Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie...

9
1 TUISLANDER IN HIERDIE UITGAWE MATRIEKS 2015 DURBIES GEE OM KOMPETISIE DURBIE SPEEL SY PAD OOP LOJALITEITS- VENNOOTSKAP DURBIES GROET HULLE REÜNIES DIE KOEBERGER LANK GELEDE Oud-Durbie kontak: Leonie Nel [email protected] MATRIEKS 2015 GOOI HULLE OU SKOENE AGTERNA Die einde van die eksamen het vir matriekleerders die kans gegee om weer te wys Durbies gee om Durbies 2015 matrieks het so 2 weke gelede hulle laaste vak geskryf en is almal nou reeds met ‟n welverdiende vakansie. Hulle het egter nie sommer die skool verlaat sonder om vir oulaas nog hulle merk te maak as Durbies wat omgee nie. Skooluniform is nou iets van die verlede en hulle het hulle skoene agtergelaat darem nie regtig agterna gegooi nie vir minderbevoorregtes. Twaalf jaar op die skoolbanke is uiteindelik afgesluit met seker die belangrikste eksamen van hulle lewens vir die 2015 matrieks van HSD. Ons wag opgewonde saam met hulle vir die uitslae. Hierdie is ‟n groep leerders waarop die skool weereens baie trots is en dit is natuurlik nou die voorreg van die Alumni om hierdie oud-leerders amptelik te verwelkom in ons geledere. Durbie UITGAWE 4 Nuusbrief vir oud-skoliere van HSD KWARTAAL 4/2015

Transcript of Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie...

Page 1: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

1

TUISLANDER

IN HIERDIE UITGAWE

MATRIEKS 2015

DURBIES GEE

OM

KOMPETISIE

DURBIE SPEEL

SY PAD OOP

LOJALITEITS-

VENNOOTSKAP

DURBIES GROET

HULLE

REÜNIES

DIE KOEBERGER

LANK GELEDE

Oud-Durbie kontak:

Leonie Nel

[email protected]

MATRIEKS 2015 GOOI HULLE OU SKOENE AGTERNA

Die einde van die eksamen het vir matriekleerders die kans

gegee om weer te wys Durbies gee om

Durbies 2015 matrieks het so 2 weke gelede hulle laaste vak geskryf en is

almal nou reeds met ‟n welverdiende vakansie.

Hulle het egter nie sommer die skool verlaat sonder om vir oulaas nog hulle

merk te maak as Durbies wat omgee nie. Skooluniform is nou iets van die

verlede en hulle het hulle skoene agtergelaat – darem nie regtig agterna

gegooi nie – vir minderbevoorregtes.

Twaalf jaar op die skoolbanke is uiteindelik afgesluit met seker die

belangrikste eksamen van hulle lewens vir die 2015 matrieks van HSD.

Ons wag opgewonde saam met hulle vir die uitslae. Hierdie is ‟n groep

leerders waarop die skool weereens baie trots is en dit is natuurlik nou die

voorreg van die Alumni om hierdie oud-leerders amptelik te verwelkom in

ons geledere.

Durbie

UITGAWE 4 Nuusbrief vir oud-skoliere van HSD KWARTAAL 4/2015

Page 2: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

2

MATRIEKAFSKEID 2015

2015 se matrieks het hulle spesiale glansryke aand baie

geniet en almal se koppe laat draai in daardie pragtige

uitrustings. Genoeg gesê – kyk self!

Geniet julle sorgvrye vakansie en sterkte met die spanning om te wag vir daardie uitslae. Ons vertrou dat dit aan julle verwagtinge sal voldoen!

UIT DIE NUUSBRIEFKANTOOR:

Die skool sluit hierdie week vir, ek glo, ‟n welverdiende vakansie vir een en elk.

Hierdie laaste kwartaal was op Durbie-gebied een van lekker aktief wees, omgee, groet en nuwe fases betree, met die graad 11s wat gaan roei het op die Oranjerivier, oorhandiging van ‟n tjek van fondse ingesamel deur die jaar aan Operation Smile, matriekafskeid en skoolbanke groet.

Die Durbie Dash was ‟n reusesukses en deelnemers het hulle voorgeneem om terug te wees volgende jaar, hierdie keer by Meerendal.

As julle nog moet registreer op Alumnet, volg net die skakel van die skool se webblad (Oud-skoliere seksie) af. Die Alumnet is ontwerp om data van oud-Durbies alles in een databasis saam te vat sodat skakeling maklik kan geskied na bv „n jaargroep vir die

reël van „n reünie of om lied en leed te deel.

Laat weet asb. die skool wanneer daar begin beplan word aan reünies vir volgende jaar of as jy wonder oor ‟n reünie van jou jaargroep. Alumni-baadjies is beskikbaar en kan by Leonie Nel bestel word teen R450 elk. Dit is in al die groottes beskikbaar en sy het voorbeelde om aan te pas. Agterop word die matriekjaartal geborduur.

Ons beplan om in 2016 die Alumni uit te brei om ook ouers, onderwysers en sommer net vriende van die skool in te sluit. Lees verder aan oor ‟n kompetisie om ‟n geskikte naam vir hierdie nuwe groep te kry. Ons is werklik baie opgewonde om die nuwe groepe ook deel te maak van ons netwerk!

Ons wens elke Durbie-vriend, -oudleerder en –ouer ‟n geseënde Kersfees saam met geliefdes en vriende. Geniet die ruskansie en kom veilig terug!

Groete uit die Nuusbriefkantoor.

Christelle (Matriek 1988)

Page 3: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

3

DURBIES GEE OM

In pas met die seisoen, het ons skool gedurende die jaar hard gewerk aan omgee-aksies in die gemeenskap en ook daarbuite.

Die Studenteraad van HSD het gedurende die afgelope jaar verskeie fondsinsamelings gehou om geld in te samel vir Operation Smile. Hier oorhandig hulle ’n tjek van R60 000 aan Braam Malherbe van Operation Smile. Dit is ’n organisasie wat hulle daarvoor beywer om kinders, wat een of ander gebrek aan hulle gesigte het, te help om ’n mooi glimlag te kry.

Durbies het egter nie daar gestop nie en hulle ontvang in November ’n toekenning van die WP Bloedoortappingsdiens vir die skool wat die beste bydrae tot bloedskenkings gelewer het in 2015. Durbies het kwartaalliks geleenthede om bloed te skenk sommer by die skool. Daar vloei beslis trotse Durbie-bloed in ons are!

Page 4: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

4

DURBIES ALUMNI SPAN HULLE SEILE WYER Durbies Alumni is baie opgewonde om die netwerk uit te brei vanaf 2016. Hierdie behoefte het ontstaan toe ons tot die besef gekom het dat daar mense is wat langer deel van die skool was in verskillende hoedanighede wat strek oor, in die meeste gevalle, veel meer jare as bloot die 5 jaar as leerder van die skool. Natuurlik is Alumni nie die korrekte benaming vir hierdie opwindende nuwe netwerk nie. Vandaar die idee om die vloer oop te gooi vir oorspronklike idees vir ’n naam vir hierdie netwerk...

Het jy al geregisteer op die AlumNet? NEE?

Doen dit sommer nou! Dis maklik… Besoek die skool se webblad,

www.durbanvillehs.co.za. Gaan na die ‘Oud-skoliere’ subblad, en

klik op die ‘Databasis skakel’.

Page 5: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

5

DURBIE SPEEL SY PAD OOP

Dis wonderlik om te sien hoe Oud-Durbies

betrokke raak en ‘n verskil in leerders van

Hoërskool Durbanville se lewens maak.

Twee jaar gelede het Hoërskool Durbanville Rugby „n leerdersprojek geloods waar talentvolle seuns die geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville wat „n verskil wil maak.

Die suksesse van hierdie program, was vanjaar duidelik in die skool se rugbyspanne se uitslae in die WP Premierliga sowel as die 7‟s spanne se uitslae te sien.

Kirsten Adams het vanjaar in sy finale jaar by Hoërskool Durbanville aangesluit. Oud-Durbie, Le Roux van Niekerk het deur hul maatskappy, Seyfert Corrugated, „n familie-maatskappy, betrokke geraak om hierdie geleentheid vir Kirsten moontlik te maak.

Kirsten het „n puik werksetiek en lei deur sy voorbeeld. Hierdie talentvolle rugbyspeler het vanjaar spanne se verdedigers laat bontstaan. Met die hulp van die skool se sportkantoor is Kirsten se CV opgedateer en verskeie universiteite, unies en sportagente gekontak om moontlike deure vir hom oop te maak. Kirsten het kontrakte en studiebeurse van die Bulle-, Valke- sowel as die Boland-Rugbyunies ontvang.

Hierdie is „n voorbeeld dat enigiets moontlik is deur harde werk en die regte ondersteuning.

Deur die betrokkenheid van Le Roux Van Niekerk en Seyfert Corrugated is hierdie geleenthede vir Kirsten moontlik gemaak. Dis vir ons baie spesiaal as oud-leerders „n daadwerlike verskil in „n Durbie se lewe maak! Dankie, ons waardeer jul ondersteuning opreg!

Voorspoed Kirsten, ons sal jou vordering fyn dophou en staan 100% agter jou!

Artikel deur: Freddie Brooks

KWIKSPAR ONDERSTEUN

HSD MET TROTS

Op die foto links gooi Craig Thomas, eienaar van Durbanville Kwikspar, oorkant die skool, sy aankoopstrokie in die “Loyalty Entry Box”. „n Persentasie van alle verkope op hierdie en ander aankoopstrokies van lojale Durbie-vriende, -ouers, -leerders en hulle vriende word aan HSD Alumni oorbetaal.

Dankie aan Durbanville Kwikspar wat op hierdie manier betrokke raak!

Ons herinner almal om hulle strokies hier in te gooi en so te help om die gemeenskap en die skool te laat hande vat.

Page 6: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

6

DURBIES GROET HULLE

Durbies neem afskeid van 5 personeellede aan die einde van hierdie jaar.

Op die foto hierbo is hulle almal met hulle mooi afskeidblomme saam met mnr. Germishuys (skoolhoof), v.l.n.r.: Ilouise Marais - sy was in diens sedert 2011; Maria Viviers (Rademan – matriek 2007) – sy was in diens sedert 2013 en gaan nou meer aandag gee aan haar musiekloopbaan, maar sal steeds die koor afrig; Annie Roux, reeds in diens vir 32 jaar en sy tree nou af; Issie Joubert – sedert 2004; Maryna Scheepers – hierdie dame was op die personeel vanaf 1976 tot 1979 en toe weer sedert 1996.

Ons wens hulle alles van die beste toe met die nuwe fases in elkeen se lewe en verwelkom hulle solank as deel van die nuwe netwerk van Durbies. Hierdie dames het soveel herinneringe versamel in hulle jare by die skool en ons sal dit graag nog met almal wil deel.

Vervolg op bladsy 7

Page 7: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

7

Vervolg vanaf bladsy 6 Ons het vir (tannie) Annie gaan vra om vir ons ‟n paar herinneringe neer te pen vir Tuislander: “Aan die einde van September 1983 kry ek die pos by die Hoërskool Durbanville. Die volgende aand brand die Gimnasium (wat reeds versier was vir die matriek-afskeid) af. Dr Firmani (skoolhoof) skakel my en vra of dit nou is soos dinge gaan wees as ek by die skool werk. Gelukkig was my 32 jaar by die skool, behalwe vir 3 uitsonderings, sonder groot probleme en onaangename ondervindings. Die 3 uitsonderings vir my was toe Jaco Cloete by die swembad in „n duikongeluk verlam is en die ongeluk op die Vissershok pad toe vier van ons leerders en „n fietsryer in een ongeluk gesterf het. Ook die dag toe personeellid, Schalk Brink, naby die skool in „n motorfiets ongeluk betrokke was, en ek op die toneel afgekom het. Dit was vir ons as Durbies baie traumatiese gebeurtenisse. Deur die jare het ons baie leerders en onnies aan die dood afgestaan en die spesiale seremonie wat ons elke jaar in die gedenktuin hou om hierdie mense te eer, is vir my „n wonderlike tradisie. (Meneer Germishuys se idee)

Aan die positiewe kant was daar al die wonderlike leerders en personeel wat in die 32 jaar wat ek hier was my lewe verryk het. Die Blaasorkesoptredes, Lentekonserte, uitstappies na Maynhardtville, matriekafskeide, Ko-ed en Interskole byeenkomste, musiekblyspele en eenbedrywe en sommer net die kontak met al die onnies met hulle eie „expertise‟ gee „n mens se lewe net „n ander dimensie. Die lekkerste jare was toe ek nog die afwesigheid gedoen het en die siek leerders versorg het. Waar is die dag wat „n seun in my kantoor instap met „n koppiespeld in sy oog. Iemand het hom met „n kettie (met „n papierglyer en „n rekkie gemaak) geskiet. „n Volgende keer het „n seun met „n mes gespeel en sy hand tussen die duim en wysvinger oopgesny. Hy kom in die gang af met die bloed wat uit die wond pomp en sover soos hy loop, is dit net rooi. Nadat ek hom dokter toe geneem het en tuis besorg het, kry ek eers die bewerasies en wil net omkap. Gelukkig was daar sekretaresses wat omgee en kom lawe het. Dr Firmani sal ek altyd onthou as die hoof wat sy Italiaanse liedjies in die gange gesing het, meneer Bezuidenhout vir sy besonder brawe vertolking van Farao in „Joseph‟ en meneer Germishuys vir sy deelname aan „n modeparade by die skool saam met „n nuwe personeel wat hy nog glad nie geken het nie. Dit is „n besondere voorreg om julle almal te ken –personeel, hoofde, leerders en ouers uit die verlede, maar ook huidig. Die herinneringe aan al die goeie tye saam sal my altyd bybly. Gelukkig kan ek op Facebook bybly met hoe dit met julle gaan en wat julle doen. “

Issie Joubert het ook ‟n boodskap vir ons:

Totsiens Durbies! My verbintenis met julle sal altyd vir my „n kosbare kleinood bly. Ek het in 2004 deel geword van Hoёrskool Durbanville. Ek het vanaf „n plattelandse dorp Vryburg gekom - my man het altyd gesê ons woon elders, dit is daar warm en droog! Ek is hier ontvang met „n plattelandse warmte en ek was baie gou „n Durbie. Ek het Wiskunde Graad 8 tot 12 en Wiskundige Geletterdheid Graad 10 tot 12 onderrig, My klaskamer, kamer 15, het die mooiste uitsig en as dit gereёn het, kon ek en my leerders kyk hoe die eende op die rugbyveld swem, veral as die Wiskunde stresvol was. Mnr Germishuys, me Ackermann, my kollegas en die leerders van Hoёrskool Durbanville het my wonderlike geleenthede gegee om saam te groei – in die klaskamer, tydens Wiskunde Olimpiades, op die atletiekveld, langs die netbalbane en dogterskrieketveld. Ek was en is baie gelukkig hier. In 2007 is ek aangestel as graadhoof en ook hier het ek geleer dat moeilike rebelse tieners ontwikkel in pragtige jong volwassenes wat hul plek volstaan in die gemeenskap. Ons jeug is goed. Ek glo in hulle en met sulke mooi jongmense het ons skool en land „n mooi toekoms. Carpe Diem. Voorspoed personeel en leerders van Hoёrskool Durbanville. Groete Issie Joubert

Page 8: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

8

JACO HET KOM KUIER Jaco Cloete het kom kuier by die skool. Dit is van hom wat Annie (links op die foto) vertel in haar herinneringe hierbo wat die ongeluk in die swembad gehad het in 1984. Ook saam op die

foto is Gina Mantel-Böhr. Jaco is vandag werksaam by Wallace Anderson-huis in Riversdal. Hierdie man kan waarlik getuig van deursettingsvermoë. Hy het in November ’n operasie ondergaan en ons wens hom ’n speodige herstel. Tuislander sien uit om in 2016 ’n bietjie meer van hom te berig.

DURBIES HOU REÜNIE – 1975 matrieks herdenk 40 jaar

Page 9: Durbie TUISLANDER · geleentheid gebied word om hul skoolloopbaan by HSD voort te sit. Hierdie projek word gedryf deur privaatmaatskappye, oud-skoliere en vriende van Durbanville

9

DIE KOEBERGER – 27 jaar gelede...

Wie kan dit nog onthou en wie kan nog van hierdie met ons deel?