DieBurger, bl. 18 Studenteryersslaags...DieBurger,bl. 18 SPORT Vrydag 27 Junie 2008 WES...
Transcript of DieBurger, bl. 18 Studenteryersslaags...DieBurger,bl. 18 SPORT Vrydag 27 Junie 2008 WES...
-
Vrydag 27 Junie 2008SPORTDie Burger, bl. 18
WESKAAPSE SPORTKALENDER
Rugby
Sewe maak nog aanspraakDIE Superliga B-kompetisie in die Weste-like Provinsie verloop tans baie interes-sant met sewe van die tien rugbyklubs watnog ’n kans staan om met die titel weg teloop.
Die naweek vind ’n paar sleutelwed-stryde plaas.
Collegians, saam met Kuilsrivier dievoorlopers, kry besoek van Young Peoples.Laasgenoemde het in die jongste tyd voor-treflike spel opgedis en die Lentegeur-spansal dus nie op sy louere kan rus nie.
Indien Collegians vasval en Kraaifon-tein klop in ’n wegwedstryd die sterk spanvan Primrose, kan die Kraaie die nuwevoorlopers op die puntelys word.
Bellville-Tech behoort op sy tuisveldgans te veel skietgoed te hê vir die agteros,Strand United.
Die Superliga Bprogram is (om 16:00):ROSSMEAD: Primrose t Kraaifontein; LENTEGEUR: Collegians t Young Peoples; BELLVILLESUID: BellvilleTech t Strand United.
Voorlopers dalk beproefROSES UNITED en Wesbank, onder-skeidelik eerste en tweede op die Bo-landse Premierliga-puntelys, kan dienaweek behoorlik getoets word.
Die Rose speel gasheer vir Deliciousen albei spanne beskik oor heelwat spel-brekers wat sal sorg dat die verdedigingbehoorlik beproef word.
Wesbank reis na Wellington waar hydie omgesukkelde tuisspan moet pak.Wellington se gedugte agttal het dielaaste tyd talle spanne hoofbrekens be-sorg.
Die besoekers van Malmesbury kanhulle dus maar vet smeer vir ’n moeilikedag.
Die wedstryd in Worcester tussen Vil-lagers-Worcester en Abbottsdale be-hoort ook vir vuurwerk te sorg.
Albei is bekend vir hul aanvallendebenadering en dit kan vir ’n skouspelsorg.
Die program is (om 16:00): Premierliga:WELLINGTON: Wellington t Wesbank; WORCESTER: VillagersWorcester t Abbottsdale;MONTAGU: VillagersMontagu t Rawsonville;GANSBAAI: Black Leaves t Ceres; WELLINGTON: Roses United t Delicious. SuperligaOos: GRABOUW: Grabouw t Hillcrest United;CERES: Bella Vista t Young Hamiltons; HERMANUS: Atlantics t BrandvleiPerseverance;HAWSTON: Hawston t Standards; ROBERTSON: Robertson t Hamlets. SuperligaWes:SALDANHA: Saldanha t Hopefield; VELDDRIF: Velddrif t Citrusdal; ST. HELENABAAI: St.Helenabaai t Langebaan; DARLING: Darling t Tulbagh.
George sal wil vergoed’n RILLER word môremiddag verwag wan-neer die voorloper in die Premierliga vandie Suidwestelike Distrikte, Bridgton,George op Outeniquapark die stryd aansê.
George, wat in die eerste ronde teenBridgton vasgeval het, sal alles probeer omdie bordjies op sy tuisveld te verhang.
Brian Jonathan, heelagter van die besoe-kers, wat verlede week twee keer teenSwellendam gaan druk het, se spoed voor-spel gevaar.
Jonathan beskik ook oor ’n giftige skop-skoen. Die strydros Keith Meyer (vleuel),Adrian Booysen (losskakel), Kevin Pekaan(senter) en John May (skrumskakel) is ge-vaarlike spelers met die bal in hand. Voor-langs is Teslin September (haker), PietHendricks (vaskopstut) en Jaco Manewil(slot) tans goed op stryk.
’n Klipharde derby word tussen Groot-
Brakrivier en die Barbarians verwag.Albei spanne het verlede week goeie oor-
winnings behaal en werk hard om die half-eindronde te haal.
Die program is: Premierliga: Progress t Evergreens; GrootBrakrivier t Barbarians; Heidelbergt Blanco; George t Bridgton; Swellendam t Crusaders. Presidentsliga: Uniondale t Knysna United; Oudtshoorn t Willowmore; Prins Albert t Collegians; Bonnievale Blue Birds t Silver Stars; Mosselbaai t Albertinia; Wolverines t Bonnievale United; Perseverance t Riversdal Blues; All Blacks tJaguars. Loslootjies: Buffaloes en Kango United.
Landbouspelers in aksieVUURWERK kan môre op Saasveld ver-wag word wanneer die SA Pannar-rugby-week vir landboukolleges om 12:00 begin.
Die spanne wat deelneem, is Elsenburg,Cedara, Grootfontein, Ford Cox, Potchef-stroom, NMMU, Pannar- akademiese spanen Pannar-uitnodigingspan.
Die toernooi word deur die Nelson Man-dela Metropolitaanse Universiteit aange-
bied. Volgende week se wedstryde is opMaandag en Woensdag van 12:00. Die eind-stryd begin Vrydag om 11:00.
Ná die toernooi word ’n SA Landboukol-lege-span gekies wat op 7 Julie teen ’n o.21-span van die Arende sal speel.. Vir navrae skakel die kampus by
044 801 5111.
Skolerugby
Drie toernooie in WKaapONDANKS die winter-skoolvakansie isdaar vir rugbygeesdriftiges tog heelwat indie komende week te sien.
Van die vier nasionale skooltoernooiewat Maandag begin, word drie in die Wes-Kaap afgehandel.
Die Akademieweek vir o.18-spanne skopin George af en die LSOB-Cravenweek (virleerlinge met spesiale onderwysbehoeftes)word in Kuilsrivier afgehandel.
Die Cravenweek vir o.13-spanne begin indie Paarl.
Die Hoërskool Outeniqua speel gasheervir die Akademieweek, die Hoërskool JanKriel huisves die LSOB-toernooi en dieCravenweek vir laerskoolspanne vind opdie velde van die Hoërskool Paarl Gimna-sium plaas. In al drie gevalle begin die ver-rigtinge Maandag om 08:30.
Die programme vir die onderskeie openingsdaeis:
o.18AKADEMIEWEEK: Aveld: 08:30: Namibië t Grensplatteland; 09:50; Luiperdsplattelandt Griekwasplatteland; 11:10: Griffons t OPplatteland; 12:30: Boland t Blou Bulle; 13:50: Griekwast Luiperds; 15:45: Openingseremonie; 16:00:SWD t Gauteng Leeus. Bveld: 08:30: Griffonsplatteland t Mpumalangaplatteland; 09:50: Valke(Suid) t KwaZuluNatalplatteland; 11:10: Grenst Vrystaat; 12:30: Mpumalanga t OP; 13:50: WPt Valke; 16:00: Limpopo t KwaZuluNatal.
LSOBCRAVENWEEK: Aveld: 08:30: Openingsrede: 09:30: Lynx (Privaatskole) t Valke;10:50: Goue Leeus t Blou Bulle (BuitengewoneOnderwys); 12:10: Griffons t Goue Leeus (Buitengewone Onderwys); 13:30: SWD t Vrystaat;14:50: OosKaap t Mpumalanga; 16:10: WP tKwaZuluNatal. Bveld: 09:50: Blou Bulle t Lynxontwikkelingspan; 11:10: Boland t Luiperds.
o.13CRAVENWEEK: Cveld: 08:30: Grens tGriekwas. Dveld: 08:30: Namibië t Zimbabwe. Aveld: 09:00: OP t Blou Bulle; 10:00: Griffons tGrensplatteland; 11:00: Vrystaat t Mpumalanga;12:00: Boland t Valke; 13:00: SWD t Limpopo;
14:00: Openingseremonie; 15:00: KwaZuluNatalt Gauteng Leeus; 16:00: WP t Luiperds.
Sokker
Kampioen pak RDP UnitedDIE pad na glorie begin môre vir 256spanne in die Coca-Colabeker-uitklopkom-petisie onder die vaandel van Safa-Kaap-stad.
Swaar reën het verlede week die wed-stryde in dié winsgewende kompetisie indie wiele gery.
Al die voorbereidings is nou vir die na-week getref en die organiseerders sal duimvashou die weer laat die aksie voortgaan.
Dit is die 13de keer dat dié kompetisiegehou word.
Intussen val die fokus op WoodlandsUnited – die verdedigende kampioen – inmôre se skouspel.
Hy kom in Atlantis teen RDP United testaan en met sterre soos Dominigue Wit-booi, Jonathan Mafumbie, Denver Bre-
denkamp en Kendal Henricks in sy gele-dere gaan hy hard werk om sy titel te ver-dedig.
Van die belangrikste wedstryde môre is (om13:00 tensy vermeld): BONTEHEUWEL: Red Tigers t Heath Athletic, Ravensmead t HanoverPark FC, Wayside Wanderers t Young Chiefs(15:00), Saxon Rovers t Wanderers X1 (15:00);SYMPHONY PARK: Lwandle FC t Leeds Lentegeur, City Bucks t Wolverhampton; GRASSYPARK: Blue Downs Spurs t Bluebells United,Young Pirates t Golden United, Stephanian Ottery t Mandalay FC (albei 15:00); MANENBERG:Macassar United t Edgemead Goodwood, Parkwood FC t Stantree United (albei 15:00); ATLANTIS: RDP United t Arsenal, Silver City t Strandfontein, Liverpool t Tafelsig City (15:00); WILLIAMHERBERT: Goal Fighters t Parma FC, SAPSHout Bay t Cyclone FC, Silver Spurs t Crusaders(15:00), Rovers FC t Eerste River FC (16:45), Dalmans Midas t Golden Gate (18:45); ROCKLANDS: Hasco United t LiverpoolPortland, TPShepherds t Santos FC, Ashley Rovers t St.Marks 15:00), Bayhill United t Hout Bay United,Juventus AFC t Zion Stars, Cedar United t Guguletu FC (almal 15:00); HEIDEVELD: Bayview t CTPirates, Colville United t Young Lions; MANDELASTADION: Beacon Pirates t CT Collections; JOHNSON ROAD (Rylands): Peugeot International t Valencia United, Rockafellas tShockwave FC (15:00); TURFHALL PARK: Hazendal United t Meadowridge FC, Young Visitorst Bridgetown FC (15:00).
Skolesokker
Princeton nog onoorwonne?DIE onoorwonne en huidige voorloper,die Hoërskool Princeton, sal môre op dieRocklands-sportterrein deeglik op dieproef gestel word.
Hy sal teen ’n begeesterde Kwanufundo-span te staan kom.
Hulle ding mee in die ronde van dielaaste 16 in die Mr Price-uitklopreeks virhoërskole. Princeton het al ses ligawed-stryde gewen en loop voor met 18 punte.
Kwanufundo het egter in die vorigeronde bewys hy stuit vir niemand nie.
Die wedstryd tussen Manyano enKampsbaai kan ook ’n taai kragmetingwees.
Die program is: 09:30: Thembelihle t Glendale;Luhlaza t Tafelsig; Princeton t Kwanufundo; Ikamvalethu t Mondale. 10:45: Lentegeur t Bulumko;Symphony t Harry Gwala; Ocean View t Heideveld; Manyano t Kampsbaai.
Padwedlope
Hardloop by EersterivierDIE Eersterivier-klub se jaarlikse INCA-wedloop oor 15 km begin môre om 07:15 inBobsweg, suid van die Stratford PrimêreSkool in Eersterivier.
Die wedloop maak deel uit van die Powe-rade-liga in die Westelike Provinsie.
’n Westelike Provinsie-ligastapwedloopoor 10 km begin om 07:30 en ’n pretdraf-/stap oor 5 km om 07:45.
Inskrywings (R25 vir klubatlete vir die15 km-wedloop (R40 vir ander), R20 (R35)vir die 10 km-stapwedloop vir seniors enR7,50 (R15,50) vir juniors en R5 vir almalvir die pretdraf-/stap) kan van 06:00 by diewegspring gedoen word.
Prysgeld word verdien deur die voorsteatlete oor die eindstreep in al die ouder-domsafdelings vir mans en vroue.
Senior, meester- (40+) en junior mans- envroue-spanpryse is ook op die spel.
Medaljes word toegeken aan almal watdie wedlope binne die afsnytyd om 09:00voltooi.. Rig navrae aan Johannes Kampfer (084 462
7431) of Gary Pekeur (072 216 4092).
Nuwe baadjie vir wedloopDIE gewilde jaarlikse Outeniqua-wedloop
oor 10 km spog vanjaar met ’n splinter-nuwe baadjie, hoofborg en sal voortaan asdie Outeniqua Topgear-10 km bekendstaan.
Die wedloop begin en eindig by die Ge-orge-perdryklub en die wegspring is môreom 08:00.
Inskrywings kan van 07:00 by die weg-springplek gedoen word.
Inskryfgeld is R25 vir klubatlete en ’n ty-delike lisensie kos R15 vir nie-geregi-streerde atlete.
Alle atlete wat die wedloop voltooi, sal’n bronsmedalje ontvang met ’n silwerme-dalje aan die eerste 50 atlete.
Die afsnytyd is 1 uur en 30 minute.. Vir inligting bel Doepie by 084 501 0168.
Skolehokkie
Toernooi in ObservatoryHOKKIEGEESDRIFTIGES kan uitsien naopwindende provinsiale junior toernooiewat aanstaande week in die Wes-Kaap be-slis word.
Die nasionale toernooi vir seuns o.16word van Maandag tot 4 Julie by Hartley-vale in Observatory aangebied.
Nóg o.16-spanne van die Westelike Pro-vinsie, die Boland en Suidwestelike Dis-trikte meet van môre tot Maandag kragtein Stellenbosch.
Die WP word deur ’n Protea-, Disa- en Ze-bra-span by die plaaslike toernooie ver-teenwoordig en die Boland deur ’n Bar-linka-, Shiraz- en Pinotage-span.
Die seuns o.18-streekspanne se toernooiword van 1 tot 3 Julie in Stellenbosch ge-hou.
Dié meisiestoernooie vir o.18- en o.16-spanne vind onderskeidelik van Maandagtot 2 Julie en van 3 tot 5 Julie plaas op dieastro-turfbane in Wynberg.
Muurbal
Jonges spook dit uitSUID-AFRIKA se beste jong muurbalspe-lers, waaronder verskeie van die Weste-like Provinsie en die Boland se blinkste
sterre, kom aanstaande week in Stellen-bosch teen mekaar te staan.
Die provinsiale junior (o.19-) toernooibegin môre en duur tot Donderdag.
Spelers van die Westelike Provinsie soosZachary Abrahams, Sidney Arendse enDavid Blackburn onder die seuns en Ro-byn Bartie, Phillipa Lodge en JacquiFranckling-Smith van die WP-meisiespan,asook Pikkie Swanepoel, Andries Scha-bort, Lizane Vlok en Marike Coetzee vandie Boland-span kan van die grootste uit-blinkers in die toernooi wees.
Kanovaart
Slyp voor BergmarathonMÔRE se kano-wedvaart is die laaste een-daagse K1-wedvaart op die plaaslike kalen-der voor die Bergrivier-marathon, wat van9 tot 12 Julie plaasvind.
Die wedvaart oor 28 km begin môre om10:00 by die Lady Loch-brug inWellingtonen eindig by Hermon.
Registrasie is van 08:30..Vir meer inligting besoek www.milnertonca
noeclub.co.za.
Skolenetbal
Glendale sal moet uithaal’n BULSTRYD word voorspel wanneer dieHoërskool Spine Road swaarde kruis metdie omgekrapte span van Glendale.
Dié netbalspanne speel môre op dieRocklands-sportterrein in Mitchells Plainin ’n skole-ligawedstryd van Mr Price.
Glendale, wat onlangs sy tweede neder-laag gely het, moet wen om in die titel-wed-loop te bly.
Princeton is die ligavoorloper en spogmet 35 ligapunte ná sewe kragmetings.
Hy is die gunsteling om sy wedstryd teenWestridge te wen.
Môre se program is: 09:00: Rocklands t Lentegeur; Cloetesville t Woodlands. 10:15: Strandfontein t Beacon Hill; Spine Road t Glendale. 11:15:Oval North t Tafelsig; Princeton t Westridge.
. Stuur inligting oor plaaslike sportgebeurevoor Donderdag om 14:00 per epos [email protected] of per faks na(021) 406 3817.
Ntsikelelo Phama (links, spelers se speler van die jaar), Keenan Lesch (sportman van diejaar) en Angelo Julius (speler van die jaar) is onlangs in Parow by die sokkerklub Vascoda Gama se prysuitdeling vereer. Die Parowelftal het verlede maand die nasionale Vodacomliga se uitspeeltoernooi in Potchefstroom gewen en promosie gekry om in die nasionaleEerste Liga (kusstreek) te speel. Foto: JOSEPH PILLAY
Die Wêreldtouspringbyeenkoms sal eersdaags die eerste keer in Afrika – en spesifiekSuidAfrika en Kaapstad – gehou word. Dié byeenkoms word tweejaarliks aangebied. Ditword deur die SA Gimnastiekfederasie gereël en 19 lande het reeds aangedui dat hullegaan deelneem. Dit begin op 23 Julie in die Goeie Hoopsentrum. ’n Nasionale span van62 touspringers is ná ’n oefenkamp in Maart in Bloemfontein gekies. Die SA junior seunspan het in 2006 in Toronto ’n goue en twee silwermedaljes gewen. Foto: VERSKAF
JONG KAPENAAR SOEK DIÉ TITEL
Christopher Elliott, ’n 17jarige lyfplankryer van Houtbaai, mik volgende maand na sy eerste SA titel in die junior afdeling vandie gewilde Wedge Classic. Meer as 200 deelnemers skryf gewoonlik in. Dit begin op 8 Julie in Plettenbergbaai en is die laastebyeenkoms in vanjaar se reeks. Elliott het vroeër koning gekraai in die Cape Classic, wat in Kaapstad gehou is. Hy het sy visieregter nou op die algehele titel gestel. Foto: MICHEL DEICONT
Taal van snoekvolkweer (’n wyle?) gehoor
SNOEKENTJIES en ywe.Kyk! Kyk net waar jy wil. Dis net waar
jy kyk blinklywe.Die voëls draai oor die skuide en tel-
kens swaai een weg na waar die lug grysis van meeue wat duik en raas. Iemandop die boeg het nog ’n skool oppie hori-son gesien. Kyk daar! Soentoe, soentoe,roep die uitkyk vir die skipper.
Só begin die snoek laasweek by Yzer-fontein loop. Dankie jirre, word gebid.Ook in Houtbaai se deinings het ’n paarskole die naweek kom draai.
Net die hoë water hou die blinklywevan die rookhokke, die winkelrakke endie natsaklorries af weg. Die skuide durfnie die elemente troef nie.
En só is die taal van die snoekvolk indie gees van tradisie (vir ’n wyle?) nouweer in die Kaap te hoor.
Skippers maak weer sommetjies omherstelwerk te doen, wat in die skaarste-tyd nie gedoen kon word nie.
Teen die hange van die Muizenberg,maak die vroue inkopielyste vir skool-klere en goeters vir die kinders.
Vir hoe lank? Kan die droom waarwees?
Gawie Steyn van Langebaan probeerdié vraag antwoord. Hy ken snoek nájare so goed dat hy kan sê die meestesnoek in die land is nog altyd by Dassen-eiland ingebring.
So vier jaar gelede het die snoeklopebegin verander en het die visse mindergereeld opgedaag. Party het gedink dismaar oor die uitroeiery wat in die kreef-bedryf ook aan die gang is.
Maar die skrif was aan die muur met’n boodskap van verandering wat noudie koppe na die klimaat laat draai.
Hieroor wil Steyn hom nie uitlaat nie,maar wat hy op see sien, bring vreugde.
Net Maandag het vier van sy maters900 snoeke ingebring – vet soos net dieWeskus-snoek kan wees.
Op die winkelrakke en agter op diesmouse se natsaklorries is 900 snoekenou sowat R27 000 werd.
Dinsdag speel die ruwe see hulle weer’n “dooie hand” en sit almal op die kaai.
Woensdag bulder die skippers almalaan boord van die wagtende skuite.
Dis toe dat die seevoëls so duik en skel,sê Steyn en aan land sê hulle vir mekaar:Daar’s vis. Maar ’n enkele skuit uit Das-
sen se rigting vertel die waarheid. Dieskool loop nie dik nie.
Wat vorentoe gaan gebeur, moet jy nievir die skippers vra nie, vind ek uit toeek teen Kalkbaai se stegies uitstap omoor snoek te gaan praat. Is die vis terug?
Jan Oortjies van die Plankeberg sê hywaag dit nie uit nie. As die vis nie hoekwil vat nie, sal die vulstasie nie weer virhom brandstof op skuld gee nie.
Sy sewe handsmanne soek oral geldvir geval die snoek hier is om te bly.
Intussen is ’n klompie te voet afStrandfontein toe waar ’n paar walskip-pers ’n skool kleinvis in die oog het.Treknette lê reg en gereed.
Net by die kinders in die klipstraatjiesis daar opwinding. “Onse pa’s is see toeoom,” sê enetjie.
“My pa het gesê die snoek loop. Hygaan vir my ’n baaik koop.”
Studenteryers slaagsWatertand-fietsry begin in Boland
EUNICE VISAGIE
STELLENBOSCH. –DieMatieArnoVil-joen teendie IkeyOliverMunnikophulbergfietse by Wiesenhof.
Dít is maar net een van die watertand-vooruitsigte vir die fietsry-byeenkoms virSuid-Afrikaanse studente wat môre hierbegin.
Eerste op die agenda is die bergfietsja-ers. Hulle sal hul staal oor 35 km by Wie-senhoof toon in ’n stryd om te sien wieSuid-Afrika se voorste studente-bergfiets-ryer is.
Die Universiteit van Kaapstad se Mun-nik (Red, Mongoose) en Viljoen (Garmin)van die Universiteit van Stellenbosch isoor die algemeen twee van die land se voor-ste jaers. Dié behoort ’n interessante stryd
te wees, met Munnik wat dalk met ’n kort-kop die gunsteling is.
Wesley Augustyn van die Nelson Man-dela Metropolitaanse Universiteit(NMMU) mag egter ook nie buite rekeninggelaat word nie.
Heletje van Staden, wat soos Viljoen ’nNamibiër is wat by Maties studeer, is diegunsteling onder die vroue. Sy het al byverskeie elite-byeenkomste vanjaar grootindruk gemaak.
Maandag sal die aksie op die teerpaaievan die Boland begin.
Die Maties sal in die padwedrenne op ’nsterk span kan staatmaak wat oor die erva-ring van Viljoen en Andrew Smith beskik.
Dit is egter die span van die Universiteitvan Johannesburg (UJ) wat fyn dopgehousal word. Michael Pepper het Suid-Afrikaal op die pad én die baan verteenwoordig,
terwyl Gadi Chait ’n gereelde lid van dieSA baanspan is.
Oor die algemeen lyk die span van dieUniversiteit van Pretoria ook redeliksterk, terwyl die NMMU swaar op Augus-tyn sal steun.
Wat die vroue-afdeling betref, lyk dieMaties nie net die sterkste in getalle nie,maar met Van Staden en Ashleigh Mool-man behoort hulle die gunstelinge te wees.
Dinsdag se derde skof oor 129 km, wataan die bopunt van die Ou Helshoogtepasbegin, lyk na die taaiste.
Die Sassuprogam is: Môre: Bergfietsry byWiesenhof om 11:00. Maandag: Eerste skof oor84 km begin om 09:00 by Joostenbergpadstal;Tweede skof heuwelklim oor 2.5 km begin om14:00 by die Taalmonument in die Paarl. Dinsdag:Derde skof oor 129 km begin om 09:00 by Helshoogte. Woensdag: Vierde skof individuele tydtoets oor 13 km begin om 09:00 by Joostenbergpadstal.
Odysseywenners mik na toptienADNAAN MOHAMED
KAAPSTAD. – Die wenners van verledejaar se uitmergelende Cape Odyssey-ultra-veldwedloop, Dion Middelkoop en WilliamRobinson, asook die vrouewenners, LindaDoke en Sylvie Mazurkiewicz, gaan môreaan die Marathon du Mont Blanc in Cha-monix, Frankryk, deelneem.
Dié vier langasems was verlede jaar diealgehele wenners van die Cape Odyssey,wat oor vyf dae oor 211 km van Hermanustot Stellenbosch beslis is.
Hul deelname aan die Mont Blanc-mara-thon was verlede jaar die groot prys watdeur die borg van die Odyssey, Salomon,aangebied is.
Die ervare Middelkoop, wat reeds aanverskeie internasionale ultra-veldwedlopedeelgeneem het, sien môre se marathon as
’n geweldige uitdaging vir hom en sy span-maat, Robinson.
“Ons is ’n bietjie senuweeagtig, maar isbaie opgewonde want ons berei al sedertverlede jaar vir hierdie wedloop voor,” hetMiddelkoop vandeesweek voor hul ver-trek gesê.
Volgens Middelkoop sal sowat 2 000langasems van regoor die wêreld die roetevan 42.2 km oor strawwe terrein en asem-rowende natuurskoon pak.
“Ek het nog nie voorheen aan dié wed-loop deelgeneem nie en het geen idee watom te verwag nie. Daar is baie onbekendefaktore soos die weer en die hoë lugdrukwat op die dag ’n rol kan speel.”
Middelkoop en Robinson het na verledejaar se uitslae gekyk en uitgewerk hulle salgoed vaar en kan dalk onder die eerste 10spanne klaarmaak.
“Ons het na die ander ouens se vinnigstemarathon-tye gekyk. My beste tyd is 2 uur33 minute, maar oor die terrein wat onsdaar verwag, kyk ons na ’n tyd van sowat3 en ’n halwe uur.
“As ons dit kan hardloop, sal ons onderdie top-10 kan eindig. Dit is ons doelwit.Enigiets beter as dit sal ’n bonus wees. On-geag wat gebeur, gaan dit ’n wonderlike er-varing wees,’ het Middelkoop gesê.
Hy en sy spanmaat gaan dié wedloop ge-bruik as deel van hul voorbereiding virvanjaar se Cape Odyssey, wat van 8 tot 12Oktober plaasvind.
Die wedloop van sowat 200 km sal oor vyfdae beslis word en weer in Hermanus be-gin, maar die eindpunt gaan na die Bo-schendal-wynlandgoed skuif.. Belangstellendes kan die webwerf
www.capeodyssey.com besoek.