2021 | NAMIBIE · 2020. 8. 17. · Vanaand eet ons ‘n heerlike seekos ete by een van die...

8
2021 | NAMIBIE TOER DATUMS: Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

Transcript of 2021 | NAMIBIE · 2020. 8. 17. · Vanaand eet ons ‘n heerlike seekos ete by een van die...

  • 2021 | NAMIBIE

    TOER DATUMS: Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

  • BELANGRIKOnthou jou PASPOORT!

    •Indien jy aan ‘‘n mediesefonds behoort, onthou om ‘n medies

    reisversekeringsbrief vanaf jou fonds aan te vra vir die tydperk van dietoer.

    Reisversekering is ook baie belangrik en jy kan nie daarsonder reis nie. Gesêls

    met jou bank of kontak TIC www.tic.co.za.

    •Voel vry om peuselhappies vir die pad, asook alkoholiese verversings te pak.

    (Twee liter wyn per persoon word toegelaat by doane.) Wees verseker - Drank is

    oral in Namibié te koop.

    •Middagete is meestal net ‘n toebroodjie, aangesien ons daardie tyd

    gewoonlik op die pad is en tyd vir stop is maar min.

    • NB: ALLE voorskrif medikasie moet vergesel wees van die fisiese voorskrif.

    •As jy geneig is om hooikoors van stof te kry, bring asseblief die nodige

    medikasie.

    •Pak jou parfuum, spuitgoed, rome (enige vloeistof) in jou tas - nie in jou

    handbagasie nie. Jy mag nie meer as 100ml by jou dra nie.

    •Dis baie warmer in Namibié as in Suid-Afrika, maar pak steeds ‘n warm

    baadjie en mus in vir die wildritte saans.

    Die sjerrie is op ons!

    • Pak asseblief lig en bring gemaklike skoene.

    •Hou by die bagasieregulasies soos deurgegee op die WhatsApp-groep en

    merk jou tas duidelik met jou naam en van.

    •Laastens, los jou geite by die huis, pak ‘n goeie gemoed in en kom maak

    nuwe vriende.

    Jy gaan ‘n ongelooflike lekker tyd hé!

    KOSTE: R24 900* PER PERSOON WAT DEEL

    TOER DATUMS:Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

    2021 | NAMIBIE

    http://www.tic.co.za/

  • Vanaf die lughawe, doen ons n vinnige besigtigingstoer deur Windhoek

    voor ons by die hotel inboek. Ons maak gereed vir ‘n heerlike aandeteen

    kuier by die legendariese Joe’s Beerhouse, ‘n ware Windhoek instelling.

    Hier word ons bedien met ‘n tradisionele Duitsemaal.

    DAG 2: SATERDAG 3 JULIENa ontbyt, doen ons weer n vinnige besigtigintoer van Windhoek (as die

    tyd ons toelaat!) en vat dan die pad noord in die rigting van Okahandja,na

    die luukse Erindi Natuurreservaat.

    2021 | NAMIBIE

    TOER DATUMS:Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

    DAG 1: VRYDAG 2 JULIEDie hele toergroep ontmoet TWEE ure voor die viiegtuig vertrek by OR

    Tambo Lughawe. (NB: Ons sal voor die tyd inligting deurstuur oor

    goedkoper parkering, inden ons dit gereél kan kry. Onthou ook, Gerrie en

    sy span ontmoet julle op Windhoekse lughawe, nie op OR Tambo nie.)

    Jy sal jou vliegkaartjie hé en dis elkeen se verantwoordelikheid om by Air

    Namibia in te boek of welke lugdiens ons ook sou gebruik. Dit word

    vroegtydig aan jou deurgegee.

    Hou in gedagte:

    Dit is n groot groep, so wees voorbereid vir lang rye. Maak asseblief seker

    van die vlug se instaptyd en hek waar jy moet wees.

    Hou n pen byderhand vir vorms wat ingevul moet word by die lughawe en

    op die vliegtuig. By ‘Akkommodasie’ vul die volgende in:

    Windhoek Safari Hotel, Aviationstraat, Windhoek en Erindi Private Game

    Reserve (tel# 00264 8114 500 00).

    In Namibié aangekom, gaan jy weereeens geduldig moet wees, want doeane

    vat hulle tyd. Maak seker jou landingskaart is voltooi en hou weereens “n

    pen byderhand vir enige dokumente wat ingevul moet word. Sodra die

    owerhede met jou klaar is en jy jou bagasie gekry het, sal Gerrie en die span

    jou ontmoet. Laat die avontuur begin!

  • DAG 3: SONDAG 4 JULIEErindi is so lekker ons kuier sommer nog n dag hier!

    Dit is immers vir baie die hoogtepunt van n kuier in Namibië en ons doen

    dinge in styl. Vandag kan jy rustig vanuit jou kamer die watergat dophou of

    bloot op die groot dek sit en kuier en diere dophou.

    Dit is n ongelooflike gesig om seekoeie , krokodille , olifante , kameelperde

    en selfs leeus by die watergat dop te hou. Daar word weer heerlike

    middagete geniet, ‘n “high tea’ later die middag en ons nooi jou weer uit vir

    ‘n wildsrit met sonsondergang. Vroegaand steek ons die kaggel aan

    en maak die rooiwyn oop. Dit beloof om weereens ‘n heerlike kuier aand

    saam met nuwe vriende te wees. Erindi is voorwaar baie spesiaal en sal

    jou vir altyd bybly!

    DAG 4 : MAANDAG 5 JULIENa n heerlike ontbyt, weereens langs die watergat, groet ons en beweeg

    2021 | NAMIBIE

    TOER DATUMS:Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

    Ons eerste hoogtepunt van die toer is n wildrit saam met ervare gidse

    op die 70 000 hektaar natuuurreservaat, met die Groot Vyf wat hier

    voorkom.

    Op pad na die reservaat stop ons natuurlik by die legendariese Piet’s

    Biltong waar jy lekker biltong, droéwors en iets vir die keel kan koop.

    Terwyl ons wag vir ons kamers wat 14h00 gereed sal wees , geniet ons

    middagete op Erindi se dek, wat uitkyk oor ‘n watergat waar olifanteen

    ander diere kom suip en baljaar.

    Laatmiddag gaan ons op ‘n wildsrit op soek na leeus en jagluiperds en

    geniet ‘n heerlike gin & tonic iewers in die veld.

    Aandete:

    Vanaand se aandete by Erindi se restaurant bestaan uit ‘n buffet van

    uitstaande gehalte. ‘n Knus kaggelvuur en ‘n uitsig oor die watergatvoltooi

    die prentjie.

  • geleentheid om die unieke lodge te ervaar

    Bring jou swembroek , hier is n heerlike swembad en n lieflike kuier area.

    Samesyn is die wagwoord en vanaand kuier ons heerlik om die

    braaivleisvuur terwyl ons stories uitruil en grappe vertel. Vir twee salige

    dae is hierdie ons tuiste en jy kan ontspan met jou boek of die vele

    geriewe van die oord benut en geniet.

    DAG 5 & 6: DINSDAG & WOENSDAG 6 & 7 JULIENa n heerlike ontbyt vertrek ons vanaf Etosha en ry suid in die rigtingvan

    Swakopmund en Walvisbaai. Iewers stop ons om bene te rek en koffie te

    drink.

    Vandaar beweeg ons verder suid na die hart van die woestyn, na

    2021 | NAMIBIE

    TOER DATUMS:Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

    na nog ’n ongelooflike hoogtepunt - Etosha Nasionale Park. Die soutpanne

    van Etosha is ‘n besonderse prentjie en skep vir baie toeriste herinneringe

    wat hulle vir ewig sal onthou. Ons hoop ons is gelukkig en sien sommer baie

    diere daar.

    Ons bly oor by Gondwana se Etosha Safari camp. Dis enkele kilometers

    vanaf die park se ingang en ons gaan ons bes probeer om betyds te wees

    vir ‘n namiddag wildrit deur Etosha. Andersins doen ons dit die volgende

    oggend.

    Jy het die opsie om meer as een keer die park te besoek en Gondwana kan

    vir ons die bespreking doen. Daar is een gratis wildsrit ingeslit by die toer.

    Vanaand kuier ons by Gondwana se baie unieke “Township” terwyl die beste

    disse voorgesit word, word die kitare om die kampvuur uitgehaal en word

    die beste disse voorgesit. Gewoonlik is die uiters gewilde Etosha Safari

    Lodge maande vooruit bespreek deur toeriste, maar nou het onsdie

  • Op pad gaan ons kyk wie die berugte Duin 7 kan baasraak. Die wie se bene

    hulle in die steek laat, kan agterbly en die brawes aanmoedig. (Die kaf

    moet een of ander tyd van die koring geskei word!) Die wat dit wel tot bo

    maak, glo my, sal beloon word met die asemrowende uitsig.

    Terug in die bus en weer op pad, stop ons op die afgeleé Solitaire (dis

    soos ‘n toneel uit ‘n “cowboy” fliek!) Die beroemde appeltert en koffie

    is ‘n moet voordat ons aanbeweeg na ons verblyf vir die nag. Lodge

    Hammerstein is ‘n absolute oase na die lang dag en al die opwinding.

    By die lodge gaan julle die geleentheid kry om die hokke van hul(mak!)

    rooikatte, luiperde en ander diere, binne te gaan.

    Vanaand wag weereens ‘n heerlike aandete op jou.

    DAG 8: VRYDAG 9 JULIEVanoggend beweeg ons na die pragtige kusdorpie Luderitz. Op pad

    soontoe stop ons by een van die oudste hotelle in Namibie.

    2021 | NAMIBIE

    TOER DATUMS:Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

    Walvisbaai. Hier word ons ingewag met skemerkelkies teen die duine van

    die oudste woestyn ter wereld (twee woorde) terwyl ons uitkyk oor die see

    en ‘n heildronk drink op nuwe vriendskappe.

    Walvisbaai se seefront is baie bekend en daarom kan dit nie anders nie.

    Vanaand eet ons ‘n heerlike seekos ete by een van die welbekende

    restaurante teen die waterfront. Die volgende oggend na ontbyt vertrek

    ons na die skilderagtige Swakopmund, propvol geskiedenis met sy Duitse

    argitektuur. Voorwaar iets om na uit te sien.

    Die kristalgallery, met die die grootste Quartskristal ter wéreld, asook

    die bekende leerwinkel wat nog regte “vellies” verkoop, is ook op die

    spyskaart.

    Egte Duitse koffie wag op jou en jy sal ‘n uur of twee hé om Swakopmund

    op jou eie te verken, voor ons terugkeer na Walvisbaai vir n bootrit om

    pelikane, robbe en dolfyne te gaan soek. Wat ‘n ervaring!

    Vir aandete ry ons terug na Swakopmund vir n tradisonele Duitse maal by

    die legandariese Brauhaus Restuarant. Heerlike Wiener Schitzels, Kartoffel

    en Sauerkraut. (Jy gaan beslis n kilo of twee optel tydens hierdietoer!)

    DAG 7: DONDERDAG 8 JULIEVroegoggend vat ons die pad suidwaarts deur die Namib Naukluft Park.

  • DAG 10: SONDAG 11 JULIENa n goeie ontbyt by Bird’s Nest vertrek ons na die tweede grootste

    canyon (aardtrog) ter wéreld, die Visrivier Canyon. Ons vertel jou van sy

    geskiedenis en hoe dit miljoene jare gelede gevorm is. Voorwaar ‘n

    wonderlike gesig wat jou vir ewig sal bybly! Pragtige foto’s word

    gewaarborg en hou ook ‘n oog oop vir jagluiperde wat gereeld in die

    omgewing gewaar word.

    Op pad soontoe stop ons ook by die Canyon Road Lodge om die antieke

    ware en ou motors te besigtig ... (en sien wie val vir die “Pandora Box!”)

    Middagete sal by die canyon geniet word.

    Later steek ons die grens oor na Suid-Afrika en slaap by n lodge in

    Upington, waar die vure reeds mt aankoms hoog brand en ons viroulaas

    saamkuier.

    Namibië is n groot land en die paaie lê wyd met groot dele grondpad.

    Indien jy wil kan jy vir jou n vlug reël vir die Maandag sou jy wou

    terugvlieg en nie met die bus terug ry Pretoria toe nie.

    2021 | NAMIBIE

    TOER DATUMS:Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

    Ons akkommodasie en eetplek is by die legendariese Barrels, waar ons

    vanaand gaan musiek maak, lekker kuier en weereens behoorlik smul aan

    die heerlike kos

    Laatmiddag doen ons ‘n besigtigingstoer deur Luderitz en ons gaan wys

    julle onder andere hoe Haai eiland (Shark Island) lyk. Daar wag ook n

    verassing by die ou Duitse kerk ... (maar ek sé niks meer nie!)

    DAG 9: SATERDAG 10 JULIEOns vertek vroegoggend na my persoonlike gunsteling, Kolmanskop.

    Die vergete spookdorp, verswelg deur die woestyn, was op sy dag ‘n

    florerende myndorpie. Hier was herehuise, kegelbane, ‘n ysfabriek en

    natuurlik baie stories en legendes. Die kenner op die gebied en die beste

    gids in die kontrei vergesel ons om ons meer te vertel van die langvergete

    dorpie se geskiedenis.

    Ons gaan soek ook die Namib Woestynperde saam met n spesialis, om ons

    meer te vertel van hoe hulle in die woestyn beland het en hoe op aarde

    hulle steeds oorleef. Middagete word hier geniet.

    Na middagete durf ons die res van die pad aan na ons verblyf in

    Keetmanshoop, genaamd Bird’s Nest. Ons herlaai ons batterye met ‘n

    rustige kuier en “n vroeé aandjie, want more oggend vroeg val ons in die

    pad na die Visrivier Canyon.

  • 2021 | NAMIBIE

    TOER DATUMS:Vrydag 2 Julie tot Maandag 12 Julie 2021

    DAG 11: MAANDAG 12 JULIEDie bus vertrek vroeg, terug na O.R. Tambo. Ons behoort teen

    18h00/19h00 te arriveer.

    Met n swaar gemoed neem ons afskeid van mekaar, maar herkouaan

    mooi herinneringe van ‘n onvergeetlike tyd in ‘n pragtige land met sy

    unieke mense.

    PRYSR24 900* per persoon wat deelR33 900* per persoon in ‘n enkel kamer.

    *Beperkte beskikbaarheid

    Dra asb. kennis dat enkelbesprekings beperk is en in sekere gevalle nie

    moontlik is nie.

    HOE OM TE BESPREEK• Betaal jou nie terugbetaalbaar Deposito can R5 800 onmiddelik om jou

    plek op die Namibia Toer te verseker. Die uitstaande balaans moet 60

    dae voor die toer betaal word.

    • Ons stuur vir jou n baie meer gedetailleerde reisplan met wenke oor die

    bestemmings en dinge om te beplan.

    • Namibië se paaie is wyd en baie is grondpad. Indien jy nie lus is vir die

    terugry met die bus nie en n vlug wil bespreek vanaf Upington moet jy dit

    • asb self reël. Ons sal sorg dat jy by die lughawe kom.

    • Raak solank opgewonde en begin uitsien na die mees ongelooflike

    vakansie wat op jou wag!

    • Besprekings verwysings nommer: NAM2021 + Name and Surname