenmerke van die geselekteerde materiale. Stap 3 Leerders kan die materiale na gelang van hul kenmerke groepeer. Stap 4 Organiese werkstasies Ondersoek die eienskappe van die verskillende materiale

Kan metale, erdeware en polimere roes wanneer dit in water geplaas word?

Roes alle metale?

Page 23: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 20 -

LU 6.1.1 – 6.1.3

Respondeer metale, erdeware en polimere op magnete? Gelei metale, erdeware en polimere elektrisiteit of nie? Gelei metale, erdeware en polimere hitte of nie? Los metale, erdeware en polimere in water of ander oplosmiddels

(soos asyn) op? Stasie 1: Roes Leerders kan 'n steekproef van elkeen van die materiale (verskillende metale (NB: sluit 'n spyker in), polimere en erdeware in) in 'n bottel plaas met 'n bietjie water en 'n teelepel sout. Sit dit in die son om te toets of die metaal roes. Laat dit vir 'n periode van tien dae staan, met 'n deksel op die bottel. Hulle skryf hul waarnemings neer. Stasie 2: Soepelheid Buig en rek verskillende materiale en toets om te sien of / hoe hulle na die oorspronklike toestand terugkeer. Stasie 3: Hardheid Kap materiale (gebruik klippe) om hul vermoë te toets om kragte te weerstaan. Stasie 4: Magnetisme Gebruik 'n magneet om die materiaal se vermoë te toets om deur magnetiese kragte aangetrek te word. Stasie 5: Elektriese geleiers Konnekteer materiale in elektriese stroombane om die materiale se vermoë te toets om elektrisiteit te laat vloei. Stasie 6: Hitte-isolering Gebruik materiale om hul vermoë te toets om hitte-energie in of uit te laat. Maak bokshuise met verskillende materiale vir die dakke (bv. aluminiumfoelie, karton, hout, plastiek, teëls, ens.). Verseël die bokse en steek termometers deur 'n klein gaatjie aan die kant en plaas dit in die son vir twee uur. Vra leerders om die temperatuur in die bokse op dieselfde tydstip na presies twee uur te meet. Vra leerders om 'n aantekening van hul lesings te maak. Stasie 7: Hittegeleiding Leerders plaas teelepels wat van verskillende materiale gemaak is in 'n houer met kookwater. (Gebruik plastiekteelepels, klein houtteelepels, en ook metaalteelepels met plastiek- of houthandvatsels). Na 5 minute voel leerders die handvatsels van die teelepels om te toets hoedat hulle hitte gelei het. Stap 5 Leerders teken en skryf om hul waarnemings te boekstaaf, en sluit enige temperatuurmetings in. Hulle wys en vertel vir die res van die klas van hul ondersoek. Stap 6 Vra leerders om die materiale te kategoriseer na aanleiding van die eienskappe hierbo. Hulle moet 'n kaart maak om aan te toon dat hulle die materiale gekategoriseer het. Stap7 Verduidelik die volgende: materiale soos polimere kan in twee hoofkategorieë verdeel word. • Natuurlike polimere: Plante maak stysel tydens fotosintese. Stysel is 'n polimeer.

Plante en diere maak ook vesels soos katoen, grasvesels (om mandjies te maak), linne, wol en hare.

• Sintetiese polimere: plastiekstowwe (mensgemaakte vesels) soos nylon, politeen en poliëster. Plastiekstowwe word van steenkool en olie gemaak.

Page 24: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 21 -

Stap 8 Bring voorbeelde van baie soorte plastiekstowwe en vesels. Vra leerders om die materiale in twee hoofkategorieë te kategoriseer – sintetiese en natuurlike polimere. Stap 9 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Verskillende materiale met gebruikmaking van toepaslike woordeskat beskrywe

(met verwysing na hul eienskappe)? • Aktiwiteite opstel om die eienskappe van die materiale te ondersoek en gepaste

en akkurate waarnemings te maak en mate te neem? • Akkuraat teken en skryf om hul waarnemings te boekstaaf? • Materiale korrek na aanleiding van hul eienskappe te sorteer? • Die verskil tussen mensgemaakte en natuurlike polimere korrek aan te dui?

METODOLOGIE Klasbespreking, praktiese werk, kategoriseer

HULPBRONNE Materiale (plastiek, metaal, erdewerk), bokse, termometers, werkblaaie, houers, water ens.

NW stringe Planeet Aarde en Verder – natuurlike en sintetiese materiale

INTEGRASIE Leerareas Tegnologie – eienskappe van materiale

EBW – prosessering van grondstowwe Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 14 FASES VAN MATERIE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Stowwe: kan in die natuur bestaan of gemaak word • Fases van materie: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse • Vaste stof: materie met 'n vaste vorm • Vloeistof: materie sonder 'n vaste vorm • Gas: materie met geen struktuur nie • Geabsorbeerde energie: wanneer energie verkry / geabsorbeer word of

bygevoeg word • Vrygestelde energie: wanneer energie verloor of vrygelaat word • Verdamping: wanneer water van 'n vloeistof in 'n gas verander.

Page 25: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 22 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.3.1

Stap 1 Leerders bring (of identifiseer) 'n verskeidenheid materiale na die klas. (vaste stowwe; vloeistowwe; gasse) Vaste stowwe - suikerkorrels, ysblokkie Vloeistowwe - water, koeldrank. bloed olie, melk Gasse - opgeblaaste ballon, opgepompte fietsbinneband, bottels met lug. Stap 2 Verduidelik dat alle vaste stowwe, vloeistowwe en gasse uit deeltjies bestaan wat so klein is dat hulle nie gesien kan word nie. Die deeltjies kan energie bykry of verloor wanneer hulle verhit of afgekoel word. In vaste stowwe is die deeltjies: • dig saamgepak sodat hulle aan mekaar raak • hulle word deur sterk kragte bymekaar gehou • hulle beweeg (vibreer) effens In vloeistowwe is die deeltjies: • nie teen mekaar nie • word hulle deur swakker kragte bymekaar gehou • beweeg hulle rond In gasse het die deeltjies: • baie groot spasies tussen hulle • word hulle deur baie swak kragte bymekaar gehou • beweeg hulle met 'n groot hoeveelheid energie rond Stap 3 Verduidelik hoe faseverandering plaasvind, deur die deeltjiemodel van materie soos volg te gebruik: • Wanneer 'n vaste stof verhit word, smelt dit. Dit is omdat die deeltjies die energie

absorbeer en begin om vinniger te beweeg, die spasies tussen hulle groter word, en die kragte tussen hulle swakker word. Op dié manier word 'n vaste stof 'n vloeistof.

• Wanneer 'n vloeistof verhit word, absorbeer die deeltjies selfs nog meer energie, en word hulle baie energiek. Hulle het swak kragte wat hulle bymekaar hou. Hulle het enorme spasies tussen hulle. Op dié manier word 'n vloeistof 'n gas.

Stap 4 Vra leerders om te teken en skryf om die eienskappe van 'n vaste stof, 'n vloeistof en 'n gas te beskrywe, met gebruikmaking van die deeltjiemodel van materie. Leerders skryf kort paragrawe met alledaagse voorbeelde om die betekenis van die volgende konsepte te verduidelik: • om te smelt • om te vries (solied te word) • om te kook (te verdamp) • om te kondenseer Stap 5 Die onderwyser verduidelik dat nywerhede die fases van materie gebruik om vorm aan verskillende produkte te gee. Vaste stowwe soos metale (goud), polimere (plastiekstowwe), en erdeware (glas) word gebruik om nuttige produkte te produseer.

Page 26: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 23 -

Stap 6 Vra leerders om inligting oor nywerheidsprosesse na te vors. Hulle maak 'n plakkaat (met prente, tekeninge, etikette, notas en opskrif) om die prosesse te beskrywe waarin nywerhede die fases van materie gebruik om artikels in bruikbare produkte te vorm. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse in terme van die deeltjiemodel van materie

beskrywe, en korrekte begrip daarvan laat blyk? • Paragrawe skryf wat wys dat hulle vries-, smelt-, kook- (verdamp-) en

kondenseerprosesse begryp, en in staat is om alledaagse voorbeelde te gee? • Akkurate inligting te kry oor hoedat die nywerheid drie fases van materie in hul

vervaardigingsprosesse gebruik?

METODOLOGIE Bespreking, verduideliking, navorsing HULPBRONNE Verskillende soorte materiale, naslaanboeke

NW stringe Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie en EBW – eienskappe en prosessering van materiale Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 15 PERMANENTE OF TYDELIKE FASEVERANDERINGS

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Vaste stof: deeltjies baie na aan mekaar in 'n vaste vorm • Vloeistof: deeltjies is geneig om oor mekaar te rol en dit het nie 'n vaste vorm nie • Gas: deeltjies baie ver uit mekaar, en het geen vorm nie • Om te smelt: verandering in toestand van 'n vaste stof na 'n vloeistof, deur hitte-

energie veroorsaak • Energie geabsorbeer: wanneer energie verkry word of bygevoeg is • Energie losgelaat: wanneer energie verloor word • Permanente verandering: kan nie na die oorspronklike vorm terug verander nie • Tydelike verandering: verandering is nie permanent nie – kan weer omgekeer

word • Faseverandering: om van een toestand na 'n ander te verander (vaste stowwe,

vloeistowwe, gasse)

Page 27: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 24 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1.1 – 6.1.3

Wetenskaplike ondersoek - Faseverandering in materie Scenario Daar gaan 'n markdag by jou skool wees. Jy moet verskillende strokieskarakters uit sjokolade, jellie of bevrore vrugtesap maak, met gebruikmaking van poedingvormpies. Jou vriend moet eiers kook. Party moet vetkoek, of pannekoek maak. Alles kan op 'n interessante manier uitgestal word. Stap 1 BEPLAN Leerders beskrywe die inligting wat nodig was om die fokusvraag te beantwoord. Leerders vra vrae oor sjokolade, jellie en roomys (bevrore sap) en eiers, pannekoek en vetkoek ens., soos: Kan sjokolade meer as eenmaal verander word om in verskillende vorms gegiet te word? Kan eiers meer as eenmaal verander word om in verskillende vorms gegiet te word? Word eiers solied wanneer ons hulle vries? ens. Stap 2 Klaar 'n fokusvraag op om te ondersoek watter vorms van materie permanent of tydelik verander. Stap 3 Verduidelik dat sommige veranderings in materie permanent is terwyl ander veranderings in materie tydelik is, na gelang van die eienskappe. In sjokolade, jellie en roomysstokkies is die veranderings tydelik. In eiers, vetkoek en pannekoek sal die veranderings permanent wees. Stap 4 VOER UIT Die onderwyser moet seker maak dat die nodige toerusting beskikbaar is. Stap 5 Leerders versamel al die toerusting om die eienskappe van sjokolade en eiers te ondersoek. Stap 6 Vra leerders om eenvoudige toetse op permanente en tydelike veranderings uit te voer. • Leerders smelt sjokolade en koel dit af. Herhaal die proses 'n paar maal om

vas te stel of die verandering permanent of tydelik is. • Leerders kook 'n eier en koel dit af. Herhaal die proses 'n paar maal om vas te

stel of die verandering permanent of tydelik is. Ens. Stap 7 Leerders teken hul waarnemings aan deur kort aantekeninge te skryf. Stap 8 EVALUEER • Leerders deel hulle ervarings met die res van die klas. • Leerders maak 'n tabel waarin die stowwe wat permanente veranderings

ondergaan en dié wat tydelike veranderings ondergaan, gelys word. • Hulle skryf om die verskil tussen 'n permanente verandering en 'n tydelike

verandering te verduidelik.

Page 28: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 25 -

Stap 9 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Gepaste vrae formuleer om bepaalde voedsels te ondersoek? • Verskillende voedsels met gebruikmaking van toepaslike woordeskat beskrywe

(met verwysing na hul eienskappe)? • Aktiwiteite opstel om vas te stel of verskillende voedsels 'n permanente of

tydelike verandering ondergaan nadat dit verhit of afgekoel is. • Gepaste en akkurate waarnemings maak? • Akkuraat teken en skryf om hul waarnemings te boekstaaf? • Voedsels na aanleiding van die veranderings wat hulle ondergaan, korrek

sorteer (resultate tabuleer)? • Die verskil tussen 'n permanente verandering en 'n tydelike verandering korrek

aandui?

METODOLOGIE Doen eksperimente; besprekings; ondersoeke HULPBRONNE Toerusting wat vir verskillende eksperimente benodig word; werkblad

NW stringe Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse INTEGRASIE

Leerareas EBW en Tegnologie – prosesse en produkte Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 16 KRISTALLISERING: HOE KRY ONS SOUT UIT 'N SOUTWATEROPLOSSING TERUG?

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte • Kondensasie: 'n proses waardeur waterdamp ('n gas) afgekoel word en in 'n

vloeistof verander • Verdamping: 'n proses waardeur water ('n vloeistof) verhit word en in waterdamp

('n gas) verander • Skeiding: 'n proses waardeur vaste stowwe geskei word • Solidifisering: wanneer 'n stof, soos water, solied word • Kristallisering: 'n proses om kristalle te vorm deur 'n oplossing te verhit sodat die

oplosmiddel verdamp • Distillering: 'n proses waar 'n vloeistof verhit word om wasem te produseer. Die

wasem word dan gekondenseer deur dit af te koel sodat dit 'n suiwer vloeistof vorm.

Page 29: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 26 -

AANTEKENINGE

oor HOE

LU 6.1.1 – 6.1.3

Wetenskaplike ondersoek: Kristallisering Stap 1 Die onderwyser verduidelik watter stowwe deur sekere prosesse gekristalliseer kan word. Scenario: Ons is op 'n eiland gestrand. Ons wil sout vir verskillende doeleindes hê. Met die nodige begrip van die bogenoemde konsepte, ondersoek 'n metode om die probleem op te los deur sout uit seewater te maak. Stap 2 BEPLAN Leerders klaar 'n fokusvraag op om 'n ondersoek na kristallisering te begin. Bv. Hoe kry ons sout uit 'n soutwateroplossing terug? Stap 3 Op grond van die onderwyser se verduideliking, moet leerders die inligting beskrywe wat nodig was om die fokusvraag te beantwoord. Stap 4 VOER UIT Vra leerders om idees te opper van moontlike maniere waarop die ondersoek uitgevoer sou kon word. Hulle moet probeer om die oplossing oor te skink, te filtreer en te kook (of dit in die son te laat) om die water te verdamp en die sout te kristalliseer. Stap 5 Vra leerders om al die toerusting te versamel wat nodig is om te ondersoek hoe om die sout te kristalliseer. Stap 6 • Leerders probeer om die oplossing af te skink, te filtreer, en te kook. • Leerders kan die oplossing op 'n plek laat waar dit aan direkte hitte van die son

blootgestel is (om die proses te bespoedig), met baie wind, en weg van die moontlikheid van gedurige beweging.

Stap 7 Vra leerders om hul waarnemings oor 'n periode van minstens twee weke te boekstaaf deur tekeninge en kort notas te maak. Stap 8 EVALUEER Leerders beantwoord vrae: 1. Kan die sout deur afskinking van die water geskei word? Waarom, of waarom

nie? 2. Kan die sout deur filtrering van die water geskei word? Waarom, of waarom nie? 3. Kan die sout deur die oplossing te kook van die water geskei word? Waarom, of

waarom nie? 4. Kan die sout van die water geskei word deur dit in die son te laat staan?

Waarom, of waarom nie? 5. Wat het gedurende die kristalliseringsproses van die water geword? 6. Lyk die sout wat herwin is deur die oplossing te kook, anders as dié wat herwin

is deur die oplossing in die son te laat? 7. Beskrywe 'n paar eienskappe van kristalle.

Page 30: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 27 -

Stap 9 Leerders vors na hoedat sout kommersieel in soutpanne van seewater geskei word. Hulle lê hul inligting vir die klas voor. Stap 10 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Gepaste vrae formuleer vir 'n ondersoek van hoe om sout van 'n soutoplossing

te skei? • Aktiwiteite opstel om verskillende maniere te ondersoek waarop sout van 'n

oplossing herwin kan word? • Gepaste en akkurate waarnemings maak? • Akkuraat teken en skryf om hul waarnemings te boekstaaf? • Die vrae korrek beantwoord? • Die eienskappe van die soutkristalle beskrywe? • Navorsing doen en korrekte inligting kry oor hoedat sout uit die see herwin

word? • Korrek vertel hoedat sout kommersieel herwin word?

METODOLOGIE Eksperimentering HULPBRONNE Toerusting vir eksperimente benodig

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – natuurlike hulpbronne, (water-) besoedeling, watersuiwering INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing, stelsels vir watersuiwering

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte √

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 17 - 18 KOOKPUNTE VAN VERSKILLENDE VLOEISTOWWE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Kookpunt: die temperatuur waar ’n vloeistof in ’n gas verander • Smeltpunt: die temperatuur waar ’n vaste stof in ’n vloeistof verander • Termometer: 'n instrument om die hoeveelheid hitte-energie te meet • Graad (ºC): die eenheid waarmee hitte-energie gemeet word

AANTEKENINGE oor HOE

Ondersoek na Smeltpunte Stap 1 BEPLAN Leerders help om 'n fokusvraag op te klaar om 'n ondersoek te begin na die kookpunte van verskillende vloeistowwe (bv. Coke, lemoensap, Energade, suikerwater, soutwater ens.). Hulle moet die kookpunte van minstens twee verskillende vloeistowwe en water vergelyk.

Page 31: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 28 -

LU 6.1.1 – 6.1.3

LU 6.2.1

LU 6.2

LU 6.3

Voorbeelde van vrae: Hoe lank neem dit vir die vloeistowwe om kookpunt te bereik? (meet

tyd) Het verskillende vloeistowwe verskillende kookpunte? (meet

temperatuur elke vyf minute vir elke vloeistof en vergelyk) Kook die verskillende vloeistowwe by 'n hoër of laer temperatuur as

water? (meet temperatuur elke vyf minute vir elke vloeistof en water, en vergelyk hulle)

Verduidelik aan leerders hoe om die termometers vir akkuraatheid op oogvlak te lees. Leerders beskrywe die inligting wat nodig was om die fokusvraag te beantwoord. Stap 2 VOER UIT • Leerders verhit die vloeistowwe terwyl die temperatuur elke vyf minute gemeet

en waarnemings gemaak word tot by kookpunt. (Die temperatuur styg nie verder ná kookpunt nie – neem nog twee of drie metings om dit te bevestig.)

• Teken waarnemings aan deur aantekeninge te maak en die temperatuur met tussenposes van vyf minute te meet.

Stap 3 EVALUEER • Leerders trek lyngrafieke van hul resultate.(Teken die tyd met tussenposes van 5

minute op die horisontale X-as aan. Teken die temperatuur in °C op die vertikale Y-as aan.)

• Lê verband tussen waarnemings en fokusvrae: het die resultate (waarnemings en temperatuurlesings) antwoorde op die fokusvrae gebied? Bespreek wat uit die ondersoek geleer is.

Ondersoek na smeltpunte Stap 4 BEPLAN Ontwerp 'n ondersoek om uit te vind wat gebeur wanneer twee verskillende vaste stowwe smelt (bv. ys, bevrore sap, bevrore Coke, roomys, botter of margarien, smeltende sjokolade, ens.). Stap 5 VOER UIT • Maak waarnemings en meet die temperatuur met gereelde tussenposes (sit bv.

die margarien in die son en meet die temperatuur elke vyf minute, en doen dieselfde met 'n ander vaste stof, en vergelyk.

• Trek lyngrafieke. (Teken die tyd met tussenposes van 5 minute op die horisontale X-as aan. Teken die temperatuur in °C op die vertikale Y-as aan.)

Stap 6 EVALUEER Skryf 'n verslag wat die volgende bevat:

Fokusvraag Metode Resultate (waarnemings en metings) Grafieke Wat het jy oor die smeltpunte van verskillende stowwe geleer?

Stap 7 Vrae • Wat gebeur met die temperatuur van 'n vloeistof wanneer dit kookpunt bereik? • Wat gebeur met die temperatuur van 'n vaste stof wanneer dit smeltpunt bereik? • Kan ons sê wanneer die kookpunt en smeltpunt bereik is deur slegs

waarnemings te maak? Waarom, of waarom nie?

Page 32: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 29 -

Stap 8 Doen navorsing om inligting te kry oor die kook- en smeltpunte van verskillende stowwe (bv sout, suiker, koper, goud, lood, droë ys (stikstof), water, kwik, ens.). Stap 9 Vind uit, rapporteer, en bied inligting oor hoedat verkoeling mense help. (Bv. Wat is van die probleme (gesondheid, koste van voedsel, ens.) wat mense ervaar indien hulle nie yskaste het nie? Watter ander metodes gebruik mense om voedsel koel te hou? Stap 10 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Gepaste vrae formuleer om kook- en smeltpunte te ondersoek? • Korrek begryp dat teen kookpunt die temperatuur van 'n vloeistof konstant bly

totdat al die vloeistof in 'n gas verander het? • Korrek begryp dat teen die smeltpunt van 'n vaste stof die temperatuur konstant

bly totdat al die vaste stof in 'n vloeistof verander het? • Aktiwiteite korrek opstel om die kook- en smeltpunte van verskillende

vloeistowwe en vaste stowwe te ondersoek? • Gepaste en akkurate waarnemings maak en metings neem? • Akkuraat teken en skryf om hul waarnemings en mate te boekstaaf? • Grafieke trek (korrekte opskrif, skaal, geëtiketteerde asse, datapunte korrek

aangebring)? • Navorsing doen en korrekte inligting kry oor hoedat verkoeling mense

bevoordeel, en die gevolge as daar nie verkoeling is nie?

METODOLOGIE Bespreek, praktiese werk, neem waar, maak aantekeninge HULPBRONNE Werkblaaie, branders, houers

NW stringe Energie en Verandering – reaksie op energieverlies en energiewins INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting en grafieke Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte √

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 19 HERSIENING EN UITGEBREIDE LEER

WETENSKAP-

LIKE GELETTERD-

HEID

Definieer kortliks al die vorige konsepte

Page 33: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 30 -

Voorstelle vir Konsolidering • Eienskappe: Vind uit (skryf en lê voor) hoedat mense roes voorkom en waarom

dit belangrik is. • Fases van materie: Veilighheidskwessies wanneer gas vir kookdoeleindes tuis

gebruik word. Skryf veiligheidsreëls. • Permanente en tydelike veranderings: demonstreer (wys en vertel) hoe om 'n

permanente of tydelike verandering aan stowwe aan te bring wat daagliks gebruik word, deur hulle te verhit of te verkoel.

• Kristallisering: groei suiker- of aluinkristalle uit versadigde oplossings. • Kookpunte: vors na (skryf en teken) hoedat die smeltpunt van goud van belang

vir die goudbedryf is.

METODOLOGIE HULPBRONNE Toerusting vir eksperimente benodig

NW stringe Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie en EBW – eienskappe en prosessering van materiale Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 20 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 2 – Faktore wat die kookpunt van water beïnvloed

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Mengsels: 'n kombinasie van twee of meer stowwe wat weer geskei kan word • Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof gemeng word en dit lyk asof dit in

die vloeistof verdwyn en nie meer gesien kan word nie • Oplossings: 'n spesiale mengsel waarin 'n vaste stof, vloeistof of gas in 'n

vloeistof oplos • Oplosbare stowwe: stowwe wat oplos (lyk asof dit verdwyn) wanneer dit met 'n

vloeistof gemeng word (bv. suiker in water gemeng) • Onoplosbare stowwe: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare in

water) • Opgeloste stof: 'n stof wat in 'n ander stof kan oplos om 'n oplossing te vorm • Oplosmiddel: 'n stof wat 'n ander stof kan oplos, of waarin 'n ander stof opgelos

is, om 'n oplossing te vorm • Gekonsentreer: 'n groot hoeveelheid opgeloste stof in 'n oplossing • Temperatuur: 'n numeriese maat van hitte of koue op 'n standaardskaal (Grade

Celsius – °C)

Page 34: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 31 -

• Faktore wat oplosbaarheid beïnvloed: dinge wat die oplosproses vertraag of

versnel, bv. die aantal kere geroer, temperatuur van die vloeistof, grootte van die korrel

• Kookpunt: die temperatuur waar ’n vloeistof in ’n gas verander.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1

Ondersoek: Beïnvloed die konsentrasie van die opgeloste stof in water die kookpunt van die water? Stap 1 BEPLAN Die onderwyser herinner leerders dat die kookpunt van water by seespieël 100°C is. Die onderwyser verduidelik dat jy die kookpunt van water kan verander deur opgeloste stowwe by die water te voeg. Hoe meer opgeloste stof jy by die water voeg, hoe meer verander die kookpunt (neem dit toe). Stap 2 Leerders help om nuwe vrae te formuleer wat tot ondersoeke aanleiding kan gee. Stap 3 Vra leerders om 'n fokusvraag op te klaar om 'n ondersoek in te stel na die kookpunt van die hoeveelheid opgeloste stof in 'n oplosmiddel. Stap 4 Vra leerders om inligting te beskrywe wat nodig is om die fokusvraag te beantwoord. Stap 5 VOER UIT Die onderwyser laat leerders hul eie idees te opper van moontlike maniere waarop die ondersoek uitgevoer sou kon word. Die onderwyser help leerders om die apparaat korrek op te stel. Leerders meet water af in 'n Pyrex-beker (wat nie sal breek wanneer dit verhit word nie). Hulle verhit die water totdat dit vinnig kook. Hulle teken die temperatuur van die kokende water aan. Hulle voeg dan 'n teelepel suiker / sout by en bring dit weer na kookpunt. Neem die temperatuur en teken dit in ‘n tabel aan. Leerders voeg nog 'n teelepel suiker / sout by die kokende oplossing. Bring dit tot kookpunt en neem weer die temperatuur. Teken dit aan. Veiligheidswaarskuwing: Wees versigtig om jou nie te brand wanneer jy met vlamme werk nie Stap 6 Herhaal die prosedure 3-4 maal. Hou aan om die temperature op te teken, en trek 'n lyngrafiek om die data voor te lê. (Teken die aantal teelepels suiker / sout wat bygevoeg word op die horisontale X-as aan, Teken die temperatuur in °C op die vertikale Y-as aan) Stap 7 EVALUEER Vrae: • Wat was die temperatuur van die water toe dit gekook het? • Wat het van die kooktemperatuur geword toe jy al hoe meer suiker / sout

bygevoeg het? • Wat was die hoogste temperatuur wat aangeteken is?

Page 35: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 32 -

Stap 10 Skryf 'n verslag wat die volgende bevat:

Fokusvraag Metode Resultate (waarnemings en metings) Grafieke Wat het jy geleer oor die uitwerking op die kookpunt van water toe jy al

hoe meer suiker / sout bygevoeg het? Stap 11 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Geskikte vrae formuleer om die uitwerking van opgeloste stowwe op die

kookpunt van water te ondersoek? • Korrek begryp dat die kookpunt van water verhoog word wanneer opgeloste

stowwe by die water gevoeg word? • Aktiwiteite korrek opstel en die ondersoek uitvoer? • Gepaste en akkurate waarnemings maak en metings neem? • Akkuraat teken en skryf om hul waarnemings en mate te boekstaaf? • Grafieke trek (korrekte opskrif, skaal, geëtiketteerde asse, datapunte korrek

aangebring)? • Vrae oor hul ondersoek korrek beantwoord en tot 'n redelike gevolgtrekking

kom?

METODOLOGIE Eksperimentering HULPBRONNE Toerusting vir eksperimente benodig

NW stringe Energie en Verandering – die rol van energie in prosesse INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting en grafiese voorlegging van data Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryftaak √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

Page 36: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 33 -

WEEK 21 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 3

LU 2 – 3

Die onderwyser sal 'n Formele Assesseringstaak opstel na aanleiding van die aktiwiteite wat gedurende hierdie kwartaal gedoen is.

LU 2 AS 1 Berei 'n assesseringstaak voor waarin die leerders in staat behoort te wees om wetenskaplike kennis te onthou wat op die volgende gebaseer is: • Eienskappe van metale, erdeware en plastiekgoedere (polimere), (roes,

magnetisme, elektriese en hittegeleiding en -isolasie, oplosbaarheid). • Die fases van materie (gebaseer op die deeltjiemodel van materie) • Permanente en tydelike veranderings, veroorsaak deur verhitting (en verkoeling) • Kristallisering • Smelt- en kookpunte. LU 2 AS 1 Leerders moet die volgende beskrywe: • klasse materiale • die eienskappe van materiale • die fases van materie. LU 2 AS 1 Leerders moet die volgende beskrywe: • Hoe om opgeloste stowwe van 'n oplosmiddel te skei • Hoedat kristallisering plaasvind.

LU 2 AS 2 Leerders moet materiale op grond van hul eienskappe kategoriseer. LU 2 AS 2 Leerders moet hul eie reël vir die kategorisering van materiale verduidelik. LU 3 AS 2 Leerders verduidelik tegnologiese produkte en prosesse deur na mengsels en oplossings, en faseveranderings, en tydelike en permanente veranderings in materiale, te verwys.

Page 37: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 34 -

KWARTAAL 3: LEWE EN LEWENDES

WEEK 21 GRONDLYNASSESSERING - Lewe en Lewendes (Graad 5) vervolg

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

• Lewensprosesse: alle lewende dinge voer hierdie prosesse uit: beweeg, plant

voort, groei, respondeer op stimuli, ruil gasse uit, eet, en ontlas • Biodiversiteit: "bio" beteken lewe / lewende organismes; "diversiteit" beteken 'n

verskeidenheid, d.w.s. baie verskillende soorte lewende organismes wat binne 'n area aangetref word

• Interaksie in die omgewing: die uitwerking wat lewende en nie-lewende dinge op mekaar het

• Fotosintese: die proses waardeur groen plante sonlig gebruik om stysel uit koolstofdioksied en water te maak

• Ekostelsels: die plante en diere en mikro-organismes wat in 'n omgewing lewe, en met mekaar en hul omgewing omgaan

• Habitat: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef en voortplant

• Organismes: alle lewende dinge; plante, diere en mikro-organismes.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 1 – 3

Stap 1 Leerders skryf die eienskappe van lewende dinge neer. Leerders sorteer 'n lys dinge (lewend en nie-lewend) in 'n tabel met daardie opskrifte. Stap 2 Leerders vertel die onderwyser wat hulle onder biodiversiteit verstaan. Die onderwyser gee leerders prente van twee ekostelsels. Een het 'n groter diversiteit van plante terwyl die ander 'n groter diversiteit van diere en 'n groter oorkoepelende biodiversiteit het. Leerders beantwoord vrae in volsinne: • Wat is 'n ekostelsel? • Noem nie-lewende dinge in die ekostelsel, bv. lug, water, grond ens. • Noem elke ekostelsel hierbo. • Lys twee habitats in elke ekostelsel, bv. onder klippe; in bome; in water ens. • Watter ekostelsel het 'n groter diversiteit van plante? Verduidelik jou antwoord. • Watter ekostelsel het 'n groter diversiteit van diere? Verduidelik jou antwoord. • Watter ekostelsel het 'n groter biodiversiteit? Verduidelik jou antwoord. • Leerders skryf 'n voedselketting neer wat in elke ekostelsel aangetref word. Stap 3 Leerders teken en etiketteer 'n prent van 'n plant. Hulle voeg woorde en kort notas by om die proses van fotosintese in die plant te toon. Leerders beantwoord vrae: • Wat noem ons die proses waarin plante hul eie voedsel maak? • Noem die gas wat plante vir hierdie proses nodig het, en watter gas word

gedurende hierdie proses deur die plant afgegee? • Noem die groen stof (pigment) wat die plant vir hierdie proses nodig het. • Skryf twee ander dinge neer wat die plant nodig het vir hierdie proses om plaas

te vind. • Watter voedselstof produseer die plant as 'n eindproduk van hierdie proses? • Waarom is fotosintese so 'n belangrike proses in elke ekostelsel?

Page 38: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 35 -

Uitgebreide leer: Leerders vergelyk twee verskillende ekostelsels en skryf 'n paragraaf (in hul eie woorde) oor die diversiteit van lewende organismes (biodiversiteit) in elkeen. Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Dinge in lewend en nie-lewend verdeel? • Die eienskappe van lewende dinge beskrywe? • 'n Ekostelsel, habitat en voedselketting beskrywe? • Die biodiversiteit in 'n ekostelsel beskrywe? • Die proses van fotosintese beskrywe? • Die belangrikheid van fotosintese beskrywe?

METODOLOGIE Klasbespreking verwys na vorige kennis en ervarings HULPBRONNE Werkblaaie oor vorige kennis, naslaanmateriaal

NW stringe

Lewe en Lewendes – interafhanklikheid van plante en diere Planeet Aarde en Verder – belangrikheid van aardmateriale (lug, water, grond) Energie en Verandering – oordrag van voedselenergie INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing, uitsterwing van plante en diere, omgewingsverslegting

WEEK 22 VOEDSELGROEPE WAT GESONDE LEEFWYSE VERBETER

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Voedselpiramiede: 'n diagram in die vorm van 'n piramiede wat die

hoofvoedselgroepe aandui • Aanvullings: vitamiene of minerale wat by 'n persoon se voedsel of dieet gevoeg

word om dit te verbeter • Dienste: bv. kliniek, gemeenskap, groentetuine.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.2 – 6.2.3

6.3.3

Voedselgroepe wat 'n gesonde leefwyse verbeter Stap 1 • Leerders vors voedingswaardes van verskillende voedsels na deur na die

voedingsinligting op die voedseletikette te kyk. Leerders versamel leë voedselhouers (bv. graanvoedselbokse, blikkies, ens.) en beantwoord vrae oor hoedat hulle 'n vergelyking van voedseltipes sou kon maak (bv. vergelyk voedingswaardes van ontbytgraanvoedsels).

• Maak 'n lys van die gewildste ontbytgraanvoedsels wat deur al die leerders in die klas geëet word. Leerders trek 'n staafdiagram en doen dan 'n vergelykende voedingstoftabel van 5 van die gewildste graanvoedsels en antwoord vrae.

Ontbyt-graan-voedsel

Energie-waarde in kilojoule (kJ)

Proteïen per 100 gram porsie

Koolhi-drate per 100 gram porsie

Vet per 100 gram porsie

Vesel per 100 gram porsie

Aantal verskill-ende vitamiene en minerale

Graan-vlokkies

Rice Crispies

Mieliepap Ens.

Page 39: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 36 -

Moontlike vrae: • Watter ontbytgraankos het die hoogste energiewaarde? Skryf die energiewaarde

neer. • Watter voedingstof (koolhidrate, vet of proteïene) gee die meeste energie? • Watter graanvoedsel het die hoogste proteïen-inhoud per 100g porsie? • Waarom is dit belangrik om genoeg proteïene in ons dieet te kry? • Watter graankos het die hoogste vetinhoud? • Waarom is vet belangrik in ons dieet? (om die senustelsel op te bou). • Wat gebeur as ons te veel vet in ons dieet kry? Beskrywe in 'n paragraaf

waarom dit sleg vir ons is. • Watter graanvoedsel het die kleinste massa dieetvesel per 100g porsie? • Is dit goed of sleg dat dit so min vesel bevat? Verduidelik jou antwoord. • Watter ander voedsels moet ons eet om vir ons genoeg vesel in ons dieet te

gee? Stap 2 Bring voorbeelde van verskillende voedsels en voedselverpakkings en blikke. Organiseer hulle in verskillende voedselgroepe. (Die voedselgroepe word in die voedselpiramiede getoon) Stap 3 Leerders groepeer hierdie voedsels verder in twee verskillende groepe (vars / geprosesseerde voedsel en tuisgemaakte / kitskos en verduidelik die rede(s) vir hul groepering (Let wel: hierdie is 'n belangrike bespreking, want tuisgemaakte en vars voedsel is baie gesonder aangesien hulle geen chemiese byvoegsels bevat nie en op natuurlike maniere gaargemaak is. Verfynde voedsels soos dié wat met wit meelblom,wit rys, en baie suiker gemaak word, is nie goed in groot hoeveelhede in die dieet nie. Stap 4 Leerders kyk na die etikette op die ontbytgraanvoedsels en maak 'n lys van 5 vitamien- en mineraalbyvoegsels wat hierdie graanvoedsels bevat. Waarom is hierdie byvoegsels belangrik in hul dieet? Hulle let ook op vir chemiese byvoegsels, bv. mononatriumglutemaat, geur- en kleurstowwe, (hulle word as syfers aangegee), tartrasien, anti-oksidante, verdikkers, natriumbensoaat ens. Uitgebreide leer: Organiseer 'n "gesonde voedsel-kermis" in die klas. Doen 'n opname van die voedsels in die snoepwinkel en besluit of hulle gesond is of nie. Stap 5 Leerders bespreek hoe belangrik dit is om die regte voedsel te eet wat die gesondheid sal verbeter, en sekere siektes / toestande soos griep, tuberkulose, hartsiektes, vetsug ens. sal verhoed of genees. Leerders vors die belang na van gesonde eetgewoontes en leefwyse, en die medikasie wat vir die beheer van MIV/VIGS nodig is. Stap 6 Idees vir 'n projek Leerders doen 'n opname om uit te vind hoedat mense oor die gesondheidsdienste in hul gemeenskap voel, en maniere waarop hulle voel dat dit verbeter kan word. Hou 'n terugvoer- en bespreeksessie oor die probleme (klagtes) wat mense het, en voorstelle vir verbetering. Hulle skryf dan briewe aan die minister van gesondheid om die probleme / kwessies wat mense het, en voorstelle vir verbetering, te opper.

Page 40: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 37 -

Leerders vors na hoedat hulle kan help om hul gemeenskap se gebrek aan hulpbronne te verlig (werk by klinieke om diens te verbeter, kweek groentetuine om die siekes en armes te voed, ens.). Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Voedsels in die verskillende voedselgroepe sorteer, en die doel (funksie) van

elke voedselgroep in die liggaam beskrywe? • 'n Gebalanseerde dieet beskrywe? • Voedsels herken wat nie in groot hoeveelhede goed vir 'n mens is nie (bv.

verfynde voedsels) en die redes verduidelik waarom hulle ongesond is? • Voedseletikette lees om 'n basiese begrip van die waardes van voedingstowwe

te kry?

METODOLOGIE Bespreking en navorsing

HULPBRONNE Naslaanmateriaal, plakkate, prente, graanvoedselbokse en ander voedsels, internet.

NW stringe

Energie en Verandering – energie wat in verskillende voedsels voorsien word INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – gebruik van grafieke vir datavoorlegging Lewensoriëntering – sosiale ontwikkeling en gesonde leefwyse

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte √

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude √

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 23 SKELETTE SPIERE EN BEWEGING

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Spiere: liggaamsweefsel wat saamtrek om beweging te veroorsaak • Tipes spiere, bv. biseps, triseps • Hegsels: bv. bindweefsel, senings • Gewrigte: die plek in 'n skelet waar twee bene bymekaarkom. Gewrigte maak

beweging moontlik. • Ongewerweldes: (insekte, wurms, slakke, skaaldiere) het 'n eksterne skelet

(eksoskelet) • Werweldiere: (visse, amfibieë, reptiele, voëls, soogdiere) het 'n interne skelet

(endoskelet) • Onderdele van skelet – skedel, kakebeen, ruggraat (werwels). ribbekas,

voorbeen of arm (humerus, radius en ulna), agterbeen of bene (femur, tibia, fibula), skouer (skouerblad, sleutelbeen) en heupgordel, voete en hande.

Page 41: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 38 -

AANTEKENINGE

oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.3

Skelette Stap 1 Die onderwyser verduidelik dat gewerwelde diere 'n skelet aan die binnekant van hul liggame het (endoskelet) wat hul liggame van binne ondersteun en beskerm. Gewerweldes is oor die algemeen groter diere omdat hul endoskelette sterk is en daarom in staat is om veel groter massas te ondersteun. Die meeste ongewerwelde diere het 'n skelet aan die buitekant van hul liggame (eksoskelet) wat hul liggame vanaf die buitekant ondersteun en beskerm. Ongewerwelde diere is dus kleiner diere aangesien eksoskelette nie so sterk is nie en slegs kleiner massas kan ondersteun. Gewerwelde sowel as ongewerwelde skelette het gewrigte. Stap 2 Leerders doen 'n opname van die skoolterrein om 'n lys te maak van al die diere wat hulle kan waarneem, kan hoor, of tekens van kan sien (bv. spinnerakke, mis, spore, skulpe ens.). Leerders sorteer nou die diere uit hul opname in gewerweldes en ongewerweldes. Hulle teken hul sortering in ’n tabel aan. Stap 3 Werweldiere Om 'n skelet te maak Leerders teken die buitelyn van 'n dier op 'n stuk papier wat langs die dier se ruggraat gevou is, bv. 'n olifant of 'n kameelperd. Hulle probeer om die uitgeknipte dier te laat regop staan. Dit val maklik om. Dan moet hulle plastiese drinkstrooitjies gebruik (met kleefband aan die onderkant vasgeplak) om 'n skelet daarvoor te maak. Stap 4 Die menslike skelet Gee leerders 'n prent van die menslike skelet. Hulle moet die onderdele etiketteer: skedel, kakebeen, ruggraat (werwels). ribbekas, voorbeen of arm (humerus, radius en ulna), agterbeen of bene (femur, tibia, fibula), skouer (skouerblad, sleutelbeen) en heupgordel, voete en hande. Hulle moet notas oor die funksie van elke onderdeel skryf: • Skedel en ribbes: beskerm die brein, hart en longe • Bene en arms: beweging • Ruggraat: beskerm die rugmurg en maak buigbewegings moontlik • Gewrigte: verbind die beendere en maak beweging moontlik • Kakebeen: sterk been vir die tandholtes.

Stap 5 Skelette van ander gewerweldes Die onderwyser verskaf prente van skelette van die verskillende groepe van gewerweldes. Leerders sorteer die prente van die skelette in die verskillende groepe van gewerweldes (bv. soogdiere, voëls ens.). Stap 6 Om skelette te vergelyk Leerders kyk na prente van die skelette van twee diere (bv. 'n voël en 'n soogdier) en beantwoord vrae.

Page 42: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 39 -

• Etiketteer die vernaamste dele van die skelet van elke dier (skedel, ribbes,

ruggraat, werwels, voorbene, agterbene, heupgordel, skouergordel, stert, skouergewrig, heupgewrig, kniegewrig, ens.).

• Hoe verskil die skedel van die voël van dié van die soogdier? • Hoe verskil die ledemate van die voël van dié van die soogdier? • Watter werk doen die ribbes in elke dier? • Hoe is die skelette soortgelyk? • Waarom is die meeste voëlskelette ligter as soogdierskelette? Stap 7 Gewrigte, spiere en beweging • Die onderwyser verduidelik dat: die spiere uitstrek (reguit maak) en buig van

ons ledemate teweeg bring. Spiere word oor die gewrigte heen aan die bene geheg; pare spiere trek saam en ontspan teenstrydig (werk teen mekaar) om beweging teweeg te bring;bene is onbuigbaar terwyl spiere buigbaar is.

• Leerders kry diagramme waarin getoon word hoedat die menslike voorarm op en neer beweeg word, en sleutelwoorde om te beskrywe hoedat dit werk (bv. een spier trek saam terwyl 'n ander ontspan, die voorarm beweeg opwaarts, ens.).

• Gebruik hierdie inligting om 'n paragraaf te skryf oor hoedat spiere die voorarm op en neer laat beweeg.

Stap 8 Fossielskelette Die onderwyser voorsien leerders van inligting oor fossiele. Leerders lees inligting oor fossielskelette. Leerders teken 'n skelet van 'n dier waarvan ons as gevolg van sy fossieloorblyfsels weet, bv 'n dinosourus. Leerders skryf aantekeninge daaroor. Uitgebreide leer Leerders versamel bene van diere en werk uit watter deel van die skelet hulle vandaan kom. Leerders gebruik draad, harde karton, rekkies, splytpenne ens. om 'n model van 'n arm en sy spiere te maak. Hulle demonstreer hoe dit werk. Stap 9 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Diere in gewerwelde en ongewerwelde groepe sorteer deur na hul skelette te

kyk? • Die dele van gewerwelde skelette noem en hul funksies beskrywe? • Beskrywe hoedat spiere die menslike arm laat beweeg?

METODOLOGIE Klasbespreking, navorsing

HULPBRONNE Handboeke, prente of foto's, flitskaarte, werkblaaie, modelle, bene, papier, strooitjies, skêre, naslaanmateriaal

NW stringe Planeet Aarde en Verder – fossiele en evolusie

INTEGRASIE Leerareas

Lewensoriëntering – die belangrikheid van 'n gebalanseerde dieet en oefening keuses oor lewensgewoontes wat 'n gesonde leefwyse bevorder

Page 43: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 40 -

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □ Onderhoude □ Voorleggings

√ Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 24 FOTOSINTESE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Fotosintese: die proses waardeur groen plante sonlig, koolstofdioksied en water

gebruik om koolhidrate en suurstof te vorm • Byna alle ekostelselsis is van die son as 'n bron van energie afhanklik (wat deur

plante vir fotosintese benodig word). • Interaksie in die omgewing: in elke ekostelsel is plante en diere met mekaar in

interaksie; hulle eet, paar, maak kleintjies groot, ding mee om habitats en hulpbronne

• Habitat: plekke binne 'n ekostelsel waar diere woon • Oorlewing: alle diere is van plante afhanklik vir hul oorlewing • Diversiteit die baie verskillende soorte plante en diere.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1.1 – 6.1.3

LU 6.2.1 – 6.2.2

Fotosintese Stap 1 Die onderwyser verduidelik dat chlorofil in die groen blare sonlig absorbeer, water word deur die wortels geabsorbeer, en koolstofdioksied word deur klein gaatjies in die blare (huidmondjies) geabsorbeer. Die onderwyser verduidelik dat die energie van die son gebruik word om koolstofdioksied met water te verbind om koolhidrate te vorm (wat as stysel opgeberg word). Suurstof word as 'n neweproduk van dié proses vrygestel. Leerders beskrywe (maak 'n tekening met notas) (1) die belangrikheid van sonlig, water en koolstofdioksied vir fotosintese, (2) hoedat elkeen deur die plant geabsorbeer word, en (3) die produkte van fotosintese. Stap 2 Die onderwyser verduidelik dat ons jodium gebruik om vir stysel te toets. Wanneer dit op stysel gedrup word, verander die kleur van bruin na blou-swart. Die onderwyser demonstreer die styseltoets op Maizena of meelblom. Stap 3 Om 'n groen blaar vir stysel te toets. Leerders toets 'n groen blaar vir stysel (gebruik sagte blare wat vir minstens 'n uur in die son was, en pas gepluk is. Week die blaar vir twee minute in kookwater in 'n koppie om dit sag te maak.

Page 44: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 41 -

Haal die blaar uit die water, en plaas dit in 'n proefbuis en bedek met etanol of brandspiritus. Plaas die proefbuis regop in 'n skuimbeker met kokende water (die hitte sal die etanol laat kook totdat die blaar liggroen word. Spoel die blaar af en toets dit met jodium (indien die blaar stysel bevat, sal dit blou-swart word). LET WEL: VEILIGHEIDSMAATREËL: Moenie met etanol of brandspiritus naby 'n oop vlam werk nie. Is uiters vlambaar en sal ontplof. Leerders teken om hul metode te toon en vrae te beantwoord: • Het ons stysel gevind in die blare wat ons getoets het? • Hoe kon ons weet dat daar stysel in die blaar was? • Wat doen jodium wanneer daar stysel aanwesig is? • Waar maak plante hul voedsel? Praktiese ondersoek: Bevat voedsel wat van plante afkomstig is stysel? Stap 4 BEPLAN Beskrywe die inligting wat nodig is om die fokusvraag te beantwoord: Die onderwyser verduidelik die apparaat (jodiumoplossing, bord vir toetsmateriale, medisynedrupper) en stappe wat nodig is om vir die aanwesigheid van stysel te toets. Voedsels om te toets (bv. aartappels, appels, meelblom, mieliemeel, uie, wortels, gaar rys, brood, kaas, gekookte eier, melk, grondboontjiebotter ens.). Sit 'n klein steekproef van elke voedsel in 'n skoon botteldeksel van plastiek (moenie dat die voedsels mekaar kontamineer nie). Stap 5 VOER UIT Leerders toets die verskillende plantdele deur jodiumoplossing op elkeen te drup en die kleurverandering waar te neem. (Kleur van jodiumoplossing verander van bruin na blou-swart indien stysel aanwesig is) Leerders teken hul resultate in die vorm van ’n tabel aan. Voedsel Kom hierdie

voedsel van 'n plant?

Kleur van jodiumoplossing

Is daar stysel aanwesig?

Eier Nee Bruin Nee Aartappel Ja Blou-swart Ja Ens.

Stap 6 EVALUEER Leerders sorteer die voedsels in twee groepe wat op die aan- of afwesigheid van stysel berus. Vrae: Watter voedsels bevat stysel? Waarom? Watter voedsels bevat nie stysel nie? Waarom? Leerders skryf 'n paragraaf om te beskrywe wat hulle waarneem, en gee redes om die resultate te verduidelik. Stap 7 Leerders hou dinkskrums (breinkaart) oor waarom fotosintese belangrik is vir die oorlewing van die mens. (verwys na: voedselproduksie, suurstofproduksie, verwydering van koolstofdioksied uit die lug, ens.).

Page 45: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 42 -

Stap 8 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Fotosintese beskrywe, en die dinge lys wat gedurende die proses benodig en

geproduseer word? • Die jodiumtoets vir stysel beskrywe, en voorspel watter stowwe stysel sal bevat? • Die styseltoets op groen blare uitvoer? • Die styseltoets op verskillende voedsels uitvoer? • Die belangrikheid van fotosintese vir lewende dinge verstaan?

METODOLOGIE Praktiese ondersoek, klasbespreking, navorsing HULPBRONNE Apparaat vir praktiese ondersoeke, plante, werkblaaie, naslaanmateriaal

NW stringe

Materie en Materiale - eienskappe van materie Energie en Verandering - fotosintese is die proses waarin plante hul eie voedsel maak met gebruikmaking van energie van die son INTEGRASIE

Leerareas Lewensoriëntering – kennis van voedselinhoud Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake √

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorlegging □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 25 + 26 EKOSTELSELS - verhouding tussen predatore en prooi

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Vrugbare grond: grond wat ryk in voedingstowwe is om optimale groei van plante

te verseker • Volhoubaarheid: 'n manier om natuurlike hulpbronne doeltreffend te gebruik

sodat daar genoeg vir toekomstige gebruik sal wees • Interaksie in die omgewing: organismes affekteer mekaar op verskillende

maniere, bv. predatore en prooi • Habitat: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef en

voortplant • Oorlewing: om lank genoeg te lewe om voort te plant, sodat die organisme

(spesie) nie sal doodgaan nie (sal uitsterf nie) • Diversiteit: die baie verskillende soorte lewende organismes in 'n area.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1

Stap 1 Die onderwyser vertel leerders dat interaksie tussen sekere organismes in 'n ekostelsel op spesifieke maniere, bv. predasie, plaasvind. Die onderwyser definieer predasie deur voorbeelde te gee, bv 'n trapsuutjies wat 'n vlieg vang. Predasie is wanneer 'n predator prooi vir voedsel vang en doodmaak;'n predator is 'n organisme wat ander organismes vir voedsel doodmaak; 'n prooi is 'n organisme wat deur 'n predator geëet word.

Page 46: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 43 -

Leerders dra verdere voorbeelde by van interaksie tussen predatore en prooi;hulle skryf die definisies neer en teken die predatore en hul prooi in 'n tabel aan: Predator Prooi Trapsuutjies Vlieg Ens.

Stap 2 Leerders vors naslaanboeke of die internet na om uit te vind of daar enige plantpredatore is (bv. Venus Vlieëvanger). Hulle maak 'n geëtiketteerde diagram en skryf kort notas om hul plantpredator te beskrywe. Stap 3 Die onderwyser kies 'n predator, bv. 'n arend, om leerders te wys hoedat predatore aangepas is om hul prooi te vang. Leerders kry 'n diagram, waarop hulle aantekeninge moet aanbring. Leerders kan dieselfde doen vir nog 'n predator, bv. 'n krokodil. Stap 4 • Wys leerders prente of 'n DVD oor hoedat prooidiere aangepas is om te verhoed

dat hulle geëet word, deur na kamoeflering te verwys (diere met liggaamskleure en/of -patrone wat met hul omgewing saamsmelt sodat predatore hulle nie maklik kan kry nie).

• Gee leerders prente van prooidiere, bv. bok, skoenlapper. Leerders ontwerp 'n omgewing (agtergrond) en kleur dit in, waarteen dit nie maklik is om die prooi te sien nie. Heg die prooidier aan sy omgewing en vra die klas om te propbeer om die dier teen sy agtergrond te sien.

Stap 5 Volhoubaarheid van 'n omgewing Die onderwyser verduidelik wat 'n volhoubare omgewing is. Een waarin die plante en diere van daardie omgewing vir lang tydperke suksesvol kan oorleef aangesien die omgewing alles voorsien wat hulle nodig het;voedsel, habitat, plekke om aan te teel, ens. Die onderwyser verduidelik dat ontwikkeling deur die mens in 'n area die omgewing vir sekere spesies diere onvolhoubaar kan maak. So word die habitat van 'n luiperd byvoorbeeld baie kleiner wanneer plase daar naby opgebou en omhein word. Die luiperd kan nie genoeg diere in die oorblywende natuurlike omgewing kry om te jag nie. Stap 6 Navorsingstaak: Leerders kyk na 'n DVD of TV-program oor 'n dier wat gevaar loop om uit te sterf omdat sy omgewing nie meer vir hom kan voorsien nie. (Albatrosse, ysbere, luiperds, ens.) Hulle skryf saam met hul groep daaroor. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Predatore, predasie en prooi beskrywe? • Die aanpassings van 'n tipiese predator beskrywe? • Verstaan hoedat kamoeflering 'n prooidier help om te oorleef? • Beskrywe wat met 'n dier gebeur wanneer sy omgewing nie meer in sy

behoeftes kan voorsien nie?

METODOLOGIE Klasbespreking, navorsing HULPBRONNE Prente, naslaanmateriaal soos ensiklopedieë, tabelle ens.

Page 47: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 44 -

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – aardverwarming en klimaatverandering, veranderende omgewings en die impak daarvan op plante INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing, uitsterwing van plante en diere, omgewingsverslegting

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 27 HABITATS – SOSIALE PATRONE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Habitat: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef en

voortplant • Sosiale patrone: alleenlopend, pare, troppe, kuddes, kolonies Spesies: organismes met dieselfde sigbare eienskappe wat slegs met hul eie

soort kan voortplant.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.2

Stap 1 Die onderwyser definieer elkeen van die sosiale patrone (bv. trop, paar, familie, alleenloper, kolonie ens.). Die onderwyser kies 'n sosiale patroon (of patrone) en 'n voorbeeld van 'n dier (of diere en gee die nodige inligting oor daardie dier om 'n klasstudie uit te voer. (OF indien moontlik laat die leerders self die navorsing doen). Gee elke groep 'n deel van die inligting om tot 'n klasplakkaat by te dra. Hulle lees en som op en maak tekeninge en etikette met opskrifte ens. Die volgende opskrifte kan help om die inligting op te deel: (1) Beskrywe die sosiale patroon (bv. trop) (2) Prente van verskillende diere wat hierdie sosiale patroon het (wolwe, wilde

honde ens.) (3) Merk op 'n wêreldkaart waar in die wêreld hierdie diere voorkom. (4) Die tipe natuurlike omgewing (ekostelsel) waarin die diere voorkom wat gekies

is. (5) Die habitat waarin dit binne daardie ekostelsel woon. (6) Beskrywe die sosiale struktuur (bv. wie die trop lei, die rol wat manlike en

vroulike diere speel, ens.) en samestelling (bv. die aantal manlike en vroulike diere, grootte van die trop, ens.)

(7) Jag / eetpatrone van die trop (bv. jag as 'n trop, hoedat die prooi doodgemaak word, ens.)

(8) Voortplantingsgedrag van die trop (bv. wie sorg vir die kleintjies, wie word toegelaat om te paar, ens.)

(9) Die onderwyser sou 'n video kon vertoon oor sosiale patrone oor die algemeen of oor die diere wat bestudeer word, bv. wilde honde.

(by biblioteke of die EDULIS-mediasentrum beskikbaar)

Page 48: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 45 -

Stap 2 Die onderwyser gebruik projekinligting om leerders te onderrig hoe om 'n Wetenskapopstel te skryf: deur vir hulle (1) die basiese struktuur, en (2) die soort taal wat geskik vir wetenskaplike opstelle te gee. Leerders skryf nou die opstel met steun van die onderwyser. Dit is belangrike voorbereiding vir die formele assesseringstaak 4 in week 30) Uitgebreide leer: Leerders word 'n groepprojek van ander sosiale patrone en voorbeelde gegee wat nie in die klas behandel is nie om 'n projek uit te voer soortgelyk aan die een wat in die klas gedoen is. (Dit kan vir een van die kwartaal se assesseringstake gebruik word.) Kontroleer die leerders se kennis. Kan die leerders: • Verskillende sosiale patrone lys wat in dierebevolkings aangetref word? • Die sosiale patroon in 'n dier van hul keuse beskryf? • 'n Wetenskapartikel oor 'n bepaalde onderwerp skryf?

METODOLOGIE Navorsing, bespreking, saamwerk HULPBRONNE Prente, ensiklopedie, plakkate, navorsingsmateriaal soos video's, wêreldkaart, ens.

NW stringe Planeet Aarde en Verder – diere-evolusie

INTEGRASIE Leerareas Lewensoriëntering – sosiale ontwikkeling

Taal – funksionele skryfwerk (wetenskaplike opstelle) Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte √

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae √ Ander:

WEEK 28 VOEDSELKETTING

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer die volgende konsepte: • Voedselketting: 'n voedselketting toon aan 'wie eet vir wie' in 'n ekostelsel • Interaksie: lewende organismes beïnvloed mekaar (die lewende omgewing) en

word deur die nie-lewende omgewing beïnvloed • Produsent (bv, plante): 'n organisme, aan die begin van 'n voedselketting, wat

nie nodig het om te eet nie, maar sy eie voedsel maak • Primêre verbruikers (planteters): diere wat slegs plante eet. • Sekondêre verbruikers (alles-eters en vleiseters): tweedevlakverbruikers – diere

wat sowel plante as diere, of slegs ander diere eet • Vleiseters: diere wat ander diere eet • Tersiêre verbruikers (bv. mens, krokodil, ens.) derdevlakverbruikers • Ontbinder: 'n organisme wat die dooie oorblyfsels van plante en liggame van

diere afbreek

Page 49: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 46 -

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.2

Stap 1 Leerders teken of gebruik 'n bestaande eenvoudige ekostelsel wat die son, plante en verskillende diere toon. Beskrywe die oordrag van energie in die ekostelsel deur pyltjies vanaf die son na die plante na die diere te trek. Leerders teken alle moontlike skakels (d.w.s. 'n dier mag meer as en tipe plant eet, of 'n dier mag plante en diere eet, ens.). LET WEL: Wanneer die son uit hierdie diagram verwyder word, sal dit 'n voedselweb wees. Stap 2 Die onderwyser verduidelik die volgende konsepte en gee leerders kort aantekeninge: produsent (plante), primêre verbruiker (planteter), sekondêre verbruiker (vleiseter) en tersiêre verbruiker (alles-eter en vleiseter). LET WEL: 'n Tersiêre verbruiker is 'n organisme (bv. 'n krokodil of 'n mens) wat diere eet wat ander diere geëet het. Mense eet voëls wat insekte geëet het, en krokodille eet vis wat ander diere geëet het. Stap 3 Met gebruikmaking van jou ekostelsel: Lys drie plante en vier diere (in 'n tabel) en gee langsaan elkeen sy algemene naam in die voedselketting, en sy tegniese naam in die voedselketting (bv. doringboom – plant – produsent; bok – planteter – primêre verbruiker).

Stap 4 Die onderwyser demonstreer hoedat voedselwebbe gevorm word deur twee verwante voedselkettings neer te skrywe en hulle dan aaneenskakel om 'n voedselweb te vorm. Leerders gebruik hul ekostelsel en: (1) skryf vier voedselkettings neer, (2) verbind hierdie voedselkettings om een voedselweb te vorm, en (3) teken 'n ekologiese piramiede deur die name van die produsente, primêre verbruikers en sekondêre verbruikers ens. op die gepaste vlak in die ekologiese piramiede te skryf.

Tersiêre Verbruiker Arend

Sekondêre Verbruiker Slang

Primêre Verbruiker Muis

Produsent Sade

Stap 5 Die onderwyser verduidelik die rol wat ontbinders in 'n ekostelsel speel, en gee die leerders kort aantekeninge. Stap 6 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • 'n Voedselketting en voedselweb teken? • Die voedingsvlakke van organismes in 'n voedselketting identifiseer, bv.

planteter – primêre verbruiker? • 'n Ekologiese piramiede teken en sy vlakke etiketteer? • Die rol van ontbinders in 'n ekostelsel verduidelik?

METODOLOGIE Bespreking, navorsing

HULPBRONNE Navorsingsmateriaal soos prent van voedselpiramiede, ekostelsel, voedselketting, asook tabelle en ensiklopedieë.

Page 50: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 47 -

NW stringe Energie en Verandering – oordrag van energie in 'n stelsel INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – energie-oordragstelsels Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 29 VOEDSELKETTING OP SKOOLTERREIN

WETENSKAP-

LIKE GELETTERD-

HEID

Definieer kortliks die konsepte: Hersien konsepte van week 28.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.1.1 – 6.1.3

Ondersoek: Voedselkettings op ons skoolterrein. Fokusvraag: Watter voedselkettings word op ons skoolterrein aangetref? Stap 1 BEPLAN Klaar 'n fokusvraag op om met 'n ondersoek te begin. Beskrywe die inligting wat nodig was om die fokusvraag te beantwoord.

Stap 2 VOER UIT Versamel al die toerusting vir die ondersoek. Voer 'n opname van die skoolgronde uit: in die tuin, bome, onder klippe, in die grond, ens. Teken waarnemings aan. Skryf die name van die plante neer, en neem waar en teken aan watter diere op die plante aangetref word. Teken al die ander diere aan wat op die skoolterrein angetref word, selfs al is dit net tekens wat deur diere agtergelaat is, soos bv. mis, spore en vere.

Stap 3 EVALUEER Evalueer data (gebruik verskillende bronne bv. boeke en die internet om te wys 'wie eet vir wie'). Lê verband tussen waarnemings en fokusvrae. Lê die data in die vorm van voedselkettings en voedselwebbe voor;maak mobiele van voedselwebbe. Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die inligting lys en beskrywe wat nodig is om die opname van plante en diere in

die skool te maak? • Die voedselkettings korrek uitwerk en beskrywe? • Die voedselkettings in enige vorm van hul keuse voorlê?

Page 51: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 48 -

METODOLOGIE Navorsing en ondersoek HULPBRONNE Materiale vir ondersoek, naslaanmateriale

NW stringe

Planeet Aarde en Verder – grondtipes Energie en Verandering – oordrag van energie INTEGRASIE

Leerareas Taalvaardighede – om aan te teken, te rapporteer, voor te lê Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 30 - 31 KONSOLIDERING EN FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4 Konsolidering • 'Wys en vertel' oor voedsel in 'n resep en verduidelik die voedselgroepe wat in die resep gebruik

word. • Maak 'n rapliedjie oor die onderdele van die menslike skelet (noem die onderdele). • Teken en etiketteer 'n prent om fotosintese te toon. Skryf om te verduidelik hoedat fotosintese ons

bevoordeel. • Met gebruikmaking van 'n prent van 'n ekostelsel: Skryf neer: drie voedselkettings, 'n voedselweb,

drie predatore en hul prooi, 'n sosiale patroon. Deel A LU2 AS 1,2,3 • Leerders skryf 'n wetenskaplike opstel van 20 reëls of meer om een van die volgende onderwerpe te

bespreek. LET WEL: leerders behoort eers kladnotas te maak, en die onderwyser gaan dit na, voordat leerders die

finale weergawe skrywe. • Hulle gebruik inligting uit hul wetenskaphandboeke en enige ander bronne. • Elkeen in die klas kan dieselfde onderwerp doen, of leerders kan uit die lys hieronder kies. • Leerders moet prente, grafieke en 'n bibliografie byvoeg om feite te staaf. • Die voorlegging moet gestruktureer wees, met feite, en dit moet vloei. Vier moontlike scenario's vir Navorsing: 1. Diëte wat 'n gesonde leefwyse bevorder. • Verduidelik die verskil tussen 'n gebalanseerde dieet en 'n dieet wat nie gebalanseer is nie. • Skryf 'n voorbeeld van 'n gebalanseerde dieet wat vir 'n hele week gevolg kan word. • Verduidelik twee siektes wat mense kan kry wat konsekwent 'n dieet volg wat nie gebalanseer is nie. 2. Sonder fotosintese sal die mens se lewe op aarde aan sy einde kom. • Beskrywe die proses van fotosintese • Verduidelik die belangrikheid daarvan vir die mens se lewe op aarde • Verduidelik in 'n opeenvolging van gebeure wat sou gebeur indien alle plante sou ophou om te

fotosintetiseer, totdat daar geen menselewe meer bestaan nie.

Page 52: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 49 -

3. Ons weet almal van dierepredatore, maar die idee van plantepredatore is eenvoudig grieselig. • Verduidelik wat bedoel word met die term 'predator'. • Gee etlike voorbeelde van dierepredatore en die strategieë wat hulle gebruik om hul prooi te vang

(met inbegrip van gewerweldes en ongewerweldes) • Beskrywe 'n paar plante wat op insekte aas. • Verduidelik die verskillende strategieë wat plantpredatore gebruik om hul prooi te vang. 4. Wie eet vir wie in 'n ekostelsel? • Beskrywe twee of meer voedselkettings en 'n voedselweb in 'n ekostelsel van jou keuse. • Verduidelik die rol van diem volgende in 'n ekostelsel: produsente, primêre verbruikers, sekondêre

verbruikers, tersiêre verbruikers ens. • Verduidelik die rol van ontbinders in 'n ekostelsel. Nota aan onderwyser: in die opstel kan elke punt hierbo 'n afsonderlike paragraaf wees. VERWYSINGS: 1. Waarom moet ons verwysings gee? • om aan te toon watter van ons opvattings deur feite gestaaf word • om te bewys dat jy navorsing gedoen het • om erkenning aan ander outeurs se harde werk te gee. 2. Hoe lyk 'n bibliografie? Dit sluit die volgende komponente in, in hierdie volgorde: • Skrywer / outeur se van en voorletters • Die jaar waarin dit veerskyn het • Die titel van die bron / boek • Die plek waar dit verskyn het (land, stad of instansie) • Die naam van die uitgewer • Bladsy- of paragraafbenommering (indien beskikbaar) Hier is ’n voorbeeld van ’n verwysing met korrekte leestekens: Joseph, G.J. 2008. Onderrig van Natuurwetenskappe, Intermediêre Fase. Saldanha: Distrik Uitgewers 3. Hoe doen jy 'n verwysing vir iets op die Internet? • Skrywer / Outeur se van en voorletters • Die titel van die besondere bladsy of deel van 'n groter webblad (sien die balk bokant jou rondleser

("browser")) • Titel van die webwerf.

Page 53: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 50 -

Assesseringsmatrys Leser het 'n duidelike opstel geskryf met genoeg inligting wat gedetailleer en korrek was 6 – 8 punte

Leser het 'n eenvoudige opstel met genoeg inligting geskryf. Nie baie gedetailleer nie 4 - 5 punte

Leerder het 'n opstel geskryf, maar met sekere wanopvattings, en/of onvoldoende inligting (paar feite met min detail) 2 – 3 punte

Leerder het gesukkel / kon nie 'n opstel skryf nie, maar het darem 'n paar feite gegee 0 – 1 punt

Leerder het akkurate, wetenskaplike terminologie gebruik 5 punte

Leerder het wetenskaplike sowel as alledaagse taal gebruik 4 punte

Leerder het slegs alledaagse taal gebruik 3 punte

Leerder het gesukkel om alledaagse taal te gebruik 0 – 1 punt

Prente het met die onderwerp te doen. Gedetailleer, insiggewend, met annotasies en met etikette. Netjies 5 punte

Prente het met die onderwerp te doen. Nie baie insiggewend / nie gedetailleer / min etikette / 4 punte

Prente het nie almal met die onderwerp te doen nie. Geen etikette / nie insiggewend 3 punte

Prente het nie met die onderwerp te doen nie / geen prente nie 0 – 1 punt

Leerder het 'n volledige bibliografie gegee, en korrekte konvensies gebruik 2 punte

Leerder het 'n bibliografie gegee. Het nie by die konvensies gehou nie 1 punt

Geen bibliografie 0 punte

Werk betyds ingehandig 1 punt Onderwyser .............................. Datum.................................................

Totaal 20 Punte:

Deel B Definieer kortliks die konsepte: • Fotosintese vind in groen blare plaas • Party blare het groen en wit kolle. Hulle word bontblare genoem Ondersoek Fokusvraag: Bevat die wit dele van bontblare stysel? Stap 1 BEPLAN Klaar 'n fokusvraag op om met 'n ondersoek te begin. Beskrywe die inligting wat nodig was om die fokusvraag te beantwoord.

Stap 2 VOER UIT Versamel al die toerusting vir die ondersoek. Voer die styseltoets op bontblare uit. Teken jou waarnemings aan.

Page 54: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 51 -

Stap 3 RAPPORTEER EN EVALUEER Skryf 'n verslag met die volgende opskrifte: • Fokusvraag • Metode (teken en skryf) • Resultaat (teken en etiketteer) • Wat ek oor stysel en bontblare geleer het • Vrae wat ek nog steeds oor blare en fotosintese het (skryf jou vrae). Stap 4 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Lys wat hulle nodig het om die ondersoek uit te voer? • Die materiale wat hulle nodig het, korrek selekteer? • Die ondersoek uitvoer, met korrekte en veilige gebruik van die toerusting? • Hul resultate akkuraat aanteken? • 'n Duidelike, akkurate, logiese verslag skryf? Sien die Formaat vir Ondersoeke en Assessering vir Graad 6 in BYLAE C

Page 55: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 52 -

KWARTAAL 4: PLANEET AARDE EN VERDER

WEEK 31 GRONDLYNASSESSERING - FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 vervolg + 32

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Grondlynassessering - Aarde en Verder (gebaseer op Graad 5-werk) FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 Die onderwyser kan die vrae as deel van die assesseringstaak gebruik. LU 2 AS 1 Noem en beskrywe (skryf en teken) die verskillende strukture /

hemelliggame in ons sterrestelsel. LU 2 AS 1 Beskrywe die verskil tussen:

• 'n asteroïede en 'n komeet • 'n ster en 'n planeet • 'n planeet en 'n maan

LU 2 AS 1 Verduidelik (skryf en teken) die fases van die maan. LU 2 AS 1 Beskrywe (skryf en teken) hoedat dag en nag gebeur, met verwysing na die beweging van die aarde in verhouding met die son. LU 2 AS 1 Teken en beskrywe die watersiklus. LU 2 AS 2 Verduidelik: verwering, erosie en afsetting. LU 1 AS 1 Beskrywe hoedat jy 'n ondersoek oor erosie sou doen. LU 2 AS 1 Noem en beskrywe (skryf en teken) 'n paar algemene oorsake van waterbesoedeling. LU 2 AS 1 Noem en beskrywe wat gronderosie veroorsaak. LU 2 AS 2 Kategoriseer die oorsake van gronderosie in twee groepe, naamlik

natuurlike oorsake en menslike oorsake. Leerders raak betrokke in bespreking van die volgende onderwerpe om begrip te laat blyk: • Die maan: ons naaste buurman in die ruimte, wat om die aarde wentel • Seisoene: 'n tradisionele onderverdeling van die jaar wat op kenmerkende

klimaattoestande berus • Gas: 'n fase van materie • Afsetting: wanneer gronddeeltjies weggewaai of weggespoel, en elders afgeset

word • Watersiklus: die natuurlike herbenutting van water tussen die land, water en lug • Kweekhuisgasse: die gasse in ons atmosfeer wat die aarde insuleer, bv.

koolstofdioksied • Kweekhuiseffek: 'n verskynsel waar kweekhuisgasse sonligenergie in die

atmosfeer vasvang • Aardverwarming: wêreldwye temperatuurtoenames weens vasgevangde

sonligenergie, veroorsaak deur 'kweekhuisgasse' Sommige gevolge van aardverwarming is die smelt van poolysbedekking, styging in die seevlak, ens.

• Volhoubaarheid: om natuurlike hulpbronne te benut sonder om die ekologiese balans te vernietig.

Page 56: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 53 -

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning. HULPBRONNE Navorsingsmateriaal

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe van materie en materiale Lewe en Lewendes – veranderende omgewing, plant- en dieraanpassings INTEGRASIE

Leerareas EBW – Volhoubare groei en ontwikkeling Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √ Rollespel □ Dinkskrumtake

□ Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □ Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 33 DIE STERRE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: Ruimtevoorwerpe • Sterrestelsel: 'n versameling sterre, planete, gas en ruimtestof • Sterre: gasvormige massas in die ruimte wat energie genereer • Sterrebeeld: patrone van sterre soos dit vanaf die aarde gesien word. Die

patrone bly op een plek, maar soos die aarde beweeg verskuif hulle in die lug • Sonnestelsel: 'n Stelsel rondom 'n son wat uit planete, asteroïde, mane en

dwergplanete bestaan • Son: die ster in die middel van ons sonnestelsel • Planete: ruimtevoorwerpe wat in 'n wentelbaan rondom 'n ster beweeg Beweging en posisie van voorwerpe in die ruimte • Wentelbaan: die baan waarlangs 'n planeet rondom die son beweeg / wentel • Relatiewe posisie: posisie van die son, maan en aarde in verhouding tot mekaar

in die heelal, bv. die son is in die middel van die sonnestelsel, en die planete is in wentelbane op vasgestelde afstande rondom die son

• Relatiewe beweging: bv. die beweging van die aarde in verhouding tot die son bv. die aarde wentel om die son; die beweging van die maan in verhouding met die aarde, die maan wentel om die aarde, ens.

• Rotasie: die draai van planete en mane om hul eie asse • Omwenteling: die beweging van 'n planeet in 'n wentelbaan soos dit rondom die

son beweeg. Die beweging van 'n maan in 'n wentelbaan soos dit rondom 'n planeet beweeg.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 2

Stap 1 Die son is 'n ster Leerders beskrywe 'n ster wat ons ken (bv. die son) deur na die volgende te verwys: Die kenmerke van 'n ster (bv. ons son straal lig uit);grootte; sy plek in die heelal (middelpunt van ons sonnestelsel, deel van die Melkweg-sterrestelsel); sy uitwerking op die planete, ens. Verduidelik die geboorte, lewe en sterwe van sterre.

Page 57: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 54 -

Stap 2 Die Son, Aarde en Maan • Verduidelik die bewegings van die aarde: om sy eie as (rotasie) en om die son

(omwenteling). • Leerders speel rolle of maak modelle van die son en aarde (speeldeeg en

papiermaché) en demonstreer rotasie en omwenteling. • Verskaf inligting vir leerders om 'n tabel te maak waarin die son, die aarde en die

maan vergelyk word. Opskrifte vir die kolomme aan die bokant van die tabel: Son, Aarde, Maan. Vrae vir rye teen die kant van die tabel: Hoe lyk dit? Waarvan is dit gemaak? Hoe kry dit sy lig? Hoe groot is dit? Hoe beweeg dit? Enige ander interessante kenmerke?

Stap 3 Sonnestelsel Verskaf inligting oor die sonnestelsel. Leerders maak modelle van die sonnestelsel en noem en beskrywe die planete. Leerders doen navorsing en lê onlangse ontdekkings voor (bv. Pluto word nou as 'n dwergplaneet geklassifiseer). Dit demonstreer dat kennis met nuwe ontdekkings verander. Stap 4 Sterrebeelde • Verduidelik dat sekere sterpatrone snags gesien kan word en dat hulle nie

verander nie. Hulle staan as sterrebeelde bekend. Vra leerders om die naghemel oor die naweek dop te hou.

• Hulle kan hul eie sterpatroon teken. • Hulle kan 'n naam vir die sterpatroon opmaak. • Beskrywe die kenmerke (posisies en bewegings in die hemelruim) van

sterpatrone (bv. sterre bly in hul vaste posisies, die aarde roteer en derhalwe word verskillende sterpatrone sigbaar).

Stap 5 Wys leerders prente van verskillende sterpatrone (bv. Suiderkruis-konstellasie, Scorpio-konstellasie, ens.). verduidelik dat hulle in verskillende seisoene na verskillende dele van die hemelruim beweeg. Vra leerders om op die uitkyk vir hierdie sterpatrone in die naghemel te wees. (Besoek 'n planetarium of sterrewag of enige ander plek waar die hemelruim waargeneem kan word.) Stap 6 Leerders teken en skryf oor sterpatrone en oor hoedat die nagtelike posisie van die sterpatrone verander, en dat verskillende sterpatrone in verskillende seisoene sigbaar word. Let op dat die posisie van die sterre in verhouding tot mekaar nie verander nie. Stap 7 Uitgebreide leer: Leerders doen navorsing oor die lewensiklus van ster. Leerders doen navorsing en maak voorleggings oor sterpatrone, of lê 'n verband tussen inheemse stories oor die vorming van sterre en sterpatrone.

Stap 8 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Die son, planete maan en sterre met gebruikmaking van toepaslike woordeskat

beskrywe (met verwysing na hul struktuur en eienskappe)?

Page 58: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 55 -

• Die verskille en ooreenkomste tussen die son, die maan en die aarde verstaan? • Die relatiewe posisies in die heelal van die sterpatrone, die son, die aarde en

planete, en die maan verstaan? • Gepaste waarnemings van sterpatrone maak, en hulle teken en oor hulle skryf?

METODOLOGIE Praktiese werk met ondersteuning oor navorsing HULPBRONNE Naslaanmateriaal.

NW stringe

Energie en Verandering – sonenergie Materie en Materiale – samestelling van die son, maan en aarde INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing, die rol van sterrekunde in ontdekking

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings √

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie √

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 34 GESTEENTES

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Stollingsgesteente: gesteente wat deur intense hitte en die stolling van

vulkaniese magma gevorm word • Sedimentêre gesteente: gesteentes wat gevorm word uit materiaal wat as lae

sediment in water neergelê word • Metamorfiese gesteentes: gesteentes wat 'n verandering in fisiese vorm,

voorkoms of aard ondergaan het.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 2

Stap 1 Verduidelik aan leerders die lae van die aarde (kors, mantel, buitekern, binnekern). Leerders maak, van speeldeeg of klei, 'n model van die lae binne-in die aarde. Hulle moet weet dat daar onder die kors 'n halfvloeibare laag is wat die mantel heet. Die kors dryf op die mantel sodat die kors beweeg. Gesmelte rots bars deur swak kolle in die kors en veroorsaak uitbarstings. Die magma koel af en vorm stollingsgesteentes. Stap 2 Verduidelik die rotssiklus – hoedat stollingsgesteentes, sedimentêre gesteentes en metamorfiese gesteentes in die aardkors gevorm word. Verskaf inligting vir leerders om 'n geannoteerde etikette vir 'n prent van die rotssiklus te maak. Leerders skryf om die rotssiklus in hul eie woorde te beskrywe.

Page 59: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 56 -

Stap 3 Leerders versamel gesteentes en beskrywe hulle (onderskei tussen natuurlike gesteentes en beton). Hulle bespieël oor die oorsprong van die gesteentes wat hulle versamel het, sorteer hulle in kategorieë, en gee redes wat op eienskappe soos kleur, tekstuur ens. berus. Stap 4 Voorsien leerders van monsters van gesteentes. Stollingsgesteentes: (puimsteen en graniet ens.) Sedimentêre gesteentes: (sandsteen, skalie, kalkklip. steenkool ens.) Metamorfiese gesteentes: (leiklip, marmer ens.) Leerders kategoriseer gesteentes in sedimentêre en metamorfiese tipes. Leerders beskrywe elke klip en sê waarom dit tot 'n besondere kategorie behoort. Uitgebreide leer: Leerders kan navorsing doen oor edelgesteentes (hulle word anders as sedimentêre, metamorfiese en stollingsgesteentes geklassifiseer). Leerders doen navorsing en bied 'n voorlegging van die gebruike van verskillende tipes gesteentes (graniet en marmer word vir grafstene gebruik, ens.) Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Verskillende gesteentes met gebruikmaking van toepaslike woordeskat

beskrywe (met verwysing na hul eienskappe)? • Die rotssiklus korrek verduidelik? • Hul eie rotsmonsters na aanleiding van hul eienskappe te sorteer? • Rotsmonsters wat deur die onderwyser voorsien of deur die leerders versamel

is, beskrywe en korrek in metamorfiese, sedimentêre en stollingsgesteentes sorteer?

METODOLOGIE Bespreking en onthou van inligting.

HULPBRONNE Speeldeeg of klei (4 verskillende kleure), prent van die rotssiklus. Monsters van graniet, puimsteen, skalie, sandsteen, kalksteen, steenkool, leiklip en marmer.

NW stringe

Energie en Verandering – hoedat metamorfiese en stollingsgesteentes gevorm word INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 60: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 57 -

WEEK 35 GROND

WETENSKAP-

LIKE GELETTERD-

HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Verweerde gesteentes: gesteentes wat deur blootstelling aan die weer beskadig

is • Ontbind: volledig verrotte oorblyfsels van diere en plante • Organiese materiaal: kom van lewende dinge • Bakterieë: baie klein lewende organismes • Tekstuur: die gevoel en voorkoms van 'n oppervlak, veral hoe skurf of glad dit is • Kapasiteit: 'n maat van 'n hoeveelheid wat deur iets bevat kan word • Behou water: om water op te berg • Ondersteun groei: om al die stowwe te voorsien wat nodig is om met

ontwikkeling voort te gaan • Voedselvoorsiening: om voedsel beskikbaar te maak • Soepel: iets wat in die vorm van 'n wors of 'n ring gerol en gebuig kan word.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.2

Stap 1 Verduidelik dat grond uit 'n mengsel van sand-, slik- en kleideeltjies bestaan. Sanddeeltjies is groot. Siltdeeltjies is kleiner. Kleideeltjies is die kleinste. Die verhoudings van hierdie deeltjies in die grond gee die grond sy besondere eienskappe. Kleiagtige grond het 'n hoë verhouding van kleideeltjies. Sanderige grond bevat 'n hoë verhouding van sanddeeltjies. Siltagtige grond bevat 'n hoë verhouding van siltdeeltjies. Leemgrond het 'n mengsel van al drie die deeltjies en humus (verrotte plant- en dierematerie). Stap 2 Versamel grondmonsters uit verskillende areas. Leerders onderskei tussen die eienskappe van die verskillende grondmonsters. Hulle kyk na voorkoms, tekstuur, reuk, soepelheid wanneer 'n bietjie water by elke steekproef gevoeg is. Stap 3 Leerders maak 'n geannoteerde diagram om te illustreer hoedat grond deur natuurlike prosesse gevorm word. Hulle verwys na verwering (wind, water, hitte en koue); vervoer van deeltjies (deur wind en water); afsetting van deeltjies; en vermenging van deeltjies (deur erdwurms ens.). Stap 4 Leerders doen 'n navorsingswerkstuk oor: maniere waarop tegnologiese produkte en prosesse (besproeiing, vore, windbrekers, organiese kompostoediening, bedekking, ens.) die gehalte van onvrugbare grond vir die kweek van gewasse kan verbeter. Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Verskillende grondtipes met gebruikmaking van toepaslike woordeskat beskrywe

(met verwysing na hul eienskappe)? • Die verwering van gesteentes, vervoer en afsetting van grondseiltjies korrek

verduidelik? • Deur korrekte gedetailleerde inligting te verskaf, maniere beskrywe waarop

grondvrugbaarheid verbeter word?

Page 61: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 58 -

METODOLOGIE Klasbespreking, navorsing HULPBRONNE Hulpbronmateriale

NW stringe

Materie en Materiale – eienskappe van grond Lewe en Lewendes – grond as 'n habitat vir plante en diere Energie en Verandering – wind en water INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – mense, hulpbronne en die omgewing, populasieverspreiding

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag √

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 36 DIE EIENSKAPPE VAN GROND

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Grond: die boonste laag op land wat uit klein deeltjies bestaan • Tekstuur: die gevoel en voorkoms van 'n oppervlak, veral hoe skurf of glad dit is • Kapasiteit: 'n maat van die hoeveelheid wat deur iets bevat of ingehou kan word • Vrugbare grond: beskrywe grond wat ryk is aan voedingstowwe wat nodig is om

die groei van gesonde plante te handhaaf • Volhoubaarheid: om natuurlike hulpbronne te benut sonder om die ekologiese

balans te vernietig. • Eienskappe van grond: tipes deeltjies waaruit die grond bestaan;vermoë om

water te bevat;vermoë om hitte te absorbeer en dan uit te straal.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.3 6.3.3

Ondersoeke oor grond Stap 1 BEPLAN Klaar 'n fokusvraag op om 'n ondersoek te begin na die eienskappe van grond. Voorbeelde van Vrae: Wat is die verhouding van sand, klei, slik en humus in verskillende

grondtipes? Hoeveel water kan verskillende grondtipes behou? Hoeveel hitte kan verskillende grondtipes opneem en uitstraal? Weeg verskillende grondtipes ewe veel (indien jy dieselfde volume

neem)? Waarvan hang hul gewig af? Wat is die beste mengsel van grond om plante in te kweek?

Stap 2 Beskrywe die inligting wat nodig is om die fokusvraag te beantwoord: Stap 3 VOER UIT Voer die ondersoek uit deur apparaat op te stel en aspekte van grondeienskappe te meet. (Maak verskeie waarnemings of metings oor 'n tydperk.) Teken waarnemings op rekordblad aan.

Page 62: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 59 -

Stap 4 EVALUEER Skryf 'n verslag wat die volgende bevat:

Fokusvraag Metode Resultate (maak verskeie waarnemings of metings oor 'n tydperk) Grafieke, tekeninge, voorbeelde, modelle (wat ookal van toepassing is). Wat het jy oor die eienskappe van grond geleer? Het die ondersoek jou vraag beantwoord? (verduidelik)

Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Gepaste vrae formuleer om die verskillende eienskappe van grond te

ondersoek? • Aktiwiteite opstel om die grondtipes te ondersoek? • Gepaste en akkurate waarnemings maak? • Hul waarnemings akkuraat aanteken? • 'n Akkurate, gedetailleerde verslag skryf? • Indien van toepassing, grafieke trek (gepaste opskrif, gepaste skaal,

geëtiketteerde asse met eenhede, datapunte korrek aangebring)?

METODOLOGIE Ondersoekaktiwiteite

HULPBRONNE Grondmonsters, bottels, water, maatsilinders en bekers, papierkoppies, termometers, sade, (saailinge), weegskale, ens.

NW stringe

Lewe en Lewendes – die skakel tussen grond en plantegroei Materie en Materiale – eienskappe van materiale INTEGRASIE

Leerareas Wiskunde – meting, grafiese voorlegging van data Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite √

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing □

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering √

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING

Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 37 FOSSIELE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Fossiele: oorblyfsels van 'n dier of plant uit vroeëre tye wat in gesteentes

bewaar gebly het • Fossielbrandstowwe: energiegewende stowwe wat van prehistoriese

organismes afkomstig is • Fossilering: die proses waardeur fossiele gevorm word Die organiese

chemikalieë in 'n dooie diere- of planteliggaam word deur anorganiese chemikalieë vervang, wat die liggaam so hard soos klip laat word

• Natuurrampe: Gebeurtenisse soos oorstromings, aardbewings, vulkane, erge droogtes ens.

• Fossielafdrukke: Voetspore van diere of afdrukke van blare ens. wat in modder gemaak is, wat sedertdien hard geword en gesteentes gevorm het

Page 63: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 60 -

• Fossielafgietsels: presiese driedimensionele kopieë van die dele van plante of

diere wat gefossileer het. • Sedimentêre gesteente: gesteentes wat gevorm is uit lae modder of sediment • Sedimentêre gesteentelae: die lae wat in sedimentêre gesteentes gesien kan

word.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.3

LU 6.3.1

Stap 1 Verduidelik hoedat die klimaat en omgewing op aarde oor miljoene jare verander het. Lewende dinge het gedurende dieselfde tyd verander. Die getuienis vir hierdie veranderende lewensvorms word in fossiele bewaar. Fossiele word in sedimentêre gesteentes aangetref. Verskillende fossiele word in verskillende lae van sedimentêre gesteentes aangetref. Die posisie van die lae help om die ouderdom van die fossiele te bepaal. Ander wetenskaplike metodes word ook gebruik om uit te vind hoe oud fossiele is (bv. radiokoolstofdatering ens.). Stap 2 Leerders beskryf die kenmerke wat een kategorie van fossiele (uit prente of werklike fossiele) van 'n ander kategorie van fossiele (bv. plante, skulpe, diere, ens.) onderskei. Baie fossiele lyk dieselfde as lewende plante en diere, maar is nie presies dieselfde nie. Leerders beskrywe die ooreenkomste en verskille tussen lewende organismes en verwante fossiele. Stap 3 Voorsien inligting oor hoedat fossiele gevorm word. Leerders vors na hoedat fossiele in sedimentêre gesteentes gevorm word. Hulle stel hul eie notas saam. Maak ’n tekening van fossilering. Sluit verduidelikende etikette in. Stap 4

Stap 4 Leerders beskrywe die omgewingsprobleme uit die verlede, die hede, en die moontlike toekoms wat aanpassing deur plante en diere, of uitsterwing weens klimaat- of omgewingsverandering, veroorsaak. Stap 6 Besoek 'n museum of fossielpark om voorbeelde van werklike fossiele te sien. Vertoon DVD's oor fossiele. Stap 7 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Verskillende fossiele met gebruikmaking van toepaslike woordeskat beskrywe

(met verwysing na hul struktuur)? • Verskillende fossiele met lewende organismes vergelyk, deur na hul

ooreenkomste en verskille te verwys? • Die vorming van fossiele korrek verduidelik deur te skryf en te teken? • Begryp dat sommige omgewingsprobleme die oorlewing van spesies op aarde

sou kon beïnvloed?

METODOLOGIE Bespreking en onthou van inligting, navorsing HULPBRONNE Prente van fossiele, DVD's en boeke oor fossiele

Page 64: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 61 -

NW

stringe Lewe en Lewendes – aanpassings van plante en diere by veranderende omgewingstoestande INTEGRASIE

Leerareas Sosiale Wetenskappe – fossiele, en om die verlede te ondersoek Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □

Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak □

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings √

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

WEEK 38 FOSSIELBRANDSTOWWE

WETENSKAP-LIKE

GELETTERD-HEID

Definieer kortliks die konsepte: • Fossielbrandstowwe: ru-olie, steenkool en aardgas (gevorm uit die gefossileerde

oorblyfsels van oerplante en -diere) • Steenkool: 'n fossielbrandstof in sedimentêre gesteentes gevorm uit die

oorblyfsels van oerplante • Ru-olie: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels van

oerseediere gevorm is • Aardgas: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels

van oerseediere gevorm is, en saam met ru-olie aangetref word • Kweekhuisgasse: gasse soos koolstofdioksied en metaan wat sonligenergie

absorbeer en in die aarde se atmosfeer vashou, en die moontlike oorsaak van aardverwarming is

• Kweekhuiseffek: Die verwarming van die aarde se atmosfeer wanneer gasse sonligenergie in die atmosfeer vasvang

• Aardverwarming: 'n algemene styging in die gemiddelde temperatuur van die aarde se atmosfeer

• Klimaatverandering: langtermynveranderings in die weer van die aarde se klimaatstreke.

AANTEKENINGE oor HOE

LU 6.2.1 – 6.2.3 LU 6.3.1

Stap 1 Vorming van fossielbrandstowwe Verduidelik hoedat steenkool, ru-olie en aardgas gevorm word. Leerders maak 'n tekening met notas om te verduidelik hoedat olie en steenkool gevorm word. Stap 2 Verbrand van fossielbrandstowwe Demonstreer deur 'n teelepel motorolie (wat van ru-olie gemaak is) in 'n blik buite te verbrand. Laat leerders op die rook en slegte reuk let. Verduidelik hoedat die verbrand van fossielbrandstowwe kweekhuisgasse (metaal en koolstofdioksied) afgee, sowel as besoedeling (roet ens.) veroorsaak. Die kweekhuisgasse vang sonligenergie in die atmosfeer vas, en is die moontlike oorsaak van aardverwarming. Aardverwarming kan klimaatverandering tot gevolg hê. Snelle klimaatsverandering kan die oorlewing van baie lewende spesies bedreig, met inbegrip van die mens, indien hulle nie vinnig kan aanpas nie.

Page 65: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 62 -

Stap 3 Leerders doen navorsing en skryf oor maniere om minder fossielbrandstowwe te gebruik (bv. maniere om elektrisiteit en petrol ens. te bespaar. Stap 4 Verduidelik die moontlike negatiewe uitwerking wat aardverhitting (weens die gebruik van fossielbrandstowwe) op Suid-Afrika se weer kan hê (bv. slegte weer – klimaatverandering). Leerders verduidelik (teken en skryf) hoedat klimaatverandering gronderosie kan verhoog of verhinder. Leerders suggereer (skryf en teken) hoedat klimaatverandering plant- en dierelewe kan bedreig (bv. ysbere ens.). Stap 5 Kontroleer die leerders se kennis. Kan leerders: • Met gebruikmaking van toepaslike woordeskat, beskrywe hoedat verskillende

fossielbrandstowwe gevorm word? • Begryp hoedat die verbrand van fossielbrandstowwe die omgewing beïnvloed? • Geskikte inligting kry oor maniere waarop fossielbrandstowwe spaarsaam

gebruik kan word? • Begryp dat weertoestande wat as gevolg van aardverwarming versleg,

gronderosie kan versnel of verminder?

METODOLOGIE Demonstrasie, bespreking, skryf en teken HULPBRONNE Boeke, motorolie, blik, vuurhoutjies, teelepel, DVD's

NW stringe

Energie en Verandering – verskillende brandstowwe as bronne van energie Lewe en Lewendes – die impak van 'n veranderende omgewing op plante en diere INTEGRASIE

Leerareas Tegnologie – 'n blik op 'groen uitvindsels' (energiebesparende toestelle)

Selfassessering □ Portuurassessering □ Groepassessering □ Onderwyserassessering □ Ondersoekaktiwiteite □

Gevallestudies □

Breinkaarte □

Projekte □

Nabootsings □

Konsepkaarte □

Navorsing √

Rollespel □

Dinkskrumtake □

Werkopdrag □

Vertaaltaak √

Funksionele skryfwerk √

Prestasiegebaseerde assessering □

Onderhoude □

Voorleggings □

Praktiese demonstrasie □

Vraelyste □ Ander:

ASSESSERING Onthou: Teken

leerderprestasie op Formele

Assesseringstake aan

Toets □

Gestruktureerde vrae □ Ander:

Page 66: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

-

- 63 -

WEEK 3 VOORSTELLE VIR KONSOLIDERING: o Sterrebeelde: Vors stories oor sterrebeelde uit ander kulture na, en rapporteer deur die stories te

vertel. o Gesteentes: Vors na, skryf en teken hoedat verskillende soorte gesteentes en juwele gebruik word

vir geboue, juweliersware, standbeelde, grafstene. o Grondtipes: Vors na, skryf, en lê inligting voor oor verskillende boerderymetodes in verskillende

grondtipes (bv. die kweek van rys in rysakkers). o Fossiele: Vind uit, teken en skryf oor plant- en dierefossiele in Suid-Afrika (bv. Karoofossiele). o Daar word dikwels na Suid-Afrika as die "Wieg van die Mensdom" verwys. Verduidelik en werk

deeglik uit. (Skryf en teken.) o Uitsterwing: Vind uit, teken en skryf oor plante en diere wat uitgesterf het of kan uitsterf (bv. die

kwagga).

WEEK 40 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6 Die onderwyser kan die vrae as deel van 'n assesseringstaak gebruik

LU 2 AS 1 Vra woordeskat en spel van woorde. LU 2 AS 1 Leerders noem en beskryf (skryf en lê voor) verskillende hemelliggame (ruimtevoorwerpe). LU 2 AS 1 Beskrywe die verskil tussen gesteentes (sedimentêre, metamorfiese en

stollingsgesteentes). Gee voorbeelde van waarvoor hulle gebruik word. LU 2 AS 2 Gee 'n lys van 3-6 eienskappe van grond. Leerders kan dit in 3 groepe kategoriseer. LU 2 AS 1 Vra leerders om 'n ekostelsel en 'n habitat met verwysing na alle lewende en nie-lewende

faktore in die ekostelsel te beskrywe. LU 1 AS 1 Gee 'n fokusvraag om vir die beste grond vir 'n plant te toets. LU 1 AS 2 Verduidelik hoedat jy die toets sal opteken. LU 1 AS 1 Beskrywe wat jy as die bes moontlike grond vir 'n plant voorspel. LU 3 AS 1 Beskrywe soortgelyke probleme en oplossings in die eie samelewing en ander

samelewings in die hede, die verlede en die moontlike toekoms, deur na fossiele te verwys. LU 3 AS 1 Hoe het die ontdekking van fossiele ons gehelp om gebeurtenisse in die verlede, die hede,

en moontlike toekoms te begryp?

Page 67: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

DEEL DRIE: BYLAE WETENSKAPLIKE ONDERSOEK: GRAAD 6

'n Gids tot ondersoeke vir onderwysers en hul leerders Identifiseer 'n aspek van 'n natuurverskynsel (plante, diere, die weer, klippe, brand, elektrisiteit ens.) wat jy wil ondersoek. Wanneer jy iets ondersoek, vind jy meer daaromtrent uit deur iets waar te neem of te meet wat van nature voorkom (deur bv. die daaglikse natuurlike veranderings in die weer waar te neem en te meet). Jy kan ook ondersoek instel na wat gebeur wanneer jy iets doen om 'n natuurverskynsel te beïnvloed (bv. deur sout of suiker by water te voeg om te sien of dit die temperatuur van kokende water beïnvloed). Jy kan ook ondersoek instel oor hoe om iets te maak wat met 'n natuurverskynsel verband hou (bv. hoe om jou huis in warm weer koeler te maak). Jy kan die volgende formaat gebruik om jou deur 'n ondersoek te lei. LU1 AS1: BEPLAN ’N ONDERSOEK NB: Hierdie deel word as 'n klas gedoen, met 'n onderwyser en leerders A. Wat weet ons reeds?

1. Kies 'n onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek. 2. Maak 'n breinkaart van alles wat jy van die onderwerp / natuurverskynsel weet.

B. Wat wil ons nog meer uitvind?

1. Onderwyser help leerders om vrae te stel oor wat hulle nog meer oor die onderwerp wil weet.

2. Onderwyser skryf al die vrae op die bord. 3. Onderwyser en leerders besluit watter van die vrae dit moontlik is om in 'n

klaskamersituasie te ondersoek, en watter nie (sou in boeke nagevors kon word). 4. Onderwyser en leerders identifiseer een spesifieke vraag om te ondersoek.

LU1 AS1 : PLAN NB: die volgende deel word deur leerders gedoen Wat wil ons uitvind?

1. Besluit oor die volgende: • Watter inligting, apparaat of materiaal sal jy nodig hê? • Wat sal julle moet waarneem of meet of versamel? • Hoeveel keer gaan julle waarnemings maak of metings neem? • Watter meetinstrumente gaan julle benodig? • Waar gaan julle jul metings aanteken? (in watter formaat) • Watter veiligheidsmaatreëls moet julle tref?

2. Onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek (skryf). 3. Jou ondersoekvraag (skryf) 4. Vorm 'n hipotese oor jou ondersoekvraag. (Skryf: Ek dink die volgende gaan gebeur, want

...) LU1 AS2 : VOER DIE ONDERSOEK UIT EN VERSAMEL DATA C. Wat moet ons doen om uit te vind?

1. Skryf al die stappe neer wat jy moet doen om die ondersoek uit te voer. 2. Gebruik die apparaat om 'n geskikte prosedure uit te voer (verken die materiale, maak 'n

reeks waarnemings of metings ens.). 3. Teken jou waarnemings en metings op 'n geskikte manier aan (in 'n tabel, 'n tekening ens.).

LU1 AS3 : EVALUEER DATA EN KOMMUNIKEER BEVINDINGS D. Wat vertel die resultate ons?

1. Doen verslag oor wat jy gedoen het. 2. Verduidelik wat jy geleer het (skryf, teken, beantwoord vrae). 3. Besluit of die ondersoek jou oorspronklike vraag suksesvol beantwoord het of nie (skryf) 4. Besluit of jou hipotese gesteun was of nie. (skryf) 5. Het jy nog ander vrae vir verdere ondersoeke? (skryf) 6. Gee 'n alledaagse voorbeeld van iets wat jy uit hierdie ondersoek geleer het.

Page 68: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

Assesseringsinstrument vir NW-ondersoeke String: _____________________ Onderwerp_____________ ASSESSERINGSTAAK _______________________________ Vorm van assessering: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK vir Graad 6 NS LU 1 AS 1 Plan Leerder was in staat om vorige kennis by te dra Leerder was in staat om 'n aspek te identifiseer wat ondersoek kan word Die leerder kon die volgende beskrywe die inligting wat nodig was om die vraag te beantwoord 1 punt elk = 3 punte

Kommentaar:

LO1 AS2 Voer uit

Kon alleen besluit (bepaal) watter toepaslike inligting, materiaal en apparaat vir die ondersoek benodig word

3 punte

Kon met hulp van die onderwyser besluit (bepaal) watter toepaslike inligting, materiaal en apparaat vir die ondersoek benodig word

2 punte

Leerders het gesukkel om te besluit (bepaal) / het wanopvattings gehad oor watter toepaslike inligting, materiaal en apparaat vir die ondersoek benodig word.

1 punt

Nie gedoen nie

0 Was self in staat om die

korrekte stappe neer te skryf en hulle veilig en noukeurig uit te voer

5 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser die korrekte stappe neer te skryf en uit te voer

3 punte

Leerders het gesukkel om die stappe neer te skryf en uit te voer, selfs met hulp van die onderwyser

1 punt

Nie gedoen nie

0 Was self in staat om

noukeurige, gedetailleerde en akkurate metings en waarnemings te doen. 6 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser metings en waarnemings korrek te doen 4 punte

Leerders het gesukkel om selfs met hulp van die onderwyser metings en waarnemings te doen 2 punte

Nie gedoen nie 0

LO1 AS3 Evalueer

Kon alleen, in detail en korrek oor hul prosedure verslag doen (skryf, teken en etiketteer)

5 punte

Kon met hulp van onderwyser korrek oor hul prosedure verslag doen (skryf, teken en etiketteer)

3 punte

Het gesukkel om oor hul prosedure verslag doen (praat, skryf, teken en etiketteer)

1 punt

Nie gedoen nie

0 Kon sonder hulp van

onderwyser in detail verduidelik wat geleer is, kon hierdie kennis na ander situasies herlei

6 punte

Kon met hulp van onderwyser verduidelik wat geleer is

4 punte

Leerder het gesukkel om te verduidelik wat geleer is, het 'n paar wanopvattings gehad

2 punte

Nie gedoen nie.

0

Leerder se gedrag was goed. Werk was fluks gedoen. Werk was netjies gedoen. Halwe punt elk = totaal 2 punte: ________ Leerder het opgeruim..

Totale punte 30: ______ Onderwyser: _______________ Datum: ___/___/2009

Page 69: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

- i -

DEEL VIER: WETENSKAPLIKE GELETTERDHEID

Woordelys A Aangepas: plante en diere wat verander het om by die huidige omstandighede te pas. Aardgas: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels van oerseediere en -plante gevorm is, en saam met ru-olie aangetref word. Aardjaar: die tydperk wat dit die aarde neem om een omwenteling rondom die son te voltooi. (365¼ dae) Aardmateriale: lug, water, gesteentes en grond Aardverwarming: wêreldwye temperatuurtoenames weens vasgevangde sonligenergie, veroorsaak deur 'kweekhuisgasse'. Sommige gevolge van aardverwarming is: smelt van poolysbedekking, styging in die seevlak, en klimaatsverandering. Afloop: reënwater wat nie in die grond wegsak nie. Afsetting: wanneer gronddeeltjies weggewaai of weggespoel, en elders afgeset word. As: die denkbeeldige as waar die aarde om draai. Asemhaling: die handeling waardeur lug ingeneem word wat ryk aan suurstof is, en lug uitgeblaas word wat ryk aan koolstofdioksied is Atmosfeer: (lug) mengsel van gasse rondom 'n planeet. B Bestuiwing: wanneer stuifmeel vanaf die manlike deel van 'n plant (die meeldraad) na die vroulike deel (die stamper) oorgedra word. Bevrugting: die saamvoeg van manlike en vroulike seksselle om 'n nuwe individu te vorm. Beweging van hitte-energie: Energie beweeg altyd vanaf 'n warmer plek of voorwerp na 'n koeler plek of voorwerp. Bindweefsel: die weefsel wat bene in 'n gewrig aanmekaar hou. Biodiversiteit: "bio" beteken "lewe"; "diversiteit" beteken 'n verskeidenheid – d.w.s. baie verskillende soorte lewende organismes (plante en diere). Brandstowwe: bronne van energie (ons moet hulle gewoonlik verbrand om hitte-energie te produseer). Bron van energie: Sien energiebron. Buigbaar: iets wat in die vorm van 'n wors of 'n ring gerol en gebuig kan word. C D Diabetes: 'n ongesteldheid waar die liggaam nie in staat is om sy bloedglukosevlakke normaal te hou nie. Die maan: ons naaste buurman in die ruimte, wat om die aarde wentel. Distillering: 'n proses waar 'n vloeistof verhit word om wasem te produseer. Die wasem word dan gekondenseer deur dit af te koel sodat dit 'n suiwer vloeistof vorm. E Eienskappe van grond: grootte van deeltjies, kleur, tekstuur, reuk en buigsaamheid. Eienskappe: hoe iets lyk, voel, en wat dit doen, bv. buigsaamheid, hardheid, tekstuur, kleur, oplosbaarheid, ens. Eiers: die vroulike seksselle van diere. Ekostelsel: 'n ekostelsel sluit die lewende en nie-lewende dinge in 'n gebied, en hul interaksie met mekaar in;'n gemeenskap van plante, diere en mikroörganismes wat saam in 'n omgewing woon. Elektrisiteit: is 'n sekondêre energiebron (dit word uit 'n ander bron soos steenkool geproduseer) en word as 'n bron vir elektriese toestelle gebruik. Energie: energie is nodig om alles te laat werk of beweeg of lewe. Energiebronne: 'n bron wat 'n vorm van energie opberg of verskaf (bv. battery, vallende water). Sommige bronne bestaan uit opgebergde chemiese of meganiese energie, bv. elektriese sel, uitgerekte rekkie, hout, steenkool, water, olie ens. Sommige energiebronne is reeds aan die

Page 70: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

- ii -

beweeg, en hul beweging word as 'n energiebron gebruik, bv. vallende water, bewegende golwe, wind (bewegende lug) ens. Energie-omskakeling: wanneer energie van een vorm na 'n ander verander word, bv. in 'n gloeilamp word elektriese energie na ligenergie verander. Energie-oordrag: wanneer energie van een deel van 'n stelsel na 'n ander beweeg. Energie-oordragstelsels: 'n stelsel word uit twee of meer dele saamgestel wat energie van een plek na 'n ander verplaas (beweeg), bv. 'n voedselketting, 'n elektriese stroombaan, 'n ekostelsel, ens. Energieverlies: dit gebeur wanneer materie energie vrystel omdat die omgewing koeler is. Energiewins: dit gebeur wanneer materie energie absorbeer omdat die omgewing warmer is. Erdeware: materiale wat van gebakte klei gemaak is, bv. porseleinkoppies, blompotte, teëls. Hulle is onbuigbaar, kan versplinter, maak 'n klinkgeluid, is duursaam en waterdig. Erosie: grond of gesteentes wat oor 'n lang tydperk weens wind, water ens. wegslyt. F Faktore wat oplosbaarheid beïnvloed: prosesse of aksies wat 'n oplosbare stof vinniger of stadiger in 'n vloeistof laat oplos, soos: hoeveel daar geroer word; temperatuur van vloeistof; grootte van deeltjies van die vaste stof; hoeveelheid van die vaste stof vergeleke met die vloeistof. Fases van die Maan: soos van die aarde af waargeneem, verander die voorkoms van die Maan in 'n siklus oor 'n sekere tydperk, d.w.s. volmaan, nuwemaan, halfmaan en kwartmaan. Fases van materie: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Verhitting verander die fase vanaf vaste stof tot vloeistof tot gas, en verkoeling (hitteverlies) draai die verandering van fase om. Faseveranderings: om van een toestand na 'n ander te verander (vaste stowwe, vloeistowwe, gasse). Fossielafdrukke: Voetspore van diere of afdrukke van blare ens. wat in modder gemaak is, wat sedertdien hard geword en gesteentes gevorm het. Fossielafgietsels: presiese driedimensionele kopieë van die dele van plante of diere wat gefossileer het. Hulle word deur navorsers gemaak. Fossielbrandstowwe: ru-olie, steenkool en aardgas (gevorm uit die gefossileerde oorblyfsels van oerplante en -diere). Fossiele: oorblyfsels van 'n dier of plant uit vroeëre tye wat in gesteentes bewaar gebly het. Fossilering: die proses waardeur fossiele gevorm word. Die organiese chemikalieë in 'n dooie diere- of planteliggaam word deur anorganiese chemikalieë vervang, wat die liggaam so hard soos klip laat word. Fotosintese: die proses waardeur groen plante sonlig, koolstofdioksied n water gebruik om voedingstowwe te maak. G Gas: 'n fase van materie wat uit deeltjies bestaan wat vinnig beweeg en baie ver van mekaar is;gas het geen bepaalde vorm nie. Geabsorbeerde energie: wanneer energie verkry / geabsorbeer word of tot 'n voorwerp of materiaal bygevoeg word. Gebalanseerde dieet: wanneer voedsels wat die belangrike voedingstowwe bevat, in die korrekte hoeveelhede geëet word om gesondheid te verseker. Gevaarlik: materiale of stowwe wat nadelig vir die gesondheid kan wees en die omgewing kan beskadig. Gewasse: plante wat op 'n groot skaal vir voedsel of ander gebruike gekweek word. Gewrigte: die plek in 'n skelet waar twee bene bymekaarkom. Gewrigte maak beweging moontlik. Glas: 'n materiaal wat gemaak word deur sand te smelt wat met kalkklip en natrium karbonaat gemeng is. Eienskappe van glas: onbuigbaar, kan versplinter, maak 'n klinkgeluid, is duursaam en waterdig, brokkelrig en deurskynend. Grade Celsius (ºC ): die eenheid vir die meet van hitte-energie. Grond: die los boonste laag van die aarde bestaan uit 'n mengsel van verskillende grootte gesteentes / klippe en gronddeeltjies, en ontbonde organiese materie. H Habitat: 'n spesifieke plek binne 'n ekostelsel waar plante en diere leef en voortplant. Hardheid: vermoë om fisiese slytasie te weerstaan.

Page 71: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

- iii -

Hidrosfeer: (water en waterdamp); daardie deel van die aarde wat uit water bestaan. Hittegeleiding: die manier waarop 'n materiaal toelaat dat hitte daardeur beweeg. Hitte-insulasie: die manier waarop 'n materiaal verhoed dat hitte-energie daardeur beweeg. I Infiltrasie: beweging van water in die grond of in poreuse gesteentes in. Inheems: tuisgekweek, met oorsprong in, inlands, natuurlike groei. Inheemse kennis: kennis vanuit ons eie land. Interafhanklikheid: lewende organismes wat vir oorlewing van mekaar afhang. Hulle verskaf vir mekaar voedsel, skuiling ens. J K Katastrofiese gebeurtenisse: gebeurtenisse wat grootskaalse skade of dood veroorsaak (bv. oorstromings). Kategoriseer: om dinge saam te groeper wat dieselfde sigbare hoedanighede of eienskappe het. Kernenergie: 'n vorm van energie wat deur radioaktiewe materiale, bv. uraan en plutonium vrygestel word. Kilojoule (kJ): die eenheid om energie te meet is die Joule (J). 'n Kilojoule is 1000 Joule. Kinetiese energie (bewegingsenergie): die energie in bewegende voorwerpe of deeltjies;energiebronne wat beweeg, bv. elektrisiteit, vallende water, wind. Klank: is 'n vorm van energie wat deur 'n voorwerp geproduseer word wat vibreer. Klank kan slegs deur 'n medium (vaste stof, vloeistof, gas) beweeg. Klank kan nie deur 'n lugleegte (d.w.s. geen lug) beweeg nie;klank beweeg weg van die bronne (d.w.s. radio, hande wat klap, 'n geskree, ens.);klank word dowwer soos dit weg van die bron af beweeg. Klanksterkte: hoe hard of sag 'n geluid is. Die geluidsterkte hang af van die hoeveelheid energie wat gebruik word om die geluid te genereer. Klasse materiale – vesels, glas, erdeware, polimere (plastiekware), papier, hout, metale. Klassifiseer: Die rangskikking van voorwerpe of lewende organismes in verwante groepe volgens hul ooreenkomste. Klei: baie klein (fyn) klipdeeltjies (soms rooierig, oranje-bruin of wit van kleur). Klei behou water en is klewerig wanneer dit nat is. Kleigrond: Grond waarin daar 'n hoë verhouding van kleideeltjies is. Klimaat: weerstoestande wat oor 'n lang tydperk in 'n sekere streek waargeneem en gemeet word. Klimaatverandering: Langtermynveranderings in die weer van die aarde se klimaatstreke. Klipdeeltjies: baie klein stukkies klip. Kokende water: water wat verhit is totdat dit genoeg energie het om in gas te verander. Kondensasie: wanneer waterdamp ('n gas) afkoel en in 'n vloeistof verander. Kondenseer: wanneer 'n gas afkoel (hitte verloor) en in 'n vloeistof verander. Kookpunt: die temperatuur waar ’n vloeistof in ’n gas verander. Koolhidrate: voedsels wat as 'n vername energiebron in menslike diëte dien. Suikers, stysels en sellulose is almal koolhidrate. Kristallisering: 'n proses om kristalle te vorm deur 'n versadigde oplossing te verhit sodat die oplosmiddel verdamp. Kweekhuiseffek: 'n verskynsel waar kweekhuisgasse sonligenergie in die atmosfeer vasvang. Kweekhuisgasse: gasse (soos koolstofdioksied, metaan en ander gasse) wat energie van die son absorbeer en in die aarde se atmosfeer vashou, en die moontlike oorsaak van aardverwarming is. L Landvorms: natuurlike fisiese eienskappe van die aardoppervlak, bv. berge, riviere, valleie, ens. Leemgrond: grond van 'n hoë gehalte wat uit 'n mengsel van sand-, slik- en kleigronddeeltjies bestaan, asook humus (ontbindende plant en dieremateriaal). Lengte van dag: die aantal daglig-ure vanaf sonsopkoms tot sonsondergang. Lengte van nag: die aantal ure vanaf sonsondergang tot sonsopkoms. Lewensprosesse: die prosesse wat alle lewende dinge uitvoer: beweging, voortplanting, gevoeligheid, groei, ontlasting, asemhaling, voeding.

Page 72: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

- iv -

Litosfeer: (gesteentes en grond) soliede laag van die aarde wat die aardkors vorm. M Magnetisme: die manier waarop 'n materiaal na 'n magneet aangetrek word of nie. Materiale: vaste stowe word in groepe opgedeel, bv. metale, erdeware en polimere ens.;vaste stowwe wat nuttig is om dinge mee te maak. Materie: enigiets wat massa het en ruimte beslaan; alles op aarde en in die heelal is van materie gemaak. Materie is van atome gemaak. Meeldraad: die manlike deel (voortplantingsorgane) van 'n blom bestaan uit die helmknop en helmdraad. Meganiese stelsels: stelsels wat twee of meer bewegende dele het, bv. die bewegende dele van 'n enjin. Mengsels: twee of meer stowwe wat gemeng is en weer geskei kan word. Metale: materiale wat elektrisiteit en hitte gelei, bv. koper, tin. silwer, goud, lood, ens.; blink, hard, smeebaar, suiwer stowwe soos yster, koper, goud en silwer. Metale word in voorwerpe soos spykers, pype, metaalskerpmaker, metaallineaal gemaak. Metamorfies: gesteentes wat 'n verandering in fisiese vorm, voorkoms of aard ondergaan het. MIV/VIGS-pasiënte: mense wat met die Menslike Immuniteitsgebrekkige Virus (MIV), wat die immuunstelsel afbreek, besmet is. N Natuurlike vesels: lang, slap, sterk stringe wat van plante of diere afkomstig is, bv. in hout en papier, katoen, wol, linne ens. Natuurrampe: Gebeurtenisse soos oorstromings, aardbewings, vulkane, erge droogtes ens.). Neerslag: wanneer water uit die atmosfeer na die aarde se oppervlak val, soos reën, sneeu, ysreën, hael en dou. Nuwemaan: hierdie maanfase kom voor wanneer die maan nie deur direkte sonlig verlig is nie, en nie vir die blote oog sigbaar is nie. Die nuwemaan dui gewoonlik die begin van 'n nuwe maansiklus aan. O Om die weer te meet: 'n termometer meet die temperatuur; 'n windmeter meet die windsnelheid en rigting; 'n reënmeter meet reënval. Om te smelt is 'n verandering in toestand van 'n vaste stof na 'n vloeistof, gewoonlik deur hitte-energie veroorsaak. Omgewing: die lewende en nie-lewende milieu wat alle lewende dinge beïnvloed. Omwenteling: die beweging van 'n planeet in 'n wentelbaan soos dit rondom die son beweeg. Die beweging van 'n maan in 'n wentelbaan soos dit rondom 'n planeet beweeg. Ongewerweldes: (insekte, wurms, slakke, skaaldiere, spinnekoppe, duisendpote); die meeste het 'n eksterne skelet (eksoskelet). Onoplosbare stowwe: stowwe wat nie in 'n vloeistof kan oplos nie (bv teeblare of sanddeeltjies in water). Ontbinder: 'n organisme wat die dooie oorblyfsels van plante en liggame van diere afbreek. Ontkieming: sade ontkiem wanneer hulle begin groei en hul eerste wortel en loot ontwikkel. Ontlasting: die verwydering van afvalprodukte van metabolisme (sweet en urine) deur 'n lewende organisme. Opgeloste stof: 'n vaste stof wat in 'n vloeistof oplos en 'n oplossing vorm. Oplos: wanneer 'n vaste stof met 'n vloeistof meng en lyk asof dit in die vloeistof verdwyn, en dus nie gesien kan word nie. Oplosbaar: stowwe wat in 'n vloeistof kan oplos is oplosbaar (bv. suiker). Oplosbaarheid: die vermoë van 'n stof om op te los. Oplosbare stowwe: stowwe wat oplos (lyk asof dit verdwyn) wanneer dit met 'n vloeistof gemeng word (bv. suiker in water gemeng). Oplosmiddel: die vloeistof waarin 'n vaste stof oplos. Oplossing: 'n spesiale mengsel waarin 'n vaste stof, vloeistof of gas in 'n vloeistof, bv. soutwater oplos. Opvanggebied: natuurlike areas waar reënwater opdam, soos vleie, mere, ens.

Page 73: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

- v -

Organismes: enige lewende dinge, bv. diere en plante. P Paraffien: energiebron in 'n huishouding: vloeibare brandstof wat gebruik word om kos gaar te maak. Wanneer paraffien per ongeluk aan die brand slaan, is die vlamme baie warm en moeilik om te beheer. Paring: wanneer die manlike en vroulike diere van dieselfde spesie bymekaar kom sodat die manlike een spermselle in die vroulike een se liggaam kan deponeer om haar eiers te bevrug. Penis en testikels: manlike geslagsorgane in diere. Planete: voorwerpe in die ruimte wat in 'n wentelbaan rondom 'n ster beweeg. Polimere (plastiekstowwe en natuurlike vesels): 'n reusagtige langkettingmolekule wat uit 'n groot aantal kleiner molekules bestaan wat saamgekoppel is, bv. plastiekstowwe, gomlastiek, plastiekvesels, poliëster ens. Polimere is buigbare, sterk isoleerders van hitte en elektrisiteit, duursaam, brand wanneer aangesteek. Sommige plastiekstowwe is deurskynend en ander is ondeursigtig (kan nie deur hulle sien nie). Potensiële energie (opgebergde energie): energie in 'n opgebergde vorm wat werk kan doen wanneer dit losgelaat word, bv. 'n battery. sel, gomlastiekband, chemikalieë, brandstof ens. Primêre verbruikers (planteters): diere wat slegs plante eet. Produsent: 'n organisme (bv. 'n plant), aan die begin van 'n voedselketting, wat nie nodig het om te eet nie, maar sy eie voedsel maak. Proteïene: voedsels wat gebruik word om die liggaam op te bou. Vleis, vis, eiers, bone en neute bevat proteïene. Q R Reënval: die hoeveelheid reën wat op 'n bepaalde tydstip in 'n gebied val. Relatiewe beweging: bv. die beweging van die aarde in verhouding tot die son – wentel om die son; die beweging van die maan in verhouding tot die aarde – wentel om die aarde, ens. Relatiewe posisie: posisie van die son, maan en aarde in verhouding tot mekaar in die heelal, bv. die son is in die middel van die sonnestelsel, en die planete is in wentelbane op vasgestelde afstande rondom die son. Mane wentel rondom planete, wat saam rondom die son wentel. Roes: 'n chemiese reaksie tussen yster (waar dit ookal is) en suurstof uit die lug. Rotasie: die draai van planete of mane om hul eie asse. Ru-olie: 'n fossielbrandstof wat in sedimentêre gesteentes uit die oorblyfsels van oerseediere gevorm is. S Saadknoppe: bevat die vroulike seksselle van 'n blomplant. Saadverspreiding: om saad in verskillende rigtings te versprei. Sand: groter, lig gekleurde korreltjies (klipdeeltjies), soos woestynsand en seesand. Sanderige grond: grond wat 'n hoë verhouding van sandkorrels bevat. Satelliet: enige voorwerp in die ruimte wat om 'n ander voorwerp wentel. Sedimentêre gesteentes: gesteentes wat gevorm word uit materiaal wat as lae sediment in water neergelê word. Seisoene: 'n periode van die jaar wat deur 'n duidelike klimaat gedefinieer word, (bv. winter, lente). Sekondêre verbruikers (alles-eters en vleiseters): tweedevlakverbruikers – diere wat sowel plante as diere, of slegs ander diere eet. Seksuele voortplanting: voortplanting waar daar twee ouers betrokke is. By seksuele voortplanting vind bevrugting plaas. By plante word sade na bevrugting geproduseer. Senings: die weefsel wat 'n spier aan 'n been heg. Skakelaars: die komponente in 'n elektriese stroombaan wat die stroombaan hetsy oopmaak (onderbreek) of toemaak (voltooi). Skeiding: 'n proses waardeur vaste stowwe geskei word. Skelet (menslik) – dele: skedel, kakebeen, ruggraat (werwels). ribbekas, voorbeen of arm (humerus, radius en ulna), agterbeen of bene (femur, tibia, fibula), skouer (skouerblad, sleutelbeen) en heupgordel, voete en hande.

Page 74: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

- vi -

Slik: baie klein poeieragtige klipdeeltjies wat in grond aangetref word. Slikgrond: Grond wat 'n hoë verhouding slikdeeltjies bevat. Smeltende ys: ys smelt wanneer dit genoeg energie verkry om in 'n vloeistof te verander. Smeltpunt: die temperatuur waar ’n vaste stof in ’n vloeistof verander. Soepelheid: die vermoë om te buig of van vorm te verander sonder om te breek. Solidifisering: wanneer 'n stof, soos water, solied word. Son: die ster in die middel van ons sonnestelsel. Sonnestelsel: 'n ster, tesame met die planete, mane, asteroïede, komete en stof wat daaromheen wentel. Sonverhitting: gebruik van energie vanaf die son om water te verhit. Sosiale patrone: alleenlopende diere, pare, troppe, kuddes, kolonies. Spermselle: die manlike seksselle van diere. Spesies: organismes met dieselfde sigbare eienskappe wat slegs met hul eie soort kan voortplant. Spiere: liggaamsweefsel wat saamtrek om beweging te veroorsaak;tipes spiere, bv. biseps, triseps. Spysvertering: die proses waardeur voedsel in eenvoudige chemiese samestellings opgebreek word. Spysverteringstelsel: die organe wat help met die proses om voedsel te verteer; dit bestaan uit die mond, speekselkliere, slukderm, maag, lewer, pankreas, dunderm, en dikderm. Steenkool: 'n fossielbrandstof in die vorm van sedimentêre gesteentes van die oorblyfsels van oerplante. Stelsel: 'n stelsel word gemaak uit twee of meer dele wat saam werk. In 'n stelsel word energie van een deel van die stelsel na 'n ander oorgedra. Sterre: gasvormige massas in die ruimte wat energie genereer. Sterrebeeld: patrone van sterre soos dit vanaf die aarde gesien word. Die patrone bly op een plek, maar soos die aarde beweeg verskuif hulle in die lug. Sterrestelsel: 'n versameling sterre, planete, gas en ruimtestof. Stol: wanneer 'n vloeistof afkoel (hitte verloor) en in 'n vaste stof verander. Stollingsgesteente: gesteente wat deur intense hitte en die stolling van vulkaniese magma gevorm word. Stowwe: tipes materie wat in die natuur kan bestaan of wat gemaak kan word. Strata: die lae wat in sedimentêre gesteentes gesien kan word. Stroombaan: die sirkelvormige baan waarlangs elektrisiteit vanaf die bron na die toestel en terug na die bron vloei. Die elektrisiteit sal nie vloei as die baan nie heel is nie. Stuifmeel: bevat die manlike seksselle van 'n blomplant. T Teel: om voort te plant. Tegnologie: dinge wat mense gemaak het om hulle te help om dinge te doen en probleme op te los. Tekstuur: hoedat 'n materiaal voel wanneer jy daaraan raak of dit tussen jou vingers vryf. Temperatuur: 'n numeriese maat van hitte of koue in grade Celsius (°C). Termiese energie: hitte-energie. Termometer: 'n instrument wat gebruik word om temperatuur te meet. Tersiêre verbruikers: bv. mens, krokodil, ens.; derdevlakverbruikers. Toonhoogte: hoë of lae klanke. Note het 'n hoë toonhoogte (hoë klank) of 'n lae toonhoogte (lae klank). Die toonhoogte hang af van die materiaal of lug wat in 'n voorwerp of musiekinstrument vibreer;hoe vinniger die vibrasies, hoe hoër die toonhoogte. Tydelike verandering: verandering in 'n stof wat nie permanent is nie – dit kan weer tot die oorspronklike vorm terug verander word. U V Vaste stof: materie met 'n vaste vorm, beslaan ruimte; kan nie afgegiet word nie, deeltjies baie na aan mekaar.

Page 75: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre...Bydrae tot aardverwarming Stap 4 Leerders beskrywe hoedat energie in (1) 'n voedselketting, en (2) 'n fiets oorgedra word. Stap 5 Ondersoek

- vii -

Vegetatiewe voortplanting: voortplanting in plante sonder sade. 'n Tipe aseksuele voortplanting in plante. Die ouerplant kan 'n nuwe plant uit 'n deel van sy steel, wortel of blaar maak. Verbranding: die verbrandingsproses waarby suurstof, 'n brandstof en hitte betrokke is. Verbruiker (planteters, vleiseters en alles-eters): 'n organisme wat van ander organismes in 'n voedselketting leef. Verdamp: Wanneer 'n vloeistof verhit word en in 'n gas verander. Verdamping: die proses waardeur 'n vloeistof (bv. water) in 'n gas (waterdamp) verander. Verhittingsdrade: spesiale drade wat warm word wanneer 'n elektriese stroom daardeur beweeg, bv. soos in ysters, verwarmers, waterverwarmers, ketels. Versteen: om van los sediment na soliede rots te verander. Verweerde gesteentes: gesteentes wat deur blootstelling aan die weer beskadig is. Verwering: fisiese, chemiese of biologiese opbreek van klippe in kleiner deeltjies;die opbreek van gesteentes in kleiner deeltjies deur wind, water, hitte en koue. Vette en olies: voedsels (olyfolie, botter, vet) wat as 'n bron van energie dien en dele van die liggaam soos die senustelsel in stand hou. Vibrasies: vinnige bewegings deur 'n voorwerp gemaak (voel bv. die vibrasies wat van 'n luidspreker kom). Vitamiene en minerale: spesiale voedingstowwe wat in klein hoeveelhede nodig is vir normale groei en aktiwiteit in die liggaam. Vleiseters: diere wat ander diere eet. Vloeistof: 'n fase van materie;deeltjies in 'n vloeistof beweeg ten opsigte van mekaar, kan afgegiet word, neem die vorm van die houer aan, beslaan ruimte, deeltjies raak, maar is verder van mekaar as by vaste stowwe. Voedingstowwe: stowwe in ons kos wat voeding voorsien: koolhidrate, proteïene, vitamiene en minerale, vette en olies. Voedselketting: 'n voedselketting toon aan wie vir wie in 'n ekostelsel eet;die vloei van energie in die natuur deur lewende organismes. 'n Reeks organismes waardeur energie in 'n ekostelsel deurgegee word. Voedselpiramiede: 'n piramiedevormige diagram wat as gids na die vernaamste voedselgroepe dien, en na die aanbevole hoeveelhede wat vir 'n gebalanseerde dieet geëet moet word. Volhoubaarheid: om natuurlike hulpbronne te benut sonder om die ekologiese balans te vernietig. Volmaan: 'n fase van die maan waar die volle gesig sigbaar is (wanneer die maan rond lyk),dit kom ongeveer halfpad deur die maansiklus voor. Vorms van energie: bv. hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit. Vrugbeginsel en uterus en vagina: vroulike geslagsorgane in diere. Vrugblaar: vroulike deel van 'n blom – bestaan uit die stamper, stampersteel en vrugbeginsel. Vrugblaar: vroulike deel van 'n blom – bestaan uit die stamper, stampersteel en vrugbeginsel. W Waarskuwingstekens / gevaarsimbole: tekens wat gevaar- of risiko-areas aandui. Waterhulpbronne: bronne van water wat nuttig of potensieel nuttig vir mense is. Watersiklus: die natuurlike herbenutting van water tussen die land, watermassas en die atmosfeer; prosesse waarvolgens die aarde se water deur die omgewing sirkuleer. Weer: temperatuur, wind, sonlig en reën wat op 'n daaglikse basis gemeet word;die toestand van die atmosfeer (temperatuur, wind, ens.) op 'n gegewe tydstip en plek. Weerspieëlde lig: lig-energie wat 'n voorwerp tref en dan in 'n ander rigting wegbons. Wentelbaan: die baan waarlangs 'n planeet rondom die son beweeg. Die baan waarlangs 'n maan rondom 'n planeet beweeg. Werweldiere: (visse, amfibieë, reptiele, voëls, soogdiere) het 'n interne skelet (endoskelet). Windkous / weerhaan: instrument om die windrigting aan te dui. X Y Z