Bloemnuusbl 20140919

12
VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS ’n Nuwe koerant kom Christo van Staden MET die aanbreek van die mooiste, mooiste maand kry Bloemfontein ’n nuwe koerant wat voortaan as die stad se grootste en sterkste eie koerant, twee keer per week, vir lesers en adverteerders ’n heel nuwe lees- en adverteerervaring gaan verseker. In ’n opwindende stap is besluit om twee van Media24 se plaaslike koerante in Bloemfontein te laat saamsmelt om die grootste eie koerant vir die Rosestad tot stand te bring. Die nuwe produk, wat van begin Oktober op Donderdae en Vrydae gaan verskyn, sal as Bloemnuus en Bloemnaweek bekend staan, wat neerkom op twee unieke uitgawes van dieselfde koerant. Die nuwe produkte sal die beste eienskappe van die bestaande publikasies Ons Stad en Bloemnuus saamsnoer. Die koerant kry dan ook ’n heel nuwe, moderne baadjie. Volgens Gert Coetzee, waarne- mende redakteur van die Volks- blad-groep, het die feit dat dié twee gewilde koerante die afgelope jare weekliks by hoofsaaklik dieselfde huishoudings en verspreidingspun- te afgelewer is, onnodige duplise- ring en oorvleueling veroorsaak. “Die plan is dat die nuwe Bloemnuus steeds Donderdae met ’n sterker nuusaanslag aangebied gaan word en van huis tot huis in Bloemfontein versprei gaan word. Dié koerant sal nuus bevat wat die stad se mense aan die praat het, insluitend sterk munisipale, skole-, sport- en gemeenskapsnuus. “Dié nuuskoerant se sterk aanbod sal Vrydae aangevul en versterk word met Bloemnaweek, wat sal konsentreer op naweek-, vermaak- en mensenuus, asook sportgebeure van die komende naweek. Die sleutel is vermaak en lekkerlees-inhoud.” Dié koerant gaan ’n vroliker en ligter aanslag hê en gaan nie meer van huis tot huis versprei word nie, maar wel by sleutelpunte met baie besoekers. ’n Deel van die oplaag gaan ook in plattelandse dorpe versprei word. “Die naweekkoerant se versprei- ding is gemik op ’n mark wat nie noodwendig die koerant tuis sou ontvang nie. Dit sluit dan ook besoekers aan die stad se winkel- sentrums en hospitale, asook jonger mense, in.” Bloemnaweek gaan ook in kafees en kettingwinkels beskikbaar wees. Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, gaan die redakteur van die twee nuwe koerante wees, met Ruan Bruwer, redakteur van Ons Stad, wat die nuus- en sportredak- teur word. Susna Botha is die verkoopbestuurder. Nes dié vyeboom wat bot, breek ’n nuwe era vir Ons Stad en Bloemnuus begin Oktober aan met die koms van ’n splin- ternuwe koerant. Hopelik sal die ryp wat vir môrenag voor- spel word deur weathersa.co.za nie die jong vyeblaartjies op dié foto seermaak nie. Dit sal vandag 25/0 °C in Bloem- fontein wees en more 24/-2 °C. In ons verspreidingsgebied word 18/-3 °C en 21/-4 °C vir Aliwal-Noord voorspel en vir Faure-smith 19/0 °C en 23/-1 °C. Foto: Jens Friis

description

Bloemnuusbl 20140919

Transcript of Bloemnuusbl 20140919

Page 1: Bloemnuusbl 20140919

VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

’n Nuwe koerant komChristo van Staden

MET die aanbreek van die mooiste,mooiste maand kry Bloemfontein ’nnuwe koerant wat voortaan as diestad se grootste en sterkste eiekoerant, twee keer per week, virlesers en adverteerders ’n heelnuwe lees- en adverteerervaringgaan verseker.

In ’n opwindende stap is besluitom twee van Media24 se plaaslikekoerante in Bloemfontein te laatsaamsmelt om die grootste eiekoerant vir die Rosestad tot stand

te bring.Die nuwe produk, wat van begin

Oktober op Donderdae en Vrydaegaan verskyn, sal as Bloemnuus enBloemnaweek bekend staan, watneerkom op twee unieke uitgawesvan dieselfde koerant. Die nuweprodukte sal die beste eienskappevan die bestaande publikasies OnsStad en Bloemnuus saamsnoer. Diekoerant kry dan ook ’n heel nuwe,moderne baadjie.

Volgens Gert Coetzee, waarne-mende redakteur van die Volks-blad-groep, het die feit dat dié twee

gewilde koerante die afgelope jareweekliks by hoofsaaklik dieselfdehuishoudings en verspreidingspun-te afgelewer is, onnodige duplise-ring en oorvleueling veroorsaak.

“Die plan is dat die nuweBloemnuus steeds Donderdae met ’nsterker nuusaanslag aangebiedgaan word en van huis tot huis inBloemfontein versprei gaan word.Dié koerant sal nuus bevat wat diestad se mense aan die praat het,insluitend sterk munisipale, skole-,sport- en gemeenskapsnuus.

“Dié nuuskoerant se sterk

aanbod sal Vrydae aangevul enversterk word met Bloemnaweek,wat sal konsentreer op naweek-,vermaak- en mensenuus, asooksportgebeure van die komendenaweek. Die sleutel is vermaak enlekkerlees-inhoud.”

Dié koerant gaan ’n vroliker enligter aanslag hê en gaan nie meervan huis tot huis versprei wordnie, maar wel by sleutelpunte metbaie besoekers. ’n Deel van dieoplaag gaan ook in plattelandsedorpe versprei word.

“Die naweekkoerant se versprei-

ding is gemik op ’n mark wat nienoodwendig die koerant tuis souontvang nie. Dit sluit dan ookbesoekers aan die stad se winkel-sentrums en hospitale, asook jongermense, in.”Bloemnaweek gaan ook in kafees

en kettingwinkels beskikbaar wees.Jens Friis, redakteur van

Bloemnuus, gaan die redakteur vandie twee nuwe koerante wees, metRuan Bruwer, redakteur van OnsStad, wat die nuus- en sportredak-teur word. Susna Botha is dieverkoopbestuurder.

Nes dié vyeboom wat bot, breek ’n nuwe era vir Ons StadenBloemnuusbeginOktober aanmetdie komsvan ’n splin­ternuwe koerant. Hopelik sal die ryp wat vir môrenag voor­spel word deur weathersa.co.za nie die jong vyeblaartjiesop dié foto seermaak nie. Dit sal vandag 25/0 °C in Bloem­fontein wees en more 24/­2 °C. In ons verspreidingsgebiedword 18/­3 °C en 21/­4 °C vir Aliwal­Noord voorspel en virFaure­smith 19/0 °C en 23/­1 °C. Foto: Jens Friis

Page 2: Bloemnuusbl 20140919

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

Samantha Choles

TODAY is National RecyclingDay. Why not make a commit-ment to start recycling paper?It is estimated that only 5% of

South African households recyclepaper and cardboard.So what is the other 95% doing

with it?Chances are that millions of

tonnes of recyclable paper aregoing to landfills every year.This paper degrades along with

other food waste, adding to thelevels of greenhouse gases in theair we breathe. Methane is 20times more potent than carbondioxide.In some cases, paper is

incinerated, also causing airpollution.By recycling paper, the carbon

(originally stored by trees in thewood fibre) remains “locked up” –and out of the atmosphere – forlonger.It also saves landfill space. In

2013, some 1,2 million tonnes ofpaper were collected for recycling,saving 3,5 million cubic metres oflandfill space – the equivalent ofalmost 1 403 Olympic-sizedswimming pools.Here are a few tips from the

Paper Recycling Association ofSouth Africa to get you started:S Invest in a paper-only bin orbox in your home or office foreasy recycling.S Keep your paper clean and dry.S Not all paper can be recycled soget to know your recyclables.* Recyclable: magazines (includ-

ing the glossy variety), newspa-pers, brochures, office paper,shredded paper, cardboard (cereal

boxes, toothpaste boxes, medicineboxes, pizza boxes, tissue boxes)and carton board, liquid boardpackaging including beverage andfood cartons.* Not recyclable: wet, soiled

paper such as used paper plates,tissues and toilet paper; foil, giftwrapping and carbon paper;wax-coated, foil-lined orlaminated boxes; and dog foodbags.S Find a recycling collectionprogramme or drop-offpoint near you by visitingwww.mywaste.co.za. Manyschools and community organisa-tions earn money from recyclablepaper collection. Support theseinitiatives.S Support job creation by keepingyour recyclables aside for aninformal collector who walks yourneighbourhood every week. Thisincreases the quality of therecyclables and the collector couldearn a little more for betterquality.S Do not let the recycling pile gettoo big before you drop it off –keep a container in your boot so

you can do a weekly drop-offwhen you do your shopping orrun other errands.S Always keep in mind that youare recycling for a good reason –the future of our planet. Thisshould be motivation enough tokeep you going.For more information on paper

and paper recycling, visitwww.thepaperstory.co.za orwww.prasa.co.za.

Clear the air: Recycle paper

It is estimated that only 5% of South African households recycle paper and cardboard.

Só lyk die vier hoofkarakters deesdae wat jare gelede in diegewilde Trompie gespeel het.

Die jare stap aanSó lyk die vier hoofkaraktersdeesdae wat vanmelewe in diegewilde Trompie gespeel het.Lesers het só op Bloemnuus

se Facebook-blad op dié fotogereageer:S Clifton Janse vanRensburg: Wat het vanBoesman die brak geword?Vandag se sepies het niestorielyne nie – net lynestories wat niksseggend is.Dankie, julle ouens, julle wasregtig puik.S Susan Vorster Leeuwner:Ek dink Trompie is heellinks, dan onthou ek Dawieas ’n outjie met brilletjies, sodit is seker hy wat langsTrompie staan en dan sekerBlikkies en dan Rooies. EnBoesman, die brak, is sekerlankal dood.S Jo Rademeyer: Sjoe, maarhulle het lelik geword.S Toekie Rossouw: Hetmanne geword, né?

SMarie Grobler: Jouaanmerking was onnodig, JoRademeyer.S Tilla Henkins: Kan dit dieBoksombende wees?S Juanita Jacobs: Ek het aldie jare gewonder. OuTrompie lyk amper dieselfde.S Esther Botha: Het diestorie baie geniet. Ja, die tydstap beslis aan. Dankie virdie foto, mooi herinneringe.SAdele Kemp Vd Berg: Enmy 7-jarige seuntjie geniethul manewales ook nou netso op DVD.SGideon Liebenberg:Trompie staan links dan isdit Rooies en dan Blikkiestweede van regs en Dawie isheel regs. Dit was ’n puikkinderverhaal. Op hul looksvan vandag sal ek reken (magverkeerd wees) maar die eenregs is die een wat sports salmaak.Hahaha.

Só sê jyBLOEMNUUS se Facebook-blad word daagliksbygewerk, want die nuus en foto’s watontvang word, is te veel om in die gedrukteweergawe van dié koerant te publiseer.Gaan maak dus ’n draai op hierdie digitale

platform. Dit bied ook die bonus dat jy lekkerkan saamgesels. Bloemfontein en omstreke lêdie 6 860 lede van dié Facebook-blad na aandie hart. Gaan maak ’n draai en like iets opdie blad.

Die Van der Merwe Scholtzsaal op die Kovsie­kampus.

’n Saal vir doop,sokkie en eksamenWIE het oor die jare heen niealmal hier eksamen geskryf nie?SGisela Ullyatt: Scholtzsaal,nagmerriesaal . . .S Celeste Pretorius: Eksamensgeskryf en ’n bietjie gesokkie ook.S Tanya Spangenberg: Ek skryfDinsdag weer daar toets.S Ilse de Beer: Ek is hier gedoopbaie jare terug.SKobus Kolver: Ek het in 1995chemie 124-eindeksamen daargeskryf, 2 uur die middag. Dit wasso warm dat die sweet op dieeksamenboeke gedrup het. Ek hetklaar geskryf, die eksamenboek

ingehandig en na die agterkant vandie saal gestap waar my koelbokswas met twee biere op ys. Toe ekdie eerste een knak, draai daar ’nspul ouens om en kyk met sulkeverlangende oë agtertoe. Die eersteeen het ek net daar in die saalgedrink. Toe ek die tweede eenoopmaak en met hom uitstap, hetdaar skielik ’n magdom manneopgestaan en ingehandig. Ekwonder steeds of hulle klaargeskryf het en of hulle net skielikdors geword het.SRieta Crawford: Jip, het self ’neksamen of twee hier gepleeg.

Page 3: Bloemnuusbl 20140919

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 3

Dié leerlinge aan die Laerskool President Brand het op die onlangse Wetenskap­ekspo me­daljes ontvang. Van links is, voor: Kyla van der Merwe en Chanté Liebenberg; agter: RoanHerbst, Ruhandré Coetzee en Tiaan Barnard. Foto: Mariana Visagie

Wel en weeS THE memorial service forCatherine Helen Pentz(1920) of Bayswater Villagewill be held in the Bays-water Village chapel at 11:00.The cremation will takeplace privately.

S Die gedenkdiens vanJakkie van Niekerk (1942)vind om 11:00 in die NGkerk Onze Rust plaas.

S Dié lesers het opBloemnuus se Facebook-bladnuwe boeke, uitgereik deurHuman & Rousseau, gewen:* Carlien Visser (AlieAarbeifee en ander feetjie-stories uit die aarbeituindeur Stefanie Dahle);* Martie Oosthuysen (Litain Towerland en andertowerponie-stories deurChristina Koenig); en* Marie-Louise Louw(Pensie spoeg vuur en anderdraakstories deur MilenaBaisch).

S Fanie Viljoen, dieBloemfonteinse skrywer, sejeugverhaal Uit is pasuitgereik en ontvanggunstige resensies.

S Die volgende mense inBloemnuus se lesersgebied isoorlede:* Johan (Barries) Barnard(1994)* Gabby Berry (1994);* Daniël Johann Booysen(1978);* Lynette Ruth Flanegan(1961);* Arthur James (A.J.)Stead (1961);* Ronie Coetzee (1960);* Lionel John Flanegan(1959);* Koos Nagel (1951);* Hester Dorethea Victor(1947);

* Abram (Aby) Mahuma(1940);* Petronella JacobsLabuschagne (1939);* John Lubbe (1939);* Motsilisi Emily Balada(1938);* René (Bob) Lichtenstein(1938);* Francina Johanna Everts(Greyling) (1935);* Helen Marie Bührmann(1934);* Louw Goosen (1933);* Eugéne Schoeman (1932);* Keditsent (Ouse Kini)Fink (1932);* Nodizi Mini (Mme Tisi)(1928);* Cielie Swart (1926);* Erona Helena Labuschag-ne (1925); en* Ann Serfontein (Grant)(1919).

SNeil Diamond (73) seeerste ateljee-album in sesjaar met 12 oorspronklikeliedjies word op 21 Oktoberuitgereik.

SAlta Jerling vanDewetsdorp het onlangshaar 90ste verjaardaggevier. Sy het sewekinders gehad: ses dogtersen ’n seun. Sy het 31kleinkinders, 54 agter-kleinkinders en 13 agter-agterkleinkinders. Sywoon die afgelope tienjaar in Dewetsdorp byhaar dogter Nella vanVreden.

S Johan Barnard (20), ’neerstejaarstudent aan dieSentrale Universiteit virTegnologie (SUT) Vrystaat,is dood toe hy vermoedelikbeheer oor sy motor verlooren teen ’n boom vasgery het.Die ongeluk het op die hoekvan NP van Wyk Louw- en

Dirk Opperman-straat inLangenhovenpark plaas-gevind.

SGerrit Coetzee vanPetrusburg is die wennervan twee kaartjies na ArcoMusic se konsert Symphonyat the Woods op 31 Oktoberin die Woodlands-onthaalge-rief. Kaartjies kos R120 enkan by Computicketaangeskaf word.

S Zanele Matsane vandie ingenieursfakulteitvan die Sentrale Universiteitvir Tegnologie (SUT),Vrystaat, gaan drie wekelank die Verenigde Konink-ryk (VK) besoek nadat sydie Abe Bailey-reisbeursverwerf het.

S Piet van Rooyen is diewenner van Burgermonu-mente van die Anglo-Boere-oorlog in die Oranje-Vrystaatdeur D.A. van der Bank.

SHendrik Cronjé (30), watdie rol van Lukas Mulder indie sepie 7de Laan vertolkhet, is die trotse pa van ’nbabadogtertjie. Hy en syaanstaande, Danèl Prinsloo(22), wat mekaar sedert hulskooldae ken, het Maandag-middag in die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein ’ndogtertjie, Annabel, rykergeword.

S Die 25 semi-finaliste vanOns Stad, susterskoerantvan Bloemnuus, en dieFleurdal Mall se Mej.Bloemfontein Roos-kompeti-sie is aangewys.

Hulle is:1. Melinda Bester (22);2. Su-nita Coertzen (18);3. Nienke Coetzee (20);4. Cherrie-Lee Dawson(20);5. Hanna-mari de Kock(21);6. Simoné Fourie (15);7. Che-Réze Gouws (26);8. Sasha-Lee Gouws (20);9. Anandi Grobbelaar (19);10. Jolene Grobler (19);11. Siobhan Hibberd (19);12. Charnelle Ingram (17);13. Clarise Jacobs (17);14. Karla Kotzé (15);15. Simoné Pretorius (18);16. Carli Rothmann (21);17. Diandri Saaiman (22);18. Leone Smit (16);19. Jamie-Leigh Taaibosch(15);20. Benita van der Merwe(17);21. Madré van der Merwe(19);22. Lizé-Marie van derWalt (19);23. Loraine van Heerden(22);24. Lenette van Jaarsveld(21); en25. Velisha Venter (19).

S Sarie Engelbrecht vanReddersburg is die wennervan die CD Skoffel in dieskuur deur Hennie de Bruynen die Kitaarkêrels.

Die tweeling Ann van Aswegen en Joey Vermaak word op4 Oktober 80 jaar oud. Hulle is in 1934 in Koffiefontein ge­bore en woon nou in Bloemfontein. Al twee is weduwees.Annwasmet Japie van Aswegen getroud en hulle het driedogters. Joey was met Ben Vermaak getroud en hulle hetvyf kinders. Skets: www.schinkart.com

Page 4: Bloemnuusbl 20140919

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

Page 5: Bloemnuusbl 20140919

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 5

Marie-Louise Smith

DIE warmer weer is nou hier endaarmee saam is dit weer tyd virVolksblad se kos-en-kunsmark opSaterdag 27 September.

Die mark vind elke laasteSaterdag van die maand in dieBotaniese Tuin in Bloemfonteinplaas.

Maak seker dat jy nie die ont-spanne gesinservaring misloop nie.

Daar is soos gewoonlik te kus ente keur tussen eetgoed van uitsoek-restaurante soos Bella Casa enSeven on Kellner, asook TheunieKloppers se Zizi-restaurant watheeltyds in die tuin sake doen. Daaris ook kos van ander privateuitstallers wat gourmet-worsbrood-jies, sosaties, pannekoek, skaap-boudrolletjies, wafels, mini-quiches

en roomys insluit.Kom drink vroegdag ’n heerlike

koppie koffie terwyl jy rustig jouVolksblad lees wat gratis by dieingang uitgedeel word.

Crescendo-produksies biedlewende vermaak met sangers soosLee-Anne Reineke, Isabella Grobler,Jonien Fourie, Juan Christo vander Linde en Brandon Botha.

Moenie bekommerd wees oorparkeerplekke nie. By die ingangvan die Botaniese Tuin ry jy netreguit na die agterkant van die tuinen parkeer jou motor. Vandaar stapof ry jy op ’n gholfkarretjie wat virjou gerief beskikbaar is en binnestapafstand kom jy by die eerstestalletjies uit.

Die mark het ’n gesellige, ont-spanne atmosfeer wat iets vir elkemarkganger se smaak bied. Kinder-

klere, meubels, gebottelde produkte,soetgoed, klere in verskillende style,houtprodukte, skilderkuns, dekor-artikels, juwele, biltong en speseryeword te koop aangebied.

Daar is ook vermaak vir diekinders met ’n springkasteel,spookasem, springmielies enroomyswaentjie. Produkte vanLollos en Lettie, asook Acornkids,sal beskikbaar wees.

Moenie vergeet om ’n lootjie tenbate van Engo se Ons Kinders-pro-jek te koop nie. Daarmee staan jydie kans om ’n splinternuweChevrolet Spark te wen.

Toegang is R11 vir volwassenes enR6 vir kinders. Vir meer inligtingoor hoe om ’n stalletjie vir diemark te bespreek kontak Marie-Louise Smith by [email protected].

Kom smul, koop opmark

VRYDAG 19 SEPTEMBERS Vrystaatse ondernemings watuitvoergeleenthede ondersoek, kan’n werksessie van die departementvan handel en nywerheid inBloemfontein bywoon. Die werkses-sie word in vennootskap met dieVrystaatse Ontwikkelingskorporasie(VSOK) en die Mangaungse Kamervan Handel en Nywerheid (MCCI)gehou en sal inligting oor bystands-programme deur die regeringverskaf. Belangstellendes kanSbongile Molepo van die VSOK by051-400-0847 bel of ’n e-pos [email protected] stuur.S Die Laerskool Sand du Plessisbied ’n gholfdag by die Schoeman-park-gholfklub aan. Die formaat is ’nbeterbal-Stablefordspel. Inskrywingskan by Jaco van der Merwe by082-291-2193 gedoen word.S Die Klipkerk hou om 16:30basaar. Bel Dedrey du Randt by051-448-1419.S Space Junk, ’n vertoning wat diemoontlikheid om satelliet-wentel-bane skoon te maak ondersoek,om 18:00 in die Naval Hill-plane-tarium.S Jong digters het nog tot vandagtyd om hulle vir die Hoër Meisie-skool Oranje se Afrikaanse digkom-petisie vir hoërskoolleerlinge in teskryf. Die temas is: juniors (gr. 8 engr. 9) – Skool, Lig, Kinders enHartseer; seniors (gr. 10 tot gr. 12) –Hoop, Woorde, Geluk en Paaie. ’nLeerling mag ’n maksimum vantwee gedigte stuur. Skakel 083-554-5619.SNeil Nachtrein in Innie Skuur.’n Kaartjie kos R100. Rig navraedeur ’n e-pos te stuur [email protected].

SATERDAG 20 SEPTEMBERS Byeenkoms van die Ou Presiden-sie- Historiese Vereniging:Staptoer by St. Andrew. Bel Lambertvan Rensburg by 051-422-5283 of072-418-8665.S Die Bloemfonteinse Kinderkoorwerf nou lede. Leerlinge wat ’noudisie wil aflê, kan 083-411-7565skakel.S ’n Vintage-teeparty met ElizmaTheron word om 09:30 in dieWoodlands-onthaalsentrum gehou.Kaartjies teen R280 is by AnnemarieKleinhans by 083-500-6970 of dieWoodland Hills-gemeenskapskerk by051-451-1261 te koop.SKlavier- en instrumentalewerksessie van 09:00 tot 15:30 in dieSt. Michael-kapel. Nuwe idees virmusiekonderrig word deur Liezl-Ma-ret Jacobs aangebied. Dit kos R250.Skakel 082-345-0985.S Free State Triathlon bied ’ntriathlon-duathlon-byeenkoms opMaselspoort aan. Bel ChristaRoestoff by 073-718-5427.

S Lentekonsert om 18:00 in diekerksaal van Berg-en-Dal. Geld wordvir bewusmaking oor gehoorge-stremdheid ingesamel. Bel Elrie duToit by 083-275-4815.DINSDAG 23 SEPTEMBERS Pensioners day’s every Tuesday atMakro. Call Eileen Ndewere on051-101-1000.SUnashamedly Ethical, ’ninstansie wat hom vir etiek en

waardes in die gemeenskap beywer,vereer op 23 September mense indie gemeenskap wat etiek enwaardes nastreef en uitleef. Skryfaan Hannelene Mostert [email protected] 24 SEPTEMBERS Erfenisdag. Openbare vakansie-dag en nasionale braaidag.SDs. Tienie Benade word om 19:00deur Frank Opperman in die NGkerk Heuwelsig opgevoer. Vooraf,om 18:30, is daar poeding en port.Dit kos R120. Bel Annetjie du Randtby 083-703-1316.S Die NG gemeente Ooshoek houvan 08:30 tot 14:00 basaar byMegapark in Curielaan. Bel Chrisnaby 076-513-9719.SDonkermaan.S Christ@Work, ’n selgroep virwerkende jong mense, kom om 19:00by Lukas Steynweg 1 bymekaar. BelElna van der Walt by 082-462-5507.SDie Hokaaiers kan jou help omvan ongesonde eetgewoontes af tesien. Hulle kom Woensdae om 10:00by Clydesdale 10, Hippocrenestraat36, Heliconhoogte, byeen. BelHerman Loubser by 051-436-5668.SKarnaval van die Vleisvretersvan 09:00. Sien advertensie elders opdié blad.S Die NG kerk Pellissier hou om17:00 sy jaarlikse padwedloop tenbate van sy voedingsprojek. Dit vindplaas by die kerk in Vlakfontein-laan. Afstande en inskryfgeld is:10 km (R40); 5 km (R20) en 1 km(R10). Tydelike lisensies is teen R25vir die 10 km-wedloop beskikbaar.Inskrywings vind op die dag van14:00 tot 16:45 by die kerk plaas.Daar is prysgeld vir die eerste driemans en vroue in die 10 km-wedloop,medaljes vir alle atlete wat wedlopevoltooi, asook gelukspryse. Bel Giepvan Zyl by 082-381-8120.SKaraoke om 20:00 in OolongLounge

DONDERDAG 25 SEPTEMBERSNavaratri (Hindu).S Koos du Plessis-huldeblyk deurCyril Viljoen in die Aasvoëlklub.SRosh Hashanah (First Day,Jewish).S Ehrlichpark-kosprojek: Die NGgemeente Heuwelsig lewer Donder-dae ’n bord warm, gekookte kos aan300 mense. Om betrokke te raak belLauriette de Waal by 051-436-5482.SMense is nodig om Donderdae ’nhalfuur lank sop en brood by dieKlipkerk se sopkombuis uit te deel.Mense is ook nodig om sop te kooken brood te skenk. Bel Elize by051-436-7322.SMartie du Plessis se Aand vandie Sterre met Jak de Priester enHein Wagner. Skakel 051-522-6801.S Stuur dagboek-bydraes voorMaandae na [email protected].

Dít gebeur dan

Dit is sirkustyd in Bloemfontein.Sien advertensie elders op dié blad.

’n Lente­uitstalling van die Bloem­skildergroep is in die Bloemheu­wel­kerksaal gehou. ’n Deel van die verkope is aan die Olea­kanker­sorgtehuis gegee. Van links is Neels de Leeuw, Heléne de Jager enCorné le Roux. Op die agtergrond is van Heléne se skilderye.

Foto: Jens Friis

Page 6: Bloemnuusbl 20140919

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

Page 7: Bloemnuusbl 20140919

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 7

Nthabeleng and Siyanda Mboya. Foto: Eye Candy Photography House

Dié pare is indie eg verbind

STUUR gerus ’n foto van jou troue vir gratis plasing inBloemnuus na [email protected]. Die foto (verkieslikin kleur) moet minstens 1 MB groot wees. Meld assebliefwatter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwatmeer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Elizna en Wian Theron. Foto: Mandie NiemannPieter en Jean­Lirri Koekemoer.Foto: Alex Henning

Lené en Jean­Cyril Quenet. Foto: Pieter Booysen Jean en Veronica Smith. Foto: Sonia Small

KLEIN PICASSO’S: Die Onafhanklike Skool Eduplus het goed indie Santam­kunskompetisie vir 2014 gevaar. Uit die meer as 4 000inskrywings landwyd word jaarliks slegs 200 gekies om aan dieSantam­kunsuitstalling deel te neem. Altesaam 18 Eduplus­leer­linge se kunswerke is vir die uitstalling gekies. Eduplus het ookdie eerbewyse vir die beste prestasie in dievyfjaar­, sesjaar­ en se­we­ tot 8­jaar­ouderdomsgroepe ontvang. Hier is Eduplus se kleinPicasso’s. Van links is, voor: LieschenBornman,MakhethaNkomo,Christiaan Terblanche en Conall Mackey; tweede ry: DavidMofolo,Bokang Nkalai, Ronan Mackey, Bea­ne Schoeman, Danelle Jafthaen Travis Ridler; derde ry: Jaco Strydom, Motlotlegi Motshabi,Thesele Setsabi, Jardel Jonathan en Neo Smiles; agter: Lane Ros­souw, Stephanie Killian (kunsonderwyser) en Danielle Ceronio.

VERLOOF: Mariesa en Marais.Foto: Charlene’s Photomemories

Page 8: Bloemnuusbl 20140919

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

Page 9: Bloemnuusbl 20140919

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 9

Madelein Venter

INSKRYWINGS vir vanjaar seRoosknoppie-kompetisie is nouamptelik oop en die eersteinskrywings word reeds vandaggeplaas.

Die inskryfvorm is hieronder.Die gewilde kompetisie staan

voorts as die Bloemnuus-Roos-knoppie bekend en foto’s vandeelnemers sal in Bloemnuus ensy susterpublikasies Noordkaap,Maluti, Kroonnuus, Vista en dieKalahari-Bulletin verskyn.

Die wenner van die kompetisievir fraai, jong meisietjies van drieen vier jaar oud word op 25Oktober op die Rosefees in dieLoch Logan-waterfront in Bloem-fontein aangewys.

Die 30 semi-finaliste moet ookop Vrydag 24 Oktober beskikbaarwees om aan ’n uitdunronde deelte neem, waarna die tien topfina-liste aangewys sal word.

Die semi-finaliste word deurleserstemme en die organiseerdersbepaal.

Lesers sal ná die sluitingsdatumvan die kompetisie ’n geleentheidkry om aanlyn vir hul gunstelinge

te stem. Die top-30 sal bestaan uitdie top-20 onder die leserstemmeen tien finaliste wat deur dieorganiseerders gekies word.

Die organiseerders se besluit isfinaal en geen korrespondensie salhieroor gevoer word nie.

Die inskryfgeld van R30 wordaan Volksblad en sy plaaslikekoerante se Ons gee om-fonds(voorheen die Volksblad-Kers-fonds) geskenk.

Ouers word versoek om hullevan die reëls op die inskryfvormte vergewis en daarby te hou. Diesluitingsdatum is op Maandag 29September om 12:00 en geen laatinskrywings sal aanvaar word nie.

Jy kan jou inskrywing pos of byVolksblad se kantoor inhandig.S Rig navrae aan MadeleinVenter deur ’n e-pos te stuur [email protected].

Micayla van der Walt (3) vanBloemfontein is die dogter vanLinda en Jaco van der Walt.

Melienke Bosch (3) van Bloemfon­tein is die dogter van Sonja enHerman Bosch.

Jo­Anne du Plessis (3) van Bloem­fontein is die dogter van Annema­rie en Hendri du Plessis.

Mieke Loubser (3) van Bloemfon­tein is die dogter van Jolanda enHeyns Loubser.

LianieMöller (4) van Bloemfonteinis die dogter van Nadine en WillieMöller.

MeganSteyn (4) vanBloemfonteinis die dogter van Emmerentia enDesmond Steyn.

Hier is eerstekleingoed

Page 10: Bloemnuusbl 20140919

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014

Frikkie van Dyk, head of Ons Kinderhuis, receives the more than 160 books dona­ted by PhatshoaneHenneyAttorneys on behalf of Engo.With him isMagdel Louw,public relations and marketing manager of Phatshoane Henney Attorneys.

Attorneys donate books to EngoIN support of Internatio-nal Literacy Day on 8September, staff fromPhatshoane HenneyAttorneys donated over160 secondhand books togive to those in need.

A range of books –from children’s books tofiction, non-fiction andeven a complete set ofEncyclopedia Brittanica –were then handed over toEngo, a non-profitableand non-governmental

organisation that focuseson the care of children,the elderly, families,persons with disabilitiesand patients in need.Engo will now distributethe books where the needfor the written word isgreatest.

Jan Berry, CEO ofPhatshoane HenneyAttorneys, says asliteracy is such a criticalaspect of a good educa-tion, the firm believes the

donation of these booksis sure to make a lastingdifference in manychildren and adults’ lives.“Having access to readingmaterial is somethingmany of us take forgranted, but is in realitya great privilege that noteveryone gets to expe-rience. Even if this bookdonation brings only oneperson to experience thewonder of reading, we’llbe more than happy.”

Ken jy diéwoord?VERRUIM jou woordeskatdeur gebruik te maak van dieWoordeboek van die Afrikaan-se Taal (WAT):

SETSWANA s.nw. Tswana:“Sy huistaal is Setswana, maarsoos dié swart taal het ookAfrikaans sy ‘hart se taalgeword’.” (Beeld, 14 Jul. 1994,6). “ ‘Motale’ beteken groen inSetswana. ‘Dit simboliseergroei, vooruitgang, rykdom,opbrengs. En dit is dan ookdie eienskappe van mybesigheid’.” (Rapport, 13 Nov.2005).

FINANSIEEL

1420

DECLINED BY THEBANK? WHY NOT GOON TO BUY FROM USEmail to martie.benecke

@gmail.com orcall 076 752 7446

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

KRUIEKENNER

1435

LENINGS

1445

Consolidation loan online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

TE KOOP

JUWELIERSWARE &

BYKOMSTIGHEDE

1645

ALLERLEI

1655

EK KOOP GOEIEgebruikte klere, skoene,linne en kombuisware

kontant. Ek besoek u tuis.Skakel: 072 185 8217

Naledi Tents Hire: Tents forhire for all occasions. Chairsand tables available from R450only. Contact 078 294 8662.

Wiesbaden Beer andDeer FestivalVrydag 26 - 27 Sept2014.Vr. 26ste: Hekke open om17:00. Yskoue bierpromomet 'nice' pryse'Jay' en 'Jacobus Silver'live from 21:00.R40 per persoon.Optrede (heelaand)deur Dj UmpaSaterdag 27ste :Hekke open om 10:00 envir slegs R20 p.p. dievolgende: Alle rugby opgroot skerm.Kompetisies:•Potjiekos•Toutrek•Sterkman•Skyfskiet•Sang•Robbertson's Wyn enSeekos-tentKosstalletjiesBoeremusiekorkesteOptrede deur 'Jacobus Sil-ver en K2Band' - nuweCD-vrystellingBaie, baie pryse.Groot promosies!Springkasteel en water-wurm. Hele gesin welkom(geen kinders in kroeg-areas toegelaat nie).Vir enige navrae skakelgerus 051 451 1211.

TROETELDIERE

1660

Geregistreerde SiberieseHuskies te koop. Reeds reg omdadelik te gaan. Gebore 18Augustus 2014. Pryse vanafR780 tot R1 380 elk. Vir ver-dere inligting, skakel 072046 0873 of 082 429 1647.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEER vanalle plafonne en 'drywalls'. Ook dieherstel van plafonne. Gratiskwotasie. Skakel 079 581 6654.

ROMMEL-

VERWYDERING

1860

ASGAT: Vullis, bourommel,bome. Oplaai en verwyder.Skakel 082 782 7433.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Ruim 2-slk-woonstel ophoewe te huur. Toesluit-motorhuis met afdak eneie tuin, R3 500 p.m. W enligte uitgesluit. Beskikbaar1 November 2014. SkakelChris by 073 325 8320.

AFTREEOORDE

TE HUUR

3310

AFTREEOORD: Te huur3 slaapkamers, luuks,splinternuut. Bewoners moetouer as 50 wees. Onmiddellikbeskikbaar, R7 900 p.m.Skakel 083 291 1524.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

LANGAFSTAND vragmotor-bestuurders benodig. Kode ECmet PDP 'n vereiste.Stuur CV na:[email protected]

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 JJ CILLIERSIn die boedel van wyleJohanna Jacoba Cilliers, iden-titeitsnommer 401208 5020080, datum van dood15/06/2014, boedelnommer23831/2014, getroud binnegemeenskap van goedere metAndreas Cornelius Cilliers, vanLambonstraat 1, Fichardtpark,Bloemfontein 9301.Krediteure en debiteure inbovermelde boedel word hier-mee versoek om hulle vorde-ringe in te lewer en hulleskulde te betaal by onderge-melde binne 'n tydperk van 30dae vanaf 19 September 2014.Eksekuteur: AC Cilliers vanLombardstraat 1, Fichardtpark,Bloemfontein 9301.

122 RR LOUW

In die boedel van wyleRachelle Roux Louw, identi-teitsnommer 291010 0056 082, 'n weduwee, voorheenwoonagtig by Rosecare Ver-sorgingseenheid, Serfontein-straat 27, Fichardtpark,Bloemfontein, boedelnommer5966/2013.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in diegenoemde boedel ter insae sallê by die kantoor van dieMeester van die Hooggeregs-hof, Bloemfontein, vir 'n peri-ode van 21 dae gereken vanaf19 September 2014.Naam en adres van Ekseku-teur:

AS JacobsJacobs Prokureurs

Posbus 11083UniversitasBloemfontein9321Tel. 079 431 7884.

122 TW ABEL

In die boedel van wyleTheodore Wynand Abel, boe-delnommer 24459/2014,Meesterskantoor Bloemfon-tein, geboortedatum 11Desember 1929, identiteits-nommer 291211 5028 08 0,laaste adres Boerenooientjie-laan 5, Pellissier, Bloemfon-tein, datum van dood 20Augustus 2014.Krediteure en debiteure in diebogemelde boedel word hier-mee versoek om hulle vorde-rings in te lewer en hulleskulde te betaal ten kantorevan die ondergetekende binne'n tydperk van 30 (dertig) dae,gereken vanaf 19 September2014 (datum van publikasiehiervan).EE POHL, Symington & DeKok, Posbus 12012, Brandhof,9324. (MHA0054)

GEREGTELIKE

VEILING

4501

DIE BEHEERLIGGAM:SOLOLUMI/ J SEGOE

VEILING:KENNISGEWING VANVERKOPING IN EKSEKU-

SIEIn die Landdroshof vir diedistrik van Bloemfontein,gehou in Bloemfontein, saak-nommer 26859/2012, in diesaak tussen DIE BEHEERLIG-GAAM: SALOLUMI, eiser, enJACOLINE SEGOE, verweerder.Geliewe kennis te neem datingevolge 'n vonnis verleen op18 Desember 2012 in boge-melde Agbare Hof en inge-volge 'n Lasbrief vir Eksekusiewat daaropvolgend uitgereikis, sal die goedere hieronderbeskryf in eksekusie verkoopword aan die hoogste bieër teBalju, Bloemfontein-Oos Vei-lingslokaal, Mannionweg 4C,Ou Industriële Gebied, Oranje-sig, Bloemfontein, op 14 Okto-ber 2014 om 10:00:Beskrywing:1x plasma-TV-staander1 x Sansui LCD-TV1x eetkamerstel (tafel met 6stoele)1x Defy-wasmasjien1x Kelvinator-wasmasjien1x sitkamerbank (bruin)1 x Bosch-yskas1 x LG-mikrogolfoond1 x Goldair-gasverwarmer1 x LG-DVD1 x MNet-dekodeerder1x koffietafelDra asseblief sorg dat diebekendmaking van die verko-ping voldoen aan die vereistesvan die Verbruikersbesker-mingswet 68 van 2008, soosgewysig.1. Hierdie is 'n verkoping ineksekusie kragtens 'n vonnisbekom in bogenoemde hof.2. Reëls van hierdie verkopingis beskikbaar 24 uur vooraf-gaande die verkoping by diekantoor van die Balju, Bloem-fontein-Oos, Sewendestraat 3,Bloemfontein.3. Registrasie as 'n koper, isvereiste onderworpe aanbepaalde voorwaardes o.a.3.1 Voorskrifte van die Wet opVerbruikersbeskerming, Wet68 van 2008 (URL:http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAcion?id=99961)3.2 Fica-wetgewing metbetrekking tot identiteits- enadresbesonderhede.3.3 Betaling van terugbetaal-bare registrasiegelde.3.4 Registrasievoorwaardes.4. U kennisgewing van verko-ping se hoofopskrif moet diewoord 'VEILING' bevat.5. Verkoping sal geskied deurdie kantoor van die Balju,Bloemfontein-Oos, met af-slaers AJ Kruger en/of TIKhaudi.Advertensiekoste teen die hui-dige advertensietariewe enveiling kostes ingevolge diehofreëls sal geld.Gedateer by Bloemfontein ophierdie 15de dag van Septem-ber 2014.SYMINGTON & DE KOKProkureur vir eiserNelson Mandelarylaan 169BBloemfonteinDocex 18Tel. 051 505 6600Faks: 051 430 4806Verw: P Joubert/sd/MES9691BALJU, Bloemfontein-OosBloemfontein

Page 11: Bloemnuusbl 20140919

BLOEMNUUS, VRYDAG 19 SEPTEMBER 2014 11

Lachnog ’nslachFANUS RAUTEN-BACH het ons oordie jare heen laatglimlag. Dié grap-pie kom uit sy boekLach nog ’n slachsaam met FanusRautenbach watdeur Tafelberg uit-gegee is.

OP dié gholfbaanmoet ’n mens oor diepad loop om die spelte gaan voortsit. ’nStudent besluit omdie bal sommerbo-oor die pad tespeel.Op daardie oom-

blik kom daar ’n busin die hoofweg af.Die balletjie tref

die bestuurder teendie slaap.Hy verloor beheer

oor die bus, swaaidwars oor die pad,stamp vier karre uitdie baan, tref ’n pla-taanboom langs diestraat, buig ’n lamp-paal, ry ’n tuinmuurom en stamp ’n nuweDDM (duur Duitsemotor) in sy eie mo-torhuis.Die verkeersman

bekyk die spulle-tjie.“Wie se werk is dit

dié?”vra hy en diestudent kyk af na sygholfstok.“Ek het dit gedoen,

meneer . . . ”“En wat gaan jy

daaromtrent doen?”vra die konstabel.Die student kyk af

na sy gholfstok. “Eksal my greep moetverander, ek dink asek my linkerhand ’nbietjie laat sak . . .”

FOTO’S vir die kompetisie waarin R1 000 segeskenkbewyse van Makro op die spel is,stroom in na [email protected].

Daarom verskyn die beste troeteldierfoto’sgroepsgewys in Bloemnuus met die oog daaropom die finaliste te bepaal.

Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus seFacebook-blad. Byna 6 800 mense is lid vandié FB-blad.

Alte dier-baar

Andre Kruger en Michelle Joubert se Ava. Annemarie du Plessis se Sally met Jessie. Carla Grove se Frank en Patat. Luzaan Pretorius se Bella en Lady.

Bea Oosthuizen se Miss Piggy. Attie von Wielligh se Jackson. Sammy op Gert Janse van Rensburg se skouer.

Page 12: Bloemnuusbl 20140919

NEEM DEEL: Dié landloopatlete van die Laerskool Willem Post­ma is ingesluit in die Vrystaatspan wat in George aan die Suid­Afrikaanse landloopkampioenskapsbyeenkoms deelgeneemhet. Hulle is, voor: Marinel Visser, Carlé Stockenström en LouisSteyn; agter: Marjolijn Visser, Rachellé Stockenström en Marko­Mike van den Berg.

SO LYK ’N WENNER: Hanani Neethling (33) (regs) van Bloemfontein het Saterdag by die Windmill­casinoin Bloemfontein Nabba Vrystaat se Toned Figure­afdeling gewen. Saammet haar op die verhoog is Chan­telle van Tonder (33) (links), ’n Oos­Kapenaar wat voorheen in Bloemfontein gewoon het, en NanetteBecker (31), ’n Noord­Kapenaar wat in Bloemfontein woon. Bloemnuuswas diemediaborg van dié byeen­koms. Nog foto’s op www.bloemnuus.co.za. Foto: André Damons

Ringbalklub wys sy slagVYFTIEN spelers en eenspanbestuurder van diePolisie-ringbalklub in Bloemfon-tein is gekies om die Vrystaatop die Suid-Afrikaanse kampi-oenskapsbyeenkoms in Nel-spruit te verteenwoordig.Dit was ’n strawwe toernooi

waar in sewe wedstryde teendistriks- en provinsiale spannemeegeding moes word.In die B-liga is die mans en

vroue onderskeidelik astoernooiwenners aangewysen veteranevroue as diebywenners.Ruan Slabber is vir die

Suid-Afrikaanse o.15-uitnodi-gingspan gekies.Vir meer inligting oor ringbal

in die Vrystaat bel KoosNeethling by 083-595-0663.) ’n Spanfoto verskyn opwww.bloemnuus.co.za.

SUT vereer spelersDIE rugbyklub van dieSentrale Universiteit virTegnologie (SUT), Vrystaat,hou die einde van die maandsy jaarvergadering.Die vergadering sal op 30

September om 19:00 in dieOrion-gebou plaasvind.’n Nuwe bestuur van die

klub sal ook gekies word.Verder sal die SUT ouderge-

woonte sy beste spelers van2014 met sy beker-eerbewyse

vereer.Hieronder is die speler van

die jaar-eerbewys. Die Ixias-flank Frans Sisita het in 2013dié eerbewys ontvang.Die Ixias het vanjaar wéér

die Varsityskildreeks gewen enneem in 2015 die eerste keeraan die Varsitybekerreeksdeel.Vir meer inligting bel André

Proos, SUT-rugbyklub sesekretaris, by 079-065-5745.

Ren in bewareaDIE Brandkop-bewarea hou Woens-dag, op Erfenisdag, sy jaarliksebergfietswedren saam met PwC indié bewarea.Daar is roetes met afstande vir

die minder dapperes, vir dielangasems én vir diegene wat ’ntegnies uitdagende roete verkies.Vanjaar is daar ook ’n afdeling

vir aflosspanne en instansies –ondernemings en skole kan groepegroepe inskryf. Die inskryfgeld vir’n span van vier lede is R240.Vir die gesoute bergfietsjaers is

daar ’n tegniese enkelbaanroete oor18 km, 36 km en 54 km. Die inskryf-geld is R100.Beginners en diegene wat ’n

bietjie bang is, kan die nie-tegnieseenkelbaanroete oor afstande van10 km tot 40 km teen R60 perpersoon oorweeg.Inskrywings kan op die dag van

06:30 tot 07:45 by die Haldon-gaste-huis gedoen word. Die deelnemersspring om 08:00 ook hier weg. Pryseis op die spel.Die Brandkop-bewarea is in 2010

gestig om die gebied by die ourenbaan in Pellissier se fauna enflora te bewaar, die toenemendevullisstorting te keer en die gebiedas ’n buitelug-ontspanningsgebied teontwikkel.Sedertdien is die vullis, bossla-

pers en plantstropers baie minder

en is meer as 15 km se paadjies virbergfietsryers, stappers en draw-wers ontwikkel.Die geld wat deur die aanbieding

van die jaarlikse bergfietsreningesamel word, word aangewendvir nog bewaringsprojekte in diegebied.Een van die belangrike doelwitte

vanjaar is om ’n veldwagter aan testel om ’n ogie te hou sodatongewenste dade soos onwettige jagen grensdraad- en plantdiefstal nieplaasvind nie.Vir meer inligting bel Etienne

van Niekerk by 082-800-0440, ofskryf ’n e-pos aan hom [email protected].