Leeu baadjie

4
netwerk24.com Vrydag 16 Oktober 2015 R9,00 Beeld Leeu-plesier! Seisoenkaartjies sluit die volgende in: ) Alle 2016-Superrug- by-wedstryde (halfeind- en eindstryd uitge- sluit). ) Alle 2016-Curriebe- ker-wedstryde (half- eind- en eindstryd uit- gesluit). ) ’n Toetswedstryd. ) Eksklusiewe Sun In- ternational-voordele. ) ’n Trekking om ’n motor in Junie 2016 by Carnival City te wen. Elke 2016-seisoen- kaartjiehouer ontvang die volgende eksklusie- we voordele van Sun City en Carnival City: Carnival City ) Een nag midweek- verblyf (met ontbyt) vir twee volwassenes in die Carnival City-hotel. ) 10%-afslag op die re- kening by Harvest Grill & Wine. Sun City ) ’n Eenmalige Sun City Cabana. Koop een en kry een gratis nag vir twee persone, plus R300 se kos en drank, alles vir slegs R1 250. (Sondag tot Donderdag, skool- en openbare va- kansiedae uitgesluit. Block out-datums geld.) ) Twee komplimentêre dag-toegangskaartjies na Sun City. ) Twee komplimentêre Valley of the Waves- toegangskaartjies. ) Koop een, kry een gratis ronde gholf. ) Sun Bet-koopbewys van R350. Kaartjie-bonus

description

Beeld: Leeu-baadjie - 16 Oktober 2015

Transcript of Leeu baadjie

netwerk24.com Vrydag  16  Oktober  2015  R9,00

Beeld

Leeu­plesier!

Seisoenkaartjies sluit die volgende in:) Alle 2016-Superrug-by-wedstryde (halfeind- en eindstryd uitge-sluit).) Alle 2016-Curriebe-ker-wedstryde (half-eind- en eindstryd uit-gesluit).) ’n Toetswedstryd.) Eksklusiewe Sun In-ternational-voordele.) ’n Trekking om ’n motor in Junie 2016 by Carnival City te wen.Elke 2016-seisoen-kaartjiehouer ontvang die volgende eksklusie-we voordele van Sun City en Carnival City:Carnival City ) Een nag midweek-verblyf (met ontbyt) vir twee volwassenes in

die Carnival City-hotel.) 10%-afslag op die re-kening by Harvest Grill & Wine.Sun City ) ’n Eenmalige Sun City Cabana. Koop een en kry een gratis nag vir twee persone, plus R300 se kos en drank, alles vir slegs R1 250. (Sondag tot Donderdag, skool- en openbare va-kansiedae uitgesluit. Block out-datums geld.) ) Twee komplimentêre dag-toegangskaartjies na Sun City.) Twee komplimentêre Valley of the Waves- toegangskaartjies.) Koop een, kry een gratis ronde gholf.) Sun Bet-koopbewys van R350.

Kaartjie­bonus

2    Promosie­artikels  , Beeld Vrydag  16  Oktober  2015

MÔRE IS ‘N DAG VAN PRET EN PLESIER VIR DIE HELE GESIN BY EMIRATES AIRLINE PARK

Park

Ondersteuners kan hullegereed maak vir ’n dagvol pret en plesier by

Emirates Airline Park. Gesinne kan ’n lekker vleisie

oor die kole braai terwyl hulle na die wedstryd tussen die Xe-rox Goue Leeus en Toyota Vry-staat Cheetahs kyk. Hier is wat jy kan verwag:) Program:11:30: Hekke maak oop en vure word by die Weber-braaigebied aangesteek.13:45: Xerox Goue Leeus t. Toyota Vrystaat Cheetahs. Braai ’n vleisie en geniet die rugby.16:10: Kry spelers se handteke-ninge.16:10 tot 17:00: Die popgroep Monark tree in die stadion by die suidelike paviljoen op.17:00: Regstreekse uitsending van die Springbokke t. Wallis in die stadion. Braai (nog) ’n vlei-sie en skree vir die Bokke.

Volledige program

Hoe kom ek daar?Die meeste van die parkeer-plek om die stadion is reeds uitverkoop en ons wil graag die stadion van hoek tot kant volmaak.

Om dié rede het ons met ons vervoer-vennote geskakel om ons mense by die stadion uit te bring!. Park & Ride SA: Park & Ride-busse sal van die Cresta-winkelsentrum, East Rand Mall en Cedar Square-winkelsentrum beskikbaar weer.

Kry jou kaartjies om van dié opsie gebruik te maak by die volgende webadres: parkandridesa.co.za.. Gautrain:Die Gautrain sal van Park-stasie tot by Emirates Airline Park en terug ry.

Die ritte is van 11:00 tot nádie dag se pret en plesier om 19:30.

Gaan na gautrain.co.za virnog treintye.

Alle paaie lei na LeeukuilAlle paaie lei na Leeukuil

Vir  jou  gerief  sal  Park  &  Ride­busse,  soos  die  een  hierbo,  van  drie winkelsentrums  af  na  die  stadion  ry. 

Benewens fantastiese Curriebeker-rug-by, is daar ook heelwat ander aktiwitei-te om na uit te sien. ) Kinderspeelpark: Spur Steak Ranches rig ’n pretbelaaide kin-derspeelpark op by die noordelike hekke, waar ouers hul kinders tussen 6 jaar en 13 jaar kan laat vir pret en plesier onder streng toesig. Daar is hope aktiwiteite van 11:30 tot 19:30.) Weber-braai-gebied: Braai jou vleis ter-wyl jy die rugby kyk – soos by die huis, maar met hope meer vermaak en gees! Koop jou braaipak by die braai-gebied

vir slegs R60 of R65, afhangend van wat-ter vleis jy verkies. Die beskikbare by-kosse sluit in ’n verskeidenheid van slaaie, pap en sous.

) Spelers deelhandtekeningeuit!Maak seker dat jyop die veld iswanneer die eind-fluitjie blaas tus-sen die XeroxGoue Leeus en dieToyota VrystaatCheetahs.

Spelers sal tydneem vir foto’s enhandtekeninge –moenie dit mis-loop nie!

) Monark tree op: Maak seker jy bly ná die wedstryd wan-neer die gewilde musiekgroep Monark

optree.Hulle gaan

sorg vir ’n heerlike at-mosfeer ter-wyl daar ge-kuier word in afwagting op die uit-sending van die kwart-eindronde van die Wêreldbeker-toer-nooi.) Wêreldbeker-kwarteindstryd op ’n groot skerm:Bly saam met vriende en familie en kyk hoe die Springbokke vir Wallis aanvat in die kwarteindronde van die Wêreld-beker-toernooi.

Dié baie belangrike wedstryd word regstreeks uitgesaai van 17:00 af op die puik groot skerm binne-in Emirates Airline Park.

Bring die kinders saam vir pret – en kry handtekeninge

Die  gewilde  nuwe  groep  Monark  tree  môre  van  16:10  af  in  die  stadion  op. Die  Weber­braaigebied  se  vure  word  al  11:30  aangesteek  om  te  help  sorg  vir  die  gees.    Foto:  DEON  VAN  DER  MERWE

,  Promosie­artikels  3Vrydag  16  Oktober  2015 Beeld

JacoMarizanne  Kok

Jaco Kriel is al ’n Leeus-on-dersteuner vandat hy agtjaar oud is. Hy het ’n piep-

stem-brul gegee toe die Rooi-bontes die Curriebeker in 1999 in Durban gaan haal het. En hy het gedroom van die dag dat hy ook die trofee sou lig toe die Maanhare in 2011 ’n droogte van 12 jaar gebreek het deur die trofee in Johan-nesburg staan te maak.

Tóé was Kriel nog nie een van die voorbokke by die unie nie, maar oor ’n week kan hy dalk net die goue beker lig. Dít, sê hy egter, sal net ’n bo-nus wees.

Dis reeds die grootste voor-reg denkbaar om voor te draf in hierdie Leeus-span, sê die 26-jarige kaptein.

Hy jaag rugby-grootsheid nasaam met sy bróérs.

“Jy kan sien ons is lief vir mekaar, gee om vir mekaar. Ons bring daagliks die hele dag saam met mekaar deur en ons sien almal uit daarna.

“Ons maak grappies en bakpoetse en deel dinge. Ek is ’n ou wat hou van reguit, eerlike mense – van mense wat omgee.

“Mense wat nie dink hulle isiets nie, wat nederig bly. Dís waarna ek strewe en dís hoe-kom dit so lekker hier is.

“Almal hier is mens-mense wat nie sal dink hulle is beter as ander nie en altyd sal tyd maak vir ’n geselsie.

“Ons ís ’n familie en dit be-teken daar’s ’n gevoel van re-

kenskap. As jy drooggemaak het, móét jy hand opsteek en sê: ‘Sorry, boys, dit was my skuld.’ Want dit voel asof jy jou broers in die steek gelaat het. Maar in hierdie omgewing is dit maklik om dit te doen.

“Ons kry dit regtig reg om dit week vir week te vat.

“As ons verloor, praat ons dit uit en beweeg aan, en as ons wen, sal coach Akkies (Jo-han Ackermann) ons baie vin-nig terugbring aarde toe en herinner dat ons nog niks ge-wen het nie.”

Kriel het in die Superreeks na vore getree as ’n yster in al-le aspekte van die spel.

Hy was ’n doring in die vleesby die afbreekpunte, gevaarlik met die bal in die hand – die 44 verdedigers wat hy geklop

het en 4 m veld wat hy per lopie ge-wen het, on-derstreep dit – en een van die voorste verdedi-gers in die kom-petisie.

Hoe teleurgesteld ishy dus dat hy ná dit alles nie saam met die Springbokke Wê-reldbeker toe is nie?

“Ja, baie, natuurlik. Maar ekvind berusting daarin dat God ’n plan met ons almal het en in dié stadium wil Hy my eer-der hier by die Leeus hê. Ek is baie tevrede daarmee, want ek deel my dae met lekker mense.

“Dit gee my sommer hoen-dervel om net te dink aan die lekker tye wat ons hier het.

“Natuurlik is dit ’n droom van my om ’n Springbok te word – soos vir almal, my heel grootste rugbydroom – maar as ek my kant bring, sal God my bring waar ek moet wees,” sê Kriel.

Oor die span se onoorwonnestatus ná die groepfase van vanjaar se reeks raak Kriel en sy spanmaats nie te opgewon-de nie: “Natuurlik is dit lek-ker, veral ná die groot teleur-stelling van die Superreeks (toe die Leeus net-net die uitkloprondes misgeloop het). Maar dit beteken eint-lik net mooi niks – ons het nog niks gewen nie. Die groot tree moet nóú eers gegee word. En dáárvoor is ons reg.”

‘‘Ons  is  ’n  familie  en dit  beteken  daar’s  ’n gevoel  van  rekenskap. As  jy  drooggemaak het,  móét  jy  jou  hand opsteek  en  sê:  ‘Sorry, boys,  dit  was  my skuld.’  Want  dit  voel asof  jy  jou  broers  in die  steek  gelaat  het.—  JACO  KRIEL

Mense dink soms rugbyspe-lers hang net heeldag in die gym of op die rugbyveld rond, besig om duiksakke te be-storm of ysters te pomp.

Nee, sê Jaco Kriel, glad nie.Daar word ewe veel gelag en poetse gebak as balle rondge-gooi.

“Die grootste grapmaker inons span is ongelukkig nou beseer: ons vleuel Ruan Com-brinck.

“Hy laat ons altyd lag en isvól storietjies.

“Ricky Schroeder is self ’n ou vir wie jy moet pasop.

“En die stutte – ’n mens kannooit jou oë van ’n stut afhaal nie,” sê hy.

Kriel sê hy was nog nooit aan die ontvangkant van sy spanmaats se aapstreke nie.

“Nee, ek skaar my maar eerder by hulle.”

En is daar ’n poets waaroorhy en sy Leeus-spanmaats nou nog lag?

“Ja, ons het eendag coach Swys (de Bruin) se bakkie gesteel en onder lakens weggesteek.

“Hy’s nogal verstrooidmet sulke goed, hy sal nie eens weet waar hy sy bakkie ge-parkeer het nie.

“Dit was eintlik baie snaaks, hy’t nog-al ’n hele rukkie na daardie bakkie gesoek.” –  Marizanne Kok

Speel met die Leeus se snor

Die  Leeus  se  vuurvreter­kaptein,  Jaco  Kriel, sit  vanjaar  in  een  van  sy  span  se  tien  agter­eenvolgende  Curriebeker­oorwinnings  af  op een  van  sy  kenmerkende  lopies.  Kriel  is  een van  die  ongelukkigste  spelers  om  nie  nou  by die  Wêreldbeker­toernooi  in  Europa  saam met  die  Springbokke  te  wees  nie. 

  Foto:  DEAAN  VIVIER

Beker toe!

Sedert 1999 droom Kriel van Beker­glorie . . .

Leeu­kaptein brul al van hy 8 was

Staan agter die Leeus, hier is wat ons ondersteuners te sê het:

) Ryan Joseph Richardson: Come on Golden Lions take the victory, it’s yours to have, wis-hing all the Lions an awesome game, go get ‘em Team.) Mark Pickering: Good luck Lions. You have played fantasic rugby. Keep up the good work.) Ann Hewitt-Whitehead: Co-me on Lions, you can do it #Li-ons4Life.) Peter Marais: You go boys, you made us proud to be Lion supporters again; keep it up and bring the cup to Jozi!!! You are the best, thanks for playing such good rugby! Lion supporter for life!) Peter Whyte: Keep enjoying your rugby, you guys are great, Currie Cup is ours.) Nicolas Cocolas: See you the-re. Proud to be a Lions suppor-ter for life. Let’s go boys!!!) Angelique Mew: Good luck Lions, you can take us all the way to the finals. You have been playing awsome, keep it going.) Pierre Loock: Guys, you ha-ve inspired a lot of rugby fans around the world with your brand of rugby, your love to each other and your dedication to your fans. The next round is all about more of the same what you have been doing the whole yea. Stay humble, keep your feet on the ground, play with your heart and for each other with lo-ve and God. We, your suppor-ters, your family, is with you every step of the way. Inspire us, inspire the nation. WE LO-VE THE LIONS 4 EVER.#li-ons4life #liovche.) Adriaan Strauss: Go Lions, you can do it.) Carol-Ann Smithen Coetzee: No, not join the Lion Pride. Should be: JOIN THE GOLDEN LION PRIDE. Bring the Cup ho-me, my GOLDEN LION PRIDE.) Johan Ras: Go out, do your best, proud to be Lion suppor-ter.) Marilyn Dowson Ingram: Go Lions, go, you are the best! I have been supporting you for fifty years through thick and thin! Good luck!) Kennedy Mudzuli: No one leaves the den alive. We shall conquer. Behind you all the way!) Len Kline: Have a good one. Best wishes for a positive outco-me and thanks for being the Team that you are. A big thanks also to the support team doing great work in the background.) Beverley Sellars: Good luck to our boys! You have already made us so proud – what a fan-tastic season you have given us! You deserve the Currie Cup this year without a doubt! XXX) Bernice Schultz: Good luck, boys. You deserve this. We are behind you 100%) Steven Hodge: Boys, this is our year, this is where we makehistory again, win or loose u guys still stay my team i knowin my heart u guys give it yo-

ur all, now go out and give ityour all like u always do.

LIONS FOR LIFE. Thepack is all behind u allgood luck – not that uneed it, but hey justgo out there and showeveryone what the LI-ONS are madefrom!!!!!!!) Kenneth Har-ding: Wishing youthe best for yournext game. I willnot say luck be-cause it is not

luck but hard workthat has got you so

far. . . keep it up, weare very proud of you.

LIONS4LIFE!!!!

Ondersteuners sê: Sterkte, manne!

Ruan  Combrinck 

4    Promosie­artikels  , Beeld Vrydag  16  Oktober  2015

Xerox Goue Leeus

Ruan  Combrinck  (vleuel)Gebore:  10/05/1990;  1.83 m;  98 kg

Anthony  Volmink  (vleuel)Gebore:  10/2/1990;  1.82 m;  100 kg

Sampie  Mastriet  (vleuel)Gebore:  3/8/1990;  1.78 m;  92 kg

Rohan  Jansen  van  Rensburg  (senter) Gebore:  11/9/1994;  1.83 m;  107 kg

Howard  Mnisi  (senter)Gebore:  13/7/89;  1.83 m;   98 kg

Harold  Vorster  (senter)  Gebore:  11/10/1993;  1.88 m;  100 kg

Jaco  van  der  Walt  (veelsydig)Gebore:  1/2/1994;  1.82 m;  88 kg

Marnitz  Boshoff  (losskakel)Gebore:  11/1/1989;  1.78 m;  86 kg

Ricky  Schroeder  (skrumskakel)   Gebore:  5/1/1991;  1.69 m;  86 kg

Ross  Cronjé  (skrumskakel)Gebore:  26/7/1988;  1.80 m;  88 kg

Lohan  Jacobs  (skrumskakel)Gebore:  23/4/1991;  1.76 m;  88 kg

Warren  Whiteley  (agtsteman)Gebore:  18/9/1987;  1.93 m;  105 kg

Fabian  Booysen  (agtsteman)Gebore:  21/3/1992;  1.90 m;  106 kg

Jaco  Kriel  (losvoorspeler)Gebore:  21/8/1989;  1.84 m;  100 kg

Kwagga  Smith  (losvoorspeler)Gebore:  11/6/1993;  1.80 m;  90 kg

Steph  de  Wit  (losvoorspeler)Gebore:  1/1/1992;  1.84 m;  103 kg

Ruaan  Lerm  (losvoorspeler)Gebore:  25/3/1992;  1.90 m;  103 kg

MB  Lusaseni  (slot)Gebore:  16/12/1988;  1.96 m;  112 kg

Martin  Muller  (slot)Gebore:  23/3/1988;  1.98 m;  110 kg

Lourens  Erasmus  (slot)Gebore:  14/6/1993;  2.00 m;  118 kg

Franco  Mostert  (slot)Gebore:  27/11/1990;  1.98 m;  112 kg

Julian  Redelinghuys  (stut)Gebore:  11/09/1989;  1.76 m;  113 kg

Jacques  van  Rooyen  (stut)Gebore:  24/10/1986;  1.86 m;  122 kg

Ruan  Dreyer  (stut)Gebore:  16/9/1990;  1.86 m;  112 kg

Robbie  Coetzee  (haker)Gebore:  2/5/1989;  1.87 m;  111 kg

Mark  Pretorius  (haker)Gebore:  9/6/1992;  1.77 m;  105 kg

Malcolm  Marx  (haker)Gebore:  13/7/1994;  1.89 m;  114 kg

Agterspelers

Voorspelers

Courtnall  Skosan  (vleuel)Gebore:  24/7/1991;  1.83 m;  92 kg

Vainon  Willis  (vleuel) Gebore:  11/10/1988;  1.84 m;  93 kg

Stokkies  Hanekom  (senter)Gebore:  17/5/1989;  1.93 m;  96 kg

Andries  Coetzee  (heelagter)Gebore:  1/3/1990;  1.82 m;  90 kg

Jacques  Nel  (senter)Gebore:  17/3/1993;  1.86 m;  90 kg

Gaan môre na Emirates Airline Park en kry jou handtekeninge

Mark  Richards  (veelsydig)Gebore:  9/11/1989;  1.75 m;  82 kg

Dylan  Smith  (stut)Gebore:  26/2/1994;  1.80 m;  112 kg