AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg...

8
2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg http://www.netwerk24.com/stemme/20150106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

Transcript of AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg...

Page 1: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

NETWERK24.COM (/) OLX (HTTP://WWW.OLX.CO.ZA) PRICECHECK (HTTP://WWW.PRICECHECK.CO.ZA)PROPERTY24 (HTTP://WWW.PROPERTY24.COM) KALAHARI.COM (HTTP://WWW.KALAHARI.COM)CAREERS24 (HTTP://WWW.CAREERS24.COM) SPREE (HTTP://WWW.SPREE.CO.ZA)LESERSKRING (HTTP://WWW.LESERSKRING.COM)

MELD AAN (/ACCOUNT/LOGIN)

Nuusflitse

 (/) TEKEN IN

(/subskripsie)

MELD AAN

(/profile)

 KONTAK

(/kontak_ons)

 VOLG

24 °C

Mynmagnaat in China tereggestel

TUIS

(/VOORBLAD)

NUUS

(/NUUS)

SPORT

(/SPORT)

SAKE

(/SAKE)

STEMME

(/STEMME)

KUNS EN VERMAAK

(/VERMAAK)

ONTSPAN

(/ONTSPAN)

MULTIMEDIA

(/MULTIMEDIA)

E-KOERANT

(/WEBAPP/FEED/PRESSREADER/SEND/GO)

NUUS IN MY AREA

(/AREA/GAUTENG)

SOEK

 

(https://twitter.com/intent/tweet?

   

AKTUEEL

Ruk swak onderrigsó regDinsdag 06 Januarie 2015 03:10

Tensy ongelykheid in die onderrigstelsel van Suid-Afrika uit die weggeruim word, is die land se toekoms op die spel. Jeanette de Klerk-Luttig doen voorstelle aan die hand.

Die grootste oorsaak vir dieongelykheid tussen mense inons “wye en droewe land” isdie ongelykheid in diegehalte van onderrig in onsskole.

Daar is nie meer ongelyketoegang tot onderwys ofongelyke besteding nie, maardaar ís skreiende ongelykheidin die gehalte van onderrigwat leerders in verskillendeskole ontvang.

Ongeveer 75% van ons openbare skole is

(http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/54aaae71af9bb8aa67000000.jpg)

Leerders van die Primêre Skool Selowe in

Limpopo gaan skool in die skadu van ’n

boom.Foto: Gallo Images

+

SKAKELS© 2015 MEDIA24 - ALLE REGTE VOORBEHOU

Page 2: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 2/8

disfunksioneel. Die hartseer implikasie van diégeweldig hoë persentasie is dat juis dít wat vir sommigeleerders hoop bring, ander tot ’n hopelose, uitsiglose ‐lewe verdoem. Dít wat die minderheid bevoordeel,benadeel die res van die leerders. Dít wat goeie nuus isvir sommige, is baie slegte nuus vir ander. Juis dít wat ’ngroep leerders in ons land bemagtig, ontmagtig diegrootste deel van ons leerders in werkloosheid enafhanklikheid.

In die disfunksionele skole is die meeste leerders reedsin graad vyf twee jaar agter die leerders in goedfunksionerende skole waar roetine, orde en ’nwerketiek deel van die skooldag is. Navorsing deur dieRaad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) hetgetoon dat onderwysers in skole wat goed funksioneergemiddeld 6,5 uur per dag werk teenoor die 3,5 uurvan die onderwysers in swak funksionerende skole. Dieonderste disfunksionele skole lewer ook die top-misdadigers in ons land op, want dié leerders val al opskoolvlak uit die stelsel en dikwels is misdadigheid dieenigste uitkoms wat vir hulle oorbly. Dieonderwysnavorser Nick Taylor verwoord dit so: “Thebad news in South Africa is that nearly 80% of schoolsprovide education of such poor quality that they consti‐tute a very significant obstacle to social and economicdevelopment, while denying the majority of poorchildren full citizenship.”

Die belangrikste manier om die ongelykheid in diegehalte van onderrig in ons skole op te los, is om dit ’nsaak van nasionale erns te maak dat alle leerders in elkeklaskamer in ons land gehalte-onderrig ontvang.

Die vinnige en positiewe reaksie van premier HelenZille (DB, 14.11.14) op “Opvoeder van Kaapstad” sebrief asook die waardering en respek wat sy teenoordié opvoeder toon, gee ’n mens hoop. Haar ervaringvan en insig in die onderwysproblematiek sal haar instaat stel om te onderskei wanneer politieke besluitelynreg met gesonde opvoedingsbeginsels bots.

Bekwame, hardwerkende onderwysers behoort metveel meer respek en waardering behandel te word enas professionele persone moet hul insette veel meergewig dra. Hier is kortliks enkele voorstelle hoe onsgehalte-onderwys in elke klaskamer kan kry:

■ Raak ontslae van onbevoegde hoofde en luionderwysers in swak funksionerende skole, want hullesteel die toekoms van ons leerders. Die

Page 3: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 3/8

steel die toekoms van ons leerders. Dieonderwysdepartement moet so vinnig as moontlikaandag gee aan die olifante in die woonkamer: Luionderwysers behoort afgedank te word enonbevoegde skoolhoofde vervang te word met mensewat vir die taak van ’n skoolhoof opgewasse is. Geenpolitieke kontakte mag hier enige rol speel nie. Sadouse invloed in dié verband is ongelukkig baieteenproduktief vir gehalte-onderrig.

■ Kyk met ’n vergrootglas na die opleiding vanonderwysstudente. Ons kan nie gehalte-onderwys inelke klaskamer verwag as die opleiding van dieonderwysers nie op peil is nie. In ’n onlangse verslagvan die onderwysonderrig-navorsingsprojek is bevinddat die kurrikulum van onderwyskursusse by vyf tersiêreinstellings onvoldoende is – die opleiding vanonderwysers in veral wiskunde en Engels isontoereikend. Dit is tegelyk hartseer en skokkend, wantdié vyf instellings lewer meer as 60% van alle onderwys-gegradueerdes op. Om goeie onderwyskolleges tesluit was sekerlik een van die tragiesste besluite van dieANC-regering; ’n politieke besluit wat duisendeleerders se toekoms benadeel het.

Daar is veral fout met die opleiding van B Ed-graadstudente wat vir die senior primêre fase gaanskoolhou, want in plaas daarvan dat universiteite diegraad gebruik om goeie onderwysers op te lei en sódie siklus van middelmatigheid te verbreek, slaag nieeen van die vyf instansies hierin nie.

■ Daar moet gekyk word na die profiel van dosente watonderwysstudente onderrig. Enige persoon wat by dieopleiding van onderwysstudente betrokke is, behoortmet die een voet in die akademie en die ander voet indie onderwyspraktyk te staan, en moet dalk verpligword om elke vyf jaar vir ses maande skool te hou.Sodoende beleef hulle die harde werklikheid van dieonderwyspraktyk eerstehands sodat hulle nie studenteoplei vir ’n realiteit waarvan hulle weinig weet nie.

■  Verhoog die toelatingsvereistes vironderwysstudente. Dit sal egter gepaard moet gaanmet die verbetering van die onderrigklimaat in skole.Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch het getoon

die belangrikste redes waarom leerders nie onderwysas ’n beroep oorweeg nie, is weens die gebrek aanrespek vir onderwysers, die gebrek aan dissipline inskole en die feit dat die onderwys vir talle onderwysers

Page 4: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 4/8

skole en die feit dat die onderwys vir talle onderwysers’n gevaarlike beroep geword het as gevolg van geweldin skole.

“ ONS BELEEF NOU ’NKAIROS-OOM-BLIK INDIE GESKIEDENIS VANONS LAND. ”

9 KOMMENTARE

D Roeder

Sadou se tande moet getrek word. Die regering moet

onderwys ‘n noodsaaklike diens verklaar en stakings in

skole verbied. Natuurlik sal stortkop dit nooit oorweeg nie

want die ondersteuning van vakunies is ’n faktor wat hom

uit die tronk gaan hou

Willem Liebenberg

Die grootdte ongelykheid in die land is die kwessie van

intelligensie. Niemand wil dit graag hardop se nie, maar

dit is ongelukkig feite. Daardie ongelykheid sal nooit

uitgewis kan word nie. Hou asseblief op om maatskaplike,

sosiale en ekonomiese ongelykhede voor te hou as die

enkele grootste ongelykheid. Die werksetiek van baie van

die onderwysers in die sogenaamde voorheen benadeelde

skole is dikwels uiters swak. Hoe kan ons dan verwag dat

die uitslae moet verbeter as die onderwysers lei deur

voorbeeld? Daarenteen is werksetiek van onderwysers by

baie model C – skole uitstekend. Nou word daar allerhande

ander verskonings voorgehou. Tyd om die waarheid in die

oe te staar.

Alida J

As ‘n onderwyser wil “teach” en die kinders wil leer, kan

hulle onder ’n boom ook leer. Die probleem is onwillige

onderwysers wat net wil salaris kry en nie werk nie. Ns.

Ek is 'n onderwyser.

pieter van staden

Raak ontslae van onbevoegde en lui leerkragte is totaal

5w

5w a 1

5w

5w

Page 5: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 5/8

Raak ontslae van onbevoegde en lui leerkragte is totaal

onmoontlik. Die regte van werkers in veral die staatsdiens

is so verskans dat dit nie gaan werk nie. Die enigste

manier is om nooit sulke personeel aan te stel nie. Maar

wat kan mens doen om dit te keer as die aansoekers om ‘n

pos kwansuis ’n gekwalifiseerde kandidaat van 'n

opleidingsinstansie is?

Henning Viljoen

Willem die probleem le nie so seer by intelligensie nie

maar by onderwysers wat nie weet om die potensiaal van

kinders te ontwikkel nie. Swak en lui onderwysers is die

probleem wat self in die eersteplek nie goed opgelei is

nie…onderwys is n roeping en nie n beroep nie!

Chris de Wit

Bepaal onderwysers se jaarlikse verlof op 21 werksdae,

soos in meeste ander departemente. Die res van die DRIE

MAANDE vakansie waartydens hulle onproduktief is moet

onderwysers gedwing word om hulle vakkennis en

klasmetodiek te verbeter. deurm verpligte opleidingsessies

aan kolleges en universiteite gedurende die res van die

vakansies. Meeste onderwysers weet van hulle vakgebied

en hoe om dit doeltreffend te onderrig net genoeg om

gevaarlik te wees. Die Onderwyserskolleges het die beste

onderwysers opgelewer. BRING HULLE SOU MOONTLIK

TERUG!

Willem Liebenberg

Stem saam Henning. Dit is baie waar – die feit rakende die

ontgunning van potenisiaal. Dit kos toegewyde

onderwysers / onderwyseresse wie dit as hul roeping

beskou om die potenisaal van kinders te ontsluit en te

ontwikkel. Ongelukkig is die swak dissipline en die

oorbelkemtoning van die regte van kinders ‘n groot

demotiveerder vir baie mense om onderwys te gaan

studeer. Die oorbeklemtoning van menseregte het

veroorsaak dat menseregte meer gewig dra as dissipline

en harde werk. Die voorbeeld wat die regering stel deur die

aanstelling van kaders ongeag meriete as basis het

sodanig deurggesuur na die bree bevolking dat dit in wese

ook ’n faktor geword het om te oorweeg as ‘n moontlike

rede vir swak prestasie.

Ek het vriende wat in die onderwys is. Jou hare sal regop

staan as jy hoor hoeveel onderwysers / onderwyseresse

5w

5w

5w a 1

Page 6: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 6/8

staan as jy hoor hoeveel onderwysers / onderwyseresse

moet verduur van kinders met swak dissipline.

Ek dink die probleem le veel dieper as ’n paar simplistiese

verduidelikings. Feit bly staan intelligensie is 'n

bepalende faktor by diegene wat werklik uitstyg tesame

met harde werk.

Dolf Doryn

Ek het ontsaglike respek vir onderwysers wat wil onderig

en leerders wat wil leer. My vrou is ‘n onderwyseres.

Tydens SADOU stakings was sy die enigste juffroutjie by

die skool en darem die skool-hoof ook. En ’n ander

brandpunt – skoolkinders wat in openbare geweld

betrokke raak gedurende betogings asook skole wat stuk-

stuk weg gedra word na informele nedersettings, of skole

wat afgebrand word.

Alle kommentaar van respondente is baie geldig en waar.

Hoekom kan agbare Angie dit nie raaksien nie??

Estelle Matthysen

Die probleem is nie intelligensie nie! Geen swart/wit

probleem nie. Ek hou 38 jaar skool. Swart kinders presteer

uitstekend, soos wit kinders AS hulle die erns besef.

Kinders moet van geboorte af gestimuleer word. Ouers

MOET betrokke raak, nie die onderwysers bespreek met

kinders nie en ‘n goeie voorbeeld stel. Ons moet ophou om

die stelsel te kritiseer en saamwerk. En die lesers wat kla

oor die “baie” vakansies: 2 vrae. Hoekom is jy dan nie ook

’n onderwyser nie? En kom hou elke dag vir 200 kinders

skool, merk hulle werk, beskerm hulle teen hulself en

boelies, leer hulle maniere en dink hoe sal jy voel na 3

maande. Die vakansies word gebruik vir nasien,

beplanning en ekstra gebede vir geduld en krag!

Jy moet aangemeld wees op ons webwerf om kommentaar te kan

lewer.

Kliek hier om aan te meld (/paywall/paywall/login), of hier om te

registreer (/paywall/paywall/subscribe) indien jy nog nie ’n

gebruikersprofiel geskep het nie.

Media24 Digitale Nuus: Só voer ons gesprek

Ons is ten gunste van oop gesprek en wil aan al ons lesers die platform gun om

saam te praat. Die “wagwoord” in die kommentaar-afdeling van ons webwerwe

is respek. Respek vir mede-lesers en die mense en gebeure waaroor ons berig.

5w

5w

Page 7: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 7/8

is respek. Respek vir mede-lesers en die mense en gebeure waaroor ons berig.

Ons sal nie seksisme, homofobie, rassisme of ander vorms van haatspraak duld

nie en behou ons die reg voor om kommentaar te verwyder. Kortom, speel die

bal, nie die man nie.

1 .

2 .

3 .

4 .

GEWILDSTE

DÍS WAT ’N WENNASIE DOENDaar is heelwat wat in Suid-Afrika verkeerd is en veel wat hom wanhopig stem, sê Johann Rupert, een van Suid-Afrika se rykstesakemanne.

(http://www.netwerk24.com/stemme/2015-02-08-ds-wat-n-wennasie-doen)

HANLIE RETIEF GESELS MET PIET CROUCAMPOor die man met die kopdoek is niemand lou nie. Óf jy hou van hom óf absoluut nié. Óf jy reken hy’t die onmoontlike reggekryom Eugene de Kock uit die tronk te kry óf jy glo sy bemoeienis met dié Vlakplaas-bevelvoerder se vrylating was opportunisties,sy kans om self glans te trek. Dís hoe mense rol met Piet Croucamp.

(http://www.netwerk24.com/stemme/2015-02-08-hanlie-retief-gesels-met-piet-croucamp)

ADRIAAN BASSON: JAN KEMPDORP: DIS DIEPER AS RASDie beelde op my skerm is glad nie wat ek verwag het nie. Toe die nagkantoor Donderdagaand laat bel en my vertel van onskollegas by Volksblad se massiewe Jan Kempdorp-scoop het my moed in my skoene gesak.

(http://www.netwerk24.com/stemme/2015-02-07-adriaan-basson-jan-kempdorp-dis-dieper-as-ras)

SONJA LOOTS: LINDIWE ZULU WEET NIKS VAN AFRIKAAN WEESAs Lindiwe Zulu minder onsin gepraat het, sou sy meer tyd gehad het vir lees. As teenvoeter vir haar verblindende onkunde enverstommende hardvogtigheid sou Jonny Steinberg se A Man of Good Hope ’n goeie beginpunt wees. Die verhaal begin met’n agtjarige kind wie se ma voor sy oë doodgeskiet word. Hy bevind hom in Mogadisjoe te midde van ’n burgeroorlog watbinne ’n ommesientjie van twee derdes van sy stad se inwoners vlugtelinge maak. Hy is ’n Somaliër.

o (https://muut.com/)m

Page 8: AKTUEEL Ruk swak onderrig só reg - Symphonia · 2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg 0106rukswakonderrigsreg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 1/8

2/9/2015 Ruk swak onderrig só reg

http://www.netwerk24.com/stemme/2015­01­06­ruk­swak­onderrig­s­reg?vc=5017af02b3151e0201dd4e5f1d281b2e 8/8

(http://www.netwerk24.com/stemme/2015-02-08-sonja-loots-lindiwe-zulu-weet-niks-van-afrikaan-wees)