Die leeu en die muis - Wendy Maartens

6
Die leeu en die muis Nederigheid Eendag lank gelede, toe die maan nog van kaas gemaak was, het Koning Leeu in die bos gelê en slaap. Hy was in ’n baie slegte bui. Almal het gefluister en op hul tone gesluip om hom tog net nie wakker te maak nie. Muis het niks geweet van Koning Leeu se slegte bui nie. Hy was net oor sy honger kinders bekommerd en het heen en weer gedraf om bessies te soek. Sonder om te kyk waar hy gaan, draf hy bo-oor Koning Leeu se groot, harige voet. “Wie het my wakker gemaak?” brul Koning Leeu. “Iemand het oor my voet gedraf en my wakker gemaak!” Hy kyk kwaai rond. “Ek’s vreeslik jammer,” sê Muis met ’n piepstemmetjie. “Met wie dink jy praat jy?” brul Koning Leeu. “Ek’s vreeslik jammer, U Majesteit!” piep Muis weer en knyp sy oë styf toe. Hy wil tog nie sien as Koning Leeu hom met een van daardie groot, harige pote plat trap nie. “Vergewe my asseblief!” soebat Muis weer met sy oë nou so styf toe dat sy snorbaarde eintlik punt in die wind staan. 60

Transcript of Die leeu en die muis - Wendy Maartens

Die leeu en die muisNederigheid

Eendag lank gelede, toe die maan nog van kaas gemaak was, het Koning Leeu in die bos gelê en slaap. Hy was in ’n baie slegte bui. Almal het gefluister en op hul tone gesluip om hom tog net nie wakker te maak nie.

Muis het niks geweet van Koning Leeu se slegte bui nie. Hy was net oor sy honger kinders bekommerd en het heen en weer gedraf om bessies te soek.

Sonder om te kyk waar hy gaan, draf hy bo-oor Koning Leeu se groot, harige voet.

“Wie het my wakker gemaak?” brul Koning Leeu. “Iemand het oor my voet gedraf en my wakker gemaak!” Hy kyk kwaai rond.

“Ek’s vreeslik jammer,” sê Muis met ’n piepstemmetjie.“Met wie dink jy praat jy?” brul Koning Leeu.“Ek’s vreeslik jammer, U Majesteit!” piep

Muis weer en knyp sy oë styf toe. Hy wil tog nie sien as Koning Leeu hom met een van daardie groot, harige pote plat trap nie.

“Vergewe my asseblief!” soebat Muis weer met sy oë nou so styf toe dat sy snorbaarde eintlik punt in die wind staan.

60

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 60 2014/09/01 4:24 PM

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 61 2014/09/01 4:24 PM

“Nou goed dan!” brul Koning Leeu vies. “Maar dis die eerste en die laaste keer. Kyk volgende keer waar jy draf of jy is bokveld toe!”

“Dankie, U Majesteit!” sug Muis verlig. “Volgende keer as u in die moeilikheid is, sal ek weer vir ú help,” belowe hy en draf verder om bessies te gaan soek.

Koning Leeu lag dat die bos dreun. “Die pieperige ventjie dink hy gaan mý, die koning van die diere, eendag help. Dit sal die dag wees!”

’n Paar maande later sluip ’n jagter deur die bos en stel ’n strik. Koning Leeu stap so neus in die lug dat hy nie die strik sien nie. Voor hy weet wat hom tref, beland hy in ’n sterk vangnet. Hy brul met al sy mag, maar dit help niks. Toe veg en stoei hy teen die toue. Maar dit help ook niks. Later is hy so vasgeknoop dat hy uitasem lê en wag dat die jagter hom maar moet kom haal.

Die diere het Koning Leeu se gebrul gehoor en hardloop nader om te kyk wat aangaan.

Daar lê hul kwaai koning stert tussen die bene in die stof. Sy maan hare is so gekoek dat hulle hom skaars herken.

“Help my, asseblief,” fluister hy uitgeput. Een vir een stap die diere tot by hul koning en probeer ’n plan

beraam. En een vir een sê hulle: “U is ons groot, sterk koning. As u nie ’n plan kan beraam nie, sal nie een van ons kan nie.”

Net toe kom Muis daar aangedraf. “Dit lyk my Koning Leeu het ’n probleem?” vra hy terwyl hy op ’n veilige afstand bly staan.

“Hoogmoed kom tot ’n val ...” sug Koning Leeu moedeloos. “Niemand kan my help nie. Hulle sê as ek, die koning van die diere, nie ’n plan kan maak nie, kan hulle ook nie.”

“Onthou u dan nie?” vra Muis en staan versigtig nader. “U het ’n ruk gelede vir my ’n guns gedoen. Vandag is dit my beurt om weer vir u ’n guns te doen.”

Muis spring aan die werk. Hy knibbel en knaag die hele dag lank totdat Koning Leeu los is.

62

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 62 2014/09/01 4:24 PM

Die diere juig dat jy hulle wie weet waar kan hoor: “Drie hoera’s vir Muis! Hoera! Hoera! Hoera!”

Vandag nog praat die diere oor die dag toe Muis vir Koning Leeu geleer het dat jy met nederigheid en harde werk meer kan regkry as met al die krag in die wêreld.

Maar net Muis en sy vrou het geweet van die pak rooi pajamas met prentjies van goue krone op wat sy vir hom gemaak het. Van toe af het sy hom nou en dan “Majesteit Muis” genoem. Dan het hy net skaam geglimlag en hom verbeel hy sien ’n leeu as hy in die spieël kyk.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 63 2014/09/01 4:24 PM

64

Vir die kindBaie mense dink nederigheid beteken om ’n swakkeling te wees. Niks is verder van die waarheid nie.

’n Nederige persoon is nie iemand wat dink hy is niks werd nie. ’n Nederige persoon is iemand wat weet hy is kosbaar, maar nie

nodig het om dit vir almal te vertel nie. Hy is bereid om sy nede-righeid soos ’n onsigbare kroon te dra waarvan nét hy weet.

’n Nederige persoon is iemand wat nie nodig het om jaloers te wees op ’n maat wat iets beter kan doen nie. Hy weet elkeen van ons het ’n spesiale eienskap wat nie baie ander mense het nie en dat hy weer iets anders beter kan doen.

’n Nederige persoon behandel almal met respek ... selfs die bede-laar, die straatkind en die rondloperbrakkie.

’n Nederige persoon spog nie onnodig nie, help graag mens en dier, erken as hy ’n fout gemaak het en (glo dit of nie) gee nie om om eerste ekskuus te sê nie.

Vir die ouer en onderwyserDeur ’n kind te leer om nederig te wees, gee jy hom die ge skenk van medemenslikheid. Om nederig te wees het ’n kind nodig om van kleins af bewus gemaak te word van sy spesiale eien skappe. ’n Kind wat besef dat elke gesinslid of elke leerder in die klas uniek is, staan ’n veel beter kans om ’n gebalanseerde lid van die ge-meenskap te word.Hou in gedagte:

Arrogansie en ’n gebrek aan respek is nie iets wat skielik in ’n kind se tienerjare kop uitsteek nie. Dit het ’n lang aanloop. Pro beer die volgende om ’n kind aan te moedig om met respek te kommunikeer: – Maak seker die kind weet wat is aanvaarbaar en wat nie.

Ge bruik rolspel indien nodig.– Stuit disrespekvolle kommunikasie met: “Ekskuus?” of “Het

Vir die kindBaie mense dink nederigheid beteken om ’n swakkeling te wees.

Vir die kindBaie mense dink nederigheid beteken om ’n swakkeling te wees.

Vir die ouer en onderwyserDeur ’n kind te leer om nederig te wees, gee jy hom die ge skenk

Vir die ouer en onderwyserDeur ’n kind te leer om nederig te wees, gee jy hom die ge skenk

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 64 2014/09/01 4:24 PM

65

ek reg gehoor?” Gee die kind dan geleentheid om die fout reg te stel. Maak seker die regte poging word behoorlik ge prys.

– Herinner die kind tydens ’n gesprek aan wat van hom ver-wag word deur byvoorbeeld te sê: “Praat sagter,” of: “Stem- toon.” Of herfraseer die sin: “Mamma, mag ek ...?”

– Dissiplineer indien nodig.– Wees konsekwent. – Stel ’n voorbeeld. – Moenie spog oor wat jy bereik het of besit nie. – Nederigheid beteken om ook erkenning te gee aan diegene

wat jou help. As jy ’n kompliment kry vir die mooi tuin, hou jou kinders se aandeel in gedagte, byvoorbeeld: “Johan sny die gras, Anita trek die onkruid uit en Rina voer die goud-visse.”

– Die manier waarop jy ’n kind behandel wat verkeerd opge-tree het, spreek boekdele oor jouself. Praat kalm, behou jou waar digheid en die kind s’n. As ’n kind slegs luister wanneer jy skree, handhaaf jy nie behoorlike dissipline nie.

– Help ander. Raak as gesin betrokke by projekte in die ge-meen skap, byvoorbeeld die voorbereiding van maaltye by ’n nag skuil ing, inkopies doen vir bejaardes of die skoon-maak van ’n park.

– Wees hoflik teenoor die skoonmaker, vullisverwyderaar en be delaar.

Dis goed om vreugde oor sukses te ervaar, maar nie om daar-mee te spog nie (behalwe natuurlik by Oupa en Ouma!). Ouer mense se kennis, ervaring en wysheid verdien respek. Erken as jy ’n fout gemaak het. Vestig die kind se aandag daarop dat iemand wat nederig is, weet hoe om met aandag na ander te luister, gewillig is om te leer en bereid is om ander se behoeftes soms eerste te stel.

“’n Waarlike nederige persoon weet hy is groot, maar besef hy is nie die bron van sy grootheid nie.” – 12de-eeuse filosoof

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 65 2014/09/01 4:24 PM