Inhoudsopgawe - cumuitgewers.co.za · bondeltjie afvlerk-vriendinne by mekaar kom ... Elkeen van...

12
Inhoudsopgawe Voorwoord 8 My prentjie is weg Skerfies hoop 14 Verlate 16 Waar was U? 20 Jaag hom aan, Ouma 24 Die lang pad 26 As die bome nie meer groen is nie ... 29 Mank 31 Om uit te reik 34 Onbeholpe 36 God sien my raak 38 Wag op die Here 42 My prentjie van God? 45 U beminde 47 In God se son Pyn en vreugde 52 Lag 55 Iets uit niets 57 Simbooltjies van hoop 59 Kammanassie en die Krip 61 Om ’n kers aan te gee 64 Kerse teen die bangwees 66 Vrede 68 Spikkeltjie 70 Almagtige Skepper 72 Om lief te hê Liefde tuis 75 Luister 78 Olyoompies 80 Spesiaal 83 En hierdie geskenk dan? 86 Saamwees 88 ’n Blomkrans vol kleur 91

Transcript of Inhoudsopgawe - cumuitgewers.co.za · bondeltjie afvlerk-vriendinne by mekaar kom ... Elkeen van...

InhoudsopgaweVoorwoord 8

My prentjie is wegSkerfies hoop 14Verlate 16Waar was U? 20Jaag hom aan, Ouma 24Die lang pad 26As die bome nie meer groen is nie ... 29Mank 31Om uit te reik 34Onbeholpe 36God sien my raak 38Wag op die Here 42My prentjie van God? 45U beminde 47

In God se sonPyn en vreugde 52Lag 55Iets uit niets 57Simbooltjies van hoop 59Kammanassie en die Krip 61Om ’n kers aan te gee 64Kerse teen die bangwees 66Vrede 68Spikkeltjie 70Almagtige Skepper 72

Om lief te hêLiefde tuis 75Luister 78Olyfboompies 80Spesiaal 83En hierdie geskenk dan? 86Saamwees 88’n Blomkrans vol kleur 91

978-1-4316-0331-2.indd 6 2012/09/04 4:07 PM

Sneeuklokkies 96’n Kwilt vir die lewe 98Here, leer my 99

Lééf sonkant toe!Klipspringertjie 103Moenie bang wees nie 104Om voluit te bly leef 107Vee is heilig 110Hier by ons koer ook duiwe 113Trek 116Ek reis binnetoe 120’n Sirkel voltooi 121Nalatenskap 125Spore 128Klein wonderwerke 130’n Stukkie hemel 133Blomtuin 136

SonfluitJubeling 139Lofsang 140Fluite 141Vlerke 142Voëltjie 144Vlieg 146Valkie 149Blom 151Nuwe lewe 154Bome van redding 156Musiek 158Musiek en herinneringe 159Lanterntjies van hoop 162Woorde 166Om skoonheid te skep 170Elke môre nuut! 174Skepper van alles wat lewe 175

Bronnelys 177

978-1-4316-0331-2.indd 7 2012/09/04 4:07 PM

8

Voorwoord

I n die ronde geel son van ’n vroegherfsmiddag het ons bondeltjie afvlerk-vriendinne by mekaar kom troos soek

rondom ’n teetafel met mooi koppies en bordjies eetgoed. Ons het ons stukkende vlerke oopgesprei en na mekaar oorgeleun. Ons het in mekaar se oë gekyk. Met erbarming en liefde. Ons het na mekaar se stories geluister – woordeloos, sonder oordeel of raad. In ons gebrokenheid het ons vir mekaar krummeltjies hoop begin aangee.

Met ’n Handvol hoop wil ek nie nét my eie ervarings op die reis na heling deel nie, maar ook insigte wat ek bekom het deur die bemoeienis van ander met my.

Die woorde van hierdie boekie eggo die versugtinge van baie harte. Dis ’n voorreg om dit verder te kan aangee sodat die vlam van hoop wyer kan brand en koue binnekante kan warm maak.

Met ’n Handvol hoop probeer ek die pyn en magteloosheid van mense wat verlies ervaar, verwoord. Ook die koestering en mededoë waarmee mense – ten spyte van hul eie swaarkry – na mekaar uitreik. Die boekie vertel van die vreugde wat ’n mens uit klein dingetjies kan kry: ’n voëltjie wat die nuwe dag begroet; die son op jou hand. Dit vertel ook van die heling wat daar in musiek en kuns en die geskrewe woord is. En die beskutting van jou eie huis en geliefdes. En die woordelose saamsit met ons hemelse Vader. Ure. Dae. Jare lank.

978-1-4316-0331-2.indd 8 2012/09/04 4:07 PM

9 ’n Handvol hoop

Dis my innige wens dat ’n troostende vlammetjie van hoop in elkeen wat die boek lees, sal opspring. Ek bid ook dat ons dié God wat ons pad verlig, as reisgenoot sal herken – veral wanneer ons Hom nie in ons eie donkerte kan raaksien, of dalk wíl raaksien nie.

~ Lizette Murray

Days pass and the years vanish and we walk sightless among miracles. Lord, fill our eyes with seeing and our minds with

knowing. Let there be moments when your Presence, like lightning, illuminates the darkness in which we walk. Help us to see,

wherever we gaze, that the bush burns, unconsumed. And we, clay touched by God, will reach out for holiness and exclaim in wonder,

“How filled with awe is this place and we did not know it.” ’n Ou Hebreeuse gebed

978-1-4316-0331-2.indd 9 2012/09/04 4:07 PM

Myprentjieis weg

1

Uit die stukkende, skynbaar nikswerd prentjie van my lewe kan God vir my ’n nuwe toekoms skep.

978-1-4316-0331-2.indd 11 2012/09/04 4:07 PM

13 ’n Handvol hoop

Ek wou net ’n goeie ma wees.

Ek wou net Koninkrykskinders grootmaak.

Toe sterf my seun.

Dit het vir my gevoel God het my prentjie weggevat ...

Nóú weet ek Hy het my prentjie voller ingekleur én

ander prentjies bygesit. Hy leer my elke dag nog iets

van die huisgesin van God. Sy gesin is veel groter as my

klein kringetjie geliefdes ... Daar is jongmense. Vriende.

Treurendes. Swaarkrymense. Troosters ...

Ek kan nou my arms groter oopmaak en hulle binne-

nooi, sodat hulle – nes my gesin – deel van my hart en

koestering en liefde word.

En ek kan skerfies hoop begin aangee ...

978-1-4316-0331-2.indd 13 2012/09/04 4:07 PM

14

Skerfies hoop

O ns sit in die wintersonnetjie rondom die tafel – die fyn pienk blommetjies-koppies en bordjies troosgoed tussen ons. Ons

skink tee en gesels. Ons lag. En ons huil. Ons skuil by mekaar. En ons kry weer die moed om uit die sagte kring van beskutting te tree en ons gesigte na die son te lig. En na die skemerte – én na die donkerte daarbuite.

Ons is vriendinne. Maar bowenal is ons afvlerk-ma’s wat almal die swaar pad van verlies stap. Elkeen van ons leef saam met die woorde wat ons lewens onherroeplik verander het: “Jou kind is dood.”

Nie een van ons vergeet ooit die oomblik toe ons lewe – soos ons dit geken het – in duisend fyn skerfies uitmekaargespat het nie. Terwyl ons besig is om moeisaam die stukkies bymekaar te vee, word die besef ’n al hoe groter realiteit: Níks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Dit help nie om dit wat nie meer daar is, te probeer terugkry nie ... Dis weg. En dit wat stukkend is, gaan nooit weer glad en blink en naatloos heel kan wees soos vroeër nie.

Dit verg baie moed om af te buk en die splinters weer aan mekaar te probeer las. Om uit die pyn en verwoesting iets nuuts te probeer skep, is een van die dapperste dinge wat ’n treurende kan probeer doen. Sonder God ’n feitlik onbegonne taak.

Toe ’n Polokwane-ma se lieflingseun twee weke voor sy een-en-twintigste verjaarsdag sy eie lewe neem, het sy in haar

978-1-4316-0331-2.indd 14 2012/09/04 4:07 PM

15 ’n Handvol hoop

verslaenheid en verbystering en absolute verpletterdheid met haar lewe se hopie skerwe by God gaan sit. Sy het ervaar hoe Hy haar begin troos en met teerheid versorg. Deur elke bitter dag en nag. Met eindelose geduld – totdat die seer mettertyd sagter skakerings begin kry het ...

Op ’n dag kon sy haar skouers agtertoe trek en opkyk ...

Sy het ’n hopie klein mosaïekteëltjies voor haar op die tafel uitgepak ... En begin werk. Uit die skerfies het ’n groen boom gegroei – teëltjie vir teëltjie.

Sy vertel: “Dit was die eerste mosaïekstuk wat ek alleen aan-gepak het. Vir my was die skep daarvan ’n wonderlike reis. Ek het iets heeltemal anders beplan. My hande het my egter gelei om hierdie boom van Nuwe Lewe te maak … Maar ek weet nie of dit mý hande was nie.”

Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies liefdevol opgetel en gepoets en in verrassende nuwe patrone by mekaar gevoeg word.

Onder sy kunstige Hande groei daar in ons elkeen se lewe ’n mosaïekboom … elke gebreekte teëltjie deel van die groen belofte van nuwe lewe. Klein blink skerfies hoop vir ons wat treur.

978-1-4316-0331-2.indd 15 2012/09/04 4:07 PM

16

Verlate

I n ’n mens se oomblikke van absolute smart het jy ’n groter behoefte aan aanraking en menslike warmte. Jy reik intuïtief

meer uit en kyk met oë vol erbarming na die mense rondom jou wat ook broos, stom en onhandig in die aangesig van die dood voor jou staan. Jy hunker na mense se sagtheid, goedheid en omgee, want daar hang ’n verlatenheid oor jou wat tot in jou diepste, binneste vesels intrek.

In sy boek A Grief Sanctified sê J.I. Packer: “Grief is the inward desolation that follows the losing of someone we loved. We lavish care and affection on those whom we love. And when we lose the beloved, the shock, the hurt, the sense of being hollowed out and crushed, the haunting, taunting memory of better days, the feeling of unreality and hopelessness, and the lack of power to think and plan for the new situation can be devastating.”

Iemand wat rou, is uiters sensitief. Alles aan so ’n persoon is opgeskerp. Mense moet sag aan jou raak. Harde geluide laat jou binnetoe krink. Jou oë is gevoelig vir lig. Jy deins terug vir besige winkelsentrums met skerp ligte. Jy kan nie warm word nie. Die koue begin binne-in jou.

Jou emosies is ragfyn spindraadjies wat bewe as ’n asem liggies daaroor blaas. Elke nuanse in ’n ander se stemtoon, of iemand se houding, of selfs die afwesigheid van mense wat jy bitter nodig het, laat die brose web roer. ’n Mens is sensitief om nie ’n las vir ander te wees nie, want jy besef maar alte goed dat hulle lewens moet aangaan. Daarom trek jy terug.

978-1-4316-0331-2.indd 16 2012/09/04 4:07 PM

17 ’n Handvol hoop

Om in ’n geselskap ’n sinvolle gesprek te kan voer, of vir meer as ’n paar minute te konsentreer, suig al jou geestesenergie uit. Dikwels is jou kop doodeenvoudig dolleeg en kan jy aan niks dink om te sê nie. Jy mag dalk vir ander ontoeganklik voorkom. Eintlik is jy net bitterlik alleen. Afgeslote in jou verlatenheid.

C.S. Lewis verwoord dit só in A Grief Observed: “There is a sort of invisible blanket between the world and me. I find it hard to take in what anyone says ... As I struggle with the ache of the loss, the grip of the grief imposes a kind of relational paralysis ... So I grieve alone, and the agony is unbelievable.”

Wanneer iemand die verlatenheid in ’n persoon wat treur, raaksien en doelbewus uitreik na die een wat homself afkamp, breek so ’n persoon deur ’n skans en kan werklik vir die treurende iets beteken. Maar om dit te kan doen, moet jy van geykte trooswoorde of raad gestroop wees.

978-1-4316-0331-2.indd 17 2012/09/04 4:07 PM

18

Om werklik saam met iemand die pad van rou te kan stap, is tyd nodig.

Jy moet keer op keer die persoon in die oë kyk met die onuitgesproke gerusstelling:

“Ek is hier vir jou. Ek weet niks. Vertel my. Ek het tyd.”

Wanneer mense geïrriteerd en haastig in jou teenwoordigheid is, sê hulle hele houding: “Ek is nou moeg dat jy treur. Ek wil aangaan met my lewe.” In sekere sin is dit erger as jou eie, vertroude hartseer. Dis immers jou daaglikse metgesel en jy leer sy ritme en diepte ken.

In Nicole Krauss se roman The History of Love beskryf ’n vyftienjarige dogter haar ma wat oor haar pa treur só: “None of us would ever be able to win over the memories she had of Dad, memories that soothed her even while they made her sad, because she’d built a world out of them she knew how to survive in, even if no one else could.”

Vir iemand wat deur ’n diep persoonlike krisis gaan, gaan die tyd stilstaan. Die wêreld ook. ’n Mens se lewe word gestroop tot die absolute essensie. Dit is soos om dwarsdeur die koue, nat winter jou plakkershut te probeer droog hou. Jy kan aan niks anders dink nie. Elke dag probeer jy die gate toestop; môre lek die dak op ’n ander plek. As die flou sonnetjie ’n kort rukkie skyn, hang jy alles buite om warmte en lig op te vang – tot die koue weer in jou huis binnesluip en die reën by nuwe lekplekke instroom.

978-1-4316-0331-2.indd 18 2012/09/04 4:07 PM

19 ’n Handvol hoop

Jy is vasgevang in die kilte van jou plakkersbestaan en die verlatenheid

van verlies wat in jou huis intrek. Dis ’n stryd om oorlewing.

Jy skiet elke dag jou skotteltjie reënwater by die voordeur uit en trek saans die geskifte

gordyntjies voor jou dowwe ruite ...

978-1-4316-0331-2.indd 19 2012/09/04 4:07 PM