Inhoudsopgawe · 2016. 9. 27. · Ons het al gekyk na wat om te onthou wanneer jy gaan kamp, so nou...

13
Inhoudsopgawe 1. Voogde. + Verjaarsdae. 2. Huweliksherdenkings . + Lief & Leed. 3. Lief en leed foto’s. 4. Voorsittersbrief. 5. Iets interesant vir ons kampeerders. 6. Bl. 5 vervolg. 7. Boetes ontvang. 8. Ander toekenings ontvang. 9. Lekker Resep. 10. Volgende kampe. & Bybel stukkie begin. 11. Bybel stukkie vervolg. 12. Voorlopige 2017 kampe. _________________________________________________________________________________________________ Naam Posisie nommer Louis van der Walt. Voorsitter. 083 276 1719 Jan Du Buisson. Ondervoorsitter. 082 921 1128 Marietjie Du Buisson. Voorraadhouer. 082 941 5579 Corrie Clase. Penningmeester. 082 753 0661 Hennie Gouws. Graveerder. 083 328 3868 Tienie Herholdt. Sekretaris. 083 304 0604 Zan-Mari van der Walt. Nuusredaktriese. 078 040 8889

Transcript of Inhoudsopgawe · 2016. 9. 27. · Ons het al gekyk na wat om te onthou wanneer jy gaan kamp, so nou...

  • Inhoudsopgawe

    1. Voogde. +

    Verjaarsdae.

    2. Huweliksherdenkings

    . + Lief & Leed.

    3. Lief en leed foto’s.

    4. Voorsittersbrief.

    5. Iets interesant vir ons

    kampeerders.

    6. Bl. 5 vervolg.

    7. Boetes ontvang.

    8. Ander toekenings

    ontvang.

    9. Lekker Resep.

    10. Volgende

    kampe. & Bybel

    stukkie begin.

    11. Bybel stukkie

    vervolg.

    12. Voorlopige

    2017 kampe.

    _________________________________________________________________________________________________

    Naam Posisie nommer

    Louis van der Walt.

    Voorsitter. 083 276 1719

    Jan Du Buisson. Ondervoorsitter. 082 921 1128

    Marietjie Du Buisson.

    Voorraadhouer. 082 941 5579

    Corrie Clase. Penningmeester. 082 753 0661

    Hennie Gouws. Graveerder. 083 328 3868

    Tienie Herholdt.

    Sekretaris. 083 304 0604

    Zan-Mari van der Walt.

    Nuusredaktriese. 078 040 8889

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwj1k-eg2ovPAhWBfRoKHT-pAfcQjRwIBw&url=https://uk.pinterest.com/pin/37717715607238987/&psig=AFQjCNGe5TosF8mZDPXBi4HHy91NyBz0OA&ust=1473834071957353https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwiYqLHp24vPAhUL2xoKHTlaAT4QjRwIBw&url=https://www.pinterest.com/pin/127086020711837540/&psig=AFQjCNGe5TosF8mZDPXBi4HHy91NyBz0OA&ust=1473834071957353https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwicvMjn6IvPAhVEVhoKHbxzASwQjRwIBw&url=https://www.pinterest.com/pin/425660602253562184/&bvm=bv.132653024,d.ZGg&psig=AFQjCNF_QfmkiWo_sudNQqQMnq6Eg7NOLQ&ust=1473838053517234

  • Louis van der Walt : Bestuur.

    Jan Du Buisson : Attie van Staden, Hennie De Koker,

    Graham Clouston.

    Corrie Clase : Dave Fourie, Fanie van Zyl, JJ Venter.

    Tienie Herholdt : Alan Morgan, Gerald Greyling, Peet v.d. Walt.

    Hennie Gouws: Hans Barnard, Peet Barnard, Aubrey Lerm.

    Marietjie Du Buisson : David Fourie, Jurg Steenkamp, Sarel van Zyl.

    Zan - Mari van der Walt : Olaf Billekens, Antonie Laubsher.

    _________________________________________________________________________________________________

    _________________________________________________________________________________________________

    September Oktober 03 – Gerald Greyling. 05 – Hennie Gouws.

    05 – Elsabe van Zyl. 10 – Annet Venter.

    13 – Corrie Clase. 14 – Linda van Zyl.

    17 – Graham Clouston. 19 – Sarel van Zyl.

    30 – Thea Barnard.

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwiE3ITN6YvPAhXMmBoKHYxTCgAQjRwIBw&url=https://www.pinterest.com/pin/321866704596173387/&bvm=bv.132653024,d.ZGg&psig=AFQjCNHvnRoyMKYIEkIbzUigVOM7f-6LJQ&ust=1473838274430309https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwiI_P-p64vPAhUJfxoKHUhvD84QjRwIBw&url=http://www.pixelstalk.net/happy-birthday-images/&bvm=bv.132653024,d.ZGg&psig=AFQjCNELqyJIBrfARfWg3h0p0fjJQW_-xg&ust=1473838727692184https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwiFpbSZ84vPAhWK2RoKHbaJAMEQjRwIBw&url=http://www.santabanta.com/wallpapers/birthday/?page=5&bvm=bv.132653024,d.ZGg&psig=AFQjCNELqyJIBrfARfWg3h0p0fjJQW_-xg&ust=1473838727692184

  • September Oktober 09 – Olaf en Estelle Billikens. 08 – Hennie en Sherron de koker.

    11 – Sarel en Linda van Zyl. 26 – Hennie en Bertha Gouws.

    12 – Allan en Alta Morgan.

    29 – David en Madelein Fourie.

    _________________________________________________________________________________________________

    Jan en Marietjie du Buisson het ‘n splinter nuwe slaap plek gekoop, ons hoop hulle kamp nou ekstra lekker en kan nou nog baie kampe by woon met hulle nuwe slaap plek.

    Fanie en Elsabe van Zyl het ‘n nuwe sleep voertuig gekry, ons hoop hulle het net lekker tye en geen problem wanneer hulle sleep of iewers heen ry nie.

    Megan het ‘n A+ verwerf met haar redenaars , en dit was ekstra moeilik want sy het haar stuk in engels gelewer.

    Olaf Billikens se sussie Katja het maag kanker, ons almal se gebede gaan op vir hulle en ons dink aan hulle.

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwiSqbae9IvPAhUESRoKHXk_ARIQjRwIBw&url=http://www.clipartpanda.com/categories/anniversary-clip-art-free&bvm=bv.132653024,d.ZGg&psig=AFQjCNGWiyjoQ7rjQxhcvNjf4tMxsKRM5A&ust=1473841134451579

  • Goeie dag almal.

    Dit was weer ‘n baie lekker kamp saam julle almal. Ek kon nie glo toe ek hoor dat ons

    somme ‘n hele klomp vriende saam gaan wees die naweek nie, en sommer ‘n paar wat ons

    lanklaas gesien het. Dit was lekker om julle almal weer saam ons te hê.

    Al het die weer nie so lekker saam gespeel nie en die wind bietjie gewaai was dit ‘n lekker

    kamp. Ons moet meer maal die kampe reël op ons vriende se verjaarsdae dat ons meer kan

    lekker eet op ‘n Saterdag middag. Dankie aan Corrie en Fanie hulle wat dit so lekker gemaak

    het.

    Ek wil almal net herhinder aan die volginde kampe wat voorlê. Die klipdraai kamp wat nou

    nader kom is aan die einde van die skoolvakansie. Die hele week voor die kamp is ‘n lekke

    af week vir die kinders kom ons gaan kamp sommer ‘n ruk voor die amptelikke kamp lekker

    saam. Ek gaan prober om so paar dae voor die kamp al daar te wees. Dan kom die Kongres

    vinnig nader. Die jaar is dit by Koppiesol. As daar enige iemand is wat graag sal wil

    saamgaan soontoe, laat my so gou moontlik weet dat ek kan probeer reël om almal plek te

    kry wat belang stel.

    Ek hoop ek sien julle almal weer by die volginde kampe. Sterkte aan al die kinders met hulle

    eksamens wat voorlê. Ilse baie sterkte met jou record eksamen en die eind eksamen. Dis

    baie harde werk, maar die einde is naby.

    Sien julle by die volginde kamp.

    Louis.

  • Die somer is hier en dit beteken dis weer kamp-seisoen. Soos die kwik-vlakke styg vaar meer en meer mense die natuur binne. Oop vlaktes reg oor die land word skielik versier met kleurvolle tente wat soos miershope dimensie aan die landskap gee en binne-kuiers word vinnig verruil vir buite-kuiers en baljaar.

    Ons het al gekyk na wat om te onthou wanneer jy gaan kamp, so nou kyk ons na oulike, kreatiewe, skeppende en vindingryke wenke en idees* wat sal verseker dat jy selfs swaargewig kampeerders iets nuuts sal kan leer. Jip, hierna sal jy bekend staan as die Kamp Koning, die Baas van Buitelewe, die Kenner van die Kamp-wêreld …

    1. Indien jy kamp langs die water waar die temprature saans effe laag kan daal, vat so ‘n paar koerante saam en sit dit onder die opblaas matras om die koue te isoleer.

    2. Kamp-kos hoef nie net uit blikke te kom nie, jy kan heerlike koningskos en varsgemaakte disse óók bedien. Vir dié wat graag slaai maak, draai jou slaaikop in koerantpapier toe dan bly dit tot 10 dae vars.

    3. Indien jy nie meer blits oor het nie, gooi kookolie oor koerantpapier om die vlamme aan te stook.

    4. Maak jou vuurhoutjies waterdig deur die voorpunte in naelak of kerswas te doop.

    5. Naas nat vuurhoutjies, is nat toiletpapier niemand se pel wanneer jy kamp nie. So, maak seker jy bewaar jou “wit goud” só:

    – Vat ‘n leë 1 kg jogurt-houer, verkieslik die wat nié nouer word na onder nie, en was dit uit. (Enige ander plastiekhouer kan ook werk.)

    – Vat nou ‘n skerp mes of skêr en sny ‘n vertikale gleuf aan die kant van die bakkie. Plaas die rol daarbinne, sit die deksel op en siedaar!

    – Voer nou die toiletpapier deur die gleuf. Jy sal die rol enige plek kan neersit sonder dat dit vuil of nat raak.

    6. Gooi ‘n kombers wat as ‘n mat kan dien in jou tent, dit sal nie net ekstra gemak oor boom-wortels bied nie, maar sal ook die skoonmaak voor jul vertrek soveel makliker en vinniger maak. Skud dit bloot uit en siedaar!

    7. Dames dié een is vir julle: ontdek die wonder van DROë SJAMPOE! Jip, die oulike poeier sjampoe word in jou hare gevryf, dan los jy dit vir so ‘n paar minute en kam dit dan uit. Die poeier absorbeer die lastige olies en sal jou hare weer tydskrif-mooi laat lyk.

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwiZj8WHtJbPAhWGXBQKHYzcA6AQjRwIBw&url=http://www.iemoji.com/view/emoji/1852/people/nerd-face&psig=AFQjCNHGfUlm8GXTx7lSP9OROJiYL707Ew&ust=1474201852873965http://www.lekkeslaap.co.za/lekkeslaap-blog/onthoulysie-vir-kamp/

  • 8. As jy nie muskiet-room het nie, vryf die binnekant van lemoen-skille oor jou lyf om die nare peste weg te hou.

    9. Nog ‘n manier om muskiete weg te hou is deur knoffel te eet voor jul weggaan. Dit gaan dalk die ander mense ook weghou maar as almal saam eet, sal almal ook saam stink en boonop hoef niemand dan muskiete weg te waai nie.

    10. Nog ‘n gogga-wenk (as ek dit so kan noem) is om ‘n brandende bysteek met mosterd of tandepasta te verlig. Die tandepasta moenie ‘n gel-basis hê nie.

    11. Kabelbande (cable ties) en kleefband kan enige ding regmaak, enige ding! En indien jy nie die hele kleefbandrol wil saamneem nie, draai so ‘n paar meters om jou aansteker om te gebruik.

    12. Kamp in die donker is glad nie lekke nie, so onthou om enige bron van lig saam te neem, iets wat jy in jou tent kan gebruik. Koplampies werk soos ‘n bom, want dan is jou hande vry om te werk. Maar hier is nou ‘n lekke oulike en kreatiwe lig-idee:

    – Vat ‘n 5 liter plastiekbottel en maak dit vol met water.

    – Bind nou jou koplampie daaraan vas sodat die liggie in die bottel in skyn – viola! Dit sal ‘n sagte lig skyn.

    13. As jy lanklaas gaan kamp het en jou waterbottels het al begin muwwerig ruik, gooi vier teelepels koeksoda in, skud en laat staan vir een uur voor jy dit uitspoel.

    14. As jy graag visvang wanneer jy kamp, voer die binnekant van jou hengelboks met foelie uit, dit sal help om te voorkom dat jou hoeke en sinkers ens. roes.

    15. Om waterbottels kouer te hou, draai dit in foelie toe!

    16. Om te verseker dat jou tent-penne en toue nie saans ‘n onskulidige verbyganger pootjie nie, plaas ‘n oopgesnyde tennisbal oor die bokant van die tent-pen. Vir die toue, draai ‘n stuk foelie daarom, so halfpad tussen die tent en die pen. Die foelie sal reflekteer in die lig van die flits.

    17. Nog ‘n oulike foelie-wenk is:

    – Plaas foelie oor ‘n gewone braairooster om ‘n plaat te vorm.

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwi7otb9rJ3PAhUCyRQKHZw2D04QjRwIBw&url=https://www.pinterest.com/pin/552253973027441384/&psig=AFQjCNEESOsJzJ5TtKoYyx7oDYsbpbZTng&ust=1474440483774567

  • Die drie musketeers alweer saam in die sop.

    Ons Boetebessie vir die Naweek.

    Jan het ‘n boete ontvang ,omdat hy skoon vergeet het om Sjampanje te verskaf om die nuwe woonwa in te lyf.

    Hierdie man kan baie gelukkig wees hy het lig daarvan af gekom en kon baie meer as net een boete ontvang het.

    Phillip was ons besoeker vir die naweek en selfs hy was beboet omdat hy sy vrou laat braai het Saterdag toe al die mans moes braai.

    Antonie kamp vir die eerste keer in 'n baie lang tyd saam ons en ontvang dan 'n boete vir sit terwyl hy braai ,maar ons almal het ‘n our us kansie nodig so af en toe. ( As mens goed is is jy goed.)

    Selfs ons eie boete bessie het 'n boete ontvang omdat hy vir hom ‘n ander sleep voertuig aangeskaf het en nie die goeie nuus met ons gedeel het nie.

  • Ons het Corrie en Elsabe se verjaarsdae gevier die Saterdag middag met heerlike eetgoed wat hulle voorsien het.

    Corrie en Hendrien Clase, 110 streek saamtrekke,150 algemene saamtrekke, 90% bywoning 2016, 100% bywoning 2015, 10 kampkommandante, bestuurslid, mooi – mooi, streekmeriete toekening.

    Hennie en Berta Gouws, 50 streek saamtrekke.

    Tiennie en Bessie Herholdt was ons kampkommandante vir die naweek baie dankie vir die lekker kamp, hoop ons kan gou weer so maak.

    Jan du Buisson het nou wel nie 'n toekenning ontvang hiervoor nie alhoewel ek persoonlik dink hy verdien een vir die heerlike mielie tert wat hy vir ons opgetower het met Saterdag aand se saam braai.

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=&url=http://www.canstockphoto.com/vector-clipart/graduation.html&bvm=bv.133178914,d.ZGg&psig=AFQjCNGGnL2aelAQFrhIa6pbtY9393_EUg&ust=1474443907865644

  • HOENDERPASTEI OP DIE KOLE

    (6 PORSIES)

    1 ui, gekap

    2 knoffelhuisies, fyngekap

    45 ml olyfolie

    1 gaar hoender, gevlok van die bene af

    250 ml room

    sout en varsgemaalde swartpeper

    2 x 400 g-rolle blaardeeg

    METODE:

    Verhit olyfolie in ’n mediumgroot pot. Voeg uie en knoffel by.

    Braai vir sowat 3 – 5 minute. Voeg hoender by en braai vir nog 5 minute.

    Gooi room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5 – 8 minute of tot room met die helfte

    verminder het. Die mengsel moet dik en romerig lyk.

    Geur goed met sout en swartpeper.

    Plaas een rol blaardeeg op skoon werkoppervlak.

    Skep mengsel bo-op en versprei eweredig.

    Los omtrent 2 cm-deegrand rondom oop. Rol die tweede rol blaardeeg bo-oor.

    Druk die twee velle met ’n vurk aan mekaar vas.

    Plaas die pastei in ’n skoon toeklaprooster.

    Braai oor medium-warm kole vir sowat 15 – 20 minute per kant of totdat dit heeltemal goudbruin

    en gaar is.

    Bron: Sarie kos

    MIELIEBROOD OP DIE KOLE

    JY HET NODIG VIR EEN BROOD:

    125 ml suiker

    500 ml koekmeel

    15 ml bakpoeier

    2 ml sout

    1 blikkie geroomde mielies

    3 eiers, geklits

    BY DIE HUIS:

    Meng die droë bestanddele en verseël dit in ’n toeritssakkie.

    IN DIE BOS:

    Voeg die geroomde mielies en geklitste eiers by en meng deur.

    BAK DIE BROOD:

    Smeer ’n klein ysterpot goed met botter, sit die deeg daarin en bak oor matige kole tot gaar.

    Dit sal tussen 45 minute en 1 uur duur.

    Onthou om ’n paar kole op die deksel te sit.

    As die brood teen die einde van die kooktyd ’n bietjie bleek lyk, bak dit nog ’n paar minute met

    nuwe kole op die deksel.

  • _________________________________________________________________________________________________

    Die Bybel en die Kole Mandjie

    Die storie word vertel van ‘n ou man wat op ‘n plaas in die berge gebly het saam met sy jong kleinseun.

    Elke oggend vroeg was Oupa al op en het by die kombuis tafel gesit en uit sy ou verslete Bybel gelees.

    Sy kleinseun, wat net soos sy Oupa wou wees, het hom nageboots in alles wat hy doen.

    Een dag toe vra die kleinseun hom,

    “Oupa, ek probeer elke oggend die Bybel te lees net soos jy, maar ek verstaan dit nie en dit wat ek

    verstaan vergeet ek so vinnig soos wat ek die Bybel weer toemaak. Watse goed doen dit om die

    Bybel te lees?”

    Die Oupa draai stadig om terwyl hy besig was om kole in die koolstoof te sit en sê, “Neem die kole mandjie

    na die rivier en bring vir my ‘n mandjie vol water terug.” Die seun het gedoen soos sy Oupa hom gevra het,

    alhoewel al die water uitgeloop het deur die mandjie nog voordat hy die huis kon bereik.

    Die Oupa lag en sê, “Jy sal volgende keer bietjie vinniger moet wikkel met die mandjie water,” en stuur

    hom terug rivier toe met die mandjie om weer te probeer.

    Die keer hardloop die seuntjie vinniger, maar die mandjie was weer leeg voordat hy by die huis aankom.

    Uitasem, vertel hy sy Oupa dat dit onmoontlik is om water in ‘n mandjie te dra en hy gaan haal die emmer

    op die stoep om te gebruik in plaas van die mandjie.

    Die Oupa antwoord, “Ek soek nie ‘n emmer water nie, ek soek ‘n mandjie water. Jy kan dit doen. Jy probeer

    net nie hard genoeg nie,” en hy stap buitentoe om die seun dop te hou terwyl hy weer probeer.

    Datum Plek Kampkommandante

    7-9 Oktober Klipdraai. Louis en Kinders.

    11-13 November (Kersboomkamp) Bloekompoort.

    Bestuur.

  • Op die stadium het die seun besef dit is hopeloos om dit reg te kry maar om aan sy Oupa te bewys al

    hardloop hy so vinnig as wat hy kan, daar is nie ‘n manier wat die water nie sal uitloop voordat hy by die

    huis is nie.

    Die seun skep die water en hardloop vir al wat hy werd is maar toe hy by sy Oupa uitkom is die mandjie

    weereens leeg.

    Uitasem, hyg hy, “Sien Oupa, dit is hopeloos!”

    “So jy dink dit is ‘n hopelose saak?” sê die Oupa, “Kyk na die mandjie.” Die seun kyk na die mandjie en vir

    die eerste keer besef hy dat die mandjies anders lyk. In plaas van ‘n ou vuil kole mandjie, was dit nou

    skoon.

    “Seun, dis wat gebeur as jy die Bybel lees. Jy mag dalk nie miskien alles verstaan of onthou nie,

    maar wanneer jy dit lees, sal dit jou van binne verander.”

    Dit is die werk van God in ons lewens.

    Om ons te verander van binne na buite en om ons stadig te omvorm na die beeld van Sy Seun.

    Neem tyd om ‘n stukkie van Vader se Woord elke dag te lees. Bid dat Hy dit sal gebruik om jou hart en

    verstand na Hom te keer.

    ---------- …. ----------

    (Psa 119:9) Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord.

    _________________________________________________________________________________________________

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwjnodaLwJ3PAhVM1hoKHYohDD0QjRwIBw&url=http://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/nederland-kry-nuwe-bybelvertaling/&psig=AFQjCNHFOODfHysJTOkaQG1sQU61N__Iqw&ust=1474445607930064

  • Datum. Kamp/Plek. Kampkommandante.

    Januarie.04-08 Senior burger/Bloekompoort. Tienie & Bessie Herholdt.

    Februarie. 10-12 Koppiesol. Louis & Zan-Mari v.d. Walt.

    Maart. 17-21 Boot club. Corrie & Hendrien Clase.

    April. 14-16 Prisedente/Klipdraai. /

    27 April - 1 Mei Onverwags Brits. Fanie & Elsabe van Zyl.

    Junie. Jakaranda saam trek/ weesgerus.

    /

    Julie. 7-16 Marula.

    Wegbreek

    Jan & Marietjie Du Buisson.

    Fanie & Elsabe van Zyl

    Augustus. 18-20 AJV. Bestuur.

    September. 08-10

    Sionsberg. Hennie & Berta Gouws.

    Oktober. 20-22 Bloekompoort. Olaf & Estelle Billikens.

    November. 10-12 Kersboomkamp/Bloekompoort. Bestuur.

    Desember. / /

    https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0ahUKEwiY1YuhwZ3PAhUD7hoKHapsB7EQjRwIBw&url=http://clipartix.com/camping-clipart-image-3599/&bvm=bv.133178914,d.ZGg&psig=AFQjCNGQsFXPg9lkYYdSb6N_lgBpCBXR-A&ust=1474445847070806